Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21598 articles
Browse latest View live

Van sinvolheid tot belaglikheid

$
0
0

Stel jou voor. ’n Eenheidstaat sal uitsluitlik werk indien ’n Toesighoudende Afrikanersenaat in die Pretoria Raadsaal opgestel word, met vetoreg oor die parlement, die weermag, polisie, die huis van tradisionele leiers ens uitsluitlik deur Afrikaners beman! So beweer Dan Roodt (Praag rubrieke, 23 Dec 15).

G’n wonder dat die regse politieke party Front Nasionaal hul onderleier uitgestem het, sonder dat hy daarvan bewus was! (Rapport 8 Feb 2015).

The post Van sinvolheid tot belaglikheid appeared first on LitNet.


Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

$
0
0

Marise Oberholzer gesels met Naomi Meyer oor praktiese wiskundewenke vir ouers en kinders van alle ouderdomme aan die begin van die jaar.

Lees ook:
Graad 5-getalbegrip: werkkaart en memorandum
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 4, intermediêre fase)
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 8, seniorfase)
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 6, intermediêre fase)
Wiskunde-eksamenhulp (graad 7 – 11) vir leerders

Hallo Marise, LitNet se lesers het jou naam teëgekom by onlangse vraestelle en Wiskundehulp wat op LitNet verskyn het. Vertel asseblief kortliks van jou wiskundige agtergrond.

Ek het BEd aan die Universiteit Stellenbosch studeer met wiskunde as hoofvak. My onderwysloopbaan het by Laerskool Eikestad afgeskop. Wiskunde was altyd my en my klas se gunstelingtyd van die dag. Na ‘n honneursjaar in opvoedkundige sielkunde (2004) het ek begin om kinders ná skool met wiskunde te help. Vir die afgelope 11 jaar stap ek die wiskundepad met graad 4–10-kinders, iets waaroor ek mal is en waaruit ek baie bevrediging put. Verder is ek betrokke by allerlei wiskunde-inisiatiewe.

Ons kry baie dikwels navrae omtrent wiskundehulp van desperate leerders by LitNet – wanneer is dit die beste tyd vir kinders om wiskunde te leer verstaan?

Konsepte in wiskunde ontwikkel van die konkrete na die abstrakte. Dit beteken dat kinders se eerste formele blootstelling aan wiskunde as leerarea met baie praktiese blootstelling gepaard gaan. Hulle sal byvoorbeeld in graad 1 vuurhoutjies (die konkrete) gebruik om vierkante te vorm en in graad 4 ‘n formule (die abstrakte) skryf waarmee jy kan uitwerk hoeveel vuurhoutjies jy nodig sal hê om ‘n sekere aantal vierkante te bou. Die konsepte volg dus jaar na jaar op mekaar. Daarom is dit belangrik dat kinders reeds van graad 1 af wiskunde sal verstaan. En die beste wyse om dit te bewerkstellig, is om soveel as moontlik werklike voorwerpe in te span vir wiskundehuiswerk.

wiskunde_kleinbegin_omslagJou boek Wiskunde - klein begin, groot gewin is toegespits op die heel kleintjies, kinders wat nog nie eens in die skool is nie. Maar is dit nie ‘n tyd vir kinders om nog te speel nie? Hoekom hulle dan al bemoei met wiskunde?

Ja, hulle moet beslis nog speel! Kinders ontdek baie aspekte van wiskunde toevallig juis wanneer hulle speel. Wanneer hulle byvoorbeeld in die sandput speel, sien hulle dat hulle vyf koppies sand nodig het om die emmertjie vol te maak. Deur torings met blokkies te bou, leer hulle konsepte soos lank en kort, langste en kortste. Ons gaan dus beslis nie klein kindertjies by ‘n tafel laat sit en somme met hulle doen nie. Ons gaan bloot geleenthede skep en bewus wees van geleenthede om hulle bloot te stel aan wiskundebegrippe.

My vorige vraag was aspris, want natuurlik vorm wiskunde deel van ons almal se alledaagse lewe - al koop jy net ‘n brood. Wat is van die heel eerste wiskundige begrippe wat ‘n klein kindjie nodig het om moeiliker  wiskundige begrippe te verstaan?

Die ontwikkeling van begrippe gebeur nie in ‘n spesifieke volgorde nie, en elke kind se ontwikkeling is uniek. Dit is dus goed om net bewus te wees van begrippe wat ‘n mens in die alledaagse met jou kind kan gebruik. Ek noem ‘n paar. Daar is begrippe ten opsigte van hoeveelheid: baie, min, meeste, minste, meer as, minder as. Ook begrippe ten opsigte van grootte: groot, klein, groter as, kleiner as, grootste, kleinste. Dan ook begrippe ten opsigte van posisie: onder, bo, tussen, regs, links, voor, na. As ons aan lengte dink, is daar begrippe soos lank, kort, langer as, korter as, langste, kortste. Massa: lig, swaar, ligter as, swaarder as, swaarste, ligste.

Vertel asseblief van hierdie boek: vir wie is dit geskryf, op watter ouderdomme is dit toegespits en wie sal daarby baat vind?

Wiskunde – klein begin, groot gewin is geskryf vir ouers, versorgers, onderwysers, oumas, oupas en enige persoon wat met jong kinders werk. Dit is ook bedoel vir lesers wat belangstel in wiskunde en hoe dit by jong kinders ontwikkel. Die boek verduidelik hoe wiskundevaardighede by kinders ontwikkel vanaf ‘n kind se geboorte tot ongeveer sesjarige ouderdom. Dit is ‘n boek met praktiese wenke wat ouers en versorgers in  staat stel om van vroeg af en te midde van ’n druk lewe alledaagse geleenthede te gebruik om jong kinders gemaklik in die wêreld van wiskunde in te lei.

Jy het ‘n ander produk ook, genaamd ‘n Box ‘n Dice-boks. Wil jy dalk vertel wat hierin is en waarom?

Box ‘n Dice ( en Box 'n Dice in Afrikaans) bestaan uit ‘n boksie propvol wiskundehulpmiddels, soos ‘n telraam, domino’s, getalblokkies, vorme, ‘n tangram, getalkaarte en ‘n dobbelsteen. Daar is DVD’s wat saam met die boks gebruik word. Op die DVD’s word aktiwiteite aangebied waar die hulpmiddels aangewend word om belangrike begrippe te verduidelik. Kinders kan dan voor die televisie of rekenaar sit en hul eie hulpmiddels gebruik om die aktiwiteite te doen. Daar is verskillende vlakke DVD’s beskikbaar, elk gemik op ‘n spesifieke ouderdomsgroep. Die program fokus dus op die konkrete, om wiskunde prakties te maak vir kinders en terselfdertyd ook sommer ‘n liefde daarvoor te kweek.

Jy het self ook (jong) kinders en bied ook wiskundehulp vir ouer kinders. Wat merk jy op – watter vrae en leemtes ontstaan by die kinders van verskillende ouderdomme?

Wanneer kinders nie oor goeie getalbegrip beskik nie, ontwikkel daar dikwels probleme. Getalbegrip verwys na ‘n persoon se vermoë om getalle te verstaan en met gemak te kan gebruik. ‘n Kind wat oor goeie getalbegrip beskik, sal byvoorbeeld die “grootte” van ‘n getal verstaan, ook die verhouding van die getal ten opsigte van ander getalle. So ‘n kind sal ook oor goeie hoofrekenvaardighede beskik en strategieë gebruik om probleme op te los.

Dink jy daar is mense wat ‘n meer natuurlike aanleg het vir wiskunde as ander, of kan alle mense daarmee regkom?

Mense se aanleg ten opsigte van wiskunde verskil beslis. Daar is mense wat begrippe in wiskunde maklik onder die knie kry en ander wat langer neem om dieselfde begrippe te bemeester. Ek sien egter gereeld met my klasse hoe kinders skielik lief raak vir wiskunde en dan begin presteer. Die kinders vir wie wiskunde nie so natuurlik kom nie, kan met baie herhaling en baie oefen ook goed presteer.

Is dit regtig so dat almal wiskunde as vak moet kies om te kan vorder in die lewe en om verder te kan studeer?

Om ‘n matrieksertifikaat te behaal, moet leerders tans wiskunde of wiskundige geletterdheid neem. Vir toelating tot sekere loopbaanrigtings is wiskunde egter ‘n vereiste. Baie graad 10-leerders weet nog nie watter loopbaanrigtings hulle gaan volg nie, of verander van keuse. Daarom word aanbeveel dat leerders wiskunde eerder as wiskundige geletterdheid neem. Of jy gaan vorder in die lewe en ‘n sukses van jou loopbaan maak, is egter onafhanklik van of jy wiskunde of wiskundige geletterdheid op skool gehad het.

Gestel my kind is nou al in die hoërskool en sukkel met wiskunde, wat is jou beste praktiese raad? Is dit ooit te laat?

Dit is nooit te laat nie. Die belangrikste is net om so gou as moontlik hulp te kry. Skole het gewoonlik die kontakbesonderhede van persone wat na skool vir kinders met wiskunde kan help. Enige hoërskoolleerder moet net weet dat wiskunde ‘n leerarea is waaraan jy baie aandag sal moet skenk. Soveel te meer as jy reeds agterstande het.

The post Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry appeared first on LitNet.

Skryf vir ons iets positief

$
0
0

Iemand wat ek ken stel die ander dag voor dat ek iets positiefs moet skryf.

Deur die klompie jare wat ek die lus en leef van die griffel van gedagtes en gevoelens en ervarings as perdjie sonder stok beoefen, kon ek nog nooit my gedagtes regtig so ver kry om so-by-so “op bestelling” te skryf nie. Die hele konsep van vooraf onderwerpe, soos ’n “propperse” joernalis of skrywer, is eintlik nog ver van my korf van talente verwyder.

Alhoewel dit met oefening seker makliker sal kan raak ...

Ek het wel die persoon se ongesteldheid weens die oënskynlike tekort aan goeie dae en vertellings met empatie raakgelees, maar die werklikheid daarvan so half op die boonste rak uit sig gelaat. Maar, haar woorde het tog die afgelope week kort-kort by my gedagtes kom kuier en so die storie aan die werk gesit.

Elke môre land daar op my rekenaarskerm brokkies sake en ander soortgelyke nuus. Dit vertel van die strooi wat die goewerment se mense aanjaag en die kostes van die en daai en die korrupte lot wat doer en daar geld steel en verspil.

Van die SAL wat hul vliegtuie binnekort sal moet rondstoot omdat die brandstofgeld op is en Eskom wat meer diesel gebruik as wat daar water in die Vaaldam is. Kundiges voorspel onweer met die belastingkoerse wat die nuwe minister mee speel om sy begrotingsrede oor ’n paar weke te laat sin maak; die wyn wat gaan duurder word en die groentepryse gaan blykbaar verdubbel.

(Ai wat sal ons drink as daar niks te ete is nie?)

Gelukkig gaan ons ekonomie steeds met 1% groei, of so sê dieselfde slimmetjies vir ons!

En daar, êrens tussen die weerberigte oor goeie reën en droogte elders, die gepolitiekery van ’n verkiesingsjaar en rassespanning in ons skole, skuil daar ’n goedvoelstorie of raad vir beter hoop.
Of so sê hulle...

Vroeër hierdie week laat sak ’n mater sy ken in sy hande, want hy het nie meer antwoorde nie. Die sake-idees wil nie werk nie en vir hom voel dit of die hele wêreld ’n spil geword het wat baie ver van hom af gaan draai het.
Ek het geluister en probeer bemoedig en terwyl ek dink en hy praat, wou ek voorstel dat ons saam daaroor bid.
Maar, ons het nie....
....of was my denke daaraan ten tye van die gesprek moontlik wel ’n gebed?
Ek is nie seker nie.

Voor ek die geleentheid weer laat verbygaan, moet ek met hom en ’n ander net nog ’n keer die volgende deel:

Vir jou my vriend
Kom sit hier by my, my goeie vriend
ek kan jou seer en hulploosheid sien.

So wens ek, ek kon dit by jou wegneem
so wens ek, jy was hiervan gespaar
maar, dis hier en nou en vir ander vreemd -
ek ken jou desperaatheid en dit wat jy voel
maar, weet gewis, daar is jy nie alleen.

My gees, gedagtes en wense is daar by jou
so ook my gebede vir Godsbesturing en uitkoms.
Om jou gawes oop te grawe en nuwes te ontdek
om die wolwe kos te gee en die swarthond te laat vrek.
Die son sal skyn, al is dit bewolk – dit is net so.

Jy moet die twyfel beveg en jou gees versterk
bly moedig, bly staan en bly glo.
Wanneer dit voel die eise raak te veel
kom sit hier by my, my goeie vriend,
ek wil jou seer met jou deel.

In ’n vorige skryfding het ek vertel van Oom Stefanus wat op die parkeerterrein agter Parow Poskantoor diens doen en my as “vriend” aangeneem het.

Oom Stefanus Kleinsmit is ’n 89-jarige motorwag in ’n munisipale parkeergebied.

Hy werk nie vir ’n onderneming met kleredragreëls en protokol nie; uit respek vir die mense wie se karre hy bedags oppas, trek hy sommer so self sonder voorsegging netjies aan. Hy kom elke dag werk toe; nie omdat hy die kaart moet laat “klok” om sy minimumloon aan die einde van die week te verdien nie, nee, maar wel omdat hierdie deel van die parkeergebied “sy verantwoordelikheid is”.

Dis sý mense en hul karre.

Hierdie man se grootste bydrae tot die samelewing is egter nie die respek en toewyding waaroor hy beskik nie, maar wel sy geloof. Daardie geloof wat hom met sy stywe rumatiekbeen en al, die hoop gee dat hy vandag genoeg sal “verdien” om hom en sy vrou aan die lewe te hou.

Al wat hy moet doen, is om op te daag!

Dieselfde oortuigende onterughoudende geloof wat hy die ander dag gebruik om my hand te vat, en daar by die kar se oop deur vir my en my gesin te bid.

Vir my ... ’n vreemdeling soos ek.

Uit my eie pen se vrug en gedagtegang lol dit maar om ’n goue rant aan elke donker wolk te verf. Maar, hoe nutteloos sal ’n mens se bestaan wees en hoe stukkend sal jou menswees grond toe krummel indien jy jouself nie tog so dan-en-wan die vraag afvra nie... “Wat maak ek hier?” en die antwoorde wat uit jou eie Herobberg-se-grot gemompel word iets is van: Ek eet, slaap en “worry” net ... of ek leef met my kommer bo-op die maatemmer vir almal om te sien hoe verontreg ek is ...

“Wat maak ek hier?”
Ek hoor, luister, dink en doen
om te soek na niks, te besin,
om gister se dinge vandag te versoen
en betekenis te vind,
in wat ek nooit verloor het nie.
Om binne myself,
saam met my God te leef,
sonder somber slimmighede,
te wees en te sterf, eenvoudig.

Vasbyt my vriend.

The post Skryf vir ons iets positief appeared first on LitNet.

Getrapte tone

$
0
0
Dit is eintlik maar die ingeprente uitsteeksels in die kop wat misgetrap moet word om die tjank te voorkom.
 
CM

The post Getrapte tone appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries

$
0
0

ahistoryofsalit_omslag

A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries
Jerzy Koch
Uitgewer: Van Schaik
ISBN: 9780627032738

 

Jerzy Koch is die hoof van Departement Nederlands en Suid-Afrikaanse Studies by die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole.

Tertius Kapp wat ook in Pole klasgegee en onlangs die Hertzogprys verower het, vra vir Jerzy Koch oor sy boek A History of South ­African Literature: Afrikaans ­Literature 17th19th Centuries.

Lees ook:
Video en foto's: Bekendstelling van Jerzy Koch se omvattende geskiedenis van Afrikaanse letterkunde
Resensie: Oorsee deur Tertius Kapp

Die boek was oorspronklik getitel Historia Literatury Południowoafrykańskiej – Literatura Afrikaans (XVII–XIX Wiek), en in Engelse vertaling A History of South African Literature – Afrikaans Literature. Part One: From the 17th to the 19th Century. Ons sien alreeds een belangrike verskil tussen die titels – Pools gebruik naamlik nie lidwoorde nie en daar is gekies vir die onbepaalde "a" in plaas van "the", soos mens sou verwag. Wat was die groot uitdagings by die vertaling uit Pools na Engels?

Ja-nee, daar is talle verskille tussen Pools as Slawiese en Afrikaans as Germaanse taal. Party is struktureel van aard. Maar ek dink nie dit het ’n rol gespeel by die vertaling van die titel nie. Baie van die (literatuur)geskiedenisse word ingelei deur die onbepaalde lidwoord, soos in  “A History ...” en ook hier is gekies vir hierdie oplossing. Hierdie onbepaalde lidwoord laat ruimte toe vir ander sienings en sê eintlik: “Dis een van baie ander moontlikhede.” Maar moenie vir my vra nie, vra vir my kollega-vertaler. Ek was gelukkig om ʼn baie goeie vertaler te kry. Dominka Ferens het as kind jare in Afrika (Nigerië) gewoon, waar haar Poolse ouers aan die universiteit gewerk het. Sy het in Groot-Brittanje skoolgegaan, toe later aan die Universiteit van Kalifornië gepromoveer en lesings gegee in die VSA, Duitsland en Rusland. Sy is tans professor in die Amerikaanse letterkunde, met fokus op etniese minderhede. Wat dink jy – ’n geskikte kandidaat om my boek te vertaal?! ʼn Kenner van beide tale, Pools en Engels, ʼn kenner van die literêr-historiese idioom en geskiedkundige aspekte. ’n Droomvertaler.  

Ander geskiedenisse van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literatuur word bespreek, en daar word ook sinvol gewys op die unieke aard van hierdie studie, onder andere omdat dit op ʼn ander lesersmark gemik is. Hoe beïnvloed dit in die praktyk die skryfproses? Om dit duideliker te stel: die eerste hoofstuk bied reeds 'n verfrissende nuwe perspektief op die Afrikaanse literatuur, maar hoe onderskei die buitestandersperspektief van 'n Poolse leser jou van ander perspektiewe van literêre geskiedenisse wat in hierdie hoofstuk bespreek word? (Dis dalk 'n onregverdige vraag.)

Ek sou eintlik vir jou moet vra óf, en indien já, dan eventueel hóé my boek verskil van ander literatuurgeskiedenisse se benaderings. Jy is hier gebore en getoë en het in Afrikaans grootgeword. Maar goed, dis dalk in hierdie stadium van ons gesprek ook ’n onregverdige vraag, of hoe? Indien jy dit self “’n verfrissende nuwe perspektief” noem, wil dit sê jy het iets raakgesien. Ek dink ek het probeer om in die inleiding my benadering te verduidelik, maar dis die Suid-Afrikaanse lesers wat moet beoordeel of die verskil wat ek probeer maak, het die moeite van lees en van refleksie werd is.

Kom ons sê daar is grosso modo twee basiese perspektiewe op die literatuur in Suid-Afrika: die eksklusiewe siening en die inklusiewe. Al twee het voor- en nadele, bring nuwe insigte, maar verberg iets op ander plekke. As illustrasie van eksklusiwiteit kan Afrikaners se benadering dien, naamlik die uitsny van Afrikaanse tekste uit die skryfkultuur tot op die Nederlandse of Engelse bod. 'n Voorbeeld van meer inklusiewe benaderings is geskiedenisse wat probeer om alle tale en kulture in Suid-Afrika bymekaar te versamel in een narratief. Sulke benaderings gooi oor die literatuur se “liggaam” allerhande karosse, jasse en baadjies.

Die eerste benadering hou rekening met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuurlewe van veral blanke Afrikaanssprekendes en is basis teleologies, want die meeste outeurs veronderstel altyd die oorgang van minder ontwikkelde stadia na hoëre ontwikkelingsfases wat parallel loop met die ontwikkeling van die Afrikaners as volk. Die ander is ook ideologies gekleur, want die betrek van meerdere literêre tradisies by die literêr-historiese verhaal veronderstel die bestaan van ’n groter geheel, waar daar verskillende tale en kulture inpas. Beide het interessante en vernuwende sienings gebring, byvoorbeeld Kannemeyer aan die een kant en Chapman aan die ander kant. Maar beide het op eie beperkings gestuit.

Ek het probeer om ’n les daaruit te haal. Ek het die literêr-historiese driehoek baie duidelik omskryf: ten eerste skryf ek die boek baie bewustelik as Poolse navorser en dosent; ten tweede is my doelgroep Poolse, en by uitbreiding Sentraal-Europese of nie-Suid-Afrikaanse, lesers, veral op tersiêre vlak, en hul moontlike verwysingskaders; derdens is my objek van belangstelling die Suid-Afrikaanse literatuur in verskillende vorme van Nederlands tot by Afrikaanse tekste. By elk van die punte kan jy jou vraag weer vra, want by elk speel die buitestandersperspektief ’n rol.

Ek merk ook dat daar telkens vergelykings getref word met Poolse teksverskynsels en literêre geskiedenis. Die Suid-Afrikaanse leser is al daaraan gewoond dat vergelykings eerder met die Nederlandse of Engelse literatuur getref word, en hierdie nuwe perspektief is verfrissend. Kan jy dalk vir ons iets vertel oor die mees insiggewende vergelykings wat met die Poolse konteks getref kon word?

Ek het nie getel hoeveel vergelykings of parallelle daar in die boek staan nie. Daar is sekerlik vir die periode tot 1900 minstens twee baie treffende vergelykings wat ek maak.

Die eerste is die silva rerum (letterlik vertaal as “die bos van sake”): tekste wat hulle tussen genres en style se klassifikasies bevind. Hierdie tradisie reik terug na die antieke tyd. Daar is talle voorbeelde van hierdie soort literatuur, dikwels gebruiksliteratuur of “commonplace books”, in die ou Poolse letterkunde van die 16de tot die 18de eeu, maar ook in Suid-Afrika sien ’n mens hierdie verskynsel. Die Voortrekkergeskrifte is die beste voorbeeld daarvan. Hulle is moeilik om in genrekategorieë te plaas, omdat hulle intern uiteenlopend is wat vorme van inskrywings en behandelde onderwerpe betref.

Die ander punt is die Afrikaans-Arabiese literatuur wat vroeg, aan die begin van my belangstellingstydperk, ’n ontdekking was van die baie komplekse struktuur van invloede aan die Kaap. In die Poolse literatuur het ek ontdek dat ons ook ʼn vergelykbare tradisie ken: in die Ooste van die land, waar daar sedert etlike eeue gelede Poolse Moslems van Tataarse oorsprong woon, het tekste ontstaan wat in ’n soort Poolse dialek uit die Ooste geskryf is, maar in die Arabiese alfabet. My eerste gedagte was dat die parallelle juis sou lê in ander kontinente se tradisies, soos die Jawi-alfabet in Asië en die Ajami-tradisie in Afrika, maar nee, ook in Pole het mense Arabiese karakters gebruik om ’n ander nie-Arabiese taal op te teken (trouens, die tussengangersrol wat Maleis tussen Afrikaans en Arabies aan die Kaap gespeel het, het Turks in Pole tussen Pools en Arabies gespeel. Is dit nie wonderlik dat jy as navorser via Suid-Afrika verskynsels in jou eie land ondek nie?!

Uit my eie ervaring as dosent in Pole weet ek dat daar vir die dosent 'n verrassende waarde lê in die intellektuele proses om die Suid-Afrikaanse werklikheid te “verduidelik” aan studente wat min voorkennis daarvan het, 'n soort objektiverende blik wat versterk word. Het jy dieselfde gevoel? En indien wel, spreek dit tot jou benadering tot die universum van die Suid-Afrikaanse lettere? 

Dis reg. Ek het selfs die PJ Nienaber-Gedenklesing (2005) daaraan gewy en later in 2007 in Tydskrif vir Letterkunde ’n artikel daaroor gepubliseer. Die titel sê dit alreeds: “Oor literêre geskiedskrywing en Suid-Afrikaanse Studies in Europa: hoe om die eksotiese vertroud te maak”.

In die onderrigsituasie aan die universiteit is ons nie net met opleiding besig nie, maar ook met opvoeding. Wie dit nie verstaan nie, moet hierdie beroep maar eerder los. Kennisoordrag is nie genoeg nie. Veral waar daar sprake is van geesteswetenskappe, of “humanities” – kyk net na die etimologie en die betekenis van die terme! Dit verwys na die ontmoeting van mense en hul koppe! Jy staan daar as mens voor die klas, en dit wil sê voor ander mense, en jy vertel vir hulle goeters waarvan hulle geen flou benul het nie, maar hulle vra vir jou vrae wat jou ook oopmond laat staan, omdat hulle algemene waarhede bevraagteken. En van eenvoudige ouderwetse kennisoordrag bly daar niks oor nie. Kennis staan in boeke en deesdae is dit ook via die internet beskikbaar.

Die dosent wat studente begelei, moet ’n soort coach wees. Die publieke geheim is dat ons as dosente jongmense begelei op hul pad om denkende wesens te word. En die doel van die proses is dat hulle nie meer naïewe lesers sal wees nie, maar sal weet hoe die werk ontstaan het en hoekom dit op ’n sekere manier op my 'n uitwerking het. Verder, sodat hulle ook nie onkritiese burgers is nie, maar verstaan hoe ingewikkelde kulturele, sosiale en politieke prosesse verloop, sodat hulle in staat is om selfbewus op te tree en refleksief oor die wêreld se gebeure te kan nadink.

Dit lyk miskien na groot woorde, maar dit is maar so. Die een gebruik daarvoor psigologie, die ander moderne of klassieke tale – dit hang van die fakulteit se profiel of studie se kurrikulum af, maar die patroon is dieselfde. Met Suid-Afrikaanse Studies beland ons in ’n ruimte waar alles vergroot word deur die komplekse talige, etniese, kulturele konteks. Wat jy ook al vat, blyk die goed anders te wees as wat jy aanvanklik gedink het. Die rowwe klippie kan ‘n diamant wees, of anders: die blinkgoed blyk maar niks te wees nie.

Dit skep vir die dosent ’n groot uitdaging, maar eintlik vergemaklik dit sy taak. Neem as voorbeeld Afrikaans. Die eerste verrassing is dat die meeste sprekers van hierdie taal, wat buite Suid-Afrika veral as Afrikaners se taal gesien word, nie wit is nie. En jy kan maar aangaan met die reeks verrassings waardeur studente elke keer hulle ou of nuutverworwe kennis moet wysig en ’n korrektief daarop toepas. Neem die eenvoudige geskiedkundige feit dat die meeste slawe uit Indië gekom het en nie, soos hulle gedink het, uit ander dele van Afrika nie. Ek beperk my tot die eenvoudigste voorbeelde, maar hierdie patroon werk ook in die geval van meer ingewikkelde sake.

Die student word elke keer gekonfronteer met die situasie van afstand doen van wat hy tot nou toe geweet het. Hy moet intellektueel en emosioneel gereed wees om sy opinies aan te vul en/of te verander. En hier skuil daardie opvoedkundige perspektief waarvan ek aan die begin gepraat het.

Jerzy Koch (foto: Naomi Bruwer)

Sommige mense vind dit vreemd dat daar juis Afrikaans in Pole aangebied word (teenoor byvoorbeeld Zoeloe, wat 'n groter aantal sprekers het). Na my ervaringe in Pole het ek egter sterk onder die indruk gekom dat die Afrikaanse lettere juis 'n besonder goeie “lens” is waardeur die Suid-Afrikaanse geskiedenis en werklikheid beskou kan word. Tot watter mate is jy bewus van hierdie “lens” en hoe dink jy kleur dit jou perspektief?

Rêrig, ek weet nie ... Sou ek ’n spesialis op die gebied van swart tale wees, sou ek ’n ander profiel aan die studie gegee het? Wie weet? Ons doen ons bes om die bestaande kennis in die departement aan te vul en mense te laat kom wat oor alle aspekte van Suid-Afrikaanse kultuur kan praat. Daar het mense in my departement gewerk wat kenners van swart tale is, soos Annekie Joubert (1999–2001) of later Karien Brits (2006–2010); tans is daar Fanie Olivier, wat ook 'n breë blik op Suid-Afrikaanse kultuur gooi, en op die oomblik het ons as gasprofessor ook vir Lionel Posthumus (UJ) wat 'n kenner van onder andere Zoeloe is.  

Maar jy raak ook met jou vraag ’n ander element aan. Ja, na jare lange ervaring dink ek dat Afrikaans – en daarmee saam dus Afrikaanssprekende mense, hulle geskiedenis, die ontstaan van die taal en die emansipasie daarvan en so aan – ’n besondere geleentheid gee om die land se probleme in die verlede en hede te illustreer. Die literatuur verskaf daartoe sekerlik baie goeie toegang. Nie net die tekste self nie, maar ook die kontekste. Dis hoekom die kulturele geskiedenis van die literatuur die mees aangewese benadering is. Maar daar is nog ’n ander aspek, wat nie minder belangrik is nie – dis my idée fixe waaroor ek iets in 2007 in Tydskrif vir Letterkunde geskryf het. Dit gaan daarom om die studente aan die vreemde bloot te stel ten einde hulle oor die eie te laat nadink. Wat op die eerste gesig anders of selfs eksoties was, blyk by nadere beskouing in wese vertroude kenmerke te dra. Ek het byvoorbeeld hier bo genoem die idee van die Kaapse Moslems om Arabies te gebruik by die opteken van ’n nie-Arabiese taal. Ek kan jou verseker dat die omweg wat die studente maak om via die Suid-Afrikaanse kultuur hul eie Poolse kultuur te ontdek, die mees aangrypende taak van die dosent kan wees. Die eksotiese word skielik nader getrek en vertoon herkenbare trekke; die eie wys ongekende eienskappe.

Die impak van iemand soos Krotoa se verhale oor die binneland van Afrika word ook hier bespreek, met verwysing na die Daghregister wat aan die Kaap gehou is. Hoe klassifiseer mens die genre van hierdie soort vertellings?

Presies – vertellings! Ook literatuurgeskiedenis is ’n vertelling, ’n verhaal. Jy bereik jou doel as historikus nie net deur klassifikasies toe te pas nie, maar ook deur die storie wat jy vir jou lesers oor ander mense se stories vertel; jy neem die lesers aan die hand en wys vir hulle nie net klassifikasies en tipologieë nie, maar ook teenstellings en gebreke, gate en hiate, paradokse en aporias. Dis die konfrontasie van die materiaal met die manier van vertel. Jy verken en verduidelik al vertellende.

Die situasie van literatuur- en taalondersoekers is eksistensieel gesien baie kompleks. Jy verduidelik in ’n taal iets omtrent taalprodukte. Jy maak jou eie verhaal oor ander mense se verhale. Jy is tegelyk op die vlak van die taal én metataal, verhaal én metaverhaal. Pleks om veilig in die sentrum van die park te wandel, kan jy op hierdie wyse die randgebiede verken. Die gevaar is dat jy dwaal, maar ook dit is ’n deel van jou werk, en die moeite werd.

Die Daghregister staan daar aan die begin van die tekstuele universum in Suid-Afrika. Dit is ’n historiese bron, maar ook ’n teks. Een van die diskoersiewe lyne in my boek is die ontmoeting met die Ander. Geïnspireer deur ander ondersoekers het ek na die diskoers oor die vrou gaan kyk. Wat my opgeval het, was die fokus op die kritiek van koloniste (blanke mans) wat die gesprek oor inheemse vroue bepaal het. Aan die een kant is die kritiek geregverdig, aan die ander kant is dit vervelig, want hoe lank kan jy dieselfde bewys wat reeds bewese is?

Ek het na die elemente gaan kyk wat téén die hooflyne van die toenmalige koloniale diskoers gerig is, bewus en onbewus, partykeer klein, maar soos ’n klein klippie in die skoen duidelik tasbaar. Soos ʼn mens uit die Daghregister kan aflees, was Eva/Krotoa die eerste vrou wat in die diskoers ingestoot is en wat dit terselfdertyd ondermyn het. Die ander Khoivroue op dieselfde lyn was Saartjie en Kaatjie, Magdalena en Benigna. Hulle was ʼn uitdaging vir my as skrywer van ʼn literatuurgeskiedenis.

Die titel skep die verwagting dat daar ook ander uitgawes verwag kan word: oor ander tale, ander eras. Is dit so, en indien wel, hoe sal die volgende uitgawe lyk?

Deel twee is reeds in 2012 in Pools gepubliseer, en ek het aansoek gedoen vir fondse om dit in Engels te vertaal en te publiseer. Daardie deel beskryf verskillende kontekste wat vir die hele 20ste eeu van belang is (omtrent die helfte van die boek). Dit is byvoorbeeld die ruimte van die Afrikaanse literatuur (waar ek in besonderhede probleme met die literêre geskiedskrywing uiteensit), teorieë oor die ontstaan van Afrikaans en die ontwikkeling van die Afrikaanse kritiek en literatuurgeskiedenis. In die tweede afdeling gaan ek dieper in op die literatuur van die eerste dekades ná die ABO. Die tydsgrens is moeilik om te trek, maar ek laat daar die Dertigers nog buite beskouing, hoewel ek by party skrywers (soos Leipoldt) ook verder in die 20ste eeu in trek. Deel drie moet geskryf word; ek is nog in ’n vroeë stadium van materiaal versamel, lees en herlees en so meer.

The post Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries appeared first on LitNet.

Lesersindrukke: Errol Tobias: Suiwer goud deur Errol Tobias

$
0
0

Errol Tobias: Suiwer goud
Errol Tobias
Uitgewer: NB-Uitgewers
ISBN:  9780624071891

Dit gebeur toe so dat ek The Good Story – Exchanges on Truth, Fiction and Psychotherapy koop enkele dae voordat ’n vriend my ’n eksemplaar geskenk gee van Suiwer goud, die outobiografie van die eerste bruin (of swart) Springbokrugbyspeler, Errol Tobias.

Die temas van die twee boeke had op die oog af niks met mekaar te make nie; dat ek hulle dae uit mekaar bekom het, was dan blote toeval, sonder enige diepe betekenis daarin versteek.

Maar toe ek The Good Story – skrywes tussen die psigoterapeut Arabella Kurtz en die wenner van Suid-Afrika (of Australië?) se Nobelprys vir letterkunde, JM Coetzee – begin lees, het ek tog ’n raakpunt bespeur. Dit is in die eerste paragraaf van die eerste hoofstuk op bladsy 1 opgeteken.

Hier word (in my eie vertaling en beklemtoning) skrywer wees van jou lewensverhaal opgestel teenoor verteller wees daarvan; en ook word die skep van ’n goedgevormde storie opgeweeg teen die oordra van die ware verhaal.

Coetzee skryf aan Kurtz: “When I tell other people the story of my life – and more importantly when I tell myself the story of my life – should I try to make it into a well-formed artefact [...] or on the contrary should I be neutral, objective, striving to tell a kind of truth that would meet the criteria of the courtroom: the truth, the whole truth, and nothing but the truth?”

’n Maklike taak is dit beslis nie, kán dit nie wees nie: die besluit oor wat om weg te laat en wat om te behou wanneer ’n mens jou lewensverhaal te boek staaf, soos wat dit uiteraard vir Tobias ook moes gewees het met Suiwer goud, in Engels beskikbaar as Pure gold.

Dit is egter ook Coetzee wat dan die leser herinner aan Freud se waarskuwing dat wat jy weglaat sonder om daaroor na te dink dikwels die sleutel mag wees na die diepste waarheid oor jouself.

*

Maar laat ek eers my belange verklaar voordat ek voortgaan met hierdie bespreking van Suiwer goud:

  • Ek is sedert 2011 besig met ’n biografie oor Errol Tobias. Hieroor het hy sy afkeer in ’n brief aan Die Burger duidelik gemaak – en terselfdertyd, verkeerdelik, die lesers meegedeel dat ek hom by geleentheid sou genader het om sy boek te skryf en dat hy toe geweier het.
  • Ek het dieselfde uitgewersgroep wat nou Tobias se boek uitgegee het, reeds in 2011 rond genader oor of hulle sou belangstel in ’n boek oor hom, en die terugvoer destyds was “dat die storie dalk al bietjie oud is”.

Maar omdat ek aanhou glo het, en steeds glo, dat Tobias se verhaal so volledig moontlik – en binne die konteks van sy tyd – vertel moet word, het ek deurgedruk en aanhou navorsing doen en skryf.

Dit is immers al byna 25 jaar nadat ek die eerste keer, daar in my matriekjaar rond, oor hom begin skryf het toe ek my joernalistieke loopbaan as ’n dorpskorrespondent in ons gedeelde tuisdorp, Caledon, begin het. Tobias het op daardie stadium sy laaste seisoene as klubspeler beleef.

En ek hoor hom nog so onlangs as 2010 sê – na aanleiding van die goeie terugvoer wat hy ontvang het op ’n kort profielonderhoud wat ek oor hom vir Die Burger geskryf het: “Jy weet jou kanse om my boek te skryf, is nou natuurlik nóg beter.”

Dit was voordat ek in 2011 in ’n rubriek en ’n brief in Die Burger melding gemaak het van my Tobias-boekprojek en hy geantwoord het dat enigiemand wat hoop om ’n boek oor hom te skryf dit net met die waarheid uit sy eie mond sou kon doen.

Dit is tóé dat hy sý weergawe van ons gesprek – waartydens ek hom kwansuis sou gevra het om sy boek te skryf – weergegee het. My eie weergawe moet nog, en sal ook nog, opgeteken word.

En toe, in Augustus 2014, terwyl sy kleinseun Curtley en my seun Benedict vir dieselfde span van die plaaslike voormalige Model C-skool op Caledon uitdraf, deel Tobias my mee: “Luister, partner, ek wil nie hê jy moet deur die grapevine hoor nie, maar my boek is klaar, hoor.”

Die uitgewers, maklik drie of vier van hulle, sou tou gestaan het vir die manuskrip, en daar was reeds sprake van ’n fliek. Hy sou hom hiervoor “semifiks” moes hou sodat hy homself in die fliek kan speel.

Heel betekenisvol het die gesprek ook hierdie olyfblaar opgelewer: “Sien, ek het vir my vrou, Sandra, ook gesê dit sal niks gewees het om jou my boek te laat skryf nie, maar ek moet dink aan jou loopbaan ook – veral daar waar jy nou is [in diens van die Universiteit Stellenbosch].”

Dit het hierdie rugbyheld van my bekommer dat ek dalk aan die verkeerde kant van die “wit man” sou beland, sê hy dié dag, indien ek sou saamwerk aan ’n boek “waarin Tobias die wit man te na kom”.

Ek het respekvol my kop geknik en gevra dat “oom Errol” my asseblief moes verskoon, maar my seun sal ná die wedstryd wou weet hoe ek dink hy gespeel het. Nét daar, op daardie oomblik, het my seun ’n ondersteuner langs die veld bygekry: “Kom, Dickie!” het Tobias luidkeels geskreeu. “Wys hulle!”

Dit is ook hoe hy my aangemoedig het, destyds toe ons saam vir die plaaslike klub geoefen het – hy die eerstespan-losskakel aan die einde van ’n roemryke loopbaan, en ek die tweedespan-skrumskakel aan die begin van ’n belowende een, op die drumpel om my eerste wedstryd saam met die dorp en die land se eerste bruin (of dan swart) Springbok te speel.

Helaas was dit my nie beskore nie, want Tobias het sy plek in die eerste span vir daardie bepaalde wedstryd verloor en dit as benede hom beskou om vir die tweede span uit te draf, sonder inagneming dat sy besluit ’n lewenslange aanhanger van ’n groot geleentheid ontneem het.

“Kom, Dickie,” het hy my seun nou hier langs die veld aangemoedig. “Wys hulle!”

*

My afwagting was derhalwe groot toe ek te hore kom dat Tobias se outobiografie by Bargain Books op Caledon bekend gestel sou word, omtrent ’n week voor die nasionale vrystelling geskied het.

’n Paar dae later het ek my geskenk-eksemplaar bekom – en die boek in een sit deurgelees. Dit was om twee redes: omdat ek, as ’n aspirantbiograaf, wou sien wat Tobias in die boek deel, hóé hy dit vertel, en waaroor hy stilbly; en ook omdat die boek nie juis baie tyd vereis het om deur te lees nie.

Dit is ‘n bietjie dun in die broek, soos ons sê, as jy dit vergelyk met ander rugbybiografieë of -outobiografieë uit Tobias se era en die onlangse verlede. Om enkeles te noem: Nick Mallet (180 bladsye), Naas Botha (260), Wynand Claassen (320), Peter de Villiers (240), Jake White (340), Chester Williams (225), Hennie Gerber se Craven (280) en Paul Dobson se Doc – The Life of Danie Craven (300).

Wat Tobias se Suiwer goud betref – die storie van een van Suid-Afrikaanse sport se belangrikste historiese figure – is die totale aantal bladsye tussen die voor- en agterblad slegs 144. Hierby ingesluit is die kopieregbladsy, ’n tweebladsy-inhoudsopgawe, drie bladsye met twee voorwoorde deur oudrugbyadministrateur Dougie Dyers en oud-Springbok Rob Louw; ’n 16 bladsy lange, dog goeie, oorsig oor “Sport en ras in Suid-Afrika” deur Beeld se sportredakteur, Gert van der Westhuizen; ’n vierbladsy-inleiding deur Tobias; twee bladsye met aanhalings van mense wat hom oor die jare bemoedig het, onder wie Tobias se vader, oudrugbybaas Danie Craven en oudpresident Nelson Mandela.

Die Tobias-verhaal, in sy eie woorde, word dan van bl 34 tot bl 115 weergegee, ’n volle (skamele?) 81 bladsye, gevolg deur ’n opsomming van sy lewe ná dié as rugbyspeler: eers afrigter, toe burgemeester, oupa, SuperRugby-kommentator, 2010- Wêreldbekersokker-ambassadeur, RSG-omroeper en nou lekeprediker.

Op bl 127 begin Tobias se indrukke oor hoe dinge vandag met Suid-Afrikaanse rugby staan, sy menings oor hoe spanne gekies behoort te word – nie op grond van (kleur)kwotas nie, maar meriete (soos wat hy glo hy en Avril Williams drie dekades gelede as die eerste twee Springbokke van kleur gekies is), balans in die span en besluitneming op die veld.

Tussen ble 132 en 139 kies hy sy beste spanne, word hy gepols oor onder meer die Bokke se kanse in die 2015-Wêreldrugbybeker, die (nou voormalige) Bok-breier Heyneke Meyer en sy raad vir jong spelers, “spesifiek swart spelers wat erkenning soek maar dekades later steeds dieselfde probleme as jy destyds die hoof moes bied”.

Dan volg sy lys van eerste-prestasies (139) en beantwoord hy ’n paar vrae van die Proust-vraelys (140–1). Sy antwoorde verklap sy onvoorwaardelike liefde vir sy vrou, Sandra; dat hy sy betrokkenheid by die kerk as sy grootste prestasie beskou; dat hy graag tennis sou wou speel; dat sy bankbalans die een ding is wat hy omtrent homself sou wou verander.

En as wat sou hy wou terugkeer – ’n mens/dier/ding – wanneer hy die dag sterf? “Omdat ons so lief is om wit mense te kritiseer,” antwoord hy, “sou ek nogal graag na die aarde wou terugkeer as ’n wit mens om te sien of dit regtig anders is.”

Tussen ble 142 en 144 volg ’n lys van bedankings – onder andere sy Skepper, familie, die media, sportmense wat by sy loopbaan betrokke was, en dan spelers van plaaslike klub- en streekspanne. “Baie van hulle was goed genoeg om ook Springbokke te word,” oordeel Tobias, “maar die landswette was teen hulle.”

Hierin lê dan die groot waarde van Tobias se boek: dat dit ’n allerbelangrike bydrae lewer tot die skamele versameling van boeke oor die land se “niewit” rugbyhelde van weleer. Soos die rugbyhistorikus Hendrik Snyders ons in sy akademiese artikel “Between the Springbok and the Ikhamanga” herinner, was dit tot ’n paar jaar gelede net Chester Williams wat ’n biografie gepubliseer het; sedertdien het daar ook boeke oor Bill Jardine, Peter de Villiers en Ashwin Willemse verskyn.

Maar helaas skiet Suiwer goud tekort onder meer omdat dit systap verby sleutelmomente in die evolusie van swart sportmanne se stryd om nasionale én internasionale erkenning.

Die boek is, ten beste, ’n kortbegrip van Tobias se verhaal, kompleet asof dit deur ’n pa of ’n oupa vir sy kinders en kleinkinders opgeteken is.

Miskien is die moeilikheid dat daar duidelik op een persoon se geheue staatgemaak word – 30 jaar ná die gebeure, té lank nadat Craven hom aangemoedig het, soos Tobias op bl 30 vertel, om aantekeninge te maak vir ’n toekomstige boek.

Ongelukkig is daar ook geen aanduiding dat mense wat goed vertroud is met daardie geskiedenis, die enkeles wat nog lewe, onder andere familielede, oudspanmaats, die historikus Snyders of oudkoerantmanne soos Conrad Sidego, Lappe Laubscher en Bokkie Gerber, gevra is om die manuskrip vooraf te lees nie.

Dit sou kon gehelp het om bepaalde name en sekere verwysings reg te stel: De Posselstraat, waar Tobias grootgeword het, word Apostelstraat; oudspanmaat Glen Aploon word Applon; Peter Hain se boikotbeweging Halt All Racist Tours word Stop All Racist Tours; die Caledon-klubs Progress en Vlei Standards het Caledonians gevorm en nie Caledon Rugby Voetbalklub nie; SuperRugby, waar Tobias as kommentator gewerk het, word op kykNET en nie op SuperSport nie uitgesaai.

En dan wil ’n mens nie eens verwys na al die spelfoute wat die duikslae van die redigeringsproses ontglip het nie ...

*

Tobias het met Suiwer goud ’n geleentheid verspeel om reg aan sy verhaal te laat geskied. Ter versagting wys Snyders dié skrywer daarop dat Suiwer goud nogtans “Tobias se eie outentieke stem is met al die leemtes wat saamgaan met die afwesigheid van ’n spookskrywer wat sou kon sorg vir meer volledigheid”. Niks het hom egter gekeer om die boeke van sy tydgenote (soos Wynand Claassen, Naas Botha, Rob Louw en Danie Gerber, of dié van Dok Craven) te raadpleeg as naslaanbronne nie, sê Snyders, “want dit sou die vlak van akkuraatheid en volledigheid kon verhoog en kontekstualisering aanhelp”.

Wat hy wel gedoen het, is om ’n “goedgevormde” weergawe te vertel; ’n weergawe waarin hy skielik ontpop as ’n polities-bewuste persoon, iemand wat hom teen onreg verset het deur te weier om saam met sy spanmaats te bid.

En tog “vereer” hy die twee persone wat hom doelbewus op die 1981-Springboktoer na Nieu-Seeland gemarginaliseer het: oudafrigter Nelie Smith word deur hom as bestuurder van sy Beste Bokspan aangewys, en oudspanbestuurder Johan Claassen word as slot in sy internasionale “Droomspan” ingesluit.

Maar enigeen wat al ‘n bietjie wyer gelees het, sal weet dat hy uiteindelik nie dapper genoeg was om, as ek JM Coetzee mag byhaal, ’n soort waarheid te vertel “that would meet the criteria of the courtroom: the truth, the whole truth, and nothing but the truth” nie.

Of het Tobias einde ten laas besef wie die kooppubliek van rugbyboeke is en daarom besluit het om versigtig te werk te gaan om nie aanstoot te gee nie?

Dit verklaar steeds nie waarom jy nie eens ’n beskrywing raak lees van die oomblik wat hy destyds teenoor Rapport as sy grootste ooit op die rugbyveld beskryf het nie: dié het op ’n Saterdag in Junie 1984 plaasgevind, toe hy ’n Engelsman met ’n magtige afstoot uit die pad gevee het om sy eerste en enigste toetsdrie vir die Bokke te druk.

In Carmichael Shelley (red) se 1891 to 2003: 112 years of Springbok Rugby – Tests and Heroes word die oomblik soos volg herleef: “As he raced ahead, the crowd on the East Stand rose with him, cheering and throwing their arms about as if in a Mexican Wave. He dived, he scored and he arose a conqueror with his arms flung aloft, as if to symbolise all that he had conquered – racial barriers on one side and accusations of tokenism on the other.”

Hierin is die volle – die goeie en die ware – verhaal van Errol George Tobias opgesluit.

 

Heindrich Wyngaard is medeskrywer van Rugby changed my world – The Ashwin Willemse Story. Hy bied Sondagaande die nuusbesprekingsprogram Kommentaar op RSG aan.

The post Lesersindrukke: Errol Tobias: Suiwer goud deur Errol Tobias appeared first on LitNet.

Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

$
0
0

Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

Linda du Plessis, waarnemende kampusrektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus

LitNet Akademies Jaargang 13(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Onderrig- en navorsingsverantwoordelikhede word as komplementêre dog uiteenlopende take van akademiese personeel in hoër onderwys beskou. Daar bestaan ’n behoefte om meer sinergie tussen onderrig- en navorsingsinisiatiewe te vestig. Gegewe dat die verwagtinge vir dissiplinêre navorsing gedurende dieselfde tyd styg as wat eise vir groter aanspreeklikheid ten opsigte van studentesukses hoër onderwys in die gesig staar, kan die potensiële voordele vir die bevordering van die verwantskap tussen navorsing en onderrig nie geïgnoreer word nie. Die doel van hierdie verslag is om die kritieke suksesfaktore vir die volhoubare toepassing van die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) by ’n tradisionele universiteit te bepaal, asook om die impak van AvOL op navorsingsuitsette te moniteer en vas te stel watter formele en informele strukture nodig is om AvOL te ondersteun.

Met behulp van aksienavorsing word die beplanning, toepassing en impak van die verskillende inisiatiewe ontleed, en verbeterings word siklies aangedui. Tydens die eerste siklus is ’n bestuurskomitee saamgestel. Die bestuurskomitee het ’n projek van stapel gestuur om te bepaal tot watter mate huidige beleidsdokumente en prosesse by die universiteit navorsing en onderrig ondersteun en beloon, en ook om vas te stel wat die persepsies van akademici is rondom die balans tussen onderrig en navorsing. Tydens die tweede siklus is AvOL-projekte formeel bekendgestel en data is deur middel van terugvoerverslae ingesamel. Tydens die derde siklus is die projekte hersien en opnuut in die daaropvolgende akademiese jaar van stapel gestuur. Hierdie studie het kritieke suksesfaktore vir die suksesvolle vestiging van AvOL geïdentifiseer. Navorsingsbevindinge dui verder daarop dat AvOL daarin geslaag het om die gaping tussen navorsing en onderrig as twee pole te verklein, en dit voorsien akademici van ’n platform vir prestasie en om tot die gehalte van onderrig en leer by te dra. Daar is ook bevind dat proaktief opgetree moet word om akademici aan te moedig om formeel by AvOL betrokke te raak. Die daarstel van ’n bestuurskomitee, met verteenwoordiging van die bestuur, akademici en akademiese-ondersteuningspersoneel, sowel as die totstandkoming van belangegroepe, was strukture wat daartoe bygedra het dat AvOL momentum gekry het en oor ’n driejaarperiode aansienlik gegroei het. Die resultate verskaf waardevolle insig in die toepassing, ondersteuning, uitdagings en monitering van AvOL.

Trefwoorde: Akademieskap van Onderrig en Leer, aksienavorsing, AvOL, onderrig en leer

 

Abstract

Depolarisation of teaching and research, reflection through action research at a traditional university

Teaching and research responsibilities are considered to be complementary, yet distinct tasks of academic staff in higher education. The general belief that research and teaching are inextricably intertwined is simplistic – the measurable outcomes of teaching and research are actually quite different. Academics are expected to be good researchers and effective lecturers, whereas the factors that influence professional development emphasise research. It is therefore not surprising that there is constant tension between the attempt to maintain a balance between the recognition of teaching responsibilities and the recognition of research responsibilities, and that it is something of a challenge to ensure that both get the necessary recognition.

Only 27% of the total of enrolled students complete their degrees in the minimum time, while almost 40% leave the system without completing their qualifications. Although not directly linked to poor teaching, these statistics unquestionably highlight the need for a better understanding of teaching and learning situations and exploring ways to adapt the learning process in order to improve the throughput rate. The poor throughputs rates, along with other challenges in the education system, such as underprepared students, multilingualism and rapidly developing technology, require academics to continually take stock of their scholarly approach to the teaching of their discipline. Contrary to the view that students are unprepared for higher education, there is a strong challenge to access and use the unique knowledge and skills that students bring to the classroom to enrich the learning process.

While the Scholarship of Teaching and Learning (SoTL) movement and the literature have grown considerably and gained momentum during the past two decades, the introduction of a new initiative like SoTL at a university, does not take place overnight, and an integrated approach is required to ensure that capacity and support are available, and that policy and practice support each other. The purpose of this study was to determine whether investment of a university in SoTL would succeed in promoting the relationship between teaching and research. Action research is used to investigate the establishment of SoTL at a traditional university. The core questions that arose were:

  • What are the critical success factors for the sustainable implementation of SoTL at a traditional university?
  • What is the impact of a focus on the research output of SoTL?
  • What formal and informal structures are needed to support SoTL?

SoTL evolved from a basic scientific education in a discipline, but it is not the same as excellent teaching. It meets the following additional criteria in the context of the promotion of learning:

  • It requires high levels of discipline-related expertise.
  • It requires an understanding of who the students are, how they are learning and what the most effective practices in the context of the discipline are (pedagogical content knowledge).
  • It generates new knowledge and innovation.
  • It can be repeated and extended.
  • It is documented and exposed to peer review.

The objectives of SoTL include:

  • Creating an awareness of, and interest in, how students learn.
  • Applying the discipline of teaching and learning.
  • Improving students’ experiences by following a scholarly approach to teaching and learning.
  • Improving the quality of teaching and learning by empowering academics in reflective teaching.
  • A planned increase in research output in the field of teaching and learning.

The North-West University (NWU) is a multi-campus traditional university. The university was established in 2004 through a politically motivated merger of two universities with very different histories, traditions and cultures, namely the Potchefstroom University for Christian Higher Education and the University of North-West. The staff and students of the Sebokeng Campus of the Vista University were incorporated, which further enriched our heritage. However, the cultures, student profiles and development trajectories on the three campuses are not the same. The university's mission is to become a balanced teaching-learning and research university, and to implement its expertise in an innovative way. One of the main driving forces behind the university's mission for the past ten years has been to attract more postgraduate students in order to expand research expertise and establish research niche areas. This has strengthened the perception that research carries more weight than does good teaching. In 2012 it was decided to launch a new strategic initiative, namely SoTL, at the university as one of the strategies to help realise the mission of the NWU. The aim of the focus on SoTL was to strengthen the quality of teaching and learning, as well as to distinguish the NWU from its competitors through its institutional culture of excellence and focus on the quality of teaching and research. The conceptualising of SoTL at the university is based on the following strategic thrusts, as defined extensively by educational experts:

  • Encouragement of reflective practice and promotion of best practices.
  • Promotion of research and innovative ideas in teaching and learning.
  • Creation of opportunities for discourse analysis on assumptions, beliefs and values in teaching and learning.
  • Support of staff development in teaching and learning by practical experience.
  • Creation of space for cooperation and discussion about teaching and learning across subject fields.

Action research was used as the research methodology. The applicability of the methodology is due to its ability to analyse and explain the institutional process that unfolds during the implementation of SoTL as a new strategic initiative. Data was gathered by studying the progress reports of academics as well as through interviews with academics. The information gathered at the end of each cycle was used to revise the SoTL strategy for the following year. The following three cycles were conducted:

In cycle one a project steering committee consisting of subject chairpersons, the Director of Academic Support Services and the Vice-rector: Academy was formed to steer the project. The project steering committee is launching a project to determine the extent to which current policies and processes at the university support research and teaching and reward, as well as to determine the perceptions of academics in respect of the balance between teaching and research.

In cycle two the SoTL projects were formally introduced; academics engaged in SoTL projects and data was identified through feedback reports. These reports were analysed by the project steering committee and reflected upon to improve the next cycle of implementation.

Cycle three began at the start of the following academic year. In the new academic year, SoTL projects as well as supporting capacity-building workshops were initiated. Data was collected and the findings were analysed. Academics had the opportunity to reflect on the process they were involved in and were invited to make suggestions on how to improve the process.

The following operational changes were made over time to improve SoTL support on the campuses:

  • The funding criteria were revised to support projects for more than one year, provided that satisfactory progress reports are submitted.
  • Projects that include staff members from more than one faculty or campus were encouraged.
  • Projects that are carried out in collaboration with colleagues from other universities were also considered for funding.
  • The types of projects considered for funding were aligned with the strategic priorities of the campus.

The application of SoTL at a multi-campus traditional university was not without challenges. The biggest challenge was to convince staff and management that SoTL is a viable route for academics to pursue, and that they should support SoTL through policy and practice. This study found that critical success factors for the sustainable use of SoTL at a traditional university include the following:

  • Recognition of the importance of SoTL, and the support of it, by senior academic management.
  • The availability of seed funding with clear guidelines and reporting.
  • The creation of platforms where academics can share projects and network.
  • Purposeful processes to ensure that SoTL is recognised as part of the workload and performance agreement of academics.
  • Focused training and support.
  • Policies and reward systems that make provision for the recognition of SoTL projects.

To give due recognition to SoTL it is critical that the tension between the recognition of research on the one hand and teaching on the other is reduced. In addition to monitoring the research outputs generated by academics, it is essential to monitor the impact on student success as well. There is a wide range of factors that affect student success, of which socio-economic conditions and conditions inside and outside the classroom are but a few. A single indicator will never be sufficient to determine the impact of an intervention. Rather than concentrating on quantitative performance indicators, it is recommended that a scholarly approach to teaching and learning should form part of the philosophical approach to teaching and learning at a university. A lecturer’s teaching philosophy describes the beliefs that the teaching approach to the subject and the learning process of the student are based on. The inclusion of SoTL as part of a lecturer's teaching philosophy will serve as a good indicator that SoTL is regarded as an important and enriching aspect of the learning process.

The teaching and learning strategy of the university is being reviewed and the new strategy recognises SoTL as one of the building blocks of the university's approach to teaching:

Promotion of the Scholarship of Teaching and Learning in order to support learning communities in which academic and professional support staff conduct research into the curriculum, student learning and development, teaching and assessment, and other aspects that impact on student success [quoted from NWU teaching and learning strategy].

The second research objective was to investigate the impact on research productivity by focussing on SoTL. Research findings indicated that SoTL managed to close the gap between research and teaching as two opposite poles and provided academics with a platform for performance and an opportunity to contribute to the enhancement of teaching and learning. It was also found that proactive steps must be taken to encourage academics to engage formally with SoTL. The practice of SoTL was established after three years, but it remains necessary to manage perceptions.

The appointment of a project steering committee, with representation from management, academics and academic support staff, as well as the forming of interest groups contributed to the fact that SoTL gained momentum and grew significantly over a three-year period.

SoTL interest groups have become an important forum for academics to engage in discussions and share ideas. Academics were introduced to SoTL champions (more experienced SoTL researchers). As a result of the interest groups, cooperation between staff members from different faculties grew. These interest groups were not formally created, but developed spontaneously when academics began meeting. The value of interest groups cannot be over-emphasised. Informal discussions on academic projects stimulated new ideas and have led to the continuation of new and collaborative solutions.

These discussions have also contributed to a more informed dialogue with decision-makers, which has often led to improved outcomes and promoted professional development. It is important to shift the focus from a result-oriented approach to teaching and learning, to a professional approach which leads to deeper insights within a discipline. It is a national priority to improve the throughput rate and success rate of students in higher education. Recognition of the scholarship of teaching and learning as a research niche has the potential to improve the quality of education at universities, schools and other training facilities.

"If you do what you always did, you will get what you always got." (Anonymous)

Keywords: action research; Scholarship of Teaching and Learning; SoTL; teaching and learning

 

1. Inleiding

Onderrig- en navorsingsverantwoordelikhede word as komplementêre, dog uiteenlopende take van akademiese personeel in hoër onderwys beskou. Die algemene oortuiging dat navorsing en onderrig onlosmaaklik verweef is, is simplisties en die meetbare uitkomste van onderrig en navorsing verskil heeltemal (Bulterman-Bos 2008; Hattie en Marsh 2004; Prince, Felder en Brent 2007; Robertson 2001). Die persepsie dat onderrig en navorsing geskei word, word versterk deur interne sowel as eksterne evaluerings van werkverrigting wat hoofsaaklik op navorsingsuitsette as maatstawwe fokus. Internasionale ranglyste vir universiteite fokus ook hoofsaaklik op navorsing (Alpay en Verschoor 2014; Barnett 1997; DHET 2014; Pelikan 1992). Die waarneming wat met reg gemaak kan word, is dat die beloningstelsels nie die volle spektrum van akademiese aktiwiteite erken nie. Dit word van ’n akademikus verwag om ’n goeie navorser sowel as ’n effektiewe dosent te wees, terwyl die faktore wat professionele ontwikkeling beïnvloed, navorsing beklemtoon. Dit is dus nie vreemd dat daar voortdurende spanning is in ’n poging om die balans tussen die erkenning van onderrig- en navorsingsverantwoordelikhede te handhaaf en te sorg dat beide die nodige erkenning kry nie (Alpay en Verschoor 2014; Barnett 1997; DHET 2014; Li-ping Tang en Chamberlain 1997; Pelikan 1992; Toch 1990).

Resultate van kohort-ontledings wat deur die Raad vir Hoër Onderwys (CHE 2013) gepubliseer is, dui daarop dat die uitvalsyfer van studente in hoër onderwys onrusbarend hoog is. In tabel 1 word ’n opsomming gegee van die deurvloeisyfer van kontakstudente wat by universiteite in Suid-Afrika studeer. Die persentasie wat in die minimum tyd gradueer, sowel as die persentasie wat uitval, word aangedui. Slegs 27% van alle studente voltooi hulle kwalifikasies in die minimum tyd, terwyl sowat 40% die stelsel verlaat sonder om hulle kwalifikasie te voltooi. Alhoewel dit nie direk aan swak onderrig gekoppel kan word nie, dui hierdie statistiek onteenseglik op die behoefte om onderrig- en leersituasies beter te verstaan en metodes te vind om die leerproses aan te pas ten einde die deurvloeisyfer te verbeter. Die swak deurvloeisyfers, tesame met ander uitdagings in die onderwysstelsel, soos onvoorbereide studente, meertaligheid en snelveranderende tegnologie, noodsaak akademici om voortdurend hul benadering tot die onderrig van hulle vakgebied in oënskou te neem. Teenstrydig met die beskouing dat studente onvoorbereid is vir hoër onderwys, is daar ’n sterk uitdaging om die unieke kennis en vaardighede wat studente na die klaskamer toe bring, te ontgin en te gebruik ten einde die leerproses te verryk (Boughey 2007). Dit bly ’n risiko vir enige universiteit wanneer studente uitsak of nie hul studies in die aangewese tyd voltooi nie. Studentedeurvloei- en gradueringsyfers is deel van die data waaroor jaarliks aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gerapporteer moet word en die monitering hiervan sal vir alle universiteite ’n prioriteit bly.

Kwalifikasie Gradueer in minimum tyd (%) Uitvalsyfer – studente wat nie gradueer nie (%)
Swart Bruin Indiër Wit Alle rassegroepe Swart Bruin Indiër Wit Alle rassegroepe
Driejaargraad 20 20 26 43 29 39 50 37 31 37
Vierjaargraad 30 28 31 47 36 41 47 43 33 39
Driejaardiploma 16 27 27 38 20 45 45 39 38 44
Alle kwalifikasies 20 24 28 44 27 42 47 39 33 40

Tabel 1. Opsomming van kontakstudente se deurvloei

 

2. Probleemstelling

Gegewe dat die verwagtinge vir dissiplinêre navorsing gedurende dieselfde tyd styg as wat eise vir groter aanspreeklikheid ten opsigte van studentesukses hoër onderwys in die gesig staar, kan die potensiële voordele vir die bevordering van die verwantskap tussen navorsing en onderrig nie geïgnoreer word nie.

Die doel van hierdie studie is om vas te stel of ’n belegging van ’n universiteit in die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) daarin slaag om die verwantskap tussen onderrig en navorsing te bevorder.

Terwyl die AvOL-beweging en -literatuur aansienlik gegroei en momentum gekry het gedurende die afgelope twee dekades, vind die vestiging van AvOL by ’n universiteit nie oornag plaas nie en ’n geïntegreerde benadering is nodig ten einde te verseker dat vermoë (kapasiteit) en ondersteuning beskikbaar is, en dat beleid en praktyk mekaar ondersteun (Hubball, Pearson en Clarke 2013; Hutchings, Taylor en Ciccone 2011; Pearson en Clarke 2013).

Die kernvrae wat ontstaan, is:

  • Wat is die kritieke suksesfaktore vir die volhoubare toepassing van AvOL by ’n tradisionele universiteit?
  • Wat is die impak van ’n fokus op AvOL se navorsingsuitsette?
  • Watter formele en informele strukture is nodig om AvOL te ondersteun?

Aksienavorsing is gebruik om die vestiging van AvOL by ’n tradisionele universiteit te ondersoek.

 

3. Agtergrond

Die term vakkunde word normaalweg geassosieer met die werk van ’n akademikus wat betrokke is by navorsing en publisering. Die term navorsing het egter eers die afgelope eeu deel van hoër onderwys se woordeskat geword. Die Engelse term is in 1870 in Engeland gebruik deur reformatore wat Cambridge en Oxford wou vestig as instansies waar leer plaasvind, teenoor instansies waar onderrig plaasvind (Chalmers, Hedges en Cooper 2002). Die fokus op navorsing is in 1906 deur Daniel Colt Gilman by Amerikaanse instansies gevestig. Die term vakkunde in hierdie era het verwys na kreatiewe werk en die integriteit daarvan is bepaal deur die vermoë om te dink, te kommunikeer en te leer (Boyer 1996).

In 1990 het Ernest Boyer die verantwoordelikhede en rolle van akademici ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat dieselfde meriete nie aan die verskillende verantwoordelikhede toegedeel word nie. Hy beskou ’n wetenskaplikgefundeerde, vakkundige benadering tot ’n dissipline as die allereerste en noodsaaklikste vorm van wetenskaplike aktiwiteit, in teenstelling met die siening van sy tydgenote, wat sterk gefokus het op vakwetenskaplike navorsing (wat ook as basiese navorsing bekend staan).

Boyer voer aan dat die magstryd rondom die erkenning van onderrig enersyds en navorsing andersyds onnodig is. Hy meen dat die term akademikus die volle omvang van akademiese werk behoort in te sluit. ’n Akademikus se werk behels die vermoë om betrokke te raak by basiese navorsing, sowel as om ’n tree terug te gee van die ondersoek en brûe te bou tussen teorie en praktyk ten einde kennis effektief aan studente en kollegas te kommunikeer. Die fokus op die tydsbesteding van akademici het sterk gefigureer na aanleiding van Boyer (1990). Boyer voer verder in die 1990-artikel aan dat akademici verantwoordelik is vir onderrig, ontdekking en bevordering van kennis, die integrasie en sintese van kennis oor dissiplines, en die toepassing van kundigheid tesame met die meting van die impak.

Die vier areas soos deur Boyer uitgewys, word kortliks toegelig: Die vakkunde van ontdekking (navorsing) sluit in die soeke na nuwe kennis, die ontdek van nuwe inligting en modelle, sowel as die bekendmaking van inligting deur vakkundige publikasies. Die vakkunde van integrasie verwys na die integrasie van kennis vanuit verskillende bronne en ook die vermoë om tendense te bepaal. Die vakkunde van toepassing beteken dat kennis gebruik word om oplossings vir bestaande probleme te vind en die besef dat nuwe intellektuele probleme as gevolg van praktiese toepassings van oplossings kan ontstaan. Die vakkunde van onderrig sluit in die soeke na vernuwende benaderings en beste praktyke om vaardighede te ontwikkel en oor te dra. Onderrig sluit in formele onderrig, informele leer, advisering sowel as mentorskap (Boyer 1996).

Hierdie vakkundige benadering tot onderrig en leer moenie verlaag word tot ’n praktyk wat opsioneel aan die kantlyn van die wetenskaplike praktyk bedryf word nie, maar moet eerder gesien word as deel van die normale posbeskrywing van akademici.

3.1 Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)

Ongeag die dissipline word hoëvlakvaardighede in die stimulering van studente en die bevordering van hul leer op ’n verskeidenheid gepaste maniere gevestig. AvOL het ontwikkel vanuit ’n basis van wetenskaplike onderrig binne ’n dissipline, maar dit is nie dieselfde as uitstekende onderrig nie. Dit voldoen aan die volgende bykomende kriteria in die konteks van die bevordering van leer:

  • Dit vereis hoë vlakke van dissipline-verwante kundigheid.
  • Dit vereis 'n begrip van wié die leerders is, hóé hulle leer en watter praktyke die doeltreffendste in die konteks van die dissipline is (pedagogiese inhoudskennis).
  • Dit genereer nuwe kennis en is vernuwend.
  • Dit kan herhaal en uitgebrei word.
  • Dit is gedokumenteer en blootgestel aan eweknie-evaluering (Hutchings e.a. 2011; Shulman 2011).

Die doelwitte van AvOL sluit in die skep van bewustheid van en belangstelling in hóé studente leer; die dissipline van onderrig en leer; die verbetering van studente-ervarings deur ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer te volg; die verbetering van die gehalte van onderrig en leer deur die bemagtiging van akademici in reflektiewe onderrig, asook ’n beplande toename in die onderrig-en-leer-navorsingsuitsette van die universiteit (Hutchings e.a. 2011; Pitso 2013; Shulman 2011). Huber en Hutchings (2008) argumenteer dat AvOL ’n praktiese onderneming is, geanker in die konkrete werklikhede van dosente, studente en vakinhoud.

Die fokus op AvOL is besig om toenemend by universiteite in Suid-Afrika te groei (Brew 2006; Pitso 2013). Dit blyk ook duidelik uit die hersiene kriteria van HELTASA oftewel die Hoër Onderwys Leer- en Onderrigvereniging van Suid-Afrika (Higher Education Learning and Teaching Association of South Africa) se nasionale toekennings vir onderriguitnemendheid, wat spesifiek verwys na die wyse waarop onderriguitnemendheid gedefinieer word. Om vir ’n toekenning in onderriguitnemendheid in aanmerking te kom, moet ’n kandidaat onder andere:

  • kreatief reageer op uitdagings in die onderrigkonteks, insluitende dié wat deur beperkte hulpbronne meegebring word
  • nuwe idees, navorsing en ontwikkelings in onderrig binne sowel as buite die klaskamer toepas
  • ontvanklik wees vir die gebruik van ’n verskeidenheid metodes van onderriglewering en vernuwend in onderrig wees
  • betekenisvolle bydraes tot onderrigmateriaal, die ontwikkeling van kurrikula, onderrigmetodes of die assessering van studenteleer binne die vakgebied lewer
  • terugvoer oor onderriggehalte op ’n gereelde en sistematiese basis verkry en hierdie terugvoer gebruik om onderrig en assessering te verbeter
  • betrokke wees by aktiwiteite om onderrig te verbeter (CHE 2014).

’n Spesiale HELTASA-belangegroep het drie areas aangedui wat aandag moet kry ten einde die toepassing van AvOL in die Suid-Afrikaanse konteks te ondersteun, naamlik toegang tot die diskoers van onderrignavorsing, botsende druk tussen AvOL en dissiplinêre navorsing, asook strukturele afsondering van akademici betrokke by AvOL-projekte (Gosling 2009).

Volgens Shulman (2011), president van die Carnegie-stigting, moet ’n aktiwiteit die volgende drie eienskappe bevat om as AvOL geklassifiseer te word:

  • Dit moet openbaar of bekendgemaak word.
  • Dit moet aan kritiese eweknie-evaluering onderhewig wees.
  • Dit moet beskikbaar en toeganklik wees sodat ook ander lede van die akademiese gemeenskap dit kan gebruik of toepas.

Shulman (1996) voer ook aan dat professionaliteit, pragmatisme en beleid die drie dryfkragte van AvOL behoort te wees. Professionaliteit hou verband met die inherente verantwoordelikheid wat akademici teenoor studente en ander belanghebbendes het. Dit sluit ook geleenthede in wat vir personeel geskep word om hulle eie dissiplinêre kundigheid deur middel van vernuwende onderrig en leer uit te brei en te deel. Die professionele rasionaal vir die beoefening van AvOL is dat dit aan akademici die geleentheid bied om kursusse en lesinglokale as “laboratoria” te gebruik en kan tot die verbetering en begrip van onderrig en leer in ’n bepaalde dissipline bydra. Vakkundiges, sowel as studente, is leerders tydens die onderrigproses (Kreber 2002). Die professionele noodsaaklikheid van AvOL is dus nie net vir die individu van belang nie, maar ook vir die gemeenskap (Shulman 1996).

Volgens ander navorsers kan twee betekenisse aan die woord professionaliteit gekoppel word, naamlik professionele gedrag en die handeling om in ’n beroep (professie) te staan. Professionele gedrag verwys na die gehalte van die werk wat verrig word en die gedragskodes en standaarde wat gestel word. Onderrig as professie (professionalisering) het te doen met hoe akademici meen hulle deur ander mense waargeneem word ten opsigte van hul status, onderrigreputasie en vlakke van professionele beloning (Englund 1996; Hargreaves en Goodson 1996; Helsby 1995).

Hargreaves (2000) voer aan dat daar ’n sterk verband behoort te wees tussen professionaliteit (verbetering van die gehalte en standaarde van die praktyk) en professionalisering (verbetering van status); met ander woorde standaarde behoort te verbeter namate die status van die beroep verbeter, maar dit gebeur nie noodwendig in die praktyk nie.

Pragmatisme verwys na die feit dat akademici, veral in Suid-Afrika, uitgedaag word om nuwe maniere vir die fasilitering van leer te vind en dat daar ’n sterk aanspreeklikheid ten opsigte van die slaagsyfers en uitvalsyfers in hoër onderwys is (CHE 2013). Hierdie uitdaging vereis kritiese selfrefleksie en deurlopende verbetering om die uitdagings van ’n komplekse 21ste eeu in die klaskamer te hanteer. Die vraag is of ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer in dissiplines daarin kan slaag om ’n positiewe impak op bogenoemde aanspreeklikheidseise te maak.

3.2 Konteks van die studie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n multikampus tradisionele universiteit. Die universiteit is in 2004 gevestig deur ’n polities-gemotiveerde samesmelting van twee universiteite met baie uiteenlopende geskiedenisse, tradisies en kulture: die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Universiteit van Noordwes. Die personeel en studente van die Sebokengkampus van Vista Universiteit is ook geïnkorporeer en het verdere rykdom by ons erfenis gevoeg. Die kultuur, studenteprofiel en ontwikkelingstrajekte is nie dieselfde op die drie kampusse nie. Die universiteit se missie is om ’n gebalanseerde onderrig-leer- en navorsingsuniversiteit te word, en om sy kundigheid op ’n vernuwende manier ten uitvoer te bring.

Een van die sterk dryfkragte agter die universiteit se missie die afgelope tien jaar was om meer nagraadse studente te kry, navorsingskundigheid uit te brei en navorsingsnisgebiede te vestig (CHE 2009). Dit het die persepsie versterk dat navorsing meer gewig dra as goeie onderrig.

In 2012 is daar besluit om AvOL as ’n nuwe inisiatief by die NWU te ondersteun, as een van die strategieë in die verwesenliking van die missie van die universiteit. Hierdie fokus op AvOL het ten doel gehad om die gehalte van onderrig en leer te versterk, sowel as om die NWU te onderskei van sy mededingers deur middel van sy institusionele kultuur van uitnemendheid en fokus op die gehalte van onderrig en navorsing.

Die konseptualisering van AvOL by die universiteit is gebaseer op die volgende strategiese dryfvere, soos omvattend deur opvoedkundige kenners (Andresen en Webb 2000; Boyer 1990; Butin 2010; Grossman en McDonald 2008; Huber en Hutchings 2008; Kreber 2013) omskryf:

  • Moedig reflektiewe praktyk aan en bevorder beste praktyke.
  • Bevorder navorsing en vernuwende idees in onderrig en leer.
  • Skep geleenthede vir diskoersanalise oor aannames, oortuigings en waardes in onderrig en leer.
  • Ondersteun personeelontwikkeling in onderrig en leer deur praktiese ervaring.
  • Skep ruimte vir samewerking en gesprekke oor onderrig en leer oor vakgebiede heen.

In die etiekkode van die universiteit word die volgende waardes vervat:

Om my intellektuele en persoonlike integriteit, bevoegdheid, professionalisme en ander hulpbronne daaraan te wy om voortreflike uitkomste te bereik. Om my verworwe kundigheid oor die algemeen en dié op my spesialiseringsgebiede aan te wend om opbouende veranderinge in die gemeenskap en die omgewing teweeg te bring terwyl ek my eie kapasiteit om selfs meer tot positiewe groei by te dra, verdiep en verbreed. (NWU 2014).

 

4. Navorsingsmetodologie

Aksienavorsing word as navorsingsmetodologie gebruik. Die toepaslikheid van die metodologie lê daarin dat dit die institusionele proses wat ontvou het om AvOL as ’n nuwe strategiese inisiatief in werking te stel, ontleed en toelig. Data is ingewin deur die vorderingsverslae van akademici te bestudeer, sowel as onderhoude met akademici te voer.

Die term aksienavorsing is deur Kurt Lewin gevestig en is aanvanklik gebruik om ’n vorm van navraag of ondersoek te beskryf waar bestaande wette van sosiale interaksies in die praktyk getoets is (Lewin 1952). Dit is gedoen vanuit ’n positivistiese navorsingsparadigma en het hoofsaaklik van kwantitatiewe data gebruik gemaak.

Vroeg in 1970 het die besef gegroei dat konvensionele opvoedkundige navorsing nie die praktiese probleme van opvoedkundige praktisyns hanteer nie. Dit het tot die herlewing van aksienavorsing gelei. Een van die groot veranderinge was die verwerping van ’n positivistiese navorsingsmetodologie ten gunste van meer vertolkende metodes wat toenemend in die sosiale wetenskappe gebruik word. Die tweede groot verandering was die aanwending van kwalitatiewe navorsingstegnieke wat op deelnemers en kwalitatiewe terugvoer fokus (Kemmis 1988).

Aksienavorsing poog om ‘n konstruktiewe bydrae te maak tot praktiese uitdagings van mense midde in ’n problematiese situasie en terselfdertyd die doelwitte van die sosiale wetenskap te bevorder. Daar is dus dubbele toewyding in aksienavorsing: om ’n stelsel te bestudeer en tegelykertyd saam met ander lede van die stelsel te werk om dit te verander. Dit behels ’n sikliese proses van aksie, kritiese besinning en evaluering, en is gebaseer op die versameling van bewyse, ten einde veranderinge in die praktyk ten uitvoer te bring (Koshy, Koshy en Waterman 2010; Rublee 2014).

Aksienavorsing is vir hierdie studie gebruik, aangesien dit ’n ontwikkelende projek is en die navorser aan die studie deelneem. Aksienavorsing is ’n deurlopende proses, ’n spiraal wat die navorser toelaat om die probleem te ontleed deur die versameling van data, die toepassing van ’n verbeterde proses, gevolg deur ’n herhaling van eersgenoemde stappe.

Die inligting, ingewin aan die einde van elke siklus, is gebruik om die AvOL-strategie vir die daaropvolgende jaar te hersien. Die ontwerp van die aksienavorsingsproses word grafies in figuur 1 voorgestel.

duplessis1

Figuur 1. Skematiese voorstelling van aksienavorsing as metodologie (Koshy e.a. 2010).

Siklus een: ’n Bestuurskomitee, bestaande uit vakvoorsitters, die direkteur van akademiese steundienste en die viserektor: akademie, is gevorm ten einde die projek te stuur.

Die bestuurskomitee stuur ’n projek van stapel om te bepaal tot watter mate huidige beleidsdokumente en prosesse by die universiteit navorsing en onderrig ondersteun en beloon, asook om vas te stel wat die persepsies by akademici is ten opsigte van die balans tussen onderrig en navorsing.

Siklus twee: AvOL-projekte word formeel bekendgestel, akademici raak betrokke by AvOL-projekte en data word deur middel van terugvoerverslae ingesamel. Hierdie verslae word deur die bestuurskomitee ontleed en daar word besin oor die proses en hoe om dit te verbeter.

Siklus drie: In die nuwe akademiese jaar word AvOL-projekte sowel as ondersteunende inisiatiewe weer geïnisieer, data ingesamel en bevindings ontleed. Akademici word die geleentheid gebied om te besin oor die proses waarby hulle betrokke was en uitgenooi om voorstelle te maak oor hoe om die proses te verbeter.

4.1 Aksienavorsingsiklus 1

Die eerste stap was om ’n bestekopname te maak van die balans ten opsigte van onderrig en navorsing, soos vervat in die universiteit se prosesse wat werksverdeling, evaluering en bevordering beskryf, asook die persepsies wat by personeel bestaan.

4.1.1 Aksiestappe en toepassing

Ten einde die sterk punte, leemtes, sowel as geleenthede te bepaal, is daar ook ’n evalueringsprojek oor die status van onderrig en leer by die universiteit van stapel gestuur (Clarence-Fincham 2012). Tydens die projek is alle beleide wat betrekking het op navorsing en onderrig ontleed en fokusgroeponderhoude met akademici gevoer.

Die projek het die evaluering van die volgende aspekte ingesluit:

  • geskiktheid van die huidige beleid en praktyk vir onderrig en leer, assessering en moderering
  • geskiktheid en samehang van strukture vir die koördinering van onderrig- en leeraktiwiteite op institusionele, kampus- en fakulteitsvlak
  • geskiktheid van die universiteit se benadering tot die ontwikkeling van akademiese personeel
  • geskiktheid van die fisiese infrastruktuur met betrekking tot onderrig en navorsing.

’n Dokumentontleding is gedoen van al die universiteit se beleide sowel as bevorderingskriteria met die oog daarop om vas te stel tot watter mate daar voorsiening gemaak word vir AvOL en tot watter mate dit aangemoedig word. Bestudeerde dokumente het ingesluit:

  • die verslag van die hoër onderwys kwaliteitkomitee (CHE 2009)
  • die onderrig-en-leer-raamwerk
  • die prosesdokument wat die kursus vir nuwe dosente omskryf
  • die beleid en maatstawwe vir die beoordeling van onderriguitnemendheid
  • die bevorderingskriteria vir akademiese personeel.

Die resultate van hierdie projek word vervolgens bespreek.

4.1.2 Evaluering

Resultate van bogenoemde projek het getoon dat daar ’n beduidende verskil tussen die universiteit se voorneme en personeel se persepsie bestaan wanneer onderrig en leer ter sprake is.

Akademiese personeel het oor die algemeen navorsing oor onderrig en leer as los van “regte” navorsing beskou, en vir baie was AvOL steeds ’n vae, indien nie vreemde nie, konsep. Soos een senior akademikus opgemerk het:

Die strewe na die akademieskap van onderrig en leer neem effek, maar dit neem ’n lang tyd om inkoop te kry, want mense vind die idee ’n bietjie vreemd ... dat mense aksienavorsing in hul klaskamer kan beoefen, wat sistemies opgeskryf kan word op ’n wetenskaplike manier.

Personeel werksaam by akademiese ontwikkeling en ondersteuning was dit eens dat “daar ’n sterk klem moet wees op die nodigheid om navorsing te doen ten einde ’n goeie dosent te wees en ’n reflektiewe praktisyn te word”.

Terugvoer het ook getoon dat daar aansienlike skeptisisme bestaan oor die mate waarin onderrig en leer werklik by die universiteit geag word. Onderrig word beskou as “te moeilik om te evalueer” en as gewaardeerd “slegs op papier”, maar nie as ’n aktiwiteit wat intrinsieke waarde het nie. Op die ou end word dit beskou as “iets wat personeel moet doen om hul salarisse te verdien”. Dit is navorsing wat “die status dra” en soos een akademikus dit gestel het: Aan die einde van die jaar, wanneer ons instelling se bonusse betaal word, is dit navorsing wat tel. Mense kry erkenning vir goeie onderrig, maar dit is dikwels die navorsers wat wegloop met die bonusse.”

Akademici was ook nie geneë om in onderrigkomitees te dien nie, aangesien “status op die kampus verkry word deur op ’n navorsingskomitee te dien”.

Baie min akademici het ’n formele onderwyskwalifikasie en gevolglik is daar beperkte vermoë vir kurrikulumhersiening en -ontwerp. Die volgende opmerking deur ’n respondent bevestig die feit dat akademici nie altyd eienaarskap neem vir die vernuwing van onderrigmetodes nie: “Die fakulteit het ’n onderrig-leer-komitee waar daar voortdurend gekyk word na maniere om onderrig te verbeter.”

Verder is daar ’n huiwering aan die kant van baie akademiese personeel om onderrigmetodes aan te pas om studente se leerbehoeftes te bevredig en daar is ’n dringende behoefte om, soos ’n respondent dit beskryf, “die regte meganismes te vind om verouderde leerplanne in goeie pedagogie te omskep” en “beperkte tyd en administratiewe verpligtinge word dikwels voorgehou as verskonings, maar ’n gebrek aan vertroue en onsekerheid oor hoe om betrokke te raak by AvOL, is ’n meer akkurate assessering van die onderliggende redes vir hierdie reaksie.”

Uit akademici se terugvoer blyk dit dat navorsingsuitsette belangriker geag word as onderrig- en leeraktiwiteite, terwyl laasgenoemde ’n aansienlike gedeelte van akademici se werkslading uitmaak. Hierdie beskouing het ’n potensiële negatiewe impak op die gehalte van onderrig en leer. Die persepsie dat onderrig en navorsing afsonderlike aktiwiteite is, word versterk deur die feit dat afsonderlike jaarlikse funksies georganiseer word om navorsing- en onderriguitnemendheid te beloon.

Die persepsies van akademici rakende die belangrikheid en waarde van navorsingsuitsette teenoor onderrig beklemtoon die behoefte aan ’n substantiewe verandering in die kultuur van die instelling. Omdat besef is dat akademici ’n formele gestruktureerde proses benodig waardeur AvOL erken kan word as ’n belangrike aspek van hul akademiese rol, is strukture deur die universiteit in werking gestel om sulke pogings toe te lig, te bevorder en te bestuur.

Clarence-Fincham (2012) het bevind dat daar ’n algemene gebrek aan kennis is onder personeel oor die hoëronderwyslandskap en die huidige leerbehoeftes. Akademici het ’n beperkte begrip van studente se leerbehoeftes, sowel as die verwantskap tussen toegang tot hoër onderwys en sukses.

4.2 Aksienavorsingsiklus 2

4.2.1 Verbetering en projekhersiening

Die volgende besluite is deur die bestuurspan geneem vir die verdere bevordering van AvOL:

  • Groter sigbaarheid en blootstelling moet aan AvOL verleen word.
  • Platforms moet geskep word waar AvOL-projekte met kollegas gedeel kan word.
  • Die strategiese fokus op AvOL moet duidelik gemotiveer en binne die konteks van die kernbesigheid geplaas word.
  • Ondersteuning oor navorsingsmetodologieë moet aan akademiese personeel verskaf word.
  • Fondse moet beskikbaar gestel word.

Dit was nodig en belangrik vir die universiteit om sy benadering te motiveer en akademici te ondersteun wat die beoefening van AvOL oorweeg. Om eersgenoemde reg te kry, was dit nodig om senior akademiese bestuur te bemagtig met ’n grondige kennis van wat AvOL behels. Die volgende stap was om ’n kerngroep akademici te vestig wat die proses dryf en verdere geleenthede skep om kundigheid te ontwikkel.

4.2.2 Aksiestappe en toepassing

Ten einde kundigheid oor AvOL te kry, het ’n afvaardiging van senior akademiese bestuurders ’n internasionale werkswinkel1 bygewoon. Die doel was om ’n eenvormige begrip te verkry en beste praktyke te identifiseer vir die vestiging van AvOL.

’n AvOL-uitrolstrategie is vervolgens ontwikkel en deur die senaat goedgekeur. Die strategie omskryf vier prioriteitsgebiede vir die bevordering van AvOL:

  • die skep van geleenthede vir opleiding en ondersteuning
  • die daarstel van platforms om resultate te versprei en beste praktyke te deel
  • die beskikbaarstelling van fondse
  • die hersiening van institusionele beleide en bevorderingskriteria sodat die waarde van AvOL onderskryf word.

Befondsing vir die strategie is versoek en deur die raad van die universiteit goedgekeur vir 2013. Akademici is genooi om aansoek te doen vir befondsing ten einde op ’n klein skaal studente se leerproses en ook hul eie onderrig te ondersoek. Hierdie fondse is op ’n jaarlikse grondslag beskikbaar gestel, en dit is tans die derde jaar van befondsing. Figuur 2 bevat ’n opsomming van die riglyne wat vervolgens deur die universiteit vir die nominasie en evaluering van AvOL-projekte saamgestel is.

duplessis2

Figuur 2. Riglyne vir AvOL-projekte (NWU 2013)

4.2.3 Opleiding, verspreiding van resultate en die deel van beste praktyke

’n Jaarlikse AvOL-konferensie is by die universiteit geïnisieer. Die konferensies is rondom ’n tema georganiseer, hoofsprekers is uitgenooi en werkswinkels oor AvOL is aangebied. Akademici is uitgenooi om hul onderrigervarings te deel. Akademici wat toekennings vir onderriguitnemendheid in die afgelope vyf jaar ontvang het, is gekies om beste praktyke te deel.

Die temas vir die konferensies was:

  • 2012 – Vestiging van belangegroepe in onderrig en leer.
  • 2013 – Studentesukses. Hierdie tema is beïnvloed deur ’n nasionale fokus in Suid-Afrika op studente se sukses. Studente se sukses gebeur nie per toeval nie, maar dit moet ’n doelbewuste en sistematies-beplande en goedgekoördineerde proses regdeur die universiteit wees.
  • 2014 – Onderhandeling van die koppelvlak tussen die kurrikulum en beroepsgereedheid van graduandi. Die bespreking het gefokus op die wyse waarop kurrikulumsake bydra tot generiese eienskappe wat graduandi besit (“graduateness”), sowel as gesprekvoering oor die omvang en betekenis van die tipe graduandi-eienskappe wat nodig is in die hedendaagse beroepswêreld.

4.2.4 Nuwe inisiatiewe

Die fokus op AvOL het gelei tot ander inisiatiewe op die kampus. In 2013 is daar ’n kompetisie vir vernuwende onderrig van stapel gestuur. Akademici kon deur hul lynbestuur of kollegas genomineer word na aanleiding van vernuwende werk wat hulle in die klaskamer verrig. Hierdie persone is dan met behulp van fondse en advies ondersteun om ’n aanbieding vir ’n internasionale konferensie voor te berei. Met aanvaarding van die voordrag is die koste van die konferensie betaal en die persone is ook die geleentheid gebied om die Online Educa-konferensie by te woon wat jaarliks in Berlyn plaasvind.

Ten einde genomineer te word, moes ’n persoon bewyse kon toon van een of meer van die volgende:

  • ’n vernuwende onderrigbenadering wat op ’n gemeenskaplike leerbehoefte en gedokumenteerde bewyse van suksesvolle toepassing fokus
  • ’n deeglik omskrewe verkenning van ’n bekende onderwerp wat nuwe insigte bied, en/of
  • ’n kreatiewe aanwending van tegnologie wat verbeterde leer tot gevolg het.

4.2.5 Evaluering

Aangesien dit ’n nuwe inisiatief is, is akademici aangemoedig om aansoek te doen vir befondsing. Die totale aansoeke in die eerste jaar het nie die beskikbare fondse oorskry nie, en die maatstawwe vir die toekenning van fondse is nie streng toegepas nie. Dit het daartoe gelei dat akademici aansoek gedoen het vir fondse en dan gesukkel het om die projekte suksesvol uit te voer, te dokumenteer en met kollegas te deel. Dit is belangrik om akademici met ’n belangstelling in AvOL te identifiseer. Personeel van akademiese steundienste wat werkswinkels aanbied en dosent-evaluerings doen, lewer hier ’n groot bydrae. Dit is ook belangrik om kandidate wie se aansoeke onsuksesvol was te ondersteun en hulle aansoeke te verbeter. Akademici het in hul terugvoer die behoefte aan mentorskap uitgespreek.

Op nasionale vlak het die raad vir hoër onderwys ook hersiene maatstawwe vir nasionale toekennings in onderriguitnemendheid vrygestel. Die bestuurskomitee het besluit om die universiteit se maatstawwe met nasionale maatstawwe in ooreenstemming te bring ten einde sinergie te verseker.

4.3 Aksienavorsingsiklus 3

Die volgende stappe was om gefokuste ondersteuning te verskerp, die universiteit se maatstawwe met nasionale maatstawwe te vergelyk, in ooreenstemming te bring en ’n hersiene beleid uit te voer vir die erkenning van onderriguitnemendheid waar AvOL deel van die maatstawwe vorm.

4.3.1 Aksiestappe en toepassing

Die bestuurskomitee het besluit om, waar moontlik, persone binne fakulteite aan te wys wat voltydse ondersteuning bied. Om vermoë te bou neem egter tyd, en tot op hede is daar persone in slegs twee fakulteite aangewys. Vanuit die jaarlikse vorderingsverslae van die AvOL-toekenninghouers het dit duidelik geword dat sommige toekenninghouers dit moeilik gevind het om hulle projekte te begin, aangesien hulle nie oor die metodologiese kundigheid beskik wat vir AvOL nodig is nie. Gevolglik is ’n werkswinkel oor aksieleer en -navorsing met ’n internasionale spesialis in aksienavorsing gereël (Zuber-Skerrit 2009). Ook ’n aantal ander werkswinkels rondom AvOL is aangebied.

Daar is besluit om sessies te hou waar akademici die geleentheid gebied word om oor hulle AvOL-projekte te besin.

4.3.2 Beleidsondersteuning

Die behoefte aan erkenning vir uitnemendheid in onderrig, sowel as ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer, is by verskeie geleenthede deur akademici geïdentifiseer. Die universiteit het ’n goedgedokumenteerde proses waar kandidate ’n proses deurloop wat insluit: eweknie-evaluering, die saamstel van portefeuljes, en terugvoer vanaf studente (Du Plessis 2007). Hierdie proses word ITOU (Institusionele Toekenning vir Onderriguitnemendheid) genoem. Suksesvolle kandidate ontvang ’n toekenning vir uitnemende onderrig. Hierdie resultate word in die bevorderingskriteria in ag geneem, maar dit dra nie dieselfde gewig as navorsingsuitsette nie. Tans is daar geen ander formele proses vir evaluering of ‘n beloningstelsel vir onderrigprestasie of -uitnemendheid nie. Die fokusverskuiwing vanaf uitstekende onderrig na AvOL het tot die hersiening van hierdie proses gelei. Verskillende toekennings vir uitstekende onderrig enersyds en die akademieskap van onderrig en leer andersyds is in 2014 ingestel. Laasgenoemde erken dosente se leierskap en prestasies in AvOL. Kandidate word aanbeveel vir die toekenning na aanleiding van hulle deelname aan ITOU en die besinnende portefeulje wat hulle indien. Die inhoud van die besinnende portefeulje moet bewyse van die volgende bevat:

  • voorbeelde van sukses in AvOL-kennis sowel as -onderrig
  • eksterne erkenning
  • vernuwende onderrigstrategieë
  • besinning oor onderrig en leer wat persoonlike ontwikkeling demonstreer
  • nasionale teenwoordigheid in sy/haar veld deur byvoorbeeld op direksies van professionele liggame, programevalueringspanele, eksterne eksaminering of moderering te dien
  • studentekommentaar op die evaluering van die kandidaat as dosent
  • leierskap in die fakulteit deur onder andere betrokke te wees by:
    • kurrikulumontwikkeling binne die fakulteit en daarbuite
    • mentorskap van kollegas.

Die finansiële aansporing vir hierdie toekenning is aansienlik verhoog en daar word ook fondse vir ’n driejaarsiklus beskikbaar gestel om die kandidaat in staat te stel om die werk verder uit te brei.

4.3.3 Evaluering

’n Groep van drie akademici uit verskillende dissiplines het na afloop van ’n werkswinkel waar hulle aanbiedings gedoen het, besluit om gesamentlike multidissiplinêre projekte te begin en het ook daarin geslaag om befondsing te kry. Die verskeidenheid geleenthede en werkswinkels wat georganiseer is, het dus daadwerklik daarin geslaag om akademici te help om netwerke te vorm en multidissiplinêre projekte aan te pak.

Daar was ’n merkbare toename in die diepte en omvang van die projekaansoeke vanaf 2012 tot 2014, wat op ’n verhoogde bewustheid van AvOL dui. Daar was ook ’n merkbare toename in die navorsingsuitsette. Tabel 2 bevat ’n opsomming van die aantal navorsingsuitsette wat vir subsidie ingedien is en ten opsigte van AvOL gelewer is.

Navorsingsuitsette 2012 2013 2014
Konferensieverrigtinge 1 4 9
Hoofstuk in ’n boek 3 1 2
Geakkrediteerde artikels   6 6
Totaal 4 11 17
Totale aantal uitsette van die kampus 96 134 126
AvOL-persentasie van totale navorsingsuitset 4% 8% 13,5%

Tabel 2. Navorsingsuitsette vir die periode 2012–2014

4.3.3.1 Totstandkoming van ’n belangegroep

Werkswinkels vir akademici word op die universiteit se intranet geadverteer. Ook baie akademici wat nie formeel vir fondse aansoek gedoen het nie, het werkswinkels bygewoon en by AvOL-projekte betrokke geraak. Tydens die besinning het dit duidelik geword dat die werkswinkels op kampus daadwerklik daartoe bygedra het dat belangegroepe gevorm word. Akademici het genoem dat hulle deur kollegas vir raad en leiding oor hul navorsingsprojekte genader is. Dit beklemtoon die belangrikheid om voltooide projekte te kommunikeer en met kollegas te deel. Die strategiese fokus op AvOL het dus daarin geslaag om kapasiteit te bou en akademici rondom hierdie onderwerp te verenig.

Van die akademici wat werkswinkels bygewoon het, het tot die besef gekom dat hulle ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer gevolg het, maar dit nooit gedokumenteer en as wetenskaplike navorsing aangebied het nie, aangesien hulle primêre dissipline nie onderrig is nie. Die fokus op AvOL is veral deur hierdie groep akademici as uiters positief en motiverend beleef. Die inisiatiewe wat gevestig is, het mense se netwerke vergroot en hulle selfvertroue gegee. Soos een dosent opgemerk het: “[E]k gee al ’n geruime tyd op hierdie wyse klas, maar ek besef nou vir die eerste keer dat dit ’n naam het – omgekeerde leer (‘flipped learning’). Skielik besef ek dat ek eintlik met ’n vernuwende projek in onderrig en leer besig is.”

4.3.3.2 Verbeterings aanbeveel

Die volgende operasionele veranderinge is met verloop van tyd aangebring om AvOL-ondersteuning op die kampusse te verbeter:

  • Die befondsingskriteria is hersien om projekte vir meer as een jaar te ondersteun, met dien verstande dat daar bevredigende vordering is.
  • Projekte wat oor fakulteite en kampusgrense strek, is aangemoedig.
  • Ook projekte wat saam met kollegas by ander universiteite gedoen word, is vir befondsing oorweeg.
  • Die tipe projekte wat befonds is, is met die strategiese prioriteite van die kampus in ooreenstemming gebring.

 

5. Gevolgtrekking en aanbevelings

Die toepassing van AvOL by ’n multikampus tradisionele universiteit was nie sonder uitdagings nie. Die grootste uitdaging was om personeel en bestuur te oortuig dat AvOL ’n lewensvatbare roete vir akademici is en dit dan met beleid en praktyk te ondersteun. Hierdie studie het bevind dat die kritieke suksesfaktore vir die volhoubare toepassing van AvOL by ’n tradisionele universiteit die volgende insluit:

  • die erkenning en ondersteuning van die belangrikheid van AvOL deur senior akademiese bestuur
  • die beskikbaarstelling van saadfondse met duidelike riglyne en verslagdoening
  • die skep van platforms waar akademici projekte kan deel en netwerke kan vorm
  • doelgerigte prosesse om seker te maak dat die werksverdeling en -evaluering van akademici AvOL erken
  • gefokuste opleiding en ondersteuning
  • beleide en beloningstelsels wat vir die erkenning van AvOL voorsiening maak.

Om die nodige erkenning aan AvOL te gee, is dit krities dat die spanning tussen die erkenning van navorsing en onderrig uitgewis word.

Bykomend tot die monitering van die navorsingsuitsette wat deur akademici gegenereer word, is dit noodsaaklik om ook die impak op studentesukses te moniteer. Daar is ’n breë spektrum faktore wat studentesukses beïnvloed, waarvan sosio-ekonomiese omstandighede en faktore binne en buite die klaskamer maar enkeles is. ’n Enkele aanduider sal nooit voldoende wees om die impak van ’n ingryping te bepaal nie. Eerder as om op indikatore te konsentreer, is die aanbeveling dat ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer deel van die filosofiese benadering tot onderrig en leer by ’n universiteit moet wees. ’n Dosent se onderrigfilosofie beskryf die oortuigings wat die onderrigbenadering tot die vakgebied en die leerproses van die student begrond. Die insluiting van AvOL as deel van ’n dosent se onderrigfilosofie sal as ’n goeie aanduider dien dat AvOL wel as belangrik en verrykend tot die leerproses geag word.

Die onderrig- en leerstrategie van die universiteit word tans hersien en die nuwe strategie erken AvOL as een van die boustene van die universiteit se benadering tot onderrig:

... die bevordering van die akademieskap van onderrig en leer om leergemeenskappe te ondersteun waarbinne akademiese en professionele ondersteuningspersoneel navorsing kan doen oor die kurrikulum, studente se leerproses en ontwikkeling, onderrig, assessering en ander aspekte wat ’n impak het op studente se sukses. (NWU 2015)

Die tweede navorsingsdoelwit het ten doel gehad om die impak van ’n fokus op AvOL op navorsingsuitsette te ondersoek. Navorsingsbevindinge dui daarop dat AvOL daarin geslaag het om die gaping tussen navorsing en onderrig as twee pole te verklein en dit voorsien akademici van ’n platform vir prestasie en om tot die gehalte van onderrig en leer by te dra. Daar is ook gevind dat proaktief opgetree moet word om akademici aan te moedig om formeel by AvOL betrokke te raak. Die praktyk van AvOL is na drie jaar gevestig, maar dit bly noodsaaklik om persepsies te bestuur.

Die daarstel van ’n bestuurskomitee, met verteenwoordiging van bestuur, akademici en akademiese ondersteuningspersoneel, sowel as die totstandkoming van belangegroepe was twee strukture wat daartoe bygedra het dat AvOL momentum gekry het en oor ’n driejaarperiode aansienlik gegroei het.

AvOL-belangegroepe het ’n belangrike forum geword vir akademici om betrokke te raak by gesprekke en om idees te deel. Akademici is aan AvOL-kundiges (meer ervare AvOL-navorsers) bekendgestel. Samewerking tussen verskillende fakulteite is besig om toe te neem. Hierdie belangegroepe is nie formeel geskep nie, maar het spontaan ontwikkel toe akademici begin vergader het. Die waarde van belangegroepe kan nie oorbeklemtoon word nie. Informele gesprekke oor akademiese projekte stimuleer nuwe idees en lei tot die voortsetting van nuwe en gesamentlike oplossings. Hierdie gesprekke dra ook by tot ’n meer ingeligte dialoog met besluitnemers, wat dikwels lei tot verbeterde uitkomste, en dit bevorder professionele ontwikkeling.

Dit is belangrik om die fokus te verskuif vanaf ’n resultaatgedrewe benadering tot onderrig en leer, na ’n vakkundige benadering wat toenemend tot nuwe begrippe en dieper insigte binne ’n dissipline lei. Dit is ’n nasionale prioriteit om die deurvloeisyfer en suksessyfer van studente in hoër onderwys te verbeter. Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter.

“As jy doen wat jy nog altyd gedoen het, sal jy kry wat jy nog altyd gekry het.” Anoniem.

 

Bibliografie

Alpay, E. en R. Verschoor. 2014.The teaching researcher: faculty attitudes towards the teaching and research roles. European Journal of Engineering Education, 39(4):365–76.

Andresen, L.W. en C.A. Webb. 2000. Discovering the scholarship of teaching. Richmond: University of Western Sydney Hawkesbury.

Barnett, R. 1997. Towards a higher education for a new century. Universiteit van Londen: Institute of Education.

Boughey, C. 2007. Educational development in South Africa: From social reproduction to capitalist expansion? Higher Education Policy, 20:5–18.

Boyer, E. 1990. Scholarship reconsidered: priorities of the professoriate. Princeton, NJ: The Carnegie foundation for the advancement of teaching.

—. 1996. The scholarship of engagement. Journal of Public Service and Outreach, 1(1):11–20. http://openjournals.libs.uga.edu/index.php/jheoe (1 Junie 2015 geraadpleeg).

Brew, A. 2006. Research and teaching: beyond the divide. (Universities into the twenty-first century). Londen: Palgrave MacMillan.

Bulterman-Bos, J.A. 2008. Will a clinical approach make education research more relevant for practice? Educational Researcher, 37(7):412–20.

Butin, D. 2010. The education dissertation: A guide for practicing scholars. Thousand Oaks, CA: Corwin.

Chalmers, I., L.V. Hedges en H. Cooper. 2002. A brief history of research synthesis. Evaluation and the Health Professions, 25(1):12–37.

Raad vir Hoër Onderwys(CHE). 2009. Audit Report on North-West University. Report of the Higher Education Quality Committee (HEQC) to the North-West University. http://www.che.ac.za/sites/default/files/institutional_audits/institutional_audits_2009 (11 November 2015 geraadpleeg).

—. 2013. Report of the task team on undergraduate curriculum structure, the case for a flexible curriculum structure. Pretoria, Suid-Afrika. http://www.che.ac.za (25 Februarie 2015 geraadpleeg).

—. 2015. HELTASA. Higher education learning and teaching association of South Africa. National excellence in teaching and learning awards 2015. http://heltasa.org.za (12 Mei 2015 geraadpleeg).

Clarence-Fincham, J. 2012. Review of the status of teaching and learning. Interne verslag, geargiveer deur die Senaat van die NWU.

Colbert, A., P. Desberg en K. Trimble (reds.). 1996. The case for education: Contemporary approaches to using case methods. Boston: Allyn en Bacon.

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET). 2014. Policy framework on differentiation in the South African post-school system. Staatskoerant, 591, 15 September.

Du Plessis, L.A.2007. How to measure and reward teaching excellence within the changing higher education landscape. South African Journal of Higher Education, 19(1):1379–94.

Englund, T. 1996. Are professional teachers a good thing? In Goodson en Hargreaves (reds.) 1996.

Felder, R.M. 1988. Learning and teaching styles in engineering education. Engineering Education, 78(7):674–81.

Goodson, I. en A. Hargreaves (reds.). 1996. Teachers’ professional lives. Londen, Philadelphia: Falmer Press.

Gosling, D. 2009. Report on the survey of directors of Academic Development in South African Universities, HELTASA. http://www.academia.edu/2233134/Report_on_the_survey_of_ directors_of_Academic_Development_in_South_African_Universities (1 November 2015 geraadpleeg).

Grossman, P. en M. McDonald. 2008. Back to the Future: Directions for research in teaching and teacher education. American Educational Research Journal, 45(1):184–205. http://aerj.aera.net (21 Mei 2015 geraadpleeg).

Hargreaves, A. 2000. Four ages of professionalism and professional learning. Teachers and Teaching: History and Practice,6(2):159–82.

Hargreaves, A. en I. Goodson. 1996. Teachers’ professional lives: aspirations and actualities. In Goodson en Hargreaves (reds.). Londen: Falmer Press.

Hattie, J. en H.W. Marsh. 2004. One journey to unravel the relationship between research and teaching. Referaat gelewer by die Maxwell-konferensie, Colden Common Winchester, Hampshire, 18–19 Maart. https://cdn.auckland.ac.nz/assets/education/about/research/documents/relationship-between-research-and-teaching-(2004).pdf (11 November 2015 geraadpleeg).

Helsby, G. 1995. Teachers’ construction of professionalism in England in the 1990s. Journal of Education for Teaching, 21(3):317–32.

Hemmings, B. en D. Hill. 2009. The development of lecturer research expertise: Towards a unifying model. Issues in educational research, 19(1):14–24.

Hubball, H., M.L. Pearson en A. Clarke. 2013. SoTL inquiry in broader curricular and institutional contexts: Theoretical underpinnings and emerging trends. Teaching and Learning Inquiry: The ISSOTL Journal, 1(1):41–57.

Huber, M. en P. Hutchings. 2008. Placing theory in the scholarship of teaching and learning. Arts and Humanities in Higher Education, 7(3):229–44.

Hutchings, P., M.T. Taylor en A. Ciccone. 2011. The scholarship of teaching and learning reconsidered. Institutional Integration and Impact. San Francisco: Jossey-Bass.

Keeves, J.P. (red.). 1998. Educational research, methodology and measurement: An international handbook. Oxford: Pergamon Press.

Kemmis, S. 1988. Action research. In Keeves (red.) 1998.

Koshy, E., W. Koshy en H. Waterman. 2010. Action research for healthcare: A practical guide. Londen: Sage.

Kreber, C. 2002. Teaching excellence, teaching expertise, and the scholarship of teaching. Innovative Education, 27(1):5–23.

—. 2013. The transformative potential of the scholarship of teaching. Teaching and Learning Inquiry: The ISSOTL Journal, 1(1):5–18.

Kvale, S. 1996. Interviews: An introduction to qualitative research interviewing. Thousand Oaks, CA: Sage.

Lewin, K. 1952. Group decision and social change. In Swanson, Newcomb en Hartley (reds.) 1952.

Li-Ping Tang, T. en M. Chamberlain. 1997. Attitudes toward research and teaching – Difference between administrators and faculty members. Journal of Higher Education, 68(2):212–27.

NWU. 2013. Riglyne vir AvOL-projekte. Interne verslag, geargiveer deur die Senaat van die NWU.

—. 2014. NWU se etiekkode. Jaarverslag 2014. http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-institutional-information/annual-report/AR-2014/NWU%20jaarverslag-2014-links.pdf (4 Desember 2015 geraadpleeg).

—. 2015. NWU teaching and learning strategy (draft 1). Interne dokument, geargiveer deur die Senaat van die NWU.

Pelikan, J. 1992. The Idea of the University: A re-examination. Yale: University Press.

Pitso, T. 2013. Status of the scholarship of teaching and learning in South African universities. SAJHE, South African Journal of Higher Education, 27(1):196–208.

Prince, M.J., R.M. Felder en R. Brent. 2007. Does faculty research improve undergraduate teaching? An analysis of existing and potential synergies. Journal of Engineering Education, 96(4):283–94.

Robertson, J. en C.H. Bond. 2001. Experiences of the relation between teaching and research: What do academics value? Higher Education Research and Development, 20(1):5–19.

Rublee, M.R. 2014. Rubrics in the political science classroom: Packing a serious analytical punch. Political Science and Politics, 47(1):199–203.

Shulman, L.S. 1996. Just in case: Reflections on learning from experience. In Colbert, Desberg en Trimble (reds.) 1996.

—. 2011.The scholarship of teaching and learning: A personal account and reflection. International journal for the scholarship of teaching and learning, 5(1):1-7.

Swanson, G.E., T.M. Newcomb en E.L. Hartley (reds.). 1952. Readings in social psychology. New York: Holt.

Toch T. 1990. A return to teaching? America’s best colleges. Washington, DC: US News and World Report LP.

Universiteit van die Vrystaat (UFS). 2014. Annual teaching and learning report 2014: Moving the needle towards success. http://www.ufs.ac.za (21 Mei 2015 geraadpleeg).

Zuber-Skerrit, O. 2009. Action learning and action research. Songlines through interviews. Rotterdam: Sense Publishers.

Eindnota

1 International Institute for SoTL Scholars and Mentors 2012 (IISSAM) on “The Ecology of Teaching and Learning”, Loyola Marymount University, Los Angeles, CA, 31 Mei – 3 Junie, 2012.

The post Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit appeared first on LitNet.

US Woordfees 2016-onderhoud: Plant vir my 'n boom, André

$
0
0

deborah_plantvirmynboomDeborah Steinmair gesels met Naomi Meyer oor die werklike hoofkarakter in die verhouding tussen André P Brink en Ingrid Jonker.

Plant vir my ’n boom, André. Hoekom, Deborah? Wie is André?

André is André P Brink. Dis die titel van ’n lieflike Jonker-gedig: Sy soek ’n boom want sy wil onthou word, van geweet wees soos Tiemie in Siener. Die gedig gaan so:

"Plant vir my ’n boom André"

plant vir my ’n akkerboom
sodat ek my gestalte kan herken
en dat die eekhorinkies hul akkers kom begrawe

gee vir my ’n hond
met pote wat ek kan soen
snags as jy slaap toornig en goed

moenie dat hul my boom afkap nie
ontwortel verguis versplinter nie
gee hom ’n hemel met blou akkers

maak vir my ’n oop huis
sodat my vensters die dag mag ontdek
groen of goud of grys maar welgeskape

gee dat my hond my liefhê
laat ek hom te vrete kan gee
as jy slaap verby die sterre en spieëls
van my voorkop

Anton Goosen het dit getoonset, lankal.

Lees ook:
Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker
Oor die transkripsie van Vlam in die sneeu se liefdesbriewe

Wie is die spreker, die een wat die versoek rig? Is sy die hoofkarakter van die verhaal?

Die spreker is Ingrid Jonker, van wie Petra Müller gesê het:

Jy kon verdrink in daardie oë van haar. Sy was ’n onsterflike elf – en soos met elke elf het daar ’n betowering van haar uitgegaan. Die betowering was dat sy jou teruggeneem het na daardie kindheid van haar, die oertigheid van kindwees. Dit het ’n sekere suigkrag – dit suig jou in. Sy kon jou terugneem na iets buite-werkliks. Haar aantrekkingskrag was nie net seksueel nie. Mense kon Sylvia Plath ook nie weerstaan nie, oor dieselfde ding. Daar is ’n leegheid in hulle, wat met ’n doodsbesef verband hou. Dit is ’n oerpatroon: kreatiwiteit en die dood wat met mekaar in gesprek is. Dit is die aanvuring van ’n fatale allure vir mense.

Dis moeilik om te sê of sy wel die hoofkarakter is. Die dinamika tussen hulle is die hoofkarakter. André het moontlik meer dialoog, maar hy was ’n man van vele woorde, ’n prosateur. Ingrid kry in ’n paar versreëls meer gesê en dit bly eindeloos weerklink. Uiteindelik is dit, soos altyd, Ingrid wat na vore tree; verlore, gebroke, behoeftig, aangrypend, veeleisend, betowerend.

Kunswerk deur Theo Paul Vorster

Hoekom moet André die boom plant? Ek het ’n gevoel die hoofkarakter kan nogal self goed die grond omdelf. Dink jy dat ons almal se fokus dalk op André is omdat a) hy nog nie, vir doeleindes van hierdie drama, na die elwekoningin terug is nie of b) net omdat die klem altyd op die manlike hoofkarakter eerder as die vroulike een is? Of c) mis ek die punt?

Eggo is ’n antwoord. Ingrid het soveel onvergeetlike woorde nagelaat en steeds was sy bang sy sou vergeet word. Sy was trots op Orgie omdat sy dit as haar storie gesien het. Sy wou onthou word soos wat sy was. Kort voor haar dood is sy na ’n waarsêer en wou by hom weet wat gebeur as ’n mens jonk sterf. Sy antwoord was: ‘"Jy bly vir altyd soos jy nou is." Dit het haar tevrede gestel. André het beslis die verantwoordelikheid gevoel om haar vir die wêreld te wys in al haar gebrokenheid en onvergeetlikheid. Nee oor die klem wat altyd op die manlike hoofkarakter is. Dit gaan hier om "de fokus ernaas" – hy praat en praat, maar dis sy wat begin dans en lewe kry. In die stuk lewe hy nog en sy is ’n hersenskim, ’n herinnering, daarom onsterflik en veel aangrypender.

Die twee rolspelers in hierdie storie het veroorsaak dat baie bome afgekap is gedurende hul leeftyd. Dis nou vir die harde kopieë van hul boeke en bundels. Moet André bietjie terugploeg, sommer namens albei?

Ja, hy moet en hy het. Hy was serieus en verantwoordelik. Onthou, die uitgewers verpulp darem ook baie boeke en ploeg so terug in die planeet.

Prakties, oor liefdesverhoudings en Die Een. Dink jy nie dit is werklik ’n mite nie – dié André en mite-elfin nie? Want ten einde te kon aangaan met sy lewe, werklik weer te kon liefhê, moes hy hom losmaak van hierdie ene. Sy is dalk die grootste mite van alles, veral in sy kop. Is dit ’n vraag?

Ek gaan dit antwoord, vraag of te nie. Rodriguez het geskryf: "The sweetest kiss I ever knew, is the one I never tasted." Toe ek baie jonk was, het ek gedink dis bitter diep. Maar vir baie mense (dankie tog nie vir my nie) is die soetste soen die een wat hulle kortstondig geken het en waarop hulle die rug gekeer het omdat dit hulle sou vernietig, omdat hul hart nie sterk genoeg was nie, die soener te vernietigend was, hulle graag wou leef.

Om terug te kom by André en Ingrid: Sy was/is mities (ja, magtag), maar sy was baie aards. Ek is nie eens seker of hy werklik weer kon liefhê nie. Sy was die beliggaming van sy anima, sy immortal beloved, sy Cathy se Heathcliff: ("I am Healthcliff! He’s always, always in my mind: not as a pleasure, any more than I am always a pleasure to myself, but as my own being"), sy fatal attraction. Hy het haar by die eerste ontmoeting herken en diep in sy oë het sy hart gebreek. Hy het haar oor en oor geskryf.

Het jy die heel laaste brief in Vlam in die sneeu gelees? Kan jy dit versoen met hierdie toneelstuk?

Vlam het eers verskyn nadat die toneelstuk geskryf en opgevoer is. Ek het slegs toegang gehad tot aanhalings uit sommige van hul briewe, soos opgeteken in Petrovna Metelerkamp se wonderlike boek. So, ek het Vlam in die Sneeu nogal met trepidasie gelees. En was verlig dat die toneelstuk ’n juiste weerspieëling van hul verhouding was soos dit in die briewe ontluik. Sê nou maar die briewe het onthul dat sy hom nie regtig liefgehad het nie, maar aangehou het om Jack Cope jaloers te maak? Maar dit het nie. Hulle s’n is een van die grootste liefdesverhale van ons tyd, dit is daar heel bo saam met Simone de Beauvoir en Jean-Paul Sartre s’n. Dis fassinerende leesstof wat ’n mens totaal insluk. Jy kry ’n ander prentjie van André, wat soms hooghartig en geslote oorgekom het, wat gesien is as reeksveroweraar, reeksbruidegom. In die briewe is hy weerloos, teer, slim. Natuurlik glo ek dat hy met elke woord wat hy geskryf het, die oë van "posterity" oor sy skouer voel kyk het, maar hy tree na vore as bedagsaam, ruimhartig, vrygewig, tot oor sy ore verlief. Die laaste brief verander niks. Hy was nie eens lank by Salome Louw nie.

Ons is al beskuldig daarvan dat ons geelpers-agtig is en heeltyd oor “mense en hul dinge” skinder. Wat dink jy veroorsaak dat mens wel nie kan ophou om so op hierdie twee te spioeneer en hulle af te loer nie?

Ek spioeneer veel eerder op hulle as op die Kardashians of dergelike sepies. Ek lees graag oor besondere mense, Earth’s Honoured Guests; die briljante, begaafde, sensitiewe, gekantelde gekraakdes. Brink en Jonker was reuse en het vir Afrikaans ’n skat van groot waarde nagelaat. En hulle was ongeneeslik romanties.

Ek moet jou oor die akteurs vra. Wonderlike keuses. Het jy hulle gekies? Of hoe is op hulle twee besluit?

Ek moet die eer aan Jan Groenewald gee. Hy het verlede jaar besluit om ’n Ingrid Jonker-fees te hou by die vyftigjarige herdenking van haar dood. Hy het my gevra om vir die geleentheid ’n stuk oor André en Ingrid te skryf en hy het besluit dat Erik Holm en Tinarie van Wyk-Loots die rolle moet speel. Dit was ’n briljante ingewing: Die dinamika tussen hierdie twee akteurs kan jy nie vervaardig of naboots nie. Jan het ook besluit dat ek Brink aan die einde van sy lewe (in ’n rolstoel) moet wys en dat Ingrid aan hom verskyn. Ek hou van opdragte, dit sit my kop aan die woer.

Ek moes jou aan die begin van die onderhoud al gevra het wat jou betrokkenheid by Plant vir my ’n boom, André is, dit was die doel van hierdie gesprek. Het jy dit geskryf?

Ek het dit geskryf, maar dit voel aanstellerig om so te sê: Ek het dit eintlik saamgestel uit briewe, gedigte, aanhalings uit onderhoude en memoires. Ek het hier en daar bindingsteks geskryf. Dis soos ’n collage: Jy versnipper wonderlike prente en plak dit aan mekaar, met ’n paar van jou eie simbole tussenin. Ek het alles oor en van hulle gelees waarop ek my hande kon lê (eintlik lees ek van kleins af al alles waarop ek my hande kan lê) en ’n paar nagte wakker gelê totdat die mosaïek in my kop begin vorm aanneem, toe het ek een naweek verwoed gesit en tik.

Wanneer kan mense dit gaan kyk? Kom André en Ingrid ook?

Dis by die Woordfees, 10, 11 en 13 Maart, daarna by die Markteater in Johannesburg van 4 – 24 April. Daarna sal ons maar sien. André en Ingrid is daar, jy sal sien. Of klink dit verwaand? Ek was net die boodskapper, ek het voor die rekenaar gaan sit en hulle het opgedaag.

Foto's: Plant vir my 'n boom, André

Plant vir my 'n boom, André speel op 10, 11 en 13 Maart 2016 by die US Woordfees 2016

The post US Woordfees 2016-onderhoud: Plant vir my 'n boom, André appeared first on LitNet.


Boekresensie: Ver in die wêreld, sushi deur Koos Kombuis

$
0
0

Lees ook:
Koos Kombuis: "Dit is inderdaad deesdae lekkerder as ooit"
Onderhoud: "Lisa se klavier"

Ek lees Koos Kombuis se Ver in die wêreld, sushi omdat ek nie anders kan nie. Die nostalgie van die 1980’s wil nie blus nie, veral noudat die melancholie in die herfsjare van my en Koos Kombuis se generasie meer as net simptomatiese blyk te wees. Die Nasionale Party het destyds god sy dank die laaste tree na die graf gegee en daar was ‘n musikale en literêre oplewing – Afrikaanse verligting (enlightenment) – wat ons inderhaas en lomp tot “alternatief” gedoop het. Dis asof ons nooit werklik dit waaraan geboorte gegee is, behoorlik kon definieer nie; Suid-Afrika het onkreatief en onbeholpe sommer net “die Nuwe Suid-Afrika” geword. Dit was die tyd van seks, drugs en rock ‘n roll, maar eintlik was die seks skaars, die musiek was Afrikaanse folk en die dagga ‘n party trick. Die Voëlvry-beweging was mosterd na die maal en polities ‘n historiese non-event, in retrospek.

Ten spyte van die sinisme lees ek steeds alles wat Koos Kombuis skryf; wel, omtrent alles. Dit is nie werklik ernstige letterkunde nie en sy musiek is net sporadies briljant. Iewers, een of ander tyd, het kortverhale rubrieke geword. Die Afrikaanse verligting sou altyd aan ‘n gebrek aan literêre wasdom gely het – die Sestigers was steeds die standaard.

Sedert eens het ek ‘n komplekse ambivalensie ervaar jeens Koos Kombuis. Letterkunde en musiek, selfs sosiale protes – indien dit werklik ‘n senuwee in die teikenmark raak boor – word gekonfronteer deur ‘n ontologiese weerstandigheid wat net met kompleksiteit en stroewe erns getroef kan word. JM Coetzee ontstig met betroubare reëlmatigheid; die buitestander wat ironieë, teenstrydighede en tydsgeeskonstruksies van plebejiese selftevredenheid in die gevestigde middelklas ontbloot. Tom Waits maak gewag van die groteske, draal skoorvoetend deur die eksperimentele, verromantiseer die dieper insigte van ‘n vagabond; maar ook met morbiede erns. Bob Dylan verseg om te konformeer tot die hedonisme en clichés waartoe Allen Ginsberg hom wend in die epiese Howl; die buitestander wat op eie terme die teatrale ruimte betree.

Dalk nader aan die Kombuis-fenomeen is die New Yorker se verwysing na Charles Bukowski as “the confessional poet's promise of intimacy with the larger-than-life aplomb of a pulp-fiction hero”.

Dit is waarskynlik nie regverdig, of selfs eerlik, om Koos Kombuis se byna skisofreniese identiteit te soek in verwysing na ander nie, maar dalk laat die ontwykende eenvoud my met minder keuses as wat ek wil erken. ‘n Fenomeen word soms ten beste omskryf in vergelykende verwysing. ‘n Bundel voorheen of elders gepubliseerde artikels frustreer my leesgenot; hoekom sal jy enigiets twee keer lees, kyk of wil ervaar?

Maar as die outeur se obskure, ironiese of soms selfs bisarre waarnemings jou tydig en ontydig met skuldgevoel belas oor jou eie onnadenkendheid, lees jy, onrustig, masochisties, by herhaling, voort. Die idioom is konvensioneel – wit, Afrikaans en manlik – maar die introspeksie en selfkritiek spreek van die soort vervreemding, afstand en verwarring wat kompleksiteit en nuanse bring. ‘n Buitestander is, anders as goedkoop, oosterse filosofie, nie soekend nie, hy is observerend; die insigte en refleksies van ‘n “vreemdeling in sy eie land”. Want, Kombuis kyk nie van buite deur die wasigheid van afstand na die “siel van die aap of die mier” nie; hy kyk besorg en met ongemak om hom heen. Hy konformeer tot die norm, maar kasty ons – ook homself – met ironiese introspeksie, sardoniese humor en selfs oomblikke van emosionele afsydigheid. Hy word nooit ‘n vreemdeling of buitestander soos dié waarna Albert Camus verwys nie. Die moedswillige konklusie van sy waarnemings kom normaalweg in die slotsin; byna altyd ‘n soort konfessie van verlange, vereensaming, steurende normaliteit, ‘n bevestiging van ‘n ewige onvergenoegdheid.

Ek lees Koos Kombuis, want dit laat my dink.

Foto's en boekbekendstellingsvideo: Naomi Bruwer

The post Boekresensie: Ver in die wêreld, sushi deur Koos Kombuis appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Submission deur Michel Houellebecq

$
0
0

Hierdie boek is ‘n absolute moet vir Houellebecq-aficionado’s en ander lesers van goeie literatuur. Submission verdien noukeurige studie deur letterkundige akademici, want dit is definitief een van daardie rare gevalle waar geniale kreatiwiteit en vakmanskap mekaar ontmoet en iets uitsonderliks oplewer.

In hierdie boek doen Houellebecq die belofte gestand wat in sy vorige werk so sterk was, maar om een of ander rede net nooit so gemanifesteer het nie. Submission is net eenvoudig voortreflik.

Lees ook:
The Charlie Seminar
Lesersindruk: Recce deur Koos Stadler

Die boek is natuurlik gehul in omstredenheid, omdat dit verskyn het op die dag van die aanval op die Charlie Hebdo-kantore in Parys met Houellebecq op die voorblad van daardie dag se uitgawe van die Hebdo-publikasie.

Die storie is baie eenvoudig. Francois, ‘n middeljarige letterkundige akademikus, is die hooffiguur in die boek en die storie is ‘n kroniek van sy lewe. Maar dit is hier waar die eenvoud ophou. Die konstruksie van Francois se lewe val dan uiteen in verskillende baie kompakte narratiewe op vele vlakke.

Francois bring met hom saam al die Houellebecq-karaktereienskappe van die skrywer self en dit wat ook in sy vorige werk kennelik van sy manlike karakters is.

Francois is ‘n vrouehater, seksbehep, arrogant, ligsinnig, amoreel, maar gesetel in iemand wat homself op vele vlakke as pateties beskou. Houellebecq is tydens hierdie narratiewe vloeiend en oortuigend tot so ‘n mate dat dit irriterend raak. Hierdie irritasie is natuurlik opsetlik, want dit forseer die leser eintlik om meer ontvanklik vir die ander narratiewe te wees. Maar hierdie narratiewe is duidelik “all writing is autobiography”.

Die eerste stuk genialiteit is die tydvak waarin die roman af speel. Dit is in 2022, sewe jaar in die toekoms in. Hy voorspel die verkiesing van ‘n Moslem-president wat in Frankryk verkies word in ‘n pakt om die ultrakonserwatiewe regses uit die regering te hou. Dit is dus nie wetenskapfiksie nie, maar dit gee hom die kreatiewe vryheid om ‘n baie geloofwaardige, en in die hede gesetelde narratief te skep. Dit veroorsaak ‘n baie interessante spanning tussen die karakter Francois, wat in sy wese nog in 2015 is en baie outobiografies is, maar deur iets gekonfronteer word wat suiwer fiksie is. Hierdie spanning gee dan ook die boek stukrag as fiksie wat jou laat aanhou lees.

Houellebecq kies Huysmans, die Franse letterkundige, om op te tree as muse vir Francois. Huysmans se lewe en sy werk word dan ingewerk in die teks om op te tree as historiese parallel, nie vir Francois self nie, maar vir wat besig is om met Francois te gebeur. Die parallelle is natuurlik tussen Huysmans se karakter Durtal en Houellebecq self. Hierdie parallelle speel ‘n belangrike rol as die rygdraad in die storie, want Durtal het besluit om tot bekering te kom en ‘n Katoliek te word. Hierdie oorgawe aan godsdiens is sentraal in die boek. Francois moet besluit of hy hom gaan onderwerp aan die Moslemsisteem en of hy daarbuite gaan bly. In ‘n rit na die platteland en in die Huysmans-katedraal neem Francois afskeid van die Katolieke geloof in ‘n slotparagraaf wat aangrypend is:

… I went back to the Chapel of Our Lady. The Virgin waited in the shadows, calm and timeless. She had sovereignty, she had power, but little by little I felt myself losing touch, I felt her moving away from me in space and across the centuries while I sat there in my pew, shrivelled and puny. After half an hour I got up, fully deserted by the Spirit, reduced to my damaged, perishable body, and I sadly descended the stairs that led to the car park.

Francois se protagonis is die man wat die rektor van die Islamic University of Paris-Sorbonne word na die nuwe bedeling in werking tree. Hy is Moslem, maar ‘n Fransman – Robert Rediger. Dit is hierdie interaksie tussen die twee wat die klimaks van die boek is. Robert word voorgehou as ‘n gematigde man wat van sy status, sy geld en sy duur wyn hou. Alles die teenoorgesteld van Francois, wat al daardie dinge verag, hoewel hy nie nee sal sê vir goeie wyn nie. Maar tog het hulle baie gemeen as Fransmanne, en die narratief verander in een wat positief teenoor Islam is. As leser betrap jy jou dat jy dink hierdie is a cop-out. Maar jy besef uiteindelik dat jy vasgevang is in een van die subtielste satiriese tekste oor godsdiens wat nog verskyn het. Dit is so subtiel dat die leser die satire in sy kop vorm terwyl hy sukkel om dit in die teks op te vang. Dit is doodeenvoudig meesterlik.

Afskeid is ‘n sterk tema in die boek. Buiten die afskeid van die Katolieke geloof sterf albei Francois se ouers in die boek, sy minnares emigreer Israel toe, hy verlaat sy pos as professor by die universiteit, en nog baie ander. Maar wat duidelik is, is dat Francois (Houllebecq) afskeid neem van sy karaktereienskappe wat tekenend was in sy vorige boeke. Al die eienskappe maak plek vir ‘n gelatenheid van middeljare soos ‘n mens afgebreek word uit die idealisme van sy jeug.

Hierdie hele teks word dan in vintage Houellebecq onderhou in kartetse van fyn besonderhede soos kos wat bedien word, skoene wat die een dra, die vingerbewegings van ‘n ander, in wat waarskynlik sy beste vorm van vakmanskap tot nou toe is. Dit weef hy moeiteloos tussen gebeure in die wêreld, in Frankryk en in Parys op so ‘n manier dat die toekomstige tydvak vervaag in iets wat hedendaags is. Sluit hierby in die Houellebecq-karaktereienskappe wat aanvanklik soos irriterende graffiti gereeld opduik en algaande vervang word met godsdiensidiosinkrasieë en die boek verkry ‘n hegte en kompakte struktuur – iets wat merendeels afwesig was in die vorige Houellebecq-boeke.

Die boek het baie meer as wat hier bo beskryf is en baie ander subtekste wat baie interessant is. ‘n Mens sien uit na ‘n behoorlike ontleding deur letterkundiges hiervan. ‘n Mens wonder of die anargistiese skryfstyl wat veral in Atomised teenwoordig was, nou deur Houellebecq afgesweer is vir ‘n baie meer berekende styl, en of dit kritiekloos deur Houellebecq-getroues aanvaar sal word. Die ander vraag is of die gebruik van ‘n enkelnarratief – dié van Francois – ook ‘n afskeid van postmodernisme is en of die styl genoegsaam kwalifiseer as dekonstruksie.

In nabetragting van die boek tref dit jou dat die hele kompakte komplekse boek die fiksieweergawe van Hubert Marcuse se One Dimensional Man is, of eerder die realiteit van die professie van die eendimensionele mens. Die wegvreet van opponerende denke en idees totdat die mens net een keuse oor het – submissie. Maar Houellebecq slaag suksesvol daarin om ‘n stinkbom onder die skoensool van submissie te los – dit stink daar!

The post Lesersindruk: Submission deur Michel Houellebecq appeared first on LitNet.

Nikki se absurde program

$
0
0

Kyk, ek hou baie van die nuwe DSTV-kanaal, Via. Dit is baie soos 'n Afrikaanse weergawe van my gunsteling Engelse kanaal, BBC Lifestyle.

Die een program wat ek egter vir heeltemal die verkeerde redes kyk, is die belaglike en absurde "Nikki sê nee". As die vervaardigers ernstig is, en ek hoop nie so nie, is dit wat die Engelse sou noem "cringeworthy". Ek kyk dit met 'n sekere fassinasie, want ek is amper oortuig dit is in werklikheid 'n satire op regte verbruikersprogramme en dat dit veronderstel is om met ryk mense die spot te dryf.

Die aanbiedster is glo 'n rekenmeesteres, en te oordeel aan die voertuie en woonplek, glad nie 'n arm persoon nie. Nikki wil nietemin randrekker-wenkies vir ons gee. 'n Voorskou van een van haar episodes toon byvoorbeeld hoe Nikki 'n Mini Countryman wil poets met ou lappe in sykouse, of iets dergeliks.
Nou ek is jammer, as jy 'n halfmiljoen rand se Countryman kan bekostig, het jy kwalik nodig om jou ou vloerlappe te hergebruik. 'n Ander lagwekkende voorbeeld wat ook in een program was is hoe om jou gekoopte blomme langer te laat hou deur botter aan die stingels te smeer. Gekoopte blomme? As jy geldelik sukkel? Peperduur botter mors deur dit aan blomme te smeer? Regtig?

Is die vervaardigers van die program ernstig? Ek hoop werklik nie so nie, want dan kan ons in die toekoms sekerlik wenke verwag oor hoe mens kan geld bespaar deur vir jou butler jou ou klere te wil gee. Help my asseblief, Via, en beaam dat julle besig is om my been te trek.

Nonnie v R

The post Nikki se absurde program appeared first on LitNet.

Ontbloot

$
0
0
Die waarheid waarna na bewering so naarstiglik gesoek word, is oral op aarde vryelik beskikbaar.
 
CM

The post Ontbloot appeared first on LitNet.

Filmresensie: ’n Pawpaw vir my darling

$
0
0

pawpaw300’n Pawpaw vir my darling

Regisseur: Koos Roets

Spelers: Deon Lotz, Deirdre Wolhuter, Lida Botha, Marcel van Heerden, Jana Nortier

Toeval is ’n vreemde ding. In dieselfde week dat die Penny Sparrow-rasseherrie losgebars het, verskyn ’n Pawpaw vir my darling op ons kringloop. Met die onstuimige politieke oorgang van die 1990’s het Jeanne Goosen se boektitel Afrikaners die woorde gegee om te sê: “Ons is nie almal so nie.” Nou moet een van haar ander stories ons dalk laat erken: “Ons ís almal so.” (Al is dit vir sommige net ’n bietjie.)

Goosen se boek is alom bekend, en dis ’n plesier om die mense en honde van Frik du Preez-straat in Damnville verbeeld te sien. Aanvanklik verloop die storie ’n bietjie te rond en bont omdat daar nie werklik ’n sterk, sentrale storielyn is nie, maar ten slotte word die drade tog bymekaar getrek. En pasop, ná die lekker lag bly daardie donker melancholie wat so kenmerkend van Goosen se werk is jou by.

’n Mens vra jou af hoe word ’n film gemaak van ’n storie wat vanuit ’n hond se gedagtes gerapporteer word, en regisseur Koos Roets verstom jou met hoe maklik hy dit laat lyk. Daarby het ons ’n hondeakteur (Zeus in die rol van Tsjaka) wat Oscar-materiaal is – sulke sprekende gesigsuitdrukkings het ek lanklaas gesien. In kombinasie met Tobie Cronjé se onverbeterlike stem werk dit soos ’n bom.

Die akteurs, die meeste van hulle groot name, is uitstekend, maar Deon Lotz staan weer eens uit. Om Vleis Beeslaer as die tipiese braai-brannas-en-coke-Afrikanerman te speel en steeds die kyker se simpatie te behou, wil gedoen wees. Marcel van Heerden, wat gewoonlik skurkrolle speel, verras jou totaal met sy sielvolle vertolking van die pierewaaier Tango du Toit. En die nommerpas temalied moet natuurlik deur Anton Goosen wees, die oorspronklike boy van die suburbs.

Om komedie te doen is nie ’n grap nie – hierdie span mag maar.

Sterre:

The post Filmresensie: ’n Pawpaw vir my darling appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2016

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Dié jaar het afgeskop met ’n taalskrum op Stellenbosch, gerugte van reën in die noorde en bergbrande in die suide. Alle tekens dui daarop dat 2016 ’n taai stryd gaan wees, maar PEN Afrikaans het beslis begin op ’n positiewe noot: Baie dankie aan al ons lede wat so flink hulle ledegeld betaal het in die maer maand van Januarie. Dis ’n riem onder die hart.

Ledegeld en ’n aanlynregister vir PEN Afrikaans-lede

Vir diegene wat nog nie betaal het nie, onthou asseblief die keerdatum vir die betaling van ledegeld vir 2016 is 1 Junie. As jy nog nie dan jou ledegeld van R300 betaal het nie, sal ons jou van ons aktiewe lede- en e-posadreslys verwyder.

Die insameling van ledegeld wil ons vanjaar gebruik om ons ledelys te konsolideer en met die oog op die skep van ’n aanlyn-lederegister. Ons sal binne die volgende maand ’n vorm aan alle opbetaalde lede uitstuur. Met die inligting op hierdie vorms wil ons ’n aanlynregister en -profiel van al ons lede skep. ’n Mens sou dan hierdie profiel kan koppel aan jou eie blog, webwerf of ander sosiale media-platforms.

Die aangeleentheid is nog onder bespreking, maar ons dink daaraan om die volgende inligting aan te vra:

Naam en van:
Skrywersnaam:
Portretfoto:
Beskrywing van skryfwerk: Romansier, dramaturg, digter, liriekskrywers, draaiboekskrywer, vertaler, joernalis, blogger en/of uitgewer
Webwerf en/of blog:
Wikipedia-bladsy:
Twitter-rekening:
Facebook-bladsy:

Lys van publikasies as skrywer of mede-outeur in chronologiese volgorde  –  verskaf jaar, titel, uitgewer, jaar van eerste uitgawe:
Lys van publikasies as samesteller, mede-samesteller of redakteur in chronologiese volgorde – verskaf jaar, titel, uitgewer, jaar van eerste uitgawe: 
Dramas, hoorspele of andersoortige woordproduksies (as alleen- of mede-outeurswerke) opgevoer of uitgestal by een of meer van die erkende kunstefeeste of in teaters:
Plate, CD's of DVD's gemaak:
Film en TV: Titel(s) waarop die regte verkoop is of daar tans ’n opsie op die regte is; titels waarvan daar ’n vollengte-speelfilm of TV-reeks gemaak is; periode wat dit in teaters of op TV gewys is.
Vertalings: Lys die Afrikaanse titel(s) en titel(s) van die vertaalde werk, die taal en die uitgewer.
Vir joernaliste: posisie(s) beklee by watter publikasies (digitale en drukmedia) en/of gereelde bydraer tot watter publikasies (digitale en drukmedia):
Pryse of erkenings:
Skakel na ATKV-skrywersalbum, indien beskikbaar:

Indien jy graag iets tot so ’n aanlynprofiel bygevoeg wou sien, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com

Ons twee wenners/kandidate vir die 2016 PEN International New Voices-kompetisie

Ons het lewendige reaksie van jong skrywers tussen 18 en 30 gekry op ons uitnodiging om kortverhale in te skryf vir die 2016 PEN New Voices-kompetisie. (Vir meer inligting oor dié kompetisie, sien: http://www.litnet.co.za/jong-skrywers-wen-1000-en-kry-n-kans-om-opgeneem-te-word-in-die-us-woordfees-2016-kortverhaalbundel/)

Die drie keurders was almal lede van die PEN Afrikaans-bestuur: Danie Marais, ook die koördineerder van die kompetisie, het saam met Anzil Kulsen en Izak de Vries, wat die inskrywings anoniem gelees het, behoorlik kop gekrap oor die Groot Dae van 2015. Uiteindelik is daar ná entoesiastiese gesprek besluit om Lynné Schoeman en Frederick J. Botha as ons vroulike en manlike kandidaat vir New Voices 2016 aan te wys. Dié twee skrywers het ná terugvoer van die keurders hul verhale verder geslyp en ons het dit daarop voorgelê vir moontlike publikasie in die Woordfeesbundel 2016. Die samestellers van dié bundel – Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-Myburgh en Madri Victor – het egter laat weet dat Schoeman se "SkugterDigter" (sic) en Botha se "Thank you God bless" nog nie heeltemal op dieselfde peil is as die stories van gevestigde skrywers wat vanjaar opgeneem word in ’n bielie van ’n feesbundel nie. 

Omdat die drie keurders nietemin oortuig is dat ’n hele paar verhale met potensiaal ingeskryf is en PEN Afrikaans graag ontluikende stemme wil ondersteun, is besluit om ’n klein aanlyn-slypskool op ons webportaal aan te bied vir die mees verdienstelike inskrywings wat ons ontvang het. Die moontlikheid om ’n klein e-bundel van die mees suksesvol afgewerkte verhale te publiseer word ook tans bespreek. Ons verskaf binnekort meer besonderhede, maar ’n warm dankie solank aan die jong skrywers wat hul pennevrugte met ons gedeel het.

Die 2016 US-konvokasievergadering

Op 26 Januarie het die Universiteit Stellenbosch die grootste konvokasievergadering gehou wat die universiteit in meer as twee dekades gehad het. Die taalbeleid en transformasie was sentrale kwessies en Breyten Breytenbach, wat eintlik aan ’n poësiefees in Keulen moes deelneem daardie aand, het verkies om ’n toespraak in die warm Eikestad te lewer wat baie stof tot nadenke bied vir almal gemoeid met taal en transformasie. (Lees Breyten se volledige "Die koei in die bos"-toespraak hier.)  

Een van die ander sprekers by die konvokasievergadering wat eweneens die pruike laat lig en die tonge laat klap het met haar betoog vir ’n nuwe, oper Matieland, was die sjarmante jong Lovelyn Chidinma Ndaweyi. (Ndaweyi se volledige toespraak, "Courage, Compassion and Complexity – Reflections on the new Matieland and South Africa", kan hier gelees word.)

Uit die uiteenlopende reaksies op hierdie bydraes het dit nogmaals duidelik geblyk dat geen eenstemmigheid onder Afrikaanssprekende oor die taalbeleid op Stellenbosch bestaan nie. Daar is diegene wat meen Afrikaans kan voortbestaan en gedy sonder amptelike status aan ’n Suid-Afrikaanse tersiêre instelling. Om aan Afrikaanse as akademiese taal te klou is uit daardie oogpunt ’n remskoen vir voortuigang en transformasie aan ons land se universiteite. Ander meen die einde van Afrikaans se gelyke status aan die US sal ’n nekslag wees – nie net vir Afrikaans nie, maar ook vir enige meertaligheid in Suid-Afrika wat meer as lippediens aan die taalregte in die grondwet bewys.

Hierdie is ’n twisappel wat die saad van groot bitterheid en konflik inhou, maar juis daarom moet ons nou met mekaar praat. Ons wil baie graag hoor hoe ons lede oor hierdie teer saak voel. Praat dus asseblief saam en sê vir ons hoe jy dink oor die verskillende perspektiewe wat op die US-konvokasievergadering gestel is. (Al die toesprake van die aand, asook foto's en ’n oorsigtelike artikel deur Jean Oosthuizen, vind jy hier. Lees gerus ook Hans Pienaar, een van ons lede, se baie insiggewende onderhoud oor die studente-opstande met prof Achille Mbembe hier.)

Baie geluk aan Sonja Loots, die voormalige voorsitter van PEN Afrikaans, wat op die US-konvokasievergadering van 26 Januarie tot addisionele lid van die konvokasie verkies is. Dis goed om te weet die stem van ’n skrywer, joernalis en dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad, sal ook in die konvokasie gehoor word.  

Hartlike gelukwense ook aan Bettina Wyngaard, PEN Afrikaans se onder-voorsitter, en prof Joan Hambidge, ’n lid van PEN Afrikaans, wat benoem is as kandidate vir die US-raad. 

Lede van die konvokasie kan hulle stemme vir die genomineerde kandidate per gewone posstem of elektroniese stemming van 26 Februarie 2016 tot 10 Maart 2016 om 12:00 uitbring. Stemgeregtigdes op die US se databasis wat nie e-posadresse verskaf het nie, sal inligting oor die kandidate en ’n stembrief per pos ontvang en die res sal die inligting en stemopsies per e-pos ontvang.

Rig navrae aan mnr Johann Aspeling of me Alfreda Coetzee by tel 021 808 4910 of e-pos konvokasie@sun.ac.za.

Die stand van Afrikaanse boekresensies

Dit het die afgelope week behoorlik onder skrywers gegons oor ’n resensie van Chanette Paul se roman Offerlam in Rapport Boeke. Verskeie lesers en skrywers het gevoel die resensent het homself vryhede veroorloof wat nie gesteun is deur behoorlike analise en omskrywing nie.

Die bestuur van PEN Afrikaans deel die besorgdheid van ons lede oor hierdie resensie. Ons sal binne die volgende maande ’n bespreking probeer reël met Jo Prins en Nelia Richter, die redakteurs van Boeke24en Rapport Boeke onderskeidelik, om hul siening van die saak te kry en ’n manier te vind waarop verdienstelike boeke op behoorlike wyse geresenseer word.

Die bestuur van PEN Afrikaans wil nie so ’n gesprek fasiliteer om vingers te wys nie. Ons wil saam met skrywers, lesers, uitgewers, boekeredakteurs en boekjoernaliste besin en vra: Hoe sorg ons vir ewewigtige boekbesprekings, ’n groter poel resensente en meer ruimte vir boekbesprekings in ’n tyd waar boekeblaaie krimp en die kunsjoermalistiek kwyn?

Nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie

Elke nuwe boek verteenwoordig die stille hoop dat iemand nog sal luister, saamvoel en -dink. Daarom is daar ’n sprankie hoop op begrip selfs in die donkerste van desperate boeke.

Geluk en alle sukses aan al ons lede wat in Januarie en Februarie nuwe boeke die lig laat sien – laai hier ’n lys af van al die nuwe Afrikaanse publikasies in hierdie twee maande. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

*****

Die sluiting van Leserskring

Ná 35 jaar van diens aan Suid-Afrikaanse boekliefhebbers sluit Leserskring/Leisure Books hul deure einde Maart vanjaar. Dit is hartseer nuus vir mense wat op dié boekklubs aangewese was om boeke in die hande te kry. Eweseer ook vir uitgewers, wat in dié twee boekklubs waardevolle bykomende afsetpunte gehad het.

Daar sal sekerlik in die pers in die komende maande baie oor Leserskring geskryf word. Ek onthou hoe ek as jong joernalis in die vroeë tagtigs deur Koos Human na die Mount Nelson ontbied is om ’n historiese foto te neem: verteenwoordigers van die Duitse Bertelsmann-groep saam met Human en ander amptenare van die Nasionale Boekhandel. Onder hulle was ook Danie van Niekerk, hoof van Tafelberg-Uitgewers.

Hulle het in die sogenaamde Bloukamer van die Mount Nelson die saak beklink. Die Suid-Afrikaners het die reg verkry om onder lisensie en met organisatoriese steun van Bertelsmann ’n boekklub te begin.

Die klub het floreer. Onder leiding van Piet Botma en later Hannes van Zyl is daar flink vertaal aan Robert Ludlum en Wilbur Smith. Suid-Afrikaanse uitgewers het gewoel om die voorbereiding van kroonboeke toegesê te word.

Met die verloop van jare was daar verskeie skrywers wat beduidende getalle getroue lesers onder die lede van die klubs ontwikkel het. Marita van der Vyver en Deon Meyer is maar net twee skrywers wat oneindig baat gevind het by hierdie afsetpunt.

Leserskring het op ander maniere ook gesorg dat daar vir skrywers ’n nuwe stroom inkomste uit hul werk ontstaan. Bloemlesings soos Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigteVertellers en so meer het ontstaan danksy Leserskring se bereidwilligheid om hulle met groot aanvanklike bestellings te ondersteun.

Danksy Leserskring het subkategorieë van boeke skielik groot verkopers geword: massamark-kinderboeke, kookboeke, nutsboeke en dies meer. Ek sal nooit vergeet hoe Susan van der Schijff en Lana Barnett, destyds hoof-aankopers van Leserskring, in die middel- jare negentig ’n bestelling van meer as 100 000 eksemplare van een van die Huisgenoot Wenresepte-titels geplaas het nie.

Daardie groot boekjare het met die koms van die internet en die ontwikkeling van nuwe tegnologie amper onherhaalbaar geword. Die publiek se leesgierigheid het ander uitlaatkleppe gevind.

Bertelsmann se klubs in Europa en elders het begin kwyn, en baie moes hul deure sluit. Die sakemodel was verouderd. Leserskring/Leisure Books het die stryd bly voortstry, maar soos een van die ou Leserskring-staatmakers vandeesweek aan my sê, was dit geleende tyd. Om vandag ’n boekklub te bedryf, moet mens in gans ’n ander sleutel dink.

Die besluit om Leserskring te sluit, is sekerlik eers na deurtastende analise deur Media24 se finansiële mense geneem.

Terwyl mens dan namens Afrikaanse skrywers dankbaar is vir die steun wat ons deur die jare uit hierdie oord gekry het, dink mens ook daaraan dat die leespubliek se honger vir Afrikaanse boeke nie verdwyn het net omdat Leserskring se sakemodel verouderd geraak het nie. Trouens, Leserskring het sy taak so goed verrig dat die leespubliek vir Afrikaanse boeke oneindig groter is as wat dit sou gewees het as Leserskring nie bestaan het nie. Dit is iets waarop almal wat deur die jare aan Leserskring verbonde was, baie trots kan wees.

Ek is baie nuuskierig om te sien hoe die plaaslike boekebedryf daarop gaan reageer.

Met vriendelike groete
Kerneels Breytenbach
Voorsitter: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2016 appeared first on LitNet.

Hygliteratuur: Meer reën in die Vrystaat

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Vir ‘n oomblik is die beeld gevries.

Werner staan met ‘n broodjie in een hand en ‘n koppie koffie in die ander, nakend, met ‘n nat handdoek op die vloer voor hom en staar na Sandy asof hy wil verduidelik ... en voel ‘n blos opstoot teen sy nek.

Sandy sit versteen, met ‘n broodjie halfpad na haar mond. Haar japon het aan die linkerkant heeltemal oopgeval en ontbloot haar een volle mooi bors met die wynrooi tepel wat orent spring, want in een oogopslag het sy Werner se pragtiggevormde liggaam gesien en sy beaarde, onbesnyde penis wat soos ‘n dik wit salami tussen sy bene hang ... en sy voel ook ‘n blos wat haar hals verkleur soos sy die jurk weer oor haar ontblote bors trek en die swaeltjie verskuil, en effens verbouereerd haar sit verskuif. Die broodjie het uit haar hand geval.

Hy skud sy kop heen en weer, draai om, vat ‘n sluk koffie en sit alles weer neer op die lessenaartjie (verdomp of hy verder charades gaan speel, dink hy by homself).

Hy draai weer na Sandy en sê: “Luister, ek weet ons ken mekaar skaars, maar met alles wat ons nou al saam deurgemaak het, is ons vriende en ek sal dit graag verder wil neem. Jy’s vir my baie aantreklik en jy is so pas wreed uit ‘n verhouding en ek het geen meisie nie ...” Hy stap nader na die bed, voel hoe sy voël heen en weer swaai, besig om te swel.

Die amandels kyk diep in sy fletsbloues asof sy wil seker maak hy is opreg. Dan lig sy haar op dat sy op haar knieë staan en die japon val heeltemal oop en ontbloot die verruklike borste, die plat magie en die gladgeskeerde bultjie van haar vroulikheid.

“Hou my eers styf vas voor ek jou antwoord.”

Soos hy sy arms om haar vou, rus sy met haar kop teen sy bors en omarm hom styf om sy middellyf.

Hy voel hoe sy voël (nou ten volle styf) platdruk asof dit pas, tussen haar borste. Hy druk haar baie styf en soen haar op haar hare en draai dan haar gesig op na hom en bring sy lippe af na haar mond.

Hulle soen is soekend maar dringend, en hulle tonge verstrengel in mekaar.

Haar hande het afgeskuif en elke hand hou nou ‘n wang van ‘n boud vas en beweeg hulle stadig op en af ... op en af. Sy hande knie en masseer haar skouers.

Dan bring sy haar hande vorentoe en plaas elkeen aan die buitekant van haar borste en begin sy penis, wat nog steeds tussen die borste lê, op en af vryf met haar borste. Elke slag as sy voël opkom en die pers kop uit die voorvel wil spring, lek sy die slootjie van sy penis met haar tong.  

“Uhhhh, uhhh ... sjoe, dis ontsettend lekker, geen lover het dit nog ooit met my gedoen nie,” sê Werner skor.

Sy kyk op na hom en sê : “Ek’s dom met oraal want Antho ... [sug] ... my vorige ou ... wou niks weet daarvan nie. Ek self het dit ook nog nooit ontvang nie.”

Hy vat haar aan haar elmboë en trek haar teen sy lyf op. Hy soen haar op haar voorkop en knibbel aan haar oor. “Kom ons kyk of jy dit laaik,” fluister hy in haar oor. Hy sit sy een hand agter op haar rug en met sy ander hand lig hy haar boudjies en sit haar sagkens op haar rug op die bed neer. Terselfdertyd vat hy een kussing uit onder haar kop en skuif dit onder haar boude in.

Hy kyk ‘n oomblik weer na haar ongelooflike liggaam, dan sak hy af en neem haar een tepel in sy mond en rol dit met sy tong terwyl sy hand die ander tepel met die palm opvryf tot dit stokstyf is. Hy beweeg met sy lippe strelend tussen haar borste af tot by haar naeltjie terwyl sy ander hand nou ook ‘n tepel knyp en streel. Toe sy tong haar naeltjie om en om kielie en hy laer wil sak, voel hy haar lyf ruk en saamspan. Hy stop en loer vinnig op na haar gesig. Haar kop swaai stadig heen en weer, haar oë toe en die mond halfoop terwyl sy vinnig asemhaal. Hy skuif sy arms af en masseer die holtes van haar bekken terwyl sy lippe nou by haar koekie is. Soos hy haar bene nou oopskuif van mekaar, raak hy net met sy tong aan haar koekie voordat sy tong haar binnebeen streel, raak aan haar koekie en oor na ander binnebeen. Hy herhaal dit weer en weer en sit dan sy vingers weerskante van haar spleetjie en sper haar dosie oop. Die binnelippe wys nou pienk en die klit staan regop aan die bokant. Alles glim sopnat.

Hy stoot sy tong stadig op en af in die slootjie en proe haar sap, wat soos heuning proe op dié stadium. Hy sit sy tong vinnig binne-in haar in, maar skuif dan sy lippe op na haar klit terwyl sy een vinger aan die onderkant van sy mond ritmies in en uit beweeg in haar koekie.

Hy voel haar vingers streel oor sy hare en sy skree: “Wat doen jy aan my, jy maak my mal!” Sy lippe rol en rol haar harde klit terwyl sy tong die heeltyd haar klit prik en tintel en sy vinger al in die rondte vinniger in haar koekie beweeg.

“W-w-erner ... ek weet nie of ek meer kan terughou nie ... ek’s baie naby!”

Hy kom regop op sy knieë tussen haar wydgesperde bene en neem sy stywe voël in een hand en sien die prekom op die pers akkerkop blink. Hy sien haar bene bewe en kyk op na haar gesig. Sy staar af na sy penis en haar asem jaag baie vinnig. Hy bly in haar oë kyk en vryf sy voël druk-druk teen haar geswelde klit. “ Asseblieeef, sit hom nou in!” grom sy.

Soos hy dit stadig begin indruk, gee sy kermgeluidjies en dan druk hy hom ten volle in. “Oooooeee!” gil sy.

“Maak ek jou seer?” vra hy en verpoos ... Haar liggaam begin klaar op en af beweeg as antwoord en dit voel asof sy hom vassuig.

“Nee, hy’s net baie groot, maar ek’s mal daaroor ... die lekkerrr oorwin die eina ... move nou saam met my!”

Hy leun vooroor op sy voorarms weerskante van haar lyf en begin saam met haar ritme beweeg ... in ... uit ... in ... uit ... Hy versnel die pas en terselfdertyd begin hy sy voël in die rondte draai in haar soos hy in en uitgaan. Sy eie asem jaag van pure opwinding en hy hoor hoe sy vol skrotum teen haar boude klap.

“W-w-wernerrr ... d-dis sooo lekkerrr ... moenie ophou nie ... aaaa ... aaaa ... Hoe ver is jy? E-e-ek’s bang ek gaan kommm ... aaa ... aaa.”

Hy antwoord soos hy nog vinniger pomp. “Solank jy kom, kom ek ook ... It takes two to tango.”

Hy voel die saad opbou in sy eiers en na sy skag vloei ...

Dan ontplof sy met ‘n gil en haar vingers grawe in sy rug in en haar hele lyf ruk aanmekaar. Haar kop is agteroorgegooi soos sy kreun en gil. Hy skiet sy saad in strome in haar in en voel die warmte daarvan, om sy voëlkop, binne-in haar.

Hy sien sy sweet drup op haar borste, wat ook papnat is van sweet. Hulle gaan nog voort, maar die tempo begin afneem. As hy wil uittrek, druk haar hande hom terug in en sy fluister: “Lê net eers bietjie binne my tot ek tot verhaal kom. Dis ‘n herinnering wat ek suiwer wil wegsluit vir die res van my lewe.”

Hy voel haar vinnige hartklop teen sy bors en hy vee ‘n nat krul uit haar oë. Hy soen haar eers liggies op haar neus en sê dan: “Dankie dat jy jou met my gedeel het”, en streel sy lippe oor hare.

“Ek het nog nooit iets so intens en diep in my ervaar nie. Ek sê ook dankie. Jy’t nie net my liggaam geneem nie, maar ook aan my siel geraak,” sê sy saggies.

Hy voel haar hart klop rustiger.

Hy trek uit en rol op sy rug langs haar. Terselfdertyd steek hy sy arm onder haar nek deur dat sy teen hom lê. Hy sit sy hand amper werktuiglik op haar een bors en vryf die tepel saggies.

Haar hand vou om sy nou sagte penis en druk dit saggies.

“Die reën het opgehou,” sê sy.

Hy glimlag: “Daar’s meer reën in die Vrystaat.”

 

The post Hygliteratuur: Meer reën in die Vrystaat appeared first on LitNet.


Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

$
0
0

Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

Rushiella Songca, uitvoerende dekaan, Kollege vir Regsgeleerdheid,
Universiteit van Suid-Afrika

Michelle Karels, Departement Straf- en Prosesreg, Universiteit van Suid-Afrika.

LitNet Akademies Jaargang 13(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In hierdie voorlegging word regsprekende en wetgewende reaksies op seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg is, ondersoek. Daar word aangevoer dat tradisionele bestraffende reaksies op verskillende vorme van seksuele misdaad ondoeltreffend is. Daar word verder aan die hand gedoen dat die status quo, altans wat betref kindermisdade, indruis teen herstellende geregtigheid. Die Suid-Afrikaanse strafregstelsel kan nie bloot óf vergeldende óf herstellende geregtigheid op misdrywe van hierdie aard toepas nie. Hierdie twee benaderings kan wel vermeng word as deel van ’n multidissiplinêre benadering tot sowel kinders wat seksuele misdrywe pleeg as kinders wat slagoffers van sulke misdade is. Die skrywers demonstreer die nadele van ’n blote vergeldende uitgangpunt vir vonnisoplegging teenoor ’n regstellende uitgangspunt. Hulle argumenteer vir die formalisering van herstellendegeregtigheidsprosedures in die Suid-Afrikaanse reg. Die toepassing van herstellendegeregtigheidspraktyke, hoofsaaklik slagoffer-oortreder-bemiddeling, word, waar van pas, en op meriete, voorgestaan.

Trefwoorde: herstellende geregtigheid; gesinsgroepkonferensie; seksuele misdrywe, seksuele oortreders; slagofferdeelname; vergeldende geregtigheid; vonnisoplegging

 

Abstract

Judicial and legislative responses to sexual crimes committed by and against children and the potential use of restorative justice practices

In this article the authors demonstrate the current judicial and legislative response to children who are the victims of sexual crimes or perpetrate such offences. They argue that using either restorative or retributive responses to crimes of a sexual nature is the incorrect approach; sexual crimes committed against or by children require the intervention of a multidisciplinary approach to justice. It is submitted that restorative justice, displayed in the practice of, for example, victim-offender dialogue and family group conferencing, provides the ideal ground on which a restorative approach can be centred, analogous to traditionally retributive responses.

Contemporarily, traditional retributive responses to child sexual abuse and child perpetrators of sexual offences have drawn much criticism from various sectors of society. The criticism is trite although well-founded when one considers the oft-quoted statistics relating to child sexual abuse in South Africa. In response to these statistics the legislature introduced various laws aimed at reducing the occurrence of sexual misconduct. However, the continued upward trend of such crimes, by and against children, indicates that perhaps traditionally retributive responses are ineffective in curbing the scourge of sex-related crimes in South Africa. To reiterate: it is submitted that the use of restorative justice practices, parallel to retributive practices, will have the effect of both reducing the impact of such crimes and begin to normalise the sexualised view of children in society.

Naturally, the use of such practices is justified only by the merits and circumstances of each particular case. The factors which have the potential to influence the use of restorative practices relate generally to the characteristics of sex offenders (both adults and children); societies’ reaction to the alarming sex-crime-related statistics; and the socio-economic and political factors which contribute to the commission of sexual offences in South Africa. Restorative justice, and its unstated reliance on the values espoused by ubuntu, contribute to the field of sexual offences and thus cannot be ignored within a multi-disciplinary approach to criminal cases of such a nature. The underlying factors driving the commission of sexual offences are best understood through a process of restoration as opposed to adversarial trial, where these factors are hardly, if ever, explored before trial or sentencing. The victim, in the current system, remains an outsider who is considered little more than a witness. The accused, by contrast, is viewed as little more than the offence allegedly committed, which naturally invokes revulsion and stigmatisation. These often continue once the convicted are released back into society where they are expected to conform to society’s rules and laws. It is submitted that this not only reinforces potential recidivism but leaves the victim with unresolved resentment and conflict. This is especially trite where sexual crimes occur within a family group where the victim and offender are well acquainted. In these types of cases in particular, both parties may be better served through a process of victim-offender dialogue or family group conferencing. Victim-offender dialogue is a well understood and acceptable practice, particularly in customary law, where it has long been used as an alternative conflict resolution mechanism by, for example, the Khoi-San and other ethnic groups. It provides a platform where the victim and offender can meet in a structured and secure environment in order to begin the process of healing through dialogue. It often results in a written plan according to which the accused undertakes certain tasks or restitutions to the satisfaction of the victim. Family group conferencing is not an alternative to victim-offender dialogue, but rather extends participation to a wider community of people. Considering that the aim of restorative justice is the reharmonisation of community relations, victim-offender dialogue and family group conferencing rely on the active participation of those involved in a specific conflict resolution mechanism.

Recent legislative and on-going judicial responses to the use of restorative justice and its associated practices indicate, however, that it is often seen as an alternative to retributive justice as opposed to an equal co-worker in response to perpetrators and victims of sexual offences; at least in so far as it relates to adult offenders. The supreme court of appeal’s response in DPP v Thabethe 619/10) [2011] ZASCA 186; 2011 2 SACR 567 (SCA) is an example of a system of law relying on outmoded approaches to justice, even in cases where the victim indicates a preference for restorative justice as part of sentence. It is conceded that the court a quo implemented an almost impossible set of sentencing conditions, and exceeded the bounds of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, but is argued that the trial court demonstrated the possibilities inherent in using restorative practices in parallel to punitive responses to the infringement of criminal law. While the case before the appeal court provided an ideal platform to formalise restorative justice, the court concerned itself more with the weight of the victim’s input in sentencing, the impossibility of effective implementation of sentence, and the procedural irregularities in the trial court. While these factors are important for the administration of justice, it is submitted that they overshadowed the potential effect of restorative justice and highlighted the effect of the opposite approach on the victim and her family.

In the case of child offenders charged with sexual offences, the legislature saw fit to incorporate restorative justice practices in the form of diversion or sentencing mechanism in the Child Justice Act 75 of 2008. This is a welcome development; the process is formalised and can be implemented only in certain circumstances. One of these relates to the victim’s preference for diversion over trial. The role of the victim within the act is central to diversion decision-making which contrasts clearly with the role of the victim in a case where the accused is an adult. The act is premised on the best-interest standard and has already influenced judicial decision-making in, for example, in J v National Director of Public Prosecutions 2014 7 BCLR 764 (CC).

In conclusion, we posit that a multi-disciplinary challenge such as sexual offending requires a multi-disciplinary problem-resolution mechanism. We argue that formalised restorative justice, practised in communities and implemented by courts, can take over where punitive justice leaves off, and contribute a more effective solution to the challenge of sexual crimes in South Africa.

Keywords: family group conference; restorative justice; retributive justice; sentencing; sexual offences; sexual offenders; victim participation

 

1. Inleiding

Oor die jare heen is kritiek uitgespreek teen die Suid-Afrikaanse strafregstelsel se onvermoë om die dinamiek te hanteer wat voortspruit uit sake waarin kinders seksueel mishandel is.1 Die voorkoms van die seksuele mishandeling van kinders en die uitwerking daarvan op slagoffers en hul gesinne is nog nie volledig in Suid-Afrika ondersoek nie.2 Daarbenewens is die oorsake en gevolge van seksuele misdrywe3 deur kinders ook nog nie voldoende bestudeer nie.

In reaksie op die vlaag seksuele geweld teen kinders en die onrusbarende voorkoms van kinders wat seksuele misdrywe pleeg, het Suid-Afrikaanse beleidmakers en wetgewers verskeie wetgewende en ander regulerende maatreëls ingestel om die probleem te probeer voorkom.4 Ten spyte hiervan het die toename in die aantal verslae oor geweldsmisdade, met inbegrip van gevalle van seksuele misdrywe teen en deur kinders, die persepsie versterk dat die formele strafregstelsel kinderseksmisdrywe nie bevredigend hanteer nie.5 Daar word aangevoer dat die oplossings wat tot dusver aangebied is, misluk het omdat daar hoofsaaklik op die vergeldende benaderings tot geregtigheid staatgemaak is. As oplossing word voorgestel dat herstellendegeregtigheidbenaderings toegepas moet word, veral die gebruik van ’n slagoffer-misdadiger-proses in gevalle van seksuele misdrywe teen en deur kinders. Die toepassing van herstellendegeregtigheidspraktyke vir kinders wat seksuele misdrywe pleeg, sal ook daartoe bydra om die seksuele rol wat aan kinders in die gemeenskap toegeken word, te normaliseer.6

As teorie fokus herstellende geregtigheid op misdaad en oortredings, en die hoofdoel daarvan is om die nadeel of leed te herstel wat deur misdaad en oortredings veroorsaak is.7 Gevalle van seksuele mishandeling vereis sowel vergeldende as herstellende benaderings weens die feit dat kinders in sommige gevalle seksueel mishandel word deur mense wat goed aan hulle bekend is.8

Hierdie voorlegging berus op ’n kort bespreking van ’n verskeidenheid faktore wat onderliggend moet wees aan herstellende praktyke en daarom enige besluit kan beïnvloed in vonnisoplegging teen ’n kind of ’n volwassene wat van ’n seksuele misdaad aangekla is. Daarna volg ’n kort ondersoek na die mees onlangse wetgewende hervormings wat betrekking het op die vervolging van beweerde en straf van bewese seksoortreders. In hierdie bespreking word die potensiële bydrae van herstellende geregtigheid in misdade van ’n seksuele aard beklemtoon.

Laastens doen ons maniere aan die hand waarop herstellendegeregtigheidsprosesse in die algemeen en slagoffer-oortreder-dialoog in die besonder as voorkomende meganismes gebruik kan word; hier kan die kinderslagoffer, die kinderoortreder, die gesin en die gemeenskap ’n integrale rol in die strafregproses en uiteindelik in die voorkoming van gevalle van mishandeling van kinders speel.

 

2. Algemene bespreking van seksuele oortreders en seksuele misdrywe in Suid-Afrika

2.1 Die eienskappe van volwasse seksoortreders

Oortredertipologie is noodsaaklik in gevalle van ’n seksuele aard. Die samestelling van ’n profiel van ’n seksoortreder kan insig in die verskynsel van seksuele mishandeling in die gemeenskap bevorder. Daar is egter geen eensgesindheid oor wat veroorsaak dat ’n persoon seksuele misdrywe pleeg nie..9 Sommige outeurs10 is van mening dat daar geen profiel van ’n "tipiese" seksoortreder is nie. Ten spyte hiervan is daar wel ’n paar gedagtes oor seksoortreders wat kinders as prooi uitsoek.11 Navorsing het ook bevind dat seksoortreders tot ’n diverse bevolking behoort en dat daar variasies is wat betref die wyse waarop seksuele misdrywe teen kinders gepleeg word, asook wat betref die kenmerke van die seksoortreder self. Navorsers stem saam dat seksuele oortredings teen kinders ’n multidimensionele verskynsel is waarvan kulturele, maatskaplike en ander faktore die grondslag vorm.12 Alhoewel oortreders wat seksmisdade teen kinders pleeg, individueel van mekaar verskil, is daar sekere gemeenskaplike kenmerke waaroor daar in die algemeen saamgestem word. In die meeste gevalle is oortreders byvoorbeeld volwasse mans wat óf aan die kind verwant, óf aan die kind bekend is.13 Kinders is meer kwesbaar vir daardie volwassenes wat mag of gesag oor hulle het.14 In die meeste gevalle het die oortreder toegang tot die kind, wat dit makliker maak om die kind te oorreed om aan die seksuele aktiwiteit deel te neem. In hierdie verband kan die oortreder byvoorbeeld ’n stiefpa, onderwyser of buurman wees.

Navorsing het ook aan die lig gebring dat volwasse seksoortreders gewoonlik as adolessente sodanige misdrywe begin pleeg en dat sommige oortreders self slagoffers van seksuele mishandeling was.15 Dit is ’n belangrike punt in ’n proses van herstellende geregtigheid, want dikwels is ’n volwasse oortreder die produk van seksuele mishandeling in sy of haar kinderjare. Slagoffer-oortreder-bemiddeling gee die volwasse oortreder die kans om sy of haar eie trauma te identifiseer en om herhaling van die misdaad te voorkom.

2.2 Die eienskappe van kinders wat seksuele oortredings pleeg

Oor die afgelope paar jaar het studies aan die lig gebring dat sowel kinders as volwassenes seksueel aggressief teenoor ander kan optree.16 Alhoewel navorsing dui op ’n toename in die aantal kinders wat ander seksueel mishandel, is daar te min statistieke beskikbaar oor die voorkoming van hierdie tipe oortredings; jong seksoortreders is dus ’n problematiese kategorie.17 Die gebrek aan sodanige statistieke is moontlik daaraan te wyte dat die meeste van hierdie gevalle nie vervolg word nie, veral daardie gevalle waarby kinders onder die ouderdom van toerekenbaarheid betrokke is.18

Die benaderings wat tot jong seksoortreders gevolg word, is grotendeels gegrond op dit wat oor volwasse seksoortreders bekend is. Die probleme wat verband hou met die gedrag van jong seksoortreders is egter nie soortgelyk aan dié van volwasse oortreders nie. Kinderoortreders is uiteenlopend wat hul ouderdom19 en ekonomiese agtergrond betref.20

Brownlie21 onderstreep die behoefte aan verskillende teoretiese raamwerke om tussen volwasse en jong oortreders te onderskei. Sy redeneer dat dit van deurslaggewende belang is dat ’n mens die jong oortreder se motivering verstaan, elkeen se besondere geskiedenis in ag neem, asook die feit dat hul gedrag moontlik beïnvloed word deur die verskille wat hul omstandighede teweegbring. Jong kinders oortree om verskillende redes. Sommiges word hoofsaaklik gemotiveer deur seksuele nuuskierigheid, terwyl ander weer toegee aan kompulsiewe drange of as gevolg van swak oordeelsvermoë.

Navorsing22 dui daarop dat die maatskaplike en gesinsagtergrond van oortreders uiteenlopend is, dat sommige kinders grootword in omgewings wat gekenmerk word deur ernstige gesinsgeweld en onvanpaste seksuele gedrag, en dat hulle hierdie gedrag naboots. In sommige gevalle kan die gebrek aan positiewe rolmodelle waarskynlik bydra tot die wyse waarop jong kinders die lewe in die algemeen en seksuele verhoudings in die besonder beskou.

Hierdie bevindings beklemtoon die dinamiek van slagoffer-oortreder-tweeledigheid waar oortreders as kinders in hul gemeenskap of gesin mishandeling ondervind en uiteindelik self as volwassenes seksuele oortreders word. Die gemeenskap moet dus die wyse verander waarop hul reageer op gevalle van seksuele mishandeling ten einde insidente van sodanige mishandeling deur kinders te voorkom en die toenemende stroom van jong seksoortreders te stuit.

2.3 Die voorkoms van seksuele geweld teen en deur kinders

Die 2012/2013-misdaadstatistiek vir Suid-Afrika het onthul dat die voorkoms van kinder- en sogenaamde babaverkragtings van die hoogste ter wêreld is.23 Dié statistiek dui aan dat 49 550 gerapporteerde seksuele misdrywe plaasgevind het24 –hiervan was 28% gevalle van seksuele misdrywe teen kinders. Die 2010/2011-statistiek bring verder aan die lig dat verkragtings vir Suid-Afrika oor ’n tydperk van vyf jaar bestendig toegeneem het.

Nuusdekking oor seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg word, het ’n negatiewe reaksie by die publiek ontlok.25 As voorbeeld kan ’n mens noem dat die publiek soms geëis het dat oortreders gekastreer of gestenig word, en by tye het die debat ook opgevlam oor die herinstelling van die doodstraf vir oortreders wat kinders seksueel mishandel.26 Alhoewel die media en statistiekverslae dui op ’n toename in die aanmelding van gevalle van seksuele mishandeling van kinders, is ons van mening dat daar baie meer gevalle is wat nooit aangemeld word nie. Mediaberigte is gewoonlik gegrond op gerapporteerde sake en waar die oortreders óf skuldig bevind is aan die misdrywe óf skuld aan die misdrywe erken het. Ongerapporteerde sake gaan dus vir die strafregspleging verlore.

Sommige gemeenskappe in Suid-Afrika is onlangs diep geskok oor die bekendmaking van die aantal kinders wat misdrywe teen ander kinders gepleeg het. Verslae oor hierdie misdrywe dui daarop dat die meeste professionele persone nie duidelikheid het oor die wyse waarop hierdie oortreders behandel moet word nie.27 Die meeste van hulle stem saam dat hierdie kinders, van wie sommige so jonk as tien jaar oud is, nie op dieselfde wyse as volwassenes behandel moet word nie.

Soos hier bo genoem, het persepsies oor seksmisdade en seksoortreders, onder andere op grond van mediaberigte, grotendeels beleid en wetgewing oor seksmisdrywe gevorm. In reaksie daarop is wette georden wat hoofsaaklik beoog om seksoortreders in te perk, te reguleer en te monitor. Die register vir seksoortreders is byvoorbeeld redelik onlangs ingestel weens amptelike reaksie op kommer oor die teenwoordigheid van seksoortreders in die gemeenskap.

2.4 Sosio-ekonomiese en politieke faktore verantwoordelik vir die voorkoms van seksuele mishandeling van kinders in Suid-Afrika

Alhoewel die seksuele mishandeling van kinders ’n wêreldwye probleem is wat oor alle kulture heen voorkom,28 kan die gevolge daarvan nie onafhanklik van die geskiedkundige, maatskaplike en ekonomiese agtergrond behandel word nie. Dit is veral die geval in Suid-Afrika. Dit is belangrik om te erken dat misdaad, en veral seksuele misdaad, diep verweef is met institusionele geweld, patriargie, kultuur en sosiale faktore. Geweld in Suid-Afrika is byvoorbeeld geïnstitusionaliseer deur drakoniese beleide en wetgewing wat teruggevoer kan word na kolonialisme en die apartheidstelsel.29 Hierdie stelsels is gekenmerk deur militarisering wat gelei het tot die verarming van, en ontneming van die kiesreg van, hoofsaaklik swart gemeenskappe.30 Suid-Afrika herstel nog van die nalatenskap van apartheid en die meerderheid swart Suid-Afrikaners beleef nog steeds die negatiewe gevolge daarvan.31 Dit is belangrik om hierdie faktor te erken wanneer ’n herstellende oplossing gesoek word. Geskiedenis het wel ’n impak op die interaksie tussen slagoffer en oortreder, veral wanneer hulle van verskillende rassegroepe afkomstig is.

Die Suid-Afrikaanse samelewing het verder toegelaat dat ’n patriargale stelsel, geslagsgeweld, intimidasie en seksuele aanranding van kwesbare groepe, soos kinders, floreer. Party kinders leef en word groot in gemeenskappe en in ’n samelewing wat deur geweld gekenmerk word. Hulle word gekonfronteer deur geweld in hul eie huise, skole en gemeenskappe.32 Navorsing dui daarop dat persone wat met gestremdheid leef, vroue en jong meisies die kwesbaarste persone van ons samelewing is.33

Suid-Afrika is ’n multikulturele samelewing. Elke kulturele groepering het ’n besondere benadering tot seks en seksualiteit. Kulturele benaderings tot seksuele verhoudings, met inbegrip van seksuele mishandeling, is ook belangrike faktore wat in ag geneem moet word, aangesien hulle steeds uitdagings vir Suid-Afrika bied. Die multikulturele samestelling van groepe kom tot uiting in kulturele praktyke wat weerklank vind in ’n verskeidenheid beskouings en waardes oor intieme verhoudings, hofmakery en houdings teenoor vroue en kinders.34 Hierdie faktore is besonder belangrik, aangesien hulle inderdaad struikelblokke kan bied vir herstellendegeregtigheidspraktyke.

’n Mens moet daarop let dat sosiale faktore asook kulturele en morele norme voortdurend verander, en daarom die manier verander waarop kinders en jongmense die lewe beskou en besluite oor hul seksuele en intieme verhoudings neem. As ’n mens ter verduideliking kyk na sommige intieme verhoudings of gedrag, kom die kompleksiteit van die seksuele mishandeling van kinders duidelik na vore. Dit kom byvoorbeeld algemeen voor dat sommige jong meisies meedoen aan ouderdom-uiteenlopende35 of tussengenerasieseks.36 Studies oor tussengenerasie- en transaksieverhoudings het aan die lig gebring dat finansiële gewin die hoofrede is waarom vroue, en veral jong meisies, in landelike gebiede hierdie tipe verhoudings aangaan.37 Gebrek aan toegang tot onderwys, swak gesondheidsdienste en ’n gebrek aan werksgeleenthede dryf jong meisies na hierdie verhoudings; hulle beskou dit as ’n kans op ’n beter lewe. In die meeste gevalle beskou mans wat by transaksieverhoudings betrokke is, sulke verhoudings as sake-ondernemings en gevolglik word kondome nie gebruik nie; die gevolg is dat jong meisies met MIV/Vigs geïnfekteer word.38 In sommige gevalle knoop mans hierdie verhoudings aan vanweë ’n behoefte aan "skoon vennote". Jong meisies word gewoonlik beskou as synde vry te wees van seksueel oordraagbare siektes, waaronder MIV/Vigs. Hierdie persepsie word bevorder deur die mite dat seks met ’n maagd (veral ’n kind) die man beskerm teen of genees van HIV/Vigs.39 Gevolglik stel hierdie verhoudings jong meisies bloot aan alle vorme van uitbuiting, veral seksuele mishandeling.

Aan die ander kant verskil die motiewe van jong meisies in stedelike en buitestedelike gebiede. Alhoewel sommige by hierdie verhoudings betrokke raak net vir finansiële gewin, beskou ander hulself as gelyke vennote.40 Sodanige verhoudings lei wel tot materiële gewin, maar sommige meisies sien hierdie verhoudings as vennootskappe wat uiting gee aan hul gesag en onafhanklikheid, hul vermoë om betrokke te wees by invloedryke mans wat in hul eie gemeenskappe by tye gerespekteer en hoog geag word.41 Gevolglik beskou hierdie jong meisies hulself nie as slagoffers van seksuele mishandeling nie, wat die kompleksiteit beklemtoon wat seksmisdade meebring. In dieselfde trant boots jong manlike oortreders die gedrag van hul volwasse manlike rolmodelle na en hierdie gedrag beïnvloed ook die wyse waarop hulle seksuele verhoudings met vroue of meisies beskou.

Seksuele misdrywe teen kinders en seksuele misdrywe deur kinderoortreders is ’n multidimensionele verskynsel wat veroorsaak word deur maatskaplike, ekonomiese en ander faktore. Met die bogenoemde faktore en statistieke in gedagte, is dit duidelik dat tradisionele vergeldende geregtigheid nie die plaag van seksuele misdade in Suid-Afrika kon en nou kan oplos nie. Tradisionele vergeldende benaderings tot volwasse seksoortreders konsentreer op die oortreding en nie op die oortreder of die slagoffer nie. In die geval van kinderseksoortreders is die fokus dikwels op die kinderoortreder en nie op die misdaad of die impak daarvan op die slagoffer nie. In beide gevalle word die doelwitte van herstellende geregtigheid nie gedien nie. Die oortreding, oortreder en slagoffer moet geakkommodeer word en al drie partye moet aangemoedig word om aktief by genesing betrokke te wees. Dit is onaanvaarbaar dat herstellende geregtigheid teenoor vergeldende geregtigheid gestel word. Herstellende en vergeldende geregtigheid behoort beskou te word as parallelle benaderings in gevalle van seksuele misdade. Met ander woorde, dit is dikwels die geval dat herstellende geregtigheid begin waar vergeldende geregtigheid eindig. Herstellende geregtigheid konsentreer op die herstel van gebroke verhoudings en op prosesse wat onderliggende maatskaplike en politieke oorsake van misdaad en oortredings uit die weg ruim.

Herstellende geregtigheid konsentreer enersyds op die herstel en integrasie van oortreders in die samelewing, en andersyds op die benadering dat misdaad eerstens skadelik is vir menslike verhoudings en tweedens ’n oortreding van die reg is.42 Die gebruik van herstellende geregtigheid kan baie doen om seksmisdade te voorkom, omdat die beginsels daarvan breër gemeenskapstrukture kan beïnvloed om norme en waardes met betrekking tot die voorkoming van seksmisdade, kinderseksualiteit en die pleeg van seksuele misdade deur kinders te ontwikkel.

Hier onder word die betekenis van herstellende geregtigheid in Suid-Afrika kortliks bespreek. Daarna word twee prominente herstellende praktyke, naamlik slagoffer-oortreder-bemiddeling en familiegroepkonferensies, ondersoek.

 

3. Herstellende geregtigheid as benadering tot seksoortreders

Soos uitgewys, benader herstellende geregtigheid misdaad vanuit ’n ander perspektief as vergeldende geregtigheid. Dit fokus op die gevolge van misdaad en institusionaliseerde vreedsame benaderings tot menseverhoudings.43 In die lig van Suid-Afrika se geskiedenis van geweld teen kinders kan ’n mens nie die belangrikheid van hierdie benadering oorbeklemtoon nie.

Herstellende geregtigheid word toegepas waar skade gely is as gevolg van ’n skending van individuele en menseregte weens misdaad, en waar probleemoplossing nodig is.44 Dit bied ’n alternatiewe benadering tot die akkusatoriese metode van kruisondervraging en verhoor deur stryd. Akkusatoriese geregtigheid wentel om drie kernvrae, naamlik watter regsvoorskrif geskend is, wie die misdryf gepleeg het en wat die gepaste straf is.45 Aan die ander kant erken herstellende geregtigheid dat misdaad die slagoffer, die gemeenskap en die oortreder almal benadeel. Die hoofdoel daarvan is om sowel die slagoffer as die gemeenskap te herstel, en nie bloot om die oortreder te straf nie.46 Hierdie tipe geregtigheid verontagsaam dus nie aanspreeklikheid en gevolge nie, maar herformuleer eerder die wyse waarop hierdie doelstellings bereik kan word.

Herstellende geregtigheid kan toegepas word in die korrektiewe behandeling van oortreders terwyl die oortreder nog steeds in gevangenskap is, en kan verder strek as gevangenskap. Raamwerke vir herstellende geregtigheid word eerstens gegrond op die beginsels van geweldloosheid, en die doel daarvan is om gebroke verhoudings in die gemeenskap te herstel.47

In teenstelling met formele strafreg wat misdaad beskou as ’n oortreding teen die staat wat gestraf, onderdruk of behandel moet word, is die doelwit van herstellende geregtigheid om die skade aan mense en verhoudings te genees en te herstel.48 Daarby is herstellende geregtigheid ’n slagoffergesentreerde benadering tot misdaad waarvolgens die slagoffer die geleentheid kry om ’n inset oor besluite oor vonnisoplegging te lewer. Dit stel die slagoffer in staat om die trauma te hanteer wat hy of sy weens die optrede van die oortreder ondervind het. Die belangrikste beginsel van herstellende geregtigheid is dat die oortreder verantwoordelikheid aanvaar vir die misdryf en die skade wat veroorsaak is.49 Bowendien kry die slagoffer die geleentheid om sy of haar eie tussenkoms te bewerkstellig deur direk betrokke te wees by die reaksie op die skade wat deur die misdaad veroorsaak is.50

Herstellende geregtigheid erken daarbenewens dat strafmaatreëls nie die enigste maatstaf van ’n regverdige samelewing is nie. Misdaad word as ’n gemeenskapsprobleem beskou en gevolglik moet die gemeenskap by die oplossing daarvan betrokke wees.

Die toepassing van herstellende geregtigheid wentel om vier vrae, naamlik: wie is benadeel, wie is daarvoor verantwoordelik, wat is die onderliggende oorsaak daarvan en hoe kan die skade herstel word?51 Dit verhef die status van die slagoffer in die strafproses en verseker dat die oortreder direk aanspreeklik gehou word teenoor die slagoffer en die gemeenskap wat hy of sy geviktimiseer het.52 Herstellende geregtigheid help die oortreder om die wederregtelikheid van die optrede, asook die gevolge daarvan te begryp.53 Die oortreder word die geleentheid gegee om die werklikheid te konfronteer, naamlik dat die slagoffer ’n mens is en nie bloot ’n voorwerp wat mishandel kan word terwyl jy as oortreder ongestraf bly nie.54

Die doelwit van herstellende geregtigheid is om maatskaplike verhoudings te herstel en mense in gemeenskappe in staat te stel om beheer oor hul lewens te herwin. Hierdie benadering tot misdaad herstel waardigheid en harmonie onder diegene wat deur misdaad geraak is en bied ’n gevoel van geregtigheid wat die samelewing in staat stel om reëls vir maatskaplike verhoudings neer te lê wat vir die lede van die gemeenskap aanvaarbaar is.55 Dit bied ’n manier waarop slagoffers, oortreders en die breë gemeenskap betrokke kan raak by ’n dialoog met die doel om die onderliggende oorsake van misdaad en misdrywe te identifiseer en uit die weg te ruim.

Die sukses van herstellende geregtigheid kan bewerkstellig word deur dit by die vergeldende strafregstelsel te integreer sodat die stelsel nie stagnant word omdat net een benadering tot regspleging toegepas word nie. Dit moet kultureel uiteenlopend wees en moet kan aanpas by ander vorme van geregtigheid om doeltreffend te wees.56

Daar word aangevoer dat die toepassing van herstellende geregtigheid sosiopolitieke ongeregtigheid teenoor kwesbare groepe soos kinders – hetsy as slagoffers of as daders – onder die loep neem. Om individuele gedrag te verander, is dit dus net so belangrik om die gemeenskap se gedrag of praktyke te verander, asook die gedrag en praktyke van die howe, van wie verwag word om geregtigheid toe te pas. In Suid-Afrika is hierdie verandering gebiedend noodsaaklik in die lig van maatskaplike praktyke, soos geslagsgeweld, wat nog in sommige gemeenskappe voorkom. Hierdie praktyke beïnvloed die wyse waarop jong meisies en kinders behandel word57 en gevolglik die wyse waarop hulle uiting aan hul seksualiteit gee en besluite oor hul seksuele gedrag neem.

Praktyke soos mishandeling moet behartig word deur bykomende geregtigheidsmetodes toe te pas. In hierdie verband kan herstellende geregtigheid ’n deurslaggewende rol speel om gebroke verhoudings as gevolg van die wederregtelike optrede van die dader te herstel.

Dit is belangrik dat ’n mens daarop let dat sommige teorieë oor herstellende geregtigheid gegrond is op die begrip van die transformering van mag, en waarde heg aan die gees van onderlinge verbondenheid van mense en hul gemeenskappe.58 In Suid-Afrika is daar geregtigheidsbegrippe wat met herstellende geregtigheid verband hou. Herstellendegeregtigheidsteorieë en ubuntubeginsels kan wetgewing oor kinders konsolideer, waaronder gevalle waar kinders die slagoffers van misdaad is. Die Wet op Seksuele Misdrywe59 en die Child Justice Act60 het beide die strafregstelsel vir kinders vermenslik deur ubuntubegrippe daarby in te sluit. In albei hierdie wette word erken dat individuele en kollektiewe gesag ewe belangrik is; dat individue onderling intrinsiek aan hul gemeenskappe verbonde is. Gevolglik vereis herstellende geregtigheid en denkbeelde van ubuntu dat almal betrokke moet wees by ’n vrywillige en veilige, opbouende, kritiese dialoog waar mense aanspreeklikheid en verantwoordelikheid aanvaar, asook die inisiatief neem om te genees.61 Alhoewel ubuntu geen definisie het wat wêreldwyd aanvaar word nie, word dit dikwels geassosieer met vergifnis en genesing. Dit is gemik op die rol van gemeenskappe en neem ’n gemeenskaplike benadering tot oortredings van die strafreg in. In Suid-Afrika vorm dit dus die onderliggende waarde waarom herstellende geregtigheid wentel. Ubuntuteorieë plaas die gemeenskap eerste, voor die oortreder of die slagoffer as individue, in die oorweging van konflikoplossing.

Venter62 merk op dat herstellende benaderings tot regspleging ruimte skep om slagoffer-oortreder-dialoog as herstellendegeregtigheidsmetode te implementeer. Daar word aan die hand gedoen dat feitebeoordelaars, wanneer ook al toepaslik, gebruik moet maak van slagoffer-oortreder-dialoog en die gesinsgroepkonferensie in gevalle van ’n seksuele aard waar die kind óf die slagoffer óf die beweerde oortreder is. Die argument is dat die resultaat van hierdie benadering voordelig is waar die oortreder weer by die gemeenskap geïntegreer word, en al die partye wat deur die oortreder se misdryf geraak is, die geleentheid gegee word om oor die misdryf te praat, asook oor die effek wat dit op hul waardigheid gehad het. Alhoewel slagoffer-oortreder-dialoog en gesinsgroepkonferensies dieselfde doel het, betrek hulle verskillende kategorieë mense, soos hier onder geïdentifiseer word.

3.1 Slagoffer-oortreder-dialoog

Slagoffer-oortreder-dialoog63 is ’n herstellendegeregtigheidsvorm en -praktyk. In Suid-Afrika vind ’n mens verskeie van die oorspronklike elemente daarvan in die tradisies van inheemse mense, soos die Khoi-San in Suider-Afrika.

Venter64 definieer slagoffer-oortreder-dialoog as ’n gestruktureerde ontmoeting tussen die slagoffer en die oortreder waar hulle van aangesig tot aangesig met mekaar praat. Die bedoeling was om die slagoffer te help om die oortreder in ’n veilige omgewing te ontmoet.65 Die ontmoeting word gefasiliteer deur ’n opgeleide bemiddelaar wat verseker dat ’n eerlike dialoog plaasvind om in die emosionele en ander behoeftes van al die partye te voorsien.66 Die slagoffer-oortreder-proses kan lei tot ’n skriftelike restitusie-ooreenkoms, alhoewel dit nie die hooffokus van die proses is nie. Die ooreenkoms kan vereis dat die oortreder vrywillig onderneem om gemeenskapsdiens te doen of om die een of ander diens aan die slagoffer en sy of haar gesin te lewer.67

In sommige ander Afrikakulture kan ook van die oortreder verwag word om ’n boete te betaal of om ’n diens te lewer.68 Dit is nie onvanpas in die geformaliseerde Strafproseswet 51 van 1977 nie, waar in gepaste omstandighede voorsiening gemaak word vir vergoeding aan die slagoffer.69

Die oortreder kan ook instem om berading te ondergaan of beloof om enige aktiwiteit te doen wat vir alle partye70 aanvaarbaar is, soos deelname aan ’n opvoedkundige veldtog in die gemeenskap. Die oortreder kan moontlik van alle oortredings vrygespreek word sodra die ooreenkoms suksesvol afgehandel is.71 As die proses egter deel van ’n vonnis uitmaak, kan hierdie misdryf steeds as ’n vorige veroordeling geag word.

Volgens Venter is dit noodsaaklik dat herstellendegeregtigheidsbeginsels en -waardes die grondslag vorm van slagoffer-oortreder-dialoog ten einde die sukses daarvan te verseker.72 Die slagoffer en die oortreder moet byvoorbeeld die geleentheid kry om oor die misdaad en die uitwerking daarvan op sowel die slagoffer as die oortreder te praat. Deur hierdie proses verkry die slagoffer insig in die rede waarom die misdaad in die eerste plek plaasgevind het. Deur middel van hierdie gesprek word sekerheid verkry oor wat die oortreder gaan doen om te verseker dat laasgenoemde nie weer oortree nie.73 In die meeste van hierdie tipe prosesse, indien nie almal nie, word van die oortreders verwag om verantwoordelikheid vir hulle optrede te aanvaar, die "menslike impak" van hulle gedrag te besef en om verantwoordelikheid te aanvaar om sake reg te stel.74 Die oortreder moet die werklikheid in die gesig staar dat die slagoffer ’n mens is en as gevolg van die oortreder se optrede skade gely het.

Die hoofdoel van hierdie proses moet wees om sowel die slagoffer as die oortreder weer by die gemeenskap in te skakel. Die oortreder moet "gekoppel" word aan ’n rolmodel of mentor wat hom of haar sal help om op die regte spoor te bly.

Venter75 is ook van mening dat hierdie proses die strafregproses vermenslik en tradisionele waardes weerspieël wat erken dat misdaad ’n onreg is wat teen mense, en nie net teen die staat nie, gepleeg is.

Wanneer die dialoogproses op ’n geval van seksuele misdryf toegepas word, word die kind as slagoffer of dader deel van die proses en kan sy of haar eie selfstandigheid en bemiddeling uitoefen. Hierdie proses sal slagoffers die geleentheid bied om, na gelang van hulle ouderdom, oor die misdryf te praat en hoe hulle daardeur geraak is. Dit is ook deur middel van hierdie proses dat slagoffers sal besef dat hulle nie vir die seksuele misdryf te blameer is of daarvan beskuldig kan word nie, wat ’n tipiese reaksie in gevalle van seksuele mishandeling is.76 Verder kry die oortreder die geleentheid om verantwoordelikheid vir sy of haar eie optrede te aanvaar en te erken dat die slagoffer ’n mens met ’n identiteit en waardigheid is wat agtenswaardig is. Die slagoffer gee die oortreder ook die geleentheid om hulp te ontvang as mens, wat van die veronderstelling uitgaan dat laasgenoemde se gedrag die gevolg mag wees van faktore soos siekte, armoede, mishandeling, ens.

Na gelang van die formaat in ’n spesifieke jurisdiksie, is dit belangrik dat die proses die gemeenskap ook ’n geleentheid gee om deel van die proses te wees en om daardeur te help om die oortreder weer by die gemeenskap te integreer. Die gebruik van herstellende raamwerke in die geval van seksuele misdrywe kan ’n groot bydrae daartoe lewer om die risiko's te verminder wat seksuele oortreders inhou en om positiewe waardes by die gemeenskappe in te prent.

In weerwil van bogenoemde is van die uitdagings waarvoor statutêre hervorming en pogings van ander belanghebbende groepe te staan kom om seksoortreders in gemeenskappe te bestuur, lae openbare bewustheid en ’n beperkte begrip van die verskillende kwessies wat met seksuele misdrywe gepaard gaan.77 In die meeste gevalle onderskat die gemeenskap die verwoestende gevolge van seksuele misdrywe vir slagoffers en hul gesinne. Daar bestaan boonop ’n neiging om die oortreder te stigmatiseer, wat teenproduktief kan wees vir herstellende doelwitte. Die skande wat veral kinders stigmatiseer wat seksoortreders is, kan ’n vernietigende uitwerking op hul toekomstige ontwikkeling hê en bydra tot ’n bose kringloop waarvolgens die oortreder voortgaan om ná sy of haar vrylating ander te mishandel.

Die doeltreffendheid van herstellendegeregtigheidsraamwerke en ander vorme van geregtigheid, soos vergeldende wetgewing, hang in groot mate af van die verstewiging van die verhoudings tussen die regering, die gemeenskap, die media en nieregeringsorganisasie.78 Hierdie belanghebbendes behoort byvoorbeeld saam te werk om mites en persepsies oor seksuele oortredings aan die kaak te stel en daardeur probeer om ’n veiliger en doeltreffender manier te skep om kinders te beskerm en die risiko van herhaalde oortredings te verminder.79 Die behoefte aan samewerking deur hierdie instansies beklemtoon die waarde van intensiewe staatsopvoeding- en bewustheidsveldtogte geborg deur die regering, ontwerp om akkurate inligting oor te dra en populêre persepsies oor seksoortreders,80 die slagoffers van seksuele misdrywe81 en terugvalling uit die weg te ruim.82

3.2 Gesinsgroepkonferensies

Die idee van gesinsgroepkonferensies het in 1989 sy oorsprong in Nieu-Seeland gehad as gevolg van die groot aantal Maori-kinders wat deur die howe uit hul gesinne verwyder is. In Noord-Amerika word so ’n konferensie "family group decision-making" genoem. In 1991 het ’n Australiese polisiebeampte, Terry O'Connell, die konferensie ontwikkel as ’n gemeenskapspolisiëringstrategie om jong oortreders van die hofproses af te wend. Hierdie proses het dwarsoor die wêreld versprei en is onder baie name bekend.83 In Suid-Afrika is die begrip in Afrikaïese praktyke vir geskilbeslegting vasgelê en het waarskynlik lank reeds bestaan voor hierdie frase deur ontwikkeling in Nieu-Seeland geskep is.

In ’n herstellende konferensie is die fasiliteerder nie ’n aktiewe deelnemer nie. Hy of sy vra die slagoffers, oortreders en hul gesinne en vriende om te beskryf hoe die betrokke insident hulle geraak het. Die slagoffer word gevra watter uitslag hy of sy van die konferensie wil hê. Dit word dan met die oortreder en die ander deelnemers bespreek en ’n ooreenkoms word oor die pad vorentoe gesluit.84

In ’n gesinsgroepkonferensie is die gesin die hoofbesluitnemer. ’n Onafhanklike koördineerder fasiliteer die konferensie en die gesin word alleen gelaat om ’n besluit oor die toekoms te neem.85 Dit is ’n heilsame strategie indien die slagoffer en die dader lede van dieselfde gesin is, en des te meer indien dit ’n seksuele misdryf is. Dit is algemeen bekend dat seksuele misdrywe gewoonlik tot die verdeling van gesinne lei en gesinsverhoudings ontwrig. ’n Gesinsgroepkonferensie het die potensiaal om, indien dit versigtig gehanteer word en in belang van al die partye is, te voorkom dat dit gebeur.

Die Restorative Justice Centre bied byvoorbeeld gesinsgroepkonferensies vir kinderoortreders aan.86 Eerstens word ’n verwysing van die hof ontvang, waarna ’n fasiliteerder die oortreder ontmoet om vas te stel of hy of sy verantwoordelikheid vir die misdryf aanvaar. Die oortreder en sy of haar ouers moet tot die proses instem. Die fasiliteerder stel vas wat die oortreder en sy of haar gesin se persepsies van die misdryf is en hierdie sienings word by ’n daaropvolgende ontmoeting aan die slagoffer oorgedra.87 So ’n konferensie word normaalweg in die betrokke gemeenskap (of gemeenskappe waar die oortreder en slagoffer uit verskillende gemeenskappe kom) om maksimum toeganklikheid van alle deelnemers te verseker.88

Nadat alle partye hul ervarings en persepsies van die misdryf bekend gemaak het, word ’n strategie beplan om die misdryf reg te stel. Die slagoffer beskryf sy of haar verwagtinge in hooftrekke, gevolg deur die oortreder se reaksie op die voorstelle wat by die konferensie gemaak is. Dit is die fasiliteerder se taak om te verseker dat alle partye saamstem voor die ooreenkoms opgestel word.89

Die finale ooreenkoms moet deur die betrokke hof oorweeg word. Indien dit deel van ’n voorverhoorprosedure uitmaak, is dit die fasiliteerder se taak om, nadat die klag teen die oortreder teruggetrek is, te verseker dat die oortreder die bepalings van die ooreenkoms nakom. Versuim om die bepalings van die ooreenkoms na te kom, kan tot gevolg hê dat die saak heropen word.90 Indien dit deel van ’n vonnis by skuldigbevinding uitmaak, kan enige versuim deur die oortreder moontlik tot gevolg hê dat ’n tradisionele vonnis opgelê word.

Bostaande bespreking bied ’n oorsig van die moontlikhede wat herstellende praktyke in die geval van seksuele misdrywe inhou. Ter bereiking van enige van hierdie doelwitte moet ’n mens egter kennis neem van die uitwerking van wetgewing, asook van die regterlike uitleg van herstellende geregtigheid en die toepassing daarvan. Hierna val die klem op ’n spesifieke voorbeeld waarin die hof herstellende geregtigheid op ’n volwasse seksoortreder toegepas het en daarna word die moontlikhede oorweeg wat herstellende geregtigheid binne die raamwerk van die Child Justice Act inhou vir kinders wat seksuele misdrywe pleeg.

 

4. Onderweg na herstellende geregtigheid in vonnisoplegging van seksoortreders

4.1 Regsprekende reaksie op vonnisoplegging van volwasse seksoortreders deur toepassing van herstellende praktyk

Alhoewel dit algemeen bekend is dat herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafreg aangeprys is, is die toepassing daarvan op volwasse seksoortreders hoofsaaklik akademies.91 Hoewel herstellendegeregtigheidspraktyke die potensiaal het om die tradisioneel Suid-Afrikaanse adversatiewe strafstelsel te verander sodat dit meer elemente van ubuntu, asook die ander waardes onderliggend aan ’n demokratiese samelewing bevat, het regsprekende en wetgewende kringe, ten minste sover dit betrekking het op volwasse seksoortreders, dit louwarm ontvang. Hierdie reaksies bemoeilik die toepassing van herstellende praktyke deur Suid-Afrikaanse howe. Die teenkanting is veral duidelik waar die klag van ’n seksuele aard en die beskuldigde ’n volwassene en ’n kind die slagoffer is.

As herstellende geregtigheid ondersoek word vanuit die perspektief waar ’n volwasse beskuldigde ’n beweerde seksuele misdryf gepleeg het, is dit duidelik dat die howe worstel om ’n sogenaamde "sagte" opsie toe te pas op ’n persoon wat van ’n seksuele misdryf aangekla word.

Dit het veral duidelik geblyk uit die uitspraak van die hoogste hof van appèl in Director of Public Prosecutions v Thabethe.92 Die saak voor die hof a quo93het heelwat teenstrydige praktyke ten opsigte van vonnisoplegging na vore gebring, juis omdat die hof a quo ’n vonnis opgelê het wat in die woorde van regter Bertelsmann, "will have some people’s hair stand on end"94 vir die misdaad van verkragting van ’n kind onder die ouderdom van 16 jaar. Die hoogste hof van appèl het uiteindelik die vonnis wat deur die verhoorhofopgelê is, tersyde gestel, maar dié hof het interessante aspekte ten aansien van vonnisoplegging asook die toepassing van herstellende geregtigheid te vore gebring, wat ’n kort oorsig daarvan regverdig.

Die beskuldigde was die lewensmaat van die klaagster se moeder. Ten tye van die aanklag is een kind uit die verbintenis gebore en tydens vonnisoplegging nog ’n kind. Die geboorte van die tweede kind is veral ter sake by die oorweging van die getuienis wat die klaagster se moeder by vonnisoplegging gelewer het.

Die misdryf is gepleeg 18 dae voor die klaagster se 16de verjaarsdag.95 Sy is as die beskuldigde se "stiefkind" beskou, al was daar nie ’n wettige huwelik tussen die beskuldigde en die klaagster se moeder nie. Die lede van die huishouding (die huis bestaan uit een kamer) het bestaan uit die beskuldigde, sy lewensmaat, die klaagster, die klaagster se suster (nie ’n bloedverwant van die beskuldigde nie) en die twee kinders wat uit die verhouding tussen die beskuldigde en die klaagster se moeder gebore is.

Die klaagster se moeder was ’n huiswerker wat stukwerk teen R40 per dag gedoen het, en dit was algemeen bekend dat die gesin staatgemaak het op die inkomste van die beskuldigde. Ten tye van die insident het die beskuldigde ’n bedrag van R1 200 per maand verdien en het reeds ’n aantal jare vir dieselfde werkgewer gewerk. Op die dag wat tot die klag, skuldigbevinding en vonnis aanleiding gegee het, het die klaagster die huis sonder toestemming verlaat en sonder om haar moeder te sê waarheen sy gaan. Toe sy laat die aand nog nie teruggekeer het nie, is ’n soektog op tou gesit en die beskuldigde het haar opgespoor in die geselskap van ’n jong man wat skynbaar haar kêrel was. Die beskuldigde het die klaagster huis toe vergesel waartydens die klaagster by hom gepleit het om nie vir haar moeder te sê waar sy was nie. Die beskuldigde het ingestem, maar dit oënskynlik as ’n geleentheid gesien om, in ruil vir sy stilswye, die klaagster te verkrag (die motief vir die verkragting, alhoewel nie relevant vir die probanda nie, is nie in die hof a quo ondersoek nie). Die klaagster het haar tante blykbaar die volgende dag van die insident vertel, en na ’n woordewisseling tussen die klaagster en die beskuldigde het laasgenoemde hom aan die polisie oorgegee. Hy het skuld96 erken en is dienooreenkomstig aangekla, verhoor en aan verkragting skuldig bevind. Die saak is daarna na die hooggeregshof vir vonnisoplegging kragtens artikel 52(a) van die Strafproseswet verwys.97

Tydens die verhoor oor vonnisoplegging voor regter Bertelsmann is vasgestel dat die klaagster sielkundige trauma ondervind het, maar geen fisieke beserings as gevolg van die insident gehad het nie. Die klaagster, wat ten tye van vonnisoplegging vier jaar ouer was, het gesmeek dat die beskuldigde nie opgesluit moet word nie, omdat die hele gesin, en sy ook, van sy inkomste afhanklik was. Die klaagster het verder verklaar dat sy vertroue in die beskuldigde verloor het en diep deur die insident seergemaak is, maar dat sy hom vergewe het en dat die verhouding tussen hulle ten tye van vonnisoplegging vriendeliker was.

Die klaagster se moeder het in haar getuienis ’n meer teenstrydige prentjie vir die hof geskilder. Dit het tydens haar getuienis oor vonnisoplegging duidelik geword dat sy wou hê die beskuldigde moet gevangenisstraf kry omdat sy aangeneem het dat dit is wat van haar verwag word. Die klaagster se moeder was nie seker wanneer die beskuldigde uit die gesinswoning getrek het en op watter tydstip hy teruggekeer het nie. Sy was egter baie beslis dat daar nie meer enige verhouding tussen haar en die beskuldigde bestaan het nie. Uit haar getuienis was dit egter interessant dat die beskuldigde die pa van haar pasgebore seun was.

Nadat regter Bertelsmann ’n slagoffer-oortreder-bemiddelingsprogram gelas het en daaropvolgende getuienis aangehoor het, het hy vasgestel dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat sy afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf geregverdig het. Hy het 15 redes genoem wat sy afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig, hoofsaaklik op grond daarvan dat dit gelyk het of die gesin op die beskuldigde se inkomste staatgemaak het.98 In die lig van die wesenlike en dwingende omstandighede

the court was of the view that this case was the one rape case – certainly the first this court has dealt with – in which restorative justice could be applied in full measure in order to ensure that the offender continued to acknowledge his responsibility and guilt; that he apologised to the victim and cooperated in establishing conditions through which she may find closure; that he recompensed the victim and society by further supporting the former and rendering community service to the latter; and that he continued to maintain his family.99

Die hof merk verder op dat ten einde volledig erkenning aan herstellende geregtigheid te verleen, veral in die lig van die ernstige uitdagings vir strafregspleging, dit nie net in minder ernstige misdrywe toegepas moet word nie, maar ook in die geval van ernstige misdrywe as die situasie dit regverdig.100 Die beskuldigde is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis wat op sekere voorwaardes ten volle vir vyf jaar opgeskort is.101

Die staat het teen die vonnis van die hof a quo kragtens artikel 316B102 van die Strafproseswet geappelleer.103 Die staat se argument was dat dit onvanpas was om uitvoering aan ’n herstellendegeregtigheidsbenadering te gee, (a) vanweë die erns van die misdaad, wat vererger is deur die slagoffer se ouderdom en die vertrouensverhouding tussen haar en die respondent (die vonnis wat opgelê is, sou boonop die misdryf as onbelangrik afmaak); (b) omdat die hof a quo sou gefouteer het deur te veel klem te plaas op die respondent se persoonlike omstandighede ten koste van die erns van die misdaad en die belange van die gemeenskap; en (c) omdat artikel 51(5)(a) van die Strafregwysigingswet104 opskorting van die vonnis verbied. Die respondent het in reaksie daarop geargumenteer dat die vonnis herstelling en versoening bewerkstellig het.

Die hoogste hof van appèl het ’n amicus curiae105toegelaat om die hof by te staan om die teoretiese en jurisprudensiegrondslag van herstellende geregtigheid as alternatiewe vorm van straf beter te begryp. Die amicus het van die veronderstelling uitgegaan dat "restorative justice heralds a new trend in the sentencing philosophy where the victim’s voice ought to be considered and accorded appropriate weight in sentencing". Die amicus waarsku egter dat die slagoffer se stem nie van groter belang as die gesag van die hof moet wees om gepaste vonnisse op te lê nie. Hierdie standpunt is egter strydig met die beginsels van herstellende geregtigheid wat ’n slagoffergesentreerde benadering tot misdaad aanvaar ingevolge waarvan die slagoffer die geleentheid gegee word om sy of haar eie tussenkoms te bewerkstellig.

Die hoogste hof van appèl beklemtoon die erns van die misdaad van verkragting en let verder op die kommerwekkende tendens dat jong kinders verkrag word deur volwassenes wat noue verhoudings met die slagoffers het. Die feit dat die respondent in ’n vertrouensverhouding met die slagoffer was en die ernstige sielkundig-emosionele skade wat die insident tot gevolg gehad het, is volgens die hof verswarend van aard. Volgens die hof het die verhoorhof versuim om gepas kennis te neem van die verswarende omstandighede en verwys vervolgens na R v Karg106om die vergeldende element van vonnisoplegging wat erkenning gee aan die gemeenskap se woede oor sekere misdade te onderstreep. Ongelukkig herhaal die hoogste hof van appèl bloot die tendens in sake van hierdie aard wat ’n óf-óf-benadering volg in plaas daarvan om te erken dat herstellende geregtigheid tesame met tradisionele vonnisopleggingspraktyke vreedsame verhoudings kan herstel. Die hof bevestig dat die hof a quo gefouteer het deur die vonnis ten volle op te skort en bevestig dat die Strafregwysigingswet107 die hof belet om dit te doen.108 Voor die hof die vonnis van die verhoorhof tersyde gestel en dit vervang het deur ’n vonnis van tien jaar gevangenisstraf, kritiseer die hof die hof benede (a) omdat laasgenoemde die klaagster in kamers gesien het ten spyte daarvan dat sy aangedui het dat sy dit nie wil doen nie, en (b) weens die onuitvoerbaarheid van sommige van die hof a quo se vonnisvoorwaardes, wat ’n oormatige las op die respondent sou plaas selfs al sou hulle gehandhaaf word.

Teoreties gesproke moes die beskuldigde in Thabete lewenslange gevangenisstraf gekry het ingevolge minimumvonnisoplegging-wetgewing, omdat die slagoffer ten tye van die misdryf onder die ouderdom van 16 was. Hoewel vasgestel is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede was wat die hoogste hof van appèl aanvaar het, is die slagoffer se ouderdom in hierdie saak van groot betekenis is. Die hof a quo het ’n groot ophef gemaak van die feit dat die slagoffer 18 dae voor haar 16de verjaarsdag verkrag is, en selfs bevind dat hierdie feit een van die wesenlike en dwingende omstandighede was waarom van die voorgeskrewe minimum vonnis afgewyk is. Wat is die doel van die beskerming van kinders as kreatiewe wiskunde gebruik word om ’n plig te omseil wat wetgewing juis vir sodanige beskerming oplê? ’n Mens kan dit vergelyk met die redenasie dat ’n kinderoortreder ’n paar dae voor sy of haar 10de verjaarsdag vervolg moet word. Dit sou ongetwyfeld ’n menigte menseregte-argumente teen so ’n standpunt ontlok. Dit blyk egter dat ’n kind wat net voor haar 16de verjaarsdag verkrag word, nie dieselfde mate van verontwaardiging veroorsaak nie. In die Thabethe-saak in die besonder is die chronologiese ouderdom van die kind oorbeklemtoon en is daar nie soveel aandag geskenk aan haar vlak van volwassenheid nie, wat die besluit dat sy na genoeg aan 16 jaar was om die spesiale beskerming van minimum vonnisoplegging te verloor, nog meer onaanvaarbaar maak.

Prosedurele onreëlmatighede en ouderdomsverwante kwellings nieteenstaande was die hoogste hof van appèl se uitspraak duidelik dat herstellende geregtigheid nie op ernstige misdade soos verkragting toegepas moet word nie. Nietemin wil dit voorkom of die howe meer ontvanklik daarvoor is om die herstellendegeregtigheidsproses in die geval van minder ernstige misdade toe te pas. Hoe ook al, die hof a quo het in Thabethe ’n progressiewe stap gevolg om ’n herstellende vonnis vir ’n ernstige misdryf te implementeer, maar die uitspraak deur die hoogste hof van appèl toon duidelik dat herstellende geregtigheid as parallelle medium vir geskilbeslegting nog glad nie volkome in Suid-Afrikaanse howe aanvaar word nie. Die hoogste hof van appèl het sy beslissing gegrond op ’n misdryfgedrewe perspektief in teenstelling met ’n oortreder-slagoffer-gedrewe perspektief. Tradisionele vergeldende geregtigheid vereis dat die hof die misdaad opweeg teen die oortreder en die gemeenskap; die slagoffer word nie in isolasie oorweeg nie. In hierdie koorddans gebeur dit dikwels dat die aard van die misdaad alle ander oorwegings oorskadu. In hierdie saak in die besonder het die hoogste hof van appèl nie voldoende aandag aan die slagoffer se stem verleen nie. Bowendien het die hof nie die doeltreffendheid van herstellende geregtigheid in hierdie tipe saak oorweeg nie.

In die geval van herstellende geregtigheid is die hoofkwessie nie die beskuldigde of sy of haar straf vir die skending van die strafregvoorskrif nie. In stede daarvan verskuif die fokus na die slagoffer en die skade wat gely is. Herstellende geregtigheid probeer ’n platform skep waarop die slagoffer gehoor kan word en om die skade wat veroorsaak is, deur middel van dialoog en ander herstellende prosesse te herstel. Die slagoffer en die oortreder word byeengebring om die skade te herstel wat die een die ander veroorsaak het. Die hof bly egter steeds die regsprekende liggaam wat verantwoordelik is vir vonnisoplegging en op dié wyse word die maatskaplike orde herstel en die oppergesag van die reg beskerm. Waar die huidige strafproses die slagoffer dikwels relegeer tot die status van "staatsgetuie",109 poog die herstellende proses om die slagoffer, op sy allerminste, in die middel van die vonnisopleggingsproses te plaas. Daar kan egter spanning bestaan tussen die stem van die slagoffer en die rol van die hof wat uiteindelik vir vonnisoplegging verantwoordelik is. Dit was duidelik die geval in hierdie saak voor die hoogste hof van appèl.

Waar trek ’n mens die streep tussen die bevordering van slagofferdeelname en erkenning van die feit dat die slagoffer dalk nie aan die herstellende proses wil deelneem nie, of soos ons vermoed die geval in Thabethe was, nie emosioneel of intellektueel volwasse genoeg was om sulke besluite te neem en keuses te maak nie, of dalk nog meer onrusbarend, deur gesagsfigure soos ouers voorgesê word om sulke keuses te maak? ’n Waarskuwing is nodig, soos die een wat die amicus inderdaad in haar getuienis gerig het, dat ’n mens versigtig moet wees om nie soveel gewig aan die slagoffer se voorkeur ten opsigte van vonnisoplegging te verleen dat dit die hof se diskresie vervang nie.

Daar is nog ’n waarskuwing in hierdie verband nodig: ’n hof moet ag slaan op die slagoffer se vlak van volwassenheid en hom of haar professioneel laat evalueer voor daar op sy of haar inset oor die daaropvolgende vonnis gesteun word. Dit kan moontlik ’n fundamentele funksie word van ’n instansie betrokke by herstellende praktyke in ’n toekomstige vonnisopleggingsregime en kan moontlik by toekomstige vonnisopleggingsriglyne ingesluit word. ’n Mens moet ook in ag neem dat ’n vonnis van gevangenisstraf in werklikheid meer ellende vir die slagoffer as ’n tipiese "sagter" vonnis kan veroorsaak. Daar is ongelukkig situasies waarin die moontlikheid dat die oortreder gevangenisstraf moet uitdien, groot ellende oor sowel die slagoffer as die sekondêre slagoffers kan bring. Dit was klaarblyklik die geval in Thabethe, waar die slagoffer daarvan bewus was dat haar gesin afhanklik was van die beskuldigde se finansiële bydrae, en die slagoffer se moeder eweneens al die gevolge van die oortreder se dade besef het.

’n Mens kan egter nie oormatig klem plaas op ’n slagoffer se ekonomiese afhanklikheid van die oortreder by vonnisversagting vir ’n ernstige misdaad, soos in Thabete nie.110 Indien die howe toegelaat word om van minimum vonnisse af te wyk op grond van die finansiële posisie van die oortreder, veral waar die betrokke oortreder die slagoffer onderhou, kan dit ’n magswanbalans tot gevolg hê in ’n regstelsel wat kwansuis gelyk is. Wat Thabethe betref, kan ’n mens maar net veronderstel wat die hof a quo sou beslis het as die slagoffer en haar gesin nie van die finansiële steun van die beskuldigde afhanklik was nie. Sou die slagoffer se wense in dieselfde mate die kern van die probleem gewees het as sy haarself kon onderhou?

Nog ’n kwessie in Thabethe is of die slagoffer inderdaad in voldoende besonderhede aangehoor is om te regverdig dat op haar wense staatgemaak word. Tydens vonnisoplegging het sy aanvanklik aangedui dat sy ná die insident die gesinswoning verlaat het om by haar grootmoeder te gaan bly, omrede "I was scared we would look at each other, glaring at each other, we would not be looking at each other in a friendly way.”111 By nadere ondersoek het dit egter aan die lig gekom dat die beskuldigde kort voor vonnisoplegging uitgetrek het op advies van die maatskaplike werker.112 Die vraag waar die beskuldigde gewoon het hangende vonnisoplegging, is nie in voldoende besonderhede ondersoek om ’n duidelike beeld te verskaf van die tydstip waarop die beskuldigde die gesinswoning verlaat het nie, maar dit blyk, en dit is as ’n feit in sy getuienis gestel, dat hy nooit die gesinswoning na die insident verlaat het nie.113 Dit is buitengewoon in die lig van die standpunt van die slagoffer se moeder by aanvanklike ondervraging tydens vonnisoplegging, naamlik dat sy wou hê dat die beskuldigde gevangenisstraf moet kry. Sy het die beskuldigde toegelaat om steeds saam met die slagoffer te woon – om nie eers van haar ander kinders te praat nie – nadat die insident plaasgevind het (indien sy getuienis geloofwaardig is). Ten spyte daarvan dat die slagoffer gesê het dat sy uit die gesinswoning getrek het (alhoewel dit nie duidelik is of sy dit wel gedoen het nie) omdat sy bang was,114 verklaar sy ’n paar oomblikke later: "I say he must not go back to jail, because his child needs his support, his maintenance",115 en kort daarna, op die vraag of sy bang is vir die beskuldigde: "Yes sometimes."116 Dit is duidelik dat dit vir die slagoffer baie moeilik was om uiting aan haar presiese emosies en opinies te gee – sy was oënskynlik meer oor die ekonomiese welsyn van haar gesin as oor haar eie lyding begaan. Dit is waarskynlik om hierdie rede dat regter Bertelsmann besluit het om haar in kamers te sien, welke optrede deur die hoogste hof van appèl gekritiseer is.117 Dit kom voor of regter Bertelsmann, ten spyte van die strafprosesreëls, werklik belang gestel in die beste afloop van die vonnis, wat ongelukkig in die meeste sake nie die geval is nie.

Uit Thabethe, en metverwysing na S v Dlamini,118is dit duidelik dat strafverhore in Suid-Afrika "scrupulously time consuming" is weens die aandag wat voor uitspraak daaraan geskenk word,119 maar dat vonnisoplegging "almost perfunctory" is. Appèlregter Ponnan merk verder die volgende oor hierdie kwessie op:

An enlightened and just penal policy requires consideration of a broad range of sentencing options, from which an appropriate option can be selected that best fits the circumstances of the case before the court. To that should be added, it also needs to be victim-centred. Internationally the concerns of victims have been recognised and sought to be addressed through a number of declarations, the most important of which is the UN Declaration of the Basic Principles of Justice for Victims of Crime and Abuse of Power. The declaration is based on the philosophy that adequate recognition should be given to victims and that they should be treated with respect in the criminal justice system.

Wat ons reg betref, bevestig die hof:

South African victim empowerment is based on restorative justice that seeks to emphasise that a crime is more than the breaking of the law or offending against the State – it is an injury or wrong done to another person.120

Die hoogste hof van appèl het bogenoemde aspekte egter nie voldoende behandel nie. Die slagoffer moet ook ’n belangrike rol by vonnisoplegging vir seksuele misdrywe speel, maar ons ondersteun die gedagte dat die hof nie uitsluitlik deur die standpunt van die slagoffer gelei kan word ten koste van die ondersoek na die oortreder, die misdryf en die gemeenskap nie. Ons stel voor dat liggame met professioneel opgeleide personeel die hof moet bystaan om die faktore te evalueer wat met betrekking tot die slagoffer, die oortreder en die gemeenskap genoem is by oorweging van ’n vonnis in die geval van seksuele misdrywe, veral dié in gesinsverband. Die betrokkenheid van sodanige liggame sal verseker dat enige herstellendegeregtigheidsbenadering noukeurig oorweeg word en in die praktyk regverdig is.

Hoewel herstellende geregtigheid die slagoffer ’n platform vir regverdiging en erkenning bied, kan ’n mens nie die feit ignoreer dat slagoffers as ’n groep persone sonder opset, hetsy positief of negatief, gekategoriseer kan word nie. As die slagoffer van ’n misdaad die sentrale "stem" by vonnisoplegging moet wees, kom die hof te staan voor ’n verpligting om die opset van die slagoffer te ondersoek en om die slagoffer, veral in die geval van ’n kind, nie alleen teen die formalistiese hofproses te beskerm nie, maar ook teen hom- of haarself. Die hof het ’n plig teenoor die gemeenskap om regverdige en billike vonnisse op te lê, maar moet in hierdie proses ook die beskuldigde se reg op ’n billike verhoor en die welsyn van die slagoffer verseker.

In Thabete was dit duidelik dat die hof a quo probeer het om die belange van die slagoffer deur middel van verskillende meganismes te beskerm, onder andere deur ’n slagoffer-oortreder-konferensie voor te skryf.121 Hoewel die bedoeling positief was, het hierdie optrede egter die vrywillige aard van die herstellendegeregtigheidsprosedure weerspreek. Die beskuldigde sou kwalik so ’n konferensie van die hand wys, maar ’n mens kan aanvoer dat vrywillige deelname deur die slagoffer en haar moeder twyfelagtig is.122 Dit is duidelik dat die hof a quo die slagoffer wou beskerm. Herstellende prosesse is egter gegrond op vrywillige deelname, en die hof a quo se verontagsaming van die aard van ’n slagoffer-oortreder-konferensie was waarskynlik vir die slagoffer ’n aanduiding dat die hof verwag het dat sy daaraan moes voldoen.

Vonnisoplegging is in wese daarmee gemoeid om regsorde weer te balanseer nadat ’n misdaad teen ’n onskuldige slagoffer gepleeg is. Sekere regsteoretici en voorstanders van herstellende geregtigheid wys daarop dat die konfliksituasies wat ’n misdaad veroorsaak, nie dié van die staat is nie, maar eerder van die individue wat deur die misdaad geraak is. Hierdie individue behoort betrokke te wees by die vonnisopleggingsproses, en hulle behoeftes, en nie die staat s’n nie, moet die hoofsaak by vonnisoplegging wees.123 ’n Mens moet egter daarop let, soos gestel in S v M (Centre for Child Law as Amicus Curia),124 dat die "gemeenskap", en dus die individuele lede daarvan, nie "simply as a vengeful mass uninterested in the moral and social recuperation of one of its members” beskou moet word nie.125 As ’n mens dit in gedagte hou, bevind die hof hom in ’n moeilike situasie, vasgevang tussen sy opdrag om enersyds die samelewing teen skadelike oortreders te beskerm en andersyds te verseker dat sy grondwetlike plig versoenbaar is met die standpunte en waardes van die samelewing waarin hy funksioneer.126

Die herstel van die skade aan die slagoffer deur die oortreder, soos voorgestel deur die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, behoort op sigself ’n substantiewe vonnis te wees. Regter Bertelsmann se uitspraak oor vonnisoplegging in die hof a quo in Thabete beoog juis om hierdie doel te bereik.

Herstel van skade aan die slagoffer het egter nie altyd gemeenskapsbetrokkenheid by vonnisoplegging tot gevolg nie. Die gemeenskappe van sowel die slagoffer as die oortreder verdien om betrokke te wees by die herintegrasie van die oortreder by die samelewing. Met hierdie doel voor oë word aan die hand gedoen dat korrektiewe toesig besonder doeltreffend kan wees om die doel van gemeenskapsbetrokkenheid in die regsproses te bereik.

Dissel127 stel dit soos volg:

Corrective supervision aims to provide a means of rehabilitation within the community, thus preserving the important links which the offender may have with his or her family or community structures. While incarceration results in a loss of employment and the offender’s inability to support his or her dependants (resulting in additional costs for the State), correctional supervision allows, or encourages the offender to be employed. Since offenders still participate in the world, they are able to make decisions and take responsibility for their life.

Die toepassing van korrektiewe toesig tesame met die slagoffer-oortreder-proses dui op die parallelle gebruik van herstellende en vergeldende geregtigheid, asook die potensiaal wat dit inhou om die strafregstelsel in Suid-Afrika te herskep.

’n Ander belangrike aspek van die gemeenskap se betrokkenheid by vonnisoplegging en die herintegrasie van die oortreder hou verband met die begrip van oorgangsgeregtigheid wat gewoonlik ingespan word om geregtigheid te bewerkstellig in ’n gemeenskap wat gebuk gegaan het onder die skending van menseregte en humanitêre misbruike.128 In sulke gemeenskappe het die negatiewe ervarings en persepsies van die burgery as gevolg van ’n onderdrukkende bewind waarskynlik tot ’n gebrek aan respek vir die oppergesag van die reg gelei, asook tot ’n toename in misdaad, en hierdie wanbalans moet herstel word.129 Deur die gemeenskap by vonnisoplegging te betrek, ontwikkel gewone burgers weer respek vir die oppergesag van die reg om leiding te gee en beskerming te bied, en op hierdie wyse word die "menslikheid" van die reg en sy instrumente bewerkstellig.

Bogenoemde is ’n geïsoleerde, maar gesaghebbende saak oor die toepassing van herstellende geregtigheid op seksoortreders waar ’n kind die slagoffer is. Die hoogste hof van appèl het gefouteer deur herstellende geregtigheid te beskou as ’n proses wat afsonderlik van bestraffende geregtigheid is, en hierdie benadering het uiteindelik daartoe gelei dat die beskuldigde gevangenisstraf moes uitdien. As die hof erken het dat herstellende geregtigheid voortgaan waar vergelding eindig, en dat die twee begrippe saam kan funksioneer, sou dit die norm bepaal het vir die toepassing van herstellende geregtigheid in sake van ’n seksuele aard.

Die gebruik van herstellende geregtigheid is duideliker en beter geformaliseer in die geval van kinderoortreders. Vervolgens word dié bewering teen die agtergrond van die Child Justice Act en onlangse geregtelike interpretasie bespreek.

4.2 Wetgewende reaksie op kinders wat seksuele misdrywe pleeg

Die Child Justice Act vorm die kern vir die behandeling en vonnisoplegging van kinders wat seksuele misdrywe pleeg. Die wet bevorder die gebruik van die herstellende proses en beperk die hof se diskresie ten opsigte van vonnisoplegging wat gevangenisstraf betref.

Waar ’n kind beskuldig word van ’n seksuele misdryf, skryf die skedule van die misdaad die vereistes vir afwending voor wat die kern herstellende praktyk van die wet uitmaak, naas slagoffer-oortreder-bemiddeling en gesinsgroepkonferensies as opsies vir vonnisoplegging.

In wese word verskillende vorme van seksuele misdrywe by bylae 1, 2 en 3 van die Child Justice Act ingesluit. Verkragting en gedwonge verkragting ingevolge die Wet op Seksuele Misdrywe verskyn slegs in bylaag 3 van die Child Justice Act. Teoreties gesproke kwalifiseer enige van die misdrywe waarna in die Wet op Seksuele Misdrywe verwys word, vir afwending, met dien verstande dat voldoen word aan die vereistes van hoofstuk 8 van dié wet. Alhoewel daar ernstige en gebiedende oorwegings is met betrekking tot seksuele misdrywe wat kragtens bylae 1 en 2 van die Child Justice Act gepleeg word, word in hierdie artikel hoofsaaklik aandag geskenk aan verkragting, soos gedefinieer in bylae 3 van hierdie wet.

Voor ’n kinderoortreder wat beskuldig word van ’n bylae 3-misdryf (in hierdie geval verkragting) vir afwending oorweeg kan word, is die volgende noodsaaklike vereistes kragtens artikel 52(1)(a)–(e) van die Wet op Seksuele Misdrywe ter sprake:

  1. die kind erken verantwoordelikheid vir die misdryf;
  2. die kind is nie onbehoorlik beïnvloed om verantwoordelikheid te erken nie;
  3. daar is ’n prima facie-saak teen die kind;
  4. die kind, en indien beskikbaar, sy of haar ouer, ’n geskikte volwassene of ’n voog, stem toe tot afwending; en
  5. die aanklaer dui aan dat die aangeleentheid afgewend kan word in ooreenstemming met subartikel (2) of die Direkteur van Openbare Vervolging dui aan dat die aangeleentheid in ooreenstemming met subartikel (3) afgewend kan word.

Artikel 52(3)(a) en (b) vereis verder ook die volgende in verband met ’n bylae 3-misdryf:

(3) (a) Die Direkteur van Openbare Vervolging wat jurisdiksie het, kan in die geval van ’n misdryf waarna in Bylae 3 verwys word, skriftelik aantoon dat die aangeleentheid afgewend kan word indien uitsonderlike omstandighede bestaan, soos bepaal deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings in opdragte uitgereik kragtens artikel 97(4)(a)(iii).

(b) Die Direkteur van Openbare Vervolging mag slegs aandui dat ’n aangeleentheid afgewend mag word ingevolge paragraaf (a) nadat hy of sy-

(i) die slagoffer of enige persoon wat ’n direkte belang by die sake van die slagoffer het, waar dit redelik is om dit te doen, die geleentheid gebied het om ’n standpunt uit te spreek oor die vraag of die aangeleentheid afgewend moet word al dan nie, en indien wel, oor die aard en inhoud van die afwendingsopsie wat oorweeg word en die moontlikheid om die afwendingsopsie in te sluit, ’n voorwaarde ten opsigte van vergoeding of die lewering van ’n spesifieke voordeel of diens en die standpunte wat uitgespreek is, oorweeg het.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging gee inhoud aan die vereiste van uitsonderlike omstandighede in amptelike instruksies uitgereik kragtens artikel 97(4)(a)(ii). Volgens die instruksie kan uitsonderlike omstandighede die volgende insluit:

  1. besondere jeugdigheid
  2. besonder lae ontwikkelingsvlak van ’n kind
  3. aanwesigheid van besondere ontbering, kwesbaarheid of nadeel (bv. waar die kind hoof van ’n huishouding is)
  4. slagoffer verkies afwending bo verhoor aangesien hy/sy nie in die hof wil getuig nie
  5. onomstootlike versagtende omstandighede, soos verminderde toerekenbaarheid
  6. onbehoorlike beïnvloeding uitgeoefen op die kind in die pleeg van die misdryf (bv. die kind word deur volwassene gebruik om misdaad te pleeg)
  7. getuies vir die vervolging is broos en/of onwillig om te getuig; of om voort te gaan kan moontlik skadelik vir ’n kindgetuie/-slagoffer wees.

As afwending gelas word, kan ’n gesinsgroepkonferensie of slagoffer-oortreder-bemiddeling as deel van die afwendingsopsie gelas word. Indien afwending nie oorweeg word nie en die kind daarna skuldig op verhoor bevind word, kan slagoffer-oortreder-bemiddeling en ’n gesinsgroepkonferensie deel vorm van die vonnis wat die kind wat aan verkragting skuldig bevind word, opgelê word.

As ’n mens die vroeëre bespreking in ag neem van die omstandighede van kinders wat misdrywe van ’n seksuele aard pleeg, is dit duidelik dat die Child Justice Act situasies voorsien het waarin die slagoffer nie sal wil hê dat die beskuldigde gevangenisstraf opgelê word nie. Die insluiting van die slagoffer by die oorweging van afwending lui ’n belangrike verandering in van die wyse waarop geregtigheid in Suid-Afrika geskied en los baie van die kwessies op wat die hof in Thabethe beredeneer het.

Bogenoemde vorm die kernwetgewing oor herstellendegeregtigheidspraktyke toepaslik op kinderoortreders. Die herstellende aard van die Child Justice Act en die prosesse wat dit behels, moet as deel van die wet se oogmerke beskou word, veral in soverre hulle daarmee verband hou om ’n kind se respek vir menseregte en die fundamentele vryheid van ander mense te versterk.

Herstellende geregtigheid is sentraal tot die kindergeregtigheidsproses. Teenoor die posisie van volwasse oortreders, is dit geformaliseer in wetgewing. Formalisering vergemaklik die implementering daarvan en waarborg ’n mate van geldigheid en betroubaarheid in die proses. Herstellende geregtigheid ingevolge die Child Justice Act het al verreikende gevolge gehad. Een voorbeeld is die impak daarvan op die Nasionale Register vir Seksoortreders.

Ingevolge die register130 sal enige persoon wat ’n seksuele misdryf pleeg of gepleeg het teen ’n kind of persoon wat verstandelik gestremd is, se naam en ander besonderhede waarskynlik by die register en/of die nasionale kindbeskermingsregister ingesluit word. Die hoofdoel van die register vir seksoortreders is om kinders en persone wat verstandelik gestremd is, teen seksoortreders te beskerm deur ’n rekord van seksoortreders in te stel en by te hou en om spesifieke entiteite oor die oortreders se wangedrag in te lig.131 Gevolglik kan die besonderhede van jong oortreders ook by hierdie register ingesluit word en dit kan rampspoedige gevolge vir kinderoortreders hê.132

In J v National Director of Public Prosecutions133is die konstitusionele hof versoek om die beslissing van die Wes-Kaapse hooggeregshof te bevestig waarin artikel 50(2) van die Wet op Seksuele Misdrywe ongrondwetlik verklaar is in soverre dit ’n hof verhoed om vas te stel of omstandighede dit regverdig dat die oortreder se naam, wat in hierdie saak ten tye van die pleeg van die misdryf ’n kind was, op die register geplaas word.

In die konstitusionele hof merk regter Skweyiya op dat die Child Justice Act ’n nuwe prosedurele raamwerk ontwikkel het om kinderoortreders te hanteer. Hy verklaar dat die vertrekpunt oor aangeleenthede rakende die kind artikel 28(2) van die Grondwet134 is wat die beginsel van die beste belang van die kind bevestig. Volgens die regter is dié beginsel verstandig en het dit ’n reg geskep wat onafhanklik is van en verder gestrek het as die erkenning van ander kinderregte in die Grondwet.135 Hy verklaar voorts dat huidige benaderings tot kinderregte en die beste-belang-beginsel erken dat ’n kind ’n ontwikkelende wese, vatbaar vir verandering is. "This approach also recognises that a child needs appropriate nurturing to enable him or her to determine him or herself to the fullest extent, and thus consolidate his or her moral compass."136

In navolging van die Child Justice Act is regter Skweyiya van mening dat ’n aantal beginsels uit hierdie nuwe benadering na die beste belang van die kinderoortreder gevloei het. Die regter meen eerstens dat die reg moet onderskei tussen volwasse en kinderoortreders en merk op dat artikel 50(2) nie in die toepassing daarvan vir hierdie onderskeid voorsiening maak nie.137 Hy merk ook op dat die reg vir ’n geïndividualiseerde benadering ruimte moet laat; gevolglik moet die toepassing van die beginsel van die beste belang van die kind buigsaam wees en volgens die omstandighede van elke kind bepaal word; dit sal die hof in staat stel om die faktore vas te stel wat die beste belang van ’n bepaalde kind beskerm.138 Laastens neem die regter kennis dat die toepassing van die beginsel van die beste belang van die kind vereis dat die kind, of sy of haar verteenwoordiger, die geleentheid gebied moet word om vertoë te rig en om in elke stadium van die regsproses gehoor te word, met inagneming van die ouderdom en volwassenheid van die kind.139

Die hof beslis dat artikel 50(2) ’n hof belet om te evalueer of die kinderoortreder waarlik ’n bedreiging vir ander inhou en of omstandighede dit regverdig dat die kind op die register geplaas word. Die hof neem kennis van die belang daarvan om kinders teen seksuele mishandeling te beskerm, maar beslis in weerwil daarvan dat dit nie geregverdig is om ’n kinderoortreder se reg te beperk nie, omdat die hof geen diskresie het oor die vraag of die bevel gemaak moet word al dan nie.140

Die slotsom is dat die regter die herstellende beginsels aanvaar wat die selfstandigheid en identiteit van die kind as individu versterk. Die uitspraak erken ook dat kinders nog steeds ontwikkel en moontlik foute kan maak. Dit bied die kinderoortreder dus die geleentheid om ’n konstruktiewe rol in die samelewing te speel. Die benadering wat die hof aanvaar, kom neer op ’n afwyking van ’n suiwer strafmodel van regspleging en brei die beginsels van herstellende geregtigheid uit en verskans hulle.

Die bespreking hier bo illustreer dat nieteenstaande die bestraffende elemente van Suid-Afrika se tradisionele strafregstelsel en hofbeslissings, daar tog ’n beweging is na herstellendegeregtigheidsbenaderings wat toon hoe die kombinasie van hierdie modelle van regspleging tot die vermensliking van die strafregproses kan bydra. Daarbenewens illustreer die hofbeslissings hoe die filosofie van herstellende geregtigheid nou verband hou met tradisionele stelsels van regspleging, soos ubuntu,en hoe laasgenoemde misdaadkwessies hanteer. Dit is ’n duidelike afwyking van die gewone benadering van strafreg, omdat dit erken dat kinderoortreders dikwels slagoffers van ander bydraende faktore is, soos kortliks hier bo uiteengesit is.

Soos uitgewys, moet die toepassing van herstellende geregtigheid op sowel volwasse seksoortreders as kinders wat seksuele misdrywe pleeg, egter nie beskou word as ’n óf-óf-benadering wat opgeweeg word teen vergeldende geregtigheid nie, maar eerder as die kombinasie van benaderings wat daarna streef om ’n oorgang te bewerkstellig in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel en om te reageer op die hoë voorkoms van en toename in seksuele misdrywe.

5. Samevatting

Uit die bespreking is dit duidelik dat die doeltreffende voorkoming van seksuele misdrywe vereis dat multidissiplinêre benaderings ingespan word om breër gemeenskapsprobleme op te los. Hierdie misdrywe hou veelvlakkige risiko's in en die aard en omvang daarvan is ingewikkeld. Die doeltreffende beperking van hierdie misdrywe verg ’n holistiese benadering, omdat bestraffende reaksies nie op sigself die probleme uit die weg kan ruim wat deur seksuele misdrywe veroorsaak word nie. Net so is die vonnisoplegging van seksoortreders nie net ’n vergeldende optrede nie.

Daarbenewens moet praktyke vir vonnisoplegging verander word om die behoeftes in ag te neem van ’n samelewing in oorgang waarin verskillende praktyke beoefen word en meerdere kulture ter sprake is. ’n Suid-Afrikaanse hof het eweneens sy besorgdheid uitgespreek oor die omvang van geweld teen vroue en kinders in hierdie land. In DPP, WC v Prins141 reageer regter Wallis soos volg daarop:

[N]o judicial officer sitting in South Africa today is unaware of the extent of violence in this country and the way in which it deprives so many women and children of their right to dignity and bodily integrity, and in the case of children their right to be children; to grow up in innocence and, as they grow older, to awaken to the maturity and joy of full humanity. The rights to dignity and bodily integrity are fundamental to humanity and should be respected for that reason alone. It is a sad reflection on our world, and societies such as our own, that women and children have been abused and that such abuse continues, so that their rights require legal protection by way of international conventions and domestic laws, as South Africa has done in various provisions of our Constitution142 and in the Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007 (the Act). It was rightly stressed in argument, in the light of evidence tendered and admitted in this appeal, that the Act is a vitally important tool in the on-going fight against this scourge in our society.143

Hoewel ons die hof se standpunt ondersteun, moet ons in die stryd teen seksuele geweld sommige van die onvanpaste vonnisopleggingspraktyke en vergeldende benaderings wat tans in die strafproses toegepas word, in ag neem. Ons betoog dat herstellende geregtigheid veel op sigself kan bied, maar des te meer as ’n parallelle meganisme in oorleg met vergeldende regspleging om op te voed en te genees, in plaas daarvan om te stigmatiseer en te straf.

 

Bibliografie

Action for prisoners' families. Serious and sex offender briefings: The sex offender register. August 2008. http://www.prisonersfamilies.org.uk/events/forgotten-families-sex-offenders-relatives/2014-03-26/ (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Bailly, A. 2010. Putting teeth in the fight against rape. http://www.globalpost.com/dispatch/study-abroad/100326/south-africa-rape-axe (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Bazemore, S. en M.S. Umbreit. 1994. Balanced and restorative justice for Juveniles: A Framework for Juvenile Justice in the 21st Century Justice and Delinquency Prevention US Department of Justice, Washington DC. https://www.ncjrs.gov/pdffiles/framwork.pdf (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Becker, P. 1994. Offenders: Characteristics and treatment: Sexual abuse of children. Future Child, 4(2):176–97.

Bezuidenhout, C. en S. Joubert (reds.). 2003. Child and youth misbehaviour in South Africa: A holistic approach. Pretoria: Van Schaik.

Broughton, T. 2014. Father kills daughter’s alleged rapist. http://www.iol.co.za/news/south-africa/kwazulu-natal/father-kills-daughters-alleged-rapist-1194545 (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Brownlie, J. 2003. "An unsolvable justice problem? Punishing peoples sexual violence”. Journal of Law and Society, 30(4):506–31.

Bua News. SA rape statistics "unacceptably" high. http://www.southafrica.info/news/crimestats2011c.htm#.VrBzwrJ97IU (22 Maart 2014 geraadpleeg).

Burns, B.J., J.C. Howell, J.K. Wiig, L.K. Auimeri, B.C. Welsh, R. Loeber en Petechuk, D. 2003. Treatment Services, and Intervention Programs for Child Delinquents. Child Delinquency Bulletin Series, Maart, ble. 1–11.

Coertse, N. 2007. Previous convictions for sex offenders. De Rebus, 3:17–22.

Crime Statistics. South African Police Service. 2010. http://www.saps.gov.za/resource_centre/publications/statistics/crimestats/2014/crime_stats.php (14 April 2014 geraadpleeg).

—. 2011. April 2010 – March 2011. http://www.saps.gov.za/resource_centre/publications/statistics/crimestats/2014/crime_stats.php (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Diedrich, R. (red.). 2011. Ubuntu, good faith and equity: Flexible legal principles in developing a contemporary jurisprudence. Kaapstad: Juta.

Eriksson, A.A. 2009. Bottom-up approach to transformative justice in Northern Ireland. The International Journal of Transitional Justice, 3:301–20.

Evans, S. 2013. The fear and fury of mothers of Diepsloot. Mail & Guardian. http://mg.co.za/article/2013-10-15-fear-and-anger-for-the-mothers-of-diepsloot (22 Maart 2014 geraadpleeg).

Finkelhor, D., R. Ormond en M. Chaffin. 2009. Juveniles who commit sex offenses against children. Juvenile Justice Bulletin, 1:2–3.

Fox, S. en Z. Nkosi. 2003. Child Sexual Abuse: A handbook for parents and caregivers. http://www.unicef.org/southafrica/SAF_publications_sexualabusehandbook.pdf (22 Maart 2014 geraadpleeg).

Goodman, G.S. 1984. Children’s testimony in historical perspective. Journal of Social Issues, 40(2):9–31.

Gqola, P.D. 2007. How the "cult of femininity" and violent masculinities support endemic gender based violence in contemporary South Africa. African Identities, 5:111–24.

Hanson, R.K., A. Gordon, A.J. Harris, J.K. Marques, W. Murphy, V.L. Quinsey en M.C. Seto. 2003. First report of the collaborative outcome data project on the effectiveness of treatment for sex offenders. Sexual abuse. A Journal of Research and Treatment, 14(2):169–94.

Harris, M.K. 2004. An expansive, transformative view of restorative justice. Contemporary Justice Review, 7(1):117–41.

Hesselink, A.E. 2003. Child prostitution.In Bezuidenhout en Joubert (reds.). 2003.

Hesselink-Louw, A.E. en M. Schoeman. 2003. Treatment of incarcerated sex offenders in South Africa: An analytical perspective. Acta Criminologica, 16:158–73.

Hinz, M.O. 2008. Traditional governance and African customary law: comparative observations from a Namibian perspective. http://www.kas.de/upload/auslandshomepages/namibia/HumanRights/hinz.pdf (28 Desember 2015 geraadpleeg).

Howitt, D. 1995. Paedophiles and sexual offences against children. New York: John Wiley.

Joubert, J.J., G. Geldenhuys., J.P. Swanepoel, S.S. Terblanche en S.E. van der Merwe, S.E. 2011. Criminal Procedure Handbook. Kaapstad: Juta.

Kemshall, H. en M. Maguire. 2003. Sex offenders, risk penalty and the problem of disclosure. In Matravers (red.) 2003.

Khunou, S.K. en S. Nthai. 2011. The contribution of ubuntu to the development of constitutional jurisprudence in a democratic South Africa. In Diedrich (red.) 2011.

Kiss, E. 2000. Moral ambition within and beyond political constraints: Reflections on restorative justice. In Rotberg and Thompson (reds.) 2000.

Lamprecht, J. en A. Stuijt. 2001. Penis-mutilating tampon puts rapists out of business. http://www.rense.com/general19/rape.htm (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Leclerc-Madlala, S. 2008. Age-disparate and intergenerational sex in Southern Africa: The dynamics of hypervulnerability. AIDS, 4:17–25.

Le Roux, R. en J. Williams. 2011. Sections 40–53: National Register for Sex Offenders. In Smythe en Pithey (reds.) 2011.

Levenson, J.L. 2007. Public perceptions about sex offenders and community protection policies. Analyses of Social Issues and Public Policy,7:1–25.

Lobaido, A.C. 2001. Child-rape epidemic in South Africa. http://www.wnd.com/2001/12/12139/ (21 Maart 2014 geraadpleeg).

Madu, S.N. en K. Peltzer. 2001. Prevalence and patterns of child sexual abuse and victim-perpetrator relationship among secondary school students in the Northern Province (South Africa). Archives of Sexual Behavior, 311–2.

Makiwane, P.N. 2015. Restorative justice: bringing justice for crime victims? Obiter, 36:79–94.

Maqoko, Z. en Y. Dreyer. 2007. Child-headed households because of the trauma surrounding HIV/AIDS. HTS, 63:717–31.

Mathews, S. 2012. Sexual abuse. In Van Niekerk, Saffla en Seedat (reds.) 2012.

Matravers, A. (red.). 2003. Sex offenders in the community: Managing and reducing the risks. Devon: Willan.

McAlinden, A. 2006. Managing risk: From regulation to the reintegration of sexual offenders. Criminology and Criminal Justice, 6:197–218.

McCold, P. 2004. Paradigm muddle: The threat to restorative justice posed by its merger with community justice. Contemporary Justice Review, 7:13–35.

Meir, E. 2002. Child rape in South Africa. http://www.medscape.com/viewarticle/444213 (21 Maart 2014 geraadpleeg).

Mohammed, A. 2000. SA: Standing up to rapists. http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/1043174.stm (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Muller, K. en K. Hollely. 2000. Introducing the child witness. Port Elizabeth: Printrite.

Murithi, T. 2006. Practical Peacemaking wisdom from Africa: Reflections on ubuntu. The Journal of Pan African Studies, 4:25–37.

Nabudere, D.W. en A. Velthuizen. 2013. Restorative justice in Africa. Pretoria: Africa Institute of South Africa.

Nkosi, G. 2015. African children and sexuality: a perspective on traditional and contemporary approaches. Obiter, 36(1):112–21.

Nocella, A.J. 2011. An overview of the history and theory of transformative justice. Peace and Conflict Review, 6:42–52.

Pitcher, G. en D. Bowley. 2002. Commentary – Infant rape in South Africa. The Lancet, 359:274–5.

Report on the re-establishment of sexual offences courts. 2013. Ministerial advisory task team on the adjudication of sexual offence matters, August 2013. Beskikbaar by: http://www.justice.gov.za/reportfiles/other/2013-sxo-courts-report-aug2013.pdf (25 Oktober 2014 geraadpleeg).

Rotberg, R. en D. Thompson (reds.). 2000. Truth v justice: The morality of truth commissions. Princeton, NJ: Princeton University Press.

Shenxane, V. 2012. Learn more about your criminal justice system: Part 10 –National Register for Sex Offenders. Servamus, 1:50–5.

Silverman, J. en D. Wilson. 2002. Innocence betrayed: Paedophilia, the media and society. Cambridge: Polity.

Skelton, A. en M. Courtenay. 2003. The Child Justice Act: Practice and procedure. In Bezuidenhout and Joubert (reds.) 2003.

Smallbone, S.W. en R.K. Wortley. 2001. Child sexual abuse: Offender characteristics and modus operandi. Australian Institute of Criminology, 193:1–6.

Smith, C. 1999. Fighting back against rape. http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/452714.stm (23 Maart 2014 geraadpleeg).

Smythe, D. en B. Pithey (reds.). 2011. Sexual Offences Commentary. Kaapstad: Juta.

Songca, R. 2003. Aspects of sexual abuse of children: A comparative study. Ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

—. 2011. Evaluation of children’s rights in South African law: the dawn of an emerging approach to children’s rights? Comparative and International Journal of Southern Africa, XLIV(3):340–59.

—. 2012. Theorising children’s rights as a multi-disciplinary field of study. Comparative and International Journal of Southern Africa, XLV(3):365–88.

South African Human Rights Commission. 2002. Report on Sexual Offences against Children. Does the Criminal Justice System Protect Children? http://www.sahrc.org.za/home/21/files/child_sexual_offences_report_april_2002.pdf (22 Desember 2015 geraadpleeg).

Steyn, F. 2005. Review of South African innovations in diversion and reintegration of at-risk youth. Newlands: Open Society Foundation for South Africa.

Stuijt, A. 2014. Child rapes soared in South Africa this month. Digital Journal, December 21, 2008. http://www.digitaljournal.com/article/264259 (22 Maart 2014 geraadpleeg).

Swanzen, R. en T. Harris. 2012. Restorative justice in South Africa. Revista de Asistenta Sociala, XI:5–23.

Task Group on Sexual Abuse of Children. 2002. Sexual Abuse of Children: Public Hearings. https://pmg.org.za/committee-meeting/1246 (22 Maart 2015 geraadpleeg).

Van Niekerk, R., S. Saffla en M. Seedat (reds.). 2012. Crime, violence and injury in South Africa: 21st century solutions for child safety. Houghton: PsySSA.

Venter, A. 2005. Guidelines for victim-offender mediation for probation officers in South Africa. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Vizard, E. 2006. Sexually abusive behaviour by children and adolescents. Child and Adolescent Mental Health, 11:2–8.

Voorlegging van die amicus curiae. 2011. In DPP v Thabete 619/10) [ZASCA 186 (30 September 2011). Beskikbaar by http://www.rjc.co.za/Docs/Thabethe%20RJC%20amucus%20submissions%20final.pdf (23 Januarie 2012 geraadpleeg).

Wachtel, T. 1995. Family group conferencing: restorative justice in practice. Juvenile Justice Update, 1(4):1–2; 13–4.

 

Eindnotas

1 Sien Report on the re-establishment of sexual offences courts (2013); Pitcher en Bowley (2002:274).

2 Madu en Peltzer (2001:311–2); Mathews (2012:84). Let daarop dat die woorde "sex offences" en "sex crimes" uitruilbaar gebruik word. Verder verwys "sex offenders" in hierdie artikel na volwassenes wat kinders mishandel, alhoewel dieselfde beginsel van toepassing kan wees in gevalle waar die oortreder ’n kind is.

3 Ons vertolk seksuele geweld om alle vorme van verkragting, seksuele penetrasie, seksuele skending en seksuele aanranding in te sluit. Die verskillende vorme word duidelik gedefinieer in die Strafregwysigingswet (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007, hierna genoem die Wet op Seksuele Misdrywe.

4 Children’s Act 38 van 2005; die Wet op Seksuele Misdrywe; the Child Justice Act 75 van 2008 (hierna die Child Justice Act). Sien ook Skelton en Courtenay (2003:217).

5 Die Children’s Act, Sexual Offences Act en Child Justice Act is voorbeelde van wetgewing wat gepromulgeer is om die regte van kinders te reël. Die Sexual Offences Act kriminaliseer byvoorbeeld alle vorme van seksuele mishandeling en uitbuiting en het die gemeenregtelike misdryf van verkragting herroep. Volgens hierdie wet word verkragting gedefinieer as die opsetlike, onregmatige seksuele penetrasie sonder toestemming van die klaer of klaagster. Die nuwe definisie is van toepassing op alle vorme van seksuele penetrasie sonder toestemming, ongeag die geslag van die slagoffer. Die wet het ook die gemeenregtelike misdryf van seksuele skending herroep en vervang deur ’n wet met ’n wyer definisie wat ’n reeks handelinge van seksuele skending sonder toestemming omvat. Daarby het die wet ook ander handelinge van ’n seksuele aard teen kinders en persone met verstandelike gestremdheid ingestel. Sommige van hierdie handelinge is niefisiek van aard en sluit misdrywe in wat verband hou met seksuele uitbuiting en aanvoring, die skep van kinderpornografie, ens. Sien artt. 3 en 4–7 van die wet.

6 Sien spesifiek in hierdie verband Nkosi (2015:112–21).

7 Nabudere en Velthuizen (2013:3).

8 Waaronder familielede; of sodanige misdrywe pleeg teen diegene wat aan hulle bekend is, dikwels in die onmiddellike gesin. Dit is veral so teen die agtergrond van huishoudings met ’n kind aan die hoof waar kinders volwassenes se rol moet aanneem om vir jonger broers en susters en ander familielede te sorg.

9 Songca (2003:21).

10 Smallbone en Wortley (2001:1).

11 Ibid.

12 Mathews (2012:87).

13 Madu en Peltzer (2001:319).

14 Songca (2003:168).

15 Becker (1994:176–9).

16 Vizard (2006:2).

17 Ibid.

18 Kragtens art. 7 van die Child Justice Act is kinders onder die ouderdom van 10 jaar nie toerekenbaar nie. Die wet het ’n proses ingestel om kinders te hanteer wat oortree het.

19 Die ouderdom van jong oortreders strek van 10 tot 18 jaar. Onlangse mediaverslae in Suid-Afrika dui aan dat oortreders so jonk as 10 jaar is en slagoffers sluit tot eenjariges in.

20 Finkelhor e.a.(2009:2–3).

21 Brownlie (2003:506).

22 Vizard (2006:2).

23 Crime statistics South African Police Service (2010); Lobaido (2001); Meier (2002); Stuijt (2010).

24 Crime statistics South African Police Service (2010).

25 Sien bv. South African Human Rights Commission (2002); Task Group on Sexual Abuse of Children (2002); Fox en Nkosi (2003).

26 Broughton (2014); Smith (1999); Mohammed (2000); Bailly (2010); Lamprecht en Stuijt (2001:44–55).

27 Sien bv. Burns e.a. (2003:1–11).

28 Mathews (2012:84); sien ook Hesselink-Louw (2003:255).

29 Gqola (2007:114).

30 Ibid.

31 Gqola (2007:115).

32 Ibid.

33 Sien DPP, WC v Prins 2012 2 SACR 183 (HHA).

34 Ibid.

35 Ouderdom-uiteenlopende verhoudings kom voor wanneer die ouderdomsverskil tussen partye vyf jaar of meer is. In die meeste gevalle, indien nie almal nie, is die man gewoonlik die oudste.

36 Intergenerasieverhoudings kom voor wanneer daar ’n ouderdomsverskil van tien jaar of meer tussen die partye is. Daar word na mans wat sulke verhoudings aanknoop, verwys as "vroetelpappies" (sugar daddies) en hulle is soms betrokke by jong meisies van 14 tot 18 jaar oud.

37 Leclerc-Madlala (2008:19).

38 Ibid.

39 Hesselink-Louw en Schoeman (2003:161).

40 Hesselink-Louw en Schoeman (2003:20).

41 Leclerc-Madlala (2008:21).

42 Venter (2005:14).

43 Nabudere en Velthuizen (2013:3).

44 Ibid.

45 Nabudere en Velthuizen (2014:3); Venter (2005:14).

46 Venter (2005:14–5).

47 Nabudere en Velthuizen (2014:3); sien ook Swanzen en Harris (2012:6).

48 McCold (2004:14–5).

49 Venter (2005:21).

50 Venter (2005:19).

51 Nabudere en Velthuizen (2014:3).

52 Venter (2005:15).

53 Bazemore en Umbreit (1994:190).

54 Venter (2005:20–1).

55 Nabudere en Velthuizen (2014:12).

56 Nabudere and Velthuizen (2014:8).

57 Sien bespreking hier bo par. 5.

58 Nocella (2011:1–6).

59 Wet op Seksuele Misdrywe.

60 Wet op Seksuele Misdrywe en die Child Justice Act. Sien bv. art. 2(b)(iii) van die Child Justice Act, waar die klem op die toepassing van herstellende geregtigheidsbeginsels is; dit vorm die agtergrond waarteen die bepalings van die wet gelees moet word.

61 Ibid.

62 Ibid.

63 Navorsers gebruik verskillende terme om slagoffer-oortreder-dialoog te beskryf. Dit word ook o.a. slagoffer-oortreder-bemiddeling, slagoffer-oortreder-vergadering en slagoffer-oortreder-konferensie genoem.

64 Venter (2005:26).

65 Venter (2005:25).

66 Ibid.

67 Ibid.

68 Sien bv. Hinz (2008).

69 Sien bv. artt. 300 en 301 van die Strafproseswet.

70 Ibid.

71 Ibid.

72 Venter (2005:21–2).

73 Venter (2005:21).

74 Venter (2005:22).

75 Venter (2005:26).

76 In sommige gevalle laat die oortreder die kinderslagoffer voel dat hy of sy verantwoordelik is vir die misdryf en dit beïnvloed die wyse waarop die slagoffer die misdryf ervaar of daarop reageer.

77 McAlinden (2006:209).

78 Ibid.

79 Ibid.

80 Byvoorbeeld die neiging om seksuele oortreders te demoniseer of om seksuele oortreders as sielkundig abnormaal te beskou.

81 Byvoorbeeld die persepsie by sekere groepe dat vroue deur hul kleredrag of optrede seksuele misdrywe uitlok en dat kinders mense ouer as hulle "verlei".

82 Byvoorbeeld die persepsie by sekere groepe dat ’n seksuele oortreder nie gerehabiliteer kan word nie.

83 Wachtel (1995:13).

84 Ibid.

85 Ibid.

86 Steyn (2005:31).

87 Steyn (2005:34).

88 Steyn (2005:35).

89 Ibid.

90 Steyn (2005:36).

91 Makiwane (2015:94).

92 (619/10) [2011] ZASCA 186; 2011 2 SACR 567 (HHA); hierna DPP v Thabethe.

93 S v Thabethe 2009 2 SACR 62 (T).

94 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 81 r. 19.

95 Sienrekord vol. 1 van 2 bl. 17 r. 14.

96 Sienrekord vol. 1 van 2 bl. 13 rr. 1–10. In dieselfde reëls uit die hofverslag Uit die hofverslag in dieselfde reëls is dit duidelik dat die beskuldige ook gewaarsku is oor die toepaslikheid van wetgewing oor minimum vonnisoplegging.

97 Wet 51 van 1977.

98 Die redes word opgesom in die uitspraak en is die volgende: die beskuldigde was ’n eerste oortreder; die beskuldigde het skuldig gepleit; die beskuldigde het opregte berou getoon; die klaagster is kort voor haar 16de verjaarsdag verkrag; die verkragting is nie voorafgegaan deur aanvoring nie; die gebrek aan fisieke beserings was nie irrelevant nie; die verkragting was nie van die ergste aard nie; die beskuldigde het by die gesin gebly; die beskuldigde en die klaagster se moeder het tydens die verhoor hul saamwonery hervat en het nog ’n kind verwek; die gesin was ten volle van die beskuldigde afhanklik; die beskuldigde en die slagoffer het slaogoffer-oortreder-bemiddeling bygewoon; die beskuldigde het gedurende die verhoor aanhou werk en voortgegaan om die gesin te ondersteun; as die beskuldigde uit die gesin verwyder sou word, sou vyf mense vir maatskaplike bystand van die staat afhanklik geword het; die beskuldigde het nie ’n bedreiging vir die samelewing ingehou nie en sou waarskynlik nie weer so ’n oortreding begaan nie; die beskuldigde was ’n goeie kandidaat vir rehabilitasie en in staat om gemeenskapsdiens te verrig; die beskuldigde was altesaam vier jaar op borg tydens die verhoor, en het desnieteenstaande elke hofsitting bygewoon en sy borgvoorwaardes nagekom.

99 Par. 36.

100 Par. 39.

101 Die voorwaardes was die volgende: dat die beskuldigde nie tydens die opskortingstermyn skuldig bevind word aan ’n misdryf waarby óf geweld óf ’n seksuele element betrokke is nie; dat hy sy huidige werk behou, tensy hy ontslaan word weens geen fout aan sy kant nie; dat hy onmiddellik moet probeer om weer werk te kry indien hy ontslaan word; dat minstens 80% van sy inkomste gebruik word om die slagoffer en haar gesin te onderhou, veral deur verantwoordelikheid te aanvaar vir die slagoffer se skoolgeld, en indien van toepassing, vir haar tersiêre onderrig; dat sy onderhoud vir die slagoffer se gesin voortduur selfs indien sy verhouding met die slagoffer se moeder, om watter rede ook al, beëindig word; dat die beskuldigde een dag per naweek by die proefbeampte aanmeld om aan enige program deel te neem wat sodanige beampte voorskryf, waaronder ’n Program vir Seksuele Oortreders op sy eie onkoste; dat hy 800 uur gemeenskapsdiens verrig, waarvan die aard deur die proefbeampte bepaal sal word.

102 Appèl deur prokureur-generaal teen vonnis van hoër hof:

(1) Die prokureur-generaal kan, behoudens subartikel (2), teen ’n vonnis wat ’n beskuldigde in ’n strafsaak in ’n hoër hof opgelê is, na die Appèlafdeling appelleer.

(2) Die bepalings van artikel 316 met betrekking tot ’n aansoek of appèl in daardie artikel bedoel deur ’n beskuldigde, is mutatis mutandis van toepassing met betrekking tot ’n saak waarin die prokureur-generaal ingevolge subartikel (1) van hierdie artikel appelleer.

(3) By ’n appèl ingevolge subartikel (1) of ’n aansoek in subartikel (2) bedoel wat deur die prokureur-generaal aangebring is, kan die hof gelas dat die Staat aan die betrokke beskuldigde die geheel of ’n gedeelte van die koste betaal wat teen die beskuldigde by bestryding van die appèl of aansoek opgeloop het, getakseer volgens die tarief in siviele sake van daardie hof.

103 Wet 51 van 1977, in die wandel bekend as die Wet op Minimum Vonnisoplegging.

104 Wet 105 van 1997.

105 Die Restorative Justice Centre is ingevolge par. 8 van sy voorlegging aan die hof ’n "non-profit, non-governmental organisation which promotes peace-making and peace-building through restorative justice and conflict transformation processes". Die Restorative Justice Centre is toegelaat om verskillende kwessies oor die hof a quo se benadering tot herstellende geregtigheid te bespreek – sien Voorlegging van die amicus curiae (2011) parr. 9, 10, 12 en 13.

106 1961 1 SA 231 (A).

107 Wet 105 van 1997, hierna genoem die Wet op Minimum Vonnisoplegging.

108 Par. 23.

109 Sien Joubert e.a. (2011:13).

110 Sien in hierdie verband R v Perks 2001 1 Cr App R (S) 19 waarin die Engelse hof die slagoffer se kommer oor vonnisoplegging in aanmerking geneem het.

111 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 34 rr. 23–4.

112 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 36 r. 23.

113 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 38 rr. 6–8.

114 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 36 r. 23, hier bo aangehaal.

115 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 40 rr. 5–6.

116 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 40 r. 20.

117 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 43 rr. 3–5.

118 1991 2 SACR 655 (A).

119 Par. 15.

120 Par. 16.

121 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 48 rr. 19–23.

122 Sien rekord vol. 1 van 2 bl. 64 rr. 17–21.

123 Tshehla (2004:1 e.v.).

124 2007 12 BCLR 1312 (KH).

125 Par. 75.

126 Vir ’n bespreking van hierdie punt, sien Home Affairs v NICRO 2005 3 SA 280 (KH).

127 Muntingh (2005:181).

128 Backer (2003: 297–313); sien ook Evenson (2004:730 e.v.).

129 Stromseth (2003:7); sien ook Swanepoel (2008:290–1).

130 Die Nasionale Register vir Seksoortreders is deur hfst. 6 van die Wet op Seksuele Misdrywe ingestel, terwyl die Children’s Act voorsiening maak vir ’n Nasionale Kinderbeskermingsregister. Ingevolge deel A verskyn die name van slagoffers in die register. Die name van oortreders verskyn in deel B van die register. Die doel van die register is om die name van die kinders wat in die register genoem word te beskerm en om kinders in die algemeen te beskerm teen blootstelling aan persone wat ongeskik is om met kinders te werk. Sien Le Roux en Williams (2011:17–22). Die Wet op Seksuele Misdrywe het op 16 Desember 2007 in werking getree en die Nasionale Register vir Seksoortreders (hfst. 6) het op 16 Junie 2009 van krag geword.

131 Sien art. 43 van die wet.

132 Indien ’n kind byvoorbeeld skuldig bevind word aan die pleeg van ’n seksuele misdryf, kan sy of haar naam lewenslank by die register ingesluit word sonder die vooruitsig dat dit verwyder kan word, omdat die tydperk wat ’n persoon se naam op die register bly, bepaal word deur die vonnis wat hy of sy ontvang. Sien art. 51 van die wet.

133 2014 7 BCLR 764 (KH).

134 J v NDPP 776.

135 Ibid.

136 Ibid.

137777.

138 Ibid.

139 Ibid.

140 779–80.

141 DPP, WC v Prins 2012 2 SACR 183 (HHA).

142 Veral artt. 9, 10, 12(2), 28(1)(d) en 28(2) van die Grondwet.

143 DPP, WC v Prins 2012 2 SACR 186 (HHA) par. 1.

The post Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke appeared first on LitNet.

Liefde, seks, Vlam in die sneeu en Tristia

$
0
0

Vlam in die sneeu, die liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker
Redakteur: Francis Galloway
Umuzi, Penguin South Africa
ISBN: 9781415208816

Hierdie essay rondom Vlam in die sneeu is veral geïnteresseerd in André P Brink en Ingrid Jonker se voortdurende verwysings na NP Van Wyk Louw se Tristia1 in hulle korrespondensie.

Daar is ’n belangrike akademiese artikel op LitNet oor Tristia wat relevant is tot hierdie bespreking. Lees gerus Pieter Verster se Die soeke na God in "Groot ode" van NP Van Wyk Louw.2

Verster konsentreer op die tweede laaste gedig, “Groot ode”, maar hy deel ook heelwat inligting oor die bundel.

“Hét jy Tristia?”

Lees ook:
Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker
The heart has spaces – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker
Oor die transkripsie van Vlam in die sneeu se liefdesbriewe
US Woordfees 2016-onderhoud: Plant vir my 'n boom, André

André P Brink skryf die eerste keer op Sondag 21 April 1963 aan Ingrid Jonker. Tristia het in 1962 verskyn. Brink sou dus reeds bekend gewees het met die teks.

Op 30 Mei skryf Brink aan Jonker: “Hét jy Tristia, of moet ek hom aan jou stuur?”

Ons lei dus af dat hulle oor die teks gepraat het – waarskynlik oor die foon – en op 23 Junie skryf Jonker dat Brink sommige van Louw se gedigte met haar gedeel het op band.

Op 17 Junie, ná ’n gesprek oor kos en politiek, skryf Jonker skielik, sonder ’n nuwe paragraafbreuk: “Maar glo my, my André, ek het méér as een rede om aanhoudend aan Van Wyk Louw te dink:

Nou het die môre my
oor die rand van sy glas gemors
op die stoep waar die waterkraan drup
in die uur van die donkere dors.”3

Die sinisme slaan sterk deur, maar dit blyk dat sy eintlik praat oor ’n kraan in haar kamer. En dan: “Jammer oor Tristia, maar dié het ek nog nie hier bespeur nie.”

Ek vind Jonker se woorde belangrik, om drie redes:

  1. a) Dit toon hoe die twee mekaar uitgedaag het met aanhalings uit die wêreldletterkunde.
  2. b) Dit sê daar moes weer ’n gesprek oor Louw en Tristia gewees het.
  3. c) Die kanse is goed dat Brink die bundel na Jonker geneem het om dit vir haar voor te lees – dit is onduidelik of die voorlesing wel plaasgevind het.

Op 26 Junie skryf Brink: “Ek het Maandag toe Tristia vir jou gestuur.”

Op 22 November skryf hy welgeluksalig: “Op die draaitafel is die fyn reëndruppelnootjies van ’n Mozart aan die lewe. Onder my linkerelmboog lê Tristia.” En dan: “Vanmiddag moet ek Tristia se tweede deel in die honneursklas behandel – ‘Groet in bruin’ en al die ander goddelike goed wat hy namens my aan jou geskryf het.”

Op 3 Maart 1956, ’n aantal weke voor die finale nekslag op hulle verhouding toegedien word, skryf die siniese Jonker: “En wat sou die blerrie oom Wyk makeer? Hy raak darem in die laaste tyd té voor op die wa, Tristia of nie Tristia nie.”

Haar woorde staan in skrille kontras met Brink se eie, laaste woorde aan haar op 27 April. Hy vertel van ’n lesing voor die Akademie as “’n kil ding”, en dan: “Die partytjie daarna by Wyk was beter, maar ook nie sonder die irritasies van sosiale mense nie. Sou graag meer met hom wou gesels, maar die kosbare tydjies wat dit wel kon, was onvergeetlik. Hy’s so mens, hy’s so wys. Party mense het ’n aura van wysheid en kruip daaragter weg: hy is wys, baie diep en menslik.”

Die man wat ’n liefdesteleurstelling ken

Brink en Jonker was deeglik bewus van ander se skinderstories oor hulle verhouding. Dit mag nog ’n rede wees waarom die twee Tristia so gereeld genoem het.

Verster sê: “‘Groot ode’ word as ’n persoonlike uiting beskou wat ’n doodswens na ’n verhoudingsteleurstelling insluit. Die vraag is of die verhouding met die digteres Sheila Cussons hierin ’n rol speel.”

Vir ’n duideliker omskrywing van Louw (wat met Truida getroud was) se verhouding met Sheila Cussons (wat met Stoffel Nienaber getroud was), lees gerus Louw se biografie deur JC Steyn,4 of, vir ’n korter, toeganklike stuk, klik hier

Beide Brink en Jonker vind soms hulle eie situasies so droewig dat hulle selfmoord oorweeg. Van Wyk Louw was skynbaar een van die min literatore wat nie neergesien het op Brink en Jonker nie; hy het immers die skindertonge aan eie lyf gevoel tydens sy affair met Cussons.

Bron: Flame in the snow - the love letters of André Brink and Ingrid Jonker (LitNet)

Waarom Tristia?

Die gevoel dat Louw hulle situasie verstaan, kon nie genoeg rede gewees het waarom sy bundel die twee so aangegryp het nie.

Waarom dan Tristia?

Ek dink die antwoord lê in die woorde van Brink oor die “goddelike goed wat hy namens my aan jou geskryf het”. Hy noem “Groet in bruin” by name. Die eerste strofe van die gedig stuur hy by geleentheid aan Jonker – in afwagting op hulle weersiens. Maar daar is ook ander verwysings. Lees maar self. Brink verwys gereeld na Jonker se bruin vel en in die laaste strofe van “Groet in bruin” word die geliefde beskou as “Lieflike, klein, vrou” – ’n beskrywing wat gereeld en in verskeie vorme gebruik word om Jonker te beskryf.

Die twee het hulself dus in Louw se teks ver-woord.

Die volgende gedig (“XXXII”) handel oor die stort van saad, en “papies”. Brink se penis word voortdurend ’n papie genoem – deur beide.

Daar is egter talle meer verwysings wat uit Tristia kom.

’n Onskuldige Brink

Was Brink ouer, was hy dalk wyser, dan sou sy briewe aan en sy besluite rondom Jonker dalk anders kon gewees het. Hy was egter 29 toe hy Jonker, wat marginaal ouer was, leer ken het.

Brink kom uit ’n patriargale, Christelike huis waar seks net binne ’n huwelik plaasvind.

Selfs al is hy op daardie stadium met Estelle, sy eerste vrou en die ma van Anton, getroud, slaap hy nie eers meer in dieselfde kamer as sy nie. Seksueel sonder hy hom af vir Ingrid, juis omdat hy seks as ’n heilige daad sien. Dit is aangrypend om Brink nie as wêreldbekende letterkundige nie, maar as ’n onskuldige, Afrikaanse seun, te leer ken.

Bron: Flame in the snow - the love letters of André Brink and Ingrid Jonker (LitNet)

Seks as mis

Verster skryf onder andere dat in Tristia “verskeie van die vorige temas verenig [word] met verwysing na die Rooms-Katolieke Kerk met sy groter klem op die lyflike en vleeslike, wat aanduidings is dat Louw hom sterker tot ’n meer aardse lewe en godsdiens wil verbind.”

Hier wil ek Brink self laat “antwoord”. In sy eerste brief aan Jonker, op 21 April 1963, skyf hy: “Maar gelukkig is dié dinge net beginpunte; is herinnerings en liggame net titels van lang gedigte; en is ons ‘bymekaar slaap’ ’n soort Mis-hou waarin die transsubstansie volkome is. (Is dít dalk ons ‘ongelowiges’ se suiwerste religie? [...]”

Daar is heelwat ander verwysings na seks as godsdiens tussen Brink en Jonker; Tristia is ’n bundel waarin beide ondersoek word.

Sou poliamorie ’n opsie wees?

Die voortdurende soeke na iets meer, iets dieper tussen Brink en Jonker is treffend. As leser wil ’n mens, soos by die lees van enige liefdesroman, die twee bymekaar kry. Jy dink aan maniere om die getroude Brink (en pa van Anton) by die geskeide Jonker (en ma van Simone) te laat saam wees. As leser is jy bewus van die komende tragedie en jy sien hoe misties hulle mekaar aanvaar – dit is meer as seks, hoewel die seks skynbaar uitstekend was.

Kon dit anders?

Jonker was ouer en wyser as Brink. Sy was ook deurmekaar met Jack Cope.

Cope was, teen die tyd dat hy Jonker ontmoet het, veel ouer en reeds gewoond aan ’n huwelik wat nie monogaam was nie.

Wat meer is, Uys Krige, Cope se goeie vriend en gedurige plakker, was goed bekend met Roy Campbell se huwelik. Campbell se vrou, Mary, was vir baie jare ’n lover van Vita Sackville-West. Cope het dit murmurerend ervaar en aanvaar, hoewel hy literêr wraakgeneem het op Sackville-West in sy bundel The Georgiad.5

Sackville-West se man, Harold Nicolson, had lovers van albei geslagte.6

Hierdie poliverhoudings was bekend onder die Engelse skrywers; Cope moes daarvan geweet het, en Krige het lank by die Campbells ingebly as onderwyser en het dit eerstehands ervaar.

Sou dit nie vir Brink en Jonker werk nie?

Dit is egter baie maklik vir ons as moderne mense om te sê: Wees openlik oor julle verhoudings, want daar is talle huwelike wat vandag meer as twee mense akkommodeer, net soos dit in daardie tyd ook die geval was.

Ons moet egter die tydsgees in gedagte hou. Nie al hulle vriende het hulle verhouding gesteun nie, om dit sagkens te stel. Brink was ook nie so wêreldwys in die Jonker-periode soos ’n mens sou dink nie – vir hom was seks iets wat binne ’n monogame verhouding moes geskied.

Dit is Jonker wat belangstel in Estelle se welsyn, wat skuldig voel, wat haar wil ontmoet. Tog, die briewe toon ook dat Jonker nie Brink se toenaderings bloot as ’n vlugtige tussenkoms sien nie. Sy was lief vir hom en was by tye moeilik oor Cope se toenadering.

Jonker se ander probleem was die pa van haar kind, wat skietgoed gesoek het om Simone van haar weg te neem. ’n Openlike poliverhouding sou waarskynlik vir hom in daardie jare genoeg kon gee om Simone deur die hof te laat vervreem.

’n Aanvaarding van hulle eie verhouding as blote minnaars, en dus nie amptelik nie, sou dalk gewerk het; maar die briewe toon hulle was werklik lief vir mekaar en wou dus meer as lovers wees.

Maklik kan ons dus (aanmatigend) “moderne” oplossings probeer bied, maar plaas jou eers in hulle skoene ... Temas wat vandag in die ATKV-Tienertoneel aangeraak word, en die openheid waaroor daar rondom seks gekommunikeer word, is bevrydend. Lees hier. Dit was daardie tyd nie moontlik nie.

Dan was Brink jaloers ook. Hy was werklik benoud oor die feit dat Jack Cope, ouer en wyser, finansieel onafhanklik en soveel nader aan Jonker, haar weer sou kon afrokkel. Om nie jaloers te wees nie, is een van die belangrikste, en moeilikste, elemente van ’n poliverhouding; maar moenie vir Brink te hard blameer nie. Hy was jonk. En hy was eerlik.

Brink se onverhole vreugde in die belewenis van sy seun, Anton, is ewe pragtig. Ook is sy belewenis van en liefde vir Ingrid se Simone baie mooi. Verder is daar ’n teerheid in die hunkering na ’n eie dogter, saam met Jonker, wat baie aangrypend is.

Tog het ek myself telkens betrap dat ek Brink se stem as baie jonk ervaar en moes dan bewustelik afstand doen van die lang man wat gereeld op ’n Sondagoggend Spar toe gestap het vir die Rapport – wêreldwys en gehul in die liefde van sy vierde huwelik.

Hoe wys was ék op 29? Brink se briewe, meer as Jonker s’n, was vir my ’n spieël. Ek het telkens my eie denke daarin raakgeloop – en moes bloos.

Die feit dat Brink bereid was om, kort voor sy dood, homself aan die wêreld te openbaar deur die publikasie van die briewe, is merkwaardig. Brink is nié die een wat in blinkertjies gehul uit hierdie bundel kom nie. Tog het ek vandag baie meer simpatie met hom as ooit tevore.

’n Poliamorie van intertekstualiteit

Verster wys in sy artikel ook dat “Groot ode” weens ander verse bestaan. Hy noem “die figure van Dido en Aeneas in Vergilius se Aeneïs, met Dante se Goddelike komedie, die Beatrice-liefdesage, Rimbaud se Une saison en enfer en die Oudengelse diere-epos The owl and the nightingale.”

Brink was op 29 reeds geweldig wyd belese, en beslis bekend met Dante en Beatrice. Beatrice het ’n soort argetipe vir Nicolette (in Die Ambassadeur) gevorm – selfs dalk vir Brink se beskouing van Jonker. Daar is talle verwysing na Dante in die briewe, maar ook Rimbaud word in die twee se korrespondensie genoem.

Vlam in die sneeu is voorsien van ’n volledige persoonsregister. Om ’n volledige teksregister op te stel, sal waarskynlik ’n magister- of PhD-studie verg.

Brink, veral, was dus baie goed toegerus om Louw se intertekste te snap en te verstaan.

En tog ... Jonker was slim. Haar poësie het nie toevallig gekom nie.

Liefhebbers van Brink en Jonker se werk sal veel baat by die lees oor die ontstaan van sommige van die groot-groot werke in Afrikaans.

Ons sien Die ambassadeur en Orgie voor ons oë groei en dan verskyn. Heelwat latere werke deur Brink word reeds met Jonker bespreek.

Jonker was ook op daardie stadium polities veel meer bewus as Brink, en sy gee hom dikwels raad.

Ook Jonker se tekste, soos “Plant vir my ’n boom, André” gebeur terwyl ’n mens lees.7 Sy skryf in ’n stadium aan hom: “ek herhaal jou” ... Daar is vele meer.

Hierdie versameling briewe toon dat Jonker net so wyd belese was as Brink, hoewel sy net Engels, Afrikaans en Nederlands kon lees – Brink natuurlik veel meer.

Intellektueel was Jonker punt vir punt Brink se gelyke, hoewel sy geen formele opleiding ná skool gehad het nie.

Haar besondere liefde vir Simone is ook pragtig. Talle van die besluite wat sy geneem het, moes om Simone draai.

Dat sy soms emosioneel onstabiel was, weet ons, maar die nugterheid waarmee sy haar eie situasie in die oë staar, is ook interessant.

Selfs al is jy bekend met die storie ...

Die meeste mense wat in die letterkunde belangstel, weet dat Brink en Jonker ’n affair gehad het en dat Jonker selfmoord gepleeg het. Dié van ons wat meer wou weet, het al biografieë oor Jonker gelees en het Brink se Vurk in die pad8 deurgedraf. Ons het Black butterflies9 gesien.

Vergeet dit. Jy ken nie eens ’n breukdeel van die verhaal nie.

Brink is snedig in Vurk in die pad teenoor Jack Cope, en in Black butterflies, wat weer duidelik Cope se kant kies, word Brink se invloed op Jonker heeltemal onderbeklemtoon.

Lees liewer Jonker se eie, nugter insig in haarself en in haar liefde vir André.

Lees wat Jonker sê oor Cope ...

In haar briewe leer jy waaragtig vir Jonker ken, in haar eie woorde. Tog, hand aan hand daarmee, word talle mites rondom Brink ook eiehandig vernietig deur sy woorde oor homself. Selfs toe ek op universiteit was, is gereeld na die mens agter die sensuele romans verwys as sou hy ’n byna onblusbare sekslus hê. Wel. Lus was André P Brink wel, maar ons leer hom in sy laat twintigs ken as ’n redelik kuis persoon wat oorrompel word deur Jonker se seksuele bedrewenheid en dat hy daarna ’n kuis, monogame lewe van masturbasie en drifte lei, hunkerend na ’n vrou wat hy werklik aardskuddend lief het.

Die bundel lees baie maklik

Hierdie korrespondensie raak ‘n mens diep.

Die briewe lees baie makliker as wat ek gevrees het; om die waarheid te sê, dit lees soos ’n roman. Ek is nie die eerste wat hierdie gedagte uitspreek nie. In die voorwoord, deur Willie Burger, staan daar (bl 7):

Die taal waarmee hulle hul eie gevoelens blootlê en waarmee hulle mekaar met ontblotende eerlikheid oor ’n groot afstand leer ken, gee aan hierdie “briefroman” ’n liriese kwaliteit, terwyl voortdurende vooruitwysings en terugverwysings spanning skep.

Burger is ’n gewikste literator en ek dink hy som hierdie merkwaardige “roman” baie akkuraat op.

Die einde

Móénie dat iemand ooit die inhoud van die laaste brief verklap nie. Soos ’n goeie roman jou absoluut oorrompel met ’n laaste paragraaf, is dit hier ook die geval.

Ek het die boek toegemaak met ’n gevoel van ontreddering, al was ek bekend met die feite, selfs met die persone wat beskryf word.

Vlam in die sneeu is ’n beeldskone teks oor ’n onskuldige jong man wat skielik intellektuele én seksuele liefde ervaar. Dit is oorrompelend; veel beter, veel aandoenliker en veel meer spannend as wat ek ooit kon gedroom het; maar wees gewaarsku: dit maak dat ’n mens onmiddellik van die intertekste wil gaan opsoek waaroor hierdie twee soveel geskryf het.

Die eerste teks wat ek van die rak gaan haal het, is Tristia.

Bronverwysings

  1. Louw, NP Van Wyk. 1962. Tristia, en ander verse, voorspele en vlugte, 1950–1957. Kaapstad: Human & Rousseau.
  2. Verster, Pieter. 2015. Die soeke na God in “Groot ode” van NP Van Wyk Louw. LitNet Akademies, 12(3). http://www.litnet.co.za/die-soeke-na-god-in-groot-ode-van-n-p-van-wyk-louw.
  3. Die oorspronklike versreëls lees soos volg:

En nou het die môre my
oor die rand van sy glas gemors
op die stoep by die kraan wat blink
in die uur van die donker dors.

“Ballade van die nagtelike ure” het reeds in 1942 in Gestaltes en diere verskyn. (Louw, NP Van Wyk. 1942. Gestaltes en diere. Kaapstad: Nasionale Pers.)

  1. Steyn, J.C. 1998. Van Wyk Louw, ’n Lewensverhaal. Kaapstad: Tafelberg.
  2. Vergelyk Uys se vertellings aan sy broer, Bokkie. Dit is te lese in Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje, onder regie van Peet van Aardt, op bl 102 en elders. (Van Aardt, Peet. 2010. Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje. Hermanus: Hemel & See Boeke.)
  3. Nicolson, Nigel. 1986. Portrait of a marriage. Londen: Futura. Enigeen wat hou van briewe tussen geliefdes, sal ook hierdie bundel geniet. Nigel is die glanspaar se seun en hy het hulle briewe beskikbaar gestel. Vir ’n resensie van die teks, kliek hier. http://blogs.litnet.co.za/izak/2010/01/14/portrait-of-a-marriage.
  4. Van hierdie tekste gaan by die US Woordfees opgevoer word. Die toneelstuk Plant vir my ’n boom, André is ’n fiktiewe vertelling van ’n gesprek met Ingrid. Die titel is natuurlik afgelei uit ’n gedig van Jonker met dieselfde titel. Lees alles hieroor in Vlam in die sneeu. En gaan kyk Orgie; jy sal móét wanneer jy klaar is met hierdie briefbundel. Lees meer hier: http://www.litnet.co.za/us-woordfees-teateraanbod-beste-ooit.
  5. Brink, André P. 2009. ’n Vurk in die pad. Kaapstad: Human & Rousseau. Lees veral die hoofstuk oor Ingrid Jonker.
  6. Black butterflies (2011) onder regie van Paula van der Oest, geskryf deur Greg Latter, is die moeite werd om te sien, hoewel dit sonder twyfel vanuit Cope se hoek vertel word. Brink se naam word nie eens genoem nie, hoewel die fiktiewe Marthinus Van den Berg baie duidelik Brink se rol vertolk. ’n Aantal insidente in die film word in die briewe genoem. Lees dit in Jonker se eie woorde. Daar is twee ander tekste oor Jonker wat ook gelees kan word: Metelerkamp, Metrovna. 2003. Ingrid Jonker: Beeld van ’n digterslewe. Hermanus: Hemel & See; en Viljoen, Louise. 2012. Ingrid Jonker: A Jacana pocket biography. Johannesburg: Jacana.

The post Liefde, seks, Vlam in die sneeu en Tristia appeared first on LitNet.

Depolarisation of teaching and research, reflection through action research at a traditional university

$
0
0

Abstract

Teaching and research responsibilities are considered to be complementary, yet distinct tasks of academic staff in higher education. The general belief that research and teaching are inextricably intertwined is simplistic – the measurable outcomes of teaching and research are actually quite different. Academics are expected to be good researchers and effective lecturers, whereas the factors that influence professional development emphasise research. It is therefore not surprising that there is constant tension between the attempt to maintain a balance between the recognition of teaching responsibilities and the recognition of research responsibilities, and that it is something of a challenge to ensure that both get the necessary recognition.

Only 27% of the total of enrolled students complete their degrees in the minimum time, while almost 40% leave the system without completing their qualifications. Although not directly linked to poor teaching, these statistics unquestionably highlight the need for a better understanding of teaching and learning situations and exploring ways to adapt the learning process in order to improve the throughput rate. The poor throughputs rates, along with other challenges in the education system, such as underprepared students, multilingualism and rapidly developing technology, require academics to continually take stock of their scholarly approach to the teaching of their discipline. Contrary to the view that students are unprepared for higher education, there is a strong challenge to access and use the unique knowledge and skills that students bring to the classroom to enrich the learning process.

While the Scholarship of Teaching and Learning (SoTL) movement and the literature have grown considerably and gained momentum during the past two decades, the introduction of a new initiative like SoTL at a university, does not take place overnight, and an integrated approach is required to ensure that capacity and support are available, and that policy and practice support each other. The purpose of this study was to determine whether investment of a university in SoTL would succeed in promoting the relationship between teaching and research. Action research is used to investigate the establishment of SoTL at a traditional university. The core questions that arose were:

  • What are the critical success factors for the sustainable implementation of SoTL at a traditional university?
  • What is the impact of a focus on the research output of SoTL?
  • What formal and informal structures are needed to support SoTL?

SoTL evolved from a basic scientific education in a discipline, but it is not the same as excellent teaching. It meets the following additional criteria in the context of the promotion of learning:

  • It requires high levels of discipline-related expertise.
  • It requires an understanding of who the students are, how they are learning and what the most effective practices in the context of the discipline are (pedagogical content knowledge).
  • It generates new knowledge and innovation.
  • It can be repeated and extended.
  • It is documented and exposed to peer review.

The objectives of SoTL include:

  • Creating an awareness of, and interest in, how students learn.
  • Applying the discipline of teaching and learning.
  • Improving students’ experiences by following a scholarly approach to teaching and learning.
  • Improving the quality of teaching and learning by empowering academics in reflective teaching.
  • A planned increase in research output in the field of teaching and learning.

The North-West University (NWU) is a multi-campus traditional university. The university was established in 2004 through a politically motivated merger of two universities with very different histories, traditions and cultures, namely the Potchefstroom University for Christian Higher Education and the University of North-West. The staff and students of the Sebokeng Campus of the Vista University were incorporated, which further enriched our heritage. However, the cultures, student profiles and development trajectories on the three campuses are not the same. The university's mission is to become a balanced teaching-learning and research university, and to implement its expertise in an innovative way. One of the main driving forces behind the university's mission for the past ten years has been to attract more postgraduate students in order to expand research expertise and establish research niche areas. This has strengthened the perception that research carries more weight than does good teaching. In 2012 it was decided to launch a new strategic initiative, namely SoTL, at the university as one of the strategies to help realise the mission of the NWU. The aim of the focus on SoTL was to strengthen the quality of teaching and learning, as well as to distinguish the NWU from its competitors through its institutional culture of excellence and focus on the quality of teaching and research. The conceptualising of SoTL at the university is based on the following strategic thrusts, as defined extensively by educational experts:

  • Encouragement of reflective practice and promotion of best practices.
  • Promotion of research and innovative ideas in teaching and learning.
  • Creation of opportunities for discourse analysis on assumptions, beliefs and values in teaching and learning.
  • Support of staff development in teaching and learning by practical experience.
  • Creation of space for cooperation and discussion about teaching and learning across subject fields.

Action research was used as the research methodology. The applicability of the methodology is due to its ability to analyse and explain the institutional process that unfolds during the implementation of SoTL as a new strategic initiative. Data was gathered by studying the progress reports of academics as well as through interviews with academics. The information gathered at the end of each cycle was used to revise the SoTL strategy for the following year. The following three cycles were conducted:

In cycle one a project steering committee consisting of subject chairpersons, the Director of Academic Support Services and the Vice-rector: Academy was formed to steer the project. The project steering committee is launching a project to determine the extent to which current policies and processes at the university support research and teaching and reward, as well as to determine the perceptions of academics in respect of the balance between teaching and research.

In cycle two the SoTL projects were formally introduced; academics engaged in SoTL projects and data was identified through feedback reports. These reports were analysed by the project steering committee and reflected upon to improve the next cycle of implementation.

Cycle three began at the start of the following academic year. In the new academic year, SoTL projects as well as supporting capacity-building workshops were initiated. Data was collected and the findings were analysed. Academics had the opportunity to reflect on the process they were involved in and were invited to make suggestions on how to improve the process.

The following operational changes were made over time to improve SoTL support on the campuses:

  • The funding criteria were revised to support projects for more than one year, provided that satisfactory progress reports are submitted.
  • Projects that include staff members from more than one faculty or campus were encouraged.
  • Projects that are carried out in collaboration with colleagues from other universities were also considered for funding.
  • The types of projects considered for funding were aligned with the strategic priorities of the campus.

The application of SoTL at a multi-campus traditional university was not without challenges. The biggest challenge was to convince staff and management that SoTL is a viable route for academics to pursue, and that they should support SoTL through policy and practice. This study found that critical success factors for the sustainable use of SoTL at a traditional university include the following:

  • Recognition of the importance of SoTL, and the support of it, by senior academic management.
  • The availability of seed funding with clear guidelines and reporting.
  • The creation of platforms where academics can share projects and network.
  • Purposeful processes to ensure that SoTL is recognised as part of the workload and performance agreement of academics.
  • Focused training and support.
  • Policies and reward systems that make provision for the recognition of SoTL projects.

To give due recognition to SoTL it is critical that the tension between the recognition of research on the one hand and teaching on the other is reduced. In addition to monitoring the research outputs generated by academics, it is essential to monitor the impact on student success as well. There is a wide range of factors that affect student success, of which socio-economic conditions and conditions inside and outside the classroom are but a few. A single indicator will never be sufficient to determine the impact of an intervention. Rather than concentrating on quantitative performance indicators, it is recommended that a scholarly approach to teaching and learning should form part of the philosophical approach to teaching and learning at a university. A lecturer’s teaching philosophy describes the beliefs that the teaching approach to the subject and the learning process of the student are based on. The inclusion of SoTL as part of a lecturer's teaching philosophy will serve as a good indicator that SoTL is regarded as an important and enriching aspect of the learning process.

The teaching and learning strategy of the university is being reviewed and the new strategy recognises SoTL as one of the building blocks of the university's approach to teaching:

Promotion of the Scholarship of Teaching and Learning in order to support learning communities in which academic and professional support staff conduct research into the curriculum, student learning and development, teaching and assessment, and other aspects that impact on student success [quoted from NWU teaching and learning strategy].

The second research objective was to investigate the impact on research productivity by focussing on SoTL. Research findings indicated that SoTL managed to close the gap between research and teaching as two opposite poles and provided academics with a platform for performance and an opportunity to contribute to the enhancement of teaching and learning. It was also found that proactive steps must be taken to encourage academics to engage formally with SoTL. The practice of SoTL was established after three years, but it remains necessary to manage perceptions.

The appointment of a project steering committee, with representation from management, academics and academic support staff, as well as the forming of interest groups contributed to the fact that SoTL gained momentum and grew significantly over a three-year period.

SoTL interest groups have become an important forum for academics to engage in discussions and share ideas. Academics were introduced to SoTL champions (more experienced SoTL researchers). As a result of the interest groups, cooperation between staff members from different faculties grew. These interest groups were not formally created, but developed spontaneously when academics began meeting. The value of interest groups cannot be over-emphasised. Informal discussions on academic projects stimulated new ideas and have led to the continuation of new and collaborative solutions.

These discussions have also contributed to a more informed dialogue with decision-makers, which has often led to improved outcomes and promoted professional development. It is important to shift the focus from a result-oriented approach to teaching and learning, to a professional approach which leads to deeper insights within a discipline. It is a national priority to improve the throughput rate and success rate of students in higher education. Recognition of the scholarship of teaching and learning as a research niche has the potential to improve the quality of education at universities, schools and other training facilities.

"If you do what you always did, you will get what you always got." (Anonymous)

Keywords: action research; Scholarship of Teaching and Learning; SoTL; teaching and learning

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

The post Depolarisation of teaching and research, reflection through action research at a traditional university appeared first on LitNet.

Judicial and legislative responses to sexual crimes committed by and against children and the potential use of restorative justice practices

$
0
0

Abstract

In this article the authors demonstrate the current judicial and legislative response to children who are the victims of sexual crimes or perpetrate such offences. They argue that using either restorative or retributive responses to crimes of a sexual nature is the incorrect approach; sexual crimes committed against or by children require the intervention of a multidisciplinary approach to justice. It is submitted that restorative justice, displayed in the practice of, for example, victim-offender dialogue and family group conferencing, provides the ideal ground on which a restorative approach can be centred, analogous to traditionally retributive responses.

Contemporarily, traditional retributive responses to child sexual abuse and child perpetrators of sexual offences have drawn much criticism from various sectors of society. The criticism is trite although well-founded when one considers the oft-quoted statistics relating to child sexual abuse in South Africa. In response to these statistics the legislature introduced various laws aimed at reducing the occurrence of sexual misconduct. However, the continued upward trend of such crimes, by and against children, indicates that perhaps traditionally retributive responses are ineffective in curbing the scourge of sex-related crimes in South Africa. To reiterate: it is submitted that the use of restorative justice practices, parallel to retributive practices, will have the effect of both reducing the impact of such crimes and begin to normalise the sexualised view of children in society.

Naturally, the use of such practices is justified only by the merits and circumstances of each particular case. The factors which have the potential to influence the use of restorative practices relate generally to the characteristics of sex offenders (both adults and children); societies’ reaction to the alarming sex-crime-related statistics; and the socio-economic and political factors which contribute to the commission of sexual offences in South Africa. Restorative justice, and its unstated reliance on the values espoused by ubuntu, contribute to the field of sexual offences and thus cannot be ignored within a multi-disciplinary approach to criminal cases of such a nature. The underlying factors driving the commission of sexual offences are best understood through a process of restoration as opposed to adversarial trial, where these factors are hardly, if ever, explored before trial or sentencing. The victim, in the current system, remains an outsider who is considered little more than a witness. The accused, by contrast, is viewed as little more than the offence allegedly committed, which naturally invokes revulsion and stigmatisation. These often continue once the convicted are released back into society where they are expected to conform to society’s rules and laws. It is submitted that this not only reinforces potential recidivism but leaves the victim with unresolved resentment and conflict. This is especially trite where sexual crimes occur within a family group where the victim and offender are well acquainted. In these types of cases in particular, both parties may be better served through a process of victim-offender dialogue or family group conferencing. Victim-offender dialogue is a well understood and acceptable practice, particularly in customary law, where it has long been used as an alternative conflict resolution mechanism by, for example, the Khoi-San and other ethnic groups. It provides a platform where the victim and offender can meet in a structured and secure environment in order to begin the process of healing through dialogue. It often results in a written plan according to which the accused undertakes certain tasks or restitutions to the satisfaction of the victim. Family group conferencing is not an alternative to victim-offender dialogue, but rather extends participation to a wider community of people. Considering that the aim of restorative justice is the reharmonisation of community relations, victim-offender dialogue and family group conferencing rely on the active participation of those involved in a specific conflict resolution mechanism.

Recent legislative and on-going judicial responses to the use of restorative justice and its associated practices indicate, however, that it is often seen as an alternative to retributive justice as opposed to an equal co-worker in response to perpetrators and victims of sexual offences; at least in so far as it relates to adult offenders. The supreme court of appeal’s response in DPP v Thabethe 619/10) [2011] ZASCA 186; 2011 2 SACR 567 (SCA) is an example of a system of law relying on outmoded approaches to justice, even in cases where the victim indicates a preference for restorative justice as part of sentence. It is conceded that the court a quoimplemented an almost impossible set of sentencing conditions, and exceeded the bounds of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, but is argued that the trial court demonstrated the possibilities inherent in using restorative practices in parallel to punitive responses to the infringement of criminal law. While the case before the appeal court provided an ideal platform to formalise restorative justice, the court concerned itself more with the weight of the victim’s input in sentencing, the impossibility of effective implementation of sentence, and the procedural irregularities in the trial court. While these factors are important for the administration of justice, it is submitted that they overshadowed the potential effect of restorative justice and highlighted the effect of the opposite approach on the victim and her family.

In the case of child offenders charged with sexual offences, the legislature saw fit to incorporate restorative justice practices in the form of diversion or sentencing mechanism in the Child Justice Act 75 of 2008. This is a welcome development; the process is formalised and can be implemented only in certain circumstances. One of these relates to the victim’s preference for diversion over trial. The role of the victim within the act is central to diversion decision-making which contrasts clearly with the role of the victim in a case where the accused is an adult. The act is premised on the best-interest standard and has already influenced judicial decision-making in, for example, in J v National Director of Public Prosecutions 2014 7 BCLR 764 (CC).

In conclusion, we posit that a multi-disciplinary challenge such as sexual offending requires a multi-disciplinary problem-resolution mechanism. We argue that formalised restorative justice, practised in communities and implemented by courts, can take over where punitive justice leaves off, and contribute a more effective solution to the challenge of sexual crimes in South Africa.

Keywords: family group conference; restorative justice; retributive justice; sentencing; sexual offences; sexual offenders; victim participation

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

The post Judicial and legislative responses to sexual crimes committed by and against children and the potential use of restorative justice practices appeared first on LitNet.

"What's a Gruffalo?" An interview about Julia Donaldson

$
0
0

http://juliadonaldson.co.uk/

Tarryn Talbot-Da Costa, publicist at Pan Macmillan, chats to Naomi Meyer about a famous writer.

Tarryn, which publisher publishes Julia Donaldson’s books?

Julia Donaldson’s books are published by various publishers, including Pan Macmillan, Scholastic, Alison Green, Human & Rousseau (they published the Afrikaans editions of The Gruffalo - Die Goorgomgaai - and The Gruffalo’s Child - Die Goorgomgaatjie) and Protea.

Julia Donaldson is widely read in South Africa, because some of her books have also been translated into Afrikaans, as you’ve just mentioned – The Gruffalo is well-known as Die Goorgomgaai (translated by Philip de Vos). Anything young South African fans should know about regarding, say, meeting Julia Donaldson soon?

We are very excited that we have also recently translated What The Ladybird Heard into Afrikaans, and are busy with the translations for the Zulu edition of The Gruffalo. Fans of all ages are welcome to attend the once-in-a-lifetime opportunity of the Julia Donaldson theatre shows, as well as the public book-signing event in both Cape Town and Johannesburg.

Please give us some details regarding Julia Donaldson’s visit to South Africa? Times, dates, places?

Pan Macmillan and Scholastic, in association with Exclusive Books, are thrilled to announce that Julia Donaldson will be doing theatre shows in both Cape Town and Johannesburg, where she will be singing some of her popular songs and re-enacting some of her books. She will be joined by a cast, as well as her husband, Malcolm Donaldson, who plays the guitar. The shows are approximately one hour long, with book-signing afterwards. Books will be on sale at the theatres.

Tickets for the shows can be purchased on Computicket. Tickets are R75 per person (R65 for group bookings of 50 people or more).

Cape Town Book Store event (book-signing), open to the public:

Sunday, 7 February 2016

11h00

Exclusive Books V&A Waterfront

Cape Town theatre shows

Monday, 8 February 2016

10h00

The Baxter Theatre

Monday, 8 February 2016

14h30

The Baxter Theatre

Tuesday, 9 February 2016

10h00

The Baxter Theatre

Johannesburg Theatre shows

Thursday, 11 February 2016

10h00

The Linder Auditorium

Thursday, 11 February 2016

14h30

The Linder Auditorium

Friday, 12 February 2016

10h00

The Linder Auditorium

Friday, 12 February 2016

14h30

The Linder Auditorium

Johannesburg Book Store evening (book signing), open to the public

Saturday, 13 February 2016

11h00

Melrose Arch Exclusive Books, in the Piazza area

Friends from Scotland recently gave us a Gaelic version of Room on a broom. Why Scottish? And in how many other languages have her books been translated?

The Gruffalo, Julia’s most recognised title globally, has been translated into 43 languages (excluding the Zulu version currently in translation). Publishers understand that translations of children’s books are very important, for children to identify the words that they hear daily, see the words written down in books in their own language. Children being able to read such famous and well-loved books as The Gruffalo in Gaelic is invaluable to the preservation of the Gaelic language.

Are there any new publications South African readers can look forward to?

Yes, as discussed, the Afrikaans edition of What the Ladybird Heard (Die Skilpadbesie  se Plan) will be on shelves from February 2016.

The Gruffalo is currently being translated into Zulu, to be released in late 2016.

A new boardbook from Julia Donaldson, called It’s a Little Baby and illustrated by Rebecca Cobb, will be released in March 2016.

Our Afrikaans titles are published by Protea Boekhuis.

Here is a list of Protea's publications:

Kris de Kat (9781485300304)

Rower Rot (9781485300311)

Stokman (9781485300533)

Superwurm (9781485300298)

Tjokkie (9781485300328)

Zok (9781485300335)

The following two books will also be published in Afrikaans by Protea later this year: Zog and the Flying Doctors and Scarecrow’s Wedding.

Also visit: http://juliadonaldson.co.uk/

The post "What's a Gruffalo?" An interview about Julia Donaldson appeared first on LitNet.

Viewing all 21598 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>