Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Van Coke Kartel: "Ons het regtig nie te veel oor die songs en hoe dit moet klink gemediteer nie"

$
0
0

Van Coke Kartel is ná ’n uitgerekte ruskans terug met ’n nuwe EP – ’n versameling cover-snitte. Wynand Myburgh van VCK beantwoord ’n paar vrae oor die album, musiek in Suid-Afrika en die lewe.

VCK1webHaydenPhipps
Foto: Hayden Phipps

Goeiedag, Wynand. Geluk met die vrystelling van VCK se nuwe EP, Energie. Hoe het die idee en die uiteindelike besluit gekom om in hierdie stadium van VCK se lewe ’n cover EP uit te bring? Moes julle wik en weeg oor of daar oorspronklike songs ook ingesluit moet word, of hoe het daardie besluitnemingsproses gewerk? En hoe is daar op die ou end ooreengekom op watter vyf songs ingesluit sou word?

Ons wou iets nuuts saam record, maar ons het ook geweet dat daar geen tyd is om iets nuuts te skryf voor die einde van 2015 nie. Ons het al ’n paar covers met VCK gedoen, so die konsep was nie so vreemd nie.

Die idee met die projek was om dit te geniet. Met die opname en skryf van ’n oorspronklike album is daar baie stres betrokke. So as dinge te ernstig begin raak het, het ons net onsself herinner om die hele proses nie te ernstig op te neem nie en dit te geniet. Oorspronklik was die songkeuses bietjie van ’n berg, maar nadat ons besluit het om dit net vyf te maak en weer eens nie te veel daaroor te dink nie, was dit maklik.

Daar's natuurlik uiteenlopende gedagtes oor hoe covers benader en gebruik moet word – sommiges meen as ’n mens eer wil betoon, moet jy dit in die aanslag van die oorspronklike kunstenaar doen, ander voel ’n eie spin of interpretasie is ononderhandelbaar. Wat is jou persoonlike filosofie hieroor? Moes julle bietjie boks onder mekaar om op ’n gesamentlike benadering ooreen te kom, of in hoe ’n mate was daar vinnig verstandhouding oor wat moes gebeur? Hoe sou jy ’n VCK-spin op ’n song – of dan die VCK-spins op hiérdie songs – beskryf?

Ons het regtig nie te veel oor die songs en hoe dit moet klink gemediteer nie. Ons het hulle net so gevat en in ons styl van rock begin speel. Dit het baie natuurlik en spontaan gegaan van daar af. Al die songs beteken vir ons iets. Die Kerkorrel-track “Energie” is seker een van die eerste songs in Afrikaans waarmee ons kon relate. Ons almal is huge Thin Lizzy fans en daai song is so spesiaal. Ons almal like ook die Beatles, en “Help!” spesifiek is een van ons almal se gunsteling Beatles tracks. Die Lana-song het ons almal besluit is ’n “pop” song waarmee ons gelukkig is en Theo Crous het nogal baie input met dit gegee. Die James Brown song was bietjie meer tricky, maar toe ons eers met hom begin vloei het, het hy spontaan gewerk.

Die laaste deel van vraag 3 is dalk onregverdig, want vir ’n EP met vyf tracks is dit geweldig uiteenlopend. Die weergawe van Lana del Rey se "Born to die" is byvoorbeeld baie stripped, en dan is die cover van Johannes Kerkorrel se "Energie" weer klipharde, vinnige, vol-band rock ’n roll ... en dis net twee van die tracks. Die aanslag wat mens wil neem is natuurlik een ding, maar om die musiek rég te kry is nog baie harde werk. Hoe het daardie proses gewerk – vandat een of almal van julle met ’n track gaan sit en met ’n idee vorendag gekom het tot julle uiteindelik besluit het dié is nou lekker en perfek, en later tot die studio-proses en watse heroorwegings daar gebeur het?

Daar was nie veel preproduction nie. Ons het ’n paar sessions gehad waar ons die songs as ’n band gejam het en elkeen hulle input gegee het aan tempo’s, struktuur, etc. Soos hier bo beskryf, het ons nie te veel oor dit getob nie.

Dis ook interessant dat vier uit vyf van die tracks Engels is. VCK het natuurlik voorheen al live en op opnames Engelse covers gedoen ("Maniac" en "I want (br)(c)andy" duik eerste op as mens nou dink). Voel dit enigsins vreemd om as VCK ’n EP vry te stel wat grotendeels in Engels is? Is daar ’n ander denkrigting as bloot die homage aan invloed-songs aan die gang, soos byvoorbeeld die bereik van ’n groter mark of skep van ’n groter aanhangerskorps vir VCK? Hoe lyk die moontlikheid dat VCK in die toekoms ’n paar Engelse originals gaan uitreik?

Ons wou al vir ’n paar jaar songs in Engels uitbring, maar het nog nooit enige sukses gehad nie. Dit is definitief die rede hoekom ons Engelse covers al sedert Skop, Skiet & Donner uitsit. Daar het ook ’n groot change gekom toe Jedd ’n voltydse member geraak het. Ewe skielik het ons nie meer soos ’n Afrikaanse band gevoel nie. Die conversation tussen ons as band lede was meestal Engels. Na die groot shift en struggle om pre-FPK in Afrikaans te begin skryf, kon ons dit nog nie regkry om iets in Engels uit te sit nie.

VCK was relatief lanklaas aktief wat live shows betref. Die redes daarvoor is ook nie ’n geheim nie: bloot die tydelike fokus op ander projekte. Is dit egter moeilik om weer ’n sekere dinamiek in ’n band te herstel ná so ’n lang aftyd, beide wat die musiek en die persoonlikhede betref? Of hoe beskou jy die dinamiek in VCK, veral sedert Jason Oosthuizen die band verlaat en Dylan Hunt aangesluit het? Hoe ’n groot impak het daardie verandering op die band gehad?

Alhoewel ons min live speel, is ons weer geolie na een rehearsal. As ’n band eers ’n band is, verdwyn daai moeilik. Alhoewel Dylan nog net amper twee jaar saam met ons is en ons nie baie in die twee jaar gespeel het nie, werk dit. Ons is almal nou al ou, gesoute musikante en hanteer alles baie professioneel. Die band tussen my en Francois en Jedd is ook so sterk. Ons speel nou al so lank saam dat daar iets is wat nooit sal weggaan wanneer ons in ’n VCK set inklim nie.

Jy is ook betrokke by Jack Parow se bestuur, en die manier waarop jy aan die stuur was van Fokofpolisiekar se sake is al goed gedokumenteer (onder meer in Annie Klopper se boek). Het jy "goue reëls" wat jy deurentyd volg met dié soort dinge, of is dit meer ’n geval van harde werk om deurentyd on top te bly van wat nóú in die bedryf aangaan en wat nóú gaan werk? Hoe beskou jy die plaaslike (en Afrikaanse) bedryf se skerpgeid (of gebrek daaraan) in hierdie opsig? Hoe sou jy die verhouding tussen besigheid en musiek wou sien verander op die plaaslike scene in terme van hoe die hoofstroom (en minder bekendes) daarmee omgaan?

Ek speel nou al musiek voltyds vir 13 jaar en is net so lank al baie aktief betrokke by die bestuurkant van die besigheid, maar dit is eers vir die laaste vyf jaar dat ek die bestuur baie ernstig opneem en dit as ’n career sien. Harde werk gaan hand aan hand met sukses. Dis net belangrik om slim te wees. Dis so maklik om jou energie op die verkeerde dinge te mors. So ja, harde werk om on top te bly, maar ook om die regte keuses te maak om seker te maak dinge steer in die regte rigting en dit moet in verhouding wees met goals en wat trend.

Ek het seker ’n klomp goue reëls, of eerder “filosofieë”, oor die bedryf en kuns oor die algemeen. Ek het te veel opinies oor die plaaslike musiekbedryf, hoofstroommusiek, die balans tussen kuns en besigheid om in dié artikel te bespreek. Die artikel gaan tog oor Van Coke Kartel en cover songs. 😉

Van Coke Kartel – en Fokofpolisiekar – het oor die afgelope paar jaar honderde gigs, toere en dies meer ingewerk. Is daar enige herinneringe, spesifieke venues of plekke wat vir jou uitstaan as hoogtepunte wanneer jy terugkyk? Enige moeilik-om-te-glo agter-die-scenes dinge wat jy nie sommer sal vergeet nie, of enigiets wat jy eerder wel wil vergeet?

Die release van elke album was ’n hoogtepunt met FPK en VCK. Met VCK het ons ook twee crazy shows in Taiwan en Argentinië gespeel. Al die Oppikoppi’s was hoogtepunte. Om vier Samas te gewen het. Om twee keer vir Metallica te geopen het (met FPK in 2006 en VCK in 2013). Om twee keer vir Violent Femmes te geopen het. Dan is daar seker nog baie ander waaraan ek nie nou kan dink nie.

Wat hou die nabye en verre toekoms vir Wynand Myburgh en vir Van Coke Kartel in, in so verre jy dit kan voorspel of beheer?

Met Van Coke Kartel gaan ons in 2016 geen shows speel nie. Francois gaan al sy energie op sy solo career focus en ek gaan management tot die next level vat. Dan is daar ook ’n Fokof Lager op pad en Fokofpolisiekar 10 jaar Swanesang vinyl release op pad. Nuwe Jack Parow-album, Jack Parow TV show en nog vele ander projekte (alles musiek en musiekbesigheid related). Ek is ook op soek na nog ’n kunstenaar om te bestuur. Iets anders ...

Wat is die sin van die lewe?

Daar is geen “regte” antwoord vir dié nie. Elke persoon skep hulle eie realiteit en uitsig op die lewe. Ek vind sin in kreatiwiteit en om my persoonlike kreatiwiteit uit te leef in musiek en besigheid. My verhouding met my vrou is ook ’n groot deel van my sanity en add baie sin tot alles wat ek doen.

The post Van Coke Kartel: "Ons het regtig nie te veel oor die songs en hoe dit moet klink gemediteer nie" appeared first on LitNet.


Abafundi abathetha iAfrikaans bangaziva njani ukuba bona bangafundiswa mhlawumbi ngesiXhosa? | How would Afrikaans-speaking students feel if they were taught in the medium of Xhosa?

$
0
0

precious_and_tessa650

Precious Bikitsha and Tessa Dowling

Jump to English translation: How would Afrikaans-speaking students feel if they were taught in the medium of Xhosa?

IsiNgesi silulwimi lwam lwenkobe kodwa sikwalulwimi lwabantu abaninzi abahlala apha eMzantsi abakhetha ukusithetha njengolwimi lwesibini. Mhlawumbi abazikhetheli, bekunyanzelekile ukuba bathethe isiNgesi. Ngenxa yokuba banyanzelwa, abantu abaninzi bakhula ekusithandeni isiNgesi, njengomfazi onyanzelwa emtshatweni aze akhule ekuthandeni umyeni.

Kutheni abantu abamhlophe bengathethi iilwimi zesiNtu? Inyani emsulwa yeyokuba abanyanzelekanga. Kodwa ukuze iilwimi zethu zikwazi ukukhula, zidinga abantu bazifunde, futhi bazithethe zide zisetyenziswe kuzo zonke iinkalo zobomi. 

Kodwa into ekufuneka sizibuze yona yeyokuba singayenza njani into yokwamkwela futhi nokukhuthaza abantu bonke babonise umdla ekufundeni iilwimi zesiNtu?  Siyazikhuthaza nyhani na iilwimi zethu ukuze zifane nesiNgesi neAfrikaans sikwazi ukuzisebenzisa nasezikolweni nasemisebenzini naseyunivesithi njalo njalo?  Okanye ikhona into efuna ukuzibambezela zihlale zithethwa emakhaya kuphela zingandi?

Nanku umakhulu obukela umabonakude – akakwazi ukuthetha nokusifunda isiNgesi, kodwa iinkqubo azibukelayo uninzi lwazo luxuba iilwimi zesiNtu futhi zisebenzise ii-subtitles ezibhalwa ngesiNgesi ukubonakalisa le nto ithethwayo kule nkqubo. Owona mbuzo ngowokuba ukwazi njani ugogo ukuyiqonda into eqhubekayo nangona engakwazi ukufunda isiNgesi, futhi engazazi zonke iilwimi ezisetyenziswayo kuGenerations, umzekelo? Le nto ibonakalisa ukuba isiNgesi sixatysiwe futhi sibonakalisa ukuba kuzo zonke izinto esizenzayo naxa singaqapheli isiNgesi lolona lwimi oluphambili. Kutheni singakwazi ukubhala ii-subtitles ngezethu iilwimi ukuze abantu baqonde into eyenzekayo futhi bafunde iilwimi naxa bebukela umabonakude? Asifuni na ukuba abantu bafunde iilwimi zesiNtu okanye sifuna ukuzigcina kuthi na? 

AmaNgesi alindele ukuba wonke umntu akwazi ukuthetha isiNgesi kodwa loo nto ayenziwa ngeelwimi zesiNtu; sizame yonke into ukuze sifunde isiNgesi ngokuba yiyo yodwa indlela esinokwazi ukwabelana nabantu abamhlophe sikwazi ukufumana imfundo enexabiso ngokuba iilwimi zethu azixatyiswanga ngabantu abamhlophe: nathi kungenjalo. Umahluko neAfrikaans ngowokuba bayaluxabisa ulwimi lwabo futhi benza kangangoko ukuba baluphuhlise balusebenzise kuzo zonke iinkalo zobomi. Ingxaki ayilolwimi leAfrikaans qha ingxaki yeyokuba abafundi baseStellenbosch bayanyanzeliswa ukuba bafundiswa ngolu lwimi. Abafundi abathetha iAfrikaans bangaziva njani ukuba bona bangafundiswa mhlawumbi ngesiXhosa? Abantu abaninzi basokola ngesiNgesi ngoku xa beza kunyanzelwa ukuba bafunda ngeAfrikaans inzima kakhulu loo nto.

Zama ukwenza umfanekiso engqondweni: ungumfundi omnyama uya eStellenbosch uyo kufumana imfundo, sowuqhele into yokuba awuzufundiswa ngolwimi lwakho kodwa ngesiNgesi, kodwa udibane nenye ingxaki yokufundiswa ngeAfrikaans. Uzawude uyifumane njani le mfundo nempucuko xa ujongene nesithintelo esiyiAfrikaans?  Ungayithathi kakubi – ndicinga ukuba wonke umntu makayifunde iAfrikaans njengokuba ndicinga ukuba wonke umntu makazifunde iilwimi zesiNtu. Into ebalulekileyo yeyokuba sihlangabezane singaxabisi olunye ulwimi phezu kolunye. Ngoku niza kundiphikisa ngokuthi isiNgesi sixatyiswe kakhulu – andali, kodwa masiyamkele into yokuba isiNgesi siyafikeleleka kumntu wonke nangaphesheya.

Mhlawumbi uyazibuza ukuba singayenza njani na le nto yokuphuhlisa iilwimi zesiNtu ukuze zibe kumgangatho ofanayo neAfrikaans? 

  • Zisebenzise – naphi na, nanini na!
  • Zifundise emakhaya, kwizihlobo kumntu wonke odibana naye
  • Zibhengeze xa uthengisa into njengonomashishini nabantu abasebenza kwi-media
  • Zibhale
  • Zifunde – kukho iinoveli namaphephandaba nee-PhDs ezibhalwa ngeelwimi zesiNtu

Masisebenzisane ukuze sifundise iilwimi zethu kubo bonke abazidingayo, sigqwese futhi ngendela esizifundisa ngazo.  Asizukwazi ukuzikhulisa ukuba asizithatheli ntweni futhi singabahoyi nabo abafuna ukuzifunda.  Akwanelanga xa sizithetha nje iilwimi zethu kodwa masizame ukuzivula kumntu wonke ukuze zikhule zibe namandla zifane nesiNgesi neAfrikaans. Xa sikwazile ukwenza loo nto mhlawumbi le ngxoxo yokusetyenziswa kolwimi oluthile ingakwazi ukutshintsha ingajongi iAfrikaans okanye isiNgesi kuphela.

Ibhalwe nguTessa Dowling noPrecious Bikitsha

*****

How would Afrikaans-speaking students feel if they were taught in the medium of Xhosa?

English is my mother tongue, but it is also the language of many South Africans who choose to speak it as a second language. Then again, maybe English hasn’t been a choice but a language people have been forced to learn, and have just grown to love, just like a woman who has been forced into a marriage sometimes falls in love with her arranged husband.

Why can’t white people speak African languages? The honest truth is that they are not forced to. But if our languages are to thrive, they need people to learn them, and to speak them until they are used in all spheres of life.

But what we have to ask is, how can we make the study of African languages acceptable and how can we encourage everyone to show interest in them? If we are really so in favour of our languages can we imagine them reaching the same level as English and Afrikaans, able to be used in schools, universities and places of work, or do we want to hold them close to ourselves, stunting their wider appeal, keep them as “domestic appliances”?

Here is “Gogo” watching TV – she can’t read or write English, but the majority of programmes she watches contain a mix of African languages and use English subtitles. Here’s the thing, though: Gogo can’t read English. But English is the dominant language and even when we can’t understand it, we know it has value. Why can’t we produce subtitles in our own languages so that people can know what is going on when they are watching TV? Don’t we want people to read African languages or do we just want to keep them to ourselves?

English speakers expect everyone to be able to speak English, but that is not the same with African languages; we go out of our way to learn English as if it were the only way to meet white people and get a valuable education even though our own languages are not respected by white people – or by ourselves.

Picture the scene: you are a black student going to Stellenbosch to get an education, already resigned to the fact that you will not be educated in your mother tongue but in English, but now you encounter yet another problem – being taught in Afrikaans. How on earth are you going to get this education and “civilisation” with this new obstacle which is Afrikaans? Don’t get me wrong – I think that everyone should learn Afrikaans, just like everyone should learn African languages. The important thing is that we must come together and not value one language over the other. You might argue that English is indeed over-valued – and I don’t dispute that, but let us just accept the fact that English is accessible to everyone, even globally.

Perhaps you are asking yourselves what we could do to improve African languages so that they reach the same level as Afrikaans?

  • Use them – wherever, whenever!
  • Teach them at home, with friends and to everyone you meet.
  • Use them in advertising and marketing campaigns.
  • Write them.
  • Read them – there are novels and newspapers and PhDs written in African languages.

Let us work together so that we teach our languages to everyone who needs them and let our teaching of them be outstanding. We can’t grow them if we ignore the fact that people want to learn them. It is not enough for us to just speak our languages, we have to open them up to everyone so that they grow and become strong like English and Afrikaans. If we can do that, maybe the discussion about language use could change to include languages other than just English or Afrikaans.

By Tessa Dowling and Precious Bikitsha

>>Back to The Open Stellenbosch Seminar

The post Abafundi abathetha iAfrikaans bangaziva njani ukuba bona bangafundiswa mhlawumbi ngesiXhosa? | How would Afrikaans-speaking students feel if they were taught in the medium of Xhosa? appeared first on LitNet.

Hoekom, vriende, verduidelik vir my?

$
0
0

 

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Geagte vriende

Kan julle my asb eerlik antwoord?

Hoekom masturbeer getroude mans?  Ek vermoed (en weet eintlik) dat my man in die stort masturbeer, soms langs my in die bed – en tog kry hy genoeg seks, ek het hom nog nooit geweier in enige opset nie.

Ek voel half in die steek gelaat daaroor.

Ek verstaan dit net nie.  Het dit met my voorkoms te doen?  Ek is 42, het nie kinders nie, weeg 65kg, 1.73cm lank, lenig gebou, kyk goed na myself.  Ek dink ek lyk beter as menige 20-jarige meisies deesdae. 

Help asb.  Dit maak my mal.  En ek is nie iemand vir konfrontasies nie.  Ek weet, ‘n man wil nie graag “uitgevang” word daaroor nie, dis mos ‘n stoute geheim van hulle.

Dankie by voorbaat.

Groete

Vrou van Pretoria

The post Hoekom, vriende, verduidelik vir my? appeared first on LitNet.

Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond

$
0
0

Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond

Corné Coetzee, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die titel van hierdie artikel dui op Johannesburg as leefomgewing en die invloed van omgewing en lewende organismes op mekaar. Die voorvoegsel eko- beteken immers “omgewing”; ’n ekostelsel is ’n omgewing en die organismes daarbinne wat wedersydse invloed uitoefen. ’n Kort oorsig oor die ontwikkeling van ekokritiek, en spesifiek stedelike ekokritiek, en die omvang van hierdie vertakking word gegee. Ek gebruik veral stedelike ekokritiek as leesstrategie in agt gedigte om betekenislae te ontgin wat verband hou met die perspektief op omgewing, plek of milieu. Die doel is om uit die representasie van die omgewing in die gedig inligting in te win oor die heersende ideologieë, sosiale, politieke of kulturele toestande en om by bekende gedigte ander betekenislae te ontgin as wat reeds gedoen is. Die gedigte word aan die hand van verskillende vertakkings van ekokritiek bespreek. Die keuse van gedigte is gemaak op grond van die gedeelde milieu (Johannesburg) en aspekte wat vanuit ’n verskeidenheid van stedelik-ekokritiese perspektiewe gelees kan word. Die gedigte is Trekkerswee – Totius; “Puine” – N.P. Van Wyk Louw; “Stadswyk” – S.J. Pretorius; “Wat mis jy nie” – Rosa Keet; “44” – Wilma Stockenström; “Plat foto van ’n vis” – Hans Pienaar; en “Ek het ’n huisie aan die Rand” – Pirow Bekker. Die artikel gebruik vertakkings van stedelike ekokritiek soos ekogeregtigheid, ekofeminisme, postkoloniale ekokritiek en ekosielkunde as teoretiese raamwerk; die genoemde tekste word vir omgewingsmatigheid eerder as bloot vir omgewing beskou, en die stad as sosiale proses eerder as topografiese entiteit. Op hierdie manier dui die artikel aan hoe ekokritiek en sy vertakkings as leesstrategie gebruik kan word waarmee veelvuldige vlakke van betekenis ontgin kan word. Daar word getoon dat die leefervaring van figure in die tekste in direkte verband staan met die omgewing waarin hierdie tekste geplaas is en verder dat hierdie omgewings ’n aanloop vanuit die groter omgewingsgeskiedenis het.

Trefwoorde: ekofeministiese kritiek; ekogeregtigheid; ekokritiek; omgewing; plek; ruimte; sosiale ekokritiek; stedelike ekokritiek


Abstract

Ecocriticism and specifically urban ecocriticism as lens for reading seven poems set in Johannesburg

The article deals with Johannesburg as an environment and how it affects and is affected by its inhabitants. The prefix eco- is used not in the biological sense but in the more general sense of a physical environment that acts on and is acted on by its community of interacting humans.

A brief overview of ecocriticism and specifically urban ecocriticism is given; after that ecocriticism and specifically urban ecocriticism are used as reading strategies in seven poems to examine layers of meaning relating to the perspective on environment, location or milieu. The poems are discussed with reference to various components of urban ecocriticism. The aim is to read, from the representation of the environment in the poem, for information about the prevailing ideologies, social, political or cultural conditions. The poems were selected for their shared environment and aspects that connect to a variety of urban ecocritical perspectives: Trekkerswee – Totius; "Puine" – N.P. Van Wyk Louw; "Stadswyk" – S.J. Pretorius; "Wat mis jy nie " – Rosa Keet; "44" – Wilma Stockenström; "Plat foto van ’n vis" – Hans Pienaar; and "Ek het ’n huisie aan die Rand" – Pirow Bekker.

Various subfields of urban ecocriticism, such as ecojustice, ecofeminism, postcolonial ecocriticism and ecopsychology serve as a theoretical framework. The texts are read for environmentality rather than merely for environment and the city is regarded as a social process rather than a topographical entity, uncovering multiple levels of meaning. The article shows that the experiences of figures in the texts are directly related to the environment in which these texts are placed and also that these environments emerge from a greater environmental history.

Environmental activism became popular in especially the USA at more or less the same time that civil rights and women’s and gay rights movements came into being, which gave rise to corresponding fields of literary study; but the environmental movement did not immediately develop anything similar. However, since the 1990s, with environmental problems becoming more urgent, there has been an increase in the publication of ecocritical theoretical texts. After the establishment of the Association for the Study of Literature and Environment (ASLE) in 1992, “ecological literary study […] emerged as a recognizable critical school” (Glotfelty 1996:xviii).

In her introduction to possibly the first anthology of ecocritical essays, The ecocriticsm reader,Cheryl Glotfelty defines ecocriticism: “(E)cocriticism is the study of the relationship between literature and the physical environment” (1996:xviii). Bennett and Teague (1999:3) define ecocriticism as “the study of the mutually constructing relationship between culture and environment”.

At first the subject of ecocriticism was mostly literature about nature, but since the late 1990s other subjects have been included in its focus, and Glotfelty (1996:xxiii) notes the frontier, animals, cities, technology, garbage and the body (1996:xxiii). Since then a great number of texts have been published that explore new subfields of ecocriticism, especially urban ecocriticism, such as the collection edited by Michael Bennett en David W. Teague, the title of which exemplifies the expansion of the field of study: The nature of cities: ecocriticism and urban environments (1999). The concept of environment was expanded to include the after-effects of human involvement in the natural environment – as in cities. Oppermann (2011) says that the inclusion of urban ecocriticism in the practice of ecocriticism adds a broader definition to ecocriticism as a field of study.

According to Buell (2005:11) ecocritics do not, on the whole, define the field as a paradigm, framework or method, but regard it as an adaptable practice that is more issue-driven than paradigm-driven.

The article subsequently shows how the spaces in which the human subjects in the poems are placed relate to the larger material, social, cultural or ideological environment. By focusing on this relationship between the immediate environment and the social aspects of the lives of the figures within those environments the article demonstrates the validity of the “social claim on urban ecocriticism” (Ross 1999:28).

Ecojustice is a term/concept used in connection with inequality regarding living spaces. Michael Bennett (1999:170–1) writes in “Manufacturing the ghetto” about the “internal colony” and compares historical colonies and present (American) black ghettoes (comparable to South African townships). He finds connections between place and the political power that white communities exercise over black communities. I use some of his arguments in the discussion of “44” from Monsterverse by Stockenström and show how the poet, by juxtaposing conditions in the township and attitudes in the suburb, portrays inequality and injustice in South Africa.

Catherine Villanueva Gardner writes in “An ecofeminist perspective on the urban environment” (1999:191–2) that this perspective shows the complex interconnections of race, class, gender and the environment. She stresses the empirical reality of the issues that concern ecofeminism and examines the conceptual framework that confirms the subjugation of women as well as nature. Ecofeminist ideas are used as a theoretical framework in the discussion of “Plat foto van ’n vis” by Pienaar: the poem suggests that economic and male power are behind environmental devastation.

Urban and postcolonial ecocriticism overlap to an extent. Visagie (2013a) states that in the developed world there is a growing realisation that ecocriticism cannot develop any further without taking into account the postcolonial contexts of the poorer south. Colonisation has physical, social and political impacts because colonisers often exploit the colony physically for natural resources and imposes social and political structures. In South Africa, and specifically Johannesburg, British rule after 1902 ensured strong support for the mining industry with overseas capital. This industry was the most important driver of the creation of the city and to a great degree determined the character of Johannesburg as a city and as a living space. It can be added that white rule before and after the country became a sovereign republic had equally important effects on communities and their environments. A postcolonial aspect is clear in several of the poems discussed – most obviously in Trekkerswee, by Totius, also in “Puine” by Van Wyk Louw. Trekkerswee is an epic about the breakdown of social and moral cohesion of the Trekkers during the discovery of gold on the Witwatersrand, the Anglo-Boer War of 1899–1902 and the subsequent development of the mining industry and city of Johannesburg. In “Puine” Van Wyk Louw celebrates the new Republic of South Africa, making fun of dilapidated and run-down places that were given British names during British rule.

Roszak refers to an “ecological unconscious” (1992:13) and states that despite the prevalence and importance of cities, “modern psychiatry has never undertaken a symbolic reading of the city” (1992:219). Some of his ideas about psycho-ecocriticism are used in the discussion of “Wat mis jy nie” by Keet. The poem dramatises an absence of emotional well-being, lack of human interconnectedness and compassion in the high-rise suburb of Hillbrow.

An important concept for this article is environmentality. Buell writes: “(I)t seems to me […] productive to think inclusively of environmentality as a property of any text”; he adds that all human artefacts bear traces of this (2005:25). By exploring the environmentality of the texts – even in poems that are not “about” the environment – the article attempts to show that almost any text can be read ecocritically.

Roberts (1999:40) states that urban poetry should be read “in terms of social process”, rather than with reference to mere “landscape”. This idea is the theoretical basis for discussions of “Stadswyk” by Pretorius and “Ek het ’n huisie aan die Rand” by Bekker. In “Stadswyk” the neighbourhood can be “read” though the activities of the women who sweep, the man who sits dejectedly after night shift, and the children playing on the verandah of the funeral parlour, thus “creating” the city through the processes of living.

The concept social ecology is associated with the anarchist and libertine socialist Murray Bookchin (2000), who states that ecological problems are caused by deeply entrenched social problems. This idea forms the basis of several of the discussions of the poems in the article; here, however, they are subdivided into aspects such as political and economic causes of urban environmental problems as well as a dualistic views of society.

The phrase “the social claim on urban ecology” by Andrew Ross resonates with Bookchin’s ideas. Ross states that “environmentalism is not and cannot afford to be single-issue politics … Ecofeminists, eco-urbanists, bio regionalists, social ecologists” (1999:28) are environmentalists, to the same extent as “wilderness-obsessed” (1999:28) activists. It is exactly this social claim on urban ecocriticism that is explored in the article; in every poem that is discussed, material, social, cultural, economic and/or ideological matters are introduced. All aspects of society are inseparable from the environment or place within which they occur; society and environment influence one another.

The chronological discussion of the poems set in a shared milieu offers a view of the growth of the city over time. Buell (2005K:867–74) provides five dimensions of place-attachment, of which two are temporal, namely the accrued platial experiences of a lifetime that affect an individual’s response to other places, and the changes during time of place itself. By reading seven poems set in Johannesburg chronologically, the article shows changes in the city over time as represented in the poems. For instance, the deplored mines of Trekkerswee (1915) have long-term effects represented in Pienaar’s “Plat foto van ’n vis” (2002); the social changes noted by Totius have become a way of life in Pretorius’s “Stadswyk” (1963) as well as, hyperbolised and caricatured, in Bekker’s “Ek het ’n huisie aan die Rand” (2002). The new dispensation when the Empire is “gone” (“weg”) in Louw’s “Puine” (1962) has its own socio-political effects, as can be seen in Stockenström’s “44” (1984). The article thus maps Johannesburg as a place in a temporal dimension.

Keywords: ecocriticism; ecofeminist criticism; ecojustice; environment; place; social ecocriticism; space; urban criticism


1. Inleiding

1.1 Agtergrond

Die mens se verhouding met sy omgewing en sy tuiste is sekerlik een van die oudste en mees standhoudende temas van die letterkunde. Van Homeros se Odusseia waar ons Odusseus op die eiland Kalipso ontmoet waar hy na sy tuiste verlang, die Ou Testament se Eden as eerste tuiste, Psalm 137:5 se “As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!” tot meer onlangse prosa soos, om enkele plaaslike voorbeelde te noem, J.M. Coetzee se Life & times of Michael K (1983), Marlene van Niekerk se Agaat (2004), Eben Venter se apokaliptiese roman Horrelpoot (2006) en Claire Robertson se The spiral house (2013) – elkeen kan onder meer gelees word as ’n verhaal van ’n protagonis se verhouding met sy tuiste. Dit is juis die standhoudendheid van hierdie tema in letterkunde deur die eeue heen wat die geldigheid van Smith se stelling onderskryf: “Alle menslike ondervinding begin by plek” (2012b:890).

Die idee van die omgewing as probleem het gedurende die 1960’s en 1970’s veral die Amerikaanse openbare verbeelding aangegryp. Die verskyning van Rachel Carson se Silent spring in 1962, as boek asook as ’n reeks met dieselfde titel in die vooraanstaande Amerikaanse tydskrif The New Yorker, het baie hiertoe bygedra. Carson dokumenteer in haar boek die skadelike gevolge van die willekeurige gebruik van plaagdoders op die omgewing, veral voëls. Omgewingsaktivisme het in dieselfde tyd as ander burgerlike bewegings soos dié vir gelyke burgerskap, vroueregte en gayregte in hierdie era ontstaan, maar anders as daardie bewegings waaruit literêre studievelde ontwikkel het, het dit nie gou aanleiding gegee tot ’n aanverwante literêre studieveld nie. Sedert die 1990’s, met werklike omgewingsprobleme wat steeds dringender word, was daar egter ’n groot toename van ekokritiese teoretiese tekste. Met die stigting van die Association for the Study of Literature and Environment (ASLE) in 1992 (Glotfelty 1996:xviii) is ekokritiek formeel as studieveld gevestig. In haar inleiding tot The ecocriticsm reader: landmarks in literary ecology lui Cheryll Glotfelty se definisie van ekokritiek: “(E)cocriticism is the study of the relationship between literature and the physical environment” (1996:xviii).

In die eerste jare van die bestaan van die ekokritiek was die studie-onderwerp meestal literatuur oor die natuur, maar die afgelope 25 jaar brei dit toenemend uit om ook kommentaar te lewer op literêre tekste wat handel oor verhoudinge tussen mens en omgewing. Glotfelty, mederedakteur van die eerste versameling ekokritiese opstelle, The ecocriticism reader (1996), skryf dat die natuur as sodanig nie die enigste fokus van ekokritiese studies van representasie/uitbeelding is nie. Ander onderwerpe sluit volgens Glotfelty die pioniersgrens, diere, stede, tegnologie, rommel en die liggaam in (1996:xxiii). Sedertdien verskyn ’n groot aantal teoretiese artikels en boeke wat nuwe vertakkings van die ekokritiek, spesifiek die stedelike ekokritiek, ondersoek. Een voorbeeld wat van belang is vir my artikel, is die essaybundel deur Michael Bennett en David W. Teague. Die titel dui reeds aan dat ekokritiek uitgebrei word om stedelike omgewings in te sluit: The nature of cities: ecocriticism and urban environments (1999).

Stedelike ekokritiek as vertakking van die ekokritiek brei die begrip omgewing uit om benewens natuurelemente ook die gevolge van die mens se ingryping in die omgewing, soos stadsomgewings, in te sluit.

1.2 Doelstelling en navorsingsvrae

Hierdie artikel het twee hoofoogmerke:

a. Verskillende vertakkings van veral stedelike ekokritiek word as leesstrategie gebruik by sewe Afrikaanse gedigte wat nog nie tevore vanuit die perspektief van die ekokritiek bespreek is nie. Die doel is om betekenislae wat verband hou met die perspektief op die omgewing waarin dit geplaas is, te ontgin.

b. Die artikel dui aan hoe die onmiddellike leefomgewing verband hou met die groter omgewing met betrekking tot die materiële, maatskaplike, kulturele, ekonomiese of ideologiese aspekte daarvan. Die artikel fokus op hierdie verband tussen die leefomgewing en die sosiale aspekte van die lewens van die figure in daardie leefomgewing, en dui só aan dat daar ’n “sosiale aanspraak op stedelike ekokritiek” is (Ross 1999:28; my vertaling, soos ook elders, tensy anders aangedui). Hierdie verbande en verhoudings word nie agtereenvolgend bespreek nie, maar is ineengevleg.

Smith (2013) voer op die LitNet Akademies-gespreksruimte aan: “Ekokritiek speel tans nog ’n uiters geringe rol in die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, literêre landskap.” As bydrae om hierdie rol te verruim, stel ek ondersoek in na die stedelike omgewing in agt gedigte met Johannesburg as milieu.

Die primêre navorsingsvraag is of ekokritiek toegepas kan word op gedigte wat in Johannesburg as stedelike ruimte geplaas is.

Sekondêre navorsingsvrae is:

  • Hoe word Johannesburg as tuiste uitgebeeld?
  • Wat is die figuur of figure in die gedig se verhouding met die omgewing?
  • Watter materiële, maatskaplike, kulturele, ekonomiese of ideologiese waardes word deur ’n ekokritiese lesing blootgelê?

1.3 Werkswyse

Die keuse van gedigte wat bespreek word, is gemaak op grond van (i) die gedeelde milieu en (ii) aspekte wat vanuit ’n verskeidenheid van stedelik-ekokritiese perspektiewe gelees kan word. Die gedigte word chronologies behandel en strek oor byna ’n eeu, van uittreksels uit Trekkerswee deur Totius (1915) tot “Ek het ’n huisie aan die Rand” deur Pirow Bekker (2002). Dit word aan die hand van verskillende vertakkings van ekokritiek bespreek met verwysing na die navorsingsvrae. Die metodiek is empiries induktief.


2. Teorie en teoretiese begronding

2.1 Etimologie en terminologie

Die woord ekologie is afgelei van oikos, die Griekse woord vir “haard”, “tuiste” of “woonplek”. Juis hierom word die woord omgewing in die artikel nie net in die sin van “natuurlike omgewing” nie, maar ook in die sin van “tuiste” of “eie plek” gebruik. Buell 2005K:200)1 voer aan dat die term ecocriticism “suffices [...] if one is careful to use the term in mindfulness of its etymology”.

Akademici het verskillende menings oor wat die veld genoem moet word. Buell (2005:11) en Clark (2011:xiii) verkies environmental criticism (omgewingskritiek), maar die term ecocriticism (ekokritiek) word nou algemeen aanvaar en is in 2002 deur die Libraryof Congress van Amerika as ’n onderwerp-opskrif in sy katalogus opgeneem (Buell 2011:xvii). Die argumente oor die benoeming vorm deel van die teoretiese verkenning en bepaling van hierdie betreklik nuwe veld.

Teen 1996 was daar nog nie eenstemmigheid onder letterkundiges oor die naam van die nuwe benadering of rigting nie; volgens Glotfelty (1996:xix–xx) het sommige gehou van ekokritiek omdat dit kort is en omdat eko- as voorvoegsel gebruik kan word in ander terme, soos ekokrities, ekokritikus en so meer. ’n Bykomende argument vir die voorvoegsel eko- is dat ekokritiek, soos die wetenskap ekologie, die verhoudings tussen stelsels – in hierdie geval die menslike kultuur en die fisiese wêreld – bestudeer. Omgewing, daarenteen, is by implikasie antroposentries, omdat dit die mens in die middelpunt plaas met alles anders om hom heen.

Buell (2005:12–3) argumenteer teen ekokritiek dat die term tekortskiet onder meer omdat dit ’n niebestaande metodologiese holisme (binne omgewingsgerigte werk) suggereer. Hy meen die titel van ASLE se joernaal, Interdisciplinary Studies in Literature and the Environment, is noukeuriger. Ekokritiek is egter vir hom aanvaarbaar as dit gebruik word met inagneming van die wortelbetekenis en die metaforiese strekking daarvan.

Buell (2005:9-12) sê ook van die term dat die aantreklike (hy gebruik die woord “catchy”), maar totaliserende ekokritiek in ’n mindere mate ’n aanduiding is van die omvang van die veld as omgewingskritiek of literêre omgewingstudie (literary-environmental studies) omdat die omgewingsrigting in literêre studies (tot 2005) meer vraagstuk- as metode- of paradigma-gedrewe was. Hy voeg egter by dat ekokritiek minder lomp is en meer gebruik word; dit lyk of dit die term is wat sal bly. Hy praat ook van “literature-and-environment studies”.

In 2011 verkies hy steeds environmental criticism as die sterker omnibusterm. Hy noem egter dat ekokritiek beter vertaal oor sommige taalgrense heen (bv. Chinees); dis beter gevestig binne literatuurstudies en dis sedert 2002 “gebibliokanoniseer” as ’n onderwerp in die Library of Congress se katalogus (Buell 2011:xvii).

Clark is in 2011 nog nie oortuig dat ekokritiek die korrekte benaming is nie; hy praat van sy onderwerp in The Cambridge introduction to literature and the environment as literary and cultural criticism that concern environmental crisis en environmental criticism (2011:xiii).

Ek stem saam met Buell en Clark dat die term omgewingskritiek meer gepas is – die voorsetsel eko- het ’n onmiskenbaar “groen” assosiasie, maar omgewing is nie beperk tot die plante- en diereryk soos wat in afgekampte wildernisgebiede of wildgeworde stukkies stad aangetref word nie. Omgewingskwessies sluit benewens natuurbewaring ook sake in soos die effek van suurmynwater, oorbevolking en gepaardgaande probleme of die eksternalisering van onkoste soos om besoedelde afval by arm woonbuurte te stort. Die verplaaste, beskadigde natuur is openlik of implisiet teenwoordig in byna alle literêre werke met ’n stedelike of industriële omgewing as milieu. Ekokritiek lewer oor al hierdie kwessies kommentaar. Die term ekokritiek word in hierdie artikel gebruik.

Terwyl die term stedelike ekokritiek (urban criticism) algemeen aanvaar word, verwys Bennett (2001) na social ecocriticism.

2.2 Definiëring

Glotfelty definieer ekokritiek “simply”, soos sy self sê, as “die studie van die verhouding tussen die letterkunde en die fisiese omgewing” (1996: xviii). Bennett en Teague (1999:3) voer aan dat ekokritiek “loosely” gedefinieer kan word as “die studie van die wedersydse verhouding tussen kultuur en die omgewing”. Oppermann (2011) sê dat die toevoeging van stedelike ekokritiek tot die ekokritiese praktyk ’n breër definisie aan ekokritiek verleen.

Bergthaller (2014) beskryf die ekokritiek aanlyn as die jongste van die revisionistiese bewegings van die afgelope klompie dekades. Hy sê in die 1990’s het al hoe meer letterkundiges begin vra wat hulle kan bydra tot die toenemende omgewingkrisis. Hy beaam die siening daarvan as interdissiplinêr en skryf dat ekokritiek in gesprek tree en raakpunte het met omgewingsgeskiedenis, filosofie, sosiologie, [fisiese] wetenskappe en ekologie, asook die lewenswetenskappe.

Ekokritici definieer dus die ekokritiek nie as ’n paradigma, raamwerk of metode nie, maar beskou dit as ’n aanpasbare praktyk wat, soos Buell (2005:11) dit beskryf, meer vraagstukgedrewe as paradigmagedrewe is.

2.3 Teoretiese begronding: die ekokritiek, stedelike ekokritiek en vertakkings

2.3.1 Ontstaan en verloop

Buell se The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of American culture (1995) is ’n seminale teks wat saam met die eerste versameling ekokritiese tekste met ’n oorskouende inleiding oor die veld, Glotfelty en Fromm (1996), grootliks daartoe bydra om ekokritiek as afsonderlike studieveld te vestig. In Buell (2005) se tweede boek oor omgewingsliteratuur, The future of environmental ecocriticism: environmental crisis and literary imagination, gee hy onder meer ’n oorsig oor die werk wat reeds gedoen is. Hy brei sy idees uit oor wat hy eerstegolf-ekokritiek noem om sowel stedelike as landelike loci en omgewingsgeregtigheid asook natuurbewaring in ag te neem.

2.3.2 Vertakkings van die ekokritiek

In die ontstaansjare van ekokritiek skryf Bennett en Teague in die voorwoord van hul versamelbundel: “[E]cocriticism has come to be associated with a body of work devoted to nature writing, American pastoralism, and literary ecology” (1999:3). Dit is hierdie stroming wat (2005:17) terugskouend eerstegolf-ekokritiek noem. Eerstegolf-ekokritiek resoneer met die biosentriese benadering van die Noorweegse filosoof Arne Næss wat reeds in 1973 die frase radikale ekologie (deep ecology) (1973:95) geskep het en vir dié kritici beteken “omgewing” volgens Buell (2005:21) in effek “natuurlike omgewing”: daar is ’n totale skeiding tussen natuur en mensdom.

In tweedegolf-ekokritiek word die natuur vanuit ’n antroposentriese oogpunt beskou, met die argument dat natuurlike en kultureel-gevormde omgewings lank reeds verstrengel is. Dit is ook ’n revisionistiese reaksie op eerstegolf-ekokritiek se elitistiese, estetiese fokus op die natuur. Stedelike ekokritiek ontstaan uit hierdie tweede golf.

Glotfelty (1996:111) is een van die eerste kritici wat skryf dat die natuur as sodanig nie die enigste fokus van ekokritiese studies is nie. Sedert die middel-1990’s het al hoe meer publikasies begin verskyn wat die fokus op stedelike ekokritiek plaas. Bennett (2001) skryf dat daar toenemend werk verskyn wat met stedelike ekologie gemoeid is en toegespits is op die komplekse interaksies tussen politieke keuses, sosio-ekonomiese strukture en die digbewoonde ekosisteme van stedelike omgewings. Wat Bennett in dieselfde artikel ’n “distaff branch” noem, word in die volgende dekade en daarna ’n hoofstroom van ekokritiek. Hy noem dit sosiale ekokritiek, maar dit word meer dikwels stedelike ekokritiek (“urban ecocriticism”) genoem.

Verskeie systrominge en standpunte vloei hieruit voort wat nie noodwendig in ’n teoretiese taksonomie name het wat algemeen aanvaar word nie.

Die begrip sosiale ekologie word veral gekoppel aan die anargis en libertynse sosialis Murray Bookchin (2000), wat aanvoer dat ekologiese probleme veroorsaak word deur diepgesetelde sosiale probleme en nie begryp kan word sonder om sosiale kwessies te takel en op te los nie. Hierdie idee is die basiese grondslag vir die besprekings van talle van die gedigte in hierdie artikel, hoewel ek sosiale oorsake onderverdeel in aspekte soos politieke en maatskaplike oorsake van stedelike omgewingsprobleme en ’n dualistiese beskouing van die maatskappy.

Ekogeregtigheid is ’n begrip wat in veral die stedelike ekokritiek gebruik word in verband met die ongelyke gehalte van leefruimtes. Michael Bennett (1999:170–1) skryf in sy artikel “Manufacturing the ghetto” oor die konsep van die “internal colony” waarin hy ’n vergelyking tref tussen destydse kolonies en hedendaagse (Amerikaanse) swart ghetto’s (wat ooreenkomste toon met Suid-Afrikaanse townships). Hy trek verbande tussen die plek aan die een kant en die politieke mag wat wit gemeenskappe oor swart gemeenskappe uitoefen aan die ander kant. Ek brei op hierdie argument uit in die bespreking van “44” uit Monsterverse deur Stockenström.

Catherine Villanueva Gardner skryf vanuit die ekofeministiese kritieken sê in haar artikel “An ecofeminist perspective on the urban environment” dat sodanige perspektief die “komplekse interkonneksies van ras, klas, gender en die omgewing” kan blootlê (1999:191). Sy lê klem op die empiriese belangrikheid van die kwessies waarmee ekofeminisme hom bemoei, kwessies wat “a wide range of diverse thought” insluit (1999:191–2). Sy ondersoek veral die konseptuele raamwerk wat die ondergeskikstelling van beide vroue en die natuur bekragtig. Beginsels van die ekofeminisme word as teoretiese raamwerk gebruik by die bespreking van “Plat foto van ’n vis” deur Pienaar.

Stedelike en postkoloniale ekokritiek oorvleuel mekaar gedeeltelik. Smith (2013) maak die stelling: “Ekologiese studies ondersoek onder andere die nadraai en impak wat ’n gewelddadige koloniale bestel gehad het op mense en die plek waar hierdie mense gewoon het” en Visagie (2013a) voer aan: “In die ontwikkelde wêreld is daar toenemend die besef dat die ekokritiek nie verder kan groei sonder om die postkoloniale kontekste van die armer Suide te verreken nie. [...] In Suid-Afrika is die postkoloniale ekokritiek die sambreel wat die meeste ekologiese kwessies sal omvou.” Koloniale oorname het fisiese, sosiale en politieke impakte omdat die kolonialis ’n kolonie dikwels fisies ontgin vir natuurlike hulpbronne (met gevolge vir die fisiese omgewing) en sosiaal en polities struktureer om sy mag af te dwing. In die geval van Suid-Afrika, en Johannesburg in die besonder, het Britse oorname ná 1902 die mynwese deur oorsese kapitaal sterk ondersteun. Dit is juis die mynwese wat die grootste dryfveer vir stadskepping en -uitbreiding was en grootliks die aard van Johannesburg as stad en as leefomgewing bepaal het. Die sosiale en politieke strukturering van gemeenskappe wat deel was van die Britse oorname het net soveel as die fisiese ontginning van hulpbronne ’n impak gemaak op die leefruimtes (omgewings) waarin mense woon. Hierby kan gevoeg word dat wit oorheersing voor en ná Republiekwording eweneens die soort nadraai en impak op gemeenskappe en hul leefruimtes gehad het wat in die postkoloniale ekokritiek ondersoek word. Terwyl ek Visser se opmerking oor ’n sambreelfunksie tot ’n mate beaam, word dié funksie nie in hierdie artikel vir skematiese doeleindes gebruik nie.

Dit is onbetwisbaar dat ’n postkoloniale aspek by van die gedigte raakgelees kan word – in die besonder in Trekkerswee, veral omdat Johannesburg se mynwese – ekonomiese dryfveer én aftakelaar van die omgewing – ’n gevolg van imperialistiese oorname was. Ek bring die postkoloniale ekokritiek ook ter sprake in die bespreking van Van Wyk Louw se “Puine”.

Gifford (2014) beskryf verskillende soorte pastorale tekste en onderskei tussen pastorale, waar die ongerepte natuur of die landelike as idillies voorgestel word, antipastorale, waar die landelike ongeïdealiseer en onaantreklik uitgebeeld word, en postpastorale tekste, waar verantwoordelikheid vir ons verhouding met die natuur en omgewingsdilemmas aanvaar word. Hierdie indeling is kennelik van nut vir die ekokritiek en ek gebruik hierdie begrippe in die bespreking van Trekkerswee.

Theodore Roszak skep die term ekosielkunde in sy boek The voice of the earth (1992). Hy verwys na ’n “ecological unconscious” (1992:13) en maak die stelling dat stede die grootste van alle menslike instellings is, dat niks nog ooit meer menslike energie geabsorbeer het nie en dat niks méér van ons aspirasies projekteer nie. Ten spyte hiervan, “modern psychiatry has never undertaken a symbolic reading of the city” (1992:219). Van sy idees word gebruik in ’n bespreking van “Wat mis jy nie” deur Keet. Met betrekking tot literêre kritiek word die term psigo-ekokritiek gebruik.

Die artikel maak gebruik van Stephen Siddall se werk in verband met die ekokritiese lesing en herlesing van lees wat voor algemene omgewingsbewustheid of die ontstaan van ekokritiek geskryf is, of nie “oor” die omgewing gaan nie, vanuit hierdie perspektief en vra wat dit oor die (stads)omgewing sê en hoe dit dié omgewing uitbeeld. Siddall (2009:108) staan in Landscape and literature die argument voor dat selfs “old (unaware)” tekste wat nie direk verband hou met natuurbewaring of omgewingskwessies nie, nou só gelees kan word.

Die gedigte wat bespreek word, word ook gelees vir wat Buell die “environmentality” van tekste noem. Hy sê: “(I)t seems to me […] productive to think inclusively of environmentality as a property of any text” en dat alle menslike artefakte tekens daarvan dra (2005:25). Deur ondersoek in te stel na hierdie “omgewingsmatigheid” van die tekste – selfs gedigte wat nie die omgewing voorop stel nie – word aangetoon dat byna elke teks ekokrities gelees kan word. Buell (2005:29) voeg by:

Environmental criticism […] take[s] an exceptionally strong interest in which environmental motifs are selected for what kinds of portrayal. The environmental(ist) subtexts of works whose interests are ostensibly directed elsewhere (e.g. toward social, political, and economic relations) may be no less telling in this regard than cases of the opposite sort where human figures have been evacuated for the sake of stressing environmentality.

Smith se twee 2012-artikels in LitNet Akademies (“Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman” en “Plek en ingeplaaste skryf: ’n teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk”) is belangrike bydraes op die gebied van ekokritiek en -teorie in die Afrikaanse literatuurwetenskap. Albei die artikels het ’n teoretiese inslag. Eersgenoemde (2012a) ondersoek onder meer natuurlike elemente binne ’n stadsomgewing in Bosman se gedigte; in die huidige artikel word daar egter na die totale omgewing gekyk, ook waar omgewingselemente vanweë ekonomiese en politieke besluite maatskaplike impakte het. Smith se tweede artikel (2012b) stel hoofsaaklik ondersoek in na die teorie van plek aan die hand van onder meer die drie dimensies van plek: die materialiteit van die omgewing, die persepsie en linguistiese konstruksie van plek en die persoonlike verwantskap met plek. My artikel sluit hierby aan en ondersoek ook hierdie dimensies van plek, maar waar Smith se artikel grootliks teoreties is, ontleed ek spesifieke gedigte (of aspekte daarvan) in groter besonderhede en betrek ander vertakkings van stedelike ekokritiek soos ekogeregtigheids- en ekofeministiese kritiek.

Roberts (1999:40) se stelling dat stedelike poësie ontleed moet word “in terms of social process” eerder as met blote verwysing na “landscape”, word gebruik as teoretiese begronding in besprekings van “Stadswyk” deur Pretorius en “Ek het ’n huisie aan die Rand” deur Bekker. Ek maak ook gebruik van idees van Serpil Oppermann wat die referaat “Istanbul is like a Judas tree: urban ecocriticism and fictions of Istanbul” (2011) by ’n internasionale kongres aangebied het en waarin sy dit gestel het dat ekokritiek verbreed word wanneer die “urban experience and urban spaces” (my beklemtoning) ingesluit word. Sy voer aan dat die hoofdoel van stedelike ekokritiek is om die aandag te vestig op kritieke stadsomgewingskwessies soos besoedeling, vullis, verkeersopeenhoping, die oorgebruik van energiebronne en bowenal die verbruikerskultuur in sy geheel. Dit sluit aan by Roberts se verwysing na “sosiale proses”, maar dit is veral Oppermann se vraag oor hoe verstedeliking die ervaring en konseptualisering van plek bepaal wat ondersoek word, byvoorbeeld in die ontleding van “Ek het ’n huisie aan die Rand”.

Andrew Ross sê in die onderhoud “The social claim on urban ecology” in The nature of cities (1999:28) dat omgewingsleer nie enkelkwessiepolitiek is of kan bekostig om dit te wees nie, omdat dit ’n spektrum van ekologiese standpunte insluit. “Ecofeminists, eco-urbanists, bioregionalists, social ecologists” is van die deelnemers wat dikwels nie in die media se verwysing na “environmentalists” erken word nie. Dit is juis hierdie “sosiale aanspraak” op stedelike ekokritiek wat in die artikel ondersoek word. In elke gedig wat bespreek word, kom materiële, maatskaplike, kulturele, ekonomiese en/of ideologiese kwessies ter sprake. In Trekkerswee raak Totius al hierdie kwessies aan. “Puine” van Van Wyk Louw gaan oor veranderde politieke beheer en die gepaardgaande verandering in plekke in die omgewing, en in “Stadswyk” van Pretorius gaan dit om maatskaplike toestande in ’n spesifieke buurt. In “Wat mis jy nie” van Rosa Keet word die afwesigheid van emosionele welstand in ’n bepaalde omgewing belig; in “44” verbeeld Stockenström materiële en maatskaplike toestande en die politieke magsbalans uit. Pienaar roer ekonomiese magte aan in die omgewingsgedig “Plat foto van ’n vis”. In “Ek het ’n huisie aan die Rand” deur Bekker word een maatskaplike aspek van die stadsomgewing, nl. misdaad, uitgebeeld. Al hierdie aspekte van ’n samelewing is onlosmaakbaar van die omgewing waarin dit bestaan: samelewing en omgewing beïnvloed mekaar. Die sosiale aanspraak op stedelike ekokritiek is sterk.

Ekokritiek het dus vanuit werklike omgewingsbewustheid ontstaan en tematies uitgebrei tot ’n studieveld wat nou op ’n spektrum van omgewingsverwante probleme fokus. Die veld bied ’n verskeidenheid lense om bykans enige teks vanuit ’n omgewingshoek te lees en sodoende openlike of verskuilde omgewings- en ander sosiale waardes en toestande wat met die omgewing verband hou, te ontbloot.

3. Ekokritiese beskouings van die genoemde gedigte

3.1 Trekkerswee: Totius, 19152

Die drie landskapbeskrywings waarmee elkeen van die drie afdelings van Trekkerswee begin, naamlik “Silwer strale”, “Goue gode” en “Grouwe grawe”, kan dien as ’n opsomming van die narratief van hierdie gedig oor die oorgang van ’n natuurlike en landelike omgewing na ’n stad wat rondom die eeuwending gevestig word. Hierdie “opsomming” in Trekkerswee kan beskryf word met Bezuidenhout (2013:12) se term narratiewe ruimtelikheid. Totius se beskrywings is telkens van dieselfde omgewing; meer nog, die eerste twee reëls, “Dis heuwels, heuwels, heuwels, net/ sovér ’n mens se oog kan speur”, word telkens herhaal.

Hierdie eerste strofes verander egter telkens om die progressie van ongeskonde natuur en landelike omgewing na ’n omgewing waar menslike ingryping plaasvind te toon. Totius gebruik die beskadigde omgewing metafories om die morele stand van die volk te simboliseer, maar hierdie ondersoek skenk minimaal aandag aan hierdie moraliteitsaspek, en slegs met betrekking tot ’n ekokritiese lesing.

3.1.1 Antroposentriese ingesteldheid

Eerstegolf-ekokritici let op die antroposentriese ingesteldheid van ’n teks en vind dit problematies aangesien hulle die waarde van die natuur “in and of itself” en die gelyke regte van ander spesies vooropstel (Heise 2006). Vanuit hierdie perspektief gelees, is dit duidelik dat Totius deurgaans oor die natuur skryf met betrekking tot die mens. Die heel eerste versreëls: “Heuwels […] net sovér ’n mens se oog kan speur” (my beklemtoning) plaas die natuur onmiddellik op ’n menslike skaal. Die reëls

Die baie dale en klowe, wat
die hoogland kruis en dwars deursny,
bied winterskuiling vir die vee,
wat anders al te koud sal kry

weerspieël ’n aanname dat die landskap vir die gerief van die boer en sy vee ingerig is.

Die talle Bybelse verwysings plaas Trekkerswee ook in ’n Judaïes-Christelike tradisie waar antroposentries geglo word in ’n Skepper wat eers al die niemenslike elemente geskep het en daarna, in die beeltenis van God, vir Adam (White 1996:8). White gaan voort (1996:9): “Especially in its Western form, Christianity is the most anthropocentric religion the world has seen.” Hy maak die stelling dat die Christendom, in “absolute teenstelling” met antieke paganisme en die meeste van Asië se godsdienste, nie alleen ’n dualisme van mens en natuur geskep het nie, maar ook “daarop aandring” dat dit God se wil is dat die mens die natuur vir sy (die mens se) werklike doel ontgin (“exploit”) (1996:10).

In die opening van “Goue gode” met sy beeld van God wat die goud in die riwwe geplaas het, is God ’n landbouer (“God se ploeg het hier geloop”) wat boonop die boer goedgesind is en “vrugbre moot of akkerland” (my beklemtoning) agterlaat. As oom Gert in die slotverse ’n terugkeer van sy volk na ’n eenvoudiger, landelike bestaan vooruitsien, wanneer die “groue heuwels klein” sal word (“Grouwe grawe” X), is dit nie ’n biosentriese bestaan ter wille nie, maar om morele redes, weg van die sondige stadsbestaan. Terwyl daar ’n duidelike liefde vir, en selfs ’n piëteit teenoor, die natuur en die omgewing is, is die omgewing dus in die eerste plek waardevol omdat dit in diens van die mens staan.

3.1.2 Tweedegolf-ekokritiek

In tweedegolf-ekokritiek word die omgewing vanuit die mens of die maatskappy se oogpunt beskou, soos wat Buell (2205K:149) aanvoer: “One of the main differences between what I shall be calling first-wave and second-wave environmental criticism is that the revisionists have absorbed this sociocentric perspective to a greater degree.”

Dit is veral die verskille tussen die omgewingsbeskrywings in die drie dele van Trekkerswee wat vanuit ’n tweedegolf-ekokritiese perspektief interessant is. Stedelike of sosiale ekokritiek ontwikkel juis uit tweedegolf-ekokritiek. Nadat oom Gert sy plaas verkoop het en só afstand doen van ’n idilliese bestaan waar nóg geld nóg armoede was, word geld as ’n verderwende invloed gesien. Totius verbind dié gebeurtenis kataliserend aan sowel die aftakeling van die grond en omgewing as die verwording van die Boerevolk. Die “hoë wildheid met/ sy huppelende heuwelskoon” (“Silwer strale” I3) verander en die digter vergelyk dit wat was met dit wat nou is:

die suiwre lug is troebel-vuil,
en helder stroompies van weleer
dam nou in donker modderkuil.
Die grond voorheen so skoon en rooi
is nou met steenkool-as bestrooi. (“Goue gode” VIII)

Totius gebruik die beskrywings van die omgewing wat aan die verander is as metafoor vir die verandering in politieke balans en ekonomie wat so ’n groot invloed op die lewe van die Trekkers het.

3.1.3 Sosiale ekokritiek

In Trekkerswee gebruik Totius werklike gegewens om ’n patriotiese gedig oor ’n stuk geskiedenis van die Afrikaner weer te gee. ’n Sosiaal-ekokritiese beskouing bied een manier waarop die oorkoepelende betoog van die gedig raakgelees kan word. Die beskrywing van die leefruimtes waarin Afrikaners hulle in die nuwe stad Johannesburg bevind, is histories na aan die waarheid, maar wat belangriker is, dit dui binne die gedigkonteks die verskil tussen die idilliese lewe vóór en verwording ná die ontstaan van die stad gedigmatig aan.

Van Onselen (1982:116, 134) skryf dat talle verarmde Afrikaners ná die 1880’s arbeid soos transportwerk en steenmakery in die nuutgestigte Johannesburg verrig het. Van die begin af was daar groot armoede onder die ongeskoolde en soms ongeletterde Afrikaners in Johannesburg, maar teen die einde van 1905 het die Rand se ekonomie vinnig in ’n volskaalse depressie verval. Die na-oorlogse opbloei in nuwe behuising het tot ’n einde gekom en honderde steenmakers, duisende messelaars en ander handewerkers is werkloos gelaat.

In “Goue gode” wys die verteller op die armoede waarin talle Afrikaners (en ander ongeskoolde arbeiders) woon:

Die voorpos van die armes woon
in Blikkies-dorp se kronkel-sink,
wat vér soos bottelstukke blink.
Hul lewe van ’n hongerloon
in huisies aanmekaar gepas
en jaardjies vol van steenkool-as (“Goue gode” II)

en

... die agterbuurt
waar blikke-huisies word verhuurd,
en alles vuil-armoedig is;(“Grouwe grawe” IV).

Hierdie aanduiding van armoede en werkers se woontoestande word geteken met wat Kannemeyer (1978:122) “klein realistiese trekkies” noem. Een voorbeeld is:

Hy sien skoorstene en steenkool-rook;
hy hoor die treine met hul haas;
hy hoor die myn se toeter blaas
nes of die ope aarde brul (“Grouwe grawe” IV).

Oom Gert dink oor “longekwaal” – silikose – wat veral goudmynwerkers aantas:

Hy dink dan aan die myn-graf, waar
die mense lewendig in kruip,
om soos erdvarke rond te sluip
vir bietjie geld en – longekwaal (“Grouwe grawe” IV).

Afrikaners het eers in 1907, ná ’n beperkte staking deur wit immigrante-mynwerkers, in groot getalle in myne begin werk, maar talle is onmiddellik ná die einde van die immigrante-staking ontslaan en baie het uit hul eie die werk gelos “because of their distaste for the hard, unfamiliar and dangerous work underground” (Van Onselen 1982:143). Hoewel Afrikaners dus nie die grootste aantal mynwerkers uitgemaak het nie, verleen die neutrale “die mense” ’n groter universaliteit aan dié deel van die gedig.

Die liriese spreker in Trekkerswee het dit veral daaroor dat die stad sy dogter, wat ook die Boerevolk simboliseer, van haar/hul sedes beroof. Hy toon sy agterdog teenoor die stad in sy eerste indrukke daarvan deur die soort gebou wat in die boeredorpe gebou is in teenstelling te bring met dié in die stad: in die boeredorpe is eers ’n kerk opgerig waarom “grasdak-huisies, laag en klein” (“Goue gode” VIII) gebou is, maar in die stad is die eerste gebou ’n groot hotel.

In ’n gedeelte waarin daar gesuggereer word dat Dina ’n straatvrou geword het (“geheel verslinger in die stad/ en will’ge prooi van vreemdes”), “roep hy [oom Gert]: ‘dit het die stad gedaan!’” (“Grouwe grawe” XVII).

’n Sosiaal-ekokritiese lesing, wat beskrywings en uitbeeldings van omgewing en leefruimtes in ag neem, wys Totius se kommentaar oor die effek wat die stad op die lewe van die Trekkers het uit.

3.1.4 Pastorale beskouing

Peter Marinelli definieer pastorale letterkunde as “letterkunde wat handel oor die kompleksiteite van die menslike lewe teen ’n agtergrond van eenvoud, wat gewoonlik ’n plattelandse landskap is” (1971:3). Tom Wilson skryf dat die pastorale dikwels ’n onskuldige verlede onthou of voorstel wat in die onlangse verlede deur voortstuwende tegnologie aangetas is (2013:1).

Hiervolgens kan veral Deel I, “Silwer strale”, as kennelik pastoraal bestempel word. Talle verkleinwoordjies dui gemoedelikheid aan: die “eerste rypies”, “muurtjies van klei”, “koninkrykie”; die beskrywing van die plaas (“Silwer strale” VII) is verromantiseerd en die omgewing en die Trekkers se bestaan word as idillies voorgestel.

Verskeie ekokritici vind so ’n suiwer pastorale uitbeelding problematies: “The green world becomes a highly stylized and simplified creation of the humanistic assumptions of the writer and his audience” (Love 1996:231). Ook: “Williams sets out to demonstrate that the dominant pastoral tradition […] offers a vision of rural life so removed from the process of labor and natural growth that [the literary works] constitute a persistent mystification of human ecology” (Ryle 2001:49).

Totius ignoreer die onvolhoubaarheid van die idilliese bestaan wat in “Silwer strale” beskryf word; daar was egter selfs voor die begin van die 20ste eeu reeds tekens van hierdie onvolhoubaarheid: volgens Visser (2005) het nuwe grond vir besetting skaarser geraak en was die gebruik om ’n gestorwe grondeienaar se plaas onder sy erfgename te onderverdeel ook ’n belangrike oorsaak van die ontstaan van ’n bywonersklas – selfs voor die ontdekking van diamante en daarna goud in die binneland van Suid-Afrika. Daarby het droogtes en dierevrektes ook hul tol geëis: “Natural disasters aggravated their [the Afrikaners’] rural economic situation. The devastating effects of the rinderpest epidemic of 1896–97 was a major factor in stimulating large-scale migration of rural Afrikaners to the Witwatersrand” (Visser 2005:3–4).

Vanuit ’n hedendaagse pastoraal-ekokritiese perspektief gelees, lyk Trekkerswee se pastoraal, ’n beskrywing van ’n eenvoudige bestaan in harmonie met die natuur, sterk verromantiseerd. Die betrokke gedeelte kan egter nie in isolasie gesien word nie en in konteks van die hele gedig dien hierdie pastorale gedeelte met suggesties van wat later gaan gebeur, juis as dramatiese maatstaf waaraan die verworde stadsbestaan gemeet sal word.

3.1.5 Postkoloniale ekokritiek

Daar bestaan ’n beduidende verband tussen postkolonialisme en ekokritiek:

Postcolonial ecocritics have demonstrated the inseparability of environmental degradation from any critique of imperialism and global capitalism, cataloguing the list of imperial practices which have resulted in radical ecological change in conquered or settled territories. (Deckard 2010:3)

As voorbeelde noem Deckard mynbou en die verlies van volhoubare ekologiese tradisies. Ramone (2011:195) stel dit so: “Postcolonial and ecocritical perspectives have much in common: both pursue political commitments, and postcolonial literature and theory examines and remaps the representation of the physical environment in both literary and non-literary texts.”

Die oorkoepelende tema van oorgang van ’n ou na ’n nuwe bestel, grootliks afgedwing deur ’n vreemde moondheid, en die herkenbare werklikheid en plek waarin die fiktiewe gebeure geplaas word, maak Trekkerswee veral geskik vir ’n postkoloniale lesing. “Postcolonial literature and theory react to colonial encounters, and the function of both is to critique the assumptions and representations on which colonialism is based,” sê Ramone (2011:1) in dieselfde verband.

Totius gebruik beskrywings van die landskap en omgewing in sy uitbeelding van die Trekkers se leefwyse, die omvergooi daarvan deur imperialistiese mynbou en die uitbreiding van die stad. Sy kritiek hierop loop regdeur die gedig, maar die “Engelsman” word nie gesien as die enigste of primêre skuldenaar in die vernietigende skade aan die omgewing en die eer van sy dogter en van die Boerevolk nie. Daar is talle aanduidings dat geldgierigheid en die mens se eie verderflikheid die eerste oorsaak is van die besmetting van die “paradys”. Oom Gert is immers die eerste figuur in die gedig wat besluit om sy plaas aan ’n prospekteerder te verkoop. “Goue gode” V begin met “O Heilige nagte van voorheen” en beskryf oom Gert se vorige vrome bepeinsing van God en sy huidige sielswroeging en eindig met “’n ander god het daar gekom/ en die naam van die god is: Goud” (“Goue gode” V).

By ’n postkoloniale ekokritiese beskouing moet genoem word dat terwyl Totius kritiek het op die Britse imperialisme, hy ongeërg staan teenoor die Trekkers se eie vorm van kolonisasie van die Transvaal. Ná die Anglo-Boereoorlog betreur hy Transvaal se “heil’ge eersgeboorte-reg” wat “verkoop” (“Grouwe grawe” II) word. Die vroeëre geskiedenis van inwoners word as nietig afgemaak. In ’n beskrywing van die skeppershand wat “’n ganse goudveld (...)/ in d’aard se boesem” gesaai het, het “net Kaffervoete” (“Goue gode” I) voorheen hier beweeg. In oom Gert se oorsig oor die Trekkergeskiedenis vertel hy: “Ons trek ’n kale hoogland op,/ ’n leë Kafferwêreld” (“Silwer strale” XVII).

Buell (2005K:1735–6) sê oor wat hy ruimtelike praktyke noem dat ruimte nie waardeneutraal is nie; hy verwys na die kolonisasie van die agterlande van Amerika, Australië, en elders waar die begrip terra nullus (grond as “leeg” of suiwer ruimte) histories gebruik is vir verowering en die ontkenning van inboorlinge se grondregte. Dieselfde argument kan kennelik in verband met Trekkerswee aangevoer word.

Ter regverdiging van Totius (en die Trekkers) moet gesê word dat BaFokeng en ander Sotho-Tswanas, veral die BaKwena, van die begin van die 15de eeu tot 1823, toe Mzilikazi die streek “ontvolk” het, in die omgewing van die groter Johannesburg gewoon het (Huffman 2010). Die land het moontlik leeg gelyk toe Voortrekkers in die 1830’s begin aankom het. Daar moet bygevoeg word dat historici verskil oor hierdie tydperk van onrus, die Mfecane, en dat daar verskillende interpretasies en menings oor datums en oorsake bestaan. ’n Konferensie is in 1991 by die Universiteit van die Witwatersrand oor hierdie onderwerp gehou en The Mfecane aftermath: reconstructive debates in Southern African history onder redakteurskap van Carolyn Hamilton, wat op die referate gegrond is, is in 1995 gepubliseer.

Daar is wel swart werkers in die verhaalgegewe van Trekkerswee teenwoordig:

Die kraalvee is al moeg gelê;
hul rek die stramme lywe uit.
Daar kom die kaffer ook al aan,
wat koulik oor die douveld gaan
en eers die kalwerhok ontsluit. (“Silwer strale” VII)

– die Kaffers is so baar!
“Daar staan die brood al uitgerys
en die oond is koud! Dis werkelik waar,
’n mens moet hul ook alles wys. (“Silwer strale” IX)

Die osse word al losgemaak
en veld toe aangejaag;
’n kaffer stap hul agterna. (“Silwer strale” XVI)

Volgens Bergh (2010) was arbeid ná die vestiging van wit boere en die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek dikwels ’n probleem. Eienaars van plase in die sentrale deel van Transvaal was geregtig op vier inheemse huisgesinne en hul arbeid, waarvoor hulle ’n loon betaal moes word. Een van die redes vir die skaarsheid aan arbeid was die “skynbare migrasie van sommige inboorling-Afrika-arbeiders van die sentrale distrikte [van Transvaal] na onafhanklike kapteinsgebiede in die omliggende areas om te ontsnap aan die toenemende vraag na arbeid” (my vertaling en beklemtoning).

Swart arbeid was dus ’n kwessie van die dag en wit boere in die omgewing sou wel deeglik bewus gewees het daarvan dat daar wel inwoners was voor en tydens die vestiging van wit boere in die omgewing. Totius, gebore in 1877, sou van dieselfde feite bewus gewees het. Daar kan aangeneem word dat die inheemse huisgesinne wat hul arbeid aan die boerebesitter van die plaas verskuldig was, ’n heel ander verhouding met hul omgewing sou gehad het as die wit plaaseienaars met hul “boereparadys”.

3.1.6 Grond as simbool van nasionale identiteit

“Grond, land en mag is van die begin af onlosmaaklik verweef in die psige van die Suid-Afrikaner,” sê Smith in Smith en Steenkamp (2013). Regdeur Trekkerswee word die identiteit van die Afrikaner aan die landskap verbind. Die leefwyse van die boere in die gedig is onafskeidbaar van die “plasie” wat ook ’n “koninkrykie” is. Hul landelike omgewing is hul tuiste en bepaal grootliks hul identiteit as trekkers en boere. Soos wat die omgewing verander, word hul identiteit ondergrawe. Armbruster (2001:7) sê in hierdie verband: “[T]he natural environment is always a shaping force of individual and group psychology and identity – and […] this force can only be ignored at a price.”

Vir die hooffiguur, oom Gert, beteken hierdie verlies aan identiteit ’n vernietiging van sy eiewaarde. In Deel I neem hy ’n sentrale plek in op die fees op Paardekraal en lewer ’n toespraak wat onder meer die hoofpunte van die geskiedenis uitlig. Wanneer hy sy grond prysgee, kontak met sy skoonseun verloor en sy dogter ’n straatvrou word, gaan hy as “arme”, wat “ook maar gaan kyk” (“Grouwe grawe” III), na die Uniefees.

In Trekkerswee word die boere se liefde vir die natuur in ’n beskrywing van die lente genoem in “Tog is ons lief haar eerste sprietjies” (“Silwer strale” XI). Die grond word egter om nog twee redes waardeer: omdat dit so ideaal vir die mens en boerdery is en omdat dit aan die boer behoort en vir hom bestem is: “‘Myn plasie is my Naboths erf,/ deur God verkore vir my saad” (“Goue gode” IV). Die verlies van die boere se grond word gelyk gestel aan slaafskap: “Liefs kort gedroom as Britse grond/ en slawe word” (“Silwer strale” XIV). Die Afrikaners in Trekkerswee se identiteit is dus onlosmaaklik verbind aan die grond, maar ook hul verhouding daarmee. Hulle is óf besitters van die grond en daarmee saam vry burgers, óf mense wat nié hul grond besit nie, “Britse [...] slawe” of, soos oom Gert, ’n “arme”.

Wanneer ’n prospekteerder aankom, is hy kennelik ’n vreemdeling:

Nou loop ’n loper oor die Rand,
wat rooi is in sy aangesig;
hy sien niks van die skone land. (“Goue gode” III)

Die “loper” (wat herinner aan “inloper”, ’n skelm of bedrieër) is, anders as die boere, rooi gebrand en dit word aangeneem hy sien nie die skoonheid van die land raak nie, wat hom dubbeld as vreemdeling brandmerk. Dit is ook hierdie vreemdeling wat oom Gert se plaas koop en daarmee oom Gert self, sy lewe as boer en sy identiteit permanent verander.

Hierdie transaksie dui ’n wending in die verhaal aan, die aanloop tot die oorlog en die Boere se nederlaag, sy vrou se dood, die “vervreemding” (“Goue gode” XVII) van sy skoonseun, sy bure en skoonfamilie se wegtrek en Dina se verderf. Die verlies van die grond, spesifiek die plaas en landelike natuur, is dus ’n katalisator wat ’n proses aan die gang sit wat uitloop op die ontering van Dina – simbolies van die vernietiging van die volk se identiteit.

In hierdie verband kan die begrip waardevermindering van plek (Smith 2012b:900) genoem word. Oom Gert beleef ’n baie sterk gevoel van verlies wat begin wanneer die omgewing drasties verander en saam met hierdie verandering die betekenis wat hy aan sy tuiste heg (’n idilliese bestaanswyse, sowel ‘n eie as ‘n nasionale identiteit, asook ’n liefde vir die grond en natuur self) – vergelyk die beginstrofes van “Silwer strale”:

Dis heuwels, heuwels, heuwels net
Sovér ’n mens se oog kan speur;
Grasheuwels waar ook riwwe gaan,
Met enkele systroompies tussendeur

Daar is geen hoë berge nie,
Want hoog is daar die wêreld self;
En luggies waai daar dun en fris,
Of dit stroom uit die blou gewelf.

En dié van “Goue gode”:

Dis heuwels, heuwels, heuwels net
Sovér ’n mens se oog kan speur:
Maar heuwels sonder struik of gras,
En droewig-vaal soos as gekleur.

Langes die heuwels staan ’n ding
Soos die houtgeraamte van ’n huis,
Waarbowe rust’loos wiele draai
Wat die waentjies optrek met die gruis. (My beklemtoning)

Smith (2012b:900) skryf soos volg oor waardevermindering van plek: “Wanneer ’n plek van vroeëre betekenis en belangrikheid gestroop word, vind deterritorialisering plaas en dan word hierdie ruimtes op ’n nuwe manier bestuur, in ooreenstemming met die gerief en belange van die kapitalistiese magsbasis, wat herterritorialisering tot gevolg het. Verplasing en ontheemding geskied as ruiltransaksie vir […] sogenaamde opgradering.” Die narratief, die byna balladeske konstruksie van die eerste strofes van elk van die drie dele, taal en trope in Trekkerswee toon die proses van waardevermindering van plek aan, sowel as die tragiek wat daaruit voortspruit.

3.2 “Puine”: N.P. Van Wyk Louw, Tristia, 1962

I: Imperialisme

Milner se park
wilde wrak?
Jameson se saal
vuil en betaal
Kitchenerlaan
loop oor moord begaan
Empireweg
Empaaier wég.

3.2.1 Waardeverandering van name

Van Wyk Louw gebruik plek- en straatname met sterk geskiedkundige assosiasies om twee tydperke in Johannesburg uit te beeld: die tyd van Britse oorheersing en die hede van die gedig, die pas onafhanklike Republiek van Suid-Afrika. Johannesburg word uitgebeeld as ’n stad wat van sy oorheersers ontslae geraak het en nou met hulle kan spot.

Smith (2012b:897) skryf oor die naamgewing in hierdie gedig: “Die wyse waarop sosiale en politieke waarde toegeken word aan plek, asook die spesifieke ruimtelike lokaliteit daarvan, kan nagegaan word in die gedig ‘Puine’ [...] van Van Wyk Louw waarin plek en die uitdrukking van mag deur naamgewing alreeds in 1962 aangespreek word.”

Van Wyk Louw se satire werk met twee stelle waardes: dié van die Britse Empire, waarvan hy plek- en straatname noem, en dié van Suid-Afrika kort ná Republiekwording in 1961. Hy gebruik name wat in die tyd van Britse oorheersing toegeken is en stel dit teenoor hoe dié bakens in die hede van die gedig daar uitsien. In die proses ken hy ’n nuwe waarde aan die ou name toe en suggereer die verloop van geskiedenis en verandering van bewind.

“Milner se park” (kan) verwys na beide ’n buurt in Johannesburg waar die Universiteit van die Witwatersrand in die 1920’s gebou is en die Milner Park-hotel en -kroeg. Louw werk hier met drie betekenisse van park soos aangegee in Die verklarende Afrikaanse woordeboek (Labuschagne en Eksteen 2010): “afgebakende stuk grond met plante en bome”; “beskermde stuk grond” en “afgebakende plek waar militêre voertuie en geskut staan”. Al drie betekenisse kan aan “Milner se park” gekoppel word, hoewel “plek waar militêre voertuie en geskut staan” nie ’n direkte verband met Milner het nie, aangesien hy staatsman en amptenaar en nie self ’n militaris was nie. Maar watter park ook al hier van toepassing is, wat van belang is, is dat die aard van die plek verander (het). Die woord park het konnotasies van kalmte en gestruktureerde natuur, en Louw verwys met “wilde wrak” ironies na óf die universiteit óf die hotel, of moontlik albei. In albei verdwyn die natuuraspek en word dit vervang met mensgemaakte konstruksies waar, in teenstelling met die assosiasies van kalmte, “wilde” gedrag plaasvind. Die universiteit het in die 1960’s ’n negatiewe reputasie by baie ondersteuners van die regering van die dag gehad en kan dus Louw se “wilde wrak” wees:

In 1959, the apartheid government passed the Extension of University Education Act, which achieved the enforcement of university apartheid. Wits protested strongly and continued to maintain a firm and consistent stand in opposition to apartheid. This marked the beginning of a period of conflict with the apartheid regime. (Extension s.j.)

In hierdie verband kan wilde beskou word as ‘n verwysing na die idee dat kommunistiese en anti-apartheidsdenke – dus “wild-heid” – by die universiteit geheers het. Die Milner Park-hotel kon óók as “wilde wrak” gesien word. Die hotel was volgens Latilla (persoonlike e-pos 2014) altyd “a solid middle class watering hole and affordable accommodation. I recall in the 1980's it was still well looked after. The guys living there 5 or 6 years ago were perhaps a little more desperate as one would expect from people living ‘long-term’ or ‘semi-permanent’ in a hotel. They spent most nights drinking in the bar.” Hiermee saam gaan die implikasie dat die “park” – weer eens, met die assosiasie van die tem en beheer van die natuur – nou “wild” geword het, asof dit na die oorspronklike, natuurlike staat teruggekeer het; ’n metafoor vir die “bevryding” van Britse oorheersing.

Geen gedokumenteerde verwysing na Jameson se saal in Johannesburg kon opgespoor word nie. “Jameson Hall is most certainly [a] reference to the old Wanderers Hall. Most of the Reform Committee where [sic] members and the grounds were used for drilling by the uitlanders preparing the Jameson invasion” (Latilla 2014). Of “Jameson se saal” na die Wanderers-saal verwys of nie, Jameson is ’n bekende geskiedkundige naam wat in die 1960’s steeds by baie Afrikaners assosiasies van leedvermaak gehad het te wyte aan die verbintenis met die mislukte Jameson-inval oor die Nuwejaarsnaweek van 1895–96, gedurende die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Louw se vuil en betaal kan gesien word as ’n verwysing na die vervalle huidige toestand van die saal, die mislukking van die inval en die tronkstraf waarmee die deelnemers (insluitende Jameson) “betaal” het. Louw se verwysing is moontlik ook na die een of ander saal wat ná die Britse oorwinning van die Anglo-Boereoorlog gebou en na Jameson vernoem is of informeel só bekend was, maar wat intussen vervalle geraak het. Die implikasie is dat Britse oorheersing verkrummel het.

Die humoristiese “Kitchenerlaan/ loop oor moord begaan” dui verder op die agteruitgang van die buurt Kensington waar die straat geleë is en wat talle Britse straatname het:

Names such as Milner, Roberts and Kitchener line the streets to remind residents of a time, just after the Anglo Boer War ended in 1902, when the British were eager to put their stamp of authority on the Transvaal. Consequently, avenues, crescents and parks all bear the name of well-known British officers. (City of Johannesburg 2011)

Die laaste, triomfantelike woordspel waar na een van Johannesburg se belangrikste deurpaaie verwys word, vorm die klimaks van die gedig. Die sentiment gaan saam met die algemene Afrikaner-euforie ná onafhanklikheid vir blankes.

3.2.3 Identiteitskepping van plek en self

Die oeroue gebruik om deur naamgewing aanspraak te maak op ’n plek kom aan bod in hierdie gedig. Pretorius (1990:2) verwys in haar N.P. Van Wyk Louw-lesing na die “talle historiese verwysings en ontginning van historiese intertekste waaruit sy kritiese herdink van die geskiedenis blyk: enersyds as die kontinuïteit van kulture, en andersyds as die ironiese konfrontasie tussen hede en verlede”; ook verwys sy na “die sterk speelse element” in die bundel. Terwyl die speelse element voorop staan in hierdie gedig – wat dus as teks vra om nie te ernstig opgeneem te word nie – kan dit tog opgemerk word dat hierdie anti-Britse sentiment met sy “ironiese konfrontasie tussen hede en verlede” (Pretorius 1990:2) in die 1960’s ietwat bekrompe voorkom. Afrikaners het nuwer probleme gehad as die nadraai van die Anglo-Boereoorlog ses dekades vantevore: die internasionale gemeenskap het begin met sanksies teen die apartheidsregering. Louw skep nie net identiteit van plek nie, maar ook van self.

Die weglating van ’n tweede stel name wat ’n ander groep se geskiedenis weerspieël, dui op die ideologiese ingesteldheid van die dag: daar word nie verwys na die Sotho en Tswana wat voor die koms van die Trekkers in die Witwatersrand- en spesifiek Johannesburg-omgewing gewoon het nie. Daar is reeds in die bespreking van Trekkerswee hierna verwys, maar bykomend kan genoem word dat navorsing oor die vroeë inwoners in die 1950’s en 1960’s gedoen is wat aan Louw bekend kon gewees het. Revil Mason van die argeologiedepartement van die Universiteit van die Witwatersrand het reeds in 1948 Ystertydperk-artefakte en later tekens van ystersmeltery op die Melville-koppies ontdek. Sy werk het daartoe gelei dat die Koppies in 1963 tot ’n nasionale monument verklaar is (Davie 2009).

As aangeneem word dat Transvaal se eerste wit kolonisasie in die middel-19de eeu deur die Trekkers was, bied die afwesigheid van Sotho- en Tswana-name in die gedig ’n blik op die heersende ideologie waarin Louw in 1962 geskryf het. ’n Postkoloniale lees van “Puine” beaam Smith (2012b:897) se stelling: “Die proses waardeur oor plek geskryf en ’n naam aan die plek toegeken word, is deel van die proses van identiteitskepping, beide van die plek en van die self. Om plek te benoem kan gesien word as ’n uitbreiding van die self in die omgewing.” Louw werp ’n blik op Afrikaners se ingesteldheid teenoor hul betreklik onlangse geskiedenis – die behoefte om deur spot en satire die ou, maar nie vergete nie, wond van die Anglo-Boereoorlog te besweer, maar ontbloot ook ’n versweë, selfs onerkende, praktyk van ouer en (met die verskyning van Tristia in 1962) nog voortdurende oorheersing van ’n ander bevolkingsgroep – ook ’n vorm van empire.

3.3 “Stadswyk”: S.J. Pretorius, Die mummie en ander verse, 1963

Hier staan die voorskootvrouens, maer of vet,
alewig in die ander tyd, of spook
wanhopig met hul besems teen die rook
en roet van treine wat die plek besmet.
’n Man sit soms met kruisbande en pet
na hy die heelnag ’n masjien moes stook:
net soos die asswart boompies klou hy
nog aan die lewe met ’n stug verset.

En langsaan rys die kerkhof, soos ’n woud
van steen die Jodedeel ... en wanneer, goud
tot as verkleur, die son oor Melville skemer,
speel kinders in die straat: hul voetbal hop
tussen die bome deur en dikwels op
die stoep van die begrafnisondernemer.

3.3.1 Die omgewing in die gedig

Hier is ’n geleentheid vir ’n speurtog in die kleine om vas te stel waar in Johannesburg Pretorius se gedig geplaas is. Terwyl die voorstad Melville genoem word, is dit duidelik uit ander geografiese leidrade dat die stadswyk van die gedig êrens anders is. Waarom dit saak maak, word duidelik wanneer daar gekyk word na die maatskaplike aspekte van plek en die rol wat hierdie stadswyk speel in wat Buell (2005:63) translokale en selfs globale ekonomiese kragte noem.

Vanuit die geïmpliseerde beskouingspunt van die waarnemer staan die vroue in die straat of voor hul huise, wat aandui dat die erwe klein is; boonop vee hulle self. Dis dus ’n buurt met goedkoop behuising. “Alewig in die ander tyd” is nog ’n aanduiding van die lae inkomste van die inwoners, soos wat die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds dit indirek stel: “Gesinsbeplanning is ’n kragtige maatreël om armoede te bestry. Universele toegang tot gesinsbeplanning is egter nog nie ’n werklikheid nie – veral onder die armstes” (Family planning and poverty reduction s.j.). Die “rook en roet” dui aan dat die wyk naby ’n spoorwegstasie is. Die man is ’n skofwerker, klaarblyklik ’n stoker. Die plek is ook langs ’n kerkhof. Vrededorp, ’n buurt met laekostebehuising,is die waarskynlikste kandidaat vir Pretorius se stadswyk. Dit is tussen die Brixton- en Braamfontein-begraafplaas en naby die Braamfontein-spoorwegstasie, en reeds sedert die vroeë 1890’s het arm Afrikaners daar begin woon (Brink 2008). Op die westelike rif van Johannesburg geleë, moes dit in die 1960’s, in ’n tyd met minder hoë geboue, ’n goeie uitkykpunt gebied het om oor Melville (noordwes van en laer as Vrededorp) uit te kyk en die son te sien sak het. Die liriese spreker, ’n geïmpliseerde waarnemer op ’n fiktiewe uitkykpunt binne-in die buurt, beskryf die omgewing deur middel van die menslike figure daarin. Die “voorskootvrouens”, ’n man “met kruisbande en pet”, die kinders wat in die straat speel, dra by tot die visuele indruk van hoe die plek bewoon word.

Roberts (1999:40) sê kritici van stedelike poësie moet maniere vind om omgewingsruimte (“environmental space”) ook op ander maniere te definieer as om na landskap te verwys. Só kan hulle dit vermy om idees (“notions”) van plek onwetend na aanleiding van “natural fact (and/or wish)” te konkretiseer, en hierdie ruimtes liewer na aanleiding van sosiale prosesse ontleed. Hy noem die “reading [of] textual spaces of the poetic city [waarmee hy bedoel die stad soos in die gedig uitgebeeld] not just as they are surveyed, but also, more importantly, as they are produced and used as part of […] the ‘built environment’” (Roberts 1999:40). In ’n bespreking van Jonathan Swift se “A description of the morning”, sê hy oor die figure in die gedig: “The setting of their lives […] is something they themselves create in part out of their mundane activities.” Hierdie bedrywighede, sê hy, “make legible the urban world” (Roberts 1999:40). In “Stadswyk” is dit die swanger vroue wat vee, die man wat sit en die kinders wat speel wat die plek vir die leser “leesbaar maak” of selfs skep.

3.3.2 Johannesburg as tuiste

Buell (2005:68) se stelling oor plek-assosiasie-digtheid (“platial thickness”) kan in aansluiting hierby genoem word. Die figure in die gedig se bedrywighede illustreer die “thick platial identity” in teenstelling met abstrakte ruimte waarna Buell (2005K:1708)verwys. Hy gaan voort: “Ecocriticism [...] has tended to favour literary texts oriented toward comparatively local or regional levels of place-attachment”; dit het ’n “tendency to privilege experiences of platial thickness” (Buell 2005:71). Volgens hom (2005:71) word plek as fisiese omgewing, sy dit hoofsaaklik gebou of natuurlik, gelyktydig deur subjektiewe waarneming en deur geïnstitusionaliseerde sosiale ordening gekonstitueer. Die liriese spreker in “Stadswyk” verskaf sowel geografiese inligting oor die plek as bykomende inligting oor die sosiale omstandighede en lewens van die inwoners deur wat hulle doen en hul gevoelens daaroor te beskryf. Saam verskaf hierdie inligting plek-assosiasie-digtheid.

3.3.3 Die figure in die gedig se verhouding met die omgewing

“To be a body, is to be tied to a certain world,” skryf die Franse fenomenologiese filosoof Merleau-Ponty (2002:169). Dit is juis hierdie plek-verbondenheid of selfs plek-gebondenheid (eerder as ’n vrylik gekose verbintenis) wat die rede is vir die onvergenoegdheid van die figure van volwassenes in die gedig. Hul werkersklasstand en armoede laat hulle geen keuse nie – die vrouens vee “wanhopig”, die stoker “klou [...] aan die lewe met ’n stug verset”, en die wending in die sekstet van die sonnet suggereer dat al wat hierdie inwoners en hul kinders het om na uit te sien, die dood is.

Só ’n lesing word bevestig deur Van Rensburg (1986:7) se stelling dat S.J. Pretorius die “eensame, versukkelde stadsafrikaner” as tematiese stof gebruik. Sy gaan verder en sê dat dit deel van ’n “oorheersende negatiewe ingesteldheid teenoor Johannesburg” in die Afrikaanse poësie vorm (1986:40).

3.3.4 Materiële, maatskaplike toestande en ekonomiese kragte

Buell (2005:62–3) sê voorts oor “plek”, wat hy sowel teenoor “ruimte” as teenoor “nieplekke” (Marc Augé se term vir kantore, inkopiesentrums, klubs, vervoerinfrastruktuur en dies meer) stel:

One cannot theorize scrupulously about place without confronting its fragility, including the question of whether “place” as traditionally understood means anything anymore at a time when fewer and fewer of the world’s population live out their lives in locations that are not shaped to a great extent by translocal – ultimately global – forces.

Die stelling kan aan die hand van hierdie gedig geïllustreer word.

In die hede van die gedig is die “translokale kragte” wat die aard van hierdie plek bepaal, reeds gevestig. Die spoorweë en sy infrastruktuur is noodsaaklik vir die uitvoer van Johannesburg se goud; hiermee saam gaan rook en roet “wat die plek besmet”, asook werkverskaffing; veeleisende, laagbesoldigde handearbeid. Terselfdertyd bring hierdie kragte onkeerbare verandering. Terwyl die man in die gedig geen ander toekoms kan sien as ’n lewe wat onveranderd sal voortduur met geen ander vooruitsig as die dood nie, is die materialiteit van die plek wat uitgebeeld word, “fragiel”, om Buell se woord te gebruik. Die gemeenskap in hierdie stadswyk waar vroue mekaar kan sien terwyl hulle werk en mekaar ken, en waar kinders in die straat speel, het 50 jaar later, met die skryf van hierdie artikel, bykans verdwyn. In die plek daarvan is ’n ál groter wordende anonimiteit, kenmerkend van ’n groeiende stad. Buell se “translokale en uiteindelik globale kragte” stu voort.

3.3.5 Die natuur in die stadswyk

Pretorius maak drie maal melding van die natuurelement “bome”: eerstens is daar die voorstedelike, “asswart boompies” waarvan die groei (waarskynlik) deur die roet van treine belemmer word; dan die “woud van steen”, ’n ironiese gebruik van ’n natuurelement wat verwys na ’n begraafplaas waar daar geen lewe en groei meer is nie – die uiterste vorm van die “verstedeliking” van die natuur; en laastens die bome waartussen die kinders met hul bal speel. Die jukstaposisie van kinders wat tussen die swart boompies speel, en hul bal wat op die stoep van die begrafnisondernemer hop, verwys terug na die uitsigloosheid van die werker. Die gevoelswaarde wat aan die bome in die gedig gekoppel word, is van die elemente wat die persoonlike verwantskap met die plek aandui en dit só van ’n abstrakte ruimte onderskei.

Pretorius gebruik klein besonderhede oor die inwoners van die buurt en hul bedrywighede wat, vanuit ’n ekokritiese hoek beskou, ’n blik werp op die ekonomiese kragte wat tot ’n groot mate hul leefwyse bepaal, en bied terselfdertyd ’n visie van die menslike bestaan binne so ’n beperkende leefwyse.

3.4 “Wat mis jy nie”: Rosa Keet, Hystera, 1974

ag lautrec wat mis jy nie
vandag in hillbrow nie
of glimlag jy soos ek
vir die dame
met dofpers hare
en verwagtende knieë
haar neus
is so skilderagtig krom
loer jy soos ek
na die man
met die glinsterpienk naels
en ronde boude
sy adamsappel
is so aanloklik groot
staar jy soos ek
na die mense
met nuuskierige nekke
wat om die rooiblom meisie
sonder vlerke
op die sypaadjie reg
onder highpoint drom

3.4.1 Plek in die gedig

Die enigste verwysings na plek is “hillbrow”, “op die sypaadjie” en “highpoint”. Dit is die figure wat deur die liriese spreker waargeneem word, hoe hulle lyk en beskryf word en hoe hulle in die slot van die gedig optree, wat die aard van die omgewing aandui en digte plek-assosiasies verskaf.

3.4.2 Representasie van Johannesburg as tuiste

Die liriese spreker van “Wat mis jy nie” beskryf ’n toneel asof dit ’n skildery of spektakel is. Daarby is die informele aanspreek van die skilder (Henri de Toulouse-) Lautrec deel van die uitbeelding van die gedigomgewing.

Toulouse-Lautrec (1864–1901) was by uitstek ’n skilder van Parys se stadslewe en die soms dekadente teaterlewe van die laat 1800’s. Volgens die webwerf van die Toulouse-Lautrec-stigting word hy as een van die grootste skilders van die postimpressionistiese periode beskou. Hy was ’n gereelde besoeker aan nagklubs, veral die Moulin Rouge waar daar ná sy reeks plakkate van vertonings ’n permanente sitplek vir hom gehou is:

He was masterly at capturing crowd scenes in which the figures are highly individualised. [...] His treatment of his subject matter, whether as portraits, scenes of Parisian night-life, or intimate studies, has been described as both sympathetic and dispassionate. (Toulouse-Lautrec Foundation s.j.)

Een van sy bekendste skilderye, Au Moulin Rouge, word só beskryf:

Toulouse-Lautrec sien deur die vrolike oppervlak van die toneel, hy kyk na [die figure] met ’n genadelose skerp oog vir hul karakter […] (H)y wys hier ’n atmosfeer so vreugdeloos en neerdrukkend dat ons nie anders kan as om dit as ’n plek van onheil te beskou nie. (Janson 1962:513)

Wanneer die spreker dus Toulouse-Lautrec herhaaldelik betrek (“glimlag jy soos ek”, “loer jy soos ek”, “staar jy soos ek” en ook in die titel, “Wat mis jy nie”) by haar blik op Hillbrow, word ’n sekere spektrum figure geïmpliseer: op die oog af kleurvol, interessant of eksentriek, maar met die suggestie dat daar iets minder positief onder die oppervlak is. Hiermee saam word die aard van die liriese spreker se beskouing ontbloot – dit is tegelyk “dispassionate”, ’n onpartydige, rasionele waarneem, en “sympathetic”, ’n kyk verby die oppervlak. In Au Moulin Rouge word vreugdeloosheid en neerdrukkendheid gesuggereer; in hierdie gedig word die indruk van leegheid of oppervlakkigheid geskep. Wanneer die mense saamdrom om die meisie wat na haar dood gespring het, is daar slegs nuuskierigheid. Die tragedie word aangebied as skouspel wat skynbaar emosieloos deur die figure en die spreker bekyk word.

Op hierdie manier word Hillbrow, gesteun deur visuele implikasie en die verwysing na die skilder, uitgebeeld as ’n plek waar mense – hul kleurvolle, interessante voorkoms ten spyt – van diepte of menslikheid ontneem is. Hier is, soos deur die titel gesuggereer, ’n tragiese gemis.

3.4.3 Die figure in die gedig se verhouding met die omgewing

Volgens Oppermann (2011) is stedelike ekokritiek geïnteresseerd in hoe die ontwrigting van die omgewing deur verstedeliking “the conception of place and human imagination” verander. Sy sê dat menslike verbintenis aan, of bande met, plek gevolglik ’n kwessie word nie van behoort in ’n omgewing nie, maar van ekonomiese belange oorheers deur sosio-ekonomiese en politieke instellings. In “Wat mis jy nie” suggereer sowel die liriese spreker se onbewoë beskrywing van die “spektakel” as die figure in die gedig se reaksie op die meisie wat selfmoord pleeg, dat nóg die spreker nóg die figure ’n gevoel van “behoort” aan hierdie plek het, ook dat daar geen gevoel van gemeenskap bestaan nie. Die inwoners van Hillbrow woon hier omdat dit bekostigbare behuising bied; die besoekers kom om vir ’n rukkie die interessantheid van die plek te beleef voordat hulle weer vertrek.

3.4.4 Psigo-ekokritiese aspek

3.4.4.1 Die effek van die afwesigheid van die natuur

Glotfelty (1996:xxi) voer aan:

Psychology has long ignored nature in its theories of the human mind. A handful of contemporary psychologists, however, are exploring the linkages between environmental conditions and mental health, some regarding the modern estrangement from nature as the basis of our social and psychological ills.

Roszak (1992:39) wys op gebreke in die benadering van sowel omgewingsaktiviste (wat mense na hul saak wil oorhaal) as moderne sielkundiges se beskouing van menslike motivering en sê die alternatief is om die skakel van erbarming wat tussen mens en aarde bestaan, te vind. In die gedig suggereer die beeld van ’n eksotiese voël in “die rooiblom meisie/ sonder vlerke” ’n skakel met die (afwesige) natuur, en die gedig in sy geheel toon juis die sonderlinge afwesigheid van erbarming tussen die figure.

3.4.4.2 Vereensaming in die stad

Die vereensamende effek van ’n groot stad is al wyd gedokumenteer. ’n Studie in Vancouver, Kanada, het getoon dat van die bydraende faktore tot ’n “lack of connection”, “dense high-rise apartment life-styles, our fast-paced modern society, and citizens’ general lack of interest in getting to know one another” (Carras 2013) is, en in ’n opname in 2012 deur die BBC het 33% van Londen se inwoners gesê hulle voel dikwels of altyd eensaam, en in die binnestad was die syfer selfs hoër, 38%. Marjorie Wallace (2012) van die geestesgesondheidsorganisasie Sane sê dit is nie ’n groot stap van gedurig eensaam voel na kliniese depressie nie. Die hoëdigtheidsbuurt Hillbrow kan vergelyk word met die binnestede van Vancouver en Londen en daar kan aangeneem word dat soortgelyke syfers hier van toepassing is. Volgens die BBC-opname gaan die toename aan eensaamheid gepaard met ’n afwesigheid van ’n gevoel van samehorigheid.

Keet suggereer deur haar opnoem van sketsmatige onvoltooide dele van figure (“die dame/ met dofpers hare/ en verwagtende knieë/ haar neus/ is so skilderagtig krom” en “die man/ met die glinsterpienk naels/ en ronde boude/ sy adamsappel/ is so aanloklik groot”) die “onvolledigheid” – verontmensliking – van mense in Hillbrow. Dit is veral in die klimaks van die gedig waar die selfdood en die reaksie daarop hierdie suggestie verstewig.

3.4.4.3 Die stedelike kultuur

Roszak ondersoek die grondoorsake van die effek wat stede op mense het. Hy argumenteer dat in geologiese tydverloop gesien, dit slegs in die laaste fraksie tyd is dat stede en daarna nywerheidstede ontstaan het, besoedeling oor die planeet heen versprei het en mense in hul miljoene na stede begin stroom het. “What we experience in our time in a thousand forms of discomfort, unsightliness, disease, originates in this sudden, spreading rash of industrial cities.” Hierdie “rash” noem hy “City Pox” (1992:216–7). Hy voeg by dat industrialisasie die stad se vervreemding van die natuur ingegrawe het. Dit het die stedelike kultuur se “psigotiese gewoontes” meer solied geïnstitusionaliseer en gerasionaliseer. Hy noem van die emosionele siektetoestande wat sielkundiges gereeld sien en die pasiënte wat hulle probeer behandel: “mense byna histeries, mense belas met depressie wat na selfmoord neig, mense wat ly aan hallusinasies, mense wat katatonies geword het, mense wat afskuwelike nagmerries kry, mense wat na wanhoop gedryf word deur paranoïese wanindrukke (1992:219–221). Hy voeg by: “It may well be that more and more of what people bring before doctors and therapists for treatment – agonies of body and spirit – are symptoms of the biospheric emergency registering at the most intimate level of life” (1992:308).

Roszak se idees loop te wyd om dit ten opsigte van hierdie gedig kortliks te bespreek. Keet laat die leser met die minimum inligting oor die “rooiblom meisie/ sonder vlerke”, maar slaag daarin om met hierdie minimalistiese gegewe “agony of spirit” en isolasie te suggereer.

3.4.5 Natuur in die gedig

Die enigste niemenslike element waarna (indirek) verwys word, is ’n voël, in “sonder vlerke” in die derde laaste reël. Nietemin herinner die “dofpers hare”, skilderagtig krom neus, “glinsterpienk naels”, “ronde boude” en adamsappel “aanloklik groot” (wat suggereer dat dit iets is om te eet, in ’n plek waar alles mekaar eet) eerder aan eksotiese diere of voëls as aan mense. Hierdie byna surrealistiese verwysings is ironies, aangesien hier geen “natuur” teenwoordig is nie, slegs betonoerwoud, met sy reputasie van verontmensliking.

Rozelle (2002) verwys in haar bespreking van die werk van T.S. Eliot, Nathanael West en William Carlos Williams na “a central aspect of modernity [as] the reduction of nature to its visual image” en meen dat hierdie skrywers se werk die “foreboding notion” suggereer dat tegnologiese en stedelike ontwikkeling “might well erode both nature and community” en dat hulle reageer op die spirituele gebreke van stedelike ruimte. Sy voeg by dat hierdie drie skrywers se werk ’n sleutel tot huidige ekokritiek is omdat hulle ’n etos van onvolhoubaarheid aandui wat die stedeling diskonnekteer van die “pleasures and responsibilities of place”. Hierdie diskonneksie wat gesuggereer word in die gedigfigure se visuele verwantskap aan diere, maar in ’n plek waar daar geen natuur is nie, kan ook gesien word as deel van Keet se uitbeelding van geestelike en spirituele gebrek.

3.5 “44”: Wilma Stockenström, Monsterverse, 1984

Intrede van die groot kalmte. En tog
lê wis en onwis soos lig en skadu.

’n Maan met hokhoes in sy laaste kwartier
blaf so bleek oor township en buurt,
oor die hunkerende staar van ogiesdraad,
oor onrus se hand oor ’n muur van beton.

Skadu gelyk aan gelyke lig.

Geluide sit gevang in eie afstand.
Sit vas in verwarde takke geluide.
’n Skilderkopnag van lig en skadu
lê en blêr in die dreun van masjiene.

Die konsternasie van geweld en geboorte
gaan skreeuend heen soos heengaan.
Tjank afgetrap. Die maan is dol.

Hiëraties hou die dood die lewe,
embrio, die skaam een, in ’n emulsie
van spikkels lig en skurende stilte.
Hy wag om te kom, die maangeborene,
die opgekrulde kind met name skrik,
met name hongersnood en skraal ontbering,
met dief die pa en bedel die ma
kom hy, die droë hongerkind met sy groot
groot oë en lang lang bene en treë
die strate af in lig van lamppaal knoetserig
sigbaar, kind wat langsaam tree, die kind.

Hoe lig die lig en doods die rumoer.

’n Slapende stad is skoon asem.
In die asem sluimer gewoonlik geheue.
Daarin word mens wakker en leef binne
’n dag, ’n kol omring deur nag,
van vooraf aan weer oor. Nimmereindigend.

Nimmereindigend die gesnak en geknutsel,
hand-op-die-blaas omhelsing van welvaart.
Hier is ’n stelsel wat roep om kundige
ingeklankte applous, daarmee gepaardgaande
die bekronings van eie prestasie. Hau!

Wat bly oor van kinders as hul durf
hokgeslaan, as hul in memoriams?
Die slap jong lote, wat bly oor?
Hot en bles word gebie vir ons kinders.
Op die windstrekewisselaar hoeveel singel
af na ’n afrit van ’n vergesig?

Wat bly oor van die gebulder van die kleinburger
as hy die oormaat aan bedrog van sy droom onthou?
Hy is skuimrubber wat bulder, die kleinburger.
Hy ontbind nie in goddelike verrotting nie,
hy verbrokkel tot vlokke van ’n vulliswind,
waai tot ver in die veld, teen dorings vas
waar die borsviool van die wind herinnering speel,
waar slaapstasies snork en psalmpompies kreun,
die bekfluitjies lig van treintjies subiet
gedomp daar waar afstand sy arms
vou, en afgetrokke staan kyk.

Die nag maak sy een oog oop soos ’n uil.

’n Kind se asemhaling is soet onvermoede
van roggel en skop, die kind met motte
lieftallig plat op die ooglede,
wakend aldus oor sy wisseling van wense,
waarmerk en waarmerk van onskuld
hierdie verlorenes tussen grys en goud,
hierdies van die tussenlig. Ou hipofise
verrig versteek sy werk, bemoeisieke
maaier onder die harsings se tweelinglobbe
tweeling-glibberig-apart; en talryke
roerlose slakke in die holtetjies van wees
skei hulle inmenging af, slu,
slymerig, na binne gekeer en bot.

So, ou patroon, wat kan jy daarvoor,
jy met varkmasels van drifte in die vlees,
dat jy wil opsnork eendag se eendag,
en wil hoog opgee met stories lank
en wil opskiet tot ’n boom van wins,
breed en fors van vertakte belange?
G’n wonder die dae trek hul veelkleurig
aan om suf versaagdheid te oorrompel.
G’n wonder die nagte vergaan in geluide,
ontplof stroboskobies in disko’s van opstand.
Insypelend, deurentyd, dienswillig die bydrae
van klier en gier vir die leef om te sterf.
Deurentyd dra die kind die dood saam
en soek ’n graf, en soek, en vind die klip,
die klip hy lê, hy lê die wêreld vol,
nou gôi die kind die klip. Hy gôi.

Kyk, die kind is die dood wat kom, hy kry
sertifikate bymekaar en rus hom toe
om lewe te verower ter wille van die dood.
Kyk, die kind met die kratergesig byt
sy naels tot op die lewe, die kind
in luiers trappelend dood en geweld,
en listig groeiend tot gemelike oudag.

Waar ek oor stiltes wou praat … was dit
die uil? Waar ek als anders wou
Stel, oor singende skadu’s wou praat.

Die wind het ook sy skadu. Hy sleep dit
vlug saam, ylings. Dit raak ons skaars.
Dit vertrek steeds, soos te merk is aan takke,
takke van T.V.-antennas, lamppaaltakke;
die skadu, die sku onderkant van die wind,
het lankal gee pad, het sag soos hare
oor iemand se gesig geveeg en ’n trek
nagelaat van innige ontsteltenis.

Waar ek oor lig wou praat en skadu
en die kalmte nou. Die skadu’s klink
soos tinktinkies, baie klein.
Die tinktinkies skuil in die skadu’s,
klein, baie klein. En dit is
groot gejuig, is groot gejuig wat klink.
Aanstons gaan ’n wêreld ondanks
begin en ondanks die voortsetting
uitmekaar spat in lig en lied,
o hart van bloeiende klank, en jy,
aarde, met die maanhaar van lig,
hou jou spokende maan agter jou.

Die gedig toon deur die uitbeelding van die omgewingsmatigheid van die township – ten opsigte van lewensgehalte, sosiale euwels en die gebrek aan ’n toekomsvisie van die inwoners – die uitwerking van sosiopolitieke besluite op die lewens van individue. Hierdie bespreking vanuit ’n ekogeregtigheidsoogpunt dui aan dat só ’n benadering minstens een vlak van betekenis kan belig. Vanweë die digtheid van Stockenström se werk en haar ryk beelde wat in soveel rigtings heenwys, is dit onmoontlik om hierdie enkele betekenisvlak af te sonder van ander vlakke van betekenis.

3.5.1 Die omgewing in die gedig

Van die tweede strofe af word die omgewing betrek: “’n Maan met hokhoes in sy laaste kwartier/ blaf so bleek oor township en buurt”, en met hierdie afbakening van “township” aan die een kant en “buurt” aan die ander begin Stockenström se politieke kommentaar. Botha (1985) sê in ’n TV-onderhoud: “Die landskappe in haar verse en dit veral in Monsterverse ook, lyk byna soos ná die apokalips as’t ware [...] daar is ’n gebrek aan plantegroei, ’n gebrek aan koestering en knusheid [...] dit is onherbergsaam”, maar Stockenström verskaf wel ’n klompie topografiese eienskappe. Sy beeld ’n teenstelling tussen township en buurt uit deur onder meer fisiese omgewingselemente van die township te noem, maar dit te verswyg oor die “kleinburger” se buurt. In die township is “ogiesdraad”, “muur van beton” en “dreun van masjiene”; verder word die aard van die omgewing opgeroep deur aspekte van lewensomstandighede soos “konsternasie van geweld en geboorte” en “die opgekrulde kind met name skrik,/ met name hongersnood en skraal ontbering,/ met dief die pa en bedel die ma”, en later: “hierdie verlorenes tussen grys en goud/ hierdies van die tussenlig”.

Op een vlak dui hierdie reëls op mense wat nie baat vind by die goud van Johannesburg nie; op ’n belangriker vlak, of eerste vlak van betekenis, kan gesê word dat “verlorenes” verwys na alle kinders, wat nog nie die “roggel en skop” van bestaan vermoed nie.

Wat die “kleinburger”-buurt betref, word slegs karaktertrekke genoem soos die kleinburger wat “skuimrubber wat bulder” is, of gebruike van die inwoners daarvan, soos in die “hand-op-die-blaas omhelsing van welvaart” – wat tweeledig verwys na sowel die inwoners van die buurt se voorliefde vir al wat welvarend is as die township wat reg langs die ryk buurt geleë is.

3.5.2 Johannesburg as tuiste

Johannesburg word uitgebeeld as ’n plek met twee soorte omgewings: buurt en township. Die lewensomstandighede wat in die township heers, word met besonderhede voorgestel en staan sentraal in die politieke en sosiale kommentaar. Inligting oor die township as tuiste word grootliks deur middel van haglike sosiale toestande en armoede aangedui, terwyl min oor die buurt gesê word.

Die ekonomiese en maatskaplike stelsel en sy magstrukture wat ’n spesifieke rassegroep tot die omgewing van die township beperk, word gekritiseer deur die voorstelling van die magshebbers:

Hier is ’n stelsel wat roep om kundige
ingeklankte applous, daarmee gepaardgaande
die bekronings van eie prestasie. Hau!

Die generiese inheemsetaal-uitroep “Hau!” bring weer die teenstelling tussen (wit) welvaart en (swart) armoede na vore.

3.5.3 Natuurbeelde in die gedig

Stockenström gebruik regdeur hierdie gedig natuurbeelde wat ’n kosmiese dimensie by die gegewe betrek. Die “(m)aan” in die derde reël dui aan dat dit nag is, maar dié maan het “hokhoes” (’n aansteeklike hondesiekte wat veral voorkom waar honde saam in hokke aangehou word) – dit word geïmpliseer dat alles nie wel is met die óndermaanse nie. Die maan is ook “dol”, wat na aanleiding van die voorafgaande “hokhoes”, “blaf” en “(t)jank”, hondsdolheid en honde wat vir die maan huil, suggereer – alles deel van die “onrus” wat in die tweede strofe genoem word. Die “(m)aan met hokhoes” suggereer verder dat die gegewe oor die plaaslike verbind is aan die groter, natuurlike omgewing en die kosmiese.

Die verbintenis tussen kosmiese en kleinwêreldse – spesifiek die “township en buurt” – word voortgesit in onder meer die omgewingsbeelde wat ’n metafoorpaar vorm in die kleinburger wat soos skuimrubber nie in “goddelike verrotting” ontbind nie, maar “verbrokkel tot vlokke van ’n vulliswind” en “tot ver in die veld, teen dorings vas” waai. Die metafoorpaar is “goddelike verrotting” en “vlokke van ’n vulliswind”. Hierdie reëls dui op ’n omgewingsbewaringsoomblik in die gedig: “goddelike” stel die verrotting as alchemiese transmutasie (of natuurlike kompostering) voor, terwyl die skuimrubber wat verbrokkel en die veld inwaai, nie bioafbreekbaar is nie en tot omgewingsprobleme lei. Dié reëls betrek egter ook die sosiopolitiese gegewe van die gedig deurdat sy suggereer dat die “stelsel” wat welvaart omhels (9de strofe), soos die kleinburger, byna onafbreekbaar is en dat die gevolge daarvan baie lank duur en ver uitkring.

Stockenström gebruik ook beelde van klein dierlike aard, soos die “motte/ lieftallig plat op die ooglede” van die slapende kind, wat positiewe assosiasies van onskuld het, en in die laaste strofe die skadu’s wat soos “tinktinkies, baie klein” klink – weer ’n positiewe beeld wat hoop en lewenskragtigheid oproep. In teenstelling hiermee is daar die “bemoeisieke/ maaier” van die pituïtêre klier en die kleiner “talryke/ roerlose slakke”, ’n beeld vir hormone wat fisiologiese funksies beïnvloed. Assosiasies met “maaier” en “slakke” is minder positief, en selfs negatief, en suggereer ’n menslike natuur wat passief en primitief is.

Beelde uit die groter natuurlike omgewing in die laaste reëls, naamlik “en jy,/ aarde, met die maanhaar van lig,/ hou jou spokende maan agter jou”, betrek ’n groter kosmiese oorsig. Die visie van die slapende stad mag donker wees, maar die gedig suggereer dat hierdie stad en hierdie menslike lewe ’n plek het in die groot geheel van die kosmos. Vanuit ’n eerstegolf-ekokritiese hoek gelees, kan gesien word dat Stockenström se natuurbeelde nie antroposentries is nie, maar suggereer dat die mens ’n onderdeel van ’n groter kosmos vorm.

3.5.4 Die figure in die gedig in hul omgewing

Die reëls “Op die windstrekewisselaar hoeveel singel/ af na ’n afrit van ’n vergesig?” is tekenend van hoe min die “jong lote” wat in die township woon, daar wíl bly. In die beeld van ’n lewenspad wat deur ’n snelweg met wisselaar of kruising voorgestel word, word aangedui hoe min kans hulle het om daar weg te kom en na ’n “vergesig” weg te draai.

Terwyl hier geen karaktervorming ter sprake is nie en buiten die suggestie in die reëls hier bo geen figure is wat die een of ander gevoel teenoor hul omgewing het nie, word deurlopend ’n beeld van ’n kind se tipiese lewe in ’n township-omgewing gebruik. Hier is nie soseer ’n verwantskap met die omgewing nie, as ’n uitbeelding van mens-in-omgewing. Evernden (1996:95) se argument dat die mens nie as ’n diskrete entiteit en nie buite sy konteks kan bestaan nie, is hier relevant: “we must deal with the individual-in-environment” (1996:97); en ook: “There is no such thing as an individual, only an individual-in-context, individual as a component of place, defined by place” (1996:103). “Alle menslike ondervinding begin by plek,” stel Smith dit (2012b:890).

Stockenström se beeld van die kind loop deur van “embrio”, “die opgekrulde kind” wat selfs voor geboorte die “name skrik/ name hongersnood en skraal ontbering” het, tot waar hy “met sy groot/ groot oë en lang lang bene” tree, dan begin ontwikkel en potensiaal toon, soos:

Wat bly oor van kinders as hul durf
hokgeslaan, as hul in memoriams?
[…]
Op die windstrekewisselaar hoeveel singel
af na ’n afrit van ’n vergesig?

en later, die voorspelling van wat hy te wagte kan wees in

’n Kind se asemhaling is soet onvermoede
van roggel en skop

tot waar die beeld van die kind ’n metamorfose ondergaan na ’n suggestie van opstand:

Deurentyd dra die kind die dood saam
en soek ’n graf, en soek, en vind die klip,
[…]
nou gôi die kind die klip. Hy gôi.

Hierdie opstandbeeld aktiveer terugwerkend die metafoor van die kind in die reëls

Hy wag om te kom, die maangeborene,
die opgekrulde kind met name skrik,
met name hongersnood en skraal ontbering

wat nou ook gelees kan word as ’n voorspelling van opstand. Dieselfde omstandighede waarbinne die kind gebore word – sy omgewing – gee dus ook geboorte aan opstand. As ’n mens kan praat van ’n verhouding met sy omgewing, is dit een van uitgelewerdheid en weerstand.

Op ’n ander vlak as die ekokritiese moet bygevoeg word dat Stockenström “kind” ook aan dood gelykstel: vergelyk die reël “Kyk, die kind is die dood wat kom.” Hierdie gelykstelling betrek ’n groter universaliteit en verwys só na die mens of individu in die algemeen. Dit word versterk deur die sinspeling op Leipoldt se “Sekretarisvoël”, en volgens Kannemeyer (1988:25) bevestig dié verwysing na Leipoldt sy (Kannemeyer se) lesing dat die kind wesenlik ontuis in hierdie wêreld gebore word, soos in:

die droë hongerkind met sy groot
groot oë en lang lang bene

en Leipoldt se reëls:

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

3.5.5 Materiële, maatskaplike, ekonomiese en ideologiese waardes in die gedig: ekogeregtigheidskritiek

Omstandighede in die township toon die effek van sosiopolitieke besluite en die uitvoer daarvan. In hierdie verband kan Bezuidenhout (2013:10) se stelling genoem word: “Alhoewel ruimtelikheid enige literêre teks implisiet begrond, word die eksplisiete spanning tussen die oop ruimtelikheid van landskappe en die inperking van persoonlike vryheid, kreatiwiteit en agentskap soveel meer sigbaar in die konteks van geweld en politieke onderdrukking.”

In aansluiting hierby verwys ek ook na ’n onderhoud wat Michael Bennett met Andrew Ross voer, waar Ross die vraag vra of ’n “groen uitkyk op stedelikheid” nie aandag moet gee aan onder meer “die herverdeling van rykdom, de facto-rassesegregasie, beskerming van dienste en onderrig, hervorming van politieke besluitneming op stads- en staatsvlak nie”. Hy maak die stelling dat tensy daar aandag gegee word aan hierdie sosiale aspekte, dit onmoontlik is om die effek op die werklike omgewing te begryp (Ross en Bennett 1999:18).

Dit is juis hierdie sosiale aspekte, die gevolg van “politieke besluitneming op stads- en staatsvlak”, wat in die gedig uitgelig word. Smith (2013) voer aan: “Plek is in essensie onlosmaaklik verbind met klas en ras en gender. Dit behoort te lei tot historiese selfbegrip – hoe daar in die verlede met plek omgegaan is, hoe gewelddadige strukture van mag en onderdrukking en verskuiwing plek beïnvloed het en hoe daar in die hede met plek omgegaan behoort te word.”

Bennett skryf oor “ghetto’s” in Amerikaanse stede (1991:169–85) en verwys na die “overwhelming social barriers constructed by the spatialization of race” en “the socioeconomic isolation and resulting poverty and crime mapped by the spatialization of race”. Hierdie beskouing geld ook vir Suid-Afrika se townships. Bellarsi (2008) noem ’n soortgelyke fokus by omgewingsgeregtigheid-ekokritiek wanneer sy dit stel dat hiërargiese verskille in die maatskappy die aard van omgewingsprobleme beïnvloed, aangesien nie alle klasse en etniese groepe “are equal before environmental pollution” nie: “Indeed, worldwide, society’s neglect of the poor and ethnic minorities is usually made manifest in their predictable relegation to enclaves characterized by toxic or low-quality environments.”

Deur te kyk na die elemente wat die aard van die omgewing aandui, kry die leser reeds ’n indruk van Stockenström se kommentaar oor die rassesituasie. Die “(m)aan met hokhoes” verwys (onder meer) na die mensesiektes wat in beknopte, oorvol en onhigiëniese toestande soos in townships aangetref word. Die ogiesdraad wat “hunkerend” “staar”, dui op die gebrek in die township, waar daar na sowel die “buurt” met sy voordele en voorregte as na ’n beter lewe gehunker word. Die “muur van beton” is sowel ‘n topografiese beskrywing as ’n beeld vir die ongenaakbare skeiding tussen “township en buurt”, en “onrus se hand” vorm ’n teenstelling met “die groot kalmte” van die eerste reël en is ook die eerste suggestie van opstand.

“44” verwys deur talle herhalings van die woord “kind” na Ingrid Jonker se “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga” (1960); vergelyk ook die betekenisomkeer van Jonker se “Die kind is nie dood nie” en Stockenström se “die kind is die dood”; Jonker se “die kind wat ’n reus geword het reis deur die hele wêreld” teenoor Stockenstrom se “kom hy, die droë hongerkind met sy groot/ groot oë en lang lang bene en tree/ die strate af [...] kind wat langsaam tree, die kind”. Dit versterk die gedig se politieke inhoud, wat as ’n soort gesuggereerde leitmotief daardeur loop.

Pretorius (1988:31) sê van die bundel Monsterverse in sy geheel: “[Stockenström] lê opnuut die monsters in ons rassesituasie bloot.” Stockenström se uitbeelding van die township deur omgewingselemente, beelde van siekte (“hokhoes”, “blaf so bleek”), van swaarkry (“hongersnood en skraal ontbering”, “soet onvermoede/ van roggel en skop”) toon verder die onreg wat voortgesit word (“Nimmereindigend.// Nimmereindigend”).

Op ’n ander vlak van betekenis praat die digter hier ook oor die bestaan van die mens en die “nimmereindigende” siklus van lewe en dood, en verwys sy met “die kind is die dood” na die antifoon “media vita in morte sumus”.

Die digter suggereer verder dat die township-lewe (en daarmee saam die klassifikasie van die inwoners as tweedeklasburgers in Suid-Afrika) ’n demper op natuurlike ambisie en lewensdrif plaas. Sy verwys na die hipofise – die pituïtêre klier in die skedelbasis wat talle hormone afskei en ook ander endokriene kliere beheer; dit word informeel ook die “meesterklier” genoem (Martini 2001:578–9) – en spreek die klier aan:

So, ou patroon, wat kan jy daarvoor,
jy met varkmasels van drifte in die vlees,
dat jy wil opsnork eendag se eendag,
en wil hoog opgee met stories lank
en wil opskiet tot ’n boom van wins,
breed en fors met vertakte belange?
G’n wonder die dae trek hul veelkleurig
aan om suf versaagdheid te oorrompel.
G’n wonder die nagte vergaan in geluide,
ontplof stroboskopies in disko’s van opstand.

Die toon is byna sarkasties, en impliseer dat die “hoog opgee” tevergeefs is, maar die strofe verwys ook terugwerkend na die droewige “Wat bly oor van kinders as hul durf/ hokgeslaan, as hul in memoriams?”.

’n Ekokritiese lesing bied één sleutel tot Stockenström se ryk, veelvlakkige gedig.

3.6 “Plat foto van ’n vis”: Hans Pienaar, Die taal van voëls, 2002

Jy weet daar’s vis want daar’s
poele in die vlei, want skaars begin
die skag se pompe of die eerste een
spoel op die golfies uit, skommel teen
’n pubis van biesiegras, asof opgebring
uit ’n omgekrapte buik binnegedring
deur sawwe soute uit die sinkende myn
eenkant sukkelend met sy eie puin
(beampte: 6 000 werkers en verwante nywerhede
kan nie knies oor bitter onsuiwerhede
in ’n moerasland waar net voël en vis
die fyn balans van die natuur sal mis)
Nou, op die foto lê die karkas en snak
na niks, en al sprak wat hy sprook
is ’n sandpatroon op die dy van die vlei:
’n laaste tattoe, ’n vrou se bene uitgesprei
in ’n uitdaging van kyk, want dis wat jul wil hê:
na geslagte lank se geboor en gedelf lê
die onteerde land nou bloot en brak:
geen desperate dieptes meer, net ’n oppervlak
van skaamte, vergeefse wraak vir die wrak
van die myn wat sy tonnels sal moet oorgewe
aan die syferwater sonder goud of lewe.

3.6.1 Die omgewing in die gedig

Die foto waarna verwys word, is volgens Pienaar (2013) op ’n ongeïdentifiseerde plek by ’n rivier of spruit naby Johannesburg geneem. Die gegewe verwys na die goudmynbedryf in die omgewing van die Witwatersrand en die vernietigende effek daarvan op die natuur. Dit is die enigste van die sewe gedigte wat in hierdie artikel bespreek word wat die natuurlike omgewing deurentyd op die voorgrond stel. Die myne en mynbase van Johannesburg word as die aggressor(s), manlik, en die natuur as slagoffer, vroulik, voorgestel.

3.6.2 Johannesburg as tuiste

Afstand word geskep tussen die liriese spreker en die werklikheid van die omgewing, met verskeie stappe van verwydering: die spreker klink asof hy in gesprek is met iemand (moontlik die leser) en kies watter gegewens hy in sy gesprek aanbied; die foto is (moontlik) deur iemand anders geneem en is bloot ’n afbeelding van sy/haar seleksie van die werklikheid deur die kameralens; die foto is “plat” (in teenstelling met die werklike vis), waardeur klem gelê word op die gebrekkige uitbeelding van die werklikheid. Die enigste suggestie van ’n tuiste is die beampte se woorde (’n verdere keer gefilter deur hoe hy gerapporteer is, moontlik in ’n koerant):

[…] 6 000 werkers en verwante nywerhede
kan nie knies oor bitter onsuiwerhede
in ’n moerasland waar net voël en vis
die fyn balans van die natuur sal mis.

Hierdie verwyderdheid van tuiste of verbintenis aan plek van enige menslike figure wat teenwoordig is of geïmpliseer word, tesame met die vernietiging van ’n habitat van “net voël en vis”, beklemtoon die totale skeiding tussen kultuur (dus die mensgemaakte) en natuur. Aan die een kant is daar die mensgemaakte “foto” in die titel en in reël 1 die abstrakte redenasie in “Jy weet daar’s vis want [...]”, die “skag se pompe”, die verslag van die beampte en die beskrywing deur die spreker. Aan die ander kant is daar die beskadigde natuur – die onderwerp van die gedig in sy geheel. Daar word gesuggereer dat daar ’n beskouing by die mynbeampte en -base is dat kultuur belangriker is as die natuur. Pienaar ontbloot hierdie verwyderdheid van die natuur en hiërargie wat kultuur bo die natuur plaas, as ’n digotomie wat onreg toelaat, goedkeur en skep.

3.6.3 Figure in die gedig se verhouding met die omgewing

Drie partye figureer in die gedig: eerstens die spreker, wat oënskynlik neutraal kommentaar lewer op wat hy in die foto van ’n vis sien, maar deur die toonaard van die gedig en keuse van metaforiek die tragiek en onreg van die verwoeste natuur uitbeeld; tweedens die individuele, dooie vis, ander visse en voëls en die totale, niemenslike “fyn balans van die natuur”; en derdens die beampte as verteenwoordiger van die myn wat werkverskaffing en winste opweeg teen, en swaarder bevind as, die verlies aan natuurlike habitat.

In verband met ’n figuur soos die beampte se verhouding met sy omgewing sê Smith (2012b:900):

Die mens se fisiese verwyderdheid van plek en die wisselbaarheid van plek lei tot toenemende gebrek aan begrip vir plek en verlies aan sensitiwiteit; die impak van besluite en aksies word geëksternaliseer […]. Die rol van globalisasie en die belangrikheid van die universele is sigbaar in die wyse waarop politiek bedryf word sonder die inagneming van die omgewing.

Dit is duidelik dat die beampte en almal wat hy verteenwoordig, geen verwantskap voel met “die fyn balans van die natuur” nie. Sy houding van fisiese en/of emosionele verwyderdheid van die natuur lê terselfdertyd die onderliggende ekonomiese waardes en prioriteite van die mynwese as bedryf bloot.

Die spreker se verhouding met die omgewing spreek uit die gedig in sy geheel – daar is min woorde wat gevoel aandui, en dié wat daar is, kom eers in die laaste vyf reëls voor: “onteerde land” en “oppervlak/ van skaamte” dui op simpatie met die natuur en die “desperate dieptes” dui op ’n begrip vir die mynbase wat desperaat is om nog goud te myn en die werkers wat desperaat is om hul werk te behou.

Wat die niemenslike as figuur betref, is die gedig in sy geheel ’n poging om empatie met die natuur te toon wat ’n hoogtepunt bereik in “’n uitdaging van kyk, want dis wat jul wil hê”. Dit is ook ’n reël wat steur in sy weergawe van wat die land “dink”, en wat Buell (2005K:141) se argument, “(s)elf-evidently no human can speak as the environment, as nature, as a nonhuman”, bevestig.

3.6.4 Ekofeminisme

Spretnak (1987) argumenteer dat die tradisionele beskouing en uitbeelding van die aarde as vroulik ’n leidraad verskaf tot die verband tussen die “oppression of the earth” en die ondergeskikstelling van vroue wat met die opkoms van patriargale godsdiens ses of sewe duisend jaar gelede gevestig geraak het.

Die aansluiting by hierdie beskouing van die aarde of natuur begin in reël 5 met “’n pubis van biesiegras”; die beeld word uitgebrei na die algemeen-menslike met “opgebring/ uit ’n omgekrapte buik” en keer terug na die vroulike met “dy van vlei”, wat opgevolg word deur “’n vrou se bene uitgesprei” en afgesluit word met die beeld van ’n herhaaldelik verkragte vrou met “geslagte lank se geboor en gedelf” en “’n oppervlak/ van skaamte”.

Die digter stuur weg van ’n enkelvoudige dualisme van vrou-as-natuur en man-as-kultuur/myn en betrek ook manlike dierlike lewe by hierdie troop van slagoffer wanneer hy die vis as manlik voorstel. Die 6 000 (manlike) myners wat hul werk kan verloor, is verdere slagoffers.

Ekofeminisme strek wyer as ’n beskouing van vroulike assosiasies met die natuur en manlike assosiasies met kultuur en Gardner (1999:191) sê dat die ekofeministiese perspektief die “komplekse interkonneksies van ras, klas, gender en die omgewing” kan blootlê. Sy ondersoek veral die konseptuele raamwerk wat die ondergeskikstelling van beide vroue en die natuur sanksioneer (1999:192–3). Dié raamwerk se dualistiese klassifikasie van die werklikheid is nie net opposisioneel en eksklusief nie, soos verstand/liggaam, man/vrou, mens/natuur, maar is ook georganiseer in ’n vertikale ruimtelike metafoor waar ’n mindere morele waarde aan die laer entiteit gegee word (Elizabeth Dodson Gray, aangehaal in Gardner 1999:193). Die beskouing van die vrou en ook die natuur as “gebruiksitem” word in die gedig uitgebeeld; die falliese konnotasie van “geboor en gedelf” impliseer dat die verbruiker manlik is.

Bellarsi (2009) bevraagteken soortgelyke “perennial assumptions and ideological binaries that had pervaded Western culture since Plato” en voer aan:

[E]cocritics have challenged the taken-for-granted opposition between subject and object, Culture and Nature, the human and the non-human. [...] [E]cocritics have attacked anthropocentrism and the centrality it accords to man (more often so than to woman, tellingly enough) in the realm of creation – a central place repeatedly invoked over time to legitimize the subordination, abuse, and erasure of the nonhuman “other”.

Dit word in die gedig gesuggereer (deur op “perennial assumptions” staat te maak) dat die gesagsfiguur, die myn se woordvoerder, manlik is, maar wat ook al die leser se persepsie van sy/haar geslag, hy/sy verteenwoordig rasionaliteit en die manlike as opposisie teenoor die “onteerde” vrou/land. Die beampte praat van getalle (met syfers aangedui, die onbetwisbare simbole van rekenkunde) terwyl hy ’n “ideological binary” daarstel: “6 000 werkers en verwante nywerhede” aan die een kant en ’n moerasland, met die konnotasie van moeras as gemors of ’n deurmekaarspul – tekenend van die “ander”.

Gardner (1999:193) argumenteer dat ekofeminisme op konseptuele vlak verbindings kan maak met ander vorme van ondergeskikstelling of diskriminasie soos rassisme, heteroseksisme, klassisme en so meer. In die gedig word die grens tussen die myn/mynbase/mense as aggressor en die natuur as slagoffer versteur deurdat Pienaar suggereer dat daar benewens die natuur ook nog ander slagoffers is – die werkers wat hul werk sal verloor wanneer die myn finaal, noodgedwonge ophou om te besoedel. Wanneer die myn se tonnels vol water geloop het, is “die syferwater sonder goud of lewe” en is almal verloorders in hierdie “ontering” van die balans van die natuur.

3.7 “Ek het ’n huisie aan die Rand”: Pirow Bekker, Stillerlewe, 2002

Ek het ’n huisie aan die Rand. Dis nag.
Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
’n draad gespan; ’n kopbeen sê: Bly weg!
Dit is ’n fort waar ek my saans verskans.

Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,
Deure klap, rubberbande snerp op teer.
Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val
(of is dit binne waar diefwering makeer?).

Ek het ’n huisie aan die Rand. Dis nag.
My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
Tot hier dring niemand, maar niemand deur.

Ek het ’n huisie aan die Rand. Dis nag.
Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.

3.7.1 Plek in die gedig

Die woonbuurt waar die gedig geplaas is, kan na enige misdaadgeteisterde buurt op die Witwatersrand verwys. In ’n parodie op H.A. Fagan se gedig “Ek het ’n huisie by die see” beskryf die liriese subjek sy belewing van sy onmiddellike leefruimte as nietuiste.

Roberts (1999:40) sê van die begrip social space: “It is the outcome of a sequence and set of operations, and thus cannot be reduced to the rank of a simple object […]. Itself the outcome of past actions, social space is what permits fresh actions to occur, while suggesting others and prohibiting yet others.”

Plek in die gedig en die manier waarop Bekker dit gebruik, is kennelik ook kommentaar op die uitkoms van voorafgaande gebeure – die toename van misdaad – en het gelei tot die liriese spreker se pogings om sy huis te beveilig.

3.7.2 Johannesburg as tuiste/nietuiste

Die spreker van “Ek het ’n huisie aan die Rand” is die eienaar van die huis en woon duidelik ook daarin, maar die gedig ondermyn die konsep tuiste deurdat byna alle assosiasies aan tuiste as ’n plek waar iemand veilig, gemaklik en geborge voel en ’n gevoel van bekendheid ervaar, afwesig is. Hierdie ondermyning word beklemtoon deur die materialiteit van hierdie huis in ironiese teenstelling te plaas met die huis in Fagan se gedig wat handel oor geborgenheid (deur geloof in God). Bekker weef digte, negatiewe assosiasies met plek deur te fokus op ’n enkele aspek van die stad, die misdaad.

3.7.3 Die figuur in die gedig se verhouding met die omgewing

Die individuele verwantskap en verhouding met die plek is een van vrees. Bekker gee ’n indruk van hoe dit voel en klink om in dié tyd ‘n inwoner in Johannesburg te wees – anders as, sê maar, ’n toeris, wat bloot waarneem. Wat Evernden (1996:100, oorspronklike beklemtoning) aan die landskapskilder toeskryf, is eweseer van toepassing op hierdie digter: “[T]he landscape artist gives us a glimpse of the character of the land that would otherwise require long experience to achieve. The artist makes the world personal – known, loved, feared, or whatever, but not neutral.”

Die spreker ervaar sy fisiese omgewing hoofsaaklik ouditief, soos uit die tweede strofe blyk. Deur die sensoriese gewaarwordings tot gehoor te beperk dui Bekker ook die waardevermindering van plek aan. Smith (2012b:901) sê oor hierdie begrip dat dit plaasvind wanneer ’n plek van vroeëre betekenis en belangrikheid gestroop word en dan op ’n nuwe manier bestuur word. Deur die satiriese aanbod in die gedig word die betekenis en belangrikheid van ’n ware tuiste as teenpool opgeroep.

Die uitsondering van die enkele sintuig, die gehoor, en die suggestie dat dit in hierdie konteks die belangrikste is, roep tientalle spanningsvolle tonele in rillerrolprente op waar aanvallers karakters vanuit die donker bedreig. Dit suggereer ook ’n toestand van ’n groot mate van sensoriese verlies. Evernden (1996:100–1) vra in hierdie verband of dit werklik moontlik is vir “any creatures” in ’n toestand van sensoriese verlies of ontneming (“deprivation”) om egte verbintenisse met plek te vorm. Die repertoire van die omgewing word in ’n stadsbestaan drasties beperk, miskien tot so ’n mate dat “genuine attachment to place” baie moeilik is. In die gedig word die stadslewe karikatuuragtig en eendimensioneel aangebied, wat ’n egte verbintenis met plek buite die kwessie maak.

Smith (2012b:891) sê plek is “daardie klein skyfie van die omgewing waarin die mens pas en waardeur hy gedefinieer word”. Die liriese spreker word deur die gediggegewe gedefinieer as ’n figuur wat, met die uitsondering van taal, byna sonder enige volwaardig menslike eienskappe is. Selfs taal word (benewens wat die digter die spreker toelaat) ingekrimp tot die luisteraksie. Bekker wys iemand wie se ganse bestaan gereduseer is tot die angsbevange beveiliging van homself.

3.7.4 Maatskaplike, kulturele en ideologiese waardes: sosiale ekokritiek

Die intensiteit en hoë voorkoms van misdaad in die 1990’s en die eerste dekade van die 2000’s was traumaties vir die wit bevolking wat tot kort tevore tot ’n groot mate daarteen beskerm was. Toenemende onrus in die land, verstedeliking, verwagtinge wat by die swart bevolking geskep is ná die eerste demokratiese verkiesing en die al hoe duideliker wordende gaping tussen ryk en arm was die hoofoorsake van die drastiese toename in misdaad.

Bekker satiriseer wit middelklasburgers se sosiokulturele persepsie van die omvang van misdaad aan die begin van die millennium deur hiperbolies daarmee te werk. Tipies van die satire, lewer die gedig ook ernstige kommentaar op die maatskappy. “(P)aradys” in Bekker se gedig kan bloot gelees word as ironiese verwysing na die ideale woonplek. In die geografiese konteks van “die Rand”, dieselfde milieu as dié van Trekkerswee (vergelyk spesifiek die beskrywing in “Silwer strale” II: “Verlore-klein lê op die Rand/ hul huisie in die trekkersland”), betrek Bekker se “paradys” egter ook die “boere-paradijs”. Só ’n lesing sou die “slagofferskap” van die Trekkers of Afrikaners wat hul “paradys” verloor het, beklemtoon.

Bekker wys op die verontmensliking van nie net ’n minderbevoorregte deel van die bevolking nie, maar ook van die slagoffers van misdaad. In die eerste strofe word ’n kopbeen as waarskuwingselement as deel van sy sekuriteitstelsel genoem, maar wanneer hierdie element herhaal word, is dit die grieselrige “koppe”. Dit suggereer iets meer onheilspellend: die spreker het moontlik al gemoor; die slagoffer van misdaad het nou ook, ter beskerming van homself, misdadiger geword.

In die gesprek wat die gedig voer met “Ek het ’n huisie by die see” word die gegewens wat aanwesig is in Fagan se gedig, maar afwesig is in die nuwe gedig, noodwendig betrek. Só word die afwesigheid van ’n gegewe soos die natuurelement, die see, beklemtoon, asook die afwesigheid van enige veiligheid, huislike warmte of geborgenheid. Hier is nóg natuur nóg geborgenheid. Die frase “Dis nag” word net een maal in Fagan se teks gebruik, maar drie keer in Bekker s’n. Bekker se stad is ’n plek waar dit metafories “nag” is, waar min of meer ordelike saambestaan en ’n sin van gemeenskap verbrokkel het.


4. Ten slotte

’n Lesing van die gedigte vanuit die ekokritiek met sy verskeidenheid vertakkings toon openlike of, meer dikwels, verskuilde antroposentriese, sosiale, ekonomiese en politieke ingesteldheid en selfs wêreldbeskouings. Terwyl Bate (2000:266) praat van ’n gedig as ’n “revelation of a dwelling”, openbaar ’n ontleding van die uitbeelding van die woning, tuiste of omgewing waar die gedig geplaas is, ook ander betekenisvlakke van die gedig.

’n Teoretiese oorsig van ekokritiek toon dat “omgewing” breër gesien kan word as net die natuurlike omgewing en op die leefomgewing van figure in ’n gedig kan dui. Stedelike ekokritiek bied ’n verskeidenheid vertakkings wat as raamwerk kan dien in die lees van gedigte wat in ’n stadsomgewing geplaas is, deur die “komplekse interaksies tussen politieke keuses, sosio-ekonomiese strukture en die digbewoonde ekosisteme van stedelike omgewings” (Bennet 2001, my vertaling) na te gaan.

Voorbeelde van stedelike poësie is bespreek met betrekking tot die belewing en ervaring van stadsomgewings of deur na “sosiale proses” in plaas van slegs topografie te verwys. Vanuit die ekogeregtigheidskritiek is ideologiese, politieke en ekonomiese waardes wat in gedigte ingebed is, bekyk, en vanuit die ekofeministiese kritiek is kommentaar gelewer op die Westerse kulturele tradisie van manlik/vroulik- en kultuur/natuur-dualismes.

Postkoloniale ekokritiek is betrek om te kyk na ideologiese ingesteldheid oor wat kolonialisasie is en wat daardie proses tot gevolg het. Deur ekosielkunde te betrek, is ’n insig bereik oor die afwesige skakel tussen stadsmens en natuur. Buiten “Plat foto van ’n vis” gaan geeneen van die tekste spesifiek oor die omgewing nie, maar ’n ekokritiese lesing of herlesing het verskuilde ideologiese en omgewingswaardes ontbloot. Daar is bowenal vir omgewingsmatigheid gelees en gekyk na “watter omgewingsmotiewe geselekteer is vir watter soort uitbeelding” (Buell 2005:29, my vertaling).

Deur te let op die manier waarop die omgewing die gedigte betree, die uitbeelding van Johannesburg as tuiste, die figure in die gedigte se verwantskap met hul omgewing, die manier waarop ’n stad prosesmatig gelees kan word in plaas van bloot topografies, en die openlike of verskuilde materiële, maatskaplike, kulturele, ekonomiese en ideologiese waardes in die werk, is betekenisvlakke oopgestel.

Die chronologiese bespreking van die gedigte en die gedeelde milieu van Johannesburg bied ook ’n blik op die ontwikkeling van die stad. In Buell (2005K:867–74) se vyfdimensionele fenomenologie van subjektiewe plekverbondenheid onderskei hy twee aspekte ten opsigte van die temporele vlak, naamlik die verworwe plekervaringe van ’n leeftyd wat die individu se response op ander plekke beïnvloed, en plek wat deur die verloop van tyd verandering ondergaan, vernietig word of geskep word. Deur sewe gedigte oor Johannesburg as plek chronologies te bespreek, wys die artikel op veranderinge in die stad, soos uitgedruk in die tekste, deur die verloop van tyd. Die langtermyngevolge van die mynboubedrywighede in Totius se Trekkerswee (1915) blyk in Hans Pienaar se “Plat foto van ’n vis” (2002); die sosiale veranderinge wat Totius betreur, blyk in Pretorius se “Stadswyk” (1963) en ook, hiperbolies, in Bekker se “Ek het ’n huisie aan die Rand” (2002). Die nuwe bedeling wanneer die Empire “weg” is in Louw se “Puine” (1962), het sy eie sosiopolitieke nagevolge, soos blyk in Stockenström se “44” (1984). Die artikel karteer dus in beperkte mate Johannesburg ook op temporele vlak as plek of tuiste.


Bibliografie

Armbruster, K. en K.R. Wallace (reds.). 2001. Beyond nature writing: expanding the boundaries of ecocriticism. Charlottesville, Londen: The University Press of Virginia.

Bate, J. 2000. The song of the earth. Cambridge, Mass.: Harvard University Press.

Bekker, P. 2002. Stillerlewe. Pretoria: Protea Boekhuis.

Bellarsi, F. 2009. Editorial: the challenges of nature and ecology. Comparative American Studies, 7(2):71–84.

Bennett, M. 1999. Manufacturing the ghetto: anti-urbanism and the spatialization of race. In Bennett en Teague (reds.) 1999.

—. 2001. From wide open spaces to metropolitan places: the urban challenge to ecocriticism. Interdisciplinary Studies in Literature and Environment, 8(1):31–52.

Bennett, M. en D.W. Teague (reds.). 1999. The nature of cities: ecocriticism and urban environments. Tucson: The University of Arizona Press.

Bergh, J.S. 2010. White farmers and African labourers in the pre-industrial Transvaal. Historia, 55(1):18–31.

Bergthaller, H. 2014. What is ecocriticism? http://www.easlce.eu/about-us/what-is-ecocriticism (20 Februarie 2014 geraadpleeg).

Bezuidenhout, A. 2013. Die drukking van dakke: ruimtelikheid en morele agentskap in Gert Vlok Nel se digbundel Om te lewe is onnatuurlik. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Bookchin, M. 2000. Interview with Murray Bookchin by Dave Vanek. Institute for Social Ecology. http://www.social-ecology.org/2000/08/interview-with-murray-bookchin-by-dave-vanek (18 Julie 2014 geraadpleeg).

—. Social ecology versus deep ecology: a challenge for the ecology movement. Anarchy Archives. http://dwardmac.pitzer.edu/Anarchist_Archives/bookchin/socecovdeepeco.html (8 Februarie 2014 geraadpleeg).

Botha, E. 1988. Televisie-onderhoud met Elize Botha oor die wenner van die Louis Luyt-prys. In Foster (red.) 1988.

Brink, E. 2008. City of Johannesburg. Heritage assessment. Fordsburg Newtown West Mayfair. http://www.joburg-archive.co.za/2011/inner_city/fordsburg_mayfair/heritage_analysis.pdf (10 Sept 2014 geraadpleeg.

Buell, L. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of American culture. Cambridge: Harvard University Press.

—. 2005. The future of environmental criticism: environmental crisis and the literary imagination. Malden, Oxford, Victoria: Blackwell Publishing.

—. 2005K. The future of environmental criticism: environmental crisis and the literary imagination. Malden, Oxford, Victoria: Blackwell Publishing

—. 2011. Foreword. In LeMenager e.a. (reds.) 2011.

Carras, M. 2013. Urban density and community: connecting and engaging Vancouver citizens. Sustainable cities international blog. http://blog.sustainablecities.net/2013/01/28/urban-density-community-connecting-engaging-vancouver-citizens (18 Oktober 2014 geraadpleeg).

City of Johannesburg. 2011. Joburg’s village in the city. http://www.joburg.org.za/index.php?option=com_content&id=7378:joburgs-village-in-the-city&Itemid=188 (24 September 2014 geraadpleeg).

Clark, T. 2011. The Cambridge introduction to literature and the environment. Cambridge en elders: Cambridge University Press.

Davie, L. 2009. Mason replaces Boer history. Joburg, my city, our future. http://www.joburg.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=4685&Itemid=245 (1 September 2014 geraadpleeg).

Deckard, S. 2010. Paradise discourse, imperialism, and globalization: exploiting Eden. New York, Londen: Routledge Taylor and Francis Group.

Evernden, N. 1996. Beyond ecology: self, place, and the pathetic fallacy. In Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Extension of University Education Act. s.j. http://en.wikipedia.org/wiki/Extension_of_University_Education_Act,_1959 (11 November 2014 geraadpleeg).

Family planning and poverty reduction. s.j. United Nations Population Fund. https://www.unfpa.org/rh/planning/mediakit/docs/sheet4.pdf (10 September 2014 geraadpleeg).

Foster, P.H. (red.). 1988. Gids by die lees van Wilma Stockenström se Monsterverse. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.

Gaard, G. 2010. New directions for ecofeminism: toward a more feminist ecocriticism. Interdisciplinary Studies in Literature & Environment, 17(4):643–65.

Gardner, C.V. 1999: An ecofeminist perspective on the urban environment. In Bennett en Teague (reds.) 1999.

Gifford, T. s.j. Pastoral, anti-pastoral and post-pastoral as reading strategies. http://www.terrygifford.co.uk/Pastoral%20reading.pdf (17 Julie 2014 geraadpleeg).

Glotfelty, C. en H. Fromm (reds.). 1996. The ecocriticism reader: landmarks in literary ecology. Athene, Londen: The University of Georgia Press.

Goodbody, A. en K. Rigby (reds.). 2011. Ecocritical theory: new European approaches. Charlottesville, Londen: University of Virginia Press.

Hamilton, C. 1995. The Mfecane aftermath: reconstructive debates in Southern African history. Johannesburg:Witwatersrand University Press.

Heise, U.K. 2006. The hitchhiker’s guide to ecocriticism. Publications of the Modern Language Association of America, 121(2):503–16.

—. 2010. Postcolonial ecocriticism and the question of literature. In Roos en Hunt (reds.) 2010.

Howarth, W. 1996. Some principles of ecocriticism. In Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Huffman, T.N. 2010. Prehistory: Pre-colonial farmers in Gauteng. South African History Online. http://www.sahistory.org.za/topic/prehistory-pre-colonial-farmers-gauteng (24 September 2014 geraadpleeg).

Janson, H.W. 1962. A history of art. Londen: Thames and Hudson.

Kannemeyer, J.C. 1978. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I. Kaapstad, Pretoria: Academica.

—. 1988. Afspieëlings wat vergaan. In Foster (red.) 1988.

Krogerus, M. en R. Tschäppeler. 2012. The change book. Londen: Profile Books.

Labuschagne, F.J. en L.C. Eksteen. 2010. Die verklarende Afrikaanse woordeboek. Kaapstad: Pharos.

Latilla, M. s.j. Johannesburg 1912. Blog. http://marclatilla.com/johannesburg-1912 (21 September 2014 geraadpleeg).

—. 2014. Persoonlike e-pos. 24 September.

LeMenager, S., T. Shewry en K. Hiltner (reds.). 2011. Environmental criticism for the twenty-first century. New York, Londen: Routledge Taylor and Francis Group.

Louw, N.P. Van Wyk. 1962. Tristia. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

Love, G.A. 1996. Revaluing nature: toward an ecological criticism. In Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Marinelli, P.V. 1971. Pastoral. Londen: Methuen.

Martini, F.H. 2001. Fundamentals of Anatomy and Physiology 5de uitgawe. New Jersey: Prentice Hall.

Marx, L. 1964. The machine in the garden: technology and the pastoral ideal in America. New York: Oxford University Press.

Merleau-Ponty, M. 2002. Phenomenology of perception. Vertaal deur C. Smith. Londen: Routledge.

Mfecane. s.j. http://en.wikipedia.org/wiki/Mfecane (24 September 2014 geraadpleeg).

Morton, T. 2007. Ecology without nature: rethinking environmental aesthetics. Cambridge, Massachusetts, Londen: Harvard University Press.

Naess, A. 1973: The shallow and the deep, long-range ecology movement. A summary. Inquiry, 16(1):95–100. http://dx.doi.org/10.1080/00201747308601682 (31 Julie 2015 geraadpleeg).

Olivier, F. 1986. Goudaar. Johannesburg en Kaapstad: Perskor.

Oppermann, S. 2011: “Istanbul is like a Judas tree”: Urban ecocriticism and fictions of Istanbul. The Seventh International Congress for Turkish Culture: Istanbul in Turkish and World Literature Proceedings. www.academia.edu/2165056/_Istanbul_is_like_a_
Judas_Tree._Urban_Ecology_and_Fictions_of_Istanbul
(1 Augustus 2013 geraadpleeg).

Pienaar, H. 2002. Die taal van voëls en ander gedigte. Johannesburg: Eie publikasie.

—. 2013. Persoonlike gesprek, November.

Pretorius, R. 1988. Louis Luytprys 1985 aan Monsterverse – Wilma Stockenström: commendatio. In Foster (red.) 1988.

—. 1990. Tristia: ’n lesing vanuit ’n postmodernistiese perspektief. Universiteit van Johannesburg. www.uj.ac.za/EN/Faculties/humanities/departments/afrikaans/NPvanWykLouw/Documents/1990-NP%20VAN%20WYK%20LOUW%20LESING%20pdf.pdf (2 Oktober 2014 geraadpleeg).

Ramone, J. 2011. Postcolonial theories. Londen, New York: Palgrave Macmillan.

Roberts, G. 1999. London here and now: walking, streets, and urban environments in English poetry from Donne to Gay. In Bennett en Teague (reds.) 1999.

Roos, B. en A. Hunt (reds.). 2010. Postcolonial green: environmental politics and world narratives. Charlottesville, Londen: University of Virginia Press.

Ross, A. en M. Bennett. 1999. The social claim on urban ecology. In Bennett en Teague (reds.) 1999.

Roszak, T. 1992. The voice of the earth. New York: Simon and Schuster.

Rozelle, L. 2002. Ecocritical city: modernist reactions to urban environments in Miss Lonelyhearts and Paterson. Twentieth Century Literature, 48(1):100–5.

Ryle. M. 2011. Raymond Williams: materialism and ecocriticism. In Goodbody en Rigby (reds.) 2011.

Scheese, D. 1994. Some principles of ecocriticism. Referaat gelewer by die kongres van die Western Literature Association (WLA): Defining ecocritical theory and practice. http://www.asle.org/wp-content/uploads/ASLE_Primer_DefiningEcocrit.pdf (31 Julie 2015 geraadpleeg).

Siddall, S. 2009. Landscape and literature. Cambridge en elders: Cambridge University Press.

Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 9(2):500–23. http://litnet.co.za/assets/pdf/8GWSmith.pdf.

—. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf: ’n teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 9(3):887–928. http://litnet.co.za/assets/pdf/Smith_9_3.pdf.

Smith, S. en E. Steenkamp. 2013. Ekokritiek: In gesprek met Susan Smith. LitNet Akademies-gespreksruimte. http://www.litnet.co.za/Article/ekokritiek-in-gesprek-met-susan-smith (28 Julie 2014 geraadpleeg).

South African history online. s.j. Louis Trichardt, Voortrekker leader. http://www.sahistory.org.za/dated-event/louis-trichardt-voortrekker-leader-born-near-oudtshoorn-225-years-ago (2 November 2014 geraadpleeg).

Spretnak, C. 1987. Ecofeminism: our roots and flowering. Ecospirit, 3(2):2–9.

Stockenström. W. 1984. Monsterverse. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

Totius. 1915. Trekkerswee, 4de druk. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.

Toulouse-Lautrec Foundation. s.j. Henri de Toulouse-Lautrec biography. http://www.toulouse-lautrec-foundation.org/biography.html (16 Oktober 2014 geraadpleeg).

University of the Witwatersrand. s.j. http://en.wikipedia.org/wiki/University_of_the_Witwatersrand (11 November 2014 geraadpleeg).

Van Niekerk, J. 2011. Verstedeliking, Suid-Afrikaanse letterkundes en die kultuurteks. Tydskrif vir Letterkunde, 48(2):50–70.

Van Onselen, C. 1982. Studies in the social and economic history of the Witwatersrand 1886–1914. Vol. 2: New Nineveh. Johannesburg: Ravan Press.

Van Rensburg, A. 1986. Johannesburg in die moderne Afrikaanse poësie. Bromhof: Anico.

Van Wyk, J., P. Conradie en N. Constandaras (reds.). 1988. SA in poësie / SA in poetry. Pinetown: Owen Burgess.

Visagie, A. 2013a. Pasmaatspesies, niemenslike diere en die omgewing: gedagtes oor die postkoloniale ekokritiek in Suid-Afrika. LitNet. http://www.litnet.co.za/Article/pasmaatspesies-niemenslike-diere-en-die-omgewing-gedagtes-oor-die-postkoloniale-ekokritiek (25 Mei 2014 geraadpleeg).

—. 2013b. Bones and animals: D.J. Opperman’s Dolosse and the postcolonial ossuary. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Letterkunde-en-ekologie-colloquium, Rhodes-universiteit, 30 Augustus – 1 September 2013.

Visser, W.P. 2005. Urbanization and Afrikaner class formation: The Mine Workers' Union and the search for a cultural identity. http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Arts/
Departemente1/geskiedenis/docs/urbanization_afrikaner_class.pdf
(8 Julie 2014 geraadpleeg).

Wallace, M. 2012. BBC News. Lonely London: poll suggests a quarter feel alone. http://www.bbc.com/news/uk-england-london-20324373 (18 Oktober 2014 geraadpleeg).

White, L. 1996. The historical roots of our ecologic crisis. In Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Wilson, T. 2009. Introduction to the post-pastoral in Australian poetry. Landscapes: The Journal of the International Centre for Landscape and Language,3(1). http://ro.ecu.edu.au/cgi/viewcontent.cgi?article=1031&context=landscapes (10 November 2014 geraadpleeg).

Eindnotas

1 Kindle-pleknommer word met K aangedui.

2 Vanweë die lengte van die teks van Trekkerswee word dit nie by die artikel ingevoeg nie. Dit is beskikbaar as ’n Project Gutenberg e-boek: http://www.gutenberg.org/files/16543/16543-h/16543-h.htm.

3 Die Romeinse syfers verwys na die onderafdelings van die drie dele van die gedig.

The post Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond appeared first on LitNet.

Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte

$
0
0

Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte

Paulsen v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd 2015 5 BCLR 509 (KH)

IM Rautenbach, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Abstract

The application of the common-law in duplum rule during litigation, constitutional proportionality and the separation of powers

In Paulsen v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd 2015 5 BCLR 509 (CC) the constitutional court held that the common-law in duplum rule that arrears interest stops accruing when the sum of unpaid interest equals the amount of the outstanding capital, applies during litigation between creditors and debtors. The court overruled the decision in Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd (in liquidation) 1998 1 SA 811 (SCA) that the in duplum rule does not apply during litigation. In the Paulsen case both the majority and minority judgments contended that their respective conclusions were “in accordance with constitutional values”. The right affected by the suspension of the rule during litigation was the right of debtors to raise defences freely. The majority held that there are alternative ways in which delaying tactics of creditors who raise fictitious defences could be dealt with. The court should also have considered the alternative proposed by Willis JA in Paulsen v Slip Knot Investments 2014 4 SA 253 (SCA) parr. 50‒7, namely that a court must retain a discretion either to apply or not to apply the in duplum rule during litigation. The contention of Madlanga J that the court was merely rectifying a mistaken reading of the common law in the Oneanate case and was not changing the common law was justly rejected by a majority in a separate concurring judgment of Moseneke J. However, the idea of Madlanga J that proponents either of developing the common law or of sustaining the Oneanate position are expressing “personal” opinions, can possibly be linked to the fact that strong opinions expressed in the judgments of what the practical effect of the application or non-application of the in duplum rule would be in practice, were not substantiated by arguments based on facts.

Keywords: bill of rights; constitutional values; law of contract; in duplum rule; limitation of rights; polycentric issues; proportionality; right to access to courts and fair and public hearings; right to freedom of contract; separation of powers

Trefwoorde: beperking van regte; grondwetlike waardes; kontraktereg; in duplum-reël; polisentriese geskille; proporsionaliteit; reg op kontrakteervryheid; reg op toegang tot die howe en billike en openbare verhore; skeiding van magte; handves van regte


1. Inleiding

In Paulsen v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd1 beslis die konstitusionele hof dat die in duplum-reël ook geld gedurende gedingvoering tussen ’n skuldeiser en ’n skuldenaar. Volgens die hof bepaal die in duplum-reël dat agterstallige rente ophou om te vermeerder wanneer dit net soveel as die uitstaande kapitaalbedrag geword het.2 In hierdie beslissing stel die hof die uitspraak in Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd (in liquidation)3 ter syde waarin die hoogste hof van appèl die gemenereg soos dit toe gegeld het, aangepas het sodat die in duplum-beperking vanaf 1998 nie tydens litigasie gegeld het nie. Sonnekus4 het die situasie voor die uitspraak in die Paulsen-saak en die motivering daarvoor soos volg verduidelik:

Die oomblik wat die litigasie formeel met die sluit van die pleitstukke litis contestatio vasstaan, is daar ook geen verdere onsekerhede oor die prestasiepligtigheid van die skuldenaar nie en kan die renteskuld verder opbou indien die hof bevind dat die eiser gelyk kry in die beslissing. Dit sou onbillik wees om, waar die eiser in die Suid-Afrikaanse reg geen beheer het oor óf die oorvol rol óf hoe lank die regter na afhandeling van die saak gaan wag voor hy sy uitspraak bekend maak nie, die eventueel suksesvolle eiser te straf met ’n onbuigsame verbod op enige verdere opbou van rente gedurende daardie periode bloot omdat die renteskuld reeds vóór die sluit van die pleitstukke die kapitale bedrag geëwenaar het.5

In die Paulsen-saak lewer regter Madlanga, gesteun deur nog twee regters, die hoofuitspraak,6 regter Moseneke, gesteun deur nog vier regters, ’n afsonderlike instemmende uitspraak, en regter Cameron ’n minderheidsuitspraak.7

Vir doeleindes van hierdie bespreking is dit onnodig om die feite in die Paulsen-saak volledig te herhaal. Die volgende is van belang. Die eiser het die volgende van die verweerders geëis: (a) die kapitaal van R12 miljoen wat geleen is; (b) rente van R12 miljoen op die kapitaal tot met die aanvang van die gedingvoering soos beperk deur die in duplum-reël; (c) rente op die kapitaal vanaf die datum van die begin van gedingvoering tot die datum van die hofbevel; (d) rente op die totaal van die bedrae in (a) tot (c) vanaf die datum van die hofbevel tot die datum van betaling soos beperk deur die in duplum-reël.8 Die verskil wat die gelding al dan nie van die in duplum-reël tydens gedingvoering in hierdie saak sou maak, is soos volg verduidelik:

Upon the application of the in duplum rule, the Paulsens would have been exposed to a maximum of R24 million, excluding interest that might accrue after date of judgment. With the suspension of the rule in accordance with Oneanate, the amount due by them, again excluding interest after judgment, has sky-rocketed to an amount of R72 million.9

Alhoewel die Oneanate-uitspraak ’n paar jaar na die inwerkingtreding van ’n beregbare Grondwet met ’n handves van regte gelewer is, is in die Paulsen-saak opgemerk10 dat die hoogste hof van appèl in die Oneanate-uitspraak nie na die Grondwet of grondwetlike waardes verwys het nie – die uitspraak was gebaseer op die hof se vertolking van die gemenereg en die openbare beleid. In die Paulsen-saak is daar baie verwysings na die Grondwet in sowel die meerderheidsuitsprake11 as die minderheidsuitspraak.12 Die outeurs van al die uitsprake stel dit onomwonde dat hul gevolgtrekkings “grondwetlik” is.13 (Die feit dat regter Cameron in die minderheidsuitspraak uitdruklik bevind dat die Oneanate-uitspraak “in accordance with constitutional values” was, het die belangrike vanselfsprekende implikasie – waarmee die meerderheid van die hof sekerlik nie sou verskil nie – dat ’n hof se versuim om na 1994 in ’n uitspraak na die Grondwet te verwys nie beteken dat die uitspraak bloot as gevolg van die versuim ongrondwetlik is nie. Alles hang daarvan af of die toepassing van grondwetlike bepalings ’n verskil aan die uitspraak sou maak en in ’n sekere sin dus ook van ’n hof se selfvertroue dat die niegrondwetlike maatstawwe en template waarmee hulle werk, so grondwetlik is dat verwysings na die Grondwet onnodig is.)14

Die uitspraak in die Paulsen-saak het talle regs- en ander praktiese implikasies wat nie in hierdie bespreking ontleed word nie en wat kundiges op daardie terreine mettertyd sekerlik deeglik sal bespreek. Die doel van hierdie bespreking is eerstens om kortliks te wys op gebreke in die konstitusionele hof se benadering dat die regte en beperkingsbepalings in die handves van regte nie direk op die privaatreg toegepas word nie, maar dat indirekte toepassing moet plaasvind deur algemene privaatregtelike begrippe toe te pas aan die hand van algemene grondwetlike waardes (par. 2).

Tweedens is die doel om die argumente wat in die uitsprake gebruik is, dus eerder te ontleed aan die hand van stappe wat met die direkte toepassing van die handves gevolg word deur eerstens vas te stel of enige regte beperk is, en tweedens, indien daar wel ’n feitelike beperking was, vas te stel of die feitelike beperking geregverdig kan word aan die hand van die toepassing van proporsionaliteitsbeginsels (par. 3). In die hoof- en instemmende uitsprake is ook standpunte gestel oor die verhouding tussen die skeiding van magte aan die een kant en die ontwikkeling van die gemenereg en polisentriese kwessies aan die ander kant. Die doel van die bespreking is derdens om hierdie standpunte te ontleed (par. 4).

Paragraaf 5 bevat die gevolgtrekkings.


2. Grondwetlike gronde vir die uitsprake

Die konstitusionele hof pas die handves van regte indirek op gemeenregtelike bepalings van die kontraktereg toe volgens die patroon wat die hof in Barkhuizen v Napier ontwikkel het.15 Met “indirek” word hier nie die beginsel bedoel dat gedingvoering in die eerste plek op die bestaande gewone statutêre, gemene- en gewoontereg gebaseer word nie, en dat die Grondwet ter sprake kom slegs wanneer die grondwetlikheid van die bestaande reg of optrede ingevolge die bestaande reg bevraagteken word.16 Hierdie sogenaamde subsidiariteitsbeginsel het in werklikheid niks te doen met hoe die Grondwet toegepas word nie – dit gaan oor wanneer dit toegepas word. Met “indirekte toepassing op die privaatreg” bedoel die konstitusionele hof dat algemene privaatregtelike begrippe soos redelikheid, boni mores, bona fides, openbare beleid, openbare belang en openbare mening die toegangspoorte van die Grondwet tot die privaatreg is, dat grondwetbepalings slegs as grondwetlike waardes die privaatreg binnesypel en dat daar nie direk gewerk word met die grondwetlike bepalings wat regte beskryf en die beperking van regte reël nie. Alhoewel daar in die regspraak oor die kontraktereg verwysings na handvesregte voorkom, hanteer die hof die regte formeel as grondwetlike waardes17 wat die hof sê sedert 1994 ingevolge artikel 39(2) (met die uitleg van wette en die ontwikkeling van die gemenereg moet die gees, strekking en doelwitte van die handves bevorder word) deel uitmaak van die openbare beleid waar openbare beleid ook al in die kontraktereg voorkom.18 Die reg op toegang tot die howe is so ’n waarde.19 Kontrakteervryheid wat nie uitdruklik in die handves gewaarborg word nie, word nie as ’n inhoudsbevoegdheid van uitdruklik gewaarborgde regte beskou nie (anders as in die VSA, Duitsland en die Europese Unie),20 maar as ’n waarde gebaseer op private outonomie en menswaardigheid.

Sonder om die argumente vir en teen die gedagte van hierdie soort indirekte gelding van die handves van regte in die privaatreg te herhaal,21 kan dit hier net kortliks gestel word dat die argumente wat die konstitusionele hof by twee geleenthede gebruik het om hierdie indirekte toepassing van die handves te regverdig, gebaseer was op tegniese en foutiewe vertolkings van sekere bepalings van die handves wat, alhoewel dit redelik algemeen ook deur akademici gevolg word, nie steek hou nie. In Khumalo v Holomisa verklaar die konstitusionele hof dat artikel 8(1), wat bepaal dat die handves van toepassing is op “die totale reg”, nie die toepassing van die handves op die gemenereg reël nie, want artikel 8(3) reël dit.22 Die hof verklaar dus dat as die gemenereg ingelees word by “totale reg” in artikel 8(1), artikel 8(3) sonder betekenis sou wees. Die hof het artikel 8(3) verkeerd verstaan. Artikel 8(3) bevat nie ’n algemene reël oor hoe die handves op die gemenereg toegepas moet word nie. Dit beskryf een van die omstandighede waarin die gemenereg ontwikkel moet word om regte in die handves te beskerm. Artikel 8(3) bepaal dat nadat daar ingevolge artikel 8(2)23 vasgestel is dat as ’n bepaling van die handves op ’n private handeling toegepas kan word, bepaal moet word of ’n handvesreg geskend is; en indien dit dan blyk dat daar nie ’n bestaande statutêre of gemeenregtelike remedie bestaan om die skending te hanteer nie, moet die gemenereg ontwikkel word om die leemte te vul. In Barkhuizen v Napier verklaar die hof dat die handves nie direk op die beperking van regte deur ’n kontraktuele bepaling toegepas kan word nie, want ’n kontraktuele bepaling is nie “algemeen geldende reg” nie en die algemene beperkingsbepaling in artikel 36 van die Grondwet is slegs van toepassing op “algemeen geldende reg”.24 Artikel 36 verwys egter na beperkings “kragtens” algemeen geldende reg en nie “deur” algemeen geldende reg soos in artikel 33 van die Oorgangsgrondwet gestel is nie. Die gemenereg waarkragtens kontrakte gesluit word, is die algemeen geldende reg waarkragtens bepalings in ’n kontrak gevoeg word en artikel 36 kan direk toegepas word op die bepalings en selfs op optrede van die partye tot die kontrak wanneer hulle ingevolge die bepalings van die kontrak optree.25 Die motivering rakende indirekte toepassing in Barkhuizen raak in elk geval nie die Paulsen-saak nie, want in Paulsen was die geldigheid van ’n reël van die gemenereg ter sprake en nie die geldigheid van optrede “kragtens” ’n regsreël nie.

In die verdere bespreking word die afweging van belange in die uitsprake in die Paulsen-saak aan die hand van ’n direkte toepassing van handvesregte en beperkingsbepalings in die Grondwet ondersoek. In hul behandeling van die invloed van grondwetlike waardes op die privaatreg pas die howe in elk geval instinktief bepalings van die handves direk toe. Direkte toepassingsmaatstawwe vorm dus die beste grondwetlike vergelykingsraamwerk vir wat die onderskeie standpunte in die meerderheids- en minderheidsuitsprake was en hoe dit deur die regters gemotiveer is.26


3. Die argumente in die Paulsen-uitsprake binne die raamwerk van ’n direkte toepassing van die handves van regte

Die bedrag wat die eiser in die Paulsen-saak geëis het, het rente ingesluit wat betaalbaar was na die instel van die eis en wat die perk ingevolge die in duplum-reël oorskry het.27 Dit was in ooreenstemming met die Oneanate-uitspraak. Een van die verwere van die verweerder was dat die eiser slegs kon eis wat ingevolge die in duplum-reël verskuldig was,28 wat uiteraard beteken dat die rente na die begin van die geding wat die in duplum-bedrag te bowe gaan, nie ingesluit kon word nie. Dit is na aanleiding van hierdie verweer dat die hof die grondwetlikheid van die Oneanate-weergawe van die gemeenregtelike reël ondersoek het.

Die eerste stap met ’n handvesondersoek is om te bepaal of die beskermde gedrag en belange van ’n handvesreg geraak word en die pligte wat uit die reg spruit nie nagekom is nie, en die tweede stap is om te bepaal of daar regverdiging vir die feitelike beperking is.29

3.1 Die feitelike beperking van regte van die verweerder

Sonder dat dit uitdruklik in die uitsprake genoem word, is eiendomsreg waarskynlik die belangrikste reg van die kredietnemer wat deur die opheffing van die reël tydens gedingvoering beperk word. Dit blyk duidelik uit die aanhaling in paragraaf 1 hier bo oor hoe die bedrag wat deur die verweerders betaal moes word, sou verskil na gelang die in duplum-reël tydens litigasie geld of nie geld nie.

Volgens die uitsprake is die ander reg van die verweerder wat beperk word, die reg op toegang tot die howe en billike verhore omdat sekere skuldenaars “despite a genuinely held belief that they have a valid defence, may sooner opt to settle a claim than face the ruinous interest that would again commence to pile up once a court process was served”.30 Omdat dit die skuldeiser was wat die howe genader het, het die feitelike beperking van die verweerder se reg daarop neergekom dat die skuldenaar ontmoedig kan word om verwere tydens litigasie te stel.31 In die minderheidsuitspraak is saamgestem dat dit die uitwerking van die opheffing van die reël tydens litigasie kan wees.32 In sowel die meerderheidsuitspraak as die minderheidsuitspraak word spesifiek verwys na die uitwerking wat die opheffing van die in duplum-reël sou kon hê op verwere wat die debiteure meen “geldige” verwere sou wees.

Sonder om die reg by die naam te noem, is daar ook indirek verwys na die reg om vryelik ’n bedryf of beroep te beoefen (wat voorheen deur die konstitusionele hof beskryf is as “one’s right to make a living”).33 In paragraaf 3.2.1 hier onder verskyn opmerkings deur die meerderheid oor die belangrikheid van hierdie reg in Suid-Afrika.

3.2 Regverdiging vir die feitelike beperking van die regte deur die opheffing van die in duplum-reël tydens litigasie

Die tweede stap is om vas te stel of daar regverdiging bestaan vir die feitelike beperking van die reg op toegang tot die howe en billike verhore en die reg op eiendom van skuldenaars deur die opheffing van die in duplum-reël tydens litigasie.

Volgens artikel 36 van die Grondwet is feitelike beperkings van regte geregverdig indien die regte “kragtens algemeen geldende reg beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid”. Om die maatstaf toe te pas, word ’n proporsionaliteitsbeginsel toegepas.34 Alhoewel die proporsionaliteit in die afgelope dekades ’n byna universele status in die regspraak en literatuur oor die beperking van regte in nasionale en internasionale menseregtehandveste verwerf het,35 is daar in sowel historiese as hedendaagse sin geen onoorbrugbare kloof tussen hierdie proporsionaliteit en begrippe soos die afweging of balansering van belange en regte in die privaatreg nie.36 ’n Beperking voldoen aan proporsionaliteitsbeginsels indien ’n sekere groep faktore (byvoorbeeld die doel van die beperking, die mate waarin die beperking die doel kan bevorder, oftewel die omvang van die nadeel as beperking nie gestel word nie) gesamentlik swaarder weeg as ’n ander stel faktore (byvoorbeeld die belangrikheid van die reg en die aard en omvang van die beperking).37 ’n Verwaarlooste aspek van die toepassing van die proporsionaliteitsbeginsel in Suid-Afrika is dat die empiriese sekerheid waarmee standpunte gestel word oor die faktore ook in ag geneem behoort te word. Dit behoort ook iets te tel.38 Artikel 36(1)(a) tot (e) beskryf ’n aantal faktore wat in ag geneem moet word om die proporsionaliteitsbeginsel te kan toepas.

3.2.1 Die aard van die regte wat beperk word en die aard en omvang van die beperking39

In die meerderheidsuitspraak (par. 61) is die belangrikheid van die algemene reg op toegang tot die howe en billike verhore beklemtoon. Die belangrikheid van die besondere aspek van die reg wat deur die in duplum-reël tydens litigasie geraak word, naamlik die reg om verwere vryelik te kan opper, is nie uitgelig nie. Hierdie aspek van ’n billike verhoor vorm na alle waarskynlikheid deel van die beginsel van partybeheer waarvolgens partye “die aanbieding van hul onderskeie sake by die verhoor” beheer40 en moontlik ook van die beginsel van sogenaamde wapengelykheid.41 Soos met alle ander regte in die handves moet aanvaar word dat dit ook ’n belangrike reg is. Ingevolge die proporsionaliteitsbeginsel moet vasgestel word hoe ernstig die beperking van die reg is. Ernstige en ingrypende beperkings vereis ingevolge die proporsionaliteitsbeginsel dat die beperking slegs geregverdig kan word indien dit ’n baie belangrike doel dien en redelike sekerheid bestaan dat die beperking die doel doeltreffend sal bevorder. Die meerderheid het dit bloot gestel dat indien die Oneanate-reël geld, skuldenaars wat meen dat hulle goeie verwere het, dalk eerder sal skik as om hulle verwere te stel. Volgens die minderheidsuitspraak is die beperking minder ernstig: “[T]he court process affords adequate protection to debtors with genuinely sound defences. They will be vindicated. They will not be liable for interest if their agreements are found to be invalid.” Die meerderheid het nie hierdie argument in die minderheidsuitspraak behandel nie en behalwe dat die moontlikheid genoem word, is daar geen aanduiding in die uitsprake oor hoe dikwels verweerders op hierdie manier geïnhibeer word nie.

Sonder om direk na die reg op eiendom te verwys, het die meerderheidsuitspraak groot klem gelê op die finansiële implikasies vir debiteure indien die in duplum-reël tydens gedingvoering opgehef word – die verweerders sou R42 miljoen meer moes betaal. In hierdie verband kan ook gelet word op die volgende verduideliking in die Paulsen-uitspraak van die hoogste hof van appèl:

The concern appears to be the large sums of interest that the Paulsens may be called upon to pay. I agree that they are large, but that is because the loan was large and the Paulsens were engaged on a transaction that they confidently thought would generate a profit of R68 million within the short space of six months. … The amounts involved are to any ordinary person substantial, but that flows from the size of the loan. A loan of R1 000 bearing interest at the maximum permissible rate for unsecured credit transactions of a little over 32 per cent per annum would pass the duplum after a little more than 2 years and would double again to R4 000 two years after judgment was obtained if that was sought and obtained immediately the two years had passed.42

Daarmee het die kapitaalkragtigheid van onderskeidelik kredietverskaffers en kredietnemers in Suid-Afrika ter sprake gekom. Terwyl die minderheid nie ’n onderskeid wil maak nie, verklaar die meerderheid dat “[t]o many credit consumers, who fall on the wrong side of this country’s vast capital disparities, astronomical interest may mean the difference between economic survival and complete financial ruin”, en dat die risiko’s van sulke kredietnemers in hierdie verband nie vergelyk kan word met die risiko van kapitaalkragtige kredietverleners om geld as gevolg van inflasie tydens litigasie te verloor nie.43 Daarmee word die reg op vrye beroepsbeoefening ook betrek.

Oor die belangrikheid van ondernemerskap in Suid-Afrika verklaar die meerderheid:

Surely, our hard-fought democracy could not have been only about the change of the political face of our country and such upliftment of the lot of the down trodden as the public purse and government policies permit. Entrepreneurship and the economic advancement of those with no history of financially being resourced must be given room to take root and thrive. This can hardly happen without finance. The sort of interest to which Oneanate exposes our legal system is deleterious to this necessary economic advancement.44

3.2.2 Die doel van die beperking45

“Doel van die beperking” verwys na die voordeel wat spruit uit die beperking en die belangrikheid van daardie voordeel, soos gestel in artikel 36(1) van die Grondwet, “in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid”.

Om die doel van die feitelike beperking van die regte van die verweerder deur die opheffing van die in duplum-reël tydens gedingvoering te bepaal, is dit nuttig om te verwys na die doel van die beperking van kontrakteervryheid deur die in duplum-reël in die algemeen. In al die Paulsen-uitsprake is aanvaar dat die in duplum-reël kontrakteervryheid beperk.46 Die grondwetlikheid van die gelding van die in duplum-reël voor gedingvoering is nie in Paulsen oorweeg nie, maar daar is geen aanduiding dat dit deur enige regter betwyfel is nie. In soverre argumentshalwe dus aanvaar word dat die doel van die beperking van kontrakteervryheid deur die in duplum-reël voor gedingvoering saam met ander faktore (soos die nadele wat vir die bereiking van die doel sal intree indien die beperking nie gestel word nie) swaarder weeg as die nadele wat spruit uit die beperking van die skuldeisers se kontrakteervryheid, moet vasgestel word hoe die aanvang van gedingvoering die bereiking van die doel raak.

Dit wil voorkom of redelik algemeen aanvaar word dat daar twee oogmerke met die gemeenregtelike in duplum-reël as beperking van kontrakteervryheid is. Kontrakteervryheid is nie absoluut nie en was nog altyd statutêr en gemeenregtelik beperk.47 Eerstens bied die in duplum-reël beskerming teen uitbuiting van skuldenaars. Volgens Otto is dit “’n vorm van antieke verbruikersbeskerming”.48 In Paulsen is verklaar dat “the overarching purpose of the rule is to protect debtors from being crushed by never-ending accumulation of interest on an outstanding debt”,49 en hulle word beskerm deur “te verhinder dat ’n kredietverskaffer homself onredelik verryk deur te lank te sloer om ’n rentedraende skuld op te roep”.50 Die tweede oogmerk strek wyer as die direkte beskerming van skuldenaars. In Paulsen51 word aangehaal uit Taylor v Hollard52 waarin verklaar is dat die in duplum-reël ontwikkel is “not so much in protection of the promissor, but because to countenance such proceedings would be contrary to good morals, the interests of our citizens, and the policy of our law”. Dit dien ook “to enforce sound fiscal discipline upon creditors by serving to disincentivise lending money to a bad risk” en om hulle aan te spoor om stappe te doen om hulle geld terug te kry.53

3.2.3 Die verhouding tussen die doel en die beperking54

“Verhouding tussen die doel en die beperking” verwys na die mate waarin voorsien word dat die beperking ’n bydrae sal kan lewer tot die verwesenliking van die doel. Indien die beperking hoegenaamd nie die doel kan bevorder nie, is die beperking ongeldig; indien die beperking die doel in ’n geringe mate sal bevorder, is drastiese beperkings moontlik nie geregverdig nie.55

Terwyl daar in die Paulsen-saak nie werklik meningsverskille bestaan het oor die oogmerke met die beperking van kontrakteervryheid deur die in duplum-reël nie, het die meerderheid en die minderheid met mekaar verskil oor hoe die aanvang van gedingvoering die bereiking van die doel met die in duplum-reël beïnvloed. Daar was dus verskillende standpunte oor die verhouding tussen die beperking van die regte en die doel van die beperking.

Volgens die minderheid val die doel van die beperking van die kontrakteervryheid om krediteure te keer om te sloer met die instel van ’n aksie, nou weg;56 wanneer die regsgeding begin, is ’n debiteur nie langer blootgestel aan die krediteur se “unscrupulous wiles” nie, want hulle beheer nie verder die verloop van die proses nie;57 omdat daar in alle ander opsigte ’n geldige kontrak gesluit is, is dit onnodig om debiteure verder te beskerm.58 Na die begin van die gedingvoering is die beskerming van die krediteure se kontraktuele vryheid uit hoofde waarvan hulle die kontrak gesluit het, dus die doel met die beperking van die debiteure se reg om vryelik verwere te opper.59 Sodoende word hulle eiendomsreg ook beskerm deurdat die vermindering van kapitaal deur inflasie voorkom word.60

Volgens die meerderheid is die beskerming deur die in duplum-reël van debiteure deur die beperking van die krediteure se kontrakteervryheid tydens gedingvoering steeds nodig. Oor die verhouding tussen die beperking om debiteure se reg om verwere te opper en die doel om die krediteure se kontrakteervryheid te beskerm, verklaar die hof dat die beperking te wyd tref (“overbroad” is), want geen onderskeid word gemaak tussen debiteure met bona fide-verwere en ander met minder eerbare motiewe nie.61 By verre die grootste meerderheid van finansiële instellings wat geld uitleen, is kapitaalkragtiger as geldleners en die krediteure word nie minder swaar getref deur die gelding van die in duplum-reël tydens gedingvoering as wat debiteure wat bona fide-verwere wil opper, geraak word deur die opheffing van die reël nie.62 Die gelding van die reël tydens gedingvoering beperk nie in dieselfde mate die reg op toegang tot die howe van krediteure as dié van debiteure nie.63 Oneanate en die minderheidsuitspraak beklemtoon slegs die belange van krediteure, en debiteure (“with the exception of some devious ones”) het ook nie groter beheer oor die verloop van gedingvoering as krediteure nie.64

3.2.4 Minder beperkende alternatiewe maniere om die doel te bereik65

Hieraan moet aandag gegee word om seker te maak dat die beperker van ’n reg en ’n hof wat die geldigheid van die beperking oorweeg, behoorlik aandag gegee het aan alternatiewe maniere om die doel min of meer ewe effektief te bereik. Slegs in die meerderheidsuitspraak is hierna verwys. Volgens die meerderheid is die beperking van die debiteur se regte deur die opheffing van die in duplum-reël tydens gedingvoering nie die enigste manier om in ’n mate die beperking van krediteure se kontrakteervryheid teen moedswillige debiteure te beskerm nie:66

Vexatious litigation or delaying tactics by a debtor who truly has no defence may, for example, be addressed by means of summary judgment. Even mechanisms such as punitive costs awards exist to counteract reprehensible behaviour on the part of a litigant. While some unscrupulous debtors may employ meritless defences in an attempt to stretch out litigation for as long as possible, it does not make sense for this to continue after the judgment of the court of first instance has been handed down.

In die meerderheidsuitspraak67 is verwys na die minderheidsuitspraak van regter Willis in die hoogste hof van appèl.68 Appèlregter Willis se uitspraak bevat ook ’n minder ingrypende alternatief vir die opheffing van die in duplum-reël tydens gedingvoering. Hy stel voor dat alhoewel die uitgangspunt sou kon wees dat die in duplum-reël gedurende gedingvoering opgehef word, die hof ’n diskresie behoort te hê om die reël in gepaste omstandighede nie op te hef nie. (’n Variasie hierop sou kon wees dat die in duplum-reël ooreenkomstig die Paulsen-meerderheid in die konstitusionele hof tydens gedingvoering geld, maar dat die hof ’n diskresie behoort te hê om dit in gepaste omstandighede op te hef.) Meerderheidsbesware in die hoogste hof van appèl dat die Willis-voorstel nie op enige bestaande gesag berus nie, is uiteraard onvanpas wanneer die gemenereg “ontwikkel” word om gevolg te gee aan grondwetlike bepalings. Die Grondwet is dan self die gesag vir die verandering van die bestaande reël en nie die gemenereg of vroeëre presedente nie. In paragraaf 5 hier onder word weer na appèlregter Willis se uitspraak verwys.


4. Polisentriese moerasse, skeiding van magte en die ontwikkeling van die gemenereg

Regter Madlanga beklemtoon dat sy bevinding dat die in duplum-reël ook tydens litigasie geld, nie ’n ontwikkeling was van die gemenereg soos wat dit sedert die Oneanate-saak gegeld het nie; dit was bloot ’n verwerping van die vertolking in Oneanate en het dus slegs op ’n herstel van die gemeenregtelike posisie neergekom.69 Die benadering van regter Madlanga kan vergelyk word met die uitspraak van die hoogste hof van appèl in National Media Ltd v Bogoshi70 waarin beslis is dat die gemenereg as sodanig (dit wil sê sonder inagneming van die handves van regte) in ’n vorige beslissing van die hof71 verkeerd vertolk is, maar dat hierdie latere rekonstruksie van die korrekte gemeenregtelike posisie inderdaad ook aan die vereistes van die Grondwet voldoen.72

Vir sy benadering dat hy nie die gemenereg ontwikkel het nie, steun regter Madlanga op skeiding van magte-beginsels:

(a) Volgens die regter is dit in stryd met die skeiding van magte om polisentriese vrae te beslis:

The question at stake in Oneanate (and here) is so heavily laden with polycentrism that a court ought not to make a choice on what considerations best advance the public interest. It is exactly in matters that raise polycentric issues that courts should defer to the Legislature. Entering that boggy terrain and making policy choices would but be a usurpation of the legislative function in contravention of the separation of powers doctrine.73

Die hofverklaar ook:

[I]t is for Parliament – not the courts – to make a policy choice in this polycentric morass. If the credit market or financial sector feels that there is a case to be made for the suspension of the in duplum-rule pendente lite or, indeed, for its entire scrapping, it is at liberty to lobby Parliament. It is there that, in a matter like this, the separation of powers doctrine dictates that the matter should receive attention.74

In Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism is ’npolisentriese beslissing vir doeleindes van die geregtelike hersiening van administratiewe handelinge beskryf as “[a] decision that requires a range of competing interests or considerations and which is to be taken by a person or institution with specific expertise in that area”.75 Die deurslaggewende element in hierdie definisie is nie dat ’n “moeilike” keuse gemaak moet word tussen moontlikhede bloot omdat hulle in ’n mindere of meerdere mate van mekaar verskil nie (in byna alle litigasie moet ’n keuse tussen verskillende moontlikhede gemaak word), maar dat die maak van die keuse gespesialiseerde kennis vereis om ’n idee te kan vorm oor watter belange voorrang behoort te geniet en wat die gevolge van ’n bepaalde keuse sal wees.76

Regter Moseneke stem in ’n afsonderlike, instemmende uitspraak nie met die benadering van regter Madlanga saam nie. Hy verklaar dat regter Madlanga inderdaad so ’n weldeurdagte keuse tussen die uiteenlopende beleidsrigtings gemaak het dat hy en nog vier regters sonder meer daarmee kon saamstem.77

In soverre daar in die Paulsen-saak moontlik sprake kon wees van deskundige, polisentriese inligting (byvoorbeeld inflasie- en rentekoerse in die 16de, 17de en 21ste eeue78 of die uitwerking van die toepassing van die in duplum-reël op onderskeidelik kredietverskaffers se besluite om te litigeer en skuldenaars se besluite om verwere te opper), stel al die regters sonder huiwering sterk standpunte daaroor en maak duidelike keuses. Regter Moseneke gee met sy opmerking te kenne dat ten spyte van regter Madlanga se verwysing na die polisentriese moeras, die keuse wat gemaak moes word óf nie so polisentries was as wat regter Madlanga te kenne gegee het nie, óf met selfvertroue en sukses deur regter Madlanga hanteer is.

Daarmee is alle bekommernisse oor die grondwetlikheid van die howe se reëls oor polisentriese probleme nog nie beantwoord nie. Die probleem kan nie volledig hier bespreek word nie, maar dit lyk of die regte op gelykheid en die toegang tot die howe en billike verhore deur die howe se benadering tot polisentriese probleme geraak kan word. Is die gebrek aan kennis en insig van howe oor sekere kwessies genoeg rede om litigante wat regsgeskille het oor polisentriese aangeleenthede anders te behandel as litigante waarvan die regsgeskille gaan oor aangeleenthede waaroor die howe reken dat hulle genoeg kennis en insig het?

(b) Regter Madlanga verklaar79 ook dat dit meer gepas is om die gemenereg te ontwikkel wanneer die beleidskeuses wat gemaak moet word, nie groot is nie en min of meer almal in dieselfde rigting dui, soos wat dit die geval was in Carmichele v Minister of Safety and Security waarin die gemeenregtelike, deliktuele aanspreeklikheid van die polisie uitgebrei is.80 In die Paulsen-saak was daar volgens die regter “diametrically opposed choices on the true path shown to us by public policy” waaroor in die instemmende afsonderlike uitspraak en in die minderheidsuitspraak sterk standpunte gestel word “and each of the choices they make is but a personal choice”;81 die keuse tussen uiteenlopende grondwetlike beleidsoorwegings is dus volgens die regter ’n persoonlike keuse.82 Volgens regter Moseneke is die gemenereg inderdaad in die hoofuitspraak ontwikkel: die hoofuitspraak het die gemenereg vervang soos dit vir meer as een en ’n halwe dekade sedert die Oneanate-uitspraak gegeld het; uit watter hoek ook al beskou, kom die uitspraak daarop neer dat ’n bestaande reël van die gemenereg ter syde gestel en vervang is.83 Dit was dus duidelik ’n geval soos beskryf in K v Minister of Safety and Security: “From time to time, a common-law rule is changed altogether, or a new rule is introduced, and this clearly constitutes the development of the common law.”84

Regter Moseneke het ook in die afsonderlike uitspraak verduidelik dat die howe se bevoegdheid om die gemenereg te ontwikkel aan die hand van begrippe wat beleid weerspieël, soos “openbare beleid”, “boni mores” of “redelikheid”,85 selfs voor 1994 in die stelsel van parlementêre soewereiniteit nooit bevraagteken is nie.86 Onderworpe aan geregtelike kontrole oor die grondwetlikheid van hul wetgewende handelinge het wetgewers ingevolge die skeiding van magte-beginsel die finale seggenskap oor die inhoud van alle reg, insluitende die gemenereg.87 Solank die wetgewende gesag besluite neem wat aan die vereistes van die Grondwet voldoen, val dit binne die uitsluitlike bevoegdheid van die wetgewende gesag om beleidskeuses oor die inhoud van regsreëls te maak, en hierdie bevoegdheid sluit in om gemenereg wat volgens die wetgewer goeie beleidskeuses bevat, nie te wysig nie. Die benadering van die konstitusionele hof dat die howe bevoeg is om bestaande reëls van die gemenereg wat nie ongrondwetlik is nie te ontwikkel om meer in ooreenstemming te wees met die gees, strekking en doelwitte van die handves van regte,88 oorskry moontlik inderdaad die beginsels van skeiding van magte. So ’n geval het nie in die Paulsen-saak voorgekom nie – dit het gegaan oor die grondwetlikheid al dan nie van die gelding van die in duplum-reël tydens gedingvoering.

Die kritiek van regter Moseneke op hierdie besondere aspek van die uitspraak van regter Madlanga is gesteun deur ses van die nege regters wat die saak verhoor het,89 en moet op hierdie punt as die benadering van die hof beskou word.


5. Gevolgtrekkings oor die onsekerheid oor polisentriese kwessies, skeiding van magte en die hof se toepassing van die handves op die gelding van die in duplum-reël tydens gedingvoering

Regter Moseneke en die ander ses regters se kritiek dat regter Madlanga se argumente waarom daar in hierdie geval ’n polisentriese vraag beslis moes word en waarom hy dus nie die gemenereg wou ontwikkel nie, is geldig. Soos aangetoon, doen regter Madlanga inderdaad wat hy gesê het nie gedoen kan word nie, naamlik om ’n keuse te maak tussen wat hy as uiteenlopende polisentriese alternatiewe beskou. Nietemin is die regter se ongemak nie heeltemal onvanpas nie. Daar is talle meningverskille in hierdie geval ter sprake wat weliswaar nie polisentries is in die sin dat dit buite die kennisveld van regsgeleerdes val nie, maar waaroor sterk standpunte oor en weer gestel is sonder dat die voorstanders veel feitelike ondersteuning vir die standpunte voorgedra het. Regter Madlanga se stellings oor “persoonlike” standpunte en keuses moet dalk teen hierdie agtergrond verstaan word. Soos so dikwels in regsdiskoerse met ’n feitelike onderbou, is grotendeels standpunte in ’n “is-issie”-patroon gestel. Hoe dikwels het dit voor Oneanate voorgekom dat krediteure moedswillig verwere geopper het om die voordeel van die in duplum-reël te bly geniet, en hoe dikwels het dit na Oneanate voorgekom dat debiteure nagelaat het om goeie verwere te opper om die saak sou gou moontlik afgehandel te kry? Wanneer regters daaroor verskil, is dit waarskynlik te veel gevra dat regsverteenwoordigers en die howe self empiriese inligting moet versamel ter ondersteuning van hul standpunt oor hoe die gelding of opheffing van die in duplum-reël tydens gedingvoering die stel van verwere deur óf krediteure óf debiteure beïnvloed of kan beïnvloed. Hulle is te besig daarvoor. Wetgewende prosesse sou dalk inderdaad vir verandering van algemene regsreëls in hierdie verband meer gepas wees.90 Maar ook wetgewende prosesse is langsaam en appèlregter Willis se gedagte dat die howe ’n diskresie behoort te hê oor die gelding al dan nie van die in duplum-reël tydens gedingvoering is dalk die beste oplossing. ’n Algemene reël dat die in duplum-reël geld of nie geld nie tydens gedingvoering kan moeilik reg laat geskied wanneer daar onsekerheid is oor of, en in watter mate, debiteure aan bande gelê word om bona fide-verwere te stel, en of alle kontrakte uit die oogpunte van vrye kontraksluiting oor dieselfde kam geskeer moet word as hoë-risiko-met-hoë-rentekoerse-kontrakte tussen kapitaalkragtige, hardebaard-ondernemers.91

Wanneer soveel van die omstandighede begin afhang en daar te min inligting bestaan om oor die geldigheid van ’n algemene regsreël te beslis, behoort appèlregter Willis se benadering deur die wetgewer oorweeg te word. Appèlregter Willis se voorstel was:

When it comes to “mezzanine funding”, prompt action by a creditor to recover the debt, together with interest, has to be incentivised: the public interest in proceeding speedily with litigation for the recovery of debt due is not merely to discourage debtors from ensuring that a litis is pendens for as long as possible; potential prejudice to the debtor is a relevant factor too. A residual discretion must remain for a court, in appropriate circumstances, to apply the in duplum rule in the traditional manner. When it comes to “mezzanine funding” in cases where a debtor has been “playing for time”, the suspension of the in duplum rule, as envisaged in Oneanate, may come into operation.

Samevattend is my gevolgtrekkings soos volg: Die belangrikste verskil in die argumente van onderskeidelik die meerderheid en die minderheid in die Paulsen-saak het gegaan oor wat die uitwerking van die opheffing van die gelding van die in duplum-reël tydens gedingvoering ingevolge die Oneanate-saak op onderskeidelik krediteure en debiteure sou wees. Die meerderheid het bevind dat die reg van debiteure om verwere te opper ernstig beperk word, terwyl die minderheid van mening was dat die beperking nie so ernstig is nie en dat die oogmerk met die beperking van die kontrakteervryheid deur die in duplum-reël tydens gedingvoering wegval. Daar is sterk standpunte hieroor gestel, maar deur sowel die meerderheid as die minderheid is toegegee dat daar in die praktyk ook gevalle kan voorkom waarin volgens die meerderheid krediteure nadelig geraak sal word deur die gelding van die reël tydens gedingvoering en daar volgens die minderheid debiteure nadelig geraak sal word deur die niegelding van die reël. Wanneer daar selfs op so ’n hoë vlak meningsverskille tussen regters bestaan sonder dat feite aangebied word om die standpunte te staaf, word aanbeveel dat die standpunt van appèlregter Willis in die hoogste hof van appèl in die Paulsen-saak gevolg word, naamlik dat die hof ’n diskresie behoort te hê om die in duplum-reël in gepaste omstandighede gedurende gedingvoering te laat geld of nie te laat geld nie.


Bibliografie

Barrie, G.N. 2013. The application of the doctrine of proportionality in South African right to freedom of contract courts. South African Public Law, 28(1):40‒57.

Bhana, D. en M. Pieterse. 2005. Towards a reconciliation of contract law and constitutional values: Brisley and Afrox revisited. South African Law Journal, 122(4):865‒95.

Bilchitz, D. 2010. Does balancing adequately capture the nature of rights? South African Public Law,25(2):424‒47.

Brand, D. 2009. The role of good faith, equity and fairness in the South African law of contract: the influence of the common law and the constitution. South African Law Journal, 126(1):27‒53.

Brownsword, R., H.-W. Micklitz, L. Niglia en S. Weatherill (reds.). 2011. The foundations of European private law. Oxford/Portland: Hart Publishing.

Cohen-Eliya, M. en I. Porat. 2012. Proportionality and constitutional culture. Cambridge: University Press Cambridge.

Currie, I. 2010. Balancing and the limitation of rights in the South African Constitution. South African Public Law,25(2):408‒22.

De Ville, J.R. 2005. Judicial review of administrative action in South Africa. Durban: LexisNexis Butterworths.

De Vos, W.L.R. 1991. Die grondwetlike beskerming van siviele prosesregtelike waarborge in Suid-Afrika. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:353‒71.

—. 1997. Civil procedural law and the Constitution of 1996: an appraisal of procedural guarantees in civil proceedings. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:443‒61.

Emiliou, N. 1996.The principle of proportionality in European law. Londen: Kluwer International.

Hugenholtz, W. en W.M. Heemskerk. 2012. Hoofdlijnen van Nederlands burgerlijk procesrecht. Deventer: Convoy Uitgevers.

Kelbrick, R. Civil procedure in South Africa. 2012. Alphen aan den Rijn: Wolters Kluwer.

Kennedy, D. 2011. Transnational genealogy of proportionality in private law. In Brownsword e.a. (reds.) 2011.

Knigge, A. 1998. Effectieve toegang tot het civiele geding. Deventer: Tjeenk Willink.

Lubbe, G. 2004. Taking fundamental rights seriously: The bill of rights and its implications for the development of contract law. South African Law Journal, 121(2):395‒423.

—. 1990. Die verbod op die oploop van rente ultra duplum – ’n konkretisering van die norm van bona fides. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 53(2):190‒202.

Otto, J.M. 1992. Die gemeenregtelike verbod teen die oploop van rente. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 55(3):472‒80.

Rauscher, T., P. Wax en J. Wenzel (reds.). 2008. Münchener Kommentar zur Zivilprossessordnung. Band 1. München: C.H. Beck.

Rautenbach, I.M. 2009. Constitution and contract – exploring “the possibility that certain rights may apply directly to contractual terms or the common law that underlies them”. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:613‒37.

—. 2014. Proportionality and the limitation clauses of the South African bill of rights. Potchefstroom Electronic Law Review,17(6):2229‒67.

Rengeling, H.-W. en P. Szczekalla. 2004. Grundrechte in der Europäischen Union. Köln: Carl Heymanns Verlag.

Sonnekus, J.C. 2012a. Limitering van renteheffing en die ultra duplum-reël: ’n evaluering van die historiese ontwikkeling van die reël en die vermeende oogmerk daaragter (deel 1). Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:247‒73.

—. 2012b. Limitering van renteheffing en die ultra duplum-reël: ’n evaluering van die historiese ontwikkeling van die reël en die vermeende oogmerk daaragter (deel 2). Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:387‒417.

Tribe, L.H. 1988. American constitutional law. Mineola, New York: The Foundation Press.

Van der Merwe, S.W.J., L.F. van Huyssteen, M.F.B. Reinecke en G.F. Lubbe. 2012. Kontraktereg algemene beginsels. Claremont: Juta.


Eindnotas

1 2015 5 BCLR 509 (KH). Tensy anders aangedui, is alle paragraafverwysings in die eindnotas na hierdie saak.

2 Par. 42: “It provides that arrear interest ceases to accrue once the sum of the unpaid interest equals the amount of the outstanding capital.” Sien ook par. 107: “The rule is that arrear interest stops accruing when the sum of the unpaid interest equals the extent of the outstanding capital.”

3 1998 1 SA 811 (HHA).

4(2012:407).

5 Sien ook die aanhaling deur Sonnekus (2012a:407) uit Margo v Gardner; Gardner v Margo 2010 6 SA 385 (HHA) 388I-J: “Delays inherent in litigation cannot be laid at the door of litigants and it would be unfair to penalise a creditor with the application of the in duplum rule while proceedings are pending.” Vir ’n deeglike ontleding van die in duplum-reël in historiese en kontemporêre verband, sien Sonnekus (2012a, 2012b), Otto (1992) en Lubbe (1990).

6 Die uitspraak van Madlanga R bevat ook ’n belangrike afdeling waarin die hof eenparig vir die eerste keer sy benadering tot die uitbreiding van die hof se jurisdiksie in die Sewentiende Grondwetwysiging verduidelik het (parr. 13–31). Art. 167(3) van die Grondwet bepaal na die wysiging dat benewens grondwetlike aangeleenthede, die hof indien hy verlof tot appèl verleen, ook jurisdiksie het oor enige ander aangeleentheid met argumenteerbare regspunte wat van algemene belang is en wat deur die konstitusionele hof oorweeg behoort te word.

7 ’n Hoofuitspraak bevat gewoonlik o.a. die beskrywing van die litigante, jurisdiksie-oorwegings wat ter sprake kan kom, die geskiedenis van die litigasie, uiteensettings van die toepaslike reg, en natuurlik standpunte oor die meriete van die geskil. Die hoofuitspraak of dele daarvan word, soos in hierdie geval, nie noodwendig deur die meerderheid van die hof gesteun nie. Wanneer na die meerderheidsuitspraak verwys word, word verwys na afdelings in die uitsprake wat deur die meerderheid van die hof gesteun is.

8 Par. 5.

9 Par. 63. Sien ook par. 84.

10 Parr. 60, 109–10.

11 Parr. 58, 60‒2, 64‒5, 69‒72, 92.

12 Parr. 124, 126, 128, 132, 144, 151.

13 Sien t.o.v. die meerderheidsuitsprake parr. 69‒70 en t.o.v. die minderheidsuitspraak parr. 121, 124‒5, 151.

14 Of so ’n graad van selfvertroue ooit realisties kan wees, is ’n ope vraag, want Tribe (1988:583‒4) verklaar: “[T]here exists no type of legislation that can be guaranteed to leave important constitutional principles unimpaired …” Dit geld ook vir reëls van die gemenereg en gewoontereg.

15 2007 7 BCLR 691 (KH), 2008 6 SA 229 (KH). Volledigheidshalwe moet gemeld word dat dit in Barkhuizen gegaan het oor die grondwetlikheid van ’n bepaling van ’n kontrak waarin ’n tydbeperking van 90 dae na repudiasie vir die instel van ’n aksie in ’n korttermynversekerings­kontrak gestel is en nie oor die geldigheid van ’n bepaling van die gemenereg soos in die Paulsen-saak nie. Vir ’n oorsig van die ontwikkelinge in hierdie verband, sien Van der Merwe e.a. (2012:11‒16).

16 Sien bv. Minister of Health v New Clicks SA (Pty) Ltd 2006 8 BCLR 872 (KH), 2006 3 SA 311 (KH) parr. 96‒9; Steenkamp NO v Provincial Tender Board 2007 3 BCLR 300 (KH), 2007 3 SA 121 (KH) par. 37.

17 Die gedagte dat openbare beleid in die kontraktereg gebaseer moet word op grondwetlike waardes is vir die eerste keer genoem deur Cameron AR in ’n afsonderlike instemmende uitspraak in Brisley v Drotsky 2002 12 BCLR 1229 (HHA), 2002 4 SA 1 (HHA). Hy verwys na die waardes in artt. 1(a) en (b) van die Grondwet wat menswaardigheid en gelykheid insluit (Brisley par. 91). Die rede vir die afsonderlike uitspraak was waarskynlik dat Brand, Harms en Streicher ARR in hulle gesamentlike hoofuitspraak lugtig was vir die “skaduwee van die Grondwet”. Hulle het verklaar: “’n Hof kan nie skuiling soek in die skaduwee van die Grondwet om vandaar beginsels aan te val en omver te werp nie; wel in die lig van die Grondwet kan en moet die reg aangepas word. In hierdie konteks is vaagweg na konstitusionele waardes verwys sonder om spesifiek te wees” (Brisley par. 24; kursivering deur die regters).

18 Barkhuizen parr. 28‒9; Paulsen parr. 58, 61‒2. Sien ook Brisley par. 24; Afrox v Health Care Bpk v Strydom 2002 6 SA 21 (HHA) par. 18; Bredenkamp v Standard Bank of SA Ltd 2010 9 BCLR 892 (HHA) par. 2; Bhana en Pieterse (2005:870); Brand (2009:27); Lubbe (2004:400).

19 Barkhuizen parr. 28‒9; Paulsen parr. 60‒1, 64.

20 Sien Rautenbach (2009:620); Rengeling en Szezekalla (2004:441).

21 Sien hieroor Rautenbach (2009:619‒24).

22 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 32. Art. 8(3)(a) lui: “By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2) – (a) moet ’n hof, ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves, die gemenereg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolge gee nie; …”

23 Art. 8(2) lui: “’n Bepaling van die Handves van Regte bind ’n natuurlike of ’n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.”

24 Hierdie stelling is onlangs herhaal in South African Police Service v Solidarity obo RM Barnard 2014 10 BCLR (KH) par. 162.

25 Sien Bredenkamp v Standard Bank of SA Ltd 2010 9 BCLR 892 (HHA) par. 47: “[W]here a lease provides for the sublease with the consent of the landlord … [such] a term is prima facie innocent … But would the landlord attempt to use it to prevent the property from being sublet in circumstances amounting to discrimination under the equality clause, the term is not enforced.” Sien ook Ramakatsha v Magashule 2013 2 BCLR 202 (KH). In hierdie saak is die grondwetlikheid van regsreëls uit hoofde waarvan die kontrak (die grondwet van ’n politieke party) of enige bepaling van hierdie “kontrak” nie ter sprake nie, maar het die hof die grondwetlikheid van optrede van een van die partye ingevolge die bepalings van die kontrak oorweeg (parr. 60, 74).

26 Contra Van der Merwe e.a. (2012:13), wat meen dat “in gevalle waar die balansering van belange uiters fyn is, soos by beweerde onbillike kontraksbedinge, kontraktuele billikheid sal afhang van die standaarde wat in die bepaling oor die beperking van basiese regte vervat is – en daardie standaarde is uiteraard bra rof.”

27 Par. 5.

28 Par. 6.

29 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH) par. 102; Prince v President of the Law Society of Cape of Good Hope 2002 3 BCLR 231 (KH), 2002 2 SA 794 (KH) par. 22.

30 Par. 63.

31 Parr. 61‒2.

32 Par. 144: “It is true that suspending the rule may deter some debtors from pursuing valid defences because they do not want to risk being held liable for a large interest payment should they lose.”

33 Affordable Medicines Trust v Minister of Health of RSA 2005 6 BCLR 529 (KH), 2006 3 SA 247 (KH) par. 59.

34 S v Makwanyane par. 104.

35 Sien bv. in die algemeen t.o.v. Wes-Europa, Emiliou (1996).

36 Klatt en Meister (2012:12‒3) en die bydrae van Kennedy (2011).

37 Vir algemene besprekings van die toepassing van proporsionaliteitsbeginsels in die Suid-Afrikaanse reg, sien Currie (2010:408‒22); Bilchitz (2010:424‒47); Barrie (2013:40‒57); Rautenbach (2014:2229‒67).

38 S v Steyn 2001 1 BCLR 52 (KH), 2001 1 SA 1146 (KH) par. 37; Teddy Bear Clinic for Abused Children v Minister of Justice and Constitutional Development 2013 12 BCLR 1429 (KH) par. 96. Sien ook die bespreking deur Klatt en Meister (2012:12‒3).

39 Art. 36(1)(a) en (c) van die Grondwet.

40 De Vos (1991:369) en (1997:458). Sien ook Hugenholtz en Heemskerk (2012:10‒11).

41 Sien oor “wapengelykheid” Kelbrick (2012:24); Knigge (1998:174); Rauscher, Max en Wenzel (2008:44‒5).

42 Paulsen v Slip Knot Investments 2014 4 SA 253 (HHA) parr. 29‒30.

43 Parr. 66, 74.

44 Par. 75.

45 Art. 36(1)(b) van die Grondwet.

46 Parr. 71, 123, 127‒8.

47 Par. 71 en minderheidsuitspraak par. 128.

48 Otto (1992:477).

49 Par. 44; sien ook par. 107.

50 Sonnekus (2012b:408).

51 Par. 44

52 (1885–1888) 2 SAR TS 85.

53 Paulsen par. 82. Sonnekus (2012b:408) verwys hierna as die doel om kredietrisiko’s te beperk en volgens hom het die klem vanaf die historiese oogmerk om die skuldenaar te beskerm, verskuif na die beskerming van “die belange van derdes en die breë gemeenskap wat nie insae in die ooreenkoms het wat die regsverhouding tussen die twee partye direk beheers nie” (2012b:408), en na “die optrede van die skuldeiser wat te lank nalaat om die skuld op te vorder en daardeur meewerk om ’n onjuiste beeld oor die kredietwaardigheid van die skuldeiser as swaar verskuldigde kredietlener te versprei” (2012b:407). Soos hier bo aangedui, is die beskerming van kredietopnemers in die Paulsen-saak egter nog steeds baie sterk beklemtoon.

54 Art. 36(1)(d) van die Grondwet.

55 Sien bv. S v Williams 1995 7 BCLR 861 (KH), 1995 3 SA 632 (KH) par. 86.

56 Par. 125.

57 Par. 134 en sien ook die verwysings na Sonnekus (2012b:407) en die Margo-saak in eindnota 8 hier bo.

58 Parr. 128‒132, 134.

59 Par. 70 en minderheidsuitspraak par. 128. Sien ook die stelling in die Paulsen-uitspraak in die HHA par. 50: “The mischief which Oneanate was directed at was a debtor’s dilatoriness, which may include taking advantage of the courts’ civil procedures and the law’s delays to avoid prompt payment of a debt that was obviously due.”

60 Parr. 138‒40.

61 Par. 65.

62 Par. 83.

63 Par. 70.

64 Par. 78.

65 Art. 36(1)(e) van die Grondwet.

66 Par. 84.

67 Par. 10.

68 Die Paulsen-uitspraak van die HHA parr. 50‒7.

69 Paulsen par. 89. In par. 90 word verklaar: “I disavow any suggestion that this conclusion constitutes a development of the common law. This is but a rejection of the Oneanate development, which, because of the competing public considerations, could not appropriately be made by a court.”

70 1999 1 BCLR 1 (HHA), 1998 4 SA 1196 (HHA) par. 17.

71 Pakendorf v De Flamingh 1982 3 SA 146 (A).

72 Bogoshi parr. 17‒8.

73 Par. 58.

74 Par. 91.

75 2004 7 BCLR 687 (KH), 2004 4 SA 490 (KH) par. 48. Kursivering bygevoeg.

76 Sien De Ville (2005:214 vn. 167); Wagener v Pharmacare Ltd; Cuttings v Pharmacare Ltd 2003 7 BCLR 710 (HHA) par. 37. T.o.v. ’n hof se plig om polisentriese administratiewe besluite binne die raamwerk van die grondwetlike vereistes vir geldige administratiewe handelinge met omsigtigheid te benader, is in die Bato Star-saak par. 48 verklaar: “This does not mean however that where the decision is one which will not reasonably result in the achievement of the goal, or which is not reasonably supported by the facts or not reasonable in the light of the reasons given for it, a court may not review the decision. A court should not rubberstamp an unreasonable decision simply because of the complexity of the decision or the identity of the decision-maker.”

77 Par. 114.

78 Parr. 81, 139‒40.

79 Par. 35.

80 2001 10 BCLR 995 (KH), 2001 4 SA 938 (KH).

81 Par. 88.

82 Parr. 76, 88. Sien egter die opmerking van Tribe (1988:584): “[T]here is simply no way for courts to review legislation in terms of the Constitution without repeatedly making difficult substantive choices among competing values, and indeed among inevitably controverted political, social, and moral conceptions.”

83 Par. 154.

84 2005 9 BCLR 835 (KH), 2005 6 SA 419 (KH) par. 16.

85 “concepts that are open to policy considerations” – par. 117.

86 Par. 117.

87 Par. 115. Sien ook National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs 2000 1 BCLR 39 (KH), 2000 2 SA 1 (KH) par. 75.

88 Sien Thebus v S 2003 10 BCLR 1100 (KH), 2003 6 SA 505 (KH) par. 28 en t.o.v. statutêre bepalings, die obiter-opmerkings in Wary Holdings (Pty) Ltd v Salwo (Pty) Ltd 2008 11 BCLR 1123 (KH), 2009 1 SA 337 (KH) par. 107.

89 Parr. 119‒20.

90 Sien die opmerking van Madlanga R par. 91.

91 Die Paulsen-uitspraak van die HHA par. 55.

The post Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte appeared first on LitNet.

Ecocriticism and specifically urban ecocriticism as lens for reading seven poems set in Johannesburg

$
0
0

Abstract

The article deals with Johannesburg as an environment and how it affects and is affected by its inhabitants. The prefix eco- is used not in the biological sense but in the more general sense of a physical environment that acts on and is acted on by its community of interacting humans.

A brief overview of ecocriticism and specifically urban ecocriticism is given; after that ecocriticism and specifically urban ecocriticism are used as reading strategies in seven poems to examine layers of meaning relating to the perspective on environment, location or milieu. The poems are discussed with reference to various components of urban ecocriticism. The aim is to read, from the representation of the environment in the poem, for information about the prevailing ideologies, social, political or cultural conditions. The poems were selected for their shared environment and aspects that connect to a variety of urban ecocritical perspectives: Trekkerswee– Totius; "Puine" – N.P. Van Wyk Louw; "Stadswyk" – S.J. Pretorius; "Wat mis jy nie " – Rosa Keet; "44" – Wilma Stockenström; "Plat foto van ’n vis" – Hans Pienaar; and "Ek het ’n huisie aan die Rand" – Pirow Bekker.

Various subfields of urban ecocriticism, such as ecojustice, ecofeminism, postcolonial ecocriticism and ecopsychology serve as a theoretical framework. The texts are read for environmentality rather than merely for environment and the city is regarded as a social process rather than a topographical entity, uncovering multiple levels of meaning. The article shows that the experiences of figures in the texts are directly related to the environment in which these texts are placed and also that these environments emerge from a greater environmental history.

Environmental activism became popular in especially the USA at more or less the same time that civil rights and women’s and gay rights movements came into being, which gave rise to corresponding fields of literary study; but the environmental movement did not immediately develop anything similar. However, since the 1990s, with environmental problems becoming more urgent, there has been an increase in the publication of ecocritical theoretical texts. After the establishment of the Association for the Study of Literature and Environment (ASLE) in 1992, “ecological literary study […] emerged as a recognizable critical school” (Glotfelty 1996:xviii).

In her introduction to possibly the first anthology of ecocritical essays, The ecocriticsm reader,Cheryl Glotfelty defines ecocriticism: “(E)cocriticism is the study of the relationship between literature and the physical environment” (1996:xviii). Bennett and Teague (1999:3) define ecocriticism as “the study of the mutually constructing relationship between culture and environment”.

At first the subject of ecocriticism was mostly literature about nature, but since the late 1990s other subjects have been included in its focus, and Glotfelty (1996:xxiii) notes the frontier, animals, cities, technology, garbage and the body (1996:xxiii). Since then a great number of texts have been published that explore new subfields of ecocriticism, especially urban ecocriticism, such as the collection edited by Michael Bennett en David W. Teague, the title of which exemplifies the expansion of the field of study: The nature of cities: ecocriticism and urban environments (1999). The concept of environment was expanded to include the after-effects of human involvement in the natural environment – as in cities. Oppermann (2011) says that the inclusion of urban ecocriticism in the practice of ecocriticism adds a broader definition to ecocriticism as a field of study.

According to Buell (2005:11) ecocritics do not, on the whole, define the field as a paradigm, framework or method, but regard it as an adaptable practice that is more issue-driven than paradigm-driven.

The article subsequently shows how the spaces in which the human subjects in the poems are placed relate to the larger material, social, cultural or ideological environment. By focusing on this relationship between the immediate environment and the social aspects of the lives of the figures within those environments the article demonstrates the validity of the “social claim on urban ecocriticism” (Ross 1999:28).

Ecojustice is a term/concept used in connection with inequality regarding living spaces. Michael Bennett (1999:170–1) writes in “Manufacturing the ghetto” about the “internal colony” and compares historical colonies and present (American) black ghettoes (comparable to South African townships). He finds connections between place and the political power that white communities exercise over black communities. I use some of his arguments in the discussion of “44” from Monsterverse by Stockenström and show how the poet, by juxtaposing conditions in the township and attitudes in the suburb, portrays inequality and injustice in South Africa.

Catherine Villanueva Gardner writes in “An ecofeminist perspective on the urban environment” (1999:191–2) that this perspective shows the complex interconnections of race, class, gender and the environment. She stresses the empirical reality of the issues that concern ecofeminism and examines the conceptual framework that confirms the subjugation of women as well as nature. Ecofeminist ideas are used as a theoretical framework in the discussion of “Plat foto van ’n vis” by Pienaar: the poem suggests that economic and male power are behind environmental devastation.

Urban and postcolonial ecocriticism overlap to an extent. Visagie (2013a) states that in the developed world there is a growing realisation that ecocriticism cannot develop any further without taking into account the postcolonial contexts of the poorer south. Colonisation has physical, social and political impacts because colonisers often exploit the colony physically for natural resources and imposes social and political structures. In South Africa, and specifically Johannesburg, British rule after 1902 ensured strong support for the mining industry with overseas capital. This industry was the most important driver of the creation of the city and to a great degree determined the character of Johannesburg as a city and as a living space. It can be added that white rule before and after the country became a sovereign republic had equally important effects on communities and their environments. A postcolonial aspect is clear in several of the poems discussed – most obviously in Trekkerswee, by Totius, also in “Puine” by Van Wyk Louw. Trekkerswee is an epic about the breakdown of social and moral cohesion of the Trekkers during the discovery of gold on the Witwatersrand, the Anglo-Boer War of 1899–1902 and the subsequent development of the mining industry and city of Johannesburg. In “Puine” Van Wyk Louw celebrates the new Republic of South Africa, making fun of dilapidated and run-down places that were given British names during British rule.

Roszak refers to an “ecological unconscious” (1992:13) and states that despite the prevalence and importance of cities, “modern psychiatry has never undertaken a symbolic reading of the city” (1992:219). Some of his ideas about psycho-ecocriticism are used in the discussion of “Wat mis jy nie” by Keet. The poem dramatises an absence of emotional well-being, lack of human interconnectedness and compassion in the high-rise suburb of Hillbrow.

An important concept for this article is environmentality. Buell writes: “(I)t seems to me […] productive to think inclusively of environmentality as a property of any text”; he adds that all human artefacts bear traces of this (2005:25). By exploring the environmentality of the texts – even in poems that are not “about” the environment – the article attempts to show that almost any text can be read ecocritically.

Roberts (1999:40) states that urban poetry should be read “in terms of social process”, rather than with reference to mere “landscape”. This idea is the theoretical basis for discussions of “Stadswyk” by Pretorius and “Ek het ’n huisie aan die Rand” by Bekker. In “Stadswyk” the neighbourhood can be “read” though the activities of the women who sweep, the man who sits dejectedly after night shift, and the children playing on the verandah of the funeral parlour, thus “creating” the city through the processes of living.

The concept social ecology is associated with the anarchist and libertine socialist Murray Bookchin (2000), who states that ecological problems are caused by deeply entrenched social problems. This idea forms the basis of several of the discussions of the poems in the article; here, however, they are subdivided into aspects such as political and economic causes of urban environmental problems as well as a dualistic views of society.

The phrase “the social claim on urban ecology” by Andrew Ross resonates with Bookchin’s ideas. Ross states that “environmentalism is not and cannot afford to be single-issue politics … Ecofeminists, eco-urbanists, bio regionalists, social ecologists” (1999:28) are environmentalists, to the same extent as “wilderness-obsessed” (1999:28) activists. It is exactly this social claim on urban ecocriticism that is explored in the article; in every poem that is discussed, material, social, cultural, economic and/or ideological matters are introduced. All aspects of society are inseparable from the environment or place within which they occur; society and environment influence one another.

The chronological discussion of the poems set in a shared milieu offers a view of the growth of the city over time. Buell (2005K:867–74) provides five dimensions of place-attachment, of which two are temporal, namely the accrued platial experiences of a lifetime that affect an individual’s response to other places, and the changes during time of place itself. By reading seven poems set in Johannesburg chronologically, the article shows changes in the city over time as represented in the poems. For instance, the deplored mines of Trekkerswee (1915) have long-term effects represented in Pienaar’s “Plat foto van ’n vis” (2002); the social changes noted by Totius have become a way of life in Pretorius’s “Stadswyk” (1963) as well as, hyperbolised and caricatured, in Bekker’s “Ek het ’n huisie aan die Rand” (2002). The new dispensation when the Empire is “gone” (“weg”) in Louw’s “Puine” (1962) has its own socio-political effects, as can be seen in Stockenström’s “44” (1984). The article thus maps Johannesburg as a place in a temporal dimension.

Keywords: ecocriticism; ecofeminist criticism; ecojustice; environment; place; social ecocriticism; space; urban criticism

 

Lees die artikel in Afrikaans: Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond

The post Ecocriticism and specifically urban ecocriticism as lens for reading seven poems set in Johannesburg appeared first on LitNet.

The application of the common-law in duplum rule during litigation, constitutional proportionality and the separation of powers

$
0
0

Abstract

In Paulsen v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd 2015 5 BCLR 509 (CC) the constitutional court held that the common-law in duplum rule that arrears interest stops accruing when the sum of unpaid interest equals the amount of the outstanding capital, applies during litigation between creditors and debtors. The court overruled the decision in Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd (in liquidation) 1998 1 SA 811 (SCA) that the in duplum rule does not apply during litigation. In the Paulsen case both the majority and minority judgments contended that their respective conclusions were “in accordance with constitutional values”. The right affected by the suspension of the rule during litigation was the right of debtors to raise defences freely. The majority held that there are alternative ways in which delaying tactics of creditors who raise fictitious defences could be dealt with. The court should also have considered the alternative proposed by Willis JA in Paulsen v Slip Knot Investments 2014 4 SA 253 (SCA) parr. 50‒7, namely that a court must retain a discretion either to apply or not to apply the in duplum ruleduring litigation. The contention of Madlanga J that the court was merely rectifying a mistaken reading of the common law in the Oneanate case and was not changing the common law was justly rejected by a majority in a separate concurring judgment of Moseneke J. However, the idea of Madlanga J that proponents either of developing the common law or of sustaining the Oneanate position are expressing “personal” opinions, can possibly be linked to the fact that strong opinions expressed in the judgments of what the practical effect of the application or non-application of the in duplum rule would be in practice, were not substantiated by arguments based on facts.

Keywords: bill of rights; constitutional values; law of contract; in duplum rule; limitation of rights; polycentric issues; proportionality; right to access to courts and fair and public hearings; right to freedom of contract; separation of powers

Lees die artikel in Afrikaans: Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte

The post The application of the common-law in duplum rule during litigation, constitutional proportionality and the separation of powers appeared first on LitNet.

Polisie-selfdood: ’n verbode onderwerp

$
0
0

“More officers die by their own hand than are killed in the line of duty.”

Met hierdie ysingwekkende woorde word ’n rekenaargebruiker wat die selfdoodskakel op die South African Police Memorial-webwerf klik, begroet.

Dat daar groot fout is in die polisiediens, word so ver terug as 1995 reeds erken.

In ’n studie deur die Institute for Security Studies, in 2000 onder die titel “Forbidden subject: suicide amongst SAPS officials” gepubliseer, word dié stelling gemaak: “In 1995 police officers were 11 times more likely to take their own lives than members of the general population.” Sedertdien word daar jaarliks mijoene rande begroot aan selfdoodvoorkomingsprogramme onder polisielede

In 2013 erken die destydse minister van polisie, Nathi Mthethwa, dat 10 000 lede van ’n polisiemag van 155 000 lede aan depressie ly. Dit is ’n rapsie onder 7%. Dit is die getalle van persone wat hulp gaan soek het, of wat op een of ander manier gediagnoseer is. Ek vermoed dat die ware getalle veel hoër is, en dat baie polisiebeamptes nie hulp soek nie, omdat hulle bekommerd is dat dit hulle bevorderingsgeleenthede beperk.

Mthethwa het dit ontken, maar in dieselfde asem gesê dat polisiebeamptes wat vir depressie behandel word, se dienspistole weggeneem en hulle op administratiewe dienste geplaas word. Ek ken nie een enkele polisiebeampte wat dit nie as ’n vorm van straf sou sien nie. ’n Studie deur Noordwes-Universiteit dui aan dat 80% van alle polisiebeamptes wat selfdood pleeg, hulle dienspistole gebruik. Die meeste van hulle vermoor ook een of meer van hulle naaste familielede. Die rede wat hiervoor aangebied word, is dat ’n beampte wat in die loop van diens sterf, se familie pensioen- en ander voordele ontvang. ’n Beampte wat sy of haar eie lewe beëindig, se familie kry niks.

Daar is allerlei ander statistieke oor redes vir wat genoem word “suicide ideation” – die beplanning om jou eie lewe te beeïndig. Probleme in persoonlike verhoudinge, finansiële probleme, alkohol- of dwelmmisbruik, depressie word almal as indikators uitgewys. Gevallestudies oor werkstrauma word gedoen.

Daar is ook ’n sterk negatiewe persepsie teenoor die polisie, ook in die pers. Daar is byvoorbeeld heelwat publisiteit gegee aan die getuienis omtrent sterftes tydens Marikana. Feitlik geen verslaggewers het verslag gedoen oor die twee polisiebeamptes wat daardie dag aan diens was wat kort daarna selfdood gepleeg het nie.

Daar is statistieke oor geografiese impak, misdaadsyfers en veel meer. Statistieke, maak nie saak hoe nuttig hulle kan wees nie, gee die illusie van ’n veilige afstand tussen jou en die onderwerp van die studie. Geen statistiek berei mens daarop voor dat iemand wat jy vir ’n groot deel van jou lewe ken, sy eie lewe kan neem en terselfdertyd sal probeer om ’n geliefde se lewe te neem nie.

Maandagoggend 14 September het ek vroeg reeds berigte gesien van ’n Wes-Kaapse polisiebeampte wie sy vriendin gewond en toe homself doodgeskiet het. Die polisiebeampte se identiteit was nie dadelik bekend gemaak nie, soos wat standaard vir sulke gevalle is. Ek het die berigte gesien, in die verbygaan gedink oor hoe tragies dit is, en aangegaan met my dag. In my agterkop het ek hierdie idee gehad van ’n terneergedrukte “loner” met geen familiebande nie vir wie als net te veel geword het.

Die middag laat het ek ontdek dat die polisiebeampte iemand is met wie ek op skool vriendelik was, ’n persoon wie ek soms nog in die verbygaan gesien en geselsies mee aangeknoop het en mee kontak gehou het op Facebook.

Die statistieke probeer alles ontleed en uitmekaar pluis. Dit sê egter nie vir jou wat ’n joviale man, altyd gereed met ’n glimlag, iemand wat lief was vir Spur-brekfis, potjiekos met familie en vriende en gaande was oor rugby, duidelik trots op sy kinders, iemand wat sterk wortels in sy gemeenskap het, daartoe dryf om die sneller te trek op ’n geliefde nie. Dit verklaar nie hoe iemand wie ek altyd gedink het vol lewensvreugde is, kan besluit om ’n einde aan alles te maak nie.

Die dood – onverwagse, gewelddadige dood – kom altyd as ’n skok. Wanneer dit egter aan ’n persoon se eie hand gebeur, voel dit soveel erger, want daar is vrae: Hoekom het niemand iets agtergekom nie? Hoekom het niemand iets gedoen nie? Die polisie beweer hulle het sielkundiges om beamptes met probleme te help. Wat word egter gedoen om hulpsoek aan te moedig? Wat gebeur in die geval waar ’n beampte self nie besef dat hulle probleme erger is as wat hulle gedink het? Selfs die webwerf waarop ek gegaan het, is reaktief. Eers wanneer jy besef jy’t hulp nodig, by ’n rekenaar is en hulp aanvra, word daar iets gedoen.

“Ander se boeke is duister om te lees,” sê die spreekwoord. Dis onmoontlik om te weet of die gebeure van Maandagoggend verhoed kon gewees het indien iemand iewers die waarskuwingstekens gesien en vroeg genoeg ingegryp het.

Ons almal dra seerkry iewers in ons rond. Nie almal hanteer dit ewe goed nie. Iewers agter die joviale masker moes daar ’n diepe, donker maalkolk van wanhoop gewees het.

Wat van die vrou wat geskiet is? Sy’t een wond in haar skouer. Een koeêl is deur haar wangbeen, en sy’t ’n oog verloor. Ten tye van hierdie skrywe is sy nog in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Die geestelike en emosionele wonde en letsels is egter veel moeiliker om te katalogiseer, want hoe meet mens die verlies aan vertroue in die mensdom as die persoon met wie jy ’n deel van jou lewe deurgebring het, probeer om jou lewe te beëindig? Is die verklaring vir die aanval op haar so eenvoudig soos die dinamika van ongelyke magsverhoudinge in ’n liefdesverhouding, van manlike dominansie en vroulike onderdanigheid? Of is daar iets veel meer kompleks aan die gang?

Wat van sy gewese vrou, en sy kinders? Nie net het sy kinders hulle pa verloor nie, hulle is skielik in hierdie traumatiese tyd in die openbare oog ingeforseer. Hy was deel van ’n identiese tweeling. Wat van sy broer, en die res van die familie? Daar is soveel vrae, en soveel seerkry. Daar is sy kollegas en vriende. Daar is die vrou wie hy aangeval het se kollegas en vriende en familie. Hoe verklaar mens die onverklaarbare?

Een lewe is beëindig. Vele ander is in die proses onherroeplik van koers gedwing.

Die beste waarop ek kan hoop, is dat hierdie skietvoorval ’n gesprek aan die gang sal sit oor gesonde, gelyke verhoudinge tussen mans en vroue, oor gesonde selfsorg in die polisie, oor hoe ongesond die hele “cowboys don’t cry”-machismo is. Ek kan net hoop dat daar iets betekenisvol kan voortspruit, dat Nevell du Toit nie net nog ’n statistiek in ’n lang ry statistieke word nie.

Statistieke heel nie wonde nie.

The post Polisie-selfdood: ’n verbode onderwerp appeared first on LitNet.


Is navorsing oor slawerny vandag nog steeds relevant?

$
0
0

Carien Smith gesels met Chris de Wet oor sy LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel: Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie

slavemarket

Wanneer daar navorsing gedoen word oor die doulologie van die antieke tye, en meer bepaald die vroeë Christendom, word daar spesifiek gekyk na die diskoerse in die Bybel, of word ander bronne ook geraadpleeg? Indien wel, van watter ander bronne word gebruik gemaak? Wat is die rol van die apokriewe by die ontleding van die doulologie?

Doulologie, oftewel die diskoers van slawerny, is uiters algemeen in die meeste antieke geskrifte wat kulturele, sosiale en politieke kwessies van hul tyd artikuleer. Die Bybelse geskrifte is bloot een versameling van geskrifte wat ons iets van die antieke diskoers van slawerny leer. Selfs binne die Bybel is daar diskoerse van slawerny wat soms uiteenlopend van mekaar verskil. Dit is daarom dalk meer gepas om eerder te praat van doulologieë – meervoud. En soos met enige versameling van diskoerse (of, soos Michel Foucault dit noem, diskursiewe formasie), beïnvloed diskoerse mekaar – hulle stem ooreen, verskil, leen by mekaar, ontsê mekaar.

In my eie navorsing oor die vroeg-Christelike doulologie moes ek hierdie saak vir myself probeer uitmaak. Ek het gevind dat die ou klassieke en Joods-Hellenistiese diskoerse baie invloedryk was in die skep van “Bybelse” doulologieë, maar dalk nie soos wat ons voorheen gedink het nie.

Vir baie lank, en selfs vandag nog, het baie mense byvoorbeeld aangeneem dat die Griekse filosoof Aristoteles se teorie van natuurlike slawerny (dit is, mense gebore as slawe met ’n slaafskarakter as ’n biologiese en psigiese werklikheid, selfs wanneer die persoon nie ’n regte slaaf was nie) baie invloedryk was. Aristoteles was inderdaad invloedryk in die klassieke Griekse tydperk, maar gedurende die Romeinse tydperk, waarbinne ons die Nuwe-Testamentiese doulologie moet plaas (die Ou Testament is natuurlik ’n ander storie!), sien ons dat Aristoteles se natuurlike slawerny nie so algemeen was nie – dit was heel waarskynlik omrede die dokument wat natuurlike slawerny hoofsaaklik uitbrei, Aristoteles se Politica, nie in omloop was nie – ’n groot deel van die Aristoteliaanse korpus was verlore en is eers in die laat antieke tydperk herontdek. Ek argumenteer eerder dat die Griekse historikus Xenophon baie meer invloedryk was in die Romeinse tyd; sy geskrifte is selfs deur Cicero in Latyn vertaal, en Cato verwys na Xenophon wanneer hy van boerdery en slawerny praat. Xenophon het egter nie soseer in natuurlike slawerny geglo nie, maar slawe eerder gesien as sosiale buitestanders. Dus, eerder as op ’n biologiese feit, is Xenophoniese doulologie op sosiale uitsluiting gebaseer. Dit is hoekom daar nie regtig natuurlike slawerny in die Bybel voorkom nie.

’n Ander groot invloed op die Nuwe-Testamentiese doulologie was die Griekse filosofiese skool van die Stoïsyne. Stoïsynse doulologie het geleer dat slawerny, soos enige ander sosiale toestand, nie ’n mens se vermoë om deugsaam te lewe moet belemmer nie. Slawerny is bloot ’n fisiese toestand. Die Stoïsyne soos Seneca, Musonius Rufus en, natuurlik, die keiser Marcus Aurelius, was baie meer bekommerd oor die sogenaamde “slawerny aan die drange”. Vir die Stoïsyne was verslawing aan mens se luste baie erger as fisiese slawerny. Doulologie word dus hier geïnternaliseer; dit is ’n doulologiese kolonisering van die psigiese en geestelike dimensies van die mens se bestaan. Hierdie sienswyse was ongelooflik invloedryk op skrywers soos Paulus.

Maar die Stoïsynse doulologie is oorgedra na die Bybel via die Hellenistiese Judaïsme. Baie Joodse skrywers, soos Philo van Aleksandrië, het Stoïsynse filosofie met sy Joodse godsdiens vereenselwig. Hier vind ons dan ook, by skrywers soos Philo, waar die slawerny-aan-God-tradisie begin. Dit is ook hier waar die vraag oor die apokriewe geld. Die latere Ou-Testamentiese apokriewe, veral die wysheidsapokriewe (soos Sirag, Wysheid van Salomo, verskeie toevoegings tot Daniël, en so meer) wys ons hoe die vroeë ontwikkeling van die slaaf-van-God-tradisie geformuleer is.

Die latere apokriewe van die Nuwe Testament wys ons nou weer hoe die baie vroeë doulologie van die Christene in die latere eeue ontwikkel het. Daar is byvoorbeeld die 3de-eeuse apokriewe Handelinge van Tomas, waarin Jesus op ’n bonatuurlike wyse, na sy dood, die rol van ’n slawe-eienaar aanneem om die hardkoppige dissipel Tomas te dwing om sendingwerk in Indië te gaan doen. Jesus verskyn aan Tomas en gee hom die opdrag, en soos ’n Jona van ouds weier Tomas om na die heidense land van Indië te gaan. Jesus verkoop Tomas dan as ’n slaaf aan iemand in Jerusalem, en hierdie persoon neem Tomas na Indië as ’n regte slaaf, waar hy in allerlei avonture verval en die woord van die evangelie versprei. Die genre van hierdie verhaal sluit aan by die ou Griekse roman, waar die protagonis as slaaf verkoop word en veg om weer eer, vryheid en liefde terug te win. Inderdaad, baie interessant!

As ons dus Bybelse slawerny en die diskoers daarvan beter wil verstaan, moet ons die verskeie diskursiewe invloede verstaan. Dit dwing ons om na ander bronne te kyk. Daar is ’n groot behoefte in die navorsing om doulologie en die praktyk van slawerny in spesifieke Bybelse en buite-Bybelse kontekste te ondersoek. Ongelukkig is die meeste studies baie algemeen, en dan is die resultate beperk.

2. Hoekom is die onderwerp vandag nog steeds relevant?

Die studie van slawerny, en veral doulologie, is inderdaad baie relevant vandag. Daar is minstens drie redes hiervoor. Eerstens moet ons besef dat slawerny nie iets van die donker verlede van die mensdom is nie. Daar is vandag steeds miljoene mense wat hulself in ’n vorm van slawerny, dwangarbeid, of “trafficking” bevind. Dus kan die krities-teoretiese studie van slawerny, soos in die geval van doulologie, ons ook help om hedendaagse slawerny beter te verstaan en te bekamp.

Tweedens is antieke doulologie se hedendaagse nalatenskappe steeds baie teenwoordig in ons samelewing. In ’n meer uitgebreide studie oor doulologie in die antieke het ek self daarop gewys dat antieke slawerny ’n direkte invloed gehad het op die ontstaan en funksionering van moderne diskoerse van dominansie en hul ooreenstemmende praktyke. Dit sluit verskynsels soos geweld teen vrouens en kinders in, maar ook rassisme, xenofobie, homofobie, die uitbuiting van die armes en meer algemene sosiale ongeregtigheid. Konsepte van gender, en veral wat manlikheid behels, beide in die antieke en vandag, kan nie behoorlik begryp word sonder die begrip van doulologie nie. Hierdie bogenoemde diskoerse en praktyke wat ons vandag aantref in ons samelewing het ’n lang en komplekse wordingsgeskiedenis, en doulologie is sentraal daarin.

Laastens: mense glo steeds vandag dat verskeie stellings in die Bybel gesaghebbend is en selfs letterlik opgeneem moet word. Die probleem is dat die Bybel nêrens slawerny afskaf nie. Alhoewel die meeste mense vandag, spesifiek in Suid-Afrika, nie meer die Bybel sou gebruik om slawerny goed te keur soos in die verlede nie (met uitsonderings, natuurlik), het die Bybelse diskoers van slawerny steeds vandag ’n effek in ons samelewing, soos ek hier bo genoem het. Om ’n voorbeeld te gebruik: God word baie dikwels in die Bybel, en ook in die vroeg-Christelike geskrifte wat ná die Nuwe Testament geskryf is, as ’n slawe-eienaar beskryf. Die metafoor van God as slawe-eienaar is een van die mees algemene beelde om God se verhouding met die mens uit te druk, en dikwels wanneer die Nuwe Testament byvoorbeeld praat van die “Here” (kyrios in Grieks), word dit gebruik in die sin van ’n slawe-eienaar – Paulus noem homself ’n “slaaf van Christus” (die Griekse woord doulos word hier vir “slaaf” gebruik, wat nie “dienskneg” beteken nie!). Dit dra by tot ons verstaan van God as iemand wat in beheer is, as iemand wat straf en beloon, iemand wat ons soms blindelings moet volg en gehoorsaam, ten spyte van die nagevolge, en so meer. Maar is sulke metafore vandag steeds goed en gesond om te gebruik wanneer ons ons verhouding met God en ons spiritualiteit wil uitdruk? Moet ons nie na nuwe metafore soek nie? Die punt hier is die volgende: die studie van doulologie is vandag steeds relevant omrede die metafoor en praktyk van slawerny so onlosmaaklik deel was en is van die Christelike teologie dat indien, deur een of ander wonderwerk, slawerny uit die geskiedenis van die mens gevee sou word, die Christelike teologie en ons daaglikse opvattings van God drasties en dramaties anders sou gelyk het.

3. U verwys na Glancy se siening van “slawerny as beliggaamde diskoers” of as “retoriek van die liggaam”, asook ’n habitus. Sal u asseblief uitbrei hieroor?

Een van die groot vrae rondom die sosiale aard van antieke slawerny is tot watter mate die mense van die antieke hul wêreld sonder slawerny kon insien. Dit raak natuurlik die kwessie van afskaffing. Was slawerny so "natuurlik" dat mense nie hul lewe daarsonder kon insien nie, en dus nie in staat was om dit af te skaf nie? Om sin te maak van hierdie vraag gebruik Jennifer Glancy, ’n kenner op die gebied van vroeg-Christelike slawerny, die konsep van habitus wat deur die sosioloog Pierre Bourdieu ontwikkel is. In Bourdieu se denke is ’n habitus ’n stelsel van beliggaamde patrone en gedragsnuanses waarin ’n mens van kindsbeen af gesosialiseer is en wat baie moeilik is om af te leer. Glancy redeneer dus dat slawerny so ’n tipe sosiale struktuur verteenwoordig – ’n habitus. Sy lê klem op die feit dat slawe dikwels beskou is as "liggame" (sōmata in Grieks), wat dus die idee van slawerny as ’n beliggaamde diskoers en habitus ondersteun. Slawerny was dus so natuurlik, en so naby aan die lyf van die antieke mense, dat afskaffing baie moeilik sou wees (maar nogtans nie onmoontlik nie). In my eie navorsing ontwikkel ek hierdie idee van slawerny as ’n diskoers en bou eerder op die werk van Michel Foucault, en ek argumenteer eerder dat slawerny, saam met hierdie habituele beliggaming, ook ’n strategie van identiteitsformasie was, en gebruik is as ’n magsdiskoers vir die antieke mense om sin te maak van hulself, hul samelewing, en, natuurlik, God (sien my nuwe boek: De Wet, Chris L. 2015. Preaching Bondage: John Chrysostom and the Discourse of Slavery in Early Christianity. Oakland: University of California Press).

The post Is navorsing oor slawerny vandag nog steeds relevant? appeared first on LitNet.

Maansverduistering

$
0
0

maan1Almal weet dit teen hierdie tyd tog seker al dat ’n maansverduistering na middernag op Maandag 28 September sal plaasvind. So een en ander oor dié verskynsel.

Die maan wentel 1 keer elke 27.3 dae in ’n elliptiese baan van Wes na Oos om die aarde waarvan die naaste punt aan die aarde (perihelion) ± 356 400 km en die verste punt (aphelion) ± 406 700 km is. Tydens die komende verduistering sal die afstand tussen die maan en die aarde 356 877 km wees.

Tydens ’n maansverduistering, wat natuurlik net tydens volmaan kan voorkom, beweeg die maan deur die skaduwee van die aarde. (Wanneer die aarde ’n maansverduistering beleef sal daar altyd op die maan ’n sonsverduistering ervaar word.) Die aarde se skaduwee bestaan uit die umbra en die penumbra soos in die skets aangedui. Indien Neil Armstrong op die maan in die umbra van die aarde se skaduwee sou staan sou hy ’n totale sonsverduistering waargeneem het en in die penumbra, slegs ’n gedeeltelike sonsverduistering.

Die aarde se atmosfeer word besoedel deur stof en ander partikels. Veral na vulkaniese aktiwiteite is die atmosfeer baie vuil en die son se strale wat deur die atmosfeer skyn word daardeur verkleur en buig hierdie gekleurde strale in maan2die umbra wat dan ’n dramatiese rooi effek op die oppervlakte van die maan tot gevolg het.

In die voorstelling dui ek van die fases met tussenposes van 30 minute aan.

’n Maansverduistering deur al die fases, (eerste tot laaste kontak) duur ongeveer tussen 3 en 4 uur. Afgesien van ’n totale verduistering vind daar soms ’n gedeeltelike verduistering of indien die verduisterings tydens aphelion plaasvind, ’n ringsverduistering, plaas.

Panda

The post Maansverduistering appeared first on LitNet.

LAPA se nuwe boeke vir September 2015

$
0
0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende September 2015!


Aspoesterskoene

Aspoesterskoene

Kristel Loots

ISBN: 9780799376494

Sarah is vreeslik voorstedelik – al het sy ’n lyf wat skrik vir niks. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man in sy middeljaarkrisis is, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan.

Aspoesterskoene is ’n heruitgawe; bestaande storie, nuwe paar skoene!


beerinmyboek

Daars n Beer In My Boek

Emily Chichester Clark

ISBN: 9780799376067

Bertus is ’n groot bruin beer. Hy is moeg daarvoor om gewone beerdinge te doen. Hy wil ander dinge doen. Maar wát?

Dan ontdek hy op ’n dag ’n boek onder ’n boom. Binne-in is prente van ’n beer – net soos hy. Bertus kry ’n briljante plan ... hy gaan leer lees! Sy broers en susters dink hy is sommer laf. Bere lees tog nie boeke nie!

Maar Bertus vat die pad om die boek se eienaar op te spoor – en dit is die begin van ’n fantastiese avontuur ... Die perfekte prenteboek vir kinders wat pas die wonderwêreld van boeke en lees ontdek het!


geheimekoninkryk

Geheime Koninkryk 9: Droomvallei

Rosie Banks

ISBN: 9780799371109

Wanneer Bianka, Tamsin en Janie hoor dat die drake van Droomvallei opgehou het om hulle droomstof te maak, weet hulle dat koningin Gorina daaragter sit. Kan die meisies die drake help om weer droomstof te maak sodat hulle die towerspreuk kan verbreek en keer dat koning Kieliebaard in ’n padda verander?


hoekomensiklopedie

Hoekom? Ensiklopedie

Saamgestel deur: Dorling Kindersley

ISBN: 9780799376173

Vertaler: Linda Roos

Hoekom kan jy nie jouself kielie nie? Hoekom bars vulkane uit? Wat is ’n eggo? Is daar lewe op Mars? Hoe werk ’n duikboot? Hoeveel sterre is daar?

Hierdie asemrowende volkleurensiklopedie word in ’n interaktiewe vraag-en-antwoordformaat aangebied wat feite vet pret maak! Dit fokus op onderwerpe waaroor kinders regtig graag meer wil leer en die vrae wat hulle daaroor vra – van die ruimte tot die aarde, die menslike liggaam en die natuur. Kom loer saam binne-in ’n vulkaan of verken ’n bewerdam met ongelooflike driedimensionele illustrasies wat verstommende detail blootlê. Verander jou kinders vandag nog in feitevrate met hierdie indrukwekkende naslaanbron!


wonderwereldhoezit

Hoezit 5: Die Wonderwêreld van Voëls

Jaco Jacobs En Fanie Viljoen

ISBN: 9780799373950

Hoe kry party voëls dit reg om duisende kilometer te vlieg sonder om te verdwaal? Watter voël se oë is groter as sy brein? Hoe groot is die wêreld se kleinste voëlsoort?

Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van voëls kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Hoezit! is ’n nuttige vriend in die klaskamer – en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het onlangs plek gemaak vir ’n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA nou Hoezit! in bekostigbare boekvorm uitgee – met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.


geheimeleliemeer

 

 

Geheime Koninkryk 10: Leliemeer

Rosie Banks

ISBN: 9780799371116

Janie, Bianka en Tamsin het baie pret by Leliemeer saam met die waternimfe. Maar wanneer koningin Gorina en haar Stormkabouters ’n towerspreuk oor die Helderhoogte-waterval uitspreek, word hulle pret vinnig bederf. Sal die meisies dit regkry om die towerspreuk te verbreek en die towerwater te kry wat hulle vir koning Kieliebaard se wondermiddel nodig het?

lem

Lem

Peet Venter

ISBN: 9780799376487

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy ’n huursoldaat, raak betrokke by ’n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Lemmer Bosman is ’n interessante karakter, want hy wil lojaal wees in ’n industrie waar mense hulle siele verkoop vir geld.

Lem is spannend, baie spannend.

Peet Venter het nou eers vir Thys Krige eenkant toe geskryf, maar Lemmer Bosman is ’n ewe sterk protagonis.


middernagklub

Middernagklub

Christien Neser

ISBN: 9780799373936

Witbaadjies.

Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. En al het Elle en haar kamermaat, Refi, mekaar male sonder tal belowe dat hulle ’n veer voel om prefekte te word, het alles die laaste paar weke verander.

Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Dis soos om ’n rooi “L” op jou voorkop te laat tatoeëer. Van uitslip en reëls breek is daar die volgende maand geen sprake nie. Die volgende paar weke gaan Elle se lewe bestaan uit skoolwerk, orkes oefen en netjies in haar spore trap. Één misstap, één detensie of één simpel grappie kan die einde van jou drome beteken.

Daarom hou Elle en haar pelle plegtig hulle laaste middernagfees.

Maar waar Elle in die omtrek is, loop dinge gereeld skeef. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avontuur ...

Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees.


prinsesnina

Prinses Nina en die Balletponie

Sarah Kilbride

ISBN: 9780799376203

Kom saam met prinses Nina op ’n betowerende avontuur op die rug van Trippel die balletponie.

Prinses Nina is versot op ponies. Maar Nina se ponies is nie sommer gewone ponies nie – hulle is towerponies, en wanneer prinses Nina op hulle ry, word sy weggevoer na allerlei betowerende avonture in ’n verre land ...

Een koue oggend besluit Nina om met Trippel te gaan ry. Hulle beland op ’n verhoog – en die balletkonsert gaan enige oomblik begin! Maar die sneeuvlokkies vir die konsert is op. Sal Nina betyds ’n plan kan maak om die konsert te red?

Die boek bevat ook ’n fantastiese papiermodel van Trippel die ponie waarmee kinders kan speel.

Besoek LAPA se webtuiste hier.

The post LAPA se nuwe boeke vir September 2015 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2015

$
0
0

penvoorsitter650

Dit is vir my ’n groot plesier om u namens PEN Afrikaans te verwelkom by ons derde algemene jaarvergadering. Die sakelys vir vandag is per e-pos aan u gestuur, en so ook die notule van die vorige algemene jaarvergadering, in 2013.

Ten aanvang vra ek goedkeuring vir vandag se sakelys, en daarna vir die 2013-notule. 

Ons bevind ons in ’n tyd waarin die winde van verandering sterk teen Afrikaans waai - vandag se vergadering wil egter een van hoopvolle afwagting wees oor die uitdagings wat ons in die gesig staar, en die uitdagings wat ons op ons beurt aan ander wil rig. Ek glo nie daarin om in sak en as te sit terwyl Afrikaanse boeke tans steeds relatief baie beter in die handel vaar as boeke in die ander landstale nie - insluitende Engelse publikasies.

Ek wil graag aansluit by die woorde van die nuutverkose president van die ANC Youth League, Collin Maine. Waar ekonomiese vryheid vir hom alleen bereik kan word deur gehalte-onderwys, is ons uitgangspunt dat ’n lewenskragtige boekekultuur met ’n sterk skrywerskorps ook slegs behaal kan word mits Suid-Afrikaanse onderwys op ’n gehalte-vlak bedryf word.

Die agteruitgang wat die afgelope twee dekades in die onderwys merkbaar is, kan aan verskeie probleme op skrywersterrein gekoppel word. Aan die een kant is daar die groeiende tekort aan bekwame redigeerders en taalversorgers, soos deur uitgewers gerapporteer is; aan die ander kant bly die verwagte opbloei van skryfwerk uit die bruin en swart gemeenskap steeds ’n ideaal eerder as ’n werklikheid.

Die verwaarlosing van Suid-Afrikaanse onderwys is ’n daad van aktiewe verraad teenoor die geslagte van die toekoms. Dit promoveer nie alleen onkunde nie, maar maak dit vir toekomstige lesers al hoe moeiliker om sinvolle toegang tot die letterkunde van die verlede te hê. Dit sal vir ’n skolier van vandag net so moeilik wees om NP van Wyk Louw se Raka te lees as Adam Small se Kitaar, my kruis en AC Jordan se Wraak van die voorvaders, of selfs Es’kia Mphahlele  se Down Second Avenue. Dit is ’n ope vraag hoe toeganklik die jongste werke van Breyten Breytenbach, Marlene van Niekerk en Ingrid Winterbach vir die gemiddelde voorgraadse student van vandag is. Oorbruggingskursusse vir skoliere wat universiteit toe wil gaan, het ’n noodsaaklikheid geword weens ontoereikende onderwys.

Suid-Afrikaanse onderwys word tans versmoor deur die owerheid se onwilligheid om meer te bestee aan behoorlike handboeke en voorgeskrewe boeke. Die twee-boeke-per-vak-per-graad-beleid, wat in 2014 aangekondig en geïmplementeer is, verskraal en reglementeer die vloei van inligting en kennis na skoliere. Dit mag politieke sin maak, maar pedagogies is dit ’n ramp - veral vir die swart inheemse tale, waar voorgeskrewe boeke voorheen een van die belangrikste groeipunte vir prosa en drama in daardie tale was.

Transformasie is die sleutelkonsep van ons tyd; wat die Afrikaanse taal betref, sal ons eers werklik van ’n getransformeerde letterkunde kan praat as die getal bruin en swart skrywers dramaties toeneem. Maar meer daaroor later.

By die jaarvergadering van 2013 in Potchefstroom het Sonja Loots gewys op die verlammende effek wat PEN Afrikaans ervaar het weens die department van sosiale ontwikkeling se gesloer om PEN Afrikaans as nie-winsgewende organisasie te registreer. Die saak is eers in Mei 2014 opgelos nadat ons prokureurs aangestel het om namens ons op te tree. Daarna kon ons eers aandag gee aan ’n strategie vir die pad vorentoe, en laat verlede jaar kon ons danksy befondsing deur die Dagbreektrust ’n bestuurder vir PEN Afrikaans aanstel. U ken hom - Danie Marais.

Omdat PEN Afrikaans in ’n sekere sin vir ’n groot deel van 2014 onaktief was, buiten nou vir enkele nuusbriewe en ’n paar persverklarings, was dit nie gerade om ledegelde te hef nie. Ons glo sterk in PEN Afrikaans as ’n organisasie wat kan diens lewer aan sy lede; die tydelike opheffing van daardie diens is iets wat ons nie kan goedpraat nie, al was dit weens omstandighede buite ons beheer.

In dieselfde gees het die bestuur in 2014 besluit om nie verteenwoordigers van PEN Afrikaans na PEN International se kongres te stuur nie.

Ons sal in die maande wat kom weer briewe uitstuur om ledegelde te hef - dit sal gepaard gaan met nuwe inisiatiewe rondom outeurskontrakte, raad en leiding aan voornemende skrywers, en samewerking met sowel uitgewers as LitNet.

Voor Danie Marais se koms het ons twee projekte geloods: Die insameling van boeke om ’n biblioteek te help vestig vir die laerskool Dennegeur buite Grabouw, en die Ukusela eKapa-fondsinsamelingsprojek. Ons dank gaan in albei gevalle aan Bettina Wyngaard, wat ons middel verlede jaar as bestuurslid gekoöpteer het.

Vir my was veral die boekinsameling ’n taamlike leerkurwe. Edele ideale verseker nie altyd ruim skenkings nie; Bettina had gelukkig raad, en nadat sy op die prokureursorde se kollektiewe nommer gedruk het, het die boeke ingestroom. Die les wat ek geleer het, is dat skrywers nie so maklik afstand doen van boeke as prokureurs nie!

Ons het op 8 November 2014 in samewerking met Ukusela eKapa ‘n fondsinsamelingspoging gehou by die Protea-boekwinkel in Stellenbosch. Ukusela eKapa is deel van die Cape Town World Design Capital inisiatief. Hulle het 10 000 kleibekers gemaak, met die vingerafdrukke (squeeze) van Suid-Afrikaners. ‘n Gedeelte van hulle projek is om die squeeze van bekende Suid-Afrikaners op bod te verkoop, en die geld te skenk aan die organisasie van die ikoon se keuse. Een bekertjie van elke ikoon word dan by die KIKS ten toon gestel. In reaksie op ons oproep aan lede, het Ingrid Winterbach, Koos Kombuis, Diana Ferrus, Karin Brynard, Zandra Bezuidenhout en ek gesqueeze. Die bekertjies moet nog op bod verkoop word, en ons is in afwagting op hulle terugvoer.

‘n Toekomstige projek wat ek met trots aan die groot klok hang, is die Trippel 7-loodsprojek. Hierdie projek neem sewe woordkunstenaars vir sewe dae deur sewe Noord-Kaapse dorpe met die doel om kort kreatiewe skryfkunskursusse aan te bied en vir voornemende skrywers uit minderbevoorregte gemeenskappe die geleentheid te skep om hulle werk te publiseer.

Die potensiële skrywers wat gedurende die padrit van sewe dae geïdentifiseer word, sal dan gementor word om hulle werk gereed te kry vir publikasie.

Ons het pas verlede week verneem dat PEN International befondsing vir die projek sal voorsien. Ek wil Bettina Wyngaard, wat die projek geïnisieer het en ten nouste betrokke sal bly by die uitvoering daarvan, geluk en voorspoed toewens daarmee.

Indien dié projek suksesvol is, kan dit uitgebrei word. Gedagtend aan wat ek vroeër gesê het oor ons onderwysstelsel, sal dit waarskynlik ’n wydlopende langtermynprojek kan word.

As skrywers in ’n verskeidenheid van dissiplines - van literêr tot joernalistiek - bevind die lede van PEN Afrikaans hulle tans in een van die mees gedronge tydperke sedert Afrikaans sy neerslag as taal gevind het. Die politieke omgewing is turbulent vanweë die komende verkiesings in 2016, met heelwat emosionele retoriek teen die taal as simbool van die ou bestel. Daar is aktiewe marginalisering van Afrikaans deur die Minister van Hoër Onderwys, mnr Blade Nzimande, met negatiewe gevolge vir die taal op die kampusse van Universiteit van die Vrystaat, Noordwes-Universiteit en Maties.

Op publikasiefront gaan dit nie sleg met Afrikaans nie. Om u ’n idee te gee van die omvang van verkope: Die drie top-verkopers van die oomblik is Deon Meyer se Ikarus, Nataniel se 150 Stories en Francois Smith se Kamphoer. Van al drie is daar tot op hede flink verby 20 000 eksemplare verkoop. Onder die top 500  verkopers is daar 18 wat meer as 10 000 eksemplare verkoop het - sewe daarvan is godsdienstige publikasies.

Toe ons op 25 Maart vanjaar hier op Wellington ’n gespreksaand gehad het, met Breyten Breytenbach, Adam Small, Bettina Wyngaard en Danie Marais as sprekers, is deur almal gewag gemaak van die noodsaaklikheid dat transformasie sigbaar moet wees in die huis van die lettere. Die sprekers is lewendig en positief uit die gehoor ondersteun.

Maar as ’n mens kyk na die groter prentjie - dus enersyds probeer vasstel watter titels onder die top-500-Afrikaanse verkopers is geskryf deur bruin en swart skrywers, en andersyds hoe boeke in die ander landstale verkoop - dan kan mens nie anders as om op te merk dat transformasie nog nie sigbaar geword het nie. Boeke in Engels en Afrikaans oorheers die boekhandel, en daar is geen ontluikende boekbedryf in ons ander inheemse tale nie.

Toe die SAUK in Maart vanjaar dit rugbaar gemaak het dat sy nuusdiens in alle inheemse tale buiten Engels drasties gaan verskraal, en dat op een van die TV-kanale wat landswyd alle kykers bereik,  naamlik 404 op DSTV slegs Engels gehore sou kon word, het ons vertoë gerig tot die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taal-gemeenskappe. Hierdie liggaam is ingevolge artikel nege van ons grondwet geskep om onder meer as kommissie om te sien na taalbelange in Suid-Afrika.

Die Kommissie is tans besig om ’n beleidstuk oor meertaligheid te formuleer. Ek het informeel uit die geledere van die kommissie verneem dat ’n standpunt ten gunste van ’n omvattende benadering met die klem op meer- en nie eentaligheid nie op die tafel en nasionale agenda gesit gaan word. PEN Afrikaans wil sy steun by voorbaat aan hierdie benadering en inisiatief toesê, en ook die hoop uitspreek dat dit sal help om die pogings tot die vernietiging van Afrikaans as doseertaal aan universiteite te stuit.

Ek wil ook graag die versoek aan die nuwe bestuur rig dat ondersoek ingestel moet word na ’n manier om inspraak te kry in die aktiwiteite van hierdie parlementêre liggaam. Vermoedelik sal ons moet registreer as erfenis-organisasie (in ons geval taal-erfnis, waarmee die kommissie te make het), wat dan sal meebring dat ons as belanghebbende organisasie geken sal word in hul promovering van ’n meertaligheidsbeleid vir Suid-Afrika.

PEN Afrikaans het ’n uitnodiging aan prof Wim de Villiers, rektor van US, gerig om ons toe te spreek oor die taalbeleid aan sy universiteit; gebeurde het ons ingehaal en die toespraak is voorlopig op ys geplaas. Dit is moontlik nie heeltemal gerade vir ’n liggaam soos PEN Afrikaans om hom te bemoei met studentepolitiek nie, maar in die lig van die standpunt wat ek hierbo oor veeltaligheid ingeneem het, wil ek tog ons posisie oor Open Stellenbosch uiteensit aan die hand van ’n stuk opgestel deur ons bestuurder, Danie Marais:

Een van die onrusbarendste aspekte van die onlangse woelinge rondom Afrikaans op die Stellenbosse universiteitskampus, was dat lede van die Open Stellenbosch-beweging te kenne gegee het hulle wil dekoloniseer en daarom Engels as enigste onderrigtaal op Stellenbosch eis. Hul argument is dat Afrikaans sekere studente onregverdig bevoordeel terwyl dit ander uitsluit en dat ’n openbare instelling nie slegs een inheemse taal mag bevorder nie. Afrikaans word gesien as oorblyfsel van apartheid en die stryd om meertaligheid as ’n rookskerm vir die verskansing van wit meerderwaardigheid en bevoordeling.

Hoewel ’n mens swart studente se griewe oor rassisme op kampus goed verstaan en geen beswaar teen die verwydering van simbole het wat aan ons apartheid-verlede herinner nie, is hierdie redenasie ondeurdag.

Dekolonisering in Engels is ’n oksimoron en dit maak die meeste vooraanstaande post-koloniale denkers duidelik.

As die studente van Open Stellenbosch wil dekoloniseer, behoort hulle eerder op meer Xhosa as minder Afrikaans aan te dring, maar die feit bly staan: Solank (oorwegend wit) Afrikaanssprekendes die enigste groep is wat op hul taalregte staan, is dit makliker vir die regering om hierdie aansprake op die grondwet af te maak as die betoë van gegriefde, voorheen bevoordeelde wit mense.

Om egter, soos Open Stellenbosch met hul opspraakwekkende #Luister-video impliseer, kru rassisme en paternalisme as die gevolg van ’n universiteit se taalbeleid te sien, is ’n denkfout. Hoekom sou ’n eentalige Engelse universiteit op Stellenbosch outomaties meer harmonie en agting vir diversiteit beteken? Hoekom word daar aangedring om oor die taalbeleid te praat in reaksie op griewe oor rassisme?

In die lig van hierdie woelinge, en die verwagting dat daar in die aanloop na aanstaande jaar se verkiesing nog talle aanslae op Afrikaans sal wees, vra ek vir ’n hersiening van ons tans hopeloos verouderde Visie en Missie.

’n Ander saak wat ook sal moet oorstaan vir die nuwe bestuur, omdat ek gister eers daarvan te hore gekom het, is die voorgestelde nuwe wetgewing oor kopiereg. Die departement van Handel en Nywerheid het die konsep-wetgewing bekend gemaak en wag nou reaksie in. Dit is vir my duidelik dat ons lede die gevolge daarvan baie erg aan eie sak gaan voel - veral diegene wie se werk sonder toestemming vir opvoedkundige redes gebruik word. Die wet maak voorsiening vir ’n tribunaal wat oor die meriete van sulke aansoeke moet besluit. Skrywers mag tereg vrees dat die staat na willekeur boeke vir skole mag skep sonder om outeurs behoorlik te vergoed vir die gebruik van hul skryfwerk.

Ek wil aanbeveel dat PEN Afrikaans, in samewerking met die uitgewers van Afrikaanse boeke, ’n regsmening daaroor inwin en op die hoogste moontlike vlak protes teen die wetgewing aanteken.

Nou, ter afsluiting. Danie Marais sal in meer detail ingaan op aksies en sake ophande. Ek wil hom bedank vir sy geesdrif en onverskrokkenheid in die aangesig van SARS en ander institusionele hindernisse. Mag die volgende jaar vir hom meer projekte bring.

Aan die bestuur baie dankie vir jul hulp en bydraes. Naas Steenkamp het ons deur moeilike finansiële waters help vaar; Amanda Lourens wou in Potch al uittree, maar ons het haar omgepraat en sy het ons argivaris en geheue geword. Naomi Bruwer het vanjaar, toe die nood baie hoog was, ingestem om die rol van tesourier op haar te neem, en dit met grasie en groot helderheid gedoen. Louis Esterhuizen en Desmond Painter het onderskeidelik ’n boekwinkel en ’n baba gehad wat hul aandag elders vasgepen het, maar wanneer ons hul insette nodig gehad het, was hulle altyd gereed. Heilna du Plooy was vanuit Potchefstroom vir my van onmisbare waarde met inligting en wenke.

U moet in gedagte hou dat dit nie altyd vir almal moontlik is om aktief te dien in die bestuur nie. Ons het vroeg verlede jaar vir Bettina Wyngaard as bestuurslid gekoöpteer, en ek wonder of daar al ooit ’n meer positiewe koöptering was. Bettina se prokureursagtergrond, en haar eie natuurlike stiptelikheid, het ons meer as wat gesond is om te erken op prosedurele koers gehou. Haar benadering tot PEN Afrikaans het ons in staat gestel om dinge op ’n uiters professionele vlak te hanteer. Baie dankie daarvoor.

Nou, die groot noot op die orrel. As ons erns het met die konsep van transformasie, en as ons as liggaam dienstig wil wees vir almal wat kreatiewe werk in Afrikaans lewer, dan is dit nodig dat die bestuur dit reflekteer. Ek het in 2013 op Potchefstroom tydens ons vorige algemene jaarvergadering gepleit daarvoor, en wil nou daarmee saam beklemtoon dat dit tyd is dat die jonger geslag Afrikaanse skrywers besit neem van PEN Afrikaans.

The post PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2015 appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing

$
0
0

penbestuurder650

Ek was opgewonde om in November verlede jaar die posisie as bestuurder van PEN Afrikaans te aanvaar omdat ek agtergekom het, ek (a) gelukkiger is wanneer ek werk aan idealistiese projekte en (b) omdat ek oortuig geraak het dit nie meer genoeg is om net Afrikaans te skryf en te praat nie.

Enigeen wat belang het in die voortbestaan en lewenskragtigheid van Afrikaans moet bereid wees om ook deel te neem aan die politiek en politiekery rondom taal, meertaligheid en moedertaalonderrig in Suid-Afrika. Soos die Griekse staatsman Perikles al donkiejare voor Christus gesê het: “Net omdat jy nie in politiek belangstel nie, beteken dit nie politiek gaan nooit in jou belangstel nie.”

Jy kan tog nie die letterkunde van ’n taal wil bevorder as die kanse vir die toekomstige lesers en skrywers van daardie taal om ook in hierdie taal onderrig te word  onder beleg is nie.

Ek is daarbenewens oortuig dat Afrikaans nie net vanweë ons spesifieke koloniale en apartheidsverlede onder druk verkeer nie, maar ook as gevolg van breër internasionale, neo-liberale tendense wat met globale kapitalisme gepaard gaan. Ons taalgemeenskap kry en gaan dit verder vorentoe van twee kante af kry: Aan die een kant van ’n regering wat die afskaling en geleidelike verdwyning van Afrikaans uit die openbare sfeer as ’n simboliese regstelling van geskiedkundige verontregting sien, en aan die ander kant as gevolg van die blinde pragmatisme van die globale mark wat taal- en kulturele imperialisme nou aan ons as ’n onstuitbare organiese proses en daarmee saam as ’n soort oplossing vir eiesoortigheid en diversiteit probeer verkoop.

Stel dit so: In ’n neo-liberale wêreldorde is ’n taal wat nie ook die taal van ’n groot, verkieslik globale mark is nie, outomaties haaks met die heersende ideologie en die heersende ideologie is brutaal in sy eenvoud. Soos Blacroc dit netjies opsom in ’n rap song: “If it don’t make dollaz, it don’t make sense.”

Om jou te verset teen die verskraling van Afrikaans se kulturele beweegruimte is dus ’n daad van protes enersyds teen die hegemonie wat neo-liberale kapitalisme voorhou as die enigste werkbare opsie, en aan die ander kant teen die kortsigtigheid van ’n regering wat toenemend die geskiedenis en identiteitspolitiek wil vereenvoudig tot ’n aangeleentheid wat deur ’n politiek korrekte vorm van verbruikerslogika uitgesorteer sal word.

As jy dus met my instelling en oortuigings vir Afrikaans wil baklei, bevind jy jou in die posisie van ’n ekonomies linkse denker wat ’n inklusiewe ruimte probeer skep op ’n stuk grond wat gewoonlik aggressief deur regse reaksionêres en taalkulturele chauviniste opgeëis en verdedig word. Jy’s soos iemand wat die ysbeer probeer red –  enersyds van uitsterwing as gevolg van ’n omgewingskrisis wat grotendeels deur sogenaamde “vooruitgang” veroorsaak is en andersyds van mense wat wil beweer die ysbeer moet beskerm word omdat hy so groot en wit en dus beter as ander bere is.

Juis daarom vind ek PEN Afrikaans prekêr maar uitstekend geposisioneer om hierdie waardevolle en omstrede middelgrond te verdedig; om stem dik te maak namens diegene wat die waarde van verskeidenheid en taal as unieke manier van wees en verstaan insien. Het die Afrikaanse letterkunde op sy genuanseerdste beste nie altyd probeer sin maak van ons baster-Afrikane en baster-Europeërs se onseker plekkie hier onder die Afrika-son nie? Daar was natuurlik apartheid en Afrikaans se tragiese en skandelike rol daarin, maar daar was ook die Afrikaanse Skrywersgilde en die werk van André Brink, Elsa Joubert, Breyten Breytenbach en Adam Small. En dit is in hierdie laasgenoemde tradisie waar ek meen PEN Afrikaans ’n sleutelrol kan speel om ook ander stemme hoorbaar te maak in en vir Afrikaans, sowel binne Suid-Afrika as in die internasionale skrywersgemeenskap. Afrikaans het immers soos Bettina Wyngaard al by verskeie geleenthede herinner het, ’n PR-probleem en om die persepsies oor Afrikaans te verander, sal ons strategies en hard te werk moet gaan.

Maar voor ’n mens die regte geraas op al die regte plekke kan maak, moet jy eers georganiseerd raak. En organisasie behels administrasie. Laat ek dus, voor ek vertel wat ons gedoen het en beplan om te doen vir Afrikaanse woordwerk, verduidelik wat ook moes gebeur.

In die eerste paar maande by PEN is ek dikwels herinner aan die waar woorde van Slavoj Zizek aan die Occupy Wall Street-betogers in 2011. Zizek het die skare in sy toespraak herinner dat een van die groot gevare vir hul beweging is dat hulle verlief kan raak op hul eie aktivisme en die lekker samesyn wat hulle in hierdie besette ruimtes geniet. “Karnivalle is goedkoop,” het hy gesê. “Die ware toets van hul waarde is dit wat oorbly daarna; die manier waarin dit slaag om die daaglikse lewe te verander. Julle betogers moet verlief raak op harde en geduldige werk – julle is die begin, nie die einde nie.”

’n Groot deel van my uitdagings hierdie jaar het bestaan uit die senutergende lê van administratiewe fondasies. Ek gaan julle nie met die besonderhede van al die deels surrealistiese burokratiese hindernisse verveel nie, want dit het my en al die ander bestuurslede wat daarmee gemoeid was, reeds genoeg gefrustreer.

Waarin ons geslaag het, is kortliks die volgende:

Die NPO-registrasiedokument wat ons na ’n onverstaanbaar ingewikkelde registrasieproses by die Department van Sosiale Ontwikkeling verwerf het en bewys dat ons nou amptelik ’n nie-winsgewende organisasie is, het in die pos verlore geraak en om dit weer in die hande te kry was ’n odyssee. Nadat ons uiteindelik ’n duplikaat kon kry, kon ons egter vir PEN Afrikaans ’n bankrekening oopmaak waarin die fondse wat Kerneels en Naas met professionele oortuigingswerk gewerf het, ’n veilige tuiste gevind het.

Nadat ons die bankrekening oopgemaak het, kon ons PEN Afrikaans as NPO vir belasting registreer en dit was ook uitdagend, maar die registrasie vir e-filing het splinternuwe rompslomp en ’n verdere besoek aan die Kafkaeske SARS-kantoor in die Paarl behels.

Ons is nou egter nou ook op die e-filing-stelsel en in die proses om vir vrystelling van belasting geregistreer te word. Nadat ons ’n belastingnommer agter ons naam kon skryf, kon ons ons eerste oudit laat afhandel by LDP-ouditeurs. My innige dank aan Naas Steenkamp, Naomi Bruwer en Bettina Wyngaard vir hul hulp met die opstel van die state wat ons dié oudit laat slaag het.

’n Ander belangrike gebeurtenis op die administratiewe werf is dat ons deur ENSafrica ’n konsepooreenkoms laat opstel het, wat ons samewerking met LitNet as webportaal formaliseer. So ’n kontrak is uiters belangrik omdat ons verskeie digitale projekte ter bevordering van die Afrikaanse woordkuns in die vooruitsig stel en juis daarom moet ons ook die toekomstige beskikbaarheid van hierdie digitale inhoud verseker en kontraktueel reël. Die konsepooreenkoms is aan LitNet voorgelê en ons hoop om binnekort finaal met Etienne van Heerden en die LitNet-span die kontrak te teken.

Hoewel ek geen passie of besonderse aanleg vir administrasie het nie, beskou ek dit as absoluut noodsaaklike deel van die geduldige, harde werk waarvan Zizek praat en ’n voorvereiste vir enige noemenswaardige en volhoubare sukses. Alain de Botton se School of Life het onlangs ’n stuk gepubliseer waarin benadruk is dat jy nog nie vir die huwelik gereed is as jy nie gereed is om ook die waardigheid van die strykplank en die medeverantwoordelikheid vir administrasie te aanvaar nie. Sonder ’n gesonde administratiewe onderbou gaan die huwelik tussen PEN Afrikaans se ideale en die praktyk van ’n suksesvolle nie-winsgewende organisasie en drukgroep ook nooit vlot nie.

Ek sê dus baie dankie vir Amanda Lourens, Naomi Bruwer en Bettina Wyngaard vir hulle groot bydraes in dié verband. Ek nooi ook enige iemand wat op dié gebied kundigheid en vaardighede wil deel, om asseblief nader te staan en betrokke te raak.

Beide ek en Kerneels het besef dat ons gewoond is om konsepte en idees te genereer binne ’n omgewing waar strukture reeds in plek is, maar PEN Afrikaans is tans ’n goeie saak en ’n goeie begin gekoppel aan ’n struktuur-in-wording.

Op ’n meer inhoudelike vlak was daar gelukkig wel belowende beweging in die laaste tien maande.

Ek het in Desember 2014 ’n PEN-kongres vir alle PEN-sentrums in Afrika bygewoon waar ek ’n referaat gelewer het oor Afrikaans en ons sentrum se visie en missie. Dis vir my ’n plesier en verligting om te kan rapporteer dat dit ’n geslaagde beeldpoets-ekspedisie was.

Dit is geen geheim dat PEN Afrikaans sekere weerstand uit Afrika ondervind het toe ons aansoek gedoen het om by PEN International aan te sluit nie. Ek glo egter dat verskeie PEN-sentrums, waaronder die Engelse PEN South Africa, sedertdien met ander oë na ons kyk. Die president van die Ghanese PEN-sentrum, Frankie Asare-Donkoh, het aan die kongresdeelnemers gesê dat hy nou vir die eerste keer begryp hoeveel reeds in Suid-Afrika verander het, en dat Afrikaanse skrywers ’n rol wil speel om ander minderheidstale te beskerm en bevorder.

Asare-Donkoh se stelling is bevestig deur ’n e-pos wat Romana Cacchioli, PEN International se Direkteur van Internasionale Programme,  na afloop van dié kongres uit Londen gestuur het:

Your presentation on the need for an Afrikaans centre and the issues you are addressing around race and language were helpful in dispelling preconceptions, but importantly in explaining that many of the issues you face are in fact shared by other African countries where minority writers and communities are struggling to have their voices and words heard.

Tydens die kongres is veral gekyk na vryheid van spraak in Afrika, die rol van kleiner taalgroepe in meertalige lande, onderwys en die problematiek wat gay skrywers in Afrika ondervind. Laasgenoemde onderwerp het gedreig om radikale tweespalt te skep en daar was sterk weerstand van sommige kongresgangers weens anti-gay wetgewing in hul lande. PEN Afrikaans se ongekwalifiseerde ondersteuning van gay regte en die reg op vryheid van uitdrukking oor hierdie kwessie is deur die PEN International-hoofkantoor verwelkom.

Romana het my ná die kongres bedank daarvoor dat ek bereid was om standpunt hieroor in te neem en geskryf:

It is important for PEN to know that we can count on you to bring an African perspective as hope to provide spaces for dialogue and dedicated support to centres and members around Africa as they seek to challenge powerful homophobic forces.

En hierdie dinge vertel ek nie vir julle om my eie beuel te blaas nie, maar om te beklemtoon dat ons ’n belangrike deel van die skakel- en beeldopknapwerk wat Afrikaans dringend nodig het, kan doen deur ons affiliasie met PEN International, ’n organisasie wat lank ’n Jiddisje PEN-sentrum gehad het en tans ook ’n Catalaanse, Walliese en Baskiese PEN-sentrum onder hul lede tel.

’n Verdere uitvloeisel van die Johannesburgse kongres is dat PEN International ons entoesiasties aangespoor het om aansoek te doen vir befondsing by hul Civil Society Programme en dat hulle inderdaad nou 10 000 pond aan ons toegeken het vir die baie belowende Trippel 7-loodsprojek wat Bettina Wyngaard in samewerking met Anzil Kulsen saamgestel en voorgelê het.

Ek is dus verheug dat ons by Naspers befondsing kon kry om my en Bettina as afgevaardigdes te stuur na die 81ste PEN International-kongres wat in Oktober vanjaar in Québec plaasvind. Ons hoop om daar verdere vennootskappe te ondersoek en vriendskapsbande te knoop met die internasionale skrywersgemeenskap.

’n Gedagte wat ek graag in Kanada wil opvolg, het eweneens sy kiem in die Johannesburg-kongres gehad. Deur bemiddeling van PEN International se Paul Finegan het ek die kans gekry om met die baie innemende en ewe indrukwekkende Salil Tripathi te gesels, ’n Indiese skrywer en menseregte-aktivis. Tripathi het onder meer ’n boek geskryf oor die politieke konflik in Bangladesh waarin die taalstryd tussen Bengaals en Urdu ’n sentrale rol gespeel het. Hy het ’n interessante voorstel gemaak waarvan ek dadelik gehou het en waarvan hy intussen ook vir Margie Orford, die voorsitter van PEN South Africa, oortuig het. Tripathi meen dat STIAS by Stellenbosch een van verskeie ideale plekke in Suid-Afrika sou wees om op 21 Februarie, Internasionale Moedertaaldag, ’n kongres te hou waar skrywers van tale wat sentraal staan in politieke konflik bymekaar kom om te praat oor die maniere waarop meertaligheid en taalregte bevorder kan word sonder om verdere etniese wigte tussen gemeenskappe in te dryf. By so ’n kongres sou skrywers en meningsvormers uit lande soos Bangladesh, Sri Lanka, Spanje, Turkye en natuurlik Suid-Afrika die kans kry om hul kommer oor taalruimtes binne ander kontekste en ’n meer globale band te verstaan.

Dit is ook met ’n heel ander rede tot trots dat ek en Bettina vanjaar ons missie na Kanada aanpak: Een van die kandidate wie se kortverhale ons vanjaar vir die PEN New Voices Award ingeskryf het, Carien Smith, ’n derdejaar-student aan die Universiteit van Fort Hare, het die langlys van ses vir dié gesogte prys gehaal. Die toekenning word by die kongres in Québec oorhandig.

PEN Afrikaans kon, soos alle van die meer as 100 PEN-sentrums wêreldwyd, twee jong skrywers tussen die ouderdom van 18 en 30 vir hierdie kompetisie inskryf. Ons het Smith se “Likkewaan”, die naaswenner van verlede jaar se Nuwe stories 3-kompetisie, saam met die wenverhaal van dié kompetisie, “The Day Madiba Died”, deur Frederick J. Botha ingestuur. Beide verhale is opgeneem in Human & Rousseau se Nuwe stories 3-bloemlesing vir ongepubliseerde jong skrywers, saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn. Vir deelname is beide Botha en Smith se kortverhale in Engels en Spaans vertaal.

Carien Smith het ongelukkig nie uiteindelik die kortlys gehaal nie, maar ons is raakgesien in PEN International se hoofkantoor. James Tennant, die literêre koördineerder van die prys, het uit Londen geskryf:

Hi Danie
Congratulations! To your centre and Carien.
I should add that both your entries were good and that Botha’s nearly made the longlist too. Thanks for nominating them, and good luck.

Ons beplan om volgende jaar ’n kortverhaalkompetisie aan te bied om ons twee kandidate vir die PEN New Voices Award 2016 te kies. Die Woordfees het ons ook reeds verseker ons twee wenkandidate se stories sal, indien dit aan hul standaarde voldoen, gepubliseer word in die spesiale Woordfees-kortverhaalbundel wat van 2016 af elke jaar by die fees te koop gaan wees.

’n Verdere projek wat die ontwikkeling van skryftalent ten doel gehad het en my hoopvol stem, is die Kuier-LAPA-PEN Afrikaans-kortverhaalkompetisie wat ons vanjaar met die moontlikheid van verdere mentorskap in gedagte, ondersteun het.

Die tema vir die kompetisie was “Uit die hart”, geïnspireer deur die Kuier-tydskrif se agterbladrubriek, “Wat die hart van vol is”. Die skrywers is gevra om ’n verhaal van 1 000 tot 1 500 woorde in te skryf. Altesaam 263 inskrywings is ontvang. Dié inskrywings is deur ’n interne paneel beoordeel en die top-30-verhale is gekies. Die verhale is toe voorgelê aan ’n eksterne paneel, bestaande uit Raylentia Simmons (assistentredakteur by Kuier), Bettina Wyngaard (die skrywer van Vuilspel en ’n bestuurslid van PEN Afrikaans), Diana Ferrus (die skrywer van Ons Komvandaan), Cliffordene Norton (uitgewersassistent by LAPA Uitgewers) en Shirmoney Rhode (digter en skrywer by LitNet).

Die 15 finaliste wat deur dié paneel gekies is, het toe aan ’n twee dag lange slypskool in Julie by die UWK deelgeneem waarby ek en Rachelle Greeff as mentors betrokke was. Die kortverhale wat deur die loop van die slypskool verfyn is, is in Kuier gepubliseer en die moontlikheid van ’n LAPA-bloemlesing word ondersoek.

Een van hierdie finaliste, Theltom Masimila, neem nou met ’n beurs van die Breytenbach-sentrum deel aan die skryfskool wat dié sentrum vanjaar vir die tweede keer met finansiële ondersteuning van die Hiemstra Trust en ATKV aanbied. Ek vertrou dat ons hierdie vennootskap met die Breytenbach-sentrum se slypskool verder sal uitbou.

’n Ander belangrike PEN-gebeurtenis vanjaar was nie ter bevordering van die Afrikaanse woordkuns nie, maar in nagedagtenis en ter viering van die lewe van ’n skrywer wie se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde monumentaal was. André P Brink is vanjaar op 6 Februarie oorlede en by die Woordfees het ons ’n gedenkuur vir hom gehou om onder meer dankie te sê vir die sleutelrol wat hy gespeel het om PEN Afrikaans as sentrum by PEN International erken te kry. By dié geleentheid is foto’s uit Brink se persoonlike versameling vertoon terwyl literêre vriende en skrywers gunsteling-passasies uit sy werk voorgelees het. Karina Szczurek-Brink, sy dogter Sonja, Naas Steenkamp, Kerneels Breytenbach, Abraham Phillips, Willemien Brümmer, Pieter Fourie, Antjie Krog, Ingrid Winterbach, Bettina Wyngaard, Abraham de Vries en Hettie Scholtz het almal gedenkwaardig tot dié huldiging bygedra.

By die Woordfees het ons ook ’n gesprek ter ondersteuning van Afrikaanse poësie in Engelse vertaling in samewerking met Versindaba aangebied. Ek het ’n paneelbespreking gelei oor die mylpaal-bloemlesing met ’n inleiding deur André P Brink wat Marlise Joubert oor ’n tydperk van vier jaar saamgestel het – In a Burning Sea: Contemporary Afrikaans Poetry in Translation. Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, Johann Lodewyk Marais en Carina Stander het aan die gesprek deelgeneem en van hul vertaalde gedigte uit die bloemlesing voorgelees.

Benewens hierdie projekte en byeenkomste het PEN Afrikaans in die afgelope jaar in die naam van Afrikaanse skrywers, joernaliste en uitgewers in die openbaar standpunt ingeneem oor verskeie sake – onder meer oor die regering se katastrofale een-teksboek-beleid, die aanslag op die satiriese Charlie Hebdo-tydskrif, xenofobiese geweld in Suid-Afrika, die blok van joernaliste en opposiepartye se selfoonseine by president Zuma se staatsrede, die SABC se voorneme om sy nuusdiens in inheemse tale te verskraal, die Universiteit Stellenbosch se hersiene taalbeleid en die voorgenome sluiting van Volksblad.

Ons het intussen ook betrokke geraak by die organisasie van ’n aand ter viering van taaldiversiteit in samewerking met die InZync-poësiegroep en verskeie taaldepartemente aan die Universiteit Stellenbosch. Dié geleentheid sal op 9 Oktober in die Breughel-teater in Cloetesville plaasvind en deur ’n vertalingswerkwinkel voorafgegaan word. Die idee is om poësie in die oorspronklik Afrikaans, Xhosa en Engels sowel as in vertaling voor te lees. Ons hoop hierdie sal die eerste van vele soortgelyke byeenkomste wees en dat sulke geleenthede tot interkulturele literêre gesprek daartoe sal bydra om die huidige tragiese persepsie van taal as hindernis en probleem te verander. As meer mense weer kan besef tale is sleutels tot kennis en die grondiger verstaan van die self en die ander; dat eentaligheid kommunikasie dien, maar nie die noodsaaklike intieme begrip van die waarde en aard van diversiteit nie, sal ons sekerlik ’n ander soort debat op ’n kampus soos Stellenbosch voer.

Wat toekomsmusiek betref, is ek benewens Bettina se Trippel 7-projek baie opgewonde oor ’n inisiatief waarmee die skrywer en antropoloog Conrad Steenkamp ons genader het. Ons is deur en saam met Conrad betrokke by ’n loodsprojek wat daarop mik om die verengelsing van skole en die daarvan afhanklike gemeenskappe teë te werk, beginnende in die Wes-Kaap. Voorligting oor die implikasies van taalkeuses sal aan ouers wat hul kinders vir die eerste keer by skole inskryf, gegee word. Voorligtingsessies in die betrokke gemeenskappe sal jong ouers teiken en daarop mik om Afrikaans as familietaal te behou. Rolmodelle uit hierdie gemeenskappe sal help met die gemeenskapskakeling. Die voorligting sal deur ’n navorsingsprojek, wat daarop mik om ouers se taalkeuses te verstaan, ondersteun word. Onder andere sou mens mettertyd wou weet wat die impak sou wees indien kinders wat as Engels binne ’n andersins Afrikaanse konteks grootgemaak is, na Afrikaans as voertaal sou oorskakel. Die Dagbreektrust het hul belangstelling in die projek uitgespreek en kontak met Paul Colditz van Fedsas bewerkstellig. Die projek sal waarskynlik onder Fedsas se vaandel geloods word, met PEN Afrikaans as ’n sleutelvennoot. 

Theuns Eloff,  die voorsitter van die Dagbreektrust, het die noodsaak van sulke projekte indirek dog duidelik onderstreep by die 2015 Rapport-onderwyskonferensie waaraan hy op 15 September vanjaar saam met Fedsas se Paul Colditz deelgeneem het. Van die 339 enkelmedium- Afrikaanse skole wat in 2013 bestaan het, is daar vandag net 267 oor, het Eloff gesê.

Hy het verskeie redes vir dié daling genoem, waaronder demografiese en politieke druk tel, maar ook die rol wat ouers se keuse speel, beklemtoon. Heelparty Afrikaanse ouers glo volgens hom die “drogredenasie” dat hul kinders in Engels moet skoolgaan om beter onderrig te ontvang en beter vir die internasionale mark voorbereid te wees. “Dis absolute nonsens,” het Eloff gesê. “Was Koos Bekker in ’n Engelse skool? Het Koos Bekker aan ’n Engelse universiteit gestudeer? Ek dink nie so nie.”

Dit is veral wat hierdie kritiese laasgenoemde aspek betref, dat ons hoop Conrad se loodsprojek ’n verskil sal maak.

En dan ’n belangrike laastens. Ons stel ’n paar digitale projekte in die vooruitsig sodra ons samewerkingsooreenkoms met LitNet geformaliseer is. Ons wil baie graag ’n digitale boekeblad skep wat verdere ruimte aan Afrikaanse boekbesprekings verskaf en skakel met ’n maandelikse nuusbrief aan ons lede.  Vir ons webwerf beplan ons ook ’n klein digitale skrywersprofiel vir elke PEN-lid. Hierdie profiele met foto’s, kort biografieë, publikasies, kontakbesonderhede ens. wil ons graag koppel aan ’n databasis van skakels na onderhoude en resensie wat ook op ons webwerf ’n tuiste kan vind.

Ten slotte herinner ek julle aan ons Facebook-blad en die Twitter-rekening wat ons vanjaar geskep het. Volg ons asseblief as julle nog nie het nie, en praat saam. Die #Luister-video van Open Stellenbosch het weer eens onderstreep hoe magtig sosiale media kan wees. Hulle het selfs met hul YouTube-video vir minister Blade Nzimande tot ’n kamee-verskyning in die parlement beweeg. En sosiale media en die internet is soos intelligensie of die menslike hand – jy kan dit vir enigiets gebruik.

Afrikaanse skrywers, joernaliste en ander taalpraktisyns kan dit inspan om te bou aan ’n gemeenskap in diens van die Afrikaanse woordkuns, vryheid van uitdrukking en die bevordering van meertaligheid in hierdie land.

The post PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing appeared first on LitNet.

Krugerwildtuin se grensomskrywing

$
0
0

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za

 

krugerwildtuin650

Fotobron: africanskytours.co.za

'n Mens moet regtig soms 'n bietjie simpatie hê vir die opstellers van wette. Hulle moet partykeer baie moeilike begrippe baie noukeurig omskryf sodat almal wat daardeur geraak word presies kan weet wat die bedoeling van die wetgewer was. Daar is nie verniet baie slim prokureurs en advokate wat met vergrootglase sit en kyk of hulle nie êrens in 'n wet 'n skuiwergat kan kry nie.

Vat nou maar iets soos die omskrywing van die grense van die Nasionale Krugerwildtuin in die National Environmental Management: Protected Areas Act, 57 van 2003. As jy na 'n landkaart van die wildtuin kyk, dan kan jy gemaklik met jou oë die grenslyn van die wildtuin volg – veral ook omdat dit die wildtuin op die meeste kaarte pragtig groen ingekleur is. Maar gaan probeer nou om daardie grens noukeurig in woorde te beskryf en gou-gou sal jy besef dat dit nie 'n eenvoudige taak is nie.

Die vorige Wet op Nasionale Parke, Wet 42 van 1962, het 'n gedeelte van die wildtuin se grens soos volg in vloeiende Afrikaans omskryf: "Vanaf die punt van die samevloeiing van die Luvuvhuririvier (Pafuririvier) en die Limpoporivier; daarvandaan suidwaarts langs die internasionale grenslyn tussen die Transvaal en Mosambiek tot waar dit die regteroewer van die Komatirivier kruis; daarvandaan weswaarts langs die regteroewer van die Komatirivier tot by sy samevloeiing met die Krokodilrivier en verder weswaarts langs die regteroewer van die Krokodilrivier ..." ens, ens. Ek sal aanstons verduidelik waarom ek “regteroewer” telkens beklemtoon het. (Min of meer dieselfde omskrywing van die Krugerwildtuin se grens – tans net in Engels – word in Wet 57/2003 gevolg. Dit verskyn aan die einde hiervan, vir diegene wat daarin sou belang stel.)

In 'n hofsaak[i] wat op 22 September 1969 voor die hooggeregshof in Pretoria gedien het, moes die hof besluit wat word bedoel met "regteroewer" van die Krokodilrivier. Die rede was dat 'n sekere mnr Bezuidenhout op heterdaad betrap is toe hy besig was om van 'n rots in die Krokodilrivier vis te vang. Daar was twee aanklagte teen hom: eerstens, dat hy sonder toestemming binne die grense van die Krugerwildtuin visgevang het en tweedens, dat hy by dié geleentheid die wildtuin binnegegaan het sonder die nodige permit. Hy is deur die landdros skuldig bevind en 'n stywe boete opgelê. Daarteen het hy geappelleer en dit is hoe die saak in die hooggeregshof beland het.

Mnr Bezuidenhout het 'n slimmerige advokaat gehad. Hy het geargumenteer dat as 'n mens kyk na die omskrywing van die grense van die Krugerwildtuin en jy kom by daardie gedeelte waar die Krokodilrivier ter sprake is, dan word daar telkens gepraat van die regteroewer van die Krokodilrivier. Nou, miskien moet ek net weer jou geheue verfris: jy sal onthou dat in die omskrywing van die grense van die wildtuin in die betrokke Wet dit noord by Pafuri begin en dan al met die oostelike grens tussen die wildtuin en Mosambiek afgaan tot onder by Komatipoort en dan weswaarts swaai in die rigting van Malelane, Kaap Muiden en Nelspruit – al langs die regteroewer van die Krokodilrivier. Die Krokodilrivier is dus die suidelike grens van die wildtuin. Mnr Bezuidenhout se advokaat het geargumenteer dat as 'n mens hierdie omskrywing in die wet reg vertolk, dan val die Krokodilrivier buite die Krugerwildtuin, want daar word gepraat van die “regteroewer” van die Krokodilrivier. As mnr Bezuidenhout se advokaat reg was in sy argument, dan het hy nie 'n oortreding begaan toe hy in die Krokodilrivier visgevang het nie, want dan val die rivier buite die grense van die Wildtuin.

Die Staat se advokaat het egter anders geargumenteer op grond van die omskrywing van die “regteroewer” van 'n rivier in die Oxford English Dictionary asook in die Nieuw Groot Woordenboek der Nederlandse Taal. Volgens dáárdie omskrywings beteken die "regteroewer" van 'n rivier daardie kant van die rivier wat in die rigting van die see vloei. Nou, die Krokodilrivier vloei ooswaarts in die rigting van Mosambiek. Naby Komatipoort vloei dit ineen met die Incomatirivier, wat dan so 'n entjie noord van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond. Só gesien, was mnr Bezuidenhout vas, want dit het beteken dat die suidelike oewer van die Krokodilrivier eintlik die "regteroewer" is, en dis op 'n rots aan daardie suidelike oewer waar mnr Bezuidenhout die oggend deur twee bewaarders van die Nasionale Krugerwildtuin aangekeer is. Hulle het later vertel dat hy só geskrik het toe hy hulle gewaar dat hy sonder sy skoene weggehol het. Maar dis boswêreld en omdat sy naam nie Kaalvoet Thysie was nie, het hulle hom maklik-maklik aangekeer.

Omskrywing van die Krugerwildtuin se grense, soos vervat in Bylae 2 tot Wet 57 van 2003:

From the confluence of the Limpopo River with the Luvuvhu River (Pafuri River) generally southwards along the boundary of the Province of the Transvaal and Mozambique (Survey Records 1762/75) to the point where the last-named boundary is intersected by the right bank of the Komati River; thence westwards along the right bank of the said Komati River to its confluence with the Crocodile River and continuing generally westwards along the right bank of the Crocodile River to the south-eastern corner of Lot 347 in the Kaap Block section E; thence generally north-eastwards along the boundaries of the following lots in the Kaap Block section E so as to exclude them from this area: Lots 347, 372, 370, 366 and 367, to the south-eastern corner of the last-named lot; thence generally northwards along the right bank of the Nsikazi River to the south-eastern corner of the farm Daannel 33 JU; thence north-westwards along the boundaries of the last-named farm, so as to exclude it from this area, to the north-western beacon thereof; thence north-westwards and north-eastwards along the boundaries of the farm Numbi 32 JU, so as to include it in this area to the north-eastern beacon thereof; thence north-westwards along the north-eastern boundary of Lot 201 in the Kaap Block section F to the southern-most beacon of the farm Rooiduiker 19 JU; thence north-westwards and northwards along the boundaries of the said last-named farm, so as to include it in this area, to the northern-most beacon thereof, and continuing north-eastwards along the south-eastern boundaries of Lots 147 and 146 in the Kaap Block section F to the north-eastern corner of the latter lot; thence generally eastwards along the left bank of the Sabie River to the south-eastern corner of the farm Kingstown 380 KU; thence eastwards and generally northwards along the boundaries of the following farms so as to exclude them from this area: The said farm Kingstown 380 KU, Toulon 383 KU, Charleston 378 KU, Flockfield 361 KU, Malamala 359 KU, Eyrefield 343 KU, Gowrie 342 KU, Buffelshoek 340 KU, Sarabank 323 KU, Jeukpeulhoek 222 KU, Middel In 202 KU, Albatross 201 KU, Kempiana 90 KU and Vlakgezicht 75 KU to the north-eastern beacon of the last-named farm; thence north-eastwards along the north-western boundary of Portion 1 (Diagram SG A 1815/61) of the farm Addger 69 KU to the northern-most beacon thereof; thence generally northwards along the boundaries of the following farms so as to exclude them from this area: Ceylon 53 KU, Sumatra 47 KU, Brazilie 48 KU, Op Goedehoop 25 KU, Buffelsbed 26 KU, Roodekrantz 27 KU, Rietvley 28 KU, Diepkloof 406 KU, Portion 6 (Diagram SG A 8744/69) of the farm Klaseriemond 15 KU, Zeekoegat 12 KU, Portion 2 (Diagram SG A 6362/65) of the farm Vereeniging 11 KU, the farms Merensky 32 LU, Laaste 24 LU, Silonque 23 LU, Genoeg 15 LU and Letaba Ranch 17 LU to the north-eastern corner of the last-named farm; thence eastwards along the left bank of the Great Letaba River to its confluence with the Klein Letaba River; thence generally north-westwards along the right bank of the Klein Letaba River to the northern-most beacon of the farm Draai 2 LU; thence north-westwards in a straight line to the south-eastern beacon of the farm Alten 222 LT; thence north-westwards and north-eastwards along the boundaries of the following farms so as to exclude them from this area: The said farm Alten 222 LT, Plange 221 LT, Lombaard 220 LT, Ntlaveni 2 MU and Mhingas Location Extension 259 MT to the north-eastern beacon of the last-named farm; thence westwards along the northern boundaries of the farms Mhingas Location Extension 259 MT and Mhingas Location 258 MT to the north-western corner of the last-named farm; thence generally north-eastwards along the middle of the Luvuvhu River (Pafuri River) to the point where the prolongation southwards of boundary BA on Diagram SG A 58/73 of a boundary line for purposes of proclamation over State land intersects the middle of the Luvuvhu River (Pafuri River); thence northwards along the said prolongation to the point where the said prolongation intersects the Mutale River; thence generally south-eastwards along the middle of the Mutale River to its confluence with the Luvuvhu River (Pafuri River); thence generally eastwards along the middle of the last-named river to its confluence with the Limpopo River, the point of beginning.

    [i]Vgl Staat v Bezuidenhout  1970(1) 162 (TPA)

The post Krugerwildtuin se grensomskrywing appeared first on LitNet.

Die Afrikaanse Taalraad vier Erfenisdag met ’n riel en ’n saampraat op ’n hoë noot!

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) hou vir die eerste keer ’n nasionale taalberaadfees by die Kunstekaap-teater op Erfenisdag, 24 September, om die ryk, gedeelde erfenis van die  en kultuur taal te vier. Die taalpskop geskied ook teen die agtergrond van Afrikaans se 90-jarige bestaan as amptelike taal.

Die dag is propvol met interessante gesprekke en debatte rondom Afrikaans as taal in Suid-Afrika, musiek en sang in Afrikaans en daar gaan selfs in Afrikaans geëet en gedans word!

Vroegmôre kan luisteraars van die gewilde RSG-program Praat Saam, kom luister wanneer Lynette Francis aan haar gaste vra wat Afrikaans se rol is in die smee van ’n gedeelde erfenis. Saam met haar is Steward van Wyk (Departement Afrikaans, UWK), Fatima Allie (koskenner en storieverteller uit die Bo-Kaap, Conrad de Kock (Pendoring-wenner: kopie), Martin Dentlinger (taalstryder van Rehoboth, Namibië) en Anne-Marie Beukes (ATR-voorsitter en hoof van die Departement Linguistiek, UJ). Die gesprek begin om 8:00 en sal direk op RSG uitgesaai word.

Kaapstad se eerste burger, Patricia de Lille, en Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die ATR, is daarná aan die woord om die vieringe in perspektief te stel.

Van 9:30 tot 11:00 gaan daar weer lekker gesels word, hierdie slag oor Afrikaans nóú. Onder leiding van Anne-Marie Beukes gaan Fahrid Essack (hoof van die departement religieuse studies, UJ), Saartjie Botha (uitvoerende hoof van die Woordfees, US), Tony Ehrenreich (Cosatu-leier in die Wes-Kaap) en Leon Wessels (UV en NWU), gesels oor waar Afrikaans nou staan, en hoe verskillende groeperinge in die land Afrikaans, as spreektaal, ervaar.

Maar wat van die toekoms? Afrikaans van nóú af is die onderwerp wat om 11:15 tot 12:45 te berde bring. Debra Meyer (dekaan van die fakulteit Natuurwetenskap, UJ), Cerneels Lourens (prokureur en taalaktivis) en Marlene le Roux (waarnemende hoof van Kunstekaap en onder-voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) gaan in die kristalbal kyk. Michael le Cordeur (departement van taalonderrig, US en voormalige ATR) voorsitter  sal die gesprek lei.

Dan eers asemskep wanneer Sarah Theron en Hemelbesem nuwe lewe in die partytjie kom blaas. Kom luister hoe hierdie twee besonderse kunstenaars met Afrikaans toor – en selfs probeer om mekaar se styl na te boots!

’n Gratis middagete word om 13:30 bedien.

Al ooit gewonder hoe dink die jonger geslag oor Afrikaans? Skuif dan om 14:30 nader vir ’n gesprek oor Afrikaans se jong stemme. Karen Meiring (kykNET hoof) gaan gesels met dié mense wat Afrikaans in die toekoms moet indra. Christina Mashobane (ATKV) en Sinki Mlambo (Revlon) is tweede- of derde taal Afrikaanssprekers. Saam met hulle tree op Benjamin Bock (ATKV), Mischke le Cordeur (Protea Hotel-groep), Marius Swart (departement Afrikaans en Nederlands, US) en Dian Wessels (Sunflood Studios). Hierdie klomp jongmense gaan hul perspektief stel vanuit hul werks- en leefomgewing.

En nou is dit genoeg gepraat! Om 17:00 kan belangstellendes naderstaan vir ‘n gratis vertoning deur die Betjies van Betjieskraal. Hierdie rieldansers ken hulle storie en stoftrap en hoogtrap is tweede natuur. Ook op die verhoog is die Jaloersbokkies, wat Kaapse musiek soos Taliep Petersen dit gewild gemaak het, laat hoor. Die Kaapse Affodille is ’n dames-boereorkes en hulle speel almal balke toe! Die ERUB-kinderkoor bring jong stemme van die groter Kaapsevlakte byeen en wys wat gedoen kan word wanneer ouers en onderwysers moeite doen om hul kinders uit die strate en weg van moeilikheid te hou.

Die enigste geleentheid van die dag wat jou ‘n ietsie uit die sak gaan jaag, is die vertoning Zoid. Zanne. Zolani. Drie van ons voorste vroue-kunstenaars span hul kragte saam en beloof om hul gehoor se asems weg te slaan. Karen Zoid, rockmusikant en TV-aanbieder, Zanne Stapelberg, operasanger, en Zolani Mahola, voorsanger van Freshleyground, sluit hierdie feestelike Afrikaanse dag af met musiek wat jou sal trots maak om Afrikaans in Suid-Afrika te wees! Kaartjies kos R180 en is te koop by Computicket.

Tussendeur is daar twee uitstallings wat ’n besoek werd is: Die Burger se reeks spotprente wat  die 100-jarige bestaan van dié koerant vier, en ’n versameling stalletjies wat aan die leefwêreld van Afrikaans vorm gee!

The post Die Afrikaanse Taalraad vier Erfenisdag met ’n riel en ’n saampraat op ’n hoë noot! appeared first on LitNet.


Clover Aardklop 2015: Woema van ‘n Windgat Wyfie

$
0
0

woema650

Eenvrouvertoning met Shaleen Surtie-Richards

Regie: André Stolz

Teks: Barry van Rensburg

Aangebied deur Windgat Produksies

By Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 6 - 10 Oktober 2015

Dis Shaleen Surtie-Richards op haar beste! Sy skitter in hierdie eenvrouvertoning Woema van ‘n Windgat Wyfie - ‘n skreeusnaakse komedie  waarin die mensdom en verhoudinge bekyk word vanuit die perspektief van 'n vroulike “windgat”. Dis die vierde stuk in die reeks oor persoonlikheidstipes en volg op “Annale van ‘n Windgat”, “Ballade van ‘n Banggat” en “Jou gat, my skat”. Net soos in die vorige stukke lei “Woema van ʼn Windgat Wyfie” op ‘n humoristiese manier die teatergangers amper ongemerk tot beter begrip vir onderlinge verskille en tot groter verdraagsaamheid teenoor mekaar.

Hierdie windgat wyfie het ‘n oormaat WOEMA. ʼn Windgat-vrou is baie anders as ʼn windgat-man – meer subtiel en misterieus. Haar woema is onmiskenbaar met estrogeen en adrenalien vermeng. Hierdie vroulike perspektief skep heerlike komedie met raakvat wyshede, toegedien met deernis en lewensinsig.

Van die eerste keer oomblik dat Surtie-Richards op die verhoog verskyn tot by haar laaste buiging het sy die gehoor in die palm van haar hand.  Met haar spontane aanslag laat sy op so ‘n manier reg geskied aan Barry van Rensburg se slim geskryfde teks dat die gehoor telkemale skater van die lag. Sy beeld die verskillende karaktertipes se oortuigend uit dat jy dadelik daarin die mense om jou (en jouself!) herken.

Om  vrou-alleen ‘n saal vol mense vir amper ‘n uur lank te boei en te vermaak is sekerlik nie maklik nie. Die staande applous aan die einde van die vertoning bewys dat Surtie-Richards dit regkry.

Die volgende vertonings van Woema van ‘n Windgat Wyfie vind tussen 6 en 10 Oktober tydens die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom plaas. Besprekings by Computicket.

The post Clover Aardklop 2015: Woema van ‘n Windgat Wyfie appeared first on LitNet.

Foto's: Tuin van digters 2015

$
0
0

Tuin van digters 2015 het die afgelope naweek op Wellington by die Breytenbach Sentrum plaasgevind. Naomi Bruwer gee 'n foto-oorsig van die mense en gebeure.

_MG_0251

Hoe loop die pad nou?: Francis Galloway in gesprek met Breyten Breytenbach.

_MG_0232

Hoe loop die pad nou?: Breyten Breytenbach

_MG_0262

Dianna Ferrus en Tessa Louw

_MG_0267

Pieter van der Westhuizen

_MG_0255

Pieter Hugo

_MG_0260

Die tuin van digters

_MG_0270

Marguerite Robinson

_MG_0272

Ena Jansen en Bernard Odendaal

_MG_0274

Japie Gouws

_MG_0276

Astrid de Vos

_MG_0288

O name, o verlange: Gerrit Olivier het 'n gesprek met Marlene van Niekerk gevoer oor Kaar.

_MG_0295

O name, o verlange: Marlene van Niekerk

_MG_0300

Pieter Haasbroek

_MG_0301

John Miles

_MG_0324

Diana Ferrus het met Sisca Julius gesels. Sisca is onlangs aangewys as die nasionale wenner in beide die prosa- en die poësie-afdeling van die Poort-skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 

_MG_0348

Sisca Julius

_MG_0329

Trienke Laurie

_MG_0333

Antjie Krog gesels met Evette en Marius Weyers.

_MG_0336

Gerard Scholtz het verskeie opnames vir DeKatTV gemaak. Hier gesels hy met Bettina Wyngaard.

_MG_0345

Loftus Marais

_MG_0349

Anne Vegter, "Dichter des Vaderlands" van Nederland

_MG_0355

Charl-Pierre Naudé

_MG_0356

Malene Breytenbach

_MG_0271

Willem Anker gesels met Haddad Viljoen.

_MG_0362

Isabeau en Suzanne Botha

_MG_0346

Helené Prinsloo

_MG_0366

Moederland: Anne Vegter in gesprek met Antjie Krog.

_MG_0370

Debbie Loots en Marga Stoffer

_MG_0371

Laurinda Hofmeyr

_MG_0377

Gerard Scholtz, Frazer Barry en Dianna Ferrus

_MG_0380

Francis Galloway

_MG_0382

Diek Grobler in 'n lawwe bui

_MG_0390

Frazer Barry van Tribal Echo

_MG_0399

Tribal Echo het die gehoor op hulle voete gehad. Hier is Engemi Ferreira en Dianna Ferrus.

_MG_0424

Sandy Gertse van Tribal Echo

_MG_0431

Digters wat DJ: Alfred Schaffer

_MG_0433

Digters wat DJ: Pieter Odendaal

_MG_0434

Digters wat DJ: Danie Marais

_MG_0436

Digters wat DJ: Charl-Pierre Naudé

_MG_0441

Digters wat DJ: Erns Grundlingh

_MG_0452

MM Walters – die man wat glimlag met 'n mes onder die jas: Gunther Pakendorff het gesels oor MM Walters as satirikus.

_MG_0470

MM Walters – die man wat glimlag met 'n mes onder die jas: Johann Nel het van MM Walters se gedigte voorgelees.

_MG_0471

MM Walters – die man wat glimlag met 'n mes onder die jas: Daniel Hugo

_MG_0482

MM Walters

_MG_0486

MM Walters – die man wat glimlag met 'n mes onder die jas: MM Walters, Johann Nel, Daniel Hugo en Gunther Pakendorff

_MG_0502

Dirk en Trienke Laurie

_MG_0503

TT Cloete huldeblyk: Joan Hambidge

_MG_0508

Andries Visagie

_MG_0523

Lynelle Kenned

_MG_0529

TT Cloete huldeblyk: Olga Leonard

_MG_0533

Winnie Rust

_MG_0535

Rensia Robinson

_MG_0536

Etienne Britz

_MG_0546

Lize Beekman

_MG_0559

Charles Ducal is die skrywersnaam van die Vlaamse digter Frans Dumortier, wat in 2014 aangewys is as die eerste Belgische Dichter des Vaderlands.

_MG_0564

Eybers – nooit volprese: Anna-Mart van der Merwe

_MG_0568

Eybers – nooit volprese: Frieda van den Heever

_MG_0574

Eybers – nooit volprese

The post Foto's: Tuin van digters 2015 appeared first on LitNet.

Video: US Woordfees Leeskring – Madri Victor gesels met Barbara Joubert

$
0
0

Die US Woordfees Leeskring is 'n nuwe inisiatief om boekgesprekke dwarsdeur die jaar aan te bied. Op 18 September het die eerste leeskring plaasgevind op Weltevreden. By dié geleentheid het Madri Victor gesels met Barbara Joubert, kosredakteur van Sarie, oor haar jongste kookboek, Kostalgie.

 

Op 29 Oktober gesels Madri Victor met Alta Cloete oor Opdrag van Oorkant. Klik hier vir die volledige US Woordfees Leeskring-program.

The post Video: US Woordfees Leeskring – Madri Victor gesels met Barbara Joubert appeared first on LitNet.

AHM Scholtz (1923–2004)

$
0
0

Van links na regs is Gazina (sy vrou), Annari van der Merwe (uitgewer), Lilly (dogter) en AHM Scholtz by sy huis in Mafikeng.

Sêgoed van AHM Scholtz

“Mens vat jou eie gevoelens en dan sit jy dit in ’n mens in. Dis wonderlik wat ek geleer het in die drie jaar wat ek die boek geskryf het. As jy op dieselfde plek sit, op dieselfde tyd, dan kom daai goed so maklik, en daar’s party dae wat jy jou eie goed kom sit en lees en dan wonder jy, het ek die geskryf, dit klink dan so mooi. En daar’s partykeer wat jou karakter jou sê wanneer hy wil huil of hy wil lag.”

“Alles wat ek maak, moet ek met liefde maak, anders kry ek dit nie reg nie. Apartheid of nie apartheid nie, as jy liefde het, kan jy alles verdra.”

“Nou in die rustige jare sê ek vir myself: Jammer dat Afrikaans sy eie haat gebroei het deur dié wat beter moes geweet het. Haat vir mekaar se velkleur – só simpel, só onnodig, só Goddeloos. Gedurende vyftig jaar van onderdrukking en nou nog eindig ek my gebede met: ‘Here, ek weet U verstaan.’”

Oor Afrikaans: “Laat ek dit mooi stel. My mamma se tet was bruin, en die melk wat die suigling gevoed het, was Afrikaans. Met mooi, sagte woorde druk die moeder haar kind teen haar hart vas. Hy kry die tepel in sy mond, met sy eerste lewende woorde in sy moedertaal – vat, my liefste. My oupa het vir my gesê, gaan haal my skoene, my kind. Ek voel die ou skeefgeloopde veldskoene, so sag, so teer, so Afrikaans en ek voel vir Oupa.

Vatmaar, sê Scholtz, “is geskryf in ’n chronicle van gevoelens en menslikheid, van ’n tyd wat nie mag vergeet word nie. Toe ’n mens se naam meer werd was as die fatsoen van sy gesig. Daar was nie wit, bruin of swart mense nie, hulle was van Vatmaar.”

Aambeeld

Wie weet
sê die aambeeld vir die hamer,
Waarom slaan jy my op een plek?

En die hamer vir die aambeeld:
Waarom verander jy nie die klank nie?

Weet jy dan nie?
So verander die Smid die rou stuk yster
In sy Hand – met liefde

Dié gedig is deur AHM Scholtz voorgedra by sy ontvangs in 1996 van die Eugène Marais-prys vir sy roman Vatmaar. (Die Burger, 19 November 2007)

Is goed lieg ’n vereiste om ’n goeie skrywer te wees (Stephanie Nieuwoudt): "’n Leuen se skepper is die leuenaar en ’n goeie leuenaar of eerlike mens weet hoe om sy goed sleg te balanseer, waar hy buite die storie staan." (Die Burger, 29 Julie 1998)

"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." (Die Burger, 29 Julie 1998)

Watter behoefte bevredig die skryfproses by hom (Stephanie Nieuwoudt)? "Daar sal altyd net 'n eerste wees. Die eerste houvas van jou baba in die kraamsaal en die eerste houvas van jou skryfwerk in die vorm van 'n boek. Alle babas en alle boeke is 'n entiteit op hul eie. Skryfwerk gee net bevrediging as dit aanvaar word." (Die Burger, 29 Julie 1998)

Hy het sy lewe op onderdanigheid gebou (aan Kobus Burger): "Ek het vroeg in die lewe gevind dat as jy onderdanig is, dan leer jy makliker. Maar onderdanigheid kan nie saam met onbeskoftheid gaan nie." (Beeld, 12 Desember 1996)

Gebore en getoë

Andrew Henry Martin Scholtz is op 28 Julie 1923 in Kimberley gebore, die oudste van tien kinders. Sy ma was ’n “huismoeder”, soos hy self sê, en sy pa was ’n tuig- en saalmaker. Andrew slaag sy standerd 5 aan die Beaconsfield Coloured School in Kimberley, maar moet die skool verlaat om te gaan werk nadat sy pa sy heup gebreek het en bedlêend was. Sy ma kry vir hom werk by sy oom as ’n skrynwerkersleerling.

Verdere studie en werk

As gevolg van die gebrek aan geld en die nood wat hulle ondervind het, het die jong Andrew gedwing gevoel om hom in Oktober 1940 by die leër aan te sluit. Hy was net 17 jaar oud, maar het vir hulle vertel dat hy 21 jaar oud is. Hy wou aanvanklik by die Kaapse Korps aansluit, maar daarvoor moes hy ’n rybewys hê en dít het hy nie gehad nie. Hy het gevolglik by die artillerie-eenheid aangesluit. Almal het hom as blank aanvaar en hy het hom dit laat welgeval "om my familie te laat eet, nie om ’n witman te wees nie".

Hy het later erken dat om ’n soldaat in ’n wit bataljon te wees, ’n groot indruk op hom gelaat het. Hy moes hierdie leefwyse vir vyf jaar volhou sonder om ooit sy masker te laat glip. In 1945, nadat hy in Kenia, Ethiopië en Egipte geveg het en ook twintig maande ’n krygsgevangene in die noorde van Italië was, het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het egter nie betyds ontsnap om sy pa te groet voordat hy gesterf het nie.

Op 12 Junie 1948 trou Andrew en Gazina Ortell, wat die moeder van hulle twaalf kinders sou word, in die hof in Kimberley. Die nuwe bestel in Suid-Afrika ná die Tweede Wêreldoorlog het Andrew ontnugter gelaat en hy het besluit om hom weer te wend tot die ambag waarvoor hy hom as jong man bekwaam het. Hy het vir ’n ruk as ’n bouer en skrynwerker in Swaziland gewerk, asook later in Botswana. Daarna het hy as bou-aannemer in Mafikeng gaan werk. Een van sy grootste ideale was om eendag sy eie beesplaas aan te skaf. Geld was nie die probleem om sy eie Bosveldplaas te besit nie, maar wel die apartheidswetgewing wat ’n stokkie voor hierdie ideaal gesteek het.

Annari van der Merwe skryf in Die Burger (19 November 2004) dat hy eers na sy aftrede, "ná ’n leeftyd van harde werk in sy ruim en selfgeboude huis, hom kan wy aan die dinge van die gees – ’n diep godsdienstige instelling wat sy skryfwerk gevoed het en dit gesuiwer het van bitterheid. Sy skryfwerk is deurspoel met erbarming en geduld met menslike swakheid en dit verklaar die aanklank wat sy werk by so ’n wye spektrum mense gevind het."

In 1995 verskyn die 72-jarige Andrew se debuutroman, Vatmaar: ’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is nie. Vatmaar is in wese ’n boek met ’n Afrikaanse siel. Andrew het dit egter aanvanklik in Engels geskryf – in skoolkladboeke in sy eie handskrif, waarna sy dogter dit oorgetik het. Hy het drie jaar lank aan die storie geskryf en gewerk en het dit daarna na die uitgewers David Philip in Kaapstad gestuur. Hulle het dit egter na die pasgestigte Kwela Boeke aangestuur, omdat hulle gemeen het dat Engels nie reg aan die storie sou laat geskied het nie. Kwela Boeke is juis gestig om "nuwe talent te ontdek, te identifiseer en te ontgin".

Hy vertel self wat daarna gebeur het: "Annari van der Merwe van Kwela Boeke sê toe 'Dis ’n Afrikaanse storie, man, ons maak dit Afrikaans.’ Wat's sy naam, Wium van Rensburg, nee Wium van Zyl, hy’t dit oorgetolk. Toe hy klaar is, stuur hulle dit aan my, en toe’t ek nou veranderinge gemaak, want sy Afrikaans is ’n bietjie te hoog. Jy weet, hy sê ’n vrou se dy; ek weet nie wat’s ’n dy nie, dis ’n boud. Ons sê ook nie wildheid nie, maar praat van wildigheid. Die’t ek dan verander. Want dis Afrikaans met ’n difference. Dis gaat eerder as gaan.” Annari getuig ook dat Vatmaar dié boek is wat in haar loopbaan as uitgewer bo alle ander boeke uitstaan.

Andrew het ook verder vertel dat Vatmaar sy ontstaan gehad uit stories wat sy ouma aan hom vertel het, asook oor dít wat hy geweet het van die mense van die outyd toe mense "met liefde gelewe het en dit nie ’n skande was om met ’n gelapte broek te loop nie".

Jakes Gerwel het as volg oor Vatmaar geskryf: "AHM Scholtz se eerstelingroman Vatmaar – ‘n storie van die bruinmense van Suid-Afrika” – is ’n merkwaardige letterkundige gebeurtenis. Die skrywer, met weinig van die opsigtelike literêre geskooldheid van die tipiese Afrikaanse skrywer, openbaar hierin ’n verbluffende tegniese beheer oor die verwikkelde ineengevlegtheid van verhaallyne, magdom van karakters, verskuiwing van tydsvlakke en afwisseling van perspektiewe terwyl hy steeds die ongekunsteldheid handhaaf waaraan die vertelling en uitbeelding hul egtheid en oortuigingskrag ontleen."

En Gerwel is nie al een wat so dink nie, want in 1996 loop Vatmaar weg met die Eugène Marais-prys, die M-Net-prys en die CNA-Debuutprys – ’n uitsonderlike prestasie vir ’n debuutroman. Vatmaar word ook vertaal in Nederlands deur Riet de Jong-Goossens en hierdie Nederlandse uitgawe beleef ’n tweede en derde druk. Dit word in Duits vertaal deur Arnold Blumer en die Engelse vertaling is deur Chris van Wyk behartig. In 2002 verwerk die bekende regisseur Janice Honeyman die roman vir die verhoog en première dit met groot welslae in die Oude Libertas Amfiteater op Stellenbosch voordat dit ook by die KKNK en in die Baxter- en die Staatsteater op die planke gebring word. Honeyman ontvang in 2003 ’n Fleur du Cap-toekenning vir hierdie produksie.

Nadat Andrew die pryse vir Vatmaar gewen het, het Stephanie Nieuwoudt (Die Burger, 29 Julie 1998) hom gevra of sy lewe dalk anders sou uitgewerk het indien hy op ’n jonger ouderdom sou begin skryf het. Hierop het hy geantwoord: "Daar is ’n tyd vir alles, ’n tyd vir geboorte en ’n tyd om dood te gaan. Ek het nie veel lewenstyd oor nie. My siekte, asma, het my laat skryf. Ek kon nie meer so vryelik rondbeweeg soos toe ek nog ’n bou-aannemer was nie. Om besig te bly, het ek begin skryf. As ek vroeër moes geskryf het, het my siekte my vroeër ingevang. 'n Skrywer se skryfwerk verander by die dag, al het hy ook sy storie uit gelê."

Die resensies oor Vatmaar was oorwegend baie positief. In Beeld van 4 Desember 1995 skryf LS Venter: "Alles wat die skrywer hier (in die voorwoord tot die roman) oor sy eie roman sê, is waar. Maar dis beperk. Want in hierdie boek groei die stories van ’n eenvoudige bruin gemeenskap uit tot ’n roman wat die raaisels en diepte van menslike geluk en ongeluk peil.

"Dat die mens in Vatmaar bly en arm en veronreg is, word in hierdie groei van storie tot roman half toevallig. Die lokale en anekdotiese word verruim tot ’n romangeheel wat oortuig en boei omdat dit ’n kunstenaarsvisie op al wat menslik is, bevat.

"Die roman is los van bou, maar nie daarom struktuurloos of saamgeflans nie. In so ’n sestigtal hoofstukke vertel ’n hele aantal fiktiewe vertellers hulle verhale oor Vatmaar en sy mense. Elke storie voer die verhaallyn verder of vul ’n vorige vertelling aan. Hieraan lees die leser al klaar geboeid.

“Terselfdertyd dra elke storie by tot ’n sentrale romanidee, naamlik dat die mens net mens binne ’n gemeenskap is. En die geheue van hierdie gemeenskapbestaan is die stories wat vertel word.

"Die hele struktuur van Vatmaar berus op die storieverteltradisie van die ongeletterde mens. Stories is in die Vatmaar-wêreld ’n veredelde en dikwels hoogs gestileerde kulturele besit. Wat daarin in herinnering geroep word, is die ontstaansgeskiedenis van die plek waar die mens bly, die familiegeskiedenis van jonk en oud, die groot skandes en skades en raaisels van die ou tyd. Om met die subtitel van Vatmaar te praat: stories hou die tyd wat nie meer is nie ’n ‘lewendagge’ ding.

"Dis nie net die inhoud van die stories in Vatmaar wat vol heerlike afwisseling en verbeelding is nie. Ook die aard van die stories en die storievertellers verskil. Daar is dié vertellers wat weet hoe om ’n kort storie lank te maak; daar is stories wat herhaaldelik vertel word; maar daar is ook stories wat net eenmaal vertel word, omdat dit te seer of te verleë maak.

"Omdat die gesproke woord vir die ongeletterde mens ’n denkwyse is, kom daar in die vertellings van eenvoudige karakters skryende en soms aforistiese formulerings voor. Nêrens klink dit egter onnatuurlik of geforseerd nie. (...)

"Vatmaar bied die leser dieselfde vreugde en stof tot nadenke wat Engela van Rooyen met haar Met 'n eie siekspens dit onlangs en Elsa Joubert dit destyds met Die swerfjare van Poppie Nongena gedoen het. Dis die soort roman wat Mikro met Die koperkan en FA Venter met Swart pelgrim probeer skryf het, maar nie kon nie. Scholtz se roman is derhalwe ’n belangrike gebeurtenis in die Afrikaanse prosakuns."

Op LitNet skryf Chris van der Merwe dat daar nie in Vatmaar ’n hoofkarakter is waarom die roman gebou is nie, maar dat die dorp Vatmaar sentraal staan en ’n mens dus die dórp die “hoofkarakter” kan noem – "al die verskillende karakters en verhale in die boek vorm ’n soort mosaïekpatroon, waarin alles saam bydra om ’n beeld te gee van die tipe plek wat Vatmaar was."

Vir Van der Merwe is daar veral twee temas wat die belangrikste is. "Die eerste is die probleem van onskuldige lyding. Die roman bring die vraag na vore: waarom verhinder God nie dat ’n goeie mens swaarkry nie? Sorg God dan nie vir die goeies en straf die slegtes nie – waarom gebeur daar soveel dinge op aarde wat onregverdig lyk?

"Tant Wonnie is seker die duidelikste voorbeeld van ’n goeie mens wat onverdiend swaarkry. Waarom moet sy so arm wees? Waarom moet sy onregverdig van diefstal aangekla word? Waarom moet sy in die tronk beland? Uit die geskiedenis van Tant Wonnie blyk dit egter dat die goeie mens (dikwels) wel geluk vind, maar eers na ’n tyd van swaarkry. Nadat sy in die tronk was, word Tant Wonnie vrygespreek en kry sy ’n pensioen. So ook, nadat Kenneth sy geliefde Kaatjie aan die dood afgestaan het, vind hy geluk met Suzan. Die feit dat hy Kaatjie verloor het, bring hom na Vatmaar, waar hy geluk saam met Suzan vind en vir Vatmaar ’n kliniek laat oprig. Die slegte dinge het wel ’n gelukkige en sinvolle einde – alles werk ten goede uit."

Die volgende belangrike tema in Vatmaar is dié van die liefde. "Dit gaan om die liefde tussen man en vrou, maar ook die liefde in die algemeen tussen mens en medemens. Die liefde wat in die roman waardeer word, is ’n goedheid wat oor grense gaan: grense van taal, van ras en kleur, van kerk en geloof. Teenoor die algemene menslike neiging om mense wat 'anders' is, te veroordeel en te verstoot, is daar die helde en heldinne van Vatmaar met ’n grenslose goedheid: byvoorbeeld Ma Khumalo wat ’n blanke seun as kind aanneem en hom grootmaak; Oupa Lewies met sy liefde vir ’n swart vrou; Suzan wat vir Nellie Ndola troos, al is sy onaantreklik en donkerder van kleur."

Van der Merwe eindig sy bespreking só: "Scholtz se romantiese uitbeelding van die wêreld van sy jeug, sy nostalgiese terugkyk na ’n verlore platteland – dit is in die Afrikaanse prosa nie onbekend nie. Maar Scholtz se boek is totaal anders as die tradisionele plaasroman. Hier is die 'gekleurdes' nie op die rand van die verhaal nie, maar in die sentrum. Hier is die opset nie patriargaal nie, maar vroue en mans is gelykes, met vrouekarakters wat dikwels die hooffigure is. In Scholtz se roman is daar nie ’n enkele verteller nie, maar ’n reeks vertellers, want Vatmaar is almal se storie – Vatmaar gee stem aan ’n hele gemeenskap."

Ná die verskyning van die Nederlandse vertaling was ook die ontvangs in Nederlands oorwegend positief. Gawie Keyser (Die Burger, 20 Oktober 1997) het berig dat Vatmaar ’n wêreld wat aan die Nederlanders onbekend is, blootgelê het, veral die feit dat Afrikaans nie net deur blankes gepraat word nie.

In Zuidelijk Afrika skryf Margreet de Lange: "Vatmaar is ’n pragtige boek, waarvan die literêre waarde minstens gelyk is aan die politieke belangrikheid van die publikasie daarvan."

Robert Dorsman, wat self ook verantwoordelik is vir vertalings in Afrikaans, skryf in Trouw "dat die skrywer deurgaans die baas bly oor sy vele karakters, mense met wonderlike name soos Ta Vuurmaak, Tant Wonnie, Boitjie Afrika ... en Hendruk Jannewarie. Scholtz bring hulle oortuigend tot lewe; hulle word nooit marionette nie." Dorsman vind dat die humor "van elke bladsy af dans".

Dorsman gaan voort: "Die vernaamste probleem was miskien om die regte toon te vind. Scholtz se Afrikaans is bedrieglik eenvoudig; skynbaar agteloos vertel hy sy verhaal, en die Afrikaanse taal lyk so baie soos Nederlands. Dit lees soepel; die vertaling doen reg aan Scholtz se ongedwonge gewone-mensestyl. Die vertaling moet liefs naas die oorspronklike teks gelees word."

Chris van Wyk was verantwoordelik vir die Engelse vertaling van Vatmaar wat in 2000 verskyn het. Hy het aan Stephanie Nieuwoudt (Die Burger, 14 Junie 2000) vertel dat die vertaling van Vatmaar Afrikaans weer vir hom "oopgemaak" het, aangesien dit ’n taal is "waarin jy soveel emosies kan uitdruk. Die verhaal het my ingetrek. Die boek is ’n herinnering aan 'n vergete tyd. As die mense van Suid-Afrika werklik ten volle ontwikkelde mense wil wees, moet hulle ook van hul verlede weet. Die mense van Vatmaar is simbolies van die Suid-Afrikaanse gemeenskap, waar mense van verskillende kleure en agtergronde tog bymekaar uitgekom en ’n nuwe gemeenskap gevorm het. Vatmaar is ’n historiese dokument wat vir elke mens van hierdie land van waarde behoort te wees."

Oor die proses van die vertaling self het Van Wyk aan Nieuwoudt verduidelik dat dit vir hom makliker is om "woord vir woord te vertaal en dan later terug te gaan om aan die teks te skaaf sodat ’n sekere gevoel oorgedra kan word. Selfs al is dit hoe aanloklik, probeer ek om nie die teks aan te pas nie, want dan ontneem jy die skrywer van sy skepping. Die uitdaging was om nie net die woorde en beelde te vertaal nie, maar ook om die sentimente van die karakters oor te dra. Sommige woorde soos ta en ’n eienaam soos Vuurmaak kan jy nie vertaal nie, want dit is so inherent deel van die gemeenskap en die storie. Die woorde is ook behou met ’n glossarium, waar woorde soos skollie, tjarrie en vastrap verduidelik word."

Chris van Wyk het ook vertel dat Vatmaar hom heeltemal onverhoeds betrap het. "Nadat ek hierdie pragtige boek gelees het, het ek die skrywer gebel en gesê ek het dit só geniet, ek sou dit graag self wou geskryf het. Hy het die kompliment innemend aanvaar, maar mnr Scholtz het nie besef in hoe ’n mate ek bedoel het wat ek gesê het nie.

"Wat ek bedoel het, was dat skrywers gebore word om te skryf. Hulle word gebore met daardie misterieuse drang om vir ander mense stories te vertel. Om hul vaardigheid te slyp, lees hulle dan baie ander mense se stories. En literêre teorieë. En uiteindelik begin hulle vergeet dat al wat hulle eintlik wil doen, is om ’n storie te vertel.

"Vatmaar is ’n oorspronklike werk; daar is geen literêre teorieë, geen slypskool-nonsens, geen desperaatheid om gehoor te word nie. Geen kleur- of geurmiddels nie. Dit is skoon, vlekkeloos, suiwer. En dit pols met sy eie betowering.

"Al wat ek sal doen as ek volgende keer ’n slypskool vir ontluikende skrywers aanbied, is om hulle aan te sê om Vatmaar te lees en só te skryf wat waarskynlik die moeilikste ding op aarde is om te doen. Rushdie se Midnight's Children is beskryf as ’n vaart op ’n see van stories. Vatmaar dobber stadig op ’n rivier van verhale, onopvallend, op sy eie dierbare, hartseer tyd totdat jy tot op die boot verlei word en dan kán jy nie, inderdaad wíl jy nie, aan wal gaan nie.

"Om dit anders te stel, om Vatmaar te lees, is soos om op ’n lui agtermiddag ou, swart-wit foto's gewys te word deur ’n ouma. En dan vertel Ouma jou hoekom dié mooi vrou so jonk dood is, hoe dit gekom het dat daardie man blinde kinders gehad het, hoe hierdie mense te werk gegaan het om 'n gesteelde diamant te verkoop.

"Terwyl die Suid-Afrikaanse letterkunde voortgaan om ons ou bekende landskappe te wys, neem Vatmaar ons na ’n plek en tyd wat deur geskiedenis en ideologie uitgewis is wel, byna. Boeke soos Vatmaar behoort elke dag geskryf te word. Dit gaan egter ’n lang tyd neem voor ons weer ’n storie soos dié gaan hoor." (Beeld, 15 Mei 2000)

Oor die verhoogstuk het die regisseur, Janice Honeyman, aan Stephanie Nieuwoudt (Die Burger, 10 April 2002) vertel dat sy die roman vir die verhoog verwerk het omdat Vatmaar ’n boek oor die land en sy mense is. "Ek dink aan alles in terme van die teater. Vatmaar is ’n boek wat ek onmiddellik besef het ek in teater kan omskep. Deur hul eie stories kan nasies hul eie geskiedenis ontdek en die konteks daarvan verstaan binne die tyd waarin hulle leef. Eie stories is uiters belangrik vir 'n nasie om trots in sy identiteit te kweek. As Suid-Afrikaners of dit nou ons krieketspan of ons akteurs is het ons só 'n minderwaardigheidskompleks oor ons Afrikanerskap dat dit ons verlam. Dis nonsens. Ons is net so goed soos enige ander nasie. (...)

"Die boek het my geroer oor die hart en die gees van die skrywer wat deur sy karakters na vore kom. Dit vergestalt onskuld en oorlewing in moeilike omstandighede danksy liefde, ondersteuning en mededeelsaamheid."

Sy het op daardie stadium nog nie ’n kans gehad om met Andrew Scholtz te praat nie."Ek wil ’n video maak en dit vir hom Mafikeng toe vat. Ek wens hy kon fees toe kom, maar hy is te siek vir die reis.

Op die KKNK se Voorbrandfees het Honeyman Vatmaar voor gehore in die bruin gemeenskappe opgevoer. "Dit was een van die ongelooflikste ervarings van my lewe. Die stuk is na die gemeenskap waaruit dit gebore is, geneem. Die mense het uit die gehoor met die akteurs gepraat. Van kinders tot ouers het hulle ten volle in elke oomblik ingeleef.

"Ek wil hê die stuk moet Johannesburg toe gaan, en Okiep toe, en Springbok en Oranjemund en Carnarvon en Citrusdal en Clanwilliam toe. Ek wil hê elke Suid-Afrikaner moet die verhaal as hul eie opeis.

"Kunstenaars is deur ’n tyd toe hulle onseker was oor die boodskap wat hulle moes uitdra. Hulle was so gewoond om die vorige bestel te kritiseer, dat hulle nie geweet het wat om met die nuwe regering te doen nie. In dié tyd het industriële teater gedy. Maar die afgelope paar maande kry ek die gevoel dat kunstenaars meer selfvertroue het om te sê wat hulle wil. Die argument dat gehore musiekteater wil hê en nie kans sien vir drama nie, is twak. Teatergangers sit deur die lang Vatmaar. Hulle is honger vir drama.”

Intussen sit Andrew nie stil nie en nog twee boeke vloei uit sy pen voort. In 1996 verskyn Langsaan die vuur: vyf lewensverhale, waarin daar verhale is wat deurdrenk is van ware pyn en lyding wat daagliks in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ervaar word.

Gabriël Botma was Die Burger (30 Julie 1997) se resensent van Langsaan die vuur. Die vyf verhale in die boek kan gesien word as "lewensverhale" wat die periode dek vanaf die geboorte van Kasper Crudorp in 1695 tot die dood van ’n sekere Kwela Modise in 1982.

Vir Botma was die een groot negatiewe punt van Langsaan die vuur dat die verhale nie ’n geheel vorm nie en nie soos die omslagteks dit beskryf, "een groot verhaal oor die 'agteruit dae van gister' is nie. Botma het voortgegaan: "’n Taamlike teleurstelling, want seker die uitstaande aspek van Vatmaar was juis die manier waarop ’n magdom karakters en stories tot ’n geheel saamgesnoer is.

"Waar Vatmaar in alle opsig verras, verbaas, vermaak en ontroer het, is Langsaan die vuur ’n afskaduwing. Dit is asof jy voorstudies van die meesterstuk lees, of stukke wat nie daardie fassinerende legkaart gehaal het nie. Maar selfs al aanvaar jy dat Langsaan die vuur eerder as ’n versameling kortverhale as ’n roman beoordeel moet word, verdwyn die spook van Vatmaar nog nie.

"Die parallelle met van die karakters en situasies in Vatmaar is in die meeste gevalle net te sterk. Waar die skrywer wel beduidend daarvan afwyk, soos in die eerste verhaal van die slaweseun wat later met sy eienares trou, en die laaste een oor die vryheidsvegter, is die resultate nie heeltemal oortuigend nie. Dit strek Scholtz nietemin tot eer dat hy dit reg kry om selfs ’n afkeurende, onwillige leser soms te laat regop sit. Al is dit net deur ’n oorspronklike woord of frase, of met die ontwapenende menslikheid wat die onderbou van sy verhale vorm. Uit dié oogpunt is dit beslis die moeite werd om Langsaan die vuur te lees."

In Beeld van 21 April 1997 sluit LS Venter sy bespreking van Langsaan die vuur as volg af: "Wie Vatmaar en Langsaan die vuur optel en lees, kan daarvan verseker wees dat hy/sy die vriend word van ’n verteller wat met die diep wysheid van ’n eenvoudige mens na ’n groot stuk Afrikaanse lewe kyk."

In 1998 word Afdraai: ’n kroniek van seermaak en seerkry, van vrede en verandering gepubliseer. Laasgenoemde, wat Scholtz ’n roman van versoening noem, se aanvanklike titel was Tapisserie en dit handel oor die Anglo-Boereoorlog en sy nadraai.

Vir Phil du Plessis was die grootste pluspunt van Afdraai die feit dat daar geskryf word oor sekere fasette van die Afrikaanse kultuur wat nie baie aandag geniet het in die verlede nie. "Die landelike gemeenskappe wat ten tye van die Anglo-Boereoorlog in die republieke gewoon het, was ’n etniese mengsel, maar Afrikaans was ’n gemene deler, so ook die feit dat hierdie pioniers uit noodsaak gesorg het dat so ver moontlik vrede en toegeneentheid geheers het.

"Scholtz se dorpie Afdraai, met die Brinks en hul bywoners die Oliviers, en as arbeiders die Juriese en Photso's op Brinks Pos daar naby, word deur die skrywer met regte lewens geskiedskryf. Afrikaans as ontwikkelende taal is ’n belangrike deel van die kroniek. Die destydse Afrikaans wat die karakters gebruik, het die eenvoudige, direkte segging van die vroeë taalbewegings.

"Ná die Tweede Wêreldoorlog, met die opkoms van gewettigde wit rassisme, verloor beide gemeenskap en taal deernis. Dat die skrywer hom in sy verhaal nie werklike wraak [toe-eien] nie, is ’n kenmerk van sy duidelik piëtistiese geloof. Van plaas na konsentrasiekamp praat Scholtz dieselfde taal as in die vroeë vertellings van Magrietha Uys. Sy deel egter glad nie die skrywer se vergewensgesindheid nie.

"In ’n verhaal wat oor 'n halwe eeu verloop, is dit natuurlik dat karakters sterf. In die helfte van die vertelling tref ’n weerligstraal Joshua en Hester, die sentrale karakters van die boek, een van die mees melodramatiese oomblikke.

"Ongelukkig is dit ook asof die weerligstraal die boek toe getref het, want die hele vertelling verloor stoom. Mens voel daarna dat elke moontlike manier gebruik word om elke los draadjie met mening na die einde toe vas te maak. (...)

"Op die ou end, in geheelindruk, is die verhaal té kompleks verweef, en gemanipuleer vir effek. My vertwyfeling oor die boek se waarde as skeppende literatuur het eers met die tweede en derde lees gekom. Die eerste lees was proe-proe, soos aan ’n nuwe bottel konfyt. Daarna het dit te soet geraak, sandsuiker en al. As roman is die styl soms werklik te outyds.

"Aan die outentisiteit van ’n volksvertelling soos dié is daar nie te twyfel nie, en die boek het wel ’n emosionele slaankrag en baie kostelikhede. As skeppende literatuur is dit egter ’n goedversorgde maar moeë ou motorkar wat jare lank op die sinkplaatpaaie van die ou republieke die stof laat opslaan het. Die nuwe verf van publikasie besorg daaraan geen groter literêre waarde nie."

George Weideman (Rapport, 24 Januarie 1999) het as volg geskryf oor Afdraai: "Die vertelling is ’n mengsel van gelatenheid en emosionele opwelling en Scholtz slaag veral wanneer hy onderbeklemtoon. Die vertelling begin wel in die onlangse hede: twee susters en hul plaasvoorman haal uit dekades se rommel ’n aangeslane koperemmer vol skietgate, asook ’n paar velletjies papier wat gebruik is om ’n kas se laaie te bedek.

"Dis hierdie 'artefakte' wat Scholtz gebruik om geslagte wit, bruin en swart se lotsverbondenheid storiegewys saam te snoer. Die byna onleesbare kampdokument word dan vanaf die tweede hoofstuk die beginpunt van die vertellinge, langs verskeie kleiner 'geskiedenisse', van Brinkspos en Afdraai se mense. Hoe dié mense ná 1948 uitmekaargedryf word, is hier nie net statistiek en dokumentasie nie; dis rou tot op die been.

"Op die ou end, wanneer die leser terug is in die 'hede', is die oorheersende gevoel: ons moet na mekáár toe afdraai; ons het mekáár nodig. Soms hinder lastige perspektief-wisselinge; soms is daar veral aan die begin ’n soort ongemaklikheid in die vrystelling van inligting en kom dit nie altyd spontaan oor nie. En dan is daar die talle kere dat karakters die gang van die geskiedenis 'voorspel'. Die 'wete' dat daar eendag ’n man uit die gevangenis gaan kom om die swartes te verlos (p 12 en verder) is [...] ’n hinderlike ideologiese greep. Die hinderlikste is dalk die manipulerende rol van die toeval, wat meebring dat die storie soms aan geloofwaardigheid inboet.

"Afdraai is ’n knap kroniek – knap vanweë die krag van sy eenvoud, die byna naïewe vertelstyl, die fyn flitse karakterisering en bowenal die onmiskenbare strekking van menslikheid en van 'vergeefnis', 'erbarming' en 'versoening sonder maat', soos wat die skrywer in sy opdrag en nawoord bepleit."

Scholtz het ook gedigte geskryf, maar dit is nooit gepubliseer nie.

In 2002 vereer die Afrikaanse Skrywersvereniging vir Andrew deur die Patrick Petersen-gedenkprys aan hom toe te ken. Rudi Daniels onthou dat die ASV dit gedoen het omdat Andrew deur sy werk gestalte gegee het aan ’n belangrike doelstelling van die organisasie, naamlik "om die stories te vertel van mense wat andersins nie vertel sou word nie; om gesig te gee aan die gesigloses; en om stem te gee aan die stemloses”.

In 2009 is Andrew Scholtz met ’n Suid-Afrikaanse literêre toekenning (Sala) vereer in die kategorie postume literêre toekenning.

Op Woensdag 17 November 2004 sterf Andrew Scholtz op Mafikeng aan akute asma nadat hy die laaste twee maande van sy lewe ook blind was. Maar hy sal altyd die beste onthou word vir Vatmaar.

Huldeblyke

  • Annari van der Merwe: "'Daar is in elke uitgewer se loopbaan een boek wat bo alle ander uitstaan,' het Danie van Niekerk, die voormalige uitvoerende hoof van Tafelberg, eenkeer gesê. Vir hom was dit Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena. Vir my is dit Vatmaar, slegs die derde boek wat onder die Kwela-druknaam verskyn het. Selfs voor Vatmaar nog beskikbaar was, het ek geweet dat ek in my tyd by Kwela nie 'n meer uitsonderlike publikasie sal hanteer nie. ’n Relatief groot eerste oplaag is gedruk, want, het ek vol oormoed gesê, as hierdie boek nie werk nie, verkoop ek my huis.

"Hy hét gewerk, en meer as enige ander boek het Vatmaar vir Kwela op die map gesit. Dié debuutwerk van ’n 72-jarige voormalige handewerker met net laerskoolopleiding is met drie literêre pryse bekroon, en was ’n sukses in Nederlandse, Duitse en Engelse vertaling. Dit is op die planke gebring en onlangs is ’n opsie op die filmregte geneem. Die simboliese betekenis van die man wat amper in ’n biegtoon, asof dit ’n beperking was, gesê het hy kan net oor die armes, oor die eenvoudiges van gees, skryf, is nie so maklik meetbaar nie. En nou is AHM Scholtz nie meer nie, net soos die tyd waarvan hy die 'lewendagge verhaal' in Vatmaar vertel. (...)

"Dit is vir Vatmaar – ’n storie van die bruinmense van Suid-Afrika – wat hy onthou sal word en waarmee hy die grootste bydrae tot die Afrikaanse letterskat van na 1994 gemaak het. Ek was bevoorreg om hom van naderby te kon leer ken, om intiem met sy unieke skryfwerk te kon werk, en saam met hom die 'buite perke' plat dak van die groot wit huis in Geraniumstraat te kon betree, waar hy soos ’n alchemis van ouds iets edels uit ’n vreemde blou vloeistof wou laat uitkristalliseer." (Die Burger, 19 November 2002)

  • Willem Fransman jr: "'n Seder het in Mafikeng geval. Oom AHM Scholtz is nie meer nie. Maar wat ’n voorreg was dit nie om in sy teenwoordigheid te wees nie. Die oompie wat, met sy sagte stem, met soveel deernis kon praat oor 'my mense'. En wat so gevoelvol daardie mense van sy grootword-wêreld met deernis en menslikheid kon teken.

"Ons eerste en enigste kennismaking was in Bloemfontein met die oorhandiging van die Patrick Petersen-toekenning wat die Afrikaanse Skrywersvereniging aan hom gegee het. Moeg van die lang reis vanaf Mafikeng na Bloemfontein het hy opgedaag. Hygend van die asma wat sy beweeglikheid sou beperk. Hy het die vertrek statig binnegekom. Amper soos ’n koninklike. Met al sy oorlogsmedaljes op sy bors het hy so trots, so fier, daar uitgesien. Sy aanvaardingstoespraak was ook nie deurspek met clichés nie. Nee, dit was eerder die woorde van ’n dankbare mens wat deur medeskrywers vereer word – en wat volgens hom nie waardig is om 'so iets' te verdien nie. Na die oorhandiging het ek ’n greep uit sy debuutroman, Vatmaar, opgevoer. Ironies genoeg nogal die een oor die eerste begrafnis uit die Sendingkerk op Vatmaar. Dié van ouma Lewis!

"Na die vertoning het hy trane in sy oë gehad, opgestaan en my hand kom vat. Dit was die eerste keer dat hy sy eie werk op die planke gesien het. ’n Mens kon die dankbaarheid in sy oë lees. Vir hom was niks te veel moeite nie. Die uitlig van die klein mens het duidelik uit al sy werk geblyk. Maar daardie eienskappe was ook in homself teenwoordig.

"Hoewel dit nie wyd bekend is nie, was hy ook ’n digter. Maar hy was bowenal ’n fyn waarnemer wat oor sy bestaanswêreld met ’n eerlikheid geskryf het wat ons nie voor Vatmaar geken het nie. Hy het ’n nie-bruin leserskorps in die binnekamers van die bruin mense ingeneem en hul hartsgeheime ontsluit. Sonder pretensie. En sonder omhaal van mooi woorde soms.

"Annari van der Merwe moet ook baie krediet kry dat sy oom Henry 'opgetrek het na ’n hoër plek en nie net daaronder gelos het nie' (sy woorde). Vatmaar is haar vlagskip-produksie. ’n Seder het beslis geval in Mafikeng en die jong boompies (lees opkomende skrywers) treur oor sy heengaan. Die skrywerswêreld is van nog ’n stryder ontneem. Mooi loop, oom Scholtz." (Die Burger, 20 November 2004)

  • Beeld-hoofartikel: "'Ek gaan ’n storie vertel van die bruin mense van Suid-Afrika,' het AHM Scholtz in sy bekroonde roman Vatmaar geskryf. Die verskyning van Vatmaar in 1995 was ’n belangrike gebeurtenis in die Afrikaanse letterkunde. Met dié boek het Scholtz skrywers wat vervreem was van Afrikaans teruggebring na hul moedertaal. Dit was nie langer ’n taal wat hulle net in privaatheid gepraat het nie, maar waarmee hulle hul in die openbaar kon identifiseer. Scholtz, wat net laerskoolopleiding gehad het, was die eerste skrywer sonder formele opleiding wie se werk gepubliseer is. Dit het aan ander die selfvertroue gegee om ook húl stories met lesers te deel. Laat ons vir Scholtz ’n kers aansteek omdat hy ’n bepaalde Afrikaanse leefwêreld vir ons oopgeskryf het soos nooit vantevore nie. En laat ons ook hulde bring aan sy uitgewer, Annari van der Merwe van Kwela, wat voorheen stemloses soos Scholtz ’n stem gegee het." (Beeld, 22 November 2004)
  • Chris van der Merwe: "Met ’n pragtige humor en ’n sprankelende taal het Scholtz vir ons in sy drie boeke ’n aantal onvergeetlike karakters geskep; het hy nuwe ruimtes vir die Afrikaanse prosa en die Afrikaanse leefwêreld oopgemaak. Hy was ’n romantikus en ’n realis ineen, wat sowel die hoë ideale van ’n grenslose liefde as die harde realiteit van rassisme geopenbaar het. Sy werk is deurtrek met ’n positiewe religieuse instelling, maar beeld ook situasies uit waarin die gelowige kopskuddend sê: 'Nee, nee, my God' (Langsaan die vuur, p 115). Kenmerkend van sy oeuvre is die eenvoud daarvan; tog bevat dit ’n diepsinnige en gesofistikeerde lewenswysheid. Vir só iemand haal ek my hoed af." (LitNet)

In sy huldeblyk op LitNet ná die afsterwe van AHM Scholtz vat Chris van der Merwe AHM Scholtz se klein, maar belangrike oeuvre as volg saam: "[H]y, wat maar min geleerdheid besit, besluit om ’n roman te skryf, en op 72-jarige leeftyd verskyn uit sy pen Vatmaar – 'n lewendagge verhaal van 'n tyd wat nie meer is nie. Dit word ’n reusesukses, verower verskeie literêre pryse in Afrikaans en vaar ook uitstekend in Nederlandse, Duitse en Engelse vertaling.

"Die meeste mense verbind Scholtz uitsluitlik met hierdie een grootse werk en vergeet van sy ander twee boeke: Langsaan die vuur – Vyf lewensverhale (1996) en Afdraai – 'n Kroniek (1998). In hierdie twee boeke toon Scholtz egter ook dat hy ’n uitstekende verteller is, iemand met ’n unieke styl en eie lewensuitkyk.

"In Langsaan die vuur rig hy sy oog op vyf onbekende mense, soos wat hy self die grootste deel van sy lewe was, en vertel hul buitengewone stories. Die verhale het ’n dokumentêre inslag, met foto's, geboorte- en sterfdatums daarby – Scholtz herinner ons aan die 'stiltes' in ons geskiedenis, hy wil aan die ongehoordes ’n stem gee. Die 'terroris' Kwela Modise van die laaste verhaal, wat uiteindelik as vryheidsheld vereer word, herinner ons daaraan hoe maklik die oordeel van die geskiedenis kan verander. Soos in sy ander werke, rig Scholtz hom steeds teen die kunsmatige verdelings in die samelewing en sien hy Afrikaans as bindende krag:

"Ons is almal Afrikaners, sê Richard – soos in Engels gesê: African. En ons taal maak ons Afrikaans. Mens is die taal wat jy praat, Ethel, sê hy. Hulle gee die wit Afrikaners die naam Boere – wat ’n mooi woord: mense van die land. Maar die Engelse se vrees draai ’n mooi woord om en sê: Boors, wat klink soos wildevarke op Engels. Dis ons almal se land, Ethel. Die land waarin jy gebore is, is jou land. Sy klim op die bed. Ek hoop hulle verander die lelike woord, Cape Coloured, sê sy moeg. Dit klink vir my soos ’n dier wat ingekleur is (p 77).

"In Afdraai plaas Scholtz sy eie stempel op bekende temas in die Afrikaanse letterkunde: die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902 en die plaasroman. Dit is asof hy afdraai van die ou bekende perspektief van Afrikaner-nasionalisme. Wanneer hy oor die konsentrasiekampe vertel, is dit nie Afrikaner-lyding wat sentraal gestel word nie, maar die feit dat ’n gekleurde persoon hier algemene waardering vind, anders as in die na-oorlogse jare. In die opbou van die verwoeste plaas is dit nie die blanke boereman wat sentraal is nie, maar ’n bywonervrou van gemengde afkoms; ook die belangrike rol van die gekleurde werkers word beklemtoon.

"'Ras-egtheid' word nooit by Scholtz op prys gestel nie, maar juis die liefde wat kunsmatige grense oorskry.

"'Die liefde ken nie grense nie' – so sê Flip in die onvergeetlike toneel van Ouma Lewies se begrafnis in Vatmaar. 'In my Father's house are many mansions' is die gepaste teksvers by hierdie geleentheid, waar daar uit die Engelse Bybel gelees word ter wille van Ouma Lewies se Engelssprekende man. Oom Chai, wat die diens lei, en Oupa Lewies omhels mekaar 'soos net tweelinge kan', haal elkeen sy kakiesakdoek uit en droog mekaar se trane af. Hierdie 'tweeling' kan nie deur die verskille in taal en kerkverband en ras geskei word nie.

"Die helde en heldinne van Vatmaar is diegene wat oor die grense van ras liefhet – mense soos die swart vrou MaKhumalo wat ’n wit seun aanneem, Oupa Lewies wat met ’n swart vrou trou, en Suzan wat vir Nellie Ndola troos, al is laasgenoemde swart en lelik.

"Naas hierdie persone wat die ideale van die roman beliggaam, is daar egter ook ander wat die harde werklikheid van rassisme verteenwoordig, byvoorbeeld Oupa Lewies se twee kinders: Elsa, lig van kleur, Rooms-Katoliek en Engels, wat haar neus optrek vir die mense van Vatmaar, en Tommy, wat ’n swart vrou seksueel misbruik en dan verstoot.

"Vatmaar is ’n eenvoudige verhaal, maar dit is nie simplisties nie. Wanneer die goeie tant Wonnie onskuldig gearresteer word, kom oeroue kwelvrae na vore: Waarom moet die onskuldige ly? Waarom laat God dit toe? Wanneer tant Wonnie deur die konstabel tronk toe geneem word, flits ’n hele reeks herinneringe deur haar gedagtes. Hulle het almal te make met gevalle waar mense onregverdig ly – veral gekleurde persone wat deur blankes mishandel word. Tant Wonnie vind haar vrede deur die geloof in God wat in haar woon en haar onder alle omstandighede bystaan. Hoewel hierdie geloof deur ’n paar gevaarlike knikke gaan, het tant Wonnie se lewe wel ’n gelukkige einde – die gelukkige afloop wat so dikwels in Scholtz se werk te vinde is.

"Sy boeke openbaar egter nie ’n naïewe siening dat goedheid altyd na verdienste beloon word nie. In teenstelling met die gang van tant Wonnie se lewe, waar haar geloof vrugte afwerp, is daar die geval van twee mense wat saam met haar in die hof beland: Benny O'Grady en Hendruk Jannewarie, wat albei van diefstal aangekla word. Benny steur hom nie aan die waarheid nie – sy advies is: 'Onthou, sê altyd jy is onskuldig en doen jou bes om nie skuldig te lyk nie' (p 163). Sy taktiek werk, en hy wen sy saak, alhoewel hy in werklikheid skuldig aan diefstal is. 'Met ’n glimlag het hy gesê sodat almal dit kon hoor: Geregtigheid het geseëvier – en gedink aan die ander vyf skape wat hy by Mineer Lambrecht gesteel het' (p 165). Hendruk, daarenteen, wat in werklikheid onskuldig is, en altyd die waarheid praat, en wat dink: 'Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my vrymaak' (p 171) – hy kry ag jaar hardepad."

Publikasies:

Publikasies

Publikasie

Vatmaar: ’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is nie

Publikasiedatum

  • 1995
  • Skooluitgawe 2008

ISBN

  • 0795700059 (sb)
  • 9780795702648 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • Eugène Marais-prys 1996
  • M-Net-prys 1996
  • CNA-debuutprys 1996

Vertalings

  • Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens
  • Duits vertaal deur Arnold Blumer
  • Engels vertaal deur Chris van Wyk

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Langsaan die vuur: vyf lewensverhale

Publikasiedatum

1996

ISBN

0795700385 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Afdraai: ’n kroniek van seermaak en seerkry, van vrede en verandering

Publikasiedatum

1998

ISBN

0795700628 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Artikels oor en deur AHM Scholtz beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post AHM Scholtz (1923–2004) appeared first on LitNet.

Open South Africa for local languages

$
0
0

hanspienaar_650

Hans Pienaar (photo: Versindaba)

I am all for transformation. Starting tomorrow. No, starting today. Which is why I believe Stellenbosch University should remain Afrikaans.

I didn’t watch the #luister video posted on YouTube. I didn’t have to. I know all too well about the anger and frustration experienced by black people in Stellenbosch.

I know what it is to take a black friend into a bar and see hairs bristling on the necks of white, Afrikaans patrons. Every time I go to Stellenbosch I am disappointed by an incident of naked racism straight from the old times.

I believe the fact that a plaque honouring HF Verwoerd was only recently removed from Stellenbosch University is a crime against humanity. Clearly Stellenbosch and the university still have a long way to go to eradicate the vestiges of apartheid.

But I also didn’t watch #luister because, as a journalist, I could not take its model seriously, especially when one of the makers declared they were foregoing "this texting thing" for social media. Writing in the print media, one suspects, would have entailed getting some balance, also posting accounts about the many ordinary encounters people have in Stellenbosch where race simply doesn’t count.

...
Far better insight can be gained from the debate on LitNet, the Afrikaans literary website run from Stellenbosch. Participants pull no punches on the racism, also not the open antiwhite sentiments expressed by Open Stellenbosch members. Elsewhere, foreign students say they regard the Afrikaans they picked up as a tremendous bonus, and it is an inconvenient fact that Afrikaans opens up doors, not only in SA, but also in the Benelux countries, which are consistently rated more advanced than English-speaking ones.

Certainly, as a piece of activism #luister has been wildly successful, and has created a model for the future. Instead of ineffectual Facebook petitions one should gather two dozen or so angry people, have them make statements for YouTube; cast this into a racial framework; allude to Afrikaans as a symbol of privilege and you will have the ear of Parliament — new parties and flopping branches of old ones.

Hopefully we can do the same with the nuclear debate (Afrikaners ran Pelindaba, you know), or fracking or saving the rhino (Afrikaner hunters, hey).

Looking beyond the video, though, the demands that Open Stellenbosch blares out are not only wildly emotional and impractical, they are also taking the transformation debate into completely the wrong direction when they call for Stellenbosch’s full Anglicisation.

What is it we want from transformation? Surely it has to be placed in the context of our crises here and now, as recently demonstrated by the figure that 66% of South African children grow up in fatherless homes. And surely one question should dominate the conversation: why is the key to lifting us out of the poverty underlying this calamity — education — in such a mess?

Many analyses have been written, but there consistently seems to be an avoidance of the one deep deficiency staring us in the face: language. Most teaching is being done in an English that much too often is utterly inadequate, by too many untrained teachers who have a disdain for their own languages.

...
THE ruling classes keep on analysing SA in terms of dated and pseudomarxist class concepts, but I see a neat division between the suburban elite, of mixed race, from the rest who are overwhelmingly black and live in apartheid townships and former homelands. It is a deep, near insurmountable division established through a very simple mechanism: competency in English.

That English is less exclusive than Afrikaans is a fallacy. Read why in the book, Exclusionary Empire, edited by Cambridge professor Jack P Greene. I got it at a sale at Exclusive Books, which built its brand on this exclusionary engine at the heart of English culture, which relentlessly marginalises books in local languages.

What happens at Exclusive Books is a microcosm of the South African economy, built around a hierarchy with at its apex those with the greatest command of English.

According to Greene’s book, the British empire’s colonial exclusions were often justified by the outsiders’ inability to adhere to a set of libertarian principles that we would today call human rights. A rights-based politics is the most democratic and also the most efficient, but it can be used to exclude those who place a higher value on tradition, sociocultural safety nets and the pleasures of ethnocentric life.

The Anglo-American empire began peaking from the 18th century, during which local peoples and cultures were systematically exterminated or subjugated into slave labour. In the 20th century, the Anglocentric military-industrial complex used the hard labour of wartime civilians to help build a multinational corporate empire that later exported its hard labour jobs to the special economic zones of the Far East.

In the 21st century, the knowledge economy is overwhelmingly Anglocentric. The robotising global IT industry is sucking in technicians and others, based in technology-driven disciplines, who speak English. And that is why calls to Anglicise institutions, in SA and elsewhere, can be read as entrenching the global status quo — and so as deeply reactionary, even jingoistic.

Anglicising our education will only boost the stream of South Africans of all races leaving for better options overseas. The good English provided by apartheid took nearly a million Afrikaners and their skills out of SA, not their Afrikaans.

How to escape this, is far from clear. The other side of the coin is that command of the global lingua franca is mandatory, and English in itself is enriching in so many ways. But scores of citizens will agree Minister of Higher Education’s spokesman Khaye Nkwanyana is on the right track that we need to "aggressively" develop local vernaculars. And even more right that this will be a tortuous process. However, no one in the ruling elite seems to have any clue, or any plan, on how to go about this.

There are people who do know how to promote local vernaculars: Afrikaners. Developing Afrikaans came with much sweat and tears, culminating in its acceptance as a proper language only in 1925.

...
HOW do we get Afrikaners on board the transformation train? Simple: bribe them. Not with monetary guarantees, but with cultural guarantees. Make a deal that you would allow the universities of Potchefstroom and Stellenbosch to stay Afrikaans in exchange for setting up institutions dedicated to building the linguistic infrastructure needed for local African languages to thrive educationally, using Afrikaans as the model. Give them a little more money and then demand that they spend 10% of their total budgets on this.

Such institutions would help produce teachers to run schools in local languages where pupils are taught mathematics and all the other subjects in their mother tongue. I am willing to bet that hundreds, if not thousands of Afrikaners from all over the world would rush over to take part in such a project, both as a way to ensure Afrikaans’ survival, and to assuage the guilt that a great many of them do feel over apartheid.

Another part of the tradeoff could be to demand an initiatory programme to teach all students that Afrikaans is not a white, Eurocentric language as racist Afrikaners believe, but one created by black and Asian slaves and labourers.

However, I don’t see this kind of solution being pursued. Many in SA’s elite seem quite happy to lord it over a divided society where the non-English excluded are a ready reservoir for cheap manual labour. And a government with South African Communist Party members in the advance guard, will always need the conversation to be in English, because their ideology can only be practised in a European language.

Meanwhile, Open Stellenbosch and its supporters’ linkage of race with language is herding Afrikaners into a new laager where racism will only end up being reinforced.

• Pienaar is a writer. His latest book is the novel My China. This contribution was originally published in Business Day.

>>Back to The Open Stellenbosch Seminar

The post Open South Africa for local languages appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>