Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog wat in internasionale vakkundige tydskrifte verskyn het

$
0
0

 

handrebrand

Handré Brand

Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is baie goed gedokumenteer soos blyk uit die groot getal boeke, biografieë, outobiografieë, koerant- en populêretydskrifartikels, ongepubliseerde dokumente, argief- en museummateriaal asook mondelinge getuienis wat beskikbaar is. Vergelykenderwys het minder artikels in vakkundige tydskrifte oor die onderwerp verskyn. Pakenham (2009:620) verwys byvoorbeeld na slegs enkele wetenskaplike tydskrifte in sy bronnelys, insluitende The Proceedings of the Royal Artillery Institution en die Military History Journal of South Africa.

Volgens Almeida (2013) het die eerste wetenskaplike tydskrif, The Philosophical Transactions of the Royal Society of London, in 1665 as mondstuk van die Royal Society of London verskyn. Gedurende die 1800’s het die volgende tydskrifte hul verskyning gemaak: Nature, Science, The Provincial Medical and Surgical Journal (voorloper van die British Medical Journal), The New England Journal of Medicine, The Journal of the American Medical Association en Lancet.

medical_surgical_journal

Voorbeeld van akademiese tydskrif uit 1840 (Bron: provmedsurgj00978-0001b.pdf)

Die meeste artikels in wetenskaplike tydskrifte word aan keuring en ewekniebeoordeling blootgestel, wat die betroubaarheid van die publikasies verhoog. Dit kan met redelike sekerheid aanvaar word dat hierdie tipe evalueringsprosedures ook by die vroeë gepubliseerde tydskrifartikels oor die ABO van toepassing was, en die gehalte van die artikelinhoude dus van hoogstaande aard was.

Die doel met hierdie ondersoek is om te bepaal watter artikels so vroeg as moontlik na afloop van die oorlogsverklaring op 11 Oktober 1899 oor die ABO in erkende internasionale, vakkundige, wetenskaplik/opvoedkundige tydskrifte verskyn het. Wie was die skrywers? In watter tydskrifte is gepubliseer? Waaroor is gepubliseer? En wat kan gesê word oor die kwaliteit van die artikels?

Die prosedure wat hier gevolg is om die toepaslike verwysings op te spoor het die volgende benaderings ingesluit: raadpleging van die bronnelyste van bestaande publikasies oor die ABO, soos boeke en tydskrifartikels; die aflaai van volteks-internetbronne; interbiblioteeklenings; e-pos-kommunikasie met internasionale tydskrifte, insluitend die New England Journal of Medicine; British Medical Journal; Cambridge University Library; National Library of Scotland; Lancet; e-pos-korrespondensie met museums en persoonlike kommunikasie met kundiges op die gebied van die ABO.

Grobler (2008) sluit in sy bronnelys ‘n verwysing na Boon, NJ (1899, 1900, 1901) in: De oorlog in Zuid-Afrika, Periodical Publication, Amsterdam. Die vraag ontstaan: Wat word met Periodical Publication bedoel? Is dit ‘n boek- of tydskrifpublikasie? Geen inligting oor hierdie verwysing kon per internet opgespoor word nie, maar deur middel van persoonlike kommunikasie (Fransjohan Pretorius, 22 Augustus 2015) is vasgestel dat “die Nederlanders tydens en kort ná die Anglo-Boereoorlog verskeie pro-Boer geskrifte die lig laat sien het. Dié publikasie val in daardie kategorie. Dit het egter as 'n vlugskrif en nie as 'n tydskrif verskyn nie, en dit kan nie as 'n opvoedkundige of vakkundige tydskrif geklassifiseer word nie, maar wel suiwer pro-Boer propaganda.”

Volgens hierdie oorsig van die literatuur het die eerste redakteursartikel, “The War in South Africa”, in ‘n erkende akademiese joernaal op 14 Oktober 1899 (met ander woorde slegs drie dae na die oorlogsverklaring) in Lancet verskyn. Die temas het gehandel oor die uitbreek van die oorlog (daar word verwys na die arrogante en diktatoriale toon van die Republieke se oorlogsverklaring), die mediese reëlings met die Britse grondmagte en ‘n gedetailleerde bespreking van die Spartan, ‘n hospitaalskip bestem vir Durban, wat deur “triple expansion engines” van 600 perdekrag aangedryf is.

Die redakteursrubriek “The War in South Africa” word voortgesit in die daaropvolgende uitgawe van Lancet (nr 3973, 21 Oktober 1899). Hierdie rubriek konsentreer op die mediese implikasies van die oorlog in Suid-Afrika. ‘n Lys van siektes waaraan die soldate blootgestel sou wees, word gegee: “Febrile diseases of a continued type” (epileptiese aanvalle met hoë koors geassosieer); die enteriese siektes (“enteric fever and dysentery”); diarree en malaria.

warreporter_boereoorlog

Die vroegste korrespondensie-artikel in ‘n erkende joernaal wat opgespoor kon word, is deur George Stoker geskryf oor vrywillige ambulans- en verplegingsdienste tydens die ABO en het op 21 Oktober 1899 (maw slegs 10 dae na die oorlogsverklaring) in die British Medical Journal (BMJ) verskyn. Die skrywer verwys na ‘n verwagte 100 000 (ongeveer 10%) gewonde en siek soldate (wat volgens hom ‘n konserwatiewe skatting is). Hierdie pasiënte behoort eerder onmiddellik op die toneel behandeling te ontvang as om vervoer te word. Onder hierdie omstandighede is ‘n onafhanklike (maw burgerlike) ambulansdiens, ten volle toegerus met eie personeel, toerusting en transport, onder bevel van die militêre bevelvoerders die beste opsie. Die verpleegsters moet beslis kenners van “sick-cookery” wees.

Op 18 November 1899 verskyn die volgende artikel (ook in die BMJ) oor mediese aspekte van die ABO. Die anonieme skrywer word aangegee as “a South African Campaigner”. Britse hospitaalskepe en -treine sou onmiddellik beskikbaar gestel word, en dit blyk duidelik dat die mediese dienste aan Boerekant (volgens Britse oordeel) ontoereikend was. Gevolglik sou die Britse mediese dienste ook ‘n beduidende gedeelte van hul tyd aan Boeregewondes moet spandeer. ‘n Vergelyking tussen Mauser- en Lee Metford-koeëlwonde word gemaak (in al twee gevalle veroorsaak die ingang- en uitgangspunte klein en skoon wonde met beperkte weefselbeskadiging). Daar word verwys na bomskrapnelwonde wat verband hou met die gebruik van meliniet en liddiet. Die bomme wat aan Boerekant (gelaai met meliniet) afgevuur is, was minder geneig om te ontplof. Liddietbomme is vir die eerste keer op 30 Oktober 1899 op die plaas Farquhar¹ deur die Britte in ‘n veldslag afgevuur. Daar word verwys na generaal Piet Joubert wat amptelik beswaar aangeteken het oor die gebruik van liddiet deur die Britse magte. ‘n Betekenisvolle opmerking deur die skrywer: “men or animals killed by the explosion of lyddite have been found in some cases to show no wounds whatever”, wat kan verwys na die versmorende effek van die liddietdampe en gas wat koolstofmonoksied bevat het.

Drie verdere faktore met implikasies vir mediese dienslewering word in hierdie artikel bespreek, naamlik die effek van die Transvaalse en Vrystaatse somerhitte, die klimaat op die hoëveld en die implikasie van donderstorms.

Bogenoemde artikel is opgevolg deur twee verdere artikels in die 25 November 1899-uitgawe van die BMJ. Die eerste is ‘n opvolgartikel deur die South African Campaigner” in die rubriek “The Medical Aspects of the Boer War”. Die artikel verwys na die aard van die Britse gevegslinie, die beleg van Kimberley, en strategiese spoorvervoer (die strategiese aspekte rakende die spoorlyn wat deurgaans binne bereik van die weermag moes wees). Onder die rubriek “War in South Africa”, wat op hierdie stadium vir die eerste keer in die BMJ verskyn, skryf die spesiale Britse korrespondent in Kaapstad oor militêre sensuur, die Mediese Korps van die Koninklike Weermag, die Britse ambulanstreine, asook die Kaapse Sentrum vir die St Johns Ambulansdiens.

Wat Amerikaanse artikels betref wat vroeg na die oorlogverklaring verskyn het, word hier slegs na vier voorbeelde verwys. Die vroegste opspoorbare artikel was ‘n verwysing na maagkoors (“typhoid”) wat in die redakteursrubriek van die uitgawe van 2 November (1899, bl 453) van die Boston Medical Surgical Journal verskyn het: “British service will be watched for with interest by all military sanitarians and should it turn out to be unexpectedly small in the present war with the Boers, it is more likely that other countries sending their troops to regions where typhoid fever is unusually prevalent will follow the example …”

Die Journal of the American Medical Association (JAMA) publiseer op 18 November 1899 ‘n “Minor Comment” dat drie van Engeland se top sjirurge (Sir William MacCormac, Mr Frederic Treves en Mr G Makins) as konsulterende snydokters die Britse troepe in Suid-Afrika sal vergesel teen salarisse wat wissel tussen 5 000 en 25 000 Britse pond per jaar.

‘n Uitstekende Amerikaanse artikel oor die strategiese aard en belang van militêre operasies van die Suid-Afrikaanse topografie en geomorfologie het in die Mei 1900-uitgawe (ongeveer sewe maande na die oorlogsverklaring) van National Geographic verskyn. Die artikel, deur majoor WA Simpson, hoof van militêre inligting van die Amerikaanse Oorlogsdepartement, beslaan sewe bladsye en is ‘n voorbeeld van die uitstekende internasionale vakkundige publikasies wat destyds oor die ABO verskyn het.

Laastens kan verwys word na ‘n volgende Amerikaanse artikel (wat goed vergelyk met die voriges wat gehalte betref) deur kaptein Carl Reichmann (van die 17de Amerikaanse Infanterie) wat handel oor sy persoonlike herinneringe en ervarings tydens veldslae in die Oranje-Vrystaat gedurende Maart 1900. Die artikel het in die Julie-November 1901-uitgawe van die Journal of the Military Service Institution of the United States (ble 56–73) verskyn.

Hierna (vanaf Mei 1900) het die internasionale artikels vinniger verskyn en ‘n wyer omvang van onderwerpe gedek. Voorbeelde van ander tydskrifte is Quarterly Review, Macmillan’s Magazine, American Historical Review, Nineteenth Century, Human Review, Anglo-Saxon Review, Westminster Review en Lancet (persoonlike kommunikasie, Elria Wessels, 2 September 2015).

Die volgende gevolgtrekkings vloei uit hierdie (beperkte) literatuurstudie voort:

Verskeie artikels in internasionale wetenskaplike/opvoedkundige joernale het reeds baie vroeg (bykans onmiddellik) na die oorlogsverklaring op 11 Oktober 1899 die lig gesien.

Die vroegste artikels het in Lancet en die BMJ verskyn en is kort daarna opgevolg deur publikasies in Amerikaanse tydskrifte. Min artikels oor die ABO in oorlogsjoernale wat gedurende Oktober–Desember 1899 verskyn het, kon opgespoor word.

Die eerste onderwerpe het spesifiek gehandel oor die aard van die oorlogsverklaring en die onvermydelikheid van oorlog, mediese militêre toerusting, vrywillige ambulansdienste en verpleging. In ‘n daaropvolgende artikel het ‘n anonieme skrywer algemene aktuele mediese kwessies aangesny wat uit die oorlogsomgewing voortgevloei het.

Die temas in die eerste artikels was gevolglik meer geneeskundig as militêr georiënteerd. Die Britse militêre veldtog was natuurlik die oorsaaklike faktor van die fokus in die literatuur op die mediese gevolge van oorlog.

Die gehalte van die publikasies was oor die algemeen uitstekend, soos verwag kon word van gepubliseerde materiaal wat deeglik deur vaktydskrifredaksies geskrutineer word.

Die inhoud van die klein groepie geselekteerde akademiese artikels in hierdie literatuuroorsig getuig hoofsaaklik van ‘n gebalanseerde en realistiese benadering deur die onderskeie skrywers ten opsigte van ‘n histories sensitiewe internasionale vraagstuk. As voorbeeld kan verwys word na die objektiewe wyse waarop oor die “alleged poisonous copper-coated mauser bullits” verslag gedoen is – kyk Lancet, 6 Junie 1900, 1:1741–2.

Bronnelys

Vaktydskrifartikels

A South African Campaigner (1899). The medical aspects of the boer war. British Medical Journal, 2, November 18, 1430.

A South African Campaigner (1899). The medical aspects of the boer war. British Medical Journal, 2, 25 November, 1485.

Correspondence (1899). Voluntary ambulances and nursing in South Africa. British Medical Journal, 2, 1 Oktober, 1136.

Editorial (1899). War in South Africa. The Lancet, 154, 3972, 1033–7.

Editorial (1899). War in South Africa. The Lancet, 154, 3973, 1115–6.

Editorial (1899). Higher medical education. Quarantine regulations. Protective inoculation against typhoid. Medical notes. Boston Medical Surgical Journal, 141, November 2, 453–7.

Minor Comments (1899). Surgeons appreciated. Journal of the American Medical Association, 21, 1298.

Reichman, C. (1901). Personal reminiscences from the campaign in the Orange Free State in March 1900. Journal of the Military Service Institution of the United States, 29, Julie–Desember, 56–73.

Simpson, WA. (1900). Influence of geographical conditions on military operations in South Africa. National Geographic, May, 186–92.

Special Correspondent in Cape Town. (1899). The war in South Africa. British Medical Journal, 2, 25 November, 1487.

Boeke

Grobler, JEH. (2008). The war reporter. The Anglo-boer war through the eyes of the burghers. Jonathan Ball, Johannesburg.

Pakenham, T. (2009). Die boere-oorlog. Jonathan Ball, Johannesburg.

Persoonlike kommunikasie

Pretorius, F. (2015). Mededelings oor die verwysing H.J Boon (1899,1900,1901) in Grobler (2008).

Wessels, E. (2015). Internasionale tydskrifte wat vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog gepubliseer het.

Internetpublikasies

Almeida, P. (2013). The origins and purpose of scientific publications. Afgelaai op 6/9/2015 van http://blog.efpsa.org/2013/04/30/the-origins-of-scientific-publishing.

Voetnota

¹ Die plaas Farquhar is omtrent 6 km vanaf Ladysmith (Natal) geleë, en na alle waarskynlikheid na die Ierse dramaturg George Farquhar vernoem (http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/SOUTH-AFRICA/1997-10/0876556223).

Dankbetuigings

Vicky Heunis, versamelingsbestuurder, Anglo-Boereoorlogmuseum, wat kundige insette oor toepaslike bronne gelewer het.

Elria Wessels, voorheen senior navorser Anglo-Boereoorlog Museum, Bloemfontein, wat nuttige verwysings na vroeë joernaalartikels beskikbaar gestel het.

Opmerking

Die skrywer is weldeeglik bewus van die beperkings van hierdie studie uit ‘n metodologiese oogpunt, en maak geensins daarop aanspraak dat alle toepaslike bronne oor die onderwerp geraadpleeg is nie. Die studie was bloot verkennend van aard.

The post Vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog wat in internasionale vakkundige tydskrifte verskyn het appeared first on LitNet.


Tien vrae: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek

$
0
0

nicolstassen650

Nicol Stassen (foto: Naomi Bruwer)

Skrywers oor hul nuwe boeke: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek

  1. Waarom het jy Die Dorslandtrek geskryf?

Die Dorslandtrek is vir my een van die fassinerendste gebeurtenisse in die hele Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ten spyte daarvan het dit in baie min wetenskaplike werke of geskiedenisboeke van Suid-Afrika neerslag gevind. Die ongelukkige gevolg hiervan is dat ’n menigte wanindrukke lank genoeg kans gekry het om wortel te skiet. Dit het byvoorbeeld net mooi 100 jaar geduur voordat die eerste wetenskaplike werk oor die Dorslandtrek – NA Burger se DPhil-proefskrif, “Die Dorslandtrek. ’n Histories-geografiese studie, 1870–1954” (1978) – geskryf is. Bykans 40 jaar ná Burger se werk het dit opnuut tyd geword om die Dorslandtrek aan ’n wetenskaplike ondersoek te onderwerp. In navolging van Burger het ek gepoog om ’n “grondiger, samevattender en omvattender” studie oor die Dorslandtrek te skryf. Daar is ook gepoog om tekortkominge, veral verkeerde gevolgtrekkings en afleidings, van vorige navorsers te oorbrug, om bestaande feite grondig te ontleed, om nuwe feite oor die gebeurtenis op ’n omvangryke wyse byeen te bring, dit te sistematiseer en te evalueer en ’n omvattende, objektiewe geskiedenis daar te stel.

  1. Om 'n boek oor enige aspek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis binne die huidige Suid-Afrikaanse tydsgees te skryf, is uitdagend. Watter aspekte van die navorsing was vir jou van die grootste belang (of: wie almal se narratief wou jy in hierdie boek sien neerslag vind)?

Die debat oor baie aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis word deur onkunde, mites en wanopvattings oorheers en daar word min moeite gedoen om objektiewe sekondêre bronne of die oorspronklike primêre bronne te raadpleeg. Dit het dus al hoe noodsaakliker geword om opnuut na verskillende aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis te kyk en om oor die relevansie daarvan vir die huidige samelewing te besin.

Ek het die navorsing ook aangepak met die doel dat dit ook vir die huidige samelewing van nut moet wees. Ek het mettertyd besef dat dit nie my taak behoort te wees om antwoorde te verskaf nie, maar om die vrae wat ek vir myself aan die begin van die navorsing gevra het, beter te probeer verstaan. Ek wil die hoop uitspreek dat my navorsing sal help om hierdie enigmatiese onderwerp beter te verstaan.

Uiteindelik vertel ek die verhaal van doodgewone mense wat buitengewone gebeurtenisse beleef het.

  1. Trek is deel van die geskiedenis. Waarom in die besonder die Dorslandtrek vanaf 1874 tot 1881 uitsonder?

Die groot Suid-Afrikaanse historikus PJ van der Merwe het die trekverskynsel tot in diepte ondersoek in sy trilogie Die noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770–1842), Die trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657–1842) en Trek: Studies oor die mobiliteit van die pioniersbevolking aan die Kaap. Met my navorsing het ek agtergekom dat die omstandighede van die Dorslandtrekkers net eenvoudig te veel van dié van die Kaapse trekboere verskil het en dat Van der Merwe se gevolgtrekkings nie meer op die Dorslandtrekkers van toepassing gemaak kan word nie. Dit het vir my dus nodig geword om opnuut na die trekverskynsel te kyk.

  1. 'n Trek is nie net 'n aksie nie. Dit word voorafgegaan deur baie komplekse en emosionele faktore, soos wat jy uiteensit in jou afdeling wat handel oor redes/motiverings vir die trek. Wat het jou persoonlik opgeval in jou navorsing: wat was die hoofredes waarom hierdie mense wou wegkom van waar hulle was en wou wegkom spesifiek na waarheen hulle verhuis het?

Ek het in my boek minstens 16 moontlike trekredes, wat wissel van godsdienstige, politieke en ekonomiese redes tot die sogenaamde trekgees, ondersoek. Hoewel sommige moontlike trekredes baie aanneemlik gelyk het, moes hulle ook verklaar hoekom sowat 85% van die trekkers Doppers (lidmate van die Gereformeerde Kerk) was.

Ek het mettertyd tot die gevolgtrekking gekom dat daar waarskynlik nie slegs een enkele rede was nie, maar ’n kombinasie van redes, waarom die beswaardes besluit het om te trek. Die primêre trekredes sluit godsdienstige redes in, soos die teenkanting teen president Thomas Burgers se “dwaalleringe”, spesifiek sy nuwe onderwyswet, toestande in die Gereformeerde Kerk en die soeke na ’n Nuwe Jerusalem. Hierbenewens is dit ook moontlik dat die sekondêre trekredes politieke en ekonomiese redes soos die vrees vir gelykstelling aan swart mense, onsekere politieke toestande, die vrees vir Britse imperialisme en die vrees vir die beskawing (in die sin van teenkanting teen nuwe idees), gebrek aan grond en bevolkingsdruk, armoede en vrees vir nuwe belastings kon ingesluit het. Die gewaande “trekgees” kon egter geen rol in dié trek gespeel het nie.

  1. 'n Trek is nie net 'n aksie nie. Wat van die jare daarna? Toe die mense arriveer het waar hulle hulle toe uiteindelik gevestig het, was dit vir hulle toe 'n soort oplossing? Of val hierdie onderwerp buite die grense van die studie?

Die “jare daarna” is die onderwerp van my volgende boek oor die Angola-Boere. Miskien kan ek oor so ’n paar jaar beter lig werp op hierdie vraag.

dorslandtrek400

  1. Wonder ons nie almal soms oor trek nie? Wie is jou ideale leser (van hierdie boek)?

Dit sou moeilik wees om ’n ideale leser te tipeer. Omdat dit nogal ’n lywige boek is (711 bladsye), is die ideale leser waarskynlik iemand met baie deursettingsvermoë! Ek het hard probeer om die spannende verhaal van die Dorslandtrek soos ’n roman te laat lees. Die lesers sal daaroor moet oordeel of ek daarin geslaag het. Aanvanklik het ek gedink dat dit hoofsaaklik afstammelinge van Dorslandtrekkers en ’n paar historici sou wees wat die boek sou koop, maar ek is telkens verras as ek agterkom hoe uiteenlopend die publiek is wat wel die boek lees. Ek moet erken dat dit nogal besonder vleiend is.

  1. Jy is besig genoeg as besturende direkteur van Protea Boekhuis, met 'n indrukwekkende agtergrond in en kennis van tale, ingenieurswese (meestersgraad) en geskiedenis (doktorsgraad). Waarom skryf jy ook self?

Ek het besondere bevrediging uit die navorsing, die navorsingsreise, besoeke aan argiewe, onderhoude met afstammelinge van Dorslandtrekkers en die skryf van die boek geput.

  1. Werk jy reeds weer aan ‘n volgende manuskrip?

My eerste boek oor die Angola-Boere het gehandel oor die tydperk 1928–1975. Die huidige boek handel oor die Dorslandtrek en hoe die trekkers uiteindelik in 1881 in Angola aangekom het en hulle daar gevestig het. Die volgende boek handel oor die hele geskiedenis van die Angola-Boere tussen 1881 en 1928. ’n Groot deel van die afgelope 12 jaar se navorsing het ook die insameling van inligting vir hierdie volgende boek behels.

  1. Wie is jou skryfhelde (plaaslik en Afrikaans, maar ook internasionaal)?

Dit kan ’n lang lys raak. Kom ons beperk ons tot historici. Plaaslik sou ek PJ van der Merwe, Karel Schoeman en Charles van Onselen uitsonder. Onder oorsese skrywers het ek groot waardering vir Geert Mak, Johan Huizinga, Antony Beevor, Fernand Braudel en Marc Bloch.

  1. Heel persoonlik: Wat maak jou opgewonde van manuskripte wat jy ontvang, of boeke wat julle by Protea publiseer?

Ek is ’n beroepsleser en lees baie wyd. Daar is dus voortdurend manuskripte wat op my lessenaar beland en wat my opgewonde maak, byvoorbeeld as dit ’n besonder spannende manuskrip is, handel oor ’n interessante historiese onderwerp, of ’n mooi jeug- of kinderboek met treffende illustrasies is. Die voorreg om by die publikasieproses betrokke te raak en die manuskrip in ’n mooi, goed-uitgelegde boek te omskep is besonder bevredigend.

The post Tien vrae: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek appeared first on LitNet.

Neil Somers: "Ek sien myself meer as ’n realis"

$
0
0

Ná ses jaar is Neil Somers terug met ’n tweede album, Hierdie hande. Hy beantwoord ’n paar vrae oor sy liedere, musikantwees en die lewe.

Goeiedag, Neil. Hoe's dinge?

Dagsê Henry, redelik mal op dié stadium, dankie. Amper elke dag ’n radio-onderhoud. Bemarking van die CD hou ons vreeslik besig. Maar ek kla nie. Dis lekker om weer na ses jaar ’n nuwe album in die mark te hê!

Geluk met die vrystelling van Hierdie hande. Soos jy sê, dis ’n goeie ses jaar ná jou debuutalbum uitgereik is – waarom die lang wag in hierdie opsig? Hoe het jy die album anders benader in terme van die skryf en samestelling daarvan as met jou eerste, en hoe het die opnameproses verskil?

Baie dankie. ’n Paar redes eintlik. Die afgelope ses jaar het die ekonomie agteruitgegaan. Platemaatskappye het minder sangers geteken as gevolg van CD-verkope wat geduik het. Na my eerste CD dink ek was dit bedoel om te gebeur, omdat ek dalk nog eers bietjie moes groei in my eie skryfwerk en musikale vernuf, wat my by die volgende deel van die vraag bring: ek het self meer geskryf aan die album, was weer eens soos met die vorige CD betrokke by al die liedjies behalwe “Laaste rondte”, wat Vaughan Gardiner geskryf het. Die tempo van hierdie album is bietjie vinniger. Nog steeds diep luisterlirieke, maar effe meer kommersieel verwerk om ’n groter mark te bereik.

Hierdie hande is strykdeur ’n besonder kitaargedrewe album, met die akoestiese klank wat bykans oral die ruggraat van die snitte vorm. Was dit ’n opsetlike besluit in terme van die soort album wat jy wou skep, of is dit suiwer wat vir jou natuurlik kom en voel? Sommiges meen baie albums wat deesdae uitgereik word het ’n gevoel van oorproduksie daaraan – oftewel ’n geval van te veel bykomende produksie-elemente wat die aandag van die lied self aftrek. Wat is jou gevoel hieroor en hoe het jul soeke na balans in daardie opsig ’n rol gespeel in die voltooiing van die album?

Ja, ons wou hierdie album ’n akoestiese-folk-aanslag gee om hom organies te laat voel. Terselfdertyd is dit maar my natuurlike klank wat by my stem ook pas.

Ja, baie albums is deesdae oorproduseer. Ek dink hoe meer jy karring aan ’n produksie, hoe verder weg beweeg jy van die hart van die liedjie. Maar dis moeilik om net te sê “dis nou genoeg”, want as musikante hoor mens elke keer nog iets wat gaan werk in die liedjie, dié of daai instrument. Ek self sou nog ’n paar goed wou bygesit het, maar ek dink dis beter om half die siel van die liedjies bloot te stel.

Tematies raak jy ook verskeie onderwerpe aan in jou lirieke deur die loop van die album – veral ’n bewustheid van sterflikheid (soos in "Silwer kombers") en ook verganklikheid (soos in "Hierdie hande") is ongewone temas vir ’n hoofstroomkunstenaar om aan te raak. Hoe belangrik is die rol van die lirieke in jou musiek vir jou? Huiwer jy soms en dink ’n sekere liriek is "te donker" of "te ontoeganklik", of steur jy jou nie aan daardie markgedrewe gedagtegange nie? Wat is jou filosofie oor die verhouding tussen die musiek en die liriek, en wanneer weet jy dié verhouding is nou rég wanneer jy klaar aan ’n lied geskryf is?

So baie liedjies is deesdae oppervlakkig, of dit moet almal net positief en "happy" maak, want anders gaan hulle nie CD's verkoop nie. Ek sien myself meer as ’n realis en die realiteit van ons samelewing sluit die dood ook in. Ek skryf dit eerder soos dit is en nie soos in ’n droom nie. “Hierdie hande” handel oor ’n man se hande en wat dit al als vir hom gedoen het.

Lirieke kom eerste in ’n liedjie. Ek hou van woorde wat ’n boodskap gee of ’n storie vertel. Die kuns kom daarin om hierdie lirieke te toonset sodat die wysie die lirieke komplementeer, maar terselfdertyd kommersieel genoeg is vir mense om dit by ’n braai of dans te kan speel ook.

Gepraat van die markgedrewe gedagtegange: Hierdie hande kan in die algemeen beskryf word as ’n "rustiger" of "stadiger" album, met min vinniger, danswekkende snitte. Mens hoor byvoorbeeld in "Jy slaan my asem weg" ’n vinnige tempo, maar tog ’n akoestiese, meer meesleurende aanslag. Is dit iets wat jy spesifiek wou nastreef met die skep van die album? Moes julle ooit sit en dink oor radiovriendelikheid, "hooks" en dies meer in terme van die album as geheel, of was dit net ’n lied-vir-lied-benadering? Hoe moet musikante hierdie problematiek in die algemeen benader – ek bedoel hierdie “problematiek” om radiovriendelikheid of hoofstroomtoeganklikheid te balanseer met die meer kunsgedrewe aspekte?

As jy die algemene tempo van die Afrikaanse musiekbedryf se liedjies in ag neem, ja. Dit is ietwat rustiger en dieper, maar daar is tog ’n paar liedjies met ’n lekker danstempo en klank. Ja, ek dink op die ou einde wou ons ’n akoesties-gedrewe album maak wat goeie ritmiese verwerkings in het.

Op die ou einde soek die Afrikaanse mark iets wat die voete laat hop. Dit is in ons Afrika-bloed. Op die ou einde moet musikante CD's verkoop om aan die lewe te bly en om optredes te bespreek en jy gaan dit nie doen met net polskou-musiek nie ... Jy hoef nie jou siel te verkoop nie. Jy kan diep lirieke kombineer met vinniger tempo's en dit nog steeds die siel gee wat dit verdien.

Dit was maar meer van ’n lied-tot-lied-benadering, maar jy moet tog een of twee radiovriendelike nommers hê. Radiolugtyd is baie belangrik. Sonder dit gaan jy jou alie af sukkel. Ons het nie regtig die liedjies benader met radio in gedagte nie, maar op die ou end het radiostasies die meeste van hulle goed genoeg gevind om baie lugtyd te gee. "Eendag op ’n reëndag" doen ontsaglik goed. Ek’s baie dankbaar.

Luidens ’n persverklaring het jy ongeveer die helfte van die album self geskryf en het onder meer jou broer en jou pa aan die res help skryf. Dis seker ’n interessante skryfverhouding – enige liedskrywer het tog ’n manier hoe hy wil hê ’n lied moet klink, en soms kan daar kreatiewe botsings wees. Hoe werk dít aan julle kant, vandat die eerste persoon met die eerste liriek of akkoordprogressie kom tot dit uiteindelik opgeneem of uitgevoer word? Hoe waardevol is dit vir jou om saam met ander liedskrywers te werk (met daai kreatiewe botsings in ag genome)? Is daar spesifieke liedskrywers in die bedryf saam met wie jy nog sal wil werk?

Ja, ek het vyf self geskryf en ’n paar ander help skryf. Almal getoonset. My broer en pa het elkeen een geskryf en die res is deur vriende geskryf. Ek dink my spesialiteit lê meer in die toonsetting, so ek dink die skrywers vertrou dat ek die beste uit die lirieke sal kry. Ek weet ek kan nog beter en slimmer wees met die toonsetting, maar op daardie stadium voel ek dit wat op die einde van die dag uitgekom het, is die beste vir die liedjie. Van die liedjies het letterlik jare geneem voor dit klaar was. Lirieke het lank in ’n laai gelê voordat ek die regte wysies vir dit kon kry. Ander kom weer vinniger. My pa en broer sou vir my uit die bloute uit iets e-pos wat ek dan sou deurgaan en miskien hier en daar van die woorde sou verander om te pas by die wysies wat ek in gedagte gehad het. Veral “Soet soos die Kaap se wyn” het jare gelê voordat ek aan iets kon dink wat hom kon komplementeer.

Jy is nou al ’n hele paar jaar doenig in die Afrikaanse musiektoneel en -bedryf. Hoe ervaar jy die aard van die plaaslike musiektoneel? Wat is onaangenaam daaraan, en wat maak dit juis lekker? Hoe sou jy dit wou sien groei en verander oor die volgende paar jaar (en daarna)? Hoe beskou jy jou eie plek en rol daarin?

Ek dink die bedryf is in ’n oorgangsfase waar kwaliteitmusiek, wat lirieke betref, besig is om weer die ruggraat te word van die liedjie. Maar partykeer word liedjies oorgeproduseer om op te maak vir lirieke wat kortkom. Wat dit minder lekker maak, is dalk die oorvol mark, maar ek sien dit meer as ’n uitdaging en as ek dit dan wel maak, is ek een van ’n handjievol musikante wat dit wel regkry en ek weet my musiek se kwaliteit is van die beter gehalte.

Soos gemeld is jou debuutalbum al ses jaar gelede uitgereik. Sedertdien (en voor dit) het jy as musikant al wye draaie geloop, met talle optredes en toere agter die blad. Enige spesifieke hoogtepunte wat uitstaan as jy terugdink? Enige agter-die-skerms-gebeure wat jy nie sommer sal vergeet nie, of eniges wat jy dalk wel eerder wil vergeet?

My hoogtepunt is hierdie album. Mense vra al vir vyf jaar amper elke dag vir my wanneer kan hulle ’n nuwe CD kry. En dis ongelooflik om nou te kan sê: hier is hy!

Die klein dorpies waar ek opgetree het, was ook almal hoogtepunte. Die mense waardeer rêrig daar wat jy doen en ondersteun jou so baie. Die afgelope paar jaar was moeilik in die bedryf, so ek sal sê ek wil dit nie vergeet nie, maar dit net agter my sit en nou vorentoe kyk. Daaruit leer.

Ek sal tevrede wees met ’n suksesvolle loopbaan wat vir lank hou. Dit is nie almal beskore nie, maar ek hoop net my musiek sal altyd kwaliteit wees, dan sal mense jou ondersteun. Sal ook nie omgee om ’n country-album in Amerika te gaan opneem nie.

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir Neil Somers, in so verre jy dit kan beheer?

Om die CD in al die uithoeke van die land te gaan uitkry.

Wat is die sin van die lewe?

Om nie te ver in die toekoms in te wil lewe nie, maar in die nou. Materialistiese goed is belangrik, niemand wil arm wees nie, maar dat dit nie jou lewe sal oorvat en jy die mooi om jou miskyk nie.

neil2grootweb

The post Neil Somers: "Ek sien myself meer as ’n realis" appeared first on LitNet.

Steyn de Wet: "Dié album is ’n afskeidspartytjie"

$
0
0

Die sanger en liedskrywer Steyn de Wet se tweede album, Hooglied, is pas uitgereik. Hy beantwoord ’n paar vrae oor die samestelling daarvan, die Afrikaanse musiektoneel en die toekoms.

Goeiedag, Steyn. Hoe's dinge deesdae?

Ha! Ek onthou met ons eerste onderhoud was dit ook die eerste vraag ... Ek het probeer om iets cool te antwoord, en soos gewoonlik as ek dit probeer doen, skaam ek my na die tyd vir my snert praat ... So, hierdie is sover vir my die moeilikste jaar van my lewe. Ek gaan jou nie verveel met die besonderhede nie. Maar, ek is ook kinderlik opgewonde oor die album en oor my kleinboet se troue dié naweek (3 Oktober). Hy, ek en my suster het die ongelooflikste partners en ons ses is goeie vriende. Niks maak my meer gelukkig as dit nie.

Baie geluk met die uitreiking van jou jongste album, Hooglied. Dit is jou tweede album dié – is daar spesifieke lesse of truuks wat jy geleer het met die maak en verspreiding van jou debuutalbum wat jy hierdie keer sterker wou toepas, of spesifieke slaggate wat jy wou vermy? Hoe hét jy hierdie album anders as voorheen benader, in terme van die liedsamestellings en die beraming van wat jy uiteindelik met die album wou bereik?

Baie dankie!

Oor die logistieke: In die maak van die album het ons baie dinge anders gedoen as met die eerste een. Ek en die vervaardiger, Ben Ludik, het reeds middel-laasjaar aan die songs begin werk. Dit het ons kans gegee om elke song en die idees vir verwerkings en dies meer volwasse te laat word. My baas by Nedbank het my toestemming gegee om Januarie vanaf die Kaap te werk. So ek het basies net drie weke en naweke gehad waartydens ek aande na werk kon ingaan na die ateljee toe om my ding te doen. Sonder die vooraf werk en goeie beplanning deur Ben sou ons nooit kon klaar gekry het met my aandeel aan die album in daardie tyd nie.

Aan die verspreidingskant is ek dankbaar om saam met Vonk Musiek te werk. Hulle is al lank in die game en weet wat hulle doen. Ons het ook ’n paar idees in terme van die bekendstelling van die songs wat ons hoop sal werk, maar ek het nog báie om te leer as dit kom by die sosiale-media-dinge.

Oor liedsamestelling en visie vir die album: Daar is dinge wat jy besef en besluit om anders te doen en dan is daar sekere veranderinge wat organies plaasvind. Ek het goed besef dat ek met die vorige album, wat Jan Blohm vervaardig het, baie meer na hom moes geluister het en minder eiewys moes gewees het. Ek het probeer om vir Ben baie meer vryheid en outoriteit op hierdie album te gee en ek hoop die produk spreek van gevolglike sukses. Aan die ander kant het ek eenvoudig ook myself beter leer ken oor die afgelope paar jaar en dit het op ’n natuurlike manier daartoe gelei dat ek met hierdie album nie een van elke liewe tipe song wat ek al ooit geskryf het probeer opneem het nie, maar eerder gefokus het op die storie wat ek wou vertel. ’n Klassieke oomblik was toe ek en die band na een bitter slegte gig druipstert terugry huis toe. Jaco, wat baskitaar speel, het uit die bloute gesê: “Ek hou nie van Steyn de Wet nie.” (Bedoelende die mens wat ek op die verhoog probeer wees.) Ek het uit die aard van die saak in die gesig gevat gevoel, maar dit was ’n keerpunt – dit het my laat wonder oor hoe jy ’n goeie performance doen, maar sonder om plastiek te wees.

Dit voel of daar ’n goue draad deur die album loop as ’n mens hom van begin tot einde luister – asof al die songs saam een storie vorm. ’n Mens wonder ook oor die albumtitel, Hooglied, en hoe dit verband hou met die songs en die groter storie. Luister ek reg as ek in dié rigting begin dink? Of is dit maar toevallig so? Het jy met die skryf van die liedere probeer om ’n groter storie daarmee te bou? Hoe is dit anders as om net liedjies te skryf soos dit opkom? Of hoe werk jou beplanning in die algemeen wanneer jy sit om liedere te skep?

Sjoe. ’n Antwoord op hierdie vraag verdien eintlik ’n strandvuurtjie en ’n botteltjie liefde. Ek is bitter, bitter bly jy bespeur en vra dit. Sonder dit is dit in vandag se dae useless om ’n album te maak.

Die album is ’n afskeidspartytjie. Soos toe ek en twee van my beste vriende ’n paar jaar terug op my balkon gesit het. Retief was op pad Londen toe, Gawie op pad Kaap toe en ek en Zelda was sterk op pad Kanada toe. Ons het ’n hond uit ’n bos gekuier totdat ons besef het: hierdie is dalk die laaste keer in jare dat ons drie saam sou kuier. Toe kom die verdriet.

Ek dink enige skrywer hoop dat haar/sy storie meer sal dra as wat jy op die oppervlak sien en selfs meer as wat jy bedoel of direk impliseer het. Daar is ’n deel van my wat nie die volle storie op ’n skinkbord wil gee nie, maar as jy vra, sal ek antwoord. J

Hooglied is ’n swanesang, ’n laaste “Hoera!” en dan die ontnugtering wat daarop volg.

In ’n eng konteks kan ek sê dat hierdie songs ’n produk is van die dinge waardeur ek en die mense vir wie ek lief is, oor die afgelope twee, drie jaar geraak is. Egskeidings, selfmoordpogings, ontkenning van verandering, Zinkplaat wat ontbind het ... Skielik word jy eendag wakker en besef dat die naarhede van die regte wêreld, waarvan af jy nog altyd op ’n magiese manier gedistansieer gevoel het, nou jou eie is. Die roaring twenties is verby!

Daar is, in ’n breër konteks, ook ’n onderliggende storie. Wat is die plek van my “kultuur”, van my “herkoms” in ’n moderne wêreld en ’n kontemporêre Suid-Afrika? Jy ken my, Henry. Jy weet ek is ’n Afrikaanse, Christen-boerseun. En as ek so gelukkig is, sal ek nog eendag self boer ook. Ek is seker jy sal ook verstaan watter tipe gevoelens daai agtergrond baie maal in ’n man wakker maak. Aan die ander kant is ek ook ’n ou wat filosofie studeer het en alles lees, kyk en luister wat ek in die hande kan kry oor teoretiese fisika. Wat ek daar leer en die woorde van die stemme wat ek die meeste respekteer gaan meermale as nie teen die grein in van my geloof en die bietjie wat ek nog vir die “ons” en “ons dinge” wil voel. So in baie van die songs hunker ek alreeds na iets wat nog nie dood is nie en vra ek eintlik maar myself oor of ek nog saamstem met “ons” idees van die lewe. In ’n song soos “Die lied van die geraamtes” kyk ek na die situasie rondom my en ongelukkig is daar nie ’n happy ending nie. “Insanity” kap tot ’n mate na die fiktiewe ontwikkeling van nasionalisme wat jy oral oor die wêreld sien – “as jy dinge onthou wat nooit gebeur het nie ...”

Nou vra jy: “Hoe skryf jy?” Ek skryf nog net soos altyd – dit is maar net idees wat ek dankbaar is om te sien, te leen en te steel. Die verskil is dat hierdie dinge die heeltyd deur my kop gemaal het die afgelope paar jaar, dis die goeters wat ek die heeltyd gevoel het. Ek is dankbaar dat Ben hierdie storie raakgesien het, lank voor ek dit gesien het. Vir my was dit ’n klompie songs wat ek gehoop het goed genoeg is, ’n natuurlike uitvloeisel van die dinge waaraan ek dink, maar hy kon die storie sien ontvou.

Dit klink of julle heelwat ongewone elemente wou inspan aan produksiekant – van die verrassende saksofoon op die eerste snit, "Billy Boy", tot die skielike koorsang op snit 13, "Die lied van die geraamtes". Was dit iets wat jy opsetlik wou verken voor jy aan die album begin werk het, of sit ’n mens maar met die lied en probeer hoor wat hy kort? Dis natuurlik ’n moeilike balans om te handhaaf – aan die een kant wil jy sekerlik dapper wees met die "arrangements" en ongewone elemente, maar jy wil dit ook nie "overproduce" nie. Hoe het julle hierdie behoud van balans benader en bewerk, of hoe het dié proses gewerk?

Ek dink ’n mens moet jouself ken en nederig genoeg wees om te verstaan wat jy na die tafel toe kan bring en waar jy ander mense kans moet gee om die wa deur die drif te trek. Ek is obsessief oor liedjies skryf. Ek stoei dag en nag daarmee. Dit hou my wakker, dit hou my uit die werk uit, soms hou dit my uit geselskap uit. Ek hoop wragtigwaar dat daar ’n verbetering is in my skryfwerk vanaf Kyk maar mooi tot nou en ek sal my vingers stomp werk om verder te verbeter van waar ek nou is. Ek wil regtig graag ’n goeie liedjieskrywer word. Miskien is party mense van nature geniale liedjieskrywers, maar ek het myself nog altyd gesien as iemand wat slegs met harde, aanhoudende werk goed kan word in iets. Maar dit is eintlik van die punt af ... Wat ek wou sê is: ek bring liedjies na die tafel toe vir die vervaardiger, dit is wat ek kan doen. Van daar af vertrou ek die vervaardiger en die musikante, want dit is waar ek die leisels moet oorgee. Ek het net een ding vir Ben gevra: die produksie moet die song dien. Dis al.

Die liedere het ook deurentyd sterk "hooks", oftewel refreine (of verse) wat die oor se aandag trek en behou. Hoe gebeur die skep van ’n melodie aan jou kant? Wat kom eerste – die akkoorde of die melodie? En waar kom die skep van lirieke in in hierdie proses? Wat is jou filosofie oor die verhouding tussen musiek en lirieke en wanneer weet jy ’n lied is nou rég soos hy is?

Dankie. Melodie skryf is eintlik ’n swakpunt by my, iets wat ek baie hard aan werk. As ek nou ’n skryfproses moet beskryf, sou ek sê dat die konsep eerste kom, soos met my vriend wat nou al twee mislukte selfmoordpogings oorleef het. Hoe sal ek nou sing oor wanneer hy gaan ophou om homself te traai vermink? Toe dink ek: “tot die duiwels jou los”. Dan gaan sit ek met die kitaar en wonder hoe dit moet klink. Dan sal ek hopelik met ’n paar akkoorde wat mekaar mooi volg en ’n eenvoudige melodie vorendag kom. Dan probeer ek om die melodie sommer so op pad werk toe te fluit, want ek dink jy speel dan meer met die melodie en jy’s nie gebonde tot jou akkoorde nie. Ek sal êrens intussen die storie (verse) probeer skryf wat jou tot by die slotsom van die refrein bring.

Terug by die kitaar traai ek weer die effens aangepaste melodie oor die akkoorde sing en verander dan die akkoorde, indien dit nie meer saamwerk nie. Op die ou end werk ek ook hard saam met die vervaardiger om die melodieë so goed as moontlik te kry. Dit klink nou vinnig, maar dit gebeur oor maande.

Jy vra oor die verhouding tussen die liriek en die musiek. Ek dink as ’n skrywer is ek definitief meer ’n woorde-mens, maar mens moet onthou dat jy ’n song skryf en nie ’n gedig nie. Jou liriek kan digterlik wees, maar lekker frasering en ’n tipe rymskema is nog steeds kardinaal. Ek sny ook op die ou end soms ’n klomp verse uit, want ek weet nie of ’n 15-minuut-song sinvol sal wees nie.

“Wanneer weet jy of ’n lied nou reg is soos hy is?” vra jy. Ek dink jou deadlines bepaal dit. Elke song is ’n stukkie performance art. Hoe groter persentasie luisteraars hou van jou song, hoe meer “reg” was dit. Eina.

Soos gemeld, is hierdie jou tweede album en jy't sedert die uitreiking van die debuut nou al ’n paar draaie in die musiektoneel geloop. Hoe ervaar en beskou jy die uitdagings van die (Suid-)Afrikaanse musiektoneel tot dusver? Wat suig daarvan, en wat is cool? Sal jy ’n voet in die Engelse kant van dinge ook wil waag in ’n stadium?

Hierdie is die moeilikste tipe besigheid wat ek al ooit in betrokke was. Een ding is seker: ek sal baie meer moet doen om myself te vestig in die mark, maar die “hoe” is ’n teer sakie vir my. Ons het net laas week aandete geëet saam met die vrou wat ons mediasake gaan hanteer. En ek verstaan heeltemal haar uitkyk – bekendheid en kommersiële sukses loop hand aan hand, maar ek sidder al klaar. Ons moet glo ons “interessante” lewens met die land deel: as die baba gebore word, moet die kameras kliek en ek moet sommer dadelik laat weet as ek in ’n vuisgeveg betrokke was met iemand wat bekend is. Ek dink dit suig dat jy, indien jy kommersieel suksesvol wil wees, alles in jou mag moet doen om in die kollig te kom en daar te bly, maar as dit daarop neerkom sal ek seker ook enigiets doen om kommersiële sukses te bereik.

Daar is cool goed ook! Om saam met mense te werk wat jou passie deel en ander te ontmoet wat op dieselfde pad as jy is, dit is regtig fantasties. Ek en Stiaan Reynierse is besig om so bietjie saam te skryf en ons is nogals op dieselfde blad, daai is kwaai.

Jy vra oor die Engelse kant. Ek is lief vir alle tale. Ek’t bietjie Frans geneem op universiteit, ek en Zelda doen nou Duits-klasse en ek leer so bietjie Zoeloe by my kollegas. Taalgebruik moet altyd inklusief wees, anders faal die primêre funksie daarvan. Ek is besig met my eerste Duitse song: “Und dan singen wir ein Lied von unsere Sehnsucht, wir vermissen Afrika, wenn ich allein bin in der Nacht, im Hertzen bin ich immer da.” Dit moet so ’n lekker traveller’s song wees in die lyn van “Sierra madre del sur”. En ek het ’n Engelse album geskryf en nog baie ander Engelse songs, maar daai album gaan eers op ys bly. Ek voel nou, drie jaar na ek begin het, die eerste keer dat ek my stem gevind het in Afrikaans, beide in waaroor ek wil skryf en ook in die vocal performance van my songs. So die Engelse songs moet nog ’n paadjie loop. As ek ’n oop aand het, gaan speel ek daai songs by open mic pubs om die gevoel te toets en ek werk saam met Elrine Lottino, wat ’n baie goeie liedjieskrywer is, aan daai songs so elke ander week. ’n Album soos Hooglied sien ek as ’n Afrikaanse storie vir en oor Afrikaanse mense. Met ’n Engelse album moet dit op ’n unieke manier relevant wees vir die wyer, kontemporêre mens. As alles goed gaan, sal ek aan die einde van die jaar by die Pakistanse Losieshuis ’n live opname doen van ’n paar van die nie-album-songs. Indien die terugvoer en die resultaat goed is, sal ek vir seker die album wil aanpak. Miskien is die antwoord: “Nee pappie, bly maar by Afrikaans”, maar ek dink die songs wat ek vir daardie album geskryf het is my beste werk tot nog toe, so ek hoop ek is nie die enigste een wat so dink nie.

Meer aan die bedryfkant van dinge: Baie jong musikante kies om eerder deurlopend digitaal snitte uit te reik, sporadies soos dit klaargemaak word. Ander wil weer so dikwels moontlik ’n EP bekendstel, andere bly by die meer tradisionele volle albums. Jy val in hierdie laaste kategorie: Wat is jou denkwyse rondom hierdie benadering? Was of is jy in die versoeking om ander strategieë te volg? Wat is die verskillende soorte waarde aan hierdie benaderings en wat boet ’n mens in met elk?

Met Kyk maar mooi het ek ’n hoop songs gehad en ek het daai tyd die hulpbronne gehad om ’n vol CD op te neem. Ek dink nie mens kan Kyk maar mooi ’n album noem nie, dis net ’n versameling songs. Met Hooglied het ons oorweeg om enkelsnitte vry te stel soos wat dit klaar kom, maar ons het gevoel dat hierdie werklik ’n album, een storie is wat saam vertel moet word. Ons was hierdie keer ook gelukkig om ’n platekontrak te kry by Vonk Musiek, wat ons in staat gestel het om ’n volledige album op te neem. Onder normale omstandighede is dit eenvoudig te duur om ’n volle album op te neem indien jy nie reeds geld gemaak het uit die bedryf nie, en jy is natuurlik ook nie gewaarborg dat jou produk ’n finansiële sukses sal wees nie, so vir die individu is dit beter om ’n song op ’n slag te doen soos wat daar geld en tyd beskikbaar is. Ray Dylan het met een van sy albums baie goed gedoen deur eers enkelsnitte vry te stel wat goeie radiolugtyd gekry het, en teen die tyd dat die volle album gekom het, het dit oornag goud gegaan as gevolg van die afwagting wat geskep is. Maar vir die romantikus is die grootste prys altyd om ’n album, ’n album in die ware sin van die woord, vry te stel.

Ek sal nie in die toekoms weer ’n album vrystel indien ek nie voel dat ons iets beet het wat ’n verbetering op Hooglied sal wees nie. So indien nodig sal ek self ook in die enkelsnitrigting beweeg totdat ek weer ’n volwaardige album geskryf het. So Hooglied is dalk my laaste album.

Jy het ook sommer ’n album saam met jou ander band (is dit die regte beskrywing?) opgeneem - dié band heet TABO (Trans-Atlantiese Boere-orkes). As ek so luister na die een snit wat TABO aanlyn beskikbaar het, "Jammer om van jou kak te hoor", kry ek ’n gevoel dis dalk ’n uitklaatklep vir die minder hoofstroom, humoristiese kant van jou musiekskepping. Is dit reg? Of hoe benader jy dit – die skep van musiek vir beide jou as solokunstenaar en dan vir ’n aparte band? Hoe oorvleuel die twee en waar oorvleuel dit definitief nié?

Wel, dit is nie die “ander” band nie, dit is óns band. Hierdie is die manne wat van die begin af saam met my optree. So dit maak nie saak of ons as Steyn de Wet of as TABO geboek word nie, dis dieselfde manne wat speel. Alli Heyens van die Pakistanse Losieshuis (PLH) het ons die geleentheid gegee om ’n paar songs te gaan opneem. Dit is op die ou band-manier van simultaneous tracking opgeneem. Daar is ’n paar redes vir hierdie CD (ek sal dit weer eens nie ’n album noem nie). Mens moet in die eerste plek verstaan dat die ouens in jou band almal unieke behoeftes het. Ek wil deel van ’n band wees, anders het ek sommer met ’n backtrack gesing. En die ouens in die band wil ook meer as net orkeslede vir ’n solokunstenaar wees. Ander van hulle soek ’n plek waar hulle ook kreatief kan wees met verwerkings en vervaardiging. Dit het daartoe gelei dat ons begin het om demo’s vir ’n paar songs te doen. Toe Alli sê dat hy ’n opening het by die PLH het ons ingespring en die paar songs het toe ’n vol CD geword. Die CD is ’n lekker mix van die songs wat ons die graagste live doen, insluitend covers soos Desmond and the Tutus se “Kiss you on the cheek”, ’n paar ou Steyn-songs en ’n paar nuwes wat ons saam geskryf het. Daar is darem ’n walsie ook vir die puriste.

Die idee is definitief dat dit ’n uitlaatklep moes wees vir ons meer edgy kant, maar ek is bevrees daai song “Jammer om van jou kak te hoor” is besig om soos ’n veldbrand te versprei en ek wonder of ek nog gaan spyt wees daaroor.

Vroeër het ek gevra oor jou gedagtes rondom die stand van die (Suid-)Afrikaanse musiektoneel. Jy't natuurlik nou al ’n swetterjoel gigs en reise na gigs agter die rug. Enige hoogtepunte wat in hierdie stadium uitstaan as jy nadink daaroor? Enige agter-die-skerms-gebeure wat mense nie glo as jy dit oorvertel nie? Enige voorvalle wat jy eerder sal wil vergeet?

Hehehehe, ai. Daar is al heelwat wat ek wil vergeet. Ek kan nie op my hande tel hoeveel keer ons vir ’n ride gevat is deur iemand wat ’n free gig soek en dan belowe hoeveel mense daar gaan wees, hoeveel CD’s jy gaan verkoop en hoeveel hulle jou oor ’n maand vir die opvolgvertoning gaan betaal nie. Ons het op ’n tyd ’n “bestuurder” gehad wat uitnemend was daarin om ons vir hierdie tipe goed te boek. Dan stuur jy vir hom ’n lys aan wat sorgvuldig verduidelik wat die behoeftes ten opsigte van die klank is. As jy aankom by die verhoog het daardie klankman dit nie eens ontvang nie, so dan speel jy vir die klomp kampgangers op swak klank en jou drummer sit maar en kyk saam met hulle, want jy kon nie die kit op-mic nie ... Die ergste was een van dié waar ek toe nie eens my eie wyn mag drink nie, nee, ek moes koop!

Aan die goeie kant moet ek sê ek kan nou nog nie glo hoe lekker die “Maanligwandelaar”-video uitgekom het nie en die hele proses van die beplanning tot die skiet daarvan was ’n groot ervaring. Ek sou nooit kon droom dat die song so goed sou doen nie – dit speel glo nou nog op RSG en ek het nie eens gedink dat dit ’n radio-song was nie.

Een van die lekkerste moments tydens die opname van die TABO-album was toe ons nou net mooi by ’n taamlike emosionele deel van die song kom. Jaco speel toe ’n horribale noot op die bass en ek raak half aan die lag. Ons het die bass-noot gefix, maar die laggie kom toe eintlik lekker uit, toe los ons hom so. Ek smile nog elke keer as ek dit hoor. Vir “Songs van verliefde mense” op Hooglied het ons vyf manne om ’n paar mics gesit en die kitare en banjo almal saam opgeneem. Daai is ’n stukkie magic vir my en Pierre van Mr Cat & the Jackal het ook saamgespeel, en dis nogals special, want ek is ’n groot fan van hulle.

Ongelukkig kan ek die beste stories nie hier deel nie, maar ons het al pret gehad. Ek is amper toegesluit tydens die opname van Hooglied, maar ek is te skaam om te vertel hoekom ...

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir Steyn de Wet (en vir TABO), in so verre jy dit kan beheer?

Man. As ek dit kon beheer, word “Slaan die wind” die volgende “De la Rey” en dan word ons voltydse musikante. Die eerste ding wat ek dan sou doen is om in te skryf vir ’n BSc om fisika te swot in my vrye tyd. Ek het teen hierdie tyd al die bronne wat ek met my karige kennis kan verstaan, uitgeput, so dis tyd om die hardcore teorie te doen.

Dan êrens in die verre toekoms word ek een van daai ghrênd sangers wat gebaseer is in die Wes-Kaap maar optree regdeur die land. Ai man, dan wil ek darem my eie bier brou en kaas maak. Daai goed het ek lief.

Maar jis, man, op die ou end het ek twee obsessies – ek wil ’n goeie skrywer word en ek wil weet hoe die heelal inmekaar pas. So dis musiek en fisika, dis al wat ek sien.

The post Steyn de Wet: "Dié album is ’n afskeidspartytjie" appeared first on LitNet.

Inligting en program van SAS4 2015: 'n Nuwe Afrikaanse paradigma?

PEN Afrikaans: Notule van Algemene Jaarvergadering 2015

$
0
0

Notule van die derde algemene vergadering van lede om 14:30 op Saterdag, 19 September 2015 in die Goodnow-saal in Wellington. 

Teenwoordig

Die bywoningsregister word deur die volgende 39 lede en 5 besoekers geteken:

Kerneels Breytenbach, Naomi Bruwer, Naas Steenkamp,  Dawie van Velden, Conrad Steenkamp, Danie Marais, Helené Prinsloo, Carolyn Meads, J. Swanepoel, Marius Swart, Rudi Venter, Amanda Lourens, Andries Visagie, Annari van der Merwe, Ampie Coetzee, Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Yves T’Sjoen (België), Marga Stoffer, Debbie Loots, Charl-Pierre Naudé, Catherine du Toit, Gerard Scholtz, Abraham de Vries, Willem de Vries, Suna Verhoef, Engela Duvenage, Jan-Meyer Verhoef, Karlien van der Merwe, Trienke Laurie, Ingrid Winterbach, Alida Potgieter, Nèlleke de Jager, Bettina Wyngaard, Izak de Vries, Antoinette Klein, Fanie Olivier, Pieter Haasbroek, John Miles, Francois Verster, Bernard Odendaal, Francis Galloway, Engemi Ferreira 

Verskonings

Verskonings is van die volgende 18 lede ontvang:

Cecile Cilliers, Helene de Kock, Renee Conradie, Rudie van Rensburg, Marthie Momberg, Murray la Vita, Hans du Plessis, Leopold Scholtz, Theresa Papenfus, Estelle Neethling, Heilna du Plooy, Desmond Painter, Elsa Winckler, Fanie de Villiers (Kleinboer), Henriette Loubser, Jan van Tonder, Tertius Kapp, Wannie Carstens

Volmagte

Volmagte is deur die volgende 10 lede verleen:

Wannie Carstens, Helene de Kock, Fanie de Villiers (Kleinboer), Hans du Plessis, Tertius Kapp, Murray la Vita, Henriette Loubser, Desmond Painter, Jan van Tonder, Elsa Winckler

  1. Verwelkoming

Die voorsitter van PEN Afrikaans, Kerneels Breytenbach, open die vergadering en heet alle teenwoordiges welkom.

  1. Goedkeuring van die sakelys

Daar is geen toevoegings tot die sakelys nie en die voorsitter versoek die vergadering om dit goed te keur. 

Besluit: Die sakelys word goedgekeur.

  1. Goedkeuring van 2013-notule

Die voorsitter versoek die vergadering om die 2013-notule, wat vooraf aan die lede gestuur is, goed te keur. 

Besluit: Die 2013-notule word goedgekeur.

  1. Vasstelling van ’n kworum

Met inagneming van die 9 volmagte wat verleen is, is ’n kworum aanwesig.

  1. Nuwe lede

Drie nuwe lede het pas aangesluit, naamlik Carolyn Meads, Helené  Prinsloo en Izak de Vries.

  1. Voorsittersverslag

Die voorsitter lees sy verslag voor (BYLAE 1).

  1. Tesourier se verslag

Naomi Bruwer (wat in Junie 2015 as tesourier by Naas Steenkamp oorgeneem het) bedank hom vir sy groot bydrae tot die bestuur van PEN Afrikaans se finansies. Sy deel die vergadering mee dat ’n volle oudit vir 2014 uitgevoer is, en dat dit op versoek beskikbaar is.  Sy lê vervolgens die ouditeure se opsomming van die finansiële state aan die vergadering voor, en stel voor dat dit so aanvaar word. 

Besluit: Die vergadering keur die opsomming van die finansiële state goed.

  1. Bestuurder se verslag

Die bestuurder van PEN Afrikaans, Danie Marais, lees sy verslag voor (BYLAE 2).

  1. Gesprek oor lidmaatskap

Danie Marais lig die vergadering in dat gesprek met PEN Internasionaal steeds nodig is, omdat die volhoubaarheid van die voorgeskrewe betalings deur PEN Afrikaans as gevolg van die wisselkoers onseker is. PEN Afrikaans wil ook graag vorentoe ’n gesonde verhouding met PEN Internasionaal handhaaf.

Danie Marais wys die vergadering op die feit dat lidmaatskap oop is vir joernaliste; daar word ook voorgestel dat PEN Afrikaans ’n groter rol ten opsigte van joernaliste en hulle posisie speel.

  1. Toekenning van ere- en lewenslange lidmaatskap

Erelidmaatskap word toegeken as ’n huldeblyk aan bepaalde persone (wat nie noodwendig lede van PEN Afrikaans hoef te wees nie), terwyl lewenslange lidmaatskap eerder ’n erkenning van dienste gelewer aan PEN Afrikaans is.

Die voorsitter noem dat PEN Afrikaans oorweeg het om erelidmaatskap aan twee Afrikaanse skrywers toe te ken, maar dat een van hulle verkies om ’n betalende lid van PEN Afrikaans te wees.  Daar word vervolgens voorgestel dat erelidmaatskap aan Adam Small toegeken word.

Besluit: Die vergadering keur die toekenning van erelidmaatskap aan Adam Small goed.

  1. Wysiging van grondwet

Bettina Wyngaard stel aan die vergadering dat drie wysigings aan die grondwet voorgestel word, naamlik dat “chairman” na “chairperson” gewysig word; dat die nominasieproses formeel in die grondwet beskryf word en dat die grondwet ook insluit dat ledegeld by die jaarvergadering vasgestel word. Hierdie besluit kan geneem word, omdat ’n kworum wel teenwoordig is.

Bettina Wyngaard wys die vergadering daarop dat ’n kennisgewingstydperk van 14 dae nodig was vir wysigings aan die grondwet, en vra dat die vergadering toestemming gee dat die kort kennisgewing aanvaar word.

Besluit: Die vergadering aanvaar die kort kennisgewing.

Fanie Olivier stel ook voor dat R20 aangepas word om te lui: “manually or digitally signed”.  Dit sal ook op die nominasievorm aangebring word.

Besluit: Hierdie voorgestelde wysiging, sowel as die reeds genoemde drie wysgings  word aanvaar.

  1. Verkiesing van bestuur

Danie Marais hanteer die verkiesing van die nuwe bestuur.

Kerneels Breytenbach word genomineer vir die posisie van voorsitter, en word vervolgens eenparig deur die vergadering as voorsitter verkies.  Bettina Wyngaard word genomineer as ondervoorsitter en word ook eenparig verkies.

Naomi Bruwer het haar herverkiesbaar gestel vir ’n nuwe termyn. Sy word eenparig deur die vergadering herverkies.

Die volgende persone word genomineer om as bestuurslede verkies te word: Bernard Odendaal, Anzil Kulzen, Izak de Vries, Jason Lloyd, Marius Swart, Carolyn Meads, Marga Stoffer.

Die volgende vier bestuurslede word in ’n geheime stemming met gebruik van stembriefies verkies:  Bernard Odendaal, Anzil Kulzen, Izak de Vries en Marga Stoffer.

Die bestuur sal verdere persone na goeddunke koöpteer. 

  1. Projek: Voorligting aangaande moedertaalonderrig

Conrad Steenkamp lig die vergadering in oor hierdie voorgenome projek wat deur hom bestuur sal word. Ouers in die Helderbergomgewing sal naamlik voorligting ontvang rakende die voordele wat moedertaalonderrig vir leerders inhou, sodat hierdie ouers dit sal oorweeg om hulle kinders eerder na Afrikaanse skole te stuur. Dagbreek Trust is reeds in hierdie verband genader, terwyl FEDSAS die nodige infrastruktuur sal kan verskaf.

  1. Verkiesing van ouditeure

Naomi Bruwer vra die vergadering of die firma Laubser Du Plessis op Stellenbosch as ouditeursfirma gekoöpteer mag word.

Besluit: Die vergadering besluit om Laubser Du Plessis te koöpteer.

  1. Afsluiting

Kerneels Breytenbach bedank alle lede vir hulle samewerking, en lê veral klem op Naas Steenkamp se groot bydrae. 

  1. Verdaging

Die vergadering verdaag om 16:15.

 

The post PEN Afrikaans: Notule van Algemene Jaarvergadering 2015 appeared first on LitNet.

Taalmonument vier 40 jaar met gratis fees

$
0
0

taal40

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) word op Saterdag 10 Oktober 40 jaar oud en almal word genooi om saam te kom partytjie hou. Die tema is 40 jaar oud, 40 jaar jonk. ’n Gratis Verjaardagfees word van 10:00 tot 15:00 in ’n groot tent by die monument aangebied met ’n opwindende program wat optredes deur kunstenaars, ’n fakkelloop, tradisionele kosstalletjies, kinderaktwiteite én die opening van twee nuwe uitstallings insluit.

Ivan Botha en Donnalee Roberts van Pad na jou hart-faam is die seremoniemeesters. Die kunstenaars op die program sluit in klopse (die Drakenstein Jeug Ontwikkelingsgroep), rieldansers (die Boland Vastrappers), die bekroonde plaaslike mannekoor Adagio en die musikante Willim Welsyn en Ryno Velvet.

’n Hoogtepunt is die bekendstelling van Groen: Tuin van Digters om 13:15. Die digter Marius Titus kom lees sy gedig  voor, wat ingesluit is in dié uitstalling van 12 gedigte wat vir ses maande in die Taalmonument-tuin vertoon sal word. Die uitstalling bevat gedigte deur Breyten Breytenbach, Adam Small, Carina Stander, Johan Lodewyk Marais, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Marius Titus, Diana Ferrus, Stef Bos, Hemelbesem, Clinton V du Plessis en Koos Kombuis. Dit word aangebied in samewerking met die Breytenbach Sentrum op Wellington.

’n Kanonafvuring vind om 12:00 in die Tuinteater plaas, met vier skote ter viering van die vier dekades. ’n Lid van die publiek wat ’n vraag reg antwoord, sal die kanon kan afvuur. Dit word voorafgegaan deur ’n praatjie oor die geskiedenis van kanonne om 11:30 (Engels) en om 11:45 (in Afrikaans).

Om 12:20 arriveer die Voortrekkers via ’n 8 km-fakkelloop vanaf die Taalmuseum in Pastorielaan, waarna die groot fakkel binne die Besoekersentrum aangesteek word, gevolg deur ’n praatjie oor die nuwe uitstalling in dié sentrum.

“Ons is baie opgewonde – dit is die eerste keer dat ’n permanente uitstalling by die Taalmonument aangebied word. Die eerste fase van die uitstalling fokus op die bou en simboliek van die monument, asook op die plek van Afrikaans in die wêreld,” sê Jack Louw, Direkteur van die ATM.

Ander aktiwiteite sluit in die oorhandiging van 100 Afrikaanse boodskappe deur Kraal Uitgewers, die bekendstelling van Die Wonder van ’n nuwe taal in Afrika-dokumentêr (om 11:00 in die Konferensielokaal), die oorhandiging van ’n Afrikaanse roos deur die FAK, en ’n bekendstelling van die Paarl se nuwe Boomroete (wat by die Taalmonument begin).

Toegang is gratis. Geen bespreking is nodig nie. Vir navrae, skakel tel 021 863 4809/0543/2 of stuur ’n e-pos na admin@taalmonument.co.za. Besoek www.taalmonument.co.za of www.facebook.com/afrikaansetaalmonument vir meer inligting.

Taalmonument celebrates 40 years with festival 

The Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) turns forty on Saturday 10 October and everyone is invited to join the party. The theme is 40 years young, 40 years old. A free Birthday Festival will be held from 10:00 to 15:00 in a big tent at the monument. An exciting programme includes live music, a torch run, traditional food stalls and children’s activities as well as the opening of two new exhibitions.

Ivan Botha and Donnalee Roberts, well-known for their “Pad na jou hart” movie, will be the MC’s. Performances by artists include “klopse” (Cape minstrels), “rieldans” (the Boland Vastrappers), the award-winning local men’s choir Adagio and the musicians Willim Welsyn and Ryno Velvet.

A highlight is the launch of “Groen: Tuin van Digters” (Green: Garden of Poets) at 13:15. The poet Marius Titus will read his poem, one of 12 poems that will be on display in the monument garden for six months. This exhibition includes poems by Breyten Breytenbach, Adam Small, Carina Stander, Johan Lodewyk Marais, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Marius Titus, Diana Ferrus, Stef Bos, Hemelbesem, Clinton V du Plessis en Koos Kombuis. It is presented in collaboration with the Breytenbach Centre in Wellington.

A cannon firing will take place in the Garden Theatre at 12:00, with four shots in celebration of the forty decades. A member of the public, who answers a question correctly, will have the opportunity to fire the cannon. This is preceded by a talk about the history of cannons at 11:30 (in English) and at 11:45 (in Afrikaans).

At 12:20 the Voortrekkers’ torch carriers will arrive via a 8km route from the Taalmuseum in Pastorie Avenue, followed by the lighting of the big torch inside the Visitor Centre, accompanied by a talk about the new exhibition in this centre.

“We are very excited – this is the first ever permanent exhibition to be hosted at the Taalmonument. The first phase of the exhibition focuses on the building and symbolism of the monument, as well as on Afrikaans in global perspective,” says Jack Louw, Director of the ATM.

Other activities include the handing over of 100 Afrikaans messages by Kraal Uitgewers, the launch of the documentary “Die Wonder van ’n nuwe taal in Afrika” (at 11:00 in the Conference Room), the handing over of an Afrikaans rose by the FAK, as well as the launch of Paarl’s new Tree Route (which starts at the Taalmonument).

Entrance is free. No booking is required. For enquiries, call 021 863 4809/0543/2 or send an e-mail to admin@taalmonument.co.za.  Visit www.taalmonument.co.za or www.facebook.com/afrikaansetaalmonument for more information.

The post Taalmonument vier 40 jaar met gratis fees appeared first on LitNet.

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad

$
0
0

madeleinerust300

Sy het nog nooit gesit en 'n storie uitgedink nie – hulle "daag sommer in haar kop op," sê Madelein Rust, skrywer van die puik spanningsverhale Die 13de Kaart en Monstersaad.

En sy is nog ver van uitgeskryf.   

Die 13de Kaart is "in haar kop gebore" toe sy gesit en kyk het na 'n stel tarotkaarte wat haar dogter se vriendin aangedra het. Dit het haar dadelik laat dink aan 'n moordenaar wat die kaarte as leidrade agterlaat.

"'n Uur later was ek aan die gang. Die storielyne skryf hulself. Dit voel altyd vir my of die storielyn net my vingers op die toetsbord nodig het."

Vir Monstersaad was die prikkel 'n sinsnede wat sy terloops gehoor het. Dit het haar laat wonder of genetika 'n rol speel wanneer misdadigheid ter sprake is. In haar navorsing oor die biologie van boosheid het sy gevind daar is 'n hoër vlak van morfologiese abnormaliteite in die breine van geweldenaars. Dit is faktore wat verband hou met byvoorbeeld denkprosesse en emosies. So het Monstersaad se storielyn saad geskiet, met Renata Malan wat in die vrees lewe dat geweld in haar gene vasgelê is.

Die skep van haar karakters is vir Madelein een van die lekkerste dinge van skryf. Sy plaas die storielyn op papier en skryf dan 'n biografie vir elke karakter, van hul kinderdae af. Dit help dat die karakters deurlopend optree. Sy werk dikwels eienskappe in van mense wat sy ken, maar haar karakters is gewoonlik 'n mengsel van feit en fiksie.    

Sy probeer ook karakters se registers in hul dialoog weerspieël.

"Ek het al baie raas van teksredakteurs gekry oor my 'roekelose' gebruik van sleng en gekruide taal, maar ek skop vas ter wille van die egtheid. Polisiemanne praat anders onder mekaar as met die publiek. Ek moes al by die oorskryf van 'n manuskrip rowwe karakters 'red' van pragtige, suiwer Afrikaanse woorde wat hulle nooit in die ware lewe sal gebruik nie."

Die goeie nuus is dat daar nog 'n paar boeke met Renata Malan as hoofkarakter op pad is ná die goeie reaksies wat haar verteller van lesers en resensente ontvang het.

Waaraan bestee sy persentasiegewys die meeste tyd wanneer sy 'n boek skryf?

"Skep van die storielyn 5%, navorsing en kontrole 25%, skryf 60% en herskryf 10%. Navorsing is baie lekker, maar ek betrap my soms dat ek te veel wil oplees!"

Madeleine is 'n bedryfspesialis wat spesialiseer in projekverwante veranderingsbestuur en korporatiewe kommunikasie. Sy moet die personeel en onhafhanklike kontrakteurs entoesiasties kry en oortuig dat elke nuwe inisiatief vir hulle tot voordeel sal strek.

Dat dit die beste ding is sedert gesnyde brood?

"En geperforeerde toiletpapier."

Haar beroep laat haar nie veel tyd vir skryf nie. Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het. Dit het niks met die skryfmuse te doen nie en is gebonde aan selfdissipline uitsluitlik. Dit kom daarop neer dat sy tien maande nodig het om 'n boek te skryf.

Die wortel voor haar neus is om eers 'n manuskrip te voltooi voordat sy ander boeke mag lees. Dit is om 'n goeie rede, want sy assimileer ander skrywers se stelwyses en manier van dinge doen te maklik. In die dae voor hierdie selfopgelegde reël moes sy 'n hele spul werk uitwis "omdat ek skielik meer na Deon Meyer as na Madelein Rust geklink het".

En resensente? Vriend of vyand van die skrywer?

Ervare skrywers het haar uit die staanspoor aangeraai om haar min aan boekresensies te steur. Dit het nog nooit 'n rol gespeel in haar koop van 'n boek nie.

'n Nuttige resensie, sê sy, is een wat deur 'n kenner van die genre geskryf is en wat die goeie en minder goeie punte op 'n objektiewe wyse uitlig. Resensies wat bloot die boek se lof besing is lekker om te lees, maar het min waarde vir haar ontwikkeling as skrywer.

Die algemene konsensus is dat Monstersaad 'n beter speurverhaal is as Die 13de Kaart. Sy skryf dit deels toe aan haar toepassing van die kenners se leersame resensies van haar debuutverhaal en die hulp van haar manuskripontwikkelaar, Chanette Paul. Albei haar boeke was weke lank op Nielsen se lys van top-100-verkope. Die 13de Kaart was ook een van die finaliste vir die ATKV se Woordveertjieprys vir spanningslektuur.

Madeleine Rust se foto is deur Izak de Vries geneem

♦ Madelein voer 'n vasberade en blymoedige stryd teen kanker nadat sy drie maande gelede 'n mastektomie ondergaan het.

 

 

 

The post Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad appeared first on LitNet.


Vir Crito: Regardt van den Bergh is Dulcie van den Bergh se seun

Onderhoude oor Abraham: Eerste rolprent van Jans Rautenbach in 30 jaar

$
0
0

abraham1

Abraham vertel die verhaal van Abraham (Dann-Jacques Mouton), ‘n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s. Ilza Roggeband het met vier van die mees prominente akteurs in die rolprent gesels.

Hannes Müller

Jy speel die rol van Jong Jans. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

My grootste uitdaging was om gestalte te gee aan so ‘n legende, om oom Jans uit te beeld, maar hom ook my eie te maak.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Jans as regisseur is ‘n eens-in-‘n-leeftyd-ervaring. Hy werk op ‘n heel ander vlak as enige regisseur waarmee ek al gewerk het. Sy visie is besonders sterk en hy kommunikeer met sy akteurs met ‘n emosionele woordeskat wat raar in ons bedryf is.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Ons het die voorreg gehad om vir agt weke ‘n geslote stel te hê met die gevolg dat almal totaal op die film kon fokus. Dit het soos een groot familie gevoel en die mense van die omgewing het ons ingeneem en deel van hulle gemeenskap gemaak.

Wie sal Abraham geniet?

Dis nie ‘n popcorn-fliek nie. Ek dink dis vir ‘n ouer, uitgelese gehoor.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?

Daar is lanklaas ‘n film met soveel ervaring en vernuf gemaak. Ons het ook die luukse van tyd gehad en daar was met ander woorde geen kompromie nie. Die emosionele impak van die film is uniek.

abraham2

Dann-Jacques Mouton en Hannes Müller

Franci Swanepoel

Jy speel die rol van Almeri. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

Dis ‘n groot uitdaging om ‘n formidabele mens en vrou soos Almeri te vertolk. Sy is ‘n lieflike mens en ek dink haar toewyding is ‘n storie op sy eie.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Oom Jans is die regisseur wat my die meeste ooit geleer het. Hy het ‘n oog, hy het ‘n gevoel en hy het ‘n hart.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Ek sal altyd die lekker tye saam met DJ, Hannes en Jill Levenburg (sy speel die rol van Beulah) onthou. Ons het ‘n baie hegte vriendskap gesmee.

Wie sal die film geniet?

Enigiemand wat ‘n hart het en wat ‘n kunswerk van die meester van Afrikaanse films wil sien sal dit geniet. Die storie van Abraham is hartroerend en aangrypend.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?

Ek dink die film is ‘n juweel. Dis oom Jans se eie storie, daar is geen pretensie nie. Die spel van DJ Mouton is uitmuntend. Oom Jans werk nog op die “outydse” manier en dit wys dat die hart van ‘n film draai om die storie wat vertel word.  

abraham3

Franci Swanepoel

Dann-Jacques Mouton 

Jy speel die rol van Abraham. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

My grootste uitdaging was om ‘n eerlike vertolking te gee. Om dit te kan doen, was dit belangrik om die karakter te verstaan in die landskap waar hy homself bevind het.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

As ek nou daaraan dink, was ek baie intimidated om te begin, maar sodra ek sy process begin verstaan het, was dit net ‘n kwessie van om hom te vertrou. Ek het meer van spel op film geleer in die tyd toe ons Abraham geskiet het.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?

Die een ding wat ek onthou en saam met my dra, was die support van die crew en my medespelers. Ook die passie en liefde waarmee ons Abraham geskiet het. Niemand was groter as die projek nie. Almal het bygedra om Abraham se storie te vertel – crew, wardrobe, extras, spelers, DOP, regisseur…

Wie sal die film geniet?

Ek dink enige mense wat drome het en dit wil bereik sal die film waardeer en geniet. Dis ‘n menslike storie. Die hele Suid-Afrika en selfs internationals sal dit geniet.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse films?

Net om te dink dat natural beligting gebruik is, set dit Abraham apart van ander Afrikaanse flieks in Suid-Afrika.

abraham650

Chantell de Villiers Phillipus

Jy speel die rol van Katie. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

Ek dink my grootste uitdaging was dat Katie ‘n spirits-drinker was. Ek moes my inleef en my bring in daai wêreld waar ek nog nie was nie.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Wat ‘n wonderlike ervaring en goeie mentor! Dit was vir my so ‘n groot eer om met oom Jans te werk; die manier van hoe hy met mens werk was so anders en om net die beste uit jouself te bring.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op die stel?

Ek kan nie eintlik ‘n uitsondering maak nie want daar is so baie oomblikke wat onvergeetlik was. Dit was lekker om met DJ Mouton en ons kind in die film, Ashlene, te werk. Om haar heeltyd op stel te hê was ook baie lekker.

Wie sal die film geniet?

Ek dink dis ‘n storie vir almal want ek glo ons almal droom graag en wil ons drome bereik.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?

Dis ‘n eg Afrikaanse storie en baie van die akteurs in die hierdie film is rou uit die aarde en dit maak dit meer interessant. 

Abraham word landwyd op 16 Oktober vrygestel.

Foto's verskaf

The post Onderhoude oor Abraham: Eerste rolprent van Jans Rautenbach in 30 jaar appeared first on LitNet.

Grepe indrukke van die Afrikaanse Taalraad se Taalberaad op Erfenisdag 2015

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op Erfenisdag, 24 September 2015, ’n nasionale taalberaadfees by die Kunstekaapteater gehou om die ryk, gedeelde erfenis van die taal en kultuur te vier.

Tydens een van die paneelbesprekings het Debra Meyer (dekaan van die fakulteit Natuurwetenskap, UJ), Cerneels Lourens (prokureur en taalaktivis) en Marlene le Roux (waarnemende hoof van Kunstekaap en ondervoorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) onder die gespreksleiding van  Michael le Cordeur (departement van taalonderrig, US en voormalige ATR) oor die toekoms van Afrikaans gesels. Hier is Michael le Cordeur se indrukke van hierdie gesprek:

Ek het opgetree as paneelleier van die paneel wat gepraat het oor hoe Afrikaans "van nou af" vorentoe moet doen. Heel eerste het die prokureur en taalaktivis Cerneels Lourens ‘n pleidooi gelewer dat die ATR en sy susterorganisasies die nuwe Talewet moet monitor. Volgens Lourens is dit een ding om ‘n Talewet te hê, maar dis nodig dat dit voortdurend gemonitor word om seker te maak die regering doen wat hy sê gaan doen. Marlene le Roux, nuwe ondervoorsitter van die SBA en hoof van die Kunstekaap, het kommmentaar gelewer oor die feit dat ons praat van een Afrikaanssprekende groep terwyl ons op vele terreine nog apart leef van mekaar. Veral die Afrikaanse kerke was in haar visier. "As ons op erfenis uit een mond kan praat in ons moedertaal, waarom kan ons nie ook gesamentlik aanbid in Afrikaans nie," wou sy weet. Dis tyd dat die kunsmatige skanse tussen Afrikaanssprekendes afgebreek word, was haar mening.

Buzi Slingers- Molotsi, ‘n jong Afrikaansonderwyser van ‘n hoërskool in Oudshoorn het gepraat oor hoe sy haar leerders in ‘n swart skool motiveer om Afrikaans te bestudeer. "Dis ‘n kragtige middel om my leerders te bemagtig," het sy gesê onder luide toejuiging van haar matriekklas wat die beraad bygewoon het. "Afrikaans," het sy gesê, "is die gom wat ons as nasie bymekaar kan bring en hou." Ten slotte het Debra Meyer, dekaan van Natuurwetenskappe van UJ, ‘n kragtige rede gelewer waarin sy veral die kunstefeeste gekritiseer het wat nog te wit is. Sy het ook saamgestem met ‘n onlangse uitspraak van myself (Le Cordeur) toe ek ‘n beroep gedoen het dat alle variëteite van Afrikaans dieselfde erkenning moet kry omdat dit ook iemand se moedertaal is. Sy het genoem dis tyd dat ons, ("diegene wat soos ek lyk", en sy wys met haar vinger na haar bruin vel) ons taal opeis, as ons taal, omdat ons daar was toe Afrikaans nog in sy kinderskoene was. Elke lid van hierdie paneel het ‘n sterk boodskap uitgestuur met die oog op die toekoms.

Michael le Cordeur

 

ATR_taalberaad_mlc1

Michael le Cordeur, Sandra Prinsloo, Bun Booyens, Anne-Marie Beukes en Fred Mouton

ATR_taalberaad_mlc3

Lynette Francis tydens RSG se Praat Saam in gesprek met 'n lid van die gehoor

ATR_taalberaad_mlc4

Rieldansers het gesorg vir vermaak na al die gesprekke.

ATR_taalberaad_mlc2

The post Grepe indrukke van die Afrikaanse Taalraad se Taalberaad op Erfenisdag 2015 appeared first on LitNet.

Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse

$
0
0

geagtejahweGeagte Jahwe

Die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse se jongste boek, Geagte Jahwe, is ’n kombinasie van ’n persoonlike en historiese verhaal, het hy tydens die bekendstelling van sy boek by D’Aria-wynlandgoed in Durbanville gesê.

Dit was nie vir hom ’n maklike genre om in te skryf nie, sê hy. Die inspirasie vir sy boek, wat deur Naledi uitgegee word, het hy op die stormagtige klein eiland Malta gekry. Dis daar waar hy met Jahwe begin korrespondeer en 11 briewe aan hom geskryf het. Malta se geskiedenis word gekenmerk deur gewelddadige oorloë waar mense mekaar by meer as een geleentheid grusaam doodgemaak het in die naam van godsdiens.

Esterhuyse het die gaste met aangrypende foto’s op ’n toer deur Malta geneem om die agtergrond van sy boek te skets en die eiland se gewelddadige geskiedenis met hulle gedeel.

Hierdie en ander gebeure op sy lewensreis het hom op ’n spirituele reis geneem wat sy godsbeeld dramaties verander het sedert die dae toe hy as jong tokkelok by die kweekskool op Stellenbosch aangekom het om teologie te studeer.

Mense se godsbegrip het deur die eeue heen geëvolueer, het Esterhuyse gesê. Ook sy eie godsbegrip het oor die jare wesenlik verander.

Hy het weggestap van die geloof in ’n persoonlike skeppergod. Vandag beskou hy “God” as ’n  metafoor vir die Onsienbare wat mens nie in woorde of dogmatiese geloof kan omskryf nie. Dit is nie vir hom belangrik om God as ’n persoon te sien nie, sê Esterhuyse. As ander mense hieroor met hom verskil, is dit goed so en hy respekteer dit, maar hy tree nie meer in debat daaroor nie. Dis húlle saak.

Untitled-14

Wat wel vir hom belangrik is uit die tradisie waaruit hy kom, is Jesus se boodskap van vrede op aarde. “Of hy nou uit ’n  maagd gebore is of nie, maak nie vir my saak nie. Die mites van maagdelike geboortes kom in elke geval al van lank voor Jesus se tyd.”

Wat vir Esterhuyse belangrik is in Jesus se boodskap, is die etiese beroep wat hy op mense doen om vrede op aarde te probeer bewerkstellig – die hiermaals nou en hier en nie die hiernamaals na die dood nie.

Die Ou Testament bekyk hy vanuit twee perspektiewe. “Die een is die gewelddadige aard daarvan, waarmee ek my glad nie kan vereenselwig nie. Dit verskil geensins van die geweld wat mens ook in die Koran teëkom nie,” het hy gesê.

Die tweede perspektief van die Ou Testament wat hom fassineer, is die profetiese deel daarin, die dele waar profete onbevrees opstaan teen die mag van konings en hulle teen ongeregtigheid verset. “Waar is die hedendaagse profete?” wou hy weet. “Waar is ’n Martin Luther King en ’n Gandhi? Ons het nie meer sulke mense nie.”

Op ’n vraag uit die gehoor hoe mens dan jou kinders moet opvoed rakende geloof en die Bybel het hy gesê hy beskou nie die Bybel of enige ander boek as ’n heilige boek nie. Maar vir hóm is die Bybel heilig weens die volheid daarvan. “Die verhale in die Bybel kan wonderlike lewenslesse wees vir kinders sodat hulle kan verstaan waaroor universele waardes behoort te gaan. Baie van daardie verhale het ook nie hulle oorsprong in die Bybel nie, maar is veel ouer as die Bybelse verhale.

Untitled-13

D’Aria se wynmaker, Rudi von Waltzleben, het hulle nuutste wyn, The Songbird sauvignon blanc van 2015, wat aan die einde van die maand amptelik beskikbaar sal wees, aan die gaste bekendgestel. Hulle was van die eerste mense wat daarvan sou proe. Vorige oesjare van die wyn het reeds verskeie toekennings ontvang. Volgens Rudi hou ook vanjaar s’n groot belofte in.

The post Geagte Jahwe deur Willie Esterhuyse appeared first on LitNet.

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Jaarvergadering en simposium

$
0
0

saawklogo

DIE SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR
WETENSKAP EN KUNS

 JAARVERGADERING EN SIMPOSIUM

1 en 2 Oktober 2015

Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum - Biblioteek, 4de vlak, Groenkloofkampus
Universiteit van Pretoria

en

BEKRONINGSPLEGTIGHEID

2 Oktober 2015

Musaion, Hoofkampus, Universiteit van Pretoria

DIE SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR
WETENSKAP EN KUNS

JAARVERGADERING EN SIMPOSIUM
1 en 2 Oktober 2015

Program

Donderdag, 1 Oktober 2015

Algemene Jaarvergadering

Raadsaal van die Dekaan, Administrasiegebou,
Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria
H.v. George Storrar-rylaan en Leydsstraat, Groenkloof

08:00–09:15

Algemene Jaarvergadering van die SA Akademie

    • Verwelkoming: Prof. Wessel Pienaar, Voorsitter van die SA Akademie
    • Presensielys
    • Notule van die vorige vergadering
    • Uitslag van verkiesing van Akademieraad
    • Voorlegging en behandeling van die finansiële state
    • Voorlegging en behandeling van die jaarverslag van die Akademie
    • Ander sake
09:15–09:30 Konstituering van die nuwe Akademieraad. Die nuwe Dagbestuur en Finansiële Kommissie moet aangewys word.

09:30-10:00

Tee/ koffie en verversings

Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum – Biblioteek, 4de vlak

 

Simposium
Donderdag, 1 Oktober 2015

Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum - Biblioteek, 4de vlak, Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

Tema:
DIE VERHOUDING/SPANNING TUSSEN
GLOBAAL EN LOKAAL

 

REGISTRASIE: Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum - Biblioteek, 4de vlak, Groenkloofkampus

10:00–10:10

Verwelkoming: Prof. Wessel Pienaar, Voorsitter,
SA Akademie

Sessie 1

Wetenskaplike ontleding van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel soos internasionaal getakseer

 

Voorsitter: Mnr. Chris Klopper

10:10–10:30

Prof. Irma Eloff, Dekaan, Fakulteit Opvoedkunde, UP: Die geskiedenis van onderwysers-opleiding in Suid-Afrika

10:30–10:35

Vrae en bespreking

10:35–10:55

Dr. Michael le Cordeur, Fakulteit Opvoedkunde, US:Die voortbestaan van Afrikaans as universiteitstaal binne ’n meertalige, internasionale, akademiese omgewing: die taaldebat op Stellenbosch.

10:55–11:00

Vrae en bespreking

11:00–11:20

Dr. Huw Davies, Projekbestuurder, SAOU: Die implementering van openbare onderwys in die lig van internasionale vereistes

11:20–11:25

Vrae en bespreking

11:25–11:45

Dr. Hanlie Dippenaar, Vakhoof, Departement Engels, Fakulteit Opvoedkunde, Wellington kampus, KSUT:Implementering van gemeenskapsdiens – waar staan ons globaal?

11:45–11:50

Vrae en bespreking

11:50–12:00

Kort pouse

Sessie 2

Regsgeleerdheid

 

Voorsitter: Prof. Koos Malan

12:00–12:20

Me. Nedine Blom: Die impak van mensehandel op die wêreld van vandag en die uitdaging van gepaste remedies vir slagoffers.

12:20–12:25

Vrae en bespreking

12:25–12:45

Prof. Jannie Otto, Fakulteit Regte, Universiteit Johannesburg: Afrikaans as regstaal: uitdagings globaal en lokaal.

12:45–12:50

Vrae en bespreking

12:50–13:10

Dr. Helena van Coller, Fakulteit Regte, Rhodes Universiteit: Homoseksualiteit en die Kerk: dilemmas en uitdagings, lokaal en globaal.

13:10–13:15

Vrae en bespreking

13:15–14:15

Middagete

Sessie 3

Ruimte

 

Voorsitter: Prof. Japie Engelbrecht

14:15–14:35

Dr. Frans Venter, Physical Coherence Dynamics CC: 'n Fisikageörienteerde beredenering van Genesis 1:3, 'Laat daar Lig wees'.

14: 35–14:40

Vrae en bespreking

14:40–15:00

Prof. Matie Hoffman, Dept. Fisika, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein: 100 jaar na Einstein: "Lokalisme en Globalisme" in die Fisika

15:00–15:05

Vrae en bespreking

15:05–15:25

Prof. Herman Steyn, Groephoof van Satelliet Ingenieurswese, Rekenaar en Beheerstelsels, Dept. Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Universiteit van Stellenbosch: Die ontwikkeling en gebruik van momentum- en reaksiewiele as dié aktueerder wat die oriëntasiebeheer van ruimtesatelliete tot die Rosetta-landing moontlik maak

15:25–15:30

Vrae en bespreking

15:30–15:50

Prof. Justin Jonas, Rhodes Universiteit: Associate Director: Science & Engineering, SKA South Africa: The SKA Project in Africa

15:50–16:00

Vrae en bespreking

16:00–16:20

Koffie/tee en verversings

Sessie 4

Letterkunde en taalkunde

 

Voorsitter: Prof. Ina Wolfaardt-Gräbe

16:20–16:40

Prof. Ena Jansen, Moderne Nederlandse letterkunde, VU en hoogleraar Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam: Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

16:40–16:45

Vrae en bespreking

16:45–17:05

Prof. Ernst Kotzé, Taalkundige kategorisering as ʼn bepalende faktor by besluitneming oor die romeinse skryfwyse van Japannese woorde in ʼn Afrikaans-Japannese woordeboek

17:05–17:10

Vrae en bespreking

17:10–17:30

Prof. Eep Francken, Neerlandicus, Universiteit van Leiden: De tweede schrijver van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

17:30–17:35

Vrae en bespreking

17:35–17:55

Dr. Geraldine Reymenants, Vlaamse verteenwoordiger in suidelike Afrika: Vlaanderen tegenover de wereld: de spreidstand van het literair-culturele tijdschrift "Dietsche Warande en Belfort" (1900-1940)

17:55–18:00

Vrae en bespreking

18:0019:00

Skemeronthaal
Groenkloof Research Commons Ouditorium, Mediasentrum - Biblioteek, Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

 

Openingsplegtigheid
Groenkloof Research Commons Ouditorium, Mediasentrum - Biblioteek, Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

 

Seremoniemeester: Dr. Dionē Prinsloo

19:00–19:05

Verwelkoming: Prof. Niek Grové, Registrateur, UP

19:05–19:20

Voorsittersrede: Prof. Wessel Pienaar

19:20–20:00

 

Gasspreker: Mnr. Tomas Baum, Directeur van het Vlaams Vredesinstituut, België: De Groot Oorlog voorbij: nalatenschap en verbeelding

20:00–20:20

Dr. Leopold Scholtz, Navorsingsgenoot, Universiteit van Stellenbosch: Die Eerste Wêreldoorlog as faktor vir Suid-Afrika se toetrede tot die internasionale gemeenskap

20:20–20:30

Bedankings en afsluiting: Prof. Irma Eloff.

 

Simposium
Vrydag, 2 Oktober 2015

Tema:
DIE VERHOUDING/SPANNING TUSSEN
GLOBAAL EN LOKAAL

Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum - Biblioteek, 4de vlak
Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

REGISTRASIE:  Groenkloof Research Commons Ouditorium,
Mediasentrum - Biblioteek, Groenkloofkampus

08:0008:30

Tee/ koffie  –  Registrasie

Sessie 5

Filosofie

 

Voorsitter: Prof. Albert Venter

08:30–08:50

Prof. Pieter Duvenage, Dept. Filosofie, Universiteit van die Vrystaat: Is daar ʼn Afrikaanse filosofiese tradisie?

08:50–08:55

Vrae en bespreking

08:55–09:15

Prof. Hussein Solomon, Dept. Politieke Wetenskap, Universiteit van die Vrystaat: Exploring the tension between the global and the local: Exploring the nexus between terrorism and identity in Africa.

09:15–09:20

Vrae en bespreking

09:2009:25

Kort pouse

Sessie 6

Afrikaanse Wikipedia

 

Voorsitter: Prof. Irma Eloff

09:25–10:15

Prof. Laurette Pretorius, Skool vir interdissiplinêre navorsing en nagraadse studies, Universiteit van Suid-Afrika: Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans

10:1510:40

Tee/koffie en verversings

Sessie 7

Algemene sessie

 

Voorsitter: Prof. Johan de Villiers

10:40–11:00

Prof. Jannie Rossouw, Hoof: Skool vir Ekonomiese en Sakewetenskappe, Universiteit van die Witwatersrand en mnr. Fanie Joubert en me. Adéle Breytenbach, Dept. Ekonomie, Unisa: Interne spanning: twee scenario’s vir een toekoms in Suid-Afrika

11:00–11:05

Vrae en bespreking

11:05–11:25

Prof. Hennie van Coller en dr. Anthea van Jaarsveld, Dept. Afrikaans en Nederlands; Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat: Die spanning, lokaal en globaal in die verfilmings van "Geboortegrond" (1946) en "Disgrace" (2008)

11:25–11:30

Vrae en bespreking

11:30–11:50

Mnr. Pieter Mathews, Mathews en Genote Argitekte, Pretoria: Kreatief lokaal en globaal

11:50–11:55

Vrae en bespreking

11:5512:05

Kort pouse

Sessie 8

Universiteite en Afrikaans

 

Voorsitter: Prof. Irma Eloff

12:05–12:20

Dr. Theuns Eloff, F.W. de Klerk-stigting

12:20–12:35

Prof. Niek Grové, Registrateur, Universiteit van Pretoria

12:35–12:50

Mnr. Flip Buys, Akademia

12:50–13:10

Vrae en bespreking

13:10–13:25

Repliek deur die drie sprekers (5 minute per spreker)

13:25–13:30

Bedankings en afsluiting van simposium: Voorsitter van die Akademie

13:3014:15

Middagete (Groenkloof Research Commons Ouditorium)

19:00        

Bekroningsplegtigheid
Musaion, Universiteit van Pretoria,
(Hoofkampus, Lynnwoodweg)

Seremoniemeester: Prof. Irma Eloff, ondervoorsitter van die SA Akademie
Verwelkoming: Dr. Geraldine Reymenants, Vlaamse verteenwoordiger in suidelike Afrika

Onthaal

 

The post Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Jaarvergadering en simposium appeared first on LitNet.

Video: Heritage and Belonging – a discussion on multilingualism

Onbeplande, onvergeetlike naweek

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dis Saterdagoggend. Jaco lê hom behaaglik en uitstrek in die bed. Dit is skoolvakansie en sy vrou en die kinders het vir twee weke by haar ma-hulle in Durban gaan kuier. As gevolg van werkdruk kon Jaco nie afkry nie en is alleen tuis. Dit is ‘n heerlike someroggend en al vroeg warm. Die tuindienste het die vorige middag die tuin mooi aan die kant gemaak en sy vrou het die huis mooi netjies gemaak voor sy en die kinders weg is. Hy het dus die dag, die naweek en die volgende twee weke die huis vir homself met niks anders om te doen nie as ontspan. En dit gaan hy behoorlik doen. Hy loer so terloops deur die venster na buite en sien die swembad se heerlike koel ligblou water. Hy stap buite toe en skuif ‘n strandstoel reg in die son langs die lapa. Hy gaan haal die gasbraai en sit dit ook reg. Hy het klaar broodjies en lekker steak gekry met genoeg bier en koeldrank vir die hele naweek. Hy hoef dus nêrens heen te gaan nie. Dit gebeur bitter min dat hy die huis vir homself het. Hy is lief vir sy vrou en kinders, en hy weet hy gaan hulle mis.

Hy stap kamer toe en trek die bed reg, sit sy vuil klere in die mandjie en spring gou onder die stort. Na hy hom klaar afgedroog het, besluit hy om sommer kaal te bly. Dis mos nou die lewe. Sy agterplaas is toe met ‘n twee meter hoë heining en is dus lekker privaat. Hy hou daarvan om kaal te wees, maar sedert die kinders gebore is, gebeur dit maar bitter min. Hy stap die gang af en begin al klaar ‘n yslike ereksie ontwikkel. Dis mos lekker om kaal te loop, en met niemand om te pla nie, voel dit sommer lekker stout en opwindend. Hy het al lankal ‘n klompie sexy flieks afgelaai wat hy vanaand wil kyk. Sy stywe penis pols en swaai heen en weer soos hy gang-af stap.

Hy wil net goed uit die kaste kry om ontbyt te eet, toe hy ‘n vrouestem agter hom hoor.

“Môre-môre, jis, maar dis lekker casual, kan ek jou maar join?”

Hy skrik so groot hy laat amper die bakkie val wat hy uitgehaal het en stort van die koffie. Dis Esti, sy vrou se jonger suster. Sy is onlangs deur ‘n rowwe egskeiding. Sy is absoluut beeldskoon en modelmooi. Pragtige blonde hare, ligte roomkleurige vel, die mooiste gesiggie met ‘n oulike wipneusie. ‘n Wilgerlatlyfie met mooi vol borste, dun middeltjie en lang slanke bene.

“Liewe donnerdag Esti, jy sal mens ‘n hartaanval gee. Waar kom jy vandaan?”

Sy lag dat sy eintlik dubbel vou. Hulle was nog altyd gemaklik met mekaar. Wanneer hulle mekaar besoek, word daar nie geklop nie, hulle stap in en maak hulle tuis. Hy sien sy het ‘n taamlik lywige oornagsak en nog ‘n groot tas by haar. Hy vergeet vir die oomblik skoon dat hy kaal is met ‘n taamlike ereksie.

“Ek kom mos vir die week hier by julle bly tot volgende Sondag. Het my suster jou nie gesê nie?” Haar oë bly dwaal na sy penis. Hy onthou skielik hy is kaal en hou sy hande voor, en draf verby haar kamer toe om ‘n PT-broek te gaan aantrek.

“Nee jong, sy het seker vergeet om my te sê. Dit was maar ‘n taamlike besige paar dae. Jou ma-hulle het aanhou vra dat hulle kom kuier en toe hulle eers besluit om te gaan, was die enigste vliegtuigkaartjies vir gister, so toe was dit ‘n geskarrel om als gereed te kry. Maar dis nie ‘n probleem nie. Jy weet jy is altyd welkom. Verskoon dat ek kaal was. Dis so ‘n lekker dag en ek het nie mense verwag nie.” Hy het nog altyd ‘n sagte plekkie vir Esti gehad en het al so ‘n paar keer gewonder hoe sy sonder klere sal lyk. Hy is ook maar net mens en het al gefantaseer dat hy met haar liefde maak. Hy kry onwillekeurig weer ‘n hewige ereksie wat sy broek soos ‘n tent laat staan.

Sy sien dit en bloos effens. “Sjoe Jaco, is dit ek of raak hy altyd so opgewonde? Jy moes maar die broek gelos het – kyk hoe sukkel die arme ding om uit te kom,” terg sy en giggel ondeund.

Jaco gaan sit by die tafel met sy ontbyt en nooi haar om saam te eet. Sy kry ‘n bakkie kos en kom sit.

“So jy het gedink jy gaan alleen wees. Wat het jy beplan vir die dag? Dit lyk of jy bietjie nudisme wou beoefen?”

Jaco bloos effens. “Wel, ek hou van die vryheid sonder klere, en ‘n mens kry nie aldag so ‘n geleentheid nie. Die weer is perfek, ek het genoeg eet- en drinkgoed, so ek wou net ontspan. Die agterplaas se heining is hoog genoeg om privaatheid te verseker. Maar niks hoef te verander nie. Ek kan my dag net soveel geniet met ‘n swembroek as jy saam wil ontspan. Of wou jy iets anders gedoen het?”

“Nee wat, dis reg met my. Ek kan beslis doen met ‘n bietjie rondlê en niksdoen, en ‘n bietjie son sal goed wees vir my bleek vel.”

“Nou maar toe, gaan trek jou swemklere aan, dan kry ek jou buite by die swembad.”

Jaco spoel gou die ontbytgoed uit en sit dit in die droograkkie. Hy stap uit en sleep nog ‘n strandstoel nader, sprei handdoeke op hulle oop en maak homself gemaklik op een.

Hy kyk op toe hy Esti se voetstappe hoor en verstik amper. Hy is totaal sprakeloos. Sy het ‘n rooi bikini aan wat pragtig kontrasteer met haar ligte vel en blonde hare. Die top is klein genoeg om heelwat van haar vol borste te wys. Hulle is pragtig. Haar middeltjie is klein, en sy het mooigevormde vroulike heupe en lang slanke bene. Sy sal enige model groen maak van jaloesie. Haar borste wip en beweeg soos sy loop, en sonder dat hy dit eers agterkom, ontwikkel hy weer ‘n yslike ereksie.

Sy sien sy blik en die roering in sy broek en bloos. “Jinne Jaco, jy kan nou maar weer jou mond toemaak, en dankie vir die kompliment,” sê sy met ‘n glimlag en kyk na die tent in sy broek. Jaco voel skoon verleë en word warm in sy gesig. “Ek is jammer Esti, jy is mooier as wat ek kan onthou, en ek is maar net mens.”

“Toemaar, jy is vergewe. Sal jy asseblief my rug met sonroom smeer,” vra sy en gaan lê op haar maag.

“Met plesier,” sê hy en gaan kniel langs haar stoel. Hy spuit room oor haar rug en sy ril toe die koue daarvan haar kaal vel tref en kry hoendervel oor haar hele rug. Jaco wonder onwillekeurig of haar tepels ook nou op aandag staan. Dit voel of sy penis deur sy broek gaan bars. Hy begin haar rug smeer en is verwonderd oor hoe sag haar vel onder sy hande voel. Hy kan dit nie verhelp nie en dit word vir hom ‘n liefkosing. Hy smeer haar hele rug en sye. Toe sy hande oor die kante van haar borste vryf wat onder haar gewig uitbult, kreun sy van plesier en kyk met ‘n stout glimlag om na hom. Hy smeer haar bene ook en sy maak hulle oop om dit vir hom maklik te maak. Hy smeer haar sagte binnebene. Haar bikinibroekie is baie smal waar dit tussen haar bene deurloop en hy is seker dat dit nét haar koekielippies bedek. Soos hy hoër op smeer, nader na haar mik toe, sien hy hoe haar koekie uitbult. Hy wens hy kon sien hoe dit lyk. Sy voël is so styf dat hy eintlik seer is. Hy besluit om bietjie af te koel en duik in die water in.

Hy spat haar nat, en sy gil en duik agterna. Hulle swem en speel soos twee kinders in die water en hy kan sien hoe sy deur die dag ontspan en dit geniet. Hy kan amper nie glo hoe baie hy haar geselskap geniet nie. Hulle was nog nooit so gemaklik met mekaar nie. Hy het vir hulle bakkies met heerlike snoephappies gevul waaraan hulle heeldag peusel. Maar toe dit laatmiddag word sê hy vir haar dat hy nou ‘n honger aan hom het wat skrik vir niks en sy sê sy ook.

“Skoonsus, jy kan gerus gou gaan stort as jy wil, dan steek ek solank die braai aan. Ek het al die goed gereed vir aandete, so ons hoef letterlik net die bestanddele in bakke te sit en die vleis te braai, dan kan ons eet.”

“Oeg, dit sal wonderlik wees. Goed, ek is nou-nou terug”, en sy verdwyn die huis in. Hy raak doenig en berei alles voor. Die vleisies is amper reg toe sy by die deur uitgestap kom. Hy snak amper na sy asem. Sy het ‘n ligpienk somerrokkie aan. Dit is skouerloos en eindig ‘n hele ent bokant haar knieë. Dit wys die boonste hellings van haar pragtige roomwit borste en beklemtoon haar lang slanke bene. Sy kyk na hom en bloos liggies. “Dis nie goeie maniere om te staar nie.” Hy kug ongemaklik. “Jammer, ek kan nie help nie. Jy lyk mooi genoeg om geëet te word.” Hy byt amper sy tong af toe hy besef wat hy gesê het. Hierdie sexy skoonsus van hom is besig om sy brein aan te tas. Sy bloos en half verleë sê sy: “Ja, ou grootbek.” Nou is dit haar beurt om ongemaklik te lyk oor wat sy gesê het.

Hulle eet lekker, en nadat hulle opgeruim het, gaan sit hulle voor die TV met elkeen ‘n drankie. Hulle het egter nog skaars gemaklik geraak toe Jaco sien sy skoonsus is erg lomerig. Hy help haar op en stel voor dat hulle vroeg gaan inkruip. Sy erken dat sy baie moeg is en stap gedwee kamer toe. Hy besluit om ook maar te gaan lê en gaan sluit al die deure.

Toe hy gang af stap, loer hy by die spaarkamer in. Esti lê op haar rug met haar arms bo haar kop uitgestrek en hy kan sien sy is klaar in droomland. Sy is asemrowend mooi. Sy het ‘n kort nagrokkie aan en dit het heeltemal opgetrek dat hy amper haar hele broekie kan sien. Hy voel ‘n roering in sy broek, en hy kan homself nie verhelp nie en stap tot langs die bed. Aan die voorkant van haar broekie sien hy ‘n perfekte, prominente kameeltoontjie, en sy ereksie spring in rekordtyd van halfmas tot kloppend styf. Hy besluit om vir sy eie veiligheid te verkas.

Hy gaan lê en het net ingesluimer toe hy haar hoor roep.

Hy stap die kamer in en sy sit regop met gekruiste bene. “Wat’s fout Esti?”

“Het jy dalk na-son-room? Ek dink my rug het dalk ‘n bietjie meer gebrand as wat ek moes. Veral my skouers is bietjie seer.”

“Draai om dat ek kan sien.” Haar naghemp is een van daardie wat lyk soos ‘n lang T-hemp, en sy moet dus die hele ding optrek tot by haar nek sodat hy haar rug en skouers kan sien. Sy vang die voorkant vas en trek dit net betyds af om haar borste te bedek. Hy staan reg langs haar en kyk in verwondering na haar byna naakte lyf. Nou kan hy sien dat sy ‘n baie klein broekie aan het. In ‘n oogwink is sy penis so styf dat hy pols en ‘n yslike tent in sy los slaapbroek maak. Hy voel erg ongemaklik.

Hy gaan kry die room en gaan sit agter haar en spuit ‘n blerts van die koue room op haar skouers. “Brr,” sê sy toe dit haar vel tref en sy slaan hoendervel uit. Hy smeer die room saggies in en wonder weer of haar tepels ook nou orent staan. Toe hy by haar skouerknoppe kom, moet sy die T-hemp hoër lig. Sy kan egter nie die hemp oplig en haar voorkant tegelyk toehou nie, en hy help haar en trek dit sommer oor haar kop. “So ja, nou is hy uit die pad uit”, en lag toe sy ‘n gilletjie gee en net betyds haar borste toehou.

“Jy vat kanse nè!” sê sy met ‘n glimlag as sy oor haar skouer vir hom loer. “Baie dankie my ou groot swaer, dit voel sommer beter.” Sy trek hom nader en gee hom ‘n soen op die mond.

“Enige tyd, dis ‘n plesier. Lekker slaap.” Toe hy opstaan om te loop, lê sy terug en trek die laken oor haar en laat val die slaaphemp op die vloer langs die bed. Die besef dat sy kaal is onder die laken maak hom amper mal, en hy maak hom uit die voete voor hy sy selfbeheersing verloor.

Die volgende oggend is hy vroeg op en maak vir hulle ‘n heerlike ontbyt. Hy hoor Esti roer in die badkamer en gaan buitetoe en slaan die gazebo op en skuif hulle sonstoele daaronder sodat hulle skadu oor hulle kan hê. Na ontbyt help sy vinnig opruim. Sy sien Jaco het klaar ‘n swembroek aan en sê sy gaan ook gou aantrek. Jaco is reeds buite toe sy uitgestap kom met ‘n spierwit bikini met ‘n ligte toppie bo-oor. Sy lyk so mooi dat hy nie anders kan as om openlik te staar nie.

Sy staan peinsend na hom en kyk. “So Jaco, vertel my bietjie. Hoe gereeld swem jy sonder klere?” vra sy en bloos.

“Nee wat, met kinders in die huis is dit buite die kwessie. Maar soos ek gister gesê het, ek hou van die gevoel van vryheid in die opelug. Hoekom vra jy?”

Sy bloos pragtig en kry ‘n ondeunde uitdrukking in haar mooi bruin oë. “Om eerlik te wees, ek hou ook van die gevoel van vryheid sonder klere. Ek slaap altyd kaal en loop graag kaal as ek alleen by die huis is. Ek het nog altyd begeer om dit buite in die ope son te ervaar. As dit reg is met jou, sal ek dit ook graag wil probeer. Ek weet dit is seker nie regtig van pas nie, maar niemand hoef te weet nie. Jy is my suster se man, maar ons het nog altyd goed oor die weg gekom en ek vertrou jou meer as enige man wat ek ken. Ek is seker mal, maar ek sal dit met geen ander man probeer nie.” Haar gesiggie het nou ‘n bloedrooi blos op en sy is effens kortasem.

Jaco is sprakeloos. Sy moed het in sy skoene gesak toe sy so onverwags hier opdaag en hom kaal betrap. Hy was dadelik half vies omdat sy sy planne vir ‘n perfekte naweek kom beduiwel het. Hy het hom klaar voorgeneem dat hy sy vrou gaan uittrap dat sy vergeet het om hom van die reëlings te vertel. Maar in sy wildste drome het hy nie gedink sy sal met so ‘n voorstel kom nie.

“Esti, jy weet ek gee baie vir jou om en ek het jou nog altyd baie aantreklik gevind. Ons is al twee mooi groot, en ons al twee weet as ons ons klere gaan uittrek wat gaan gebeur.”

Sy bloos hewig. “Dink jy ek is darem ‘n bietjie aantreklik?”

“’n Biétjie ...? Mens, as ek nou heeltemal eerlik moet wees, het ek al ‘n paar keer oor jou gefantaseer, en dit was warm verby. Ek dink jy is absoluut pragtig en enige man se droom.” Sy penis is stokstyf en pols eintlik. Hy kyk af daarna en dan na haar. Sy volg sy blik en bloos weer. Hy wys met sy vinger na sy stywe penis. “Dis wat jy aan my doen en ons het nog ons klere aan.”

“Is jy seker dis wat jy wil doen? As ons eers uitgetrek het, is daar geen terugdraai nie.” Sy lig haar ken uitdagend, dog vasbeslote, kruis haar arms en vat haar toppie se soom vas en trek dit met een beweging oor haar kop en laat val dit op die stoel. Haar wit bikinitop het halwe koppies wat lyk of dit al sy dae het om twee pragtige wit borste binne te hou. Sy strek met een hand agter haar rug en maak die bra se knippie los. Die twee punte skiet vorentoe en sy hou vir ‘n oomblik haar bra met haar hande voor haar borste. Dan laat sy dit stadig sak en laat dit by haar toppie val. Jaco kom amper in sy broek net daar waar hy staan. Dis die eerste keer in sy getroude lewe van twaalf jaar dat hy ‘n ander vrou se kaal borste in lewende lywe sien. Hulle is in elke opsig volmaak gevorm. Haar vel is die kleur en tekstuur van gladgepoleerde ivoor. Haar borste is vol  (38C, sou hy later uitvind), met ligpienk tepels wat vinnig saamtrek in twee stywe punte. Hy kyk in verwondering na die knoppies rondom elke tepel, en hoe die tepels self van kleur verander tot ‘n donkerder pienk en hoe die tepelvelletjies opfrommel om die stywe punte.

Sy staan regop en trek onbewustelik haar skouers terug, in die oeroue instink van ‘n vrou se mag oor ‘n man deur haar seksualiteit, wat hulle volheid nog meer beklemtoon. Haar borste is die sagte soort. Vol, maar baie sag, en hulle beweeg en vibreer met die geringste beweging wat sy maak. Jaco is so in vervoering oor die prag voor hom dat hy amper in ‘n beswyming is. Sy vat haar broekie vas en trek dit ook af, maar maak ‘n show daarvan. Wanneer sy vooroor buk, swaai haar borste vorentoe en hang af. Sy kom regop en haar koekie slaan sy asem weg. Sy is kaalgeskeer. Die vel lyk so sag en glad dat dit lyk of sy nog nooit skaamhaartjies gehad het nie. Hy sou later uitvind dat sy dit reeds jare gelede laat verwyder het. Haar spleet begin hoog, sodat haar hele koekie heeltemal sigbaar is terwyl sy regop staan, met ‘n prominente heuweltjie. Die buitelippies is vlesig en ‘n pragtige ligpienk, met die binnelippies wat heeltemal uitloer soos ‘n opgefrommelde sneesdoekie. Daar is ‘n Playboy-model, Jade Bryce, met so ‘n koekie. Toe hy dit die eerste keer gesien het, was hy in vervoering en het hy gewens dat hy eendag so iets in lewende lywe kon sien, maar nooit het hy gedink dat dit werklik sou gebeur nie. Al waaraan hy kan dink, is hoe dit gaan wees om daardie sagte lippies in sy mond in te suig en haar met sy tong te troetel tot sy kom en kom.

Jaco se penis is nou so styf dat hy eintlik pyn en hy pluk vinnig sy broek af om hom te bevry. Hy is styf en hard en hy pols op en af. Sy snak effens na haar asem toe sy na sy penis staar. “Sjoe maar hy is groot.”

“Esti, ek het nooit in my wildste drome gedink dat jy so asemrowend mooi is nie. Ek het al gewonder hoe jy sou lyk sonder klere. Jy moet die mees volmaakte vrou in die heelal wees. Jy is absoluut pragtig.”

Hy is so kortasem dat hy skaars kan praat. Hy hou sy arms oop en sy kom na hom toe. Sy sit haar arms om sy nek en hy vou syne om haar middel. Daardie eerste vollyf naakte aanraking van ‘n onbekende lyf is ‘n unieke ervaring. Albei se heupe dein onwillekeurig na mekaar toe in die oeroue drang om te paar. Dit voel of die grond onder sy voete padgee. Dan is hulle teen mekaar en druk styf teen mekaar aan. Jaco se stywe voël druk teen haar magie vas en sy druk onwillekeurig haar heupe vorentoe in ‘n maalbeweging. Haar sagte vol borste voel hemels as sy hulle styf teen sy borskas vasdruk. Hy het sy arms om haar middel en sy haar arms styf om sy nek. Hulle is byna ewe lank en Jaco kry ‘n idee. Hy stoot haar liggies agteruit. Die trappie langs die plaveisel na die gras toe is ‘n baksteen hoog. Hy laat haar op die trappie staan en dit is presies wat hy wou hê. Hy vat sy voël in sy hand en druk hom af, tussen haar bene in. Sy kry die boodskap en maak haar bene effens oop. Hy voel met sy vingers oor haar lippies en trek hulle oop en sit sy voëlkop tussen hulle teen haar opening. Hy het al gefantaseer hoe dit moet voel om ‘n vrou staande te penetreer. Hy vryf sy penis se punt so ‘n paar keer op en af deur haar spleet om die kop goed nat te maak. Toe hy vorentoe stoot, doen sy dieselfde en sy penis glip stadig maar seker in haar in. Hy kreun van die lekkerste lekker wat hy nog ooit ervaar het as hy haar prominente koekielippies om die basis van sy voël voel aandruk. Sy is duidelik ook goed opgewerk, want sy is sopnat binne en sy pas lekker styf om hom. Hy begin in en uit beweeg en haar heupe beantwoord elkeen van sy stote. Maar dis nie genoeg nie. Hy sit sy hande onder haar boude en tel haar op sodat sy haar bene om hom moet vou. Hy loop tot by ‘n sonstoel en gaan sit sodat sy wydsbeen oor hom sit. Hy leun terug teen die rugleuning en staar na die absolute prag voor hom. Hy streel met sy hande teen haar sye op en vou sy hande om haar borste, bring hulle vorentoe sodat hy hulle sagte gewig omkelk. Hy vryf liggies met sy duime en voorvingers oor haar stywe tepels. Sy kreun diep in haar keel en begin haar heupe vorentoe en agtertoe beweeg. Terselfdertyd leun hy vorentoe en suig een tepel in sy mond in. Sy kreun as hy hard en ritmies begin suig, eers die een dan die ander een. “Jaco, my borste en tepels is baie sensitief. Ek kan amper kom net daarvan. Byt hulle liggies terwyl jy suig.” Sy begin wriemel en hy voel die spasmas deur haar liggaam trek. Jaco lê terug en kyk in vervoering hoe haar sagte, vol borste met hulle nat stywe punte lui wieg en swaai. Dit is net te veel en voor hy kan keer begin hy kom. Hy trek haar heupe styf teen hom vas en skiet strome warm wit saad diep in haar warm nat dieptes in. Dit is ongelooflik lekker en dit voel of hy nooit gaan klaar kom nie. Sy kreun diep in haar keel toe sy sy warm saad diep in haar voel inskiet, en sy kom met ‘n luide kreet wat hom benoud laat rondkyk na die heiningmure. Die lekker is egter nog nie verby nie en hy voel hoe sy met haar binnespiere sy voël druk en los en elke druppel uit hom melk. Dit voel letterlik of sy sy voël masseer.

“Jammer Esti, ek kon myself nie keer nie. Ek het gewoonlik goeie beheer en kan lank aanhou. Jy is net so verskriklik mooi.” Hy sit regop en trek haar teen hom vas. Sy sit haar arms om sy nek. Die gevoel van haar sagte, warm vol borste teen sy bors is absoluut wonderlik en dit voel of hy haar nooit weer wil los nie. Hy sit sy vinger onder haar ken en laat sak sy mond op hare en soen haar. Haar lippe gaan dadelik oop en hulle tonge speel in mekaar se monde. Dit is verreweg een van die lekkerste soene van sy lewe en dan vreet hulle mekaar op. Dit voel of hulle nie asem kry nie, so vinnig styg die passie tussen hulle. Toe hulle eindelik los en asemhaal, het sy ‘n pienk blos op haar wange en sy haal hortend asem.

“Esti ...”

“O Jaco ... wat doen jy aan my.” Sy penis het intussen weer kliphard binne-in haar uitgeswel. Hy kyk na haar en voel hulle is al twee nat van die sweet. Hy staan op met haar in sy arms en haar bene om hom gevou en stap om die swembad na die diep kant en spring in. Sy gee ‘n gilletjie. Hy glip uit haar uit vou sy arms om haar van agter af. Dit is een van die lekkerste ervarings om ‘n kaal vrou van agter af te omhels en met albei arms om haar lyf haar hele voorkant te streel en te liefkoos en met jou hande haar borste te omkelk, te troetel en te brei en te voel hoe haar tepels hard word as jou palms heen en weer oor hulle streel, om haar tepels tussen jou vingers en duime te rol terwyl haar sagte boude teen jou styfheid aandruk. Dit voel vir Jaco of hy gaan mal word en hy kan voel hoe haar asem ook weer begin jaag. Hy laat sak sy regterhand en omvou haar sagte koekie. Maar dit word te veel en hy wil nou behoorlik met haar liefde maak. Hy draai haar om en dan is hulle weer in mekaar se arms en soen hulle asof die heelal stilstaan. Hy vat haar hand en trek haar agter hom aan. Hulle klim uit en hy vat ‘n handdoek en droog haar saggies af en sy doen dieselfde. Toe sy sy polsende penis in haar hand vat en afdroog voel dit of hy net daar gaan kom.

Hy vat haar hand en stap die huis in, met die gang af na die hoofslaapkamer. Hy draai na haar, en tel haar op en lê haar op die bed neer en gaan lê langs haar. Hy liefkoos en troetel elke deeltjie van haar sagte vroulikheid met die salige wete dis Sondagoggend, daar is geen kans dat enigiemand hulle sal steur nie, hulle het die hele dag en die volgende week vir hulleself. “Jy weet natuurlik, skoonsus, dat jy nie eers hoef uit te pak nie, want vir die volgende paar dae gaan jy nie ‘n kans kry om klere aan te trek nie. Jy lyk in elk geval op jou mooiste in Moeder Natuur se uitrusting.”

“En jy, my liewe swaer, is baie stout. Ek is al klaar sopnat.” Sy voël is so styf soos ‘n paal, en haar woorde laat hom op en af pols. “Kan ek voel? ... Umhh ...” sê sy en strek uit soos ‘n kat in die warm son en sprei haar bene wyd oop vir hom.

“Jou koekie is so pragtig, ek dink ek sal baie eerder graag wil proe.” Hy sit sy hand tussen haar bene en omvou haar koekie. Hy vat met sy duim en voorvinger haar uitpeullippies vas en rek dit liggies uit. “Ek wil graag hierdie sagte lippies van jou in my mond insuig en kyk of ons jou kan laat kom ...” Hy kan voel sy is baie nat.

Sy kreun diep in haar keel. “Asseblief, ek kan kom net van jou woorde. Ek wil nou jou tong in my voel. Maak my kom, asseblief, ek is so opgewerk ...”

The post Onbeplande, onvergeetlike naweek appeared first on LitNet.


Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Mei 2015

Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing

$
0
0

Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing

Esias E. Meyer, Ou-Testamentiese Wetenskap, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om die figuur van die vreemdeling in die boek Levitikus as deel van die Pentateug te ondersoek. Die artikel verduidelik eers die diakroniese uitgangspunte van hierdie ondersoek. Hierdie uitgangspunte vorm die fondament waarop die res van die argument gebou word. Die Heiligheidwetgewing word deur die meeste geleerdes as ’n post-Priesterlike teks van die Persiese tydvak gesien. Die artikel bied ’n oorsig oor die voorkoms van die term גֵּר in Levitikus 16–26. Dan volg ’n oorsig oor die debat oor die vreemdelingtema tot op hede en word daar veral gefokus op die belangrike bydraes van Jacob Milgrom en Christophe Nihan. Milgrom het duidelik aangetoon dat daar nie sprake is van proseliete in hierdie tekste nie en Nihan het gewys dat die verandering van die status van die גֵּר met ekonomiese vooruitgang gepaardgegaan het. In die tweede helfte van die artikel word daar aangetoon dat hierdie verduidelikings nie genoegsaam is om die oproep om die גֵּר lief te hê in Levitikus 19:33–34 te verduidelik nie. Die artikel bespreek hoofstuk 19 in meer besonderhede en wys daarop dat daar ’n proses van binnebybelse eksegese plaasgevind het. Levitikus 19:33–34 word bespreek in verband met Eksodus 22:20–21 en Deuteronomium 10:18–19. Die bespreking toon dat die Levitikusteks die ouer tekste herinterpreteer het. In die lig van hierdie bespreking is die gevolgtrekking dat daar minstens drie verskillende sienings van die גֵּר in die Heiligheidswetgewing sigbaar is wat heel waarskynlik chronologies uit mekaar ontwikkel het. Ten slotte word gevra of ons vandag enigiets sou kon leer uit die sienings van die גֵּר in die Heiligheidswetgewing.

Trefwoorde: Heiligheidswetgewing; Levitikus 17–26; Levitikus 19; liefde; vreemdelinge


Abstract

Love of the stranger in Leviticus 19: different views of strangers in the Holiness Legislation

The article engages with the figure of the stranger (גֵּר) in the book of Leviticus in general and Leviticus 19:33–34 in particular. References to the גֵּר are found mostly in what is traditionally known as the Holiness Legislation, which is understood as a post-Priestly text which was created as a result of an inner-biblical discussion. The Holiness Legislation came into being in the Persian period.

The article starts by presenting an overview of the different occurrences of the term גֵּר in Leviticus 16–26. It attempts to show which laws are applied to the גֵּרִים, what protection they are given and how they are to be treated in general. Two cases of an earlier view of the גֵּר in 19:10 and 23:22 are also pointed out, since they express a similar view of the גֵּר as the older law codes. Especially important are examples where obedience to the same laws is expected of both the גֵּרִים and the Israelites, including Leviticus 16:29; 17;25; 18:26; 19:34; 24:16, 22. The article then presents an overview of the current state of the debate on the position of the גֵּר. The first issue addressed is the old argument going back to Bertholet (1896), and still very much prevalent in current scholarship, that the גֵּר was a proselyte, in other words, somebody who came from the outside and who was assimilated into the Israelite community, including the cult. The cases mentioned above of where the same thing is expected of both the אֶזְרָח and the גֵּר are good examples of texts used in the proselyte argument.

The article then presents the contribution by Milgrom (1982, 2000) as a critique of the proselyte argument. For Milgrom the reason the גֵּרִים were included in some laws was not really for the benefit of the גֵּרִים themselves, but actually to protect the relationship between the land, the addressees and YHWH. The fear was that the גֵּרִים could contaminate the land by not following certain prohibitive commandments and thus pose a threat to the relationship between Israel and the land. Although Milgrom’s argument is generally persuasive and clearly undermines the earlier arguments about proselytes, it still leaves some things unexplained. Milgrom does not explain why the sojourner (תּוֹשָׁב) is not included in the prohibitive commandments. Furthermore it does not explain the command to love the גֵּר “as yourself” (כָּמֹ֔וךָ) in Leviticus 19:33–34. How could loving the גֵּר protect the land? Christophe Nihan provides a partial answer to the first unanswered question.

Nihan (2011) argues that the main difference between the גֵּר and the תּוֹשָׁב is that the former is financially independent, while the latter is not. His argument is based on Leviticus 25:6, where only the תּוֹשָׁב is presented as the client of the addressee, but no mention is made of the גֵּר. This is one of the reasons why the תּוֹשָׁב may be enslaved (25:45–46), but not the גֵּר. It also explains why the prohibitive commandments are not expected to be obeyed by the תּוֹשָׁב. He is the client of an addressee and not independent. Nihan also makes it clear that the גֵּר is never regarded as equal to the אֶזְרָח. For instance, the גֵּר is not allowed to own land, since Leviticus 25 never portrays the גֵּר as the recipient of land. Furthermore, Nihan points out that the גֵּר is never expected to become holy, something which is expected of the addressees. Nihan’s arguments provide further support for Milgrom’s criticism of the proselyte argument. The גֵּרִים were not equal to or assimilated into Israelite society. Yet it also explains why the prohibitive commandments are not expected to be obeyed by the תּוֹשָׁב. What his argument does not explain is Leviticus 19:33–34 and the commandment to love the גֵּר. The גֵּר may not own land, is not expected to strive for holiness, is not in general the equal of the Israelite, but the addressees are asked to love him “as yourself”. Similarly, Leviticus 19:18 asks of the addressees to love their neighbour “as yourself”. The rest of the article engages with this problem.

The discussion of Leviticus 19:33–34 addresses issues such as the meaning of love (אהב) and the problem of the structure of Leviticus 19. In terms of the understanding of אהב the insights of Hieke (2014b) are used to argue that the term does not refer to an emotion, but more to an inner attitude towards fellow human beings which expresses itself through certain deeds. The concept is also discussed in terms of its broader use in the Ancient Near East to express “loyalty”. With regard to the structure of the chapter, the article draws on an earlier insight from Nihan (2007), based on the views of Otto (1999), that the chapter consists of two parallel parts. In this structure both verses 11–18 and 26–36 are smaller collections of laws with the central theme of loyalty to fellow Israelites (vv. 11–18) and loyalty to YHWH and the fellow Israelite (vv. 26–36). Leviticus 19 is also understood as a case of inner-biblical exegesis where earlier legal codes (especially the Decalogue) are reinterpreted in the light of the Holiness Legislation’s quest for holiness (Hieke 2014b).

With regard to the command to love the גֵּר in verses 33–34, the earlier texts used in this process of inner-biblical exegesis are Exodus 22:20-21 and Deuteronomy 10:18-19. All three texts make use of the motivational clause that “[Y]ou were strangers in the land of Egypt.” When Leviticus 19:33–34 is compared with Exodus 22:20–21 it is clear that the former goes much further than the latter. In Exodus 22 the issue is simply about not abusing the גֵּר, but in Leviticus 19 love/loyalty is expected. When Leviticus 19:33–34 is compared with Deuteronomy 10:18–19, other differences become apparent. Deuteronomy 10 makes use of imitatio dei and shows that God himself takes care of the strangers and therefore the addressees should love them. Yet the main difference with Leviticus 19:34 remains the fact that the latter adds “like yourself” (כָּמֹ֔וךָ). When read as a parallel text to 19:18, then it is clear that the authors of chapter 19 do not only go well beyond texts such as Exodus 22:20-21 and Deuteronomy 10:18–19, but also go well beyond the other cases of the גֵּרִים in the Holiness Legislation where they are supposed to obey the prohibitive commandments.

The article concludes by showing that there are at least three different views of the גֵּרִים which developed out of one another. In the older view (19:10 and 23:22) the גֵּר is a vulnerable person who needs charity, a similar view to the one found in the older law codes. The second view of the גֵּר is the one described by Milgrom and Nihan as one who has to obey the prohibitive commandments and who, according to Nihan, reached this position through growing economic independence. But then the article argues that Leviticus 19:33–34 goes beyond even this second position. It asks of the addressees to show the same loyalty to strangers as they would to fellow Israelites. This is still not a case of inclusion or of something like proselytes, but it clearly is a step in that direction.

The article concludes by asking which of the ancient views of the גֵּר could be regarded as laudable and which ones as disappointing when judged from a modern-day perspective informed by the idea of human rights. The author finds the pragmatism of the ancient authors impressive. There is no attempt to get rid of the גֵּר, but the texts simply try to cope with the reality of their presence. The fact that the גֵּרִים were not proselytes, but were still offered some protection is also laudable. The most disappointing aspect of the treatment of the גֵּרִים is the fact that they gained their elevated status by means of economic upliftment. In other words, the “free market” liberated them, not YHWH. Still, the fact that Leviticus 19:33–34 goes beyond this view of the גֵּר and takes a step closer to treating the גֵּר and the Israelites as equals is to be applauded.

Keywords: Holiness Code; Leviticus 17–26; Leviticus 19; love; strangers


1. Inleiding

Die voorkoms van vreemdelinge in ’n samelewing met die vrees en haat wat dikwels daarmee gepaardgaan, is nie ’n moderne verskynsel nie. Ou Nabye-Oosterse tekste1 soos die Ou Testament het ook met hierdie probleem geworstel. Die גֵּר (vreemdeling) word in al die regsversamelings in die Pentateug vermeld (die Dekaloog,2 die Bondsboek in Eksodus 20:22–23:33,3 Deuteronomium 12–264 en die Heiligheidswetgewing, Levitikus 17–26). Die huidige artikel ondersoek die onbeantwoorde vrae wat voortvloei uit die huidige stand van navorsing met betrekking tot die גֵּר in die Heiligheidswetgewing.

Eers word uitgespel met watter uitgangspunte navorsers werk wanneer tekste in sekere tydperke gedateer word. Pentateugnavorsing word tans nie meer gekenmerk deur die konsensus wat in navolging van Wellhausen die 20ste eeu oorheers het nie.

Tweedens gee die artikel ’n oorsig oor die voorkoms van die woord גֵּר in Levitikus.

Die derde en vierde onderafdelings ondersoek in die lig van die nuutste navorsing die vroeëre opvatting dat die גֵּירִים proseliete was. Onlangse navorsing wat hierdie teksgedeeltes oor vreemdelinge lees in die lig van finansiële onafhanklikheid eerder as godsdienstige insluiting word dan ondersoek.

In die vyfde plek word spesifiek gefokus op die opdrag in Levitikus 19 om die גֵּר lief te hê.


2. Histories-kritiese uitgangspunte

Daar is ’n groeiende konsensus dat die Heiligheidswetgewing5 ’n post-Priesterlike teks is wat geskryf is ná die Priesterlike teks (P), Deuteronomium en die Bondsboek en dus uit die naballingskapse tydperk stam. Die werk van Europese eksegete soos Otto (1999:125–41), Grünwaldt (1999:379–85),6 Nihan (2007:559–72) en Achenbach (2008:145–63) is verteenwoordigend van hierdie siening. Ook Hieke (2014a:67–72) val in die nuutste Duitse kommentaar op Levitikus hierby in, ten spyte van die feit dat hy eintlik meer sinkronies werk. Hierdie geleerdes stel ’n datering in die naballingskapse/Persiese tydperk in die 5de eeu v.C. voor. Hulle bou voort op die vroeëre werk van Elliger (1966) en Cholewinski (1976) wat reeds die ouer konsensus soos aangevoer deur Wellhausen, dat die Heiligheidswetgewing ouer was as P, grondig bevraagteken het.

Joodse Bybelwetenskaplikes soos Milgrom (2000:1349–52) en Knohl (1995:204–12) verskil egter met hierdie groep. Hulle dateer beide P en die Heiligheidswetgewing in die voorballingskapse tydperk. Beide ontken byvoorbeeld dat die Heiligheidswetgewing Deuteronomium 12–26* as bron gehad het en herinterpreteer het. ’n Mens sou hierdie geleerdes kon beskryf as lede van die Kaufmann-skool, aangesien hulle siening teruggaan op die navorsing van Yehezkiel Kaufmann. Die Kaufmann-skool bly egter ’n minderheidsgroep in Pentateugkringe en hul insigte word nie hier oorgeneem nie.7 Ten spyte van Milgrom se twyfelagtige datering van tekste, sal dit hier onder duidelik word dat sy bydrae tot die bestudering van Levitikus nie geïgnoreer kan word nie.

Beide Milgrom (2000:1332–44) en Knohl (1995:104–6) het wel ’n belangrike bydrae gelewer deur aan te voer dat daar ander tekste in die Pentateug is wat saam met Levitikus 17–26 gelees moet word. Hulle verwys na ’n “Heiligheidskool”. Pentateugnavorsers soos Nihan (2007:654–69) wat nie met die datering van Milgrom en Knohl saamstem nie en ’n meer minimalistiese siening het, aanvaar dat die skrywers van die Heiligheidswetgewing ander tekste in Eksodus en Levitikus bygevoeg het. Vir die doeleindes van hierdie artikel is dit belangrik om te noem dat daar ’n redelike konsensus is dat, in Levitikus self, beide Levitikus 11:43–45 en 16:29–34a tot H8 behoort. Wat laasgenoemde teks betref, is dit juis die voorkoms van die woord גֵּר wat deurslaggewend vir hierdie argument is.

Hierdie diakroniese uitgangspunte vorm die fondament waarop verskeie argumente hier onder gebou word. Dit verduidelik waarom die Heiligheidswetgewing gesien word as ’n Persiese teks. Sonder hierdie uitgangspunte is die argumente oor binnebybelse eksegese nie moontlik nie.


3. Voorkoms van woorde vir vreemdelinge in Levitikus

Behalwe die woorde גֵּר en תּוֹשָׁב (bywoner) wat hier onder in meer besonderhede bespreek sal word, gebruik die Ou Testament ook ander woorde om na vreemdelinge of uitlanders te verwys. Die twee vernaamstes onder laasgenoemde is נָכְרִ֔י /בֶּן־נֵכָ֗ר en רזָ.9 Hierdie twee terme is egter skaars in die Heiligheidswetgewing en boonop beperk tot hoofstuk 22 en sal daarom nie aandag geniet nie.

Die selfstandige naamwoord גֵּר kom 2110 keer in Levitikus voor en die werkwoord (גור, meestal as ’n deelwoord) 1111 keer. In nege van laasgenoemde gevalle is גֵּר die onderwerp van die werkwoord. In die twee ander gevalle is תּוֹשָׁב, ’n term wat tradisioneel in Afrikaans met bywoner vertaal word, die onderwerp. Die woord kom agt12 keer in Levitikus voor waarvan sewe in Levitikus 25 is. Met die uitsondering van Levitikus 16:29 kom גֵּר en תּוֹשָׁב net voor in wat tradisioneel as die Heiligheidswetgewing (Levitikus 17–26) bekend staan, maar soos hier bo verduidelik, word algemeen aanvaar dat 16:29 ook deel van H is.

In die eerste voorkoms van גֵּר (Levitikus 16:29) word die aangesprokenes aangesê om geen werk op die Groot Versoendag te doen nie. Dan word spesifiek genoem dat dit vir beide die אֶזְרָח en die גֵּר geld. Dit is moeilik om ’n goeie vertaling vir אֶזְרָח te vind. Die 1983-vertaling en De Nieuwe Bijbelvertaling (NBV) vertaal dit as gebore Israeliet en die 1933-vertaling as kind van die land. Dit is duidelik dat אֶזְרָח na een van die “Israeliete” (בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל) verwys, soos die volgende gevalle uit Levitikus 17 illustreer. In verse 8, 10, 12 en 13 word beide Israeliete (בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל) en die גֵּר telkens opgeroep om alle offers na die ingang van die ontmoetingstent te bring (vers 8) en beide groepe word verbied om bloed te eet (verse 10, 12 en 13). Dan volg vers 15, waar beide die אֶזְרָח en גֵּר beveel word om sekere reinigingsrituele uit te voer as hulle diere geëet het wat vanself gevrek het (נְבֵלָה), of diere wat deur roofdiere verskeur is (טְרֵפָה). Hieruit blyk dat אֶזְרָח en בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל na dieselfde mense verwys en bloot as wisselvorme gebruik word (Olyan 2000:69; Rendtorff 1995:82), hoewel eersgenoemde grammaties enkelvoud is en laasgenoemde meervoud.

Altesaam kom אֶזְרָח sewe13 keer in Levitikus voor, waarvan ses14 saam met die גֵּר in dieselfde vers is. In al ses hierdie gevalle word dieselfde verwag van beide die אֶזְרָח en die רגֵּ (16:29 en ook 17:15). In 18:26 word beide אֶזְרָח en גֵּר opgeroep om voorafgaande voorskrifte (oor seksuele taboes) te bewaar. Levitikus 19:34 moedig die aangesprokenes aan om die גֵּר te sien soos ’n אֶזְרָח en om die גֵּר lief te hê “soos jouself”. Ons sal later na hierdie vers terugkeer, maar hier word as motivering aangebied die feit dat “julle vreemdelinge (גֵּרִים) was in Egipteland”. Beide Levitikus 24:16 en 24:22 stel dit duidelik dat daar een reg (מִשְׁפָּט) sal wees vir die אֶזְרָח en die גֵּר en dat dit vir beide verbode is om die naam van die Here te vloek. Ander gevalle, buiten dié in hoofstuk 17 wat reeds genoem is, waar beide die גֵּר en die בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל aangespoor word om dieselfde wette te gehoorsaam, sluit in Levitikus 20:2, waar beide groepe verbied word om hulle kinders vir Molog te gee, en 22:18–19, waar beide groepe verplig word om slegs volmaakte manlike diere as brandoffers te bring. In al hierdie gevalle word van beide גֵּר aan die een kant en die אֶזְרָח of בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל aan die ander kant dieselfde verwag. Hierdie uitsprake het lank die debat oorheers: hulle roep die vraag op of dit hier gaan om gelykstelling of selfs insluiting. Ons keer later na hierdie vraag terug.

Daar is gevalle waar die גֵּר nie saam met die אֶזְרָח of בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל genoem word nie. In Levitikus 19:10 word die aangesprokenes verbied om hulle wingerde ’n tweede keer te oes, maar eerder die korrels vir die גֵּר en die arme (עָנִי) agter te laat. Vers 33 roep die aangesprokenes op om nie die גֵּר te verdruk (ינה) nie en dan volg vers 34, wat reeds hier bo bespreek is. Op soortgelyke wyse vra 23:22 van die aangesprokenes om nie die wenakkers af te oes nie, maar dit vir die arme (weer עָנִי) en גֵּר agter te laat. In twee gevalle word die גֵּר dus saam met die עָנִי genoem. Daar is vanuit ’n diakroniese perspektief ’n redelike mate van konsensus dat hierdie twee voorbeelde ’n ouer verstaan van die term גֵּר verteenwoordig. In hierdie twee gevalle word hulle saam met die armes gekategoriseer, wat breedweg neerkom op hoe die woord in die Bondsboek en in Deuteronomium funksioneer. Die oorkoepelende term personae miserae word dikwels vir hierdie kategorie gebruik.15

Dit bring ons by die unieke gebruik van die woord in Levitikus 25. In baie van hierdie voorbeelde word die aangesprokenes op een of ander manier as גֵּירִים aangespreek. Vers 23 is welbekend:

Die vers dien as motivering vir waarom grond nooit verkoop mag word nie: die aangesprokenes is vreemdelinge en bywoners wat nie grond besit nie. Jahwe besit in werklikheid die grond. In vers 35 word vertel van ’n mede-Israeliet (’n broer/אָח) wat finansieel sukkel en afhanklik raak van die aangesprokene. In so ’n geval moet hy soos ’n גֵּר en ’n תּוֹשָׁב behandel word. Uit verse 36–38 blyk dit dat die reëling positief is, aangesien die persoon dan nie rente op enige lenings mag betaal nie. In beide bogenoemde gevalle kry die Israeliete self die status van die vreemdeling en bywoner. Eerstens word hulle verhouding met Jahwe juis so omskryf en tweedens omskryf hierdie terme die verhouding tussen die Israeliet wat swaarkry en die Israeliet wat hom help.

In die laaste voorkoms van die woord גֵּר (verse 47–55), word hy beskryf as ryk. Die probleem is ’n mede-Israeliet wat in armoede verval en by die ryk גֵּר beland. Alles moontlik moet dan gedoen word om die mede-Israeliet daar weg te kry.16

Hierdie inligting roep by Pentateugnavorsers die vraag op wie hierdie vreemdelinge was. Daar word wel oor die algemeen aanvaar dat hulle nie-Israeliete was wat van buite af gekom het en tussen die Israeliete kom woon het, maar daar word steeds navorsing oor hul presiese identiteit gedoen.17


4. Was die גֵּרִים proseliete?

Bybelwetenskaplikes het lank aangevoer dat die גֵּירִים in die Heiligheidswetgewing die voorlopers was van wat later die proseliete sou word of, nog sterker, dat hulle proseliete was. Dit sou inhou dat die voorskrifte in die Heiligheidswetgewing daarop dui dat vreemdelinge of buitestanders deel kon word van Israel. Hierdie argument is reeds in 1896 deur Alfred Bertholet gemaak. Vir Bertholet (1896:174) het גֵּר ’n godsdienstige term geword en verwys die גֵּירִים na proseliete:

Ger ist ganz und gar ein religiöser Begriff geworden. Es bezeichnet den Nichtisraeliten, der unter Israel wohnt, und in seine religiöse Verfassung zum allergrössten Teil oder sogar (unter Aufnahme der Beschneidung) vollständig aufgenommen ist.

Vir Bertholet gaan dit dus hier eenvoudig oor ’n nie-Israeliet wat ten dele of ten volle in Israel geïntegreer word. (Die verwysing na die besnydenis het eintlik betrekking op Eksodus 12.) ’n Meer onlangse voorbeeld van die soort argument kry ons byvoorbeeld by Sparks (1998:252) wat ‘n sterk onderskeid tref tussen die גֵּר en die תּוֹשָׁב en dan aanvoer dat eersgenoemde gesien moet word as ’n assimilerende vreemdeling (“assimilating foreigner”) en as deel van die geloofsgemeenskap (“religious community”) teenoor die תּוֹשָׁב wat dan ’n nie-assimilerende vreemdeling was. Ter ondersteuning van sy argument verwys hy na al die tekste wat hier bo vermeld is waar dieselfde verwag word van die אֶזְרָח/Israeliet en die גֵּר. Die feit dat die LXX גֵּר vertaal het met προσήλυτος word ook ter ondersteuning genoem.18 Ten spyte van die feit dat baie Bybelwetenskaplikes soortgelyke argumente aangebied het en nog steeds aanbied,19 word hierdie soort argumente vandag deur ander in twyfel getrek.

Die vernaamste stem daarteen is dié van Jacob Milgrom, wie se kommentare op Levitikus (1991, 2000 en 2001) moeilik oortref sal word.20 Kortliks kom die wette wat vir beide Israeliete en גֵּירִים geld nie neer op insluiting nie.21 Volgens Milgrom (2000:1493–1501) gaan dit eerder oor ’n soort pragmatisme wat erken dat die vreemdelinge daar is, maar wat tog vrees dat hulle teenwoordigheid die verhouding tussen Israel, die land en Jahwe sal versteur. Milgrom onderskei tussen voorkomende voorskrifte (“prohibitive commandments”) en performatiewe voorskrifte (“performative commandments”), waarvan slegs eersgenoemde van toepassing op die גֵּירִים is. Milgrom stel dit as volg (2000:1499): “It therefore makes no difference whether the polluter is Israelite or non-Israelite. Anyone in residence on YHWH’s land is capable of polluting it or his sanctuary.”

In ’n positiewe lig moet ’n mens wel noem dat die גֵּירִים nie ’n groter risiko loop om die grond te verontreinig net omdat hulle vreemd of uitlands is nie. Beide inwoners én vreemdelinge kan die grond verontreinig. Daarom moet seker gemaak word dat vreemdelinge, soos ook die inwoners, die belangrike voorkomende voorskrifte nakom. Dit gaan veral oor wette soos om nie op die Groot Versoendag (Levitikus 16:29) te werk nie, die nie-eet van bloed en bring van offers na die sentrale heiligdom (hoofstuk 17), die oortreding van seksuele taboes in hoofstuk 18, die offer van kinders aan Molog (hoofstuk 20) en die offer van verminkte diere (hoofstuk 22). Milgrom som dit as volg op (2000:1499): “In sum, the gēr was expected to observe all the prohibitive commandments, lest their violation lead to the pollution of God’s sanctuary and land, which, in turn, results in God’s alienation and Israel’s exile.”

Milgrom se siening beantwoord nie al die vrae nie, maar bevraagteken wel argumente wat in hierdie tekste graag die eerste tekens van insluiting bespeur het.22

Twee sake is egter nog onduidelik. Eerstens verklaar dit byvoorbeeld nie hoekom die תּוֹשָׁב uitgesluit word van hierdie gebooie nie. As énigiemand (volgens die eerste aanhaling uit Milgrom hier bo) dan die land kon verontreinig, waarom word hulle nie ook by die naam genoem in bogenoemde tekste nie? Tweedens verklaar dit ook nie ten volle waarom die aangesprokenes opgeroep word om die גֵּר lief te hê soos hulself nie (Levitikus 19:33–34). As die bedoeling van die meeste wette eenvoudig was om die verhouding met die grond te beskerm, dan wonder ’n mens of hierdie oproep tot liefde dalk nie effens oordadig klink nie.

Ons sal later na laasgenoemde probleem terugkeer, maar eers eersgenoemde. Christophe Nihan het moontlik ’n oplossing vir dié probleem.


5. Ekonomies onafhanklik

Nihan (2011:118) beklemtoon dat daar groot verskille tussen die גֵּר en die תּוֹשָׁב is. In navolging van Joosten verwys hy byvoorbeeld na Eksodus 12:43–49 waar die besnyde גֵּר toegelaat word om die Pasga te vier. Dieselfde teks sluit egter eksplisiet die תּוֹשָׁב uit (vers 45). Nihan wys ook daarop dat in tekste waar die תּוֹשָׁב sonder die גֵּר voorkom (Lev. 22:10; 25:6 en 40) dit duidelik is dat die תּוֹשָׁב ’n “kliënt” van die Israeliet was. Levitikus 25:6 illustreer dit goed:

Die vers verwys nie na die גֵּר nie, maar gebruik die werkwoord גור as ’n partisipium om te beskryf wat die תּוֹשָׁב doen. Ter ondersteuning van Nihan se argument van ’n kliënt is dit duidelik dat daar ’n noue verhouding tussen die aangesprokene en die verskillende groepe is. Die pronominale suffiks word elke keer gebruik. Dit is byvoorbeeld “jou” dagloner (שָׂכִיר) en “jou” bywoner (תֹּושָׁב). Al die groepe wat op een of ander manier afhanklik is van die aangesprokene mag in die Sabbatsjaar saam met hom eet van die opbrengs van die grond. Vir Nihan is die belangrikste verskil tussen גֵּר en תּוֹשָׁב dat eersgenoemde finansieel onafhanklik is van Israeliete terwyl laasgenoemde afhanklik is. Die גֵּר word dus nie in die vers genoem nie, juis omdat hy op sy eie voete staan en nie aalmoese van die grondeienaar nodig het nie. Omdat dit ook veronderstel dat die aangesprokene mag kan uitoefen oor die תּוֹשָׁב, maar nie oor die גֵּר nie, word die גֵּר eksplisiet onderwerp aan Milgrom se voorkomende wette.

Maar dit is ook die rede waarom die גֵּר toegelaat word om die Pasga te vier. Hy staan op sy eie voete, hoewel Nihan (2011:116) beklemtoon dat die Pasga in Eksodus 12:43–49 ’n private, huislike ritueel was en nie deel van die nasionale kultus nie. Dit is nie asof die גֵּר in hierdie teks ingetrek word in die kultus as sodanig nie. In Eksodus 12 is daar dus nie sprake van die insluiting van die גֵּר in die עֲדַ֥ת יִשְׂרָאֵ֖ל (die gemeente van Israel) nie (verse 47 en 48), aangesien daar nog steeds gepraat word van die גֵּר as ’n aparte groep mense. Hulle het wel nou die reg om die Pasga te vier as hulle sou wou. Dit is ’n moontlikheid wat nie vir die תּוֹשָׁב beskore was nie. Die uiteinde van hierdie onderskeid lei tot die volgende stand van sake (Nihan 2011:118):

While it is said in Lev 19:33–34 that the גֵּר must not be “oppressed” by Israelites and must be “loved” like a fellow citizen (Lev 19:33–34), the תּוֹשָׁב, on the other hand, may legitimately be forced to sell his children as debt-slaves if his economic situation requires it.

Die גֵּר geniet dus baie meer beskerming as die תּוֹשָׁב wat, volgens Levitikus 25:45–46, wel die slawe kon word van Israeliete.23 Die groot verskil wat die effens meer bevoorregte posisie vir die גֵּר moontlik maak, is volgens Nihan dat hulle meer welaf is as ander groepe soos byvoorbeeld die תּוֹשָׁב. Omdat hulle ekonomies onafhanklik is, word meer van hulle verwag, maar ook meer aan hulle gebied.

Nihan (2011:120) beklemtoon egter dat die גֵּר vanuit ’n regsperspektief minderwaardig bly teenoor die Israeliete ten spyte van hulle finansiële onafhanklikheid. Die wette van die Heiligheidswetgewing bly gemik op Israeliete. Hulle is meestal die aangesprokenes. Die גֵּרִים word net by sekere wette ingesluit. In dié opsig stem Nihan (2011:122–4) ook grootliks saam met Milgrom, maar dink dat daar wel ’n belangrike verskil is tussen ’n אֶזְרָח en ’n גֵּר. Die גֵּר mag nie grond besit nie (sien ook Rendtorff 1995:85). In die tweede helfte van Levitikus 25 word die גֵּרִים nooit uitgebeeld as die ontvangers van grond in enige van die transaksies wat daar beskryf word nie. Vir Nihan beteken dit dat hulle nie grond mag besit het nie. Nihan se standpunt verklaar egter nie die posisie van die ryk גֵּר wat ons juis aan die einde van Levitikus 25 raakloop nie. Hoe word die גֵּר ryk sonder grond? Nihan (2012:131) argumenteer dat hulle onder andere behoort aan ’n klas “wealthy merchant families, foreign soldiers, members of the Achaemenid administration”. Hulle trek dus voordeel uit die lewe in die groter Persiese ryk. Tog bly dit problematies dat sulke mense nie by landbou betrokke geraak het nie. Die breër prentjie wat in die tweede helfte van Levitikus 25 geskets word, is dié van ’n samelewing waar grondbesit, landbou en rykdom nou in mekaar geweef was.

Verder is die siening van grondbesit in die Heiligheidswetgewing ook hoogs problematies. Tegnies besit die aangesprokenes ook nie die grond nie, maar het hulle bloot die reg om die grond te gebruik. Levitikus 25:23 spreek juis die aangesprokenes aan as גֵּרִים en תּוֹשָׁבִים. Die vers veronderstel dat die status van גֵּרִים en תּוֹשָׁבִים nie die besit van grond insluit nie, soos Nihan tereg opmerk. Maar as die Israeliete dan self ook nie eintlik die grond besit nie, waar laat dit almal?

Die debat oor die betekenis van die term אֲחֻזָּה is ook al redelik op die spits gedryf. Die woord kom 20 keer24 in Levitikus voor waarvan 13 in hoofstuk 25 is. אֲחֻזָּה word dikwels teenoor נַחֲלָה afgespeel. Laasgenoemde term kom glad nie in Levitikus voor nie, maar word deur verskeie geleerdes as permanente erfgrond beskou wat aan ’n betrokke familie behoort. Daarteenoor word אֲחֻזָּה verstaan as ’n baie meer voorwaardelike en vervreembare verstaan van grondbesit wat dikwels in Duits met Nutzrecht vertaal word, met ander woorde die reg om grond te gebruik en nie te besit nie.25 Milgrom (2001:2173) vra waarom H konsekwent net אֲחֻזָּה gebruik, teenoor Deuteronomium, wat meestal נַחֲלָה gebruik, en beantwoord sy vraag dan as volg: “The answer is evident when it is noticed (and here Gerlemann [1977] is right) that H, alone of all the sources, insists on referring to Israel’s land as God’s land and Israel’s tenure on it as resident aliens (25:23).”

Die aangesprokenes in die Heiligheidswetgewing besit dus nie die grond nie. Hulle het bloot ’n soort gebruikreg. Dus, wat help dit dan om soos Nihan te sê dat die גֵּר ook nie grond mag besit nie? Miskien probeer die teks dan sê dat hulle nie grond mag gebruik nie. Gebruikreg is slegs vir die Israeliete gereserveer. Tog, weer eens, hoe kan die גֵּר van Levitikus 25 ryk wees sonder toegang tot die gebruik van grond? Dit is moontlik dat daar ’n verskil is tussen wat tekste voorgee en wat die werklike historiese realiteite was (Achenbach 2011:41). Miskien gee die tekste voor dat גֵּרִים nie die grond mag gebruik nie, en is Nihan in dié opsig reg, maar die feit dat van hulle ryk was, dui moontlik op ’n ander historiese werklikheid.

Nihan gee wel ’n oplossing vir bogenoemde probleem met Milgrom se interpretasie. Hoekom hou slegs die גֵּר ’n bedreiging in vir die besoedeling van die grond en nie byvoorbeeld die תּוֹשָׁב nie? Hy stel dit as volg (Nihan 2011:130):

Nonetheless, because the gēr resides in the land alongside the Israelites, and is considered in principle as a free person, he is also subject to a series of requirements at the level of H’s sacral legislation. These requirements are united by the concern to prevent the possibility that the gēr, like the Israelite, may provoke the wrath of the patron deity either by profaning the sanctuary or by polluting the land. [skuinsgedruk in oorspronklike]

Maar beteken dit dat juis ekonomiese onafhanklikheid ’n mens in aanmerking bring daarvoor om die grond te besoedel? Beteken dit ook dat ekonomiese onafhanklikheid genoegsame waarde toevoeg dat jy beskerm behoort te word? Op dié stadium is die enigste moontlike antwoord op die twee vrae eenvoudig “ja”. Hier is daar dus ’n sterk hiërargiese struktuur. Die אֶזְרָח is boaan die ranglys, gevolg deur die גֵּר wat beskerm word, maar ook sekere pligte het. Eers dan is daar die תּוֹשָׁב wat in alle opsigte aan die agterspeen moet suig. Een voordeel van hierdie agterspeen is dat ’n mens geen bedreiging vir die grond inhou nie. Daarom is daar geen verwagting om aan sommige wette gehoor te gee nie. Dit het moontlik ook te doen met die feit dat ’n Israeliet mag kon uitoefen oor afhanklikes en seker kon maak dat hulle nie voorkomende wette oortree nie. Maar daar is ook nie veel beskerming wat aangebied word nie. Selfs totale verslawing is moontlik, soos reeds hier bo aangedui.

Dit is duidelik dat Nihan in baie opsigte met Milgrom saamstem. Hy aanvaar nie dat die Heiligheidswette oor godsdienstige insluiting of iets dergeliks handel nie. Soos Milgrom kom Nihan (2011:127) tot die volgende gevolgtrekking:

All in all, therefore, this survey of the passages where the גֵּר is included in H’s sacral laws confirms the theory according to which the predominant concern in these passages is that the גֵּר might either profane the sanctuary or pollute the land.

Benewens die verskil in grondbesit (of dan gebruik van grond) wys Nihan ook op ’n verdere onderskeid tussen die אֶזְרָח en die גֵּר wat te doen het met die wese van die Heiligheidswetgewing. Nihan (2011:128–9) voer aan dat “the גֵּר is consistently omitted from the exhortation to achieve holiness.” Dit was in die eerste plek hierdie soort opdragte wat aan Levitikus 17–26 sy naam as Heiligheidswetgewing gegee het. Tekste soos Levitikus 19:2, 20:7–8, 22–26 en 22:31–33 roep die aangesprokenes op tot heiligheid. Dit is ’n ope vraag wat hierdie soort heiligheid behels,26 maar dit is duidelik in Levitikus dat ’n deel daarvan ten minste ’n bepaalde etiek of lewenswyse insluit. Hierdie lewenswyse word nie van die גֵּרִים verwag nie. Israel word byvoorbeeld opgeroep om die גֵּרִים lief te hê soos hulself, maar dieselfde liefde word nooit van die גֵּרִים verwag nie.

Maar waar laat dit ons met die גֵּרִים?

Dit behoort duidelik te wees dat die גֵּרִים in die meeste tekste in H nie proseliete, of dan godsdienstige bekeerlinge was nie. Hulle was finansieel onafhanklik en as gevolg daarvan is daar van hulle verwag om sekere wette na te kom. Die vrees was dat hulle oortreding van hierdie wette ’n nadelige effek op die grond sou hê en so die verhouding tussen aangesprokenes, Jahwe en die land sou skaad. Tog is reeds aangedui dat dit nie verklaar waarom die aangesprokenes opgeroep word in Levitikus 19 om die גֵּר so lief te hê soos hulself nie.


6. Levitikus 19:33–34 en die liefde vir die vreemdeling

Dit het uit die voorgaande bespreking geblyk dat die woord גֵּר op twee maniere in Levitikus 19 gebruik word. In vers 10 word na hulle verwys as weerlose mense wat op die oorblyfsels van die oes geregtig is, soos in 23:22. In beide die gevalle word hulle saam met die armes (עָנִי) genoem. Dit word algemeen aanvaar dat dit ook is hoe die גֵּר in die ouer regsversamelings uitgebeeld is. Hierdie twee voorbeelde is nog ’n oorblyfsel daarvan. In 33–34 word die aangesprokenes opgeroep om nie die גֵּר te verdruk nie en om hulle lief te hê “soos jouself” (כָּמֹ֔וךָ). ’n Mens kan nie oor laasgenoemde teks praat sonder om aandag aan vers 18 te gee nie. Hier word die aangesprokenes opgeroep om hulle naaste (רֵעַ) lief te hê “soos jouself” (ook כָּמֹ֔וךָ), ’n teks wat bekend gemaak is deur Jesus wat dit in die Sinoptiese Evangelies aanhaal. Verse 18 en 34 van Levitikus 19 is die enigste twee gevalle in die hele Levitikus waar die werkwoord “om lief te hê” (אהב) voorkom. Die liefde was duidelik nie so hoog op die agenda van die priesters soos wat dit by die skrywers van Deuteronomium was nie. In laasgenoemde boek kom die werkwoord 23 keer voor.27

Dit is ’n ope vraag hoe die werkwoord אהב vertaal moet word. “Om lief te hê” het waarskynlik vandag totaal ander konnotasies as vir die Ou Nabye Ooste, waarvan Israel ook deel was. Dit word tans as ’n emosie beskou, wat deel van die probleem is.

In sy bespreking van Levitikus 19:18 definieer Hieke (2014b:731) liefde as volg:

Emotionen, auch positive, kann niemand von einem Menschen einfordern (selbst Gott nicht), aber darum geht es hier nicht in erster Linie, sondern vielmehr um die “innere Einstellung” zum Gegenüber, die sich in äußeren Taten manifestiert.

Hieke verstaan liefde hier dus as ’n soort innerlike ingesteldheid teenoor die ander wat in sekere dade na vore kom. Hy stel ook die belangrike punt dat emosies nie op iemand afgedwing kan word nie. Hy gee dan ook (2014b:732) ’n kort oorsig oor die gebruik van die term in die neo-Assiriese vasalverdrag van Esarhaddon. Reël 166 van hierdie verdrag roep die vasalkoning op om die kroonprins “lief te hê”. Dit is duidelik dat dit eerder gaan oor ’n soort politieke lojaliteit as wat vandag onder “liefde” verstaan sou word.28 Die res van die vasalverdrag laat geen twyfel oor die feit dat ’n afwesigheid van liefde/lojaliteit ernstige en gewelddadige gevolge sal hê nie. Esarhaddon was oortuig dat hy wel liefde kon afdwing. Daar is argumente aangevoer dat ’n teks soos die Sjema in Deuteronomium 6:4–5 bewustelik die Vasalverdrag van Esarhaddon as interteks oproep om die gehoor te oortuig dat Jahwe, en nie die Assiriese koning nie, hulle liefde/lojaliteit verdien.29 Hieke (2014b:732) verstaan liefde hier nie net “romantisch-individualistisch” nie, maar in terme van die gemeenskaplike en selfs politieke karakter van die begrip in die Ou Nabye Ooste en in die Ou Testament. Hier onder sal ’n ander voorbeeld uit Deuteronomium bespreek word, maar vir eers is dit belangrik om te fokus op Levitikus 19 self.

Baie Ou-Testamentici dink dat Levitikus 19 as hoofstuk “geen homogeen geheel vormt” (Jagersma 1972:119). Die probleem is die inhoudelike en formele uiteenlopendheid. Soos Elliger (1966:244) dit stel:

Lv 19 ist eine Summe von Geboten und Verboten sehr verschiedenen Inhalts und sehr verschiedener Form. Es ist zweifellos keine Einheit von Hause aus, wie der Wechsel von kasuistischen und apodiktischem Stil, von singularischer und pluralischer Anrede, auch der Wechsel der Schlußformeln zeigt.

Vir Jagersma (1972:119–25) is die hoofstuk ’n sameflansing van ’n klomp kleiner versamelings. Ander, soos Reventlow (1961:65–78), wat ’n meer vormkritiese metode volg, sien die invloed van die Dekaloog op die struktuur van die hoofstuk, maar volgens Nihan (2007:460) word beide hierdie benaderings (verteenwoordig deur Jagersma en Reventlow) dikwels verwerp.30 Nihan (2007:461–2) se eie benadering is gegrond op ’n vroeëre voorstel van Otto (1994:245–6) wat weer teruggaan op Elliger (1966:245). Hulle stel voor dat, ten spyte van die bogenoemde chaos, die hoofstuk breedweg in twee dele ingedeel sou kon word. Na aanleiding van Elliger se idee sien eers Otto en uiteindelik ook Nihan tog baie orde in die hoofstuk. Nihan (2007:461) sien basies twee strukture wat tot ’n groot mate parallel is met mekaar. Die volgende tabel illustreer dit goed (Nihan 2007:462):

Na my mening is dit die beste indeling/struktuur waarmee Ou-Testamentici nog vorendag gekom het.31 Alles pas tog nie so helder in nie. Dit is byvoorbeeld nie so seker dat die fokus in verse 20–22 werklik offers is nie. In beide gevalle is (c) en (c’) ook redelik lank en ’n versameling van uiteenlopende wette. (c) eindig met die oproep om die naaste lief te hê (vers 18), maar die oproep om die גֵּר lief te hê in (c’) is al in vers 34, twee verse vóór die einde. Maar hier word heel waarskynlik meer simmetrie gesoek as wat die antieke teks bied. Nihan (2007:464–6) slaag wel met ’n mate van sukses daarin om die komplekse intertekstuele eggo’s tussen die twee helftes te omskryf. Hy verstaan Levitikus 19 in die geheel as ’n kommentaar op die Dekaloog en beskryf dit as volg (Nihan 2007:466):

In this respect, Lev 19 stands as a remarkable case of inner-biblical legal exegesis: that is, it takes up several earlier laws regarded as exemplary in order to build a compendium of sorts illustrating the requirements of a holy life. (Oorspronklike kursivering)

In die mees onlangse kommentaar op Levitikus verstaan Hieke (2014b:703) die boodskap van Levitikus 19 as ’n poging om iets te sê oor “Heiligkeit im Alltag”.32 Vir hom dra die verskeidenheid van gebooie juis by tot die krag van die teks (Hieke 2014b:704). Die verskeidenheid of veelvoudigheid van die hoofstuk is nóú met die teks se aanspraak verweef. Soos Nihan, aanvaar Hieke (2014b:707) dat die skrywer van Levitikus 19 die Dekaloog geken het en juis verder wou gaan:

Die Gültigkeit des Dekalogs ist unumstritten vorausgesetz – aber vielleicht soll durch diese Gestaltungsweise auch angedeutet werden, dass der Dekalog nicht alles ist. Der Alltag ist vielfältiger, und für “Heiligkeit” ist mehr gefordert als die Erfüllung eines Mindeststandards, wie ihn der Dekalog darstellt.

In ooreenstemming met Nihan aanvaar ook Hieke (2014b:708) dat die Heiligheidswetgewing ouer tekste herinterpreteer. Die term inner-biblical legal exegesis in die aanhaling uit Nihan hier bo is verder kenmerkend van Nihan (en baie ander Pentateuggeleerdes)33 se benadering tot regstekste. Hy verstaan die Heiligheidswetgewing as ’n herinterpretasie van die Bondsboek, Deuteronomium 12-26*, die Dekaloog en P. Verder was Deuteronomium 12-26* reeds ’n herinterpretasie van die Bondsboek. Dit gaan dus oor ’n binnebybelse aktiwiteit waar verskillende tekste met mekaar in gesprek is. Dit beteken dat jonger tekste ouer tekste herinterpreteer, uitbrei en aanvul. Soms word die veelseggende begrip Fortschreibung (voortskryf) gebruik om hierdie werkswyse te omskryf. Nihan (2007:401–545) se interpretasie van Levitikus 17–26 word oor 150 bladsye aangebied onder die subtitel: “The Exegesis of P, D, and Other ‘Legal’ Traditions in H”. H herinterpreteer ouer regstekste deur hulle te herskryf of letterlik verder te skryf (= fortschreiben). Die aanhaling van Nihan hier bo wys hoe hy Levitikus 19 interpreteer. Die hoofstuk gebruik ouer regstekste en verpak dit op ’n nuwe manier om te wys watter soort gedrag vir ’n heilige lewe nodig is. Dit kan verder geïllustreer word aan die hand van die tekste waarin die opdrag om lief te hê voorkom wat hy hier bo in die tabel aangedui het as (c) en (c’). Nie al hierdie argumente is egter ewe oortuigend nie.

Nihan (2007:474) bespreek verse 17–18 en die liefde vir die naaste as ’n verwerking van Eksodus 23:4–5 en Deuteronomium 22:1–4 waar die aangesprokenes verbied word om die eiendom (donkies en ander diere) van hulle vyand of naaste te beskadig indien die geleentheid hom sou voordoen. Nihan beskryf die fokus van verse 17–18 as volg (2007:474):

The focus, in H, is no longer on the enemy specifically; rather, this issue has been transformed into a rule for interpersonal conflicts in general, which offers a fitting conclusion to the entire section formed by v. 11–18.

Sommige navorsers (byvoorbeeld Hieke 2014b:733, Matthys 1986:81, Otto 1992:247–248) het geargumenteer dat dit in die tekste in Eksodus 23 en Deuteronomium 22 eintlik gaan oor liefde vir die vyand (Feindesliebe). Maar dit lyk asof binnebybelse eksegese hiermee te geforseerd raak. Eksodus 23:4–5 praat van vyande en mense wat mens haat, terwyl Deuteronomium 22 praat van die broer. In beide gevalle gaan dit oor diere en ander besittings wat mens nie mag vat nie, maar moet terugbesorg. Optelgoed is nie hougoed nie. Daar word nooit van liefde gepraat in Eksodus 23:4–5 of Deuteronomium 22:1–4 nie. Hierteenoor het Levitikus 19:17–18 meer te doen met ’n soort innerlike ingesteldheid teenoor die naaste. Hieke (2014b:728) praat heeltemal tereg van ’n “innere Einstellung”. Die Afrikaanse idioom “om nie van jou hart ’n moordkuil te maak nie” vat die teks verder goed saam. Levitikus 19:17–18 is dus nie ’n herinterpretasie van die ander twee tekste nie. Daar is eenvoudig te min intertekstuele eggo’s.

In die lig van Nihan (2007:475) se struktuur hier bo verstaan hy verse 32–36 as komplementêr tot 11–18. Met betrekking tot verse 33 en 34 sien hy die volgende binnebybelse eksegese (Nihan 2007:475–6):

The opening prohibition in v. 33 (לֹ֥א תֹונ֖וּ אֹתֹֽו, “you shall not exploit him”) takes up Ex 22:20; the commandment to love the resident alien is already found in Deut 10:19 (albeit without the specification כָּמֹ֔וךָ), where it is also motivated by reference to Israel’s sojourn in Egypt, as in v. 34a. H’s innovation consists of the motivation given for this commandment in v. 34aα identifying the resident alien (גֵּר) with the native (אֶזְרָח). This considerable innovation justifies in turn the addition of the phrase כָּמֹ֔וךָ over D: because the resident alien is like a (full) citizen, he legitimately deserves the same loyalty as “yourself”, i.e., as a full-born Israelite.

Nihan beskryf hier oortuigend ’n klassieke voorbeeld van binnebybelse eksegese. Dit beteken dat Levitikus 19:33–34 verder gaan as die vorige tekste. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die laasgenoemde bydrae van Nihan uit 2007 dateer, terwyl die vreemdelinghoofstuk wat eerste bespreek is, uit 2011 dateer. Daar is dus ’n vierjaarverskil. Nihan se siening van die גֵּר het effens (agteruit) geskuif. In die aanhaling hier bo beklemtoon hy die “resident alien is like a (full) citizen”, maar soos reeds vroeër bespreek, beklemtoon hy in die latere hoofstuk dat die גֵּר nie die volle status van ’n אֶזְרָח het nie. Die גֵּר mag nie grond besit/gebruik nie en word ook nie opgeroep om heilig te wees nie. Die spanning in Nihan se werk illustreer die probleem dat die oproep tot liefde vir die גֵּר nie inpas in die groter skema hier bo wat verduidelik is aan die hand van Milgrom en Nihan se werk nie.

Maar hoe gaan Levitikus 19:33–34 verder as die ander twee tekste in Eksodus en Deuteronomium?

Levitikus 19 word eers met Eksodus 22 vergelyk, waarna Deuteronomium 10 betrek word. Eksodus 22:20–21 is ’n klassieke voorbeeld van die גֵּר wat saam met die weduwee en die weeskinders as ’n weerlose groep mense beskryf word. Dit word algemeen aanvaar dat die teks as deel van die Bondsboek uit die voorballingskapse tydperk kom en dus beide Levitikus 19:33–34 en Deuteronomium 10:18–19 voorafgaan.34

Die twee werkwoorde wat in verband met die גֵּר gebruik word, kom nie baie in die Ou Testament voor nie. Die eerste is ינה (hifil), ’n woord wat ook in Levitikus 19 gebruik word, maar wat maar 19 keer in die Ou Testament voorkom, met net vyf gevalle in die Pentateug.35 ’n Soortgelyke teks kom ook in Eksodus 23:10 voor, maar hier word die werkwoord ינה nie gebruik nie.

Die groot verskil tussen die twee tekste is dat Levitikus 19 ‘n oproep tot liefde bevat, ’n idee wat totaal afwesig is in Eksodus 22. Beide tekste gebruik ינה om te beskryf wat nie gedoen mag word aan die גֵּר nie. Die ander ooreenkoms is die motivering, כִּֽי־גֵרִ֥ים הֱיִיתֶ֖ם בְּאֶ֣רֶץ מִצְרָ֑יִם, wat ook die gemene deler met Deuteronomium 10:19 is (en ook met 23:9). Dit is ’n vraag hoe ינה vertaal moet word. Dit word dikwels vertaal met verdruk of (to) wrong (NRSV), selfs misbruik (sien Dohmen 2012:173, ausnutzen). Die feit dat dit saam met לחץ gebruik word, versterk die betekenis van “verdruk” of “misbruik” in Eksodus 22:20. Dit is ook die werkwoord wat in 23:9 gebruik word. Laasgenoemde werkwoord word eenduidig so vertaal (Dozeman 2009:519 of Dohmen 2012:173).

In die Heiligheidswetgewing kom dit ook twee keer in Levitikus 25:14 en 17 voor. Hierdie gedeelte gaan oor die koop- en verkoop­transaksies tussen ’n aangesprokene en sy volksgenoot (עָמִית), ’n begrip wat andersins ook ’n paar keer in Levitikus 19 voorkom (verse 11, 15 en 17). Die term word afwisselend met רֵעַ in verse 13, 16 en 18 gebruik. In vers 18 is רֵעַ juis die voorwerp van die liefde.36 ינה word in Levitikus 25 meestal vertaal met iets soos bedrieg (cheat; NRSV, Milgrom 2001:2146) of benadeel (NBV). Die indruk wat ’n mens uit hoofstuk 25 kry, is dat dit gaan oor ’n besigheidstransaksie waarin die een party nie die ander moet inloop nie. Die teks poog om die partye as gelykes uit te beeld deur die gebruik van עָמִית. Dit het dus hier ’n ander konnotasie as verdruk wat ’n groter sosiale afstand tussen die twee partye voorstel. In hoofstuk 25 dui bedrieg eerder op ’n oneerlike transaksie tussen twee gelyke partye. Beide Milgrom (2000:1703) en Nihan (2011:122) neig om ינה ook in Levitikus 19:33 met kul (cheat) te vertaal en beide bring dan die daaropvolgende teksgedeelte (verse 35–36) in verband met verse 33–34.

In verse 35–36 gaan dit oor eerlikheid wanneer ’n mens besigheid doen en dat ’n mens die regte skaal en mates moet gebruik. Die vraag is hoe nou die verband tussen verse 35–36 en 33–34 is. Beide Milgrom (2000:1705) en Nihan (2011:122) wonder of die twee gedeeltes nie juis saamgelees kan word nie. Dalk is dit presies wat met die liefde bedoel word: om eerlik met die vreemdelinge besigheid te doen en hulle nie te kul nie. Hier bo is vermeld dat liefde dalk eerder as iets soos politieke lojaliteit verstaan kan word. Nou kom dit neer op besigheids­integriteit. As dit die geval is, pas die teks baie mooi in by Nihan se siening van die גֵּר as ekonomies onafhanklike persoon. Dit is juis met so ’n welaf persoon dat jy sou kon besigheid doen en dan sal die versoeking groot wees om kortpaaie te vat. Die liefde teenoor die גֵּר klink nou nie meer so oordadig soos vroeër nie, maar gaan konkreet oor besigheidsetiek (Milgrom 2000:1707–8). Hier moet Deuteronomium 10:18–19 bygebring word:37

Die teks is baie anders as die ander twee, omdat dit begin met die stelling dat Jahwe geregtigheid doen (עשׂה) aan die weeskinders en weduwees en dat Hy die vreemdeling liefhet. Soos die Bondsboek noem hierdie teks al drie weerlose groepe, maar Jahwe se liefde word slegs op die vreemdeling betrek. Die liefde word ook konkreet uitgebeeld as die gee van kos en klere, wat herinner aan Hieke se definisie dat liefde ’n innerlike ingesteldheid is wat in sekere dade na vore kom. Eers dan word die aangesprokenes opgeroep tot liefde vir die vreemdeling. Dit is dus uniek dat die oproep tot liefde aan die vreemdeling voorafgegaan word deur die verklaring dat Jahwe die vreemdelinge liefhet,38 asof die teks ’n soort nabootsing van Jahwe van sy gehoor verwag (Ebach 2014:195). Maar, soos in die ander twee tekste, word ’n verdere motivering bygevoeg: dat die aangesprokenes vreemdelinge in Egipte was. Soos hier bo vermeld, is hierdie motivering uiteindelik die gemene deler in die drie tekste.

In sy kommentaar op Eksodus 22:20 noem Dozeman (2009:545) dat hierdie motivering (“julle was vreemdelinge in Egipte”) eerder ’n sielkundige aanslag as ’n regsaanslag het. Dit vra van die aangesprokenes om hulself in die vreemdelinge se posisie in te dink, juis deur hulle te herinner aan die tyd toe hulle in ’n soortgelyke posisie was. Ook Kazen (2011:99) kom tot ’n soortgelyke gevolgtrekking:

A closer examination of Exod. 22.20–26 (ET 21–27) reveals an appeal to the empathic capacity of the recipients, or, if some of these rules are taken as reflections of customary law, they suggest an empathic explanation of and motivation for such practices.

’n Soortgelyke retoriese strategie is ook werksaam in Deuteronomium 10 en Levitikus 19. Kazen (2011:103) beklemtoon dat die uitbeelding van God as die een wat sulke empatie aan die dag kan lê, Deuteronomium 10 kragtiger maak. Wanneer Kazen (2011:110–1) Levitikus 19 bespreek, beklemtoon hy (soos Nihan 2007:475–476 in sy ouer werk) dat Levitikus 19 כָּמֹ֔וךָ byvoeg en so die גֵּר en אֶזְרָח gelykstel. Dit beteken nie dat die argument van Dozeman en Kazen inhou dat “liefde” in meer affektiewe terme verstaan moet word nie. “Liefde” bly vir hierdie tekste konkrete handelinge soos die gee van kos en klere, of dan in Levitikus 19, soos om onder andere nie skelm te wees in besigheid nie. Dit is die motivering vir hierdie konkrete handelinge wat ’n sterk affektiewe appèl maak wat die aangesprokenes uitdaag om hulle eie brose verlede op te roep.

’n Vergelyking van Deuteronomium 10:18–19 en Levitikus 19:33–34 toon dat Deuteronomium kragtiger is deurdat dit die liefde vir die גֵּר uitbeeld as nabootsing van Jahwe se liefde vir die גֵּר. H gebruik ook soms hierdie retoriese strategie, maar dan met betrekking tot ander tekste, soos die begin van hoofstuk 19 wat die aangesprokenes oproep om heilig te wees, want Jahwe is heilig.39 Grünwaldt (1999:343) het ook geargumenteer dat daar ’n element van die nabootsing van God teenwoordig is in Levitikus 25:47–55 waar die mede-Israeliet arm raak en by die ryk גֵּר beland. Wanneer ’n ander Israeliet dan sy broer verlos (גאל) van die גֵּר, dan is dit ’n nabootsing van Jahwe wat Israel uit Egipte verlos (Eks. 6:6). Die skrywers van H wil vermoedelik nie die nabootsing van Jahwe as retoriese hulpmiddel op die גֵּר toepas nie, juis omdat dit elders in H reeds ingespan word om ander (teenstrydige) teologiese punte te stel. Levitikus 25:47–55 skep boonop ’n aansienlik negatiewer beeld van die גֵּר as Levitikus 19. Hier lê ’n spanning tussen die oproep tot liefde in Levitikus 19 en die vrees, of selfs die amperse angstigheid, in 25:47–55 oor die broer wat by die ryk גֵּר beland het. Alles moontlik moet gedoen word om hom daar weg te kry.

In ’n ander opsig is Levitikus 19:33–34 wel kragtiger as Deuteronomium deurdat dit gebruik maak van “soos jy” (כָּמֹ֔וךָ). As ’n mens verse 33–34 parallel lees met 17–18, dan word die גֵּר soos die רֵעַ. Die גֵּר en die רֵעַ kan albei dieselfde liefde/lojaliteit van die aangesprokene verwag, want beide is “soos jy”. Ek stem dus saam met hoe Nihan (2007:475–6) dit in sy vroeëre werk verstaan het. Ook Otto (2012:1039) gebruik die verskynsel van Numeruswechsel40 om te argumenteer dat Levitikus 19:33–34 vers 18 aanhaal om die leser te wys dat die twee tekste in noue samehang gelees moet word.

Levitikus 19:33–34 gaan wat my betref dus baie verder as Deuteronomium 10:19. Dit is duidelik dat in Deuteronomium die גֵּר nog die weerlose persoon is wat beskerm moet word. Jahwe het hom lief en gee vir hom kos en klere, maar daar is nie sprake van gelykheid nie. In so ’n geval is liefde nie so moeilik nie. Dit is maar ’n soort jammerkry-liefde. Levitikus 19:33–34 is anders. Soos die ander tekste in H (met uitsondering van 19:10 en 23:22) gaan dit hier oor baie meer as ’n weerlose persoon, maar inderdaad ’n persoon wat ekonomies baie meer onafhanklik was en nie meer weerloos nie. As Deuteronomium 10:19 gaan oor ’n soort jammerkry-liefde, gaan Levitikus 19:33–34 meer oor liefde/lojaliteit tussen gelykes.


7. Bespreking

Bostaande bespreking toon minstens drie sienings van die begrip גֵּר vir die antieke skrywers van Levitikus. Oor die eerste een is daar redelik konsensus, en die siening is te vinde in Levitikus 19:10 en 23:22. Hier word die גֵּר saam met die armes genoem as ’n groep weerlose mense wat hulp nodig het. Dit is ook hoe Eksodus 22:20 en Deuteronomium 10:19 die גֵּר verstaan.

Dan is daar ’n tweede siening wat die גֵּר dikwels saam met die אֶזְרָח noem en wat sekere verpligtinge op hulle lê. Hoofstukke 16, 17, 18, 20, 22, 24 en ook 25 bevat almal voorbeelde hiervan. In die meeste van die gevalle gaan dit nie oor die insluiting van die גֵּר in die kultus van Israel of oor proseliete nie. Dit gaan, soos Milgrom geargumenteer het, oor die feit dat ook die גֵּר ’n bedreiging inhou vir die grond en die heiligdom en daarom sekere voorkomende gebooie moet nakom. Hulle hou ’n bedreiging in, soos Nihan tereg beklemtoon, omdat hulle ekonomies onafhanklike mense was wat op hulle eie voete kon staan en nie afhanklik was van die aangesprokenes nie. Aan die einde van hoofstuk 25 is daar juis ’n effense angstigheid te bespeur oor hierdie feit, omdat die ryk גֵּר vir die arm Israeliet ’n bedreiging kan inhou. Nihan en Milgrom het dus ’n aanvaarbare interpretasie van die גֵּר in die meerderheid van die tekste gebied.

Dit is egter te betwyfel of Nihan en Milgrom se verduidelikings genoegsaam verklaar wat in Levitikus 19:33–34 gebeur. Daar is ook, soos genoem, ’n spanning tussen die uitleg van die twee verse in Nihan (2007) en Nihan (2011). ’n Vergelyking met Eksodus 22:20 en Deuteronomium 10:19 toon verder dat die liefde vir die גֵּר in vers 34 nie eenvoudig na besigheidsetiek (verse 35–36) verwys nie. Beteken dit dat die liefde vir die רֵעַ in vers 18 slegs ’n verbod is om nie van jou hart ’n moordkuil te maak nie? Daardie vers sluit tog die eerste helfte van hoofstuk 19 af en het dus ’n wyer strukturele funksie. Dit bied ’n hoogtepunt aan die einde van alles wat daaraan voorafgaan, soos byvoorbeeld die vele eggo’s van die Dekaloog. Op ’n soortgelyke manier het verse 33–34, wat redelik naby aan die einde van die tweede helfte voorkom, ook ’n wyer retoriese effek. In Nihan se tabel handel beide (c) en (c’) as parallelle dele oor lojaliteit, hetsy teenoor die medemens, of teenoor Jahwe en die medemens.

In Levitikus 19:33–34 is daar ’n siening van die גֵּר wat verder ontwikkel het en waar daar beslis sprake van gelykstelling is. Hoewel nog nie insluiting nie, is dit tog ’n tree in daardie rigting. Hier is daar dus ’n derde ontwikkeling in die siening van die גֵּר. Die oudste was die siening van die גֵּר as ’n weerlose persoon, soos in die ander regsversamelings van die Pentateug. Die tweede siening was die gevolg van die גֵּר wat ekonomies onafhanklik word. Van hierdie persoon word nou verwag om sekere wette na te kom, hoewel die doel van hierdie wette nog nie gelykstelling was nie, maar om die verhouding tussen Jahwe, die grond en die aangesprokenes te beskerm. In ’n derde fase is daar gelykstelling. Hierdie derde siening het waarskynlik uit die tweede ontwikkel. Die vraag is egter of hierdie antieke omgang met vreemdes ons vandag sou kon help.


8. Slot

Die identifisering van hierdie drie sienings van die גֵּר laat my by tye beïndruk met die antieke teks en by tye effens teleurgesteld. Ek spreek hierdie indrukke uit in die lig van die onlangse xenofobiese aanvalle wat ons in Suid-Afrika gesien het, ook dié van ’n paar jaar gelede. Verder is daar die wyer internasionale konteks van die Europese Unie wat oorstroom word deur vlugtelinge uit veral Sirië, maar ook ander lande wat deelgeneem het aan die Arabiese Lente. Dit bly hoogs problematies om sienings vanuit antieke tekste op ons moderne wêreld toe te pas. Met die wyer konteks en voorbehoude in gedagte, laat ek eers dit beklemtoon wat my beïndruk, met ander woorde, insigte uit die antieke teks waarby ons dalk sou kon leer.

Die siening van die גֵּר is redelik pragmaties. Daar word vrede gemaak met die teenwoordigheid van die גֵּר (Ramírez Kidd 1999:64–7; Meyer 2015:113) – daar is geen teks wat die indruk skep dat hulle weggewens word nie. Hulle is daar as ‘n werklikheid waarmee saamgeleef moet word. Hoewel dit na goeie raad klink, ook vir ons in Suid-Afrika, sukkel baie Suid-Afrikaners en ook Europeërs en hulle regerings om met hierdie werklikhede vrede te maak, om nie eers te praat van hoe om daarmee te handel nie.

Dit is ook redelik duidelik uit die bespreking hier bo dat die גֵּר in die meeste tekste in die Heiligheidswetgewing nie proseliete was nie. Hulle was nie godsdienstige bekeerlinge wat by Israel wou aansluit nie. Miskien was Levitikus 19:33–34 wel al ’n tree nader daaraan, maar dit was dit nog nie. Die positiewe hiervan is dat godsdienstige bekering nooit as ’n voorwaarde aangebied word vir die beskerming wat baie van hierdie wette aan die גֵּר bied nie (sien ook Meyer 2015:114). As lidmaatskap van ’n bepaalde godsdienstige groep ’n voorwaarde word vir die menswaardige behandeling van ’n persoon, dan word dit eintlik afpersing.

Dit lyk origens asof daar ander faktore was wat gelei het tot die aanvaarding van גֵּר wat vir ’n kontemporêre leser teleurstellend is.

Die argumente wat Nihan aangebied het, is redelik oortuigend. Die גֵּר het van status verander omdat hulle finansieel onafhanklik geword het. Dit is die beste verklaring vir hoekom die meeste tekste hulle nie meer as personae miserae sien nie. Die geval van die ryk גֵּר aan die einde van hoofstuk 25 illustreer dit goed, sowel as die feit dat die גֵּר nie meer saam met ander weerlose groepe genoem word nie. Die גֵּר is met ander woorde deur die “vrye mark” en nie deur Jahwe nie bevry. Dit beteken dat die pad na gelykstelling alleen en veral deur ekonomiese bevryding moontlik gemaak is. Dit is ook die rede waarom die arme תּוֹשָׁב in alle opsigte aan die agterspeen suig. Die mark het meer menswaardigheid aan die גֵּר gegee, maar nie aan die תּוֹשָׁב nie. Hierdie teleurstellende insig laat ’n mens onvergenoegd, omdat ’n mens meer van die Bybelskrywers verwag – selfs al besef ’n mens dat jy die teks met moderne sienings oor menseregte en menswaardigheid lees wat vir antieke skrywers van Levitikus vreemd was.

Op ’n effe meer positiewe noot lyk dit darem of die גֵּר nie met afguns bejeën is weens sy finansiële voorspoed nie. Daar is die angstigheid, ook aan die einde van hoofstuk 25, oor die broer wat by die ryk גֵּר beland, ’n angstigheid wat ook vandag in xenofobiese uitsprake en aanvalle te bespeur is. Tog kry ’n mens nie die indruk dat die גֵּר se rykdom die probleem is nie, maar eerder dat die ryk גֵּר die broer sleg sal behandel. Daar is ’n mate van xenofobie hier teenwoordig al het die גֵּר die vryheid om ekonomies te gedy.

Op ’n nog meer positiewe noot is dit duidelik dat Levitikus 19:33–34 verder gaan as die meeste ander tekste. Hier is inderdaad sprake van gelykstelling. Die aangesprokenes word opgeroep om die גֵּר te lief te hê soos hulself. Dit is ook duidelik dat verse 33–34 saam met verse 17–18 gelees moet word. Die positiewe implikasie hiervan is dat die גֵּר soos die רֵעַ behandel word.

 

Bibliografie

Achenbach, R. 2008. Das Heiligkeitzgesetz und die sakralen Ordnungen des Numeribuches im Horizont der Pentateuchredaktion. In Römer (red.) 2008.

—. 2011. gêr – nåkhrî – tôshav – zâr. Legal and sacral distinctions regarding foreigners in the Pentateuch. In Achenbach et al. (reds.) 2011.

Achenbach, R., R. Albertz en J. Wöhrle (reds.). 2011. The foreigner and the law: Perspectives from the Hebrew Bible and the Ancient Near East. Wiesbaden: Harrassowitz. (BZAR 16.)

Albertz, R. 2011. From aliens to proselytes. Non-Priestly and Priestly legislation concerning strangers. In Achenbach et al. (reds.) 2011.

Bauks, M. 2004. Die Begriffe מֹורָשָׁ֖ה und אֲחֻזָּה in Pg. Überlegungen zur Landkonzeption der Priestergrundschrift. Zeitschrift für die Alttestamentliche Wissenschaft, 116(2):171–88.

Bertholet, A. 1896. Die Stellung der Israeliten und der Juden zu den Fremden. Freiburg: J.C.B. Mohr.

Botterweck, G.J. en H. Ringgren (reds.). 1973. Theologisches Wörterbuch zum Alten Testament. Band I. Stuttgart: Kohlhammer.

Brett, M. (red.). 1995. Ethnicity and the Bible. Leiden: Brill. (Biblical Interpretation Series 19.)

Bultmann, C. 1992. Der Fremde im antiken Juda: Eine Untersuchung zum sozialen Typenbegriff “ger” und seinem Bedeutungswandel in der alttestamentlichen Gesetzgebung. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht. (FRLANT 153.)

Claassens, L.J. en B.C. Birch (reds.). 2015. Restorative readings: The Old Testament, ethics, and human dignity. Eugene: Pickwick Publications.

Collins, J.J. 2004. Introduction to the Hebrew Bible. Minneapolis: Fortress Press.

Crüsemann, F. 1992. Die Tora. Theologie und Sozialgeschichte des alttestamentlichen Gesetzes. Gütersloh: Gütersloher Verlagshaus.

Dozeman, T.B. 2009. Exodus. Grand Rapids: Eerdmans. (Eerdmans Critical Commentary.)

Ebach, R. 2014. Das Fremde und das Eigene: die Fremdendarstellung des Deuteronomiums im Kontext israelitischer Identitätskonstruktionen. Berlyn: De Gruyter. (BZAW 471.)

Fabry, H.-J. en H.-W. Jüngling (reds.) 1991. Levitikus als Buch. Berlyn: Philo. (BBB 119.)

Gerleman, G. 1977. Nutzrecht und Wohnrecht. Zur Bedeutung von אחזה und נחלה. Zeitschrift für die Alttestamentliche Wissenschaft, 89(3):313–25.

Gerstenberger, E.E. 1993. Das 3. Buch Mose Leviticus. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht. (ATD 6.)

Grünwaldt, K. 1999. Das Heiligkeitsgesetz Leviticus 17–26. Urspüngliche Gestalt, Tradition und Theologie. De Gruyter: Berlyin. (BZAW 271.).

Hieke, T. 2014a. Levitikus 1–15. Freiburg, Basel, Wenen: Herder. (HTK.)

—. 2014b. Levitikus 16–27. Freiburg, Basel, Wenen: Herder. (HTK.)

Jagersma, H. 1972. “Leviticus 19”: Identiteit – bevrijding – gemeenschap. Assen: Van Gorcum.

Jenni, E. en C. Westermann 1971. Theologisches Handwörterbuch zum Alten Testament. Band I. München: Chr. Kaiser Verlag.

Joosten, J. 1996. People and land in the Holiness Code. An exegetical study of the ideational framework of the law in Leviticus 17–26. Leiden, New York, Keulen: Brill. (VTS 67.)

Kazen, T. 2011. Emotions in biblical law: A cognitive science approach. Sheffield: Sheffield Phoenix Press. (Hebrew Bible Monographs 36.)

Kellermann, D. 1973. גור. In Botterweck en Ringgren (reds.) 1973.

Klostermann, A. 1877. Beiträge zur Entstehungsgeschichte des Pentateuchs. Zeitschrift für die gesammte lutherische Theologie und Kirche, 38(3):401–45.

Knohl, I. 1995. The sanctuary of silence: The Priestly Torah and the Holiness School. Minneapolis: Fortress.

Krapf, T.M. 1992. Die Priesterschrift und die vorexilische Zeit. Yehezkel Kaufmanns vernachlässigter Beitrag zur Geschichte der biblischen Religion. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Martin-Achard, R. 1971. גור gūr als Fremdling weilen. In Jenni en Westermann (reds.) 1971.

Massmann, L. 2003. Der Ruf in die Entscheidung: Studien zur Komposition, zur Entstehung und Vorgeschichte, zum Wirklichheitsverständnis und zur kanonischen Stellung von Lev 20. Berlyn, New York: De Gruyter. (BZAW 324.)

Mathys, H.-P. 1986. Liebe deinen Nächsten wie dich selbst. Untersuchungen zum alttestamentlichen Gebot der Nächstenliebe (Lev 19, 18.) Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht. (Orbis biblicus et orientalis 71.)

Meyer, E.E. 2005. The Jubilee in Leviticus 25: A theological ethical interpretation from a South African perspective. Münster: Lit Verlag.

—. 2009. The dark side of the imitatio dei. Why imitating the God of the Holiness Code is not always a good thing. Old Testament Essays, 22(2):373–83.

—. 2014. Two new commentaries on Leviticus. Zeitschrift für Altorientalische und Biblische Rechtsgeschichte, 20:267–80.

—. 2015. The strangers in the second half of Leviticus. In Claassens en Birch (reds.) 2015.

Milgrom, J. 1982. Religious conversion and the revolt model for the formation of Israel. Journal of Biblical Literature, 101(2):169–76.

—. 1991. Leviticus 1–16. A new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday. (The Anchor Bible 3.)

—. 2000. Leviticus 17–22. A new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday. (The Anchor Bible 3A.)

—. 2001. Leviticus 23–27. A new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday. (The Anchor Bible 3B.)

Nihan, C. 2007. From priestly Torah to Pentateuch: A study in the composition of the book of Leviticus. Tübingen: Mohr Siebeck. (FAT II/25.)

—. 2011. Resident alien and natives in the Holiness Legislation. In Achenbach et al. (reds.) 2011.

Olyan, S.M. 2000. Rites and rank: Hierarchy in biblical representations of cult. Princeton: Princeton University Press.

Otto, E. 1994. Theologische Ethik des Alten Testaments. Stuttgart, Berlyn, Keulen: Kohlhammer.

—. 1999. Innerbiblische Exegese im Heiligkeitsgesetz Levitikus 17–26. In Fabry en Jüngling (reds.) 1999.

—. 2012. Deuteronomium 4,44–11,32. Freiburg, Basel, Wenen: Herder. (HTK.)

Poorthuis, M.J.H.M. en J. Schwartz (reds.). 2000. Purity and holiness: The heritage of Leviticus. Leiden, Boston, Keulen: Brill.

Ramírez Kidd, J.E. 1999. Alterity and identity in Israel: The גר in the Old Testament. Berlyn: De Gruyter. (BZAW 283.)

Rendtorff, R. 1995. The gēr in the priestly laws of the Pentateuch. In Brett (red.) 1995.

Reventlow, H.G. 1961. Das Heiligkeitsgesetz formgeschichtlich untersucht. Neukirchen: Neukirchener Verlag.

Römer, T. (red.). 2008. The books of Leviticus and Numbers. Leuven, Parys, Dudley: Peeters.

Schwartz, J. 2000. Israel’s holiness: The Torah traditions. In Poorthuis en Schwartz (reds.) 2000.

Sparks, K.L. 1998. Ethnicity and identity in ancient Israel. Prolegomena to the study of ethnic sentiments and their expression in the Hebrew Bible. Winona Lake: Eisenbrauns.

Steymans, H.U. 1995. Deuteronomium 28 und die adê zur Thronfolgeregelung Asarhaddons. Segen und Fluch im Alten Orient und in Israel. Freiburg: Universitätsverlag.

—. 2013. Deuteronomy 28 and Tell Tayinat. Verbum et Ecclesia, 34(2):1–13.

Van Houten, C. 1991. The alien in Israelite law. Sheffield: Sheffield Academic Press. (JSOTS 107.)

Vieweger, D. 1995. Vom “Fremdling” zum “Proselyt”. Zur sakralrechtlichen Definition des גר im späten 5. Jahrhundert v. Chr. In Vieweger en Waschke (reds.) 1995.

Vieweger, D. en H.-J. Waschke (reds.). 1995. Von Gott reden. Beiträge zur Theologie und Exegese des Alten Testaments. Festschrift für Siegfried Wagner zum 65. Geburtstag. Neukirchen-Vluyn: Neukirchener.

Weinfeld, M. 1972. Deuteronomy and the Deuteronomic school. Oxford: Oxford University Press.

Wenham, G.J. 1979. The book of Leviticus. Grand Rapids: Eerdmans.

Zehnder, M. 2005. Umgang mit Fremden in Israel und Assyrien: Ein Beitrag zur Anthropologie des “Fremden” im Licht antiker Quellen. Stuttgart: Kohlhammer. (BWANT 168.)

Eindnotas

1 Vir beskrywings van die vreemdeling in ander antieke tekste, sien byvoorbeeld vir Paulus (2011:1–16) vir ’n beskrywing van Babilonië onder Kassitiese bewind in die tweede helfte van die tweede millennium, of Zehnder (2005:48–271) vir ’n oorsig oor tekste uit die middel- en neo-Assiriese ryke van onderskeidelik die laaste paar eeue van die tweede millennium en die eerste helfte van die eerste millennium.

2 Eksodus 20:10 en Deuteronomium 5:14.

3 Eksodus 22:10, 20(x2); 23:9(x2) en 12.

4 Deuteronomium 14: 21, 29; 16:11, 14; 23:8; 24:14, 17, 19, 20, 21; 26:11, 12 en 13.

5 Die term Heiligkeitsgesetz is vir die eerste keer in 1877 deur Klostermann (1877:416) gebruik. Hy gebruik die term so terloops wanneer hy na Levitikus 18–26 verwys as ’n regsversameling “die ich von nun an kurz ‘das Heiligkeitsgesetz’ nennen will ...” Die naam het gebly, hoewel hoofstuk 17 vandag bygevoeg word.

6 Grünwaldt (1999:381) se siening verskil wel van dié van die ander hier bo genoem. Vir hom is die Heiligheidswetgewing geskryf as onafhanklike regsversameling. Vir Otto, Nihan en Achenbach was dit van die begin af bedoel om met P geïntegreer te word en het dit dus nooit as onafhanklike regsversameling bestaan nie.

7 Sien bespreking in Meyer (2010:1–6), sowel as die kritiek deur Nihan (2007:563) en Watts (2013:41). Die Kaufmann-skool se sienings het ook nie groot aftrek in Europese kringe gekry nie. Uitsonderings sluit in: Joosten (1996:9–15), Krapf (1992) en meer onlangs Zehnder (2005:323).

8 Wanneer in die artikel na “H” verwys word, is dit na ’n groter teks as net die Heiligheidswetgewing/Levitikus 17–26. Dit sluit tekste soos Levitikus 11:43–45 en 16:29–34a in.

9 נָכְרִ֔י kom nooit in Levitikus voor nie en בֶּן־נֵכָ֗ר slegs in 22:25. Hier gaan dit oor opdragte aan priesters en spesifiek die opdrag om nie verminkte, gebreklike of onvolmaakte diere vir die offerkultus te aanvaar nie, selfs nie van ’n uitlander (בֶּן־נֵכָ֗ר) nie. Die term זָר kom ook in hoofstuk 22 voor in verse 10, 12 en 13. Nou gaan dit oor wie mag eet van die “gewyde gawes” (קֹדֶשׁ) – dele van offers wat die priesters toekom. Dit is ’n ope vraag of זָר na uitlanders verwys en of dit nie bloot net gaan om ’n persoon wat vreemd is tot die priesterfamilie nie. So vertaal die NRSV en NBV dit onderskeidelik met “lay person” en “een man die niet tot de priesterfamilie behoort”. Sien Achenbach (2011:43–46) vir ’n bespreking van beide terme. Hy vertaal albei wel as “foreigner”.

10 Levitikus 16:29; 17:8, 10, 12, 13, 15; 18:26; 19:10, 33, 34(x2); 20:2; 22:18; 23:22; 24:19, 22; 25:23, 35, 47(x3). Alle konkordansiesoektogte is deur middel van Logos 4 gedoen.

11 Levitikus 16:29; 17:8, 10, 12, 13; 18:26; 19:33, 34; 20:2; 25:6, 45.

12 Levitikus 22:10; 25:6, 23, 35, 40, 45, 47(x2).

13 Levitikus 16:29; 17:15; 18:26; 19:34; 23:42; 24:16, 22. In die res van die Ou Testament kom die woord voor in Eksodus 12:19, 48, 49; Numeri 9:14; 15:13, 29, 30; Josua 8:33; Esegiël 47:22 en Psalm 37:35.

14 Die enigste uitsondering is Levitikus 23:42 waar elke gebore Israeliet (כָּל־הָֽאֶזְרָח֙ בְּיִשְׂרָאֵ֔ל) opgeroep word om tydens die Loofhuttefees vir sewe dae in hutte te woon. Die גֵּרִים word nie genoem nie.

15 Sien besprekings in, onder andere, Albertz (2011:54–6), Achenbach (2011:30–5), Nihan (2011:113), Ramírez Kidd (1999:46–7).

16 ’n Interessante waarneming wat deur Rendtorff (2002:78) gemaak word, is dat die term meestal in die enkelvoud voorkom en net by twee geleenthede in Levitikus in die meervoud gebruik word. Die twee gevalle is Levitikus 19:34 en 25:23. In beide gevalle word dit in ’n motiverende כִּי-sin gebruik.

17 ’n Uitsondering in dié verband was Van Houten (1991:129–30) wat aangevoer het dat die גֵּר in Levitikus 25 eintlik verwys na die Judeërs wat na die ballingskap agtergebly het en intussen die land bewerk het. Die mense wat teruggekom het uit die ballingskap het hulle nie gesien as ware Israeliete nie. Hoewel sommige (bv. Meyer 2005:247–52) haar hierin gevolg het, is hulle argument meestal afgeskiet. Sien kritiek deur veral Milgrom (2000:1500) en Nihan (2011:114).

18 Sien oorsig in Ramírez Kidd (1999:119–23) oor die problematiek rondom προσήλυτος en of dit reeds in die LXX se vertaling van tekste uit die Pentateug die betekenis van “godsdienstige bekeerling” gehad het of nie. Ramírez Kidd argumenteer teen hierdie moontlikheid en noem dat dit wel in latere tekste waar גֵּר saam met die werkwoord לוה (nifal) gebruik word, waar dit wel die betekenis van “bekeerling” kry. Hy wys ook op die inkonsekwente manier waarop die LXX verskillende terme soos προσήλυτος en πάροικος gebruik.

19 Kellermann (1973:988) en Martin-Achard (1971:411) se bydraes in die twee klassieke Duitse teologiese woordeboeke ondersteun byvoorbeeld nog sterk vir Bertholet. Sien die bespreking van Ramírez Kidd (1999:49–50) wat verwys na van die ouer kommentare wat die גֵּר verstaan het as proseliete. Matthys (1986:45), met verwysing na Levitikus 19:34, dink dat na alle waarskynlikheid “daß mit ihm [die ger] der Proselyt gemeint ist”. Bultmann (1992:216) beskryf die גֵּר as iemand wat van buite die godsdiensgemeenskap van Juda kom, maar deel daarvan wil word. Vieweger (1995:278) praat van die “Integrationsbemühung der Jerusalemer Kultgemeindschaft”. Ook Olyan (2000:72–3) oorweeg die moontlikheid dat bogenoemde tekste pleit vir die integrasie van die buitestander in die kultus van die vroeë Persiese tydperk. Sien ook Massmann (2003:207) ens.

20 Hieke (2014a en 2014b) kom naby daaraan en is in baie opsigte belangrik omdat hy nader staan aan die Europese akademie, terwyl Milgrom se datering van tekste hom deel maak van ’n (tog belangrike) minderheidsgroep. Sien bespreking van Hieke in Meyer (2014:267–80).

21 ’n Mens behoort ook by te voeg dat hoewel Milgrom al in 1982 sy argument teen die verstaan van die גֵּר as “proseliet” geopper het, dit eintlik bou op die werk van Moshe Weinfeld (1972). Selfs die Middeleeuse rabbi Abraham Ibn Ezra het al soortgelyk geargumenteer (Milgrom 1982:170). Weinfeld en Milgrom bou dus verder op die werk van Ibn Ezra. Vir Weinfeld (1972:229–31) het die wette wat die גֵּר insluit, ten doel om die reinheid van die land te beskerm en is daar nie sprake van proseliete nie, ’n posisie wat baie naby is aan dié van Milgrom.

22 Sien ook die ondersteunende argumente van Zehnder (2005:348–9), hoewel hy nie dink dat Milgrom se onderskeid tussen voorkomend en performatief konsekwent gemaak kan word nie. Ander geleerdes wat nie die idee van גֵּר as proseliet aanvaar nie, sluit in Joosten (1996:63–4) en Crüsemann (1992:217).

23 Dit beteken dat daar nie sprake is van ’n teenstrydigheid tussen Levitikus 25:45–6 en ander tekste wat die גֵּר beskerm nie. In hierdie teks gaan dit eenvoudig oor die תּוֹשָׁב en nie die גֵּר nie. ’n Goeie voorbeeld van iemand wat hierdie onderskeid oor die hoof sien, is Gerstenberger (1993:357), wat praat van ’n “eklatanter Widerspruch”. Daar is wel ’n paar gevalle in Levitikus 25 waar die grense tussen תּוֹשָׁב en גֵּר nie so duidelik is nie. In verse 23, 35 en 47 word telkens verwys na die twee saam as ’n hendiadis (sien Milgrom 2001:2187, 2207 en 2236; Kellermann 1973:990). In twee van hierdie verse word die hendiadis gebruik om ’n verhouding uit voor te stel tussen ’n meerdere en ’n mindere. Vers 23 beskryf die verhouding tussen Jahwe en die aangesprokenes deur middel van die hendiadis. In vers 35 word die broer wat in die moeilikheid beland en by ’n mede-Israeliet eindig, in sulke terme beskryf. Die teks stel dit duidelik dat so ’n persoon nie uitgebuit mag word nie. In vers 47 word verder ’n scenario geskets waar ’n גֵּר en תּוֹשָׁב ryk word en die broer wat in die moeilikheid beland aan hulle verkoop word. Dit blyk dat wanneer hierdie hendiadis gebruik word, dan is ie betekenis soortgelyk aan gevalle waar slegs na ’n גֵּר verwys word. Vergelyk ’n mens dit byvoorbeeld met verse 6 en 40, waar תּוֹשָׁב saam met שָׂכִיר gebruik word, dan is dit duidelik dat daar nou sprake is van ’n betekenis nader aan תּוֹשָׁב op sy eie soos Nihan dit hier bo beskryf het. In vers 6 word die תּוֹשָׁב saam met ander afhanklikes genoem. In vers 40 gaan dit oor ’n broer wat so arm is dat hy letterlik verkoop word. Die omstandighede van die persoon in vers 40 wat soos ’n שָׂכִיר en תּוֹשָׁב behandel moet word, is baie broser as die een in vers 35 wat soos ’n גֵּר en תּוֹשָׁב behandel moet word.

24 Levitikus 14:34(x2), 25:10, 13, 24, 25, 27, 28, 32, 33(x2), 34, 41, 45, 46; 27:16, 21, 22, 24 en 28.

25 Die term Nutzrecht is al in 1977 deur Gerlemann voorgestel. Gerlemann (1977) praat van “Nutzrecht” vir אֲחֻזָּה en “Wohnrecht” vir נַחֲלָה. Sien ook die meer onlangse bydrae van Bauks (2004:172–4) wat ’n soortgelyke verstaan van אֲחֻזָּה het, of ’n oorsig oor die debat in Milgrom (2001:2171–3).

26 Hieke (2014b:710–1) poog om die verskillende fasette van heiligheid te verwoord. Soos met baie ander beskrywings begin hy ook met die betekenis van afsondering. Hy poog egter om dit verder te voer deur te argumenteer dat wanneer Israel opgeroep word tot heiligheid, die doel is om Jahwe op aarde te verteenwoordig. Ek vind hierdie deel nie so oortuigend nie, eenvoudig omdat daar geen teks in H is wat heiligheid en verteenwoordiging van Jahwe verbind nie. Sien ook bespreking in Schwartz (2000:47–59) waar hy tussen twee betekenisse van heiligheid onderskei.

27 Sien Deuteronomium 5:10; 6:5; 7:8, 9, 13; 10:12, 15, 18, 19; 11:1, 13, 22; 13:4; 15:16; 19:9; 21:15(x2); 23:6; 30:6, 16 en 20. Soms is Jahwe die onderwerp van die werkwoord, soos in 4:37; 5:10; 7:8; 13; 10:12, 15 en die voorwerp is dan meestal die volk. Wanneer die volk of aangesprokenes die onderwerp van die werkwoord is, dan is die voorwerp meestal Jahwe (6:5; 11:1, 13, 22; 13:4; 19:9; 30:6, 16 en 20). Daar is ook die twee gevalle waar die גֵּר die voorwerp van die liefde is (10:18 en 19), met eers Jahwe en dan die aangesprokenes as onderwerp van die werkwoord.

28 Die werk van Steymans (1995) is belangrik in dié verband. Sien byvoorbeeld sy onlangse artikel oor Deuteronomium 28 en Tell Tayinat (Steymans 2013).

29 Sien byvoorbeeld Collins (2004:160–4) se oorsig oor hierdie debat, wat ook te vinde sal wees by enige goeie oorsig oor of inleiding tot Deuteronomium.

30 Die werk van Nihan (2007) wat nou bespreek word, is vroeër as die hoofstuk (Nihan 2011) wat hier bo bespreek is.

31 Ook Hieke (2014b:704–706) verdeel die hoofstuk in twee dele en aanvaar dat daar ’n groot mate van herhaling tussen die twee dele is. Sien ook Ruwe (1999:194) vir ’n soortgelyke siening.

32 Sien ook Wenham (1979:265) wat praat van “holiness in everyday life”.

33 Otto (1999) byvoorbeeld gebruik die term in die titel van sy belangrike artikel oor Levitikus 17–26. Sien ook die oorsig in Dozeman (2009:498–500) wat na die belangrike bydraes van M. Fishbane en B.M. Levinson verwys.

34 Sien byvoorbeeld die werk van Wright (2009:91–120) wat argumenteer dat die Bondsboek direk beïnvloed is deur die Kodeks van Hammurabi (KH). Laasgenoemde is ’n teks uit die Ou-Babiloniese tydperk van die tweede millennium toe Israel nog nie bestaan het nie. Maar Wright dui ook in hierdie hoofstuk aan hoe KH wyd gelees is deur die Assiriërs in die neo-Assiriese tydperk en hierdie wêreldryk het in die 8ste en 7de eeu ’n groot impak op Israel en Juda gehad. Uiteindelik lyk dit of Wright (2009:117) mik vir ’n datum aan die einde van die 8ste eeu vir die ontstaan van die Bondsboek.

35 Eksodus 22:20; Levitikus 19:33; 25:14, 17 en Deuteronomium 23:17.

36 Vers 11 sê ’n man mag nie sy עָמִית bedrieg nie. Dan, in vers 13, mag jy nie jou רֵעַ beroof nie. Die regspraak moet regverdig wees teenoor jou עָמִית in vers 15, maar in vers 16 is dit weer jou רֵעַ wat nie gelaster mag word nie. Vers 17 sê dat jy jou עָמִית openlik moet teregwys en in die volgende vers is dit weer jou רֵעַ wat jy moet liefhê. Ek dink dat dit duidelik is dat die twee terme eenvoudig wisselvorme is.

37 Navorsers argumenteer dat Deuteronomium 10:18–19 ook, soos H, ’n naballingskapse teks is. Ebach (2014:192–196) bespreek die teks as deel van ’n hoofstuk wat gaan oor “das nachexilische Deuteronomium”. By Otto (2012:1027–33) is daar ook geen twyfel dat hierdie teks naballingskaps is nie. Oor watter een van Levitikus 19:33–34 en Deuteronomium 10:18–19 die oudste is, is daar meer debat. Otto (2012:1039) dink dat Deuteronomium 10:19 jonger is, terwyl, soos hier bo vermeld is, Nihan dit andersom verstaan. Nihan het reg, juis omdat die גֵּר in Deuteronomium 10:19 gesien word as deel van die personae miserae (soos Otto 2012:1042 erken) wat ’n ouer verstaan van die term weerspieël as wat ons in Levitikus 19:33–34 kry.

38 Otto (2012:1029) noem dat die enigste ander geval in die Ou Testament waar Jahwe uitgebeeld word as een wat intree vir vreemdelinge, wese en weduwees, Psalm 146:7–9 is.

39 Milgrom (2000:1604) sien byvoorbeeld ’n element van imitatio dei in Levitikus 19:2. Die nabootsing het egter betrekking op andersheid. Soos Jahwe anders is as ander gode, so moet Israel anders wees as ander volke. Dit is nie asof Israel alle aspekte van Jahwe kan naboots nie. Sien ook die problematisering van die konsep in Meyer (2009), of Schwarz (2000:56–57) wat nie dink dat ons kan praat van imitatio dei nie.

40 Verse 33 en 34 is oorwegend (sien tekskritiese notas by אִתְּךָ in vers 33) geskryf in die tweede persoon meervoud. Slegs die opdrag om liefde te hê is in die enkelvoud, soos ook in vers 18.

The post Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing appeared first on LitNet.

Antwoord vir Angus op sy kommentaar van 30 September 2015

$
0
0

Beste Angus

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 29 September 2015.

Jy sê jy ken Afrikaanssprekendes wat weet wat ’n sambreel is sonder dat hulle ’n woord Maleis of Portugees ken. Ek weet, dit is dan juis ek wat jou dit vertel het toe ek aan jou die verskil tussen leenwoorde en vreemde woorde verduidelik het. Ek het vir jou gesê ’n leenwoord is so ingeburger in die taal dat jy dit gebruik sonder om te weet waar dit vandaan kom waar ’n vreemde woord, aan die ander kant, nie verstaan word as jy nie daardie vreemde taal ken waaruit die woord kom nie. Wat jy ‘Kaaps’ noem is so vol Engelse woorde dat ’n Afrikaanssprekende wat nie Engels ken nie dit glad nie sal verstaan nie.

Jy reken dis futiel om die begrip ‘grammatika’ aan my te verduidelik. Angus, jý is die ou wat, lyk dit my, die begrip nie verstaan nie. Grammatika is tot taal soos meganiese aandrywing – die enjin, ratkas, dryfas, wiele die toetie – tot ’n motorkar. Daarsonder is dit nie ’n kar nie.

Jy praat van grammatika asof dit ’n aspek van taal is; so asof jy die taal kan praat (besig) sonder ’n kennis van grammatika. Dit werk nie so nie; jy, skyn dit my, beskou grammatika tot taal soos verf tot die motor om nou verder met bogenoemde analoog te gaan. Die motor kan nog ry ongeag of hy geverf is of nie maar ’n taal kan jy nie praat sonder grammatika nie want saam met woordeskat en sintaksis IS dit die taal. Jy kan wel met gebrekkige grammatika wegkom maar dan praat jy die taal gebrekkig, net soos ’n kar kan wegkom as net vier van die ses silinders vuur. Wat wel ‘n aspek van taal is is aksent; jy kan byvoorbeeld goed Afrikaans praat as jy Engels is maar met ’n Engelse aksent; niks fout daarmee nie – as jy die grammatika onder die knie het praat jy die taal, nou wel nie soos ’n boorling nie maar 100% korrek.

Dit is dus onsin om te beweer ‘grammatici ontdek die struktuur van ’n taal en skryf dan ’n grammatika wat aan die kinders geleer word’. Jou bewering dat taal op twee maniere aangeleer word moet eintlik lui GRAMMATIKA word op twee maniere aangeleer naamlik blootstelling (Berlitz was ’n voorstaander van hierdie manier) of, soos meestal deur volwassenes (as ’n tweede of derde taal) uit ’n grammatikaboek.
Wat Elsassies betref, wie sê vir jou dit is 19de eeus? Mag wees, maar is dit oor Goethe se ballade? Hier is vir jou ’n stukkie teenswoordige Elsassies:

Wenn’r mien Büechel lese, noo wundere n Ihr Ejch viellicht e manichs Mol un schüttle mit’m Kopf un saaue: „Warum isch denn des Wort esoo g’schriewe un sell Wort esoo? Soo redt m’r doch gar nit!“ — Un doo han’r ganz ereecht. Ich hab’ oft nit esoo g’schriewe, wie m’r redt, un ich will Ejch au saaue, warum.

Maar weer terug tot mengeltaal, waaroor ons gesprek eintlik gaan. Een taal word met ’n ander vreemde taal gemeng wanneer ’n spreker van die taal dit nie kan verstaan as hy nie ook die vreemde taal ken nie. Ek het dit nou al op baie maniere verduidelik. Indien dit nog onduidelik is laat maar weet dan vertel ek jou op ’n ander manier.

Groetnis
Jan Rap

The post Antwoord vir Angus op sy kommentaar van 30 September 2015 appeared first on LitNet.

LitNet: Jou geheue

Onderhoud: Peet Venter

$
0
0

peetventer400

Peet Venter (foto: Izak de Vries)

Peet Venter is ’n man wat ’n barshou kyk. Vra maar enige fotograaf. Om “cheese” te sê is gewoon nie in sy posbeskrywing nie. Tog, onder daardie kyk is ’n fyn mens, ’n musikant en kunstenaar.

Iets van daardie barshou kom ook voor in Thys Krige, die speurder wat vir Peet Venter bekend gemaak het met die vier boeke wat by LAPA verskyn het en nou ook, meer onlangs, in Lemmer Bosman, die hoofkarakter in Lem. Lemmer is ’n spesmagteman op wie se kop ’n prys geplaas word. Die speurder in Lem, Chris Watts, is boonop ook ’n besonder interessante individu.

Peet Venter se naam was al 33 keer op die Nielsen Top 100 het sedert Ou Bloed ongeveer twee jaar gelede verskyn het.

Peet word op 3 Oktober 75 jaar oud, maar in plaas van om vir hom blomme en kaartjies te gee, het Carla van der Spuy, die skrywer van Mens of monster en Bloed op haar hande, en Izak de Vries, ’n kranige leser van krimi’s, so ’n bietjie “good cop, bad cop” gespeel met Peet – wat steeds aanhou skryf.

Carla: Kom ons begin by Thys Krige. Thys is nie jou stereotiepe speurder nie. Hy huiwer nie om self te moor wanneer hy dit nodig ag nie. Tog, hoe lyk die stereotipe speurder en hoe verskil Krige van hom? Ons weet Thys is ryk, jonk, aantreklik, netjies, fiks, enkellopend en nugter. Mens lees dikwels van hierdie middeljarige, verwaarlooste speurders met die drank- en liefdesprobleme. Hulle kan ook nie juis met ’n indrukwekkende banksaldo spog nie.

Voeg geskei en owerspelig by die stereotipe, en jy het die volle prentjie. TV-reekse en monteerbaanspeurboeke loop oor van hulle. ’n Resensent het Krige onlangs met ’n Gotiese antiheld vergelyk. Dis in die kol. Dis wat hy is: ’n alleenloper, ’n jagter met ’n missie om reg te maak waar die reg faal. Die reg het hom gefaal toe mense na aan hom vermoor en ontvoer is. Dit het ’n koue, harde ding in hom gelaat. Daar is nie plek vir bagasie nie, nie tyd vir suip en kafoefel nie.

Dis oor die ongeregtigheid dat hy besluit het om ’n speurder te word; om reg te maak wat verkeerd is, maar binne die beperkinge van die polisiediens kan hy nie doen wat hy die beste doen nie. Dus het ek hom uit die milieu van die polisiediens gehaal juis om hom te kan laat doen wat hy die beste doen. Hy neem die gereg in eie hande waar die verbrokkelende stelsel faal. Ek verkies ook om nie meer in ’n milieu te skryf waarin dit gaan soos wat dit deesdae gaan nie. Dit laat my skuldig voel teenoor al die goeie polisielede wat nog oor is.

Krige huiwer nie om mense seer en dood te maak nie en soms selfs met misdadigers indaba te hou waar dit nodig is nie. Sy enigste “hang-up” is eenvoudig. Hy wroeg nie oor die reg of verkeerd van wat hy doen nie. Hy wroeg eerder daaroor of dit wat hy doen, ’n gevaar vir mense na aan hom inhou. Dit maak hom ’n alleenloper.

Krige het ’n agtergrond in wetstoepassing en weet hoe om die regte teikens uit te soek. Die vraag is: Wat is reg – om misdadigers te laat kry wat hulle toekom, of om hulle vry te laat rondloop? Ek dink vandag se omstandighede in ons land gee die antwoord. Ek het nog nie klagtes gekry oor wat Krige doen nie. Dus, hy moet iets reg doen.

Carla: Nee, wag. Thys het deur die vier boeke ’n metamorfose ondergaan van ’n speurder na ’n soms koelbloedige moordenaar. Is daar nie lesers wat hieroor kla nie? Mens soek mos ’n goeie ou sonder bloed op sy hande as die held? Of aan die ander kant, is dit nie juis wat jou boek anders maak nie – die held met die donker kant?

Wie van ons kan eerlik sê hy of sy het nog nooit gedink “daardie mens mag nie leef nie”? Dink aan die verkragting van babatjies.

Ek is aan sy kant omdat hy vír my moor. Punt. Maar hy maak die regte mense dood. Wie nie aan sy kant is nie, is aan die misdadigers se kant. Dis die wêreld waarin ons leef. Misdaad raak ons elke dag, direk of indirek. Daar is nie meer ’n draad om op te sit nie. Dis lankal gesteel en verkoop vir dwelms of om ’n ontvoerde meisie mee vas te bind en ’n seksslaaf van haar te maak. Hy sal tronk toe gaan, ja. As hulle hom kan vang. Nie solank ek die sê het nie.

Die punt is, ek het ’n karakter geskep. Lesers kan van hom hou, of nie. Ek gebruik hom nie om die een of ander kant te propageer nie. Ek vra net: Wat is reg, wat is verkeerd? Kan mens iets wat so verskriklik verkeerd is, laat weggaan deur aan te hou anderpad kyk, die ander wang te draai? Elke leser moet self besluit.

’n Mens se eie stel waardes is al waaraan jy nog kan vashou in ’n wêreld waar etiek en moraliteit daagliks tot in die hoogste gesagskringe verkrag word. Hoe en wat mens regverdig, is vir jou eie gewete. Elke mens het sy donker kant. Miskien vergestalt Krige dit.

Izak: Ek gaan dit sterker stel: ’n mens sou vir Thys nou selfs as vigilante kon beskou. Hoe voel jy daaroor?

Laat my toe om voorbarig aan te haal uit Lem: "Vir hoeveel van hulle is dit ’n roeping, en vir hoeveel bloot ’n werk?" Ja, ek voel diep, het net bewondering vir die vele goeie polisielede wat in vandag se gemors vassit. Daar is grond vir bitterheid.

Krige kan met reg as ’n vigilante bestempel word. Hy gooi reëls oorboord, heul selfs met misdadigers om sy doel te bereik. Hy wil net reg laat geskied. Hoe anders doen mens dit as reëls net ’n woord geword het, en misdadigers aan die roer van sake staan?

Ek lug my magtelose frustrasie deur Thys Krige, en stellig dié van vele lesers en polisielede. Maar dis nie die hulpkreet van ’n drenkeling in ’n oorweldigende donker vloed nie. Dis ’n woedeskreeu wat in rebellie gewortel is. As ek Thys Krige nie gehad het nie, sou ek lankal in tronk gesit het.

Carla: So, jy hou van Thys? En sou ’n sielkundige hom kon psigo-ontleed, wat dink jy sou die persoon vind?

Ja, ek hou van Krige. Hy is ’n gewone ou wat net reg wil maak wat verkeerd is. Ek dink ’n “shrink” sal seker kopkrap oor die geweldspotensiaal in so ’n man, en na sy teksboeke gryp, maar hy het nie die pille nodig nie. Hy is gevaarlik net as met hom geneuk word.

peetventer_drieboeke

Izak: Thys was ’n baie ongewone speurder; in Lem het jy die ongewone nog ’n stappie verder geneem met speuradjudant Chris Watts. (Ek is mal oor haar.) Sy val ver buite die stereotiepe speurder wat suip en sy vrou slaan. Chris is ’n vrou wat soos ’n man aantrek, sy ondersteun haar man … Waar kom jy aan haar en hoekom voel Chris sy moet meer man wees as die mans?

Chris kom uit 'n polisiefamilie, het redelik butch grootgeword, maar bly vrou. Al wat sy van jongs af wou wees, is ’n speurder. Nou bevind sy haar in die wêreld van (tradisioneel) mans. Sy is bewus daarvan dat sy daar verdra word omdat daar ’n kwotastelsel is wat dit vereis. Sy wil haarself teen elke prys bewys, en oorkompromitteer daarvoor. Dit plaas haar in ’n innerlike konflik, wat soms tot selftwyfel lei. Tot sy aan die einde, eintlik by verstek, dit regkry om te wys wat sy kan doen, en sy besef sy hoef net vrou te wees.

Waar kom ek aan haar? Ek het jare lank in die tradisionele mansmilieu van ingenieurswese gewerk en gesien hoe vroue wat dit gewaag het om as ingenieurs te kwalifiseer (sommige met meestersgrade), 'n stryd om aanvaarding moes stry. Sommige het dit reggekry, ander nie.

Izak: Kom ons praat oor manlikheid. Thys Krige en Lemmer Bosman is albei sterk, alleenlopende ouens. Hulle is manlik, maar hulle is lief vir kuns en musiek en is albei outydse gentlemen as dit kom by vroue. Daar is iets van ‘n Jin en ’n Jang in hierdie twee – is ek reg?

Ja dit is so, in die opsig dat beide hul ma's vroeg verloor het. Maar Thys het die herinneringe van 'n ma wat lief was vir hom ten spyte van haar swakheid. Lemmer, daarenteen, het die herinnering van 'n ma wat hom verwerp het, as gevolg van haar swakheid. Hy het dus alle rede om bitter teenoor vroue te voel. Fleur Bloem is die reddende faktor in sy lewe. Beide Thys en Lem begryp die kwesbaarheid van vroue en kinders. Krige het te doen gekry met die ontvoering van jong meisies, onder ander sy halfsuster. Bosman het in die DRK te doen gekry met die verkragting van ’n jong meisie. Beide het gedoen wat mans veronderstel is om te doen: red en beskerm. Bosman moes 'n duur prys daarvoor betaal. Krige is ryklik beloon. That's life.

Izak: Die ma, dan. Thys word groot sonder ’n ma. Lemmer se ma, Fleur, is baie sterk teenwoordig en is ’n baie interessante, baie sterk vrou. Anders as Chris is sy vroulik – en gebruik sy haar vrouelyf om te kom waar sy moet wees. Was jy aspris om ’n tweede baie sterk vrou in Lemmer se lewe te plaas?

Peet. Ja, dit was vir my 'n interessante oefening. Irma Storm, die beskermde, bevoorregte een aan die een kant. Fleur Bloem wat alles teen haar gehad het aan die ander kant. Christine Watts, wat 'n doodnormale jeug gehad het, in die middel. Irma probeer haar sexy lyf as anker gebruik, maar dit sink haar. Sy probeer Lem Bosman se storie as reddingsboei gebruik, maar vind dit is nie 'n pad uit nie. Nog 'n eksamen gedruip. Terug klip toe. Chris steek haar vroulikheid weg, maar haar sterk wil dra haar deur. Nie nodig om te kompromitteer nie. Fleur Bloem het haar eie lewe gemaak. Skuld niemand niks, vra niemand niks. Sy het baie om te gee, maar kies vir wie sy wil gee. As kind is sy deur die samelewing uitgespoeg. Sy kan die samelewing nie uitspoeg nie, maar laat dit op haar eie voorwaardes in haar lewe toe.

Izak: Jy debuteer in 1978 en sê toe aan die pers: “Ek wil oor die mens skryf en oor die heroïese in hom. Ek wil sinvol en volwasse skryf, want ek self en my naam is onlosmaaklik aan my werk verbind.” Hoe voel jy vandag daaroor?

Ja, toe was ek nog windgat. Maar intussen het die lewe gebeur en het ek uitgevind mense voel basies vere vir wat ek dink. Hulle het uiteenlopende sienings van die heroïese. Ek staan nog daarby, kruip nie agter ’n skuilnaam weg nie, maar deesdae laat ek liewer my karakters vir my praat. Dis veiliger, jy weet? Dis nie ek wat so gesê het nie! Dis daai windgat in die storie. Voel jy my?

Carla: Dis maar ’n onvermydelike vraag in watter mate (uitgesonderd die miljoene) daar ooreenkomste tussen jou en Krige is. As mens lees hoe Krige in die hartjie van die natuur woon, sy liefde vir stilte, die feit dat hy nie besonder spraaksaam is nie – is dit nie maar jou eie kenmerke wat na vore kom en waaroor jy skryf nie? Hoe identifiseer jy met hom en hoe verskil jy van hom?

Dis maar ’n kwessie van selfdissipline. Natuurlik word die skrywer se sienings, gevoelens, voorkeure en renonse in die karakters geprojekteer, maar dit moet so gedoen word dat dit hulle eie word deur dialoog, gedagtes, handelinge. Laat hulle die storie vertel. Dis nie altyd maklik nie, maar met ondervinding leer mens om uit jou storie te bly sonder om daarvan verwyder te wees. Wat ’n leser van die skrywer uit sy stories kan agterkom, hang af van hoe diep die storie is en hoe diep die leser lees. Dis seker onafwendbaar dat iets van die skrywer in sy karakters geprojekteer word. Onvermydelik sal daar iets van my in Krige wees, anders sal hy nie vir my lééf nie. My innerlike verwysingsraamwerk is sy bloudruk, plus ’n paar dinge wat ek graag sou wou wees as ek die moed gehad het. En ja, minus die voorkoms, jeugdigheid en welvaart.

Ek dink hoeveel van die skrywer ingebou word – goed en sleg – en hoe openlik en eerlik dit gedoen word, bepaal tot ’n groot mate die geloofwaardigheid van die karakters. As ek as skrywer nie met ’n karakter kan assosieer nie, hoe kan die leser?

Dus, ja, daar is heelwat van my in Krige. Die stil geaardheid, die denker, die keuse om afgesonderd in die natuur te woon en die onwrikbare geloof in geregtigheid. Miskien verskil ek van hom wat die geweld betref, maar as ek deesdae so na die nuus kyk, is ek ook nie meer altyd so seker daarvan nie. Daarom dat ek ’n afleier soos hy het. En ek is oud, lelik, en arm.

Izak: Kom ons praat oor jou ander lewe. As ingenieur was jy by ’n groot firma en julle het enorme projekte gebou. Wil jy dalk vir ons ’n idee gee hoe jy voel as jy by ’n bekende baken verbyry waarin jy gewerk het?

Ek wonder hoeveel mense besef wat alles in geboue aangaan om dit te laat werk. Die argitek ontwerp die sigbare onderstel en bakwerk. Die bouer bou dit. Ons, die ingenieurs, sit die enjin in, die wiele aan, die ontstekingstelsel, laat dit werk. Dis vir my soos ’n monument wat ek vir myself gebou het, maar net ek weet daarvan omdat dit vir ander meestal onsigbaar is. Dit maak die trots net soveel meer intiem. Soos in, ek weet wat ander nie weet nie, sien. Nie vermakerig bedoel nie. Dis net … spesiaal. My eie. Mense aanvaar die hysbakke, roltrappe, lugversorging, elektrisiteit, kommunikasie, water, riolering, brandbeveiliging as vanselfsprekend. Hulle is reg. Maar ek weet ek het dit daar vir hulle gesit – vir hulle gemak en veiligheid. Daar is dinge waarvoor geld nie kan betaal nie.

Izak: Watter ingenieursprojek staan vir jou uit as jy oor jou loopbaan moes terugkyk?

Oor ’n loopbaan van bykans 50 jaar vergeet ’n mens noodwendig heelwat van wat agter lê. Deels omdat nie almal “monumentaal” was nie, deels omdat daar voortdurend nuwe uitdagings voorlê. Die een wat my die naaste aan die hart lê, is die Staatsteater in Pretoria. Dis nie ’n gebou wat mense insluk en agt, of meer, ure se werk van hulle vereis nie. Dis ’n plek wat mense verwelkom, hulle gemaklik laat voel, en ’n paar uur se genot aan hulle verskaf, iets moois vir hulle gee; soos ’n elegante gasvrou.

peetventer_tweeboeke

Izak: Jy is ook ’n baie goeie musikant en beeldhouer.

Jack of all trades … Dis ek daai. Dit klink indrukwekkend, maar glo my, dis nie lekker nie, want dis nie waar die gesegde ophou nie. Die master of none-gedeelte kom nog by, sien. Dan moet ’n mens realisties wees en keuses maak. My eerste liefde lê by musiek, maar ek is net nie goed genoeg daarmee om ’n lewe daaruit te maak nie. Daar bly musiek toe in die slag. Ek skilder en maak beelde van wat ek sien, soos ek dit sien. Ek weet nie hoe om emosionele boodskappe daarin te sit (kodeer?) nie. Ek kyk na ander kunstenaars se werk en dis vir my mooi of lelik. Punt. Daar bly skilder en beeldhou in die slag.

Om ’n lewe te maak, wend ek my toe na my tegniese aanleg, en na skryf om sinvolle uitdrukking – wat ek ook verstaan – te gee aan al die strooi hierbinne. Beide skeppend. Genoeg vir my.

Izak: ’n Ingenieur doen baie projekbestuur. Toe jy by ’n vierde boek van die Thys-reeks kom, moes jy seker fyn begin bestuur aan Thys en sy trawante?

Glo my, ’n opvolgreeks ontwikkel meer slaggate as ons strate en paaie, maar ek moes klaarmaak wat ek begin het. Thys het begin, gegroei, en hy moes afgerond word. Deur die vier boeke was daar die een los draad in sy lewe: Karen. Sy is die een wat hom voltooi.

Carla: Kan ons nog boeke in die Thys Krige-reeks verwag en sal daar ooit weer romantiese liefde vir hom wees?

Ja, daar kom nog Krige-stories. Iets meer in die lyn van politieke rillers. Hy kan dalk weer die romantiese sy probeer, soos die geval met Robyn was, maar dit kan nie werk nie, omdat hy doen wat hy doen en dit sal aanleiding gee tot huismoles wat hom dalk na drank sal dryf. En dan is ons terug by die stereotipe, en kan hy maar net sowel teruggaan polisie toe.

Izak: So, daar is goeie nuus vir Thys se aanhangers?

Daar wag nog heelwat werk vir Thys. Hy moet nou weer sy gat in rat kry. Maar nou gaan hy te doen kry met meer komplekse – en gevaarliker – dinge. Politieke sameswerings, insypeling van vyandige elemente, wapensmokkel, kubermisdaad, ens. Ek dink dit sal sy vlak van intelligensie beter pas as die "hoofstroom" speurwerk. Ek is bykans klaar met Kontinuum. Dan is Thys weer aan die beurt.

Izak: Jy skryf filmies – ek kan die gebeure voor my oë sien afspeel. Hoe kry jy dit reg?

Die maklike antwoord is, dis maar soos ek is.

Maar om te ontleed: ek dink dit het te doen met my aanlegte. Verbeelding, waarneming en aanvoeling is onderliggend. Om ’n meganiese stelsel te kan ontwerp moet ek dit eers in my geestesoog kan sien. Dieselfde met karakters en hulle handelinge. Ek moet hulle kan sien, hoor, voel.

En dan moet jy verskriklik oortuigend kan lieg. Jy moet in Pixar kan lieg. Dit het ek, as die jongste van vier seuns, vroeg in my lewe geleer.

Besoek Peet Venter se ATKV-skrywersalbum op LitNet: http://www.litnet.co.za/peet-venter-1940.

The post Onderhoud: Peet Venter appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live