Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Hallo, is iemand nog daar?


Stroomop: ’n resensie

$
0
0

Vyf dames is almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens. Verskillende situasies en gebeure lei elkeen van hulle om op dieselfde rivieravontuur te gaan. Tydens die avontuur word die boot waarin die dames vaar, omgegooi en die gids raak verlore. Die dames word gedwing om op hulle eie in die water en wildernis te oorleef, onwetende dat hulle onderskeie realiteite en lewenservaringe hulle reeds bevoeg maak vir dié uitdaging. In die oorlewingsproses vind hulle vriendskap en ook hulle eie innerlike krag en binnestemme soos hulle een golf na die ander moet aandurf. Soos hulle die fisieke uitdagings oorwin, oorkom hulle ook ander swakhede en groei hulle in karakter en selfvertroue wat tot genesing in hulle unieke lewens lei.

Eerstens: ek en Donnalee Roberts was die laaste twee jaar medebeoordelaars by die Silwerskermfees. Sy was regtig gaaf met my, met ander mense en teenoor ander mense se films. Dit maak dus hierdie resensie moeilik. Tweedens: ek het eindelose respek vir die hoeveelheid werk wat sy en Ivan Botha in al hulle flieks insit. Hulle besoek skole, deel poskaarte uit, ontmoet-en-groet, en hulle bou ’n “brand”. Vir Stroomop het hulle selfs vertonings gereël vir weeshuise en maatskaplike werkers. Ongelukkig maak dit nie van Stroomop ’n foutlose film nie. So here goes.

Stroomop is ongelooflik mooi geskiet. Chanelle de Jager en Simone Nortmann beïndruk soos altyd. Chanelle gee ’n menslikheid aan Adri, maar kan jou met een kyk laat skaterlag. Van die temas wat aangeraak word, is belangrik vir vroue. Liggaamsbeeld. Als vir die verkeerde ou weggooi. Nie oopmaak teenoor ander nie. Om vervreemd te raak van jou kinders. Die onvoorwaardelike aanvaarding van ’n gay kind. Selfmoord. Die lys gaan aan.

Ek het twee fundamentele probleme met Stroomop. Een: die melodramatiese manier waarop al die drade bymekaar gebring word voel geforseerd en asof dit streng volgens ’n formule gedoen is. Twee: die ongeloofwaardigheid van die avontuur het gemaak dat ek nie vir ’n oomblik geglo het die vroue is in gevaar nie.

Kom ons begin by die netjiese drade. ’n Klomp vroue wat eers baklei, en dan saamstaan is nie ’n nuwe konsep nie. (Die vreeslike gehuil en gelag in hierdie film is eintlik ’n belediging, om eerlik te wees.) Dus moet jou aanslag vars wees. Ek dink nou aan Annihilation. Ja, ek weet, dit is wetenskapfiksie, maar daar is ooreenkomste. Jy vat ’n groep uiteenlopende vroue, almal met bagasie, en jy stuur hulle saam die wildernis in. Waar Stroomop die karakters se bagasie en heelword lepel vir lepel vir jou voer, moet jy in Annihilation noukeurig oplet om al die besonderhede te sien. (Die fliek het gelei tot ’n magdom opstelle en potgooie wat die betekenis van die film probeer ontsyfer.) Die depressielyer in Annihilation maak byvoorbeeld heeltyd haar bril skoon. Sy voel afgesny van die lewe. Die dwelmverslaafde sit en staan en loop senuweeagtig rond, terwyl sy haar kappie opsit en afhaal, opsit en afhaal. Hul rugsakke, met ander woorde hul bagasie, word elke keer neergesit wanneer iets belangriks gebeur, maar dan weer opgetel. Hul verlossing is ook nie volledig of netjies of maklik nie. Die regisseur laat baie aan jou verbeelding oor. Stroomop se draaiboek en regie verduidelik elke laaste klein besonderheid aan jou. Oor en oor en oor.

Elke moontlike muur in die terapeut se spreekkamer is oortrek met plakkate vol Facebook-tipe sêgoed. (“You cannot pour from an empty cup.” “Go where you feel most alive.”)

Wanneer die as van die afgestorwe pa in ’n waterbottel gegooi word, mors die ma daarvan. Dit gaan gepaard met eers ’n gelag, dan natuurlik trane. Die waterbottel gaan verlore op die rivier, maar word dan weer gevind, nogal deur iemand indirek betrokke by die pa se dood. Die dogter wat glimlag en sê “You saved him” was te dik vir ’n daalder.

Wanneer die eerste stroomversnelling bereik word, lei die bakleiery onder die vroue tot die boot wat omkantel. Regtig? Die tweede keer wat ’n stroomversnelling bereik word, werk hulle mooi saam. Daar was sekerlik meer as twee stroomversnellings in hierdie rivier?

Ons weet Lana ly aan PTSD. Ons hoef nie ’n boek daaroor te sien rondlê nie. Hoekom moes almal aan die begin van die film in die hospitaal aan mekaar verbind word? Behalwe Lana wat blomme op Vivian se bedkassie sit, het dit geen doel gedien nie.

Hoekom moes Diona se man verongeluk toe hy ry om die melk te gaan koop wat sy vergeet het? Ons weet reeds sy werk te hard en skeep haar familie af. Ons het die punt gekry. Vyf tonele terug. Die lys gaan aan.

Dit bring my by die ongeloofwaardigheid. As mens ’n doelbewus buitensporige film maak, dan kan sekere ongeloofwaardighede toegeskryf word aan die opskorting van ongeloof. Kyk byvoorbeeld na die briljante 2018-film Revenge. Die slagoffer val van ’n krans af, maar sy tref nie die klipvloer nie, want sy val op ’n ou boom. Die tak wat haar sy deurboor, red haar lewe. Om los te kom brand sy die boom af! Sy neem meskalien om te hallusineer, sny ’n bierblikkie oop, maak die hele ding warm en brand die wond nogal toe! Dit mag dalk nie moontlik wees in die regte lewe nie, maar die fliek moedig jou van die begin af aan om jou ongeloof prys te gee en saam te kom vir die rit. Revenge is ongelooflik brutaal, maar ook werklik snaaks en ’n onwrikbare pluimpie vir vroue. Stroomop is nie een van hierdie goed nie. Dit is ’n doodgewone verhaal wat met erns vertel word. Dan moet jy jou feite regkry, want niemand se ongeloof gaan opgeskort word nie.

Geen avontuurmaatskappy gaan gebottelde water saamroei en uitdeel nie. (Hulle sal ’n waterfilter of watersuiweringsdruppels saamvat.) ’n Groot seiltent gaan ook nie toegelaat word nie, want dit is ongelooflik swaar en sal ’n kwart van daardie rubberboot vol lê. (Jy kan steeds die punt van die familietent maak met ’n liggewig-plastiekfamilietent.) Hulle gaan ook nie klippe gebruik om vuur te maak nie. Geen siel wat twee dae lank in die woestyn lê met ’n stok in hul maag gaan dit oorleef nie. Die lys gaan aan.

Ek besef ek kyk na die film vanuit ’n filmresensent se oogpunt. Ek sien foute wat die algemene filmganger dalk nie gaan pla nie, en ek onderskei ook tussen ’n goeie film en ’n film waarvan ek hou. Byvoorbeeld, The White Ribbon is pure marteling om te kyk. Dit is ’n swart-en-wit-144-minute-mes-in-jou-ribbes wat handel oor die generasie wat die Nazi’s geword het. As ’n film is dit wel geniaal. Na die verstommende R2.5 miljoen wat Stroomop tydens die openingsnaweek gemaak het, is dit duidelik dat die Roberts-/Botha-span iets bied waaroor die volk gaande is. Dit beteken egter nie dit is ’n goeie film nie. Ek is nuuskierig oor hoekom die film so gewild is. Kom vertel my.

The post <em>Stroomop</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.

kykNET Silwerskermfees: ’n onderhoud met Antoinette Louw oor An act of defiance

$
0
0

Antoinette Louw gesels op die vooraand van die kykNET Silwerskermfees met Naomi Meyer oor haar rol in An act of defiance.

Antoinette Louw as Molly Fischer | Foto: verskaf

Antoinette, ons het ’n ruk gelede oor jou rol in An act of defiance gesels. Wil jy dalk kortweg vertel waaroor die film handel?

Dit handel oor Bram en Molly Fischer tydens die Rivonia-verhoor. Hoe hulle daarby betrokke geraak het, en die effek en nagevolge daarvan op hulle lewens.

Tydens ons skooljare het ons maar min omtrent Bram Fischer in die geskiedenisklas geleer, wat nog te sê van sy vrou. En nou is sy jou karakter: wil jy iets oor haar sê? Wat het jy van haar geleer? En hoe het jy haar leer ken?

Molly Fischer was die sterk een in die verhouding. Sy is die een wat Bram aangemoedig het om Mandela te verteenwoordig, al was sy deeglik daarvan bewus dat hulle teikens sou word. Maar die groter prentjie, medemenslikheid en regverdigheid vir alle Suid-Afrikaners, was belangriker as enige persoonlike nagevolge. En dis wat ek by haar geleer het – dat die strewe na waarheid groter en matiger is is as enige vrees.

In my navorsing oor haar het sy ’n vriendin geword. (En Bram ’n vriend.) Ek het ’n groot hartseer in my gehad dat ons nie tydgenote was nie. Sy was konstant in my gedagtes. Die boeke wat ek gelees het, die dokumentêre wat ek gekyk het, die gesprekke wat ek met Ruth (haar dogter in Kaapstad) gehad het.

Vertel asseblief van jou bekronings vir hierdie film.

Einde 2017 het ek by die Cape Town International Film Market and Festival die toekenning ontvang vir beste aktrise (die film het ook met verskeie toekennings weggestap by die Nederlandse “Oscars”). Maar ná die film by die fees gewys het, het Molly se kleindogter na my toe gekom. (Sy het nooit haar ouma ontmoet nie.) En sy het vir my gesê: “Ek het nou my ouma ontmoet” en ons het mekaar omhels. Dit is beter as enige toekenning.

Hierdie film speel nou oor ’n paar dae by die kykNET Silwerskermfees. Dink jy dat dit ’n ander soort gehoor is wat die film hier te siene sal kry as diegene wat jou in Nederland, sowel as by die Kaapstadse Internasionale Filmfees, gesien het? En wat is die interessante aspekte (vir jou) van hoe gehore dieselfde film beleef?

Daar is definitief ’n verskil tussen die internasionale en plaaslike gehore. Uiteraard sal die plaaslike gehore meer krities wees (beide by die Silwerskermfees en by die CTIFMF) omdat ’n Nederlander die film geskryf het en die regie behartig het. En omdat ’n Nederlandse akteur Bram Fischer speel. Maar ek hoop dat die plaaslike gehoor met sagte oë na die film sal kyk. Sien dat dit gaan oor die feit dat Molly en Bram se storie vertel word – maak nie saak wie betrokke is nie. Want selfs die meeste Suid-Afrikaners weet nie wie hulle was en die impak wat hulle gehad het nie.

An act of defiance speel op Vrydag 24 Augustus om 13:45 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai.

The post kykNET Silwerskermfees: ’n onderhoud met Antoinette Louw oor <i>An act of defiance</i> appeared first on LitNet.

Ek mis dit, jy weet ...

$
0
0

Ek mis dit, jy weet ...

Die dae toe wegkruipertjie die beste speletjie was om te speel. 

Wat ons grootste bekommernisse was met watter kleur potlood om in te kleur. 

Maar nou?

Nou is ons verslaafdes aan drink en rook, want dis die enigste ding wat ons "oukei" laat voel. Niks maak meer sin en niks maak meer saak nie; ons is gebroke en stukkend in ’n wêreld vol seer. Die lewe is hard; watter pad om te volg weet ons nie meer nie. Almal wil jou veroordeel, maar ons almal sit met seer. 

Ons hoop is weg. Die donker nagte wat jy in jou bed lê en jouself aan die slaap huil, dis dit wat ons laaste bietjie hoop gesteel het, hoop vir vrede, hoop vir geluk. Nou kom vou die donker om ons en hou ons vas. Ons dink dis hier om ons warm en veilig te hou, maar dit kom maak die monsters wakker in ons, die monsters waarvoor jy bang was onder jou bed toe jy klein was.

Mamma se hand is nie meer daar om jou oor die pad te lei nie en Pappa is nie meer daar om vir jou stories te lees nie. Jy moet self jou monsters beveg, al is die monster binne jou. Ons harte is in stukke en ons koppe opgefoeter. Ons idee van goed en reg is onduidelik, want ons probeer net onsself vind en ons maak foute en verwyt onsself daaroor. 

Maar dalk in hierdie wêreld van hartseer en pyn moet ons hoop by mekaar vind, mekaar help om ons monsters te beveg, want agter die monsters is daar dalk nog hoop.

The post Ek mis dit, jy weet ... appeared first on LitNet.

Dubbelspiraal deur André Jansen: ’n resensie

$
0
0

Dubbelspiraal
André Jansen
Queillerie
ISBN:  9780795801808

Met ’n meesterlike ratatata-inleiding neem die skrywer die leser in hierdie roman (speurrroman?) op ’n vinnige, intense voëlvlug oor  vier vurige dekades van die afgelope Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die skrywersnaam, Andre Jansen, is ’n skuilnaam, wat jammer is. Duidelik is die manuskrip dié van ’n ervare, belese en besonder nougesette ondersoekende skrywer.

Nietemin. Koos Jordaan, geheime polisieagent, is tam van moegheid, ’n persoonlike tragedie, ’n verbrokkelende huishouding toe hy in 1976 ’n ervaring vreemd aan hom beleef. Hy kon die jongman doodgeskiet het, maar hy het nie. ’n Tartende, lang verhouding begin.

Die teks bevat die essensie van ’n riller: spanning, styl, seks. Tog, ten diepste, is dit die verhaal van die eksistensiële bestaan in hierdie geteisterde land. Koos Jordaan sien dit nie so nie. Hy is net bewus van sy eie feilbare lewe en sy lewe in Wachthuis, die oorbekende polisiehoofkwartier van die ou regime – en toe van die nuwe. Vandaar kry Koos opdragte. Daar word hy uitmergelend ondervra.

Na ’n filosofiese, tergende inleiding word die leser onmiddellik geduik in die slag van Cassinga, 1978.Vernietiging, ratels, lyke, ellende. Die teks word op knetterstyl gelewer. Eenwoordsinne. Uitroeptekens. Asof die vertelling nie net visueel nie, maar ook hoorbaar moet wees.

Dan, vreemd, in ’n latere hoofstuk is daar een van die langste sinne wat enige leser kan raaklees. In ongeveer 2500 woorde beleef Koos Jordaan ’n soort Molly Bloom alleenspraak (vgl James Joyce se Ulysses). Dié mymering geskied terwyl Koos in ’n tou staan om in 1994 in  Mtubatuba te stem. Digterlik. ’n Bietjie uitmergelend. Nogtans ’n goeie oorsig van sy denke en lewe.

Tot hiertoe het Koos reeds Amsterdam, Parys en Boiphatong beleef.

Hoewel Koos hoegenaamd nie ’n romantikus is nie, lei die skrywer lesers op sy togte met ’n amper nougesette reisbeskrywing. Koos sien karaktereienskappe vlymskerp raak. Mevrou Simons in Amsterdam is ’n bejaarde flerrie. Jaques Pelous ’n straatagent/krimineel. Hy herken ’n gesig in ’n koffiewinkel. Kan dit wees? Hy?

Dan kan die leser met Koos die Franse moltrein meemaak van Opera tot Rue Anatole France. Ook die beskrywings van ’n Paryse agterbuurt.

Later ook ’n verskrikkingsnag in Boipatong in 1992 met beskrywings van die huise, die stegies, die vlugtende mense. Ook reis die leser later die lang pad saam van Bettysbaai oor Constantia na Kaapstad en dan weer terug langs die onvergelyklike pragtige pad tussen Gordonsbaai en Bettysbaai.

Intussen word die kruisverhore, agterdogtige ondervraery in Wachthuis  dringender. Onrus word skerper.

Die Quatro-strafkampe van die ANC kom onder die oog. Ongenadig. Die ANC se onmenslike optrede teen diegene wat hulle baie maklik, sonder verhore, sou verdink het as verraaiers.

Orals duik Peter Ndlela op. Eintlik Xolisa Ndlela, Xhosa. Van Cofimvaba in die Transkei. Is hy vriend? Is hy vyand?

Koos moet hom uithaal. Maar dis Florence April wat sterf.

 (Die leser word dadelik herinner aan die werklike moord op die ANC kader Dulcie September in Parys.)

In Boipatong sit Koos in ’n beknopte Casspir wat deur die strate van die township kruip. Die angs in die voertuig is voelbaar. Buite vlug mense uit hul huise, word geweerskote gehoor, sien hulle die geweervuur. Ontploffings. Het  Xolisa Ndlela veilig uit sy huis gevlug?

Die verweefdheid van regeringsmagte en Inkatha-eenhede dui sterk op die wedersydse begrip van stamkultuur. Die Zoeloe-impi’s kniel, hurk in ou ingewortelde vegkuns. Vreesloos. Immers is hulle Zoeloes.

Dis op stemdag, 27 April 1994 op Mtubatuba dat Koos en sy ontwykende vriend/vyand ontmoet.

Koos, op die ingewing, bied aan om die motorlose Xolisa na sy geboortedorp Cofimvaba te neem. ’n Lang reis wat goed gedokumenteer word deur suikerrietlande, gehawende dorpies.

Hulle kon vriende geword het.

Uiteindelik kom die onvermydelike. Die staat se masjinerie van inligting kom in werking.            

Miskien het die skrywer reeds die filmregte op die roman verkoop. Dit sal nie verbasend wees nie.

The post <em>Dubbelspiraal</em> deur André Jansen: ’n resensie appeared first on LitNet.

Vlooi en die musiekfabriek in die Kunstekaap: graad een-leerders vertel van hul teaterervaring

$
0
0

Die afgelope agtien jaar word Oxford University Press se voorgeskrewe Vlooi-boek-reeks vir die grondslagfase vir die verhoog verwerk en by die Kunstekaap opgevoer. Jaarliks woon meer as 20 000 kinders die vertoning by. 

Al die grondslagfase-leerders van Laerskool Stellenbosch het vanjaar die teaterproduksie bygewoon en sommige graad een-leerders deel hier, met hul ouers sowel as die skool se toestemming, hulle indrukke van die produksie. Die indrukke word gepubliseer soos wat dit geskryf is, taalblapse en al. Elke kind is gevra wat hulle van die produksie sal onthou.

Kyle Seconna as B Mol Majoor (foto verskaf)

Graad een-leerders se indrukke:

Paul Haumann: Die beste deel was toe die genie vir die een seen ’n bal gegee het.  En die ander seen ’n bal gegee het en die een seen in sy hand geblaas het. 

Aletta Morris: Fliut het oulik gelyk.  Bas en Sol was snaaks en stout.  Dit was baie lekker.

Christine du Plessis: Die lekkerste was toe die towersleutel vir Vlooi gevat het na die musiekfabriek.  Vlooi was lekker!

Chelsea Wentzel:  Die lekkerste en beste was toe die genie gekom het.  Toe dit donker was was ek bang.  Die towersleutel was mooi. 

Douglas Fuchs: Die lekkerst vas vir my toe die deur oop ge maak het en toe het die gelyd oor die julu wereld ge gaan. 

Maja Meyer: Die lekkerste dig was toe die genie uit die lamp kom en toe die tropet Vlooi ge speel het. Dit was snaaks toe Vlooi die trompet ge speel het.  Ek was bang toe dit dongr was.

Isabella Visser:  Die lekkerste vir my was die bigin waar die ligti af gaan.  Die trompet was ongelooflik.  Vlooi het die jiltyt blapsmusiek gese.  Die konsert was baie lekker.  

Ami de Wet:  Vlooi het die musiekfabriek geys.  Bas en Sol het die trompet gesteel.  Dit was baie lekker.

Christi Kriel: Vlooi het die trompet gevryf.  Toe het daar ’n man uit gekom.  Hy was ’n towerkuns.  Toe maak Vlooi drie wense.  Dude het vir Vlooi gehelp om die deur oop te maak.  Dit was ’n lekker uitstapie. 

Hannah Griffioen: Dit was lekker. Vlooi het die trompet gevryf.  Toe kom daar ’n genie. Wow! Sê Vlooi ’n genie!  Die genie gee vir hom 3 wense en die toowirsleetil gloei.

Sofia Kröger: Vlooi het ge wens dat hy die bladmusiek kon lees.  Vlooi het die trompet gefryf en toe kom daar kom ’n genie. 

Lisa Booysen: Vlooi was snaaks.  Bas en Sol was skelm.  Die towenaar was cool.  Die majoor was ook daar.  Helle het die musiekfabriek ge ret.  Die uitstappie was lekker. 

Liya Klopper: Man oor was baie kwaai, maar Vlooi het die dag ge red!  Vlooi was baie snaaks.  Dit was baie lekker. 

Evan Lotriet: Vlooi was baie lekker.  Ek was ’n biki bang vir die donkir.  Die musiekfabriek hetge vris.  Die konsert was lekker.  Ek wil graag weer gaan. 

Elanza Swart as Vlooi (foto verskaf)

Produksieopsomming

Vlooi ontdek ’n ou trompet en besluit dit sal ’n heerlike uitdaging wees om sommer musiek te leer speel, maar hy kom agter dis nie so eenvoudig nie – veral nie met dié spesifieke trompet nie.  Alles is nie soos wat dit wil voorkom nie en sy eerste pogings het katastrofiese gevolge.  Vlooi se geskarrel om alles weer reg te stel lei hom tot die wonderlike avontuur in die magiese Musiekfabriek.

Kunstekaapteater

Tyd: 9:30 en 11:00 elke weeksdag

http://www.artscape.co.za/event/vlooi-en-die-musiek-fabriek/

The post <em>Vlooi en die musiekfabriek</em> in die Kunstekaap: graad een-leerders vertel van hul teaterervaring appeared first on LitNet.

Tuin van digters 2018: program

$
0
0

Dit is tyd vir die sewende Tuin van digters – die tuiste van die Afrikaanse digkuns

buitedieboek
buite – 1. nie binne die grense van iets nie, buitekant … 2. nie binne ’n bepaalde plek of ruimte nie. 3. verder as
boek – 1. ’n saamgebinde aantal gedrukte of beskrewe blaaie. 2. Die gedagte-inhoud van ’n dergelike verbinding blaaie

Hoe ervaar verskillende digters, kunstenaars, musikante, liefhebbers van poësie en mense uit verskillende gemeenskappe, taal- en kultuurgroepe – oud en jonk – digkuns? Kom kyk, luister en beleef hóé ... by die sewende jaarlikse Tuin van digters, ’n projek van die Breytenbach Sentrum, wat op Vrydag 14 en Saterdag 15 September 2018 by Burgerstraat 14 in Wellington in die Boland plaasvind.

Die tema van 2018 se Tuin van digters – die tuiste van die Afrikaanse digkuns – is buitedieboek. Daar word op nuwe en anderste wyses deur woordskeppings, kuns, openbare ruimtes, musiek, klank en sang uiting gegee aan woorde, frases en gedigte. In Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans. En andersom.

Klem word in die program gelê op vertaling uit Afrikaans na ander tale en hoe buite die boek, en buite die boks, gedink sowel as gedoen kan en moet word om Afrikaanse gedigte aan ander taalgroepe, spesifiek Engels- en Xhosa-sprekendes – die Wes-Kaap se twee ander ampstale – en ook ander tale bekend te stel. ’n Groepgesprek hieroor word deur PEN Afrikaans aangebied. Afrikaanse, Engelse en isiXhosa-digters sal van hulle werke voorlees – in die oorspronklike taal, met die vertalings van die gedigte in die agtergrond op skerms. Digters wie se gedigte in die US Woordfees-bundel, ConVerse, in die drie tale vertaal is, neem hieraan deel.

Ander programitems wat die tema buitedieboek aanspreek, sluit in Breyten in Engels deur Ampie Coetzee, wat besig is om gedigte van Breyten Breytenbach in Engels te vertaal; die identiteit en poësie van hip-hop deur Annie Klopper, wie se doktorstesis hieroor handel, en ’n bespreking en uitstalling van Parys Suite, ’n publikasie van gedigte buite die tradisionele konteks van ’n gepubliseerde bundel, met die middelpunt daarvan ’n poësiefilm deur Diek Grobler met ’n trio gedigte deur Carina van der Walt.

Digters van die digprojekte van die Breytenbach Sentrum – insluitend leerders van die Weltevrede Skool en die digter Diana Ferrus se Mengelmoesdigters – wys wat buite die boek met gedigte gedoen kan word in die skryf en in die oordra daarvan.

Daar is ook sang en voordrag deur digters en kunstenaars wat elkeen op ’n eie manier buite die tradisionele boek dink en skep. Hulle sluit in Daniel Hugo en Yves T’sjoen wat praat oor Vlaamse digters in Afrikaans, die Namakwalandse Afrikaanse rymkletser V.I.T.O, Willemien&Philomène& in Afrikaans en Frans en die Kaapse bekendstelling van Ons Klyntji Internasionaal. Ook op die program is voorlesings, toonsettings van gedigte en optredes deur onder andere Carel Trichardt, Petro Wessels, Niel Rademan, Elsabé Daneel, Tribal Echo, Laurinda Hofmeyr met Afrique mon désir, en ’n verering van die Joods-Afrikaanse digter Olga Kirsch met ’n biografie deur Egonne Roth.

Daar is nog meer by 2018 se Tuin van digters ...

Klik hier om die program in PDF-formaat af te laai.

 

Inhoud


 

Program

 

Vrydag 14 September

Kyk, daar's woorde buite die boek
16:00 tot laat | Digterstuin

Soek die woorde, beelde, klanke in ’n tuin vol digters in plante, bome, fonteine, mure.

Net vir kinders
18:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur

Kinders, soek die geel deur. As jy by daardie kamer instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar sal genoeg boeke wees om te lees, daar sal selfs vir jou voorgelees word en jy kan ook jou eie gedig skryf. Of net voor die televisie ontspan. Dis ook sommer by die Akkoordtent as jy wil gaan loer wat ma en pa en hulle maats aanvang.

Ruk die boek oop met klank
17:00 – 17:50 | Akkoordtent en Tuin

Met: Plaaslike kunstenaars

Talentvolle musikante en woordkunstenaars laat almal welkom en gesellig saamkuier voor die woorde uit die boek geruk word.

Feesuitstalling open
Handskrif
18:00 – 19:00 | Breytenbach Galery

Openingspreker: Johan Myburg

Henk Serfontein is die feeskunstenaar van vanjaar se Tuin van digters. Sy nuwe uitstalling Handskrif is die opvolg van sy Winterslaap-uitstalling verlede jaar by die US Woordfees in Stellenbosch en by die Breytenbach Sentrum in Wellington.

Handskrif is ’n versameling houtskool-engemengdemedia-tekeninge van sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge. Benewens ’n potret van elk is daar ’n uitbeelding van elkeen se handpalm met ’n versreël op.

Olga Kirsch – ’n lewe in gedigte
19:00 – 19:45 | Akkoordtent

Met: Daniel Hugo en Egonne Roth

Toe Olga Kirsch (1924–1997) op twintigjarige ouderdom gedebuteer het, was sy – ná Elisabeth Eybers – slegs die tweede gepubliseerde digteres in Afrikaans. Sy is nog steeds die enigste Joodse digter in ons taal. Olga emigreer in 1948 na Israel en gaan voort om in drie tale te dig: Afrikaans, Engels en Hebreeus. Die Suid-Afrikaner Egonne Roth, wat ook in Israel woon, het so pas ’n biografie oor hierdie merkwaardige vrou die lig laat sien. Daniel Hugo vra haar uit oor Olga die onbeskaamde Sionis, teruggetrokke mens en boeiende digter.

Die groot misterie van twee vroue – briewe aan Anna
20:00 – 21:15 | Akkoordtent

Samestelling en regie: Annekie Botha du Plessis (Pooka Uitgewers)
Met: Petru Wessels en Carel Trichardt (voorlesers) en Olga Leonard en Babette Viljoen (musiek)

Die digter TT Cloete het briewe aan sy vrou Anna begin skryf van 2002 toe sy met ongeneeslike kanker gediagnoseer is en net 3 maande lewensverwagting vir haar voorspel is. Hy het die briewe nooit vir haar gegee om te lees nie om emosionele redes. Hy het aangehou met die skryf van die briewe totdat sy in 2007 oorlede is, maar die verstommende daarvan: Hy het na haar sterwe steeds daarmee voortgegaan tot met sy eie dood in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap.

Ontgin – woorde in klankbaanklanke
21:30 – 22:30 | Akkoordtent

Moontlik gemaak deur Rademan Produksies
Met: Elsabé Daneel (voordrag), Niël Rademan (klavier en sang), Lucas Heinen (trekklavier) en Louis Jones (perkussie)

Uit die boks en uit die boek ontgin dié groep kunstenaars die musikaliteit van hul gunstelingdigters. Rademan en sy groep voer nuwe toonsettings uit en skep ’n klankbaan vir Daneel se gunstelinggedigte deur onder andere Breyten Breytenbach, Zandra Bezuidenhout, Antjie Krog, Ignatius Mocke, Loftus Marais, Boerneef, Ingrid Jonker, Peter Blum en Eugène Marais. Kom luister hoe hulle die hart van uitgesoekte gedigte verklank om ’n nuwe dimensie aan hierdie digters se kleinode te gee.

 

Saterdag 15 September

Tuinwoorde
08:00 tot laat | Digterstuin

Bly soek buite die bundels en boeke en koppe in plante, bome, fonteine, mure na woorde, mense, diere, voëls, water, beelde, klanke in ’n tuin vol digters en gedigte.

Net vir kinders
08:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur

Kinders, soek die geel deur. As jy by daardie kamer instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar sal genoeg boeke wees om te lees, daar sal selfs vir jou voorgelees word en jy kan ook jou eie gedig skryf, of net voor die televisie ontspan. Dis ook sommer by die Akkoordtent as jy wil gaan loer wat ma en pa en hulle maats aanvang.

Die nuwe piempers
08:30 – 09:20 | Akkoordtent

Met: Ashlene Ayford en Marlize Fortuin

’n Groep leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington is ’n geruime tyd reeds besig om ’n naam vir hulself te maak. Dit nadat Thérèse Hulme hulle by haar haar Piemp-projek – ’n inisiatief wat sy in 2005 in Kraaifontein begin het om digkuns onder jongmense te bevorder – in samewerking met die Breytenbach Sentrum betrek het. Die groep het leerders het intussen hulle eie nuwe naam gekry en lees en sing en rymklets hulle gedigte.

I wish I'd said (AVBOB-poësieprojek)
08:30 – 09:20 | Woordtent

Met: Daniel Hugo (Afrikaanse redakteur van die bundel) en opdragdigters Johan Myburg, Danie Marais en Jolyn Phillips
Ondersteun deur Naledi

In hierdie besonderse bundel wat deel uitmaak van die AVBOB-poësieprojek het digters van oor die hele land in al elf amptelike landstale gedigte ingeskryf wat elke leser se hartsnare sal roer. Soos die titel aandui, is die hooftema dit wat ongesê gebly het na die afstaan van ’n geliefde aan die dood. Rou en verlies word op verskillende maniere verwoord. Soms word daar troos en hoop gevind, soms ook nie.

Vlaamse digters in Afrikaans
09:30 – 10:20 | Woordtent

Met: Daniel Hugo en Yves T’Sjoen

Daniel Hugo het reeds drie Vlaamse digters in Afrikaans vertaal: Herman de Coninck, Leonard Nolens en Miriam Van hee. Hy vertel vir Yves T’Sjoen van die Universiteit Gent van die uitdagings wat die digkuns aan ’n vertaler stel, en van die unieke wisselwerking tussen die sustertale Nederlands en Afrikaans. Dit is twee susters wat nie altyd in vrede met mekaar saamleef nie. ’n Gesprek oor die vertaler as versoener.

ConVerse in drie tale
10:30 – 11:10 | Akkoordtent

Moontlik gemaak deur PEN Afrikaans, PEN International en die US Woordfees
Met Pieter Odendaal, Adrian van Wyk, Siphosethu Phikelela, Mbongeni Nomkhonwana, Siphokazi Jonas, Jolyn Phillips en Rimestein.

InZync Poetry het vanjaar ConVerse, ’n vertaalbundel van jong digters, in samewerking met die US Woordfees gepubliseer. Kom luister hoe van hierdie opwindende stemme hul gedigte voorlees in die taal waarin hul skryf, met vertalings.

Ferrus se Mengelmoesdigters
10:30 – 11:10 | Woordtent

Met: Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks, Jacqueline Saaiman, Adriaan Williams, Cecil Carolissen, Sophia Oliphant, Merle Danhouse, Fiona Fertyn, Theresa Carstens en Annelise Laban

Die Mengelmoesdigters het hul ontstaan te danke aan ’n projek wat onder leiding van die digter Diana Ferrus met die samewerking van die Breytenbach Sentrum begin het. Hulle kom gereeld byeen en tree by digters en ander samekomste op. Kom vind uit hoe hierdie skeppende siele hul gedigte skryf. Hulle lees ook van hulle gedigte voor.

Breyten in Engels
11:10 – 12:00 | Akkoordtent

Met: Ampie Coetzee en Johan Nel (voorlesings)

Stemkunstenaar Johan Nel lees van Breyten se gedigte voor, soos in Engels vertaal deur Ampie Coetzee. Ampie praat oor die probleme by die vertaling. Die Afrikaanse en die Engelse tekste word op ’n skerm afgebeeld.

Ideititeit en die poësie van hip-hop
12:10 – 13:00 | Woordtent

Met: Annie Klopper en Jaco van der Merwe (Bittereinder)

Is rap poësie? Mag wit mense rap? En is dit alles net spog, spoeg en swets, of skuil daar meer agter? In 2017 het Annie Klopper ’n doktorale studie oor identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rapmusiek voltooi as deel van haar navorsing van lirieke as literatuurvorm en die rol van musiek in die skep en uitdruk van identiteite. Sy praat met rapper en digter Jaco van der Merwe van die elektro-rapgroep Bittereinder.

V.I.T.O – Nam-Afrikaanse rymklets
13:10 – 13:50 | Akkoordtent

Met: Vito Heyn, al die pad van Okiep

Die jong rymkletser van Namakwaland, Vito Hein, bekend as V.I.T.O, maak opgang maak met sy uitheemse musiekstyl. Hy is versot op Afrikaans en kletsrym in sy moedertaal, Namakwalandse Afrikaans. Hy voel Nama-Taal kry nie genoeg erkenning nie en probeer dié sleng in sy musiek uitleef.

ConVerse: verse, digters, tale
14:00 – 14:50 |Woordtent

Aangebied deur PEN Afrikaans & PEN International
Met: Danie Marais en ander

Vyftien opkomende digters wat in Afrikaans, isiXhosa en Engels werk, het gedigte bygedra tot die bundel ConVerse
wat vanjaar deur InZync Poetry en die US Woordfees uitgegee is. Die gedigte is vertaal en in al drie tale ingesluit. Danie Marais gesels met die samestellers en van die digters: Annel Pieterse, Mbongeni Nomkhonwana, Pieter Odendaal, Siphokazi Jonas en Jolyn Phillips. Hulle sal gesels oor die uitdagings en vreugdes van poësie.

Parys Suite en Parys Etudes
15:00 – 15:50 | Akkoordtent

Met: Diek Grobler, Carina van der Walt, Bernard Odendaal en Franci Greyling

’n Bespreking van gedigte buite die tradisionele konteks van ’n gepubliseerde bundel. Die middelpunt van Parys Suite is ’n poësiefilm deur Diek Grobler met ’n trio van gedigte deur Carina van der Walt. Grobler se visuele spel met Van der Walt se gedigte vind ook neerslag in werke op papier. Die twee stel ook ’n kunstenaarsboek Parys Etudes bekend waarin Van der Walt haar belewing van Parys verwoord, geïllustreer deur Grobler.

Willemien&Philomëne&
16:00 – 16:40 | Akkoordtent

Met: Willemien Rust

Willemien&Philomène& is ’n kruising tussen ’n Afrikaanse liedjieskrywer met ’n Franse alter ego en ’n kreatiewe entrepreneur. Sy het ’n M-graad in Frans en het dit tot 2016 as vak aangebied. Sy is betrokke by verskeie produksies saam met ander kunstenaars soos Adelle Nqeto, Pieter Bezuidenhout, James Robb, sjef Renette Vosloo en Jude HarpStar. In hierdie solovertoning skakel haar komposisies in Afrikaans en Frans tematies met bekende Franse liedjies van onder meer Frankryk, België en Wes-Afrika.

Uit ’n jong digter se pen
16:00 – 16:50 | Woordtent

Aangebied deur NB Uitgewers
Met: Pieter Odendaal

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal is ’n verweefde debuut uit ’n jong digter se pen. Met ’n eietydse aanslag skryf hy oor die politiek van verskil in ’n multikulturele samelewing, die natuur, verganklikheid, menswees, die liefde, en die studentepolitiek. Pieter is ’n digter, vertaler en uitvoerende direkteur van InZync Poetry.

Daniel Hugo – Vers & Kapittel
17:00 – 17:50 | Woordtent

Met: Daniel Hugo en Johan Myburg

Daniel Hugo is al vir 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Om dit te vier het daar vanjaar ’n keuse uit sy skryfwerk verskyn. Vers & kapittel is die neerslag van ’n lewenslange bemoeienis met die digkuns, waarby enkele outobiografiese stukke skaamteloos ingesmokkel is. Die digter Johan Myburg pols hom oor wat in dié bundel staan en oor wat daar dalk nié staan nie.

Hannes Coetzee & Tribal Echo Trio
17:00 – 17:50 | Akkoordtent

Met: Hannes Coetzee (lepel-kitaarspeler), Frazer Barry (hoofsanger), Earl Witbooi (baskitaar) en Deniel Barry (tromme)

Tribal Echo en Tuin van digters is soos boek en bundel. Dié keer bring hulle vir Hannes Coetzee saam om bykomende woema by hulle besonderse musiek te sit.

Ons Klyntji Internasionaal – Kaapse bekendstelling
18:00 – 18:45 |Woordtent

Aanbieder: Toast Coetzer
Voorlesings deur: Alice Inggs, Tom Dreyer, Frederick J. Botha, Marguerite Lamey, Zian Blignaut, Jaco van Schalkwyk, Christine Coates, Sjaka Septembir, Louis Duvenage, Vusumuzi Mpofu en Mariechen Basson

Ons Klyntji is ’n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Hierdie is die Kaapse bekendstelling van die 2018-uitgawe (jaargang 122) en van die digters en skrywers lees hulle gedigte en verhale voor. Kopieë te koop!

Afrique mon désir (Afrika my verlange)
19:00 – 20:00 | Akkoordtent

Met: Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert (baskitaar), Malako Wekuna-Soba (sang) en Yamamoto Bonkuta Loyeke (sang)

In Afrique mon désir (Afrika my verlange) bekoor bekroonde sanger en komponis Laurinda Hofmeyr gehore met ’n samestelling van komposisies vanaf haar nuutste album met dieselfde titel. Hofmeyr, bekend vir haar toonsetting van gedigte van bekende Suid-Afrikaanse digters soos Breyten Breytenbach en Antjie Krog, gooi dié keer haar blik ook na die res van Afrika en ontdek die kontinent se mees prominente digstemme van Madagaskar na Mauritanië, van Tjaad tot Kameroen. Aansteeklike ritmes en meusleurende wêreldmusiek gekombineer met gevierde kunstenaar Diek Grobler se animasiekuns.

Ruk die musiek uit die boek
20:30 – laat | Akkoordtent

Met: Riku Lätti, Jacki Lätti, Frazer Barry, Bacchus Nel, Churchil Naude, die Mark Tunes Bands en ander vriende uit die Tuin van digters

Die Wasgoedlyn se digtersangers en musikante van die nag is weer hier om die Tuin van digters op ’n plesierige hoogtepunt af te sluit. En moenie ’n verrassing of twee op die verhoog uitsluit nie!

Groepuitstalling buitedieboek
Van Vrydag 16:00 in die saal op die grondvloer van die hoofgebou

buite – 1. nie binne die grense van iets nie, buitekant … 2. nie binne ’n bepaalde plek of ruimte nie. 3. verder as
boek – 1. ’n saamgebinde aantal gedrukte of beskrewe blaai. 2. Die gedagte inhoud van ’n derglike verbinding blaaie

Met hierdie tema neem ons die digkuns en woord na buite en na publieke ruimtes: ’n Groepuitstalling met oa Elza Miles, Gustav Bester, Marlouw Walters, Susan Bloemhof, Andre du Toit, JP Meyer, Ronel Bakker, Ade Kipades, Anton Brink, Naomi Wessels, Van Wessels, Mitch de Villiers, Pierre Botes, Clare Menck, Elsibe McGuffog, Desiree Malan, Rae Goosen en ander.

Handskrif – deur Feeskunstenaar Henk Serfontein
Opening Vrydag om 19:00 | Breytenbach Galery, Eerste vloer, Hoofgebou

Met: Johan Myburg (openingspreker)

handskrif – s.nw. 1. Skrif wat met die hand uitgevoer word, dws nie drukskrif nie. Lopende – 2. Iem. se besondere manier van skryf. Hy het ’n lelike – 3. Geskrewe getikte teks, manuskrip; teks wat nog nie gedruk is nie. Hy besit waardevolle – e. ’n Digbundel in – handskrifdeskundige, -ontleding.

Feeskunstenaar Henk Serfontein se Handskrif belig die binnelewe van sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenstrom , Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge.

Parys Suite – buite die tradisionele konteks
Opening Saterdag om 09:00 | Agter die Rooi Kosyn, eerste verdieping

Met: Diek Grobler

Die middelpunt van Parys Suite is ’n poësiefilm deur Diek Grobler met ’n trio van gedigte deur Carina van der Walt. Die projek het ontstaan tydens ’n residensie in die Cité Internationale des arts in Parys, en is ’n persoonlike portret van die stad soos gesien deur ’n kunstenaar en verwoord deur ’n digter. Die portret vind vergestalting in drie tipiese simbole van die stad: Edit Piaf, ’n besoek aan die Mona Lisa in die Louvre, en ’n publieke protes op die Place de la Republique. Grobler se visuele spel met Van der Walt se gedigte vind neerslag in werke op papier, wat speels met die gedigte omgaan: ’n leporello (konsertinaboekie) van die gedig "Amon L’isa", en ’n gedekonstrueerde boekie oor Piaf waarin die kunstenaar vrypostig peuter met die konsep van konkrete poësie.

*Die poësiefilm sal elke uur op die uur (10:00–20:00) in die kleinteater op die grondvloer vertoon word.

 

'buitedieboek'

Vanjaar se tema is buitedieboek – met die fokus op hoe elkeen uit verskillende gemeenskappe op uiteenlopende maniere – in ’n eie gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, in vertalings, in en uit jou eie kop, op ’n skeppende wyse uiting gee aan woorde en frases in gedigte. In Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans.

 

Groepuitstalling

Kunstenaars wys in die groepuitstalling in die Breytenbach-galery wat hulle met die woorde van gedigte kan maak. Feeskunstenaar Henk Serfontein haal in Handskrif sewe formidabele vrouedigters, naamlik Jeanne Goosen, Antjie Krog, Wilma Stockenström, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler en Joan Hambidge, behoorlik uit hulle bundels (met hulle instemming!).

 

PEN Afrikaans

Lede van PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die
letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se lede wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin van digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap vir PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

 

Wat jy moet weet

Daar is twee ingange tot die Tuin van digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die sentrum deur die groot hek.

Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.

Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by die Protea Boekwinkel in Stellenbosch se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou.

Verversings sal in die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Soek jy ’n kunstige geskenk? Besoek die Kardoeswinkel langs die Breytenbach Galery vir kunsgeskenke.

 

Agter die geel deur – net vir kinders

Tuin van digters is vir jonk en oud. Almal dink en ervaar anders en kan bymekaar leer. Al sit jy net en kyk wat hulle doen. Net langs die Akkoordtent agter die geel deur is ’n interaktiewe lokaal waar kinders besig gehou word of hulleself op skeppende maniere kan vermaak. Daar sal genoeg boeke wees om te lees en, daar sal selfs vir jou
voorgelees word as jy wil en jy kan ook jou eie gedig skryf, of net voor die televisie ontspan.

 

Wellington toerisme

Skakel met Wellington Toerisme by info@wellington.co.za om jou te help met verblyf en ander inligting.

 

Verdere navrae

Volg Breytenbach Sentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter. Hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting. Kontak ons by 021 873 278.

 

Kaartjiepryse

Tweedagpakket: R300 pp (Sluit alle aanbiedings in)
Vrydag 14 September: R120 pp
Saterdag 15 September: R220 pp
Studente: R60 pp per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis

 

Besprekings en navrae

Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

 

Borge

Dagbreek Trust, ATKV, Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Naspers, Het Jan Marais Nationale Fonds, Rupertmusiekstigting, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Drakenstein Munisipaliteit

 

Vennote

NB Uitgewers, Naledi, Kraal, Protea Boekhuis, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal,
PEN Afrikaans, Pen International, US Woordfees, Wellington Toerisme, Print

 

Verblyfborg

Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur ’n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

Die program is onderhewig aan verandering.

The post Tuin van digters 2018: program appeared first on LitNet.

Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n resensie

$
0
0

Die hond wat ophou blaf het
Jo Nel

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781415209301

Oor die afgelope vyf jaar het daar ’n hele aantal romans in Afrikaans verskyn waarin honde ’n deurslaggewende rol speel; onder andere in John Miles se Op ’n dag, ’n hond (2016), Ilse van Staden se Goeie dood wat saggies byt (2016), en natuurlik Willem Anker se Buys (2014). Die honde wat in hierdie boeke voorkom, word telkens meer as net gewone honde – hulle ontwikkel tot ’n simbool van die skadukant van menswees, van die mens se wreedheid en boosheid, maar ook van die mens se gewete, onderbewuste en van die dood.

Dit is dan ook die geval met Jo Nel se debuutroman, Die hond wat ophou blaf het.

Op die omslag verskyn die wasige beeld van ’n menslike skedel in die agtergrond, terwyl ’n tandarts se spieëltjie in die voorgrond opdoem – ’n glurende oog daarin gereflekteer. Reeds met die optel van die boek vermoed die leser dus dat die bose en dood, soos dit enige goeie sielkundige riller betaam, heeltyd net onder die oppervlak teenwoordig sal wees; dat dit soos in NP Van Wyk Louw se “Ballade van die bose” immer in die karakters se spoor sal trap “soos ’n goeie hond”.

Die eerste hond wat die hoofkarakter, Izak Hugo, se pad kruis, is ’n ietwat nare Franse poedel met die naam Monet. By ’n partytjie lig Monet sy been teen Izak se skoen; drie bladsye later is die hond dood – ’n hond wat ophou blaf, maar ’n hond wat nie ophou spook by Izak nie.

Die tweede hond wat genoem word, is ’n jong golden retriever wat “beskuldigend” vanuit ’n tydskrif se voorblad na Izak kyk, en dan is daar die eienaardige ou tannie wat met Weimaraner-oë na hom staar. Derdens kom die fris bulhond Winston aan die beurt, en uiteindelik die twee mensvreterhonde De la Rey en Hertzog.

Jo Nel | Foto: Cornelle Carstens

Deur die loop van die roman ontwikkel hierdie doodgewone honde tot ’n simbool van die mens se gewelddadigheid en brutaliteit, veral wanneer Izak en sy vriende soos diere deur bendelede gejag word, en wanneer twee kinders vermoor word. Die honde word egter ook ’n metafoor vir “[d]ie aantyging dat [Izak] iets anders kon gedoen het, iets anders kon gewéés het” (318), as die gefrustreerde, swartgallige tandarts wat sy werk verpes en hom aan drank vergryp om uit sy benouende omstandighede te ontsnap. Soos ’n hond wat snags onophoudelik en skril blaf, knaag die wete dat hy iets meer betekenisvol kon wees.

Die dooie poedel wat Izak in sy bakkie ontdek, is net die begin van sy nagmerrie, en net die begin van die dolle vaart waarteen die roman wegspring. Daar is dreigbriewe, agtervolgers met Madiba-mombakkies, geheimsinnige selfoonboodskappe, klappers wat ontplof, troeteldiere wat tydens inisiëringsrituele verwurg word, wilde jaagtogte, sowel as Izak se episodiese geheueverlies weens migraines.

Wanneer Izak ’n bebloede byl en afgekapte neus in sy motorhuis aantref, verloor hy finaal sy greep op die werklikheid – ’n tipiese kenmerk van die sielkundige riller, waar die klem val op die hoofkarakter se onstabiele psigologiese toestand en die gepaardgaande drogbeelde en verwringings, sodat die grens tussen werklikheid en waanbeeld byna heeltemal vervaag.

Was Izak dus verantwoordelik vir die dood van ’n jong bendelid tydens een van sy “episodes”? Het hy, wat as kind van boosheid weggevlug het in sy drome, nou self die boosheid geword? Het die slagoffer die geweldenaar geword, die vlugteling ’n jagter? En indien Izak nie die moordenaar is nie, wie is dit dan? Of is énigiemand onder sekere omstandighede tot moord in staat – selfs die moederlike Rose, die simpatieke psigiater Johan, of die rokjagter Dirk? Dit is die vrae waarmee Izak, asook die leser, gekonfronteer word.

Een van die spanningvolste dele in die boek is waar Izak en sy vriendin Rose deur ’n heuwelagtige Transkeilandskap moet vlug van inwoners wat hulle wil wreek op die dood van twee tienerseuns. Met hierdie uitmergelende jaagtog, die eksentrieke karakters van Rose en Dirk Derksen, die deurlopende galgehumor, sowel as die doodsangs wat jou gedurig soos ’n rottweiler aan die keel gryp, hoef Jo Nel beslis nie terug te staan vir gesoute rillerskrywers soos Irma Venter, Martin Steyn of Chris Karsten nie.

Soms kry die leser die gevoel dat die intrige se legkaartstukkies nie heeltemal wil pas nie en dat die skrywer dit wil indwing deur onnodig lang verduidelikings en deur twee sleutelkarakters eers heel aan die einde by te sleep. Verder sal die leser wat fyn lees, reeds uit die staanspoor weet wie “die Boss” is, maak nie saak hoeveel vals leidrade geskep word nie.

Nietemin het Nel daarin geslaag om ’n hoogs leesbare en pakkende sielkundige riller te skryf wat die leser sal laat naels kou, en wat sal sorg vir lekker Desembervakansievermaak – in ’n koel grasdakrondawel iewers aan die Wildekus, waar ’n hond die hele nag veraf maar deurdringend blaf ...   

Gerda Taljaard-Gilson is ’n skrywer en akademikus van Pretoria.

The post <i>Die hond wat ophou blaf het</i> deur Jo Nel: ’n resensie appeared first on LitNet.


Ordering and healing in the becoming universe: The Biblical intertext in die poetry of Ina Rousseau

$
0
0

Abstract

Ina Rousseau’s relatively small oeuvre of six collections occupies an important place in Afrikaans poetry as a whole. The title of her debut collection, Die verlate tuin (The deserted garden) (1954), refers to the Fall of the first human couple in the Garden of Eden and their consequent eviction by God into the inhospitable world, as depicted in the first three chapters of Genesis. The Biblical intertext explores Rousseau in human context both personally and suprapersonally, and this becomes the theme woven continuously throughout her oeuvre. The exception is her last collection, ’n onbekende jaartal (An unknown year) (1995) – apart from the title poem’s expressing the yearning for the eventual recreation of earth on which people have been waiting for centuries. Besides Die verlate tuin I concentrate in my article on Taxa (1978) and Grotwater (Cave water) (1989), her second and fifth collections respectively, which to me represent the highlights of her poetry. I owe my interpretation of the story of creation, as poetically expressed by Rousseau, to religion scientist Karen Armstrong’s study In the beginning: A new interpretation of Genesis, which radically broadened my perception of the Genesis text. This is comprehensively explored in my introduction.

The continuous theme in Die verlate tuin is unfulfilled man and woman’s futile desire for the fulfilment of their deepest needs, for an unscathed earth and a relationship of trust with God. By giving Biblical women poetic form, Rousseau specifically expresses female unfulfilment. In “Tabita” (Tabitha) the revived Tabita, resurrected by the apostle Peter (Acts 9:36–42), yearns for death. In “Joppe” (Joppa), the poem tied in with it, Rousseau’s “I” narrator waits as Tabita on the beloved to fully revive her to life. The expectation is fulfilled in Rousseau’s second collection, Taxa, where the man’s love for her restores reality in its paradise-like nature, maintaining the order in which God created. In the togetherness of man and woman lies their power to live and to survive. The series of four poems “Die natuurbewaarder se vrou” (The nature conservationist’s wife) embodies the relationship of man and woman to nature as opposed to the relationship of the first couple to the Garden of Eden. It is by exploring the Genesis intertext in the first and fourth poems that I confine myself to a discussion of these two poems.

From Taxa the thread of my argument can be traced to Rousseau’s fifth collection, Grotwater. The two important poems in this collection on which I dwell, “Die eerste mensepaar” (The first human couple) and “Eva” (Eve), must be read in context of each other as an expression of the theme lying at the root of Rousseau’s whole oeuvre: Man and woman have discovered their sexuality, jolting Creation from its perfection, although not destroying it. By preserving male and female in all its forms of appearance, reproduction of life on earth has been made possible. I also discuss the elegiac poems in which Rousseau, by concentrating on the finality of death’s separation of body and spirit, does not directly confess sorrow, but does awaken it. The left-behind is embodied by the person of the Biblical Tabita who – unlike her predecessor in “Joppe” – “adopts” her name all over again in the poem “Grotwater” and claims life as her domain.

Keywords: becoming; creation; destruction; eviction of man woman; Garden; recovery

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie

The post Ordering and healing in the becoming universe: The Biblical intertext in die poetry of Ina Rousseau appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Aardklop-app nou beskikbaar!

$
0
0

Aardklop sit nie sommer agteroor of raak ouderwets nie, nee, nie sommer nie. Hierdie jaar stel ons met trots ons spiksplinternuwe selfoontoep bekend. Die toepassing gee jou toegang tot ’n interaktiewe feesprogram en regstreekse resensies van alle produksies. Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en hy waarsku jou selfs oor moontlike botsings!

Verder laat die toepassing jou ook toe om deur die feesprogram te loer, kaartjies met jou kredietkaart te koop en vertonings tot jou koopmandjie te voeg. Dit is baie eenvoudig – jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die toep gestuur as jy die kode op jou foon inskandeer. Dit is verspot maklik!

Aardklop is natuurlik nie net toneel, musiek en kultuur nie, daar is ook die feesterrein. Ons toepassing staan jou by om uitstallers op die feesterrein te vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.

Almal is deel van die fees en alle feesnuus voor en tydens die fees word direk na jou toepassing gestuur, so kan jy jou vinger op die pols hou van alles wat gebeur.

Die Aardklop-toepassing is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play Store indien jy ’n Android-toestel het. Tik slegs “aardklop” in en laai die toepassing af.

Aardklop morfeer en innoveer elke jaar en ons sien uit na die hierdie toevoeging tot ons dienslewering.

Aardklop vind vanjaar van 2–7 Oktober in Potchefstroom plaas. Die ingangsfooi tot die feesterrein is slegs R30 per persoon en kinders onder 12 kom gratis in!

Produksiekaartjies is beskikbaar by Ticketpro.

Vir meer inligting besoek ons webblad www.aardklop.co.za of volg ons op Facebook.

The post Persvrystelling: Aardklop-app nou beskikbaar! appeared first on LitNet.

Sosiale geregtigheid en die ANC se grondbeleid

$
0
0

Dink jou die volgende in: 20 kinders is in dieselfde klas op skool. Eendag word hulle in twee groepe verdeel. Lukraak, geen spesifieke redes hoekom ’n spesifieke kind in ’n spesifieke groep geplaas is nie.

Die een groep word blou T-hempies gegee om aan te trek. Die ander groep kry pienk T-hempies. Almal word nou uitgenooi na ’n sportveld buite die gebou. Hulle gaan staan by die wegspringplek in ’n ry. ’n Aansienlike ent voor hulle is die eindpunt. Die fasiliteerder van die groep nooi nou almal in die blou T-hempies uit om so ver, so vinnig en so hard as wat hulle kan te hardloop in die rigting van die eindpunt. Hulle begin wanneer die fluitjie een keer geblaas word. Wanneer hulle die fluitjie ’n tweede keer hoor, moet hulle stop.

Die outjies in die pienk T-hempies moet intussen net daar by die beginpunt bly staan.

Die fluitjie blaas, en die groepie in die blou hempies spring weg. Na ’n rukkie hoor hulle die fluitjie weer, en hulle stop. Nie een van hulle is by die eindpunt nie. Hulle is ook nie meer almal bymekaar nie. Dié met natuurlike atletiese vermoëns het vinniger gehardloop en is verder voor die res van hulle kamerade in die blou hempies. Maar een en elkeen van hulle het nou ’n voorsprong bo die outjies in die pienk hempies, wat glad nog nie toegelaat was om te hardloop nie.

Die fasiliteerder deel hulle mee dat hulle nou almal na die eindpunt toe moet hardloop, so vinnig en so hard as wat hulle kan. Die een wat eerste daar kom, wen die wedloop.

Sommige van die outjies in die pienk hempies, dié met natuurlike atletiese vermoëns, sal sommige van dié in die blou hempies verbysteek. Hulle kry dit bitter selde reg om die voorste atlete in die blou hempies in te haal. Verbysteek gebeur nie.

Die uitslag is maar voorspelbaar. Die wenner is altyd een van die hardlopers in die blou T-hempies. Nie omdat hulle beter atlete is nie, maar omdat hulle alreeds ’n voorsprong opgebou het. Daai voorsprong het hulle toegelaat om vinniger oor ’n korter afstand by die wenpaal uit te kom.

Wie weet wat sou gebeur het as al die kinders van soortgelyke atletiese vermoëns, ongeag die kleur van hul T-hempie, toegelaat was om saam weg te spring?

Agterna word die kinders uitgevra oor hulle ervaring. Dié in die pienk T-hempies is ongelukkig; hulle kla dat die resies onregverdig was. Natuurlik was dit. Die oomblik toe hulle die pienk T-hempie aangetrek het, is hulle kans om te wen ingeperk.

Die enigste manier waarop die resies regverdig gemaak kan word, is om die reëls so te verander dat dit erkenning gee aan die agterstand wat die draers van die pienk hempies opgedoen het, en om hulle geleentheid te gee om in te haal. Die voor die hand liggende manier om dit te doen, is om die blou T-hempies te laat stilstaan en die pienk T-hempies kans te gee om weg te spring en te hardloop.

Dis ’n praktiese manier om sosiale geregtigheid aan jong kinders te verduidelik. Wanneer sommiges benadeel was en teruggehou was as gevolg van faktore buite hulle beheer, vereis sosiale geregtigheid dat hulle geleentheid gegee word om in te haal.

Thuli Madonsela het tydens ’n byeenkoms van die alumni van die Stellenbosch-regsfakulteit gepraat oor die werk van die eenheid vir sosiale geregtigheid, waarvan sy die leerstoel beklee. Wanneer die lede van die eenheid by skole die konsep van sosiale geregtigheid verduidelik, gebruik hulle hierdie oefening. Dan laat hulle die kinders met voorstelle vorendag kom om die resies meer regverdig te maak.

Dit kos nie veel verbeelding om van skoolgrond na landsgebied, en van verskillend-gekleurde T-hempies na verskillende velkleure te gaan nie.

In die konteks van die nasionale gesprek die afgelope ruk neem dit ook nie veel om uit te kom by nasionalisering van grond nie. Ek moet byvoeg, Thuli Madonsela het in haar toespraak ’n wye, wye draai rondom enige kontroversiële kwessies geloop.

Aan die hand van die voorbeeld hier bo maak dit sin dat regstellende aksie in werksverband behoort plaas te vind. Dit maak sin dat daar op die sportveld toegewings gemaak moet word aan spelers wat nie voorheen toegelaat was om op gelyke vlak deel te neem nie. Dit maak sin dat begrippe soos swart ekonomiese bemagtiging inslag vind.

Dit maak sin dat mense wat nie voorheen toegelaat was om grond te besit nie, of wie se grond deur die staatsmasjinerie en apartheidswetgewing van hulle weggeneem is, geleentheid moet kry om in te haal.

Dit maak sin, want daar is geen vraag of daar historiese ongeregtighede is wat reggestel moet word nie. Daar kan nie verwag word dat daar in 24 jaar regstellings van honderde jare se ongeregtigheid moet plaasvind nie. Natuurlik sal daar debat wees oor die vorm wat regstelling moet aanneem, die tydsduur daarvan en dies meer.

Natuurlik sal die blou hempies, dié wat bereid is om te erken dat regstelling moet plaasvind, argumenteer vir die kortste moontlike tyd waarin dit moet plaasvind. Natuurlik sal daar sommiges in pienk hempies wees wat meen geen tydsduur is lank genoeg om regstelling te maak nie.

Natuurlik sal die groep in die blou T-hempies argumenteer dat hulle onregverdig benadeel word omdat hulle nou vir ’n rukkie moet toekyk hoedat die pienk T-hempies hardloop terwyl hulle stil moet staan. Natuurlik gaan hulle die pienk T-hempies se tegniek kritiseer en fout vind. Natuurlik, want dis maklik om te vergeet van die voordeel wat jy alreeds geniet.

Natuurlik is daar diegene in die blou T-hempies wat daarop wys dat hulle nie onder die voorste atlete is nie.

Maar hoe kan dit die pienk T-hempies se skuld wees as jy nie jou voordeel en voorsprong ten volle gebruik het nie? Hoe kan dit gebruik word as basis om te argumenteer dat die pienk T-hempies nie geregtig is op ’n gelyke speelvlak nie?

Daar is in ons samelewing diep behoefte aan sosiale geregtigheid wat moet geskied.

Hoe behoort dit te gebeur? Daar moet reëls wees. Dit moet gebaseer wees op beginsels van geregtigheid, nie wraak nie. Dit moet deursigtig en duidelik wees, om die roekelose propagasie van fopnuus deur organisasies wat finansiële munt wil slaan uit die blou hempies se vrese, hok te slaan. Dit moet op ordelike wyse geskied. Dit moet die grootste moontlike groep help om vorentoe te beweeg. Daar kan nie sosiale geregtigheid wees as net enkele individue voordeel trek nie.

Sosiale geregtigheid gaan, in diepste wese, daarom dat die samelewing in sy geheel vorentoe gaan. Almal, pienk en blou hempies, moet by die wenpaal uitkom. Daar kan nie sosiale geregtigheid wees as daar vuilspel langs die kantlyn plaasvind nie. Daar kan nie sosiale geregtigheid plaasvind as net sekere pienk hempies vorentoe gaan terwyl die oorgrote meerderheid nog steeds kunsmatig teruggehou word nie. Daar kan nie sosiale geregtigheid wees as die blou hempies onregverdiglik die skuld gegee word vir die feit dat die pienk hempies nog steeds kunsmatig teruggehou word, hierdie keer deur hul medepienkhempies nie.

Daar kan nie sosiale geregtigheid plaasvind terwyl pienk hempies met geen atletiese vermoëns kunsmatig vorentoe gestoot word omdat hulle die regte mense ken nie. Daar kan nie sosiale geregtigheid wees terwyl pienk hempies met uitstekende atletiese vermoëns teruggehou word omdat hulle nie die regte mense ken nie.

Daar kan nie ware geregtigheid wees as die regstelling net gebruik word as ’n wortel voor die neus met ’n korttermyndoelwit voor oë nie. Daar kan nie geregtigheid wees as die grondslag daarvan verdere ongeregtigheid teenoor beide pienk en blou T-hempies is nie.

Kan die ANC se beplande grondhervorming dan nog steeds oor die boeg van sosiale geregtigheid gegooi word?

The post Sosiale geregtigheid en die ANC se grondbeleid appeared first on LitNet.

Bakgeheime: ’n onderhoud met Martjie Malan

$
0
0

Bakgeheime: Resepte vir elke okkasie | Baking secrets: Recipes for every occasion
Martjie Malan

Uitgewer: Quivertree Publications
ISBN: 9781928429104 | 9781928429111

Martjie, baie geluk met die verskyning van Bakgeheime, wat gelyktydig ook in Engels as Baking secrets verskyn! Die meeste mense ken jou weens jou betrokkenheid by Koekedoor, en by Kokkedoortjie, die reeks wat voortgespruit het uit Kokkedoor. Wil jy dalk nog meer vertel van wie jy is en jou agtergrond?

Baie dankie vir die gelukwensing. Ek is ’n bakentoesias – ek was nog altyd lief vir bak. Die geleentheid om aan Koekedoor te kon deelneem het baie nuwe deure vir my oopgemaak, onder andere betrokkenheid as mede-inhoudsvervaardiger en kombuisbestuurder vir Koekedoortjie en Kokkedoortjie. Ek het ook ’n kookskool vir kinders en volwassenes waar ek klasse in bak en in kosmaak aanbied. My boek is ’n uitvloeisel van alles waarvoor ek lief is, om my bakkennis te deel en om alle bakkers te lei om met groot sukses te bak. Nou met die boek op die rakke gaan ek voort met die kookskool, asook die bakklasse vir volwassenes. Ek bak ook graag vir spesiale geleenthede.

Voor die TV-reekse nog gekom het, het jy reeds jou inkomste uit bak verdien. Waar het jy leer bak en waar het jou liefde vir bak begin?

My ma en albei my oumas was lief vir bak en hulle het daardie liefde in my wakker gemaak. My ma het my toegelaat om te bak soveel as wat ek wou; die vryheid wat sy my gebied het, maak van my die bakker wat ek vandag is.

Jou boek se titel is Bakgeheime. Wat is jou geheime, as jy bereid is om enige daarvan te deel?

Al my geheime is in die boek opgesluit – ek het nie een wat ek geheim hou vir myself nie. Die boek is vir elkeen wat dit ooit sal oopmaak, en alle bakgeheime is nou daarin verklap.

Hoe is die besluit geneem om illustrasies eerder as foto's in jou boek te gebruik?

Ek het nog altyd die idee vir ’n bakboek gehad wat anders is as al die res. Die waterverfillustrasies plaas beslis die boek in ’n ander klas en maak dit besonders en uniek.

Wat die resepte betref: Is dit soetgebak wat ter sprake is, of is daar ook soutigheid? Iets vir Sondagmiddag by die huis of as mens iemand oornooi?

Die boek het ’n groot verskeidenheid resepte; dit sluit ook ’n groot klomp soutresepte in. Daar is die heerlikste quiches, pasteie en ook kaasskons. Dit is perfek as klein eetgoed of as ’n groot gebak vir ’n middagete.

Hoe moeilik is dit om jou resepte op papier te stel sodat ander mense dit kan maak soos wat jy dit sou maak?

Dit was vir my baie belangrik om die stappe so mooi as moontlik te verduidelik – elke stap is noukeurig geskryf. Ek dink die feit dat ek ’n onderwyser in hart en siel is, het my skryfstyl beïnvloed en dit eintlik vir my makliker gemaak. Ek dink dit lees maklik en sluit geen stappe uit nie. Ek neem nie aan dat mense reeds iets weet nie – ek het elke belangrike stap ingesluit.

Wat is jou persoonlike gunstelingresep in die boek?

Die vye-frangipane-tert is my gunsteling om te maak en te eet.

Watter kos maak jy graag self by die huis, wat nie noodwendig gebak insluit nie?

Ek is baie lief vir kosmaak en maak graag pasta- en wildsvleisgeregte. Ek is ook besonder lief daarvoor om ’n verskeidenheid kossoorte op ’n groot bord te bedien en almal eet waarvan hulle hou, amper soos ’n reusekaas- en vleisbord.

Jy het self jong kinders. Is hulle betrokke in jou kombuis? Indien wel, hoe kry jy hulle betrokke?

My kinders hou daarvan om saam kos te maak; dit is ook ons spesiale gesinstyd. Hulle help met die voorbereiding van aandetes. My dogtertjie is besonder lief daarvoor om versierwerk op koeke of koekies te doen.

Martjie en haar kinders

As jy self heeldag met kos of gebak werk, hoe kry jy dit reg om nie alles self te wil opeet nie?

Dit is maar ’n belangrike dissipline om nie alles te eet nie, maar dit is wel belangrik om te proe of dit darem lekker is, of hoe?

Foto's: Liné Enslin

The post <i>Bakgeheime</i>: ’n onderhoud met Martjie Malan appeared first on LitNet.

kykNET-Rapport Boekpryse 2018: Kortlyste vir resensiepryse bekend

$
0
0

Die kortlyste is pas bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan die room van Afrikaanse resensies wat in 2017 verskyn het. Twee pryse van R25 000 elk is op die spel vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik.

Dié jaarlikse pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Vanjaar se keurders was Bibi Slippers, Danie Marais en Loftus Marais.

Die kortlyste, wat uit 99 inskrywings saamgestel is, is in alfabetiese volgorde soos volg:

Fiksie:

Niefiksie:

Volgens die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, was dit ’n aangename verrassing om inskrywings van soveel nuwe resensente te ontvang. “46 mense het ingeskryf, 13 meer as verlede jaar. Die feit dat dit ’n klompie gesoute resensente is wat op die kortlyste verskyn, wys maar net weer dat die resensiekuns met tyd en baie oefening en probeerslae bemeester word. Ons hoop hierdie pryse dien as aansporing vir nuwe en jonger resensente om ook hulle stemme te laat hoor – dis lekker om te sien hoe die peil van sekere resensente se inskrywings jaar ná jaar verbeter, en met volgehoue toewyding sal die jonges in die nabye toekoms meer gevestigde resensente die stryd behoorlik begin aansê.”

Die keurders is dit eens dat daar ’n groot klomp uitstekende resensies onder vanjaar se inskrywings getel het. Danie Marais sê: “Die inskrywings getuig van ’n lewendige Afrikaanse uitgewersbedryf en leeskultuur. Al die resensies op die kortlyste is ’n verhelderende plesier om te lees en elkeen van hierdie kritici lewer gereeld sprankelende bydraes tot boekeblaaie. Daar was verskeie ander inskrywings wat waardige pryswenners sou wees.” 

Natuurlik is daar ook ruimte vir verbetering. “Daar is ongelukkig ’n aantal resensies wat lees soos boekverslae eerder as lewendige besprekings wat op sigself onderhoudend en boeiend is,” sê Danie Marais verder. Loftus Marais som die keurders se belangrikste punt van kritiek as volg op: “Mens kry tog wel soms die indruk dat die Afrikaanse resensiekunde te suutjies trap. Hier en daar wonder mens: Maar wat is jou óórdeel nou eintlik, presies waar werk dinge, en waar het hulle nie gewerk nie? Die toets van openbare kritiek is ’n belangrike ene – ook vir die skrywer.” 

Die wenners word op Saterdag 22 September 2018 saam met die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse in Kaapstad aangekondig.

The post kykNET-Rapport Boekpryse 2018: Kortlyste vir resensiepryse bekend appeared first on LitNet.

Buksie

$
0
0

Toe Malie besef dat haar ma hierdie keer regtig ’n baba sou hê, het sy angstig stil geword. ’n Dogtertjie sou wonderlik wees, ’n meisietjie wat vir haar ma alles kon wees wat sy, Malie, nie is nie, wat sou hou van die fyn rokkies wat haar ma so graag maak met smokwerk en borduurwerk en kant en valletjies en al die dinge wat sy so verpes; ’n sussie wat graag by die huis sou bly en leer oor kos en handwerk en mooi klavier sou leer speel soos haar ma. Dit sou ’n uitkoms wees. Maar die gedagte aan ’n seun het haar ernstig en peinsend laat besin. ’n Seun sou haar verplaas as die erfgenaam van Klipfontein, hy sou die eerste reg hê om saam met haar pa oor die plaas te galop soos hulle dit nou saam doen, met hom oor die boerdery te gesels en te beplan, om by hom te leer skiet. As hy ’n seun het sou haar pa minder toegeeflik word oor haar grille, soos haar ma dit noem, hy sou begin saamstem dat sy meer by die opstal moes bly, huisvlyt moes aanleer, want hy sou haar nie meer nodig hê as geselskap op die plaas nie. Sy seun sou saam met hom te perd oor haar geliefde landskap jaag, hulle sou saam lag en mansgrappies maak waarby sy uitgesluit sou word. Sy kan sien haar pa voel reeds soms ongemaklik oor hulle uitbundige samesyn, amper soos vader en seun, en daarom het hy ingeval by haar ma se aandrang dat sy net sidesaddle mag perdry, soos ’n dame. Sy het gedink sy sal nooit weer behoorlik kon ry nie, maar sy het dit gou bemeester en nou jaag sy weer met die wind in haar gesig saam met haar pa of Neels oor Klipfontein en Mount Hope, Neels-hulle se plaas langsaan. Haar ma het vir haar ’n riding habit gemaak met ’n lang romp, maar gelukkig nie van koningsblou fluweel soos sy eers wou nie. Met een oog op haar pleitende blik het haar pa haar ma laggend geterg en gevra hoe die koningsblou fluweel na ’n dag se perdry op die stowwerige Vrystaatse veld sou lyk en sy het haar toe maar by ’n stewige bruin koordferweel berus. Malie hou baie van die koordferweelbaadjie met sy sakke en knope soos ’n mansbaadjie en epoulette soos ’n soldaat s’n, maar die lang romp vind sy ’n beslommernis. Maar sy weet dat haar ma nooit sou toelaat dat sy nog langer met ’n langbroek soos ’n seun perdry en rondgaan op die plaas nie. Dit sou soveel praktieser wees wanneer sy haar pa met die skape help, maar sy besef haar ma sou doof bly vir haar pleidooie en daarom voer sy liewer nie daardie stryd aan nie.

En nou na 16 jaar, die moontlikheid van ’n boetie wat haar versigtig onderhandelde plek op die plaas bedreig. Haar ma het verskeie kere ’n baba “verloor” wat dit ook al presies mag beteken. Haar ouers het dit elke keer vir haar probeer wegsteek maar sy het die grootmense en die bediendes hoor praat. Haar Sesotho is net so goed soos hulle s’n; hulle kon niks vir haar wegsteek nie. Later het sy die patroon self leer herken: haar ma bleek in die bed, die besoeke van die dokter van die dorp af, haar pa se duidelike bekommernis en ontsteltenis wat hy vir haar probeer wegsteek. Maar dié keer het die swangerskap verder gevorder en nou hoop hulle haar ma sal die kleintjie enduit kan dra. Daarom het haar pa aangedring dat haar ma met die trein na haar oupa-hulle in die Kaap moes gaan, sodat sy naby beter mediese sorg kan wees.

Haar oupa en ouma is Duits; hulle was vroeër sendelinge by ’n sendingstasie in die Suid-Vrystaat, dit is hoe haar pa haar ma ontmoet het, maar hulle het nou in die Kaap gaan aftree. Sy heet na haar Duitse ouma, Amalie Charlotte Juliane; sy verpes die string name en die verpligting wat daarmee saam kom om, soos haar ouma en ma, ’n verfynde Duitse dame te moet wees. Sy is ’n Vrystater soos haar pa en ’n boer soos hy, g’n Duitse dame wat häkeln, sticken en schmucken nie. Sy moes saam met haar ma Kaap toe gaan, maar sy het gepleit om by haar pa te bly, sodat hy nie alleen op die plaas moet wees nie. Hierdie keer het sy hulle oortuig en die afgelope weke kan sy en haar pa in mekaar se geselskap ontspan, sonder die spanning van haar ma se onrus oor haar onstuimige gedrag.

Sy is op haar gelukkigste by haar pa of by Neels. Sy en Neels gaan saam skool by meneer Noordhoff, die Hollander wat Neels se pa gekry het om hom op die plaas te onderrig. Haar ouers het met oom Abraham gaan praat en gereël dat sy elke oggend met die donkiekarretjie sou oorry en die lesse met Neels deel. Neels is baie slim en baie lief vir boeke, meer as sy. Maar sy staan nie terug vir hom nie. Hy is ’n jaar ouer as sy, maar sy hou met alles wat die skoolmeester hulle leer by en heimlik geniet sy dit amper net soveel soos Neels, al kla sy dikwels dat sy eerder buite in die veld wil wees. Neels gaan volgende jaar kosskool toe om matriek te maak in Bloemfontein, want hy wil verder gaan leer; hy wil ’n predikant word. Malie kan dit nie verstaan nie, want oom Abraham het die meeste grond in die distrik en die grootste boerdery; wat meer kan ’n seun wil hê? Oom Abraham is klaarblyklik trots op sy slim seun en is bly dat hy verder wil gaan leer. Wat van al die plase moet word weet sy nie, want Neels is ook ’n enigste kind en sy ma is al jare gelede dood.

Al is Neels lief vir die boeke, is hy ook lief vir die plaas, soos sy. Hy het ’n pragtige hings, Rinkhals, en as sy op Freiherr is, dwarssaal en al, is Mount Hope en Klipfontein hulle koninkryk. Neels is ’n uitstekende skut, selfs beter as sy, alhoewel sy oplet dat hy altyd aarsel voor hy die skoot aftrek. Hy het vir haar probeer verduidelik dat die Here ons aangestel het om na die skepping om te sien, en dat dit nie beteken ons kan doodmaak net waar en wat ons wil nie. Haar pa sê Neels is ’n sagsinnige klong en sy kan sien hy hou daarvan. Sy vermoed haar pa hoop dat sy en Neels eendag sal trou; hulle is dan nou so onafskeibaar. Maar al is sy die liefste vir Neels naas haar pa, en seker haar ma, weet sy dat sy nooit sal trou nie. Sy gaan die boer van Klipfontein wees en haar plan is om vir haar ’n huishoudster uit die Kaap te kry, soos oom Abraham gedoen het. Iemand soos haar ma of oom Abraham se Miss Roberts, wat na die huishouding sal omsien, die bediendes hanteer en fyn handwerk sal doen. Dit is een van haar gunsteling dagdrome om te dink hoe sy en die huishoudster saans by die lamplig in die eetkamer sal sit, terwyl sy wat Malie is lees en die volgende dag se werk op die plaas beplan, en die huishoudster hekel of borduur en haar vertel wat die dag by die huis gebeur het en oor wat sy besig is om te lees. Soms sal die huishoudster ook vir hulle klavier speel.

Toe Gert Visser dou voor dag die oggend in Oktober te perd op Klipfontein aankom, het Malie dadelik geweet waaroor dit gaan. Hy het haar pa kom inlig dat hulle op kommando moes gaan. Haar pa het oor die afgelope tyd die politiek vir haar verduidelik en sy het geweet dat daar ’n groot kans vir oorlog met die Engelse is. Haar pa het haar opgewondenheid probeer bedwing en verduidelik dat Engeland die magtigste land in die wêreld is en die Vrystaat en die Transvaal is maar ’n handjie vol burgers met amper geen opgeleide weermag nie. Maar sy het teëgekap dat hy Majuba moes onthou – hulle hét mos al met die Engelse afgereken. Dit is die Boere se land hierdie, het sy volgehou, die Engelse weet nie hoe om in hierdie veld te oorleef nie, hulle sou hulle vinnig wys, net soos by Majuba. Terwyl haar pa met Gert gesels, bewe sy van opwinding want hier is haar groot kans as sy net haar kaarte reg kan speel. As haar ma hier was, het sy nie ’n kans gestaan nie, maar sy kan tog nie alleen op die plaas bly nie. Sy wil saamgaan op kommando! Sy kan net so goed perdry en skiet soos enige van die boere in die omgewing, sy sou ’n nuttige burger kon wees. Sy sou die hele avontuur saam met haar pa en Neels en oom Abraham kon belewe. Sy sien haar pa beduie na haar en wys in Mount Hope se rigting. Wil hy haar by Miss Roberts gaan aflaai, dink sy verontwaardig, by ’n Engelse vrou – al bly dié ook al jare in die Vrystaat?

Terwyl sy angstig wag kom Neels op Rinkhals aangery. Hy lyk heldhaftig op sy groot, blink swart perd met bandolier en geweer. Hy wuif vir haar en ry eers na haar toe.

“Ek dink my pa wil my by Miss Roberts gaan aflaai,” sê sy gebelg.

“Te laat,” sê Neels, “sy is tranerig hier weg met die trein Kaap toe. Sy is mos Engels en kan nie die oorlog by die vyand deurbring nie. Die laaste trein Kaap toe is vanoggend vroeg hierdeur. My pa het gisternag berig gekry dat die oorlog kom en Miss Roberts het dadelik gepak en vanoggend vyfuur die trein op Mount Hope se stasie gehaal. Jy moet maar saam kom, dink ek, jy sal ’n aanwins wees.”

Hy glimlag na haar met sy oë blink van opwinding, maar omdat sy hom so goed ken, sien sy ook die spanning in sy nek en kaak. Neels is nie regtig vir oorlog gemaak nie, dit weet sy.

Malie sien dat haar pa met ’n frons en bekommerde oë na haar beduie. Oom Abraham lag uit sy maag en wink haar nader.

“Wil jy saam met ons op kommando kom?” glimlag hy. “Jy skiet mos net so goed soos enige van hierdie kêrels en met daardie stewige lyfie van jou kan jy vasbyt en aanhou soos die bestes onder ons.”

Haar pa lyk baie ontsteld.

“Dit is belaglik!” bars hy uit. “Wat sal Frieda sê?”

Oom Abraham se glimlag maak plek vir net ’n effe geamuseerde trek op sy gesig.

“Frieda sal sê dat jy nie die kind alleen op die plaas by die plaaswerkers kan los nie. Sy is veiliger by ons.”

Haar pa skud sy kop weerstandig. Oom Abraham sê niks nie, kyk haar pa net met ’n vriendelike blik aan. Sy en Neels volg die gesprek gespanne. Haar maag is ineen getrek; Neels knipoog vir haar. Haar pa lig sy oë na die vergesig en staan ’n oomblik stil.

“Jy sal moet klere kry,” sê hy. “Jy kan nie met rokke op kommando gaan nie. Neels is langer as jy, maar dit sal moet doen. Neels, is daar dalk nog ou hemde en broeke en truie wat jy vir Malie kan gee, verkieslik wat vir jou te klein geword het?”

Neels gee ’n kreet van plesier en hy en Malie galop na Mount Hope sodat daar vinnig vir haar ’n saalsak gepak kan word. Haar koordferweelbadjie gaan natuurlik saam.

***

Dit is oom Sarel Boordjies wat eerste na haar as “die buksie” verwys, as gevolg van haar kort, kompakte gestalte natuurlik, wat deur die seunsklere beklemtoon word.

“Wie is die kort stewige kêreltjie?” vra oom Hermaans Joubert toe Malie en Neels op Freiherr en Rinkhals by hom verby galop.

“Dit is die buksie van Klipfontein,” antwoord oom Sarel.

Malie verlustig haar in die opmerking. Sy en Neels se oë ontmoet laggend en dit is asof ’n stroom van uitbundige moed en ywer deur haar spoel. “Die buksie van Klipfontein,” prewel sy teen die wind.

Oom Sarel is ’n oujongkêrel wat baie netjies aantrek, altyd met gestyfde boordjiehemde – daarom die bynaam – en vandat sy klein is het hy ’n besondere goedige blik op Malie gerig, asof hulle twee mekaar verstaan. Toe hulle die eerste aand afsaal, roep hy haar en wys haar ’n beskutte plek vir die nag.

“Ek dink hierdie is ’n goeie plek vir jou, Buksie.” Hy het sy eie beddegoed tussen haar en die ander manne geplaas met haar pa aan haar anderkant. Sy sien dat haar pa dankbaar vir oom Sarel knik.

Toe Malie die nag in haar kombers toegewikkel onder die helder Vrystaatse sterrehemel lê, weet sy dat dit die gelukkigste is wat sy nog ooit was. Sy is op kommando; sy het ’n perd en ’n mauser en sy is tussen die manne – sy is één van die manne – wat die Engelse die see gaan injaag. Sy voel tuis in haar vel, baie gelukkig met haar lot.

Oom Sarel hou vol met “Buksie” en Neels steek onmiddellik aan en begin haar ook so noem met ’n blink lag in sy oë. Dit is hy wat dit verkort na “Buks” en spoedig noem die hele kommando haar “Buks” of “Buksie”. Malie het gesien dat Gert Visser vandat hy “Veldkornet” genoem word, en nie sommer “Gert” nie, ’n nuwe fermheid in sy handeling en gesag in sy woorde het. Hy het in die titel ingegroei. Net so voel sy dat sy in die naam “Buks” iets van haar haar ware self kan vind.

Die naam duik gedurig speels op as die burgers kamp opslaan – “Waar is die Buks?”.

“Sê Buksie moet my ’n bietjie kom troos; ek verlang huis toe!”

“Kan die Buksie nie my kouse kom stop nie?” maar altyd goedig. Sy gee nie om om ’n bietjie stopwerk en lapwerk vir die burgers te doen nie; sy het immers die vaardighede by haar ma geleer en dit gee haar ’n spesiale plek in die kommando. Ook as iemand seer gekry het, roep hulle haar dikwels, want sy is bedrewe met verbande en pleisters en die skoonmaak van ’n skraap of ’n sny – daarvoor het haar deeglike, Duitse ma gesorg. Maar sy is op haar gelukkigste as sy op haar perd met haar geweer saam met die manne deur die veld ry.

“Sy is ons mascot!” sê Paddy McGee, die Iers-gebore rooikop, “terwyl Buks by ons is, is ons veilig!”

Hulle dorpskommando sluit by generaal Prinsloo se burgers aan en steek die Oranjerivier oor na die Kolonie, om die Engelse eerder buite die Vrystaat aan te vat. Die Engelse is in aantog om Kimberley, wat deur die Boere beleër is, te ontset. Neels word saam met Piet Steyn en Japie Beyers as verkenners uitgestuur om die naderende Engelse se posisie vas te stel. Hy keer met ’n blos van opgewondenheid op sy gesig terug en sê dat die Engelse taamlik naby is. Onder die generaal se bevel neem die burgers stelling in op Belmont-koppie om daar vir die Engelse te wag. Van bo af sou hulle ’n goeie uitsig hê en die Engelse sou die nadeel hê om die koppie te moet klim binne in die Boere se geweervuur in.

“Kom,” sê haar pa. “Ons pak ’n bietjie klippe sodat ons behoorlik ingegrawe is hier op die rantjie.” Neels lag vir Malie terwyl sy aanswoeg met ’n middelgrootte klip in die bloedige son.

“Sit jy maar ’n bietjie in die koelte,” sê hy. Maar sy pers net haar lippe op mekaar en gaan haal nog ’n klip, groter as die vorige. Sy wil nie gunste en gawes hê nie; sy is ’n burger net soos die res van hulle. Toe die skansie voltooi is, is sy duiselig van die hitte en die dors en haar spiere pyn met elke beweging.

Malie kan die nag nie slaap van opgewondenheid en angstigheid nie. Haar pa het seker gemaak dat sy reg teen hom lê en sal aanlê. Hulle is in ’n groep van hulle dorp se mense. Neffens hulle lê oom Abraham, dan Neels. Bespieders kyk dwarsdeur die nag uit vir tekens van beweging of aanval. Toe die dag breek is die lyn van Engelse soldate duidelik in die veld te sien soos hulle aanbeweeg na die Boere se koppie. Die Engelse lyk baie kwesbaar, uitgestrek oor die veld, terwyl hulle stelselmatig nader na die koppie aanstryk. Op hulle veldkornet se bevel, trek die manne om Malie los. Die Engelse reageer onthuts, party val plat en begin kruip, ander begin vinniger loop of draf, probeer agter die yl bome skuil en terugskiet. Maar vorentoe bly hulle kom. Hulle is maklike teikens vir die Boere, en telkens sien Malie dat ’n Engelsman raak geskiet is. Neels lê sekuur aan en omdat hy so ’n uitstaande skut is, kan sy gou sien dat sy geweervuur die nodige uitwerking op die Engelse linie het. Malie word bewus daarvan dat Neels bewe en ’n bietjie hyg, maar dit beïnvloed klaarblyklik nie sy doeltreffendheid nie. Sy kry dit reg om redelik kalm te bly, te korrel en te skiet, ten spyte van die bons van haar hart en die verdowende pols van die bloed in haar bors en nek, maar sy weet nie eintlik hoe effektief sy op dié afstand is nie. Sy bly bewus van haar pa se bekommerde blik op haar, maar hy en oom Abraham is ook deurentyd aan die laai en vuur. As sy haar kop te veel oplig om beter te kan sien, druk haar pa haar kop na onder. Die son is vrek warm op haar nek, maar dit lyk asof dit die onbeskermde Engelse op die oop veld meer as vir hulle op die koppie aantas. Malie is dankbaar vir haar waterbottel waaruit sy elke nou en dan ’n teug kan drink, tussen oorhaal en korrel en vuur.

Die Britse artillerievuur word algaande al hoe meer doeltreffend soos hulle teikens op die koppie begin raak skiet en die wêreld vir die Boere warm begin maak. Wanneer dit lyk of die Engelse, ten spyte van hulle groot verliese, nogtans die koppie gaan bestyg en hulle artillerievuur al hoe meer sekuur raak, kom die bevel dat die Boere moet onttrek. Met groot bravade maak hulle hul ligweg uit die voete aan die ander kant van die koppie waar hulle perde vir hulle wag en galop snelvoetig weg van die Engelse.

“Pret!” skree Piet Steyn vir sy vriend Japie.

Die Boere weet dat hulle beweeglikheid op die veld en hulle kennis van die terrein hulle grootste voorsprong bo die Engelse is. Die ouer mans lyk ernstig maar die jonges is vol geesdrif, hulle verwagtinge van die opwinding van die oorlog bevestig.

“Het julle gesien hoe skiet daai Buks?” roep Japie uit, “so koel soos ’n komkommer!”

Malie koester haar in hulle goedkeuring, maar hou vir Neels dop; sy sien hy is bleek om die kiewe.

“Besef jy dat van ons makkers gesneuwel het, en omtrent 30 is gevange geneem,” sê hy dringend.

As hulle later stadiger ry, klop sy hom broederlik op die blad. Hy kyk verras op en as hy sien dat dit sy is, kyk hy haar dringend in die oë. Sy besef dat dit ’n betekenisvolle blik is, maar is nie seker wat dit presies beteken nie. Een ding weet sy seker; Neels is haar beste vriend en hulle gee vir mekaar om.

***

Twee dae later is daar ’n baie soortgelyke skermutseling by Graspan, waar die kommando weer die Engelse aansienlike verliese toedien en hulle dan laggend uit die voete maak as dit lyk of die Engelse ’n bajonet-stormloop gaan loods. Later blyk dit weer dat die kommando baie gelukkig was, dat daar tog verliese by ander kommando’s was met burgers gewond, gedood en gevange geneem. Uit die manne se praat word dit duidelik dat ’n groter slagveld moet volg. Hulle kan nie net toeslaan en vlug nie; een of ander tyd sal hulle die Engelse opmars moet stuit. By die samevloei van die Modder- en die Rietrivier bring drie Boeregeneraals hulle manskappe bymekaar: generaals de la Rey en Cronjé van die Transvaal en generaal Prinsloo van die Vrystaat. Op generaal de la Rey se aandrang grawe die burgers hulle aan die suidekant van die rivier in; dit sal die Engelse, wat sou verwag dat die Boere die rivier as ’n beskerming tussen hulle en die vyand sou hou, verras. Malie, haar pa, oom Sarel Boordjies, Neels en oom Abraham is onder ’n groepie wat hulle behoorlik kan ingrawe agter ’n natuurlike klipskans op die oewer. Die rivierloop vorm bykans ’n loopgraaf wat hulle teenwoordigheid vir die Engelse sal verdoesel. Malie is bewus daarvan dat almal hulle nou regmaak vir ’n baie ernstiger geveg as die vorige twee. Hoewel generaal Cronjé in naam in beheer is, lei sy uit die gesprekke af dat dit eintlik generaal de la Rey is wat die planne maak. Die Vrystaters onder generaal Prinsloo vorm die regterflank van die Boerelinies, generaal de la Rey is in die middel en Andries Cronjé, generaal Cronjé se broer, en sy manne vorm die linkerfront.

Toe die dag breek sien die verkenners, wat in die hoë populierbome geklim het, die Engelse aankom. Die Boere lê doodstil om hulle te verras as hulle naby genoeg is. Ongelukkig begin iemand te gou skiet, as die Engelse nog redelik ver is, en dan is die gort gaar. Vir ure, terwyl die dag skroeiend warmer word, skiet hulle op mekaar; die Boere se stellings bly standvastig terwyl die Engelse al hoe meer manskappe na die linie gooi. Kanonne vuur ook aan albei kante. Baie van die Engelse soldate lê naderhand plat op die grond in die geweldige hitte, want as hulle opstaan is hulle ’n te maklike teiken vir die Boere. Malie voel dronk van die hitte, selfs met die hoed op haar kop. Dit is oorhaal en skiet, oorhaal en skiet. Die burgers sê maar min, maar nou en dan is daar ’n uitroep van tevredenheid. Dit is ’n moordende, verskroeiende dag, maar lyk asof dit goed uitloop vir die Boere, die Engelse kan nie tot by die rivier vorder nie.

Skielik skok Malie se hart in haar keel, want ’n Engelse soldaat doem reg voor haar op bo die klip uit. Hy kyk haar verras in die oë, en die oomblik se aarseling gee haar die kans; sy lig haar mauser en skiet vinnig. Die koeël tref die jong man in die keel. Malie sien hoe sy ligblou oë verras-vraend op haar gerig is, sy sien sy rosige Engelse vel, die rooiblonde hare wat onder sy helm uitsteek en dan laat val hy sy geweer en val vorentoe. Hy kyk haar stom aan en dan sien sy bloed by sy mond uitkom en hoe sy oë verdof en verstil. Sy snak verbouereerd na haar asem en voel haar pa se hand troostend op haar arm. Dan bars alle hel los. Engelse soldate hou net aan met kom. Die geweervuur is soos ’n helse donderstorm om hulle. Die Engelse het ’n donga gevind waarmee hulle ongemerk tot by die Vrystaatse stellings by die rivier kon vorder en hulle stroom nou onstuitbaar op die Vrystaters af. Malie is verward en verskrik. Terwyl haar pa en Neels en oom Sarel Boordjies verbete laai en vuur, is haar oë verblind van skok en trane. Sy sien Piet Steyn agteroorval; sy boesemvriend Japie leun besorg oor hom en val dan ook, asof van agter gestamp, vorentoe, bo-oor sy vriend. Sy word bewus van manne wat terugval, party lyk of hulle holderstebolder weghardloop. Dan voel sy haar pa se lyf langs haar ruk en deur haar trane sien sy sy hemp rooi vlek. Geskok fokus sy weer helder.

“Dit is net my arm,” prewel haar pa.

Sy gryp ’n lap uit haar knapsak en probeer die wond verbind om die bloeding te stop terwyl oom Sarel en Neels langs haar aanhou vuur om die vyand van hulle weg te hou. Sy haal vlak asem; probeer kalm bly, haar angs dreig om uit te bars. Dan hoor sy ’n harde slag en ’n geroggel. Verbyster en duiselig sien sy oom Abraham met ’n groot oop gat in sy bors. Neels gooi sy geweer neer, en tel sy pa op. Hy steur hom nie aan die geweervuur om hom nie, maar strompel so vinnig hy kan weg met die groot man in sy arms.

“Val terug!” kom die uitroepe nou, “Ons val terug!”

Haar pa steier orent en probeer haar met sy gesonde arm beskerm. Sy en oom Sarel hou nog aan skiet.

“Kom, Buks,” sê oom Sarel.

Sy gooi Neels se swaar geweer oor haar skouer tot oom Sarel dit by haar neem. Dan is hulle deel van ’n malende massa van mense wat hulle uit die voete maak en verlig laat hulle hulle meesleur, te moeg en geskok om te dink en besluite te neem. Ver voor haar sien sy Neels se vaal kop, sy figuur struikelend met sy pa se swaar liggaam in sy arms.

***

Generaals de la Rey en Cronjé besluit om ten spyte daarvan dat die Transvalers se stellings standvastig gebly het, die gesamentlike mag gedurende die nag te onttrek. Die gevaar van ’n omsingeling deur die Engelse nadat hulle deur die Vrystaatse linies gebreek het, is te groot. Die Vrystaters staan verleë rond na hulle aftog. Hulle praat nie eintlik nie. Die gerug is dat generaal de la Rey bitter oor die situasie is; hy neem die Vrystaters en generaal Prinsloo erg kwalik dat hulle nie hulle stellings behoorlik kon verdedig nie. As dit nie daarvoor was nie, kon hulle die slagveld oortuigend gewen het. Stadig vind die groot groep Boere en perde en waens en kanonne hulle weg deur die nag. Die dooies moet noodgedwonge agter gelaat word. Môreoggend sal die Engelse, wat groot verliese gely het, tot hulle verbasing vind dat die Boere weg is en dat hulle die slag toe tog gewen het.

Malie probeer die hele nag vir Neels vind. Sy is besorg oor haar pa, maar die kommando-dokter het die koeël uitgehaal en haar verband geprys. Haar pa is op ’n wa gelaai; hy is rustig. Sy ry op Freiherr en lei ook haar pa se perd aan sy leisels. Sy probeer op onmiddellike take en omstandighede te fokus – om haar perd in die gebrekkige sterrelig te stuur, haar pa se perd tegelykertyd te beheer, om nie te raas nie – sodat sy die afgryse wat aan die rand van haar bewussyn huiwer, in toom kan hou. Sy verlang skielik vreeslik na haar ma. Die dokter het bevestig wat hulle eintlik geweet het, dat oom Abraham dood is, ook Piet Steyn en Japie Beyers en ’n hele aantal burgers, en dat generaal de la Rey se dapper seun, Adaan, dodelik gewond is. Die hele nag soek haar oë na Neels se skraal lyf, maar sy weet dat dit te donker is om enige iemand op ’n afstand te kan herken. Toe die dag breek kom die kommando tot stilstand. Hulle moet iets eet en tot verhaal probeer kom, hergroepeer.

Terwyl almal besig is, stap Malie teen ’n steiltejie op. Neels sou alleen wou wees, weet sy, en hy hou van ’n vergesig. Toe sy bo-op die rantjie is, skuifel sy versigtig om ’n rotswand teen ’n hoogte, en daar aan die ander kant, met sy gesig na die rooigevlekte ooste, sit Neels alleen tussen die rotse. Sy klere is donker gevlek van sy pa se bloed. Sy gaan sit langs hom maar sê niks. Uiteindelik plaas sy haar hand op sy skouer. ’n Rilling ruk deur sy lyf as sy hom aanraak. Dan sit hulle weer stil en kyk woordeloos na die skouspelagtige goudrooi sonsopkoms.

Uiteindelik praat Neels, sy stem dik van emosie.

“Watter belaglike trots het ons hier gebring? Wie het ons gedink is ons? ’n Klein groepie vrolike Boere, wat die Engelse Ryk op sy baadjie sou gee.” Hy snork minagtend.

“Hoe kon ek dink dat ek ’n soldaat is omdat ek kan perdry en skiet? Jy, ’n meisiekind, was meer koelkop as ek; jy is meer van ’n soldaat as ek. Die Buksie.”

Sy stem breek op die laaste woord; hy gaan nie verder nie.

Malie skud haar kop.

“Nee, Neels, ek was g’n ‘koelkop’ nie,” fluister sy, “ek was verbouereerd en vreeslik bang.”

Sy sien weer die Engelse seun se blou oë. Haar gedagtes stol. Alles het verander. Niks sal weer dieselfde wees nie. Sy maak haar keel skoon.

“Oorlog is toe oorlog, nie ’n avontuur soos ons gedink het nie. Jy was baie dapper. Self toe jy jou pa weggedra het, het jy onverskrokke tussen die koeëls deur geloop.”

Hy grinnik geluidloos.

“Ek was nie meer bewus van die koeëls nie. Ek was nie dapper nie, eerder dwaas. Al waaraan ek kon dink was my pa, al wat ek het – ek kan my ma nie eers onthou nie. Hy was my rots en my vesting. Hy was sterk en slim en sagmoedig.”

Hy sluk as sy stem weer wankel.

“Hy was ’n goeie man. En nou is ek alleen. En die wêreld wat ek en jy gedink het is ons s’n, ’n paradys vir ons om te verken, is toe al die tyd ’n hél wat ons vir die res van ons lewe deur sal moet worstel.” Hy snik op die laaste woord.

Malie vou haar arms om hom en hou hom vertroostend vas. Sy snikke word harder en hortend, sy hele lyf ruk soos hy sy smart en ontsetting teen haar uitstort. Algaande word hy weer stiller. Elke nou en dan trek daar steeds ’n rilling deur sy lyf.

Sy word bewus daarvan dat sy hand op haar bors rus. Sy voel ongemaklik daarmee, maar wil hom nie onnodig ontstig noudat hy rustiger word nie. Dit is seker maar toevallig. Sy soen hom vertroostend op sy kop wat onder haar ken rus. Stadig, versigtig, beweeg hy sy hand onder haar hemp in; teer vou hy dit om haar bors. Sy voel die paniek in haar opstu. “Amalie” fluister hy. Haar lyf verstyf in angs en weerstand. “Nee!” wil sy uitroep, “nie Amalie nie, maar Buks, jou vriend Buks, man!” Sy is angstig bewus van Neels se beweginglose afwagting, sy hand ligweg op haar bors; sy voel die intense smagting wat sy lyf nou gespanne teen haar laat snaar. Sy wil haar wegruk en vlug! Sy sukkel om deur haar benewelde oë te sien en wens haar ma was by haar.

En dan dink Malie: wat is die mens en wie is sy in die aangesig van hierdie dag en hierdie ontsetting? As God liefde is, wie kan meer haar naaste wees as hierdie verwarde seun wat met sy verskrikte en behoeftige gees in haar skoot lê? Doelbewus ontspan sy haar beangste spiere en versigtig plaas sy haar hande koesterend om sy strak, onlieflike ledemate – en gaandeweg vervaag die verskrikking in die pols van bloed en drif en troos en lewe.

The post Buksie appeared first on LitNet.

Afrikaans is ’n reënboogtaal

$
0
0

Mens hoor dikwels die slagspreuk op universiteitskampusse “weg met Afrikaans” met die EFF voor in die koor, maar Afrikaans is die land se reënboogtaal en nié die taal van die onderdrukker nie.

So sê die gemeenskapsleier en kultuuraktivis Willa Boezak. Hy was die gasspreker tydens ’n gesprek oor Afrikaans wat in Stellenbosch deur die organisasie Vriende van Afrikaans aangebied is. Verskeie leerders van Bolandse skole en studente van Stellenbosch het die “ommietafelgesprek” bygewoon om oor die toekoms van Afrikaans te praat.

Willa Boezak
Foto: Izak de Vries

Boezak wat onder meer aan die Universiteit van Wes-Kaapland, die Vrye Universiteit van Amsterdam en die Universiteit van Kaapstad studeer het, sê in die veldtog teen Afrikaans word dikwels beweer Afrikaans is ’n witmanstaal en die taal van die onderdrukker en dan glo baie mense dit. “Waar kom hulle daaraan?” Afrikaans is ’n gedeelde taal en die meeste dinge wat Afrikaans in die verlede as ’n taal van onderdrukking gekenmerk het, bestaan lankal nie meer nie.

Boezak het die herkoms van Afrikaans in 1599 gaan haal, meer as 50 jaar voor Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap. Dit was die Khoi en die San, en nie wit mense nie, wat aan die Kaap met vee geboer het wat die eerste mense was om geboorte te gee aan Afrikaans toe hulle met die Hollanders en ander seevaarders begin handel dryf het. Vandag staan dit bekend as Khoi-Afrikaans en is een van die baie variëteite van Afrikaans.

Benewens Khoi-Afrikaans bestaan daar verskeie ander dialekte van Afrikaans soos Veeboer-Afrikaans wat die Vryburgers gepraat het, Oranjerivier-Afrikaans of Gariep-Afrikaans soos wat hy dit graag noem, en later sogenaamde Standaardafrikaans.

Boezak sê dit is noodsaaklik om al hierdie variante van die taal as ewe belangrik te erken en nie ’n hiërargie te skep waar sekere variante van die taal meer of minder belangrik is as ander nie.

Boezak het gesê hy veg hard teen die Universiteit Stellenbosch se “stupid” taalbeleid om Afrikaans as akademiese taal af te skaal.

Die bewering dat Afrikaans ’n sogenaamde witmanstaal of ’n minderheidstaal is, is belaglik sê Boezak. Dit is die derde grootste taal in die land naas Zulu en Xhosa en meer as ses miljoen Suid-Afrikaners se eerste taal. Daarvan is sowat 2,7 miljoen wit, 3,4 miljoen bruin met duisende swart Suid-Afrikaners wie se eerste taal ook Afrikaans is.

Boezak voel baie sterk oor die waarde van Afrikaans as onderrigtaal tot op tersiêre vlak. Hy sê kennis is die beste wapen teen armoede en kennis kan die beste opgedoen word deur middel van moedertaalonderrig.

“Terwyl Afrikaans op talle terreine van die samelewing, soos in die musiekbedryf en by kunstefeeste besig is om te blom, is dit hartseer om die sien hoe Afrikaans as akademiese taal op Stellenbosch agteruitboer as gevolg van die klompie daar wat so gekant is teen Afrikaans as akademiese taal.”

Boezak sê dit maak geen sin om Afrikaans as akademiese taal af te skaal nie omdat die armstes uit veral die bruin gemeenskap wat in Afrikaans wil studeer die meeste daaronder ly.

“Watter sin maak dit vir ouers om hulle kinders na ’n Afrikaanse skool te stuur as hulle weet hulle kinders kan nie verder in Afrikaans studeer wanneer hulle die skool verlaat nie?”

Boezak sê die gevolg is dat baie kinders wat nie Engels magtig is nie gedwing word om in ’n taal te studeer wat nie hulle eerste taal of moedertaal is nie. Hy sê hy vind dit vreemd dat daar mense is wat alles wat koloniaal is wil afskaf in ’n koloniale taal, naamlik Engels.

Hy het sy praatjie gehou aan die hand van ’n gedig wat hy geskryf het oor Afrikaans se herkoms met dit titel “Ons Afrikaanse kind”:

hortent
sukkelend
is sy gebore
tussendeur gebare
met vreemde kaaseters
wyndrinkers en speserysoekers
al by ons kuste langs.

’n basterkind wat net geweet het van kierie
eina! en koekemakranka
en skielik kry sy ’n hupstoot
van vreemdes in kettings
en van nóg wittes
wat eers lekker-bekkig plat praat
maar later al hoër en verder
wégtrek met daai basterkind ...

kyk
daar dans vandag
’n mooi vrou in pastel
én grondkleure
omhul in skerp én sagte geure
en sy ghoema die riel in sokkies
ja, sy ghoema die riel in sokkies.
onse reënboogkind.

(uit Só glo ons: die Khoisan van Suid-Afrika deur Willa Boezak)

Amanda de Stadler, Vriende van Afrikaans
Foto: Izak de Vries

William Sezoe pleit vir 'n Afrikaanse klub by die skool
Foto: Izak de Vries

William Matthys vra veeltaligheid
Foto: Izak de Vries

New Orleans Sekondêre Skool
Foto: Izak de Vries

Almero Oosthuizen
Foto: Izak de Vries

The post Afrikaans is ’n reënboogtaal appeared first on LitNet.


kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

$
0
0

Wat hier volg, is kort notas oor die meeste van die kortfilms by hierdie jaar se kykNET Silwerskermfees, asook ’n puntetelling uit tien (by die meeste van die films). Vir diegene wat die fees bywoon: berei julle voor vir besonderse films wat omtrent elke genre dek.

Haatklop 4/10

Mariette skrik wakker en peul uit die plastieksak waarin sy bebloed toegedraai was. Sy is duidelik onseker oor wat gebeur het en begin haar pad huis toe struikel. Stadig maar seker kom haar geheue terug en gaan soek sy vergifnis, maar betrap Karel met ’n ander vrou. Is Mariette in staat om te vergewe en aan te beweeg?

Die spannende musiek tref ’n mens eerste. Jy sit dadelik op die rand van jou stoel, maar dan raak dit egter steurend halfpad deur. Dit is baie mooi verfilm en laat werklik jou vel kruip sonder dat jy weet waarom. Die toneelspel is egter te dramaties. Die maskara wat smeer en Mariette wat die kurk met haar tande uittrek is stereotipies. Ek het nie ’n idee wat die einde beteken nie. Ek weet nie waarom Mariette in die eerste plek in ’n plastiese sak amper begrawe is nie. Ek gee ook nie om nie.

Uitstappie 9/10

Daar is niks soos vars lug om die kop ’n bietjie skoon te kry nie. Maar Magda is moeilik wanneer dit by uitstappies kom. Sy dink nie veel van die gesprekke wat ’n mens langs die pad moet aanknoop nie en vertrou haarself ook nie noodwendig om die pad terug te vind nie. Dit is ’n stryd om haar gereed te kry, maar sy het nie gereken op M nie – ’n jong, doelgerigte vrou wat haar nie gaan laat ore aansit nie. Die plan vir vandag se uitstappie bly dus staan.

’n Ongelooflike film, en ongelooflike natuurlike vertolkings deur Annelisa Weiland en Greta Pietersen. Al verwag jy hulle gewone hoë standaard van toneelspel, word jy steeds oorrompel. Die gebruik van natuurlike lig, die stilering van die woonkamer, perfekte musiek en die kraakvars dialoog dra als by tot ’n vreeslik-ontroerende film. Ek het nie die einde sien kom nie.

Kombi, kameelperd en camcorder 8/10

Wanneer vier vriende vir ouma Dorothy optel vir haar kleindogter Celia se troue, kom die wiele af tussen Happy Endings Ouetehuis en die troue in Potchefstroom. Toe Celia op haar jarelange studentevriend, Armand, se knoppie druk om haar ouma na haar troue toe te bring, kon sy haar nooit indink hoe hierdie road trip sou ontvou nie. Vasgevang op ’n ander vriend, Simon, se camcorder, kan die komiese avontuur meegemaak word op pad troue toe.

Hierdie kortfilm is werklik snaaks. Inderwaarheid voel ek dit moet in ’n vollengte film omskep word. Die skreeusnaakse dialoog vloei gemaklik, terwyl die menslikheid nie in die komedie verlore gaan nie, deels oor die gebalanseerde vertolkings wat nie oorboord gaan en karikature van die karakters maak nie.

Leeftyd van ’n orgidee 9/10

Ben is in rou gedompel nadat sy geliefde vrou, Emma, sterf. Emma se kweekhuis, gevul met ’n indrukwekkende orgideë-versameling, is al wat vir Ben troos verskaf. Hy probeer gevolglik obsessief die plante lewendig hou, maar hy is onkundig en onbeholpe en die orgideë sterf een vir een. Ben begin die dooie orgideë oral wegsteek; ’n geheime versameling van sy verlies. Ons volg vir Ben en sy hond deur die dae en maande wat verby flits. Ben noteer sorgvuldig elke dag wat hy alleen moet bestaan. Sy wêreld word al hoe kleiner, totdat hy een nag tydens ’n droom ’n gewaarwording beleef wat as sleutel dien tot sy uitkoms.

Omtrent elke skoot in hierdie poëtiese, dog eenvoudige film is ’n kunswerk. Die omdraai in die leë bed, twee koppies uithaal in plaas van een, Ben wat ruik aan Emma se klere, die klavier as bêreplek, die stof op die kap van die klavier, dit als dra by tot die poëtiese verlatenheid.

Wilson Dunster se vertolking is perfeksie, hy gee nie te veel van Ben weg nie, maar ook nie te min nie. Jana Cilliers bring altyd ’n elegansie na haar vertolkings. Die toneel tussen hulle twee met die lasagne in die middel, is ’n persent om stadig oop te maak.

Nag van die ondier 3/10

In ’n onheilspellende woud, vergader vriende om ’n kampvuur om stokbrood voor te berei, potjiekos te maak, pyp te stook en stories te vertel van ’n ondier wat winters gelede dié woud bewoon het. Wanneer die nag begin brul en die bome begin beef, besef die vriende dat die stories van die ondier dalk nie net stories was nie. ’n Onaardse spel ontvou in die woud as hulle besef dat sonder lig, die skadu jou nie kan vang nie.

Die beste deel van hierdie kortfilm is die klassieke monsterfilmplakkaat. Die film werk glad nie. Daar is ’n wending aan die einde wat veronderstel is om die oordramatiese toneelspel, die sagte fokus, die amateur-kamerawerk en die verspotte dialoog te verduidelik. Die klem lê op veronderstel. Die wending, alhoewel ek dit nie voorspel het nie, is nie goed uitgevoer nie. Ek het lankal nie meer belanggestel in die film nie.

Sterrejag

Daniel, ’n avontuurlustige seun, word daagliks betower deur ’n storie van ’n towenaar, ’n held en ’n draak op die maan. Dié storie speel af teen die muur van sy buurman, Jacob, se huis in die vorm van ’n skadupoppespel. Wanneer dinge op ’n dag skeef loop en dit lyk of sy skadu-avontuur bedreig word, moet Daniel al sy moed bymekaar skraap en alles in sy vermoë doen om sy storie te red.

Die klaviermusiek is steurend. Die skadupoppe is nie indrukwekkend genoeg nie. Die kamerawerk is gemiddeld. As jy die ou man se artritis hande wil gebruik as ’n fokuspunt, kan die akteur se hande nie normaal wees nie. Dan glo ek dit nie vir ’n minuut nie. Die jong Daniel is ook nie oortuigend nie.

Tuiskoms

Honger, koud en alleen in die strate is vir Eleah ’n daaglikse oorlewingstryd. Dit is hier waar sy ’n geheimsinnige vreemdeling ontmoet wat haar meedeel dat hy weet waar haar ma is. Hy belowe Eleah om haar na haar ma te neem, na ’n plek waar sy nie meer alleen en kwesbaar sal wees nie, ’n plek van warmte. Sy is desperaat om saam met die vreemdeling te gaan, maar hy het sy prys. En dis dalk meer as wat sy het om te gee. Sy sit alles op die spel om vir die vreemdeling te gee wat hy van haar eis.

Die stil, lang skote het nie bygedra tot die film nie. Die terugflitse se stadige aksie en sagte fokus het dit sentimenteel gemaak. Alhoewel Charis Williams uitblink, maak dit film as ’n geheel nie sin nie. Ja, dit is creepy (veral die man wat opstaan by die tafel in net sy onderbroek), en mens verstaan sy is in gevaar. Maar waarheen is sy op pad? Wie is die vreemdeling? Dalk is daar ’n dieper betekenis wat ek gemis het.

Grys

Ná die dood van sy ma leef tiener Xander en sy pa, Dirk, verby mekaar. Albei rou op hul eie manier. Xander probeer vasklou, Dirk probeer weggee. Tuis is Xander alleen en die stilte is oorweldigend. Daar is ’n klop aan die deur en sy vriend Phillip bied ’n skouer. Hy is op soek na wie Xander eens was. Op minder bekende plekke vind Xander ontvlugting in iets wat hul verhouding met mekaar vir altyd sal verander. ’n Intieme uitbeelding van ’n familie se unieke manier van kommunikeer.

Die kamerawerk is uitgeblaas en die (wond-)grimering belaglik. Die op en af loop in die gang is ietwat steurend. Ek is onduidelik oor die punt van die rok? Wat dit presies beteken. Die pa se hartseer is egter uiters tasbaar en die besonderse einde maak hierdie film die moeite werd.

Baai baai Joseph K 2/10

Josef K, ’n angstige man in sy vroeë dertigs, besluit om vroegoggend te gaan draf. Ná ’n toevallige ontmoeting met ’n mede-drawwer, kom hy af op ’n fiksheidshorlosie wat beheer word deur ’n bose digitale hasie, genaamd Bunny. Bunny neem sy foon oor en Josef sit die horlosie aan. Bunny forseer Josef om te hardloop deur hom fisiek te skok elke keer as hy weier. Verder het Bunny toegang tot Josef se sosiale media rekeninge, sy internetgebruik en kan hy hom selfs afpers. Dit ontaard in ’n vreemde resies tussen hom en die horlosie.

Als omtrent hierdie film is ongeloofwaardig. Josef gaan heel eerstens nie sommer iemand se fiksheidshorlosie aansit nie. So die film se fondasie stort dadelik ineen. Die "robot", Bunny, se stem is so irriterend jy wil die klank heeltyd afsit.

Kromkieriefontein 9/10

Op die dorpie Kromkieriefontein is alles krom. Niemand durf oor die rede praat nie en niemand mag die burgemeester, meneer Asvaal, se bevel in 1982 bespreek nie. Almal loop gehoorsaam en gedweë met hangskouers en ’n gefokusde blik op hul voete en die volgende tree. Almal behalwe Juffrou Kiertsregop, die flambojante graad 2-onderwyseres van Laerskool Kromkierie. Vier nuuskierige agtjariges – Dahlia, Bella en die tweeling Tienie en Tamara – pak ’n avontuur aan om uit te vind hoekom hulle juffrou so penorent loop. Die sleutel tot dié raaisel sal nie een van hulle onveranderd laat nie.

Wat ’n lieflike strokiesprent. Die animasie is vars, die dialoog toonomkrullekker. Die tema van dagdroom en eerder opkyk, word nie oordoen nie. Die kind as verteller werk baie goed en die musiek is gepas (alhoewel dit op tye die dialoog oordonder). Ek beveel dit sterk aan.

Benjamin 6/10

Chantelle September, ’n werknemer van Kinderwelsyn Suid-Afrika, word gestuur na die vervalle plattelandse dele van die Noord-Kaap, om sensuswerk te doen. Haar laaste opdrag is by ’n desperate plaasgemeenskap onder die leierskap van ’n charismatiese grondeienaar, Tobias du Toit. Haar ondersoek in die area laat haar met meer vrae as antwoorde, die belangrikste een seker: wie is Benjamin?

Benjamin is seker een van die visueel-sterkste kortfilms van die fees. Dit het ongelukkig min om die lyf.

Die klankontwerp is uitstekend. Ek hoor nou nog Chantellle se stewels op die grondpad, of die mense wat sing. Die film ontvou ook teen ’n gemaklike pas. Crystal Donna Roberts is uiters oortuigend. (Ek geniet haar vreeslik in Fynskrif.) Die einde is ’n lekker verrassing.

Die Afrikaans is egter bietjie formeel en die musiek soetsappig, veral tydens die terugflitse. Ek het die futuristiese telefoon/opnemer bietjie amateuragtig gevind. En hoekom word die woord "meerderes" oor en oor gebruik. Chantelle se agtergrondsverhaal dra ook nie by tot die film nie.

Axis Mundi 9/10

Paraplegiese TV-aanbieder Nora de Vos was eens die “Koningin van Televisie”. Maar met haar kykergetalle wat daal, wil die netwerk haar program kanselleer. Nora het egter ander planne. Sy nooi Johan Moolman, ’n bekende geneser, na ’n regstreekse uitsending van haar program: ’n man wat beweer hy kan haar weer laat loop. Dit beloof om die TV-gebeurtenis van ’n generasie te wees, een wat Nora se loopbaan sal red. Soos die kameras rol, is die vraag op almal se lippe: sal Johan Moolman vir Nora de Vos weer laat loop?

Jô, wat ’n besonderse film – van die retro credits/musiek/klere, tot die potplante op stel, die gebruik van verskillende kameras, die 1980s TV-program-gevoel en die gekleurde bottels in die badkamer. Natuurlik gom Deon Lotz en Antoinette Louw se verbysterende vertonings als saam. Hulle is magneties.

Ek het die wending aan die einde sien kom, maar was so beïndruk met die storie en die toneelspel dat ek nie omgegee het nie.

Nama swaan

Drie jaar na Willie se oupa in ’n mynramp dood is, het hulle ’n nuwe lewe in ’n plaasdorp naby Kaapstad begin, ver weg van die verlede. Nou in matriek, wil hy wiskunde studeer, maar sy ouma weier om sy beursaansoek te teken. Sy plan: bereken ’n som om die volstruis, wat sy ouma in ’n hok aanhou, te laat vlieg, vóór hy op die plaas as doodgewone arbeider opeindig. Soos hy worstel, besoek ’n magiese Nama-Oerstem hom en word dit die wind onder sy vlerke soos hy sy vryheid verken. Geïnspireer deur Tsjaikowski se “Swanemeer”, word Nama Swaan ’n simbool om nooit op te hou droom nie.

Ek moes die sinopsis lees om uit te werk waaroor die film gaan. Die kamerawerk was net ’n paar meter uit. Ek wou hardop sê: "Beweeg ’n meter regs", of "’n halwe meter ondertoe".

Die toneelspel is oordrewe en stokkerig. Wat het Willie op die papiere uitgewerk? Wat is die punt van die volstruis uitlaat? Die volstruis wat terugkom? Die sussie wat wakker word?

Non(kompos)mentis

Karla is ’n normale huisvrou, ’n liefdevolle ma en getroue eggenoot. Haar liefde vir tuinmaak hou haar compos mentis. Dit is waar sy, al is dit net vir ’n rukkie, kan ontsnap van realiteit. Haar goedhartigheid word bewys wanneer sy ’n werklose man met kos help, maar haar konserwatiewe man, Robert, is gekant daarteen – bedelaars is nie hulle verantwoordelikheid nie. Dan word Karla se hele optimistiese bestaan op een dag omvergegooi wanneer iets ondenkbaar met haar gebeur. En net haar speurder-tweelingbroer kan haar help. Non(Kompos)Mentis is ’n verhaal oor die onvoorspelbare wêreld waarin almal hulself bevind.

Die film is teleurstellend. Van twee van my gunsteling-akteurs het ek nie oordramatiese vertolkings verwag nie. Die storielyn is ook ongeloofwaardig. Het die ma nie gedink dit is vreemd dat haar dogter die huis binnestorm met ’n groot wond op haar voorkop nie? Die boemelaar wat bedel vir geld dra nuwe, skoon klere. Later het hy genoeg geld vir ’n ysterpot, olie en vetkoekbestanddele? Die spaargat in die tuin is ook te ooglopend, en die musiek wat verander van klassieke musiek, na ’n kasset wat trek, is oordadig. Ek het ook gevind die film preek te hard.

Die ongenooides

Die wêreld het verander, nie vir die beter nie. Bertha van Wyk lewe in isolasie en is verwyder van enige menslike kontak. Niks van dit was haar keuse nie, maar dis die situasie waarin sy nou moet oorleef. Op die herdenking van ’n tragiese herinnering, word Bertha se chaotiese lewe verder in verwoesting gegooi wanneer twee geheimsinnige vreemdelinge haar lewe betree.

Die ongenooides is ’n werklik spannende inskrywing. Die stilering is met groot sorg gedoen – die ou TV, die legkaart, die skaakstel van koeëldoppies en blikbekers. Nicola Hanekom se oortuigende vertolking laat jou amper, amper vergeet van die gate in die storie. Die gate dan. Geen huis wat op ’n kragopwekker hardloop, gaan daardie ou stoof gebruik om water te kook nie. Dit maak ook nie sin dat sy die pa en kind inlaat nie en die CGI "verskyning" aan die einde ruïneer die film. Die "aanvaller" moes in ons verbeeldings gelewe het.

Fluit fluit 6/10

Ons ontmoet ’n vrou van inbors en karakter wat ’n goeie lewe lei en ’n buitengewone aanvoeling vir fluit het. Fluit, soos in die volmaakte vorming van honderde melodieë en klanke van tuinvoëls en ander geluide met behulp van asemgebruik en die perfekte plasing van haar tong. Dis immers wat sy van vroegoggend tot laataand doen. Om hierdie wonder wyer as haar eie, bekende wêreld te laat strek, huur sy ’n jong kameraspan om haar te volg in die dae wat oploop tot ’n groot konsert. Sy is tog, soos sy self sê, Suid-Afrika se fluitfenomeen.

Candy Swanepoel lewer ’n verbysterende vertolking. Tien uit tien vir haar. Sy beweeg sonder moeite heen en weer tussen patos en humor. Dit is haar spel wat die wending geloofwaardig maak, wat jou maak omgee vir Ryna. Sy word ongelukkig in die steek gelaat deur tegniese tekortkominge. Alhoewel die stilering uiters goed is (Ryna se rokke is iets om oor huis toe te skryf), is die kamerawerk ondergemiddeld en die beligting uitgeblaas. Dit is ’n jammerte.

Buiteperd 2/10

Armand, ’n gebore verloorder wat by sy pa bly, het altyd gedroom om ’n akteur te word, maar soos alles in sy lewe het hy ook hier handdoek ingegooi. Deesdae sit hy en pa Theuns by die huis en dobbel geld uit op perdewedrenne. Theuns sterf skielik sonder ’n sent. Armand se selfvertroue is teen die grond en hy moet sonder geld ’n heldebegrafnis reël of tevrede wees met ’n staatsbegrafnis. Dit ontaard in ’n dobbelwedren teen tyd en Armand is die buiteperd.

Die film is uitgebaas, die spel dramaties, die kamerawerk swak en die klaviermusiek steurend. Die einde is uiters verwarrend. Watse skote is afgevuur? Wie is geskiet? 

Cowboy Dan

Kroeks steel ’n cowboy wat in ’n droomwêreld leef se beeste terwyl ’n beeldskone vrou sy aandag aflei. Maar die kroeks is kardiewe, die cowboy ’n karwag, die beeste karre en sy muse ’n kroegkelnerin. Die diefstal sit die stedelike cowboy op ’n tog om die kar terug te kry en reg en geregtigheid te laat geskied. Hierie tog lei vir Cowboy Dan deur die kriminele onderwêreld van Kaapstad, met Zancas – ’n bang boemelaar – as sy hulp.

Wat ’n briljante film in die geheel. Die kamerawerk is ’n plesier, want als is perfek geraam en die kleure pop uit. (Die ekstra element van gekrapte film is lekker.) Die dialoog vloei en skel en sleep vlerk. Die klankbaan staan uit wanneer dit moet, en val weg wanneer dit moet. Dit is vrek snaaks, oor die algemeen maar ook in die fynere details. (Die tolbos wat waai.) Die verbeeldingsreise is fenomenaal. (Kyk uit vir die toneel op die motorfiets.) Brendan Daniels skop gat in hierdie film. Trix Vivier is kort op sy hakke.

Die invloed

Hilda Sewes se man word deur die see geneem. Sy sweer dat Milla, haar dogter, die see nooit sal ken nie. Klein Kalbas, Milla se beste maat dra gereeld vis aan. Hilda se vermanings val vir jare op dooie ore –tot Milla se oë die ware rede vir sy daaglikse besoeke verklap. Hilda is vasberade om haar dogter so ver weg te neem as wat nodig is om hierdie liefde tot ’n einde te bring, maar Kalbas beloof dat hy hulle sal volg tot aan die uithoeke van die aarde. Niks sal hom keer nie. Wat hierna gebeur, bewys: liefde ken geen perke nie.

Die twee aktrises probeer hul bes, maar die ander onderdele van die film is gemiddeld. Die karakters is dun geskryf. Hoekom tree haar ma so op? Die stilering laat veel te wense en ’n sigbare mikrofoon op een aktrise se rug is ’n probleem. Die film wil bewys dat liefde geen perke ken nie? Wie se liefde? ’n Ma s’n? Twee verliefde tieners s’n? Ek weet nou nog nie.

Kloof 9/10

Dit is ontgroeningsweek op kampus en Dawid, saam met sy mede-koshuisseniors, gee vir Siyanda en die ander eerstejaars hel. Die doop raak al meer intens en bou op tot een laaste uitdaging: om as broers ingesweer te word moet hulle by ’n kloof op stap en vanaf ’n hoë krans in ’n rotspoel spring. Maar Siyanda is te bang en dit is Dawid se verantwoordelikheid om hom te oortuig. Weke later, wanneer Dawid en Siyanda saam na hul tuisdorp terugkeer, word dit duidelik dat die twee ou vriende se verhouding na die gebeure van die ontgroening nooit weer dieselfde sal wees nie.

Kloof is ontroerend. Al die onderdele werk perfek saam om jou eers benoud te maak (die hartklop), maar tog gerus te stel (die terugflitse), en dan jou hart te breek. Ek beveel dit sterk aan.

Vir ontbyt 7/10

Wat my dadelik opgeval het, is die lekker gebruik van dromme. Dan die gebruik van die bestaande omgewing as milieu – die graffiti op die mure, die winkeltekens, plakkate en afgesaagde boomstomp.

Die kamerawerk is goed. Die karakters word van agter en voor geskiet. Vir my het dit bygedra tot die twee kante van ’n persoon, ’n lewe. Dalk was dit toevallig.

Daar is ’n lekker krapperige energie tussen die twee akteurs, Beer Adriaanse en Dirk Vermeulen. Beer is enigmaties as die hardegat boemelaar en ? versinnebeeld ’n tweedehandse motorverkoopsman.

Skrywers Anoniem 7.5/10

’n Vars en vreksnaakse kyk na die lewe van ’n skrywer. Die dialoog vloei vinnig en maklik. Al die akteurs beïndruk, maar Sandra Vaughn staan uit. Daar is aandag gegee aan lekker details – elkeen se naamplakker wat sy probleem verteenwoordig, die stowwerige kerksaal, die kerkklok wat op die perfekte tyd afgaan. Die moeite werd.

The post kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms appeared first on LitNet.

The Enumerations by Máire Fisher: excerpt

$
0
0

The Enumerations
Máire Fisher
Publisher: Umuzi
ISBN: 9781415209646

Meet Noah, who
• can’t open a door unless he pushes on the handle 5 times,
• must count to 5 under his breath, and sometimes louder than that, and
• keeps 5 pebbles in his pocket to run through his fingers.

And that’s just the start of the 5s.

Not to mention the ever-encroaching Dark that allows him no rest. A violent incident at 17-year-old Noah Groome’s school sets into motion a chain of events that will test him and his family deeply.

There’s Kate, Noah’s mother, who has been bearing the brunt of his condition; Dominic, Noah’s successful father, who is withdrawing more and more each day; and Noah’s sister Maddie, his ally and protector, deeply affected by her brother’s struggles with Obsessive Compulsive Disorder.

When Noah is sent to a treatment centre, he is not the only one challenged to face his anxieties: his family must also confront the secrets lurking beneath their seemingly perfect veneer.

But redemption lies in surprising places, as Noah’s unlikely friendship with ‘Notorious Juliet Ryan’, a fellow resident whose behaviour precedes her, will attest.

In The Enumerations, Máire Fisher scrupulously explores the effects of mental conditions on the family. She shows the great power of those who hold us as we learn to harness the strength within us.

The author

Máire Fisher, author of the novel Birdseye, works as a writing mentor and runs writing workshops. She has been published online and in several anthologies. She lives in Fish Hoek with her husband and their two rescue dogs.
www.mairefisher.com

Excerpt

Noah Groome is strung out. He can’t concentrate, can’t think straight. He’s overslept this morning, for the 13th time in a row, and now he’s running late. 13 times his alarm has failed to wake him, 13 times he has had to leave his room without checking that all is where it should be, as it should be. 13 dog-nights, yipped into shreds.

Everything is off-kilter, out of balance; the scales are tipping, and Noah doesn’t have time, can’t find time, to set it all to rights.

He’s hurrying now, head bent, to get to class.

Move it.

A hissing from the Dark. A blur of shadow gathers as Noah tries to get things right.

He stops. Takes a minute he can’t afford to breathe in … 2 3 4 5 and out … 2 3 4 5.

He needs more time, to call on the 5s to restore order, but there’s none to spare. He’s so late, but he’ll slip into the back row as quietly as he can. That’s what he always does, that’s where he always sits.

Noah is tall. Taller than most of the boys in his class, but he does his best to be unseen. It doesn’t work, though. He’s the one who:

  1. cannot open a door unless he pushes on the handle 5 times (down-up-down-up-down).
  2. taps his fingers (1 2 3 4 5) and beats out 5 with his feet.
  3. counts under his breath, and sometimes louder than that.
  4. takes his pen out of his pocket and puts it back in (and out-in-out) before he can start writing.
  5. keeps 5 pebbles in his pocket to run through his fingers like worry beads.

And that’s just the start of the 5s.

It’s hard for them not to notice him. He can’t move without counting under his breath, can’t pass a corner without tapping it quickly 5 times.

He’s that boy who slips along corridors, a lanky shadow, head down, counting the steps between classrooms. He tries to stay below the radar. He offends no one, but he can’t make himself invisible.

Today, Kyle Blake is also late, as are three of his friends, but not because they’ve been counting the tiles in the boys’ washroom, not because they can only step carefully in sets of 5. The smell of nicotine is strong on them and Noah’s nostrils flare; his lip pulls back.

‘Hey, what’s with you, Nuh-nuh-nuh-nuh-Noah?’ Kyle is almost as tall as Noah, with the pale, etiolated look of a weed that has shot up in the dark. His chin and cheeks are dotted with acne and his blond hair flops over his forehead and falls into his eyes. He jabs Noah in the chest.

All Noah wants is to get to class and not be too late for English, not hear Mrs Simpson ask, Late again, Noah?, but Kyle has chosen this moment to have some fun with him. He steps away, but Kyle is in his path, weaving from side to side as Noah tries to get past him.

‘What’s the problem, Nuh-nuh-nuh-Noah?’ Kyle’s friends laugh as he taps Noah on his left arm and then on his right. Noah feels the Dark stir.

You don’t have time for this.

‘Hey, Nuh-Noah?’ Kyle’s hand moves up to Noah’s face, taps him on the cheek—

Noah wants to get away, that’s all he wants, that’s what he tells Dr Lovelock, six afternoons later: I wanted to get to class, that’s why I pushed him.

It’s not much of a shove, but Noah keeps his body fighting fit, exer­cising daily, morning and night (when nothing interrupts his routine, when he has time to make sure everything’s as it should be, before he opens the door – down-up-down-up-down – to face a new day).

Kyle goes sprawling and the three boys behind him snigger. Then Kyle is up and leaping onto Noah, grabbing at him, his breath hot and foul in Noah’s face.

There’s no time for this.

That’s when Noah twists Kyle’s arm up and back.

The sound is a dull pop in the quiet corridor. Kyle wavers, his arm at a weird angle. There’s a split second between that and his mouth opening with a howl.

Now look what you’ve done.

Noah steps back, feeling it again: Kyle’s arm in his hand, the way his elbow just gave, the sudden yell.

‘What’s all this racket?’

It’s Mr van Blerk, his classroom door open, looking at Kyle, taking in his oddly dangling arm. ‘My God, what’s happened?’

And then Kyle is jabbing the air with his good hand, pointing. ‘Groome,’ he pants. ‘That bastard’s broken my arm.’

Kate had to get out of the house, away from the phone that would ring and tell her what was going to happen next and when and where. They’ll be in touch, that’s what Mr Reynolds said when she was called in to the school to meet the accusing stares of Kyle’s parents, Leonie and Buddy Blake. ‘We’ll be in touch soon, Mrs Groome. The sooner we can get things sorted, the better for all concerned.’

The better for whom? Kate thought as she saw the smug satisfaction on Leonie’s face. The better for Leonie, for Buddy Blake, without a doubt. Buddy, one of those men whose nicknames follow them from school and into the golf club and the bar after work. Better for Kyle Blake. And, of course, the better for the school. God forbid that even a whiff of scandal taint those exclusive halls.

But what about the Groomes?

‘Perhaps you should keep Noah at home for a few days. Not a formal suspension, mind you. We wouldn’t want that on his record, would we?’

‘No, no, of course. Of course not,’ Kate said, picking up her bag, stumbling to the door. Avoiding Leonie’s stare. Not looking at Bud­dy’s face. Wishing Dominic had been able to leave work and come with her.

She’s sitting outside a café now, watching the gentle swell of the sea, the holiday makers dipping into the waves and out of the heat. She should move out of the scorching sun, but she can’t summon the energy. Her coffee has gone cold, her hands are bunched tight in her lap. Relax, she tells herself. Breathe. Think. Mr Reynolds has set the ball rolling and Kate doesn’t know how to stop it.

She and Dominic need to talk. ‘Let me get more details, Kate, find out what they plan to do next and then we’ll work things out.’ That’s what he promised her last night.

Kate wishes now that she’d been quicker. Sharper. Replies churning in her head, the put-downs you never think of until it’s too late. But what about your son, Leonie? Buddy? I hear Kyle and his friends tor­ment my son endlessly.

‘Not just Noah, Mom,’ Noah’s sister, Maddie said the night before, eyes blazing, her small frame bristling with frustration. ‘They pick on other kids too.’

So yes, ‘What about the bullies in your school, Mr Reynolds?’ That’s what she should have asked.

Too late now. The Blakes are out for blood. They’ve reported Noah to the police and are even threatening to press charges. Nothing Kate can say about how this is the first time Noah has been involved in an altercation like this is going to make any difference. She feels it in every worrying memory of Noah mumbling under his breath and tapping his fingers. There are the notes sent home from school – ‘Noah’s con­stant tardiness disrupts the class’; ‘Noah’s behaviour is a distraction’ – and all the visits they have already made, to the school counsellor, to one therapist after another, the meds they’ve prescribed, their inability to get to the root of Noah’s anxiety, his behaviour.

His medical records will probably be examined for proof of an ongoing ‘condition’. For proof of the fact that Noah has a ‘problem’.

Kate imagines Leonie Blake nodding sanctimoniously. What she wouldn’t give to have Leonie sitting opposite her right now. Or maybe not. One assault against the Blake family is enough.

‘Kate?’ The voice is familiar, friendly.

Kate looks up. It’s Monica Ryan, another wife, another school mother.

‘Are you okay?’

Kate wonders if she should ask the same. Monica’s hair is un­combed, her pink sweatshirt stained. But before she has time to notice anything further, Monica has sat down.

‘You don’t mind if I join you, do you?’

Kate can’t say no; that she’d rather be left alone, away from the silence of the house, away from the phone waiting to ring to deliver the next instalment of bad news.

Monica catches the waitress’s eye. ‘Another one for you, Kate?’

All Kate can do is nod, unknot her fingers and lay her hands on the table. Unlike Monica’s, they aren’t shaking. In fact, everything about Monica looks shaky, grey-skinned and tired. She leans closer and Kate catches a tell-tale whiff. She wonders how much Monica drank the night before, whether she started the day with vodka in her coffee. Or cane. Cane’s not supposed to leave a smell, and there isn’t one, just a slight sourness.

‘I’m so sorry, Kate,’ Monica’s saying now, and Kate looks up and meets her gaze.

‘You’re sorry?’

She knows what Monica’s talking about, what they’re all talking about.

‘Someone was saying the Blakes want to take it further.’

‘Further?’ Kate looks at her blankly.

‘Lily said they were talking about it yesterday. All the mothers in the—’

‘The car park?’ Kate’s voice is resigned.

‘Are you okay, Kate?’ Monica is concerned. ‘When Juliet had to go away, it was hard, especially for Lily. She worships her sister. And now it looks like she’s going back there. Back to Greenhills.’

Kate isn’t listening as Monica talks about Juliet and Lily. She’s latched onto two ominous words: Go away. Then she remembers that Monica’s daughter had been in some sort of clinic, and more than once.

She knows she should be asking about Juliet, but all she can manage is, ‘Go away?’

At the age of twenty-one, Kate found herself engaged to a man fifteen years her senior. His name was Dominic Groome and he was the most fascinating man she had ever met. Handsome – incredibly handsome, her friends said, clustering around her, exclaiming at the ring on her finger, a large solitaire diamond.

They made a striking couple. He was tall, green-eyed, dark-haired, she almost as tall with blonde hair and deep brown eyes. But it wasn’t his looks alone that had initially attracted Kate – had first made her want to cross the room and stand near him, get a better look.

What drew her to Dominic was the serious look on his face, as if he was standing alone in the room, that the dozen or so women who were all looking at him, gorging themselves on his beauty, didn’t exist, and neither did their husbands in their dark suits and quiet ties with their over-loud talk of mergers and markets.

When one of the women said something to him, he looked at her and smiled, a courteous smile that softened the sharp planes of his cheeks and lit up his green eyes. The woman said something else, touched his arm lightly, and Kate felt jealousy surge hot and strong.

‘Who are all these people?’ she asked her date, a young man whose hopes included impressing his bosses with his beautiful companion and then plying her with enough alcohol to get her into bed later that evening.

‘Let me introduce you,’ he said, and started her on a round of the room, taking her further and further away from the tall, quiet man. She met husbands and wives: Jeremy, Leonie, Bart, Isolde, Buddy, Delia, Monica. No names she wanted to remember, certainly no one she wanted to talk to. Kate remembers the women sizing her up and one man holding her fingers too long in a hot hand.

And then her date was propelling her towards the centre of the room. ‘This is one of the big guys,’ he whispered in her ear. ‘And the youngest partner in the company.’ He couldn’t have sounded more awe-struck if he’d tried.

‘Dominic Groome,’ her date said, ‘I’d like you to meet Kate Cilliers.’

Kate offered him her hand, hoping he’d hold on to it forever.

A brief smile was all she got, a light handshake and a polite greet­ing. Soon after that, the evening was over for Kate, and for her date too. He was drunk and angered by her insistence on calling a taxi. He was equally insistent that he was fine to drive; his place was just around the corner.

‘It’s only five minutes away.’ He grabbed her hand. ‘Come on, Kate. It’s really close.’

‘No.’ She turned away and came face to face with a man in a white shirt and navy tie.

Dominic’s voice was quiet as he removed the keys from her date’s hand. ‘I’ll ask security to park your car,’ he said. ‘You can collect your keys from them in the morning.’

The drunk young man, abashed now, mumbled a thank you and began to weave his way home.

‘I hope he’ll be all right,’ Kate said, although she really couldn’t care less.

‘He’ll be fine.’ Dominic said. ‘Now, my car’s right here. Can I give you a lift?’

This is the part of their story that Kate will always remember clearly.

‘Yes,’ she said. ‘Yes, please.’ Gone was the cautionary voice telling her she didn’t even know him, because she did, of course she did.

She’d known him all her life. All he’d needed was to appear, and there he was – her boyfriend to be, her fiancé, her husband and the father of her two children, Noah and Maddie. Her family.

The post <i>The Enumerations</i> by Máire Fisher: excerpt appeared first on LitNet.

LitNet: Jou feestelikheid

Lerina Erasmus: 1946–2018

$
0
0

Foto van Lerina Erasmus: Robert Hamblin

Lerina Erasmus is 20 Augustus 1946 in Namibië  gebore en sterf 20 Augustus 2018 in Johannesburg op die ouderdom van 72 jaar. Sy was bekend as aktrise en skrywer. Eers net as skrywer van radioverhale en boeke, maar toe sy die geleentheid kry om haar bekende radiodrama, Die Mannheimsage, in ’n televisiedraaiboek te verwerk, sien sy onmiddellik kans daarvoor. Hierdie sou een van die hoogtepunte van Afrikaanse drama in die tagtigs word. Dit was geskryf en vervaardig as deel van die viering van die eeufeesjaar van Johannesburg (1986).

Lerina het as enigste kind baie aandag van haar ouers gekry en veral haar ma het stories uitgedink om haar verbeelding te prikkel. By gebrek aan ’n boetie of sussie maak sy van kleins af ’n fantasiewêreld op en vermaak haarself met "dramas" wat sy uitdink.

Sy woon verskeie skole in Suid-Afrika by, maar keer terug na Namibië om haar hoërskoolloopbaan in Windhoek te voltooi.

Na matriek studeer sy Drama aan die Universiteit van Pretoria. Haar tydgenote was onder andere Katinka Heyns, Sandra Prinsloo, Neels Coetzee en George Ballot. Sy verower die Ludwig Binge-toekenning. Sy raak as aktrise bekend by die streekskrade waar sy onder andere in Elektra en Medea speel.

Met die koms van televisie speel sy in die komediereekse Dokter-Dokter en Drama-Drama. Sy speel ook in flieks soos Dit was aand en dit was môre van Franz Marx. Met haar wulpse lyfie, rooi hare en groot blou oë laat sy die kykers in Orkney snork nie as Rusty lê van die lag.

Na die geboorte van haar seun, Stefan, begin sy radiodramas skryf wat baie gewild by die publiek raak. Sy skryf ’n lang reeks radioverhale, Die Mannheimsage. Hierdie word haar eerste televisiereeks. Die Mannheimsage het baie kleurvolle karakters gehad en die navorsing was tot in die fynste detail gedoen. Net iemand soos Lerina kon sulke flambojante karakters skep soos Kit Molloy, Deborah von Albein en Ma Fytjie. Haar karakters was soos sy: intens en vrolik en vurig en lewensgetrou.

Lerina se afsterwe laat ’n groot leemte wat nie maklik gevul sal kan word nie.

The post Lerina Erasmus: 1946–2018 appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Gatskop-temalied vir Annie Klopper se debuutroman

$
0
0

Hoe dikwels het ’n roman sy eie temalied, en word ’n karakter uit ’n boek in die lewe geroep deur sy eie liedjie vry te stel?

Te danke aan Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties), Frederick den Hartog (Die Heuwels Fantasties) en Laudo Liebenberg (aKING), is dit moontlik gemaak deur die opname van “Tyd om eerlik te wees” namens die (fiktiewe) kunstenaar Wolf de Jager.

Wolf de Jager is die breinkind van skrywer Annie Klopper, wie se roman Die tragiese saak van Pamina Vermaak (Kwela Boeke, 2018) nou landswyd beskikbaar is. Wolf is die manlike hoofkarakter in hierdie romantiese komedie. Nadat steelfoto’s op sosiale media uitlek waar sy verloofde, ’n aktrise, hom met ’n Hollywood-ster verkul, tuimel Wolf se wêreld – en suksesvolle loopbaan – al hoe verder ineen. Hy gaan kruip weg vir die paparazzi op ’n klein Weskusdorpie waar hy sukkel om nuwe liedjies te skryf. Hier kruis sy paaie met Pamina Vermaak, ’n sonderlinge meisie wat haar eie deuntjie volg.

Klopper is ’n oudmusiekjoernalis en die outeur van Fokofpolisiekar se amptelike biografie, Biografie van ’n bende: Die storie van Fokofpolisiekar (2011). Sy het kragte met haar vriende uit die musiekbedryf saamgespan om hierdie grensverskuiwende projek die lig te laat sien:

“Ek wou graag aan lesers die geleentheid gee om die karakters buite die beperking van slegs woorde op papier te ervaar. Jy kan die song luister terwyl jy lees, en só kry die verhaal ’n nuwe dimensie.” – Annie Klopper

Slegs twee dae nadat “Tyd om eerlik te wees” op alle digitale musiekplatforms vrygestel is, het Apple Music dit gelys onder die gesogte “Best of the week”-speellys langs name soos Ariana Grande en The Kooks.

Die snit is in samewerking met die outeur geskryf en opgeneem deur Kennedy, Den Hartog en Liebenberg by The nothing club in Kaapstad. Liebenberg, wat buiten sanger ook ’n akteur is, het gesorg dat die fiktiewe karakter ’n stem kry: “Dit was lekker om volgens ’n ‘brief’ te werk – die gevoel van die storie te vertolk in die lied. Ek geniet dit altyd om saam met Fred en Hunter te werk aangesien ons mekaar goed verstaan. Ons het die vryheid gehad om te kan speel met die produksie van die liedjie en kon dit deur ’n klomp fases neem om by die eindproduk uit te kom.” – Laudo Liebenberg

Oor Liebenberg se “rol” as Wolf, het Kennedy die volgende te sê: “Dit klink asof Laudo al klaar die hoofrol [in ’n film] vertolk.” – Hunter Kennedy

“Tyd om eerlik te wees” – Wolf de Jager (enkelsnit)
Temalied van Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Geskryf en opgeneem deur Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties), Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties) en Laudo Liebenberg (aKING)

Stroom of kry “Tyd om eerlik te wees” hier: https://song.link/i/1428709604

Lirieke – “Tyd om eerlik te wees”

tyd om eerlik te wees
altyd ’n lafaard gewees
nog altyd als wat ek gekry het gebreek
langs die pad vergeet
jy was die ink in my lyf
uitgekrap en toe verdwyn
jou weer gevind in die refrein
dis iets soos:
bye-bye, baby, bye-bye, baby bye-bye

tyd om eerlik te wees
glas half leeg, half gebreek
wou net in die skadu’s bly
blind in die sonskyn
tussen fokol en niks
uitgekrap en toe verdwyn
jou weer gevind in die refrein

as ek sê:
bye-bye, baby, bye

ek het nog altyd geweet
ek het nog altyd geweet
nog altyd gesoek
was net bang ek kry seer

The post Persvrystelling: Gatskop-temalied vir Annie Klopper se debuutroman appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>