Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21514 articles
Browse latest View live

Só skryf mens ’n limeriek

$
0
0

Philip: "Ek verkies om van ’n limerick te praat in plaas van die Afrikaanse vervorming limeriek, maar volgens HAT is beide vorms anvaarbaar."

 

DIE LIMERICK

Die Geskiedenis van die limerick:

Limericke het omstreeks 1820 in Engeland begin en het veral populêr geword deur die Limericke van Edward Lear. Alhoewel daar in Ierland ’n dorp met hierdie naam is, het niemand ’n idee waarom hierdie versies so genoem word nie.

Hier is ’n Edward Lear-Limerick:

There was an old man with a beard

Who said: "It is just as I feared.

Two owls and a hen
Two larks and a wren

Have all made their nests in my beard."

Gedurende die 20ste eeu het die Limerick ál slimmer en stouter geword. Die Limerick is een van die mees toeganklike van alle versvorms en almal ken ten minste een wat hulle om die braaivleisvuur of in ’n kroeg gehoor het.

Die Limerick bestaan altyd uit 5 reëls en dít is hoe hy lyk: Die eerste, tweede en vyfde reëls is ewe lank. Reëls nommer 3 en 4 is korter en word effens weg van die kantlyn geskryf.

+++++++++++++++++
+++++++++++++++++

++++++++
++++++++

+++++++++++++++++

Die eerste reël is altyd oor ’n persoon óf die plek waarvan hy kom, byvoorbeeld:

Die lelike mevrou Van Zyl ... 
ʼn Dame genaamd Bernadette ...
ʼn Kêrel wat woon in Parys ...
ʼn Oupa van Somerset-Wes ...

Die lang reëls kry dieselfde rymwoord aan die einde en die kort reëls het ook elkeen hulle eie rymwoord. En tradisioneel begin elke nuwe reël met ʼn hoofletter.

ʼn Tannie woonagtig in Bloem
Was bang toe ʼn by om haar zoem.

Toe slaan sy hom plat
Dat heuning so spat

En spuit hom toe poegaai met Doom.

Die Limerick het ook ʼn spesiale ritme (metrum) en dít is baie, baie belangrik!

As jou metrum inkorrek is, kan jy net sowel daardie limerick weggooi.

Sê die TAM harder as die eerste ta en dan het jy ʼn idee hoe die ritme van ʼn basiese Limerick werk.

taTAM tataTAM tataTAM 
taTAM tataTAM tataTAM

taTAM tataTAM 
taTAM tataTAM 

taTAM tataTAM tataTAM

Lees nou die bogenoemde limerick weer ʼn keer en lees die vetgedrukte gedeeltes harder as die ander, en dan het jy die korrekte ritme vir die limerick.

As jy die limerick later lees, gaan jy natuurlik nie die klem op daardie lettergrepe laat val nie, maar jou ritme sal dan perfek wees.

ʼn TANnie woonAGtig in BLOEM
Was BANG toe ʼn BY om haar ZOEM.
Toe SLAAN sy hom PLAT
Dat HEUning so SPAT.
En SPUIT hom toe POEgaai met doom.

ʼn Limerick, al klink dit hoe eenvoudig, moet aan geskaaf word, al is dit vir weke lank totdat jy weet dat dit perfek is.

Ek hoop hierdie paar woorde help ʼn bietjie.

ʼn Uitstekende boek om te lees is The Art of the Limerick deur Cyril Bibby.

The post Só skryf mens ’n limeriek appeared first on LitNet.


US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha

$
0
0

Saartjie Botha (foto: Izak de Vries)

Saartjie Botha vertel vir Naomi Meyer van US Woordfees 2019. 

Saartjie, die Woordfees is in 2019 twintig jaar jonk. Wil jy iets oor die tema van die fees sê?

Die Woordfees het in 2018 baie klem gelê op die US se eeufeesviering. Na ’n jaar van 100 jaar was die behoefte aan ’n verjongingskuur akuut. Twintig jaar ís betreklik min in feesjare – die NAF is vanjaar 45 jaar oud, KKNK 25; Aardklop word 21. Die moeder van feeste, die Edinburgh National Festival, is 72 jaar oud. Woordfees is dus inderdaad 20 jaar jonk. 

Die program is stampvol – is daar spesifieke items wat jy wil uitsonder as iets wat feesgangers eenvoudig nie mag misloop nie? 

Jy gaan iéts misloop – dis onafwendbaar. “FOMO” is absoluut deel van die opwinding en bekoring van ’n fees en deel van mens se skeduleringstrategie. Daar is ’n paar toneelaanbiedings waaroor ek baie opgewonde is, maar dit gaan nie noodwendig in almal se smaak val nie. As jy dapper voel, moenie SamsonGodgOdgoDWalk, en Swerfgoed misloop nie. Veiliger, maar steeds substansieel is MI(SA)Afrikaan, KatvoetEndgameSwartskaapRooilugOns is nie almal so nie, Klippe wat val, Katrina, Tien duisend ton en Kansel. As jy vermaak wil word: Die intermissieBabbelagtig3 Susters ...Deurmekaar en My mense is die kluts kwyt. Daar is ’n hele paar juwele wat wag om ontdek te word – Johhny Boskak is feeling funnyStofRaakThe Borrow PitSky en Czech. Verder sien ek baie uit na die Nellie du Toit-huldigingskonsert, Olga Kern, Verdi se Requiem en USSO onder leiding van Daniel Bioco. Die Sanlam-musiekfees bied iets vir almal – van Albert Hammond tot Bombshelter Beast, en goeie jazz in die Visuele Kunste-vierkant. Lepeltjie vol snare is ook ’n moet-sien. 

Die skrywersprogram is die heel moeilikste afdeling waarin om iets uit te sonder, omdat alle gesprekke net eenmalig gebeur. Die beste raad wat ek kan gee, is om elke dag minstens een skrywersgesprek by te woon. 

Vanjaar is daar ’n paar praktiese veranderinge ten opsigte van die feesterrein. Wil jy dalk vertel waar die nuwe kern van die Woordfees geleë sal wees? Dalk kan jy vertel waar die boektent gaan wees en waar RSG gaan uitsaai. En is daar nog ’n Plataankafee?

Die Plataankafee en die RSG-verhoog skuif na Die Khaya se parkeerterrein, langs die Kruiskerk (ou Studentekerk). Die ATKV-Boektent en die ATKV-Boeke-oase, vanjaar bedryf deur Exclusive Books, skuif na die grasperk voor Wilgenhof. Stand-up skuif na die Visuele Kunste-vierkant, en ons visuelekunste-uitstallings is te sien in die Ou en Nuwe Konservatorium, die JH Neethling-gebou en die Visuele Kunste-gebou. Die kykNET-leefarea is ’n nuwe toevoeging voor die Konservatorium – ’n koele lafenis.

Die Fringe is ’n nuwe aspek van die fees wat bykom. Hoe gaan dit werk? Gaan daar enige vorm van gehaltebeheer wees? Hoe kan mense hiervoor inskryf? En is daar ’n ouderdomsperk (of dalk eerder: kan selfs skoolkinders inskryf, of ouer mense, of op wie is hierdie gedeelte van die fees toegespits)? Gaan daar kaartjies te koop wees hiervoor?

Die Fringe word vanaf Woensdag 6 Maart aangebied. Die stukke wat te sien is, is gerig op ’n jonger gehoor. Dit is ’n platform waarop daar kanse gewaag moet word. Alles gaan seker nie ewe goed wees nie, maar jy gaan beslis iets hê om oor te praat.

Daar is heelwat debuutproduksies op die program – iets wat jy wil uitsonder?

In Slavenhuis 39Klip Kween en Carpets, asook Toe ek twintig was en Musiek en liriek – 40 jaar later as deel van die Sanlam-musiekfees.

Die boekeprogram: watter plaaslike en internasionale skrywers kan ons hier verwag?

Internasionale skrywers wat ’n draai kom maak, sluit in liefdesromankoningin Joanna Trollope en krimiskrywer Yrsa Sigurdardóttir. Daar is ook vanjaar ’n groot groep Suid-Afrikaanse skrywers wat deesdae in die buiteland woon wat by die Woordfees optree: Marita van der Vyver, Willie van der Merwe, Deon Maas en Zirk van der Berg, om maar ’n paar te noem. En dan is daar opwindende nuwe jong stemme: Chase Rhys, Alettie van den Heever, Marina Albertyn en Beyers de Vos.

Wil jy dalk iets sê oor die Kinderfees op vanjaar se program?

Naas BabbelagtigKwathi ke kaloku en Met of sonder woorde (in die Stadsaal) en Die bul die wil nie (HS Lückhoff) word ons kinderfees by Bloemhof se skoolsaal aangebied. Die jongspan kan onder meer uitsien na Lollos & Lettie, 10 jaar basaarMakroman en Tjiff en Tjaff lll. Met of sonder woorde is ’n produksie vir kinders met kinders in die rolverdeling – 32 leerders uit agt laerskole in die Stellenbosse omgewing neem hieraan deel. Spesiale pakkette is vir die kinderprogram beskikbaar – stuur ’n e-pos aan wf2019@sun.ac.za met versoeke. 

En wil jy dalk iets sê oor nou die nag se deurnagbekendstelling? 

Dit was lekker, maar dit is goddank verby! Die orreluitvoering in die Moederkerk met sonsopkoms was werklik besonders. So net oor die 50 bittereinders het vasgebyt. Oud en jonk, nugter en nie, ’n hele mengelmoes van uiteenlopendes. Almal is inderdaad welkom by die Woordfees.

US Woordfees 2019: Wen drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies

US Woordfees 2019: Nederlandse en Vlaamse komponent

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met die sterre van Lollos en Lettie

US Woordfees 2019: Winnie Nel praat oor Met of sonder woorde

US Woordfees 2019: Diskoers

US Woordfees 2019: Nicole Holm gesels oor Drie susters

US Woordfees 2019: Vlagskipproduksies

The post US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha appeared first on LitNet.

Kô proe, wan soe smaakie Souci!

$
0
0

’n Comment op Facebook oo die hele storie lies as volg: “I know kids now days are difficult but I have lost faith in teachers as well.”

Nou my kop het eeste beginte klop en toe begin tuit my ore, wan dié is ʼn ouer wat soe praat. En soes ek wiet piep ouers somme lekke hulle kinners op deesdae.

Op ʼn anner video of Facebook oo die debakel sak ʼn ou antie af: “Die kinnes is onbeskof, en hulle moetie phones innie skool in hettie.” En ek stem, wan wat soek ʼn kind met ʼn smartphone innie klas? Hulle het klaa soe baie wêk wat hulle moet deuhaas, dan moetie onnies nog warrie oo kinnes se smartphones. Niee f%@k, jamme vi my French.

Twie jaa trug het ek besluit om opvoedkunde te gat swat. Ek het drie maande gehaal en net voo prakties toe sê ek niee, dit gat nooitie wêkie. Eestens is ek ʼn mens wat tien geweld is, maa ek wiet oek hoe ek grootgemaak is, en by my was dissipline ingeslat, nie nog hoekies en draaitjies nie. En ek sê nie wat die onnie gedoen het was reggie. Wan volgens wat hulle these days lee op uni oo onnerwys moet hulle siekerlik bieter equipped wies om met sulke gevalle mien te deel. Maa dissie soe nie. Op university vetel hulle jou wattie skool ennie gawement van jou af vewag wat djy moet doen as onnerwyser, hoevel djy moet insit, en wat jou veantwoordelikhede is innie klaskamer vi jou leerders, maa daa issie ʼn klas wat djy kan loep wat net gefokus is op hoe om met ongeskoolde, rou, g’n-maniere, aandagsoekende, onbeskofte en bederfde kinners te wêkie. En die ding is dié, dissie net een kind wat soe issie. Dis die meederheid.

Toe ek nog op skool was, kon ôs onnies die klas velaat, en gat afkoel, of iemand lat roep wat kan die kind skors of whateva. Djy as ʼn onnie onnerie niewe reëls maggie jou klas velaatie. Al het djy maagwêk, moet djy maa daa voo jou hele klas jou broek vol skyt, en jou naam gat maak virrie res van jou professionele loopbaan as onnie. Dit mag klink soes ʼn grap, maa die onnerwysdepartement het geen idee wat hulle doenie en wat hulle vooskryf vi onnerwysers om te doenie. Wan ʼn onnie moet aaire ees dood gestiek wôd voo hulle kinners allien kan los in ʼn klaskamer. Daa issie metodes om situasie te de-escalate nie. Ek is jammer, maa ek is dankbaar dat ek slim genoeg was om daai droem van ʼn anner antie se kind les te gie lat vaar het, wan daai antie kans selfie ees daai kind by haa huis innie lyn lat loepie, ennie gawement vewag van jou af om nie die engeltjies soe voel wêk te prop dat mieste kinners onnerie wêkdruk “snap, crackle en pop” nie.

En die ouer wat gecomment het op die Sans Souci-video is hoekal een van daai ouers wat hulle kind te veel draad gegie het toe hulle klein was, en nou wôd hulle ennie res van hulle wêreld, saam mettie onnies, met daai draad opgehang.

En ja, ja, ja! Ek het die video gekyk en ek het gesien hoe daai boere-antie daai swat meisie klap, but die het niks met ras uit te waai nie. Kinners hettie mee respekkie. Hulle was nog nooit van geboorte af gelee hoe om respek te toon vi mense wat ouer as hulle issie, nie ees hulle eie ouersie, nie eesie priesie, nie ees die onnerwyserie. Nou wat vewag djy dan, om jou kind skool toe te stuu en dan môs hulle amal se tyd, maa dan as die ding dik raak, dan is dit amal se skuld maa nie jou kind se skuld nie. My ma sou my nog vêdere gedonner het by die huis. Jammer vi my French!

Die gawement het vi amal regte gegie, en dis ʼn goeie ding. Maa as djy ʼn hond losmaak wat heeldag vas was, wat maak hy? Hy spring jou heel om van kan heppie wies, of hy maakie hele bleddie jaart deumekaa.

En niee, ek sê nie dat mense honne issie. Ek bedoel om te sê dat mens kannie net vewag mense moet hulle in toom hou met allie vryheid wat hulle hettie wanne mense nie vestaan dat om regte en vryheid te het bedoel nie dat djy moet anner mense se liewens hel maakie. Maa volgens wetenskap is ôs mos soogdiere. En daa in daai “soogdier” is daa mos ʼn element van dier. En ek mien maa, kyk om jou en sien hoe ôs mieste vannie tyd vi ôs êger gedra as die soogdiere wat volgens die Bybel onner ôs moet wies. Maa moetie ʼn fout maakie. Net ommat ôs al die gemak innie wêreld het, en ôs hoefie te warrie om nog te loep jag vi kossie, maak dit ôsie bieter dan daai diere daa buite nie.

En my laaste gedagtes is dié, an amal, en oek an juffrou Sans Souci: As mense goed kan veniet kry, dan sal hulle nog vêdere opmôs, wan niemand dink annie neks pesoonie, dis net “me, me, me, me, me, me, me!”. Juffrou Sans Souci, ek is jammer dat die kinners jou soe bully, en ek bid dat djy tog sal jou bes doen dat djy nie wee sal raak soes hulle nie. En oek, los maa anner anties se kinners en gat gie hulle an vi bullying, wan djy kan mos nou sien, amal sê nou dis jou skuld. Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou.

The post Kô proe, wan soe smaakie Souci! appeared first on LitNet.

In hierdie huis

$
0
0

Gesien – Ena Jansen, op Facebook:

Die man wat die Koran in Afrikaans vertaal het (gepubliseer in 1961) het sy jeugjare in hierdie huis in Simonstad deurgebring. Later was hy imam van die moskee net langsaan in Thomasstraat.

 

The post In hierdie huis appeared first on LitNet.

Filmresensie: On the basis of sex

$
0
0

Draaiboek: Daniel Stiepleman

Regie: Mimi Leder

Akteurs: Felicity Jones, Armie Hammer, Justin Theroux, Kathy Bates, Sam Waterston, Cailee Spaeny

Dis ’n worstelstryd wat al eeue duur: dat vroue dieselfde regte as mans moet geniet. Hierdie biografiese film oor Ruth Bader Ginsburg, sedert 1993 ’n regter van die Amerikaanse appèlhof, beeld ’n stuk van daardie geskiedenis op treffende wyse uit.

Die film open in 1956, met die 23-jarige Ginsburg wat haar studie by Harvard se gesogte regsfakulteit begin. As een van net agt vroue wat tot die kursus toegelaat is, word haar neus behoorlik daarin gevryf dat sy daardeur ’n man van die geleentheid ontneem het (boehoe, nè?). Ruth (Felicity Jones) is getroud met Martin Ginsburg (Armie Hammer), ’n tweedejaarstudent aan dieselfde fakulteit, en hulle het ’n baba, Jane.

Ná sy afgestudeer het, is Ruth se grootste begeerte om as prokureur te praktiseer. Maar ten spyte daarvan dat sy die beste student in haar klas was, is geen regsfirma bereid om haar aan te stel nie, onder meer omdat haar manlike kollegas se vrouens jaloers sal wees! Gevolglik begin sy ’n loopbaan as akademikus. In die 1970’s, te midde van die burgerregtebeweging, kry sy haar eerste kans om in die hof te veg vir vroueregte – deur op te tree vir ’n man wat benadeel word deur wetgewing wat gegrond is op rigiede geslagsrolle.

’n Sterk punt van hierdie fliek is dat vroue nie eenvoudig téén mans opgestel word, met die een party wat voorgestel word as reg en die ander as verkeerd nie. Die Ginsburgs had ’n gelyke verhouding in die huis, en Martin het ook ’n bepalende rol in Ruth se sukses gespeel. Daarby is dit die verhaal van drie geslagte vroue: die invloed van Ruth se ma, wat haar van kleins af geleer het om nie terug te staan omdat sy ’n vrou is nie, en op haar beurt Ruth se invloed op haar tienerdogter (gespeel deur Cailee Spaeny).

Die fliek trek wel ’n bietjie in sy middel, en van die besonderhede oor die Amerikaanse regstelsel is minder interessant vir ’n buitestander. Tog is dit een van daardie films wat ten slotte besonder bevredigend saamgetrek word, en daarom definitief die kyk werd.

Sterre:

The post Filmresensie: <i>On the basis of sex</i> appeared first on LitNet.

Kunsmatige intelligensie in Vsa vs SA

$
0
0

So, Donald Trump voel dat dit van so groot prioriteit vir VSA is, dat dit 'n instruksie is om alles moontlik daarin te sit. In SA sukkel ons nog om konstant elektrisiteit op te wek. Dit het ons beleggings in emosionele intellek nodig, vir verstaan ...

 

The post Kunsmatige intelligensie in Vsa vs SA appeared first on LitNet.

Pniël Adam Small Fees: 22–24 Februarie 2019

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 2

$
0
0

#politieklimeriek – Week 2 se jongste inskrywings. Skryf nou in en wen R3 500!


Kompetisiebesonderhede:



Merinda Kruger

Wasdag

Aggrizzi het sy onthulling in detail bedien
hope vuil wasgoed vir almal om te sien
bondels omkoopgeld
was net skoonveld
in ʼn glad-geoliede geldwasmasjien



Mana Wessels

Strategie

Vir wie kan ek nou nóg blameer
Vir dié vir daai, ek appelleer!
Verkiesings op hande
Ontken alle skande
Vir selfgewin behou beheer



Wilhelm Wessels

Laaste kans

ʼn Man genaamd Peter Marais
Wou polities net nie gaan lê.
Toe kyk hy maar rond
Sluit aan by die Front
Hoop om sy volle sê te sê



Coen Havenga

Dit is weer Bosasa se nuuskas
en almal gryp hul ore vas
Oupa Uil sit en huil
want sy vere is so vuil
nes die geraamtes in die kas



Marianne de Jong

Daar was eens ʼn lustige suster.
Met geld was sy glad nie van gister.
Vir ʼn huis vol vleis
En baie whiskey op ys
Word sy gou-gou ʼn minister.



Ellari Campbell

Piet Verwey het sy punt gekry
sy pa is geskok: dis swak verby!
Maar Piet verdedig wild:
dit is mos nie sy skuld
Eskom se clutch het alweer gegly!



Ronel Lesch

Die oplossing

Wie sal nou "worry" oor ʼn spoeltoilet?
Klasloop in ʼn opslaanklas is mos pret.
Maar ons redding het gekom.
So sal SA onderwys blom.
Geen "worries" as jy eers ʼn tablet het!



Carma Shaw

daar was ’n ou man genaamd Trump
wat graag sy kop teen ’n muur wou stamp;
hy twiet Meksiko
sal die muur moet bou
maar hul weier en nou’t hy ’n kramp



Marisa Potgieter

My moeder se taal is my brood
Maar niemand wil vir haar meer begroot.
Boelies wil haar hang
Want eintlik’s hul bang!
Maar kyk maar sy gaan nie net dood.



Jenny du Toit

In ons land van melk en heuning
Is ʼn werk vandag ʼn seëning
Net vir minimumloon
Verryk hoë’s op hul troon
Hoor die soustrein, hoor die dreuning



Johan Kotze

Die EFF het vir grootbek Malema
Dus kom help bietjie, Emma Koelêma
Want hy hou nie van wittes
En dis presies hoekom dit is
Ons sit met n moerse dilemma.



Yvonne Botha

Twee anties vannie Kaap in
Antie’s Pat en Helen in bewin
Pat beweer sy’s gekul
Helen aan’t bitter woorde smul
Nou’s altwie hul moer in



Elmi Smith

My ma sê die man is ʼn groot rol
Sy sê ons is lankal al keelvol
Elke sooi vol van hooi
Word pleidooi deur die rooi
Ma lê ma’ tot Cirrie hom uithol



Mariaan Taljaard

Zuma het alweer getrou
Is dit dalk die sesde vrou?
Die nasie skreeu Amandla
Toe ontstaan Nkandla
Prezzie lag en word uitgejou



Marianne de Jong

Daar was eens ʼn lustige suster.
Met geld was sy glad nie van gister.
“Vir ʼn huis vol vleis
En baie whiskey op ys
Word jy mos maar net ʼn minister.”



Suzette Richards

Daar was ʼn kwaai man by die SONA
Wieʼt gedog hyʼs by eie boma
Links en regs geklap
Die gereg te slap
Hom aan die pen laat ry? Aikona!



Catea Sinclair

Verk(n)iesing 2019

O, populis! roep die massas uit
terwyl Suid-Afrika stem-stem skyt
en oral nooi ʼn lamppaal jou
om ʼn briefie in hul boks te vou
ag, Mei, kom tog gou sodat ons net kan verk(n)iesing hou



Pieter Hugo

Cyril

Na jare van sug onder Zuma,
Sê Cyril “Ag bogger dit, toema,
Kom trek net jou kruisie.”
Maar als issie pluisie,
die soustrein stoom gou weer met woema!”



Anton Döckel

Skoon Bosch

Markus Jooste, adres: Stellenbosch
Word toe siek, die fiere strydros
Hy kla: hospitaal
julle skeer my te kaal –
Meneer, jou boekhou was meer losklos



Lizette Simpson

Aai toggie, dié niggie Nomvula
Haar sakke die bult van ons moolah
Bosasa moet gee
ʼn Skapie of twee
Belastingbetalers kan “thula”.



André Black

Daar is ʼn dame Helen Zille
Twitter is vir haar soos pille
Sy is moontlik verslaaf;
aan twiets word nooit geskaaf.
Ai Zille gebruik tog daai brille.



Daan Prinsloo

Pravin Gordhan

Apteker by name Gordhan
Help oral net waar hy ook kan.
Hy werk hard by SARS
En kom buig of bars
Die stelers sal hy help verban.



Dietloff van der Berg

Kan hy keer?

Daar bly nou ’n man by Nkandla
hy stort nie maar swem in sy tanga
want sy vuurpoel bly koel
deur al die gewoel
oor hoe om te keer vir die vangwa.



Annalise du Buisson

Bosasa jy woel en jy roer
Daarom is Jan Publiek in sy moer
Die winde het gedraai
Bosasa in hul maai
Nou kan ons weer vorentoe boer



Gerda de Wet

Ons het ʼn president, sy naam is Cyril
Hy is baie flink om vir Julius te kapittel
Maar Julius wag vir sy grond
En die president staan bont
Sodat almal in die land begin rittel.


Kompetisiebesonderhede:


The post Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 2 appeared first on LitNet.


"Jij gaat ook dood, net als ik, net zo goed"– enkele beschouwingen bij Karel Schoemans zelfdoding en het aartsmoeilijke debat over een goede dood

$
0
0

Karel Schoeman is een reus. Hoewel het Afrikaans zijn moedertaal is, is hij de beste ambassadeur geweest voor het Nederlands. Niet alleen in Nederland, dat hij beschouwt als zijn tweede thuis, maar ook in Vlaanderen, waar sappiger Nederlands wordt gesproken. Omdat zijn Stemme-drieluik volledig in het Nederlands is vertaald, zijn het deze drie romans die mij de weg naar Schoeman hebben gewezen. Maar de schrijver grijpt je stevig vast. Je wil meer over hem en zijn fenomenale œuvre te weten komen.

“Ek kan in Amsterdam kom of Berlyn, ek kan by ’n straat in Wene af stap waar ek nooit eerder was nie, en daar onmiddellik tuis voel op ’n manier waarop ek dit in Suid-Afrika nie buite die mure van my eie huis is nie, en miskien ook nooit werklik wás nie.” (uit: Afskeid van Europa, blz 248) – foto ter beschikking gesteld door Protea Boekhuis. Fotograaf: Philip de Vos.

Op 1 mei zal het twee jaar geleden zijn dat Karel Schoeman overleed door versterving, een term die erg archaïsch aandoet. Tenminste in Nederland en België, de eerste twee landen in de wereld waar bij de start van het nieuwe millennium een wettelijke regeling voor euthanasie werd ingevoerd en bovendien een uitgebreid stelsel van palliatieve zorg bestaat. Ik ben in de war omdat er zoveel termen in het debat over een goede dood kriskras door elkaar worden gebruikt: natuurlijke dood, zelfmoord, zelfdoding, begeleide zelfdoding, euthanasie en nog vele andere. Het is aartsmoeilijk om je een idee te vormen van wat een goede dood voor iemand mag betekenen. Ik vertrouw op Karel Schoeman om mij duidelijk te maken wat die goede dood voor hem betekende en om hem het maatschappelijk debat over het levenseinde verder te laten zetten, zelfs nu hij er niet meer is.

Onmiddellijk na het overlijden van Schoeman heeft LitNet een schat aan informatie aangereikt: het in memoriam (https://www.litnet.co.za/karel-schoeman-1939-2017-n-oorsig-oor-hierdie-lewe/), de bijdrage van Erika Terblanche tot het ATKV/LitNet-Skrywersalbum (https://www.litnet.co.za/karel-schoeman-1939/) en LitNet-reacties, met zeer persoonlijke getuigenissen, van Pieter Duvenage, Ena Jansen, Johann Rossouw, Hennie van Coller, Cas Wepener, ea. Al deze bronnen brengen Schoeman scherp in beeld, hoe moeilijk dat ook is voor een begenadigd, erudiet, ascetisch, maar ook gecompliceerd schrijver als hij.

Om te peilen naar de alomtegenwoordigheid van de dood in zijn werken, heb ik bovendien drie boeken uitgepluisd naar uitspraken over sterven en doodgaan, in het besef dat er nog vele andere boeken zijn die dit thema expliciet of impliciet behandelen. De drie geselecteerde boeken zijn een roman van vijfendertig jaar geleden (1984), de aantekeningen die hij maakt bij zijn afscheid van Europa (2017) en zijn reisboek over zijn laatste bezoeken aan Lesotho (postuum uitgegeven in 2018). Het boek Slot van die dag. Gedagtes (2017) laat ik buiten beschouwing, omdat daarover onlangs een zeer interessante recensie van Hans Ester is verschenen op Voertaal (https://voertaal.nu/karel-schoeman-denkt-hardop-over-het-eindige-leven/) en in Zuid-Afrika Spectrum, februari 2019, blz 32-33.

Bloemfontein, circa 1900. Hier speelt zich het leven af van Versluis, het hoofdpersonage uit Een ander land. Bron foto: Louis Creswicke, South Africa and the Transvaal War. Vol 1. Edinburgh, TC & EC Jack, 1900. Tussen blz 24-25.

Cover: Een ander land

Een ander land is uitgekomen in 1984, vijfendertig jaar geleden. Karel Schoeman neemt Versluis bij de hand gedurende diens laatste tocht. Over dit personage zegt Louise Viljoen dat er zeker overeenkomsten bestaan met wat Schoeman veel later over zichzelf schrijft in zijn autobiografie. Het maakt me nog meer nieuwsgierig.

Versluis is een rijzige, magere man van middelbare leeftijd, stevig opgeleid en vermogend, die op het einde van de jaren 70 van de 19e eeuw zijn groot huis in Delft verlaat, zogezegd tijdelijk. Hij wil maar niet inzien dat zijn dood nadert, nadat artsen hem hadden aangeraden om gezonde berglucht op te zoeken in Zwitserland maar hijzelf had ervoor gekozen om te gaan herstellen in Zuid-Afrika.

In het opkomend stadje Bloemfontein, dat zich een reputatie aan het opbouwen was van hersteloord voor mensen met longaandoeningen, neemt hij zijn intrek in een hotel, waar Frau Schröder hem goed verzorgt. Zijn koortsaanvallen, hoestbuien en kortademigheid verminderen. Hij ruilt het hotel in voor een kamer in het ruime huis van mevrouw Van der Vliet, sedert lang weduwe maar nu toch met een plaatsvervangende man oogluikend in huis. Van haar hoge status in de plaatselijke gemeenschap is zij zich altijd bewust.

Versluis doet moeite om contacten aan te knopen met enkele Duitsers en Nederlanders in het dorp, maar dat valt hem erg zwaar. Hij is een Einzelgänger en was dat al als kind. Thuis in Nederland is er niemand achtergebleven aan wie hij nog brieven hoeft te schrijven. Hij houdt niet van drukte om zich heen. De vrolijkheid van de kinderen bij de Hirschen maakt hem ongemakkelijk. Bij het zien van teveel levendigheid breekt woordeloze paniek uit. De intimiteit met haar verloofde die juffrouw Pronk vertoont brengt hem van streek. Hij slaagt er maar niet in om steun te bieden aan zijn landgenoot, de jonge Gelmers, een zieke boerenzoon uit Meppel, met wie zijn familie in Nederland geen blijf wist, tot Versluis in de onwezenlijke situatie terechtkomt dat Gelmers in zijn armen sterft. Versluis hoort niet bij een kerk. Hij is geen christen en hangt geen enkele leer aan.

Hoe goed zijn bedoelingen ook zijn om zich aan te passen in Bloemfontein, toch lukt dat niet. Hij wordt voortdurend heen en weer geslingerd tussen twee werelden, die ooit door Susan Sontag zijn omschreven als “het rijk van de gezonden” en de schaduwkant van dat rijk: “het rijk van de zieken”. Die slingerbeweging is heftig. Aan de ene kant heeft hij het aangename gevoel dat hij zijn lichamelijke zwakheid heeft overwonnen, merkt hij op hoe hij vooruitgaat, is hij weer zichzelf geworden, heeft hij een proef doorstaan, is zijn nieuw leven begonnen. Aan de andere kant is hij moe, uitgeput, wil hij slapen, hijgt hij bij de minste inspanning, breekt hem het koud zweet uit omdat hij bloed spuugt, krimpt zijn wereld steeds meer in, werkt hij zich uit zijn stoel met een bovenmenselijke inspanning, verliest hij het bewustzijn, is hij bezig dood te gaan, weet hij met een verbijsterende zekerheid dat hij nooit naar Nederland zal terugkeren.

Versluis is een nieuwkomer van goede wil in Bloemfontein, maar het geregelde leven dat hij voor zich zo intens had gewenst wordt onbereikbaar. Het vloeit weg uit hem zoals zand in een zandloper.

Karel Schoeman verbindt op onevenaarbare wijze de slingerbeweging die Versluis ondergaat, met schilderachtige nuances in het landschap en het lichtspel. Op die momenten verliest de roman welhaast zijn prozaïsch karakter en wordt hij omgetoverd tot zuivere poëzie. Van het droge geruis van de eucalyptusbladeren in de wind, de zinzoekende monoloog van de jonge predikant August Scheffler op de heuvel in Brandkop, de laatste viooltjes van voor de nachtvorst, gaat de slinger brutaal over naar de andere kant: dit land met zijn afstanden, zijn leegte, zijn hitte, zijn stof, de doodse vlakte onder die hoge zon, het land dat geen genade kent.

Schoeman heeft het niet alleen over het stervensproces van Versluis, van Gelmers, van het zieke Schotse meisje dat moederziel alleen doodgaat in Bloemfontein. Hij graaft nog dieper. Of beter gezegd: hij laat Versluis nog een laag dieper graven, en wel op twee scharniermomenten in de roman.

Eerst is er die onverkwikkelijke gebeurtenis op het bal om de verjaardag van de Duitse keizer te vieren. Tegen zijn zin in gaat hij er naartoe, maar hij is niet opgewassen tegen de drukte en zakt in elkaar terwijl alle gasten daar getuige van zijn. Dokter Kellner helpt hem overeind en stelt “noodhulp” voor: verzachtende middelen die het hoesten wat doen bedaren, een verdovingsmiddel dat waarschijnlijk helpt wanneer de pijn ondraaglijk wordt, een slaapmiddel, maar geen genéésmiddelen. Het is een zwaar verdikt. Versluis beseft dat zijn dood nadert.

Daarna, wanneer het onbekende land vertrouwd is geworden en hij zich niet langer herinnert dat het zijn bedoeling is geweest om terug te keren naar Nederland, haalt hij in de veranda van het huis van Van der Vliet zijn Aeneïs erbij, zijn troost wanneer het hem allemaal teveel wordt. Het laatzomerse zonlicht verwarmt hem en hij leest het vierde boek, het verhaal van Dido’s liefde voor Aeneas en haar zelfmoord na zijn vertrek. “Toen kreeg de almachtige Juno medelijden met het lange verdriet en stuurde hij Iris van de Olympus om de worstelende ziel uit de boei van het lichaam te bevrijden. Terwijl Iris bleef zweven boven Dido’s hoofd, zei ze: deze lok wijd ik op bevel van Pluto, en met haar rechterhand sneed ze de haarlok af. En alle hitte gleed uit Dido’s lichaam en haar leven verdween in de winden.”

Schoeman citeert uit het Romeinse heldendicht om de optie van zelfmoord voor Versluis te verkennen. Hij is 45 wanneer hij dit schrijft.

Cover: Afskeid van Europa

In Afskeid van Europa maakt Schoeman naar eigen zeggen “aantekeningen” bij de bezoeken die hij in de herfst van 2011 en 2013 brengt aan vijf Europese steden. Het zijn afscheidsbezoeken, die de vorm aannemen van stadswandelingen tegen de achtergrond van opborrelende herinneringen. Excursies van een artistieke dilettant noemt hij ze ook.

Nog nooit eerder heeft hij zo zuiver in het ogenblik geleefd als tijdens deze wandelingen. Hij moet niets vragen, verwacht niets, wacht en neemt waar. Hij staat uitgebreid stil bij wat het is om te flaneren, het toeschouwen zonder haast of enig plan. Veel meer dan bijv. in zijn Stemme-drieluik geeft hij kleur aan de dingen die hij observeert. Zij zijn donkerlila, kobaltblauw, zeeblauw, seladongroen, olijfgroen, okergeel, keizergeel, roomkleurig, honigkleurig, pinksterrood – om maar enkele kleuren op zijn palet te vermelden.

Schoeman kent buiten de muren van zijn eigen huis geen plek waar hij zich zo intens en innig thuis voelt als in Amsterdam, waar hij nog had gewoond als jonge dertiger. Hoezeer hij ook geniet van het cultureel erfgoed van de Europese achttiende eeuw en, niet te vergeten, van kost en drank, toch is hij moe, doodmoe in de haast letterlijke zin van de uitdrukking. Hij spreekt tot ons als een verbitterde oude man, die zich de kleuren van weleer heel goed herinnert maar radeloos wordt omdat zijn kracht door de ouderdom afneemt. Getuigt het niet van pessimisme, van zwartgalligheid wanneer je bij het aanschouwen van horden toeristen in grote steden klaagt: “zij zullen terugkomen, maar ik niet”?

De aantekeningen van Schoeman worden nog droefgeestiger wanneer hij in de bezochte steden zijn oog laat vallen op interessante gevallen van zelfdoding. Alsof hij zich in de periode 2011-2013 nog beter wil documenteren over hoe je er met stijl zelf een eind aan kan maken.

Zijn bezoek aan Amsterdam grijpt Schoeman aan om uit te weiden over de zelfmoordpoging in 1895 van het meest notoire lid van de Tachtigers, Willem Kloos. Een wilskrachtige vrouw heeft de dichter gered maar zijn verdere leven heeft hij als een wrak van zijn vroegere zelf, als een levend lijk doorgebracht. Nog opvallender is het aantal andere leden van de literaire kring, doorgaans geniale mensen met uitgesproken persoonlijkheden, die hun eigen leven hebben beëindigd, dikwijls op jonge leeftijd. 

Tijdens zijn bezoek aan Berlijn realiseert Schoeman zich dat de Val van de Muur en het einde van het apartheidsbewind in Zuid-Afrika de twee grootste wonderwerken zijn geweest die hij in zijn leven heeft meegemaakt. Het achttiende-eeuwse panorama, vol pracht en praal en zelfvertrouwen, langzaam in zich opnemen op een bank in het park van Sanssouci is voor Schoeman de ultieme manier om afscheid te nemen van Berlijn. Bij zoveel verwondering kunnen zijn gedachten aan de dood even rusten.

In Dresden flakkeren die gedachten op. Vroeg in 1940 werden de Joodse inwoners van de stad samengedreven in Jodenhuizen. Onder hen waren ook Viktor Klemperer, Joods filoloog en schrijver, en zijn niet-Joodse vrouw Eva. In zijn dagboeken beschrijft Klemperer de angsten en vernederingen die in de Jodenhuizen de dood binnenbrachten. Dat hij overleefde heeft hij te danken aan zijn “Arische” vrouw, maar zijzelf werd voortdurend gekweld door depressies en gedachten aan zelfdood.

Salzburg, de uitbundige Mozartstad, moet ook een donkere kant hebben. In zijn jeugd had Schoeman erg genoten van Madame Solario, een roman die in 1956 anoniem was uitgekomen en veel deining had veroorzaakt. Dit schiet hem te binnen wanneer hij voor de Alte Residenz staat. Later is gebleken dat de auteur een uiterst respectabele bejaarde Amerikaanse dame is, Gladys Huntington, die in 1959 een einde aan haar leven heeft gemaakt. De in Salzburg geboren dichter Georg Trakl, van wie Schoeman na dertig jaar nog versregels uit het hoofd kent, is in onduidelijke omstandigheden overleden na een overdosis cocaïne. Dit voorval gebeurde tijdens de Eerste Wereldoorlog. Maar Schoeman haalt ook de Tweede Wereldoorlog aan. In mei 1945, wanneer Salzburg was bevrijd door de Amerikanen, hebben veertig mensen in de stad zelfmoord gepleegd. Deze gebeurtenis is echter “een tijdlang verborgen onder een laagje chocolade en gewikkeld in zilverfolie”, zo schrijft Schoeman, om ervoor te zorgen dat de Oostenrijkers niet zouden talmen met het verwerken van hun oorlogsverleden.

Schoeman bewaart Wenen voor het laatst. Daar neemt hij formeel afscheid van Europa. Tijdens het afscheidsbezoek dwalen zijn gedachten af naar wat er met mensen gebeurt wanneer zij te moe zijn om nog verder te leven. In de keizerstad met haar meertaligheid en hybride polyfonie, waar minstens vijf culturele tradities samensmelten: Duits, Italiaans, Boheems, Pools en Hongaars, springt de journalist Arthur Koestler hem voor de geest. Koestler had zich destijds positief uitgelaten over de Engelse vertaling van Schoemans Na die geliefde land. In 1983 hebben Koestler en zijn vrouw samen hun leven beëindigd. De portret- en landschapsschilder Richard Gerstl heeft in 1908 een naakt zelfportret geschilderd en kort daarna heeft hij zich met een lang slachtmes in de borst gestoken en zich opgehangen voor de spiegel die hij had gebruikt voor zijn zelfportret. Hij was 25.

De filosoof Otto Weininger – hij was 23 – heeft zich in 1903 doodgeschoten in een kamer van Beethovens sterfhuis in Wenen, die hij speciaal voor dat doel had gehuurd. Het is opvallend hoeveel gekwelde jonge mensen in het fin-de-siècle klimaat van Wenen zelfmoord hebben gepleegd. Drie broers van Ludwig Wittgenstein: Hans, Rudi en Kurt, kinderen van de rijke Joodse familie Wittgenstein pleegden in die donkere periode zelfmoord. Schoeman weet van geen ophouden. In het Wenen ten tijde van de inlijving bij het Derde Rijk worden sommigen voor de keus gesteld: ofwel emigreren ofwel zelfmoord plegen. Tijdens de Kristalnacht hebben 680 Joden in Wenen een einde gemaakt aan hun leven. In zijn aantekeningen heeft Schoeman het eenmaal over een euthanasieprogramma, namelijk een dat in een Weens kindertehuis is uitgevoerd en minstens 789 levens heeft gekost.

Voor Schoeman nadert het einde van zijn allerlaatste reis naar Europa. Hij heeft erg genoten van het weidse panorama, zittend op een bank in het park van Sanssouci in Potsdam. Maar de Oude Joodse Begraafplaats in Wenen maakt op hem een nog grotere indruk, een dat het leven ook een schaduwkant heeft en dat het niet gemakkelijk is om die te trotseren.

Karel Schoeman is bijna 75 wanneer hij afscheid neemt van Europa.

Cover: Die laaste reis

In Die laaste reis beschrijft Karel Schoeman zijn laatste korte verblijven in Lesotho, het koninkrijkje dat volledig wordt ingesloten door Zuid-Afrika. In de maanden voorafgaand aan zijn dood reist hij er driemaal naartoe. De twee eerste keren in gezelschap van Jemina en Mamohau, de twee zussen die hem al bijna tien jaar verzorgen; de laatste keer gaat alleen Jemina mee. De vader van de zussen is geboren in Lesotho, het vroegere Basoetoland, dat voor veel Zuid-Afrikanen nog altijd onbekend, zelfs onzichtbaar gebied is.

Het eerste bezoek, in maart 2017, leidt naar de hoofdstad Maseru, pal op de grens met Zuid-Afrika, en Semonkong in de bergen. Het tweede, in april, naar het Tsehlanyane National Park in het noorden. Het derde, later in april, naar Morija in het westen, een vroegere Franse zendingspost, de geboorteplaats van de huidige koning en een van de belangrijkste cultuurhistorische sites van het land.

Zoals hij dat ook doet in Afskeid van Europa, wil Schoeman afscheid nemen van zijn “mooi buurland”, waarmee hij in 1959, toen hij op de universiteit in Bloemfontein zat, voor het eerst heeft kennisgemaakt. Die laaste reis is een reisboek, en door de uitgeverij ook van dat label voorzien. Het staat stil bij al die punten die een reiziger interesseren: het landschap, de accommodatie, de restaurants, de joviale mensen, en zodoende is het ook een echte reisgids voor Lesotho. Maar het is veel meer.

Tijdens de bezoeken hoor je voortdurend de echo van Schoemans herinneringen, niet alleen aan Lesotho, maar vergelijkenderwijs ook aan Ierland, Schotland, Ladybrand, Clarens, en aan versregels van Van Wyk Louw: Mooi is die lewe, en die dood is mooi. Schoeman is naar Lesotho teruggekeerd vir ’n soort terugtrekking. Dat merk je heel goed want het informatieve van het reisboek wordt vaak onderbroken door de dramatiek van Schoemans persoonlijke aftakeling. Dan drijven ineens donkere wolken over de hoogvlakte.

Vermoeidheid is alomtegenwoordig. Het gaat van kwaad naar erger. Hij heeft zijn loopwagentje nodig. Met een schoon geweten kan hij zijn moeheid aanvoeren om zich terug te trekken in zijn bed. Het rumoer in Pick n Pay wordt hem gauw te veel. De lokroep van zijn eigen huis en bed achtervolgt hem voortdurend. Hij beschrijft zichzelf as ’n afgetakelde ou man met wasige blik en verwarde wit hare. Hij tekent deze dingen op uit pligsgevoel, as ’t ware onder dwang; want dit is nie meer vir my vanselfsprekend om te skryf nie, nie meer ’n vreugde nie, laat staan nog ’n bevryding, en die woorde kom ook nie meer vanself nie. 

Karel Schoeman is 77 wanneer hij een week na zijn laatste bezoek aan Lesotho overlijdt in Bloemfontein.

En de laatste vijf woorden van het boek zijn veelbetekenend: Dit was die laaste reis.

De beslissing van Karel Schoeman om zijn eigen leven te beëindigen en het feit dat zijn bewuste versterving enkele dagen later fataal afliep, hebben oneindig veel vragen opgeroepen, meer nog dan in een socratische dialoog mogelijk is. De verwondering over wat de ene een wanhoopsdaad noemt, de andere een goede dood, neemt nog toe, nu de tijd voldoende ruimte heeft vrijgemaakt om ernstig na te denken over levenseinde-beslissingen.

Wie de krantenkoppen van de eerste dagen na het drama leest, wordt er niet wijs uit: hij is overleden, het was een zelfgekozen dood, een zelfverkozen dood, een zelfmoord. Wie de verklaring leest die Schoeman heeft opgesteld over zijn hoogst persoonlijke besluit om niet verder te leven, ontdekt veel meer nuancering over zijn methode en motieven. Zijn methode – het vrijwillig ophouden met eten en drinken en het leven beëindigen door middel van een proces van mortificatie – is mijns inziens archaïsch, extreem solitair, wreed en strookt niet met de hedendaagse opvattingen over waardig sterven. Zijn motieven verwijzen naar het verlies van kracht bij het ouder worden, fysieke aftakeling, achteruitgang van geestelijke vermogens, de ervaring dat schrijfwerk een last begint te worden, toenemende hulpeloosheid en afhankelijkheid. Schoeman formuleert zijn motieven op een vrij algemene wijze, die voor interpretatie vatbaar is. Nergens in zijn verklaring maakt hij uitdrukkelijk gewag van ondraaglijk fysiek of psychisch lijden of van een medisch uitzichtloze aandoening, wat niet belet dat die aandoening er wel kan zijn en Schoeman zijn persoonlijke levenssfeer wenst te beschermen door niet te spreken over een eventuele ongeneeslijke ziekte. Door het socratische gehalte van zijn verklaring slaagt Schoemans erin om zijn eigen situatie, beschreven door maar enkele feiten, af te leiden naar een maatschappelijke discussie over het levenseinde in Zuid-Afrika. En eigenlijk is dit Schoeman ten voeten uit.

Stond het niet in de sterren geschreven dat het boegbeeld van de naoorlogse Afrikaanse literatuur zichzelf van het leven zou beroven? Twee jaar voor zijn zelfdoding, in 2015, ondernam hij al een poging, maar die is naar zijn eigen zeggen gefnuikt. Zijn laatste reis naar zijn mooi buurland Lesotho is een ode aan de dood. Zijn meesterlijk boek Afskeid van Europa ontroert de lezer tot in het diepste van zijn vezels omdat Schoeman de kunst beoefent van het flaneren, zelfs doorheen de brokstukken van het sterven in Amsterdam, en vooral in Wenen, waar zoveel gekwelde jonge mensen in het fin-de-siècle klimaat op het einde van de 19e eeuw zelfmoord hebben gepleegd. Ik kon het haast niet geloven dat zijn gedachten ook al door deze thema’s doolden toen hij een pak jonger was. Daarom heb ik ook Een ander land gelezen, als proef op de som. Toen hij voor deze roman zijn verbeelding liet spreken, was hij 45 jaar. Versluis, het hoofdpersonage, is moe, doodmoe. Toen hij eenzaam stierf in een ziekenhuis in Bloemfontein, was Karel Schoeman moe, doodmoe. Niemand of niets was daar tegen opgewassen.    

 

 

  • Met dank aan Martie Eloff, Protea Boekhuis, voor het ter beschikking stellen van de foto van Karel Schoeman.

 

Bronnen:

Karel Schoeman, Die laaste reis. Pretoria, Protea Boekhuis, 2018. Het manuscript is op 1 mei 2017, de dag dat de schrijver is overleden, naar de uitgever gestuurd.

Karel Schoeman, Slot van die dag. Gedagtes. Pretoria, Protea Boekhuis, 2017. In het Engels vertaald door Elsa Silke: At Close of Day. Reflections. Pretoria, Protea Book House, 2018.

Karel Schoeman, Afskeid van Europa. Aantekeninge. Pretoria, Protea Boekhuis, 2017.

Karel Schoeman, Een ander land. Kampen, Aldo Manuzio, 2017, vertaald door Riet de Jong-Goossens. Oorspronkelijk in het Afrikaans verschenen bij Human & Rousseau, Kaapstad, 1984. Eerste Nederlandse editie: Uitgeverij Contact, Amsterdam/Antwerpen, 1992. “Jij gaat ook dood, net als ik, net zo goed” –

waarmee ik de titel van deze bijdrage begin – komt uit deze roman.

  1. Bernheim, K. Chambaere, J. Cohen, et al., Het Belgische model van integrale levenseindezorg: palliatieve zorg en wettelijke euthanasie als aanvullende, niet-tegenstrijdige ontwikkelingen, in: Tijdschrift voor Geneeskunde, 68 (11), 2012, blz. 539-548, en op blz. 549-559 het vervolg daarop over de nationale en internationale controverses door J. Bernheim, W. Distelmans en A. Mullie.

Susan Sontag, Illness as Metaphor and AIDS and Its Metaphors. New York, Anchor Books, 1989.

Louise Viljoen, “'n brief in ‘n bottel”: ‘n Lesing van Karel Schoeman se die laaste Afrikaanse boek, in: Journal of Literary Studies, 2004, 20 (1-2), blz. 109-131.

Jacques Myburgh, Karel Schoeman neem sy eie lewe – lees in sy eie woorde waarom hy dit gedoen het, in Huisgenoot, 2/5/2017: https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=huisgenoot+karel+schoeman+neem+sy+eie+lewe

Het artikel bevat een facsimile-weergave van de afscheidsbrief d.d. 27/4/2017 die Karel Schoeman bezorgde aan zijn prokureur Carl van Rensburg.

Johann Rossouw, Tot lof van my meester Karel Schoeman:

https://johannrossouw.co.za/betalende-artikels/nuutste-meningsartikels/148-tot-lof-van-my-meester-karel-schoeman

evenals audiofile 1u55min van Karel Schoeman: Kovsies Nabetragting 11/5/2017:

https://johannrossouw.co.za/betalende-artikels/nuutste-meningsartikels/149-karel-schoeman-kovsies-nabetragting

Ben Williams, The JRB exclusive: Karel Schoeman’s final pilgrimage, detailed in a guesthouse visitor’s book, in: Johannesburg Review of Books, July 3, 2017:

https://johannesburgreviewofbooks.com/2017/07/03/the-jrb-exclusive-karel-schoemans-final-pilgrimage-detailed-in-a-guesthouse-visitors-book/


Lees ook: 

Karel Schoeman denkt hardop over het eindige leven

The post "Jij gaat ook dood, net als ik, net zo goed" – enkele beschouwingen bij Karel Schoemans zelfdoding en het aartsmoeilijke debat over een goede dood appeared first on LitNet.

Oor brande en brandstigting

$
0
0

Wupperthal, Gansbaai, Kaapstadstasie, Karatara, Khayelitsha, Pringlebaai, George, Bettysbaai, Knysna, Danabaai se toegangsroete, Vlaeberg, Houtbaai: die Wes-Kaap is straks Suid-Afrika se brand-“hoofstad”. Hoe verder ons in die 21ste eeu vorder, hoe erger word dit oënskynlik.

’n Brand kan een van twee oorsake hê: Eerstens kan dit “natuurlik” ontstaan, byvoorbeeld deur weerlig (gedenk die Knysna-katastrofe van 2017) of as gevolg van ’n aardbewing soos wat destyds in die berge by Tulbagh en Ceres die geval was. Selfs iets so onskuldig soos ’n komposhoop kan vernietigende gevolge hê, soos wat onlangs die ervaring van ’n vriend was wat vertel het van sy buurman se komposhoop wat tydens ’n sterk, droë wind in ligte laaie gestaan het. Oor die “natuurlike” ontstaan van ’n brand kan ons omtrent niks doen nie, behalwe om ons kennis daaroor uit te brei en daarvoor voor te berei, soos wat trouens deur wetgewing vereis word.

Tweedens kan brande weens menslike opset of nalatigheid ontstaan. Daaroor kán ons groter beheer uitoefen, maar daarvoor moet die strafregstelsel hervorm word.

Die gemeenregtelike misdryf brandstigting word tans omskryf as die wederregtelike, opsetlike aan die brand steek van die onroerende eiendom van ’n ander, gepleeg met die oogmerk om die eienaar skade te berokken. Dit spruit uit die hoë premie wat ons Romeins-Hollandse voorouers op menslike woonplekke geplaas het. Ek skat roerende bates – ’n ossewa, dalk ’n perdekar of ’n koets – was indertyd nie naastenby so waardevol soos ’n gebou nie.

’n Interessante anomalie is dat die aan die brand steek van die veld en die opbrengs van die landboukundige bewerking daarvan deur plant en saai tans waarskynlik nie aan die omskrywing van “brandstigting” sal voldoen nie, bloot omdat die meeste plante, gesaaides en plantasies nie bedoel is om permanent aan die bodem vasgeheg te word nie. Dit is dus nie “onroerende” bates nie.

Wanneer roerende eiendom – soos motorvoertuie en treine – aan die brand gesteek word, is dit gemeenregtelik dus nie “brandstigting” nie, maar opsetlike saakbeskadiging, al word dit dikwels in die media verkeerdelik as “brandstigting” beskryf. Ek het ’n spesmaas mense dink dat opsetlike saakbeskadiging ’n minder ernstige misdryf as brandstigting is. Dit is nié, maar mense meen oënskynlik hul mag maar lustig vuurhoutjies trek om roerende bates aan die brand te steek. Dit gebeur immers bitter selde dat sulke boosdoeners vasgetrek en vervolg word.

As mense ongelukkig is oor gebrekkige dienslewering, onbekostigbare tersiêre onderrig, die afbakening van munisipaliteite, treine wat nie betyds arriveer nie, ens, het hulle die volste reg om daaroor protes aan te teken. Maar om geboue, treine, polisietoerusting, voertuie, paaie, skole, biblioteke, verkeersligte – die lys het g’n einde nie – in brande te verwoes, gaan my verstand te bowe.

Die gemeenregtelike omskrywing van brandstigting (wat, soos reeds genoem, tans beperk word tot onroerende eiendom) behoort uitgebrei te word om ook die vernietiging van roerende eiendom (soos voertuie en treine) in te sluit. As etlike treinwaens in een voorval aan die brand gesteek word – soos al op die Kaapstadse stasie gebeur het – is die gepaardgaande skade en ontwrigting vir seker baie groter as wanneer byvoorbeeld ’n kleinerige gebou aan die brand gesteek word. Ek skat dieselfde is van toepassing op die vernietiging van ’n 26-wiel-vragmotor. Sonder sy vrag kos so ’n voertuig maklik meer as twee miljoen rand.

Om brandstigting tot onroerende eiendom te beperk is klaarblyklik ontoereikend vir die onstuimige tye waarin ons leef. Ek het dit al voorheen bepleit en herhaal dit nou: Die gemeenregtelike omskrywing van brandstigting behoort deur wetgewing gewysig te word sodat enige vorm van die maak van vure met die oogmerk om iemand daardeur skade te berokken of mense te verontrief, brandstigting sal wees. Dit sluit die alewige erg ontwrigtende brand van motorbande op paaie as ’n vorm van proteslewering in. Daar behoort ook ’n minimumvonnis vir brandstigting voorgeskryf te word – en dit moet séérmaak, sodat mense ’n heilige respek vir vuur kan begin ontwikkel.

Ek wil verder gaan: As iemand ’n vernietigende brand op ’n nalatige wyse veroorsaak – ’n seinfakkel word byvoorbeeld op Oujaarsaand afgevuur en dit veroorsaak ’n veldbrand, soos wat na bewering met die 2018/2019-jaarwisseling die geval by Bettysbaai was – behoort ook dit kragtens die uitgebreide omskrywing van brandstigting strafbaar te wees. Tans is daar van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging sprake slegs as dit aan die skuldvereiste opset, in sy verskillende verskyningsvorme, voldoen. Dis nie meer goed genoeg nie: as jy op ’n nalatige wyse ’n brand veroorsaak, behoort jy ook daarvoor strafregtelik vervolg te kan word.

Waarom meen ek dat ’n uitgebreide misdaadomskrywing van brandstigting tot ’n afname in vernietigende brande behoort te lei?

’n Voorbeeld uit die vroeë 1970’s sal dalk help. Die wetgewer het in 1972 die Wet op Misdrywe teen Burgerlike Lugvaart (’n meer uitgebreide wet is tans van krag) op die wetboek geplaas in ’n tyd toe terroriste wêreldwyd begin het om vliegtuie en hul passasiers te teiken. Artikel 2 van die wet het ’n reeks misdrywe – wat baie swaar gestraf kon word – omskryf. Iemand wat byvoorbeeld ’n bemanningslid van ’n vliegtuig in die uitvoering van sy of haar pligte opsetlik belemmer het of wat die veiligheid van ’n vliegtuig in gevaar sou stel, kon by skuldigbevinding ’n tydperk van minstens vyf jaar – en tot soveel as 30 jaar! – agter tralies deurbring. Die wet het dit ook ’n misdryf gemaak as iemand inligting sou oordra wetende dat dit vals is en op dié manier die bedryf van ’n lugdiens of van ’n lughawe kon belemmer. So ’n oortreding was strafbaar met tot 15 jaar gevangenisstraf, sonder die keuse van ’n boete.

Nadat die wet in werking getree het, is ’n handjievol stommerike – mense wat grappenderwys sou sê dat daar ’n bom in iemand se bagasie is of wat, in een geval, grappenderwys vertel het dat hy ’n vliegtuig “skaak” – vervolg en betreklik swaar gestraf. Danksy die goeie publisiteit wat daardie vervolgings geniet het, was daar spoedig ’n einde aan daardie soort nonsens – dit gebeur eenvoudig nie meer nie. Verskerpte wetgewing oor die veroorsaking van brande – én die doeltreffende toepassing daarvan – behoort dieselfde uitwerking te hê.

Die tyd het gekom dat alle Suid-Afrikaners wat die land eerder wil bou as afbreek, effektief wal moet gooi teen alle primitiewe vorme van protesaantekening – veral waar dit met die stig van brande gepaard gaan. Dit mág nie meer gelate aanvaar word nie. Ons skuld drasties-verskerpte optrede teen die menslike veroorsaking van brande aan die duisende heldhaftige brandbestryders wat dikwels hul lewens of gesondheid moet opoffer om ander se misdadige handelinge te probeer stuit.

Wat nodig is, is die politieke wil om die grondliggende redes vir geregverdigde protes uit die weg te ruim, maar ook om die epidemie van brandstigting in ons land permanent die nek in te slaan. My oproep is: Verskerp die toepaslike wetgewing, brei die gemeenregtelike posisie uit, vervolg oortreders meedoënloos en straf hulle swáár. Dis al manier waarop ons die menslike element by die veroorsaking van brande hok sal slaan.

Die politieke party wat hiermee die voortou neem, kan vanjaar by die stembus op my ondersteuning reken. Dit kan begin by ’n eenvoudige parlementêre vraag aan die President: “Beskou u die ontwrigtende en potensieel gevaarlike aan die brand steek van motorbande op openbare paaie as ’n legitieme vorm van protes? Indien nie, wat beoog u om daaraan te doen?”

  • Gustaf Pienaar is ’n niepraktiserende advokaat van Vleesbaai. Hy is die skrywer van die boek Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis.
     

Lees ook:

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud

NouNet: Impact of recent Overberg wildfires on vegetation

Wupperthal ween

Jou dorp is my dorp, jou seun is my seun

Wupperthal in puin ná verwoestende brand

Agter die brand

The post Oor brande en brandstigting appeared first on LitNet.

Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit?

$
0
0

Donderdag kondig die Staatspresident in sy staatsrede aan dat Eskom in die bek geruk gaan word.

Sondag word fase 2-beurtkrag aangekondig. Maandag word dit opgestoot na fase 4. Toeval? Noodlot? Ek dink nie so nie. As dit nie toevallig is nie, ontstaan die vraag dan: Wie het dit georkestreer? Tot wie se voordeel is dit om die land lam te lê?

Die maklike antwoord is sekerlik om dit voor die vakbonde se deur te lê. As Eskom meer effektief bestuur moet word, sal daar noodwendig afleggings gebeur. Dis nie nuwe nuus dat Eskom te veel werkers teen te hoë salarisse vir te min poste het nie. Almal weet dat die oorgrote gedeelte van elke prysstyging wat aangevra word, uiteindelik in salarisse ingepomp word en nie in verbetering van fasiliteite nie. Afleggings beteken noodwendig minder ledegelde vir die vakbonde, wat natuurlik ook ʼn impak op hul eie sakke het – die beste aansporing om te verseker dat poste nie beëindig word nie.

Maar die maklike antwoord is nie noodwendig die regte antwoord nie. Indien die vakbonde hieragter sit, wen hulle net lede se goedkeuring deur verantwoordelikheid te aanvaar vir die kragonderbrekings. Dit maak boonop nie sin om in een sektor vuis te bal en mag te vertoon op ʼn manier wat werkers in feitlik elke ander sektor benadeel nie. Dis nie hoe vakbonde werk nie. Hulle sal eers baie deeglik seker maak hulle het lede se ondersteuning voordat hulle dit doen. Daar was nie sulke vergaderings nie.

Nee, die vakbonde sal waarskynlik veel eerder wag om te sien wat die President se volgende skuif is voordat hulle hulle skuif maak – en dan sal dit waarskynlik grootskaalse stakings wees eerder as “lost generating capacity”.

Dis nie in werkers se belang om die ekonomie langtermyn lam te lë nie – nie sonder baie goeie rede nie. En daai rede bestaan nog nie.

Niemand het regtig aan die pen gery vir die betalings aan die Guptas vir steenkool wat nooit gelewer is nie. Die persone wat daarvoor verantwoordelik was, of persone wat om watter rede ook al lojaal aan hulle is, sit nog stewig in die saal by die kragverskaffer.

Dis vir hulle belangrik dat Ramaphosa se magsbasis verswak word. Wat is sy sterkste oorredingspunt? Buitelandse beleggings, wat ʼn sterker ekonomie en meer welvaart versprei onder meer mense beteken. As die kragtoevoer vir veel langer onbestendig bly, gaan voornemende beleggers kleinkoppie begin trek. So kort voor die verkiesing kan die Ramaphosa-faksie, wat ten minste nog ʼn funksionele regering probeer behou, nie daardie verliese bekostig nie. Ramaphosa het ʼn oortuigende, beslissende oorwinning in die verkiesing nodig om die ander faksie, die korrupte faksie, finaal hok te slaan. Skakel die ligte af, ontmoedig beleggers deur industriële aksie, geweld, swak infrastruktuur en voilà, ons is terug in 2016-toestande. Wie wen? Die varke met die snoet in die trog.

Almal – behalwe die regerende party skynbaar – weet die volgende: Eskom het nie ʼn probleem nie, Eskom is die probleem.

Eskom is egter net deel van die probleem. Elke staatsdepartement, elke semistaatsinstelling, elke munisipaliteit is oorlaai met persone wat meer belangstel daarin om hulle eie sakke vol te stop as om die land te help bou. Te veel mense is vir te lank aangestel in posisies waar hulle geen kennis het nie, en waar daar ook nooit druk op hulle geplaas was om kennis op te doen nie. Die teendeel is eerder waar. Dis immers makliker om mense te manipuleer wanneer hulle nie verstaan (of omgee) wat aangaan nie.

Vir te lank is mense in niepolitieke poste aangestel op grond van hul politieke credentials, terwyl kundiges aktief uitgewerk is. Nou moet daardie kundiges as konsultante ten duurste betaal word om die gemors wat ontstaan, skoon te maak. Die kaders bly sit gemaklik agteroor. Hulle struggle is verby, hulle pensioen word verdien in lekker lonende poste. Maak nie saak dat die land reg rondom hulle brand nie.

Wat staan gewone burgers te doen?

Die impuls is om die ANC by die stembus te straf. Wie wil in elk geval stem vir ʼn party wat oor en oor bewys het, en steeds bewys, dat hulle nie ons beste belange op die hart dra nie. Maar wie anders is daar?

Die DA se skoon oudits is aantreklik, maar ek woon in ʼn DA-beheerde munisipaliteit. Ek weet dat dinge wat goed op papier lyk, nie noodwendig ewe goed in die praktyk uitwerk nie. Die DA kan nie eens die plaaslike biblioteek oophou en die paaie heelmaak nie. As hulle nie getrou is in die klein dingetjies nie, hoe kan ek hulle met die groot goed vertrou?

Kan hulle regtig vertrou word om die land se ligte aan te hou? Hulle sal dit in koalisie moet doen. As ek vir Julius in beheer wil hê, kan ek mos maar direk vir hom stem.  

Daar is nog drie maande voor die verkiesing. Genoeg tyd om te besluit vir watter party om te stem.

Intussen, koop maar genoeg kerse en paraffien en gas. Belê in kragopwekkers. Gebruik sonkrag. Koop hout aan.

“Winter is coming” is nie meer net ʼn Game of Thrones-sêding nie.

The post Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit? appeared first on LitNet.

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Week 1 se wenner

$
0
0

Ons eerste week het op ’n hoë noot afgeskop en dit was moeilik om een wenner uit al die goeie inskrywings te kies. Hierdie week loop Neels Jackson met die louere weg met sy knap limeriek. Hy is dan ook die eerste finalis wat aan die einde van die kompetisie dalk as algehele wenner aangewys kan word. 


 

Neels Jackson is ʼn joernalis. Hy was langer as 23 jaar verbonde aan die redaksie van Beeld en daarna vyf jaar lank redakteur van Kerkbode. Hy het onlangs afgetree en doen nou vryskutwerk vir verskillende publikasies. Hy skryf nou en dan ʼn gedig en het al ʼn bundel die lig laat sien met die titel Wit, Afrikaanse man. Neels woon in Centurion, is getroud, en het twee dogters wat al uit die huis uit is. Hy is lief vir die natuur en is ʼn ywerige stokperdjiefotograaf.

 

Lees ook

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – ’n kompetisie wat rym!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 1

The post Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Week 1 se wenner appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Januarie

Kunsblad: Nataniël, Erik se kookboek op rakke
Nataniël en sy broer Erik le Roux het ’n kookboek saamgestel ná vier seisoene van hul kykNET-kosreeks.

2 Januarie

Kunsblad: Botes keer altyd terug na die broosheid
Onderhoud met Annelie Botes oor haar jongste boek, die kortverhaalbundel Kainsmerk

Kunsblad: Uitgewer Stephen Johnson sterf
Grafskrif en huldeblyk aan die ouduitgewer Stephen Johnson

3 Januarie

Kunsblad: Israelse skrywer Oz onthou as ‘vryheidstryder’
Grafskrif oor die Israeli skrywer Amos Oz

4 Januarie

Kunsblad: Eerste Afrikaanse vertaling van ’n Hermans-roman
Onderhoud met Wium van Zyl oor sy vertaling van Willem Federik Hermans se klassieke roman Nooit meer slapen

7 Januarie

Kunsblad: ’n Lewe van verwondering
Onderhoud met die digterfilosoof Willie van der Merwe oor sy bundel Doodmenslik 

9 Januarie

Kunsblad: Schaffer-bundel oor Tsjaka nou in Afrikaans
Onderhoud met Zandra Bezuidenhout oor haar vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde bundel Mens dier ding wat breedweg oor Tsjaka Zoeloe handel.

16 Januarie

Kunsblad: Lapa wil nou wenkbroue laat lig
Johan Jack Smith praat oor Wênkbrou, ’n nuwe druknaam van Lapa-Uitgewers

Kunsblad: SA vrou skryf tweede plek in internasionale kompetisie los
Petro Wagner het die tweede plek in die Iceland Writers-kompetisie behaal.

20 Januarie

Kunsblad: Madeleine van Biljon en haar man herleef op verhoog
Die rubriekskrywer Madeleine van Biljon en haar man, dr. Pieter van Biljon, is die onderwerpe van ’n nuwe teaterproduksie.

21 Januarie

Boekeblad: Regstreeks hier: Die metafoor se ondergang
Bibi Burger resenseer Mens dier ding deur Alfred Schaffer

Boekeblad: Boekevat-rubriek (Daniel Hugo)
’n Welverdiende voetstuk vir Walters op 90

Kunsblad: Elke liefhebber van Afrikaans moet dié boek lees
Boek oor die Afrikaans van die Kaapse Moslems.

23 Januarie

Kunsblad: Meester van satire M.M. Walters word 90
Die gevierde digter is 90 jaar oud.

26 Januarie

Kunsblad: Schoeman se laaste boek nou op die rakke
Die laaste boek deur Karel Schoeman

Kunsblad: Karoo en sy vroue het skrywer aangegryp
Carol Campbell gesels oor haar boek Die skilpad se laaste traan.

28 Januarie

Boekeblad: Toe die aarde baie kwaad geword het
Wium van Zyl resenseer Ons onthou: Aardbewing herinneringe van Ceres-kontrei se mense, saamgestel deur Bertdene Laubscher & Johann Holzapfel.

31 Januarie

Kunsblad: Gewalgdheid oor kindermolestering laat skrywer sy stem hoor
Die skrywer Fanie Viljoen gesels.

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

8 Januarie

  •  Hel toe en terug deur Louis Scott
  • Maak ’n kopskuif elke dag deur Caroline Leaf
  • Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar

15 Januarie

  •  Die eerste vryheidsoorlog 1880-1881 deur Jackie Grobler
  • Die skilpad se laaste traan deur Carol Campbell
  • Kaarte deur Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński (Vertaler: Esta Grobler)

22 Januarie

  •  Bos deur Jaco Wolmarans
  • Wat die see gesien het deur Tom Percival (Vertaler: Jaco Jacobs)
  • Duinhuis deur Isabella Niehaus

29 Januarie

  •  Sandveldstories deur Ferdinand Deist
  • Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds (Vertaler: Nathan Trantraal)
  • Auschwitz Lullaby deur Mario Escobar
  • The Tattooist of Auschwitz deur Heather Morris

Bibi se boekrak

In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.

Die volgende episodes is in Januarie vrygestel:

3 Januarie

Edwin van der Walt raai drie selfhelpboeke aan. Bibi gee raad vir dié wat meer wil lees hierdie jaar, maar nie seker is waar om tyd daarvoor te kry nie.

10 Januarie

Bibi vertel meer oor haar leesmikpunte en -uitdagings. Sy loer ook in by Albert Pretorius om uit te vind hoe hy beplan om in 2019 meer te lees.

17 Januarie

Bibi nooi kykers uit om Intruders deur Mohale Mashigo saam te lees en op Instagram te bespreek. Deon Meyer vertel watter boek hom onlangs onkant gevang het. 

23 Januarie

Bibi bespreek Charl-Pierre Naudé se debuutroman, Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. Sy beveel ook drie boeke aan wat sy laat in 2018 gelees het.

31 Januarie

Bibi gesels met Chase Rhys oor sy novelle en verhoogstuk, Kinnes.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:

Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie

Elzette Steenkamp
Resensies

2019-01-30

"Meiring se uitbeelding van ’n toekomstige Afrika is vernuwend. Kraak vermeng fantastie-elemente soos meerminne, 'aliens' en mensvretende visse met die mistieke, Egiptiese mitologie en die tegnologiese aspekte van wetenskapfiksie."

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Bibi Burger
Resensies

2019-01-28

"Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ’n tema."

Die Uile vlieg weer deur Cor Dirks: ’n jonglesersindruk

Wynand Wessels
Jong lesers

2019-01-24

"Die seuns van die bende is Philip die leier, die slim Jorsie, die ronde Vaatjie, die sportiewe Berrie en die hakkelende Hennie, andersins bekend as die Groot Uil, sy adjudant en drie manskappe, en hulle is verbind tot reg en geregtigheid. Hulle bly op die dorpie Kranskop."

Briewe uit Brielshoop deur Helene Olivier: ’n resensie

Heilna du Plooy
Resensies

2019-01-23

"Die roman bevat inderdaad die meeste van die tiperende eienskappe van briefliteratuur. Soos soveel briefskrywers deur die eeue is Henna se briefskrywery ’n manier om haar alleenheid, selfs eensaamheid, op te hef, om uit te reik na ’n simpatieke en bekende oor."

Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n FMR-boekresensie

Alet Mihalik
Resensies

2019-01-23

"Vir die masochistiese hoendervelvraat wat floreer op vrees en sielkundige rillers wat jou meesleur na ’n nagmerriewêreld wat jou deurnag wakker hou, is hierdie debuutroman soos ’n inspuiting vir ’n dwelmslaaf – seer, maar salig."

Tuin vir Tessa deur Helena Hugo: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2019-01-22

"Ek het regtig ’n groot aanhanger van Hugo se werk geword, juis omdat sy die vermoë het om mense se innerlike wroegings só goed te verwoord. Haar karakters kry ’n lewe tussen die bladsye en dis soos vriende vir wie jy moet koebaai sê as jy die laaste bladsy klaar gelees het."

Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-01-21

"As jy nou ’n roman wil lees oor ongewone gebeurtenisse in wêrelddele wat vir jou minder bekend is, is Nooit meer slaap nie dié boek vir jou."

Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers

Maryke Roberts
Resensies

2019-01-17

"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."

Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2019-01-15

"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."

Kantelpunt deur Sophia Kapp

Nadia de Kock
Resensies

2019-01-14

"Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?"

Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis

Yolanda Wessels
Resensies

2019-01-14

"Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool."

1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Izak de Vries
Resensies

2019-01-10

"’n Leser wat deeglik ingegrawe is in die literêre verkenkuns, sal altyd weet dat enige kode in ’n teks soos 1 Recce, wat die meesternarratief skynbaar klakkeloos onderskryf, soos ’n Claymore-myn lê en wag om raakgetrap te word."

Die wêreld van die storie deur Willie Burger

Dewald Koen
Resensies

2019-01-09

"In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom."

Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe

Elkarien Fourie
Resensies

2019-01-08

"Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer."

Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie

Helene de Kock
Resensies

2019-01-07

"Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen."

50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-01-04

"In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sêding op een bladsy."

Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie

Samantha Buitendach
Resensies

2019-01-04

"Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters."

Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie

Elzette Steenkamp
Resensies

2019-01-03

"Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind."

Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom

Naomi Meyer, Matthys Strydom
Skrywersonderhoude

2019-01-30

"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."

Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen
Skrywersonderhoude

2019-01-16

"Nee, ek dink nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."

Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman
Skrywersonderhoude

2019-01-16

"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Hans Pienaar
Skrywersonderhoude

2019-01-07

"Maar Johan huiwer nie, weens die tweespalt wat in hom heers: Aan die een kant geniet hy sy diensplig, die avontuur daarvan, die opwinding van grootskaalse militêre projekte. Aan die ander kant besef hy alles is nie pluis nie ..."

 

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

6 Januarie

Resensie: Abel Esterhuyse resenseer 1 Recce: Die nag behoort aan ons deur Alexander Strachan

Resensie: Jaco Barnard-Naudé resenseer die 2018-Bookerwenner Milkman deur Anna Burns

Nuut op die rak: Drie digbundels

  • Mens dier ding deur Alfred Schaffer
  • Die val/The Fall deur Johannes van Eeden
  • Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard

Uittreksel: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé

13 Januarie

Resensie: Bill Nasson oor Wit terroriste deur Albert Blake

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer The Last Words of Rowan du Preez: Murder and Conspiracy on the Cape Flats deur Simone Haysom

Resensie: Rodney Warwick resenseer We Dared to Win: The SAS in Rhodesia deur Hannes Wessels en Andre Scheepers

Nuut op die rak: 4 nuwe niefiksieboeke

  • The Stress Code: From surviving to thriving deur Richard Sutton
  • Autonomy: The Quest to Build the Driverless Car – and How It Will Reshape Our World deur Christopher Shulgan en Lawrence D. Burns
  • Becoming a Parent: The Emotional Journey deur Hilary Rosenthal
  • Kaarte deur Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński

20 Januarie

Resensie: Marita van der Vyver resenseer Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal

Resensie: Loftus Marais resenseer Sally Rooney se Normal People, wenner van die Costa-romanprys

Binnekort op die rak: ’n Tsoenami van nuwe leesgoed

  • Die skilpad se laaste traan deur Carol Campbell
  • Bos deur Jaco Wolmarans
  • Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
  • Die verevrou deur Jan van Tonder
  • Strafjaart deur Theo Kemp
  • Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
  • Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
  • Jagter deur Bettina Wyngaard
  • Medusa deur Rudie van Rensburg.
  • Jan, Piet, Koos, Jakob deur Loftus Marais.
  • Witboy in Berlyn deur Deon Maas

27 Januarie

Resensie: Charl-Pierre Naudé resenseer Mens dier ding deur Alfred Schaffer, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Resensie: Christi van der Westhuizen bespreek twee boeke oor Winnie Mandela – Truth, Lies and Alibis: A Winnie Mandela Story deur Fred Bridgland en The Resurrection of Winnie Mandela deur Sisonke Msimang

Resensie: Magdel Vorster resenseer As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Rainbow Nation My Zulu Arse deur Sihle Khumalo

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Januarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

22 Januarie

Jy kán verander deur Gerdi van den Berg
“Haar skryfstem is gesaghebbend én gemaklik, en maak dat die leser die kosbare inhoud toeganklik vind, dit begryp en daarmee identifiseer. Ek het die boek persoonlik van waarde gevind en beveel dit heelhartig aan.”

Lees die resensie

23 Januarie

Prooi deur Deon Meyer
“Politieke intriges is ’n integrale deel van die verhaal. Hou in gedagte dat die manuskrip van die boek afgehandel is voordat Cyril Ramaphosa president geword het, en dat die boek op die rak was voor die onlangse opspraakwekkende getuienis voor die Zondo-kommissie.”

Lees die resensie

24 Januarie

Begin jou eie groentetuin deur Johan van Zyl en Peter van Noord
Begin jou eie groentetuin is propvol waardevolle wenke om in ’n japtrap jou eie groente te kweek, of dit nou op ’n vensterbank, vertikaal teen ’n muur of in jou agterplaas is.”

Lees die resensie

29 Januarie

Die Edik van Nantes-kookboek deur Nataniël en Erik le Roux
“Kos is die toegang tot onvergeetlike kuiers, duisende kerse, prettige tafels en die genesende, veilige teenwoordigheid van familie en vriende.”

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 9 Januarie

Charl-Pierre Naudé vertel vir Ilse Salzwedel oor sy debuutroman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na ’n deel van ’n onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor ’n paar oulike kinderboeke.

Woensdag 12 Januarie

Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van ’n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir ’n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?

Woensdag 16 Januarie

Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se Eleanor Oliphant is Completely Fine en Rebecca Davis se Selfhelpless. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.

Woensdag 23 Januarie

Sheila Cussons se digkuns en lewe het mense aangegryp, veral nadat sy byna gesterf het in ’n gasontploffing. In hierdie program kan jy luister na uittreksels uit ’n onderhoud wat in 1984 met haar opgeneem is. Sy lees ook van haar gunsteling-gedigte voor. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor die digter Mary Oliver, wat onlangs oorlede is, en Joyce Carol Oates se jongste toekenning.

Woensdag 16 Januarie

Erika Murray-Theron vertel meer oor haar jongste roman, ’n Skerfie glas, wat handel oor vier geslagte sterk vroue. Jos Palmer en Reinette Lombaard gesels oor hulle oulike leesreeks Ontdek in Afrikaans, en hoe dit leesvaardighede by kinders ontwikkel. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy onder andere oor die skrywer Diana Athill, wat verlede week op 101 oorlede is.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 1 Januarie

Ons vier die aanbreek van die nuwe jaar en dink ook terug aan die oue. Dean Balie is saam met Frieda van den Heever in die ateljee, met sy kitaar. Jy kan uitsien na gedigte van Koos Kombuis, Adam Small, Annie Klopper, Hunter Kennedy, René Bohnen, Elmarie Viljoen-Massyn, Alfred Schaffer, Corné Coetzee, Pieter Odendaal en Ina Rousseau.

Dinsdag 8 Januarie

Ons belig dans as tema. André Weideman en Lindie Stander is die voorlesers van gedigte van Jeanne Goosen, Sheila Cussons, Carel Anthonissen, Piet de Jager, Bibi Slippers en Eugene N Marais.

Dinsdag 15 Januarie

Carel Trichardt en Petru Wesels lees gedigte oor reis van Breyten Breytenbach, Corné Coetzee, Koos du Plessis, Corlia Fourie, Stef Bos en Lucas Malan.

Dinsdag 22 Januarie

Sophia van Taak is ’n joernalis, skryf kortverhale vir tydskrifte en hou deesdae haar lyf TV-aanbieder. Sy is onlangs aangewys as die wenner van RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie van 2018. Sophia gesels oor van haar gunsteling gedigte en lees werke voor van Antjie Krog, Lina Spies, Pieter Odendaal, Danie Marais, Jeanne Goosen en Sheila Cussons.

Dinsdag 29 Januarie

Johann Nel lees van sy gunsteling humoristiese verse van AD Keet, Ellen Botha, RK Belcher en MM Walters.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Januarie het sy Die generaal deur Hans Pienaar vir Fine Music Radio geresenseer:

http://joanhambidge.blogspot.com/2019/01/resensie-hans-pienaar-die-generaal-2018.html

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

7 Januarie

Zandra Bezuidenhout resenseer Afrikaans Poems with English Translations, saamgestel deur H.P. van Coller, Helize van Vuuren en Louise Viljoen  

29 Januarie

Amanda Lourens resenseer Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Januarie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

5 Januarie

Kies ’n boek: 1 Recce deur Alexander Strachan  

18 Januarie

Kies ’n boek: Die generaal deur Hans Pienaar

26 Januarie

Kies ’n boek: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2019 appeared first on LitNet.

Die stilte om die huis van Mohammadar Iqbal: Deel 1

$
0
0

In Egipte was daar ’n huis, vlak langs ’n verkeersirkel. Die paaie wat uit drie rigtings by die sirkel bymekaargekom het, was grondpaaie. Een pad het hoofpad toe gelei, die tweede in die dorp in, tussen die winkels deur tot by die plein waar die buitelugkafees en restaurante was. Die derde was die pad na die hawe toe. Dit was nie ’n kommersiële hawe nie, net ’n vasmeerplek vir luukse jagte van regoor die wêreld, en weelderige woonstelle en restaurante rondom vir die eienaars van die jagte.

By die huis se voordeur was ’n bougainvillea wat hoog tot by die tweede vloer gegroei het. Vir die grootste deel van die jaar was die boom oortrek met blomme waarvan die kleur mens jou kon voorstel mooi in die middel tussen pienk en pers was. Dit het Mohammadar altyd goed laat voel as hy by sy winkel uitkyk oor die sirkel en die blomme soos spatsels verf in die helder oggendson teen sy huis se voorkant sien. Alles in ag genome, sê hy dan vir homself, gaan dinge nie te sleg nie. Tye is moeilik, dit was waar. Daar was al hoe minder toeriste die afgelope twee, drie jaar, maar hy maak nog genoeg, met al die skoolkinders wat in die middae fietse kom huur.

Fatma was bitter gekant toe hy by die hotel wou weg om die fietsbesigheid te begin. “Jy’s al oor vyftig, dis te laat om nou ’n besigheid te begin. Wat vir ’n besigheid is dit nou ook, fietse uithuur? Wie stel belang om fietse te huur? Boonop, wat weet jy van besigheid af? Jou hele lewe lank werk jy by ’n hotel.”

So het dit vir maande aangehou, terwyl dit by die hotel al hoe erger gaan. Hy’t keer op keer vir haar probeer vertel van die nuwe eienaars en die nuwe, jong bestuurder wat hom al sy dae gee. Uiteindelik het sy begin kalmeer, en dit het gelyk of sy aan die idee van ’n eie besigheid gewoond raak. Soms het hy selfs gedink sy is opgewonde oor die vooruitsigte, maar natuurlik sou sy dit nooit toegee nie.

Toe die afdanking kom, was hy hulle een voor. Hy’t genoeg weggesit gehad om die winkel oorkant die sirkel te huur, en hulle het met vyf fietse begin. Mourad was nog op skool, en elke middag het hy kom help met die skoonmaak en nasien. Omdat hy so gewild was, het baie van sy skoolmaats in die middae by die winkel kom uithang. Dan het hulle fietse gehuur om op en af mee te jaag en waaghalsige toertjies uit te haal, toe hulle kleiner was om mekaar te beïndruk, en later, op hoërskool, die meisies wat verbyloop op pad na die plein toe. Soms het dit so druk gegaan dat die klante moes toustaan. Dit was voordat hy genoeg gehad het om meer fietse aan te skaf. Nou het hulle ’n stuk of twintig, en ook vyf motorfietse, veldfietse. Mourad is later klaar met skool en het voltyds kom werk. Toe kry hy ’n idee om toere met vierwielmotorfietse in die woestyn in te begin, maar Mohammadar wou niks daarvan hoor nie. Hy kon nooit presies verduidelik hoekom nie, dit was net ’n gevoel dat hy nooit met daardie tipe klant oor die weg sou kom nie. Te raserig, te luidrugtig, en onbeskof daarby, meestal Italiaans, met hulle Arafat-kopdoeke en donkerbrille.

Uiteindelik is Mourad weg om sy eie ding te gaan doen, maar dit was nie vierwielmotorfietse nie. So was hy altyd, wispelturig, kan nie lank op een ding konsentreer nie. Maar ’n hart van goud. Maak vriende net waar hy gaan, met toeriste ook. Hy koop toe ’n toek-toek. Met ’n banklening. Mohammadar was buite homself van woede en hy het gesukkel om homself in toom te hou, want hy het nooit sy stem verhef teenoor sy kinders nie, selfs nie toe hulle tieners was nie. “Jy weet tog wat die banke doen, ons het al baie daaroor gepraat. Hulle lok die jong mans om ’n lening aan te gaan wat hulle in jare nooit kan terugbetaal nie. Oor drie jaar vat hulle die ding terug en jy sit met niks. Jy’t self vertel dit het met baie van jou vriende gebeur.”

Maar Mourad wou nie hoor nie, en buitendien was dit te laat. Van toe af was die geel-en-swart toek-toek dikwels voor die fietswinkel geparkeer. Van daar af kon hy toeriste wat na die jagte wou gaan kyk, hawe toe vat, of hoofpad toe om van daar af ’n minibus te haal stad toe. En dit het vir Mohammadar ekstra besigheid begin bring. Soveel dat hy aangebied het om te help, en binne drie jaar was die toek-toek afbetaal. Die skelm bankbestuurder se gesig het gelyk of hy iets suurs geëet het toe hulle die laaste paaiement voor hom neersit. Maar hulle het al die papiere by hulle gehad. Geleidelik het die gesette man begin ontspan en later selfs lekker gelag vir Mourad se goedige geskerts. En hy’t geteken – die lening was afbetaal.

Kort daarna is Assem weg by die hotel waar hy gewerk het. Dit was ’n skok vir die familie, want hy het niks van sy planne laat blyk nie. Vir ’n maand of ses het hy saam met ’n vriend ’n soewenierwinkel aan die gang probeer hou, maar Mohammadar het geweet dit sal nie uitwerk nie. Assem was presies die teenoorgestelde as sy broer, stil en ingetoë. Maar ’n slimkop; as hy ooit geld gehad het om ’n kind te laat verder leer sou dit hy wees. Nee, die soewenierbesigheid kon nie werk nie, Assem was eenvoudig nie die soort wat heeltyd verbylopende toeriste kon pes om in te kom en te kom kyk nie, daarvoor was hy te ernstig, te waardig. Mohammadar was eintlik bly toe hy dit opgee, want toe kom hy in die fietswinkel werk. Hy’t vinnig geleer om al die onderhoud en herstelwerk self te doen, en later het hy die bestellings en die boekhouding oorgeneem.

Eintlik was daar min oor vir Mohammadar om te doen in die winkel, maar hy geniet dit nogtans om daar te wees, veral in die middag as die kleinkinders met hulle vriende daar kom saamdrom en met die fietse op en af jaag in die straat. Ja, alles in ag genome gaan dinge nie te sleg nie, sê Mohammadar dan vir homself terwyl hy by die winkel uitkyk oor die sirkel na die bougainvillea se helder pienk-pers blomme by sy huis se voordeur.

Dit moes na die Christen-nuwejaar gewees het toe hy eendag die toeris oorkant die sirkel voor sy huis opmerk. ’n Lang, skraal man in ’n langbroek en T-hemp, met ’n trui of sweetpaktop om sy middel gebind. Dit was verstandig, het hy gedink, want hoewel die dae heerlik warm was, koel dit vinnig af saans, en dan kon dit boonop winderig raak, veral by die hawe, soos waar dit vir hom gelyk het die man op pad heen was. Of eerder hulle, want daar was ’n vrou ook, korterig, met ligte hare. Dit was te ver om enigiets van hulle gesigte uit te maak, maar dit het gelyk of hulle sonbrille dra.

Hy sou hulle seker nie eens opgemerk het nie, as dit nie was dat die man gaan stilstaan het voor sy huis nie. Hy’t na die boonste vloer opgekyk, van links na regs gekyk, van bo na onder en weer na bo. Daarna het hy effens agtertoe getree en die proses ’n hele paar keer vanuit verskillende posisies herhaal. Die vrou het geduldig gestaan en wag, maar sy het duidelik nie die man se belangstelling in die huis gedeel nie. Sy het van oorkant die pad af in die rigting van die winkel gekyk, en moontlik verder op in die straat wat dorp toe lei. Na ’n ruk het haar geduld skynbaar opgeraak, want sy het omgedraai en in die rigting van die hawe begin loop. Die man se bewegings het meer freneties geraak nadat die vrou begin wegstap het. Hy het op en af in die pad gekyk, en toe daar geen verkeer meer was nie reg in die middel van die pad gaan staan, ’n kamera te voorskyn gehaal en foto’s begin neem van die huis. Telkens het hy verstellings aan die kamera gemaak, maar Mohammadar kon nieteenstaande die afstand aan die afwesigheid van ’n bonkige lens aflei dat dit nie ’n professionele apparaat was nie.

Eindelik het hy op sy hurke gaan sit in die middel van die pad en nog foto’s geneem, maar toe daar weer verkeer aankom vinnig die kamera weggesit en begin loop in die rigting waarin die vrou verdwyn het. Mohammadar onthou hy het op sy horlosie gekyk. Dit was net na drie, dalk tien oor drie, maar beslis nie later as kwart oor drie nie.

Die dae daarna was stil. Meeste toeriste het vertrek, en die skole het nog nie begin nie. Hy het nie weer die een gesien wat foto’s van sy huis geneem het nie. ’n Paar keer in die middag, as hy uitkyk oor die sirkel na sy huis, het hy ’n vreemde gevoel gekry, amper soos ’n onrustigheid, maar dan is hy weer agtertoe om te gaan kyk wat Assem doen. Een middag, hy weet nie of hy weggedommel het terwyl hy gesit en koerant lees het nie, maar toe hy opkyk was sy huis skielik groter as gewoonlik voor hom, asof dit los van die grond af staan, kompleet of dit sweef op ’n soort wasigheid. Daar was geen kleur nie. Hy knip sy oë, maar dit maak geen verskil nie; die bougainvillea se blomme bly donker vlekke teen die bleekwit muur, reg langs die gapende gat waar die voordeur moet wees. Die gebou reik in sy geheel soos ’n kil, grys, nouerwordende monoliet hoog in die wolklose hemel in. ’n Stilte, allesomvattend en diepgaande, het om die huis gehang en besit geneem van die skaduwees wat die middagson op die grond maak. Vanaf die kinders op fietse en motors in die pad het geen klank hom bereik nie. Hy’t gedag dat hy die stilte fisies ervaar, nie as die afwesigheid van iets nie, maar eerder as ’n aktiewe uitstraling. En die uitstraling se werking in hom het ’n grenslose verlange na iets totaal onbekend veroorsaak, iets wat so diep verborge was dat geen mens ooit daarvan bewus sou kon word nie. Assem kom binne en skrik toe hy sy vader sien.

“Wat is dit, wat het gebeur? Jy’s so bleek soos ’n laken.”

“Ek weet nie…” stamel Mohammadar, “nee...nee, ek’s reg, ek het seker net ingedut,” en hy staan op. “Ek sal by Faoud langs gaan, miskien sal tee my goed doen.” Hy’t op sy horlosie gekyk. Dit was tien oor drie.               

Buite het hy onderlangs oor die pad na sy huis gekyk, maar van sy gewaarwording van flussies was daar geen teken nie. Faoud het hom soos gewoonlik hartlik gegroet en voorgestel hulle gaan koffie drink en hookah rook op die plein. “Kom,” het hy gesê, “ek het ’n goeie oggend gehad.”

Hulle stap in die straat af, en sover hulle gaan groet hulle die ander winkeleienaars wat in hulle deure staan of in groepies op die sypaadjie sit en tee drink. Dan kom hulle by die brug oor die kanaal. Die water lê spieëlglad en helder, en hulle kan visse vinnig heen en weer sien swem. Die weerkaatsing van die brug se halfronde opening in die water sluit naatloos aan by die opening self, sodat werklikheid en weerkaatsing saam ’n vol sirkel vorm. Mohammadar wonder hoekom hy dit nooit voorheen opgemerk het nie. Dit moet die soort ding wees wat skilders en fotograwe raaksien, en hy wonder hoe dit sal voel om so iets met ’n kamera te staan en afneem.

Ondertussen babbel Faoud onophoudelik voort; “Beste was ’n halssnoer en oorringe, saffier, wat ek verkoop het aan ’n vrou van Oekraïene. Baie vriendelik, praat Engels. Ek vra haar hoe dit kom dat sy Engels praat, en sy sê van haar man, glo van Suid-Afrika. Hy het heeltyd buite die deur gestaan. Lank en maer, wit soos ’n laken. Gestaan en staar na iets op in die straat.” Maar Mohammadar het skaars geluister, hy was te veel in die war. Dalk sou hy ’n dokter moes gaan sien, maar wat sou hy vir die dokter sê? Hoe kon hy beskryf wat hy ervaar het sonder dat hulle sou dink hy was besig om van sy kop af te raak?

Hulle kom aan op die groot plein waar al die strate uit die besigheidsdistrik bymekaarkom. Daar is restourante amper reg rondom, elk met sy eie pleintjie voor waar stoele staan en wag om op gesit te word. By meeste van die restourante is al die stoele leeg en verlate, maar nietemin vol kleurvolle uitnodiging en belofte van sagte gerief. Een plek is stampvol, met ’n buite-area twee keer so groot soos die ander, en gelukkig kry hulle plek taamlik voor waar die middagson nog nie deur die skaduwee van die gebou agter hulle oorval is nie.

“Ou Mahomet doen goed hé?” sê Faoud. “Wie sou kon dink, onthou jy nog toe ons saam op die skoolbanke gesit het in Ras Ghareb? Hy was nie presies wat jy skerp sou noem nie, en kyk nou. Goedkoop kos, en goeie kos moet ek bysê, goeie koffie, en met soveel klante kan hy sy pryse laag hou. Sy bier is die goedkoopste in die omgewing. Dis wat die toeriste lok. Die ander ouens kan nie byhou nie. Ek hoor ou Mostafa daar oorkant soek ’n koper. Wie sal wil betaal vir daardie duur stoele?”

Hulle bestel koffie en hookah. Die kelner, een van ’n hele span wat op strategiese plekke tussen die tafels staan, netjies geklee in ’n swart broek, donkergroen langmou hemp en swart onderbaadjie, maak die hookah staan langs die tafel en begin met die voorbereidingsritueel. Eers breek hy die shisha in stukkies wat hy in die bakkie laat val. Dan bedek hy die bakkie met aluminiumfoelie wat hy styftrek en om die rand vaskrimp. Met ’n tandestokkie maak hy ’n aantal gaatjies in die foelie, en dan plaas hy gloeiende kole met ’n tangetjie op die styfgespande foelie. Uiteindelik kry hulle elkeen ’n skoon mondstuk wat hulle by die pype se openinge inforseer. Faoud begin eerste trek.

Ondertussen het Mohammadar begin rondkyk na die klante rondom hulle. Daar is families, man, vrou in burka, en ’n rits kinders van klein tot groot, die kleintjies wriemelend op hulle stoele, die groteres se aandag volledig in beslag geneem deur elektroniese apparate waarop hulle vingers en duime blitssnelle bewegings maak. Groepe tieners laggend en skertsend, met hulle onderlinge intriges en vinnig-verskuiwende affiniteite en lojaliteite, stampend en kamtig slanend aan mekaar. Hier en daar ’n tafel met toeriste, meestal pare, die jongeres met kinders. Die oueres bleek maar met ’n roospienk blos op hulle wange van al die rondstap in die vars lug en die son; die mans met groot buike onder hulle T-hemde en dun, wit bene wat uitsteek onder hulle kortbroeke. Die vrouens asof hulle energie en sportiwiteit wil uitstraal in hulle wit hardloopskoene en ewe wit golfkepse. Mohammadar wil aan hulle dink as mense soos hyself, maar telkens skuif daar ’n wolk voor sy gedagtes in, amper ’n fisiese opwelling van diep onder uit sy maag as hy probeer dink dat hulle elkeen êrens behoort, ’n dorp, ’n straat, ’n huis. Faoud klop teen sy skouer.

“Jou beurt.” Mohammadar se hand bewe toe hy die mondstuk vat en begin trek.

“Wat bewe jy so? Ek’t gesien hoe sit jy en rondkyk. Jy weet hulle sê as ’n man bewe wanneer hy hookah rook, beteken dit hy kyk na ander vroue.” Faoud lag.

Mohammadar het juis net ’n goeie teug gevat en hy moet keer om nie te verstik nie.

“Nee...ek wonder maar net…” Hy wonder oor hierdie ongewone gedagtes wat hy kry, en of Faoud, en ander mense, ook sulke gedagtes kry. Hoe sou jy ooit kon weet, jy kan hulle tog nie vra nie?

“Ja,” sê Faoud, “ek weet jong. Ek wonder ook dikwels waar alles heengaan. Ek bedoel, ons woon hier, en ons is nie te vrot af nie, ek en jy, en ons het dit wragtig nie maklik gehad nie, maar kyk nou net in watse gemors is die land na daardie sogenaamde rewolusie. Gelukkig is ons ver van Kaïro af, maar natuurlik voel ons die effek ook hierso. Kyk na ons dorpsraad, nou moet hulle meer druk op die hotelle sit vir hoër lone en allerhande voordele vir die werkers. En dit met die afname in toerisme, en wie se skuld is dit? As dit nie was vir die moeilikheid in Kaïro nie, sou alles nog goed gegaan het. Hoe kan die hoteleienaars hoër salarisse betaal en voordele uitdeel as die toeriste nie kom nie? Maar dit kan hulle nie verstaan nie, die jonges. Weet nie wat dit is om te werk nie. Wat het ek en jy gekry by die hotel? Elke dag van ses tot tien, Kersfees en Nuwejaar vier en twintig uur sonder ekstra betaling, miskien oorskietkos om huis toe te vat. Kla kon jy nie. Ja jong, ek weet hoe jy voel. En nou praat my Khaled van Kaïro toe gaan. Daar kom glo nog moeilikheid, hulle praat so op die internet. Ja, ek weet nie, die ou wêreld is heeltemal onderstebo. Kyk nou net daar.” ’n Groep tieners loop voor hulle verby oor die plein. Die dogters dra almal blou denim kortbroeke, sommige so kort dat die onderkant van die boud sigbaar word as ’n been vorentoe gesit word. Die seuns se hare is of met jel gestileer sodat dit wilde punte in alle rigtings maak, of dis skoongeskeer aan die een kant en ’n lang kuif hang half oor die ander kant van die gesig.

Faoud sug diep, “Vat nog ’n trek, jong.” Dan word hy stil, en hulle sit saam en kyk hoe die skaduwees langer word oor die plein en soos stygende water opkruip teen die mure van die geboue aan die oorkant. Skielik is dit koel, en toe die Muezzin vanaf die moskee roep vir Maghrib, sê Faoud: “Kom jong, kom laat ons gaan.”

The post Die stilte om die huis van Mohammadar Iqbal: Deel 1 appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Protea Boekhuis-kinderboekillustrasiekompetisie


sorry my broe

$
0
0

awê broe'tjie van my
djy kan mossie soe maakie
ô's twie is dan supposed
om soes eie bloed te wies
hoe kan djy net wil loep
sonne' lat ekke vi jou
one for the road koep

djy hettie ee's vi' oulaas
vi' my koebaai gesê nie
net stil-stil die pad
van nooit-wee-t'rugkom gevat
djy hettie ee's daai kwaai game
op Loftus saam my gewatch'ie
(of het jy van 'n distance af?)
ek praat van daai game
wat die all blacks by luck gewennit

ek haat scary plekke
en daai wiet djy goed
soe ek is sorry my broe
don't think i'm funny
but ek gaan rêrag'ie vi' jou
innie begraafplaas ko' visit'ie

The post sorry my broe appeared first on LitNet.

Video: Stellenbosch launch of Sex, Lies & Stellenbosch

$
0
0

Eva Mazza's debut novel Sex, Lies & Stellenbosch was recently launched at Gino's Stellenbosch. Eva was interviewed by her publisher Melinda Ferguson.

 

About the book

Sex, Lies & Stellenbosch uncovers what really goes on behind closed doors in the seemingly upstanding community of Stellenbosch, one of South Africa’s wealthiest small towns, home to 3 400 dollar millionaires (before they invested in Steinhoff shares).

Written as fiction to protect the innocent, the book exposes the explosive dark truths of the Winelands’ elite. All is revealed through Jen, wife of John Pearce, a renowned wine farmer and businessman. Jen stumbles upon her playboy husband in a compromising position with his sexy wine rep, Patty. Jen is forced to choose between leaving her marriage, jeopardising her standing and stability in the community or turning a blind eye to his infidelity.

On the day of the discovery, Jen books herself into a luxurious spa, using her cheating husband’s credit card, and serendipitously meets Claudia, a psychologist. This chance meeting helps Jen make sense of her crumbling world. She is betrayed by friends and bolstered by unlikely allies.

Jacana Media: MFBooks
ISBN: 9781928420378

The post Video: Stellenbosch launch of <i>Sex, Lies & Stellenbosch</i> appeared first on LitNet.

Openbaring 5

$
0
0

Die Lam maggie boekrol oepmaak

5 Ek het gesien dat die pesoon wat oppie troon sit het ʼn boekrol in sy regtehand gehad. Daa was woorde annie binne- en buitekant vannie boekrol. Die boekrol was toegeplak met siewe seëls. 2 Ek het ʼn stêk engel gesien wat in ʼn harre stem geskrie het, “Wie maggie boekrol oepmaak? Wie maggie seëls oppie boekrol briek ennie boek oepmaak?”

3 Maa niemand innie hiemel of oppie aarde kon die boekrol oepmaak of selfs daa in kykie. 4 En ek het gehuil en gehuil wan daa was niemand wattie boekrol kon oepmaak of binne in kykie. 5 Toe sê een vannie oudelinge vi my, “Maa moetie huilie. Kyk die Leeu uitie stam van Juda, die Wortel van Dawid het oorwin. Dis hoekô Hy die siewe seëls kan briek ennie boekrol kan oepmaak.” 6 Toe sien ek die Lam, dit het gelyk soes dit geslag is. Die Lam het innie middel vannie troon gestaan en om die Lam was daa vie liewendige gediertes ennie ouderlinge. Die Lam het siewe horings en siewe oë, dis nou die siewe gieste van God wat Hy uit oorie hele aarde stuur. 7 Hy’t gegan ennie boekrol uitie pesoon wat oppie troon gesit het se hand geniem. 8 En toe die Lam die boekrol gevat het, hettie vie liewendige gediertes ennie vie-en-twintag oudelinge voorie Lam gekniel. Elkeen het ʼn harp gehad en hulle het goue bakke in hulle hanne gehou. Die goue bakke was vol wieroek, die wieroek wassie gebede van God se mense. 9 En hulle het toe ʼn niewe lied gesing virrie Lam,

“Net Djy maggie boekrol niem,
en net Djy maggie seëls briek

wan Djy was doodgemaak,
en met Jou bloed
het Djy mense gekoep vi God,

mense van elke stam, taal, en volk, en nasie. 

10 Djy het hulle soes ʼn koninkryk gemaak,
en soes priestes om vi God te dien,
en hulle sal oorie aarde regeer.”

11 Toe sien en hoo ekkie stemme van ʼn klompie engele, die antal engele was duisende boe-op duisende engele, en tien duisend maal met tien duisend engele. Hulle het ommie troon gedraai, en ommie liewendige gediertes ennie oudelinge. 12 In ʼn harre stem het hulle gesê,

“Die Lam wat geslag is, is waardig
ommie krag, ennie rykdom, ennie wysheid,
ennie sterkte, en eer en heerlikheid en prys te onvang.”

13 Toe hoo ek hoe elke liewendige wese innie hiemel en oek oppie aarde, en onnerie aarde, en oppie sieë, en alles wat in hulle is sê,

“An hom wat oppie troon sit en annie Lam
gie ôs allie lof en prys, en eer en krag,
vi iewag en iewag!”

14 Die vie liewendige gediertes het gesê, “Amen!” Ennie oudelinge het gekniel en gebid an God ennie Lam.

The post Openbaring 5 appeared first on LitNet.

Terroris of vryheidsvegter?: ʼn Resensie

$
0
0

Titel: Wit terroriste
Skrywer:  Albert Blake
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624081586

Nie baie lank gelede nie was daar ʼn tyd toe baie Afrikaners terroriste was. So skryf Albert Blake op die skutblad van sy boek Wit terroriste met die subtitel “Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag”.

Vir baie Afrikaners klink ʼn stelling soos dié seker alte vergesog. Terrorisme is immers iets wat die meeste Afrikaners vereenselwig met organisasies soos die ANC, Swapo en buitelandse terreurorganisasies soos Al Qaeda of Boko Haram. Beslis nie Afrikaners nie.

Blake maak korte mette in sy boek met hierdie wanpersepsie. Daar was inderdaad nie so lank gelede nie ook wit terroriste. En dit sluit nie net linkses soos John Harris in wat in 1965 gehang is nadat hy ʼn bom in die Johannesburgse stasie laat ontplof het nie, maar ook talle stoere Afrikaners.

Die lang lys Afrikaanse terroriste aan die regterkant van die politieke spektrum laat jou na jou asem snak met die lees van Blake se boek. Baie van hulle het later belangrike posisies in die Suid-Afrikaanse samelewing beklee en gesiene akademici en selfs regters geword. Ander het in die niet verdwyn.

Wat baie mense dikwels vergeet, en waaraan Blake die leser meesterlik herinner, is die stokou waarheid dat die een se terroris die volgende persoon se vryheidsvegter is.

In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ʼn volk se vryheidstrewe gaan.

Die parallelle tussen die Afrikaner se strewe om bevry te word van Britse oorheersing en die bevrydingsbewegings van swart Suid-Afrikaners om van wit oorheersing bevry te word, gaan nie ongesien verby in Blake se boek nie.

Tereg wys Blake daarop dat dit histories gevaarlik is om parallelle tussen die bewegings te trek, aangesien hulle om uiteenlopende redes ontstaan het wat nie noodwendig algemeen geldend is nie. Maar soos wat hy in sy voorwoord opmerk, is ʼn beheerde vergelyking tussen die wit en swart bewegings inderdaad insiggewend en terselfdertyd ontnugterend.

Afrikaners verwys vandag nog afkeurend na die terreurdade wat tydens die apartheidsjare deur die ANC en ander organisasies gepleeg is. Te maklik word daar vergeet van die terreurdade wat in die naam van vryheid deur Afrikaners gepleeg is tydens die oorlogsjare van die 1940’s.

Omdat die Afrikaner na 1948 die oorwinnaar was, en soos oorwinnaars maar altyd maak, grootliks hulle eie geskiedenis dikteer het, is min Afrikaners bewus gemaak van die donker kant wat daar ook by die Afrikaner was om sy vryheidstrewe te verwesenlik.

Met sy deeglike navorsing en boeiende skryfstyl slaag Blake daarin om ʼn spieël voor die Afrikaners te hou. Hy het diep in die argiewe gaan delf om hierdie stuk geskiedenis uit die Afrikaner se verlede sonder enige vooroordele aan te bied.

Die lys Afrikaners wat destyds betrokke was by die pleeg van terreurdade lees byna soos ʼn Who’s Who en wemel van bekende name.

Daar is al baie geskryf oor organisasies soos die Ossewabrandwag (OB) en hulle meer militante vleuel, die Stormjaers. Gewoonlik is dit met ʼn spesifieke bril gedoen. Aan die een kant word die OB dikwels voorgehou as ʼn kwasi-Nazi-organisasie wat geen goed gedoen het nie, aan die ander kant as ʼn suiwer kultuurorganisasie wat geen bloed aan sy hande gehad het nie. Die waarheid lê iewers tussenin.

Die resultaat van Blake se intensiewe navorsing is vol verrassings. Veral diegene wat nostalgies terugverlang na “die goeie ou dae” kan gerus daarvan kennis neem hoe naby Suid-Afrika aan ʼn moontlike  bloedbad was. As dit nie vir leiers aan beide kante van die politieke spektrum was wat onder moeilike omstandighede koelkop gebly het nie, kon sake lelik skeefgeloop het.

Net soos wat die ANC vandag hulle ondermynende terreurdade regverdig, het ook baie Afrikaners wat tydens die oorlogsjare aan sabotasie en terreur deelgeneem het, hulle ondermynende optrede later jare steeds regverdig. En net soos wat die struggle-helde teen apartheid deur die meeste van hulle volgelinge as helde vereer word, het waarskynlik die meeste Afrikaners ook ʼn patriotiese heldeverering gehad vir diegene wat soms roekeloos en op onverantwoordelike maniere die Afrikaner se stryd gevoer het.

Blake se verhaal is eie aan die Afrikaner. Broedertwis, tweedrag en verraad loop soos ʼn goue draad deur die Afrikaner se geskiedenis. Daar was ook sluipmoorde, en selfs sluipmoordplanne om Jan Smuts te vermoor. Blake som dit raak op wanneer hy sê die tragedie van ons land se geskiedenis is dat die bewoners nog altyd ʼn verdeelde nasie is. “In Suid-Afrika met sy gefragmenteerde bevolkingsamestelling en gemeenskap is verdraagsaamheid nie vir almal ʼn deug nie. Vooroordele en verdraaide persepsies voer dikwels die botoon” (40).

Blake ruim ook die wanpersepsie uit die weg dat die OB gelykgestel kan word aan die fascistiese bewegings van die 1930’s en ‘40’s. Hy skroom egter nie om veral die Stormjaers en terreurgroepe wat noue bande met die OB gehad het, se militantheid oop te vlek nie.

Die OB-leier Hans van Rensburg kan nie anders as om mens se verbeelding op ʼn vreemde manier aan te gryp nie, selfs al sou mens nie sy politieke standpunt steun nie. Sy naam kom telkens in die boek voor as een van die hoofkarakters, maar ek kon nie sy naam agter in die boek se indeks vind nie. Anders as byvoorbeeld iemand soos Eugène Terre’Blanche het Van Rensburg  ʼn skerp intellek en stewige akademiese onderbou gehad.

Was dit nie vir Jan Smuts en Hans van Rensburg wat, ondanks hulle radikaal uiteenlopende politieke beskouings, daarin geslaag het om hulle volgelinge min of meer in bedwang te hou nie, kon Suid-Afrika maklik in ‘n bloedbad gedompel gewees het.

Hoewel Blake se boek in die geskiedeniskategorie val, lees dit soos ʼn  spanningsverhaal propvol intriges. Daar is verraad, waaghalsige rooftogte, spioenasie-intriges, ouers se smart en vele ander intriges wat die leser boei.

Die boek word afgerond met talle geskiedkundige foto’s uit die tyd van die OB. Daar is volledige verwysingsbronne agterin, met onder andere ʼn naamlys van die 52 Stormjaers wat in die 1942-hoogverraadsaak aangekla is.

Albert Blake is natuurlik geen onbekende skrywer nie. Hy is onder meer beloon met die Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir sy Boerekryger: ʼn seun se hoogste offer (2012).

Die meeste mense ken hom egter as die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2012), wat in die roerende rolprent Verraaiers omskep is. In hierdie jongste boek van hom, Wit terroriste, is daar meer as genoeg stof vir nóg ʼn rolprent oor die Afrikaner se veelbewoë geskiedenis.

The post Terroris of vryheidsvegter?: ʼn Resensie appeared first on LitNet.

Wie was St Valentyn nou eintlik?

$
0
0

Meer as sjokolade? (Bron: Izak de Vries)

Valentynsdag is sekerlik een van die mees gekommersialiseerde vierings van ons tyd, maar tog bly dit heerlik om een dag lank te vergeet van ons daaglikse stres en met oorgawe op die liefde te fokus. Maar wie was die man na wie hierdie dag van liefde vernoem is, en hoekom vier ons dit juis op 14 Februarie?

Die Katolieke Kerk erken minstens drie heiliges met die naam Valentino of Valentinus (wat in Latyns waardig, sterk of magtig beteken), en al drie word beskou as martelare. Een legende handel oor 'n priester met die naam Valentino wat in die derde eeu in Rome gewoon het. Keiser Claudius II het destyds besluit om huwelike onwettig te verklaar omdat enkellopende mans glo beter soldate maak. Dit het Valentino so ontstig dat hy jong paartjies in die geheim in die huwelik bevestig het. Toe Claudius hiervan uitvind, het hy opdrag gegee dat die goeie priester tereggestel moes word.  Volgens 'n ander legende is Valentino na Claudius se opdrag eers 'n ruk lank in 'n edelman se huis aangehou, waar hy dié se dogter van blindheid genees het. Voor sy kop op 14 Februarie 270 vC afgekap is, het hy vir haar ‘n brief geskryf en dit onderteken met “Van jou Valentino”.  Volgens ander legendes het Valentino Christene help ontsnap uit die verskriklike Roomse marteltronke, en was die heilige na wie Valentynsdag vernoem is, eintlik ene Biskop Terni van Rome, wat ook die keiserlike opdrag geïgnoreer het en paartjies in die geheim getrou het. Daar was uiteindelik so 'n groot deurmekaarspul rondom die ware identiteit van St Valentinus dat die Katolieke Kerk in 1969 opdrag gegee het dat hy nie meer as 'n heilige gehuldig mag word nie, hoewel sy naam steeds op die kerk se lys van heilige martelare is.

Wanneer 'n mens oor St Valentyn begin navorsing doen, kom jy op verstommende feite af. En jy kry die arme oorlede heilige skoon jammer vir alles wat mense verwag hy moet beskerm en voorkom. Hy word nie net beskou as die beskermheilige vir verliefdes, verloofdes en gelukkige huwelike nie, maar is ook die beskermheilige teen epilepsie, die plaag en floutes. Tussendeur moet hy boonop ook spesiale beskerming verleen aan byeboere en reisigers. Interessant genoeg is daar minstens 12 St Valentyns op die Rooms-Katolieke Kerk se amptelike lys – onder hulle ook 'n vrou, St Valentina, 'n maagd wat in die jaar 308 in Palestina gesterf het.

In die Basilica van Santa Maria in Cosmedin, Rome (Bron: Wikipedia)

Dat die wêreld al eeue lank honger is vir liefde, en hou van "n mooi romantiese storie, blyk uit die (grieselrige) feit dat die arme St Valentyn se skedel – weliswaar met vars blomme versier – in die Basilica van Santa Maria in Cosmedin, Rome uitgestal word. Nog stukke van sy skelet word ten toon gestel in die Tsjeggiese Republiek, Ierland, Skotland, Engeland en Frankryk.  

Al verskil historici oor wie en wat die werklike St Valentyn nou eintlik was, staan een ding soos 'n paal bo water: al die weergawes skep 'n prentjie van 'n romantiese, heldhaftige siel met 'n sagte hart wat bereid was om alles te gee vir die liefde – presies nes die ideale held in liefdesverhale deur die eeue! Wie beter om as inspirasie te dien vir 'n dag waarop miljoene mense wêreldwyd die liefde vier?

St. Valentyn kniel in oodmoed, deur David Teniers III (Bron: Wikipedia)

Maar hoekom vier ons Valentynsdag spesifiek op 14 Februarie? Een verklaring is dat die Christelike kerk die paganistiese vrugbaarheidsfees Lupercelia (opgedra aan Faunus, die Romeinse god van landbou, en Romulus en Remus, die stigters van die Romeinse Ryk) wat op 14 Februarie gevier is, in iets meer Christelik wou omskep. Lupercelia was 'n uitvloeisel van die Romeinse reinigingsritueel Februa, wat op die 15e Februarie gehou is. Die idee dat 'n bok en 'n hond geoffer moes word, klink darem net te grillerig om die liefde te vier, maar tog was dit presies wat tydens die fees gebeur het. Maar daar was darem ook 'n romantiese aspek: al die ongetroude vroue van elke dorp het daardie dag hul name neergeskryf en in 'n groot kruik gegooi. Die hubare mans van die dorp moes dan 'n naam trek, en vir die volgende 365 dae was die twee dan 'n paartjie. Dit het tot baie huwelike gelei.

Maar met die opkoms van die Christendom het die owerhede gevoel daar is darem te veel bloed betrokke by Lupercelia, en Pous Gelasius het 14 Februarie teen die einde van die vyfde eeu amptelik as St Valentynsdag verklaar.

'n Ander verklaring vir die feit dat ons Valentynsdag juis op 14 Februarie vier, kom uit 'n gedig van die middeleeuse digter Geoffrey Chaucer getiteld Parliament of Fowls (circa 1375). Die reël “For this was on Seynt Valentyne’s Day, when every bird cometh ther to choose his mate” [sic]. (Daar is in die Middeleeue geglo dat voëls se paarseisoen amptelik op 14 Februarie begin.)

Al verskil historici sterk oor die presies waar Valentynsdag nou eintlik vandaan kom, laat hierdie dag elke jaar die kasregisters wêreldwyd klingel. Dis die een dag ‘n jaar waarop jy nie noodwendig net ‘n geliefde wat jy reeds het, bederf nie. Jy het as’t ware die hele wêreld se toestemming om die geliefde wat jy begéér, se hart te probeer steel met liefdesgeskenke en romantiese gebare – niemand gaan jou skeef aankyk op Valentynsdag nie.

Hoewel Valentynsdag-groete reeds in die Middeleeue gewild was na Chaucer se gedig, het die gee van geskrewe Valentynsdagboodskappies eers na 1400 nC gewild geword. Die oudste Valentynsboodskap waarvan historici weet, is 'n gediggie deur Charles, die graaf van Orleans. Hy het dit in 1415 geskryf vir sy vrou terwyl hy in die Tower of London aangehou is na die Slag van Agincourt. Hy gebruik die woord “Valentine” verskeie kere in die briefie, en skryf ook hy is siek van die liefde. (Ongelukkig is sy vrou dood voordat sy brief haar bereik het.)

 'n Paar jaar later het Koning Henry V selfs 'n skrywer, ene John Lydgate, gehuur om 'n Valentynsdagboodskap vir Catherine van Valois te stuur.

William Shakespeare, wie se Romeo en Juliet steeds die inspirasie vir talle liefdesverhale is, het ook in sy werk na Valentynsdag verwys. In Hamlet, wat in ongeveer 1600 geskryf is, sing Ophelia die volgende vir die koning: “To-morrow is Saint Valentine's day/ All in the morning betime/ And I a maid at your window/ To be your Valentine.” Hierdie vers verwys na die bygeloof dat die eerste vrou wat 'n man op St Valentynsdag sien, sy ware liefde is.

In die 17e eeu het al hoe meer Britte begin om Valentynsdag te vier. Daar was nog nie iets soos gedrukte kaartjies nie, maar handgemaakte kaartjies was algemeen. Dit is per hand onder voordeure ingestoot, natuurlik onder groot geheimhouding . En as jy gesukkel het om die regte woorde te vind, was daar gedrukte gidse met gepaste versies wat jy net so kon kopieer om jou geliefde se hart te steel.

Die oudste Valentynskaartjie waarvan ons weet, is deel van 'n uitstalling in die York Castle Museum in York, Engeland. Dis in 1797 gedruk en met die hand ingekleur, want kleurdrukwerk het nog nie bestaan nie. Die prent bevat ingewikkelde blompatrone, Kupido's en duiwe en het 'n kantagtige voorkoms. Daar is 'n versie al om die rand geskryf wat lui: Since on this ever Happy day, All Nature's full of Love and Play. Yet harmless still if my design,'Tis but to be your Valentine.

Die oudste Valentynskaartjie? (Bron: York Museums Trust/Scrapbook.com)

Teen die middel van die 18e eeu was die uitruil van handgeskrewe briefies en klein geskenkies algemeen.  Teen 1900 was gedrukte kaartjies volop in Brittanje – 'n handige manier om jou liefde uit te druk in ‘n era waarin mense nie juis aangemoedig is om oor hul emosies te praat nie. In 1835 is ongeveer 60 000 Valentynsdagkaartjies per pos gestuur. Vyf jaar later, toe posgeld goedkoper gemaak is (die era van die sogenaamde “penny post”) het die syfer gegroei na 400 000.

'n Handgemaakte koevert vir 'n Valentynsboodskap, circa 1850 (Bron: Scrapbook.com)

Aan die ander kant van die oseaan het Amerikaners ook iewers in die vroeë 1700's begin om handgeskrewe Valentynsboodskappe vir geliefdes te gee. Esther A Howland het egter al in die 1840's 'n gaping in die mark gesien vir  massavervaardigde Valentynskeppings. Howland, wie se pa ‘n skryfbehoeftewinkel in Massachusets besit het, word gesien as die “Moeder van Amerikaanse Valentynskaartjies”. Haar skeppings van kant, linte en kleurvolle prente, is “scrap” genoem (dink waarvan die term “scrapbooking” later afgelei is. Op die kruin van haar gewildheid het Howland in 'n stadium meer as $100 000 se handgemaakte Valentynsdagkaartjies verkoop – sy het 'n produksielyn van plaaslike vroue gehad wat help kaartjies maak het. Later het sy selfs 'n fabriek begin wat die eerste gedrukte Valentynskaartjies in die VSA vervaardig het.  

'n Tipiese Esther Howland-kaartjie (Bron: Wikipedia)

Hallmark, 'n wêreldleier op die gebied van groetekaartjies, het hul eerste Valentynskaartjies in 1913 verkoop. Vandag is dit "n multimiljoendollar-bedryf. Statistiek deur die Greeting Card Association toon dat daar jaarliks wêreldwyd meer Valentynsdagkaartjies verkoop word as Kerskaartjies – na raming meer as 150 miljoen kaartjies per jaar.

(Bronne: www.history.com; www.scrapbook.com)


LAPA Uitgewers vier elke maand die liefde met ons Romanza-reeks.


Huis van geheime

Malene Breytenbach

SuperRomanza

9780799391626

R225,00

Mona begin ’n splinternuwe lewe met die skep van ’n gastehuis wat spesifiek op skrywers gemik is. Vir haar is dit nuut en opwindend, want haar afgelope huwelik het haar broos gelaat. Nou staan sy weer op haar eie bene.

Mona kry met skrywers van alle soorte te doen, sommige aspirerend, ander so bekend dat hulle werk in verskeie tale vertaal word. Tydens die Woordfees op Stellenbosch is daar veral een bekende skrywer wat die vroue op hol het. Sonder dat sy wil, besef Mona dat sy teenwoordigheid haar allesbehalwe onaangeraak laat.

Nugter en verstandig weet sy dat iemand wat ander vroue ook laat swymel, moeilikheid kan beteken. Dit gebeur wel. Van die mededingende vroue vind uit hoe die wind waai en word haar vyande.

Mona se eksman gun haar boonop geen geluk nie en kort voor lank word haar eienaarskap van die huis, haar nuwe lewe, bevraagteken. So ontvou Huis van geheime in ’n verhaal met talle spanningselemente en allerhande verrassende wendings.

Lesers sal baie hou van Mona en die suksesvolle skrywer wat haar so onverhoeds betrap. Dié twee is nie bloot aantreklik nie; hulle is albei hoogs intelligent en talentvol.

Malene Breytenbach is nie verniet een van die talle Romanza-skrywers wat met ’n PhD spog nie. Gewoonlik is sulke inligting van min nut vir ’n leser, maar in hierdie geval skryf Breytenbach vanuit die maag van die Afrikaanse letterkundige Establishment, en sy doen dit trots onder die Romanza-vaandel. Breytenbach en haar man het albei aan die US gedoseer en was van meet af aan betrokke by die US Woordfees. Sy het al meer as vyftig romanses geskryf, bo en behalwe die literêre verhale wat ook al uit haar pen gekom het.

Haar vorige boek met die universiteit as agtergrond, Die professor en die beterweter, is op Goodreads geklassifiseer in die jy-waag-dit-nie-om-neergesit-te-word-nie-kategorie.

Hoekom dan nie? Die maand van die liefde is ook mos daar vir mense wat hulle brein kan gebruik, nie waar nie? LAPA is skaamteloos trots op ons Romanza-aanbod. Almal is welkom.


Onweerstaanbare passie

Marijke Greeff

Romanza-Omnibus

9780799391657

R225,00

Marijke Greeff is ’n gekwalifiseerde bibliotekaris wat begin skryf het toe sy nie meer in ’n biblioteek kon werk nie. Haar werk is bekend om die vurige liefdestonele, onweerstaanbare helde, sterk heldinne en die interessante kinkels in die storielyne. Dit is mos wat ’n mens van LAPA verwag in die maand van die Liefde, nie waar nie?

Marijke het al verskeie romanses geskryf en is reeds met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon.

Onweerstaanbare passie is ’n samestelling van drie van haar vorige Romanzas.

’n Ongewone meisie: Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot ’n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis. Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? Wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor ’n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Die spanning – ook tussen Zack en Juli – bereik ’n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap. Juli oortree natuurlik elke reël van professionaliteit wanneer sy voor Jack se manlike sjarme swig.

Soleil en die sakeman: Soleil het van kleins af ’n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason – waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. ’n Ander kant van Jason word egter ook nou duidelik: dié van ’n berekende sakeman. Van haar droom om ’n kliniek vir minderbevoorregtes te heropen wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op ’n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?

Formuleliefde: Jarod Hunter speel nie met sy mededingers en vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié Formule Een-wêreldkampioen ver­pes die media, en Catherine is juis ’n joernalis – met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is ’n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheim­sin­nige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weer­staan nie; totdat hy agterkom dat sy ’n lid van die media is en hy die intiemste besonder­hede oor homself op haar koerant se voorblad lees.


Sterlig en soene

Thea Holland

9780799391473

R90,00

Antjie is lief vir Tom, maar trou? Nee, dankie. Die huwelik is ’n strik waarin jy trap! Maak sy ’n fout toe sy die troue weer uitstel? Sy het dit immers voorheen al gedoen, toe het Tom haar vergewe.

Thea Holland woon by die see en haar belangstellings strek so wyd soos die hemelruim. Die lewe is vir haar ’n geskenk waarvoor ’n mens nooit dankbaar genoeg kan wees nie.


Lank, donker en gevaarlik

Madelie Human

9780799391534

R90,00

’n Verhouding, so kort op die hakke van die verbreking van haar verlowing, is vir Lizma ondenkbaar, maar vertel dit nou vir haar ongehoorsame hart; veral as Joe Schoeman net naby haar kom.

Madelie Human het voltyds begin skryf nadat sy die onderwys verlaat het. Om romanses te skryf is iets is wat sy nog altyd graag wou doen.


Die spel van liefde

Corné van Rooyen

9780799391503

R90,00

Tot Izette se ontsteltenis is die nuwe, sexy prokureur niemand anders as haar eksman nie. Gelukkig is haar gevoelens vir Markus iets van die verlede, maar sy soene saai steeds verwoesting in haar hart.

Corné van Rooyen was nog altyd baie lief vir lees en het van kleintyd al haar eie stories geskryf met die droom om in gewilde skrywers soos Ena Murray en Schalkie van Wyk se voetspore te volg.


Blomme vir Melissa

Ciska Olivier

9780799392197

R90,00

Eers los Nico Roussow haar met ’n gebroke hart en nou verwag hy ’n tweede kans. Wel, nie weer nie. Melissa dink sy het ’n goeie houvas op haar hart, maar dit luister nie en voor sy weet, dompel sy haarself van voor af in die verderf.

Ciska Olivier is ’n plaaskind van Namibië wat in haar eie wêreld van lees en skryf geleef het totdat sy haar eie storieboekheld ontmoet het.

The post Wie was St Valentyn nou eintlik? appeared first on LitNet.

Viewing all 21514 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>