Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21568 articles
Browse latest View live

’n Fliekpleb se eendagervaring by die 2018 kykNET Silwerskermfees

$
0
0

Die Cannes van die Afrikaanse filmbedryf. En net so moeilik soos wat dit is om toegang tot Cannes of die jaarlikse Wagnerfees in Bayreuth te kry, moet jy jou storie ken om betyds ’n Silwerskermfeeskaartjie te koop. Slegs ’n beperkte aantal kaartjies word jaarliks vir die publiek (lees *diegene buite die Suid-Afrikaanse film- en vermaaklikheidsbedryf*) beskikbaar gestel. Daarom moet jy ratse vingers op die slimfoon of skootrekenaar se sleutelbord hê en die sosiale media met arendsoë dophou vir enige aankondiging of suggestie van wanneer kaartjies vir die jaarlikse Silwerskermfees beskikbaar gestel gaan word.

My ervaring is dat daar nie op vrae in die sosiale media oor die waar en hoe van Silwerskermfeeskaartjieverkope gereageer nie. So as jy ’n hoopvolle Bravo-kyker en ’n potensiële Silwerskermfeeskaartjiewenner is, is dit nie genoeg nie. Jy moet dalk maar eerder iemand diep genoeg in die bedryf leer ken om vir jou ’n wenk te gee van wanneer die kaartjies moontlik te koop sal wees. Nog ’n wenk is om jou Facebookinstellings so te stel dat jy ’n kennisgewing kry elke keer wanneer daar ’n plasing op die Silwerskermfees se amptelike blad verskyn. Nee, dit is nie ’n bietjie oordrewe nie, dit is hoe moeilik dit is om Silwerskermfeeskaartjies in die hande te kry as jy ’n pleb is.

In die konteks van die Silwerskermfees bywoon as ’n pleb is die aanhaling in die aanlyn weergawe van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal by die definisie van “pleb” heel gepas en vertroostend: “’Ek is 'n pleb wat rolprente betref,’ sê Danie. ‘Ek kyk daarna om dit te geniet, soos die gewoonste mens wat na my werk kyk.’” Dié aanhaling kom uit die De Kat se Novemberuitgawe van 1995. Die “Danie” waarna daar hier verwys word, is heel waarskynlik die akteur en regisseur Danie Joubert wat in 1995 ’n Artestoekenning vir beste regisseur by TV1 ontvang het. As ’n gesoute regisseur en akteur soos Danie Joubert kon sê dat hy ook rolprente net vir die “jouissance” daarvan kan kyk, is dit ’n teken dat ’n ingeligte feestannie en ’n fliekpleb ewe veel plesier by die Silwerskermfees sal hê.

’n Mens is daarom nie min opgewonde as jy daarin kon slaag om in die agste bestaansjaar van die Silwerskermfees ’n feeskaartjie wettig te kon bekom nie. Dit ten spyte van jou film- en vermaaklikheidsbedryfplebskap. Al is die kaartjie wat jy kon bekom nou ook net ’n dagkaartjie vir die eerste dag van die fees sal dit sowaar ’n dag wees wat daar voluit gefees sal word.

Op hierdie punt moet ’n mens ’n pluimpie gee vir die Silwerskermfees se organisasie en kaartjieverkope. Binne die eerste ag minute wat die kaartjies op kykNET se webblad beskikbaar gestel is, was daar omtrent nog net twee volle feespakette oor en enkele dagkaartjies waarvan die dagkaartjies vir die laaste dag van die fees reeds uitverkoop was. Die volledige feespakket behels die bywoning van die fees oor die hele vier dae van die fees en kos R600. Dagkaartjies kos R150 per dag. Die kaartjieverkope vir die Silwerskermfees is geskoei op die beginsel van Webtickets. Ene Sherzahn Booley is ook deurentyd baie behulpsaam met e-posnavrae oor parkering en die beantwoording van ander feesverwante vrae wat ’n fliekpleb dalk sou hê.

Op die Silwerskermfees se Facebookblad lyk dit of 'n paar aktiewe kykNET-kykers en Feestannies effe ongelukkig is oor hul onvermoë om kaartjies vir die fees te kon opraap. Na wat beweer word, is blykbaar net 35 kaartjies aan die publiek (die fliekplebs) beskikbaar gestel. Die verkryging van ’n Silwerskermfeeskaartjie werk nou helaas nie soos die koop van sêrkaartjies vir ’n sêrfinaal wanneer al wat belangstellende student is die aand voor die kaartjieverkope voor die kaartjiekantoor se deur nesmaak nie. Paraatheid en waaksaamheid bring ’n mens ver in die lewe. So geen kommer nie. Die Silwerskermfees sal volgende jaar weer daar wees. Al die Silwerskermfeesrolprente gaan in elk geval óf in die gewone fliekteaters draai (die vollengte films) óf op kykNET uitgesaai word (die kort kortfilms en die langer kortfilms).

Miskien moet die van ons wat maar plebs is as dit by rolprente kom ook besef dat die Silwerskermfees nie daar vir die publiek is nie. Dit is ’n geleentheid waar al die rolspelers van die film- en vermaaklikheidsbedryf bymekaarkom om idees uit te ruil, te netwerk en net gesellig kreatief saam te verkeer. Dit is nie anders as ander bedrywe of industrieë waar kenners op ’n bepaalde gebied by ’n kongres, simposium, kollokwium of jaarvergadering bymekaarkom om nuwe idees en navorsingsmoontlikhede te bespreek en te evalueer nie.

Die bymekaarkomplek vir die Silwerskermfees is die swierige The Bay Hotel in Kampsbaai. Die registrasieproses en die verkryging van jou toegangskaartjie verloop seepglad en die assisstente is baie vriendelik. Diep binne-in jou knaag dit dat jou Silwerskermfeeservaring dalk gaan wees soos wanneer jy na ’n troue genooi is, maar nie na die onthaal nie. ’n Fliekpleb is immers ’n buitestander by die Silwerskermfees. Gelukkig is daar oral duidelike aanwysings van waar in The Bay Hotel jy op watter tyd moet wees sodat jy nie verward raak as jy nog nooit daar was nie. Daar is ook oral vriendelike gesigte wat gereed staan om enige van jou vrae te beantwoord. ’n Klein skokkie is dalk van die badkamers wat uniseks is, maar wat ’n beter plek om skouers te skuur met van Suid-Afrika se grootste name in die vermaaklikheidsbedryf.

Die Silwerskermfees bestaan uit drie kategorieë van films is wat teen mekaar meeding vir Silwerskermfeespryse, naamlik kort kortfilms van 11 minute lank, langer kortfilms van 22 minute elk en vollengte films. Daar is dan ook vollengte films wat vertoon word, maar wat nie ingeskryf is vir Silwerskermfeespryse nie. Wat die vertonings betref word die films soos volg vertoon: ’n Rondte kort kortfilms word eers vertoon. Na elke film word daar hande geklap as ’n blyk van waardering en erkenning vir die produk wat geskep is. Dit is ’n baie mooi gebaar en as ’n fliekpleb besef mens dan iets van die ondersteuning wat die onderskeie rolspelers in dié bedryf aan mekaar bied. Na die rondte van kort kortfilms word lede van die films se produksiespan deel van ’n paneelbespreking oor die films. Die besprekingsleier is Kabous Meiring en die paneelbespreking help nogal om al die los drade oor die kortfilms bymekaar te bring. Na die paneelbespreking is daar ’n kort breuk voordat die volgende rondte van langer kortfilms van 22 minute elk aanbreek. Hierna volg daar weer ’n paneelbespreking van die kortfilms.

Wat veral tydens die vertoning van die langer kortfilms opgeval het, is dat die akteurs van die kortfilms wat in die gehoor was tydens die vertoning mekaar soms in die ribbes gepomp het of mekaar ’n klop op die skouer gegee het. Vir ’n fliekpleb om te sien dat mense in dieselfde bedryf vir mekaar erkenning gee was nie juis ’n alledaagse verskynsel nie. Dit sê iets van die atmosfeer en sfeer wat die Silwerskermfees skep.

Na die kortfilms word die vollengte films vertoon. Hierdie fliekpleb het die vollengte film wat wel in die Silwerskermfees se kompetisie was, bygewoon. Dit was Die Storie van Ellen Pakkies wat heelwat van die gehoorlede diep geraak het te oordeel aan die talle neuse wat gesnuit is en snikgeluide wat gehoor is. Daar was twee vertonings van Die Storie van Ellen Pakkies: Een vir die rolprentelite as deel van die openingseremonie van die fees en een vir die plebs. Die vertoning vir die plebs het later begin en is in ’n intiemer en kleiner lokaal, die Silwerskermkamer, vertoon. Dit het egter nie die verhaal van Ellen Pakkies se trefkrag verminder of afbreek gedoen aan die Silwerskermfeeservaring nie.

Na afloop van die dag kom al die feesgangers in die netwerktent bymekaar om oor ’n glas Hermanuspietersfontein Swartskaap die dag af te sluit. En dit beteken dat die elite en die plebs gesellig skouer aan skouer saam kuier!

Die Silwerskermfees se hoogtepunt is natuurlik om die skeppende werk van die rolspelers in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf eerstehands in hulle teenwoordigheid te beleef. Kampsbaai en The Bay Hotel is die ideale ligging om by te dra tot die gevoel dat jy jou in ’n ander wêreld bevind. Al die kreatiewe energie waarmee jy omring word, dra ook by tot ’n byna magiese droomwêreldgevoel. Hollywoord staan nie verniet as La La Land bekend nie. Nog hoogtepunte sluit die onbeperkte gratis springmielies en sakkies outydse flieklekkers in. ’n Wenk vir studente sonder sente is miskien om nie by The Bay Hotel self te eet en te drink voor 18:00 nie tensy jy dit kan bekostig om R180 vir twee glase rooiwyn te betaal!

Diegene wat sê dat die Suid-Afrikaanse en veral die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf net ’n druppel in die emmer van die wêreldwye vermaakliksheidbedryf is, is net suur. Die ywer, liefde, sorg, deursettingsvermoë, waagmoed en skeppendheid waarmee gehalteprodukte met ’n klein begroting gemaak word, is nie iets wat as niks afgemaak kan word nie.

Hierdie eendagsvlieg is beslis volgende jaar terug by die Silwerskermfees. Hopelik word daar dan daarin geslaag om meer as net ’n dagkaartjie vir die eerste dag van die fees te bekom - al is een dag se feesbywoning heeltemal voldoende om deel van die coolste kinders in die rolprentspeelpark te voel.

 

Hier is ’n paar foto-oomblikke van ’n ’n fliekpleb se eendagervaring by die 2018 Silwerskermfees:

Die registrasiestalletjie en die ingang na The Bay Hotel

Die oomblik van waarheid: Ané van den Berg van die Drostdyteater op Stellenbosch en Giselle Botha het hulle toegangskaartjies vir die Silwerskermfees! 

Die paneelbespreking na die eerste ronde kortfilms

’n Roomysblaaskans op Kampsbaai se strand

’n Regte La La Land-ligging

’n Selfie-poging saam met die akteurs van Nama Swaan

’n Bloutapyt-oomblik met die kortfilms wat op die eerste dag van die Silwerskermfees vertoon is op die agtergrond

Regte (gratis) outydse flieklekkers

’n Selfie saam met Hendrik Nieuwoudt en Andahr Cotton. Hendrik is saam met Kristin Pienaar en Reuben Murphy genomineer vir die beste draaiboek vir die 11 minuut kortfilm Grys.

’n Paar van die groot name in die Suid-Afrikaanse film- en vermaaklikheidsbedryf besig om te netwerk

’n Aandtoneel van The Bay Hotel

Die elite en die plebs verkeer gesellig saam

  • Lees ook:

kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig

The post ’n Fliekpleb se eendagervaring by die 2018 kykNET Silwerskermfees appeared first on LitNet.


kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig

$
0
0

Die wenners van die agste kykNET Silwerskermfees is tydens ’n toekenningsgeleentheid in Kampsbaai aangewys. Die fees poog om elke jaar gevestigde rolspelers en jong opkomende filmmakers byeen te bring en ’n geleentheid te skep waar kennis gedeel en nuwe geleenthede geskep kan word. Die afgelope fees het bestaan uit 54 films, oa dokumentêre, kortfilms van 12 en 24 minute, asook ’n verskeidenheid speelfilms.

Na afloop van die geleentheid het Karen Meiring M-Net Direkteur kykNET Kanale gesê: “Ek is dankbaar dat ek nie op die toekenningspaneel was nie, omdat die gehalte van die benoemde werke so goed was! ’n Nuwe standaard is gestel, en hiermee wil ons vir die filmmakers van volgende jaar sê: Kom daag ons uit! Baie geluk aan al die wenners.”

Kortfilms en kort-kortfilms

Beste kortfilm 11 min
Die leeftyd van ’n orgidee

Beste kortfilm 22 min 
Axis Mundi

Axis Mundi se medewerkers

Beste regisseur: kortfilm 11 min 
Marí Borstlap, Die leeftyd van ’n Orgidee

Marí Borstlap

Beste regisseur: kortfilm 22 min
Matthew Jankes & Sean Steinberg, Axis Mundi

Beste akteur: kortfilm
Brendon Daniels, Cowboy Dan

Brendon Daniels

Beste aktrise: kortfilm 
Cindy Swanepoel, Fluit Fluit

Cindy Swanepoel

Beste draaiboek: kortfilm 11 min
Milan Murray, Kromkieriefontein

Milan Murray

Beste draaiboek: kortfilm 22 min
Matthew Jankes & Sean Steinberg, Axis Mundi

Beste redigering: kortfilm 
Alexander la Cock, Cowboy Dan

Beste tegnies: kortfilm
Johannes Pieter Nel, Kinematografie, Benjamin

Vollengte films

Beste kinematograaf
Michal Englert, Die Stropers

Beste produksie-ontwerp
Rocco Pool, Kanarie

Rocco Pool

Beste klankontwerp en musiek
Evgueni & Sacha Galperine, Leandros Ntounis, Thomas Robert & Jean-Guy Veran, Die Stropers

Beste redigering
Eva du Preez, Kanarie

Eva du Preez

Beste draaiboek
Amy Jephta, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies

Amy Jephta

Beste vroulike byspeler
Cintaine Schutte, Die Seemeeu

Cintaine Schutte

Beste manlike byspeler
Germandt Geldenhuys, Kanarie

Germandt Geldenhuys

Beste aktrise
Jill Levenberg, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies

Jill Levenberg

Beste akteur
Jarrid Geduld, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies

Beste regisseur
Christiaan Olwagen, Kanarie

Beste speelfilm
Kanarie

Kanarie se medewerkers

Dan was daar tydens dié glansgeleentheid ook drie eretoekennings deur Jan du Plessis, direkteur van M-Net, en Karen Meiring, M-Net-direkteur van kykNET-kanale oorhandig. Hierdie toekennings is as volg:

Die Silwerskermlegende-toekenning
Katinka Heyns

Katinka Heyns

Silwerskermlens-toekenning (twee toekennings)
Nosipho Dumisa en Charl-Johan Lingenfelder

Nosipho Dumisa

Charl-Johan Lingenfelder

Die kortfilmprojek lewer elke jaar werk van opwindende nuwe stemme wat vreesloos met film-generes eksperimenteer. Die kortfilmprojek dien as ’n inspuiting vir die bedryf, en nuwe talent en filmmakers kry ’n geleentheid om onder die leiding van mentors hul films te ontwikkel. Die kortfilms gaan vanaf 1 November 2018 beskikbaar wees op die DStv-platform Showmax.

Die 2018 kykNET Silwerskermpaneel was:

Speelfilms: Diane de Beer, David Oosthuizen, Mandla Dube, Reney Warrington, Bongiwe Selane, Donnalee Roberts,  Quanita Adams, David Isaacs, Fezile Mpela, Nosipho Dumisa, Etienne Fourie 

Kortfilms: Beer Adriaanse, Bennie Fourie, Daryne Joshua, Diane de Beer, David Oosthuizen, Reney Warrington, Bongiwe Selane, Donnalee Roberts, Quanita Adams, David Isaacs en Fezile Mpela

Foto's: Retha Furgeson

Lees ook:

kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

kykNET Silwerskermfees: ’n onderhoud met Antoinette Louw oor An act of defiance

Kanarie maak Suid-Afrikaanse debuut by Silwerskermfees

The post kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig appeared first on LitNet.

Die ontdekking van Sanskrit

$
0
0

Bron: https://pixabay.com/en/hinduism-gods-god-goddesses-234299/

Grieks, Afrikaans en Russies (saam met baie ander Europese tale) was oorspronklik een en dieselfde taal. Met die ontdekking van Sanskrit aan die einde van die 18de eeu in Indië is ’n model in die Vergelykende Taalkunde geskep wat dít, en nog veel meer, onteenseglik bewys. Hierdie model word vandag ook gebruik om, mutatis mutandis, die linguistiese verband aan te wys tussen ons eie verskeidenheid van Bantoe-tale, asook by die Noord-Semitiese groep van Naby-Oosterse tale waartoe Hebreeus hoort.

Toe Alexander die Grote in die vierde eeu voor Christus op sy reuse veldtogte deurgedring het tot in Indië het hy gou besef dat die Indiese élite mense van groot erudisie was. Net soos die Egiptenare, wat hom ’n ere-Farao gemaak het, het die “Ariërs” van Noordelike Indië ook ’n oeroue geskiedenis van ontwikkeling agter hulle gehad. Die Egiptiese priesters het Solon, die ou Griekse staatsman en wyse, al indertyd daarop gewys dat die Griekse beskawing self maar van “onlangs” was. En hulle piramides, wat dit millennia voorafgaan, bevestig dit ook. In Noord-Wes Indië sou die voorvaders van die Hindoes met hul vier Vedas (godsdienstige geskrifte), in Sanskrit geformuleer, ook bewys dat hulle ’n oer-oue taalkundige konneksie met Grieks en Latyn gehad het.

Dit was die Britse Ryk wat Indië vir die Weste oopgemaak het en Sanskrit as taal daar ontdek het wat so bitter na-aan die Weste se eie Grieks en Latyn lê, asook na-aan daardie taal-dialekte in Europa wat plaaslik uit Latyn ontwikkel het, soos Italiaans, Spaans, Portugees en Frans. Dit was sir William Jones wat in 1786 in ’n toespraak voor die Royal Asiatic Society van Bengale in Kalkutta die eier die eerste gebreek het. Hy het Sanskrit met Grieks en Latyn vergelyk en gesê:  “(It demonstrates) a stronger affinity, both in the roots of the verbs, and in the forms of grammar, that couldn’t(?) possibly have been produced by accident; so strong, indeed, that no philologer could examine all three without believing them to have sprung from some common source, which, perhaps no longer exists”.  En verder:  “The Sanskrit language, whatever be its antiquity, is of wonderful structure; more perfect than the Greek, more copious than the Latin, and more exquisitely refined than either.” Dit was veel gesê, en het die Europese taalgeleerdes van ná die Renaissance vir een van hul allergrootste linguistiese verrassings gesorg.

Teoreties het William Jones ook verder gegaan en gesê dat Germaans en Kelties, hoewel dit in ’n ander idioom verloop het, dieselfde oorsprong as Sanskrit kan hê, en daarby ook oud-Persies (Irannees). Dit was profetiese woorde wat maar te waar geword het.

Die ontdekking van Sanskrit in die Ooste (Indië), na soveel eeue der eeue van afsondering van Europa, met die totale onbewustheid in die Weste van die bestaan daarvan, maar tog só verbonde aan oud-Grieks en Latyn – juis daardie twee tale wat vir die Europese Renaissance gesorg het – was epogmakend. Ewe skielik het Europa hom taalgewys self herontdek.

Engelse, en veral Duitse geleerdes het dringend en volhoudend gewerk om die nuwe blokraaisel te ontrafel. Aan Britse kant was daar William Jones, Charles Wilkens, HT Colebrooke en Horace Wilson en aan die Duitse kant was daar weer manne soos Johann von Herder, die Von Schlegels, Wilhelm von Humboldt en selfs die groot Goethe. Daar was fonoloë soos Jakob Grimm en Karl Adolf Verner wat die klankwette tussen Sanskrit en sy Europese familie vasgelê het, en vergelykende taalkundiges, vir sinsleer en woordeskat, soos Wackernagel, Thumb, Bloch en Brugmann. Dit was inderdaad ’n nuwe en wye-wye wêreld vol uitdagings vir taalvakmanne. Die Westerse taalnavorsing het nou ’n geheel nuwe era betree, naamlik dié van ’n histories-evolusionêre analise van taal. Voorheen was taal beskryf óf op ’n stagnerende wettiese wyse (alles te reguleer deur taalwette en taalreëls), óf op ’n bloot empiriese wyse (ook “eksterne” taalbeskrywing genoem), óf met ’n wysgerige taalbenadering waarin die psigiese rasionaal van die taal, as produk ágter die rede van die mens, gesoek word – soos by die klassikus Gottfried Hermann aan die begin van die 19de eeu. Nou egter, vir die heel eerste keer, kon vergelykende taalkunde op ’n gans breër vlak toegepas word.

Thomas Young was die eerste om die term “Indo-Europees” in 1813 te skep om Sanskrit met sy Europese moederland te verbind. Hierdie uiters veelsydige man, wat die Bybel reeds twee keer deurgelees het op die ouderdom van vier jaar, was eintlik ’n mediese dokter van beroep. Hy het veral in die optika belanggestel, die transmissie van lig deur golwing gedefinieer, die drie basiese kleure (blou, groen en rooi) vasgelê, die astigmatisme by die menslike oog ontdek, en die oppervlak-rekgrens van vloeistowwe bestudeer. Hy het ook vir Jean François Champollion die pad oopgemaak om die hiërogliewe van die Rosetta Steen te ontsyfer (wat in 1799 deur die Franse militêre offisier Boussard in die Nyldelta van Benede-Egipte ontdek is, opgestel in Egiptiese hiëroglifiese én demotiese skrif naas oud-Grieks).

Sanskrit (oorspronklik “samskrita”, met die betekenis van “volkome”, “volmaak”) was die antieke heilige taal wat die Hindoes van Noordwes-Indië in hul Vedas gebruik het. Eintlik is hierdie Vedas meer antiek as die Klassieke Sanskrit self. Die Sanskrit van die Vedas is te vergelyk met Homerus se Grieks wat  ook ’n pre-klassieke vorm gehad het teenoor die Grieks van die Goue (Klassieke) Era van Griekeland ten tyde van Perikles teen 500 vC. Daarna sou nog, uit Klassieke Sanskrit, die meer alledaagse Prakrit ontwikkel het (wat op sy beurt weer vergelyk met die Hellenistiese Grieks waarin die Nuwe Testament geskryf is).

Klassieke Sanskrit was in Noordwes-Indië gebruik vanaf 1 500 vC. Dit is op datum te vergelyk met die gebruik Lineêr-A en -B, die oudste Griekse sillabiese skrif (wat hul alfabetiese skrif voorafgegaan het) wat deur sir Arthur Evans op Kreta en elders op die Peloponnese opgediep is, en eers in 1952 deur John Chadwick en Michael Ventris ontsyfer is). En dit is gebruik tot ongeveer 200 vC. Op sigself moes dit egter reeds ’n lang voorgeskiedenis gehad het. Dit was teen die einde van die derde of begin van die tweede millennium voor Christus dat die Europese migrasie na die subkontinent van Indië, soos na die Griekse Balkan, reeds plaasgevind het. Die Sanskrit van die Vedas was ’n argaïese, kunsmatige taal wat, net soos Homerus se Grieks, nooit werklik ’n spreektaal was nie. Slegs die Hindoe-priesters en geleerdes het dit gebruik. Dit kan vergelyk word met die gebruik van Latyn in die Roomse Kerk (en Skool) van die Middeleeue, en steeds daarna. Tot aan die einde van die 19de eeu was hierdie Latyn die akademiese taal in Europa. En die Vatikaan gebruik dit vandag nog as amptelike kerktaal.

Toe die Europeërs (of Ariërs, die sogenaamde “edelras”) in Indië aangekom het, het hulle hul godsdiens saam met hulle gebring en dit oorgeplant op die plaaslike Dawiede. En al hul heilige boeke (die Rig, Sama, Jajur en Atharva Vedas) is daarin opgestel. Dit kan amper vergelyk word met die Statenvertaling wat die Hollanders saam Kaap toe gebring het in 1652, wat pas 15 jaar eerder in Nederland voltooi is, en eers in 1933 ver-Afrikaans is in Suid-Afrika. Maar soos die ou Nederlandse Bybel het die Vedas die Skriftuur vir die plaaslike Indiese bevolking gebly – tot vandag toe.

Teen die vierde eeu voor Christus het Panini sy groot Sanskrit-grammatika in agt boekdele (die Asjtadhjaji) opgestel, geskryf in 4 000 soetras, oftewel uiters bondige formulerings van die taalwette van Sanskrit. Vandag kan hierdie grootste wetenskaplike grammatika van alle tye alleen werklik verstaan word binne die gebruik van ’n reeks algebraïese sigla wat na die werke van sy voorgangers verwys. Panini vorm slegs die afsluiting van ’n lang Vediese tradisie. Eers in 1887 het Otto von Böhtlingk te Leipzig die eerste Duitse vertaling van Panini se groot grammatika uitgegee. Die eerste vier dele van Panini se grammatika is analities (vir die vormleer), die laaste vier dele weer sinteties (vir die sinsleer). So ’n Sanskrit-grammatika was egter indertyd uiters nodig om die Veda-tekste by seremonies en rituele teologies reg te lees en te interpreteer. Vader Paulinus a Sancto Bartholomaeo het in 1790 die eerste Sanskrit-grammatika vir die Weste in Rome uitgegee.

Sanskrit is, soos Grieks, ’n hoogs-geïnflekteerde taal met vervoegings van die werkwoord en verbuigings van die selfstandige naamwoord en sy adjektiewe. As uitgangspunt by sy logología, oftewel “leer van woord”, wou Panini alles reduseer tot etimologiese dhâtares, oftewel woordwortels, dit is die basiese simplekse van samegestelde woorde. ’n Leidende kenmerk van Sanskrit is sy oorvloedige gebruik van die a-klank, binne die sillabiese karakter wat dit dra, na feitlik elke konsonant, behalwe as ’n ander vokaal vereis word. Sanskrit het 48 letters wat bestaan uit 34 konsonante, 14 vokale en diftonge (tweeklanke). Verder het alle naamwoorde (en sy onmiddellike korresponderende adjektiewe) drie geslagte, naamlik manlik, vroulik en neutrum (onsydig). Dit het ook getalaanwysing by die vervoegings en verbuigings van woorde, naamlik enkelvoud, meervoud en ’n tweevoud dualis (tweevoud). Naamwoorde kan tot agt naamvalle hê: Nominatief vir die onderwerp; Vokatief as aanspreekvorm;  Akkusatief vir die voorwerp;  Genitief vir oorsprong en besit;  Datief vir die indirekte voorwerp; Ablatief om verwydering mee aan te toon; Lokatief vir die aanwysing van plek; en Instrumentalis vir implementering. By sy werkwoorde het dit Tempus (tyd: hede, toekoms en verlede), Vox (diatetiese vorme soos Aktief, Passief en die Refleksief of Wederkerende vorm), asook Modus (modale vorme soos die Indikatief, die Vokatief, die Subjunktief en die Imperatief). Dit alles maak die lees en analise van die Sanskrit uiters ingewikkeld, maar tegelyk ’n instrument van uiters akkurate segging net soos by oud-Grieks – “The finest instrument human thought has ever played upon,” soos die klassieke historikus JB Bury dit eens gestel het.

Die ductus, dit is skriftipe, wat in Sanskrit gevolg word, is die Devanagari, oorspronklik  ontwikkel uit die Noord-Indiese monumenteskrif wat bekend staan as Gupta, en uiteindelik gevorm is na die Brâmî-alfabet, só gebruik reeds sedert die 7de eeu AD, en  vervolmaak in die 11de eeu. Die Devanagari-skryfstyl word gekenmerk deur sy lang horisontale strepe aan die koppe van die indiwiduele letters, en daar word, soos in Hebreeus, van regs na links geskryf. In die oudste Griekse inskripsies was die boustrophêdón-styl ook gebruik, dws waar heen en weer geskryf word soos die os met die ploeg draai na elke nuwe ploegvoor. Immers, woordskeiding was nie aanvanklik daar nie, want die geskrewe lyn loop aaneen reguit soos spraak op die mens se tong voortvloei.

Die woordeskat in Sanskrit is ongeëwenaard. Dit is ongewoon ryk aan sinonieme en kon (net soos Grieks) feitlik enige woord deur samestelling, agglutinatiewe hipertrofie, skep. Die langste woord in die Griekse taal vind ons in die komedieskrywer Aristophanes se Ecclêsiásuzai (“Vroue in die Parlement”), waar ons ’n woord vind wat 169 letters lank is (met teksvariasies) as die jota-subscriptum ingesluit word. Dit was naamlik die naam van ’n tafelgereg waarvan al die bestanddele in één woord opgeneem is.

Panini het Sanskrit eenvoudig Bhasa, die Taal, genoem (net soos ons eie GRA in die Paarl Afrikaans in die 18de eeu genoem het), terwyl hy die Vediese taaleie bestempel het as Chandasa, dit is metries, omdat die bundels van verskeie himnes daarin in digmaat, Samhita’s, gegiet is. Die sutra’s verteenwoordig ’n stel aforismes, mnemotegnies opgestel, waarop gekommentarieer moet word in Sanskrit-tekste. Daarteenoor is ’n mantra ‘n mistieke formule van inkantasie in Boeddhisme.

Die beste inleidende verslag oor Sanskrit bly vandag nog steeds T Burrow se The Sanskrit Language (Faber & Faber, Londen, 1956). Dit gee ’n redelik volledige oorsig van die linguistiese verwantskap tussen Sanskrit en die ander Indo-Europese tale. Die ontdekking van Sanskrit het immers die moderne Vergelykende Taalkunde tot gevolg gehad. Burrow beskryf die Indo-Europese voorgeskiedenis van Sanskrit in Indië, ’n taal wat vir meer as 2 000  jaar primêr die beskawingstaal van die Indiese sub-kontinent was – ingevoer uit Europa. Dit ondersoek ook die aansienlike invloed wat die vóór-Ariese tale in Indië self op Sanskrit gehad het. Uit ’n histories-vergelykende oogpunt wys dit ons dan hoe proto-Indo-Europees met behulp daarvan gerekonstrueer kan word, iets wat ons ontsaglike insig gee in die wording van die moderne Europese tale – waarvan Afrikaans óók deel is. Terwyl Afrikaans ’n Afrika-taal is, is Engels in Suid-Afrika vandag niks anders as ‘n oorgeërfde koloniale taal wat nie op hierdie kontinent ontstaan het nie.

’n Hele ry Engelse en Duitse navorsers het die wonderbaarlike ontdekking en die belang van Sanskrit vir Europa opgevolg, soos sir William Jones self, Charles Wilkens, Henry Thomas Colebrooke en Horace Hayman Wilson in Engeland, en Johann Gottfried von Herder, Johann Wolfgang Goethe, Friedrich en August Wilhelm Schlegel, en Wilhelm von Humboldt in Duitsland. Jakob Grimm het in 1820 een van die belangrikste fonetiese wette in Indo-Europees met behulp van Sanskrit geformuleer, toe hy bewys het hoe die klapperklanke (eksplosiewe) k, t en p in die Teutoonse (oud-Germaanse) tale, met insluiting van Goties, verwissel het na die aspiratae gh, dh en bh.  In 1875 het Karl Adolf Verner die klaarblyklike uitsonderinge op Grimm se klankwette nog verder verduidelik. Dit was ’n aller-belangrike mylpaal in die fonologie van Indo-Europees.

Uitgebreide literatuuraangawe

T  Burrow, The Sanskrit Language (Londen, 1956);  B Ghosh, Linguistic Introduction to Sanskrit (Calcutta, 1937); J Masion, Esquisse d’une histoire de la langue sanskrite (Paris, 1931); J Bloch, L’indo-aryan du Veda aux temps modernes (Paris, 1934); Albert Thumb, Handbuch des Sanskrit (Heidelberg, 1905); Arthur A Macdonell, A Sanskrit-English Dictionary (London, 1893); idem, Vedic Grammar (Strassburg, 1910); WD Whitney, A Sanskrit Grammar (vyfde uitgawe, Leipzig, 1924); L Renou, Grammaire sanscrite (Paris, 1930); idem, Grammaire de la langue védique (Paris, 1952); V Pisani, Grammatica del Antico Indiano (Roma, 1930-33 - onvolledig); R Pischel, Grammatik der Prakrit-Sprachen (Strassburg, 1900); WS Allen, Phonetics in Ancient India (Oxford, 1953); J Kurylowicz, L’acccentuation des lingues indo-européennes (Cracow,1952); A Meillet, Les dialectes indo-européennes (1908, 1922); idem, Introduction a l’étude comparative des langues indo-européennes (agste uitgawe, Paris, 1949);  JG Bühler, Indische Paläographie (Strassburg, 1896); M Mayrhofer, Kurzgefasstes etymologisches Wörterduch des Altindischen (Heidelberg, 1953, vervolgens); J Pokorny, Indogermanishes etymologisches Wörterbuch (Bern, 1948, vervolgens); F Specht, Der Ursprung der indogermanischen Deklination (Göttingen, 1944, 1948); Jacob Wackernagel & Albert Debrunner, Altindischen Grammatik (in drie volumes, Göttingen, 1896-1954); H Brugmann, Grundriss der vergleichende Grammatik der indo-germanischen Sprache (tweede uitgawe, Strassburg, 1897-1916).

Post Scriptum

Die Hindoes van Indië het ook vir ons die hedendaagse digitale syfersisteem gegee waarvan, deur die bemiddelde toedoen van die Arabiere, ons dit vandag nog gebruik. Die vroegste gebruik hiervan (in plaas van die Romeinse akrofoniese lettersisteem)  dateer in Europa uit die jaar 976 AD. Die Hindoes het dit reeds in die derde eeu voor Christus ontwerp, en die geheim daarvan was dat hulle by nul (zero) begin tel het en nie by een nie, en daarby getalwaarde aan die posisie van die syfers gegee het. Die Hindoe karakters vir 1, 4 en 6 lyk vandag nog basies dieselfde by ons. Ook ’n uiters bruikbare erfnis wat ons uit ou Indië ontvang het.

The post Die ontdekking van Sanskrit appeared first on LitNet.

Call for papers: 7th annual Africa Century International African Writers Conference

$
0
0

The 7th annual Africa Century International African Writers Conference (ACIAWC) call for papers is now open.

Papers and panel proposals interpreting the theme “Unifying Africa: Writing and reading in African languages” are invited.

Delivered by the wRite associates in partnership with the national Department of Arts and Culture, UNISA and Archie Mafeje Research Institute (AMRI) at UNISA, the Conference will take place on the 6th and 7th November 2018 at the Miriam Makeba Concert Hall, University of South Africa (UNISA), Muckleneuk  Campus.

The deadline for submission of papers is 7 September and the acceptance/rejection responses will be sent before 14 September 2018.

Areas of inquiry may include, but are not limited to, the following sub-themes:

  1. African languages as a vehicle for a Pan-African reality
  2. Books in African languages
  3. African languages in the curriculum
  4. Decoloniality and African languages
  5. African languages in the public and cyberspace
  6. Writing in African languages with and for posterity
  7. African languages and the reality of other languages

The scientific committee of the conference will select the best papers for inclusion in a book that will be published in November 2019 and launched at the 8th Africa Century International African Writers Conference. A full paper must have a minimum word count of 6 000 words, but not more than 8 000 words. The book will be peer reviewed to meet the DHET requirements. 

Founded by the wRite associates in 2012, the Africa Century International African Writers Conference is a legacy project of the South African Literary Awards, a project of the wRite associates in partnership with the Department of Arts Culture. The Conference was inaugurated in Mangaung, Free State, in partnership with the University of Free State.

“This year the two day conference will gather authors, literary scholars and historians from home and elsewhere, to explore the role of the writer in redefining Pan-Africanist principles in the development, preservation and restoration of Africa’s identity, dignity and unity. The conference will be opened with the 7th International African Writers Day Lecture on 6 November 2018, followed by robust seminars and panel discussions,” said Morakabe Seakhoa, convenor of the Conference and SALA.

He said they “are also very excited that the conference will produce a publication, which will also include papers from the previous conferences. This will certainly highlight the significance of the conference and its contribution towards building and archiving Africa’s narrative and perspective in the global academic, social, political and economic spaces.”

The publication will also include the previous keynote speakers who delivered the lectures, ie Zodwa Motsa, Minister of Arts and Culture, Nathi Mthethwa, Micere Mugo, Samia Nkrumah, Mustapha Sidiki Kaloko, Commissioner for Social Affairs at the African Union Commission; and former president Thabo Mbeki.

Applicants are required to submit an abstract of not more than 200 words, along with a short biographical note and contact details, to info@writeassociates.co.za.

For more details please visit www.africacenturyconference.co.za or contact Ashley Santos at 074 919 2911.

The post Call for papers: 7th annual Africa Century International African Writers Conference appeared first on LitNet.

ATR-huldeblyk ter ere van Christo van Rensburg

$
0
0

Die ATR betreur die heengaan van een van Afrikaans se grootste stryders. Op sy kalm manier het hy diep spore getrap in die stryd om die erkenning van Afrikaans met al sy variëteite. Ons is telkens ná sy referate opnuut gedwing om onbevange te kyk na al die vertakkinge van Afrikaans. Hy het sy standpunte oor die ontstaan van Afrikaans onverskrokke gestel, en dit gewoonlik met vers en kapittel bewys. Daar was weinig, indien enige, standpunte wat die inhoud van sy nougesette wetenskaplik nagevorsde werke kon weerlê. Sy passie om die status van al die variëteite van Afrikaans deur die breë Afrikaanse gemeenskap erken en aanvaar te kry, was ooglopend. Sy verbintenis daartoe behoort ons almal aan te spoor om ons daadwerklik vir ʼn soomlose Afrikaans te beywer. Ons sal sy innemende persoonlikheid mis.  Ons sal sy spitsvondigheid mis. Ons sal sy vriendelikheid mis. Ons dank die Almagtige dat ons toegelaat is om aan die voete van so ’n Gamaliël te sit.  By die Herkomsseminaar later vanjaar sal sy stem stil wees.  En by die loodsing van die bygewerkte weergawe van So kry ons Afrikaans later vanjaar, tesame met die vertaalde weergawe Finding Afrikaans, sal sy plek leeg wees. Prof Christo, die ATR gaan u ongekende bydrae tot die handhawing van ʼn taal gebore uit die some van vele nasies, altyd koester wanneer ons praat, dink en skep in hierdie mooi taal van ons. 

The post ATR-huldeblyk ter ere van Christo van Rensburg appeared first on LitNet.

Film review: Crazy rich Asians – probably good

$
0
0

Crazy rich Asians follows native New Yorker Rachel Chu as she accompanies her long-time boyfriend, Nick Young, to his best friend's wedding in Singapore. Excited about visiting Asia for the first time but nervous about meeting Nick's family, Rachel is unprepared to learn that Nick has neglected to mention a few key details about his life. It turns out that he is not only the scion of one of the country's wealthiest families, but also one of its most sought-after bachelors. Being on Nick's arm puts a target on Rachel's back, with jealous socialites and, worse, Nick's own disapproving mother (Yeoh) taking aim. And it soon becomes clear that while money can't buy love, it can definitely complicate things.

Distinguishing between a great film and a film that I like is normally an easy thing for me. Some films that I love are not necessarily great films, and vice versa. With Crazy rich Asians, it is complicated.

It is probably a very capable romcom. It certainly ticks all the boxes. Beautiful people. Beautiful locations. Boy meets girl. Girl meets boy. Interesting sidekicks. Light humour. The couple experience a few setbacks, but normally end up happy, living happily ever after. The actors are mostly good. Constance Wu is endearing and Awkwafina is wickedly funny. It is beautifully shot and well edited, and boasts a cool soundtrack.

Of course, it is an important film, because, as was the case with Wonder Woman and Black Panther, this film represents a section of society, (crazy rich) Asians, on screen in a blockbuster format.

Why do I say it is probably a very capable romcom? I struggled to get past the vulgar wealth on display. So much so, that I do not think I can be objective. The wealth is not really questioned. It is used as a lavish backdrop. I do understand that movies provide either an escape, or something to aspire to. As the film ended with a party at the famous Marina Bay Sands (google it), I realised I don’t want to escape to or aspire to be inside that world. But that is just me.

The post Film review: <em>Crazy rich Asians</em> – probably good appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Harry Kalmer bied nuwe skryfkursus in Johannesburg en Pretoria aan

$
0
0

Harry Kalmer, bekroonde skrywer, dramaturg en wenner van die Barry Ronge-prys vir fiksie bied ’n splinternuwe tweedag-skryfkursus op 15 en 24 September in Pretoria aan, en op 13 en 20 Oktober in Johannesburg.

“Wanneer dit by skryf kom is daar reëls, gereedskap en vaardighede wat almal kan aanleer en gebruik. Oor twee dae gaan ons hierdie dinge ontdek en verken. Dis ’n praktiese slypskool wat jou sal help om jou storie beter te vertel,” sê Kalmer. “Die kursus is geskik vir beide ervare skrywers en beginners en sluit nuwe benaderings en oefeninge in wat ek ontwikkel het sedert ek die kursus in 2010 begin aanbied het. Dit bevat ook elemente uit my langer ses-week kursus wat ek in Engels aanbied.”

“Ons sal praat oor waar stories vandaan kom en praat oor die vrees vir skryf, publikasie en selfs sukses. Beginne en eindes, die belangrikheid van verbeelding en persoonlike ervaring word ook bespreek. Of jy nou ’n beginner of ’n ervare skrywer is, dié twee dae is ontwerp om te inspireer en te motiveer.”

Die kursus vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas. ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.

Vir navrae en meer inligting, kontak kalmer@netactive.co.za.

The post Persvrystelling: Harry Kalmer bied nuwe skryfkursus in Johannesburg en Pretoria aan appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans condemns threats to authors

$
0
0

Klik hier vir die Afrikaanse weergawe.

PEN Afrikaans notes with grave concern that author Chris Steyn and journalist Marianne Thamm have been subject to bullying, intimidation and threats following the publication of The Lost Boys of Bird Island, a book about an alleged paedophile network that operated in Port Elizabeth in the 1980s, and whose most notable members are claimed to include certain former National Party ministers.

Local media reports indicate that co-author Mark Minnie, who was found dead by apparent suicide in Port Elizabeth a few days after the release of the book, and Steyn had both been concerned about their safety and were reluctant to appear in public after receiving threats and anonymous enquiries as to their whereabouts.

Marianne Thamm, a respected journalist and commentator responsible for writing the introduction to the book, has spoken out about the bullying and severe online harassment she has faced following the publication of the book.

As a member of PEN International, the world’s largest association of writers, PEN Afrikaans strongly objects to such unacceptable attempts to silence and intimidate authors. The protection of the right to freedom of expression – the freedom to express ideas without fear of attack, arrest or other persecution – has been at the heart of International PEN’s work since it was formed in 1921.

Under no circumstances should writers have to fear retribution in the form of physical violence in any manner or form. Such reprehensible threats have no place in a society that values freedom of expression as a constitutional right.

The post PEN Afrikaans condemns threats to authors appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans veroordeel dreigemente teen skrywers

$
0
0

Click here for the English version.

PEN Afrikaans neem met kommer kennis dat outeur Chris Steyn en joernalis Marianne Thamm onderwerp is aan intimidasie en dreigemente ná die publikasie van Die seuns van Bird Island, ’n boek oor ’n beweerde pedofilienetwerk wat in die 1980's in Port Elizabeth bedryf is en wat na bewering sekere voormalige ministers van die Nasionale Party ingesluit het.

Plaaslike mediaberigte dui daarop dat mede-skrywer Mark Minnie, wat ’n paar dae ná die verskyning van die boek na bewering sy eie lewe geneem het, en Steyn albei bekommerd was oor hul veiligheid en huiwerig was om in die openbaar te verskyn omdat hul dreigemente ontvang het asook anonieme navrae oor waar hul hulself bevind.

Marianne Thamm, ’n gerespekteerde joernalis wat die voorwoord van Die seuns van Bird Island geskryf het, het op Twitter gemeld dat sy onder afknouery en aanlyn-teistering deurloop na die publikasie van die boek.

As lid van PEN International, die wêreld se grootste skrywersvereniging, maak PEN Afrikaans beswaar teen sulke onaanvaarbare pogings om skrywers te intimideer en stil te maak. Die beskerming van die reg op vryheid van uitdrukking - die vryheid om idees uit te druk sonder vrees vir aanvalle, arrestasie of ander vervolging – lê sedert PEN International se ontstaan in 1921 aan die kern van dié organisasie se werksaamhede.

Onder geen omstandighede behoort skrywers vergelding in die vorm van fisiese geweld te vrees nie. Sulke verwerpbare dreigemente het geen plek in ’n samelewing wat vryheid van uitdrukking as ’n grondwetlike reg verskans nie.

The post PEN Afrikaans veroordeel dreigemente teen skrywers appeared first on LitNet.

Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk deur Barend van der Merwe

$
0
0

Die lucky strike
Steve Hofmeyr

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776093670

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Fiksie is nie eintlik my ding nie. Die werklikheid is veel meer boeiend as opgemaakte stories. Maar vir misdaadfiksie het ek tog ’n sagte plekke, en ek maak tyd om dit te lees. Meer nog vir die Kalahari. ’n Belangrike deel van Steve Hofmeyr se nuwe boek speel in dié deel van die land af. Die lucky strike is die tweede van Hofmeyr se Sluiper-rillers. Soos Die onaantasbares word ook Die lucky strike vertel vanuit die eerste persoon. Dit is ongewoon vir misdaadfiksie. En dit is weer eens ’n verhaal wat vinnig vloei. Op dié manier behou dit mens se aandag.

In Die lucky strike tel die Sluiper die stukke van sy lewe op na al die drama van die eerste boek. Hoewel die tweede Sluiper-boek voortbou op die eerste, is dit nie nodig om die eerste boek te gelees het om die tweede een te kan verstaan nie. Die Sluiper keer terug en hy is uit op wraak, maar hy is nie al een nie. Hy misluk aanvanklik, maar hy gee nie bes nie. “Ek kom met alles. Alles wat ek het. Behalwe genade” (121). En so is dit ook. “Bloeddorstig” is nie heeltemal die regte woord nie, maar dis die beste onder die omstandighede.

Hier en daar was daar van die besonderhede wat ’n bietjie voorspelbaar was, byvoorbeeld: een van die belangrike karakters is blind, en ek het van meet af aan gewonder of dié persoon dan nou werklik blind is. Maar soos wat die voorblad van die boek aandui: “Die liefde is blind”, en so is dit inderdaad met die Sluiper. Gelukkig vind hy elke keer ’n manier om homself uit enige situasie te wikkel. Hoewel hy die hoofprotagonis is, is hy glad nie ’n aangename kêrel nie. Hy is nog steeds dieselfde Sluiper. ’n Huursoldaat vir wie doodmaak maar net ’n gewone deel van die lewe is.

Dan is daar ook ’n ietwat oorhaastige stap van die Sluiper aan die einde van die boek wat ietwat onoortuigend voorkom. Die Sluiper keer terug van ’n operasie uit die Demokratiese Republiek van die Kongo. Eintlik was die Sluiper mislei oor die hele aard van die operasie, maar meer kan in die boek daaroor gelees word. Terug in Suid-Afrika herstel hy nie eers van sy wonde nie, maar gaan eerder dadelik oor na aksie. Van waar die haas? het ek gewonder. Ek wens iemand kan dit vir my verklaar.

Alles in ag genome sou ek egter ter samevatting sê dat Die lucky strike, presies nes sy voorganger, interessante en prikkelende misdaadfiksie is. Trouens, dit is vir my selfs beter as Die onaantasbares en ek kan nie anders as om te wonder of ons nog meer van die Sluiper in die toekoms te siene sal kry nie.

The post <i>Die lucky strike</i> deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk deur Barend van der Merwe appeared first on LitNet.

Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig

$
0
0

Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig

Louise Schmidt, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel weerspieël ’n persoonlike navorsingsreis waarin ek ontledende outo-etnografie as ’n reflektiewe filosofiese instrument in konstruktivistiese navorsing gebruik. My navorsingsreis het afgeskop met ’n poging om die verhouding tussen die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en sy studente te verbeter. Ek het besin oor my onsekerheid: kon ek omtrent myself skryf? Hier beskryf ek hoe, deur teoretiese en filosofiese aspekte by my navorsing te betrek, ek my studie begrond het en die moed gekry het om oor persoonlike ondervindinge te skryf en dit met teorieë te verweef. Met behulp van sewe grondbeginsels wat uit die studie voortgespruit het, kon ek op wederkerende wyse besin oor die verhouding tussen die studente en die instelling. My persoonlike reis is gekenmerk deur selfondersoek, waartydens ek ontdek het dat ek ook aandadig was aan die skep van ’n kloof tussen Unisa en sy studente. Ek het ook geleer dat afstandsonderriginstellings, soos vele ander organisasies, lewende, dinamiese en komplekse stelsels is, waar lede gesamentlik nuwe kulture en gemeenskappe kan skep (kan mede-evolueer) wat meer versorgend is en ook voortdurend op soek is na oplossings vir heersende sosiale, emosionele, organisatoriese en planetêre probleme.

Trefwoorde: ekologiese denke; konstruktivistiese navorsing; kwalitatiewe navorsing; ontledende outo-etnografie; outo-etnografie; reflektiewe outo-etnografie; sosiale konstruksionisme; studentekommunikasie in afstandsonderrig

 

Abstract

Analytical autoethnography as a reflective philosophical instrument: towards an ecology of distance learning

In this article I deal with my personal research journey using analytical autoethnography as a reflective philosophical tool in constructivist research. The research journey started with my attempt to find a way to improve the relationship between the University of South Africa (Unisa) and its students. I explored my own insecurities around writing about myself, and by bringing theoretical and philosophical aspects into the research I grounded myself and found the courage to write about my own experiences.

Choosing autoethnography as a research methodology was both a very exciting and challenging process for me. On the one hand I had a story to share, but on the other I was fearful that my story would be misinterpreted. Autoethnography is grounded in social constructionism, which posits that our world and our understanding of it and the meaning we give to it are co-constructed. My journey was also a social construction, grounded in the weaving of my story as it unfolded in a context which included a variety of theorists, colleagues and fellow thinkers. I therefore wanted to accompany my readers not solely though my personal experiences, but also on a journey of epistemological and theoretical realisation.

I was immediately drawn to analytical autoethnography, which brings analytical and theoretical aspects into the research process. This meant that I could not merely tell my story, but could also explain concepts and ideas in theory, and map them to my personal story, to help the reader follow my thought processes. I had a strong theoretical background, grounded in cybernetics and second-order cybernetics. Despite this, I felt confused and lost, caught in a maze I could not get out of. Although there were three key points of interest to me, I could not find the common thread to connect all the stories. (1) I was embarking on a doctoral study investigating student communication at Unisa. I had been working at the university for more than 20 years, and during that time I had become involved in student communication as part of a team attempting to improve the relationship between students and the institution. Somehow, no matter how hard we tried, it seemed that the relationship was deteriorating. I wanted to explore why our efforts were not working, and how to remedy the situation. (2) I wanted to explore my philosophical and epistemological roots in cybernetics, second-order cybernetics and ecological thinking to determine whether the solution to the problem of student communication lay there. My thinking was that if I applied a new philosophical lens, something new would emerge. (3) I had just discovered a recent publication by Maturana and Verden-Zöller (2008), in which Maturana (one of the founding fathers of second-order cybernetics and complexity theory) writes about our origins as humans. This triggered in me a quest to discover who we are as humans and what makes us “tick”. In searching for the key to the breakdown in the relationship between Unisa and its students I knew that the core of the problem had something to do with our essential humanness.

I explored my journey by interweaving my personal experiences with ideas of working in student communication at Unisa. To this end, I began adding, subtracting, multiplying and combining my own experiences with findings derived from the literature, from philosophy and from my own fundamental epistemological ideas. What emerged was a process involving weaving the theoretical with the personal, and it revealed seven fundamental principles: (1) epistemological vision, (2) a holistic and holographic perspective, (3) the nature of living systems, (4) the co-evolution of change, (5) humanness and the biology of love, (6) learning in a complex world, and (7) complex thinking and the ecology of action. Using these principles as a lens, I could recursively reflect on the relationship between the students and the institution.

Through this emergent process of constructivist research using analytical autoethnography as a recursive reflective philosophical tool, I discovered a process that helped me interweave the theoretical with the personal. This recursive process revealed new or meta-views of what was happening in the relationship between Unisa and its students. I call this methodology a recursive process of philosophical reflection through analytical autoethnography. By employing this process I was able to share what I had discovered, and how my discovery not so much changed the way in which Unisa deals with its students as it changed me profoundly.

I made deductions or drew conclusions that provided fresh insights into the form of recommendations about the conditions required for Unisa to create a learning environment that is conducive to the highly networked, complex world we live in. It also gave me a deeper understanding of issues around student communication at Unisa, but, most importantly, revealed my own role in the process. Throughout this very personal journey I came face to face with myself. I discovered how I was contributing to the distance between Unisa and the students, but I also learned that distance learning universities (like most organisations) are living, vibrant, complex systems, where we can co-evolve new cultures and communities that are more caring and eager to find solutions to our social, emotional, organisational and planetary problems.

I had doubts about using autoethnography as a research method, but during my study I learnt that my own personal reflective process of storytelling could not only be a valuable research tool, but could also provide fresh insights into the problems I encountered while working in the student communication context, while casting light on my personal role. I looked both inwards and outwards for new perspectives.

Looking inwards, I discovered that I often viewed myself as an outsider, criticising the institution, but though the process of recursive reflection I became aware of my dialogic relationship with Unisa, where the institution and I are holographic reflections of each other. I learnt that to improve our relationship with students we needed a culture of openness, where students could share with us their experiences and we could share ours with them. In the process, new ideas would co-evolve and more complex patterns would emerge.

Looking outwards taught me that the principles I had discovered can be applied to any distance learning institution or, for that matter, any human ecology. Most distance learning universities struggle with similar issues, where students feel isolated and, as individuals, try to find their own ways of creating effective learning environments. In a world that is increasingly connected, where learning is more distributed and the internet has opened up possibilities of learning outside of formal structures, most distance learning universities will have to find new and innovative ways of communicating with students. We need not only to focus on technology, but also to attend to epistemological issues. This will place the student at the centre, while technology and efficiencies will become the outcomes of a co-evolutionary process for the ecology of learning.

Creating ecologies of learning can change society fundamentally. This is highly possible, because if one imagines a future where technology is much more freely available, the marginalised can become part of this networked society and learn that learning is not just about knowing facts, but about learning how to learn, and becoming active actors or participants in a global or planetary networked society.

In this complex, globally networked world, where equality and the individual have once again become valued and where learning is everyone’s right, we must find new ways in which to live, communicate and learn. We must also find new ways of becoming institutions of learning, as innovative ways of thinking will make us value one another, value each individual’s place in the world, and value our environment and the planet we live on. That will allow us to find new ways of learning, facilitated by technology that allows us to self-organise into communities of learning. In such communities we will learn about life and knowing as we live life, and that will most likely allow us to find solutions to our social, emotional, organisational and planetary problems.

What I discovered was that using autoethnography as a social constructionist approach helped me to see how we co-create the world, and how – together – we can change it. Analytical autoethnography brought me closer to the subject and social issues I was dealing with on a daily basis. In the extraordinarily complex world we live in, we need a process that enables us to reflect deeply on the world around us. It has helped me to gain a deeper understanding not only of issues pertaining to student communication at Unisa, but also of social, societal, emotional, organisational and planetary issues. Most importantly, however, it has helped me understand my contribution to the creation of those issues and problems. As social beings we create a context in which we sometimes feel trapped, but by changing our perspectives we can make a difference and uncover new and exciting alternatives.

Keywords: analytical autoethnography; autoethnography; constructivist research; ecological thinking; qualitative research; reflexive autoethnography; social constructionism; student communication in distance learning

 

1. Inleiding

Ek het nog nooit dagboek gehou nie. Ek het al ’n paar keer probeer, en dan maar net weer my notas weggegooi uit vrees dat die leser my gevoelens en gedagtes wat ek op spesifieke oomblikke neergeskryf het, verkeerd sou verstaan of vertolk. Ten spyte daarvan het ek nog altyd verhale as die essensie van die lewe beskou. Hetsy fiktief of outobiografies, stories verklap die lewenspatrone van mense in ’n tipe dans wat onlosmaaklik deel uitmaak van ons bestaan. André Brink (1995:412) het geskryf: “Iemand het gesê, en nou weet ek dis waar: dat die heelal nie uit partikels bestaan nie maar uit stories. Hulle is die wave functions van ons bestaan.”

My storie was een van my betrokkenheid by Unisa as student en personeellid, en spesifiek my betrokkenheid by studentekommunikasie. Ek was deel van ’n span wat probeer het om studentekommunikasie te bevorder. Oor die laaste paar jaar het dit voorgekom of die verhouding tussen Unisa en sy studente vertroebel geraak het as gevolg van verskeie faktore, soos geweldige groei in studentegetalle en die sluiting van die inbelsentrum, om net twee te noem. Vele pogings om die verhouding te verbeter het egter nie gewerk nie. Ek het ’n behoefte gehad om hierdie storie te ondersoek en het vermoed dat my epistemologiese beperkings deel was van my onvermoë om ’n oplossing te vind.

My keuse van outo-etnografie as navorsingsmetodologie was dus ’n baie opwindende, dog uitdagende proses. Ja, ek het ’n storie gehad om te vertel en wou met behulp van die storie sin maak en nuwe oplossings vir die probleem by Unisa vind, maar ek was meer bekommerd dat die leser dit verkeerd kon verstaan. Outo-etnografie is gegrond in sosiale konstruksionisme, waarvolgens ons die wêreld en ons begrip daarvan saam konstrueer en saam betekenis aan daardie wêreld gee (Galbin 2014:82–3). My reis was ’n sosiale konstruksie wat gegrond was in my storie soos dit in die sosiale konteks ontvou het asook met behulp van die teoretici, kollegas en mededenkers wat ek in my stories deurvleg het. Ek het dit dus nodig gevind om die leser te vergesel op ’n tog, nie net deur my persoonlike ervarings nie, maar ook op die pad van epistemologiese en teoretiese gewaarwordings.

Oor die afgelope paar dekades het outo-etnografie groter aanvaarding in die kwalitatiewenavorsingsvelde gekry (Ellis, Adams en Bochner 2011:1–2). My aanvanklike indruk van outo-etnografiese werk was dat die skrywer private gebeure beskryf, hoofsaaklik met die doel om deur emosionele probleme te werk, in ’n proses wat amper terapeuties en katarties is (Ellis 2004). Ek was effe ongemaklik met die gedagte dat my innerlike prosesse dalk verkeerd verstaan sou word, maar daarbenewens het ek ’n baie praktiese probleem gehad om op te los.

Ek het feitlik onmiddellik aanklank gevind by ontledende outo-etnografie, aangesien ontledende outo-etnografie die ontledende en teoretiese aspekte tot die outo-etnografiese navorsingsproses toevoeg (Anderson 2006:373). Soos vroeër genoem, was hierdie aspek vir my baie belangrik aangesien dit sou help om vir die leser insig te gee in hoe my storie en my teoretiese fundering met mekaar in verbinding tree en verweef is. Gevolglik sou ek nie bloot my verhaal vertel nie, maar ook begrippe en idees in teorie verduidelik en daarna op my vertellinge toepas, om sodoende die leser deur my denkprosesse te begelei. Ek het ’n sterk teoretiese onderbou in kubernetika en tweede-orde-kubernetika. As deel van my doktorale studie het ek in daardie stadium reeds twee hoofstukke voltooi (suiwer literatuurstudies), en ek moes op ’n manier my studie met die insigte wat ek tydens die literatuuroorsig ingewin het, integreer.

Ek het aanvanklik verlore en verward gevoel, vasgevang in ’n doolhof sonder uitgange, want ek kon nie die gemeenskaplike draad vind waarmee die verskillende verhale en teoretiese perspektiewe vervleg kon word nie. Drie aspekte het egter my belangstelling geprikkel:

a) My studie het ondersoek ingestel na studentekommunikasie aan Unisa. Ek was in daardie stadium reeds meer as 20 jaar lank werksaam by die universiteit, en het by studentekommunikasie betrokke geraak as lid van ’n span wat die interaksie tussen die studente en die universiteit wou verbeter. Ondanks ons beste pogings het alles daarop gedui dat die verhouding besig was om te verbrokkel. Ek wou uitvind waarom ons ingrype misluk het, en wou bepaal hoe om die situasie te beredder.

b) Ek wou my filosofiese en epistemologiese wortels in kubernetika, tweede-orde-kubernetika en ekologiese denke ondersoek en kyk of daar in hierdie teorieë en filosofieë moontlike oplossings vir die gebrekkige kommunikasie tussen die universiteit en sy studente gevind kon word. My veronderstelling was dat die gebruik van ’n nuwe filosofiese lens iets nuuts sou voortbring.

c) Ek het toe pas afgekom op ’n publikasie van Maturana en Verden-Zöller (2008), waarin Maturana (een van die vaders van tweede-orde-kubernetika en kompleksiteitsteorie) skryf oor ons ontstaan as mense. Dit het by my ’n behoefte geskep om te ontdek wie ons as mense is, en wat ons motiveer. Wat was die sleutel wat die verbrokkeling van die verhouding tussen Unisa en sy studente sou stuit? Na my mening moes die kernprobleem verband hou met die wesenlike aard van ons mensheid.

Ek moes besluit hoe om die navorsing te onderneem, en volgens my was daar twee opsies: ek kon onderhoude voer met studente en personeel, vraelyste opstel en dokumente en bestaande data ontleed en in die proses met baie inligting sit wat ek reeds het en wat my tot dusver nie veel help het nie. Aan die ander kant kon ek heelwat van die navorsing wat reeds gedoen is, as bronne gebruik, my teoretiese fundering en nuwe teoretiese insigte uit my literatuurstudie gebruik, die data ontleed en die nuwe idees met persoonlike ondervindinge vervleg. Die doel sou wees om te sien of ek ’n nuwe perspektief kon vind wat tot nuwe insigte kon lei. En laasgenoemde is presies wat ek gedoen het. Ek het gekies om ’n outo-etnografiese studie van my persoonlike ondervindinge en teoretiese ondersoek aan te pak, eerder as om die konteks deur ander (personeel, studente) se oë alleen te beskou.

Ek was aanvanklik nuuskierig oor my epistemologiese beperkinge: Hoe moes ek die student-Unisa-verhouding deur middel van my eie storie vertolk? Hoe sou ’n verandering van standpunt (my filosofiese en epistemologiese begronding) ’n verskil maak aan wat regtig gebeur het?

In hierdie artikel herbeleef ek my reis – ’n reis wat my persoonlike ondervindinge verweef met idees oor wat dit behels om gemoeid te wees met studentekommunikasie aan Unisa. Met daardie doel voor oë het ek begin om my eie ondervindinge by te voeg (of uit te laat), daarop uit te bou en dit met literatuurbevindinge, filosofie en my persoonlike siening van die epistemologiese grondbeginsels te kombineer. Hierdie wederkerende proses het nuwe of meta-uitgangspunte onthul oor die huidige stand van sake in die verhouding tussen Unisa en sy studente.

Ek noem hierdie metodologie ’n wederkerende proses van filosofiese refleksie deur middel van ontledende outo-etnografie. Deur hierdie proses te gebruik kon ek my bevindinge met andere deel, veral hoe dit diepgaande veranderinge in my as mens teweeggebring het. In die volgende twee afdelings verduidelik ek eers my navorsingsdenke en -metodes voordat ek dan wys hoe ek die metodes toegepas het, asook die gevolgtrekkings waartoe ek gekom het.

 

2. ’n Konstruktivistiese ondersoek deur die wederkerende proses van filosofiese refleksie, met die gebruik van ontledende outo-etnografie

In hierdie afdeling besin ek oor my besluit om outo-etnografie, en meer spesifiek ontledende outo-etnografie, as navorsingsmetode te gebruik. Ek verduidelik hoe ek ’n konstruktivisties-filosofiese benadering gevolg het om operasionele riglyne te gee aan ’n navorsingsproses waarin ek teoretiese basisse saamgevoeg het om my verhaal op wederkerende wyse te karteer.

2.1 Kwalitatiewenavorsingsmetode as sosiale konstruksie

Volgens Henning (2011:1) is dit belangrik dat die navorser ’n gemaklike epistemologiese tuiste vir haar navorsing vind. Volgens Merriam (2002:3–5) is kwalitatiewe navorsing van nature konstruktivisties, aangesien die navorser die studie gebruik om haar eie interpretasies te konstrueer, en dus is kwalitatiewe navorsing uiteraard interpretatief.

Die kwalitatiewenavorsingsmetode was vir my dus ’n baie gemaklike navorsingstuiste. Volgens Henning 2011:20–1) word kennis nie net geskep deur die individu nie maar ook deur ons interpretasie van ander se bedoelings, oortuigings, waardes en redes. Interpretatiewe navorsing is dus gemoeid met betekenis en die soeke na begrip en interpretasie van sosiale verskynsels.

Volgens Ellingson en Ellis (2008a:447) is betekenis nie inherent nie en bestaan kennis nie “daar buite” nie, maar skep ons kennis deur sosiale konstruering binne verhoudings met ander. Sosiale konstruksionisme is, volgens Ellingson en Ellis, die grondslag van outo-etnografie, aangesien dit fokus op daardie aspekte van die samelewing wat soms as vanselfsprekend aanvaar word, veral binne die samelewing, groepe, verhoudinge en selfs die self. James (2012:1) noem dat outo-etnografie ’n bydrae lewer tot die sosiale konstruksie van wat in ’n spesifieke kennisveld bekend is.

2.2 Waarom outo-etnografie in my navorsing gebruik?

Soos reeds verduidelik, was my motivering die skep van ’n nuwe raamwerk vir studentekommunikasie by Unisa. Dit het egter gelyk asof daar, gegewe my destydse epistemologiese, teoretiese en selfs praktiese probleemoplossingsvermoëns, geen maklike oplossing vir die probleem was nie.

In daardie stadium was ek reeds meer as twee dekades lank by Unisa in diens, en vir meer as tien jaar betrokke by digitale en studentekommunikasie. Na my mening het verskeie faktore bygedra tot die verbrokkeling van die universiteit se verhouding met sy studente: ’n verdubbeling in studentegetalle (sonder ’n gepaardgaande toename in die aantal personeel), die sluiting van die inbelsentrum (sonder om dit met ’n werkbare alternatief te vervang), en die digitalisering van kommunikasie- en sosiale media (sonder dat Unisa genoegsame stelsels gehad het om die gevolge teë te werk). Hierdie faktore het bygedra tot ’n afname in studentetevredenheid, en het ’n geweldige toename in die aantal klagtes oor swak kommunikasie en gebrekkige dienslewering tot gevolg gehad (Unisa 2012:16).

Die studente kommunikasiespan het allerlei vernuwende strategieë probeer. Ons het sosiale mediaplatforms ontwikkel, ons webtuiste gemoderniseer, ’n studentekommunikasiemodel geskep (die sogenaamde “student walk”, wat studente stapsgewys begelei in die suksesvolle voltooiing van hul studies aan Unisa), en talle brosjures en webblaaie vir elke fase van die “student walk” geskep – alles tevergeefs.

Ons studente het net meer gefrustreerd geraak, en was naderhand woedend vir die universiteit. Om eerlik te wees, sosiale media het dit pynlik duidelik gemaak hoe woedend hulle regtig was. Ek het onderneem om die konteks van studentekommunikasie vanuit ’n vars perspektief te beskou, om seker te maak dat ek die verwikkeldheid en kompleksiteit van die sosiale konteks reg verstaan.

Ek wou my eie verhaal deel maak van die navorsing, met al my persoonlike sieninge en frustrasies, as dit ons net sou help om ’n oplossing te vind. Indien ek byvoorbeeld onderhoude of fokusgroepe met personeel en studente sou voer, sou ek inligting kry, maar die inligting sou my net ’n lys van probleme en moontlike oplossings gee. Wat ek wou ondersoek, was dieper en meer filosofies, teoreties en epistemologies. Ek het gevoel dat indien ek my eie storie of verhaal ondersoek, ek meer indringende data sou kon kry, insluitende teoretiese en filosofiese denke, gevoelens en verhoudingsaspekte wat ek persoonlik ervaar het. Ek het dus op outo-etnografie besluit, omdat ek gemaklik gevoel het met die gedagte om myself as navorsingsonderwerp by die navorsing in te sluit. Volgens Davies (1999) speel openheid ’n belangrike rol, want dit bevry ons van positivistiese epistemologie. Voorts voeg dit onverwagse dimensies aan enige studie toe.

Vir my was outo-etnografie nie net nóg ’n kwalitatiewe metodologie nie: ek kon danksy dié benadering myself en die persoonlike by die kulturele navorsingsomgewing insluit (Ellis en Bochner 2000). Aangesien outo-etnografie gefundeer is in sosiale konstruktivisme, het ek as outo-etnograaf myself nie los gesien van die wêreld nie, maar myself altyd in verhouding met ander beskryf en met die verhale wat ons saam skep rondom die wêreld om ons. (Ellingson en Ellis 2008:454).

Dus was outo-etnografie geskik as reflektiewe instrument waarmee ek myself, die teorie en die praktyk en die verhale of stories binne die praktyk kon ondersoek en bevraagteken (McIlveen 2008). My verhaal het dus die metode sowel as die onderwerp van die navorsing geword, en dit het my in staat gestel om ’n dieper, veelsydige dimensie by my onderneming te voeg (Ellis 2004). Dit was, soos Douglas en Carless (2013:88) verklaar, ’n geval van dat iets ontbreek wanneer ’n onderwerp vanaf ’n akademiese afstand ondersoek word; om ’n vars perspektief te verkry, moet ’n verhaal dikwels “van binne” beskou word.

’n Belangrike navorsingsvoordeel is die wyse waarop outo-etnografieë bydra tot nuwe maniere van dink, of paradigmaskuiwe teweegbring, wanneer dit kom by die onderwerp wat bestudeer word. Volgens Jones, Adams, en Ellis (reds.) (2013:21) skep outo-etnografie ’n ruimte vir ’n ommekeer, ’n verandering, ’n heroorweging van hoe ons dink, navorsing doen en verhoudings bou, en selfs hoe ons leef. In my navorsingstudie het die outo-etnografiese benadering my ’n geleentheid gebied om na te dink oor hoe ek dink, wat ek voel en hoe ek optree en leef. Dit het op sigself weer ’n effek gehad op hoe ek studentekommunikasie by Unisa sien.

2.3 Ontledende outo-etnografie

Die doel van ontledende outo-etnografie is om nuwe kennis voort te bring, of diepgaande insigte te verkry oor die sosiale wêreld waarin ons leef (Antony 2015). Ontledende outo-etnografie bring dus die teoretiese en ontledende aspekte na die outo-etnografiese navorsingsproses. Die navorser word sodoende ’n “sosiale akteur” in die verhaal, en sy/haar eie gevoelens en ondervindinge word bygewerk om deel uit te maak van onontbeerlike data op grond waarvan ons die wêreld om ons kan bestudeer en verstaan (Anderson 2006:384).

Dit beteken dat die epistemologiese en teoretiese raamwerke vervleg word met die persoonlike en die leser nie daarvan weerhou word nie. Die vraag wat ontstaan, is hoe die teoretiese en filosofiese aspekte van my studie tot ’n nuwe raamwerk vir studentekommunikasie sou lei.

Volgens Anderson (2006) is daar vyf kenmerke van ontledende outo-etnografie: die outeur is ’n volledige navorsingslid, pas ontledende reflektiwiteit toe, is sigbaar in die narratiewe, voer dialoog met ander deelnemers wat inligting verskaf en is verbind tot teoretiese ontleding (meer hieroor later). Anderson (2006) beklemtoon dat in outo-etnografiese navorsing nabetragting die navorser bewus maak van sy/haar persoonlike verbintenis tot die breër navorsingskonteks, wat dus die navorsingsproses op verskeie vlakke baie persoonlik maak (sien ook Davies 1999; Lemmer 2012).

Anderson (2006:373) meen dat ontledende outo-etnografie navorsing behels waar die navorser ten volle deel vorm van die navorsingsgroep of -omgewing, in gepubliseerde tekste sigbaar is as sodanige navorsingslid, en verbind is tot die ontwikkeling van ’n teoretiese begrip van breër sosiale verskynsels.

Verder onderskei Anderson (2006:168) tussen ontledende en evokatiewe outo-etnografie: eersgenoemde mag emotiewe kenmerke hê, maar het dit hoofsaaklik ten doel om ’n baie persoonlike en selfwaarnemende etnografie te ontwikkel wat bo ideografiese presiesheid kan uitstyg om meer omvattende teoretiese aspekte aan te spreek. Daarteenoor beklemtoon laasgenoemde die ontlokking van ’n emosionele weerklank by die leser (Anderson 2006:166–7).

Ontledende outo-etnografie was dus by uitstek gepas in die konteks van my navorsingstudie, waar ’n sterk teoretiese begronding, asook outo-etnografiese kontekstuele en emotiewe data beklemtoon word.

Wat volg, is ’n kort opsomming van hoe ek Anderson (2006) se vyf kenmerke van ontledende outo-etnografie op my studie toegepas het:

a) Volledige deelnemer aan die navorsingsproses of navorsingslid. My hoofdoel met die studie was om ’n duideliker beeld te kry van studentekommunikasie en my rol daarin, veral omdat ek vir verskeie jare reeds binne daardie konteks werksaam was. As personeellid was ek dus kontekstueel ingeburger as ’n werknemer gemoeid met studentekommunikasie by Unisa.

b) Ontledende reflektiwiteit. Anderson (2006:382) beklemtoon dat daar in outo-etnografiese navorsing refleksie gebruik kan word om die navorser bewus te maak van sy/haar persoonlike verbintenis tot die breër navorsingskonteks. In etnografiese navorsing van ’n meer tradisionele aard dien terugblikke om die objektiwiteit van die navorser te verseker. In ’n outo-etnografie word refleksie egter gebruik om die navorsingsproses selfs meer te verpersoonlik (Davies 1999:4; Lemmer 2012:555). Deur persoonlik en eerlik te wees in ons narratiewe (Ellis 2004), soos wat ek in my studie was, kry ons ’n beter begrip van ons belewenisse en ondervindinge, en beskou ons die wêreld vanuit meer gekompliseerde hoeke. Maar allereers moet ons die lens laat terugkaats op onsself.

c) Die navorser is sigbaar in die narratiewe. Anderson (2006:173–4) noem dat die outo-etnograaf ’n dubbele rol vertolk as lid van die sosiale wêreld wat bestudeer word en as navorser van daardie wêreld. Outo-etnografie vereis dus ’n indringende blik op die navorser self. ’n Navorser se openbaarmaking is bewys van sy/haar persoonlike betrokkenheid by die sosiale wêreld wat bestudeer word. Daarvoor is ontledende insig in ondervindinge nodig, of selfs ’n blik op die wroeging wat die navorser tydens die studie beleef het. Anderson (2006:175) waarsku egter teen selfgesentreerdheid, waar die instrument (outo-etnografie) belangriker word as pogings om sin te maak van die sosiale milieu waarin ons ons bevind. Ek het storievertelling en ook metaloë (“metalogues” – vgl. die woorde dialoë en monoloë) gebruik waar ek veral gesprekke met vriende en kollegas gebruik het om die storie te help ontvou.

d) Dialoog met persone wat inligting verskaf. Atkinson, Coffey en Delamont in Anderson 2006:175) wys op die dwingende noodsaaklikheid van etnografie, en maan ons om die betekenis wat ons aan komplekse sosiale wêrelde heg (waarvan ons slegs ’n deel uitmaak), altyd voor oë te hou. Volgens Anderson (2006:175) het ons ’n verantwoordelikheid om versigtig met andere en met data om te gaan, om te verseker dat ons onsself in ’n konteks van wedersydse verbintenis plaas, eerder as om as afgesonderde wesens te funksioneer. My doel met die vertellinge was nie om vingers na individue te wys nie, maar om die essensie van die storie voort te bring.

e) Verbintenis tot teoretiese ontleding. Anderson (2006:176) omskryf hierdie aspek van ontledende outo-etnografie as ’n verbintenis daartoe om empiriese data te gebruik om insae te kry in ’n breër stel maatskaplike verskynsels as wat die data self voorsien. Hy wys op hoe diep persoonlike en selfwaarnemende etnografie bo die ideografiese karakter kan uitstyg om groter teoretiese aspekte van die samelewing aan te spreek (Anderson 2016:379). In my geval het ek twee literatuurstudies gebruik om hierdie teoretiese lens te skep waarmee ek kon werk.

Al bogenoemde maatstawwe was versoenbaar met my doel om my filosofiese en teoretiese perspektiewe met hoogs persoonlike vertellings van my persoonlike ervarings en dié van ander te integreer. Dit het dus gelei tot ’n sosiale konstruksie wat gedeel was en wat tot dieper insigte kon lei. Dit is egter belangrik, veral in verband met vertellinge wat individue insluit, of selfs dialoog met individue, dat etiese kwessies aangespreek moet word. Ellis (2007) beskryf haar stryd rondom etiese besluite in outo-etnografie, veral wanneer mense identifiseerbaar in die teks is.

Lemmer (2016:84) meen dat die outo-etnograaf ’n verantwoordelikheid het veral wanneer hy of sy tydens ’n selfnarratief na ander verwys. Ek het dus die etiese aspekte in dié verband, veral met betrekking tot die dialoog met persone wat inligting verskaf, aangespreek deur formele etiese klaring te verkry van die universiteit asook deur formele toestemming van alle lede wat identifiseerbaar is in die teks te bekom. Bykomend tot hierdie aksies het ek ’n paar kollegas gevra om die teks te lees om seker te maak dat ek nie etiese grense oorskry nie.

2.4 Die konstruktivisties-filosofiese benadering tot wetenskap en navorsing

My teoretiese agtergrond lê in kubernetika en spesifiek in tweede-orde-kubernetika in die konteks van ekologiese denke, waar skrywers soos Gregory Bateson (1988; 2000; 2011) en Humberto Maturana (Maturana en Varela 1980; 1992; Maturana en Verden-Zöller 2008) onontbeerlik was in die vorming van my denke.

Teoreties gesproke was Maturana (Maturana en Varela 1980; 1992) se werk vir my rigtinggewend nog voordat ek hierdie studie onderneem het. Op ’n dag ontdek ek sy nuutste boek, The origin of humanness in the biology of love, waarvan hy die medeskrywer was saam met Gerda Verden-Zöller (Maturana en Verden-Zöller 2008), en dit het ’n keerpunt in my navorsingsreis verteenwoordig. In dié werk skryf die skrywers passievol oor menswees en wetenskaplike ondersoek, en ek kon daaruit drie hoofinsigte aflei wat ek gebruik om my navorsing te rig.

Eerstens meld Maturana en Verden-Zöller (2008) dat ons as mense oor honderde duisende jare evolueer het om intieme en liefdevolle gemeenskappe te skep – iets wat vandag steeds ’n invloed op ons menswees uitoefen. Anders as die meeste spesies op aarde, is menslike wesens van liefde afhanklik; byna al ons probleme kan teruggevoer word na die feit dat ons nie meer in die oorspronklike toestand leef waaruit ons ontwikkel het nie. In die intieme gemeenskappe van ouds het mense geleef, gekommunikeer, geleer en gewerk in ’n gees van samehorigheid, nabyheid, intimiteit en liefde. Daardie scenario is helaas nie meer van toepassing nie: in moderne samelewings is gemeenskappe kenmerkend mededingend sowel as vervreemdend. Selfs ons leeromgewings (universiteite, afstandsonderriginstellings) slaag nie daarin om leermetodes te gebruik wat verbintenisse en samewerking aanmoedig nie, of wat studente help om tred te hou met die ontwikkelinge van ’n uiters komplekse en onvoorspelbare digitale era nie.

Tweedens het ek besef dat Maturana een van die vaders van kompleksiteitsteorie was (Maturana en Varela 1992). Ek was salig onbewus daarvan, omdat ek die teoretiese draad verloor het met die voltooiing van my meestersgraad meer as 20 jaar vantevore. Toe ek weer die drade begin optel (meestal deur middel van kubernetika en tweede-orde-kubernetika), het ek die wêreld van kompleksiteit en komplekse denke herontdek. Maturana het, in samewerking met Varela (Maturana en Varela 1992:43–4), die konsep van outopoïese ontwikkel: dit behels dat komplekse sisteme (wat mense en menslike organisasies insluit) selforganiserend is. Om hierdie rede is ’n objektiewe blik op die wêreld nie moontlik nie, omdat komplekse menslike sisteme altyd optree in ooreenstemming met dít wat hul eie selfstandigheid en selforganisasie toelaat.

Verder word ’n volledige, objektiewe waarneming en verklaring van die wêreld daar buite gekniehalter deur die feit dat alle aannames gemaak en interpretasies gedoen word volgens die selforganiserende aard van die waarnemer. Tydens my ontdekkingsproses het my liefde vir kubernetika en tweede-orde-kubernetika weer vlamgevat danksy Wiener (1962), Keeney (1983) Bateson (1988), en andere. Ek het meer te wete gekom oor die nuwe wetenskappe van verandering, soos chaos- en kompleksiteitsteorie (sien Gleick 1987 en Kauffman 2008). Ek het ook komplekse denke ontdek: as voorstander daarvan voer Morin (2008) aan dat ons nie die knelpunte van ’n komplekse wêreld kan ontknoop met behulp van simplistiese denke en basiese probleemoplossingstegnieke nie.

Derdens voer Maturana en Verden-Zöller (2008:156) aan dat die wetenskap nie ’n konseptuele en operasionele instrument is waardeur ons die domein van onafhanklike objektiewe entiteite kan bestudeer nie. Dit is veel eerder ’n operasionele en konseptuele instrument wat ons in staat stel om te verklaar en te verstaan wat ons as mense doen. Die wetenskap word dus verbind met epistemologie en nabetragting of reflektiewe denke, en word beheer wanneer ons bepaalde reëls op ons verklarings en begrip toepas. Maturana en Verden-Zöller (2008) wys op die verskil tussen ons normale, alledaagse menslike verduidelikings en wetenskaplike verklarings: volgens hulle is daar nie ’n noemenswaardige verskil nie, benewens die feit dat wetenskaplikes ’n spesifieke maatstaf gebruik om wetenskaplike verklarings te bekragtig (Maturana en Verden-Zöller 2008:150).

Voorts voer Maturana en Verden-Zöller (2008:150–1) aan dat ons as wetenskaplikes ’n geldigheidsisteem benodig wat onderskei tussen algemene en wetenskaplike verklarings. Volgens hulle moet wetenskaplikes voorsiening maak vir vier aksies (direk of indirek) om by wetenskaplike verklarings uit te kom:

a) Die wetenskaplike moet ’n beskrywing gee van wat die waarnemer moet doen, ten einde die ondervinding te verklaar.

b) Die generatiewe meganisme of proses wat die wetenskaplike poog om te verklaar, moet voorgestel word, en hy/sy moet sy/haar epistemologiese standpunt verduidelik.

c) Nou kan die wetenskaplike afleidings maak of bekragtig, gebaseer op die ondervinding, deur die proses en epistemologiese standpunt te karteer, om daarna ’n wetenskaplike verklaring te verskaf.

d) Wanneer die generatiewe meganisme of proses bekragtig is as ’n wetenskaplike verklaring, is dit ’n nuwe ondervinding wat gebruik kan word om vars vrae te formuleer (Maturana en Verden-Zöller 2008:147–54).

Hierdie vier handelinge dien as rigtingwysers in die ontwikkeling van ’n nuwe raamwerk vir filosofiese nabetragting.

In stap een moes ek as wetenskaplike met ’n beskrywing vorendag kom van wat ek moes doen om die ondervinding te verklaar. Ek moes dus my verhaal van studentekommunikasie oordra met behulp van ’n outo-etnografiese vertelling, sodat die leser weet waarom ek my in daardie konteks bevind, hoe ek die probleem van studentekommunikasie wou aanspreek, en hoe ek verstrengel geraak het in die epistemologiese doolhof van ’n nuwe raamwerk skep.

In stap twee moes ek ’n generatiewe meganisme of proses skep waardeur ek definisie aan my epistemologie kon gee. Dit is bewerkstellig deur twee literatuurstudies te doen – die studies het ’n fundamentele teoretiese lens geskep waardeur ek studentekommunikasie by Unisa kon bestudeer.

Met die beskikbare konseptuele lens moes ek die wederkerende proses van refleksie in meer besonderhede omskryf (Maturana en Verden-Zöller 2008:147–54) – dit het gelei tot my stap drie. My stap vier was die nuwe meta-omskrywende proses, en wys hoe dit op sy beurt as generatiewe meganisme of proses vir navorsing gebruik kon word, en (met behulp van outo-etnografie) wetenskaplike verklarings kon bekragtig.

Ek beskryf hierdie benadering as ’n wederkerende proses van filosofiese refleksie met die gebruik van outo-etnografie. Gedurende die proses beskryf ek my storie van Unisa drie keer wederkerend deur middel van my persoonlike vertellinge en hoe ek herhaaldelik die teoretiese grondbeginsels (verkry uit die literatuurstudie) in die Unisa-stories ingeweef het (meer hieroor later). Die drie wederkerende verhale oor Unisa, tesame met die teoretiese stories, is vervolgens verweef in ’n tipe kwilt wat aanmekaargestik is deur middel van wederkerende refleksie. Hierdie filosofiese argumentasie het sewe grondbeginsels en slotsomme opgelewer.

Die proses het aanleiding gegee tot drie verskillende rekursiewe weergawes van my verhaal van Unisa. Die eerste verhaal was my eie persoonlike storie, my eie waarnemings/geleefde ervaringe by Unisa in ’n basiese, lineêre, historiese beskrywing (in outo-etnografiese formaat). Dit verteenwoordig ’n vereenvoudigde blik op my belewenisse as individu, van die wyse waarop Unisa met studentekommunikasie omgaan, en my rol in daardie proses.

Tweedens, danksy die teoretiese raamwerk wat deur middel van twee literatuurstudies verkry is, kon ek sewe grondbeginsels distilleer wat op hul beurt gedien het as nuwe lense waardeur ek weer op my verhaal van Unisa kon reflekteer. In die proses kon ek ondersoek instel na mensheid, kubernetika en kompleksiteit ten einde ’n beter begrip te vorm van ekologiese en sistemiese denke. Danksy die sewe grondbeginsels kon ek ’n tweede blik op Unisa rig, maar vanuit ’n ander perspektief. In die studie het ek die konsep van grondbeginsels gebruik as basiese beginsels wat veralgemeen kan word en soos deur Maturana en Verden-Zöller (2008:147–54) verduidelik, as generatiewe meganismes gebruik kan word.

In die derde nabetragting het bepaalde insigte my in staat gestel om sewe gevolgtrekkings en aanbevelings te maak, sodat ek Unisa ’n derde keer onder die loep kon neem en weer eens nuwe lig kon werp op my verhouding met die instelling. Sodanige nuwe insigte kan die basis vorm van ’n konseptuele raamwerk vir toekomstige kommunikasie met studente aan die universiteit, en mag moontlik ook ’n raamwerk bied waarvolgens enige stelsel of organisasie bestudeer kan word.

 

3. Praktiese toepassing van die wederkerende proses van filosofiese refleksie, deur ontledende outo-etnografie

In hierdie afdeling besin ek oor my metodiese toepassing van die wederkerende proses van filosofiese refleksie, deur ontledende outo-etnografie. Ek spring weg deur die konteks te verduidelik, asook hoe ek die teoretiese grondbeginsels in my navorsing gebruik het, alvorens ek verskeie insigte uitstip wat dié proses opgelewer het.

3.1 Die verhaal van studentekommunikasie by Unisa

Ek het die storie begin deur my kommer uit te spreek oor hoe ons as Unisa-gemeenskap, veral dienspersoneel in die kommunikasiebedryf, aansluiting probeer vind by ons studente deur hoofsaaklik op meganistiese, reduksionistiese en onmenslike maniere met hulle te kommunikeer.

My vrese was dat Unisa, soos die meeste ander universiteite, geskoei was op die geïndustrialiseerde meganiese paradigma, ingevolge waarvan ’n organisasie soos ’n hiërargiese burokratiese stelsel funksioneer: studente beweeg deur die stelsel asof hulle op ’n vervoerband is, en die personeel vorm deel van ’n reusemasjien wat dinge moet laat gebeur – elk vanuit sy of haar eie, afgesonderde klein ruimte. Ons identifiseer en los probleme op deur dieselfde lineêre model te gebruik, sonder inagneming van die ingewikkelde dinamika onderliggend aan die komplekse netwerke waarin probleme hul voordoen.

Ek het ’n historiese beskrywing verskaf van hoe my verhouding met Unisa begin het, en van my pogings om studentekommunikasie te verbeter (hieroor het ek reeds meer as genoeg gesê in afdeling 2.1). Ek het my afgevra hoe Unisa se bestaande strukture en prosesse studentekommunikasie en sukses in ’n afstandsonderrigopset fasiliteer of verhinder, en watter basiese voorwaardes daar moes bestaan vir effektiewe onderrig en kommunikasie om plaas te vind.

3.2 Die skep van ’n filosofiese raamwerk met behulp van literatuurstudie en teorie – die ontwikkeling van sewe grondbeginsels vir komplekse menslike stelsels

Soos reeds verduidelik, moes ek ’n generatiewe meganisme skep wat as lens dien waardeur ek die verskynsel van studentekommunikasie by Unisa kon waarneem. Ek het twee literatuurstudies aangepak – een oor mensheid en die ander oor kubernetika/tweede-orde-kubernetika, wat ekologiese denke en kompleksiteitsteorie insluit. Hieruit het ek die grondbeginsels van komplekse menslike leerstelsels onttrek.

In die eerste literatuurstudie het ek die verhaal van menswees ondersoek, soos verduidelik deur Maturana en Verden-Zöller (2008) en andere soos Morowitz (2002), Olson (2003) en Lull and Neiva (2012), om ’n paar te noem, en spesifiek die konsepte van mensheid en hoe ons mense geword het (wesens in wie ’n behoefte ontstaan het om saam te werk, bande te vorm, en intimiteit en liefde te beleef). Daarna het ek die proses ondersoek wat aanleiding gegee het tot ons vervreemding van ons wesenlike self, en wat beskawing, modernisasie, tegnologie en wêreldsieninge handhaaf wat masjiene voorop stel. Ek wou ook bepaal hoe ons leergemeenskappe kan skep wat in die huidige tydvak basiese menslike behoeftes kan bevredig.

Die tweede oorsig van die letterkunde was daarop gemik om kubernetika en tweede-orde kubernetiese teorie, ekologiese denke, kompleksiteit en die ekologie van idees te ondersoek, ten einde bykomende generatiewe meganismes te skep. Aanvanklik kon ek 65 beginsels van komplekse menslike stelsels identifiseer, en deur die toepassing van leespatrone en distillasie kon ek die volgende sewe grondbeginsels van komplekse menslike leerstelsels uitstip:

a) Epistemologiese visie

b) Holistiese en holografiese beginsel

c) Die aard van lewende sisteme

d) Die mede-evolusie van verandering

e) Mensheid en die biologie van liefde

f) Leer in ’n komplekse wêreld

g) Komplekse denke en die ekologie van aksie.

Hierdie grondbeginsels is gebruik as lense waardeur ek Unisa en studentekommunikasie ’n tweede keer onder die loep kon neem om verskille uit te wys.

3.3 Die wederkerende proses van filosofiese refleksie deur middel van ontledende outo-etnografie

Ek het die Unisa-verhaal nog ’n keer oorvertel, maar dié keer het ek begin deur my verhaal op die grondbeginsels toe te pas wat ’n volgende wending geneem het in my studie. In hierdie afdeling gee ek ’n opsomming van hoe ek outo-etnografie in elke grondbeginsel gebruik en met ander metodes verhelder het.

3.3.1 Epistemologiese visie

Bateson (1988:246) beskryf epistemologie as ’n tak van die wetenskap wat spesifiek kyk na hoe organismes weet, dink en besluite neem. Die begrip sluit organisasies in en in hierdie geval wou ek Unisa se epistemologie bestudeer.

Om die nuwe epistemologiese visie te ondersoek het ek sleutel institusionele dokumente geraadpleeg (onder andere Unisa se institusionele statuut, Unisa se 2015-strategie, sy transformasiebeleid, die oop- en afstandsonderrigbeleid, en ’n dokument oor Unisa se organisatoriese argitektuur). Ek het besin oor Unisa se epistemologie en die universiteit se beskouing van sy verhouding met die studente, asook my persoonlike ondervinding van ’n besoek aan ’n streekkantoor, waar studente en personeel genoem het dat hulle vervreemd voel van mekaar en van die universiteit. Ek het nagedink oor die epistemologiese konflik tussen effektiwiteit en omgee wat binne die universiteit woed en wat studente (en selfs personeel) alleen en afgesonder laat voel binne die afstandsonderrigruimte.

Ek het besef dat Unisa ’n epistemologiese tweespalt beleef (effektiwiteit teenoor omgee). Indien ons ’n keuse maak ten gunste van ’n meer ekologiese epistemologie, kan ons ’n leeromgewing skep wat mens meer herinner aan die oorspronklike menslike ondervinding waarna ons hunker – ’n leerekologie wat gebou is op samewerking en sorg, en boonop relevant is.

3.3.2 Holistiese en holografiese beginsel

Smuts (1927) verduidelik dat daar holisme is as daar meer aan die stelsel is as net die dele wat dit opmaak en dat die geheel meer is as die somtotaal van sy dele. Morin (2008:88–9) het egter die beginsel verder geneem deur ’n dialektiese beginsel toe te pas, naamlik dat die dele en die geheel van ’n sisteem komplementêr is in dat die geheel ook ’n weerspieëling is van die dele. Dit beteken dat die heel organisme al die inligting bevat van die dele. Hy noem dit die holografiese beginsel.

My nadenke oor hierdie perspektief het verband gehou met ’n video-opname van ’n 2013-personeelbyeenkoms wat ek bygewoon het. Hier het ek die holistiese en holografiese beginsels van komplekse denke toegepas (Bateson 2000:315–21; Morin 2008:88–9). Unisa se bestuur het die personeel en studente byeengeroep om die nuut-aanvaarde besigheidsmodel te bespreek. Tydens die byeenkoms was almal baie ongelukkig en het mekaar aangeval, aangesien elkeen gevoel het dat die ander nie hul punt kon insien nie. Studente en akademici was bekommerd oor die feit dat Unisa totaal aanlyn wou gaan, terwyl die bestuur gevoel het dat dit ’n goeie besigheidsbesluit was. Ek het die byeenkoms verlaat met ’n gevoel dat die organisasie aan’t verbrokkel was.

’n Universiteit is ’n gemeenskap waarbinne elke individu ’n holografiese weerspieëling van die instelling is. Daarom is die waarskynlikste oplossings te vinde in die passie en idees van individue, asook die kollektiewe. Ek glo dat Unisa, deur aktief deel te neem aan die skep van ’n nuwe kultuur (van begrip, sorg en samewerking), kan transformeer in ’n ekologie waar almal saamwerk om ’n toekoms te skep waarin die universiteit nie meer as afsydig beskou word nie.

Wanneer leeromgewings vanuit ’n holistiese en holografiese perspektief beskou word, kan dit ’n nuwe kultuur en proses tot stand bring – ’n kultuur waarin die dele nie mekaar die skuld gee vir foute nie, maar mekaar aanvaar, hul vermoëns en tekortkominge erken, en waar die geheel in sinergie is, en gedeelde waardes soos respek nie net in die geheel nie, maar ook in al die dele weerspieël word.

3.3.3 Die aard van lewende stelsels

In my studie het ek bevind dat lewende stelsels kompleks is met sirkulêre oorsaaklikheid, en geslote is vir inligting as gevolg van die selforganiserende aard van die stelsel, en dat lewende stelsels energie nodig het om hulself te hernu. Lewende stelsels vertel stories en soms doen hulle dit deur die patrone waardeur hul leef. Dit vorm die essensie van lewende stelsels (Bateson 1991:xii; Capra 1997:56; Bateson 2000:315–407; Kauffman 2008:85–7).

As deel van my besluit om die aard van lewende sisteme te bestudeer, het ek nagedink oor ’n gesprek met ’n akademikus. Ons het besin oor hoe belangrik dit is om instellings as lewende sisteme te beskou (Bateson 1988:98). Hy het beken dat hy vervreemd voel van die organisasie, en dit toegeskryf aan die magdom burokratiese prosesse en ’n kultuur van haastige besluitneming wat ’n verskraalde benadering tot probleemoplossing volg. Dit skep die indruk (onder beide studente en akademici) dat hulle bloot ratte in ’n komplekse masjien is. Deur kompleksiteit en ekologie te bestudeer (Günther en Folke 1993:265) het ek besef dat dit wel moontlik is om ’n struktuur te skep wat minder hiërargies is, maar meer genetwerk: sulke netwerke binne netwerke skep ruimte vir groter openheid en selforganisasie, dit verwelkom spontane inisiatiewe en skep kontekste waarbinne gemeenskaplike oplossings gevind kan word. Groter openheid is, volgens Daniel (2008:18), ook in oop- en afstandsonderrigkontekste moontlik, indien almal oop is vir nuwe idees, uiteenlopende maniere van betekenismaking verwelkom, en almal by Unisa toegelaat word om te floreer.

Kontekste waarbinne afstandsonderrig plaasvind, is dus ook lewende sisteme, waar uiteenlopende oplossings vir komplekse probleme gevind kan word deur afstand te doen van rigiede, hiërargiese besluitneming. Ons moet dus stelsels skep wat gesamentlike besluitneming aanmoedig en ontvanklik is vir nuwe idees.

3.3.4 Die mede-evolusie van verandering

In my ondersoek na die mede-evolusie van verandering het ek besin oor hoe ons opnuut verandering kan en moet hanteer (Maturana en Varela 1980:102–3; Keeney 1983:68; Maturana en Verden-Zöller 2008:37–8). Volgens Porter (2006:1) verwys mede-evolusie na die gelyktydige evolusie van entiteite en hul omgewings, hetsy hierdie entiteite organismes of organisasies is.

Ek het ’n insident waarby ek betrokke was, in heroorweging geneem: ’n veldtog was van stapel gestuur om grootskaalse veranderinge by die universiteit in te stel rondom die beweeg na ’n meer aanlyn omgewing. Ek onthou hoe ek op die rooi tapyt moes verskyn in die kantoor van ’n hooggeplaaste amptenaar: ek was onder die indruk dat daar eenstemmigheid was oor die voorgenome veranderinge, maar die instelling – en veral die studente – was nie gereed daarvoor nie. As lewende sisteme is instellings selforganiserend en outonoom, en laat slegs verandering toe wat inpas by hul fundamentele organisasie. Ware verandering kan plaasvind slegs indien dit onder alle lede van die organisasie ontvou, teen ’n pas wat die organisasie toelaat.

Na my mening is verandering wat afgedwing word, nie volhoubaar nie. Wanneer verandering mede-evolueer in ’n kultuur van samewerking, en selforganisasie aangemoedig word deur middel van mede-evolusionêre prosesse (waar selfs die studente saamwerk om leerkontekste te skep), word openhartige samewerking gestimuleer en die mede-evolusie van leer bevorder.

3.3.5 Mensheid en die biologie van liefde

Volgens Maturana en Verden-Zöller (2008) is ons as mense taalgebruikende, gespreks- en emosionele wesens wat lewe in ’n konteks waar betekenis geskep word deur ons konteks en kultuur. Ons deel hierdie wêreld met ander wat op hul beurt weer hul eie betekenis skep, en hierdie proses van leef en praat; ons skep netwerke van gesprekke wat kollektiewe betekenis tot gevolg het. Ons is in ooreenstemming rondom hierdie kollektiewe betekenisse sodat ons op samewerkende, interafhanklike en liefdevolle wyses saam kan leef.

By Unisa het ek nagedink oor ’n gesprek wat ek met kommunikasiespesialiste gevoer het: hulle het ’n gevoel van vervreemding beleef, en vertel dat eenvoudige tekens van besorgdheid (soos ’n uitnodiging na ’n Kersfunksie) hulle deel laat voel het van die organisasie. Ek het besin oor hoe ’n kultuur van samewerking, respek, intimiteit en genoegsaamheid kon ontvou, en hoe kreatiwiteit en ’n aanvaarding van verskillende (selfs teenstrydige) standpunte ons kan help om saam te bou aan ’n etiek en kultuur by Unisa waaruit ’n nuwe, meer menslike strategie sal voortspruit.

Ons fundamentele menslike behoefte is om binne gemeenskappe te leef en te leer waar samewerking, respek, intimiteit en heelheid bestaan, waar openheid en kreatiwiteit aangemoedig word en ’n verskil van opinie verwelkom word. Alleen binne hierdie tipe konteks kan ’n etiek en gemeenskap mede-evolueer en ’n nuwe strategie na vore kom.

3.3.6 Leer binne ’n komplekse wêreld

Ek het ook besin oor die feit dat leer, teen die agtergrond van ’n al meer komplekse en genetwerkte wêreld, ’n unieke omgewing verg. Volgens Robinson (2009:13–4), Mitra (2012) en Morin (1999) behoort ons nuwe leermodelle te implementeer wat meer oop, deursigtig en diverse is. Hiërargieë moet platter gemaak word en ons moet ’n meer komplekse perspektief op opvoedkunde kry wat meer holisties is en wat die mens en sy identiteit as aardbewoner moet ondersoek. Ons moet ’n leeromgewing hê wat verandering en onsekerheid kan akkommodeer deur ’n proses van wederkerende begrip.

Hiervoor het ek twee uiteenlopende leerondervindinge beskou vanuit my dae as Unisa-student: een ondervinding was hoogs gestruktureerd en formeel, die ander een baie intens en intiem. Deur ’n vergelyking te tref het ek uitgewys hoe ons as mense beter leer in nabye, intieme verhoudings. As akademici moet ons anders begin dink oor openhartigheid, deursigtigheid en diversiteit. Om dosente te beskou as die alleenaanspraakmakers op absolute kennis, wat die leë blikke van studente-onkunde moet vul, is onaanvaarbaar. Ek het genoem hoe, binne ’n netwerksamelewing waar inligting vrylik beskikbaar is, beide die vak wat die dosent aanbied en die kennis waaroor die student reeds beskik, ingespan moet word in die mede-evolueringsproses want om te weet is om die lewe te verstaan.

Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse. Dit beteken dat ons diskoers oor vakgebiede heen moet verwelkom, en dat dosente hul belangstellingsvelde sal moet verbreed om wyer te reik as die vakke wat hul onderrig.

3.3.7 Komplekse denke en die ekologie van aksie

Morin (2008:96-7) het deur middel van komplekse denke die idee rondom die ekologie van aksie beskryf. Die ekologie van aksie het twee stellings, naamlik dat aksie altyd meer effektief is aan die begin en dat die gevolge van aksie nooit voorspelbaar is nie. Nuwe inligting word dus altyd ingebring en in ag geneem, en beïnvloed en verander die strategie gedurig.

Persoonlike nabetragting of refleksie oor my mislukte pogings om beter kommunikasie met studente te bewerkstellig, het daarop gedui dat veranderingstrategieë in ’n komplekse wêreld ’n mede-evolusie vereis, of dit wat Morin (2008:96–7) die “ekologie van aksie” noem. Daarvoor benodig ons ’n gedeelde visie, gegrond in passie, en ’n emosionele band met ons studente. Dit sal ons in staat stel om ons mensheid te ontdek, en te besef hoe dít wat ons doen en leer, ons aardse identiteit en ons voortbestaan op hierdie planeet beïnvloed.

Ons moet met ’n nuwe benadering tot strategie of ’n “ekologie van aksie” vorendag kom – een waar ons leer om met onsekerheid saam te leef, want ons kan nie die toekoms beplan of voorspel nie (Morin 2008:96–97).

Die proses van wederkerende refleksie het diepgaande insigte opgelewer aangaande die behoeftes van studente en personeel, maar ook van ander lede van die universiteitsekologie. Daar was by my ’n groter gewaarwording van fundamentele aspekte wat my nie andersins sou opgeval het nie.

Die belangrikste is egter dat die navorsing my gedwing het om myself te konfronteer, as’t ware, en my laat besef het dat ook ek tegnologie en probleemoplossing beklemtoon, eerder as die geregverdigde vrese wat studente beleef oor hul onderlinge verbintenisse, asook hul bande met die universiteit. Ek het besef dat ek ’n holografiese weerspieëling van Unisa is, en Unisa van my, en dat ek self aandadig was aan vele van die probleme wat ek ondervind het met die wyse waarop die universiteit met studente omgaan.

 

4. Die uitkoms

Uiteindelik was ek gekonfronteer met sewe vrae:

a) Hoe kan ek my organisasie deur nuwe epistemologiese lense beskou, in die konteks van wedersydse verbondenheid, samewerking, mensheid, sorg, evolusie en ’n ekologie van leer?

b) Hoe kan ek die organisasie in sy geheel beskou, gegewe die vele dinamiese dele wat mekaar reflekteer, om, as ’n eenheid, ’n nuwe leerekologie te skep?

c) Hoe kan ek ophou om my organisasie as ’n masjien te beskou, en dit eerder sien as ’n lewende entiteit met dinamiese, kreatiewe energie?

d) Hoe kan ek, gegewe sy unieke outonomie, my organisasie toelaat om deur ’n proses van gesamentlike evolusie te gaan, om nuwe, selfgeorganiseerde wyses van bestaan en ’n nuwe leerekologie te skep?

e) Hoe kan ons ons mensheid herwin in ’n leeromgewing waar samewerking, verhoudings, kultuur, liefde, kreatiwiteit, gedagtes, kuns en selfs onsekerheid en chaos ons kan help om patrone te vind wat ons almal sal saamsnoer?

f) Hoe kan ons leeromgewings en -kulture skep wat die bostaande weerspieël, sodat ons in intieme leerruimtes nie net meer oor ons eie vakgebiede leer nie, maar meer oor leer / hoe om te leer / leer om as ’n eenheid meer verantwoordelike lands- en wêreldburgers te word, terwyl ons in die proses ’n blinker toekoms vir almal skep?

g) Hoe kan ons ’n nuwe aksiestrategie formuleer wat meningsverskille toelaat of selfs gebruik om meer komplekse en relevante wyses van wees en leer te skep, binne die ekologie van afstandsonderrig?

Die nabetragtingsproses was vir my ’n geleentheid om myself te beskou as iemand wat nie los staan van Unisa nie, maar die instelling weerspieël. Ek staan nie los van die instansie nie, maar is ’n integrale deel van die groter sisteem. Dit het my bemagtig om my rol in Unisa vanuit ’n vars perspektief te beskou. Daardie proses het deel uitgemaak van die derde- of volgende-orde-verhaal van Unisa. Die verhaal plaas die klem op twee kante van ’n gesprek: die eerste was na binne gerig (om te bepaal waar ek my tans bevind en hoe my lewe by Unisa ’n verskil kan maak), die tweede uitwaarts (om te bepaal watter effek hierdie aanbevelings moontlik op ander organisasies en sentrums van kennis in die afstandsonderrigarena kan hê, asook op ons genetwerkte samelewing). Ek het besin oor die universaliteit van sommige van hierdie beginsels, en hoe mens hulle kan toepas op ander afstandsonderrigkontekste (of op enige organisasie of gemeenskap).

4.1 ’n Blik na binne

Gedurende hierdie studie het ek myself by tye as ’n buitestander beskou wat op ’n afstand die universiteit se probleme betrag; by tye was ek weer ’n binnestander, verstrengel in Unisa se sake. Kennis van die wyse waarop my ekologiese denke die organisasie kon verander, het my tot ander insigte laat kom oor my rol en plek in die instelling. Ek was nie slegs ’n binnestander (as personeellid) of buitestander (as navorser) nie: as personeellid, student en navorser was ek in ’n dialogiese verhouding met Unisa, waar elk ’n holografiese weerkaatsing van die ander was. Terwyl ek dit nie nodig geag het om ’n “finale antwoord” te verskaf nie, was ek deel van die ekologie van die organisasie, betrek by ’n magdom sosiale verhoudings, en betrokke by die wêreldwye ekologie van leer.

Ek het besef dat ten einde sy verhouding met die studente te verbeter, ’n afstandsonderriginstelling indringende selfondersoek moet doen. Ons moet ’n kultuur van openheid kweek, waar studente hul ondervindinge met ons wil deel, en ons op ons beurt dieselfde wil doen. As ons so ’n gesprek aan die gang sit, sal dit moontlik andere aanspoor om deel te neem. Al wat nodig is, is oopheid en respek, en die vermoë om na gesprekke te luister en wederkerende gesprekke te skep – hoe meer menings daar is, hoe groter is die kompleksiteit wat ontstaan. In die proses sal nuwe idees mede-evolueer en meer komplekse en kreatiewe patrone sal te voorskyn kom.

4.2 ’n Blik na buite

Hoewel die studie beperk was tot die ekologie van afstandsonderrig en studentekommunikasie by Unisa, is die beginsels wat hier genoem is, kernbelangrik vir alle afstandsonderriginstellings – en, insgelyks, enige menslike ekologie. Die meeste afstandsonderriginstellings (en universiteite in die algemeen) stoei met soortgelyke kwessies, waar studente afgesonderd voel en, as individue, poog om self effektiewe leeromgewings te skep.

In ’n wêreld wat toenemend genetwerk is, waar leer skynbaar nie meer die alleenreg van opvoedkundige instellings is nie, en die internet die moontlikheid inhou van leer buite formele strukture, sal die meeste afstandsonderriginstellings nuwe en vernuwende metodes moet vind om met hul studente te kommunikeer, en waar hulle onderrig en leer kan toepas wat meer ter sake is vir die lewe binne genetwerkte samelewings. My voorstel is dat die klem nie net moet val op hoe tegnologie studentekommunikasie kan verbeter nie – ons moet eers aandag gee aan epistemologiese kwessies. Dan sal die student die middelpunt word, met tegnologie en vaardighede as uitkomste van ’n gedeelde evolusionêre proses wat gerig is op die ekologie van leer.

Die skep van ’n leerekologie – waar openhartige interaksie aangemoedig word, waar daar geen sentrale spilpunt van beheer is nie, waar die leerkrag optree as fasiliteerder (eerder as die bron van alle kennis), en waar samewerking die hoofdoel van menslike bestaan is – kan samelewings merkbaar verander. Dit is ’n realistiese moontlikheid, want in ’n toekoms waar tegnologie meer geredelik beskikbaar sal wees, kan randstandiges (“marginalised” mense) deel uitmaak van die genetwerkte samelewing. Hulle sal besef dat leer nie slegs kennis van die feite behels nie, maar ook hoe ons leer om te leer, en hoe ons aktiewe rolspelers of deelnemers kan wees in ’n wêreldwye of planetêre netwerk van gemeenskappe.

In ’n komplekse wêreld van netwerke, waar gelykheid en die individu weer geag word en elkeen die reg het om te leer, moet ons nuwe maniere bedink om te leef, te kommunikeer en te leer. Ons moet ook vernuwende instellings skep waar leer plaasvind, waar vernuwende denkwyses wedersydse waardering inoes, waar elke individu ’n plek het, en waar ons respek het vir die omgewing en die planeet waarop ons woon. Deur nuwe maniere van leer te ontdek, met behulp van tegnologie, sal ons in staat wees om in leergemeenskappe te selforganiseer. In sulke gemeenskappe sal ons leer oor die lewe en kennis inwin, en dit sal ons motiveer om oplossings te vind vir ons sosiale, emosionele, organisatoriese en planetêre probleme.

 

5. Slotsom

Ek hou steeds nie dagboek nie, maar ek besef nou die waarde van persoonlike refleksie as deel van die navorsingsproses. Ek was skepties oor die gebruik van outo-etnografie as navorsingsmetode, maar tydens my navorsing het ek besef dat persoonlike besinning deur die gebruik van die narratiewe proses ’n waardevolle navorsingsinstrument is. Ek het besef dat die wêreld ’n sosiale konstruksie is wat ons saam skep en dat ek deel vorm van hierdie gesamentlike konstruksie. Dit het vir my as Unisa-werknemer nuwe lig gewerp op probleme in die konteks van studentekommunikasie, en op my persoonlike verantwoordelikhede binne hierdie konteks en hoe ons saam ’n wêreld skep wat ons saam kan verander.

Deur die ontluikende proses van navorsing, en die gebruik van ontledende outo-etnografie as wederkerende reflektiewe filosofiese instrument, het ek ’n proses ontdek wat die teoretiese met die persoonlike kan vervleg. Ek het ’n geldigheidsmeganisme gebruik, soos voorgestel deur Maturana en Verden-Zöller (2008:150–1): daarvolgens moes ’n ondervinding beskryf word, en ’n generatiewe meganisme (die sewe teoretiese grondbeginsels) geskep word, met komplekse menslike stelsels as die metodologiese lens waardeur ek die outo-etnografiese verhaal van studentekommunikasie op wederkerende wyse kon bestudeer.

Deur die grondbeginsels van my verhaal van studentekommunikasie wederkerend toe te pas, kon ek afleidings maak en slotsomme bereik wat nuwe insigte verleen oor watter toestande moet heers as Unisa ’n leeromgewing wil skep wat in pas is met vandag se hoogs genetwerkte, komplekse leefwêreld. Ek het voorts groter klarigheid gekry oor kwessies rondom studentekommunikasie by Unisa, maar, belangriker nog, oor my unieke rol in die proses.

Ek het ontdek dat die gebruik van outo-etnografie as ’n sosiale konstruksionistiese benadering my kon help om te sien hoe ons die wêreld saam skep en ook kan verander. Ontledende outo-etnografie het my nader gebring aan my vakgebied en die sosiale kwessies waarmee ek daagliks worstel deur die teorie met my belewenisse en stories te verweef. Ek glo vas dat, in die buitengewoon komplekse tye waarin ons leef, ons moet steun op ’n proses wat diepe nadenke verg binne ’n sosiaal gekonstrueerde wêreld. Vir my het dit gebaat om ’n helderder begrip te vorm nie net van knelpunte rondom studentekommunikasie by Unisa nie, maar ook van sosiale, emosionele, organisatoriese en planetêre kwessies. As sosiale wesens skep ons ’n konteks waarbinne ons soms vasgevang word, en deur ons perspektief te verander kan ons ’n verskil maak en opwindende nuwe alternatiewe vind.

 

Bibliografie

Adloff, F., K. Gerund en D. Kaldewey (reds.). 2015. Revealing tacit knowledge: Embodiment and explication. Vol. 2. Bielefeld: Transcript Verlag.

Anderson, L. 2006. Analytic autoethnography. Journal of Contemporary Ethnography, 35(4):373–95.

Antony, A. 2015. Tacit knowledge and analytic autoethnography: Methodological reflections on the sociological translation of self-experience. In Adloff, Gerund en Kaldewey (reds.) 2015.

Bateson, G. 1988. Mind and nature: A necessary unity. New York: Dutton.

—. 1991. A sacred unity: Further steps to an ecology of mind, edited by RE Donaldson. New York: Cornelia & Michael Bessie Book.

—. 2000. Steps to an ecology of mind: Collected essays in anthropology, psychiatry, evolution and epistemology. Chicago: University of Chicago Press.

Bateson, N. (vervaardiger) en N. Bateson (regisseur). 2011. Ecology of mind: A daughter's portrait of Gregory Bateson. (Film). Chico: The Impact Media Group.

Brink, A.P. 1995. Sandkastele. Kaapstad: Human en Rousseau.

Capra, F. 1997. The web of life: A new synthesis of mind and matter. Londen: Flamingo, Harper Collins.

Daniel, J. 2008. Open education: After-dinner remarks at the William and Flora Hewlett Foundation grantees meeting. Open and distance learning in a changing world: Selected speeches of Sir John Daniel and colleagues, 2007–8:17–9. http://oasis.col.org/bitstream/handle/11599/131/JDspeeches_Vol4_web.pdf?sequence=1&isAllowed=y (20 Januarie 2013 geraadpleeg).

Davies, C.A. 1999. Reflexive ethnography: A guide to researching selves and others. New York: Routledge.

Denzin, N.K. en Y.S. Lincoln (reds.). 2000. Handbook of qualitative research. 2de uitgawe. Thousand Oaks, CA: Sage.

Douglas, K. en D. Carless. 2013. A history of autoethnographic inquiry. In Jones, Adams en Ellis (reds.) 2013.

Ellingson, L. en C. Ellis. 2008a. Autoethnography as constructionist project. In Ellingson en Ellis 2008b.

—. 2008b. Handbook of constructionist research. New York: The Guilford Press.

Ellis, C. 2004. The ethnographic I: A methodological novel about autoethnography. Kindle-weergawe. Walnut Creek, CA: Rowman Altamira.

—. 2007. Telling secrets, revealing lives: Relational ethics in research with intimate others. Qualitative inquiry, 13(1):3-29.

Ellis, C., T.E. Adams en A.P. Bochner. 2011. Autoethnography: An overview. Forum Qualitative Sozialforschung / Forum: Qualitative Social Research, 12(1):1–12.

Ellis, C. en A.P. Bochner. 2000. Autoethnography, personal narrative, reflexivity. In Denzin en Lincoln (reds.) 2000.

Galbin, A. 2014. An introduction to social constructionism. Social Research Reports, (26):82-92. https://www.researchreports.ro/images/researchreports/social/srr_2014_vol026_004.pdf (19 Junie 2018 geraadpleeg).

Gleick, J. 1987. Chaos: Making a new science. New York: Viking.

Günther, F. en C. Folke. 1993. Characteristics of nested living systems. Journal of Biological Systems, 1(3):257–74.

Henning, E. 2011. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik Publishers.

James, M. 2012. Autoethnography: The story of applying a conceptual framework for intentional positioning to public relations practice. Public Relations Review, 38(4):555–64.

Jones, S.H., T.E. Adams en C. Ellis (reds.). 2013. Handbook of Autoethnography. New York: Routledge.

Kauffman, S.A. 2008. Reinventing the sacred: A new view of science, reason and the sacred. New York: Basic Books.

Keeney, B.P. 1983. Aesthetics of change. New York: Guilford Press.

Lemmer, E. 2012. Konstruering van die akademiese habitus: ’n Analitiese outo-etnografie van 25 jaar in die akademiese wêreld. LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 9(3):548–79. http://litnet.co.za/assets/pdf/ELemmer_9_3_GW7.pdf (19 Junie 2013 geraadpleeg).

Lemmer, E.M. 2016. The supervisor under scrutiny: An autoethnographic inquiry. Qualitative Sociology Review, 12(1):78-97.

Lull, J. en E. Neiva. 2012. The language of life: How communication drives human evolution. New York: Prometheus Books.

Maturana, H.R. en F.J. Varela. 1980. Autopoiesis and cognition: The realization of the living. Dordrecht: Reidel.

—. 1992. The tree of knowledge: The biological roots of human understanding. Hersiene uitgawe. Boston: Shambhala.

Maturana, H.R. en G. Verden-Zöller. 2008. The origin of humanness in the biology of love. Exeter, VK: Imprint Academic.

McIlveen, P. 2008. Autoethnography as a method for reflexive research and practice in vocational psychology. Australian Journal of Career Development, 17(2):13–20.

Merriam, S.B. 2002. Introduction to qualitative research. Qualitative research in practice: Examples for Discussion and Analysis, 3-17.

Mitra, S. 2012. Beyond the hole in the wall: Discover the power of self-organized learning. New York: TED Books.

Morin, E. 1999. Seven complex lessons for the future. Parys: UNESCO Publishing

—. 2008. On complexity. Cresskill, NJ: Hampton Press.

Morowitz, H.J. 2002. The emergence of everything: How the world became complex. Kindle-weergawe. New York: Oxford University Press.

Olson, S. 2003. Mapping human history: Genes, race, and our common origins. New York: Houghton Mifflin Harcourt.

Porter, T.B. 2006. Coevolution as a research framework for organizations and the natural environment. Organization & Environment, 19(4):479–504.

Robinson, K. 2009. The element: How finding your passion changes everything. Londen: Penguin.

Smuts, J.C. 1927. Holism and evolution. Kindle-weergawe. Londen: MacMillan and Co.

Unisa. 2012. Student satisfaction survey, Wave 1 of 2012. Interne dokument. Pretoria: Unisa.

Wiener, N. 1962. Cybernetics or control and communication in the animal and machine. Cambridge, VSA: The MIT Press.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Kapenaars, kom gesels saam oor moedertaalonderrig

$
0
0

Die belangrikheid van moedertaalonderrig kan nie genoeg beklemtoon word nie en vanjaar kry Kapenaars die geleentheid om die ATKV se Moedertaalfees, in samewerking met Afrikaans.com, by te woon.

Op 15 September 2018 word daar by die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville land en sand oor moedertaalonderrig gesels.

UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) beskryf moedertaalonderrig as “opvoeding wat ’n persoon se moedertaal as onderrigmedium gebruik”. Dié organisasie meen ook dat moedertaalonderrig absoluut noodsaaklik is. Die ATKV en Afrikaans.com deel hierdie siening wanneer daar oor taal in die onderwys gepraat word, juis omdat navorsing bewys het dat kinders beter leer, verstaan en presteer in hul moedertaal.

Die #MyTaal-program is, soos altyd, propvol en benewens die Skitter-in-Afrikaans-werkswinkel is daar interessante sessies om na uit te sien. Daar sal ook boeke, hulpmiddels en plakkate te koop aangebied word.

Die groot geskenk van moedertaal

Die bekende skrywer en spraakterapeut Christien Neser gaan vanaf 12:00 oor die belangrikheid van moedertaalonderrig gesels. René Arendse, projekkoördineerder van Afrikaans.com se muurkunsprojek, gaan ook ’n bydrae lewer oor moedertaal. Hierdie gesprekke is gratis en kan deur enige belangstellendes bygewoon word.

Indien jy die Christien se praatjie wil bywoon, stuur ’n e-pos voor 12 September aan RozeldiT@atkv.org.za.

Skitter-in-Afrikaans

Dié werkswinkel, gereël deur die ATKV se taalafdeling in samewerking met die vakadviseurs van Afrikaans in die Wes-Kaap se onderwysdistrikte, word vir graad 1- tot graad 7-Afrikaansonderwysers (huistaal en eerste addisionele taal) aangebied.

Tydens die werkswinkel sal onderwysers leiding kry in taalonderrig en toegerus word met kreatiewe idees, nuwe vaardighede en praktiese oplossings vir uitdagings in die klaskamer. Die temas wat bespreek gaan word, is die remediëring van lees, die sleutel tot suksesvolle leesbegriponderrig en woordeboekgebruik. Hulle sal ook deel wees van #MyTaal-pret en gesprekke oor die belangrikheid van moedertaalonderrig. Die werkswinkel sal van 07:00 tot 11:00 plaasvind.

Daar is slegs vir 200 mense voorsiening gemaak en onderwysers wat die werkswinkel wil bywoon, word versoek om so gou as moontlik in te skryf.

Die Skitter-in-Afrikaanswerkswinkel kos net R150. Indien jy belang stel, kontak gerus vir Rozeldi Trollip, projekorganiseerder by die ATKV, by 011 919 9006 of stuur ’n e-pos na RozeldiT@atkv.org.za.

Die sluitingsdatum is 31 Augustus en geen laat inskrywings kan aanvaar word nie.

The post Persvrystelling: Kapenaars, kom gesels saam oor moedertaalonderrig appeared first on LitNet.

Analytical autoethnography as a reflective philosophical instrument: towards an ecology of distance learning

$
0
0

Abstract

In this article I deal with my personal research journey using analytical autoethnography as a reflective philosophical tool in constructivist research. The research journey started with my attempt to find a way to improve the relationship between the University of South Africa (Unisa) and its students. I explored my own insecurities around writing about myself, and by bringing theoretical and philosophical aspects into the research I grounded myself and found the courage to write about my own experiences.

Choosing autoethnography as a research methodology was both a very exciting and challenging process for me. On the one hand I had a story to share, but on the other I was fearful that my story would be misinterpreted. Autoethnography is grounded in social constructionism, which posits that our world and our understanding of it and the meaning we give to it are co-constructed. My journey was also a social construction, grounded in the weaving of my story as it unfolded in a context which included a variety of theorists, colleagues and fellow thinkers. I therefore wanted to accompany my readers not solely though my personal experiences, but also on a journey of epistemological and theoretical realisation.

I was immediately drawn to analytical autoethnography, which brings analytical and theoretical aspects into the research process. This meant that I could not merely tell my story, but could also explain concepts and ideas in theory, and map them to my personal story, to help the reader follow my thought processes. I had a strong theoretical background, grounded in cybernetics and second-order cybernetics. Despite this, I felt confused and lost, caught in a maze I could not get out of. Although there were three key points of interest to me, I could not find the common thread to connect all the stories. (1) I was embarking on a doctoral study investigating student communication at Unisa. I had been working at the university for more than 20 years, and during that time I had become involved in student communication as part of a team attempting to improve the relationship between students and the institution. Somehow, no matter how hard we tried, it seemed that the relationship was deteriorating. I wanted to explore why our efforts were not working, and how to remedy the situation. (2) I wanted to explore my philosophical and epistemological roots in cybernetics, second-order cybernetics and ecological thinking to determine whether the solution to the problem of student communication lay there. My thinking was that if I applied a new philosophical lens, something new would emerge. (3) I had just discovered a recent publication by Maturana and Verden-Zöller (2008), in which Maturana (one of the founding fathers of second-order cybernetics and complexity theory) writes about our origins as humans. This triggered in me a quest to discover who we are as humans and what makes us “tick”. In searching for the key to the breakdown in the relationship between Unisa and its students I knew that the core of the problem had something to do with our essential humanness.

I explored my journey by interweaving my personal experiences with ideas of working in student communication at Unisa. To this end, I began adding, subtracting, multiplying and combining my own experiences with findings derived from the literature, from philosophy and from my own fundamental epistemological ideas. What emerged was a process involving weaving the theoretical with the personal, and it revealed seven fundamental principles: (1) epistemological vision, (2) a holistic and holographic perspective, (3) the nature of living systems, (4) the co-evolution of change, (5) humanness and the biology of love, (6) learning in a complex world, and (7) complex thinking and the ecology of action. Using these principles as a lens, I could recursively reflect on the relationship between the students and the institution.

Through this emergent process of constructivist research using analytical autoethnography as a recursive reflective philosophical tool, I discovered a process that helped me interweave the theoretical with the personal. This recursive process revealed new or meta-views of what was happening in the relationship between Unisa and its students. I call this methodology a recursive process of philosophical reflection through analytical autoethnography. By employing this process I was able to share what I had discovered, and how my discovery not so much changed the way in which Unisa deals with its students as it changed me profoundly.

I made deductions or drew conclusions that provided fresh insights into the form of recommendations about the conditions required for Unisa to create a learning environment that is conducive to the highly networked, complex world we live in. It also gave me a deeper understanding of issues around student communication at Unisa, but, most importantly, revealed my own role in the process. Throughout this very personal journey I came face to face with myself. I discovered how I was contributing to the distance between Unisa and the students, but I also learned that distance learning universities (like most organisations) are living, vibrant, complex systems, where we can co-evolve new cultures and communities that are more caring and eager to find solutions to our social, emotional, organisational and planetary problems.

I had doubts about using autoethnography as a research method, but during my study I learnt that my own personal reflective process of storytelling could not only be a valuable research tool, but could also provide fresh insights into the problems I encountered while working in the student communication context, while casting light on my personal role. I looked both inwards and outwards for new perspectives.

Looking inwards, I discovered that I often viewed myself as an outsider, criticising the institution, but though the process of recursive reflection I became aware of my dialogic relationship with Unisa, where the institution and I are holographic reflections of each other. I learnt that to improve our relationship with students we needed a culture of openness, where students could share with us their experiences and we could share ours with them. In the process, new ideas would co-evolve and more complex patterns would emerge.

Looking outwards taught me that the principles I had discovered can be applied to any distance learning institution or, for that matter, any human ecology. Most distance learning universities struggle with similar issues, where students feel isolated and, as individuals, try to find their own ways of creating effective learning environments. In a world that is increasingly connected, where learning is more distributed and the internet has opened up possibilities of learning outside of formal structures, most distance learning universities will have to find new and innovative ways of communicating with students. We need not only to focus on technology, but also to attend to epistemological issues. This will place the student at the centre, while technology and efficiencies will become the outcomes of a co-evolutionary process for the ecology of learning.

Creating ecologies of learning can change society fundamentally. This is highly possible, because if one imagines a future where technology is much more freely available, the marginalised can become part of this networked society and learn that learning is not just about knowing facts, but about learning how to learn, and becoming active actors or participants in a global or planetary networked society.

In this complex, globally networked world, where equality and the individual have once again become valued and where learning is everyone’s right, we must find new ways in which to live, communicate and learn. We must also find new ways of becoming institutions of learning, as innovative ways of thinking will make us value one another, value each individual’s place in the world, and value our environment and the planet we live on. That will allow us to find new ways of learning, facilitated by technology that allows us to self-organise into communities of learning. In such communities we will learn about life and knowing as we live life, and that will most likely allow us to find solutions to our social, emotional, organisational and planetary problems.

What I discovered was that using autoethnography as a social constructionist approach helped me to see how we co-create the world, and how – together – we can change it. Analytical autoethnography brought me closer to the subject and social issues I was dealing with on a daily basis. In the extraordinarily complex world we live in, we need a process that enables us to reflect deeply on the world around us. It has helped me to gain a deeper understanding not only of issues pertaining to student communication at Unisa, but also of social, societal, emotional, organisational and planetary issues. Most importantly, however, it has helped me understand my contribution to the creation of those issues and problems. As social beings we create a context in which we sometimes feel trapped, but by changing our perspectives we can make a difference and uncover new and exciting alternatives.

Keywords: analytical autoethnography; autoethnography; constructivist research; ecological thinking; qualitative research; reflexive autoethnography; social constructionism; student communication in distance learning

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig

The post Analytical autoethnography as a reflective philosophical instrument: towards an ecology of distance learning appeared first on LitNet.

Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902 Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk

$
0
0

Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902: Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa
Jackie Grobler

Uitgewer: 30º South Publishers Pty (Ltd)
ISBN: 9781928211297

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Met die publiseer van hierdie boek, Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902 Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa, het Jackie Grobler baanbrekerswerk verrig. Vir die eerste keer is ’n publikasie beskikbaar wat ’n bykans volledige visuele beeld van die herdenkings- of gedenkplekke van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) weergee.

Dit is Grobler se 14de boek en vorige publikasies sluit onder meer in The War reporter. The Anglo-Boer War through the eyes of the burghers (2004); Monumentale erfenis: ’n Gids tot 50 Afrikaner-gedenktekens (2012); en Oorlog-Beeld Nuusblad oor die stryd tussen Boer en Brit (2014).

Grobler verklaar dat verskeie oorloë meer as een naam het en dat dit selfs mettertyd verander. So was die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918) eers as die Groot Oorlog bekend, maar na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog (1939–1945) is dit na eersgenoemde naam verander. Die Anglo-Boereoorlog is deesdae ook as die Suid-Afrikaanse Oorlog bekend, maar Grobler verkies die benaming Anglo-Boereoorlog omdat dit die konflik tussen die twee Boererepublieke (die Zuid-Afrikaansche Republiek en Republiek van die Oranje-Vrystaat) en die Britse magte weerspieël.

Hy het benewens die gebruik van sekondêre bronne uitgebreide veldwerk gedoen en meer as 90% van die herinneringsplekke besoek en gefotografeer. Die uitgebreide bronnelys getuig van deeglike navorsing terwyl die indeks hoofsaaklik op persone, geselekteerde plekke, terreine, gevegte en botsings fokus.

Dit was sy doel om vir die student, die reisiger deur Suid-Afrika en die publiek ’n publikasie saam te stel wat aanvullend tot studies, as reisgids of as interessante leesstof benut kan word. Om dié rede het hy gepoog om ideologiese kwessies ter syde te laat en is die inligting volgens hom vanuit ’n “neutrale vertrekpunt” aangebied: dis nóg pro-Brits nóg pro-Boer. Grobler se navorsing dui daarop dat ongeveer 60% van die herinneringsplekke die Britse magte en ongeveer 40% die Republikeinse magte huldig. Voorts handel ’n gedeelte oor die rol van swartes, bruines en Indiërs in die oorlog en is die gedenktekens wat hulle huldig, so volledig as moontlik weergegee. Volgens Grobler is daar nogtans ’n groot gaping rakende die oprig van gedenktekens wat dié persone se deelname aan die oorlog herdenk.

Grobler deel die herdenking van die Anglo-Boereoorlog in vier stadia in. Die eerste fase is na die oorlog en strek tot ongeveer 1930, waartydens veral die slagoffers van die oorlog in die vorm van monumente gehuldig is; die tweede fase strek vanaf ongeveer 1938 tot 1948, waartydens ’n aantal gedenktekens vir burgers opgerig is; die derde stadium strek vanaf 1948 en bereik sy hoogtepunt in die 1970's, waartydens pogings aangewend is om byvoorbeeld historiese plekke te bewaar; terwyl die vierde stadium met die honderdjarige viering van die Anglo-Boereoorlog tussen 1999 en 2002 verband hou en daardeur gestimuleer is.

Hy verklaar dat een van die nalatenskappe van ’n oorlog herinneringe is wat voortdurend na gelang van die heersende geestesklimaat gerekonstrueer word. Monumente en gedenktekens word opgerig om leiers, helde, slagoffers, oorwinnings en rampe in herinnering te roep. Grobler klassifiseer die verskillende herdenkingsplekke soos volg: historiese landskappe en -terreine; monumentale strukture en gedenktekens; stand- en borsbeelde; gedenkplate; historiese aanduiders of merkers; historiese geboue; herdenkingsgeboue; historiese plekke; museums en museumuitstallings; historiese kunswerke; begraafplase en begraafplekke; en historiese name of plekname. Vir elk van die kategorieë het hy in sy inleidende hoofstuk ’n voorbeeld gekies om die aard en voorkoms daarvan te illustreer.

Die foto’s toon onder meer plekke waar gevegte plaasgevind het, soos die Karoo-landskap naby Colesberg; die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein; die stand- en borsbeelde van byvoorbeeld Louis Botha; plate met name wat op mure van geboue aangebring is; ’n plaat teen ’n gebou wat bloot die gevegsterrein aandui; die Mount Nelson Hotel, wat vir ’n rukkie die Britse magte se hoofkwartier was; die kerk in Middelburg; en Anton van Wouw se bronskunswerk getiteld Slegte nuus.

Hoofstuk twee, “Prelude to the war”, handel oor die gebeure wat tot die oorlog aanleiding gegee het, die oogmerke van die twee opponerende groepe en die voorbereidings wat getref is. In hoofstuk 3, “The military history of the war: the first year 11 October 1899–10 October 1900", word die belangrike botsings geskets, asook die inneem van die Republieke se onderskeie hoofstede deur die Britse magte. Die Republiek van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) is onderskeidelik in Mei en September 1900 deur die Britte geannekseer en daar is geglo dat die oorlog verby was. Die regerings van die twee Republieke het hernude pogings aangewend om die oorlog voort te sit wat van 11 Oktober 1900 tot 31 Mei 1902 geduur het. Dié pogings was die guerrillamanier van oorlogvoering en word in hoofstuk vier, “The guerrilla phase of the war 11 October 1900 – 31 May 1902" beskryf. In hoofstuk vyf, “The war of attrition”, word onder meer die swart Suid-Afrikaners se betrokkenheid by die oorlog, die konsentrasiekampe en oorlogsgevangenes bespreek. Hoofstuk ses, “Peace”, handel oor die onderhandelingsproses en die vredesooreenkoms bekend as die Verdrag van Vereeniging wat onderteken is. In die laaste hoofstuk, getitel “The legacy of the war”, behandel Grobler die generaals van die oorlog, die burgermonumente en die Britse gedenktekens.

Die foto’s is binne die konteks van die verloop van die oorlog aangedui en hou gevolglik met die rol van ’n bepaalde persoon of geveg op ’n spesifieke tydstip verband. Die foto’s is merendeels onderaan elke bladsy of so naby as moontlik aan die geskrewe verduideliking geplaas. Om dié rede is die foto’s ook op ’n bepaalde manier genommer: die standbeeld van generaal C de Wet in Bloemfontein is byvoorbeeld nommer P4.3.1, waar P4.3 verwys na hoofstuk 4 en die subopskrif 4.3 getitel “The guerilla war in the Orange Free State”, terwyl die 1 die eerste foto onder dié bepaalde opskrif is. Die swart-wit foto’s is nie veel groter as 40 x 40 mm nie en sommige foto’s is te donker, byvoorbeeld die bronsbeeld Slegte nuus van Anton van Wouw, foto nommer P1.11 op bladsy 16 en ’n foto van ’n houtplaat nommer P4.4.15. op bladsy 191.

Die publikasie bevat 36 kleurfoto’s wat apart genommer is, byvoorbeeld CP 1. Tog is met die numerering gefouteer, want daar is nie ’n foto nommer 32 nie. Voorts sou ’n kleurfoto van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein eerder gepas gewees het in plaas van die talle kleurfoto’s van grafstene. Ek is van mening dat van die foto’s in die laaste hoofstuk by ander hoofstukke ingedeel kon gewees het. Voorts is die vraag of dit nodig was om foto’s van die grafstene van Eugène Marais en C Louis Leipoldt te plaas, veral in die lig van die feit dat hulle nie aan die oorlog deelgeneem het nie en bloot daaroor geskryf het.

Die voorwoord is deur Arnold van Dyk geskryf, maar ek mis ’n perspektief deur Grobler self. Dit sou van waarde gewees het as hy sy publikasie binne die konteks van soortgelyke bronne kon geplaas het en ook sy veldwerk, bevindings en “agter die skerms”-belewenisse met sy ondersoek geboekstaaf het. Verder sou ek graag meer te wete wou gekom het in watter toestand van die monumente verkeer. Die leser moet ook nie die agtergrondgeskiedenis van die oprigting van die betrokke monumente of gedenktekens verwag nie. Dit sou in elk geval in ’n lywige publikasie soos hierdie (met meer as 1 200 foto’s) nie moontlik gewees het nie. Merendeels is die datum van die oprigting van die monumente en gedenktekens wel vermeld. Die publikasie is slegs in Engels beskikbaar en gevolglik ook vir ’n kopersmark buite Suid-Afrika toeganklik.

Die publikasie is ’n onskatbare bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Die forse generaals op hulle perde, ’n bronsbeeld van ’n huilende dogtertjie op ’n seepkis, ’n agterryer wat die teuels van ’n perd vashou, eensame grafte in die veld en gras wat oor ’n verlate gevegsterrein wuif, vertel die verhaal van ’n oorlog wat almal in Suid-Afrika geraak het – dié oorlog wat nou in klip, graniet, bakstene en brons vasgevang is.

The post <i>Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902 Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa</i> deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Koos Human (1931–2018)

$
0
0

Gebore en getoë

Jacobus Johannes (Koos) Human is op 29 November 1931 gebore aan die Rand waar hy grootgeword het in die "rookvaal Witfield", ’n gebied naby Boksburg in die Oos-Rand, waar sy pa ’n mynamptenaar was. Die familie het maar swaar gekry, veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog-jare.

Hy was as kind al "boekbehep", het hy aan Hanlie Retief in Rapport van 15 Oktober 2006 vertel. Hy het onthou dat sy eerste leeservarings die Nederlandse boeke in sy ouerhuis was. In ’n Lewe met boeke (bladsy 11) het hy vertel hoe hy as jong kind al sy pennies bymekaar gemaak het om van die Burger-boekhandel die boekies van Helena Lochner, Leipoldt, Lulu Latsky en ander skrywers van dié dun kinderboekies te koop. Later het hy die rillers van Johann van der Post en Adriaan Roodt (wat toevallig dieselfde persoon was) vanaf Van Schaik-uitgewers bestel.

Hy het aan die Hoërskool Voortrekker op Boksburg gematrikuleer.

Verdere studie en werk

Ná matriek is Koos na die Universiteit van die Witwatersrand waar hy hom ingeskryf het vir die graad B Mus, maar hy het vinnig tot die besef gekom dat ’n mens nie belangstelling met talent moet verwar nie, het hy aan Thessa Bos (Zuid-Afrika, 1 April 2007) vertel. Dit het hom presies twee weke geneem om te besef hy was besig om in die verkeerde rigting te studeer.

Aan Hanlie Retief het hy vertel: "Toe ek daai mannetjies en dametjies hoor klavier speel, het ek besef ek's nie in hul klas nie. Binne twee weke het ek van kursus verander."

Aan Bos het hy gesê dat sy volgende logiese keuse die letterkunde was. En hierdie verandering van kursus was die voorloper tot ’n baie interessante en, kan ’n mens maar sê, roemryke loopbaan in die Afrikaanse letterkunde. Alreeds in sy studiejare het hy in aanraking met die uitgewerswêreld gekom toe  hy vir sy M-skripsie (Die gewilde literêre werk: ’n ondersoek na die rol van leesstof in die hedendaagse samelewing) gesprekke met ’n aantal uitgewers, redakteurs en skrywers gevoer het, maar aan ’n loopbaan in die uitgewerswese het hy op daardie stadium nog glad nie gedink nie. Hy het sy MA-graad in 1953 met CM van den Heever as sy promotor behaal.

Ná sy studie is Koos na Die Vaderland as joernalis. Hier het hy kort na die ontdekking van goud in die Vrystaat hom soontoe begewe en daarvandaan verslag gedoen. "Een interessante tyd," het hy aan Bos vertel, "waarin ek mense met die vreemdste verhale ontmoet het.”

Sy loopbaan as joernalis het net so bietjie meer as ’n jaar geduur. Daarna was hy vir drie kwartale ’n onderwyser en het hy na sy tydjie as onderwyser twee jaar by die Vleisraad as vertaler gewerk.

Deur die bemiddeling van CM van den Heever het Koos in April 1954 sy loopbaan as uitgewer by Nasionale Boekhandel begin – vir twee jaar as assistent in die departement skoolpublikasies en vanaf 1956 (as 24-jarige) as hoof: algemene publikasies, waar hy, soos hy dit aan Hanlie Retief gestel het, "ewe dapper" ’n DF Malherbe-manuskrip afgekeur het.
Gedurende hierdie paar jaar by Nasionale Boekhandel het hy in kontak gekom met ’n aantal persone wat in sy latere loopbaan ’n beduidende rol sou speel. Een van die belangrikste van hierdie mense was Leon Rousseau wie se werke as skrywer en vertaler deur Nasionale Boekhandel uitgegee is.

In 1958 het Koos by Nasionale Boekhandel bedank en het hy ’n aanbod aanvaar om vir Afrikaanse Pers-Boekhandel in Johannesburg te gaan werk. Sy werk aldaar was gemik op die uitgewery sowel as die boekwinkels. Vir Koos het dit aanvanklik gelyk na ’n aantreklike sowel as uitdagende werk, maar hy het gou besef dat hy hom nie kan vereenselwig met die manier van werk by hierdie uitgewery nie en nege maande nadat hy daar begin het, het hy bedank.

Hy is in Februarie 1959 terug na die Kaap en was baie dankbaar toe Leon Rousseau sy voorstel om hulle eie uitgewery te begin, aanvaar het – en so het Human & Rousseau die lig gesien. Koos en Leon het as jong mense die waagmoed gehad om onbekende (vir daardie tyd) skrywers soos André P Brink, Etienne Leroux en Breyten Breytenbach onder hul vlerk te neem en hulle werke uit te gee, benewens die gewone skoolboeke en die tradisionele prosa en poësie. Só het Koos dan bekend geword as "die Peetvader van die Sestigers".

Jan Rabie het Human & Rousseau "die onafhanklikste en ondernemendste uitgewers in die land" genoem en Koos het hierdie skrywers se vriend en hawe geword, veral in die tye toe daar verwoed teen die sensuurstelsel in Suid-Afrika geveg is.

Koos het aan Die Burger (30 April 1994) vertel dat hy en Leon Human & Rousseau begin het met vier mense – hulle twee, ’n bode en ’n tikster. "Sy was ’n skitterende vrou. As jy in 10 van haar bladsye ’n tikfout gekry het, was jy bly om te sien sy is ook maar menslik. Sy het eenkeer vir ons instruksies getik oor ’n paar dingetjies in die kantoor, wat ek vir Leon gaan wys het. 'Ek wens ons het net een skrywer gehad,' het ek vir Leon gesê, 'wat iets so helder en duidelik kan uiteensit'."

Koos en Nakkie Louw, dogter van NP van Wyk Louw, is op 3 Januarie 1959 getroud. Hulle het twee dogters, Joan en Maria, en ’n seun, Jacobus. Nakkie is op 14 Julie 1984 op 49-jarige ouderdom aan ’n hartaanval oorlede en in 1986 is Koos getroud met Trewhella Cameron, ’n geskiedenis-onderwyser en skrywer van Die nuwe geskiedenis van Suid-Afrika.

In April 1980 is Koos genooi om aan ’n nasionale konferensie oor sensuur by die Universiteit van Kaapstad deel te neem waar hy oor "Die uitgewer en sensuur" sou praat. Hy het aanvanklik hierdie uitnodiging aangeneem, maar nadat hy gehoor hy sou die verhoog deel met Lammie Snyman, ’n vorige voorsitter van die Publikasieraad, het hy besluit om te onttrek. Volgens die korrespondent van The Star (16 April 1980) het Koos, sowel as Snyman geweier om kommentaar te lewer.

In 1981, met Koos se 50ste verjaardag, het daar ’n huldigingsbundel vir hom by Human & Rousseau verskyn onder die titel ’n  Natsteen vir Koos Human: bundel aangebied aan Koos Human by geleentheid van sy vyftigste verjaardag op 29 November 1981 in Kaapstad. In die perswese is ’n natsteen ’n lekker klein makietie – ’n kansie vir die setters en ook die redaksielede om te ontspan en wyn te drink in die drukkery nadat ’n skof goed afgeloop het. Die oplaag van ’n Natsteen was beperk tot 125 genommerde eksemplare wat nie in die algemene handel beskikbaar was nie.

Hierdie bundel bevat bydraes van skrywers en mede-uitgewers waarin hulle herinneringe rondom 20 jaar se "vreugdes en storms rondom die Afrikaanse boek" opgeteken het. Die bydraers was Hans Büttner, Abraham H de Vries, Elisabeth Eybers, WA Hofmeyr, JC Kannemeyer, Antjie Krog, Etienne Leroux, DJ Opperman, Jan Rabie, Leon Rousseau, Karel Schoeman, Lina Spies en Ernst van Heerden.

André P Brink se bydrae was getiteld "Die donkie se wonderlike ding" en hy het dit as volg afgesluit: "En uit vandag se middeljarige welvarendheid wat skrywers én uitgewers getref het, kan mens net met genoeë terugdink aan die avontuur van daardie tyd: ‘Bliss was it in that dawn to be alive, and to have Koos as your publisher’ – nou ja, so nie very heaven nie, dan tog ’n versekering dat jy met ’n oortuigde vegter langs jou beter toegerus is om die duiwel se leërs aan te pak." (Dit was na aanleiding van die stryd om Lobola vir die lewe gepubliseer te kry.)

Koos het Human & Rousseau in Desember 1994 verlaat en vanaf Januarie 1995 was hy redakteur van die meningsblad Insig. Hy het terselfdertyd op ’n deeltydse grondslag die kleiner uitgewery Brommaert-pers bedryf. Hy was vir jare betrokke by Kruik as voorsitter van die musiek en balletkomitee, asook lid van die uitvoerende komitee.

Vanaf Maart 1986 tot September 2008 was Koos verantwoordelike vir die skryf van Die Burger se hoofartikel op Saterdae. Tussen 1973 en 1980 het hy die radiorubriek vir Die Burger behartig en vir 16 jaar ook die platerubriek onder die titel Klassieke klank. Hy het in 1995 die DF Malherbe-gedenklesing in Bloemfontein gelewer toe hy gepraat het oor Die toekoms van die Afrikaanse boek.

Die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging het hulle erepenning vir 1992 aan Koos toegeken. Die destydse voorsitter van hierdie vereniging, professor doktor GJ Schutte, het tydens ’n besoek aan Suid-Afrika die erepenning persoonlik aan hom oorhandig. Schutte het Koos geprys vir sy bydrae tot die bou van kulturele bande tussen Nederland en Suid-Afrika en het ook gewys op die verhoudings wat Koos met baie Nederlandse uitgewers, skrywers en vertalers gehad het. Hy was ook vol lof vir Koos as uitgewer se belangstelling in publikasies oor die gesamentlike Nederlands-Suid-Afrikaanse historiese en kulturele erfenis.

Professor Schutte het ook die groot waarde van Koos se belangstelling in die publikasies van Nederlandse literêre werke vir gebruik in die Suid-Afrikaanse onderwys, soos byvoorbeeld die reeks Literatuur van die Lae Lande en Momente in die Nederlandse letterkunde, onderstreep. (Zuid-Afrika, Februarie 1992)

In 1994 het Koos die graad D Phil (honoris causa) van die Universiteit van die Vrystaat ontvang vir sy bydrae tot die vorming van die Afrikaanse letterkunde en die stimulering van die produksie van wetenskaplike werke. Ook in 1994 het Koos ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang vir die bevordering van die Afrikaanse boek.

In 1995 was Koos aan die ontvangkant van die Phil Weber-prys, die hoogste eerbewys aan ’n amptenaar van die Nasionale Pers. Oor hierdie eer en hoe hy daaroor voel, het Koos aan Johann Botha (Die Burger, 9 Augustus 1995) gesê: "Ek het drie antwoorde. Die eerste is dat dit vir ’n uitgewers nogal vreemd voel om ’n prys te kry. Gewoonlik is dit sy skrywers wat pryse kry, en dis ook hoe dit hoort.

"Maar – en dis my tweede antwoord – dis ’n besondere prys. Phil Weber was besturende direkteur van Nasionale Pers toe dié Human & Rousseau in 1977 oorgeneem het. Daar was altyd hierdie besondere verband tussen H & R en Phil Weber. Om nou ’n prys te kry wat na hom vernoem is, is spesiaal.

"Dis ook vir mense wat met boeke werk, ’n erkenning. Al die vorige wenners van die Phil Weber-prys was uit sektore soos koerante, tydskrifte en bestuur – groot kanonne soos (Lang) Dawid de Villiers, Piet Cillié, Wiets Beukes, Willem Wepener, Niel Hammann, Hennie Conradie, Danie Krynauw en ander.

"Vir my derde antwoord dink ek aan die beweerde woorde van Bertrand Russell toe dié verneem het hy gaan die Nobelprys kry: 'The honour is fine, but the money is beter ...' Vandag sou Russell dalk gesê het: 'and the tax man is the worst of all ...' "

Op 6 September 2008 het Koos se laaste bydrae tot Saterdae se hoofartikels in Die Burger verskyn. Hieroor het hy aan Heindrich Wyngaard (Die Burger, 6 September 2008) gesê: "Wanneer jy vir so lank ’n nuwe onderwerp vir elke skryfbeurt moet vind, raak dit op die ou einde sleurwerk en begin dit jou later bekommer."

Oor hierdie skryfproses het hy verder aan Wyngaard verduidelik: "Ek het altyd probeer om oor iets te skryf wat min of meer ter sake was, nie abstrakte onderwerpe nie, maar iets wat in die nuus min of meer aktueel is."

Hy het die hoofartikels destyds op ’n gewone tikmasjien getik en later het hy ’n rekenaar begin gebruik. "Ek sou dit egter nooit gewaag het om met die hand iets te skryf nie, want my handskrif is so lelik dat ek dit self nie sal kan lees nie. Ek bly ’n tweevinger-tikker."

In 1992 begewe Koos hom aan die anderkant van die uitgewers- en skrywersverhouding toe Die A tot Z van klassieke musiek verskyn het.

In Die Republikein van 27 November 1992 het Ia van Zyl geskryf dat dit die boek is waarvoor Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers gewag het. Dit bevat 1 300 afsonderlike alfabetiese inskrywings wat inligting gee oor 700 werke uit die klassieke repertoire. Die stories van al die bekende operas en ballette word vertel. Die belangrikste arias van die operas word vermeld en dit help die leser om dit in konteks van die verhaal te plaas.

Ook die belangrikste komponiste se lewensloop word uitvoerig weergegee. Daar is ’n musikale bespreking van die verskillende dele van simfoniese werke, concerto's en ander komposisies met spesiale aandag wat aan die verskillende instrumente afgestaan word.

Van Zyl het haar bespreking afgesluit: "’n Mens is Koos dankbaar vir ’n werklik monumentale stuk werk."

In 2005 is ’n nuwe uitgawe van Die A tot Z van klassieke musiek uitgegee. Gottfried Maas het in sy resensie daarvan (Die Burger, 11 Julie 2005) melding gemaak van Koos se groot liefde vir musiek. Hy het sy kennis van musiek uitgebrei deur soveel as moontlik daarna te luister, daaroor te lees en te gesels.

"Tot 2002 het hy as plate- en CD-rubriekskrywer 16 jaar lank met Die Burger se lesers tegelyk opvoedend en onderhoudend 'gesels'. Dat hy die afgelope 60 jaar intensief na musiek geluister en daaroor nagevors het, ly geen twyfel nie. Die meeste werke wat hy in Die A tot Z  bespreek, het hy gehoor en sy bronnelys is langer as twee bladsye.

"Human het hard gewerk – meer as drie jaar aan die eerste uitgawe – aan dié 'enigste omvattende gids tot die wêreld se klassieke musiekrepertoire in Afrikaans'. Sy bydrae tot die boek– en musiekkultuur is groot. Maar al sou hy nét Die A tot Z van klassieke kultuur tot stand gebring het, moes sy naam in goue letters op die gedenkmuur van kultuurpresteerders gestaan het. 'Dis inderdaad ’n geskenk vir ’n leeftyd,' het Daniël Kirstein in Insig oor die eerste uitgawe geskryf. Aan dié waarheid het niks verander nie."

In 2006 is Koos se ’n Lewe met boeke gepubliseer. In hierdie boek kuier jy saam met Koos, het Gerrit Brand in Die Burger van 9 Oktober 2006 geskryf. "Hy vertel jou oor sy lewe met boeke. Hoe hy by Nasionale Boekhandel begin werk het, sy kortstondige tydjie by Afrikaanse Pers-Boekhandel in Johannesburg en sy oprigting van Human & Rousseau saam met Leon Rousseau. (...)

"Meestal put hy maar uit sy geheue, maar kort-kort gaan krap hy in sy papiere, of raadpleeg die uitgewery se lêers. 'Ek het nooit ’n dagboek gehou nie,' sê hy wat klink na ’n tikkie selfverwyt.

"Hy vertel wonderlike stories oor karakters soos LW Hiemstra, DJ Opperman, Peter Blum en sy vrou, en boekmense wat aan die verkeerde kant van die wet beland het, soos Theo Friis en Mauritius Spies. (...) Die interessantste is egter die skrywers met wie hy te doen gekry het: Van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Etienne Leroux, Karel Schoeman, André P Brink, Breyten Breytenbach en ander. By die nadink oor dié lys wonder jy hoe die Afrikaanse letterkunde sou gelyk sonder Human & Rousseau. (...)

"Meestal wanneer mense hul storie vertel, is dit om te wys hoe reg hulle, en hoe verkeerd ander, was. Nie Human nie. Hy erken byvoorbeeld ruiterlik dat hy slegte oordeel aan die dag gelê het deur sekere manuskripte van Brink af te keur. (...) Hy blaas nooit sy eie trompet nie. Hoewel verskeie skrywers en ander kennisse bondig as byna tasbare karakters geskets word, bied hy geen 'sappige stories van agter die skerms nie', omdat hy 'die vertrouensverhouding tussen skrywer en uitgewer' respekteer. (...)

"Ná die kuier is daar nog soveel wat ’n mens wil weet, maar dat Human onderhoudend kan vertel, is ’n feit. Ek het ’n Lewe met boeke in een nag deurgelees – en eers láát in die bed gekom."

Joan Hambidge (LitNet) skryf dat die waarde van ’n Lewe met boeke vir haar daarin lê dat dit ’n stuk geskiedenis vir die leser bewaar. "Hierdie boek is ’n uiters belangrike tyds- en nie ’n ego-dokument nie. Dit is ’n argief waarin jy byvoorbeeld kan lees presies waarom Standpunte nie meer met ons is nie. (...)

"Elke hoofstuk in ’n Lewe met boeke is ’n verslag van ’n lêer in ’n kabinet wat ’n mens oopmaak. Vir die Afrikaanse leser is dit ’n belangrike boek, omdat Human hom altyd in die eerste instansie uitlaat oor letterkundige gehalte. Markgerigtheid is nie sy eerste drif nie."

Op LitNet maak Hannes van Zyl in sy bespreking van ’n Lewe met boeke melding van die geleentheidsgedig van Elisabet Eybers vir Koos se 50ste verjaardag voor in die boek. "Hy sluit dié aanprysende gedig in, maar waarsku dat die aandagtige leser nie maklik deur die oënskynlike vleitaal geflous sal word nie. Dit is wel so, maar die aandagtige leser sal nietemin oplet dat die gedig ook méér sê: haar uitgewersmedewerker word bevestig as medepligtige, ’n waardering van groter betekenis as enige maklike vorm van vlei.

"Human self het in ’n lesing voor die ALV-kongres by wyse van ’n aanhaling van Sir Stanley Unwin, ’n nugter mening oor die aard van die uitgewers gesuggereer: 'Publishers are not necessarily either philanthropists or rogues.' En die uitgewersbedryf is nie 'an occupation for gentlemen' nie; dit is 'a real business'.

"Sowel Eybers se gedig as Human se aanhaling van Unwin val in die toon van ’n boek wat reguit en sonder aanstel is en juis daarom ten volle bevestig dat Human nooit bloot ’n handelaar in bedrukte paper was nie, maar wel uitgewer in die rykste, wydste sin van die woord."

In 1962 het Afrikaans, wat Van Wyk Louw aan Koos beskryf het as ’n annus mirabilis, beleef. En dit was by Human & Rousseau wat dit gebeur het. Koos (Beeld, 12 November 1992) het meer daaroor  vertel: "Op 30 November 1962 skryf NP van Wyk Louw soos volg aan my: 'Baie dankie vir die eerste eksemplaar van Tristia. Ek is meer as tevrede daarmee, net soos almal aan wie ek dit al gewys het. Ek het eintlik ’n hele week gesmul aan H & R-produkte: eers Lobola wat ek uitstekend gevind het – so goed dat ek vir André Brink ’n fan mail-telegram gestuur het. Dit is verdomp slim gedoen. (...) Dankie ook vir die toestuur van die Silbersteins; ek is sowat halfpad daarmee, en geniet dit baie, stukke  beter as die vorige boeke. En al drie die werke so uitstekend van buite. Dis vir jou werklik ’n annus mirabilis."

Human & Rousseau, en daarby ingesluit dan Koos ook, het met die publikasie van daardie drie boeke wat binne drie maande verskyn het, die hele landskap van die Afrikaanse letterkunde verander.

Koos het vertel hoe dit gebeur het dat hierdie drie boeke by hulle uitgewery verskyn het: "Die eerste was Lobola vir die lewe. Hierdie roman het op ’n vreemde manier by H & R beland. Op ’n dag kry ek ’n oproep van WEG Louw wat my sê hy is deur George Minnaar gevra om ’n manuskrip van Brink vir Nasionale Boekhandel te beoordeel. Die titel was Naakfiguur, kers en ruit.

"Hy het gesê hy het in sy verslag duidelik aangedui dit is ’n belangrike roman wat gepubliseer moet word. Sy boodskap aan my was ons moet probeer om die manuskrip in die hande te kry as Nasionale Boekhandel teen publikasie sou besluit, Hy het my ook Brink se adres in Parys gegee. (...)

"Op die ou einde het die manuskrip wel by ons beland, en ons het toe besluit om dit te publiseer. ’n Ware via dolorosa het egter op die manuskrip gewag, waarvan gedeeltes in ’n Natsteen vir Koos Human deur Brink self beskryf word."

Koos en Leon wou die boek by Nasionale Handelsdrukkery laat druk, maar Phil Weber het Calvyn Palm, hoofbestuurder van die drukkers, aangeraai om dit nie te doen nie. Die manuskrip is daarna na die Cape Times waar ’n baie ywerige proefleser nie van sekere woorde in die teks gehou het nie en met groen ink baie kru Engelse vertalings van hierdie woorde in die kantlyn aangebring het.

Nadat die stel proewe by Guy Cronwright, destyds hoofbestuurder van die Cape Times, beland het, het hy vir Koos genooi om die saak te bespreek. Nadat hy gehoor het dat WEG Louw Lobola vir publikasie aanbeveel het, het hy gesê: "If as eminent a critic as dr Louw recommended publication of this manuscript, there is no question that the Cape Times must go ahead and print it." Daar is egter enkele mindere veranderinge aangebring.

Koos het verder vertel: "Sewe dae by die Silbersteins het op ’n ewe onverwagte manier by ons beland. Leroux se eerste boeke het by die ou HAUM verskyn. En hy moes eintlik die drukkoste van ten  minste die eerste roman betaal. Later was Gerry de Melker bestuurder, en hy en Leroux het goeie vriende geword. De Melker is weg, en John Malherbe het oorgeneem as bestuurder.

"Einde Junie 1962 kry ek ’n oproep van De Melker wat in geheimsinnige toon vra of hy my dringend kan kon spreek. Daar daag hy toe op met’n koevert in sy hand waaruit hy die later so bekende gelerige omslag haal waarop in groot swart letters geskryf staan: SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS met Leroux se handtekening daarby.

"Volgens De Melker het Leroux, met hom as tussenganger, die manuskrip aan HAUM aangebied, wat dit aan John Kannemeyer gestuur het vir ’n verslag. Hy het dit aanbeveel.

"Ek het Malherbe opgebel om seker te maak daar is nie êrens ’n misverstand nie, maar hy het gesê sy publikasieprogram vir die jaar is vol, dat Leroux daarop aandring dat die roman voor die einde van die jaar moet verskyn, en dat hy dit om daardie rede van die hand gewys het. So het ons nie net Sewe dae by die Silbersteins bekom nie, maar ook al Leroux se latere romans.

"Dit is oor die algemeen goed ontvang en sake het heel vreedsaam verloop totdat die Hertzogprys in 1964 daaraan toegeken is. Uit ’n bemarkingsoogpunt was dit ’n dubbele geluk, want nie net het ons meer as 30 000 eksemplare van Silbersteins verkoop nie; Een vir Azazel het in dieselfde tyd verskyn, en ons eerste oplaag van 6 000 is binne ’n oogwink uitverkoop.

Tristia het ook by wyse van spreke op ’n onverwagte manier by H & R beland. Van Wyk Louw het op ’n dag laat weet hy wil ’n manuskrip aan hulle voorlê. "Ek het hom op die nadele daarvan gewys, onder meer dat sy digwerk tussen twee uitgewers versprei sou wees en dat Tristia nie vir die WA Hofmeyer-prys in aanmerking sou kom nie.

"Sy betrekkinge met die destydse uitgewersafdeling van Nasionale Boekhandel was egter nie goed nie, en hy het wel die manuskrip gestuur met die versoek dit moenie in die 'ouderling-swart' van sy ander bundels verskyn nie, maar liewer bruin (’n kleur wat dikwels in Tristia voorkom). Ook oor die stofomslag het hy ’n wenk gegee: die teks daarvan het hy gemerk in ’n uitgawe van The Penguin book of Latin verse. Dit is reëls van Ovidius, waaroor ook uitvoerig geskryf is'."

Koos het ’n hele paar eerstes en hoogtepunte in sy lang loopbaan in die uitgewersbedryf beleef. Hy het aan Die Burger (30 April 1994) vertel: "Daar was ’n paar eerstes. Ek meen ek was die eerste – dit was nog in die dae by Boekhandel – wat ’n manuskrip van DF Malherbe afgekeur het. Dit was Die Boerprofeet wat later wel by ’n kerklike uitgewer verskyn het. En die eerste om die prys van ’n jeugboek bokant 10 sjielings op te skuif.

"Een van die dinge waarmee ek in die jare saam met Leon na my mening die voortou geneem het, was met posbemarking, lank voor Leserskring. Dan was Lobola vir die lewe bepaald die eerste Afrikaanse boek waarin die woorde ef-el en naai voorgekom het. Boerneef het nog vir my gesê hy het nooit gedink hy sal dit beleef om dit te sien nie.

"Dan was daar ’n paar belangrike werke buite die letterkunde soos die herinneringe van Betsie Verwoerd se sekretaresse, Annatjie Boshoff, en spesifiek politieke boeke, soos ons eerste boek by H & R, Anthony Delius se satiriese gedig The last division.

"Die grootste enkele prestasie, as ’n mens dit so wil noem, was vir my die deurslaggewende rol wat die polemiek in die hofsaak rondom Etienne Leroux se Magersfontein, o Magersfontein gespeel het in die afbreek van sensuur.

"Maar dit is ’n gedeelde prestasie, gerugsteun byvoorbeeld deur die gewilligheid van Nasionale Pers om finansieel by die hofsaak betrokke te raak, en die Akademie-toekenning van die Hertzog-prys toe die boek nog verbied was. Hierdie aangeleentheid styg uit bo enige enkele boek. Dit was ’n beginselsaak met – vir daardie tyd – ’n baie dramatiese betekenis."

Koos het ’n hele hoofstuk in ’n Lewe met boeke gewy aan die geskiedenis van Magersfontein, o Magersfontein. Hy het vertel Etienne Leroux het vir hom geskryf in ’n brief wat Koos op 11 Desember 1973 ontvang het dat hy die eerste hoofstuk voltooi het.

Koos het verder vertel van die toeval wat ook ’n rol gespeel het in die totstandkoming van die boek: "Nadat die manuskrip voltooi is, het Leroux nie, soos altyd in die verlede, na die Kaap gekom vir die finale redigering nie, want ek moes in daardie tyd in Pretoria wees en ons het daar in die Burgerspark-hotel aan die manuskrip gewerk. Twee uitsonderlike maar toevallige omstandighede moet vermeld word. Daar sou ’n groot ballonvaart-gebeurtenis in Pretoria plaasvind en die hele voorportaal van die hotel was versier met plakkate wat allerlei lugballonne uitbeeld. Dit was natuurlik gesien as die slot van Magersfontein waar lord Sudden en Gert Garries in ’n ballon die ewigheid in styg ...

"Die tweede is dat ons ’n in die nabygeleë restaurant, Janina, gaan eet het. Die enigste ander gaste was die latere Magersfontein-nemesis, dr Albert Hertzog, en ’n dame. (Ek meen hy was toe ’n wewenaar.)"

Magersfontein se publikasie in 1976 is dit in 1977 met die destydse CNA-prys bekroon en oor die algemeen baie gunstig ontvang. Daar is ’n klag oor die boek by die direktoraat van publikasies ingedien, maar ’n komitee van deskundiges het geen rede gesien hoekom die boek verbied moes word nie. Die direktoraat het dus besluit om nie die beslissing na Lammie Snyman se appèlraad te verwys nie.

"’n Organisasie in die destydse Verwoerdburg genaamd Aksie Morele Standaarde het ingespring en ’n brieweveldtog op tou gesit, gerig aan die minister, diverse hoogwaardigheidsbekleërs, die skrywer en die uitgewers. Die proses was deursigtig. Maak nie saak waar die brief vandaan gekom het nie, dit is altyd in Verwoerdburg gepos en die handskrif op die koevert het verskil van dié in die brief."

Op 7 September 1977 het Connie Mulder sy reg uitgeoefen om die Appèlraad te gelas om die besluit van die komitee van deskundiges te heroorweeg. Daar was gerugte dat Mulder en Lammie Snyman ooreengekom het dat die boek verbied sou word voor die algemene verkiesing van 30 November 1977. Almal op Snyman se paneel, behalwe AP Grové, moes vooraf ’n onderneming gee dat hulle teen Magersfontein sou stem. H & R het 19 kundiges op hul paneel gehad – GJ Beukes, Audrey Blignault, Elize Botha, Wimpie de Klerk, Dawie de Villiers (minister), IL de Villiers, AH de Vries, BJ Engelbrecht (Hervormde Kerkteoloog aan die UP), Hugo Lambrecht (Kaapse direkteur van onderwys), Truida Louw, PJ Nienaber, Fanie Olivier, DJ Opperman, Coenie Rudolph (Transvaalse onderwysman), Franklin Sonn, Ernst van Heerden en Jan J van Schaik – en hulle was almal teen die verbod.

Geen vertoë sou help nie, want die bevinding was ’n voldonge feit. Op 21 November 1977 is die bevinding gelewer. AP Grové en Douglas Fuchs het ’n minderheidsverslag vir die boek ingedien. Maar die groot bom het gebars op 27 April 1979 toe die Akademie bekend gemaak het dat die Hertzog-prys aan Magersfontein toegeken is.

Hierna sou nog drie jaar verloop voordat die verbod op Magersfontein, o Magersfontein uiteindelik op 2 Desember 1980 opgehef is.

Koos sluit hierdie hoofstuk in sy boek af deur te erken dat hierdie hele geskiedenis vir hulle as uitgewers nie so ’n lekker afloop gehad het nie. André P Brink het ’n Oomblik in die wind na H & R gebring vir publikasie, maar ná ’n lang wroeging het hulle besluit om dit nie uit te gee nie. Brink het hulle nie kwalik geneem nie. Maar niemand het geweet dat die hele sensuurstelsel in Suid-Afrika ’n ommekeer sou hê nie. Ad Donker het ’n Oomblik uitgegee en dit het goed verkoop en dit is later deur Taurus oorgeneem. Nadat H & R vir Taurus in die 1990's oorgeneem het, het al Brink se ander boeke sedert Die muur van die pes in 1984 by Human & Rousseau verskyn.

Die effek wat die uitgerekte en dikwels vernederende geskiedenis op Etienne Leroux gehad het, het duidelik geblyk uit die aantal boeke wat hierna uit sy pen verskyn het. In 1982 het Onse Hymie verskyn, terwyl die onvoltooide Die suiwerste Hugenoot is Jan Schoeman eers na sy dood in 1990 gepubliseer is.

Op Vrydag 10 Augustus 2018 is Koos in sy huis in Kaapstad aan longontsteking oorlede. Hy was 86. ’n Gedenkdiens is op 21 Augustus vir hom gehou in die Christ Church in Constantia in Kaapstad. Eerwaarde Terry Lester het voorgelees uit Prediker en 1 Korintiërs. Sy vrou, Trewhella, het die bedankings gedoen.

Huldeblyke:

  • Wilma Stockenström: "Koos Human is onvervangbaar." (Die Burger, 11 Augustus 2018)
  • Kerneels Breytenbach: "Die grootste geluk wat my ooit getref het, was om vir Koos Human te kon werk. Hy was ’n besielende mens, wat die kuns verstaan het om na mense te luister. Hy kon beuselagtighede vermy, hy had styl in alles wat hy doen. Wyd belese, gretig om nuwe dinge te leer. Dit het neerslag gevind in ’n uitgewershuis waar daar ’n allesoorheersende liefde was vir boeke – veral Afrikaanse boeke. Hy het berekende risiko's geneem, en had ’n intuïtiewe aanvoeling vir idees wat blitsverkopers kon word. Daar is baie prinse in die uitgewershuise, en min konings. Koos Human was laasgenoemde." (Die Burger, 11 Augustus 2018)
  • Joan Hambidge: "Hy was ’n uitsonderlike intellek wat groot skrywers soos Karel Schoeman en Etienne Leroux kon inskat en Stockenström se besonderse Die kremetartekspedisie gepubliseer het. Hy was uiters belese en het onder meer by geleentheid opgemerk dat ’n mens War and peace moes ken voor jy kon saampraat oor die letterkunde. Verder het hy jong digters uitgegee en kon hy kundig praat oor lettertipes en presies waar ’n digter inpas. Hy het jong literatore in 1980's ook aangevat oor los uitsprake. Hy had ’n ingeboude snert-meter. Hy was ’n bon vivant." (Die Burger, 11 Augustus 2018)
  • Ton Vosloo: "Koos Human en Leon Rousseau het in die laaste eeu die toonaangewendste uitgewery opgebou, van Afrikaanse boeke wat vensters oopgeruk het sodat die vars lug die muwwe sensuursbelaaide regime kon aanpak." (Die Burger, 11 Augustus 2018)
  • Hettie Scholtz: "Human sal altyd onthou word as dié uitgewer wat ’n bepalende rol in die Suid-Afrikaanse uitgewerswese gespeel het. As natneus-uitgewers in die vroeë 1980's was hy vir my en my kollegas by HAUM-Literêr ’n rigtingwyser van wat dit beteken om ’m uitgewer te wees. Sy belesenheid, professionaliteit, waagmoed en vaardigheid as raconteur is goed bekend. Op my beurt sal ek hom ook altyd onthou as ’n gewer wat nie suinig was met goeie raad nie, selfs vir die 'onervare' opposisie." (Die Burger, 11 Augustus 2018)
  • Eloïse Wessels: "Koos Human was ’n kleurryke persoonlikheid wie se aandeel aan die ontwikkeling van die uitgewersbedryf in Suid-Afrika onvolprese is. RIV Koos. Ons gaan jou verskriklik mis.” (LitNet)
  • Jacobus, sy seun: "Koos Human het ’n besonderse benadering tot die lewe gehad. Hy was sterk, maar ook sensitief en kwesbaar. Ek en my twee susters was bevoorreg om ’n pa soos Koos te hê. Aandete was ’n baie spesiale tyd. Ons kinders is rondom daardie tafel gevorm." (Die Burger, 22 Augustus 2018)
  • Etienne Leroux: "Slegs die ingewydes ken Koos se beroemde lag. Dis ’n vorm van petit mal. Sy oë word vaal, hy strek sy arms soos ’n priester wat sy seën oor persone en sake uitspreek. Daar is ’n stilte voor die benediksie terwyl Koos geluidloos heen-en-weer wieg. En daarná kom die edele geroggel vóór die groot ontploffing. Ons wag almal in diepe spanning totdat Koos oor die damwal bars en ons almal meesleur in die bruisende stroom. Dis ’n heerlike ervaring. Koos is gelukkig; ons is gelukkig. (...)

    "Nadat alles afgehandel is ... is daar ’n bietjie droefheid by Koos. Hy het ’n manier om homself in ’n eie wêreld te onttrek. (Ek dink sy beste vriende ken daardie wêreld nie, dit is sy eie.) En dit geskied op die mees onverwagte oomblikke. Koos is vrolik, Koos is puntenerig, Koos is onnutsig sondig. En, meteens, word Koos eensaam. Maar, as Koos terugkom, op sy vakgebied, is hy so koud soos die noorde." (Die Burger, 10 Desember 1994)

  • André P Brink: "Van die eerste dag af het dit vir Koos gegaan om die publiseer van ’n werk waaraan hy geglo het en wat hy teen alle denkbare weerstand – spesifieke struikelblokke sowel as ’n algemene 'klimaat' – in  verdedig het. Binne die opset van destyds (1960's) ondenkbaar, soos Louw inderdaad uitgespel het, dat Lobola sou kon verskyn as dit nie was dat ’n jong ondernemende uitgewer bereid was om end-uit daarvoor te baklei nie. Die kleiner kompromieë wat ons daarvoor gesamentlik moes aangaan, was gesien in die geheelkonteks minimaal. Die wins vir die hele Sestiger-geskiedenis was yslik: toe Lobola binne dieselfde maand as Silbersteins by H & R verskyn het, het al wat jong skrywer in die land was, eensklaps besef dat daar vir hulle werk ’n tuiste was: en dat Tristia bowendien nog dieselfde maand, nes tewens Balans, by dieselfde amper onbeduidende klein uitgewery die lig gesien het, het bewys dat dit nie gaan om sensasie of eendagsvlieë nie, maar om die literatuur self. Ek wil skaars dink aan wat sou gebeur het as Koos op daardie spesifieke tydstip nie byderhand was nie: hy en Sestig is ondenkbaar sonder mekaar." (Uit: ’n Natsteen vir Koos Human. Soos oorgedruk in Rapport, 13 Desember 1981)
  • Elisabeth Eybers:

Vir Koos

Liewe, deskundige Koos,
ag waar sou ons sonder jou wees?
– Ons, elkeen met vasberade
aanspraak op jou genade,
kon nooit van die denkbeeld genees
dat Suid-Afrika gretig moet wees
om wát ons ook neerpen te lees.

Liewe, deskundige Koos,
ag waar sou ons sonder jou wees?
– Sonder jou koel taksasie
maar veral jou gulhartige grasie,
jou altyd geduldige lag,
jou sikkels wat ons verag
dog nietemin klokslag verwag?

Met al ons verdraaidheid en vrees,
voortvarend en voorsorgloos,
as waar sou ons sonder jou wees?
Al is die kuns ook hóé boos,
steun ons nóg, medepligtige Koos!
(Uit: ’n Lewe met woorde. Human & Rousseau, 2006)

Publikasies

Publikasie

Die A tot Z van klassieke musiek

Publikasiedatum

  • 1992
  • 1993
  • 2005

ISBN

0798145137 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Klassieke musiek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Lewe met boeke

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798147032 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Biografies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Koos Human as samesteller:

  • Liggaamlose taal: gedigte oor die musiek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1996 [ISBN 079813576 (hb)]
  • Raar maar waar: 100 ongelooflike feite uit die hede en verlede. Kaapstad: Human & Rousseau, 2000
  • Willekeur: ’n willekeurige keur. Kaapstad: Human & Rousseau, 1994 [ISBN 0798133279 (hb)]

Artikels oor Koos Human beskikbaar op die internet:

Bronne:

  • Human, Koos. 2006. ’n Lewe met boeke. Kaapstad: Human & Rousseau
  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Koos Human (1931–2018) appeared first on LitNet.


Afrikaans se komvandaan

$
0
0

Willa Boezak | Foto: Izak de Vries

Die Vriende van Afrikaans het op 16 Augustus hul Ommietafel-gesprek gehad waartydens Willa Boezak die spreker was.

Die aand is afgeskop met ’n eerbetoning aan wyle Christo van Rensburg, en Boezak het gesels oor die manier waarop Van Rensburg die Afrikaanse landskap beïnvloed het. Van Rensburg se nalatenskap is toeganklik vir alle Afrikaanssprekendes en hy het gesorg vir eenheid onder talle sprekers van die taal. Boezak het ook gesê dat as dit nie vir Van Rensburg was nie, sou hy nie vandag so ’n groot taalstryder gewees het nie. Van Rensburg en diegene soos hy het van ’n menigte mense taalaktiviste gemaak en daarvoor sal sy naam nog lank voortleef.

Boezak se praatjie was getiteld “Afrikaans die reënboogtaal” en hy het tydens die gesprek die diverse wortels van die taal gedeel. Die manier waarop aardsbiskop Desmond Tutu en oudpresident Nelson Mandela gestrewe het na ’n reënboognasie, ongeag daarvan dat daar sommige landsburgers is wat dink die beginsel het misluk, bly die idee daarvan steeds vir ’n menigte mense ’n edele aspirasie. Net soos wat die reënboognasie daarna gestreef het om inklusief te wees, so maak Afrikaans dit ook haar werk om erkenning te gee aan al haar variëteite en die ontstaan van die taal, meen Boezak.

“Ek glo nog diep in my hart dat dit moontlik is om ander mense te aanvaar. Dis moontlik om wedersydse respek te kweek. Dis moontlik in elke persoon se wil en hart om te sê ‘Ek wil ’n klein Suid-Afrikatjie [in my huis] skep.’ Dit is moontlik om ’n reënboognasie te hê as jy maar net begin oopkop raak, oopkop dink en oopkop doen. Sodoende skep jy dan dit wat die grootvaders van demokrasie oor gedroom het,” het Boezak gesê.

In ons land se huidige politieke klimaat gebeur dit dikwels dat ons verby mekaar praat en verby mekaar groei. Boezak moedig mense aan om verby hul verskille te kyk en saam van die land ’n beter plek te maak.

Die wanopvatting rondom Afrikaans het hy ook aangespreek – dat dit ’n onderdrukkerstaal en witmenstaal sou wees. Dit is om hierdie redes dat sommige meen daar moet afgesien word van Afrikaans.

Ek wonder dikwels wat nog gedoen moet word sodat diegene wat voor in die koor #AfrikaansMustFall skree, sal besef dat ’n taal nie mense kan onderdruk nie – slegs die sprekers van die taal is daartoe in staat.

Ek het geweldige respek vir Boezak en hy is ’n taal- en kultuurskat wat bewaar moet word.

Die tyd het aangebreek dat ons gesprekke begin voer wat verder strek as die ontstaan van Afrikaans. Afrikaans is op ’n mespunt – soos wat gesien kan word in die manier waarop die taal drasties uitgefaseer en afgeskaal word, nie net op tersiêre vlak nie, maar ook op skole. En wat gaan ons gemeenskappe doen om te verseker dat die taal sonder enige vrese sal voortleef? Hoe gaan Afrikaans ander tale omarm? En wat kan prakties gedoen word om seker te maak dat die antagonistiese gevoel wat daar heers oor Afrikaans, kan verdwyn? Op watter maniere is Afrikaans besig om mense se lewens ekonomies, sosiaal en maatskaplik te verbeter, en hoe kan dit bydra tot kohesie in ons samelewing? Dit is die tipe gesprekke waaraan ek graag sou wou deelneem.

Lees ook:

Afrikaans is ’n reënboogtaal

The post Afrikaans se komvandaan appeared first on LitNet.

Kom ons dink “buite die boks”: Wat van ’n Afrikaanse Taalunie?

$
0
0

Tydens my onlangse Europese verblyf as gasdosent in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Leiden, Nederland was ek by geleentheid op besoek aan die Nederlandse Taalunie (NTU) in Den Haag. Terwyl ons koffie drink, het ek Hans Bennis, die hoofsekretaris van die NTU, gepols oor die moontlikheid dat die NTU nog nouer met Afrikaanse organisasies kan saamwerk. Die huidige samewerking is van ’n ad hoc-aard en wissel van projek tot projek, maar meer gestruktureerde samewerking sou nog beter wees.

Van die groter intrek van Afrikaans by die aktiwiteite van die NTU en die groter kring van die Neerlandistiek is daar tans nie juis sprake nie, gewoon omdat Afrikaans ’n taal is wat op sy eie bene staan. Maar weens Afrikaans se historiese verbintenis met Nederlands word Afrikaans wel as deel van die groot kring van die Nederlandistiek (dit is die breë bestudering van die Nederlandse taal- en letterkunde) beskou. Dit maak Afrikaans egter nie een van die Nederlandse Taalunie se fokuspunte nie.

Dit is ’n onderwerp waaroor ons ook al in die verlede menings gewissel het. Maar hierdie keer het hy iets gesê wat aan ons gesprek ’n nuwe dimensie verleen het: “Ek sal graag ’n samewerkingsooreenkoms met ’n Afrikaanse taalunie wil sluit en dan kan ons nouer samewerking tussen die twee taalunies hê.” En dit sou dan ruimte laat vir die sluit van ’n ooreenkoms met bepaalde uitkomste waarby beide tale sal kan baat, sê hy.

Dit laat ’n mens aan nuwe moontlikhede vir Afrikaans dink.

Voordat ek uiteensit wat ek dink so ’n Afrikaanse Taalunie kan behels, net kortliks agtergrond oor die samestelling en take van die NTU (http://taalunie.org).

Wat behels die werk van die NTU?

Vir die hele Nederlandse sprekersgemeenskap is Nederlands ’n taal van besondere waarde, ’n taal waarin die betrokke gemeenskappe op alle vlakke funksioneer daar waar Nederlands as taal erken word, daagliks gebruik om hulle lewe in te leef: praat, skryf, onderrig, oplei, werk, publiseer, preek, adverteer, uitsaai, gebruik as sosiale bindmiddel in die sprekersgemeenskap, ens. Vir hierdie gemeenskap is dit daarom van belang om die taal uit te bou, in stand te hou en ook sy invloed te vergroot – Nederlands het vir hulle “meerwaarde”, dus waarde bó die normale en alledaagse gebruik daarvan.

Op hierdie wyse word (en is) Nederlands ’n lewendige taal, ’n taal wat vir sy sprekersgemeenskap intrinsieke waarde het omdat dit hulle in staat stel om optimaal in hulle gemeenskap(pe) met mekaar om te gaan en hulle volle lewe in die taal te leef. Om dit in stand te hou en uit te bou is die NTU in 1980 as beleidsliggaam gestig. Die NTU is dus, breedweg beskou, ’n liggaam wat die belange van die Nederlandse taal wêreldwyd bevorder.

Die NTU as struktuur is opgerig (en word befonds) deur die regerings van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België). Dié liggaam het ten doel om die omstandighede te skep waarbinne die strewes van die twee regerings rakende Nederlands as taal uitgevoer kan word. Dit word aan die hand van ’n voorafbepaalde beleid gedoen.

Dit hou in dat daar ’n liggaam is (die Komitee van Ministers van die lande) wat die beleid formuleer op grond van die advies van ’n Raad van Kundiges, dat daar ’n struktuur (algemene sekretariaat) is wat die beleid help bepaal en uitvoer, en dat daar ’n Interparlemêntere Komitee (saamgestel uit parlementslede van die twee lande) is wat die uitvoering van die beleid monitor.

Met die hulp van kommissies, werksgroepe waarby deurgaans kundiges betrek word en ’n aantal samewerkingsooreenkomste word die beleid geïmplementeer.

Wat doen die Taalunie presies?

Die NTU moet beleid formuleer rakende die gebruik van taal in die Nederlandse samelewing deur ondersoeke en deur navorsing te doen oor die taal self (advies oor taalstruktuur en taalbevordering; spelling; grammatika; woordeskat en woordeboeke), oor die gebruik en gebruikers van die taal (waar, deur wie en hoe dit gebruik word; watter organisasies en instellings by die taal betrokke is), en hoe die taal uitgebou en bevorder kan word (deur die gehalte van onderwys op alle vlakke te monitor en te verbeter, deur die nasionale en internasionale bemarking van die taal). Dit moet dan op alle vlakke deurgevoer en praktyk gemaak word.

Die NTU dien derhalwe as ’n soort dinkskrum oor die Nederlandse taal aan die hand van die versamelde inligting, die uitwerk en saamstel van strukture en dan die implementeer daarvan. En dit werk reeds bykans 40 jaar heel goed, want Nederlands het heelwat om oor te spog: een van die mees gebruikte tale in Europa, die 40ste grootste taal in die wêreld. Dit het ’n taalinfrastruktuur wat deur ander tale beny word, dit het ’n lojale gebruikerskorps, ’n indrukwekkende rekord van vertaalde boeke, ’n groot uitgewersbedryf, en ook mense wat graag hulle eie taal gebruik. Daar is ook nog heelwat ander sake waaroor gespog kan word.

Dit word alles moontlik gemaak deur ’n klein personeelkorps van kwalik meer as 30 permanente personeellede, en talle vrywilligers wat op etlike liggame en strukture saamwerk om die beleid te bedink en uit te voer. ’n Mens kom duidelik ver met goedopgeleide, toegewyde en geesdriftige werknemers wat binne die raamwerk van ’n praktyksgerigte beleid werk! Ons kan in Suid-Afrika nogal heelwat hieruit leer, omdat ons so graag talle nuwe poste met groot salarisse skep, maar waar daar dan uiteindelik min van nut realiseer. (Kan ek PanSAT as voorbeeld in hierdie verband noem?)

Wat hou dit vir Afrikaans in?

Afrikaans vaar self nie te sleg met taalbevordering nie, en daar is ’n groot verskeidenheid liggame wat op verskeie terreine besonderse werk doen om Afrikaans in stand te hou en uit te bou.

Ek noem slegs enkeles: die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (akademie, bekroning, onderwys), die Afrikaanse Taalraad (koördineer die aktiwiteite van 41 Afrikaanse organisasies, bevorder versoening), die ATKV (kuns en kultuur), die FAK (kultuur, geskiedenis), die Rapportryerskorps (kultuur), die SBA (bemagtiging), AfriForum (geskiedenis, burgerregte), die Vereniging vir Regslui in Afrikaans (Afrikaans in die regswêreld), die Erfenisstigting en ook die Afrikaanse Taalmuseum (bewaar geskiedenis en erfenis), die Virtuele Instituut vir Afrikaans (tegnologie), NALN (bewaar Afrikaanse letterkunde), die Buro van die WAT (Afrikaanse se grootste woordeboek).

LitNet hou Afrikaans sigbaar op die internet en die Internasionale Vereniging van Afrikaans (IVA) bevorder Afrikaans buite die landsgrense. En so kan ek aangaan.

Afrikaans hét derhalwe die liggame, instansies en belangegroepe wat ook die basiese take van die NTU verrig, maar dit is juis hier waar die probleem lê: die liggame is so baie en elkeen sit op ’n eie hopie met ’n groepie lede, ondersteuners en befondsers. En elke liggaam fokus so dikwels net op sy eie belange, en in hierdie proses word die groter (Afrikaanse) prentjie uit die oog verloor.

Dit dra daartoe by dat die ware bevordering van die taal nie plaasvind nie, maar eintlik net die bevordering van die onderskeie liggame self. Die taal word dan die middel tot die doel: die totstandkoming en instandhouding van ’n vereniging, instansie. Hierdie benadering lei tot versplintering, duplisering, en ongelukkig ook gebiedsbeskerming. In hierdie proses gaan die uiters belangrike fokus en koördinering wat die NTU as instelling so suksesvol maak, verlore. Geleenthede vir Afrikaans as taal gaan dan ook verlore.

My vraag is nou: Is dit die beste manier om Afrikaans in stand te hou en uit te bou? Dat elke organisasie of instelling naamlik op sy eie aangaan? Moet ons nie ’n slag praat oor of ons nie verder met Afrikaans se bevordering en beskerming sal kom as ons ook ’n oorkoepelende Afrikaanse Taalunie het nie? Sal dit Afrikaans nie meer gesag gee nie? Sal dit Afrikaans nie meer doelgerigtheid en fokus gee nie? Sal dit nie beter benutting van Afrikaans se hulpbronne (mense en befondsing) en energie wees nie?

Omdat ek by soveel van die liggame betrokke is of was, weet ek dat ek nou die leeu se snorbaard trek – maar júis omdat ek by soveel van hierdie liggame betrokke is of was, sien ek die leemtes makliker raak, veral omdat ek ook deeglik weet wat die NTU doen. En dis die geïntegreerdheid en gekoördineerdheid van die NTU wat tot suksesse bydra. Kan ons dus nie ook soos die NTU begin dink en – veral! – doen nie?

Baie van die werk hiermee is al gedoen met die totstandkoming van die Afrikaanse Taalraad in 2008, maar moet ons nie dalk nou ’n stappie verder gaan nie? Moet ons nie gaan sit en praat oor die voor- en nadele van ’n Afrikaanse Taalunie nie? Sal ons nie met ’n geïntegreerde Afrikaanse Taalunie verder kom as tans nie?

’n Mens sou kon argumenteer dat die NTU die bevordering van die Nederlandse taal in ’n aantal lande ten doel het: Nederland, België, Suriname, Aruba, St Maarten en Curaçao. Hierteenoor word Afrikaans slegs in Suid-Afrika as amptelike taal gebruik, alhoewel dit ook in Namibië as taal van algemene omgang gebruik word en selfs voorheen daar ’n amptelike taal was. Afrikaans word ook in talle ander lande deur Afrikaanssprekendes gepraat, maar dan slegs as kommunikasietaal. Afrikaans word ook as vak aan universiteite in verskeie lande gedoseer. Maak dit dan sin om vir Afrikaans dieselfde oorkoepelende struktuur tot stand te bring as vir Nederlands?

Ek moet erken ek weet nie wat die antwoord hierop is nie. Maar ek dink tog dit is ’n kwessie om gedagtes oor te wissel en die voor- en nadele daarvan teen mekaar op te weeg. Moontlik lê daar vir Afrikaans meer winste daarin om so ’n struktuur te hê as om die huidige versplintering te laat voortduur.

Kô, laat ôs ’n slag “buite die boks” dink.

 

* Wannie Carstens, afgetrede professor aan die NWU, Potchefstroom; oudvoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, en die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans.

The post Kom ons dink “buite die boks”: Wat van ’n Afrikaanse Taalunie? appeared first on LitNet.

Dankie, Generaal deur Nico Moolman: ’n resensie

$
0
0

Dankie, Generaal
Nico Moolman
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781868428137

Die subtitel is "Op die spoor van ’n oorlogspeurder" en die skrywer vertel omvattend van sy wêreldwye speurtogte in museums en plaashuise om besonderhede te boek te stel. Sy reise het ook gesorg dat talle beelde en voorwerpe nou behoue is.

Vir lesers wat bekend is met die boeke oor die Anglo-Boereoorlog, is daar min nuuts. Daar word skrapsgewys (dog aangrypend) vertel van die Engelse wreedhede en die lewe in konsentrasiekampe, maar daar is min wat nuwe nuus is. Vir die verloop van die ABO en die veldslae moet ’n mens maar historici soos Thomas Pakenham (Die Boereoorlog) en Rayne Kruger se uiters skaars Good-bye Dolly Gray in die hande kry.

Die boek se grootste waarde lê in die geweldig groot aantal foto's – sommige ingekleur – waarop die skrywer-speurder op sy reise in museums en ontmoetinge met nasate van ABO-soldate aan albei kante afgekom het. Die foto's bied ook ’n intieme blik op Boerekrygers en Britse soldate te velde en die praktiese werklikhede van die ABO. Moolman het ’n manier geskep om ongepubliseerde glasnegatiewe te ontwikkel en af te druk en dis dikwels verstommend dat die "afnemers" van daardie tyd tot sulke gehalte in staat was.

Baie van die foto's is uniek en is nou vir die eerste keer te sien. Een voorbeeld is die pakhuis wat tot teen die dak gestapel was met blikkieskos vir die Boere, maar wat onderskep is. Die foto van die breë houtbrug wat die Boere by Colenso vir hul soldate oor die Tugela gebou het, vertel van iets wat voorheen aan my onbekend was. Dit mag ’n fout wees, want sover bekend het die Boere nooit die Tugela oorgesteek nie, maar ten noorde van die rivier op die Tommies gewag. Ander werke oor die ABO vermeld ook nie die voetbrug nie, hoewel die oorspronklike in ’n wit byskrif sê "Boer foot bridge". Dalk iewers anders?

Nuwe stories

’n Hospitaal in Londen het bewyse uit die oorlog opgelewer waaroor min bekend is: platgeslane koperknope om soos ’n goue pond te lyk wat dan in die donker aan swart vroue aangebied is vir seksuele gunste. In die militêre museum in Bloemfontein is daar in ’n koevert met "Do not open" knipsels uit die koerant The Friend gevind van Britse soldate wat by hul swart gesinne afgeneem is. Wat sou ná die oorlog met hulle gebeur het?

Daar was natuurlik ook weldade na weerskante, soos die geval van die Britse majoor wat deur twee verhongerde en verkluimende Boere gevange geneem is en belowe het om met voorrade terug te keer as hulle hom laat gaan. Die majoor het woord gehou en later opgedaag met twee perde met saal en toom, komberse, warm klere, stewels en kouse en blikkieskos! Hierdie storie is by ’n erg bejaarde egpaar opgespoor.

Buitelandse deelname aan die ABO is bekend en daar is ’n foto wat op St Helena geneem is wat toon hoe mense van 18 verskillende nasies ’n hut gedeel het.

’n Aangrypende verhaaltjie vertel die storie van Seuntjiie, wie se moeder in die Bethulie-kamp tydens sy geboorte gesterf het – nog ’n storie met ’n gelukkige einde!

Die skrywer beskryf ook sy lang en suksesvolle soektog na die wedervaringe van die Boeremeisie Susan Nell, die persoon oor wie hy The Boer Whore geskryf het. Sy skrywe is later verwerk en het ’n treffer geword in François Smith se boek Kamphoer.

Die uitgewersprys vir die grootformaatboek van 176 bladsye is R310.

The post <i>Dankie, Generaal</i> deur Nico Moolman: ’n resensie appeared first on LitNet.

kykNET Silwerskermfees 2018: 20 kortfilms in kompetisie

$
0
0

Die agtste Silwerskermfees in Kampsbaai het pas afgeloop. Die 20 kortfilms in kompetisie, 10 elk van 11 en 22 minute lank, is uit ’n groot aantal inskrywings gekies en vervaardig met befondsing deur kykNET. Hoewel die standaard nie deurgaans so hoog was as die voorafgaande drie jaar nie, was daar tog veel om oor opgewonde te raak.

In feitlik ’n derde van verlede jaar se kortfilms was verlies ’n tema, en vanjaar is dit weer so, maar veel sterker: die dood figureer direk of indirek in 12 uit die 20 films: Die leeftyd van ’n orgidee, Grys, Haatklop, Tuiskoms, Uitstappie, Kloof, Non (kompos) mentis, Buiteperd, Fluit fluit, Die invloed, Die ongenooides en Benjamin. En vyf films eindig met geweerskote – sekerlik ’n teken van die tye waarin ons leef. Maar hoewel die sentrale tema dieselfde is, word die films op uiteenlopende wyse aangepak, wat sorg vir ’n wye verskeidenheid – ’n besliste pluspunt van vanjaar se aanbod.

Die leeftyd van ’n orgidee, wenner in die 11 minuut-kategorie, is ’n skrynende uitbeelding van ’n ou man wat die dood van sy vrou te bowe probeer kom. Dis fyn gestileer en pragtig verfilm, met ’n subtiele slot wat lof verdien vir Marí Borstlap, wat ook bekroon is as beste regisseur.

Grys, oor ’n tienerseun en sy pa wat eweneens worstel met verlies, is ’n klein, stil film wat ook beïndruk met sy paslike slot. Dieselfde geld Kloof, wat amper ’n soort ouboet vorm vir Grys en wat handel oor twee mansstudente en ’n universiteitskoshuis se ontgroening wat lelik skeefloop. In ’n tyd wat die Magnus Malan-bewerings toksiese manlikheid opnuut belig, verdien die filmmakers volpunte vir die manier waarop hulle moeilike onderwerpe kaalvuis aanpak. En dis nogmaals ’n film met ’n goeie slot. Aansluitend by hierdie mannefilms is daar Buiteperd, met die mooi uitbeelding van ’n liefdevolle pa-seun-verhouding. Ongelukkig word die film se goeie punte en humoristiese oomblikke bederf deur ’n oorhaastige slot wat nie behoorlik uitgewerk is nie.

’n Besonderse film wat temagewys op sy eie staan, is Nama Swaan. Dis nie enige filmmaker wat magiese realisme oortuigend kan uitbeeld nie, maar Jason Jacobs (draaiboek en regie) kry dit reg. Die invloed, ’n moderne Romeo en Juliet-verhaal, is nie in alle opsigte ewe sterk nie, maar ook hier is die magies-realistiese slot suksesvol. En ’n welverdiende nominasie as beste akteur vir Gershwin Mias.

Nog so ’n eiesoortige verhaal is Fluit fluit, losweg gebaseer op die fluitende predikantsvrou wat in die 1980’s die volk bekoor het met “Aandlied van die voëls”. Die periode-uitbeelding is trefseker en resoneer onder meer met die uitbeelding van Afrikanervroue in Sitting Pretty. Cindy Swanepoel verdien haar bekroning as beste aktrise deur en deur.

Non (kompos) mentis is gebaseer op die 2018 Woordfeesbundel se wenkortverhaal deur Clari Niemand, met kykNET wat ook die kortfilmprys daaraan toegeken het. Ten spyte van ’n paar haakpunte is dit ’n teksgetroue aanpassing van die verhaal met sy ontredderende sosiale kommentaar op die vrese en skuldgevoelens van wit bevoorregting.

Die swaargewig-dramas in die 22 minuut-kategorie is Die ongenooides, Benjamin (wenner: beste kinematografie deur Johannes Pieter Nel) en Axis Mundi. Die ongenooides speel af in ’n post-apokaliptiese Suid-Afrika waar mense genadeloos uitgemoor word, en Benjamin in 2030 tydens ’n 10 jaar lange droogte, en elkeen gee op sy eie manier ’n skrikwekkende toekomsbeeld. Die sielkundige riller Axis Mundi is in ’n klas van sy eie en troon uit wat betref die perfek afgewerkte draaiboek, foutlose regie en skitterspel deur Deon Lotz en Antoinette Louw, met eggo’s van Philip Seymour Hoffman en Joaquin Phoenix in The Master. Dis bekroon as beste film in die 22 minuut-kategorie, sowel as beste draaiboek en beste regie deur Matthew Jankes en Sean Steinberg.

En dan is daar, te midde van al die vrees en verlies, moord en doodslag, die reddende genade van komedie. Verlede jaar het sewe komedies opgelewer, vanjaar was daar net twee: ’n Kombi, kameelperd en ’n camcorder, ’n heerlike comedy of errors, en die klugtige treffer waarmee die kortfilms afgesluit is: Cowboy Dan. Laasgenoemde het dieselfde opgewondenheid gaande gehad as Vuil Wasgoed in 2014 – met sy wonderlik oorspronklike vermenging van Don Quixote en die western (Kaapse styl!) is dit een van daardie films wat jy móét sien. Brendon Daniels, bekend om sy ernstige werk, doen komedie soos ’n ou pro en is welverdiend bekroon as beste akteur, terwyl Reginald Hufkie as sy grootoog-Sancho Panza glad nie te versmaai is nie. Alexander la Cock het die prys ontvang vir beste redigering.

Kry dié films vanaf November op Showmax of geniet dit op kykNET. Soos elke jaar verdien die blou kanaal alle fliekliefhebbers se dank vir hierdie onmisbare inspuiting in die Suid-Afrikaanse filmbedryf.

Lees ook:

kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig

The post kykNET Silwerskermfees 2018: 20 kortfilms in kompetisie appeared first on LitNet.

Politieke versinsels rakende die amandelheining

$
0
0

In Bishopscourt en Kirstenbosch, Kaapstad is daar twee antieke lanings inheemse wildeamandelbome wat tot Nasionale Gedenkwaardighede verklaar is, in die geloof dat hulle oorblyfsels is van ’n heining wat in 1660 geplant is. Die een is bo-op die heuwel langs Klaassensweg en die ander is op die noordelike hang, binne-in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin. In onlangse tye is die bome beskryf as “’n simbool van verdeling” (a symbol of division) deur die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA), die “berugte heining” (infamous hedge) en “die eerste apartheidsdaad op Suid-Afrikaanse grond” (the first act of apartheid on South African soil) in Kirstenbosch Botaniese Tuin se amptelike toeristebrosjure. Die groep bome in die tuin is ’n vergaderpunt vir opvoedkundige doeleindes, met inligtingsborde en sitplekke. Skoolgroepe word daarheen gebring om na die bome te kyk en van hul versinde bydrae tot die geskiedenis te hoor: “The Grade 11 field trip was to Kirstenbosch to research South Africa’s segregation … in the shadow of Van Riebeeck’s hedge, the original racial divider of the 1650’s” (sic) (The Pinelander, jaarboek van Pinelands High School, 2014, bl 23).

Adjunkpresident Mbeki se bydrae toe hy op 25 Februarie 1999 as president van die ANC voor beide kamers van die parlement die Waarheid-en-Versoeningskommissie se verslag in ontvangs geneem het, is ’n voorbeeld van hoe ernstig die versinsel opgeneem word en hoe wydverspreid dit werklik is. Sy toespraak het dit wêreldkundig gemaak. Dit lui onder andere:

At Kirstenbosch Botanical Garden, a few kilometres to our east, are the remains of a 340 hundred (sic) years old almond and thornbush hedge. Planted by Jan van Riebeeck, this thorn (sic) hedge was intended to ensure the safety of the newly arrived (sic) white European settlers by keeping the menacing black African hordes of pagan primitives at bay. Black and white had to be kept apart, circumscribed by an equation which described each as the enemy of the other, each the antithesis of the other.1

Sy toespraak verwys vervolgens na die amandelheining as ’n rasseskeidslyn en ’n simbool van rasseskeiding.2

Die doel van hierdie artikel is nie om te probeer aantoon dat bogenoemde bome, wat algemeen as “die Van Riebeeck-heining” bekend is, nie die oorspronklike bome of hul afstammelinge is nie, maar ’n poging om hulle te bevry uit die mag van politieke mitologie en stigma. Skoolhandboeke oor geskiedenis en skoolgeskiedenisleerplanne is onder enige regering nie te vertrou nie en dit sou leerlinge baat as hul historiese navorsing in graad 11 liewer uit tydgenootlike dokumente gedoen word. In die betrokke geval is die primêre bronne om te ondersoek nie ’n skoolhandboek en ’n paar belasterde bome nie, maar die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie se amptelike dokumente wat in die Kaapse Argief en in die Nationaal Archief, Den Haag bewaar word. ’n Aantal daarvan, soos die volledige Daghregisters van 1651 tot 1662, wat noodsaaklik is om die betrokke geval te begryp, is in Engels en in Nederlands gepubliseer en in plaaslike biblioteke beskikbaar.

 

Die historiese agtergrond

Die inheemse wildeamandel (L. Brabeium stellatifolium) kom algemeen in die Wes-Kaap voor en was vroeër volop in die Kaapse Skiereiland.3 Vanaf voorkoloniale tye het die Koina die vrugte geoes en die sade gekook of gebraai om te eet. Die bome groei redelik vinnig en die volwasse takke verstrengel – ’n egte kreupelhout – sodat dit as heining ondeurdringbaar word vir groter diere, maar nie vir mense nie.

Foto: Jean Sleigh

Van Riebeeck het in 1660, as ’n ekonomiese en voorkomende stap, probeer om die Kompanjie en die koloniste se graanlande te beskerm deur dit met ’n lewende, groeiende heining van wildeamandelbome, aangevul met natuurlike en kunsmatige materiaal, te omhein. Die gesamentlike heinings sou van Tafelbaai se strand af agter om (dws ten ooste van) die koloniste se boerderye langs die Liesbeeck strek tot die bopunt van die plaas Boschheuwel (nou Bishopscourt), en die berghang wes van Kirstenbosch, met die doel om hul landerye teen vertrapping en beweiding en hul vee teen diefstal te beskerm.4

Die plant van sade het in Junie 1660 begin.5 Van Riebeeck het Franse matrose van die gestrande oorlogskip Le Mareschal vir die taak gebruik. Hy het die tydrowende, moeisame en arbeidsintensiewe langtermynprojek in besonderhede aan sy spaarsame werkgewers beskryf: dit sou vyf of ses jaar neem om doeltreffend te word en 3 673 roede (omtrent 13,3 km) lank wees.6 Intussen sou hy bykomde sekerheidsmaatreëls tref. Daarvoor is ’n paalheining van omtrent drie kilometer lank opgerig, van die reduit Uitkijk op Tafelbaai se strand (nou binne die dokgebied), met ’n hek by die buitepos Keert de Koe (by die huidige Montagubrug in Voortrekkerstraat, Maitland) waar die Koina se trekpad na die binneland deur die Liesbeeck gaan en van daar af tot by die buitepos Ruijterwacht (by die huidige Valkenburg-hospitaal). Van die Ruijterwacht af suidwaarts is die rivier se walle steil afgesteek om die deurdryf van beeste te belet. Aan die rivier se bolope is ’n takkraal (pega-pega) gepak tot by die buitepos Houd den Bul (geraamde posisie Rosestraat en St Alban’s Close in Bishopscourt).7

Die plant van ’n lewende heining was ’n ambisieuse, moeitevolle onderneming wat oor drie winters gestrek het. Die saailinge is nooit water gegee nie en was blootgestel aan droogte, vertrapping en beweiding deur diere. Waar plantjies dood is en gapings ontstaan het, kon die gapings eers die volgende winter gevul word.

Daar was geen sprake van “verdeling”, “uitsluiting” of “apartheid” in die beplanning of uitvoering van die projek nie; vroeg in 1661 het die inheemse Cochoqua-groep se vee aan weerskante van die embrio-heining gewei. Op 8 Januarie 1663 het die Goringhaiqua se diere aan die binnekant van die heining gewei. Drie dae later het die Cochoqua ook hul vee binne die heining gebring en weke lank daar gebly; die vee het dwarsoor die heining gewei en die vinger lange plantjies vertrap terwyl hul eienaars beeste en skape vir krale en opbruikbare middele by die Fort verruil het.8 Die Goringhaicona-stam (“Strandlopers”) het ook permanent by die Duintjies (nou agter die Waterfront) binnekant die heining gewoon.

Na Van Riebeeck se vertrek is die projek amptelik in 1663 deur kommissaris P Overtwater gestaak as onnodig, duur en moeilik om te onderhou.9 Dit was ook arbeidsintensief en aan somerhitte en -droogte onderhewig. Die VOC se uitgebreide argief dek die orige 132 jaar van sy regering aan die Kaap in fyn besonderhede, en daar is hoegenaamd geen verdere verwysing na ’n wildeamandelheining te vind nie. Ook word so ’n heining nie op enige van die Kompanjie se kaarte ná 1660 aangedui nie, hoewel die Liesbeeck, die paalheining, die pega-pega, die verskillende buiteposte en ander voorkomende maatreëls wat hier bo genoem is, almal duidelik aangewys word.10 Dit kan met redelikheid afgelei word dat Van Riebeeck se projek nie soos beplan ontwikkel het nie en nooit as ’n heining bestaan het nie.

’n Verdere argument teen die aanwesigheid van wildeamandelbome bo-op Wynberg-heuwel is dat daar van 1793 af en gedurende die Britse inval van 1795 ’n reeks optiese seinstasies in werking was wat die Kasteel met die berghang agter die huidige Groote Schuur-hospitaal, die top van Wynberg-heuwel, die buitepos Muysenburg (nou Muizenberg) en die buitepos Simons Baaij (nou Simonstad) verbind het.11 Omdat visuele kommunikasie ’n ononderbroke siglyn vereis, was die afwesigheid van bome bo-op Wynberg-heuwel ’n vereiste.

 

Compton se aansoek om verklaring

Amper drie eeue (276 jaar) nadat Van Riebeeck se eksperiment met ’n lewende heining gestaak is, het Robert Compton, die direkteur van die Kirstenbosch Botaniese Tuin, aanspraak gemaak op ’n groepie ou wildeamandelbome in sy tuin se historiese belang, en aansoek gedoen dat hulle tot historiese monument verklaar word. Daar is nêrens aangeteken hoe hy die ouderdom en oorsprong van die bome bepaal het nie. Dit is ook moontlik dat dit nie hul belang of betekenis was wat Compton aangespoor het nie; wildeamandels kom volop voor in hul habitat, en boonop was elke plant, struik en boom in sy tuin is reeds deur die wet beskerm. Was dit ’n plan om aan die botaniese tuin wyer bekendheid te verleen met ’n historiese monument as statussimbool, ’n “moet-sien” vir liggelowige skoolgroepe, ’n lokmiddel vir betalende besoekers, ’n spesiale verwysing in toerismebrosjures en miskien groter geldelike steun van die regering?

Daar het geen historiese gronde vir die verklaring bestaan nie, en die motivering wat Compton se aansoek vergesel het, bevat nie ’n enkele jota van argivale navorsing uit VOC-dokumente óf post-VOC dokumente rakende buurplase soos Boschheuwel, Feldhausen/Veldhuisen, Klaasenbosch, Alphen en ou Kerstenbosch, of enige teken van konsultasie met ’n historikus nie. Geen verwysing uit die byna drie eeue vóór Compton se aanspraak waarin enige skrywer daardie bome met Van Riebeeck assosieer, kon gevind word nie. Ná Compton, soos blyk uit SAEHA se lêers waarin Compton se aansoek te vinde is, het diegene wat wel die bome met Van Riebeeck verbind het, dit papegaaistyl gedoen sonder om Compton se aanspraak aan argivale ondersoek of historiese verantwoording te onderwerp.12

Die Historiese Monumentekommissie se proklamasie in 1936 was ’n mistasting. Daardie besondere kommissie was nie vir hul taak opgelei of toegerus nie, soos ander swaknagevorste proklamasies, byvoorbeeld dié van die buitepos Ziekenhuis en “Oupos” (buitepos Rietvallei aan die Buffelsjagtrivier) uit hul dienstyd toon.13 Deur Compton se aansoek te aanvaar sonder om aan te dring op argivale navorsing en verantwoording, het hulle onwetenskaplik en onprofessioneel opgetree. In 1945, toe die nuwe woonbuurt Bishopscourt uitgelê is, het die ontwikkelaars nog wildeamandelbome langs Klaassensweg ontdek en aangebied; dié is ook sonder ondersoek aanvaar en geproklameer.

 

Margaret Levyns se bydrae

Die eerste persoon, sover as ek kon vasstel, wat iets soos ’n politieke of rassebeskouing aan Compton se sogenaamde Van Riebeeck-heining kon geheg het en dus moontlik, indirek of direk, die skepper was van die versinsel dat die heining as ’n rasseskeiding bedoel was, was die botanis Margaret Levyns in ’n bydrae tot die Standard Encyclopaedia of Southern Africa (SESA) in 1970. Sy skryf dat die heining bedoel was “to keep marauding Hottentots out of the settlement”.14 In een konteks gelees plaas haar bewering die klem op veediewe en nie op alle inboorlinge nie, maar dit is maklik om dit ook in ’n ander konteks te lees, waarvolgens alle inboorlinge uit die “nedersetting” gehou is. Sy bied geen verwysing of bron aan nie, dus moet die gedagte oorspronklik wees. Nie SESA of die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) het ooit Levyns se beskouing bevraagteken of weerspreek nie, maar dit aanvaar en gepubliseer en dit daardeur geloofwaardigheid gegee.

 

SAEHA se plakkaat

Wet 28 van 1969 het die Historiese Monumentekommissie (HMK) met die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede (RGN) vervang. Die oorspronklike, tweetalige HMK-bronsplaat uit 1945 wat langs Klaassensweg vertoon is, is gesteel. Die plaat van sintetiese materiaal waarmee SAEHA dit vervang het, was nie ’n egte replika nie; onder meer wys die moderne rasseverwysing “Khoisan” in die nuwe teks dat die oorspronklike teks verander is.

Foto: Jean Sleigh

Op die plaasvervanger voer SAEHA Levyns se bewering verder en is dus óók, soos sy voorganger, die HMK, aan die skep van “nuwe geskiedenis” skuldig. Die nuwe bewoording, alles in hoofletters en slegs in Engels, was:

Van Riebeeck’s Hedge

This hedge was planted in 1660 by order of Commander Jan van Riebeeck as a barrier protecting the expanding European settlement against the indigenous inhabitants of the Cape. The hedge stretched from Kirstenbosch along Wynberg Hill to a point below the Hen and Chicken rocks. Beyond this the barrier continued as a pole fence to the mouth of the Salt River. The hedge has come to be a symbol of exclusion.

South African Heritage Resources Agency

Elkeen van bostaande vier sinne skep meer vrae as wat dit inligting verskaf:

1. (a) Watter bewys is daar dat dié heining (this hedge) deur Van Riebeeck geplant is en nie deur plaaseienaars gedurende die eeue na hom nie? Natuurlike of groeiende heinings was algemeen in gebruik.

J Schumacher 1777 | Swellengrebel – argief

Kyk byvoorbeeld na J Schumacher se panorama van die Kaap, c 1777, waar die meeste van die plasies of “tuine” bo die stad sy eie groeiende heining het. Hoe anders is die buurman se vee buite gehou en jou eie binne? Goedkoop hout vir lang heinings het nie bestaan nie en draadheinings dateer uit die middel-19de eeu. (b) Die bewering dat ’n heining geplant is om die nedersetting teen die inheemse mense te beskerm, is onwaar. In 1660 was militêre sekerheid nie ’n prioriteit nie; argiefstukke toon duidelik en onweerlegbaar aan dat die doel slegs was om veediefstal en die beweiding en vertrapping van gesaaides te voorkom. Die Koina kon na goeddunke daar oor gaan, en het ook. (c) “San” (Sonqua/Boesmans) was in geen opsig by die saak betrokke nie.

2. Uit watter bron kom SAEHA se stelling dat “the hedge … stretched from Kirstenbosch along Wynberg Hill to a point below the Hen and Chicken rocks”? Dit beweer dat die amandelpitte slegs bo-op Wynberg-heuwel geplant is, en nie langs die hele Liesbeeck van Tafelberg se oostelike hang tot so ver as die Ruijterwacht nie, soos in argivale dokumente beskryf word.

3. Die lengte en posisie van die paalheining is ook verkeerd, want dit het net van die Kijkuijt af tot die Ruiterwacht gestrek. Die Soutriviermond was verskeie kilometer wes van Kijkuijt en speel geen rol in dié geskiedenis nie.

4. “The hedge has become a symbol of exclusion” met sy politieke ondertoon is ’n nuwe toevoeging tot die HMK se teks en berus op ’n ongegronde bewering. Dit is redelik om navorsing uit primêre bonne te verwag waar geskiedenis ter sprake is en eerlikheid in openbare sake, en onredelik om bome te stigmatiseer en as simbole van dit of dat te verklaar. Shakespeare het geskryf: “There is nothing either good or bad but thinking makes it so” (Hamlet, 2, 2, 248). ’n Simbool (negatief óf positief) bestaan dus net in die gedagte van die spreker of skrywer.

SAEHA se nuwe plaat is ’n voorbeeld van onkundigheid, moontlike opsetlike verwringing van die geskiedenis, openbare verspreiding van waninligting en onnodige administratiewe werk, koste en arbeid. Watter amptenaar dit gemagtig het, is nie bekend nie, maar dit het amptelike erkenning aan die leuen gegee en waarskynlik die stof verskaf vir adjunkpresident Mbeki se Waarheid-en-Versoeningskommissie-toespraak.

 

Die toekoms

Ná die nodige deproklamasie deur Erfenis Wes-Kaap en die verwydering van SAEHA se plaat behoort die Stad Kaapstad die bome langs Klaassensweg as ’n Graad 3A-erfenisstuk in bewaring te neem en inligtingsborde op te rig wat aan die publiek vertel dat die inheemse Koina die vrugte as voedsel gebruik het, dat die robuuste, vinnig-groeiende bome ’n digte natuurlike heining vorm en onder pionierstoestande vir plaasheinings gebruik kon word, en dat voorheen gedink is dat dit die oorblyfsel is van ’n heining wat uit 1660 dateer. Hopelik sal Kirstenbosch en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement die voorbeeld volg.15

 

Verwysings

1 Thabo Mbeki: Statement of the President of the African National Congress, Thabo Mbeki on the report of the TRC: Joint sitting of the Houses of Parliament, Cape Town, 25.2. 1999, bl 1.

2 Ibid, bl 17.

3 “… bitter amandel boomen, hier veel zijnde”. DB Bosman en HB Thom (reds): Daghregister gehouden by … JA van Riebeeck, deel II, 6.6.1657, bl 134.

4 “… datter geen beesten off schapen sullen cunnen werden door gedreven”. DB Bosman en HB Thom (reds): Daghregister gehouden by … JA van Riebeeck, deel III, 23, 24, 25.2.1660, bl 187. Die frase “om de boeren voor invallen van buyten te beschermen” verwys na soortgelyke voorsorgmaatreëls deur grondbesitters in “Duyts- ende Keulsland”, nie na die Kaap nie.

5 Vir die doel van die heining, lees AJ Böeseken (red): Memoriën en Instructiën, 11.3.1661, bl 28; Ibid, 5.5.1662. Oor die aanplant daarvan, lees: DB Bosman en HB Thom (reds): Daghregister gehouden by … JA van Riebeeck, deel III, 24. 5.1660, bl 229.

6 DB Bosman en HB Thom (reds): Daghregister …,13.5.1661, bl 366.

7 Oor die paalheining, pega-pega, ens, lees DB Bosman en HB Thom (reds): Daghregister …, 31.7.1659, ble 09–h.

8 AJ Böeseken: Daghregister … Z Wagenaer, 8.1.1663, bl 43; Ibid, 11, 14, 15.1.1663, ble 43–4; 13.1.1663, bl 43; 24.1.1663, bl 46.

9 AJ Böeseken (red): Memoriën en Instructiën, 7.9.1663, bl 60.

10 Kyk kaarte 4. VEL 808 en 4. VEL 807 (Nationaal Archief, Den Haag) in B Brommer (red): Grote Atlas van de VOC, deel V, ble 85, 86–7).

11 C 707 Instructiën: Orde … voor de vlaggelieden, 22.6.1793, ble 149–54; Ibid, 9.11.1793, ble 263–4.

12 HMK / RNG / SAEHA / EWK – lêer 11 K /Kaa /4 deel 1.

13 JJ Oberholster (red): The Historical Monuments of South Africa, ble 109, 118.

14 DJ Potgieter (hoofred): Standard Encyclopaedia of Southern Africa, vol 1 (1970), bl 312.

15 Die skrywer bedank Helena Scheffler vir haar hulp met hierdie artikel.

The post Politieke versinsels rakende die amandelheining appeared first on LitNet.

Viewing all 21568 articles
Browse latest View live