Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Erfenisdag: Afrikaans is vriendelik

$
0
0

“Erfenisdag is meer as net nasionale braaidag. Dit is ook ʼn dag waarop Afrikaans as taalerfenis gevier kan word,” sê Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV. “Suid-Afrikaners is lief vir ʼn vleisie op die kole, maar braai is net een van ons gedeelde erfenisse. ʼn Ander erfenis is ons tale, en Afrikaans is een van die tale in Suid-Afrika met ʼn besonderse geskiedenis.”

Afrikaans vier vanjaar 90 jaar as ʼn amptelike taal, maar Brits wys daarop dat Afrikaans eintlik baie ouer is – sommige akademici reken dit kan selfs ouer as 350 jaar wees! Sy verduidelik hoekom dit so belangrik is dat Afrikaans erken word as ʼn amptelike taal. “ ʼn Taal is soos ʼn plant wat water, kunsmis en lig nodig het. Vir ʼn ou taal soos Grieks om millennia te kon oorleef, het dit sprekers (water), letterkunde (kunsmis) en erkenning (lig) nodig gehad. As ons die plant water gee, sal dit vir ʼn wyle oorleef; as ons dit plantkos gee, sal dit blom, maar dit sal nie oorleef sonder lig nie. Tale het daarom amptelike erkenning broodnodig.”

taal_snw

Sy het benadruk dat tale nie in isolasie gebruik word nie. “Kom ons brei bietjie uit op die  plantmetafoor. ʼn Tuin met een soort plant is nie so mooi soos ʼn tuin met ʼn verskeidenheid plante nie, en ons kort hierdie bonte verskeidenheid van inheemse tale om die Suid-Afrikaanse tuin mooier te maak. Hierdie tale beïnvloed mekaar ook onderling. As ons na die voorbeeld van Grieks se invloed op Afrikaans en Engels kyk, sal Engelssprekendes en andertaliges wat glad nie Afrikaans ken nie, maklik die betekenisse van woorde soos dinamies, filosofie, fotografie, teater en priester kan aflei. Hoewel hierdie woorde oorspronklik uit Grieks kom, is dit bekend in baie ander tale.”

vriendelik_bnw

Brits verduidelik dat kontak tussen tale partykeer lei tot die ontstaan van nuwe tale, en dat Afrikaans juis op hierdie manier ontstaan het. “Tale is ʼn bietjie soos mense – hulle het  families. As Afrikaans en Engels mense was, dan was hulle sibbe! Wie van ons ken nie die voorbeeld van ‘my pen is in my hand’ nie? Dit kan in Afrikaans en Engels gelees word, en die woordorde, spelling en betekenis is in albei tale presies dieselfde. Afrikaans en Engels is albei lede van die Germaanse taalfamilie, wat die ooreenkoms verklaar. Nederlands is die ander familielid, en het in 1652 saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom. Hierdie Kaapse Nederlands is nie in isolasie gepraat nie, maar het in kontak met verskillende tale gekom, en so het Afrikaans ontstaan. Kyk maar na die taalwortels van woorde soos dagga, kierie, abba[1], piesang, blatjang, baie[2], mielies, kraal[3], aikôna, makietie en indaba[4].”

“Afrikaans is meer as net ʼn taal. Dis ʼn taal met ʼn fassinerende geskiedenis, en nie net die  taal van net een spesifieke groep of ras nie. Afrikaans het inderdaad vele gesigte.  Kom ons deel ons ryke taalerfenis met mekaar en wys ander Suid-Afrikaners hoe vriendelik Afrikaans is.”

groot_ww

[1] Khoi-Khoi

[2] Maleisies

[3] Portugees

[4] Afrikatale

The post Erfenisdag: Afrikaans is vriendelik appeared first on LitNet.


LitNet: Jou boheemse boer

Daar is doel in die tekens

$
0
0

Moeder het altyd gesê dat ek nie ligsinnig moet wees nie.

Oupa het gewoon “spotter kry sy loon” as sy sinvolle bydrae tot die vermaning teen ondeurdagte praatjies voorgehou. En ek, wel, ek het beide geglo en die erns van die saak weg geglimlag ...

Daar is tans ongelooflik baie bewyse dat ons, hier en nou in 2015, in die laaste dae van hierdie wêreld lewe. Uiteraard soos ons dit ken. Die Skriftuurlike tekens is duidelik vir almal om te sien en na die lees van hierdie “oop-oë-ervaring”, mag selfs die spotters sukkel om teen die feite-oormag te argumenteer.

Dit is verseker so dat baie mense dwarsdeur die geskiedenis verkondig het dat juis húlle in die laaste dae leef. Dat die einde van die wêreld naby is. Selwers, het die uwe nog nooit soveel soos nou besef dat die tyd moontlik wel aangebreek het nie. Die gebeure wat in so baie verskillende plekke en met drukkende reëlmaat plaasvind, spreek meer as boekdele en skilder die toekoms in hoë-definisie.

Eerstens, daar is drie onbetwisbare tekens wat diep merke in die lewenshoutwerk kerf: ons mense se verliefdheid op hulself, hul geld en hul plesier.

Die liefde van die self of dan eerder Humanisme - die oortuiging dat die mens alles op sy eie kan bereik. Die Nasionale Party het die spoor so verloor. Die botterspaan-Proteas het die kerrielande in die Indiese Oseaan so onderskat en gedink opdaag is wen. Nou is hul liefde vir mekaar ook dun.
Die liefde vir geld of dan ook Materialisme. Die gode van geld en goeters. Elkeen wat ooit gedink het dat die nuusberigte oor verdwene en verskansde geld en oormatige wins uit vetgevulde tenders ’n nuutjie van die dag is; dink gerus weer. Die geldgatte van vandag het die handboek: “Van ’n Pennie tot ’n Pond” nie by hul kamerade in ontvangs geneem nie, maar dit wel uit die onderste laai van ’n lessenaar in die argiefkamer in Pleinstraat gehaal. Die omgee vir geld en baadjies en broekies vir maatjies en boeties, bestaan al van voor Oupa se dae af.
Die liefde vir plesier of ook genoem, Hedonisme. Daardie lewenstylbaba wat ná die suksesvolle fornikering tussen Humanisme en Materialisme gebore word. Wanneer ons agbare vorige mynwerkers mynbase met aandele word en rouvis van meisietjies se magies af eet. Wanneer die ingevoerde koringsap soos water vloei, terwyl die riool in die water val en geen sorgdraer daaroor neul nie.

Die tekens wat verband hou met die beloofde land, is moontlik die belangrikste van almal. ’n Profetiese klok as’t ware.

Daar word vertel dat ons baie van onsself kan leer indien ons na die Jodemense gaan kyk en wanneer die geprofeteerde gebeurtenisse by hulle voorkom; dat ons kan seker wees dat die ander geprofeteerde gebeure ook sal plaasvind. Maar, sonder om die korrektheid daarvan te verwater of te beswadder, vertel die geskiedenis van die mense binne en buite die beloofde land ’n verhaal wat egter meer treffend en uiteindelik diep onstelllend in nabetragting kan wees ...
“Jou vorste is in opstand teen My, hulle is kop in een mus met diewe. Hulle is almal versot op korrupsie en is agter omkoopgeskenke aan. Hulle laat nie reg geskied aan weeskinders nie, hulle behartig nie die regsake van weduwees nie.”

En dan ...

“Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.”(*)

Laat hulle wat oë het, sien...
- ’n Mater van my, wat baie slimmer as ek is en moontlik selfs die gemiddelde persoon in besonder, vertel van ’n langdurige gestoei wat hy met water het. Nie kraanwater nie.
Tussen 41% en 76% van Suid-Afrika se opgedamde water het te veel voedingstowwe in die water en dit veroorsaak ’n oormaat plantegroei en bakterieë; Poef!... Weg is die water.

- ’n Ander, nóg slimmer ou, beweer dat die land ’n bietjie meer as twee jaar oor het voordat ’n “regimekrisis” gaan ontstaan. Die uiteinde van dié krisis, is dat die regering die vermoë sal verloor om die land se begroting sélf op te stel; Poef!... Weg is die geld.

- Kragkrisis. In 1973 en 1979 was daar ook wêreldwye energiekrisisse. Nou het ons dit binne ons voordeur en die slim mense wat moet help om die probleem op te los, woon êrens in huisies by die see of in wit plakkerskampe buite Pretoria en die res werk in Kanada en Australië; Poef!... Af is die rekenaar.

- Net in 2015 is nagenoeg 'n miljoen mense deur die aardbewing in Nepal geraak en het geweld gelei tot die ontworteling van ongeveer 11,4 miljoen mense in Sirië, 1,91 miljoen in Suid-Soedan, 2 miljoen in Irak en 430 000 in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Meer as 10 000 mense het gesterf in die Ebola-uitbraak in Wes-Afrika, en minstens 1 500 is gedood in die Islamitiese oproer deur Boko Haram in Nigerië. In April 2015 het Suid-Afrika dade van xenofobiese geweld beleef wat die visie van 'n reënboognasie blou-oog gegee het. In hierdie tyd van dreigende geweld, oorlog en xenofobie staar die mensdom verskeie gevare in die gesig, veral in Afrika, waar probleme soos oorbevolking, werkloosheid, armoede, geweld en terrorisme simptome is van die algemene atmosfeer van krisis; Poef!... Weg is die Verenigde Nasies se hulp.

- En toe kom 19 September 2015... Poef!

Oupa was nie ‘n uitermate geleerde man of selfs een met noemenswaardige skolastiese prestasies nie, maar soms het hy insig gehad. Insig wat net hý sal weet waar dit gebore en grootgemaak is en insig, wat verskeie skoonseuns die hoenders in gemaak het. So sou Oupa halfpad deur die tweede helfte van die eerste of tweede wedstryd van die destydse Curriebeker-kompetisie opstaan, sy vaal teekoppie neem en kombuis toe stap terwyl hy handswaaiend na die televisie beduie en hardop met homself en wie ook al wou luister, sy voorspellings oor die span en hul toekoms deel.

Ek is nie seker of Oupa die wedstryd se uitsending uit Brighton gekyk het nie - moontlik was hy Saterdag daar, wie weet, maar, wat ek wel weet, is dat ek hom laat in die eerste helfte al kombuis toe kon sien stap het en daai woorde wat hom sou volg, sou ’n hele paar van ons die joos én die hoenders in gehad het: “Hulle sal in der ewigheid nooit weer die beker wen nie.”

Met al hierdie tekens in gedagte moet ons wys wees in ons bedinking en voorspelling van die eindtyd. Ons moet nie elke teken of insident as ’n duidelike rigtingwyser na die aanbreek van die laaste dae sien nie. Gelukkig het iedereen genoegsame toegang tot die enigste betroubare Bron, sodat ons ten alle tye voorbereid kan wees, wat sekerlik tog die eintlike doel van hierdie tekens is.

Laat hulle wat kán, dink.

*Uit die Bybel, Jesaja se woorde vandag; meer as 2700 jaar gelede.

The post Daar is doel in die tekens appeared first on LitNet.

Hol gedoente

$
0
0

Met ’n groot gedruis raak almal redeloos oortuig van hul grootheid en goedheid.

CM

The post Hol gedoente appeared first on LitNet.

Moordplaas

$
0
0

Loop maak 'n draai vandag by ons local slagpale. Die varke en beeste word letterlik soos in 'n worsstopper deur daardie deure gevoer. Lorrievragte vol en die krale is reg langsaan so die arme diere kan aanskou en luister hoe hul medeburgers, wel, in burgers omvorm word.

Buite sit 'n lelike vrou 'n polistireenbord vol gisteraand se vleis en pasta of dit kan ertappels ook wees en afwurg want dis haar teetyd en die ander wil dalk nie by haar sit nie so sy sit oppie muur alleen en kyk my snaaks aan toe ek vra waar die mense is. Wel, dit is dalk 'n dom vraag gewees, nè? Haar lelike groen-blou pantie steek by haar uitgewaste denim uit en ek vra myself wat de moer soek ek hier.

Ek het issues nie net met vuil panties nie maar met die slag van diere maar ek is self 'n al groter protesterende vleisvreter so ek is sekerlik nie by regte om te kritiseer nie.

Doen my navrae want die bloedreuk hang redelik swaar innie lug en ek hou sedert my poliesdae nie van enige bloed en nog minder van hoe dit ruik. Hier moet ek weg. Al is alles binne skoner as die deursnee huisvrou se skottelgoed en koud en klinies met die reuk van bloed.

Buite gekom sien ek die groot Rooipitjies en ek droom hoe ek met my kettingsaag sal invaar want dis kwaliteit hout hierdie en die donnerse Akasias is besig om ons hele land oor te neem.

En toe tref die stilte my.

Geen voel nie. Geen klank buiten die af-en-toe geluid van 'n motor ver-af op die grootpad nie. Dis asof selfs die geveerdes ver weg bly van hierdie doodsplek.

Verder af innie pad hoor ek later die klank van varke wat ek hoop, besig is om te vreet of te probeer vermeerder. Al vermoed ek dit was 'n laaste wanhoopskreet om hulp.

Ek ry selfverondskuldigend (is ons nie maar almal so nie?) weg met die vaste ideaal om steeds nooit ooit in my lewe varkvleis te vreet nie ... of te eet nie.

oester

The post Moordplaas appeared first on LitNet.

Sekswerkers

$
0
0

Vandat die mens ontstaan het, het hoere en sekswerkers hulle bestaan. Inteendeel, voordat die primitiewe mens homself in formele gemeenskappe en huwelike begewe het, was almal in werklikheid sekswerkers, beide mans en vrouens. Hulle het seks gesoek net waar hulle kon, sonder om getrou aan ’n enkele seksmaat te wees. Ons voorouers se seks-optrede het nie veel verskil as die van ’n bobbejaan s’n nie.

Met die ewolusie en ontwikkeling van die mens in formele gemeenskappe, en om die gedurige wrywing tussen veglustige mans onderling vir die lekkerste vrouens te bekamp, is ’n vaste stel reëls mettertyd ontwikkel en deur middel van ’n sentrale gesag, is hierdie reëls op die gemeenskap afgedwing, met aanvanklike gewelddadige strafmaatreëls indien oortree word, wat lyfstraf, kastrasie, verminkings asook die doodstraf ingesluit het (sien koning Hamurabi se antieke wette as voorbeeld). (Tronke is ’n heel latere instelling soos die gradering van straf ontwikkel het.) In die proses van hierdie sosio-gemeenskaplike ewolusie, het vrouens wat nie vaste mans kon kry nie, hulself as hoere, ten doel van oorlewing, beskikbaar gestel.

Soos vandag, was die geboorte-verhouding tussen seuns en dogters omtrent gelyk. In die primitiewe gemeenskap teen 30 jarige ouderdom, was vrouens by verre die meerderheid geslag. Afsterwes van mans in vegtende stryd met ander gemeenskappe, en afsterwes as gevolg van infeksies daarna, was merendeels die oorsaak van sodanige wanbalans tussen mans en vroue. Om hierdie volgehoue geslagswanbalans te oorbrug, was veelwywery die enigste natuurlike uitweg. Selfs toe latere ryke ontwikkel het met minder oorloë en meer vreedsame leefwyses as gevolg van ’n oormaat in mans, was veelwywery reeds ’n vaste gesetelde instelling. Die oormaat mans is as tempel manlike-prostitute (selfs onder die Jode 1 Kon. 14:24), slawe en eunuchs in sodanige ryke opgeneem.

Deurgaans was daar die hoer. In die veelwywer-gemeenskap het sy haar dienste aan besoekende handelaars van ander gebiede aangebied, en met die vele oorloë was sy in die oorlogskampe teenwoordig as plaasvervanger vir die vrouens tuis. In beide situasies het sy goed geld gemaak. Met die vele besoekende handelaars gewoonlik gereelde kliënte; in die oorlogskamp ’n geslagsminderheid in groot aanvraag.

In die veelwywer-gemeenskappe van die Ou Testament het ons voorbeelde hiervan. Gen 38:15 Judah die handelaar soek ’n hoer (Tamar) uit (seer sekerlik nie vir die eerste keer nie?); Jos.2:1 Ragab bekende hoer van Jerigo huisves Josua die krygsman. Albei vrouens vorm deel van Jesus se voorgeslag.

In antieke tye was die man se vrou sy besitting; suiwer die moeder van sy kinders, huishoudelike instandhouer; ongeletterd, en bied merendeels geen verstandelike (mental) stimulus vir hom nie.
In teenstelling was die hoer geëmansipeer (selfstandig). Sy was haar eie baas. Deur middel van haar vele kontakte met mans van verskillende neringe en intellektuele kwalifikasies, het sodanige kennis op haar afgevryf, en kon sy op gelyke voet geselskap voer wat haar vir haar kliënt baie meer interessanter as sy vrou gemaak het. Bo en behalwe die mental stimulus wat sy haar kliënte kon bied, het haar ryke ondervindings met die vele seksuele variasies wat mans van haar verwag het, kon saamsnoer tot haar kliënt se grootste seksuele bevrediging, in teenstelling met sy eie vrou se vaste roetine en uiteindelike vervelige formaat van seks.

Sedert die ontstaan van monogene (een man een vrou) gemeenskappe, het min verander mbt die hoer. Die woord hoer is al gestigmatiseerd sedert die begin van tyd, hoofsaaklik as gevolg van jaloesie aan die kant van vrouens wat toe reeds en vandag steeds hulle as kompetisie vir hulle mans se seksuele aandag aansien. Daar is wel hoere (mistresses ’n benaming vir sosiale aanvaarding van hoere) wat geskiedkundig internasionale bekendheid sowel as sosiale aanvaarding verwerf het, oa Lilly Lantree (Brittanje); Hortese Mancini (Italië); asook die geskiedkundige bekendste van almal, nl Madame de Pompadour (Frankryk).

Die hoer, vandag se sekswerker (’n benaming vir minder stigmatisasie), dien as veiligheidsklep vir veral die getroude man se fluktuerende seksuele frustrasies. Sonder om sy werklike liefde vir sy vrou te wil prysgee, maar ter selfde tyd nie heeltemal met haar seksueel tevrede nie, sal hy hom tot ’n hoer wend waar hy seksueel fisies bevredig sal word sonder enige emosionele bagasie met die hoer. Die hoer is nie ten doel om die getroude vrou se man af te rokkel nie, maar suiwer vir winsbejag.

Wat ek wel emosionele ontrouheid, en as sonde aan die kant van die man beskou, is wanneer hy met ’n ander getroude vrou hom beide emosioneel en seksueel begewe. Beide sy eie vrou en die betrokke vrou se man word in die proses onreg aangedoen.

The post Sekswerkers appeared first on LitNet.

Die twee en dieselfde

$
0
0

Weet iemand hier wat deesdae beter is, Land Rover of Land Cruiser?
Weet iemand hier iets van gholfstokke wat almal dieselfde lengte is?
Weet iemand hier hoekom die Europese nasies op mekaar skree oor hoeveel Moslem vlugtelinge uit Sirië hulle moet vat terwyl die Moslem nasies van die wêreld nie een vlugteling vat nie?
Weet iemand hier wie dit was wat gesê het dat die volgende oorlog in Europa gewen sal word sonder dat 'n enkele skoot geskiet word?
En dan weet almal hier dat Rusland wapens ophoop in Sirië en Amerika het nie 'n leier wat waag om enigiets te sê nie.
Groete
Duitswester

The post Die twee en dieselfde appeared first on LitNet.

Afrikaners doen dit weer

$
0
0

Onder die apartheidsregime het die Oppenheimers as die rykste familie geseëvier, met Anton Rupert (self gemaakte ryk man) ver agter as die tweede rykste.

In die nuwe bedeling, beklee drie Afrikaners en een Engelsman hierdie gesogte status. Christo Wiese (R92.6 miljard) die rykste, tweede Nicky Oppenheimer (R89.9 miljard), derde Johan Rupert (R88,5 miljard), vierde Koos Bekker (R29 miljard). Beide Christo en Koos is selfgemaakte ryk manne. (Bron Forbes' live billionaire ranking list).

Hierdie vier ryk manne se inkomste gesamentlik veroorsaak dat die gemiddelde blanke inkomste skeef bereken word op R30 000 per maand teenoor gemiddeld R6 000 onder swartes. http://www.bbc.com/news/world-africa-20138322

The post Afrikaners doen dit weer appeared first on LitNet.


Clover Aardklop 2015: Onderhoud oor die byderhand-leesprojek

$
0
0

byderhand1

Hans du Plessis, Marcé Bester en Jaco Lubbe sit koppe bymekaar vir Die Dwaalverhaal.

Franci Greyling gesels oor byderhand by Clover Aardklop 2015 en oor Storiewerf.

  1. Hallo Franci, jy is een van die organiseerders van die byderhand-leesprojek by vanjaar se Clover Aardklopfees. Dis 'n manier om feesgangers gedurende die fees op vier spesifieke plekke in die Potchefstroomomgewing te laat lees (of kuns te laat ervaar) - is ek reg, of hoe sou jy dit verduidelik?

byderhand 2015 word by Clover Aardklop as ʼn interaktiewe leesfees bemark. Die projek is ʼn interdissiplinêre kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Die gedagte van plekspesifieke digitale literatuur is dat ʼn mens die werk dmv ʼn selfoon of tablet op ʼn spesifieke plek lees en dat die plek as sodanig tot die leeservaring bydra. Die digitale tegnologie maak dit moontlik om die teks te kombineer met voorlesings, beeldmateriaal, musiek en video’s. Sosiale media bied verdere moontlikhede vir wisselwerking.

In die projek maak ons van QR-kodes gebruik wat toegang tot die internet en die inhoud gee. Die gebruiker skandeer die QR-kode met ʼn QR-leser (bv QR-code reader) wat op die selfoon afgelaai is. Die leser se draagbare toestel moet ook aan ʼn netwerk gekoppel wees en genoeg data beskikbaar hê.

byderhand8

Gustaf Tempelhoff het die byderhand-embleme ontwerp.

  1. Wat het jou die idee vir hierdie plekspesifieke leeservaring gedurende die fees gegee?

Verlede jaar het die tweedejaar-skryfkunsstudente ʼn klasprojek gedoen waarin ons met plekspesifieke digitale literatuur en QR-kodes geëksperimenteer het. Die interessante werk wat die studente in slegs twee weke gelewer het, en al die klasgesprekke hieroor het ons laat besef dat dit ʼn groter projek kan word. Een idee het tot ʼn volgende gelei, planne het uitgebroei, die projek is aan Clover Aardklop voorgelê, befondsing is van die Dagbreektrust ontvang, ʼn entoesiastiese en veelsydige groep mense het aan boord gekom, en nou lê die fees voor …

byderhand2

Tieners skandeer 'n volgende deel van Die Dwaalverhaal.

  1. Ek sien byderhand lê sterk klem op kinder- en jeugleeservarings. Ek neem aan volwassenes kan ook kom skandeer en dan kies wat hulle gaan lees, of hoe?

In die vier subprojekte word juis vir verskeie teikengroepe voorsiening gemaak. Enige persoon met die nodige tegnologie en sin vir avontuur kan die projek meemaak.

Die Tuinverseprojek in die Botaniese Tuin bestaan uit ʼn versameling gedigte deur bekende digters soos TT Cloete, Susan Smith, Tom Gouws en Heilna du Plooy, asook ʼn reeks kinderverse deur my. Dié gedigte en versies kan op verskillende wyses ervaar word: die leser kan bloot die teks op die selfoonskerm lees, luister hoe die digter dit self voorlees, na ʼn tipografiese animasie daarvan kyk, en selfs na toonsettings van gedigte luister. Verder het Strijdom van der Merwe kunswerke gemaak wat by die gedigte aansluit. Jonk en oud kan daarom saam deur die tuin stap en die groot verskeidenheid en kombinasie van kunsvorme beleef. Die meeste van die QR-kodes is by die bankies aangebring sodat mens rustig kan sit en die gedigte geniet.

In die Boeke-oase kan die Rusplekstories gelees word. Saam met die bestelling van ʼn drankie by die restaurant in die binnehof ontvang mens ʼn QR-kode wat toegang gee tot ʼn kortverhaal of ʼn kinderstorie. Skrywers hier is onder andere Sophia Kapp, Harry Kalmer, Helene de Kock, Susan Lombaard en Frederick J Botha. Die sestal kinderstories sluit oorspronklike stories in deur Flip Hattingh, Leon de Villiers en Deon Meiring en Zinelda McDonald.

Die Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool is spesiaal vir tieners geskep. Hans du Plessis het die verhaal geskryf en dit verder saam met skryfkunsstudente en die produksiespan tot ʼn interaktiewe volg-die-verhaal ontwikkel. Die QR-kodes is oor die skoolterrein versprei sodat die lesers hulle op dieselfde plekke as die karakters bevind. Saam met die teks is daar ook kort videogrepe.

Die Taxistrips wat deel vorm van die FNB-pendelroete is die werk van Khaya Mtshali. Die jong kunstenaar het ʼn reeks karakters geskep – ʼn taxi vol karakters. Die gedagte hier is dat die “leser” die karakters in die taxi’s ontmoet en versamel.

byderhand3

Jong lesers is hier op die spoor van Die Dwaalverhaal.

  1. Dink jy dat mense met aandag aanlyn lees, of meen jy dat die res van die aanlyn omgewing hul aandag kan aftrek? Wat moet mens in gedagte hou as mens die inhoud vir aanlyn lesers skep?

Omdat die byderhandprojekte op die spesifieke plek gelees word, is daar baie ander dinge wat die mense se aandag kan aftrek (feesgangers en feestelikhede, die omgewing in die Botaniese Tuin, die verkeer, vriende, ʼn volgende vertoning ...). In hierdie praktykgebaseerde navorsingprojek wil ons juis met die talryke moontlikhede van nuwe tegnologie eksperimenteer – veral gekombineer met ʼn spesifieke konkrete plek – en ontdek hoe gebruikers dit ervaar. Waarskynlik is die grootste tegnologiese uitdaging om tydens ʼn besige fees deurgaans internettoegang te kan hê. Ons wil graag terugvoering van die gebruikers ontvang oor hulle ervaring van die subprojekte en spesifieke tekste.

  1. Vertel asseblief van die skrywers en kunstenaars wie se werk, byderhand, te lese sal wees? Hoe is op hierdie deelnemende skrywers en kunstenaars besluit?

Om aan te sluit by die plekspesifieke aard van die projek het ons skrywers en kunstenaars genooi wat een of ander verbintenis met Potchefstroom het. Benewens die bekende en gepubliseerde skrywers is daar ook voorsiening gemaak vir jonger stemme. Van die tekste is die werk van skryfkunsstudente wat as assistente in die projek betrokke is. Daar is ook ʼn kortverhaal van ʼn graad 12-leerder van Hoërskool Promosa, Potchefstroom. Op enkele uitsonderings na is al die werk spesifiek vir byderhand geskryf.

byderhand4

Tuinverse: Saamlees

  1. Die titel van julle projek maak sin – moet 'n mens ook kaartjies hiervoor byderhand hê? Of kan mens net op die gegewe plek opdaag, die kode skandeer en begin lees (of kunswerke kyk)?

Daar is nie byderhand-kaartjies nie. Enige persoon het toegang tot die Botaniese Tuin en HTS se skoolterrein. Om ʼn Rusplekstorie te lees moet jy ʼn drankie by die Boeke-oase bestel, en vir die Taxistrips is ʼn kaartjie vir die FNB-pendeldiens nodig.

  1. Moet 'n mens in Potchefstroom wees om byderhand te ervaar, of gaan die ervaring ook elders moontlik wees?

Die aard van die projek veronderstel dat die lesers tydens Clover Aardklop in Potchefstroom moet wees om alles te ervaar.

byderhand5

Franci Greyling

  1. Wat gebeur wanneer die fees verby is – verdwyn alle inhoud, of word dit iewers geargiveer?

Die gedagte is dat die Tuinverse moontlik ʼn permanente tuiste in die Botaniese Tuin kan kry. Die ontvangs van die projek en die terugvoering van feesgangers sal rigtinggewend in hierdie verband wees – ook ten opsigte van die ander subprojekte. Van die inhoud sal steeds digitaal beskikbaar wees; van die ander gaan in nuwe gedaantes voortleef. byderhand 2015 het as’t ware ʼn nuwe publikasieplatform geskep. Gustaf Tempelhoff, die digitale ontwerper in die projek, se besonder elegante ontwerpe kan ook vorentoe vir ander byderhandpublikasies gebruik word. Ons webtuiste (www.byderhand.net) sal ook ander toekomstige digitale projekte huisves.

byderhand6

Strijdom van der Merwe se totempale wat by elke digter se werk aangebring word

  1. Jy is die stigter van Storiewerf, 'n webwerf wat pas 'n ATKV-Woordveertjie ontvang het en bekroon word vir kinder- en jeugliteratuur aanlyn – baie geluk hiermee. Vertel ons lesers asseblief hoe hierdie webwerf ontstaan het.

Die ATKV-Woordveertjie is inderdaad ʼn groot pluim in Storiewerf se hoed. Storiewerf het, soos Etienne van Heerden daarna verwys, in die bronstydperk van die internet ontstaan uit ʼn persoonlike behoefte om ʼn bydrae te lewer tot Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur op die internet. As kind was ek ʼn regte boekwurm en ek wou graag as skrywer die plesier van lees en skryf in dié nuwe omgewing voortsit.

byderhand7

Bernard Odendaal, subprojekleier van die Tuinverse, is hier op die Paddaluisterbankie waar sy gedig verskyn.

  1. Ook omtrent Storiewerf: Hoe gereeld word nuwe inhoud gelaai, hoe weet jong lesers dat daar vandag 'n nuwe storie verskyn het en wie beskou jy as jou ideale lesers?

Ek probeer om maandeliks nuwe inhoud te plaas; die omvang daarvan hang baie af van bydraes wat ontvang word en van die tyd wat ek tot my beskikking het (laat nagte). Lesers kan inteken op ʼn nuusbrief of die Storiewerf Facebook-blad volg. In ʼn sekere sin het ek Storiewerf geskep met myself as jong leser en skrywer in gedagte. Met die uiteenlopende afdelings en inhoud op Storiewerf is daar egter iets vir elkeen.

The post Clover Aardklop 2015: Onderhoud oor die byderhand-leesprojek appeared first on LitNet.

Uit die argief: Die man wat wegloop vervolmaak het …

$
0
0

Moer toe die vreemde inMoer toe die vreemde in het reeds meer as 4 000 eksemplare verkoop – ’n groot prestasie vir ’n Afrikaanse bundel kortverhale. Ek ontmoet Johan Bakkes, alias Johannes die Loper, op ’n Vrydagoggend by die Terrace op Stellenbosch en probeer meer uitvind oor die man agter die gewaad.

RT: Jy het verskeie identiteite – geoktrooieerde rekenmeester, professor, toeroperateur, ekspedisieleier, deeltydse wildboer en nou ook skrywer. Wie is jy eintlik en in watter rol is jy op jou gelukkigste?

JB: Ek kan die laaste deel van die vraag die maklikste beantwoord. Ek is die gelukkigste wanneer ek op die lang pad is, in die natuur. Wanneer ek nie presies weet wat môre gaan gebeur nie. Daar moet natuurlik ook bietjie risiko in wees, want ek hou daarvan om nuwe dinge te beleef. Ek is baie lief vir mense, maar dit is ongelooflik om so vir tien dae alleen in die Richtersveld of die woestyn te sit. Om op te som: wanneer die pad so oop lê en die musiek speel, met ’n bier tussen my bene, op pad na nêrens, is ek op my gelukkigste. Om weg te kom van die normale.

My groot liefde is eintlik geskiedenis, maar ek het nie gedink daar is geld in nie. En op ’n stadium wil almal mos maar geld maak. Volgens die RGN-opnames in 1972 was die hoogs betaalde professie bourekenaars en tweede was ’n ouditeur. Omdat ek nie wetenskap op skool gehad het nie, word ek toe ’n ouditeur. Alhoewel mens tog ook met mense werk, het ek weldra besef dit is ’n 18-ure-werksdag en daar is nie kwaliteit-tyd nie. Ek het goeie geld verdien, maar was besig met ’n sinnelose oefening.

Ek het die akademie betree, maar nou was genoeg geld om te reis ’n probleem. Deur ander op reis saam met my te neem, kon ek die toer bekostig en die natuur beleef.

RT: Hoe hanteer die familie hierdie wegloop van jou, of gaan hulle saam?

JB: Nancy en ek was jonk toe ons getroud is – ons het mekaar nie werklik geken nie en moes saam aanpassings maak. Ons het vyf jaar gewag voor ons kinders bymekaar gemaak het en besluit OK, as ons kinders kry, neem ons saam die verantwoordelikheid, want ek sal nie kan verander nie. Kleintyd het die kinders saamgegaan, toe dit nog prakties was. Ek dink nie dit was werklik vir Nancy lekker nie, maar dit was ons leefwyse.

Ek hoop my kinders verstaan my so. Mense sê dikwels vir Nancy sy moet ’n medalje kry – sy sê te hel met ’n medalje, sy soek geld! Goed, ek het verseker ’n skuldige gewete, maar wanneer ek hier is, spandeer ek kwaliteit-tyd met hulle.

Ek loop weg sonder om enigiemand te sê. Wanneer my mense die oggend wakker word en die bakkie is weg, weet hulle Pa het alweer die pad gevat – gewoonlik net so vir tien dae. Maar nou moet ek ook sê, my vrou is ’n sielkundige en deesdae vra sy my wanneer loop ek weer, en nou vat sy al die fun daaruit.

RT: Een van jou kortverhale handel juis oor Cara, toe 14, wat saam met jou Uhuru, die hoogste piek in Afrika, bereik het. Vertel bietjie meer.

JB: Daar is drie mense in my binnekring. Die een is Nancy, die ander Cara en Marc. Elkeen kry een keer ’n jaar alleentyd. Dit was Kara se beurt. Ek het werklik swaar gekry, want Kara ly aan hoogtevrees. Maar ek het my pa ook saamgevat – hy was toe 72 jaar. Ons was dus drie geslagte saam daar gewees.

RT: Hierdie uitrustings van jou – is dit ’n skans, is dit om anders te wees, of voel jy werklik gemaklik daarin?

JB: Dit is ’n baie moeilike vraag. Ek hou nie van die normale nie, maar daar is soms ook ’n moedswilligheid betrokke. Maar ek is totaal gemaklik daarin. Indien dit nie ek was nie, het dit ek geword. Ek het toestemming gehad om ’n baard in die weermag te dra. Die dra van ’n rok in die woestyn is ’n praktiese uitweg. Die Arabiere dra dit ook. Die bangles het ek gekry in my omswerwinge in Afrika en het so deel geword van my – ek bad en leef daarmee en wanneer ek dit nie aan het nie, voel ek kaal. Sommige mense maak teelepeltjies bymekaar – ek hou van bangles. Sommiges is gekoop van ander se arms en sommiges geruil vir ’n blikkie boeliebief. Dit het miskien begin as ’n rebelse situasie om weg te kom van die normale, maar nou is dit deel van my lewe.

Die bangles is natuurlik ook ’n bemarkingsfoefie. Mense sal vra waar kom ’n spesifieke bangle vandaan en ek sal sê Ivoorkus of Mali. Dan vertel ek van my volgende reis en vra of hulle wil saamkom. Ek versamel dit nou al van 1978 af. Die kopdoek het maar begin met die dat ek vir mense moet kosmaak. Die kopdoek hou die hare en sweet uit my oë. Die hoed was maar die uitvloeisel daarvan.

RT: Die passie van jou om die vreemde in te vlug. Waar kom dit vandaan?

JB: Ek dink dit kom maar van my familie af. My ma en pa was reisigers. Wanneer daar ’n ou geldjie was, is óf my ma óf my pa vir ’n ruk oorsee. Ons het gaan vakansie hou met ’n karavaan of ’n tent en so die land deurkruis en nooit vir lank op ’n plek gebly nie. Die romantiek van reis is nog steeds by my. My ma het my gedwing om te lees en dit wat ek gelees het, wou ek ervaar. Ek wou dit wat ander mense vir my in boeke vertel het, self belewe. Dit is seker maar hoe dit begin het.

RT: Jy kom uit ’n kreatiewe familie. Jou ma, Margaret Bakkes, en broer Christiaan is skrywers; Marius is regisseur en filmmaker. Loop dit maar in julle bloed?

JB: Die groot skryf kom eintlik van my pa af. Hy is ’n geskiedkundige en hy het stories geskryf. Hy hou byvoorbeeld dagboek van sy sestiende jaar af. Hy is nou 76. Maar nie die standaarddagboek nie. Hy dokumenteer detail oor mense, gebeurtenisse, politiek ens. Sy dokumente strek van die tyd toe hy stormjaer was in die Ossewa Brandwag, verby die eerste hartoorplanting, maanlanding. Hy glo dit is ’n geskiedkundige dokument. Maar onthou, ek kan nie skryf nie, ek wil maar net ’n storie vertel.

RT: Hoe het dit gebeur dat jou ervaringe en omswerwinge te boek gestel is?

JB: Ek het nou al 16 keer die Visrivier-canyon gestap. Elke keer gaan daar omtrent 40 mense saam. Die eerste keer het my pa saam met my gestap en ons het sy uittreksel uit sy dagboek vir die mense gegee, saam met die foto’s, as ’n memento. Ek het ook dagboek begin hou van my omswerwinge – nie my lewe nie, net wanneer ek gereis het. Die mense wat saam op safari was, het dan ook so ’n stukkie ontvang. Maar ek het nooit besef dat dit in boekvorm sou verskyn nie.

Maar dit het eintlik so begin: elke maand het ek en ’n paar vriende bymekaar gekom om te kuier en te vertel hoe sleg ons vroue ons behandel. Die aand, of eintlik oggend, na ’n baie suksesvolle kuier, skryf ek ’n storie oor Hennie se broer. Aan die einde van die storie huil ek self. En net daar besluit ek dat hierdie storie, ter nagedagtenis aan die broer, gepubliseer moet word. Vriende by die tydskrif het laat weet dat dit nie ’n tydskrifstorie is nie, maar ek moet Riana Scheepers kontak, want sy was op daardie stadium besig om ’n kortverhaalbundel saam te stel. Sy vra my toe om nog ’n paar avontuurstories te skryf wat sy met haar leerlinge by ’n seunskool kan behandel. In vier weke skryf ek 30 stories.

Toe ek my oë uitvee, sê sy sy gaan dit vir H&R voorlê. Binne vier dae laat hulle weet hulle kan iets daarmee doen. Maar toe kry ek die kakste keurdersverslag terug. Kyk, ek kan bietjie spel, maar my sinsbou is moer toe – ek skryf soos ek praat. Maar hierdie perd sê ek moet teruggaan en Hennie Aucamp (toevallig my ma se neef) se Hoe om kortverhale te skryf gaan lees.

Om ’n lang storie kort te maak, uiteindelik is dit gepubliseer met ’n paar veranderinge.

So, ek het fokkol pryse gekry, maar die mense koop my boek. Ek maak ook nie geld daaruit nie, maar die lekkerte daarvan is dat gewone mense op straat vir my kom sê hulle het dit geniet. ’n Paar van my Engelse studente op UWK sê hulle sukkel daarmee, want dit is nie geskryf in die grammatikaal korrekte Afrikaans wat hulle ken nie, maar dit is maar soos dit is.

RT: Het jy enige aspirasies om eendag hierdie groot roman te skryf?

JB: Glad nie. Nee, ek is nie ’n skrywer nie – ek stel net my belewenisse te boek. My konsentrasiespan is te kort en ek sal gatvol raak. Vir my M-graad het ek 250 bladsye geskryf, maar dit was net te erg.

RT: Kry jy tyd vir lees?

JB: Daar was ’n tyd wat ek nie gelees het nie. Toe ek ’n ouditeur was, was ek vir 18 uur ’n dag besig om fokken debiete en krediete uit te sorteer. Daar was net nie tyd vir lees nie. Ek lees nie swaar goed nie. Ek lees ’n Louis L’Amour en dan is ek ’n cowboy daar êrens in die bos – nie filosofiese goeters nie. Ek lees vir ontspanning en plesier. My laaste boek was deur Jeanette Winterton, iets van To write on the body.

RT: Jy het ook ’n groot passie vir Afrikaanse musiek?

JB: Ja, ek het ’n groot passie vir my taal en sal enigiets doen om dit te bevorder.

Hierdie passie kom ’n lang pad. Destyds toe ek daar in Arcadia sit en swot het, het daar ’n stuk musiek oor die radio opgekom – “Skadu’s teen die muur” van Koos du Plessis. Dit was die eerste keer dat Afrikaanse musiek vir my sin gemaak het. Maar nie alle Afrikaanse musiek nie. Die manne wat Duitse musiek vat en Afrikaanse lirieke bysit, is nie vir my nie.

Die verdere betrokkenheid het gekom toe ons drinkebroers weer een aand ons vergadering gehad het. In ’n naburige restaurant was Theuns Jordaan aan die sing en ons is almal soontoe. Ons het hom gevra of hy iets in Afrikaans kan sing. Net daar het die manne besluit hierdie ou moet ’n CD sny. Wel, jy kan nie glo hoe ons gesukkel het om ’n sponsorship te kry vir Afrikaanse musiek nie. Ek het vir ’n jaar my siel verkoop sonder enige sukses. Toe kom die boys weer bymekaar en ons reik R2 000-aandeelsertifikaatjies uit.

Ek is nie in die musiek-scene nie, dis maar net vir Theuns wat ons gehelp het. Al die geld wat ons geleen het, het ons weer teruggekry en as gevolg daarvan sit ons nou met ’n trustfonds wat aangewend kan word om enige up-and-coming Afrikaanse kunstenaar te kan help

Na byna twee uur se lekker gesels en lang stories is dit tyd om te groet. Terwyl ek wegry, dink ek dat Johan Bakkes werklik gelukkig is, want hy het die sisteem vir hom maak werk.

Eerste publikasiedatum: 2002
Bronadres: http://www.oulitnet.co.za/mond/bakkes.asp

The post Uit die argief: Die man wat wegloop vervolmaak het … appeared first on LitNet.

From the archive: My memory: the past in six movements

$
0
0

isiZulu
isiXhosa
Sesotho
Xitsonga
Sepedi
Afrikaans
English
Back to main page
My memory
Arja Salafranca Arja Salafranca was born in Spain in 1971 to a Spanish father and a South African mother. She has lived in South Africa since the age of five. In 1993 she received a degree in African Literature and Psychology from the University of the Witwatersrand. She has had fiction and poetry published in a number of local journals and anthologies, including The Finishing Touch (Cosaw, 1992), Like a House on Fire (Cosaw, 1994), LyfSpel/BodyPlay (Kagiso, 1994), The Torn Veil (1998) and In the Rapids (Kwela 2001). Her first poetry collection, A life stripped of illusions, received the 1994 Sanlam Award for poetry, while a short story, "Couple on the Beach", was a winner of the Sanlam award for short fiction in 1999. Her second collection of poetry, The fire in which we burn, was published in 2000. A collection of prose and poetry, Glass Jars Among Trees, which she edited with the poet Alan Finlay, was published by Jacana in 2003. Arja has worked for various newspapers in Johannesburg and now edits the Sunday Life supplement in The Sunday Independent.
"The diary is a hymn to the idea of I, I, I, and sooner or later you must come up to breathe, to swim away from the past, from the self-enclosed bubble world of a journal. You can only go dipping into it, now and again, perhaps seeking an answer to a question about the past, or out of curiosity."

My memory: the past in six movements

Arja Salafranca

August 31, 1983
I am changing. I have been changing since I first began a diary eight months ago. Even before then I was changing. I have just been too childish and young to notice. And now I am growing up. Suddenly I'm finding out all about myself. Never before have I tried to figure myself out. I've always covered my emotions and feelings by thinking of other things. There is still more to come. More for me to discover. I search myself. I want to discover more. Thinking is just thinking. As I write I discover.

I was eleven when I wrote this, with my twelfth birthday two months away. I was just coming to the realisation that by writing, by keeping a diary, I was starting on a journey of self-exploration.

The diary, begun eight months before, had been a red corduroy-covered notebook given to me as a Christmas present by a friend of my mother's. I had recently started writing poetry, and the friend said I should start writing all that poetry down in a book to keep for years to come.

But the impulse was too strong. I had read Anne Frank's diary and had been attracted to the idea of keeping a record of my life. I may not have been living in hiding through a world war; instead I was a South African schoolgirl, an only child, growing up in Johannesburg's northern suburbs, with a single divorced mother.

These facts were entered into the diary, along with the fact that we were due to visit family in America, that I had a crush on a prefect, that I became best friends with someone in my class and we pledged allegiance to each other by saying we were bosom buddies. I was also desperately worried about my weight, attempting diets all the time, despite being repeatedly told I didn't need to diet, and despite the photograph I have in that diary of a slim me in a bathing costume. Some themes were to be repeated time and time again in the diaries.

I now have thirty-four volumes of my diary, kept in small, A5 books, larger notebooks, a glamorous leather-covered book (a rare find), a big thick lever arch file, thick hard-covered books bought overseas, and notebooks covered in pretty paper. I've often tried to stop keeping journals, annoyed with myself for doing so. Time spent writing in a dairy could be spent writing fiction, for example. And what's the point of writing all these volumes of words addressed only to me? Isn't there something self-defeating about keeping a diary? Either that, or, in fact, the diarist is keeping a diary intending it for publication at a later stage. And if that's the case, how honest is the diary? Anything that's written for an audience already starts out in an edited form: before you've written your first word, you've decided what you're going to put in, what you're going to leave out. Once you reach that stage, the diary is no longer a private document, meant to hold your truest or darkest or most ugly thoughts. It becomes a showcase instead: of the kind of person you think you'd like to be, the kind of person you are attempting to be, or the kind of person you think others would like.

It's a battle I have had with myself for some time, most noticeably in my insecure, self-conscious teens. I was trying out a variety of careers, from actress to writer to artist. They all involved the tantalising prospect of fame, as so many young dreams do. And if I was going to be famous, it naturally followed that people would want to read about the young Arja, the Arja who was not yet famous and was still struggling to decide what name to use. And so, for a time, the diary became distorted. I imagined other eyes reading it, judging the person I had been. It was hard to write freely like this, imagining this future fame.

Yet the habit continued, for it was a habit. Once I'd started, like an addict, I could not stop. Early on, I enjoyed the fact that I could turn back the pages of my diary, and in so doing, turn back the pages of the past. I also learned, early on, that memory distorts. An event is so often remembered differently from the way it was experienced; time changes memory, and this is never more obvious than when you have a black and white record of a time before to remind you that you have edited the past, much as you have edited the present while writing about it.

As each successive year saw the diary volumes building up, and I became a teenager, I also got into the habit of looking back, of looking at my younger selves and sneering. "I could write better than that!" I thought as I thumbed through the large, childish handwriting of my eleven-year-old self. And of course at twelve, fifteen whatever ages I attained, I could write better. But like a typical teenager, I allowed no room for sympathy for the past, instead just an embarrassed shudder as I rifled through the person I had been.

Looking back now, dipping into diary entries now and then to verify a fact, or to raid something for a piece of writing, I am so pleased that I kept diaries, notebooks of the past. Because without them so much would be lost - memory not only distorts, but it also fades and grows fuzzy around the edges. A six-week holiday becomes compressed into a few snapshots in a photo album, or a few images that you carry in your head, sparse, isolated images that link together to form an impression of that holiday. It's only in looking back - in my own case, in reading about a particular journey - that I realise how much is forgotten. How much you leave out as you accrete the memories.

October 1985
When I visited America two years ago, I was so surprised when my aunt suggested clothes shopping on a Sunday, as well as a ballet performance. On a Sunday! In South Africa cinemas, theatres and all shops except bookshops are closed. Perhaps the Dutch Reformed Church is hoping that since there is no entertainment on Sundays South Africans will attend church? In San Francisco on a Sunday the town is alive and buzzing. There are people in the streets. In Johannesburg town is empty. In centres such as Eastgate and Sandton, it is dead and dull and very quiet. Families stroll along the passages, peering into shop windows, browsing in bookstores, the afternoon ending in coffee and cake at a restaurant.

I was thirteen then, going on fourteen, when I recalled the fact that you could go shopping in the US on a Sunday while in South Africa the Dutch Reformed Church still held sway. Coming across this passage in my journal I had to smile. I hadn't forgotten, not really, that you couldn't go to movies on a Sunday when I was a teenager. But I hadn't recalled it either. Reading the passage made me remember how quiet shopping centres were in Johannesburg on Sundays. It was as I described it: the browsing at bookshops, the mindless window-shopping, the days ending in refreshments. How hard to remember when today shopping centres on Sundays are almost as busy as on Saturdays, and you can go to movies, or buy clothes or go grocery shopping. About the only thing you still can't do, of course, is buy alcohol in a supermarket. Indeed, some things don't change. But not much, it seems.

So the diary keeps the past alive, but only if you keep on reading the journals. It's an impossible task, though. The writing varies from large and round and childish to cramped, tiny letters that you can barely see to read. I had that kind of writing when I was twelve and thirteen, discovering philosophy and atheism, while trying simultaneously to hide myself away because I suddenly found myself friendless at school. As the writing shrank, so my self-esteem plummeted. Some facts are not only spelled out, but obvious from the very appearance of the writing in all those notebooks. As the friends came, so the writing grew larger and more confident again, and then it assumed curlicues and elaborate slants as I tried on postures and personas.

But even when you succeed in reading all the variations of a single handwriting, you do risk nausea in a sea of solipsism. The diary is a hymn to the idea of I, I, I, and sooner or later you must come up to breathe, to swim away from the past, from the self-enclosed bubble world of a journal. You can only go dipping into it, now and again, perhaps seeking an answer to a question about the past, or out of curiosity. There are always new things to discover and you are always surprised. What you discover when you keep a journal is that you change irrevocably as you grow up and age, and yet, perversely, you remain the same. If language fascinated you as a teenager, it still does as an adult; if you obsessed about your weight growing up, you carry on obsessing as you mature. But whereas before you were quick to lose your temper and lose friends, you have learned to temper that impulsive streak; you have learned about friendships and control, you learn various tricks along the way.

April 1986
Who is she? She is my mother. Yes, but who is she? There she goes, striding across the street in a blue satin-like skirt and a white blouse, she seems taller because she is wearing high heels. Yes, but who is she? She is in her forties, she has black hair, she has large hazel eyes. That is my mother - but I do not know her. A stranger strides across the street, the car is murky hot, the sun is blazing and billions of people around the world are heaving their chests to breathe in out, in out. I have lived with my mother for fourteen years and yet I do not know what happens in her head. I don't know. I don't know her. I don't know anybody. I know of you and you and you.

I wasn't writing dates down in my diary at that time, simply months. I was copying the formula of the published diaries of writer Anais Nin at this point. There are no dates in her diaries, simply months or seasons to indicate the passing of time. I envied the list of famous names that Nin wrote about and knew. I longed to write portraits of famous people, but instead knew only my mother, my friends and my grandparents. So I wrote about them, while trying to figure out how we were all connected. As I grew older, I realised that you will know the people you are intimate with: family, lovers, although there will always be surprises, unexpected revelations, sometimes trivial, sometimes more far-reaching. At fourteen, poised between adolescence and hoping to be an adult soon, I could only stare across the chasm that divided me from that seemingly magical adult world, and try and make sense of what I was discovering.

In 1989 the adult world was coming closer.

September 3, 1989
Last week a girl of fifteen who used to attend Northview High School brought her baby to school. She fell pregnant at fourteen, was obviously expelled and had her baby at the end of June. She was dressed in black, smoking; the baby was in a grey pram. She had sparse black hair, and eyes closed against the sun and onlookers. We matrics were shocked and disgusted. "She's fifteen and she's breastfeeding!" one girl kept enunciating in disbelief. Candice said in horror, "I feel that if I've been able to keep out of sexual problems like that, all through high school, and we're two years older than her, why couldn't she?"

September 29, 1989
During June and July voters in Johannesburg received a card from the municipality on which they were asked to vote on the question of open amenities. This includes buses, parks and swimming pools. The majority voted no to swimming pools, but yes to parks and buses. Two days ago all of Johannesburg's amenities were opened to every race, including swimming pools. TV footage showed blacks, Coloureds and Indians jumping into pools. Johannesburg has led the way in the Transvaal. It eventually happened, as we knew it would, but how barbarian that citizens weren't allowed into parks, pools and buses because they weren't white! It's a sign of petty apartheid crumbling, a good sign, as long as it leads to major apartheid's destruction.

Again, disbelief. A teenager expelled for falling pregnant. You'd wonder if that had really happened if you hadn't had the written evidence in front of you. And reading about the vote on open amenities seems quaint. Yes, you had forgotten all about it; if asked you would have assumed that petty apartheid had died earlier than that. You can barely recall a time when pools were lily white. But then, the separation seemed so natural. You lived in white areas, went to a white school: you weren't going to see people of other races wanting to use the pool in your white area, because they simply didn't live there. You had forgotten, and there's another reminder of the past, details that didn't survive your personal history except as notes in a book you rarely look at any more.

And then there was university, and the ANC was unbanned, Mandela came out of prison. Codesa talks took place, there was the massacre in Boipatong. These things are remembered, times were changing, and so the memories are vivid. There was the business of choosing a career - journalism - and discovering the writer's voice in you that produced the short story you wrote at eighteen that was published a few years later. You were discovering who you were; you started a career, you fell in love.

November 29, 1998
Twenty-three suddenly seems so young. Was dipping into one of 1995's volumes of the journal, and it just seems so incredibly young. Barely three years away from turning twenty - what did it feel like to be twenty-three? It felt old at the time, so grown-up. Yet now, at twenty-seven, that year seems so young, so long ago. Instead of being three years away from being twenty, I'm three years away from being thirty. Mind-blowing.

By now, at twenty-seven you were living on your own. You had a rented townhouse, a job at a major newspaper, you had loved and lost, and were hoping to love again. You were living in a different society from the one you had left in the '80s; to the one in which you had started work in 1994, the year you, too, voted in the country's elections.

Some things still remained the same: you still kept a journal, you still wrote fiction, you still worried about your weight. But now, instead of being proud to be part of the much-lauded new South Africa, you wanted to leave. You wanted to be a fulltime writer, but couldn't see that happening here. You had taken a job as a sub-editor on a major newspaper because you needed the experience to find work in the UK. As you furnished your townhouse with white couches and a dining-room table you were wanting to leave, go overseas. But you were scared of going alone, of leaving everything you knew, even though you were longing to go, be away, leave what you saw as the narrow confines of Africa, be part of somewhere else. So you met a man who also wanted to go overseas. The dream came together.

4 Lowick Road, Harrow, London, January 2002
I go out into a wintry landscape. Frost covers the grass, the trees, the shed and the bench in the garden. It looks like snow; it looks so northern. The streets are icy; the pavements are icy. I crunch along, trying to avoid the ice patches. The cars in the street still have ice on them at one in the afternoon, and there are messages written in the ice. It melts slowly; then it's night again, and the ice reforms.

The street is silent as I cross over, not a car in sight. Despite this we walk to town, to the stations to catch buses and trains, to walk home with parcels bulging. It is still a safe society. There are ATMs built into the walls on the outside of banks, and I use them as freely as everyone else. There are no double security doors at the entrance and no security guards at the ready. Not as there is in Johannesburg. And this is what we're going back to, what we're choosing to go back to. It all seems so unreal.

You came back; you returned to the country you had been wanting to leave since visiting America at eleven. You were thirty now, unbearably ancient to that younger self; yet the fact that you had reached that age seemed unbelievable to the thirty-year-old self you had become. That's another consequence of keeping diaries. When all the past selves are there, preserved in ink, you can always return, always remember in a disassociated way what it was like to be other ages. The childish handwriting, the naïve thoughts, the desires expressed by the teenager you were, are all still there. You cannot run away from your younger self when they are there, preserved, reachable, yet it takes an effort to reach through, open the books, wade through the self-obsession and the repetition that is a part of any diary.

So, you write to remember, and as you write, you tend to forget as life swallows you up in the present.

First publication: 4.10.2004
Source: http://oulitnet.co.za/youngwriters/arja_salafranca.asp

The post From the archive: My memory: the past in six movements appeared first on LitNet.

Uit die argief: Die oorlewing van die nie-dominante tale van Suid-Afrika

$
0
0

Bydrae gelewer by Die Burger se lesingreeks, KKNK 2001

Hierdie onderwerp word vandag veral rondom die kwessie van die handhawing en oorlewing van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika bespreek. Hierdie feit is weer van die geskiedenis van ons land afkomstig, want blanke Afrikaanssprekende mense het tot ’n groot mate en in hul eie bewussyn hul voordele en voorregte reeds i.v.m. die taalstryd, d.w.s. teen die oorheersing deur Engels en Groot-Brittanje, verower. Maar, soos ek netnou sal uitwys, ons sou ’n groot fout begaan as ons in Suid-Afrika na apartheid dié vraag net in terme van Afrikaanssprekende mense wou ontleed.

Daar is in die loop van die laaste vyf jaar of wat alreeds soveel oor hierdie onderwerp gesê en geskel dat dit al hoe moeiliker word om iets nuuts of innoverends te uiter. Dis eintlik ’n goeie teken, want dit impliseer dat ’n hegemoniale projek aan’t kom is. Met ander woorde, met uitsondering van diegene wat ons sonder enige onbeleefdheid as onkundig kan etiketteer, word algemeen aanvaar dat die gelyke regte wat in ons grondwet aan die elf amptelike tale verseker word, ook in die praktyk toegepas moet word. Daar is eintlik nie goeie redes om voort te gaan met ’n “debat” onder mense wat in wese saamstem nie. Daar bestaan natuurlik ooglopende verskille tussen mense wat byvoorbeeld meen dat die universiteite se voertaalbeleid aan die logika van die mark oorgelaat moet word en diegene wat beweer dat dit die doodsvonnis vir ’n relatief klein taal soos Afrikaans sou beteken. As ons hierdie konflik tot voordeel van eersgenoemde groep sou uitlê, dan behoort dit duidelik te wees dat ons hier met ’n inligtingsprobleem te make het. Ek sê dit omdat dit in die moderne regsgeskiedenis en in die praktyk tog vas staan dat die dominante taal of tale altyd op die sogenaamde vrye mark sal seëvier. As hierdie inligting aan die voorstanders van die vrye mark bekend is, dan staan ons, soos ek dit sien, voor die bekende probleem van verskuilde agendas.

Ek wil by hierdie geleentheid kortliks op drie stellinge ingaan. Hulle kan gerieflikheidshalwe soos volg opgesom word:

  • Afrikaans mag en sal nie kwyn, of selfs verdwyn, nie.
  • Afrikaans kan ’n sleutelrol in die bevestiging van die demokrasie in Suid-Afrika speel namate dit sy bates en voordele met die ander inheemse tale van die land deel.
  • Die behoud van Afrikaans en van ander Suid-Afrikaanse tale is ’n belangrike faktor in die globale magstryd tussen diegene wat die (Engels-georiënteerde) oorheersing van die “Noorde” teenoor diesulkes wat eerder ’n meer eweredige verspreiding van mag tussen Noord en Suid wil sien. Hierdie konflik hou verband met die veel dieper vraag van die oorlewing van die mens op aarde.

 

Die globale taalraamwerk

Daar vind vandag op die terrein van taalbeleid ’n wêreldwye stryd tussen die VSA aan die een kant en die Europese Unie aan die ander kant plaas. Japan en China, sou ’n mens kon sê, staan iewers tussen hierdie twee uiterstes. Engels is sonder twyfel die globale lingua franca en hierdie feit, wat doodgewoon met die veroweringe van die Britse Ryk voor die eerste wêreldoorlog en met die res gestae van die VSA na die tweede wêreldoorlog saamhang, gee vir die VSA, Engeland en baie van sy voormalige “dominions” (dominiums) (Australië, Kanada, Nieu-Seeland, en tot ’n mate selfs aan Suid-Afrika) ’n groot voorsprong op die wêreldmark. As instrument vir ekonomiese bemagtiging is die kennis van Engels sonder enige kwalifikasie een van die belangrikste vaardighede wat ’n moderne mens in sy curriculum vitae kan aanhaal. Dit is dan ook die rede waarom Engels in die meeste lande van die wêreld vandag as die eerste vreemde taal op skool aangebied en geleer word. Selfs Frankryk, die ou mededinger van die Britse Ryk, is onlangs voor die werklikheid van die hegemonie van Engels op die knie gedwing.

Op die oog af wil dit dus voorkom asof die lemmingsvaart na eentaligheid op die planeet onstuitbaar is. In ons eie konteks sou dan beweer kon word dat dié van ons wat op meertaligheid, moedertaalonderwys, gelyke regte aan alle tale, e.d.m. aandring, eenvoudig die skrif aan die muur nie wil lees nie.

Maar hierdie vertolking van dit wat op internasionale gebied gebeur, is nie net kortsigtig nie, dit neig in elke sin van die woord tot ’n soort doodsverlange. Ek wil hier weer eens na die wysheid van baie moderne wetenskaplikes verwys wat baie duidelik sê dat die behoud van biologiese, kulturele, en ek voeg by, politieke, diversiteit die enigste waarborg vir die voortbestaan van die menslike spesie op aarde is.

So skryf Murray Gell-Mann (1994:374-375), een van die gevierde denkers van die 20ste eeu en die Nobel-pryswenner vir fisika in 1969 aan die einde van ’n fassinerende boek oor die verhouding tussen eenvoud en kompleksiteit, byvoorbeeld:

The nearly four billion years of biological evolution on Earth have distilled, by trial and error, a gigantic amount of information about different ways for organisms to live, in the presence of one another, in the biosphere. Similarly, modern humans have, over more than fifty thousand years, developed an extraordinary amount of information about ways for human beings to live, in interaction with one another and with the rest of nature. Both biological and cultural diversity are now severely threatened and working for their preservation is a critical task.

En verder skryf hy:

.... (Cultural) diversity is itself a valuable heritage that should be preserved: that Babel of languages, that patchwork of religious and ethical systems, that panorama of myths, that potpourri of political and social traditions, accompanied as they are by many forms of irrationality and particularism. One of the principal challenges to the human race is to reconcile universalizing factors such as science, technology, rationality, and freedom of thought with particularizing factors such as local traditions and beliefs, as well as simple differences in temperament, occupation, and geography. (Gell-Mann 1994:341)

Dit wat in die Europese Unie aan die gang is, d.w.s. die behoud en bevordering van veeltaligheid in die verskeie lande van die Unie en in sy verskillende institusies, is vir ons in Afrika, en veral in Suid-Afrika, van die grootste belang omdat daar, natuurlik onder heeltemal ander omstandighede, ’n suksesvolle model van veeltalige samelewing daargestel word. Die feit dat Europa oor die eeue heen die hulpbronne, vaardighede en kennis bymekaar gebring het wat so ’n bestel moontlik maak, gee vir ons die voordeel van agterlikheid, soos Leon Trotsky dit eenkeer formuleer het. Ons kan baie, maar let wel, nie alles nie, by hulle afloer en by ons omstandighede aanpas. Watter infrastruktuur, en veral binnetaalse intrastruktuur, ons benodig, om ’n sukses van ons projek te maak, word vir ons konkreet voorgewys. Teen die agtergrond van wat ek hier geskets het, behoort dit duidelik te wees dat hierdie model, en nie die Anglo-Amerikaanse model van eentaligheid nie, vir ons die aangewese een is. Die Engelse eentaligheid sal terloops op een of ander tyd weens sy siklopiese swakheid tot die nederlaag van die reus lei!

Altemit moet ek nog vir oulaas baie duidelik sê dat daar geen rede is om te vrees dat Afrikaans gaan verdwyn nie. Natuurlik moet hierdie optimistiese skets van die globale historiese beweging ons nie op ons louere laat rus nie. As ons en ander nie-Engelssprekende Suid-Afrikaners nie ons moue oprol en daadwerklik aan die handhawing van die nie-dominante tale werk nie, dan is daar geen waarborg dat enige een van hulle sal oorleef nie.

Die rol van Afrikaans in die alliansie tussen die nie-dominante tale van Suid-Afrika

Wat wel waar is, is dat ’n samewerking, bondgenootskap of alliansie van die nie-dominante tale en hul sprekers in Suid-Afrika daartoe kan lei dat ’n ewewig tussen al die tale van die land herstel en gehandhaaf kan word. Die sleutelbeginsel in hierdie opsig is dat ons enige neiging tot diglossie op die gebied van amptelike tale moet teenwerk. Dit is myns insiens die bestemming waarheen die huidige praktyk in die staatsdiens, in die parastaatsondernemings en in baie van die grootste, selfs histories Afrikaanse firmas, op pad is. As daar nie wal gegooi word nie, sal ons binnekort die situasie hê waar ’n taal soos Afrikaans net in die kerk of in gesins- en gemeenskapskonteks en altemit nog gedurende die eerste drie jaar op primêre skool gehoor gaan word. Natuurlik sal ons ook nog radioprogamme en betaaltelevisie kan “geniet”. Dit is immers die situasie waarin alle ander Suid-Afrikaanse amptelike tale, Engels uitgesonder, hulself bevind. En wie wil beweer dat die Afrikaanse pers sy lewensvatbaarheid sal behou wanneer die aantal mense wat die taal kan lees en skryf begin afneem?

Ek kan hier net herhaal wat ek twee jaar gelede in dieselfde forum gesê het. Om hierdie scenario te vermy, moet Afrikaanssprekende mense ’n vennootskap met ander Afrikataal-sprekers teweegbring. Nie omdat die sprekers van Afrikaans, of die taal self, te swak is nie, maar omdat dit die enigste manier is om ’n nuwe etnies gebaseerde taalstryd te vermy. Ons kan dit in die nuwe Suid-Afrika nie bekostig om verdere verdeeldheid doelbewus te bevorder nie. Taalbeleid kan verdeel, soos ons oorgenoeg weet, of dit kan versoen en integreer. Dit is my benadering in hierdie saak dat die geskiedenis op ’n baie paradoksale wyse vir Afrikaanssprekende mense en hul leierskap die geleentheid bied om op ’n grootse manier die eenheid in die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing te versterk en te onderskraag deur sekere inisiatiewe op hierdie gebied te neem.

Daar is baie wat gedoen kan word as dit ons vertrekpunt is dat niestaatsorganisasies wat hulle met die handhawing van die Afrikaanse taal en literatuur besig hou, hulle ekwivalente in ander Afrika-tale te hulp sal gaan wanneer hulle genader word en as hulle dit kan doen. Ek verwys hier weer eens na die uitstekende werk wat in hierdie verband deur die Büro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal by wyse van die opleiding van leksikograwe vir Afrika-tale gelewer word. ’n Ander mooi voorbeeld is die opleiding van tolke, insluitend gebaretaaltolke, wat deur die Taalfasiliteringsprogram van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangebied word. Hierdie soort bydrae moet vermenigvuldig word; dit is nie net vir die uitbou en behoud van die demokrasie in Suid-Afrika noodsaaklik nie, dit is een van die natuurlikste maniere om regstellende aksie sonder enige verwysing na ras of kleur te bevorder. Dit is ook een van die belangrikste maniere om te verseker dat die wil van Afrikaanssprekende mense in Suid-Afrika om die status en gebruik van die taal te behou nie ’n masker is vir die strewe na die behoud van minderheidsvoorregte wat uit ’n ander tydvak afkomstig is nie.

Dit is terloops van die grootste belang om hier op te teken dat in al die inheemse Afrika-tale vandag, sulke organisasies van die burgerlike lewe ontstaan, want dit beteken dat mense nie meer net na die owerhede kyk om “iets te doen” nie. Dit beteken ook dat die taaltrots wat so lank verdring was, vandag sonder apologie uitdrukking vind. Dit is vir my byvoorbeeld een van die sprekendste dinge in my daaglikse werksomstandighede dat my Xhosa-sprekende kollegas al hoe meer in die teenwoordigheid van nie-Xhosasprekers hul taal gebruik en verwag, soos so dikwels van hulle verwag word, dat die toehoorders verstaan wat hulle sê.

Daar is sekere voorwaardes aan hierdie projek gekoppel. Ek haal uit my vorige toespraak op die Kunstefees aan:

En hier kom ons by die punt aan, waar groot foute gemaak kan word, as ons nie goed oppas nie. Dit is van die grootste belang dat diegene wat die tegniese vaardighede het nie sonder deeglike beraadslaging inisiatiewe vir andere van stapel stuur nie. Waar om hulp gevra word, moet dit aangebied word as dit moontlik is en waar belangrike inisiatiewe geloods is maar nie volgehou kan word nie, moet ingespring word. Die heel beste model is natuurlik dié waar taalwerkers en/of moedertaalsprekers besef dat iets gedoen moet word om bv die geletterdheid of `n leeskultuur in een of ander Afrikataal te bevorder en waar hulle by die (Afrikaanse) spesialiste uitkom en saam met hulle die relevante projekbeplanning uitwerk en die toepassing daarvan noukeurig monitor.

Met ander woorde, ons moet enige aanduiding van paternalisme en beterwetery vermy. Uiteindelik is dit die sprekers van hierdie of daardie taal self wat moet besluit of hulle hul taal in ’n sekere rigting wil laat ontwikkel. ’n Mens kan adviseer, maar jy moet nie voorskryf nie. Ek meen veral op die gebied van vertaling van literêre en wetenskaplike werke vanuit Engels of Afrikaans bestaan daar groot moontlikhede om hand by te sit en om die leeskultuur te bevorder, waarsonder geen modernisering van ’n taal moontlik is nie. Gelukkig bestaan instansies soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad wat die geloofwaardigheid onder Afrikataal-sprekers het en wat dus sekere impulse kan gee wat altemit eers na baie jare se gesukkel spontaan vanuit die kringe van die sprekers van een of ander taal sou gekom het.

Die oorlewing van Afrikaans na apartheid

Kom ons vra onsself na hierdie paar oorwegings ivm die problematiek van veeltaligheid in ’n moderne staat soos Suid-Afrika wat die voorland van Afrikaans is. Ek wil dit baie duidelik en sonder enige kwalifikasie sê: In ’n demokratiese Suid-Afrika gaan Afrikaans nie uitsterf nie. Watter definisie van taaldood ons ook al aanvaar, geen Afrikaanssprekende mens hoef bang te wees dat die taal binne die volgende generasie of wat van die aarde sal verdwyn nie. Brenzinger en Dimmendaal (1992:3) se definisie waarvolgens ’n taal “dood” is “... when there is no longer a speech community using the language” is een van die liberaalste in die linguistiek. As dit ons vertrekpunt sou wees, dan is dit duidelik dat die taal wat ons vandag hier praat, heelwat blaaskans het. Maar selfs as ons ’n konserwatiewe benadering soos dié van Laponce (1984:94) as ’n maatstaf sou neem, skyn dit vir my dat daar geen rede is om paniekbevange te wees nie. Laponce haal die sogenaamde “law of language death” van Dressler en Wodak-Leodolter aan waarvolgens “... a language dies shortly after it has lost its last unilingual zone”. Daaruit sien ’n mens weer hoe bedrieglik sulke “wette” in die geesteswetenskappe is. Wat Afrikaans betref bestaan daar al lankal nie meer so ’n sone van eentaligheid nie. Altemit is daar ’n paar lappies grond op die platteland waar die nefies geen ander taal magtig is nie, maar ons sou seker nie na hierdie verskynsel as ’n sone van eentaligheid verwys nie. Hierdie Kunstefees is self ’n goeie bewys dat twee- en selfs drietaligheid nie noodwendig tot die uitsterf van ’n taal hoef te lei nie.

Maar dan moet daar aan sekere voorwaardes voldoen word. Na een daarvan het ek alreeds verwys, naamlik dat tweetaligheid sonder diglossie behou moet word. Dit kan net geskied as die “swakker” taal of tale dmv wetgewing beskerm word. Dit moet baie duidelik gesê word, want daar is mense wat glo dat dit voldoende is as in die grondwet edele gedagtes oor gelykheid van taalregte en terloops ook van ander burgerlike regte gepraat word. Tensy hierdie beginsels in afdwingbare wetgewing geboekstaaf word, kom al die mooi praatjies in die grondwet op blote lippediens neer.

Ek wil hier ook duidelik sê dat ek nie vir die verskansing van taalregte as groepregte te vinde is nie, wel wetend dat ek in hierdie opsig van baie van my mees waardeerde kollegas verskil. Om by die voorbeeld van die universiteit te bly: ’n universiteit wat voorgraads Afrikaansmedium-klasse aanbied, maar ook toesien dat ander tale op sekere maniere voorgraads en veral nagraads geakkommodeer word, is, soos ek die saak sien, nie “’n Afrikaanse universiteit” nie. Dit is wel ’n universiteit waar die handhawing en die verdere ontwikkeling van Afrikaans as taal gewaarborg word; ’n Afrikaans-georiënteerde universiteit, dus. Sulke universiteite is ’n conditio sine qua non vir die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal en as taal van die hoër kultuur. En, wanneer ander taalgemeenskappe of groeperinge binne hierdie gemeenskappe na dieselfde soort fasiliteite vir die behoud van hul tale begin vra (en hulle gaan dit wel doen!), dan sal dieselfde ook vir daardie tale geld. En, les bes, dan sal die voorbeeld en die ervaring van die Afrikaans-georiënteerde universiteit(e) weer eens die pad vir hulle vergemaklik.

Ek meen ons moet aanvaar dat daar ruimte onder ons is om van mening te verskil oor hoe ons met ons etniese erfenis moet omgaan. Solank ons toesien dat ons die bevolking van Suid-Afrika bymekaar hou, dat hulle nie op grond van sogenaamde ras, taal, kultuur of ander kenmerkende verskille onstabiel raak en uitmekaarspat nie, het ons almal die reg om vir ons visie van ’n toekomstige Suid-Afrika te mobiliseer. Wat die taal self betref is dit baie duidelik dat die grondwet, die taalwet waarmee ons op die oomblik besig is, die feit dat Afrikaans die derde grootste taal in die land is, die wil van Afrikaanssprekende mense om hul taal te handhaaf, die bestaan van talle Afrikaanse organisasies en projekte, die dinamiek van die moderne Afrikaanse literatuur, musiek- en verhoogkunste en die tegniese en tegnologiese kundigheid en infrastruktuur waarop voortgebou word, die beste basis vir die instandhouding van die taal is.

Ek besef vandag dat dit nodig is dat taalwetgewing wat van toepassing op die privaatsektor is, ernstig oorweeg sal moet word. Dit is vir my verbysterend om te moet erken dat die triomfalisme van die anglofiele party in Suid-Afrika ons op dieselfde soort ramp afstuur wat destyds deur die hubris van drr. Verwoerd en Eiselen veroorsaak was. Afgesien daarvan dat ’n beleid van uitsluitlik Engels op handels- en industriële gebied uit die ekonomiese hoek gesien kontraproduktief is, moet dit tog duidelik wees dat deur so ’n beleid die middelmatigheid in ons hele samelewing ingeprogrammeer word. Dit bevoordeel net Engelssprekende mense en saai doodgewoon die drakesaad van toekomstige konflik.

Natuurlik sal ons versigtig te werke moet gaan. Suid-Afrika is nie België of Kanada, of selfs Switserland nie. Maar ons kan nie toelaat dat die onheilspellende alliansie tussen die swart middelklas en die groot Engelse firmas ons blindelings in die afgrond dwing nie. ’n Beleid van funksionele meertaligheid op alle gebiede moet in ’n gees van pragmatisme wat op die beginsel van taalregte as menseregte berus, toegepas word.

Aangehaalde bronne

Brenzinger, M. (ed.). 1992. Language Death. Factual and Theoretical Explorations with Special Reference to East Africa. Berlyn en New York: Mouton de Gruyter.
Gell-Man, M. 1994. The Quark and the Jaguar. Adventures in the Simple and the Complex. Londen: Little, Brown and Co.
Laponce, J. 1984. The French language in Canada: tensions between geography and politics. Political Geography 3 (2): 91-104.

Neville Alexander
Direkteur: PRAESA
Universiteit van Kaapstad
7 April 2001

Eerste publikasie: 04.2001
Bronadres: http://www.oulitnet.co.za/seminaar/05neville.asp

 

The post Uit die argief: Die oorlewing van die nie-dominante tale van Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Antwoord op Angus se kommentaar oor die mengeltaalkwessie

$
0
0

Beste Angus
Jou opmerkings van 27 Augustus onderaan my brief van 25 Augustus 2015 verwys.

Jy sê in Elsas is Frans en Duits “mooi opgemix”. Dit is nie so nie; Elsassies is ‘n dialek, daar is nie sprake van Standaardduits gemeng met woorde van Standaardfrans, of andersom, nie. Indien daar wel gevalle is waar so iets voorkom praat hulle bloot slordige Duits of slordige Frans, mengeltaal met ander woorde en nie Elsassies nie. Hier is ’n voorbeeld van Goethe se bekende ‘Erlkönig’ in die Elsas-dialek:

Wer ritt eso spoot durch Nacht un Wind?
Dis isch e Babbe mit sim Kind,
Er het sine Knäkes fescht an sich g'schniert,
fur dass er net kejt un as er nit friert.
As verwysing, hier is die oorspronklike Duits:

Wer reitet so spät durch Nacht und Wind?
Es ist der Vater mit seinem Kind;
Er hat den Knaben wohl in dem Arm,
Er faßt ihn sicher, er hält ihn warm.

Soos jy kan sien is daar nie Standaardfrans in nie, dit is nie Frans en Duits gemeng nie maar n dialek (wat wel deur Frans beïnvloed kon gewees het maar nie Duits gemeng met Frans nie). In Elsas praat hulle dus nie Duits en Frans “mooi opgemix” soos jy beweer nie.

In Suid-Afrika praat hulle wel Afrikaans en Engels “mooi opgemix”; dus mengeltaal, NIE‚ ’n dialek nie. As daar wel ’n dialek van Afrikaans genaamd Kaaps in die Kaap is, is dit uit hoofde van sekere grammatikale afwykings, ander uitspraak, sekere sintaktiese variasies en so aan maar nie weens die feit dat Engelse woorde links en regs ingegooi word nie. Wat jy “Kaaps” noem is deurspek met woorde uit Standaardengels. Jou “Kaaps” is bloot ’n mengeltaal. Ek het al voorheen gesê dat ek nie ontken dat daar wel ’n streektaal soos Kaaps is nie (ander aksent, effens gewysigde grammatika soos gebrek aan infinitief na die modale hulpwerkwoord ens) maar Afrikaans gemeng met lukrake Engelse insetsels (sinsnedes, woorde) is mengeltaal.

Voor jy nou weer gaan huil oor “lukraak”; met lukraak bedoel ek die spreker is nie konsekwent nie. Hy sal nou “goal” gebruik en vyf minute later “doelwit” om nou maar ‘n voorbeeld te noem.
Angus, ek verstaan hierdie stelling van jou nog steeds nie so lekker nie; ek haal jou aan:
“Grammatici het Afrikaans bestudeer, en die struktuur daarvan ontdek en dit is aan kinders geleer sodat hulle Afrikaans korrek kan skryf en praat. Dis waarom ek beweer dat AB-Afrikaans sy bestaan te danke het aan skoolonderrig.”

So, volgens jou, het kinders nie reg gepraat voordat Changuion vir hulle ’n grammatika vir Afrikaans geskryf het nie en, na hierdie grammatika nou deur Changuion geskryf is, het die kinders anders as hulle ouers gepraat. Is dit wat jy sê? Verder, grammatici het die “struktuur” bestudeer en toe die grammatika geskryf, so voor dit was daar nie grammatika nie; die kinders (en hulle ouers) het grammatikaloos gepraat. Maak nie sin nie.

Angus, niemand skryf vir ’n aal ’n grammatika nie (behalwe nou kunsmatige tale soos byvoorbeeld Dr Zamenhof met Esperanto ens); hulle stel dit bloot ten boek, die grammatika (afgewater, gesofistikeerd of hoe ook al) is reeds daar. In die lig hiervan maak hierdie volgende stelling van jou dan ook nie sin nie: “Onthou, ’n grammatikus kan enige taal neem, die struktuur daarvan bestudeer, en ’n grammatika vir daardie taal skryf. Die rede daarvoor is dat die dieptestruktuur van alle tale universeel is.”

Ek weet ook nie mooi wat jy met “struktuur” bedoel nie. Het struktuur te make met goed soos of die byvoeglike naamwoord na die selfstandige naamwoord kom soos Frans of voor die snw soos Afrikaans en Engels, of die werkwoord laaste kom soos in Afrikaans of na die onderwerp soos in Engels ens ens? Indien wel, is dit nie maar dan deel van die grammatika nie?

Ek verstaan ook nie mooi hoekom jy aanhoudend sê grammatika is “deskriptief” nie. As jy ’n vreemde taal gaan leer dan koop jy ’n boek wat aan jou voorskryf hoe jy daardie taal moet praat, met ander woorde, soos die boekies ‘Teach Yourself Latin/Spanish/ wat ook al byvoorbeeld, vertel jou hoe die grammatika werk van daardie taal, skryf dus aan jou voor hoe om daardie taal te praat, voorskriftelik dus.

Om terug te kom tot die mengeltaalkwessie. Mengeltaal is wanneer jy twee tale meng, maak nie saak wat die oorsprong van, of wat die invloed van ander tale (wat leenwoorde, afgeleide woorde ens betref) op enige van die tale wat gemeng word is of het nie. As Engels ’n groot Romaanse inspuiting in 1066 gekry het, gaan dit geen Engelsman wat nie Frans ken nie enigsins help as iemand Engels praat en elke tweede of derde woord is ’n Franse woord nie; die Engelsman gaan dit bloot nie verstaan nie. So is dan wat baie mense onder ‘Kaaps’ verstaan nie Kaaps nie; dit is bloot slordige mengeltaal vanweë die baie Engelse woorde daarin.

Groetnis
Jan Rap

The post Antwoord op Angus se kommentaar oor die mengeltaalkwessie appeared first on LitNet.

kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Hierdie boeke haal die kortlyste

$
0
0

Die kykNET-Rapport Boekpryse word vanjaar vir die tweede keer toegeken.  In die eerste bestaansjaar van die prys is 54 inskrywings ontvang.  Vanjaar se oes was 56 titels en is ’n gawe aanduiding van die lewenskragtigheid van Afrikaans.

Ons het uitgesien na interessante en innoverende feite en fiksie in Afrikaans en het dit gekry! Die keurders was verras met die hoë gehalte van vanjaar se inskrywings, boeke wat leesplesier verskaf, insig verbreed en rigiede genre-indelings en -grense uitdaag.

Die meerderheid romans is steeds ingebed in die verwikkelde sosio-politieke konteks en geskiedenis van Suid-Afrika en soek deurgaans op subtiele wyses na ’n genuanseerde respons op die geskiedenis en eietydse problematiek.

Ook by niefiksie is daar ’n merkbare bemoeienis met die verlede, hetsy met ’n politiese, ekonomiese, historiese of kulturele invalshoek. Dit is kennelik ’n produktiewe genre wat ’n groot keuse bied aan lesers.

Die eksponensiële groei van misdaadfiksie in Afrikaans is opvallend, met veral vroueskrywers wat toenemend hierdie veld met sukses betree.

Vir filmmakers is daar genoeg intriges, kleurvolle karakters en scenario’s om ons Afrikaanse rolprentbedryf ’n goeie hupstoot te gee.

Die kortlys vir 2015 (alfabeties) lyk soos volg:

FIKSIE

buys250 Buys, Willem Anker (Kwela)
ester250 Ester, Kerneels Breytenbach (Human & Rousseau)
duisendstories250 ’n Duisend stories oor Johannesburg, Harry Kalmer (Queillerie)
nagmusiek250 Nagmusiek, Stephanus Muller (Fourth Wall Books)
kamphoer250 Kamphoer, Francois Smith (Tafelberg)

NIEFIKSIE

dfmalan DF Malan en die opkoms van Afrikaner nasionalisme, Lindie Koorts (Tafelberg)
nagmusiek250 Nagmusiek, Stephanus Muller (Fourth Wall Books)
sprokie250 Van sprokie tot tragedie in die kollig, Ilse Salzwedel (Penguin)

FILM

ester250 Ester, Kerneels Breytenbach (Human & Rousseau)
duisendstories250 ’n Duisend stories oor Johannesburg, Harry Kalmer (Queillerie)
hartslief Die respektabele meneer Hartslief, Chris Karsten  (Human & Rousseau)

Wenners in beide die fiksie sowel as die niefiksie kategorie ontvang elk R200 000 en die wenner van die Filmprys R100 000.

Die keurders van vanjaar se fiksie toekennings was filmmaker Gerrit Schoonhoven, prof Thys Human (NWU), prof Louise Viljoen (US) en prof Steward van Wyk (UWK) en by niefiksie was dit joernalis Irna van Zyl, filmmaker Herman Binge, boekfees-organiseerder Darryl David (UKZN) en prof Herman Wasserman (UCT).

Die wenners word op Donderdagmiddag 19 November aangekondig by ’n geselligheid in Kaapstad. Die wenner van die Jan Rabie-Rapportprys vir 2015 word by dieselfde geleentheid aangekondig. Dáárdie kortlyste word bekendgemaak in Oktober.

The post kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Hierdie boeke haal die kortlyste appeared first on LitNet.

Jakes Gerwel – poster boy vir die marxisme, Naspers of die liberal elite?

$
0
0

clinton_jakes_650

Clinton du Plessis en Jakes Gerwel

“A life unexamined is not worth living.” Sokrates

Ek het altyd gehoop dat Jakes Gerwel ‘n outobiografie die lig sou laat sien.

Daar was vir my interessante teenstrydighede in sy lewe en ek sou graag wou gehad het dat hy self konteks daaraan sou gee – die grys en dowwe kolle inkleur, moontlik ophelder. Ongelukkig is hy intussen oorlede en ek broei steeds op talle onbeantwoorde vrae.

Dat Gerwel in sy leeftyd tog óók oor hierdie teenstrydighede gedink het, en daarmee moes geworstel het – soos dit enige intellektueel van sy formaat sou betaam – kan gesien word uit ‘n onderhoud met Murray la Vita (“Oop kaarte”, Die Burger, 23/07/2010), waarin hy die volgende opmerking maak: “Vir ’n ou marxis om nou daar in direksies te sit ... Ek glimlag soms maar ’n bietjie ironies vir myself.”

Ironies ... inderdaad. Vir ‘n man wat nie juis voorheen bekend was as fakkeldraer vir die ideologie van wins, die diktatuur van markkragte en die knypgang van kapitalisme nie.

Gerwel se voorliefde vir die werk van NP Van Wyk Louw is alombekend en ek het gedink dat dit gepas sou wees om te probeer bespiegel aan die hand van dan juis Van Wyk Louw se werk.

Veral twee opstelle (soos opgeneem in die bundel Versamelde Prosa 2) staan vir my voorop.

Eerstens, sy bekende “Oop gesprek”: Daar sal sekerlik nou diegene wil wees wat dit onvanpas sal vind dat vrae gevra word oor hoe Gerwel (‘n man met ‘n diepliggende en onbeskaamde voorliefde vir die marxisme, en akademikus, hom uiteindelik in die korporatiewe wêreld, met wins as die oorwegende dryfveer, kon bevind. In die proses sou hy ook die onbenydenswaardige eer verkry deur op ‘n stadium posisie nommer 86 te beklee op Sunday Times se jaarlikse lys van die rykste mense in Suid-Afrika (Sunday Times, Business Times, 16/09/2012).

Die oop gesprek, soos bepleit deur Van Wyk Louw, vereis juis dat ons in hierdie tydsgleuf, waar daar selektief en met ‘n oor-die-skouer-kyk-mentaliteit bevraagteken mag word, krities met leiersfigure moet omgaan – ook met intellektuele en ander meningsvormers. Die vaders moet, waar nodig, tot verantwoording geroep word. Daar is nie heilige koeie nie.

Was Gerwel verkleurmannetjie wat hom na die veranderende Suid-Afrikaanse werklikheid geskik het, of was hy meer soos die skilpaaie, waarvoor hy so ‘n voorliefde gehad het – die dop het die grootste deel van hom verskans en het hy homself nooit werklik ontbloot of blootgestel nie?

My tweede aanhaling is uit die ander opstel, oor “‘Self-made’ manne”. “Daar is geen frase in die Engelse taal wat meer verward is as die frase ‘a self-made man’ nie. Gewoonlik dink ons by hierdie uitdrukking aan ‘n man wat arm begin het en deur sy eie knapheid of werkkrag ryk geword het. Ook Cecil John Rhodes het homself nie ‘gemaak’ nie. Hy is gemaak – of liewer toegelaat – deur ‘n ekonomiese stelsel ...”

In die korporatiewe wêreld sowel as in die politiek gaan dit veral oor “networking” – daardie gekoesterde broederskap op die gholfbaan het meer te doen met die opvul van die reeds oorvol vaatjie en volgepakte skuur as net met die salige invloed van die groen setperk, die wit bal en die kuier by die 19de putjie.

Met Gerwel se politieke reikwydte (werklik of gewaand) – en hy moes bewus gewees het daarvan – sou sy onderdompeling (mens sou selfs kon praat van koöptering) in die korporatiewe wêreld dus veral gesien kon word as synde ‘n poging deur van die maatskappye (veral dan Naspers) as ‘n manier om te ontpop as die drywers van ‘n transformasieagenda en ook om polities gekonnekteerd te wees met die nuwe magselite.

Gerwel kon dus deur sy nuwe sakevennote gesien gewees het as ‘n belangrike skakel na Die Party, die corporate whisperer to the New Power? Of wat presies was Gerwel se agenda?

Neville Alexander skryf in sy Some are more equal than others. Essays on the transition in South Africa onder andere die volgende: “In other words, people like Gerwel, then as now, despite their important contributions in so many different spheres of life in South Africa, fudge the central question of power. They make the classical mistake of believing that because we are able to take office we have in fact taken power.”

Gerwel praat oor sy uittog uit die akademie in die La Vita-onderhoud: “Ek was amper al tien jaar rektor en het toe met die universiteit begin onderhandel: Kan ek nie maar uit die aanstelling kom nie? Jy weet ek het gevind ek het as ’n veranderingsgesinde rektor daar gekom en baie dinge verander. Maar ná so sewe, agt jaar as jy na jouself luister, vind jy uit jy begin posisies verdédig eerder as aanval en verander, en ek dink dit is ’n slegte teken.”

Tot watter mate het Gerwel in die korporatiewe omgewing “posisies aan(ge)val en verander”?

Media24 se Welkom Yizani-bemagtigingskema (Welkom Yizani Beleggings Beperk), onder voorsitterskap van Gerwel, het uiteindelik tot groot ongelukkigheid onder beleggers gelei. Van die goeie voornemens met die aandeel se loodsing het daar dadels gekom (die aandeel word jare later teruggekoop teen gemiddeld R10, dieselfde deposito wat in 2006 betaal moes word vir die aandele) – ‘n ander groepering maak egter obsene winste met die groei in die prys van die Naspers-aandele – met bemagtiging het die armes hier beslis die pot lelik misgesit.

Dit is ook veelseggend dat daar na Gerwel se afsterwe nie juis verslag gedoen is oor sy substansiële welvaart wat sedert sy toetrede tot die korporatiewe wêreld “toegelaat” is om op te bou nie; ek kan nie onthou dat daar selfs berig is oor die omvang van sy boedel nie.

Hoeveel van sy miljoene het hy filantropies bemaak? ‘n Dawerende stilte ... ons weet nie.

Hierteenoor het die koerante berig oor die Rabie-Wallace-egpaar se boedel van net oor die R3 miljoen wat bewillig is vir ‘n beursfonds vir skrywers.

Moontlik het Gerwel, soos baie in die huidige bestel, uiteindelik besef dat werklike mag nie in die hande lê van die vele wat die kruis trek nie, maar eerder in die hande van die uitgelese groep wat bepaal waarheen die kapitaal vloei.

Bronne

The post Jakes Gerwel – poster boy vir die marxisme, Naspers of die liberal elite? appeared first on LitNet.


Interview: Artist Andrew Hart Adler in conversation with Steyn du Toit

$
0
0

andrewhart1

Ode to de Kooning III, mixed media on canvas, 134 x 97 cm

Artist Andrew Hart Adler in conversation with Steyn du Toit

Before moving here, what was your experience of South Africa?

My first visit was in 1987, when I accepted an invitation to row with a composite crew organised by my South African friend Paolo Cavalieri, with whom I rowed in Paris. Before this trip I was also offered two local exhibitions – one in Cape Town and the other in Johannesburg – but turned both down because of the state of apartheid that still existed here. Over the course of the month that I was here I took part in various regattas alongside soaking up all the local culture and tourist attractions.

While I thoroughly enjoyed the trip I didn't manage to make it back until 2010, when I brought my partner at the time over for a holiday. On returning for a third visit the year after (2011), while summering in Cape Town, we decided to attend a play on impulse. The production was Athol Fugard's Statements after an arrest under the Immorality Act, directed by Kim Kerfoot, and apart from being blown away by the staging, that evening would also turn out to be the catalyst for my permanent move to the Mother City.

Not only did I get to forge professional relationships with several of the cast and crew members afterwards – even leading to a few projects as a result – but on returning to the United States I learned that Fugard himself would be visiting my alma mater, the University of North Carolina in Chapel Hill (UNC). There I was fortunate enough to be introduced to him and got to spend a few hours in his company. This meeting would further help open doors for me in Cape Town later on.

When we first met you told me it wasn't South Africa, but Cape Town specifically that you wanted to relocate to. What was it about the city that drew you to it?

On my first trip to the city I remember remarking to a local friend that I simply couldn't imagine someone with the opportunity to live in a place like this – you know, other than having a bona fide excuse not to – opting against it. My father had passed away, my children weren't living in America, and I therefore had no real reason to remain living where I was. So I ended up taking my own advice and moved to Cape Town. After over 40 years of wandering the planet I felt like I had found a place where, finally, I felt centred by its energy. You can literally feel it coming up from the earth and flowing down the Horn of Africa. It’s a very vibrant energy.

andrewhart2

Adler's studio

How did finding your current studio space, Atelier AHA in Woodstock, come about?

Like everything else so far with regard to my move here, finding this creative space seemed synchronised. It was weird how everything just worked out, and it was the easiest such place I had ever found. It was the second place that I had visited. I walked in and said that I would take it. At the time it was just an empty space with very rundown facilities. So I ripped everything out, cleared a studio, designed a kitchen, renovated an upstairs bedroom and refurbished the two bathrooms. I had found my home and my creative space to start working in.

Only you didn’t, because all your tools and art supplies were delayed?

Indeed! I arrived here with a few books, my paints and brushes, some paintings, three surfboards, some clothes, my bicycle and a set of 1901 art deco jars that I had bought in Aachen while having an exhibit there. So when customs therefore blocked the goods – resulting in a three-month waiting period – I had to find something else to do until I could paint again.

That was where the idea was born to transform my space into a centre of performing arts, for South African performing artists in all disciplines, which interested me. Which was everything. This was my gift to Cape Town.

We launched in 2013 with six hours’ worth of entertainment. The programme included dance performances by iKapa Dance Theatre and Kash Athanatos. Concerts by Roger Lucy, the Errol Dyers Quartet, Juke Royal and GreenGrassGrows. Staged readings by Kim Kerfoot and Nicol Ritchie. And, magic by Charles Tertiens. Natalie Becker was the MC. In exchange for performing at the launch, each of these artists was then offered a solo run at the space for a future project.

andrewhart3

Architecture of Light VII, mixed media on canvas, 97 x 77 cm

And then your paints and coconut pallets finally arrived ...

And then my paints and coconut pallets finally arrived! Similar to the work I’ve done in the past with theatre or music, I follow the same approach when it comes to creating fine art. With a new city also come new dimensions through which to explore my work, and it was fun getting back into that.

How would you describe the impact that living in Cape Town has had on your work and on your creative process?

Initially when I finally got back to painting, I continued in the style that I'm known for abroad: haptic surfaces with layer upon layer of paint, as well as my initial African influences picked up here. After working through these, however, I started exploring a new technique. Where I would previously draw to set the composition for the paintings, I was now using a camera, changing the apertures, moving it about to capture the vibration of the place, object or person. Then I would work up the image on the computer, bloating the image and changing its values. This would become the armature for the paint, allowing me the tool of actual technology as well as more traditional techniques.

What do you mean by “vibration”?

The vibration is the particular the energy I pick up in places or objects or in people. I am not using the camera to capture that which I see, but rather that which I’m feeling at the time and in that space. My series Architecture of Light, for instance, was inspired by my visit to the Milan Duomo and Basilica of Santa Croce cathedrals, while Cathedrals of Forgotten Dreams was from visits to the Cango Caves and the Sagrada Familia in Barcelona. The finished paintings have nothing to do with the original lieux; rather, they are meant to convey a state of consciousness with which I might be working. By recreating these vibrations on the canvass – through the use of musical composition – I provide a passage across the canvas with crescendos of colour, lines as themes and even places where one can rest. The result is a temporal experience when one looks from one side of the artwork to the other.

andrewhart4

Aviary II, mixed media on canvas, 123 x 97 cm

Emergence is your first exhibition in Cape Town, and features pieces selected from the ten different series you’ve created since living here. First, why that title?

As mentioned, moving here has made me feel, for the first time in my life, centred. Over the past three years I feel as if I’ve emerged with, first of all, a whole new body of work, and secondly, a maturation of my artistic process. I have arrived after years and years of, to be honest, very referential painting tied to past periods. I feel as if this new body of work is where I should be today. All the things I’ve grown up with, all the different places I’ve visited over the years and all the things I’ve carried around within myself, I’m finally emerging from all of it.

You’ve mentioned to me that, apart from consisting of various layers, another aspect of work is that it tends to spiral. What do you mean by that?

I am connected to the thread that runs through the history of art I to different periods in the past, abstract expressionism, mannerism or even cave paintings. I then transform them into my own language, which pertains to today's values and perspectives. This is specifically what I'm working with in the ever-evolving series of Odes. When I say my work is like a spiral, I mean that each cycle expands, and each time the point where I'm at is a little further out, more evolved. Each cycle may touch on an earlier element, yet at a different position. As I evolve, things come back, in the form of a technique or a theme that I hadn’t necessarily explored, or even thought about, in many years.

Could you give me an example of one such spiral?

I’m currently busy with a series called Memories of my Mother. She died when I was 11, so in order to create these images I have to go and look for aspects of her in my memory. Similar to musical vibrations, I painted a series of vertical lines (the departure point was a palm forest). This allows for the paintings to become a sort of doorway to another dimension, one through which my mother’s energy and presence can filter through. This process brought back memories of elements that I had previously used. Vertical (and similar horizontal) lines over 30 years ago. Only, then it was to establish a totally different spatial movement, with different themes and subject matter.

Apart from those mentioned already, what were the inspirations behind the other series making up the Emergence catalogue?

There is no one specific theme that interests me, and again it comes back to the vibration of each new place I visit. I’ve been moving around more or less all my life, and have had the opportunity to travel extensively as a result of it.

After taking a tour of the Vatican, an incredible range of vibrations, I started painting the series Vatican, touching on a very wide range of themes that were evoked, while a visit to Birds of Eden near Plettenberg Bay lead to Aviary. It was like walking into the Hunger Games. They had 10 m high nets covering a massive forested area, with all these exotic birds flying around!

Then there’s my series Odes, already mentioned, inspired by the painters whose work I admire, including Mark Rothko, Edgar Degas, Clyfford Still, Willem de Kooning, Robert Rauschenberg and Antoni Tàpies.

The final two series are Portraits, featuring various individuals that I know personally, and Passing through the moment, featuring dancers from iKapa Dance Theatre.

When standing in front of the body of work for the first time, how could first-time viewers go about unlocking the emotional content behind your art?

While I work, I receive what I call "gifts from the other side". Usually when someone looks at one of my paintings and says “I don’t know anything about art” I immediately reply, “But who does?” But I do hope that they will be able to open their hearts enough to receive what has been given to me.

Ultimately, there is a relationship between the viewer and the painting. However, the interaction that takes place depends on how far the viewer wants to take it. It’s a bit like going to a cocktail party and seeing someone that you find appealing. It may be that one has a superficial encounter and then moves on. Or, one could establish chemistry and take it to the next level, and perhaps it even flourishes into an intimate relationship. A painting, like an intimate relationship, reveals more and more about the person/painting as time passes. There is always a mystery to discover.

Photographer: Michael Hall

Emergence opens on September 29

 

30.09.2015 – 31.10.2015

99 Loop Street, Cape Town, 8001

www.99loop.co.za / gallery@99loop.co.za / 072 296 7627 / www.facebook.com/99loop

Catalogues available for purchase

 

The post Interview: Artist Andrew Hart Adler in conversation with Steyn du Toit appeared first on LitNet.

Ontbytkiekie      

$
0
0

By die ontbyttafel baai hulle
in die pienk lig van pomelo's
die ou man rond en kleurvol
soos 'n strandbal, sy wange
ryp pruime, sy ken
die rondings van lemoene.

Ek hou hom dop. Pomelo's
is bitter, maar sy mond drup
waatlemoenwoorde, sy bene
sak weg in die mat, hy hop-hop
om haar rolstoel by die ontbyttafel
in die pienk lig van pomelo's.

The post Ontbytkiekie       appeared first on LitNet.

Outopsieverslag van ’n opstal

$
0
0

Tussen reuse-akkerbome
lê sy bleekwit uitgestrek
haar bene effens oopgerek,
haar grendeldeur massief.
Die geelhoutbekken kraak
as voete daaraan raak.

Die outopsie word digitaal
gedokumenteer:

Die dermkanaal is breed
en donker soos ‘n hortjieshuis
maar is. ‘n Waterkol
het teen die plafon gestol.

Die buik is opgeswel.
Aan die maagwand kleef
oorspronklike olieskilderye,
aktes, jonkmanskaste,
riempiestoele en breekware
uit die 17de eeu.

Die inhoud was nog onverteer
met die intree van rigor mortis.

The post Outopsieverslag van ’n opstal appeared first on LitNet.

Die veldtie, ‘n dampie en ‘n onverwagse windjie

$
0
0

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za

dedoorns650

De Doorns (www.sa-venues.com)

Willem Links was 'n arbeider in diens van ene mnr Viljoen van die plaas Milhurst in die De Doorns-distrik – druiwewêreld. Die buurplaas met die indrukwekkende naam Mon Repos het behoort aan ene mnr Smith, wat ook 'n wynboer was.

Willem het, soos die ander werknemers van mnr Viljoen, 'n lang werksdag gehad. Dit het soggens sesuur begin en tot ongeveer halfsewe die aand geduur. Daar was rus- en etenstye tussen agtuur en kwart voor nege in die oggend; halfeen en kwart voor twee in die middag en weer vieruur tot kwart oor vier in die middag. Wanneer hulle in die wingerd gewerk het, was daar nie toiletgeriewe nie en, soos appèlregter Hefer dit later gestel het, "Sou hulle intussen behoefte kry, kon hulle die nodige in die veld of desnoods in die wingerd doen." Draadkruipery en oortreding op bure se grond vir daardie of enige ander doel was egter streng verbode en strafbaar met boetes.

Op 'n dag in 1992 het die natuur vir Willem Links geroep terwyl hy op mnr Viljoen se plaas in die wingerd gewerk het. Om geen besondere rede nie het hy besluit om deur die grensdraad te kruip en verligting op die buurplaas, Mon Repos, te gaan soek. Willem was 'n roker, en soos rokers dikwels doen, het hy 'n dampie geslaan terwyl hy sy ding gedoen het. Toe hy die vuurhoutjie trek, het die kop afgebreek en weggespat en die droë veld om hom het vinnig vlamgevat – aangehelp deur ‘n fris windjie. Kort daarna was daar 'n verwoestende brand op Mon Repos wat uiteindelik na 'n buurplaas versprei het. Die eienaar van Mon Repos, mnr Smith – wat ook die eienaar van die buurplaas was – het daarna 'n aksie om skadevergoeding teen Willem Links se baas, mnr Viljoen van Milhurst, ingestel.[i]

Mnr Viljoen is sogenaamd middellik aanspreeklik gehou. Dit beteken hy is aanspreeklik gehou nie omdat hy sélf nalatig was nie, maar omdat een van sy werknemers nalatig was en daardeur die brand veroorsaak het. Ten einde vir mnr Viljoen op hierdie manier middellik aanspreeklik te hou moes mnr Smith bewys dat die werknemer nalatig was in die loop van sy diensbetrekking met mnr Viljoen, asook binne sy diensbestek wat uit daardie diensverhouding voortgespruit het. Mnr Viljoen het aangevoer dat toe Willem deur die draad gekruip het om hom op die buurplaas te gaan ontlas, hy buite daardie diensverhouding en buite die diensbestek opgetree het.

Ons appèlhof het voorheen al dikwels sake van hierdie aard beslis. Appèlregter Tindall het reeds so lank terug as 1945 die volgende toetse geformuleer oor die vraag of 'n werknemer in 'n besondere geval binne die loop van sy diensbestek met sy werkgewer opgetree het.[ii] Hy het beslis dat as die feite in 'n bepaalde saak daarop dui dat die werknemer sóveel afgewyk het van sy dienskontrak met sy werkgewer in terme van ruimte en tyd dat dit nie meer redelikerwys gesê kon word dat hy steeds die funksies uitgeoefen het waarvoor hy aangestel is nie, dan is sy werkgewer nie aanspreeklik nie. Die klem val dus op 'n afwyking van die werknemer se normale pligte in terme van ruimte en tyd.

Hierdie beginsel is vervolgens op Willem Links se optrede toegepas. Sy werkgewer, mnr Viljoen, se advokaat het daarop gewys dat die plek waar hy hom op die buurplaas gaan ontlas het, so ver as 300 meter was van die plek waar hy op mnr Viljoen se plaas gewerk het toe die natuur hom begin roep het. Dit het hom ook 'n hele paar minute geneem om deur die draad te kruip tot by die plek waar hy sy draai geloop het en waar die brand begin het. Mnr Viljoen se advokaat het betoog dat dit só 'n wesenlike afwyking was in terme van ruimte en tyd dat dit met reg gesê kon word dat Willem Links sy diens tydelik laat vaar het, of – anders gestel – dat hy tydens sy uitstappie nie in die bestek van sy diensbetrekking met mnr Viljoen opgetree het nie.

Appèlregter Hefer, een van die appèlregters voor wie die saak gedien het, het nie met hierdie argument saamgestem nie. 'n Belangrike oorweging vir die hof was dat Willem niks op die buurplaas, Mon Repos, gedoen het wat hy nie op die plaas van sy werkgewer, Milhurst, mag gedoen het nie. Verder het die hof beslis dat daar geen getuienis van enige bymotief was nie: al wat die arme Links wou doen, was om aan die stem van die natuur gehoor te gee. Die hof was ook tevrede dat Willem nie só ver van sy werksplek af geloop het dat dit as 'n wesenlike afwyking van sy werkgewer se opdragte beskou kon word nie. Dieselfde kan ook gesê word van die tyd wat dit hom geneem het om op Mon Repos 'n draai te gaan loop. Daar was geen getuienis dat dit besonder lank geduur het nie en ook dít was, volgens appèlregter Hefer, nie 'n wesenlike afwyking nie.

Hoewel 'n mens nou jammer voel vir Willem Links se werkgewer, mnr Viljoen, lyk dit net reg en billik dat hy aanspreeklik gehou is vir die nalatigheid van sy werknemer. Immers, as mnr Viljoen nie aanspreeklik gehou is nie, moes die eienaar van Mon Repos, waar die brand soveel verwoesting aangerig het, sy eie skade dra – en dít druis darem in teen 'n mens se regsgevoel.

Die les is dat ons wat mense in ons diens het, maar altyd daarop bedag moet wees dat ons aanspreeklik gehou kan word vir ons werknemers se onregmatige dade. Die oplossing lê in voldoende versekeringsdekking. As jy 'n werkgewer is, moenie dat die son vanaand gaan sak voordat jy nie seker gemaak het dat jy wel voldoende teen die onregmatige dade van jou werknemers verseker is nie.

[i] Viljoen v Smith 1997(1) SA 309 (A)

[ii] Feldman (Pty) Ltd v Mall, 1945 AD 733

The post Die veldtie, ‘n dampie en ‘n onverwagse windjie appeared first on LitNet.

Video: Ghellie-klets in die Paarl

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum het as deel van die Paarl se jaarlikse Storievertelfees die Ghellie-klets aangebied. By die heerlike kuiergeleentheid het seremoniemeester Johann Bakkes mense soos Peter de Villiers, Hemelbesem, Loit Sôls, Gerrit Rautenbach en Ben 10 bymekaar gekry om stories rondom die ghellie-blik te vertel en musiek te maak. 

 

The post Video: Ghellie-klets in die Paarl appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>