Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Laggend in rou

$
0
0

Marietjie tuit haar lippies saam. Die fyn plooitjies maak ’n obsene prentjie van haar mond. Wanneer sy die sametrekking weer ontspan, vorm ’n horisontale streng lyn van oor tot oor. Sy lyk deesdae permanent geïrriteerd. Soos wat sy voel. ’n Suurlemoen van ’n vrou wat die klank van ’n lagbui met ’n intense haat begin vermy.

Karel kê-kê-kê waar hy langs die stoeptafel sit. Sy hand krampagtig om die brandewynglas gevou. Sy oë is nou getrek teen die ondergaande son, sy voete rus op die rots langs die bedding en sy gril vir die onversorgde tone in die bruin sandale. Hy is die versinnebeelding van ’n gek. Haar man het ’n idioot geword. ’n Laggende ligsinnige sot wat oor alles grinnik. Hoe meer hy drink, hoe meer gier hy en hoe meer hy lag, hoe meer bring hy die glas met die donker vog nader na sy mond.

“Brannas en Coke is die léwe!” gil hy en salueer sy glas vir wie ook al verby hul huis in die straat afstap. Marietjie het sku geraak vir mense. Die skaamte soos ’n permanente rooi geboortevlek oor haar gelaat.

“Dominee moet my help. Praat met Karel. Hy suip soos ’n vis en dis tog sonde as jou man jou so walg dat jy wil vlug. Dominee, help asseblief.” Sy het snot-en-trane haar binneste oopgevlek voor die predikant. Hom gesmeek om iets aan die saak te doen, want sy wat Marietjie is, is by radeloos verby. En wat haar betref, is Karel by reddeloos verby. Drank het sy god geword.

Treurniet Dominee het net sy kop geskud: “Jy moet geduldig wees, Marietjie. Die skok van julle Margatjie het hom kwaai geruk. Ek is seker dit sal weer oorgaan. Mense verwerk hulle hartseer op verskillende maniere.” Sy wou die predikant tot sy sinne klap. Kan die man nie sien wat besig is om te gebeur nie? Hy sal die stommerik nog so ewe kans gee en voor hy weet waar hy is, is Karel ’n volslae alkoholis.

En sy self treur net so oor Margatjie. Dit was haar lieflingkind. En dit is after all sý wat die kind uit die swembad moes gaan haal. Karel was ’n soutpilaar. ’n Versteende standbeeld geruk tot volslae stommigheid. Sy het ingeduik, Margatjie weer tot lewe probeer dwing. Haar longetjies gepomp en histeries geskree na bo. Terwyl haar man soos ’n verstarde beeld op een plek bly staan het. Waarom kan sý aangaan met haar lewe, die tragiek ten spyt? Wat is fout met hom? ’n Vrou wil opkyk na haar man, respek betoon. Maar die Vader weet, sy is nie in staat daartoe nie.

Die dood het nie net vir Margatjie kom haal nie. Dit het ook haar man geneem. Hierdie … uh ... ding is nie haar man nie. Sy ken hom nie.

Sy hardloop verskrik na buite toe sy ’n glas hoor val. Die splinters lê verstrooi oor die teëls. Karel staan rukkerig op en giggel soos ’n verspotte skoolseun. “Jammer Mammie, die glas was nat. Toe g-g-gy dit uit my hand. Kê-kê-kê,” bulder hy en gryp na die leuning van die stoel toe hy struikel en sy val probeer keer. Dit geluk hom nie en hy sak met ’n swaar slag na benede. ’n Stuk van die glas sny sy arm en hy laat ’n bloedstreep op die vloer agter toe hy strompelend probeer regop kom.

Marietjie voel die argwaan en die teensin in haar opstoot soos dik slym wat haar wil verstik. Sy soek na iets venynigs om hom toe te snou toe sy sy skouers sien ruk en sy laggery verander na ’n weeklaag en hartverskeurende geween. Hy huil soos ’n kind. Die snikke neem besit van hom en sy hele lyf ruk onbeheerst.

Marietjie se stoïsynse houding verander stadig toe sy onverwags deernis in haar voel opwel vir haar man van ouds. Sy stap na hom en neem hom in haar arms. Laat haar lippe teer oor sy gevlekte wange gly terwyl sy koergeluidjies maak.

“Ons sal hieroor kom, my man. Jammer dat ek so afsydig is. Dis maar net my manier. Ons sal hieroor kom.”

Sy sien begrip in sy ligte oë verskyn toe hy knik. “Ek is so jammer, Marietjie. Ek sal harder probeer. Dis net … dis net ... dis ék wat vergeet het om die swembadnet terug te sit. Ek het Filemon ’n duisend rand gegee om die blaam te vat.”

Hierdie keer kom daar nie ’n lag saam met sy woorde nie.

The post Laggend in rou appeared first on LitNet.


Die reuk van appels by die Fugard-teater: ’n teaterresensie

$
0
0

Gideon Lombard (... miskien, The view, Special thanks to guests from afar, Orpheus in Africa en Suidooster) maak sy solodebuut in die verhoogverwerking van Mark Behr se opspraakwekkende roman Die reuk van appels. In die regisseurstoel is Lara Bye (Yellowman, London Road, Oscar en die pienk tannie en Vaslav).

Behr se debuutroman is in 1993 in Afrikaans gepubliseer en later in Engels vertaal. Dit speel in 1974 af en vertel die storie van die 11-jarige Marnus Erasmus, wie se pa ’n jong generaal-majoor in die weermag is, en sy beste vriend, Frikkie, wat allerhande avonture saam met hom beleef. Hy het ’n “irriterende sussie” en sy ma is vir hom “die mooiste vrou op aarde” en boonop nog musikaal ook.

Die kaal verhoog met ’n stoel en weermaguniform laat Gideon toe om sy magiese toormantel oor die gehoor te laat neerdaal. Gideon word Marnus. Dis asof hy elke oggend daardie uniform aantrek, sy kouse regtrek en skool toe gaan; die vreugde oor sy lewe duidelik – selfs in die oorgawe waarmee hy sy geliefde tol gooi. Hy is die onskuldige jong seun met die heldeverering in sy oë as hy na sy pa kyk.

Maar hy swaai net so vinnig om na die ontnugterde jong soldaat wat op brutale manier van sy onskuld beroof is.

Gideon het na afloop van die speelvak by die KKNK vertel: “Op die oppervlak lei die jong Marnus ’n baie ‘normale’ lewe, maar die onderliggende tema is dat dit die middel van die Grensoorlog is, die land is verstrengel in rassisme en ’n kind word groot met onderdrukking en indoktrinasie, want hy glo alles wat sy pa vir hom sê. Op die ou einde gaan dit oor verraad van hierdie klein seun deur die mense naaste aan hom en dit word ’n metafoor vir die land om hom.”

By vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), waar die stuk gedebuteer het, wen Gideon die Kanna-toekenning vir beste akteur. By Aardklop word hy benoem as beste akteur en Lara as beste regisseur.

Dis nie verbasend dat die stuk by die Fugardteater weens publieke belangstelling verleng is nie: dis wêreldklas toneelspel en regie hierdie. En vir twee ure is jy weer terug in die onderdrukkende greep van apartheid en die indoktrinasie waarmee ons as middeljarige Suid-Afrikaners grootgeword het.

Die stuk is tersaaklik vandag; dalk nog meer as 40 jaar gelede. Ons gaan weer onder onderdrukking en indoktrinasie gebuk – dalk onder ’n nuwe bestel, maar die euwel is dieselfde een.

Ouderdomsbeperking: 16 (seks, naaktheid, sterk taal, geweld en vooroordeel)

Die reuk van appels

Met: Gideon Lombard

Deur: Mark Behr

Regie: Lara Bye

Vir die teater aangepas deur: Johann Smith

Die Fugardteater, Harringstraat, Kaapstad.

Verleng tot 11 November 2016

Kaartjies deur Computicket by 0861 915 8000, www.computicket.com of enige Shoprite Checkers-tak of by die Fugardteater se kaartjieskantoor by 021 461 4554.

Foto's: Daniel Rutland Manners

The post <i>Die reuk van appels</i> by die Fugard-teater: ’n teaterresensie appeared first on LitNet.

Hedendaagse problematiek en geskiedenis praat saam in Ware mense

$
0
0

’n Boek oor Khoi-Khoin-geskiedenis en die situasie in die hede, geskryf deur ’n Nederlandse skrywer en historikus.

Die ironie van die kombinasie ontgaan die skrywer van Ware mense allermins. Maar aangesien geen Suid-Afrikaner só ’n ondersoek gedoen het nie het Bart de Graaff dit toe wél gedoen. Die resultaat is Ware mense. In die Afrikaanse vertaling deur Daniel Hugo is dit in ’n toeganklike styl geskryf. Dit is histories gegrond en tree nie terug van hedendaagse problematiek nie. Protea Boekhuis gee die Afrikaanse vertaling uit. In Nederland het dit verlede jaar as Ik, Yzerbek verskyn.

Die skrywer verdiep hom reeds jare lank in die politiek, kulture en geskiedenisse van Suider-Afrika. Vandeesmaand in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Pinelands het hy met Hugo die boek bespreek.

Meer nog as wat die idee van Suid-Afrika tot hom spreek, gaan dit vir De Graaff "oor die mense wat hier woon". "My opvatting is dat julle hier nog tradisies het, wat ons in Nederland verloor het, soos om verhale te vertel. En hier is nie net vertellers nie, maar bobaasvertellers. En Suid-Afrikaners is werklik gasvry."

De Graaff se navorsing oor ’n aantal bruin kapteins van die 1800's het hom voor interessante mense uit die geskiedenis gestel, "mense met Nederlands klinkende agtername wat nie werklik Nederlands is nie, soos byvoorbeeld Frederik Vleermuis, Vleermuis is geen Hollandse agternaam nie, so ook nie dié van Stephanus Buffelbout of Goliat Yzerbek nie." Die resultaat was die reise en ondersoek wat in Ware mense opgeteken is.

Vroeër vandeesmaand in die Kasteel in Kaapstad was De Graaff ’n spreker by Vêrlander, ’n uitstalling van besonderse fotografiese werke deur Geert Snoeijer van wie werke in hierdie boek opgeneem is.

Hy was besig met navorsing toe hy uit die bloute van Snoeijer ’n oproep uit Amsterdam kry. Dit was oor ’n projek waarvoor hierdie dokumentêre fotograaf die nasate van mense uit die VOC-era in verskeie wêrelddele dokumenteer. "My versoek aan Snoeijer was toe dat ons dit kombineer. Ons het gereis deur Suid-Afrika en Namibië en tot hier aan die Kaap. Ons het gepraat met mense van verskeie Khoi-Khoin-volkere, soos die Nama, Koranna, Griekwa en Kaapse Khoi." De Graaff wou veral weet wat daar nog bekend is van dié geskiedenis en hoe dit tans met die mense gaan. Na afloop van die gesprekke het Snoeijer hulle gefotografeer in ’n ateljeeruimte wat hy ingerig het en waardeur hy aan hierdie mense waardigheid verleen. "Dit is waardigheid wat hulle tevore eintlik nooit gekry het nie. Ook my voorouers het dit nie gekry nie, want hulle was ook arm mense," het De Graaff gesê.

Pauline Yzerbeck (Foto: Geert Snoeijer)

Snoeijer het ook elders na afstammelinge van VOC-koloniste gaan soek én hulle gevind. Op ’n klein Indonesiese eiland, Kisar (by Oos-Timor) waar ’n aantal stamme is, word een vandag gelei deur koning Johannis Bakker. In die weste van Australië het VOC-skepe gestrand en daar het hy mense ontmoet wat nog die verhale vertel van wit mense wat uit die see gekom het. "Dus, die verhale lewe nog en is deel van die uitstalling. Dit was al in Nederland te sien, ook in Perth, die afgelope jaar in Bloemfontein, en is nou in Kaapstad in die Kasteel." Dit kan tot 30 November besigtig word.

Ware mense bestaan uit twee verhale, het Hugo verduidelik: Die geskiedenis en die huidige posisie van Khoi-Khoin-mense en -afstammelinge in Suider-Afrika, asook die verhaal van die navorsing, hoe De Graaff by die mense uitgekom en hul stories gehoor het.

Hy het toegang tot navorsing, argiewe en die internet wat baie van die mense met wie hy wou praat nié het nie, het De Graaff gesê. "Julle het hier wonderlike kenners op die gebied van stamboomnavorsing. Ons maak toe ’n uitruiling. Hulle vertel vir my hul stories en ek vertel hulle wat ek weet van hul geskiedenis."

Soms was dit nie maklik om die mense, die nasate van hierdie ou kapteins, op te spoor nie, het De Graaff gesê. "Ek het vir meer as ’n jaar gesoek na ’n Vleermuis, (in Ware mense skryf hy oor die ontstamde Vleermuis-Namas wat al meer as ’n eeu nie meer tradisionele leiers het nie). En uiteindelik het ek een gekry by die Bank of Namibia in Windhoek. En sy naam is Che Guevara Vleermuis. Ek het met hom kontak gemaak om uit te vind of hy ’n nasaat is van Frederik Vleermuis, die ou Nama-leier. Nee, sê hy, hy sal nie weet nie, maar ek kan maar gesels met sy pa. Die volgende dag gesels ek toe met Paul Vleermuis. En hy het my toe in kontak gebring met ander mense, almal Vleermuise.

Ek vra hom toe na sy seun se naam en hy sê dat hy in die struggle en in die tronk was, dat hulle in daardie tyd almal swart en rewolusionêr was. As eerbetoon aan ander revolusionêre in die wêreld het hulle aan sy seun die name Che Guevara gegee. Hierdie Che Guevara Vleermuis was heeltemal te vriendelik om ’n revolusionêr te wees en baie aangenaam.”

Kaptein David Frederick (Foto: Geert Snoeijer)

Dit is egter interessant dat die Khoi-Khoin-mense in Suid-Afrika ewe ongelukkig as die Nama-mense in Namibië is met die huidige regerings, het Hugo op gewys, iets wat in die boek in verskeie onderhoude bespreek word. Die meeste mense met wie De Graaff gesels het, is eintlik baie teleurgesteld met die ANC en Swapo en dat dit vandag selfs slegter gaan, het hy gesê. “’n Sprekende voorbeeld is dié van Tim Frederik in die suide van Namibië, ’n kaptein. Hy kla teenoor my oor die behandeling wat die Namas van die regering kry. Nietemin het hy in ’n onlangse verkiesing vir Swapo gestem. Waarom? Omdat hy die verlede nie kan vergeet nie, soos die aandklokreël wat in die destydse blanke dorp van Bethanie ingestel is waartydens mense deur die polisie met honde die dorp uitgejaag is. Wat hy eintlik sê, is: Ou wonde weeg swaarder as nuwe pyn."

Die pleknaam Bethanie kom op minstens drie plekke in Suider-Afrika voor: In Limpopo, die Vrystaat en in Namibië, het De Graaff gesê. Dit beteken “plek van armoede” of “plek van ellende”.

"Die een in Namibië was eers genoem Klipfontein. In Nama beteken dit egter ‘’n fontein wat die klippe nie kan toemaak nie’. ’n Mooi naam en plek. En toe kom die Duitse sendelinge en noem dit 'plek van ellende'."

Die grondkwessie in die boek is baie belangrik, omdat die Khoi-afstammelinge hul taal en kultuur verloor het, het Hugo gesê. "Die enigste manier wat hulle hul as groep kan identifiseer, is deur middel van grond; ’n samebindende faktor waarop almal nou nog hoop."

Bart de Graaff

"Dit is veral so in die situasie van die Griekwas," het De Graaff gesê. "Ek was op Campbell in die Noord-Kaap. Daar is drie verskillende groepe Griekwas: die Griekwas van Campbell Gronde, die Royal House of Adam Kok V en die Koningshuis van Cornelius Kok II. En nie een van die groepe wil met die ander gesels nie. Almal het hul eie grondeise ingestel. Een van die groepe, die mense van Cornelius Kok II se koningshuis, het een van die oorspronklike boerderyplase teruggekry, Tweefontein, ten suide van Campbell. Ek was daar. Daar is een ou wat nou na die plaas kyk. Adam Kok. Ek vra hom hoekom die plaas so sleg daaruit sien. "Mense kom en hulle breek die goed af; dis hul eie mense,” het hy gesê. “Dus, sonder opleiding en geld word die grond nie bewérk nie."

Ander kwessies wat ook in die boek aan bod kom, het ook in optredes by die geleentheid opgeklink: In die gevoelvolle blues van Amanda Lewis Stone en ’n verliesverhaal wat Jitsvinger vertel het.

In haar sangitem het sy die historiese figuur van Dawid Stuurman met die gehoor laat praat, ’n pleidooi aan God gerig, ’n stem wat vra om “’n toekomsweg na reg”.

In Jitsvinger se vertelling kom ’n reënmaker, sy mense en wêreld voor ’n mensonterende tyd te staan. Hierdeur sluit hy ook aan by iets wat in Ware mense genoem word: die Khoi-Khoin gaan gebuk onder die arrogansie van mag.

Uit die gehoor het Denver Breda (lees sy artikel "Wie is ons sonder ons tale?" by http://www.litnet.co.za/wie-ons-sonder-ons-tale/) na historiese onregte verwys en onder meer laat blyk daar is vele meer plekke soos Bethanie vandag en hoedat soveel mense vandag in plekke van ellende bly.

Ware mense word opgedra op aan "alle mense van Khoi-Khoin-afkoms in Suid-Afrika en Namibië" en "aan hul strewe om ou tradisies nuwe lewe in te blaas en ’n gepaste plek te gee in die moderne samelewing".

Sien ook Kirby van der Merwe se onderhoud met Bart de Graaff wat in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch plaasgevind het.

The post Hedendaagse problematiek en geskiedenis praat saam in <i>Ware mense</i> appeared first on LitNet.

Frankfurt Boekeskou 2017: ’n onmisbare geleentheid om skrywers se werke internasionaal ten toon te stel

$
0
0

In Angela Merkel se openingstoespraak van die 2017 Frankfurt Boekeskou het sy opnuut die waarde van boeke in ’n diverse samelewing beklemtoon: “Boeke maak deure oop en help ons om te sien en te verstaan wat ons gemeen het en om só ons verskille beter te begryp.” Hierdie boodskap het die toon angegee vir ’n week van bewondering vir die wonderlike internasionale boekededryf.

Die Frankfurt Boekeskou word geag as die belangrikste boekeskou ter wêreld vir internasionale literêre transaksies. Dit is ’n belangrike bemarkingsgeleentheid vir die bekendstelling van boeke en om onderhandelinge van internasionale-regte-verkope te fasiliteer.

Sowat 7 200 uitstallers van 106 lande en bykans 278 000 besoekers het by die boekeskou byeengekom. Die ikoniese geleentheid verwelkom elke jaar meer as 1 000 skrywers, 700 literêre agente en byna 10 000 joernaliste van regoor die wêreld. Uitgewers, boekverkopers, bibliotekarisse, akademici, illustreerders, diensverskaffers, rolprentvervaardigers, vertalers, professionele en handelsverenigings, sagteware- en multimediaverskaffers neem almal deel aan die gebeure van die boekeskou. Besoekers maak van dié geleentheid gebruik om inligting oor verskillende uitgewerye te bekom, om te netwerk en om sake te doen. Dit is juis met hierdie oogmerke dat Marga Stoffer, Hester Carstens, Simone Hough, Ilse Volschenk, Charles Siboto en Olga Wyngaard van NB Uitgewers die boekeskou van 10 tot 15 Oktober bygewoon het.

Die NB-span: Simone Hough, Olga Wyngaard, Marga Stoffer, Charles Siboto, Hester Carstens en Ilse Volschenk

Die NB-stalletjie met hul uiteenlopende, fleurige publikasies het, soos altyd, groot aandag getrek. Die vergrote omslagplakkate van The camp whore (Francois Smith), Alles begin met Anna (Annemari Coetser), Vlerke vir almal (Marion Erskines), Making Africa work (Greg Mills) en Skepelinge (Karel Schoeman) het die veelsoortige werke van Suid-Afrikaanse skrywers lieflik ten toon gestel.

NB se stalletjie

Te danke aan talle afsprake met verskillende uitgewers is NB-skrywers se publikasies voorgelê en bespreek. Die NB-span het die voorreg gehad om die werke van skrywers met ywer, opgewondenheid en partykeer selfs deernis aan internasionale uitgewers voor te hou. Om die beurt is die spanningsverhale van Irma Venter, geskiedkundige romans van Karel Schoeman en Dan Sleigh, die werk van Kgebetli Moele en Niq Mhlongo, die memoires van Thuli Nhlapo en Marianne Thamm bespreek.

Die goeie voorbereiding van die NB-span is ook beloon deurdat ’n aansoek vir die Nederlandse vertaalregte vir Alles begin met Anna op die eerste dag van die boekeskou van Uitgeverij Mozaïek ontvang is. Die lisensiëringsooreenkoms vir die Nederlandse vertaalregte vir ’n Ander land deur Karel Schoeman is ook tydens die skou met Brevier Uitgeverij gesluit.

Olga Wyngaard ontmoet met die Turkse uitgewery A7 Kitap. Dié uitgewery het Skoenlapper deur Irma Venter in Turks uitgegee.

Die Turkse uitgawe van Irma Venter se Skoenlapper. Die uitgewer het die eksemplare by die boekeskou aan NB oorhandig.

Marga Stoffer ontmoet met Rick Huard van Ohio University Press.

Hester Carsten ontmoet met Bart Wessels van Uitgeverij Q.

’n Opvallende tendens uit gesprekke met internasionale uitgewers is dat daar groot belangstelling in die verhale van vrouestemme uit Afrika en ook dié van ander jong gemarginaliseerde persone is. Hierdie tendens is merkwaardig en ons is hoopvol dat hierdie figure se stories ook binnekort meer internasionaal gelees sal word.

Die waardevolle ontmoetings en interessante gesprekke het nuutgevonde, ontsagwekkende waardering vir die uitgewerswese gelaat en die belang van effektiewe literêre-regte-bestuur opnuut tuisgebring.

The post Frankfurt Boekeskou 2017: ’n onmisbare geleentheid om skrywers se werke internasionaal ten toon te stel appeared first on LitNet.

Durban first city on the African continent to become a Unesco World City of Literature

$
0
0

Durban became the first city in South Africa and on the African continent to become a Unesco World City of Literature in 2018. Darryl David, former Head of Afrikaans at UKZN, headed Durban’s bid for Unesco City of Literature status. In addition, Head of Libraries Tebogo Mzizi  and Durban writers Ashwin Desai and ZP Dala have played no small part in this project. Darryl David tells Naomi Meyer about this important announcement and what it means for this country's literary scene.

Darryl David

Darryl, breaking news: Durban’s bid to become a Unesco World City of Literature in 2018 has been successful. What does this mean?

Yes, we did it Naomi. Durban is now the first Unesco City of Literature on the African continent. This is big. In a sense it means that Durban becomes the literary capital of Africa, the literary gateway to Africa. Everything that the city plans from now, literature must be at its heart. It must define the city. Statues of writers need to be built, literary trails need to be developed. We already have three major literary festivals in the city: Time of the Writer; Poetry Africa and most recently ARTiculate Africa. Our bid was built on these cornerstones. By joining the Unesco City of Literature family, the literary world will open up to Durban. I said it after I curated ARTiculate Africa at the end of September: if I am given the nod to curate ARTiculate Africa again, I already have one Nobel Laureate, one Pulitzer Prize winner and three Booker Prize winners lined up to come to Durban in 2018.

It is the first time a South African or an African city has become a City of Literature. Why Durban? What were the criteria?

Why Durban? This is a question that I have been asked numerous times. I prefer to answer the question with a question. Why not Durban? As I mentioned above, we have three literary festivals; two of them, Poetry Africa and Time of the Writer, which incidentally was the brainchild of Breyten Breytenbach, enjoy almost iconic status in Africa. And ARTiculate Africa has ambitions to become the flagship international literary festival in South Africa.

And then, too, the city runs one of the most inspiring library programmes in South Africa. No matter what Durban’s faults may be, they run a great library programme. They have the One City, One Book Project, in which a local writer’s book becomes the book of the year. This year The Pavement Bookworm, Philani Dladla’s book, was chosen. And believe me, this city spends millions on their artists. And they commit millions to literary festivals. Time of the Writer and Poetry Africa are not only UKZN-funded; the major sponsor is the City of Durban.

And don’t forget that Durban also hosts the Durban International Film Festival. Unesco wanted cross-sector collaboration. The Film Festival offered us this.

And of course the Durban ICC has been the top International Convention Centre in Africa for the last 15 years. Not Cape Town. Not Jozi. Unesco was looking for a city that had an impressive track record for hosting international events. The ICC gave us the pedigree.

And yes, we cannot boast a Fugard or a JM Coetzee in Durban. But this is Alan Paton country, you know. This is the conveyor belt for Indian writers like Ronnie Govender, Imraan Coovadia, Ashwin Desai. This is the home of Fred Khumalo, Gcina Mhlophe, Bessie Head, Lewis Nkosi, Sifiso Mzobe, RRR Dhlomo (the first black writer to write a novel in English), Herbert Dhlomo (first black man to write a drama in English, not to mention being an acclaimed poet), Mazisi Kunene, the first Poet Laureate in South Africa. (And did I mention that one Darryl Earl David, who brought the Unesco City of Literature to Durban in the first place, worked for over 25 years in Durban as the only Indian lecturer of Afrikaans in SA?) Make no mistake, we ran a compelling campaign.

Durban City Hall

What will happen now?

Well, hopefully the City will let the existing Exco who brought them the Unesco City of Literature designation carry on the good work. Hopefully with me as Executive Director and Curator of ARTiculate Africa. A huge budget will have to be allocated to bring to fruition three new projects we punted in our bid. Business leaders will have to be brought on board. A dedicated website would have to be created.

And hopefully the Mother of All Parties. Soon!!!

I see that Iowa in the US will be Durban’s mentor city – what does this mean?

Iowa acted as our mentor city in the bid process. Iowa has been a Unesco City of Literature for almost a decade, I believe. So their advice was invaluable to our bid. For instance, we forwarded our draft bid to Director John Kenyon. He advised us to find innovative projects because he knew what existed in the network. Christopher Merrill, for example, helped in the organisation process of ARTiculate Africa. While this mentoring process officially ended upon last night’s announcement, if I am in charge, I will continue this relationship in the early years.

Which other cities are (or were?) Cities of Literature?

Before this announcement there were a mere 20 cities. In this round, eight new Cities of Literature were announced. For Afrikaans readers, it is interesting to note Utrecht became the first Dutch Unesco City of Literature. 

The following eight cities are now Cities of Literature:

  • Bucheon (Republic of Korea)
  • Durban (South Africa)
  • Lillehammer (Norway)
  • Manchester (United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland)
  • Milan (Italy)
  • Québec City (Canada)
  • Seattle (United States of America)
  • Utrecht (Netherlands)

Does a Unesco World City of Literature stay a City of Literature forever?

Thankfully yes! This is an honour Durban will enjoy as long as they remain true to their vision set out in the bid document.

What does this mean for literature in South Africa in general, and for indigenous languages?

This will be huge for South African literature. As already alluded to, such a designation opens South African literature up to the entire world. International writers love South Africa and have been waiting for something like this. As for indigenous languages, part of our proposal included not only the promotion of Zulu, but also of Indian languages like Urdu, Telegu and Hindi. Such a bid does not crack the nod simply by having sexy literary festivals. A coherent translation programme also formed part of the bid. Believe me, much work lies ahead for the city. Let’s pray that in a city known as Little India, UKZN and DUT can be persuaded to bring back Indian languages into their BA programme.

Experience tells me it will be the NGOs that will be central to this imperative. However as far as Zulu is concerned, the future looks bright. Time of the Writer has a short story competition for Zulu. And ARTiculate Africa offered a 4-day Zulu writers course. The Mazisi Kunene Foundation and writers like Gcina Mhlophe are ambassadors for Zulu.

As has been mentioned a few times now, you were recently involved the ARTiculate Africa Festival in Durban – do tell us about all your other literary festivals?

My involvement in other literary festivals has been well documented. However, what I will say is that bringing a Unesco City of Literature to South Africa does not fall out of the sky. It has been a long journey and all of my literary festivals helped me eventually to get to what I consider to be the Holy Grail in literary tourism – a Unesco City of Literature. Moreover I do believe I am now the only person in the world who has created both a Booktown and a Unesco City of Literature. Of this achievement I am most proud. I have given my life to literature in South Africa. My academic career has suffered. I will never become a full professor in my lifetime. I will die poorer than most academics because I will never get promoted for the kind of work I do. But in words I am rich. I have led a charmed life. And for that I am most grateful. In the immortal words of Robert Frost :

I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I –
I took the one less travelled by,
And that has made all the difference.

 

Also read:

Press release: Update on Durban's bid for Unesco City of Literature

The post Durban first city on the African continent to become a Unesco World City of Literature appeared first on LitNet.

Martin Luther – die onbekende

$
0
0

Die Schlosskirche in Wittenberg

Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 Stellinge teen die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vasgespyker. Op 19 April 1529 het hy voor die Ryksdag van Spier verskyn. Martin Luther het dié historiese figuur geword wat reeds vir vyf eeue dwarsoor die wêreld die verbeelding aangryp. Vir die grootste gedeelte van die 20ste eeu was die Kerkhervorming ’n integrale deel van die geskiedenisleerplan. (Die geskiedenishandboeke van 50 jaar gelede het, terloops, “die Schlosskirche” verkeerdelik as “die Slotkerk” vertaal, ipv “die Kasteelkerk”.)

In 2004 was ek bevoorreg om op die spoor van Luther deur Duitsland te loop. Plekname soos Augsburg, Worms, Speyer, Wittenberg en Eisenach het ’n werklikheid geword.

In snerpende koue het ek die Wartburg-kasteel waar Luther vir maande lank geskuil het, besoek. In my geestesoog het ek die Hervormer in die koue kamertjie by die tafeltjie sien sit, besig om die Bybel in ’n rekordtyd in Duits te vertaal.

Met ’n terugblik op die Wartburg-kasteel, steeds stewig gevestig teen die rotswande, het die ware betekenis van Luther se woorde, “’n vaste burg is onse God”, sin gemaak.

Vanjaar is dit dwarsoor die wêreld Lutherjaar, maar veral in Duitsland word Luther op verskeie maniere gehuldig. Baie publikasies oor sy lewe en werk het die lig gesien. Die skrywer-filosoof Christine Eichel se boek Deutschland, Lutherland – Warum uns die Reformation bis heute prägt [Waarom die Hervorming nog steeds vandag sy stempel op die Duitsers afdruk] is besonder insiggewend. Volgens haar kan die Duitsers se hardwerkendheid, hul vrygewigheid, hul spaarsin en hul sosiale gewete teruggevoer word na die Hervorming. Die tweede grootste boekemark in die wêreld bewys hul liefde vir lees, ook as produk van die Hervorming. Met meer simfonie-orkeste as die res van die wêreld saam, laat die musikale Luther steeds sy invloed geld.

Die Duitse skuldgevoelens en die swaar dra aan hul donker geskiedenis kan eweneens met die gebeure van 1517 verbind word. Luther se anti-Joodse uitsprake het opnuut in die kollig gekom.

Op die vraag of Luther in die 21ste eeu steeds die jubileumvieringe verdien, sê die teoloog Thomas Kauffmann: “’n Verantwoordelike mens van die 21ste eeu sal nie ’n 16de-eeuse dokter blindelings vertrou nie; dus kan Luther se teologie vandag ook nie blindelings gelees word nie.”

Oraloor het mense al met Luther se kalwers geploeg. Die woorde “As ek weet dat ek môre gaan sterf, plant ek vandag ’n boompie” is byvoorbeeld aan Martin Luther King toegedig.

“Hier staan ek”, woorde wat ook aan Luther toegeskryf word, is enkele jare gelede deur die Nuwe Hervormers as titel vir hul belydenisboek gebruik. Tog is daar geen historiese bewyse dat Luther dit ooit geuiter het nie. Die veelkantige Luther het wel gebid: “O, Here, laat die mense sien dat ek ’n God van liefde dien, uit die manier waarop ek my hond behandel.”

Selfs Karl Marx het in één opsig met dié kerkman akkoord gegaan: “Martin Luther was reg – ’n man wat nie van wyn hou nie, kan nie vertrou word nie.”

The post Martin Luther – die onbekende appeared first on LitNet.

Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding

$
0
0

Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding

Charla Schutte en Martina Viljoen (Odeion Skool vir Musiek, Universiteit van die Vrystaat)

LitNet Akademies Jaargang 14(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om Johann Visagie se Figuratiewe Semiotiese Teorie te bespreek en dit vervolgens toe te pas op ’n ideologiekritiese ontleding van simboliese uitdrukkings in ’n aantal patriotiese liedere. Visagie se teorie het ten doel om die funksie van semiotiese temas binne argivale diskoers te bepaal, en om ideologiese magsverhoudinge onderliggend aan sodanige diskoers bloot te lê. Die vraag wat ondersoek word, is die mate waartoe simbool en betekenis in die gekose liedere ’n wanvoorstelling van ’n bepaalde werklikheid daarstel, of die mate waartoe dit ideologiese magsverhoudinge beklemtoon of verskuil.

Dit blyk dat die liedere wat hier ondersoek word in terme van woordteks ’n hoë mate van ideologiese inhoud toon. Musikaal gesproke word dit gekenmerk deur eenvoudige melodieë en herhalende strukture. Affek word deur die aanwending van bepaalde idioomtipes bewerkstellig; hierby verkry die liedere veral ’n opruiende inslag deur middel van ritmiese aanwending. Melodiese hoogtepunte of ander vorme van musikale beklemtoning werk telkens oorredend deurdat dit met sterk ideologiese uitinge in die woorde saamval. Musikale inkleding dien egter ook in sommige gevalle om ideologiese inhoude te versluier of te verbloem.

Inleidend word die Duitse nasionale volkslied (“Das Deutschlandlied”) as ikoniese voorbeeld van ’n ideologiese patriotiese lied bespreek. As toepassing van Visagie se teorie fokus ons latere ontleding op aspekte van ideologiese verdraaiing in die DDR nasionale volkslied (“Auferstanden aus Ruinen”) en “Die Stem van Suid-Afrika”. Daarbenewens word enkele patriotiese liedere uit die FAK-sangbundel, waarin nasie en landeienaarskap verheerlik word, ontleed.

Die semiotiese woordteksontleding bring aan die lig dat die woorde van die DDR nasionale volkslied op die argetipiese metafoor-opeenvolging “staan-val-herrys” berus – wat eerder na die Christelike aura van Nazi-Duitsland as na ’n sosialistiese werkerstradisie verwys. Verdere ontleding ontmasker ook die illusie van die demokratiese staat. Uiteindelik projekteer die woorde onopgeloste konflik.

In “Die Stem van Suid-Afrika” en “Afrikaners, Landgenote” blyk ’n sterk Europese erfenis, en tree drie kragtige makromotiewe as hoogs ideologiese “drie-eenheid” binne ’n kwalik verbloemde godsdienstige konteks na vore, naamlik “Nasie”, “Kultuur” en “Land”. “Vlaglied” bevestig dat Suid-Afrika deur die Hoogste Hand aan die Afrikanernasie gegee is, en dat Hy die nasie as dienaars van die Almagtige van enige knegskap verlos (behalwe dié van Nasie en Land). ’n Emosionele dokumentering van die Afrikaner se geskiedenis in “Die Lied van Jong Suid-Afrika” toon besonder ingewikkelde magsverhoudinge: die Natuur (land) het nie slegs stilgestaan om die Afrikaner se magtige koms te erken nie, maar is deur dié nasie met bloed “gekoop” en “oorwin”. Die Natuur word die Afrikanernasie se besit – maar in hierdie “tuiste” neem Patriotiese Vryheid, as Hoogste Ideaal, uiteindelik God se plek as Koning (Heerser) in.

Trefwoorde: “Afrikaners, Landgenote”; DDR nasionale volkslied; “Die Lied van Jong Suid-Afrika”; “Die Stem van Suid-Afrika”; Duitse nasionale volkslied; FAK-sangbundel; Figuratiewe Semiotiese Teorie; ideologiekritiek; nasionale volksliedere; patriotiese liedere; “Vlaglied”; Visagie, Johann.

 

Abstract

Patriotic songs as ideological discourse: a figurative semiotic analysis

The aim of this article is to discuss Johann Visagie’s Figurative Semiotic Theory and subsequently to apply it to an ideological-critical reading of symbolic expression in a number of patriotic songs. Visagie’s theory has as its aim to outline the function of semiotic themes within archival discourse, and to uncover ideological relations of power underlying such discourse. The question posed in this article is to what degree symbol and meaning within the selected songs effect a misrepresentation of a certain reality by either underlining or masking ideological relations of power.

The analyses mainly demonstrate that the songs examined in terms of word text reveal a high degree of ideological content. Musically, they are characterised by simple melodic content and repetitive structures. The effect is brought about by the use of specific “idiom types”; in this regard, the discussion refers to the typology of Boyd (2001:655) who classifies national anthems according to five categories (which may overlap). As the most frequently used type, Boyd identifies national anthems that resemble hymns (such as, “God save the King/Queen”). Also popular are those that take on the character of a march (a well-known example is “La Marseillaise”). He then singles out “operatic” anthems (such as that of Italy). Anthems occurring less frequently are “indigenous” anthems (such as those of Japan and Sri Lanka), and festive instrumental fanfares without any verbal text (such as the anthem of the United Arab Emirates).

In the case of the anthems analysed in this article, hymn and march types take precedence. It was observed that the rhythmic application effects an arousing musical atmosphere in most of the songs. Melodic climaxes or other forms of musical emphasis act persuasively in that these coincide with strong ideological statements within the word texts. Musical setting could, however, also mask ideological meaning. In this regard, John Thompson’s (1990:7) concept of ideology, from which Visagie’s (1990; 1996) formulation ensues, proves to be of particular relevance. Thompson seeks to refocus the concept on a cluster of problems concentrating specifically on the interrelations of meaning and power. In this respect he argues that the concept of ideology could be applied to the ways in which meaning serves, in particular circumstances, “to establish and sustain relations of power which are systematically asymmetrical” – such relations he calls “relations of domination”. Thus, for Thompson, ideology, in the broader sense, is “meaning in the service of power” (Thompson 1990:7).

The choice of patriotic songs discussed in this article is justified by way of the strong ideological ties that existed between Germany and apartheid South Africa, as well as overlapping politically inspired events in both East Germany and apartheid South Africa. It is argued that, in both cases, patriotic songs became vehicles of ideological thought – in both cases also projecting a warped view of reality.

By way of an introductory discussion, the German national anthem (“Das Deutschlandlied”) is considered as an iconic example of a highly ideologised patriotic song. Here it was found that during the early 20th century the melody, originally written in 1796 by Haydn as a birthday song for Emperor Franz II (the so-called “Kaiserhymne), and later used as the musical setting for a patriotic text written in 1841 by August von Fallersleben which was eventually used for the German national anthem, increasingly took on a nationalistic and militaristic character until, as Hanson (2013) observes, together with the “Horst-Wessel-Lied”, it promoted Nazi philosophy as a “fully propagandized [...] campaign of hatred and intolerance”. This discussion demonstrates that an “elevated”, “hymn-like” national anthem can function as a fully-fledged instrument of political power – precisely by the fact that its (original) dignified musical setting masks its (later) ideological message.

An application of Visagie’s semiotic theory to an analysis of the GDR national anthem (“Auferstanden aus Ruinen”) emphasises that the words of this anthem are based on the archetypal metaphor “stand-fall-rise”, which is suggestive of the Christian aura of Nazi Germany rather than that of the socialist workers’ tradition. Further analysis uncovers the illusion of the democratic state. Moreover, in terms of referring to conflicting symbols and images, the words are found to project unresolved conflict – although symbolically the music projects the sun rising over an ideal, “new” country.

The analyses of “The Call of South Africa” and “Afrikaners Landgenote” establish a deep-seated European connectedness, as well as strong ties with pre-Nazi and Nazi Germany. In these songs three powerful macro-motives come to the fore as a highly ideologised “trinity” within a barely disguised religious context, namely Nation, Culture and Land. Moreover, in both cases the musical settings are suggestive of quasi-religious “consecration”. The words of the “Flag Song” demonstrate the belief that South Africa was given to the Afrikaner nation by a divine hand, and that therefore this nation had been delivered of any servitude, except for those of Nation and Land. Musically, the song is found to be emotionally arousing.

A documentation of Afrikaner history within “The Song of Young South Africa” confirms exceptionally intricate relations of power. Here, Nature (Land) did not only come to a standstill in order to acknowledge the mighty coming of the Afrikaner nation, but was also “bought” and “conquered” by this nation with blood (note the reference to the well-known Nazi philosophy of “blood and soil”). Within this context, Nature is owned by the Afrikaner; yet, in this divine “homestead”, patriotic freedom, as highest ideal, eventually replaces God as King (“Ruler”). Musically, the song, which at one stage was seen as the far-right AWB’s unofficial “hymn” (Pauw 2006:10), can be categorised as a war march with triumphalist elements.

The method applied in the analyses, namely Johann Visagie’s Figurative Semiotic Theory, provides a systematic philosophical framework for uncovering ideological content in the selection of songs discussed. Although ideological analysis could be applied to the musical dimension of the songs to a lesser degree, in this regard findings are suggestive of figurative constructs against which a more intensive examination of the words could be projected. In “The Call of South Africa”, for instance, ideological meaning is musically underscored by way of a triumphantly ascending interval of a fourth, which, at the melodic climax of the song, coincides with the words “or perish” (“At thy will to live or perish, we for thee, South Africa”).

It was thus found that the songs discussed do indeed demonstrate the projection of distorted realities, in that strategies of rationalisation, universalisation or narrativisation are seen to “justify” symbolic misrepresentation (cf. Thompson 1990:6). In this sense, a powerful use of cultural tropes is highlighted; also the presence of unification, as well as fragmentation (the expurgation of “the Other”). Ultimately, these ideological modes of operation (cf. Thompson 1990:6) present warped realities as “natural” or “eternal”, and thus they have been found to be ideologically “legitimised”.

The analysis therefore indicates that figurative expressions such as patriotic songs may act as powerful political instruments with a view to nation-building and the strengthening of ideological beliefs. Thus, in Thompson’s (1990:6) sense, it could be concluded that indeed they represent instances of “meaning in the service of power”.

Keywords: “Afrikaners Landgenote”; “Die Lied van Jong Suid-Afrika”; FAK songbook; Figurative Semiotic Theory; GDR national anthem; German national anthem; ideology critique; national anthems; patriotic songs; “The Call of South Africa”; Visagie, Johann; “Vlaglied”.

 

1. Inleiding

In sy voorwoord tot die 1961-uitgawe van die FAK-sangbundel skryf die Stellenbosse oudrektor en FAK-voorsitter H.B. Thom die volgende:1

Dat die nuwe Sangbundel suiwere, gesonde genot in Afrikanerhuise en op Afrikanerbyeenkomste sal bring; dat hy Afrikaners sal saamsnoer en van ’n mooi, gemeenskaplike kultuurbesit sal bewus hou; dat hy tot in lengte van dae van ’n positiewe kultuurbydrae van Suid-Afrika sal getuig – dit is die vurige begeerte van die F.A.K. (Thom 1961:5)

Vergelykend skryf Konrad Wolf, destydse president van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) Akademie vir die Kunste, in die voorwoord tot ’n soortgelyke liedbundel in Duits:

Wir müssen erreichen, daß das politische Lied unter den neuen Bedingungen unseres Kampfes [...] einen Platz im Alltag findet, genau den Nerv der Leute, ihre Emotionen trifft und ans Bewußtsein appelliert. Das politische Lied ist eine Stafette, die die Generationen verbindet. (Wolf 1982:6)

Wolf se tipering van politiese liedere as “oorlogsliedere” wat emosies en sinne aanstook en politieke ideologieë oor generasies heen in stand hou, weerspreek Thom se opbouende woordeskat wat op patriotiese deugsaamheid dui. Nietemin beklemtoon albei uitsprake die polities beduidende rol van patriotiese liedbundels in apartheid-Suid-Afrika en in die DDR.2 Hugo Gutsche se voorwoord tot die eerste uitgawe van die FAK-sangbundel (1937) stel dit trouens onomwonde dat die sangbundel ten doel het om “die volksiel se wasdom, drang en sy uitbreiding [te] vertolk”. In die res van sy formulering verskerp hy hierdie strewe ideologies deur die Nazi-retoriek van “bloed en bodem” aan te haal: “Mag die ondefinieerbare element – die krag en geur van die Suiderland se bloed en bodem – tasbaar hierin gevind en deurvoel word, dan sal die volk dit aan die hart druk en dit as sy eie aanneem.”

Hierdie woorde dui op die verheerliking van die Afrikanernasie, asook besitreg van die land wat sterk weerklink in die FAK-liedtekste wat later in ons bespreking ontleed word. Terselfdertyd vestig dit ideologiese verbondenheid tussen Nazi-Duitsland en apartheid-Suid-Afrika: “Blut und Boden” was ’n emosioneel-gelade Nazi-filosofie waardeur Hitler ’n roemryke historiese verlede van landeienaarskap en landboubelange wou laat herleef (Trueman 2012).3

Onlangse fokus op die rol van simboliek in die daarstelling van politieke mag spruit uit die erkenning daarvan dat simbole nie slegs figuratiewe voorstellings van mag is nie, maar, soos wat Ladd (2004) dit stel, eerder gesien moet word as “the essential currency by which [political] influence is mediated and support is mobilized”. In ’n omvattende studie van die rol en oorsprong van nasionale simbole in die BDR en DDR argumenteer Feinstein (2001) dat ’n nasie se simbole die waardes en ideologieë van ’n bepaalde staatsbestel nie alleen op kragtige wyse uitdra nie, maar ook ’n spesifieke, ideologies “gekontroleerde” historiese weergawe daarvan daarstel (kyk ook Baker 2003).

’n Uitnemende voorbeeld hiervan is die Duitse nasionale volkslied (“Das Deutschlandlied”). Baker (2003) skets die polemiese ontstaansgeskiedenis van die lied, wat in 1841 deur August von Fallersleben geskryf is, soos volg: Die volledige Von Fallersleben-weergawe, wat drie verse beslaan het en die Duitse demokratiese nasionalisme van 1841 beliggaam het, is vanaf 1922 tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog as die Duitse nasionale volkslied gesing. Die melodie is deur Franz Joseph Haydn (1732–1804) geskryf; oorspronklik het hy dit in 1796 as ’n verjaarsdaglied vir keiser Franz II gekomponeer (die sogenaamde “Kaiserhymne), en gedurende 1797 verder as tema en variasies in sy Strykkwartet Opus 76 nr. 13 ontwikkel. Die onderstaande afbeelding van die Duitse Volkslied (“Das Deutschlandlied”) bevat die derde, “amptelike” vers:

Figuur 1: Das Deutschlandlied

Eenheid en reg en vryheid
Vir die Duitse vaderland!
Laat ons almal hierdie doel nastreef
Broederlik met hart en hand!
Eenheid en reg en vryheid
is die belofte van geluk
Gedy in die heerlikheid van hierdie seën,
Gedy, Duitse vaderland!4

Brunner (2008:92 e.v.) dui die eerste en tweede verse soos volg aan:

Deutschland, Deutschland über alles,
Über alles in der Welt,
Wenn es stets zu Schutz und Trutze,
Brüderlich zusammenhält.
Von der Maas bis an die Memel,
Von der Etsch bis an den Belt,
Deutschland, Deutschland über alles,
Über alles in der Welt!.

Deutsche Frauen, Deutsche Treue,
Deutscher Wein und deutscher Sang,
Sollen in der Welt behalten,
Ihren alten schönen Klang,
Uns zu edler Tat begeistern,
Unser ganzes Leben lang.
Deutsche Frauen, deutsche Treue,
Deutscher Wein und deutscher Sang!

*

Duitsland, Duitsland bo alles,
bo alles in die wêreld,
Vir beskerming en verdediging
Altyd broederlik saamstaan
Van die Maas tot in die Memel
Van die Adige tot die Belt
Duitsland, Duitsland bo alles,
bo alles in die wêreld!

Duitse vroue, Duitse lojaliteit,
Duitse wyn en Duitse liedere,
behou in die wêreld,
hul ou, pragtige klank,
inspireer ons tot edel dade
vir ons hele lewe.
Duitse vroue, Duitse lojaliteit,
Duitse wyn en Duitse liedere!5

Feinstein (2001:92 e.v.) dui aan dat “Das Deutschlandlied” gedurende die vroeë 20ste eeu toenemend nasionalisties en militaristies aangewend is. Dit is sterk met die Nazi-tydperk vereenselwig, waartydens slegs die berugte eerste vers gesing is. Ten spyte van hierdie negatiewe assosiasie kon president Theodor Heuss ná die oorlog nie daarin slaag om ’n nuutgekomponeerde lied, die “Hymne an Deutschland”, as nasionale volkslied te vestig nie.

In 1952 het Wes-Duitsland al die verse van “Das Deutschlandlied” as nasionale volkslied aanvaar, maar slegs die derde vers word by amptelike geleenthede gesing, deels as gevolg van die polemiek wat die gebruik van die eerste vers gedurende die Nazi-tydperk veroorsaak het. Slegs die derde vers is in 1991 in die huidige vorm as nasionale volkslied aanvaar, nadat jare van debat tussen verskeie politieke partye geheers het om al die verse as deel van die amptelike nasionale lied te herstel (kyk weer Baker 2003).

In ’n kritiese beskouing tipeer Ortmeyer (2006) “Das Deutschlandlied”, tesame met die “Horst-Wessel-Lied”, as berekende “brutalisering” van Duitse nasionalisme wat ten nouste met die gruwels van die Nazi-era verknoop is. Soortgelyk beskryf Hanson (2013) die bevordering van Nazi-filosofie aan die hand van die twee genoemde liedere as ’n “fully propagandized [...] campaign of hatred and intolerance”:

The song’s seemingly ever-changing context has colored the interpretation of its intent, from intensely radical to coolly patriotic. By contrast, the “Horst-Wessel-Lied”, a fleeting song added as an addendum to “Das Deutschlandlied” by Nazi propagandist-in-chief Joseph Goebbels, was only in place for twelve years yet makes clear its intent within the narrow Nazi context. The intersection of these two national anthems provides an insightful look at the way Goebbels and his Third Reich propagandists created a powerful and entertaining means of delivering their message of German supremacy and pure-blooded nationalism.

Nieteenstaande hierdie donker geskiedenis haal Ortmeyer (2006) die volgende berriggewing aan uit ’n uitgawe van die Bunte Illustrierte van 1954, wat Duitsland se aanwysing as wêreldsokkerkampioen in Bern, 2 Julie 1954, dokumenteer. By hierdie geleentheid was “Das Deutschlandlied” eenparig, en met groot emosie, gesing, behalwe deur diegene wat deur trane oorval was: “Spontan, wie aus einem einzigen Munde kommend, erklingt es, Deutschland, Deutschland über alles in der Welt (soos in Ortmeyer 2006).

Die voorgaande oorsig het ten doel om duidelik te maak dat die melodie van ’n lied wat oorspronklik as koninklike verering bedoel was, binne bepaalde kontekste van mag as hoogs ideologiese “voertuig” van betekenis kon optree – nieteenstaande die feit dat dit in karakter so edel is dat dit later as tema vir ’n kunsmusiekkomposisie kon dien, en dat die melodie daarvan as godsdienstige gesang steeds in Engelssprekende kerkgenootskappe gesing word (“Glorious things of Thee are spoken”; woorde deur John Newton, 1779).6

Hierdie aanloop maak duidelik dat die “verhewenheid” van Haydn se melodie die ideologiese potensiaal van die woorde tot groot mate kon verskans – en dat die melodie dus in daardie opsig in sigself ideologies kon optree. Baker (2003) meen trouens dat die lied sy negatiewe geskiedenis hoofsaaklik vanweë die edele en geliefde melodie “oorleef” het, al was daar soveel omstredenheid rondom die woorde. Boyd (2001:655) stel dit dat woordtekste van nasionale volksliedere dikwels as gevolg van politieke veranderinge aangepas moet word; hiervan is die uitsondering, weglating of toevoeging van die drie verse van “Das Deutschlandlied” ’n sprekende voorbeeld (sien ook Muller 2001 se bespreking insake die herontplooiing van “Die Stem van Suid-Afrika” binne die Nuwe Suid-Afrika).

In die inleidende paragrawe is daar reeds op die ideologiese bande tussen Nazi-Duitsland en apartheid-Suid-Afrika gewys – spesifiek ook wat betref die FAK-sangbundel. Met betrekking tot die afdeling “Volk- en vaderlandsliedere” in die bundel bevind Lüdemann (2008:19) dat hierdie liedere Afrikanernasionalisme op ’n besondere wyse verklank en daarom as uiters belangrike navorsingsbron vir die periode tussen 1910 en 1994 dien. Vergelykend dui Skinner (2017:72 e.v.) aan dat Duitse invloed op die Afrikanerkultuur, asook aanduidings van ideologiese solidariteit tussen Duitsland en Suid-Afrika, reeds tydens die Anglo-Boereoorlog posgevat het, en vanaf die 1930's weer opgevlam het. In sy bespreking van die sogenaamde “Buren-Marsch” bevestig Lüdemann (2008) soortgelyke ideologiese verbondenheid.

Afgesien van ’n bepaalde “oordrag” van Duitse nasionalistiese sentimente, wil die ontleding wat later in die artikel aangebied word, liedere belig wat nog nie vantevore gesamentlik ondersoek is nie, naamlik die DDR nasionale volkslied, en patriotiese liedere vanuit die FAK-bundel, insluitende “Die Stem van Suid-Afrika”, en “Afrikaners, Landgenote”, wat die melodie van “Das Deutschlandlied” oorgeneem het. As uitgangspunt word daar gestel dat in apartheid-Suid-Afrika, asook in die DDR, patriotiese liedere simbole was van die ideologieë wat dit voorgestaan het. In die geval van die DDR is die sogenaamde “Arbeiter und Kampflieder” (“rote Lieder”), waarvan “Auferstanden aus Ruinen” moontlik die belangrikste voorbeeld is, gebruik om sosialistiese ideologie te verkondig. Hierteenoor wou die FAK-liedere Afrikanerkultuur en Afrikanernasionalisme bevorder.

Die FAK-liedere het vir etlike dekades groot aanhang geniet onder Afrikaners wat, na aanleiding van langdurige nasionalistiese propaganda, vurig in die Afrikanersaak geglo het.7 Hierdie aanhang kan moontlik veral toegeskryf word aan die Afrikaner Broederbond wat in 1918 gestig is. Tot in 1933 het die Broederbond as ’n geheime organisasie gefunksioneer om die Afrikanerkultuur in Suid-Afrika te bevorder. Soos wat Leonard (2013) asook Wilkins en Strydom (2012) aandui, het die Broederbond ’n uitermate groot invloed uitgeoefen deurdat lede sleutelmagsposisies beklee het – in die apartheidsregering, militêrebeheerliggame, universiteitsrade, die Afrikanermedia, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, asook kerk- en skoolrade, vanaf stedelike kontekste tot klein dorpies. In 1928 het die Broederbond die FAK gestig, wat as “openbare front” van die organisasie gedien het, en wat as oorkoepelende organisasie ter bevordering van die sentrale bestuur van en rigtinggewing aan alle Afrikaanse kultuurverenigings sou funksioneer (Pelzer 1980:120). Hierteenoor het die aanvanklike geesdrif vir sosialisme lank voor die einde van die DDR getaan, en is amptelike byeenkomste dikwels deur gedwonge, lustelose samesang gekenmerk (Krüger 2007:2 e.v.).

Liedere wat in hierdie artikel bespreek word, kan as uitsonderlike bevestigings van nasionale identiteit gesien word. As deel van ’n groter versameling van nasionale simbole soos landsvlae, helde, monumente, nasionale leuses en eedverklarings, het patriotiese liedere ten doel om ’n onvoorwaardelike gevoel van samehorigheid en vaderlandsliefde onder ’n nasie se burgers te kweek. In vergelyking met ideologiese musikale “versluiering” kan die woordteks van sulke liedere dieper ideologiese inhoud aan die hand van uitinge oor die skoonheid van ’n land, belangrike historiese gebeure, of ’n spesifieke toekomsvisie verberg. Terselfdertyd kan die musikale inkleding opruiend werk aan die hand van treffende marsagtige patrone en gepunteerde ritmes wat aan oorlogsliedere herinner. (Kyk die latere bespreking onder afdeling 3.)

Die vernaamste motivering vir die keuse van liedere wat later bespreek sal word, is egter geleë in die tydsoorvleueling van historiese gebeure in die DDR en in Suid-Afrika, wat kortliks soos volg geskets kan word. Die Sowjetunie was in beheer van Oos-Duitsland vanaf Oktober 1949. In Suid-Afrika het die Nasionale Party, wat in 1914 gestig is, in 1948 aan bewind gekom. Die muur wat Wes- en Oos-Duitsland verdeel het, het in 1989 “geval” (die grootste gedeelte van die muur is gedurende 1990 fisies verwyder). In Suid-Afrika is Nelson Mandela in 1990 vrygelaat in ’n eerste stap om in 1994 ’n nuwe demokratiese bestel in te lei.

Daar is egter ook ooreenkomste in terme van oorredende strategieë rondom die aanwending van die genoemde liedere. Hier bo is die rol en betekenis van die FAK-bundel reeds kortliks geskets. Die “rote Lieder”, waarvan die DDR nasionale lied as mees uitnemende voorbeeld beskou kan word, is deur die DDR-regering gepubliseer in liedboeke wat veral deur jongmense van politieke organisasies soos die Jong Pioniers (Jungpioniere), Thälmann-pioniers (Thälmann-Pioniere) en die Vrye Duitse Jeug (Freie Deutsche Jugend) gesing is. Die liedere het egter ook wyer inslag onder die bevolking gevind. Op hierdie manier het die DDR-regering daarin geslaag om steun te kry vir die kommunistiese regime, en was die poging om ideologies-gelaaide liedere onder die DDR-burgers te versprei suksesvol.

Die regerings van beide die DDR en Suid-Afrika het die implementering van ideologies-gedrewe liedere (volgens wat ons in die literatuur kon vasstel) nooit formeel as propagandistiese materiaal verklaar nie. Die aanhalings wat in die openingsparagrawe van hierdie artikel weergegee is, maak egter duidelik dat die waarde en effektiwiteit van musiek en liedtekste om groepe mense polities te beïnvloed, deeglik verstaan is. Evans (2012) dui byvoorbeeld aan dat patriotiese liedere in Nazi-Duitsland aktief gebruik is om kinders en volwassenes polities te beïnvloed; soortgelyk bevind Thacker (2016:71) dat Nazi-jeugliedskrywers na afloop van die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan het om oorredende liedere vir die DDR-jeug te skryf. In Suid-Afrika is die eerste FAK-liedboek in 1937 gepubliseer en word dit vir baie Afrikaners die hoeksteen van patriotisme. Soortgelyk aan in die DDR is hierdie liedere veral deur die jeug in skole gesing, asook deur jeugorganisasies soos die Voortrekkerbeweging.8 Steyn (2013:287) toon ook aan dat die apartheidsregering in 1986 wel ’n besluit geneem het om ’n bepaalde lied in ’n tyd van onrus amptelik as propaganda te gebruik. Die lied “Together we will build a future” is naamlik as “Vredeslied” vrygestel met die doel om die volk “gerus te stel”. Dit het egter nie aanklank gevind nie en is uiteindelik te midde van talle besware onttrek.

’n Ideologiekritiese ontleding van liedere in die DDR- en FAK-liedboeke sou dus ten doel hê om onderliggende ideologiese strukture te ontbloot wat diepgaande patriotiese gevoelens kon vestig, maar terselfdertyd ’n verwronge beeld van ’n bepaalde sosiohistoriese en politieke werklikheid daar kon stel. Die patriotiese liedere wat hier ingesluit is, toon almal bepaalde musikaalstrukturele eienskappe wat grotendeels tot hul toeganklikheid bydra, asook tot die moontlikheid om die woorde en melodie maklik te kan onthou. Dit sluit in herhalende frases, eenvoudige taalgebruik, “kleiner” strukture, eenvoudige ritmes, en (soms) bekende melodieë. Vanuit ’n ideologiekritiese vertrekpunt kan die mag van sulke liedere nouliks oorskat word; in hierdie verband argumenteer die arbeidersaktivis en liedjieskrywer Joe Hill (aangehaal in Eyerman en Jamison 1998:59) dat ’n polities- of patrioties-geïnspireerde lied ’n veel groter invloed kan uitoefen as ’n politieke traktaat:

A pamphlet, no matter how good, is never read but once, but a song is learned by heart and repeated over and over; and I maintain that if a person can put a few cold common sense facts in a song, and dress them up in a cloak of humor to take the dryness off of them he will succeed in reaching a great number of workers who are too unintelligent or too indifferent to read a pamphlet or an editorial on economic science.

1.1 Agtergrond tot Visagie se model

Uit hoofde van die ideologiekritiese benadering wat in hierdie artikel gevolg word, val die fokus van die ontleding op die figuratiewe “interpreteerbaarheid” van patriotiese liedere as ideologiese uitinge (vergelyk Lüdemann 2008). Visagie (1990:6) dui aan dat dit inderdaad op die vlak van simboliese spraak is dat ’n sistematiese toepassing van diskoersontleding mag dien om dubbelslagtige aanwendings van diskursiewe middele soos beeld en metafoor bloot te lê (Visagie 1996:74). Sy siening van ideologie reik terug na die kritiese tradisie van die sogenaamde meesters van agterdog (Marx, Nietzsche en Freud) – ’n beskrywing wat deur die Franse filosoof Paul Ricœur (1970 [2008:32–3]) vasgelê is. In sy invloedryke werk Freud and philosophy (1970 [2008]) voer Ricœur naamlik aan dat elk van die drie denkers op verskillende wyses gemoeid was met die ontmaskering van valse betekenis, en om “werklikheid” van “skyn” te onderskei. Hieruit het Ricœur se idee van ’n hermeneutiek van agterdog ontwikkel, waarby nóg die outonomie van die leser, nóg dié van die teks verabsoluteer is (Ricœur 1970 [2008:27]). Gevolglik is sy ontleding van die figuratiewe geanker in ’n bepaalde (empiries-) konseptuele objektiwiteit, dog terselfdertyd in verbeeldingryke “openheid” van interpretasie.

Die Britse ideologiekritikus John Thompson het ’n sleutelrol gespeel om Ricœur se denke aan die Engelssprekende intellektuele wêreld bekend te stel. In critical hermeneutics: A study in the thought of Paul Ricœur and Jürgen Habermas verduidelik Thompson (1981:3) dat Ricœur taal as uitstaande medium beskou om verborge aspekte van menswees te onthul. Hierby word die (meer objektiewe) sfeer van sintaksis en semantiek uitgebrei met semiotiese interpretasie, waarby metafoor en simbool ’n besondere rol speel (Thompson 1981:3; 50).

Terwyl Ricœur se ontledings hoofsaaklik op literêre en godsdienstige diskoers fokus, betrek Thompson in sy eie teorie ’n wye verskeidenheid van simboliese vorme wat strek vanaf alledaagse uitdrukkings tot by ingewikkelde tekste en beeltenisse (Visagie 1990:vi). In navolging van Ricœur (en die “meesters van agterdog”) berus Thompson (1990:5 e.v.) se benadering op die negatiewe opvatting van ideologie.9 Hierdeur wil hy fokus op die wyses waarop magsvorme bemiddel word – ’n ontledingsproses wat uiteindelik op verhoudinge van sistemiese oorheersing dui:

In reformulating the concept of ideology, I seek to refocus this concept on a cluster of problems concerning the interrelations of meaning and power. I shall argue that the concept of ideology can be used to refer to the ways in which meaning serves, in particular circumstances, to establish and sustain relations of power which are systematically asymmetrical – what I shall call “relations of domination”. Ideology, broadly speaking, is meaning in the service of power. (Thompson 1990:7; sy beklemtoning)

Thompson (1984 en 1990) plaas die ontleding van ideologie dus binne ’n breër en meer algemene konseptuele en metodologiese terrein as wat die geval in ortodokse Marxistiese denke was. Dit beteken dat die konsep vanuit ’n meer omvattende gesigspunt bedink word as slegs dié van die politieke sfeer (Visagie 1990:vi). Ook bring dit mee dat Thompson ideologiese kategorieë van oorheersing uitbrei om nie alleen klas in te sluit nie, maar ook gender, ras, ouderdom, en dies meer.

Dit is verder belangrik dat Thompson se uitleg van die verhouding tussen mag en betekenis verskil van die klassieke Marxistiese siening van ideologie as verwronge “droombeeld” van die werklikheid. Eerder sien hy simboliese uitdrukking as kontekstuele verskynsels wat in spesifieke, materiële sosiohistoriese kontekste “vervaardig” en “verbruik” word, en op reële wyse deel van sosiale waardebepaling en konflik uitmaak (Thompson 1990:11).

In hierdie verband bied Thompson (1990:6) besonder waardevolle insigte wat betref die werkinge van sogenaamde “ideological modes of operation”, wat deur middel van strategiese simboliese woordskikking tot stand kom. Hierdie figuratiewe strategieë maskeer ’n bepaalde werklikheid deur voor te gee dat dit “maar altyd so was”, of “altyd so sal wees” – en tree in daardie opsig oorredend op. Thompson (1990:6) lys sy figuratiewe strategieë soos volg:

  • legitimation (rationalisation; universalisation; narrativisation)
  • dissimulation (displacement; trope; euphemisation)
  • unification (standardisation; symbolisation of unity)
  • fragmentation (differentiation; expurgation of the other) and
  • reification (naturalisation; eternalisation; nominalisation/passivisation.10

Thompson (1990:283 e.v.) bemiddel ’n ontleding van die bogemelde prosesse aan die hand van sy sogenaamde dieptehermeneutiek, wat drie fases van ontleding behels. Die eerste fase ontleed die sosiohistoriese konteks waarbinne die teks geplaas is (1990:283). Fase twee behels ’n diskursiewe (semantiese) ontleding van die teks, terwyl die derde fase die figuratiewe aspek bestudeer (1990:289). Dit is tydens hierdie laaste, “spekulatiewe” fase dat figuratiewe betekenis nagespeur word en daar spesifiek gefokus word op betekenis wat onreëlmatige magsverhoudinge in stand hou. Binne hierdie fase is literêre middele soos tweeslagtigheid, beeld en metafoor van wesenlike belang (Visagie 1996:74).

Hierdie aanloop maak dit duidelik dat metaforiese uitdrukkings binne die denkraamwerk wat beskryf is, ’n belangrike deel van oorredende diskoers mag vorm. Dit veronderstel ook dat wanneer sulke diskoers op ’n sistematiese wyse ontleed word, ’n ideologiese dieptestruktuur na vore gebring kan word wat nie op die oppervlak sigbaar is nie.

Die filosoof Johann Visagie (1990) het Thompson se skema verder uitgebrei om die verwikkeldheid van die ideologiese wêreld meer volledig te kan ontleed.11 Hy behou die drie fases van Thompson se model, maar terwyl Thompson op dominasieverhoudinge tussen sosiale groepe fokus, wil Visagie diskoerse van oorheersing ondersoek. Hierby gaan dit vir hom om ’n blootlegging van doelwitte of waardes as kulturele “agente” van oorheersing (Visagie 1990:6 e.v.). Die idee van ideologiekritiek as instrument om verwronge denke te ontmasker word dus weer eens behou – maar in Visagie se benadering gaan dit om diskoersdominasie, eerder as groepdominasie.

Vanuit hierdie vertrekpunt het Visagie (1990) ’n semiotiese hermeneutiek geformuleer wat ’n diskrete metode bied om dié tipe “argivale diskoersontleding” moontlik te maak, naamlik sy Figuratiewe Semiotiese Teorie (voortaan FST). Hierdie teorie figureer as ’n kognitiewe ontledingsinstrument wat ooreen stem met Lakoff en Johnson (2003:6) se idee dat menslike gedagtepatrone grotendeels metafories is, ’n sienswyse wat in die werk van Lakoff en Turner (1989) verder ontwikkel is: “Metaphor is a tool so ordinary that we use it unconsciously and automatically, with so little effort that we hardly notice it. It is omnipresent: metaphor suffuses our thoughts, no matter what we are thinking about“ (Lakoff en Turner 1989:xi).

FST kan effektief met sy naasstaande teorieë soos Ideologiese Topografie van Moderniteit (ITM), Sleutelteorie, en Makromotieweteorie skakel. Soos verduidelik, kan dié teoretiese raamwerke as sosiokulturele ontledings-“gereedskap” verstaan word. In die ontledings wat later in hierdie artikel aangebied word, word daar van sowel ITM as Makromotieweteorie gebruik gemaak as gevolg van die verweefdheid van metafore met die uitgebreide topografiese wêreld van ideologiese diskoers.

Die oogmerk van hierdie artikel is gevolglik om Visagie se FST toe te pas op ’n ideologiekritiese ontleding van ’n aantal patriotiese liedere. Die navorsingsvraag wat ondersoek word, is die mate waartoe ’n manipulering van simbool en betekenis in die gekose liedere ’n wanvoorstelling van ’n bepaalde werklikheid daarstel, of die mate waartoe dit ideologiese magsverhoudinge beklemtoon of verskuil.

Ten einde hierdie vraag te beantwoord word daar eerstens stilgestaan by ’n beknopte uiteensetting van Visagie se teorie.

 

2. Figuratiewe Semiotiese Teorie

Visagie beskou FST as deel van die “kognitiewe fakulteit” van sy “universiteit”, ’n metafilosofiese raamwerk genaamd Diskoersargeologie (Visagie 2013a). Naasliggende teorieë sluit in Posturale Teorie, Sleutelteorie, Ideologiese Topografie van Moderniteit (ITM) en Makromotieweteorie. Gesamentlik verteenwoordig hierdie teorieë vyf verskillende “fakulteite” wat altesame 20 “departemente” bevat. Dit maak gevolglik ’n pluralistiese benadering tot filosofiese diskoers moontlik (Visagie 2013b).

Die primêre doelwit van FST is om die funksie van semiotiese temas binne argivale diskoers te kan bepaal en om wesenlike ideologiese konstrukte bloot te lê. In hierdie verband identifiseer Visagie (1990:4 e.v.) drie (oop) groepe elemente binne die semiotiese landskap:

  • Groep A: simbool, teken, ikon, beeld, model, metafoor, ens.
  • Groep B: styl, narratief, retoriek, allegorie, mite, ens.
  • Groep C: “meester”-stylfigure soos metafoor, metoniem, sinekdogee en ironie.

Dit is belangrik om te verstaan hoe metafoor as breër omvatting van bogenoemde element in Visagie se filosofiese semiotiek funksioneer. Die begrip metafoor word in hierdie artikel nie as tegniese beskrywing gebruik nie, maar eerder as ’n algemene beskrywing van tipiese figuratiewe temas soos die simbool, teken, beeld, model, ens. Volgens Visagie (1990:4–5) is dit belangrik om te besef dat ’n filosofiese semiologie nie “belangstel” in die bestudering van die semiotiese temas op sigself óf die verband tussen hulle nie; die fokus is eerder op die ideologiese betekenis wat deur hierdie temas in diskoers kommunikeer word. Hy verduidelik dit as “models of reality wherein some sector(s) of the world is held to be governed by an instance of appropriate qualities” (Visagie 1990:1).

Binne Visagie se denke oefen hierdie realiteitsmodelle ’n regulerende funksie uit waarby die Regulerende Aspek [X] invloed uitoefen op [Y] binne ’n “grammatikale” formule vir filosofiese diskoers: [X] → [Y] → [Z]. Dit beteken dat makromotiewe dikwels in ’n regulerende hoedanigheid aangetref word as gevolg van hul buitengewoon sterk oorheersende mag.12

Wanneer bepaalde frases of uitdrukkings vanuit die teikendiskoers tot ’n basiese formaat saamgepers word, mag dit moontlik word om ’n onderliggende begripsformule te ontdek wat deels uit semiotiese elemente bestaan wat die oorsprong van die diskoers verteenwoordig (Visagie 1990:2). Die semiotiese element word by wyse van ’n teksboks13 |____| aangedui, terwyl die formule self uit “X” en “Y” bestaan, waarby “X” die Regulerende Aspek (RA) voorstel waardeur “Y” gereguleer word. In die mees basiese vorm roep RA-formules dus om die vasstelling van die regulerende aspek. In terme van alledaagse sintaksis kan die formules as selfstandige naamwoord-werkwoord-selfstandige naamwoord beskryf word, waarby die werkwoord die “beheer” uitoefen, en waarby ’n subjek inwerk op ’n objek. ’n Goeie voorbeeld om die laasgenoemde te verduidelik is: “God regeer die wêreld”; of: “Die geskiedenis is groter as die natuur”. Ofskoon FST hoofsaaklik op onlangse metafoorteorie op die gebied van kognitiewe teorie geskoei is (Lakoff en Johnson 2003), word die teksboks binne Visagie se teorie as ’n abstrakte konsep beskou (Visagie 2013c). Dit maak ’n meer omvattende figuratiewe benadering tot die teksboks moontlik – veral omdat Visagie, soos reeds genoem, nie onderskeid tref tussen begrippe soos simbool, teken, analogie, ens. nie.

’n Laaste aspek van Visagie se Figuratiewe Semiotiese Teorie wat binne die konteks van hierdie artikel vermelding verdien, is sy idee van “argetipiese wortelmetafore” waardeur die hoogste (filosofiese en ander) menslike strewes uitgedruk word. Hierdie metaforiese figure sluit posture in wat handelinge soos veg, reis, liefdemaak, speel, ens. voorstel; handelinge wat ten diepste deel uitmaak van die menslike bestaan (Visagie 1990:10). Hoewel dit hier oënskynlik om alledaagse handelinge gaan, merk Visagie (1990:10) op dat hierdie handelinge ’n eksistensiële rol mag speel en dus veral geskik is om die menslike toestand as sodanig te simboliseer. In hierdie sin funksioneer hulle dus as ’n wortelmetafoor.

Die rede vir die postulering van hierdie figuurspektrum is dat ’n ondersoek van die semiotiese uitleg van RA-konstruksies in ’n wye verskeidenheid diskoerse in verskillende historiese omgewings herhaaldelik tekens van die teenwoordigheid van hierdie metaforiese figure onthul het (Visagie 1990:11). Hulle genereer as’t ware semiotiese strukture wat die verskillende posisies uitbeeld waarin die gereguleerde aspek hom bevind met betrekking tot die Regulerende Aspek. In hierdie verband brei Visagie (1990:16 e.v.) sy model verder uit deur ander metafoorgroepe soos die Epogale Meestermetafore (hierdie metafore word met die ideaal van Kennis verbind) of die sogenaamde Hoofmetafore (Moeder/Vader-metafore, wat onder andere metafore van Magsfigure insluit).

2.1 Die metodologiese plasing van die teorie

Aangesien ideologiekritiek in direkte kontras tot heersende poststrukturalistiese of postmoderne benaderings staan, word dit in hierdie afdeling as sodanig gekontekstualiseer. Daarna volg enkele kritiese opmerkings oor Visagie se teorie.

Ideologiekritiek behels – soos enige ander teoretisering – ’n aanname van bepaalde teoreties-filosofiese vertrekpunte. Die oogmerk om ideologiese illusies te ontmasker berus op rede, wat meebring dat ideologiekritiek binne die postmoderne intellektuele klimaat met wantroue bejeën word. Soos wat Simons en Billig (1994:6) dit stel, is die bevoordeling van enige bepaalde “stem” binne hierdie denkklimaat verdag. Ideologiekritici word enersyds daarvan verdink dat hulle ander (teoretiese) stemme onderdruk; andersyds word hulle daarvan beskuldig dat die teorie universalistiese uitsprake maak oor “die werklikheid”, oor “mag”, en oor “waarheid”.

Akademiese literatuur van die afgelope dekades toon ’n oormatige fiksasie met mag (kyk Rossouw 2017 vir ’n onlangse bespreking). Hierdie fiksasie berus aan die een kant (ironies genoeg) op die aanmerklike 20ste-eeuse invloed van kritiese teorie, en aan die ander kant op Foucault se denke, wat veral gedurende die laat 20ste eeu ’n intellektuele verskuiwing van bykans epistemiese afmetings teweeg gebring het. Aggressiewe polemiek teen ideologiekritiek, en spesifiek die fokus op mag, word inderdaad dekades lank reeds met Foucault en tydgenootlike poststrukturalistiese denkers verbind. Foucault (1980:98) beskou die ontleding van mag (onder meer) soos volg:

Power must be analysed as something which circulates, or rather as something which only functions in the form of a chain. It is never localised here or there, never in anybody’s hands, never appropriated as a commodity or piece of wealth. Power is employed and exercised through a net-like organisation.

Hierdie pluralistiese siening van mag staan in direkte teenstelling met sienings van mag as reële aspek van sosiale produksie wat aan spesifieke “agente” (instansies) toegeskryf word. Só skryf Thompson (1981:147) byvoorbeeld dat “the principal locus of power is the level of institutions, for power is primarily an institutionally endowed capacity for the pursuit of specific ends”. Hy sê voorts: “[T]he scope for the provision and exercise of power is circumscribed. Thus, however efficacious the exercise of power may be, it would be illusory to suppose that this phenomenon is in some sense autonomous and unconstrained” (Thompson 1981:147).

Ofskoon Foucault (en sy navolgers) aanmerklike sensitiwiteit toon vir die verwikkeldheid van mag, bied sy “demiurgiese” voorstelling daarvan min moontlikheid vir sistematiese ontleding, en mag dit kritiese ontleding selfs in die weg staan, omdat “mag” in Foucault se konseptualisering (aan die hand van ’n “romantiese” ideologie) van “intensie” geskei word (Sangren 1995:5).

Dit is dus duidelik dat poststrukturalistiese en/of postmoderne sienswyses van mag nie met dié van “klassieke” ideologiekritiek versoenbaar is nie. Dit beteken nie dat die vraag na mag binne die postmoderne intellektuele ruimte nie op die voorgrond staan nie (vergelyk Rossouw 2017). Slavoj Žižek bemoei hom byvoorbeeld intens met ideologiekritiek, wat hy in terme van die begrippe siniese rede en ideologiese fantasie beredeneer (The sublime object of ideology, 1989 [2009]). Sy teoretisering het egter nie ten doel om ’n sistematiese ontleding van simboliese magsuitinge te bied nie, maar eerder om politieke kritiek in breër sosiale verband te formuleer (kyk Vighi en Feldner 2007). In dié opsig is sy idee van “ideologiese sinisme” van besondere waarde – hiermee herformuleer hy Marx se klassieke stelling “Hulle weet nie, maar hulle doen dit” soos volg: “hulle weet, maar doen dit nogtans” (Fitch 2011:24).

Daar sou gevra kon word waarom ons Visagie se FST in hierdie artikel as kritiese instrument voorstaan in ’n era waarin meer tradisionele opvattings oor ideologiekritiek ongewild geword het.

Eerstens kan dit gestel word dat ontledingsgesigspunte binne ITM deurentyd gerelativeer word deur middel van die aanwending van twee afsonderlike “sleutels” om betekenis te ontsluit, naamlik figuratiewe betekenis en ideologiekritiek. ’n Soortgelyke relativering van interpretasie vorm voorts ’n onlosmaaklike deel van metafoorontleding, aangesien die sistematiek van metaforiese konsepte bepaalde aspekte van betekenis beklemtoon terwyl dit andere verberg (vergelyk ook Lakoff en Johnson 2003:10). Soos reeds verduidelik, bemiddel Visagie se teorie die ontleding van sowel groep- as diskoersdominasie – weer eens met die moontlikheid om die uitleg na “weerskante” toe te kan relativeer en “verifieer”.

Onlangse verwikkelinge binne musikologiese studies (internasionaal asook plaaslik) het meegebring dat ’n beduidend groter bewustheid ontstaan het van die ideologiese onderstrominge (subteks) wat deel van die musikale teks vorm. Binne die konteks van kritiese musikologie is universalistiese aannames en die meesternarratiewe van modernistiese benaderings toenemend bevraagteken. Hoewel hierdie ontwikkelings ’n aansienlike verbreding van die musikologiese agenda tot gevolg gehad het, het dit nie noodwendig tot gekunstelde formulerings van sosiale kritiek gelei, of tot meer subtiele vorme van musikologiese diskoersontleding nie (kyk Viljoen 2012 en 2004 vir ’n kritiek van spesifieke benaderings). Eerder is daar dikwels daarvan sprake dat ideologiese mag op grond van verskraalde of eensydige ontledingsmodelle op musikale tekste en kontekste geprojekteer word. Verder is postmoderne musikologie soms selfverwysend, tot dié mate dat dit oortuigende verwysing tot “werklike” sosiaal-kulturele wêrelde verloor. In sulke voorbeelde van ontleding word ook nie gehuiwer om aansprake op “waarheid” te maak nie (kyk weer Viljoen 2012 en 2004). Verder vervang dit die sogenaamde “groot narratiewe” van moderniteit gewoon met ander “groot” narratiewe – binne die plaaslike musikologie is ’n voor die hand liggende voorbeeld die apartheidsnarratief.

Ideologiekritiek dien by uitstek om die “skub-lae” tussen taal en sosiaal-institusionele praktyke “af te skil” – met die doel om sosiopolitieke konstrukte soos hegemonie en mag in besonderhede te ontbloot. As onlangse apologeet vir ideologiekritiese diskoersontleding dui Fairclough (2013:4) aan dat “mag” nie aan “diskoers” gelyk is nie, maar nietemin ’n onlosmaaklike deel vorm van die dialektiese verhouding tussen diskoers en sosiale magstrukture.

Vanuit hierdie perspektief bied Visagie se FST ’n metode om simboliese voorstellings van die werklikheid aan die hand van diskoersoorheersing en figuratiewe ontleding te benader, en as deel van dié proses ongelyke magsverhoudinge na te speur.

Waardering vir die sterkpunte van die model beteken nie dat ons onkrities daarteenoor staan nie. Enige toepassing van Visagie se teorie word bemoeilik deur die feit dat dit, ten spyte van ’n aantal interdissiplinêre toepassings (kyk weer eindnota 8), nie deur Visagie self in besonderhede geïllustreer is nie. Die toeganklikheid van die teorie word nie alleen hierdeur nie, maar ook deur die betreklik ingewikkelde konseptuele strategieë wat die model kenmerk, beperk. Op ’n meer kritiese vlak sou daar geredeneer kon word dat ITM as rasionele skema van verstaan binne ’n verbeelde neutrale domein funksioneer.

Ten spyte van hierdie punte van kritiek bemiddel Visagie se argivale diskoersontleding ’n diepte hermeneutiese ontleding van die semiotiese “lae” van die onderskeie konseptuele strukture wat simboliese uitdrukking kenmerk. Hierby word teks en konteks as “soomlose” narratiewe in verhouding tot sosiale diskoerse “gelees” – maar spekulatiewe interpretasie geskied altyd teen die agtergrond van ’n rasionele (empiriese) basis. Moontlik selfs méér belangrik is dat die metode ’n strukturalistiese “ruggraat” aan diskoersontleding verleen, dog terselfdertyd ten diepste met betekenis (spesifiek ideologiese betekenis) omgaan. Dit is hierdie kombinasie van empiriese (feitelike) en figuratiewe (spekulatiewe) ontleding wat die teorie uniek maak.

 

3. Nasionale volksliedere en ander patriotiese strewes

’n Nasionale simbool word daargestel met die doel om ’n nasionale eenheidsgevoel in ’n land te skep. Binne ’n nasionalistiese konteks identifiseer ’n land se burgers sterk met nasionale waardes en oogmerke, met selfopoffering as sterkste uitdrukking van patriotiese verbintenis. Ofskoon, soos wat O’Gorman (1991:145) krities opmerk, die woorde van patriotiese liedere soms platvloers is, en die melodieë dikwels minderwaardig, is hierdie liedere nietemin kragtige verklankings van vaderlandsliefde. Boyd (2001:654) beskou die simboliese waarde van nasionale volksliedere trouens as gelykstaande aan dié van ’n nasionale slagspreuk, wapen of vlag.

Geisler (2008:120) motiveer die verskynsel soos volg:

[T]he feelings of attachment, affinity, or solidarity we may harbor for a particular group or collective are projected onto the symbolic object [...] National symbols function as stand-ins for the nation (or the state) by giving us something that is tangible, concrete, and available for sensory experience.

Vanuit ’n ideologiekritiese vertrekpunt word daar in die huidige artikel aangevoer dat die vorming van groepsidentiteit deur middel van die sing van ’n patriotiese lied doelbewus versterk word indien die lied met ’n sterk “nasionale” impak geskep word, die taal daarvan dié van die meerderheids- of regerende groep is, en die nasionale karakter en gees van die bepaalde land gevolglik sterk uitgebeeld en verklank word (kyk ook Nettl 1961:1274).

Musikaal gesproke plaas Boyd (2001:655) nasionale volksliedere in vyf kategorieë (wat mag oorvleuel). Eerstens is daar gesange met ’n godsdienstige strekking (“hymns”); die mees bekende voorbeeld hiervan is “God save the King/Queen”. Dié lied het vir talle nasionale volksliedere as model gedien, in Europa asook in lande wat voorheen onder Britse koloniale beheer gestaan het. Die tweede kategorie is dié van marse, wat saam met gesange die meerderheid van alle nasionale volksliedere uitmaak – hiervan is “La Marseillaise” die bekendste voorbeeld. Derdens is daar nasionale volksliedere, met name dié van Suid- of Sentraal-Amerika, wat sterk deur 19de-eeuse Italiaanse opera-idiome beïnvloed is (Boyd 2001:655). Hierdie liedere is as marse gekonsipieer; dikwels met indrukwekkende orkestrale inleidings en begeleidings, en meestal in drieledige vorm. Die oorblywende twee kategorieë karakteriseer Boyd (2001:655) as inheemse volksmusiekgesange en fanfares. Inheemse nasionale volksliedere toon geen Europese invloed nie, en is op inheemse volksmusiekidiome gebaseer, terwyl inheemse instrumente dikwels by die begeleiding betrek word. Voorbeelde is die nasionale volksliedere van Oosterse lande soos Japan, Tibet en Sri Lanka. Fanfares word veral in Midde-Oosterse lande aangetref (Katar, Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate); dit is swierige instrumentale musiek waarop geen woorde getoonset is nie.

Insake die musikale aspek van die liedere wat later in hierdie artikel ontleed word, moet daar in gedagte gehou word dat, ofskoon die eenvoudige musikale strukture daarvan nie as diepsinnige geleidings van figuratiewe betekenis funksioneer nie, daar wel sterk oorredende eienskappe ter sprake is. Dit beteken dat die musikale inkleding van die liedere ’n beduidende rol kon speel in die inslag wat dit in ’n nasie se harte gevind het. Sommige van die liedere bevat interessante musikale simboliek (sien die latere bespreking). Hierdie tipe metaforiese verklanking is besonder belangrik in terme van die oordrag van ideologies-gelaaide boodskappe.

Die onderskeie kategorieë van nasionale volksliedere wat Boyd (2001:655) uiteensit, dui op idioomtipes wat primêr soos volg gekarakteriseer kan word: gewyd, militaristies, operatories, inheems en feestelik. As figuratiewe uitdrukking mag hierdie karakteriserings moontlik vanuit ’n tropologiese eerder as ’n metaforiese gesigspunt benader word (vergelyk Hatten 2012:93 e.v.). Dit sou inhou dat betekenis eerder deur middel van retoriese gemeenplase (clichés) daargestel word as dat meer verwikkelde metaforiese oordrag tussen musikale en woordbetekenis beredeneer word. Monelle (1992:273) merk op dat hierdie tipe benadering ruimte laat vir ’n ankering in “formele” (empiriese) aspekte van ’n musikale teks, maar dit terselfdertyd moontlik maak om ’n “oper” interpretatiewe houding in te neem waarby musikale semantiek op ’n wye versameling van sosiohistoriese perspektiewe steun.

Ofskoon die idioomtipes wat Boyd (2001: 655) uiteensit, mag meewerk dat nasionale liedere as verhewe, heroïes, feestelik, opbouend of vererend gekenmerk word, beteken dit nie dat dié liedere nie sterk oorredend mag funksioneer nie (soos wat vroeër ten opsigte van “Das Deutschlandlied” geredeneer is). Inteendeel kan daar beweer word dat ’n verhewe of majestueuse musikale affek ideologiese inhoud juis mag versluier of verbloem.

’n Aantal gesaghebbende onlangse studies bevestig die oorredende of selfs propagandistiese aard van spesifieke nasionale liedere aan die hand van ’n verskeidenheid kritiese benaderings. Cerulo (1993:243) bevind in haar sintaktiese studie van 133 nasionale volksliedere dat die boodskappe onderliggend aan dié liedere uiters berekend is; in ’n vroeëre empiriese studie (Cerulo 1989) bevestig sy die verband tussen sosiopolitieke beheer en nasionale simbole. ’n Inhoudsontleding van die woorde van 18 nasionale volksliedere bring soortgelyk aan die lig dat die betrokke liedere nasionalisties, propagandisties en soms jingoïsties van aard is (Kyridis e.a. 2009:1). Soos wat die skrywers van dié studie dit stel, bevorder die liedere “a message that is purposively, meticulously constructed, with leaders of national governments consciously selecting its elements” (Kyridis e.a. 2009:1). Meer onlangs onderneem Cipriani (2015) ’n ideologiekritiese studie van die Russiese nasionale volkslied wat propaganda uitwys. Aan die hand van diskoersontleding ontleed Aldinlou e.a. (2014) twee Engels-Persiese nasionale volksliedere as propagandistiese oorreding, terwyl Hanson (2013) “Das Deutschlandlied” en die “Horst-Wessel-Lied” as voorbeelde van georganiseerde haat en onverdraagsaamheid blootlê.

 

4. Toepassing van die teorie

Inleidend kan die volgende opmerkings gemaak word oor die liedere wat in hierdie afdeling ontleed word.

Die vorige nasionale volkslied van Suid-Afrika, “Die Stem van Suid-Afrika”, is gedurende die apartheidsjare gesing, en wel vanaf 1957 tot 1994. As simbool van Afrikanernasionalisme was die lied egter vir die swart meerderheid ’n verpersoonliking van die koloniale onderdrukker, en van die wyse waarop taal gebruik is om Afrikanernasionalisme te bevorder (Brown 1998, in Muller 2001:21). Met die aanbreek van demokrasie in 1994 is ’n deel van die lied met “Nkosi sikelel’ iAfrika saamgevoeg (Boyd 2001:682). In teenstelling met hierdie versoenende gebaar is daar in Oos-Duitsland sterk weerstand teen die DDR se nasionale volkslied “Auferstanden aus Ruinen (“Uit ruïnes opgestaan”) aangeteken deurdat die sing van die lied se woorde sedert Augustus 1971 verbied is (Brockmann 2016:47).

Hierdie kort agtergrond dui reeds op die problematiese kontekste waarbinne die twee liedere onderskeidelik gesing is – wat die toepaslikheid van ’n ideologiekritiese ontleding daarvan beklemtoon, asook van ’n kritiese figuratiewe semiotiek. Lüdemann (2003) en Muller (2001) het reeds belangrike besprekings van “Die Stem van Suid-Afrika” gelewer, onderskeidelik met die klem op argetipiese mitologiese ontleding, asook identiteitspolitiek en die politiek van versoening. Ofskoon Lüdemann (2003) ’n uitnemende voorbeeld is van ideologies-gebaseerde narratiewe struktuurontleding van “Die Stem”, word struktuurontleding in die huidige artikel aan die hand van figuratiewe uitleg uitgebrei om meer intensiewe ideologiekritiek te lewer.

Die diepstruktuur filosofiese ontleding wat vervolgens aangebied word, wil “Die Stem van Suid-Afrika” dus as komplekse ideologiese diskoers, wat ingewikkeld verweef is met spesifieke sosiokulturele en politieke kontekste, ontleed. Eerstens sal die reeds genoemde DDR nasionale volkslied deel van die bespreking vorm, asook die Afrikaanse weergawe van die Bondsrepubliek van Duitsland se nasionale volkslied, “Afrikaners, Landgenote” (De Villiers 1961:8). Daarna sal nog twee FAK-liedere uit die 1961-bundel, wat albei besonder gewild was, bespreek word, naamlik “Vlaglied” (De Villiers 1961:42), en “Die Lied van Jong Suid-Afrika” (De Villiers 1961:11). Hierdie twee liedere dra elk ’n besondere politieke en ideologiese lading: “Vlaglied” is vir die hys van die voormalige Suid-Afrikaanse vlag gekomponeer, en is dikwels by vlaghysingseremonies gesing – byvoorbeeld dié van die Voortrekkers. Hierteenoor is “Die Lied van Jong Suid-Afrika” op ’n bepaalde stadium nie-amptelik as die ver-regse AWB se himne beskou (Pauw 2006:10; hierdie lied word ook in Lüdemann 2003 bespreek).

Voordat daar oorgegaan word na ’n ontleding van die nasionale volksliedere van Oos-Duitsland en apartheid-Suid-Afrika, word ’n vertaling van die Duitse tekste aangebied, asook ’n kort agtergrond tot die liedere.14

4.1 Die DDR nasionale volkslied (“Auferstanden aus Ruinen”)

Figuur 2. Nasionale volkslied van die Duitse Demokratiese Republiek

Opwaarts uit die ruïnes
en kyk na die toekoms,
Laat ons jou ten beste dien,
Duitsland, verenigde vaderland.
Dit is nodig om swaarkry uit die verlede te bowe te kom,
en ons oorwin dit tesame
omdat dit moontlik moet wees,
dat die son, mooi soos nog nooit vantevore
oor Duitsland skyn,
oor Duitsland skyn.

Geluk en vrede toegestaan
aan Duitsland, ons vaderland.
Die hele wêreld smag na vrede,
gee jou hand aan die nasies.
As ons verenig op ’n broederlike wyse,
sal ons die vyand van die nasie oorwin.
Laat die lig van vrede skyn
sodat ’n ma nooit weer hoef te
treur oor haar seun,
treur oor haar seun.

Laat ons ploeg, laat ons bou,
leer en skep soos nog nooit vantevore,
en ons eie krag vertrou,
’n vry generasie sal herrys.
Duitse jeug, met die beste aspirasies
van ons nasie in julle verenig,
julle word Duitsland se nuwe lewe.
En die son, mooi soos nog nooit vantevore nie,
skyn oor Duitsland,
skyn oor Duitsland.

Die DDR nasionale volkslied waarvan die woorde in 1949 deur Johannes Becher geskryf is, en die toonsetting deur Hanns Eisler, is amptelik in 1950 in gebruik geneem. ’n Grootskaalse regeringsveldtog is op tou gesit om hierdie nuwe lied vir die landsburgers te leer, sodat dit spoedig deel van die alledaagse Oos-Duitse lewe geword het, en vlytig in skole geleer en gesing is, asook by ’n groot verskeidenheid amptelike openbare geleenthede (Reichel 2005:46). Teen die einde van die 1960’s het ’n spesifieke frase in die laaste vers onenigheid veroorsaak (“Deutschland einig Vaterland”), aangesien dit op daardie stadium duidelik was dat ’n moontlike vereniging met Wes-Duitsland nie sou realiseer nie. Die heersende Sosialistiese Verenigde Party het die woorde van die lied gevolglik verbied, sonder om enige formele rede aan te voer. Daarna is die teks vanaf die begin van die 1970’s tot die val van die DDR-regering in 1989 nooit weer gedruk of gesing nie – slegs ’n instrumentale weergawe is toegelaat (Brockmann 2016:47).

Op sigself was dié sensuur ’n kragtige ingreep om die gebruik van die lied te beheer en in te perk. Korpe e.a. (2006:239–40) dui aan dat sensuur deur die eeue hoofsaaklik vanweë politieke en godsdienstige agendas toegepas is. In beide gevalle het sodanige sensuur dikwels op aansienlike verliese gedui, aangesien die uitwissing of inperking van artistieke skepping, of van musikale erfenis, die verlies aan belangrike skakels met die geskiedenis en met identiteit teweegbring. Dit is beduidend dat in die geval van die DDR se nasionale volkslied ’n petisie in Februarie 2017 opgestel is met die oogmerk om hierdie lied in kombinasie met die huidige Duitse nasionale volkslied terug te bring. Volgens mediaverslaggewing kon min steun egter tot dusver bekom word (NTV Panorama).

Vir die doeleindes van ons bespreking dien ’n opname van “Auferstanden aus Ruinen” deur die koor en orkes van die Rundfunk-Sinfonieorchester Berlin as verwysing, aangesien dit Eisler se simfoniese begeleiding bevat; dit is ook hierdie simfoniese weergawe wat sedert laat 1989 die Deutscher Fernsehfunk se daaglikse uitsendings afgesluit het, totdat dié gebruik met die Duitse eenwording verval het. (Volg hierdie skakel om na die opname te luister https://www.youtube.com/watch?v=DTV92wqYjfA.)

“Auferstanden aus Ruinen” is in G Majeur geskryf met ’n 2/4-tydmaatteken. Geen tempo-aanduiding word verskaf nie, maar die opname dui op ’n tempo van ongeveer 96 polsslae per minuut, met ’n meer vasberade tempo vanaf maat 17. As algemene kenmerk van die lied kan daar opgemerk word dat dit in die betreklik eenvoudige, bykans “volkse” styl geskryf is wat werke uit Eisler se Oos-Duitse periode karakteriseer (Silverberg 2017). Die orkestrale inleiding is op ’n reëlmatige ritmiese figuur gebaseer wat gepaard gaan met sekwensiële beweging en ’n stygende lyn. Hierby versterk ’n stygende baslyn die intensiteit van die musiek. Met die aanvang van die woordteks is daar weer ’n styging in die melodiese kontoer, maar nou binne ’n meer sobere konteks, waarby die diatoniek ’n groter strakheid projekteer, en die orkestrale begeleiding ook minder kleurryk vertoon. Hierby verleen die kombinasies van die ritmiese eenvormigheid van die sekwense en die trapsgewyse onderliggende melodiese beweging ’n doelgerigte karakter aan die musiek.

Vanaf mate 172 tot 242 word ’n marsagtige effek aangetref waarby die gepunteerde ritmes en die orkestrasie ’n militêre effek suggereer – nietemin word selfs in hierdie kontrasterende gedeelte ’n bepaalde eenvoud behou. Ofskoon dié gedeelte harmonies as verlenging van die dominantakkoord beskou kan word, maar met VI as hulpharmonie, veroorsaak die teenstelling van VI en V, albei in grondvorm, egter parallelle beweging wat ’n strak karakter aan dié gedeelte verleen. Die woorde van hierdie gedeelte word hierdeur as sentrale boodskap van die lied beklemtoon: om moeilike omstandighede te bowe te kom, om die vyand te verslaan, en om die verantwoordelikheid wat op die Duitse jeug rus, na te kom.

Die openingsfrase keer terug in maat 25, weer eens deur groot doelgerigtheid gekenmerk, maar met ritmiese vergroting aan die einde sodat die trapsgewyse beweging vanaf maat 32 sterker na vore kom, waarna dit met ’n clichéagtige einde afsluit. Tegelyk met ’n ritardando-aanwysing in maat 32 bou die lied musikaal op tot ’n hoogtepunt, waarby die metaforiese son wat weer oor Duitsland sal opkom in die laaste paar mate musikaal-onsubtiel voorgestel word.15

Die woorde van “Auferstanden” is aanvanklik as “unpolitisch, friedvoll und allgemein verständlich” beskou (Castillon 2007:7). Selfs in betreklik onlangse beriggewing beskryf Prantl (2010) dit as “beskeie, optimisties en onideologies”, en as ’n teks wat “nie verdien het om saam met die DDR onder te gaan nie”. Nietemin wil die semiotiese ontleding wat hier aangebied word, ideologiese betekenis in die lied ontbloot.

Die openingsreël van die eerste vers dui op ’n nuwe begin – maar kon ook suggereer dat die rug op die geskiedenis gedraai word, en dat geen verantwoordelikheid vir die verlede aanvaar word nie. Dit was inderdaad ook een van die oogmerke van die nuwe DDR-regering (Kattago 2001:83). Die verwysing na auferstanden blyk ook onvanpas in terme van die sosialistiese werkerstradisie, aangesien dit eerder op die opstanding van Christus kon dui – wat binne die betrokke geskiedkundige konteks aan die Nazi’s se verbondenheid tot Christenskap herinner (Steigmann-Gall 2003). Nietemin kon die argetipiese metafooropeenvolging “staan-val-herrys” (Visagie 2013d) dui op die belofte van ’n nasie se “opkomende grootheid” na die oorlog – uiteraard nie sonder ’n menigvuldigheid van ideologiese aansprake deur die nuwe regering nie.

Die volgende paar frases stel twee wortelmetafore aan orde, naamlik dié van die dienaar en die vegter. “Laß uns Dir zum Guten dienen” (laat ons jou ten beste |dien| dui op die konstruk van diensbare landburgers, verder versterk deur die bede “Laß uns”; hiermee word toestemming gevra. Oos-Duitsland word hierdeur voorgestel as ’n “persoon” wat deur die landburgers gedien word – dit skep ’n toeganklike beeld van die land, met ’n projeksie van die “persoon” as goedgunstige “bemiddelaar” tussen die land en sy burgers.

Land(Oos-Duitsland)---/Persoon/---Dienskneg(burgers)/

Die wortelmetafore van die vegter en die dienskneg word gesuggereer deur die woord zwingen (te bowe kom) – wat dui op die oorwinning van die verlede deur middel van gesamentlike strewe. Die verwysing na sonlig (“dass die Sonne schön wie nie über Deutschland scheint” (dat die son soos nooit tevore nie oor Duitsland |skyn|) vestig die son as positiewe “na-effek” van die oorwinning, nou met vryheid en vrede vereenselwig:

Vryheid of vrede---/Lig(Son)/

Die tweede vers dui hoofsaaklik op geluk en vrede in die Duitse Vaderland, ofskoon dit nie duidelik is wie die “vyand” is nie (moontlik die Nazi’s?). Weer eens word die burgers opgeroep om in vrede na ander nasies uit te reik. Ook hier tree die wortelmetafoor van die vegter na vore, en skep dit ’n teenstrydigheid tussen die begrippe vrede en oorlog.16 Die Licht des Friedens (|lig| van vrede) beloof om harmonie te skep, en om oorlog en dood te weer – laasgenoemde word deur die “estetiese” beeld van ’n moeder wat oor haar seun rou, voorgestel:

Lig---/Vrede/---#---Oorlog---/’n moeder wat oor haar seun rou/

Die laaste vers roep uit die staanspoor ’n argetipiese beeld op: hier vestig die terme |ploeg|, |bou|, |leer|, en |skep| die beeld van die |werker| as wortelmetafoor. Hierdie figuratiewe konstruk maak dit duidelik dat die toekoms van die land nou op die skouers van die Duitse jeug rus – maar herinner ook aan die jeug se rol (as toekomstige soldate) in Nazi-Duitsland. In hierdie vers word die staat as “ouer” van die jeug voorgestel, maar ofskoon ’n utopiese konteks met die woorde “lig van vrede” en “opwaarts” gesuggereer word, wil terme soos “herrese” en “te bowe kom” daarop dui dat ’n lewe van onderdrukking moontlik in hierdie ouerlike “sorg” wag.

Ten slotte moet daar bespiegel word oor die mate waartoe Oos-Duitse burgers steeds “nasiegeoriënteer” kon wees in ’n verdeelde Duitsland. In hierdie opsig kon die woorde van “Auferstanden” moontlik verwarrend wees, deurdat dit deurentyd na “eenwording” verwys het – terwyl daar na etlike dekades nog geen uitsluitsel was oor ’n nasionale (Duitse) vereniging nie. Die skielike verbod op die lied se woorde suggereer dat twee verskillende “makrowêrelde” vanaf daardie stadium ter sprake was: die “wetstaat” teenoor die “magstaat”:

S((P2..(M1))---->(P2..))17

Hierdie konfigurasie verteenwoordig ’n demokratiese samelewing (S) wat uit menslike subjekte bestaan (P2..) wat oor mag beskik (M1), en dus oënskynlik “selfregerend” is, dog uiteindelik deur die magstaat beheer word:

S(P2..)<----M1 (staat)

Ofskoon die woorde van die DDR nasionale volkslied aanvanklik bedoel was om die ietwat naïewe hoop op ’n verenigde Duitsland te suggereer, is die DDR-burgers (toe hulle nog toegelaat was om die lied te sing) onder die indruk gebring dat hulle die realiteit van ’n “wetstaat” besing het waar hulle beter omstandighede sou geniet as wat in ander samelewings die geval was – terwyl die ware beheer in die DDR dié van ’n magstaat was.

Dit is interessant om daarop te let dat daar in hierdie lied ’n aanwesigheid van woord-toon-simboliek is wat die bogemelde semiotiese ontleding musikaal skyn te verklank: eerstens is daar ’n definitiewe melodiese aanduiding van die argetipiese metafoor-opeenvolging “staan-val-herrys” wat deur die steeds stygende en dalende melodiese lyne voorgestel word. Die strakheid en meedoënloosheid van die lied, asook die militaristiese middeldeel, herinner aan ’n oorlogslied, terwyl die stygende lyne, spesifiek vanaf maat 322, asook die sensitiewe orkestrasie, die metaforiese sonsopkoms en die ekstase waarna daar gestreef word, suggereer.

Oorkoepelend kan daar gekonstateer word dat die lied ideologies funksioneer in dié opsig dat dit wat woordteks betref, ’n onbereikbare illusie voorhou. Musikaal gesproke verteenwoordig dit ’n kombinasie van Boyd (2001:655) se gesang- en mars-idioomtipes. Vanuit ’n ideologiekritiese oogpunt sou hierdie tipering die lied as sekulêre “godsdiens” kon wettig (vergelyk ook Elgenius 2011:3). Hierby onderstreep Eisler se orkestrale begeleiding die onhaalbare utopie van die woorde by wyse van verheffende, vreugdevolle musiek, plek-plek selfs met liriese elemente – maar nietemin word dié optimisme deur strakke, militante ondertone begrens. In hierdie opsigte verteenwoordig die lied onopgeloste (ideologiese) konflik.

4.2 “Die Stem van Suid-Afrika”

Figuur 3. “Die Stem van Suid-Afrika”

“Die Stem van Suid-Afrika” was van 1957 tot 1994 die amptelike nasionale volkslied van Suid-Afrika. C.J. Langenhoven het die woorde in 1918 geskryf, en die toonsetting daarvan is in 1921 deur die NGK-predikant M.L. de Villiers gedoen. Gedurende apartheid het die lied vir anderskleurige Suid-Afrikaners die verheerliking en verabsolutering van wit kultuur verteenwoordig (Brown 1998, in Muller 2001:21) – spesifiek vanuit die sensitiewe perspektief van landeienaarskap, wat in die lied so hartstogtelik deur Afrikaners toegeëien word (Muller 2001:21). In 1997 is ’n deel van “Die Stem van Suid-Afrika” met “Nkosi sikelel’ iAfrika” (“God seën Afrika”) saamgesmelt om die nuwe, amptelike nasionale volkslied van Suid-Afrika te word (kyk Muller 2001).

Muller (2001:21) en Lüdemann (2003:23) verwys albei na die ooreenkoms tussen die openingsfrases van “Die Stem” en die Franse nasionale lied, “La Marseillaise”.18 In hierdie verband kan die gebruik van ’n opslag, die melodiese klimaks wat ’n oktaaf hoër as die openingsnote geplaas is, asook die 4/4-tydmaatteken, tipies van marsmusiek, genoem word. Die 1961-FAK-weergawe van die lied bevat ’n oormaat aanduidings met betrekking tot die lied se musikale uitvoering. Feitlik elke frase vra vir crescendi of decrescendi, geaksentueerde note, staccati en ander uitdrukkingsmoontlikhede – tot op die punt van oordrewenheid. Die aanduiding “opgewek” (wat waarskynlik as allegro verstaan kan word) is ietwat onvanpas, aangesien die lied sonder uitsondering op statige wyse gesing is (maestoso). (Volg hierdie skakel vir ’n uitvoering van “Die Stem” https://www.youtube.com/watch?v=EIrua2h1wss.) Dit is opmerklik dat daar, minstens in die eerste vers, opsigtelik moeite gedoen is om oortuigende woord-toon-verhoudinge daar te stel, soos byvoorbeeld vergestalt deur ’n dalende lyn in beide die melodie- en baslyn by “die dieptes van ons see”, die geaksentueerde note by “die kreun van ossewa”, en die melodiese hoogtepunt by “Ons sal lewe, ons sal sterwe” – wat, terloops, in terme van Visagie se semiotiese teorie, as musikale beklemtoning daarvan sou kon dien dat dit ’n hoër roeping was om vir die land te sterwe as om daarvoor te lewe. (Die triomfantelik-stygende om te pas by kwartinterval op die woorde “Suid-Afrika” skyn hierdie interpretasie inderdaad te bevestig; kyk ook Lüdemann 2003 se fyn tekening van woord-toon-verhoudinge in hierdie lied.)

Terwyl die openingsfrase van “Die Stem van Suid-Afrika”, wat op ’n uitbouing van die tonikadrieklank van E-mol Majeur berus, baie militaristies is, bewerkstellig die eerste twee frases nietemin ’n gevoel van ruimtelikheid wat ’n soort tonale “visie” van die “blou van onse hemel”, die “diepte van ons see”, en die “ewige gebergtes” verteenwoordig (mate 1–8). Vanaf maat 84 tot maat 163 volg ’n meer “epiese” atmosfeer, waarby die “ver verlate vlaktes met die kreun van ossewa” ’n soort uitbreiding word van “die kranse wat antwoord gee”, met harmoniese beweging wat om die dominant wentel. Onderliggende trapsgewyse beweging en versieringsharmonieë verskaf ’n meer liriese karakter by “Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika” (mate 123–161). ’n Meer opruiende gedeelte begin in maat 163 (“Ons sal antwoord op jou roepstem”) waar die woorde deur ’n sterk dominantakkoord beklemtoon word. Die woord “vra” verkry spesiale nadruk deur ’n sewende-akkoord op die dominant van C Mineur (VI van E-mol) wat na die tonika terugkeer ter voorbereiding van ’n oorweldigende musikale hoogtepunt by “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika”.

Wat die woordteks betref is ’n treffende aspek van “Die Stem” die sterk verpersoonliking van die land Suid-Afrika wat in die eerste drie verse aangetref word. Die eerste vers beskryf hoe die |”stem van ons geliefde”| deur (ons) natuur na ons roep:

Land---/Persoon(Minnaar)/

Die antwoord op hierdie “roep” suggereer dat daar geen aarseling sou wees om aan die eis van die geliefde te beantwoord nie (“ons sal antwoord op jou roepstem”), of dat diegene wat aangespreek word, sou huiwer om op te offer wat ook al gevra word nie. (Dit herinner aan die Ou-Testamentiese offer van Abraham.) Die bykans idilliese uitbeelding van die Natuur (N2) (die “blou van onse hemel”; die “dieptes van ons see”; die “ewige gebergtes”; die “ver verlate vlaktes”) word versteur deur Kultuur (M2) en Geskiedenis (M3)19 – soos uitgebeeld deur die ossewa. Verder stel die ossewa ’n baie spesifieke nasie voor, waarvan die Kultuur (M2) ’n hipernormatiewe status beklee wat dié van ander groepe verdring:20

/Ossewa/---S(mense(Afrikaner(M2, M3)))

Dit kom dus daarop neer dat daar in die bogemelde konstruk drie makromotiewe aanwesig is, wat soos volg omskryf kan word: die ware mag van hierdie nasie (S) setel in die kultivering (M2) van die land (N2) – ’n hoogs ideologiese “drie-eenheid” waarvan die bykans religieus-eerbiedige aard binne die konteks van “Die Stem” gemaskeer word (Visagie 2013e).

Ook wat betref die eerste vers van hierdie lied kan musikale inhoud geïdentifiseer word wat die bogemelde semiotiese uitleg ondersteun. ’n Musikale “drie-eenheid” is naamlik ook in die lied se frasestruktuur aanwesig: Mate 1–8 dui op die “roep” om kultivering van die land; die meer liriese gedeelte vanaf mate 9–16 dui op die “wydheid” en “allesomvattendheid” van die land; terwyl die opruiende koorgedeelte vanaf mate 17–24 die ewige en opofferende trou van die nasie besing.

Die emosionele opsweping van die eerste vers word in die tweede vers selfs nog méér versterk: hier word vaderlandsliefde in liggaam en gees, verlede en toekoms, asook lewe en dood beloof. Die Afrikaners is dus in alle opsigte getrou aan hul vaderland: hulle is die |kinders van Suid-Afrika|:

Land---/Persoon(Ouer)/

Die |ouer| is dus alomteenwoordig om na die “kinders” (die Afrikanernasie) om te sien, in lewe en ook in die dood – sodat kwalik verskuilde godsdienstige dimensies weer eens bespeur kan word. Die algehele oorgawe wat in die derde vers ter sprake kom (“op jou roep seg ons nooit nee nie, seg ons altyd, altyd ja”) word musikaal benadruk deur middel van geaksentueerde note in mate 191 en 201; hierdie openlike, aanmatigende blyk van indoktrinasie verskyn telkens in die laaste twee reëls van elke vers.

Die laaste, ideologies mees uitgesproke vers is ’n gebed wat aan die Almagtige gerig word, met die bede vir krag om dit wat aan die nasie se voorsate geskenk is (die land Suid-Afrika), te onderhou en te bewaar, en dat die diensknegte sal leer om op God te vertrou. God regeer en daarom sal Suid-Afrika, en die Afrikanernasie, vooruitgaan en sy Godgegewe doel bereik. Hier word die oppermagtigheid van God bely (P2, een van die mees verhewe makromotiewe), maar terselfdertyd word die fundamentele mag van die “drie-eenheid” (S, M2, N2) herbevestig, waardeur ’n basies onversoenbare botsing van twee primêre magte ontstaan (Visagie 2013e). Die volgehoue gebruik van “ons” in hierdie lied beklemtoon telkens die Afrikaner se nasionale trots, terwyl dit enige ander landsgroepe effektief uitsluit. Die sterk fokus op Christelik-nasionale beginsels lê groot klem op die Afrikanernasie se oortuiging dat dit hul Godgegewe reg was om te regeer, en om die “vyand” in bedwang te hou – dit was immers die Afrikaner se roeping om die Christelike lig na donker Afrika te bring.

Wat musikale idioomtipe betref (vergelyk weer Boyd 2001:655), kan “Die Stem van Suid-Afrika” nie sonder meer as mars- of gesang-tipe geplaas word nie, ofskoon dit eienskappe van beide dié tipes bevat. (Die openingsarpeggio van die lied sou ook as kortstondige “fanfareagtige” element gesien kon word.) Lüdemann (2003:23) wys op die gebruik van die E-mol Majeur “Eroica”-toonsoort wat in die 1937 en 1961 FAK-bundels gebruik is.

In samehang met ’n stadige harmoniese ritme verleen dié toonsoort inderdaad ’n statige, heroïese karakter aan die lied wat die kwalik-bedekte godsdienstige strekking van die woorde op feitlik gewyde wyse onderstreep. Dit is opvallend dat die intervalsamestelling op die woorde “blou van onse hemel”, “ewige gebergtes” en “ons sal lewe, ons sal sterwe” ooreenstem, waardeur die ideologiese gedagte van “sterwe vir die land” (oftewel die “bloed en bodem”-idee) weer opgeroep word. Hierdie gedagte skyn veral in die laaste reël van die vers beklemtoon te word: die hele maat by “sterwe” (maat 22) berus op ’n verlenging van die supertonika-akkoord, terwyl die daaropvolgende woorde (“ons vir jou”) via ’n kadensiële 6/4-akkoord beweeg na “Suid-Afrika”, waar die bas- en melodiese lyne trapsgewys in teenoorgestelde rigtings beweeg, om sodoende ’n ekstatiese effek te vestig. Dit dui terselfdertyd op die allesomvattendheid van die “belofte” aan die land Suid-Afrika.

4.3 “Afrikaners, Landgenote”

Figuur 4. “Afrikaners, Landgenote”

In die inleidende bespreking van “Das Deutschlandlied” is daar reeds aangedui dat die melodie van die patriotiese lied “Afrikaners, Landgenote” aan die Duitse nasionale volkslied ontleen is. Ook is dit gestel dat Haydn die lied oorspronklik in 1796 vir ’n verjaardag van keiser Franz II gekomponeer was, en dit later weer in sy Strykkwartet Opus 76 nr. 13 gebruik het.21

Wat die Afrikaanse weergawe betref, het Nico Hofmeyr die woorde en melodie vir die lied geskryf, maar Haydn se melodie het die voorkeurweergawe geword, moontlik veral vanweë die gedrae, “gewyde” aard van die melodie. “Afrikaners, Landgenote” het ’n belangrike rol in die herlewing van die Afrikanernasie gespeel in die tyd voordat “Die Stem van Suid-Afrika” in 1957 as nasionale volkslied vasgestel is. Ná ’n nederlaag gedurende die Anglo-Boereoorlog wat in 1902 geëindig het, was Afrikanermoreel laag, en was daar geen behoefte om die ou Republikeinse liedere te laat herleef nie. “Afrikaners, Landgenote” het egter aanklank by die ontmoedigde nasie gevind, en gevolglik is dit dikwels by amptelike Afrikanerbyeenkomste en -seremonies gesing – bykans asof dit ’n nie-amptelike nasionale volkslied was (Theunissen 1938:17). (Volg hierdie skakel vir ’n aangepaste Afrikaanse weergawe van die lied, soos uitgevoer deur Chris Chameleon: https://www.youtube.com/watch?v=2JDUwUvS__o.)

Theunissen (1938:30) voer aan dat drie vereistes vir ’n volkslied soos volg uiteengesit kan word: die woorde moet inspireer, die musiek moet verhewe wees, en dit moet melodies eenvoudig wees, sodat dit maklik singbaar sou wees (spesifiek in die buitelug). “Afrikaners, Landgenote” beantwoord aan al hierdie vereistes. Soos die ander liedere wat in hierdie artikel bespreek word, het dit ’n eenvoudige melodiese lyn. Die eerste vier mate word herhaal, en word dan opgevolg met nuwe materiaal, wat ook uit ’n viermaatfrase bestaan. Die finale frase, wat ook herhaal word, begin met ’n forte, wat die hoogtepunt van die lied aantoon, en ook, vir die laaste keer, die woorde “Afrikaners, Landgenote”, “Afrikaanse Moeders, Dogters”, en “Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde” beklemtoon. Dit is ’n historiese gegewe dat belangrike Afrikanerbyeenkomste in die buitelug gehou is, waar hierdie lied sekerlik gesing sou gewees het; hierbenewens het studente van Stellenbosch-universiteit die lied in 1940 in Adderleystraat in Kaapstad gesing na gevegte wat met die “Stryd van Andringastraat” verband gehou het.22 Die woorde van “Afrikaners, Landgenote” is ’n vrye vertaling van “Das Deutschlandlied” wat in die inleiding tot hierdie artikel bespreek is.

Die eerste vers van “Afrikaners, Landgenote” roep om |getrouheid| aan die nasie (Afrikaners) en die taal (Afrikaans). Hoewel die idee van “getrouheid” met die eiesoortige velde van etiek en teologie verbind kan word, toon die Suid-Afrikaanse geskiedenis dat die etiese kwessie om getrou aan ’n taal of kultuur te wees, ten diepste met teologies-godsdienstige kwessies vermeng is. Die gebruik van hoofletters by die woorde “Volk” en “Taal” toon duidelik watter uitsonderlike waarde daar in hierdie lied aan die begrippe nasie en taal gegee is. Die beroep op getrouheid brei verder uit na getrouheid aan die self, en “mekaar”, wat binne die konteks van die lied slegs op die Afrikanernasie dui:

Nasie en Taal---/Regeerder(s)/---/Dienaar(Afrikaner)/

Indien daar nagedink word oor watter /Regeerder(s)/ van groter, of selfs van hipernormatiewe belang in hierdie lied sou wees, word hierdie vraag in die volgende vers opgeklaar: “Afrikaanse Moeders, Dogters” en “Afrikaans son en veld”. Die gebruik van die woord “Afrikaans” (en nie “Afrikaner” nie) verdien ook aandag: wat hier nie misgekyk moet word nie, is die geweldige “mag” van die Afrikanernasie wat op die agtergrond skuil, en waarby nasie en taal die lewens van individue beheer – individue wat trots is daarop om deur hierdie Hoër Ideale “regeer” te word. Dus kom die makromotief van Kultuur (waarby Afrikaans ingesluit is) hier na vore – dog ingeklee in die grootse mag van die Natuur, en verhef tot niks minder nie as die “hemelse son” (Visagie 2013f):

M2(Afrikaner(Afrikaans))---N2(son en veld)/

Dit is ’n oop vraag of die Afrikanermoeders en -dogters wêreldwyd geroem is, maar die Suid-Afrikaanse landskap was waarskynlik bekend in die res van die wêreld. Die twee groepe vroue stel twee verskillende geslagte voor, waarby die dogters die verpersoonliking van die volgehoue groei van die Afrikanernasie voorstel, met die “hoër” doel van hoop en liefde, wat deur die “volksmoeders” in hul geplant is:

M2(Afrikaner)---/N2(groei)---/moeders en dogters//

Die laaste vers kan herlei word na die gelykstaande Duitse nasionale volkslied, hoewel “liefde” in die Afrikaanse weergawe as bykomende “voordeel” tot eenheid, vryheid en reg ingevoeg is. Dit is egter terselfdertyd duidelik dat die kenmerke waarvoor daar geveg en gestrewe moet word, baie ingeperk is – daar word slegs na “ons” geliefde Nasie en Vaderland verwys (let ook op dat hoofletters gebruik word):

M2(Afrikaner)---->M2 ..(ander kulture)

Om verdere kommentaar op die gebruik van hoofletters in “Afrikaners, Landgenote” te lewer, kan daarop gewys word dat die woorde wat in hierdie lied met hoofletters geskryf word, normaalweg in Afrikaans met kleinletters aangedui word. Dit beteken dat “Landgenote”, “Volk”, “Taal”, “Moeders”, “Dogters”, “Eenheid”, “Vryheid”, “Reg”, “Liefde”, “Vaderland”, en “Land” vir die skrywer van die lied van groot belang was, of, alternatiewelik, vir die betrokke FAK-redaksiekomitee. Indien hierdie begrippe gekategoriseer word, lei dit tot die volgende konstrukte: Nasie (landgenote, moeders, dogters), Taal (Afrikaans) en Vaderland (eenheid, Vryheid, reg en liefde) – dieselfde sterk verideologiseerde “drie-eenheid” wat in die ontleding van “Die Stem van Suid-Afrika” na vore gekom het. In terme van die musikale idioomtipe van die lied, naamlik ’n gesang (vergelyk Boyd 2001:655), beklemtoon die gewyde, gedrae aard van die melodie die kwasigodsdienstige ideologiese inhoud, wat Nasie, Taal en Vaderland vereer en “heilig maak”.

4.4 “Vlaglied”

Figuur 5. “Vlaglied”

Die toonsetting van “Vlaglied” met sy vol-akkoordale, digte begeleiding is deur F.J. Joubert gedoen. Die woorde, ontleen aan die gedig “Ons eie vlag”, is in 1926 deur C.J. Langenhoven geskryf, toe die Unie-regering ’n komitee benoem het om ’n nuwe vlag te ontwerp wat meer geskik sou wees as die Britse Union Jack (Mulder en Cruywagen 1964:247). Steyn (2013:266) toon aan dat die lied in die eerste uitgawe van die FAK-sangbundel (1937) as nr. 39 in die afdeling “Volk- en Vaderland” verskyn het; daarna het dit in die 1961-uitgawe as nr. 29 in dieselfde afdeling verskyn, en in die derde uitgawe van die bundel (1979) as nr. 3 (net na “Die Stem van Suid-Afrika”). In al die gevalle is slegs die teks van die vierde vers van die lied gebruik.

“Vlaglied” is tydens die inwyding van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961 deur ’n kinderkoor gesing, en word, met uitsondering van “Die Stem van Suid-Afrika”, as een van die gewildste liedere in die afdeling “Volk- en Vaderlandsliedere” van die FAK-liedboek beskou. Die betreklik beperkte tonale omvang van die eerste helfte van die lied, herhalende frases en gepunteerde ritmes dra daartoe by dat hierdie lied, hoewel eenvoudig in struktuur, besonder bevredigend is om te sing. Die 4/4-maatslag word versterk deur die kragtige, eenvoudige vierslag ritmiese patroon in die baslyn, wat eie is aan marsmusiek. Die fermatas in mate 12 en 16 bied nie alleen ’n nodige verposing nie, maar dra by tot die narratiewe dramatiek en oorredende impak van die lied. Die voortgaande harmoniese opbou, wat in maat 19 ’n hoogtepunt bereik, dien tot verdere verhoging van die lied se majestueuse gevoel, en tot die opruiende aard daarvan as behorende tot die mars-idioomtipe. (Die enigste weergawe van “Vlaglied” wat op YouTube beskikbaar is, kan met die volg van hierdie skakel gehoor word https://www.youtube.com/watch?v=Gy2kIvVM_Ek.)

In “Vlaglied” word daar weer eens ’n verpersoonliking van die land Suid-Afrika aangetref, en wel in die eerste twee reëls, waar die land as |ouer| van gehoorsame kinders voorgestel word:

Land---/Persoon(Ouer)/

Die liefdevolle verhouding wat tussen ouer en kind veronderstel word, is egter, binne die konteks van die lied, versteur. Die ouerliefde is voorwaardelik: die kinders hoef nooit te vra wat die vlag beteken nie; hulle móét trouens nie vra nie, want hierdie gewigtige vraag word reeds triomfantelik beantwoord in terme van wat die vlag simboliseer, naamlik die ewige verseëling van die Afrikaner se vryheid en reg:

M2(Afrikaner)---/Vlag(Vryheid en Reg)/

Ofskoon die utopiese ideaal van vryheid en reg vir “naaste, vreemde, oorman en kneg” met oorgawe besing word, was gelykberegtiging binne die apartheidskonteks ’n onbereikbare (en ongewenste) ideaal. Die kontras tussen naaste en vreemde, asook oorman en kneg word des te sterker onder die verbeelde eenheid van die /vlag/ afgeëts (Visagie 2013g). Daar kan gevra word tot watter mate die kneg se lojaliteit die verabsolutering van die vlag sou insluit.

Die aanname van “Vlaglied” is egter duidelik: ons kinders se kinders sal steeds in ons erfenis deel. Hiervan is Langenhoven sodanig oortuig dat dit sy verwagting is dat selfs die ongebore generasies wag om hul erfenis in besit te neem. Hierdie “eienaarskap” veronderstel geen wettige proses nie, want dit alles berus in die |Hoogste| hand (God in sy almagtigheid (M1) regeer oor Samelewing):23

M1---/Hoogste(P1(God))/--->S(M1)

Musikaal word “Vlaglied”, ten spyte van deurlopende gepunteerde ritmiese figure, in sy geheel deur ’n bepaalde majestueuse gewydheid gekenmerk. Aan die einde van die lied styg die melodie algaande (mate 17–19), en daal dan in maat 20. Hierdie melodiese bewegings kan as ’n simboliese vergestalting van innige toe-eiening, en koestering, verstaan word.

In terme van ’n semiotiese figuratiewe uitleg kan dié “vertroeteling” egter meer krities verstaan word: deur die vlag te hys het die Afrikanernasie daarna opgekyk en dit gerespekteer, en dit in hulle harte |gedra|, sodat intense liefde daarvoor gekoester is. Die algehele eienaarskap van die land word hier deur “dubbele besitsug” gesuggereer: “ons” “eie” Suid-Afrika. Ofskoon die Afrikaners “vry” is, is hulle dienaars van die Almagtige wat hulle van enige knegskap vry maak – behalwe dié wat uitgaan van nasie en land. Steyn (2013:275) merk egter op dat ofskoon godsdienstige versekering in die vierde vers van “Vlaglied” sterk op die voorgrond tree, daar geen sprake van gebed is nie; eerder word besitreg “uitdagend en brutaal verklaar”:

Ons nasie se grondbrief van eiendomsland
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.

Soos hier bo genoem is, dateer “Vlaglied” uit ’n tydperk van die Afrikaner se geskiedenis (1926–1927) toe die Afrikanerregering ’n nuwe vlag vir die Unie wou ontwerp. Die toewyding aan die vlag, wat so duidelik in hierdie lied gestaaf is, maak dit duidelik dat die simbool van die vlag van die uiterste belang vir die Afrikanernasie was. Die nasie se strewe na eenheid in daardie jare het egter gemeenskappe wesenlik verbrokkel tydens die apartheidsjare, met die gevolg dat die aanspraak dat die vlag “naaste, vreemde, oorman en kneg” vandag uiters vals klink. Hierdie vertolking stem ooreen met Elgenius (2011:57) se waarneming dat landsvlae aan die een kant eenheid simboliseer, maar aan die ander kant as instrumente van radikale verdeeldheid mag optree: “Flags can be uniting yet divisive symbols, and used as instruments or counter-instruments; some are used to honour, others to dishonour.” Die emosionele geladenheid van ’n landsvlag setel egter in ’n bykans “heilige” koestering van dié patriotiese simbool; soos wat Elgenius (2011:57) aanvoer, hang dié tipe verering ten nouste saam met die ritualisering van nasie.

Hierdie tipe ritualisering blyk sterk in Steyn (2013) se ontleding van die volledige woordteks van “Vlaglied”, soos vergestalt in die aanwesigheid van ’n versameling Afrikaner-meestersimbole wat sy aan die hand van Du Preez (1983) toepas. Die ongepubliseerde tweede vers van die lied is byvoorbeeld ’n kragtige uitbeelding van die meestersimbole van nasie/volk en van blanke oorheersing (Steyn 2013:277, 278) – of, soos wat die simboliek suggereer, blanke “koningskap”:

Die vlag is die beeld van ons majesteit
Ons nasie se septer, ons volk se kroon
Die regterhands-waarborg aan al wat hier woon ...
Om elkeen sy eer en sy roem te behou
Om te voel ons is niemand se minderes nou.

Méér treffend nog is die kwalik verbloemde sublimering van rassuiwerheid in dieselfde vers (vergelyk weer die invloed van Nazi-ideologie), asook verwysings na die meerstersimbole van militarisme en manlikheid (Steyn 2013:280):

Dat burger by burger as een man sal staan
Om skoon en onskendbaar te hou daardie vaan
Aan ander ’n waarskuwing, wie ook kom pla
Pasop vir die seuns van Suid-Afrika.

4.5 “Die Lied van Jong Suid-Afrika”

Figuur 6. “Die Lied van Jong Suid-Afrika”

In teenstelling met “Die Stem van Suid-Afrika”, bevat “Die Lied van Jong Suid-Afrika”, waarvan die woorde deur Eitemal24 en die toonsetting deur Hugo Gutsche geskryf is, geen musikale terme of enige ander aanduidings oor hoe dit uitgevoer moet word nie. In postapartheid Suid-Afrika is die lied steeds gewild onder regsgesindes en regse organisasies, wat ’n aanduiding is van die impak en belang daarvan gedurende apartheid (Witarend 2010; AWB Pretoria 2015:13). (Volg hierdie skakel vir Zak van Niekerk se weergawe van die lied, foutiewelik aangedui as “Vlaglied” https://www.youtube.com/watch?v=m5YHa1IR11M, asook ’n meer amptelike openbare uitvoering daarvan https://www.youtube.com/watch?v=4ebldATXe9s.)

Op grond van die musikale eienskappe daarvan klassifiseer Lüdemann (2003:28) hierdie lied as behorende tot Duitse volksliedere, asook tot marsmusiek, as gevolg van die 4/4-maatslag en die gepunteerde ritmes wat die musiek vorentoe dring. Ook bevat dit herhalende melodiese frases en ’n eenvoudige woordteks. Die opruiende aard van die lied is moontlik in die “oorlogskarakter” daarvan geleë; dit toon ’n deurlopende kombinasie van stygende en dalende melodiese lyne, gekenmerk deur ’n fanfareagtige melodiese opening, asook opvallend geskeie (disjunkte) beweging, en swak metriese passing (die totale aantal mate is 23). Die eerste vier mate skep ’n sterk, ritmiese inslag wat deur die gebroke akkoorde in die begeleiding versterk word, terwyl die daaropvolgende vier mate ’n meer liriese gevoel projekteer, moontlik as gevolg van die meer gedrae basbegeleiding. In ooreenstemming met die woorde neem die laaste vier mate ’n triomfantelike karakter aan, sodat die lied uiteindelik oorkoepelend as ’n tipe fanfare slaag. Wat idioomtipe betref (vergelyk Boyd 2011:655), behoort dit dus tot die marstipe nasionale volkslied – dog met elemente van ’n fanfare.

Die eerste vers begin met ’n gebroke-akkoord-melodie, wat die dramatiese impak van die openingsreël verhoog: “En hoor jy die magtige dreuning?”. Hier doen die woord “sweef” (om die aankomende dreuning te beskryf) vreemd aan. Dit is ook nie duidelik wie by die aanhoor van hierdie lied (die “dreuning”) moet “sidder en beef” nie; die Afrikanernasie, of die anderskleurige landgenote?

In die daaropvolgende verse |erken| die Natuur die koms van die Jong Suid-Afrika; die diere staan stil en |luister|, bome |bewe| en |fluister|, en in grotte en klowe word die klank van skote |gehoor|. Dit kom dus neer op ’n emosioneel-belaaide “dokumentering” van die Afrikaner se geskiedenis, waarin die ossewawiele die gang van die geskiedenis kom versteur het en die onbekende al vegtend ingevaar is.

Natuur---/Persoon/

Die verpersoonliking van die Natuur val ook in die derde vers op waar die son die berge oor hul fronsende voorkop |streel|, en die wind oor die grasvelde |speel|. Hierdie verbeeldingryke, feitlik idilliese beskrywing van Suid-Afrika word onderbreek met ’n herinnering aan diegene (“ons vaders”) wat die land “met bloed” gekoop het (weer eens ’n verwysing na die “bloed en bodem”-filosofie). Die Afrikanernasie het die land dus “oorwin” (N2) en daarom is dit nou hul duurbetaalde erfenis:

M2(Afrikaner)---->N2

Afgesien daarvan dat die ossewawiele die gang van die geskiedenis aan die suidpunt van Afrika kom “versteur” het, val die oormoedige idee dat ’n “klein” nasie die Natuur hier kom oorheers het, op. In die laaste vers word ’n idilliese beeld van vrede geteken met die Natuur as “tuiste”, en “vryheid” as enigste “koning” (“heerser”) van die Afrikanernasie:

M2(Afrikaner(Vryheid))---N2(veld en hemele)/

Daar is egter erkenning van die feit dat vrede harde werk kos; dat dit “gehandhaaf” en “gebou” moet word. Daarom word ’n eed afgelê dat die geveg volvoer sal word totdat die nasie “sterf” of “wen”. In hierdie vers word God nie genoem nie, en neem Vryheid Sy plek as Koning:

M1(Vryheid)---->M1(God)

In hierdie lied word vier woorde uitgelig deurdat dit in hoofletters aangebring is: “LIED”, “KOMS”, “LAND”, en “EED”. Dit wil voorkom asof hierdie woorde, asook die verse waarin dit verskyn, soos volg geïnterpreteer sou kon word: “waarskuwing”, “handeling”, “werklikheid” en “toekoms”. Die koms van die Afrikaner word by wyse van ’n lied aangekondig (’n waarskuwing). Hierdie lied moet gevrees word (deur die werklikheid), want die toekoms en vryheid behoort aan die Afrikaner. In hierdie opsig kan die lied dus as ideologiese self-verering dien wat die mite van Afrikanernasionalisme vier, eer, en “waarmaak”.

 

5. Ten slotte

Die ontleding van ’n aantal patriotiese liedere in hierdie artikel het ten doel gehad om ideologiese inhoud grondliggend aan dié tekste bloot te lê. In hierdie opsig is aangetoon dat liedere wat oënskynlik “onskuldig” of “kwasigewyd” in inhoud is, ideologiese simboliek versluier. Inleidend is daar ten opsigte van “Das Deutschlandlied” getoon dat musikale gewydheid of verhewenheid ideologiese inhoud mag verbloem, terwyl die estetiese (of selfs historiese) aspekte van ’n lied ideologie terselfdertyd mag bevorder. Ook het dié bespreking gedien om aan te toon hoe verskillende sosiaal-politiese kontekste die ideologiese inslag van ’n lied radikaal mag verander.

Wat betref die DDR nasionale volkslied het die ontleding op onopgeloste ideologiese konflik gedui, soos uit die aanwending van teenstrydige simbole en beelde geblyk het. In “Die Stem van Suid-Afrika” is ’n ideologiese “drie-eenheid” uitgewys wat Nasie, Taal en Land op bykans gewyde wyse vereer. “Afrikaners, Landgenote” met sy sterk Duitse wortels toon weer eens die roep om getrouheid aan Nasie, Taal en Land; musikaal gesproke vergestalt albei liedere ’n kwasigodsdienstige, statige “gewydheid”.

In ons ontleding van “Vlaglied” blyk hierdie lied gekenmerk te word deur ’n dubbele “Afrikaner-besitsug” (vergelyk “ons” “eie” Suid-Afrika). Oorkoepelend word daar bevind dat die bykans heilige koestering van die vlag soos in dié lied vergestalt, op die ritualisering van die Afrikanernasie dui. Die aanspraak van die lied op ’n vlag wat oor “naaste, vreemde, oorman en kneg” sou wapper, klink vandag egter uiters vals.

“Die Lied van Jong Suid-Afrika”, wat musikaal as ’n tipe oorlogsmars met triomfantelike elemente van fanfare gekarakteriseer kan word, toon besonder ingewikkelde magsverhoudinge. Hier blyk dit dat die Natuur (land) nie slegs stilgestaan het om die Afrikaner se magtige koms te erken nie, maar dat dit deur dié nasie met bloed “gekoop” en “oorwin” is (weer eens die “bloed en bodem”-filosofie). Die Natuur word die Afrikanernasie se besit – maar in hierdie “tuiste” neem Patriotiese Vryheid, as Hoogste Ideaal, uiteindelik God se plek as Koning (Heerser) in.

Die metode wat in die ontledings toegepas is, naamlik Johann Visagie se Figuratiewe Semiotiese Teorie, het, in die geval van die liedtekste wat hier ondersoek is, ’n sistematiese filosofiese raamwerk daargestel waarvolgens ideologiese inhoud in die liedere blootgelê is. Ofskoon ideologiese ontleding tot ’n mindere mate op die betreklik eenvoudige musikale gegewe van die liedere van toepassing gemaak kon word, het dit wel bepaalde figuratiewe interpretasies gesuggereer waarteen ’n meer intensiewe ontleding van die woorde geprojekteer kon word. Ideologiese betekenis is byvoorbeeld musikaal opvallend beklemtoon in “Die Stem van Suid-Afrika” deurdat die melodiese hoogtepunt van die lied, soos in ’n triomfantelik-stygende kwartinterval vergestalt, saamval met die woorde “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”.

Om weer kortliks na Thompson (1990:6) se ideologiese tekstuele strategieë te verwys, kan daar oorkoepelend gekonstateer word dat die liedere wat ondersoek is, wel bepaalde verwronge “werklikhede” aan die hand van rasionalisering, universalisering of narratiewe daarstelling wou “wettig”; dat daar in hierdie opsig van bepaalde kulturele stylfigure gebruik gemaak is; dat daar baie sterk elemente van “eenheidsmaking” aangetref is; dat fragmentering toegepas is in terme van die “uitwissing van die Ander”, en laastens, dat hierdie “verideologisering” van die tekste aangebied is asof die “werklikhede” wat daarin geteken is, maar “altyd so was”, en “altyd so sal wees” (reification; naturalisation; eternalisation; kyk weer Thompson 1990:6).

Dit is veral die teorie se ontginning van dieptestruktuurbetekenisse in musikale diskoers wat dit van waarde gemaak het vir die tipe ontledings wat hier aangebied is, aangesien ideologiese voorstellinge van nasionale identiteite sterk in die ontledingsproses afgeëts is, en FST hierby gedien het om die ideologiese meganismes, waarop ’n bepaalde historiese bewussyn onderliggend aan hierdie identiteite (wan)voorgestel is, te ontmasker.

Dié tipe ontleding is van belang ten opsigte van ’n kritiese terugblik oor Afrikanergeskiedenis soos in die gekose patriotiese liedere vergestalt – spesifiek waar Duitse verering en “oordrag van waardes” tydens die apartheid-era ter sprake kom. Elgenius (2011:1) argumenteer dat die algemene publiek en selfs akademici soms redeneer dat simbole nie deel van die “regte” wêreld vorm nie. Ons het hier probeer aantoon dat die omgekeerde teendeel geld, en dat metaforiese ontleding sentraal kan staan wat betref simboliese “begrensing” en die uitbreiding van ideologiese “grondgebied”. In hierdie opsig mag figuratiewe vorme soos patriotiese liedere, soos ons geredeneer het, kragtige politieke instrumente word ter vergestalting van nasiebou, -eenheid en -trots, en verteenwoordig dit op hierdie wyse “betekenis in die diens van mag”.

 

Bibliografie

Aldinlou, N.A., H.N. Dehghan en M. Khorsand. 2014. Ideology, change and power in literature and society: a critical discourse analysis of literary translations. International Journal of Applied Linguistics and English Literature, 3(6):260–71.

Applegate, C. en P. Potter (reds.). 2012. Music and German national identity. Chicago: University of Chicago Press.

AWB Pretoria. 2015. Sweepslag. http://awb.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Sweepslag-201501-02.pdf (9 April 2017 geraadpleeg).

Baker, A. 2003. Baker on Feinstein. “State symbols: the quest for legitimacy in the Federal Republic of Germany and the German Democratic Republic, 1949–1959”. Humanities and Social Sciences Online. https://networks.h-net.org/node/35008/reviews/43704/baker-feinstein-state-symbols-quest-legitimacy-federal-republic-germany (5 September 2017 geraadpleeg).

Boyd, M. 2001. National anthems. In Sadie (red.) 2001.

Brady, T.A. en R. Chickering (reds.). 2001. Studies in central European history. Boston: Brill Academic Publishers.

Brockmann, S. 2016. Resurrected from the ruins. In Leeder (red.) 2016.

Brown, S. en U. Volgsten (reds.). 2006. Music and manipulation: On the social uses and social control of music. Oxford: Berghahn Books.

Brunner, H. 2008. Annäherungen: Studien zur deutschen Literatur des Mittelalters und der Frühen Neuzeit. Berlyn: Schmidt (Erich).

Castillon, M. 2007. Das Problem mit der Nationalhymne: Einheitshymne vs. SED-Doktrin. Norderstedt: GRIN Verlag.

Cerulo, K.A. 1989. Sociopolitical control and the structure of national symbols: an empirical analysis of national anthems. Social Forces, 68(1):76–99.

—. 1993. Symbols and the world system: National anthems and flags. Sociological Forum, 8(2):243–71.

Cipriani, F.D. 2015. “Totally badass music”: The Soviet national anthem as a communication design. Musicology and Cultural Science, 2(12).

De Gruchy, J. en S. De Gruchy. 2005. The church struggle in South Africa. Minneapolis, MN: Fortress Press.

De Villiers, D. (red.). 1961. Nuwe FAK-Sangbundel. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Bpk.

De Villiers Human, S. 2005. Explosions in visual art, literature and music. The International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 36(1):179–97.

De Villiers Human, S. en P.J. Visagie. 2002. Reception, deception, illusion and magic: feminism and theoretical practice. Acta Academica Supplementum, 2002(1):91–112.

Dischereit, E. 2007. “Mama, darf ich das Deutschlandlied singen?”. In Hall (red.) 2007.

Du Preez, J.M. 1983. “Africana” Afrikaner. Meestersimbole in Suid-Afrikaanse skoolhandboeke. Alberton: Librarius.

Elgenius, G. 2011. Symbols of nations and nationalism: Celebrating nationhood. Londen: Palgrave Macmillan.

Evans, R. 2012. The Third Reich in power, 1933–1939. Londen: Penguin Books.

Eyerman, R. en A. Jamison. 1998. Music and social movements: Mobilizing traditions in the twentieth century. Cambridge: Cambridge University Press.

Fairclough, N. 2013. Critical discourse analysis: The critical study of language. New York: Routledge.

Feinstein, M.M. 2001. State symbols: The quest for legitimacy in the Federal Republic of Germany and the German Democratic Republic, 1949–1959. In Brady en Chickering (reds.) 2001.

Fitsch, D.E. 2011. The end of evangelicalism? Discerning a new faithfulness for mission. Eugene, Oregon: Cascade Books.

Foucault, M. 1980. Power/Knowledge. Selected interviews and other writings (1972–1977). New York: Pantheon Books.

Geisler, M.E. 2008. National symbols. In Herb en Kaplan (reds.) 2008.

Gutsche, H. (red.). 1937. FAK-Volksangbundel. Pretoria: J.H. de Bussy.

Hall, K. (red.). 2007. Esther Dischereit, Cardiff: University of Wales Press.

Hanson, J. 2013. German national song in the Third Reich: A tale of two anthems. Music and Politics, 7(1):1–12.

Hatten, R.S. 2012. On metaphor and syntactic troping in music. In Sheinberg (red.) 2012.

Herb, G. en D. Kaplan (reds.). 2008. Nations and nationalism: A global historical overview. Santa Barbara, Kal.: ABC-CLIO.

Hermand, J. 2002. On the history of the Deutschlandlied. In Applegate en Potter (reds.) 2002.

Karbusicky, V. 1975. Empirische Musiksoziologie, Erscheinungsformen, Theorie und Philosophie des Bezugs “Musik-Gesellschaft”. Wiesbaden: Breitkopf & Härtel.

Kattago, S. 2001. Ambiguous memory: The Nazi past and German national identity. Westport: Praeger Press.

Korpe, M., O. Reitov en M. Cloonan. 2006. Music censorship from Plato to the present. In Brown en Volgsten (reds.) 2006.

Krüger, A. 2007. Verschwundenes Land – verschwundene Lieder? Die Singebewegung der DDR. München: GRIN Verlag.

Kyridis, A., A. Mavrikou, C. Zagkos, P. Golia, I. Vamvakidou en N. Fotopoulos. 2009. Nationalism though state-constructed symbols: The case of national anthems. The International Journal of Interdisciplinary Social Sciences, 4:1–18.

Ladd, B. 2004. Book review. State symbols: The quest for legitimacy in the Federal Republic of Germany and the German Democratic Republic, 1949–1959. The Journal of Modern History, 76(2). http://www.jstor.org/stable/10.1086/jmh.2004.76.issue-2 (5 September 2017 geraadpleeg).

Lakoff, G. en M. Johnson. 2003. Metaphors we live by. Chicago: Chicago University Press.

Lakoff, G. en M. Turner. 1989. More than cool reason: A field guide to poetic metaphor. Chicago: Chicago University Press.

Leeder, K. (red). 2016. Rereading East Germany: The literature and film of the GDR. Cambridge: Cambridge University Press.

Leonard, C. 2013. Oh Broeder, where is the volk now? Mail & Guardian, 12 April. https://mg.co.za/article/2013-04-12-00-oh-broeder-where-is-the-volk-now (6 September 2017 geraadpleeg).

Lüdemann, W. 2008. Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad. LitNet Akademies, 5(1):58–67. http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_5_1_ludemann.pdf.

—. 2003. Uit die dieptes van ons see: An archetypal interpretation of selected examples of Afrikaans patriotic music. South African Journal of Musicology, 23:13–41.

Malzahn, C. 2006. Deutsche nationalhymne: “Die blödsinnigste Parole der Welt”. http://www.spiegel.de/kultur/literatur/deutsche-nationalhymne-die-bloedsinnigste-parole-der-welt-a-422419.html (11 Februarie 2013 geraadpleeg).

Monelle. R. 1992. Linguistics and semiotics in music. Chur: Harwood Academic Publishers.

Mulder, C.P. en W.A. Cruywagen. 1964. Die eerste skof van die Nasionale Party in Transvaal, 1914–1964. Johannesburg: Transvaal Voortrekkerpers.

Muller, S. 2001. Exploring the aesthetics of reconciliation: Rugby and the South African National Anthem. South African Journal of Musicology, 21:19–37.

Nettl, P. 1961. Nationalhymnen. Die Musik in Geschichte und Gegenwart, Vol. 9. Basel: Bärenreiter.

NTV Panorama. 2017. Petition fordert DDR-Hymne zurück. http://www.n-tv.de/panorama/Petition-fordert-DDR-Hymne-zurueck-article19703909.html (8 April 2017 geraadpleeg).

Odendal, F.F. en R.H. Gouws. 2005. HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Kaapstad: Pearson Education.

O'Gorman, B. 1991. Imagined communities: Reflections on the origin and spread of nationalism. Londen: Verso.

Ortmeyer, B. 2006. Argumente gegen das Deutschlandlied. Geschichte und Gegenwart eines furchtbaren Lobliedes auf die deutsche Nation. https://streitumsdeutschlandlied.files.wordpress.com/2010/12/argumente_gegen_das_deutschlandlied1.pdf (29 Augustus 2017 geraadpleeg).

Otterman, R. en M. Smit (hoofreds.). 2000. Suid-Afrikaanse Musiekwoordeboek. Kaapstad: Pharos.

Pauw, J. 2006. Dances with devils: A journalist's search for truth. Kaapstad: Zebra Uitgewers.

Pelzer, A. 1980. Die Afrikaner Broederbond: Eerste 50 jaar. Kaapstad: Tafelberg.

Prantl, H. 2010. Auferstanden aus Ruinen. Süddeutsche Zeitung, 17 Mei 2010. http://www.sueddeutsche.de/politik/laengere-nationalhymne-auferstanden-aus-ruinen-1.386987 (7 September 2017 geraadpleeg).

Reichel, P. 2005. Schwarz-Rot-Gold: kleine Geschichte deutscher Nationalsymbole nach 1945. München: C.H. Beck Verlag.

Ricœur, P. 1970 [2008]. Freud and philosophy: An essay on interpretation. Vertaal deur D. Savage. New Haven: Yale University Press.

Rossouw, J. 2017. Mag, die staat en die kerk in Suid-Afrika. LitNet Akademies, 14(2). http://www.litnet.co.za/mag-die-staat-en-die-kerk-suid-afrika (4 Augustus 2017 geraadpleeg).

Ruehl, K. 2013. We shall not be moved – traditional. History of an American folk song. http://folkmusic.about.com/od/folksongs/qt/ShallNot BeMoved.htm (4 Februarie 2012 geraadpleeg).

Sadie, S. (red.). 2001. The new Grove dictionary of music and musicians, Vol. 17. Londen: Macmillan.

Sala, M. (red.). 2014. Music and propaganda in the short twentieth century. Lucca: Brepols.

Sangren, P.S. 1995. “Power” against ideology: A critique of Foucaultian usage. Cultural Anthropology, 10(1):3–40.

Schutte, C. 2012. Foreign folk songs as a display of solidarity with socialist Germany. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat.

—. 2014. Lieder sind Brüder der Revolution: An ideology-critical approach to the use of song as a vehicle for propaganda. In Sala (red.) 2014.

—. 2015. Figurative semiotics: A textual analysis of FAK songs. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 46(2):371–400.

Schutte, C. en J. Visagie. 2012. Lieder sind Brüder der Revolution: An ideology-critical approach to the use of song as a vehicle for propaganda. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 43(1):107–38.

Segerlund, L. 2010. Making corporate social responsibility a global concern: Norm construction in a globalizing world. Burlington: Ashgate Publishers.

Sheinberg, E. (red.). 2012. Music semiotics: A network of significations. Surrey: Ashgate Publishing Company.

Silverberg, L. 2017. Hanns Eisler, Auferstanden aus Ruinen, Hymne der DDR. http://americansymphony.org/auferstanden-aus-ruinen-hymne-der-ddr-1949 (7 September 2017 geraadpleeg).

Simons, H.W. en M. Billig (reds.). 1994. After postmodernism: Reconstructing ideology critique. Londen: Sage Publications.

Skinner, R. 2017. Modern South Africa in world history: Beyond imperialism. Londen: Bloomsbury.

Sonnenborn, L. 2010. The end of apartheid in South Africa. New York: Chelsea House.

South African National Symbols and Heritage. 2011. http://www.sahistory.org.za/article/national-anthem (4 Augustus 2017 geraadpleeg).

Steigmann-Gall, R. 2003. The Holy Reich: Nazi conceptions of Christianity, 1919–1945. Cambridge: Cambridge University Press.

Steward, D. 1989. The hermeneutics of suspicion. Journal of Literature and Theology, 3(3):296–307.

Steyn, C. 2013. Die sing van “Vlaglied” in sommige wit Afrikaanse skole in die 1980’s. LitNet Akademies, 10(2):263–92. http://litnet.co.za/assets/pdf/joernaaluitgawe_10_2/10(2)_GW_Steyn.pdf.

Thacker, T. 2016. Music after Hitler, 1945–1955. Londen: Routledge.

Theunissen, N. 1938. Ons volksliedjies. Die Brandwag, 30 September, ble. 17, 30.

Thom, H.B. 1961. Voorwoord. Nuwe FAK-Sangbundel. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.

Thompson, J.B. 1981. Critical hermeneutics: A study in the thought of Paul Ricœur and Jürgen Habermas. Cambridge: Cambridge University Press.

—. 1984. Studies in the theory of ideology. Berkeley: University of California Press.

—. 1990. Ideology and modern culture: Critical social theory in the era of mass communication. Stanford: Stanford University Press.

Trueman, C.N. 2012. Blood and soil. http://www.historylearningsite.co.uk/nazi-germany/blood-and-soil/ (18 Augustus 2017 geraadpleeg).

Turner, M. 1996. The literary mind: The origins of thought and language. Oxford: Oxford University Press.

Viljoen, M. 2012. Is interdisciplinarity enough? Critical remarks on some new musicological strategies from the perspective of the thought of Christopher Norris. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 43(1):71–94.

—. 2004a. Questions of musical meaning: An ideology-critical approach. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 35(1):3–28.

—. 2004b. Ideology and textuality: Speculating on the boundaries of music. Scrutiny2, 9(1):68–87.

—. 2004c. Two reflections on urban discourse: Holy-hip as social symbolism. Muziki: Journal of Music Research in Africa, 1(1):41–59.

—. 2004d. City of Angels: A figurative reading of They all fall down. De Arte, 70:11–21.

—. 2005. Ideology and interpretation: A figurative semiotics of musical discourse. The International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 36(1):83–99.

—. 2006. “Wrapped up”: Ideological setting and figurative meaning in African-American gospel rap. Popular Music, 25(2):265–82.

Visagie, P.J. 1990. The sub-theories of archaeological discourse analysis: Theory 1: Developing a semiological hermeneutics for archival discourse. Ongepubliseerde studiemateriaal. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

—. 1996. Power, meaning and culture: John Thompson's depth hermeneutics and the ideological topography of modernity. South African Journal of Philosophy, 15(2):73–83.

—. 2000. Argeologiese beeldsemiotiek en skilderkuns. Acta Academica, 32(3):42–72.

—. 2005. Applying critical tools to critical theory – with some remarks on the implications for Musicology. The International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 36(1):11–36.

Wagner, M. 2017. “Blood and soil”: Protesters chant Nazi slogan in Charlottesville. http://edition.cnn.com/2017/08/12/us/charlottesville-unite-the-right-rally/index.html (5 September 2017 geraadpleeg).

Wilkins, I. en H. Strydom. 2013. The super-Afrikaners: Inside the Broederbond. Johannesburg: Jonathan Ball.

Witarend. 2010. Alle Afrikaners moet ET-begrafnis bywoon. https://disqus.com/home/discussion/praag/alle_afrikaners_moet_et_begrafnis_bywoon/oldest/#comment-43624345 (8 April 2017 geraadpleeg).

Wolf, K. 1982. Vorwort. Lieder und Leute. Berlyn: Neues Leben Verlag.

Žižek, S. 1989 [2009]. The sublime object of ideology. New York: Verso Books.

 

E-pos korrespondensie

Visagie, P.J. 2013a. 9 Januarie, Bloemfontein.

—. 2013b. 15 Januarie, Bloemfontein.

—. 2013c. 7 Februarie, Bloemfontein.

—. 2013d. 15 Februarie, Bloemfontein.

—. 2013e. 24 Februarie, Bloemfontein.

—. 2013f. 12 Maart, Bloemfontein.

—. 2013g. 18 Maart, Bloemfontein.

 

Eindnotas

1 Vir die doeleindes van hierdie artikel is die 1961-uitgawe van die FAK-Sangbundel gebruik. Die inhoud van die bundel het verskillende afdelings bevat, waarvan “Volk en Vaderland” die eerste en gewigtigste was. “Die Stem van Suid-Afrika” verskyn heel eerste in die afdeling, terwyl “Afrikaners, Landgenote” en “Die Lied van Jong Suid-Afrika” ook onder die eerste vier liedere tel.

2 In ons bespreking word daar oorkoepelend na patriotiese liedere verwys; dit sluit nasionale volksliedere asook vaderlandsliedere in. Die term nasionale volkslied dui op die amptelike lied van ’n staat (Otterman en Smit 2000:171). Dié term is deurentyd in hierdie artikel gebruik, ten einde verwarring met die term volkslied te voorkom, wat deur Otterman en Smit (2000:267) beskryf word as ’n “eenvoudige liedjie wat meestal mondeling oorgelewer word (folk song)”. Odendal en Gouws (2005:1333) se verklaring van volkslied dui enersyds op die eenvoudige, populêre liedjie en andersyds op “nasionale liedere van ’n staat, wat by feestelike en plegtige geleenthede gespeel (en gesing) word”.

3 Die slagspreuk “bloed en bodem” was egter reeds vóór die Eerste Wêreldoorlog in omgang, en is deur latere geskiedskrywers met radikale vorme van nasionalisme en rassisme verbind (Trueman 2012). Volgens die kabeltelevisienetwerk CNN se beriggewing is die “bloed en bodem”-slagspreuk tydens die onlangse geweld in Charlottesville, VSA, deur Neo-Nazi-protesgroepe gebruik.

4 Die vertalings deur Charla Schutte wat in hierdie artikel aangebied word, kan as “letterlik” (eerder as poëties) beskou word ten einde so na as moontlik aan die oorspronklike woorde te bly.

5 Die vertalings deur Charla Schutte wat in hierdie artikel aangebied word, kan as “letterlik” (eerder as poëties) beskou word ten einde so na as moontlik aan die oorspronklike woorde te bly.

6 Afgesien van die publikasies wat reeds bespreek is, verteenwoordig die ondersoeke van Dischereit (2007) en Hermand (2002) ook belangrike bydraes in hierdie verband.

7 Afrikaanse kerkgenootskappe het die verbintenis tot die Afrikanersaak grootliks verstewig deur die politieke filosofie van apartheid as bybelsgegrond te verkondig (Sonnenborn 2010:49; kyk ook Segerlund 2010:52 e.v., asook De Gruchy en De Gruchy 2005:32 e.v.).

8 Steyn (2013) bevestig aan die hand van ’n vraelysopname dat “Vlaglied” gedurende die 1980’s nog gereeld in sommige Afrikaanse skole gesing is. Haar toepassing van Du Preez (1983) se studie oor Afrikaner-meestersimbole op ’n ontleding van die volledige woordteks van dié lied ontbloot ’n kragtige versameling dominante simbole, naamlik godsdiens, grond, nasie, blanke-oorheersing, suiwerheid, militarisme, manlikheid, asook die vlag. In navolging van Du Preez (1983:62) voer Steyn (2013:276) aan dat dié tipe teks sigself tot indoktrinasie leen en deel van ’n “verborge of implisiete kurrikulum” mag vorm. Kyk ook ons bespreking onder 4.4.

9 Thompson (1990:3 en 1984:1) verduidelik dat die polemiese aard van die term ideologie na die ingewikkelde geskiedenis daarvan teruggevoer kan word. Die term is vir die eerste keer aan die einde van die 18de eeu deur Destutt de Tracy gebruik – aanvanklik met ’n positiewe betekenis. Napoleon het ’n negatiewe betekenis aan die begrip verleen wat op abstrakte en wesenlik twyfelagtige teorieë of idees dui. In sy klassieke moderne betekenis is dié negatiewe opvatting in die geskrifte van Marx en Engels voortgesit. Meer onlangs is ’n neutrale opvatting deur sommige sosiaalwetenskaplike denkers voorgestel (met name Max Weber); ’n ander, meer onlangse gesigspunt is dié van die sogenaamde “einde-van-ideologie”-teoretici, onder meer Lipset, Bell en Aron (Thompson 1990:81).

10 Kyk Steyn (2013:276) vir ’n treffende bespreking van Du Preez (1983:62 e.v.) se standpunte oor heersende ideologieë en die “stilswyende” wyse waarop dit deel gemaak kan word van die sogenaamde “verborge” skoolkurrikulum, tot so ’n mate dat dit konseptualisering oorheers en dus “’n bril [word] waardeur dinge gesien, ervaar, en beoordeel word”. (Vergelyk weer Thompson 1990.)

11 Ons opregte dank aan Johann Visagie vir die gedetailleerde toeligting oor sy teorieë wat hy met die oog op hierdie artikel beskikbaar gestel het.

12 ’n Omvattende bespreking van Makroteorie kan in Schutte en Visagie (2012) nageslaan word. Benewens Visagie (2000:42–72) se teoreties-filosofiese uitleg van die waarde van ’n argeologiese beeldsemiotiek vir ’n ontleding van skilderkuns, wat verder in De Villiers Human (2005) en De Villiers Human en Visagie (2002) ontwikkel word, verduidelik hy ook die toepasbaarheid van sy diskoersontleding ten opsigte van kritiese musikologie (Visagie 2005:11–36). Musikologiese oordenkings wat hierdie gesigspunt ontgin, is Viljoen (2006), Viljoen (2005), Viljoen (2004a, b, c en d), Schutte (2014), Schutte (2015) asook Schutte en Visagie (2012). In die laasgenoemde werk word Visagie se oorkoepelende model, Ideologiese Topografie van Moderniteit (ITM), en sy Makromotiewe-teorieë in die konteks van ’n ontleding van polities-geïnspireerde liedtekste toegepas. (Kyk ook Schutte 2012.)

13 Die term teksboks word algemeen in Inligtingtegnologie gebruik om ’n plekhouer vir tekste, ens. te beskryf. In FST is hierdie term ingespan – ook hier is dit ’n plekhouer vir teks.

14 Hierdie benadering word ontleen aan John Thomson (1984) se dieptehermeneutiek, waarby die opstel van ’n gepaste sosiohistoriese konteks, soos onder 1.1 verduidelik, ’n vereiste vir teksontleding is. (Kyk ook Schutte en Visagie 2012.)

15 Dit is interessant om daarop te let dat die eerste frase van die melodie presies ooreenstem met die opening van Peter Kreuder se liedjie “Goodbye Johnnie”, wat in 1936 geskryf is. (Volg hierdie skakel vir ’n opname van die liedjie https://www.youtube.com/watch?v=MiAjzYppavs.) Hoewel hierdie liedjie in ’n tipiese kabaretagtige vermaaklikheidsidioom geklee is, is die ooreenkoms met “Auferstander aus Ruinen” so treffend dat ’n Oos-Duitse gehoor gedurende die 1970’s tydens ’n konserttoer deur Peter Kreuder en sy orkes uit respek opgestaan het toe die liedjie gespeel is, omdat hulle onder die indruk was dat dit die DDR se nasionale volkslied was (Mahzahn 2006).

16 In die betrokke konstruk word die teenstrydigheid deur ’n “#”-simbool aangedui. Die hutsteken verteenwoordig ook X (vrede) teenoor Y (oorlog).

17 Kyk ook Schutte (2012) vir ’n soortgelyke toepassing van formules. Binne die konteks van Diskoersargeologie dien hierdie strukture om duidelikheid en presisie in ontledingswerk te verseker – in teenstelling tot ontledings van ’n postmoderne aard. Die formules wat tussen hakies geplaas is, (A(B)) en A(B(C)), word hier op soortgelyke wyse aangewend as wat die geval is met die tipe sintaktiese ontledings wat taalteoretici gebruik. Dit moet soos volg verstaan word: B word deur A omvat, en C deur B. Die pyltjie verteenwoordig oorheersing: A “regeer” of heers oor B. Die punte verteenwoordig ’n plurale aspek van die formule.

18 Daar is ook ’n spesifieke frase uit die derde stuk van Heitor Villa-Lobos se soloklavierwerk “A próle de bébé” (1943), Boek 1, “Caboclinha”, wat presies met die openingsakkoorde van “Die Stem van Suid-Afrika” ooreenstem.

19 M2 is die afdruksel van die Geskiedenis-makromotief op mense se gedagtegang deur ruimte en tyd heen. Dit verbind ten nouste met die konsep Kultuur (M2). Laasgenoemde het ’n uiters kragtige invloed op die menslike bewussyn, omdat dit weerstand kan bied teen die Natuur. Geskiedenis is die groot gang van Kultuur.

20 Binne Visagie se raamwerk is ’n hipernorm ’n outonome norm, waarde of praktyk wat die wyse waarop ander norme, waardes of praktyke verstaan of gerealiseer word, beheer. Vir ’n meer omvattende verduideliking kan Schutte en Visagie (2012:115 e.v.) nageslaan word.

21 Vir verdere inligting kan die volgende skakel gevolg word: http://www.nationalanthems.info/de.htm.

22 Kyk http://www.beeld.com/By/Nuus/Anti-Britsheid-dra-veel-by-tot-die-Slag-van-Andringastraat-20120907.

23 Die verwysing na die “Hoogste” is ’n voorbeeld van wat Lakoff en Johnson (2003:14 e.v.) oriëntasiemetafore noem. Sulke metafore is op fisiese en kulturele ervaring gebaseer, soos byvoorbeeld op-af, in-uit, aan-af, ens. In die betrokke geval is die “Hoogste” ’n aanduiding van die “op”-posisie, of “die besit van beheer of mag”.

24 Eitemal is die skuilnaam van Wilhelm Jacobus du Plooy Erlank, ’n Afrikaanse digter, skrywer, redenaar en vertaler van tekste.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding appeared first on LitNet.

Hoe verklaar jy dit? 2: ’n onderhoud met Danny Fourie

$
0
0

Hoe verklaar jy dit? #2
Samesteller: Danny Fourie
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776092031

Danny Fourie wat Hoe verklaar jy dit? #2 saamgestel het, vertel vir Naomi Meyer oor dié boek.

Danny, die radioprogram Hoe verklaar jy dit? word beskryf as “Wetenswaardighede oor die natuur en die wetenskap”. As jy die boek Hoe verklaar jy dit? #2 moet beskryf, hoe sou jy dit definieer?

Ek hou van Carl Sagan (1934–1996) se opmerking: “Iewers wag iets ongeloofliks om kenbaar te word.” Die wetenskap is heeldag besig om die wêreld om ons kenbaar te maak. Die lekker van ’n boek soos Hoe verklaar jy dit? #2 is om ’n keur van vrae oor die wêreld om ons vir lesers op ’n gesaghebbende manier kenbaar te maak.

Is die vrae wat hierin beantwoord word, ook vrae wat oor die radio beantwoord is? Of hoe is bepaal watter vrae in die boek opgeneem sal word?

Al die vrae in die boek kom uit die radioprogram. As samesteller luister ek na die programme en besluit dan watter vrae ons in die boek sal opneem. Ek het egter (gelukkig!) nie die laaste sê oor watter vrae die boek haal nie. My riglyn is om dié vrae met ’n hoë interessantheidswaarde te kies wat natuurlik ook wel leersaam en nuttig is.

Wie beantwoord die vrae in die boek (wie is al die medewerkers)? 

Emeritus prof Henk Geertsema – ekoloog en entomoloog
Prof Hendrik Geyer – fisikus en direkteur van STIAS
Prof Jannie Hofmeyr – biochemikus
Dr Dave Pepler – ekoloog
Prof Le Fras Mouton – plant- en dierkundige
Prof Piet Eloff – klimatoloog
Bennie Schlomms – grondkundige
Dr Jurie van den Heever – paleontoloog.

Wat is die soort dinge waaroor mense wonder, gemeet aan die vrae wat die meeste aandag trek nadat dit op die radio bespreek is?

Dit is werklik wyd uiteenlopend. Weerstoestande en weerstelsels oor Suid-Afrika; die planete en die ouderdom van die aarde; die diereryk en diere se rol en lewensiklus en dinge soos die rol van ’n sebra se strepe; chemiese stowwe en die samestelling daarvan en dinge soos is dit waar dat peper sewe jaar neem om te verteer; liggaamsfunksies en dinge soos waarom mense verskillende kleure oë het en ’n mens so min van hartkanker hoor; fisika en dinge soos hoe vinnig draai die aarde werklik en waarom borrel water as dit kook; plante en hoe gevaarlik is gifstowwe in plante vir mense. Letterlik oor alles waaroor mense wonder.

Watter van hierdie vrae het jou persoonlik geïnteresseer of het jy self oor gewonder? Of: noem dalk ʼn paar eienaardige vrae wat in die boek beantwoord word?

Ek het ook grootgeword met die ouvroustorie dat peper sewe jaar neem om te verteer. Wanneer ’n mens logies daaroor dink, is die antwoord eenvoudig. Vrae wat my interesseer: Waarom traan ’n mens se oë as jy uie sny? Hoe werk die Richterskaal? Watter proses word gevolg om vegvliegtuie feitlik onsigbaar vir radar te maak? Kan ’n mens oornag grys word? Waarom praat papegaaie?

Interessante vrae wat beantwoord word, is: Hoekom hardloop atlete antikloksgewys om die baan? Waarom is daar altyd wind by die see? Word visse dors en waarom smaak seevisse nie sout nie? Hoe word muile geteel? Hoe kry ’n verkleurmannetjie dit reg om van kleur te verander? Hoekom is die hart links in die borskas geleë?

Is daar vrae wat nié die boek gehaal het nie wat jy kan noem?

Daar was nie spesifieke vrae wat nie die boek gehaal het nie. Soms was daar vrae oor die evolusie van die mens, maar ons het geoordeel dat lesers nie in hierdie debat sou belangstel nie. Vrae wat ons wel nie ingesluit het nie, was ’n paar vrae oor spesifieke spinnekoppe en die gepaardgaande aragnofobie. Dit is egter vanweë tegniese redes weggelaat en sal hopelik in ’n volgende boek ingesluit word.

Daar vind voortdurend nuwe navorsing plaas – is dit dalk ʼn probleem as ʼn vraag beantwoord word? En ook: Is daar ʼn antwoord op elke vraag? Kán ʼn mens alles verklaar?

Die voortdurende navorsing is nie ’n probleem nie, want dikwels sal luisteraars vanuit hul kennisveld ’n nuwe perspektief bring ten opsigte van ’n produk of waarneming van ’n situasie. In die eerste boek het luisteraars geweldig gereageer op ’n vraag of kraaie ander voëls se oë uitpik en of koedoes wel deur motors se ligte gelok word om in die nag voor ’n motor in te spring.

Dit is natuurlik nie moontlik om alles te verklaar nie. Maar die kundiges sê altyd duidelik dat die program ’n natuurwetenskaplike program is en dat dinge soos spoke en buitesensoriese ervarings nie geverifieer kan word nie en daarom nie verklaar kan word nie.

Hoe verklaar jy die sukses van Hoe verklaar jy dit?

Na die sukses van hierdie twee boeke wil ’n mens vra hoe jy dit verklaar dat mense so ’n honger na inligting en ’n dors na kennis het. Die antwoord is: ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.

Hoe verklaar jy dit? #2 is ’n bewys daarvan dat die internet nie noodwendig die plek van die boek kan inneem nie. Omdat daar so ’n ooraanbod van materiaal op die internet beskikbaar is, word inligting deur betroubare en gekwalifiseerde kenners – in hierdie geval die samesteller en die RSG-kenners – vir die publiek gefiltreer.

The post <em>Hoe verklaar jy dit? 2</em>: ’n onderhoud met Danny Fourie appeared first on LitNet.


Patriotic songs as ideological discourse: a figurative semiotic analysis

$
0
0

Abstract

The aim of this article is to discuss Johann Visagie’s Figurative Semiotic Theory and subsequently to apply it to an ideological-critical reading of symbolic expression in a number of patriotic songs. Visagie’s theory has as its aim to outline the function of semiotic themes within archival discourse, and to uncover ideological relations of power underlying such discourse. The question posed in this article is to what degree symbol and meaning within the selected songs effect a misrepresentation of a certain reality by either underlining or masking ideological relations of power.

The analyses mainly demonstrate that the songs examined in terms of word text reveal a high degree of ideological content. Musically, they are characterised by simple melodic content and repetitive structures. The effect is brought about by the use of specific “idiom types”; in this regard, the discussion refers to the typology of Boyd (2001:655) who classifies national anthems according to five categories (which may overlap). As the most frequently used type, Boyd identifies national anthems that resemble hymns (such as, “God save the King/Queen”). Also popular are those that take on the character of a march (a well-known example is “La Marseillaise”). He then singles out “operatic” anthems (such as that of Italy). Anthems occurring less frequently are “indigenous” anthems (such as those of Japan and Sri Lanka), and festive instrumental fanfares without any verbal text (such as the anthem of the United Arab Emirates).

In the case of the anthems analysed in this article, hymn and march types take precedence. It was observed that the rhythmic application effects an arousing musical atmosphere in most of the songs. Melodic climaxes or other forms of musical emphasis act persuasively in that these coincide with strong ideological statements within the word texts. Musical setting could, however, also mask ideological meaning. In this regard, John Thompson’s (1990:7) concept of ideology, from which Visagie’s (1990; 1996) formulation ensues, proves to be of particular relevance. Thompson seeks to refocus the concept on a cluster of problems concentrating specifically on the interrelations of meaning and power. In this respect he argues that the concept of ideology could be applied to the ways in which meaning serves, in particular circumstances, “to establish and sustain relations of power which are systematically asymmetrical” – such relations he calls “relations of domination”. Thus, for Thompson, ideology, in the broader sense, is “meaning in the service of power” (Thompson 1990:7).

The choice of patriotic songs discussed in this article is justified by way of the strong ideological ties that existed between Germany and apartheid South Africa, as well as overlapping politically inspired events in both East Germany and apartheid South Africa. It is argued that, in both cases, patriotic songs became vehicles of ideological thought – in both cases also projecting a warped view of reality.

By way of an introductory discussion, the German national anthem (“Das Deutschlandlied”) is considered as an iconic example of a highly ideologised patriotic song. Here it was found that during the early 20th century the melody, originally written in 1796 by Haydn as a birthday song for Emperor Franz II (the so-called “Kaiserhymne), and later used as the musical setting for a patriotic text written in 1841 by August von Fallersleben which was eventually used for the German national anthem, increasingly took on a nationalistic and militaristic character until, as Hanson (2013) observes, together with the “Horst-Wessel-Lied”, it promoted Nazi philosophy as a “fully propagandized [...] campaign of hatred and intolerance”. This discussion demonstrates that an “elevated”, “hymn-like” national anthem can function as a fully-fledged instrument of political power – precisely by the fact that its (original) dignified musical setting masks its (later) ideological message.

An application of Visagie’s semiotic theory to an analysis of the GDR national anthem (“Auferstanden aus Ruinen”) emphasises that the words of this anthem are based on the archetypal metaphor “stand-fall-rise”, which is suggestive of the Christian aura of Nazi Germany rather than that of the socialist workers’ tradition. Further analysis uncovers the illusion of the democratic state. Moreover, in terms of referring to conflicting symbols and images, the words are found to project unresolved conflict – although symbolically the music projects the sun rising over an ideal, “new” country.

The analyses of “The Call of South Africa” and “Afrikaners Landgenote” establish a deep-seated European connectedness, as well as strong ties with pre-Nazi and Nazi Germany. In these songs three powerful macro-motives come to the fore as a highly ideologised “trinity” within a barely disguised religious context, namely Nation, Culture and Land. Moreover, in both cases the musical settings are suggestive of quasi-religious “consecration”. The words of the “Flag Song” demonstrate the belief that South Africa was given to the Afrikaner nation by a divine hand, and that therefore this nation had been delivered of any servitude, except for those of Nation and Land. Musically, the song is found to be emotionally arousing.

A documentation of Afrikaner history within “The Song of Young South Africa” confirms exceptionally intricate relations of power. Here, Nature (Land) did not only come to a standstill in order to acknowledge the mighty coming of the Afrikaner nation, but was also “bought” and “conquered” by this nation with blood (note the reference to the well-known Nazi philosophy of “blood and soil”). Within this context, Nature is owned by the Afrikaner; yet, in this divine “homestead”, patriotic freedom, as highest ideal, eventually replaces God as King (“Ruler”). Musically, the song, which at one stage was seen as the far-right AWB’s unofficial “hymn” (Pauw 2006:10), can be categorised as a war march with triumphalist elements.

The method applied in the analyses, namely Johann Visagie’s Figurative Semiotic Theory, provides a systematic philosophical framework for uncovering ideological content in the selection of songs discussed. Although ideological analysis could be applied to the musical dimension of the songs to a lesser degree, in this regard findings are suggestive of figurative constructs against which a more intensive examination of the words could be projected. In “The Call of South Africa”, for instance, ideological meaning is musically underscored by way of a triumphantly ascending interval of a fourth, which, at the melodic climax of the song, coincides with the words “or perish” (“At thy will to live or perish, we for thee, South Africa”).

It was thus found that the songs discussed do indeed demonstrate the projection of distorted realities, in that strategies of rationalisation, universalisation or narrativisation are seen to “justify” symbolic misrepresentation (cf. Thompson 1990:6). In this sense, a powerful use of cultural tropes is highlighted; also the presence of unification, as well as fragmentation (the expurgation of “the Other”). Ultimately, these ideological modes of operation (cf. Thompson 1990:6) present warped realities as “natural” or “eternal”, and thus they have been found to be ideologically “legitimised”.

The analysis therefore indicates that figurative expressions such as patriotic songs may act as powerful political instruments with a view to nation-building and the strengthening of ideological beliefs. Thus, in Thompson’s (1990:6) sense, it could be concluded that indeed they represent instances of “meaning in the service of power”.

Keywords: “Afrikaners Landgenote”; “Die Lied van Jong Suid-Afrika”; FAK songbook; Figurative Semiotic Theory; GDR national anthem; German national anthem; ideology critique; national anthems; patriotic songs; “The Call of South Africa”; Visagie, Johann; “Vlaglied”.

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding

The post Patriotic songs as ideological discourse: a figurative semiotic analysis appeared first on LitNet.

The big sick: ’n filmresensie

$
0
0

The big sick
Regie: Michael Showalter
Draaiboek: Emily V Gordon, Kumail Nanjiani
Spelers: Kumail Nanjiani, Zoe Kazan, Adeel Akhtar, Holly Hunter, Ray Romano

Dis selde dat ’n mens so ’n vars en oorspronklike film teëkom soos hierdie een, gegrond op die ware verhaal van ’n Pakistani-komediant en sy Amerikaanse vrou. Wat begin as ’n lighartige geskerts tussen twee jong mense wat mekaar in Chicago se naglewe raakloop, verander mettertyd in ’n fyngestemde drama oor verhoudings, familie en vooroordele.

Kumail Nanjiani se familie het na Amerika geëmigreer om vir die twee seuns ’n beter lewe te gee. Die ouer broer, Naveed (Adeel Akhtar), het die tradisionele gebruik van ’n gereëlde huwelik gemaklik aanvaar en is gelukkig getroud, maar Kumail skop vas. Eerder as ’n fatsoenlike beroep soos ingenieur of prokureur kies, is sy ambisie om te slaag as skerpskertser. Saans tree hy op in ’n klein komedieklub en tussendeur is hy ’n Uber-bestuurder. Hy bid nie meer vyf keer op ’n dag soos van Moslems vereis word nie, gaan uit met Westerse meisies en verduur gelate al die goeie Pakistani-meisies wat sy ma aan hom voorstel met die oog op ’n huwelik.

Wanneer Kumail en Emily ontmoet, sweer al twee dat hulle glad nie belangstel in ’n permanente verbintenis nie, maar dit blyk gou dat hulle nie kan wegbly van mekaar nie. Toe sy hom oplaas aan haar ouers wil voorstel, kom sy agter Kumail se familie wéét nie eens van haar bestaan nie, so taboe is die moontlikheid van ’n verhouding tussen hulle. Hulle verbreek kontak, maar dan raak Emily hewig siek en word in die hospitaal opgeneem. Die enigste een beskikbaar om haar by te staan tot haar ouers (Holly Hunter en Ray Romano) opdaag, is Kumail.  

Met sy aweregse humor en snydende kwinkslae verloop The big sick heel anders as wat ’n mens verwag, tot by die besonder bevredigende einde. Dit word hartlik aanbeveel vir kykers wat ’n slag iets anders soek as die oormaat skietery en ontploffings wat tans op ons kringloop te sien is.

Sterre: 4

The post <i>The big sick</i>: ’n filmresensie appeared first on LitNet.

LitNet: Jou boekestad

V.I.T.O., die Nam-Afrikaanse rapper wat sy wortels omhels

$
0
0

V.I.T.O. is die verhoognaam van Vito Heyn, ’n ontluikende rapper uit die Noord-Kaapse dorp Okiep wat deur sy unieke gebruik van Nam-Afrikaans die Namakwalandse vlag met trots swaai. Annie Klopper het met hom gesels.

Jy is aan die voortou van die NamakwaTrots Toer. Hoe is die toerlewe en die resepsie van dié musiektoer?

Die NamakwaTrots Toer is ’n konsert wat tieners motiveer om trots te wees op hul plek, hul tradisie, sleng en styl. Die toer het met die eerste konsert op 21 September op Steinkopf afgeskop. In hierdie konsert vertel ek van my reis deur middel van musiek, vanaf die eerste dag toe ek die pen opgetel het tot waar ek ’n musiekblyspel saam met David Kramer geskryf het. Ek probeer my bietjie sukses tot dusver gebruik om tieners te motiveer om aan hulle drome te glo. Daar was ongelooflike gaskunstenaars wat die gehoor op hul tone gehad het. Die terugvoer van die konsert in Steinkopf was diep nxa. Mense in verskeie streke het begin vra wanneer die konsert hulle dorp sal bereik. Tans is ek nog op soek na borge om die toer verder te vat, maar ek glo en vertrou daar sal ’n way kom.

Dit is duidelik dat jy trots Afrikaans is, en trots is op jou Namakwalandse herkoms en tuiste. Wat vuur hierdie trots aan en wat beteken dit vir jou om Namakwalands te wees?

Ek het so paar maande terug met Bouwer Bosch en Peach van Pletzen gewerk, in samewerking met kykNET, waar ons drie songs opgeneem het, en musiekvideo’s daarvan is geskiet. Een van die songs wat goeie terugvoer gekry het, was “Ek is trots”, en dis waar die inspirasie vir die toer ontstaan het. In die song verwys ek na ons Namakwalandse kultuur, tradisie en sleng, en die musiekvideo beeld dit baie mooi uit. Soms voel ons skaam omdat ons vanaf ’n klein dorp kom, skaam oor die manier hoe ons praat, skaam oor ons kleredrag en tradisie. Ons moet net leer om ons wortels te omhels, want dit is juis wat ons uniek maak. Ek is versot op die Afrikaanse taal en sal dit vir niks verruil nie. Toe ek in Engels rap, verloor ek die Namakwalandse aksent, daarom verkies ek om in Afrikaans te rap. Daarom verkies ek om in Nam-Afrikaans (Namakwalandse Afrikaans) te rap. Om Namakwalands te wees is om met trots plat te praat, sonder om jou aksent te verander as jy in die stad kom. Dis om steeds jou Namakwalandse tradisie uit te leef waar ook al jy in die wêreld is. Dis om die Namakwalandse kleure met trots te dra.

Die feit dat jy in Nam-Afrikaans rap, gee aan jou musiek ’n outentieke karakter. Wat aan Afrikaans, en spesifiek aan Namakwalandse Afrikaans, is vir jou spesiaal en maak dit vir jou lekker om in dié variant te rap?

Ek was van dag een af versot op Afrikaans; het vanaf skool ’n liefde gehad vir opstelle en gedigte. Ek voel gemaklik om in my moedertaal te rymklets, want almal in Namakwaland praat Afrikaans, so dis die beste manier om my storie te vertel. Met verwysing na my liedjie “Outjie van die platteland” sê ek: “As jy Engels in Namakwaland praat, gaan jy sommer tronk toe.” Daar is soveel pragtige elemente, maar waarvan ek die meeste hou, is die sleng.

Jy praat dikwels van jou songs as stories. Waar kom jou liefde vir storievertel vandaan?

Ek sal sê beide my ouers het ’n invloed daarop; my ma is ’n baie goeie storieverteller en my pa het ’n verbeelding wat skrik vir niks. Toe ander kinders die gewone verhale vertel is, het my pa sy verbeelding gebruik om ons stories te vertel. Die eerste liedjie wat ek uit my persoonlike oogpunt vertel het, was “Eerste oomblik”. Dit was die eerste keer toe ek verlief raak. Al hoe meer tieners het na my musiek begin luister, en ek het my musiek as ’n metode gebruik om met tieners te praat, asook om regstellings te maak. Ander kere gebruik ek my verbeelding om stories te vertel.

Wat bedoel jy met “regstellings maak”?

So, nadat ek gematrikuleer het, het ek Human Resource Management studeer op Okiep Kampus. Kort daarna het ek my studies in Kaapstad gaan voltooi. Mense het begin lag vir my aksent, want dit was vreemd vir hulle. Toe ek noem dat ek van Namakwaland is, het daar vrae uitgekom soos “Het julle teerpaaie?” en “Is daar karre of net donkies?”. Ek het besef dat baie mense ’n verkeerde persepsie van my plek het, en het gevoel om ’n regsteling te maak op die beste manier wat ek kan: musiek.

Jou pa, Bruce Newman, is ’n tromspeler. Sou jy sê dis waar jou liefde vir musiek, en veral vir ritme en optrede, vandaan kom? Wat was die groot katalisator wat jou laat besluit het om self musiek te maak en hoe oud was jy toe jy begin rym het?

Ek kom uit ’n musikale familie. My pa wou graag hê ek moes dieselfde rigting as hy volg, maar ek kon nie die ritme op die drums kry nie. So sy broer Sebastian Newman, ook ’n rymkletser, het my altyd in sy kamer geneem en ons het heeldag na Afrikaanse rap geluister. Daar het ek ouens ontdek soos Cream, HemelBesem, Jitsvinger, Kallitz, almal Kaapse invloede. Ek het ’n liefde begin kry vir Afrikaanse rap. Het later begin om my eie lirieke te skryf, maar het toe in ’n Kaapse aksent gerap. Met tyd het ek begin om my eie stem te gebruik in my musiek. Op daardie stadium was ek omtrent 14 jaar oud.

Vito Heyn (Foto: Anoeschka von Meck)

Wat het jou spesifiek op die genre van rap laat besluit, eerder as sê nou maar harp speel of rockmusiek maak? Wat is dit aan dié genre wat jou aangegryp het?

Ek het van kleins af na Amerikaanse rapmusiek geluister soos Eminem, en sy musiek het my ook geïnspireer om stories te vertel. Soos ek ouer raak het ek na ouens soos Lil-Wayne begin luister en sy musiek het my weer inspireer om punchlines en metafore te gebruik. Ek het altyd ’n passie gehad vir rapmusiek vanaf skool. Ek het ’n jaar terug ’n CD uitgebring met die naam WaarHATE. Die album bestaan uit ’n wye verskeidenheid van genres, vanaf R&B, house, reggae tot by trap en langarm. Die rede daarvoor was ek wou vir almal cater. So Nam-Afrikaans beteken nie rap of hip-hop nie, dit is ’n styl wat ek op enige vorm van musiek kan gebruik.

Vertel my bietjie meer oor daai album-titel, WaarHATE ...

Dit is my eerste unofficial album. Ek het dit self opgeneem in my home studio en met talentvolle plaaslike producers gewerk soos S-Lewies en Pedigree Beats. Ek love om met die Afrikaanse taal te speel, daarom wou ek nie reguit die woord “waarheid” gebruik nie. Daar is baie emosie en persoonlike ervarings in die stories wat ek vertel op die CD, asook woede wat ek uitspreek, daarom het ek besluit op WaarHATE, wat verwys na woede asook waarheid.

Wat lê alles in V.I.T.O. se visier? Watter planne het jy vir die onmiddellike toekoms?

Ek werk aan ’n nuwe CD, nog net rowwe idees, so ek sal nog nie ’n release-datum kan vasstel nie. Ek beoog ook om my Trots-toer verder bekend te stel aan die Noord-Kaap, en moontlik later aan Suid-Afrika. Van my drome is om nasionaal met my Nam-Afrikaanse styl te toer en die mense daar buite te wys hoe ons dit in Namakwaland doen. Ek werk ook tans aan ’n paar nuwe musiekvideo’s, en het ’n droom om eendag my eie televisieprogram aan te bied.

En V.I.T.O. se slotwoorde, soos altyd ...

Hulle weet wie dit is!

The post V.I.T.O., die Nam-Afrikaanse rapper wat sy wortels omhels appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Hans du Plessis

Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra.

Sy omdigtings van Bybelverse na Griekwa-Afrikaans was ewe gewild. Innie skylte vannie Jirre het pas ’n negende druk beleef. Meer as 60 000 kopieë is verkoop.

Hans du Plessis is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy verwerf ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en ’n DLitt ET Phil by Unisa. Hy besoek Harvard Universiteit in 1976 en neem kursusse in kreatiewe skryfkuns by Iowa en die Oklahoma Arts Institute. Hy aanvaar die pos as senior dosent by die Randse Afrikaanse Universiteit en in 1981 word hy professor van Afrikaans by die Noordwes Universiteit en in 1990 die Direkteur van die Skool vir Kreatiewe Skryfkuns by dieselfde universiteit.

Tans is hy voltyds skrywer en navorsingsgenoot aan die Skool vir Tale by die Noordwes Universiteit.

Hy word vir sy skryfwerk bekroon met onder andere die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys, ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die CBSA-prys vir algemene Christelike literatuur.

Hy is getroud met Magdaleen Potgieter en hulle het vier seuns en nege kleinkinders.


Opsomming

Drie vroue en ’n meisie
Hans du Plessis

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799386110

Iets van Bosman en Coetzee, ook darem hoop; dit is Hans du Plessis se nuutste.

“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan.

Wat volg is soms lig en sexy, maar dié roman belig ter selfter tyd die afgryslike armoede van wit en swart Suid-Afrikaners, asook die klaspbeheptheid van die vroeë Afrikanerelite.

Hans du Plessis het die vermoë om die leser te tart met heerlik speelse inligting, net om jou daarna weer bloot te stel aan die ellende van hulle wat nie het nie.

Ons leef nou, in die een-en-twintigste eeu, weer in ’n fase waar die politieke elite hulle vergryp aan die duurste en die beste terwyl die armes gewoon van honger sterf. Du Plessis hou ’n spieël na die verlede op en wys hoe eenders dit was toe die vorige heersersklas net vir hulself gesorg het en niks vir ander omgegee het nie.

Die einde bring hoop en daar is beeldskone verhale ook in die boek, maar uiteindelik is Drie vroue en ’n meisie ’n roman wat ’n diep seer blootlê en geen pleisters vir die wonde bied nie. Armoede se pyn en die elite se argwaan is skynbaar universeel.

Die ingrepe van die kerk en die staat se maatskaplike werkers bring uiteindelik verligting.

Drie vroue en ’n meisie vertel die saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe; maar die hoop bly, die hoop bly. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een.

Die roman toon sterk ooreenkomste met JM Coetzee se Disgrace, hoewel die storie gans anders is.

Jeanette Ferreira beskryf die verhaal so: “Du Plessis vermaak ons met sy ongemaklike kennis van die mens se swakheid soos Herman Charles Bosman dit gedoen het, nooit haatlik en moedswillig nie, altyd met die wete dat dit hierdie swakhede is wat van ons mense maak. ʼn Wonderlike verhaal, Du Plessis se Du Plessiste roman.”


Uittreksel

Toe die vrou by die kaia kom, skuur die deur blikkerig van binne af oop asof iemand die besoeker te wagte was. ’n Lenige vrou hou die deur halfoop teen die wind en glimlag, maar maak die deur nie verder oop nie. Sy is ver swanger. ’n Mens sou so ’n netjiese vrou nie juis in die deur van ’n delwerspondokkie verwag nie, asof sy nie hier hoort nie. Jonk, blond en nogal mooi, ten spyte van die verslete grys trui wat oor die dragtige magie span.

“Hetta, kom in,” groet sy gul in Engels met ’n swaar Skotse aksent.

“Môre, Amléth,” antwoord die besoeker in Afrikaans.

Die twee is gewoond aan min woorde tussen hulle, want die een ken nie die ander se taal nie. Nogtans het hulle oor die afgelope maande al geleer dat vriendskap nie veel woorde nodig het nie. Respek en liefde hoef nie baie te praat nie.

“Wind,” sê Amléth en dwing die deur groter oop.

“Wind,” beaam Hetta Minnaar, val byna die pondok binne en bly rillend in die vertrekkie staan. Sy moet eers haar asem aamborstig intrek en rou hoes voordat sy uitasem sê: “Die koue is erger as die wind, my liewe Amléth.” Sy hyg en vou haar hande oor haar pofferige blou wange. Haar oë gaan oor die vertrek met die enkelbed, ’n tafel en twee kombuisstoele. Die gehekelde deken en die skoon tafeldoek weerspreek die mure van sink en sak. Voor die venstertjie ’n gordyn wat hang soos ’n kind se rok wat veels te kort is. Die kamertjie ruik na spiritus en paraffien.

“Tee?” vra Amléth.

“Tee,” antwoord Hetta.

Buite gier die wind.

“Die houtwa is aan die kom,” sê Hetta. “Jy het gesê ek moet kom sê.”

“Hout?” vra Amléth. “Vuurmaakhout?”

“Ek sien jou hout is op, Amléth.”

“Geld is op, Hetta.”

“Het julle niks gekry nie?”

“Net, hoe sê julle nou weer, net ’n pintertjie. Ons moes water koop. Sonder water kan ’n mens nie delf nie. Drie dromme.”

“En Gys Grootbek vra seker weer ’n arm en ’n been vir een drom vuil water wat hy in elk geval net hier onder by die rivier loop skep?”

“Arm?” vra Amléth Murray. Die sin is veels te lank vir haar Skotse oor, en sy draai om om die blink keteltjie uit die emmer water vol te skep.

“Ek sien jy drink soms die water sonder om dit te kook,” sê Hetta.

“Moet ek dit kook?”

“Altyd,” antwoord Hetta byna driftig. “Die delwerye se water is permanent vuil. Jy sal siek word.”

Die wind loei om die vier hoeke van die huis.

“Jy kan tog nie sonder brandhout in hierdie koue nie, nie in jou toestand nie, vriendin?” Hetta beduie met haar hande om haar middel om betekenis te probeer gee.

Amléth glimlag. “Daar is net geld vir water.”

“Julle het ’n kleim.” Hetta sug en gaan op die een stoel by die kombuistafeltjie sit.

Met die ketel wat op haar maag rus, bly Amléth ’n rukkie lank staan, asof sy nie die laaste woorde van Hetta begryp het nie. Nogtans antwoord sy: “’n Kleim ís nie ’n diamant nie.”

Die vrouens sug in stilte, asof die woorde tussen hulle te veel geword het om ’n verbale gesprek te voer. Buite sleep die wind vlaag op vlaag oor die vlak. Toe draai Amléth weg, sit die ketel op die kant van die tafel neer en draai na die primusstofie op ’n paraffienkis.

Goedig hou Hetta haar vriendin dop. Sy sien hoe handig die Skotse vrou al met die stofie is. Toe sy hier aangekom het, moes hulle haar eers leer hoe die ding werk. Sy en Mieta moes haar meer as een keer kom help. Amléth gooi versigtig die bietjie spiritus in die bakkie, steek dit aan en begin die stofie pomp en wag vir die vlammetjie wat uit die spiritus spring. Hetta voel jammer vir haar, want al het sy alles reg gedoen, pas die Skot steeds nie by die sinkkamer en die primus nie.

Die klank vul die vertrek en die intieme reuk van paraffien slaan sterker in Hetta se neus op. Die primus suis toe Amléth die lugkraantjie oopdraai, toe eers uit die siffie spring ’n vlam. Amléth sit die keteltjie versigtig op die stofie en staar momenteel na die blougeel vlammetjie van die heserige primus onder die swartgebrande boom. Sy vou haar hande oor haar maag asof sy wil seker maak dat daar nog lewe in die baarmoeder is. Toe sy die twee koppies ongemaklik van die hoërige rakkie afhaak, sien Hetta hoe haar hande effens geswel is, maar sy sê niks. Sy kyk geamuseerd na haar vriendin, want sy ken Amléth Murray se ritueel. Twee fyn wit koppies met ’n goue randjie en delikate roospatroontjies. Twee bypassende pierings. Klein, silwer teelepeltjies, ’n suikerpot met swierige ore en ’n melkbekertjie met ’n boepens.

Victorian, weet Hetta al. Amléth het dit by haar ma geërf.

Al wat sy kon saambring, het Amléth gesê.

Die teepot met die deksel en ’n tuit wat vir Hetta soos ’n gans se nek lyk. Die gekrulde handvatsel buig soos die slank arm van ’n ryk vrou met haar hand in haar sy.

Amléth spoel die teepot met ’n bietjie warm water uit voordat sy ’n lepeltjie tee in die pot skep. Toe die water op die stofie stoom, giet Amléth die kokende water op die teeblare onderin die teepot. Amléth gaan sit. “Tee moet trek,” sê sy en skuif die koppies reg.

Hetta weet hulle wag ’n minuut of vyf vir die tee om te trek. Eers die melk, dan die tee.

“Melk eerste,” sal Amléth sê.

“Sommer nonsens,” moet Hetta dan antwoord.

Dit is hoe ’n mens tee skink.

Hulle wag vir die tee om te trek, Amléth lig die melkbekertjie versigtig en keer dit fyntjies om.

Daar is nie melk in die beker nie.

“Ons het nie melk nie,” verklaar Amléth, druk die teepot se deksel vas en skink met konsentrasie, stadig, swart tee deur die silwer siffie, en skuif dan die een koppie oor die tafel na Hetta.

Toe sy met die koppie tee voor haar sit, gee Amléth die suikerpotjie aan.

Hetta lig die deksel aan die deftige vatsel.

Die suikerpot is leeg.

“Niks suiker nie,” sê Amléth.

Elfuur die oggend drink die twee vriendinne swart tee op die delwerye van Miersehoop op die Hoëveld en geniet mekaar se gesellige stilte.

“Dankie, die tee was lekker.” Hetta skuif die koppie versigtig weg asof sy bang is dit kan dalk breek.

“Dankie,” antwoord Amléth en neem ’n laaste beskaafde slukkie.

Hulle bly teenoor mekaar sit, sonder woorde. Twee beskimmelde siele wat mekaar gevind het, maar dit nie in woorde en sinne kan uitspreek nie omdat hulle mekaar se woorde moeilik verstaan. Hulle verstaan mekaar desondanks, weet wat dit is om verwerp te voel, al is die oorsaak van hulle verwerping verskillend. Dalk ook nie so anders nie, want hulle is uit ’n laer klas, die een is ’n delwer se vrou en die ander een ’n bywoner se vrou. Onaanvaarbaar vir ’n deel van die gemeenskap met ’n skuldige gewete, dié deel wat ná meer as twee dekades steeds met hulleself ’n Boereoorlog voer op soek na ’n vyand en ’n geskikte slagveld.

“Dis koud,” sê Hetta.

“Julle weet nie wat koud is nie.”

Soos gewoonlik raak die sinne al hoe langer en die gespreksgenote se verstaan word al hoe minder soos die woorde meer word. Maar hulle bly gesels, voel mekaar aan. Soos altyd weet die een dan nie presies wat die ander sê nie. Dit strem egter nie die nieverbale gesprek nie, al loop die woorde later op twee spore wat parallel bly en oënskynlik nooit by mekaar behoort uit te kom nie. Tog is daar die emosie wat twee siele bind.

“By ons in Skotland is dit kouer, maar dit voel nie so nie. Hier is die wind droog en onvriendelik, soos die mense,” gaan Amléth voort asof Hetta elke woord verstaan.

“Buite is dit beter,” antwoord Hetta.

“Ek gaan net buitetoe om die blou lug te bewonder.”

“Dis te koud, Amléth.”

“Daar is nie nog so ’n intense blou as hierdie blou nie.”

“Dis koud,” sê Hetta.

“Soos die mense,” antwoord Amléth.

“Jy ken net vir ons.”

“En Gertruida Deysel.”

“Onbekend maak onbemind,” sê Hetta.

“Hulle verwerp ons omdat ons delwers is,” sê Amléth sag.

Hetta weet daar is ’n Afrikaanse woord vir wanneer mense sommer net vooraf besluit wie of wat jy is, nog voordat hulle jou ken. Die woord kan sy nie nou onthou nie, maar Amléth sal dit in elk geval nie verstaan nie, en wat die woord in Engels is, weet Hetta nog minder. “Dis soos om te sê ’n tamatie is sleg voordat jy eers een geproe het. Hulle verneder ons omdat ons nie grond het nie,” sê sy dan maar, en dink ’n oomblik voordat sy byvoeg: “En julle omdat julle Engelse is.”

“Skotte.”

“Donkie Deysel sien op almal neer wat anders is as wat hy dink hulle behoort te wees.”

“Donkie?” vra Amléth.

“Deysel het donkies en muile aan die Kakies in die oorlog verkoop. Donkies by die ander Boere gesteel en aan die Engelse verkoop.”

“Aan die vyand?” vra Amléth.

“Aan die vyand,” beaam Hetta. “Die oorlog het seergemaak.”

“Dis twintig jaar terug.” Amléth skuif die teepot nader.

“Onreg word nie oud nie,” sê Hetta. “Dis nie net ons áárde wat verskroei is nie.”

“Onreg is ’n sonde wat ons nie maklik vergewe gaan word nie,” meen Amléth. “Hoekom haat julle ons so?”

“Wie?” maak Hetta of sy nie verstaan nie.

“Julle Boere haat ons Engelse. Vir julle is daar nie ’n verskil tussen ’n Skot en ’n Engelsman nie. As jy Engels praat, is jy een van die vyand.”

“Jy moet iets van die vernedering agter die loopgrawe probeer verstaan,” verduidelik Hetta. “Ek wil nog altyd die siel van oorlog begryp. Die slagvelde is erg, maar oorlog se dieper dood is in die vroue wat ’n oorlog moreel in stand moet hou. Vat nou maar vir my en my Gert.”

“Vertel,” sê Amléth en Hetta kan sien die vrou wil probeer verstaan.

“Ons is albei so tien jaar voor die begin van die oorlog gebore, in ’n tyd toe dit goed met ons in die Republiek gegaan het, totdat vreemdelinge die goud onder ons begin uitgrawe het. Dit sou goed bly gaan het, maar toe raak die Engelse regering vraatsig en probeer die rykdom wat die Here onder ons aarde gesit het, steel.”

“Ons aarde?” vra Amléth. “Wie is ons, Hetta?”

“Ons Afrikaners,” sê Hetta.

“En dié wat voor julle hier was, en voor hulle?”

“Dis ons grond,” maar Hetta is nou self nie meer so seker van die verloop van die gesprek nie.

“Die aarde behoort aan die Here,” sê Amléth stilweg, en sy wil oor die diamante op die delwerye vra, maar Hetta verkies om verder oor haar eie geskiedenis te praat. Sy bly eers stil asof sy die volgorde van gebeure oorweeg.

“En toe kom die oorlog,” help Amléth met haar oë op haar vriendin.

“Toe kom die oorlog, en ek was skaars tien, te klein om iets daarvan te kon begryp. En dit was ver van ons af. Ek het toe al ’n hele rukkie by my ouma gebly omdat my pa in oom Paul se artillerie was en my ma nie vir al sewe haar kinders kon sorg nie. Totdat ek en my ouma op ’n bitter koue Hoëveldse winternag saam met baie ander vrouens en kinders hier na die dorp se konsentrasiekamp toe gebring is.” Sy bly stil, sluk swaar voordat sy voortgaan. “Dood het in die kamp ’n gewoonte geword, begrafnisse was deel van elke dag se roetine. My ouma is in die eerste drie maande al oorlede. Sy was oud. Ek het toe gedink sy is nooit begrawe nie, want hulle het haar een oggend saam met ’n hoop ander dooies in ’n oop muilwa weggery. Eers toe ons hier op Varkensfontein kom woon het, het ek gehoor dit is muile wat Hendrik Deysel aan die Engelse verkoop het.”

“Hoekom bly jy en Gert dan nou nog hier?” vra Amléth.

“Waarheen anders?” vra Hetta. “Gert het in dieselfde kamp as ek beland. Saam met sy ma en vyf ander kinders. Hulle is almal in die kamp dood. Teen die tyd dat die vrede gekom het, was hy al wat oor is en ná die oorlog is hy eers terug na hulle plaas toe. Daar het niks van die spogplaas oorgebly nie, alles verbrand. Huis, waenhuis, krale, landerye. Nie ’n lewende dier het agtergebly nie. Toe kom hy terug kamp toe waar hulle my en hom in die weeshuis vir kampkinders gesit het. Ek het as verpleegstertjie gehelp en Gert is as messelaar opgelei. Só het die kampwesies hulle eie weeshuis gebou. Dit is daar waar Gert ’n belofte aan homself gemaak het dat hy in sy lewe nooit weer aan ’n baksteen sal vat nie en hy sal nooit vir iemand laat agterkom dat hy ’n messelaar is nie.”

“Toe trou julle?” vra Amléth.

“Twee jaar ná die vrede trou ons en stap met ons voete van plaas tot plaas om te hoor wie soek ’n bywoner, maar die meeste verskroeide plase kon skaars hulle eienaars dra. Tot hier op Varkensfontein het ons gestap, waar ons toe blyplek by Hendrik Davel kry.”

“Ek glo nie ek verstaan heeltemal nie, maar dit help tog.”

“Dis van toe af dat my Gert nie eintlik praat nie. Ek dink nie hy vertrou mense nie, selfs nie ander Afrikaners nie.”

Weer raak die talige te ingewikkeld en die stilte val gemaklik tussen die twee totdat Hetta vra: “Hoe gaan dit met die baba?”

“Ek sukkel,” sê Amléth.

“Hoe so?”

“Ek is nie gesond nie.”

“Dis die water,” sê Hetta. “Jy moet dit kook.”

“Seker nie die water wat ons koop nie?”

“Vandat die delwery hier begin het, kook ek alles. Die delwers weet nie eens meer wat ’n kleinhuisie is nie.” Sy bly stil asof sy besef sy praat met die vrou van ’n delwer.

“Kleinhuisie?” vra Amléth.

Hetta dink, maar sy kom nie op die Engelse woord nie.

“Toilet?” vra Amléth.

Hetta glimlag. Nou verstaan hulle mekaar.

“Jy kan gerus ons kleinhuisie gebruik,” nooi Hetta gul. “Dit is die klein geboutjie tussen ons huis en die leivoor.” Hetta glimlag. “Donkie Deysel wou nie die bywoner se kleinhuisie aan sy kant van die bywonershuis hê nie.” Maar sy sien Amléth volg nie en Hetta beduie toe maar huis se kant toe, en vervolg, al is dit net vir haar privaat humor. “Vóór die delwerye hier was, kon ’n mens die deur oop los en oor die veld uitkyk tot daar onder waar die rivier buig, maar nou moet jy maar die deur toemaak en sonder ’n uitsig sit. Dis nou die een plekkie waar ons almal gelyk is. Of jy nou arm of ryk is, as jy moet sit, moet jy sit.” Hetta verkneukel haar in haar eie grappie.

Die glimlag op Amléth se lippe getuig inderdaad daarvan dat sy nie ’n snars volg nie.

Hetta kyk bekommerd na haar vriendin totdat dié sê: “Ek voel nie lekker nie. Ek dink nie ek gaan melk vir my baba hê nie.”

“Ons sal ’n plan kan maak,” troos Hetta en staan op.

“Op hierdie godverlate plek?” Amléth bly sit asof sy vra dat Hetta nie so gou weer moet loop nie.

“Hier is bokke om te melk.”

“Hoekom laat die Here toe dat kinders op ’n delwery gebore word?”

“Dit is sy wil.”

Amléth glimlag effens. “Dit voel vir my meer soos Angus se wil.”

“Wil jy dan nie ’n kind hê nie?”

“Dis nie dat ek nie die kind wil hê nie, Hetta!” Die skraal vrou met die intense blou oë kyk by die pondokkie se venster uit buitetoe. Die wind waai weer ’n vlaag stof. “Moenie my verkeerd verstaan nie,” vervolg sy asof sy raai dat haar vriendin haar nie volg nie.

Hetta skuifel deur toe sonder om te antwoord.

“Sal mens ’n baba hier kan grootmaak?” Amléth wuif met die regterhand oor die karige kamer, die kombuistafeltjie en die twee stoele wat nie by mekaar of by die tafeltjie pas nie. Op die een hoek die Victoria-teestel. Dit kan die vyandige wind wees, of sy huil regtig. “Ek verlang na my noordelike verlede,” sê sy.

Die koue sny deur alles.

“Wees dankbaar dat jy ’n kind kan hê, my liewe Amléth.”

“Ek sou dit net nie hier wou hê nie.”

“Mens kan nie altyd kies nie, veral nie ons armes nie,” troos Hetta.

“So arm was ons nie in Skotland nie. Ons moes nooit Suid-Afrika toe gekom het nie. Diamante is die hel nie werd nie.”

“Het julle al iets gekry?”

“Pintertjies.”

“Dit sal kom,” sê Hetta met ’n heserige laggie.

“Hulle het gesê dit lê sommer op die grond, dis net vir optel.” Amléth staan op.

“Dan het ek ook al een opgetel, maar bywoners tel nie diamante op nie, dis die ryk mense se gruis waarin die goed lê.”

“Die wind is nie die Skotse wind nie,” sê Amléth en raak aan Hetta se wang, “dis droog en soos ’n vyand wat haat.”

Hetta volg nie meer nie en hou Amléth se hand ’n oomblik vas.

“Hoekom moes ek in hierdie wye wildernis swanger raak?”

“’n Vrou raak op enige plek swanger,” glimlag Hetta Minnaar.

“Kon dit maar nie gebeur het toe ons nog in Skotland was nie? Daar is dokters en ’n hospitaal. Vroedvrouens.”

“Mieta Direko sal help, Amléth. Dit sal nie die eerste bevalling wees waar sy hand moet bysit nie.”

“Verstaan my mooi, Hetta, dis nie dat ek die kind nie wil hê nie. Ek wil! Net nie hier op hierdie woeste delwerye nie.”

“Dit sal goed gaan.”

Die blikdeur swaai van buite af oop. In die deuropening staan die maer Skotse delwer met die min hare, Angus Murray. Sy vuil gesig straal. In sy arms hou hy ’n swart bondeltjie hond. Net die twee groot, regop ore is duidelik sigbaar.

“Ag, hoe dierbaar,” sê Hetta, staan op en streel oor die hondjie se kop.

“’n Skotse terriër,” sê Angus en sit die hondjie op die vloer neer. Twee ore so groot soos ’n varkie s’n, skerperige bek en ’n stertjie wat sekel staan.

“Vir ons seuntjie,” kondig Angus met trots aan.

“En as dit ’n dogtertjie is?” vra Hetta.

“Dis ook reg, dis ’n tefie. Egte Skotse terriër,” sê hy.

Amléth buk en tel die hondjie op, druk haar teen haar vas, en die hondjie vroetel haar koppie in haar nek in. Toe kyk sy na Angus. “Dis dan die middel van die dag, Angus?” Maar dit is duidelik uit Amléth se hoë stem dat sy weet iets belangriks moes gebeur het, en op ’n delwery beteken dit gewoonlik meer as net ’n nuwe hondjie.

“Die geluk het gedraai,” sê hy en hou sy toe vuis na sy vrou toe uit.

“Hoeveel?” vra Hetta.

Hy huiwer, sê dan: “Ek het gekry!”

“Jy kan maar voor Hetta praat.”

“Toemaar,” sê Hetta, “ek loop. Ek hoop dit is ’n grote. Ek sal nie praat nie.”

“So ’n halfkaraat,” fluister Angus.

“Ek is bly.” Hetta loop uit in die wind.

“Sal ons kan teruggaan?” vra Amléth toe Angus die deur toemaak.

“Nog nie, my skat. Nog net een of twee grotes en ons kan begin dink aan Skotland.” Hy trek haar teen hom vas. Sy stribbel nie teë nie, leun selfs met haar kop teen die modderige skouer, die hond nog in haar arm.

Angus staan weg. “Bêre dit.” Hy vou die diamantjie in haar hand toe. “Saterdag verkoop ons die diamant. Ek gaan verder soek sodat ons een van die dae ryk kan teruggaan huis toe.”

Amléth sit die hond op die vloer neer. Die tefie sak net daar neer en slaap asof dit lankal haar huis is.

“Waar kry jy die hondjie?” vra sy.

“Een van die Skotse delwers het haar vir my gebring omdat sy ’n Skotse terriër is. Syne het kleintjies gekry. Hy sê sy is omtrent drie maande oud.”

Op die vloer lig die hondjie haar kop asof sy presies verstaan wat die mense sê.

Amléth tel weer die hond op, sy glimlag mooi. “Dankie, my skat.”

Angus staan net verleë en sê niks.

“Dit is my kind se speelmaatjie.”

“Jy moet vir haar ’n naam kry,” sê Angus met sy sagte, mompelende stem.

“Ek het klaar vir haar ’n naam, Roxy. Dit was my eerste hond se naam.”

“Roxy,” sê Angus en die hondjie maak haar oë oop. “Sy ken haar naam.” Angus soen sy vrou sag op haar voorkop, hou sy hand ’n ruk op die baba totdat hy lewe voel en uitloop in die koue om ’n diamant so groot soos ’n skaapkop te gaan soek.

Amléth gaan weer by die tafel sit, die hond stil in die een arm. Voor haar lê die klippie, klein, maar blink soos suiwer glas.

“Dankie, liewe Vader,” bid sy.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Drie vroue en ’n meisie</i> deur Hans du Plessis appeared first on LitNet.

#SwartMaandag: tragedie of volksmoord?

$
0
0

Die moord op ’n boer van Klapmuts was hierdie week die impetus vir die sg #SwartMaandag-proteste.

Aanvanklik is dit geadverteer as protes teen die plaasmoorde op wit boere, die sg wit volksmoord. Nadat die organiseerders van rassisme beskuldig is, het hulle vinnig verklaar dat dit ook vir elke ander moord is. Nie een enkele T-hemp of versierde bakkie of vragmotor of plakkaat op die dag het egter enigiets anders as plaasmoorde aangespreek nie, wat die kritiek teen die protes in die eerste plek bevestig het.

Maar wat is volksmoord, en hoekom is AfriForum en Steve Hofmeyr en ander bekendes so gretig om die moorde op plaasboere as volksmoord te bestempel? En hoekom hanteer hulle plaasmoorde net as dié moorde waar wit lewens verloor is?

Die definisie van volksmoord of “genocide” in the VN se Rome Statuut en die latere Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide (1948) lui:

Any of the following acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group, as such:

  1. Killing members of the group
  2. Causing serious bodily or mental harm to members of the group
  3. Deliberately inflicting on the group conditions of life calculated to bring about its physical destruction in whole or in part
  4. Imposing measures intended to prevent births within the group
  5. Forcibly transferring children of the group to another group.

Die Genocide Convention dui verder aan:

[T]o constitute genocide, there must be a proven intent on the part of perpetrators to physically destroy a national, ethnical, racial or religious group, Cultural destruction does not suffice, nor does an intent to simply disperse a group. In addition, case law has associated intent with the existence of a State or organizational plan or policy even if the definition of genocide in international law does not include this element.

Plaasboere val nie onder enige van die vier beskermde kategorieë, nl national, ethnical, racial of religious groep nie. Sou die bewering gemaak word dat alle wit mense oral geteiken word, en dit kon bewys word, sou dit natuurlik ’n ander saak wees. Die werklikheid is egter dat wit mense nog steeds in 2017 beter lewensgehalte geniet as die meeste ander groepe, dat hulle beter opvoeding bekom, meer geld verdien en meer ekonomiese en sosiale status geniet.

Hoe lyk volksmoord? Hier volg ’n paar voorbeelde.

In Rwanda is, in die bestek van 100 dae in 1994, 800 000 Tutsi’s deur hul Hutu-bure uitgewis. Sommige kenners meen die getalle is nader aan 1,7 miljoen. ’n Verdere ongeveer twee miljoen mense het uit Rwanda gevlug uit vrees vir hul lewens. Lyste van mense wat teen die regering gekant is, is aan soldate uitgedeel en hulle het dan, saam met ander Hutu’s, die Tutsi’s gaan vermoor, meestal met pangas en byle. Neem in ag dat die totale bevolking van Rwanda in die 1991-sensus 7,7 miljoen was, en die skaal waarop die uitwissings plaasgevind het, begin vorm aanneem.

In Mianmar het 600 000 Rohingyas gedurende Augustus tot September 2017 gevlug omdat hulle sistematies vir uitwissing geteiken is. In dieselfde tydperk is 200 000 Rohingyas deur regeringsmagte vermoor. Hulle is oor dekades heen opvoeding geweier, kon nie vryelik beweeg nie en kon nie burgerskap van hul geboorteland bekom nie. Hulle grond is van hulle weggeneem en hulle is nie deur die regering toegelaat om meer as twee kinders te hê nie.

In Europa gedurende die Tweede Wêreldoorlog, in die tydperk tussen 1941 en 1945, is ses miljoen Jode deur die Nazi’s uitgewis. Hulle is eers in ghetto’s opgeneem, nie toegelaat om te werk nie en toe later in konsentrasiekampe aangehou waar hulle sistematies vermoor is. Dis twee-derdes van alle Europese Jode.

Sewentig boere wat oor ’n tydperk van 12 maande vermoor is, is tragies. Dit val egter nie binne die erkende definisie van wat internasionaal as volksmoord gesien word nie. Steve Hofmeyr se bewering dat daar elke vyf dae ’n wit boer vermoor word, is reeds in 2013 as ten beste ’n oordrywing en ten slegste as suiwer versinsel bewys. Africacheck, ’n gesaghebbende onafhanklike organisasie wat die korrektheid van statistieke en ander feite dwarsoor Afrika nagaan, het bevind dat daar geen basis vir die bewering van Hofmeyr en sy volgelinge is nie.

Africacheck het verder bevind dat die bewering dat moorde toegeneem het sedert 1994 en die begin van demokrasie, ook nie korrek is nie. Moorde het inderdaad in die 1970’s hoogty gevier, en het daarna afgeneem. Hulle het verder bevind dat wit mense statisties gesproke die veiligste groep is, wat blootgestel is aan minder moorde as enige ander bevolkingsgroep.

Die afgelope jaar is daar meer as 900 mense op die Kaapse Vlakte vermoor. Sommiges is as gevolg van hulle betrokkenheid by bendes vermoor, maar veel meer is onskuldige omstanders wat op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was. In een geval het ’n ouma met haar dogter se baba op die skoot gesit toe sy noodlottig gewond is.

Hierdie afgelope week is daar by die Life Esidimeni-kommissie gehoor hoedat 141 gestremde persone weens nalatigheid dood is in die verskillende plekke waar hulle aangehou is. ’n Verdere 61 mense se omstandighede is onbekend, en hulle is op hierdie stadium steeds nie gevind nie.

Elke lewe wat verlore gaan, is tragies. Niemand verdien om gewelddadig te sterf nie. Nie elke sterfte is egter ’n geval waar die VN betrokke moet raak, soos wat verskeie bekende persoonlikhede in histeriese Facebook- en videoboodskappe gevra het nie. My enigste hoop is dat hulle eintlik maar goed bedoel het en nie verstaan wat die gevolge van hul oproep is nie.

Daar is organisasies wat hulle bestaan maak daaruit om wit mense vreesbevange en agterdogtig vir die Swart Gevaar te maak. Hoe meer wit vrese aangeblaas word, hoe meer geld kan hulle uit skenkings maak. Maar wat is die keerkant daarvan? Swart mense word nou verdink van allerhande misdrywe op grond van niks meer as die kleur van hul vel nie. En elke keer dat ’n bekende hierdie organisasies se oproepe steun, gee hulle meer legitimiteit aan die organisasies.

Die VN sou nooit, gebaseer op foutiewe en fiktiewe syfers, ’n bevinding maak dat daar volksmoord op wit plaasboere plaasvind nie. Daar is net eenvoudig geen basis daarvoor gelê nie. Wanneer is wit kinders teen hulle sin van hul ouers weggeneem? Wanneer is wit vroue teen hulle sin voorbehoed ingegee, of hul swangerskappe beëindig, om seker te maak dat daar nie meer wit kinders gebore word nie? Wanneer het daar groot groepe persone in wit woonbuurte ingegaan, inwoners uit hul huise gepluk en hulle in groepe na plekke van aanhouding vervoer? Wanneer is wit mans, vroue en kinders van hul eiendom ontneem en in konsentrasiekampe geplaas? Wanneer is wit mans, vroue en kinders in groot getalle van hul lewens ontneem?

Daar is eenvoudig geen basis en geen getuienis op grond waarvan die VN sou kon beslis dat daar wit volksmoord in Suid-Afrika gepleeg word nie. Hou in gedagte dat die VN gereeld met werklike volksmoorde dwarsoor die wêreld gekonfronteer word, en dus die ondervinding en die kundiges het om oor enige bewering van volksmoord te beslis. Daar is geen rede hoekom hulle ligtelik iets sal besluit sonder dat hulle deeglik ondersoek ingestel het nie. As ek moet kies wie die kundiges oor volksmoord is tussen Steve Hofmeyr en AfriForum aan die een kant en die VN aan die ander kant, dan skaar ek my aan die VN se kant.

Nou word wit mense opgesweep om te glo dat daar ’n internasionale komplot teen hulle is, omdat die VN nie “aan hulle kant” is nie. Die feit dat die VN gedurende apartheid beslis het dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom is, sit seker ook nog vars in meer as een agterkop. Dis teen daardie agtergrond dat ’n groep soos Pro Patria nou agiteer dat wit boere swart werkers op hul plase moet afdank in weerwraak vir die plaasmoorde en die beslissing in die saak waar ’n persoon in ’n doodskis aangehou was. Pro Patria noem die gevonnistes in daardie saak die Kis-manne. Hulle noem die grootskaalse steun wat die Swart Maandag-optogte gelewer het, as hul rasionaal vir die optrede.

Gemoedere loop hoog ná die optogte Maandag. My kommer is net dat onskuldige swart mense, en ek gebruik hierdie term om ook bruin mense in te sluit, aan die ontvangkant van wit onvergenoegdheid gaan wees. Daar is vele voorbeelde van wit boere wat hulle werkers swak behandel. Daar is ’n mite, een wat op geen waarheid gegrond is nie, dat alle plaasmoorde polities gemotiveerd is en dat die boer se eie werkers betrokke is daarby. Ek wonder hoeveel van die swart mense wat Maandag saam protes gehou het, dit gedoen het uit vrees dat hulle gebrandmerk sou word as vyandig teen die boer as hulle dit nie doen nie.

Die werklikheid is dat baie van die moorde gepleeg is deur persone wat geen verbintenis met die plaas of die boer het nie. Dit maak dit egter nog steeds nie polities nie. As plaasmoorde dan regtig ’n politieke skuif is om boere van die plase af te kry, dan sou dit baie makliker wees om hulle grond gewoonweg te onteien. Daar is presedent daarvoor. Distrik Ses se mense is weggeneem van hul eiendom sonder enige vergoeding, want die regering van die dag wou daardie grond gebruik.

As plaasmoorde gebruik word om wit boere in ’n volksmoord te teiken, hoekom word swart boere dan ook doodgemaak? Hoekom word swart werkers ook doodgemaak? Die voor die hand liggende rede is natuurlik dat die moorde nie oor kleur gaan nie, maar oor geleenthede.

Die hartseerste van hierdie hele aangeleentheid: solank as wat moorde in rasseterme geverf word, solank dit as politieke speelbal gebruik word, solank as wat sterftes in een ras as meer belangrik geag word as in ander rasse, gaan ons land verder uitmekaar geskeur word.

Dis die grootste onreg wat slagoffers van misdade en hul families, oor kleurgrense heen, aangedoen kan word.

The post #SwartMaandag: tragedie of volksmoord? appeared first on LitNet.

Johannes Calvyn (II)

$
0
0

Portret van Johannes Calvyn deur Titiaan (Bron: Wikipedia)

Lees deel 1 hier.

Calvyn in Straatsburg (1538-1541)

Voordat Calvyn se Institusie nog in druk verskyn het, het hy in Italië besoek gaan aflê by Renée, die Franse prinses (hertogin) wat tydelike beskerming verleen het aan godsdienstige vlugtelinge. Gou het sy volkome onder die invloed van Calvyn gekom. Hierna het Calvyn weer na Parys teruggekeer, maar het gou weer na Straatsburg verhuis, waar hy van plan was om met sy skryfwerk voort te gaan. Toe daar oorlog uitbreek tussen Frankryk en Duitsland, was Calvyn verplig om met ’n ompad na Parys terug te keer, en só beland hy toe geheel onbeplan in Genève, waar hy eintlik teen sy wil ingetrek is om die Hervorming daar te lei. Die man wat hiervoor verantwoordelik was, was Guillaume Farel, die hervormer van die Franse deel van Switserland. Calvyn het gaan insien dat, met die Edik van Cousy, wat aan die “ketters” ’n grasie-periode van ses maande gegee het om weer versoen te raak met die RK, daar nou vir hom geen verdere toekoms in Frankryk is nie. En in Augustus van daardie jaar het hy besluit om na Straatsburg te verhuis, ’n meer vrye imperiale stad in die Heilige Romeinse Ryk, en ’n toevlugsoord vir Hervormers soos hy. Hy was egter gedwing, weens militêre operasies, om met ’n suidelike omweg deur Genève in Switserland te reis. Hy wou net een nag in Genève oorbly, maar loop toe vir William Farel, ook ’n oortuigde hervormer, raak.

Terwyl Farel ’n student was in Parys, het hy onder die invloed gekom van Jacobus Faber, alias Lefèvre d’Êtaples (Stapulensis, gebore in die dorpie Etaples). Hulle het saam onder die invloed van Martin Luther van Wittenberg se dissipelskap gekom. Farel is egter gou uit Parys verban, waarskynlik onder die invloed van Desiderius Erasmus, wat hy by geleentheid ’n “nuwe Balaäm” genoem het. In 1530 het Farel die Hervorming uitgedra na Neuchâtel, waar ikonoklasme (die breek van beelde in die RK Kerk vir aanbidding) vir wanorde gesorg het. In 1535 het Guillaume Farel en sy vriend Pierre Viret die Hervorming gaan vestig op Genève. Viret, van die dorpie Orbe, het toe alreeds die Hervorming gaan verkondig in Lausanne, Nîmes, Lyons en Orange. In 1564 het hy, in drie volumes, te Genève sy boek Instruction chrestienne en la doctrine de la Loy et l’Êvangile gepubliseer.

Farel, ’n oudstudent van Lefèvre, en grootliks ook onder die invloed van Ulrich (vir Huldreich) Zwingli, had selfs meer ywer vir die Hervorming as sy eertydse meester self.

Genève het reeds lank gestry om los te kom en onafhanklik te word van die kettings van die hertog Savoy en die RK biskoppe wat finansiële voordele daar getrek het. Europa het toe nog grootliks bestaan uit ’n konglomerasie van onafhanklike stadstate binne aparte taalgroepe. Toe Farel met die Hervorming kom, het die biskop van Genève gou die hasepad gekies, en hy het vanaf Augustus 1535 die “nuwe” Evangeliese prediking vir die volk gebring. In Mei 1536 het die inwoners van Genève afgodediens aan beelde afgesê, en daarna gestrewe om elke dag volgens die Woord van God te lewe.

Calvyn kom na Genève

Dit was dan twee maande later, in Julie 1536, dat Johannes Calvyn sy opwagting in Genève gemaak het, en Farel hom (as reisiger) oortuig het om daar vir die Hervorming te kom arbei. Aanvanklik het hy gehuiwer, maar gou sou dit sy Evangeliese standplaas tot sy dood word. William M Ramsay vertel ons in sy Church History One Hundred One (John Knox Press, 2006, bl 57) dat toe Farel by hom eers tevergeefs aangedring het om hom op Genève by te staan, dié toe aan hom gesê het dat as hy hom nie in hierdie tyd van nood sou wou help nie, God sekerlik sy vrede sal vervloek. Dit het hom bang gemaak en van mening laat verander.

Calvyn het later gesê dit was asof God uit die Hoogte sy hand vir diens daar op hom gelê het. In September van daardie jaar nog het Calvyn sy boekery uit Basel oorgebring na Genève, en lesings in die Katedraal van Sint Pierre oor die Briewe van Paulus begin gee. Aanvanklik was geen bepaalde pos aan hom toegesê nie, maar gou was hy aangestel as professor (“reader”) in die Heilige Skrif. In 1537 is hy ook as “pastoor” gekies, alhoewel hy nooit enige pastorale ordening gehad het nie (vgl Bernard Cottret, op cit, 2000, bl 120). En Calvyn moes nou kerkdienste lei, en troues en dope waarneem (vgl THL Parker, op cit, 2006, bl 80).

In die herfs van 1536 het Farel ’n Geloofsbelydenis vir die kerk van Genève opgestel, terwyl Calvyn verskeie artikels (pamflette) opgestel het oor die Geneefse kerk. Op 16 Januarie 1537 het Farel en Calvyn hul Articles concernant l’organation de l’église et du culte à Genève aan die Verkleinde Geneefse Raad voorgelê met ’n aantal bepalinge om die eertydse godsdienstige reëlings van die stad te hervorm. Om te verhoed dat die Eucharistie (Nagmaal) geprofaniseer word, is bepaal dat diegene wat hulle aan skandalige dade skuldig gemaak het, dit nie mag gebruik nie. ’n Aantal Geneefse burgers van eerbare gedrag is aangestel om daaroor toesig te hou. Vir Calvyn staan die Eucharistie sentraal in die kerklike liturgie omdat dit die dood (en opstanding) van Jesus by die laaste Avondmaal saam met sy dissipels herdenk.

’n Dokument is ook in 1537 opgestel waarvolgens die gelowiges instruksies gekry het oor hoe om hulle geloof te bely. Kinders moes ook onderrig word om Psalms tot lof van God te sing waarby die note aangegee word. Daar is ook bepaal hoe huwelike voltrek moes word, en op welke gronde ekskommunikasie toegepas kan word. En die Raad het dit nog dieselfde dag aanvaar (vgl Bernard Cotrett, op cit, 2000, ble 128–9, en THL Parker, op cit, 1975, ble 74–6).

In April 1538 het daar egter ’n krisis in Genève ontstaan. Uit die groter stad Bern het instruksies gekom hoe om die eertydse godsdiensrites te bly uitvoer wat onder andere bepaal het dat ongesuurde brood vir die Nagmaal gebruik moes word. Dit was in botsing met wat Calvyn en Feral voorgestel het van gewone gesuurde brood, en hulle het geweier om die Nagmaal met daardie Paasfees te bedien. Vroeër reeds het Farel en Calvyn se reputasie met die Stadsraad gekwyn en het hulle ook by vergaderinge gebots. Die Stadsraad was ook teësinnig om Farel en Calvyn se instruksies op die gemeente af te dwing. Verder het slegs enkele burgers in die stad hulle geloofsbelydenis onderskryf. Oproer het in die stad voorgekom, en Farel en Calvyn was gedwing om uit Genève pad te gee.

Farel en Calvyn het hierna na Bern en Zürich gegaan om hul saak te stel. Die Sinode van Zürich het die blaam op Calvyn geplaas as sou hy nie simpatiek genoeg gestaan het teenoor die inwoners van Genève nie. Bern is daarop gevra om bemiddelend op te tree sodat Farel en Calvyn weer tot Genève toegelaat kan word. Genève het egter geweier, en hulle het na Basel uitgewyk. Farel het ’n uitnodiging ontvang om na Neuchâtel te gaan. Calvyn is weer gevra om die Franse hervormende kerk in Straatsburg te kom bedien, waar nou reeds leidende hervormers was soos Martin Bucer en Wolfgang Capito. Calvyn het aanvanklik geweier, omdat die uitnodiging nie ook vir Farel gegeld het nie. Bucer het egter op Calvyn se dienste bly aandring, en hy is uiteindelik oorreed.

Teen September 1538 het Calvyn sy nuwe posisie by Straatsburg opgeneem, en gemeen dat dit nou vir goed was. ’n Paar maande later het hy vir burgerskap aansoek gedoen, wat hom ook toegestaan is (vgl THL Parker, John Calvin: A biography, Oxford, 2006, ble 90–2, en Alister E McGrath, A life of John Calvin, Basil Blackwell, Oxford, 1990, ble 101–2).

Gedurende sy bediening op Straatsburg, waar hy ’n volle drie jaar sou bly, was Calvyn nie aan ’n bepaalde kerkgebou verbonde nie. Hy het opgetree in die Sint Nicolas Kerk, die Sint Madeleine Kerk en die eertydse Dominikaanse Kerk – wat toe herdoop is tot die Tempel Neuf. Al hierdie kerke bestaan vandag nog in Straatsburg, maar is intussen struktureel verander. Calvyn het tussen 400 en 500 gemeentelede gehad. Hy het elke dag gepreek en lesings aangebied by Johannes Sturm se Teologiese Skool, met twee preke (sermoens) op Sondag. Nagmaal is elke maand gevier en die gemeente is aangemoedig tot samesang.

Hy het ook hier aan die tweede uitgawe van sy Institusie begin werk. Hy was nie tevrede met die oorspronklike opset daarvan as net ’n kategismus, dws ’n kortbegrip, oftewel leerboek, met vrae en antwoorde oor die belangrikste Christelike leerstellings, nie. In die tweede uitgawe van sy Institusie het Calvyn toe ook die formaat daarvan drasties verander en die hoofleerstellings van die Bybel eerder sistematies behandel. Die oorspronklike ses hoofstukke het toe 17 geword, en dit is in 1539 gepubliseer.

Calvyn het terselfdertyd ook aan ’n kommentaar op Paulus se Romeine-brief gewerk - die interpretasie van juis daardie Bybelboek wat so baie tot die Hervorming bygedra het. En het hier onmiddellik sy model vir vele toekomstige Kommentare op Bybelboeke geskep: in plaas van om die teks van Hieronymus se Vulgaat te gebruik, het hy dit opnuut uit Grieks vertaal. (Erasmus se Griekse teks van die NT, swak soos dit was, het op 1 Maart 1516 by Johann Froben in Basel verskyn.) Pas daarna het sy noukeurige eksegese en uiteensettinge gevolg. In ’n opdraende voorwoord het Calvyn die werk geprys van sy voorgangers, Philipp Melanchthon, Heinrich Bullinger en Martin Bucer, hoewel hy soms met hulle interpretasies van hierdie Brief van Paulus verskil het. Calvyn het ook ’n Franse Psalmboek gepubliseer.

Saam met sy vriend Martin Bucer, hervormer uit eie reg op Straatsburg, het Calvyn in 1540–41 drie konferensies bygewoon wat vir Lutheraanse en Rooms-Katolieke teoloë gereël is.

Calvyn se vriende het hom intussen aangemoedig om te trou. Calvyn het daarop heel onromanties gereageer. Aan een korrespondent het hy geskryf: “Alhoewel ek so ten gunste van die huwelik is, is ek nog nie getroud nie, en ek weet nie of ek ooit sal trou nie. As ek ’n vrou sou neem, sal dit wees om meer bevry te wees van my bekommernisse, sodat ek my geheel aan die Here kan wy” (vgl Bernard Cottret, op cit, 2000, bl 140). Verskillende moontlike bruide is aan Calvyn voorgestel, onder andere een uit ’n adelfamilie wat Calvyn toe toegestem het om te neem. Daar was egter die voorwaarde dat sy Frans moes kon praat. Die troudatum was al klaar vasgestel vir Maart 1540, maar Calvyn het op die laaste oomblik kop uitgetrek. Hy het later geskryf dat hy nooit werklik daaraan gedink het om met haar te trou nie – “tensy die Here my van my sinne beroof het” (vgl THL Parker, op cit, 1975, bl 87). In Augustus 1540 het Calvyn egter wel getrou, met Idelete van Bure, die weduwee van Jean Stordeur, ’n vlugteling uit Liége. Sy was toe reeds die moeder van twee kinders by haar oorlede man. Calvyn het slegs een kind by haar gehad wat egter as suigeling gesterf het. En sy sou hom ook in 1549 ontval.

Die toestand van die kerk in Genève het in Calvyn en Farel se afwesigheid onstabiel gebly, sowel kerklik (waar die bywoning van eredienste afgeneem het) as polities. En Genève het Calvyn se posisie heroorweeg. Kardinaal Jacopo Sadoleto, as vurige RK geleerde, het hom beywer vir versoening met die hervormers wat wou wegbreek. Hy het in 1539 hieroor ’n brief aan die gemeente van Genève geskryf om hulle terug te bring in die RK kraal. Die Stadsraad van Genève het toe vir Pierre Viret gevra om op die kardinaal se brief te antwoord. Hy het egter geweier en Calvyn gevra om ’n antwoord voor te berei. Calvyn het (teësinnig) ingestem in sy “Responsio ad Sadoletum”, waarin hy nogeens die belangrikheid van kerklike hervorming in Genève beklemtoon het.

Op 21 September 1540 het die Stadsraad een van sy lede, Ami Perrin, afgevaardig om na Calvyn in Straatsburg te gaan en hom te oorreed om terug te keer na Genève. Hierdie afvaardiging het Straatsburg bereik terwyl Calvyn nog aanwesig was by ’n konferensie, oftewel samespraak, tussen kerkleiers oor kerklik-dogmatiese kwessies in Worms. Calvyn se eerste reaksie op hierdie nuwe versoek uit Genève was een van groot ontsteltenis en selfs afsku. Hy het teruggeantwoord dat hy “hom eerder ’n honderd maal aan die dood sal oorgee as om daardie kruis weer op te neem en daagliks meer as ’n duisend maal weer (in lyding) om te kom” (THL Parker, op cit, 2006, bl 105).

Calvyn het egter ook laat blyk dat hy tog gewillig was om die roeping van die Here na te kom as hy moet. Genève het ’n plan opgestel waarvolgens Viret tydelik vir ses maande die kerklike bestuur van die stad sou oorneem waartydens Calvyn en Bucer sou terugkeer om die volgende stappe te beplan. “Daar was geen plek onder die hemele wat ek (toe) meer gevrees het nie,” sou Calvyn later erken. In die somer van 1541 het Straatsburg egter besluit om Calvyn vir ses maande te “leen”. Calvyn het toe op 13 September 1541 met amptelike begeleiding saam met sy hele familie na Genève teruggekeer.

Die Stadsraad van Genève het Calvyn se voorstelle op 20 November 1541 aanvaar in ’n dokument getitel “Ordonnaces ecclésiastiques”. Hierdie ordinansie het vier bepalinge ingesluit: (1) “pastore” moes preek en die sakramente bedien; (2) die “doktore” moes die gelowiges instruksies in die geloof gee; (3) die “ouderlinge” (< Grieks presbúteros, letterlike die ouer mense) moes vir die dissipline in die stad sorg; en (4) die “diakens” (< Grieks diákonos, met aanduiding van ’n gewone dienaar of helper) moet na die armes in nood omsien.

Die Stadsraad het ook gevra vir die stigting van ’n Consistoire. Die Consistorium (latere Kerklatyn) was die vergaderkamer (“plek van vergadering”) van die kerkraad as ’n soort hof van dissipline waar gevalle van ernstige oortreding na die burgerlike Stadsraad verwys is. Calvyn self het geen aangewese amptelike sitplek in die Consistorium gehad nie. Een van die vier syndici, oftewel hoofmagistrate, het altyd die voorsitterstoel ingeneem. (Die woord syndicus is ook Laat-Latyn, juis as ampsterm in Genève geskep.) Calvyn se persoonlike teenwoordigheid het hom egter de facto die leier van sulke vergaderings gemaak. Calvyn was die hoof van die Geneefse kerk en daarmee ook die geestelike leier van die stad self. Hoewel die Geneefse Kerkraad later ook siviele strawwe opgeëis het, is op 19 Maart 1543 besluit dat alleen die burgerlike (siviele) regering van die stad straf mag oplê, ekskommunikasie ingesluit (Bernard Cottret, op cit, 2000, ble 165–6, en THL Parker, op cit, 2006, ble 108–11).

In 1542 het Calvyn ’n kerkdiensboek wat hy op Straatsburg gebruik het, hersien en onder die titel La Forme des Prières et Chants Ecclésiastiques gepubliseer. Calvyn het (net soos Martin Luther) die impak van gesamentlike sang tydens eredienste belangrik geag, waar die gemeente aan die diens meedoen. Calvyn se oorspronklike Straatsburgse Psalmboek het net 12 psalms bevat, gekomponeer deur Clément Marot. Calvyn het nou, in Genève, verskeie toevoeginge self gemaak. Teen die einde van 1542 het Marot ook as ’n vlugteling van Genève gekom en ’n verdere 19 psalms bygevoeg. Louis Bourgeois, nog ’n geloofsvlugteling, het musiekonderrig kom gee in Genève vir die volgende 16 jaar, en nog verdere gesange bygevoeg in die Geneefse gesangeboek, waaronder sy “Ou Honderdste” (Bernard Cottret, op cit, 2000, ble 172–4, en THL Parker, op cit, 2006, ble 112–5).

In 1542 het Calvyn ook sy Catéchisme de l’Eglise de Genève gepubliseer, geïnspireer deur Martin Bucer se Kurze Schrifftliche Erklärung van 1534. Calvyn het reeds vroeër, gedurende sy verblyf op Genève, ’n kategismus opgestel wat grootliks gebaseer was op die “Groot Kategismus” van Martin Luther. Calvyn het sy eerste uitgawe op pedagogiese wyse gerangskik: die Wet eerste, gevolg deur Geloof en Gebed. In sy 1542-uitgawe het hy dit egter op teologiese gronde gerangskik: Geloof eerste, deur die Wet en Gebed.

Historici debatteer nou nog of Calvyn se Genève ’n teokrasie op OT-model was of nie. Calvyn self het ’n duidelike onderskeid gemaak tussen kerk en staat. Feit is egter dat Calvyn se teologiese insigte ’n enorme invloed gehad het op die burgerlike bestuur van die stad. (Vgl hier Mark J Larson, Calvin’s doctrine of the State: A Reformed doctine and its American trajectory, the Revolutionary War, and the Founding of the Republic, Wipf & Stock, 2009, ble 1–20, asook Harro Höpfl, The Christian Polity of John Calvin, CUP, 1985). Calvyn het in sy prediking in opeenvolgende preke sistematies deur die hele Bybel gewerk. Van Maart 1555 tot Julie byvoorbeeld het hy 200 preke gelewer oor die OT-boek Deuteronomium alleen (John D Currid, Calvin and the Biblical languages, Christian Focus Publications, VK, 2006).

Voltaire, die vermaarde Franse skrywer, het by geleentheid oor Calvyn, Luther en Zwingli opgemerk: “Toe hulle die priesterselibaat laat vaar het en die hekke van die kloosters oopgemaak het, het hulle alleen slegs die ganse gemeenskap in ’n klooster omskep. Vertonings en vermaak is uitdruklik in hulle godsdiens verbied. Vir meer as twee honderd jaar is nie ’n enkele musiekinstrument in Genève toegelaat nie. Hulle het ‘voorkamer’-belydenisse veroordeel, maar het tog deelgeneem aan openbare belydenisse. In Switserland, Skotland en in Genève het dit in die openbaar voorgekom net soos "boetedoenings".

Van die persoonlike lewe van Calvyn is helaas bitter min bekend. Sy huis en meubels was die eiendom van die Stadsraad. Sy huis was groot genoeg om sy familie te huisves sowel as dié van sy broer Antoine en hulle bediendes. Idelette, met wie hy skaars nege jaar getroud was, het op 28 Julie 1542 geboorte gegee aan hulle enigste kind, wat vroeg gebore is en toe enkele dae daarna oorlede is. Sy self het in 1545 siek geword en op 29 Maart 1549 gesterf. Calvyn het nie weer getrou nie. Die verdiet oor Idelette se dood hy soos volg aan Viret oorgedra: “Ek is van my beste vriend in die lewe ontneem, iemand wat, as dit so voorbestem was, gewilliglik sou gedeel het in my armoede en in my dood. Gedurende haar lewe was sy ’n getroue helper in my bediening. Van haar het ek nooit die kleinste belemmering ondervind nie” (THL Parker, op cit, 2006, ble 129–30). Gedurende die res van sy lewe het Calvyn verskeie vriendskapsbande volgehou vanaf die vroegste tyd, soos met Montmor, Cordier, Cop, Farel, Melanchthon en Bullinger (Bernard Cotttrel, op cit, 2000, ble 183–4 en THL Parker, op cit, 2006, bl 131).

Die kerklike dissipline in Calvyn se Genève was uiters streng. Oortreders is eers “broederlik” gewaarsku, maar dan goed dopgehou. Die morele kodes van die stad, wat reeds daar was voor Calvyn se koms, is nou strenger toegepas, asook prag-en-praal-wette. Dobbelary, die misbruik van drank en selfs dans is verbied, asook enige ligsinnige singery op straat. Natuurlik het Calvyn van die sogenaamde libertyne teenstand verwag en gekry, maar dit het eerder sy posisie sterker gemaak. Hy is dikwels uitgeskel en het selfs liggaamlike geweld verwag. Maar Calvyn het krisis na krisis oorleef, aangegaan met sy onderhoudende prediking, geskryf, teologiese lesings gegee, en polemieke met sy teenstanders gehad vir wie hy die roede nie gespaar het nie. Hy kon nie alles vir almal in Genève wees nie. Eers in 1455, nege jaar voor sy dood, het hy die finale oorwinning in Genève behaal en heer en meester van die stad geword. ’n Deel van sy sukses was te danke aan die politiek van die dag, soos die feit dat Franse “Hugenote” ter wille van hul Protestantse geloof skuiling by hom kom soek het.

Gedurende sy bediening in Genève het Calvyn meer as 2000 preke gelewer. Aanvanklik het hy twee keer op ’n Sondag gepreek en drie keer per week. Dit was ’n te swaar vrag wat Calvyn moes dra, en in 1542 het die Stadsraad besluit dat hy net een preek op Sondae moes gee. Sewe jaar later, in Oktober 1549, is hy egter weer gevra om twee keer op ’n Sondag te preek en daarby elke weeksdag al om die ander week. Calvyn se preke het gewoonlik meer as ’n uur lank geduur, en hy het sonder enige notas sy predikasies gelewer. Hier en daar is notas gemaak van sy preke, maar min is opgeteken vóór 1549. In daardie jaar is Denis Raguenier aangestel om rekord te hou van Calvyn se preke met gebruikmaking van sy eie soort snelskrif (tachigrafie). THL Parker het ’n ontleding van Calvyn se preke van toe af gemaak, en gevind dat dit weinig oor die jare heen verander het (Parker, The oracle of God: An introduction to the preaching of John Calvin, James Clark & Co, Cambridge, 2000).

Calvyn het ook bitter teenstand ervaar tydens sy bediening in Genève. Teen 1546 het ’n ongekoördineerde en ongeïdentifiseerde groep, waarna Calvyn verwys het as die “libertyne”, maar wat self verkies het om die Spiritueles of Patriote genoem te word, teen hom saamgesweer (Philip Shaff, History of the Christian Church, vol VIII, par 108, en George Park Fisher, The Reformation, Charles Schribner’s Sons, New York, 1912, bl 192). Volgens Calvyn het hierdie mense aangeneem dat nadat hulle deur God se genade gered is, hulle ook bevry is van die enige kerklike en siviele wette. (Dit het nogal gepas by Calvyn se predestinasieleer.) Hierdie groep het bestaan uit die rykes van Genève wat die politieke mag gehad het en van mekaar familie was.

Teen die einde van Januarie 1546 het Pierre Ameaux, die vervaardiger van speelkaarte, in konflik gekom met die Geneefse Consistorium, en Calvyn ’n “Picard” (slegs ’n inwoner van Pikardië) genoem. Dit was ’n epiteton met anti-Franse sentiment, en hulle het hom van valse leerstellinge beskuldig. Ameaux is egter deur die Stadsraad voor stok gekry en gedwing om deur die stad te paradeer terwyl hy God vra om hom te vergewe (Cottret, op cit, 2000, bl 187, en THL Parker, op cit, 2006, bl 126).

Enkele maande daarna het Ami Perrin, die man wat Calvyn van Straatsburg af na Genève gebring het, openlik teen Calvyn gedraai. Perrin het in die huwelik getree met Françoise Favre, die dogter van François Favre, ’n gevestigde ryk Geneefse handelaar. Beide Perrin se vrou en sy skoonvader het voorheen konflik met die Consistorium gehad. Die Stadsraad het bevind dat baie van Genéve se edellui, Perrin ingesluit, die verbod op dans gebreek het. (Hoe uiters kleinlik tog!) Perrin het aanvanklik die Stadsraad geïgnoreer toe hy opgeroep is, maar nadat hy ’n persoonlike brief van Calvyn ontvang het, het hy appèl by die Consistorium aangeteken teen sy “oortreding”.

Die geval Jacques Gruet

Teen 1547 het die opposisie teen Calvyn en die ander “pastore” wat as vlugtelinge uit Frankryk na Genève gekom het, aangegroei tot ’n meerderheid van die syndyci, die hoofmagistrate van Genève. Op 27 Junie 1547 is ’n onondertekende dreigbrief, geskryf in die Geneefse Franse dialek, op die preekstoel van die Sint Pierre Katedraal gevind waar Calvyn gepreek het. Die Stadsraad het ’n sameswering teen die kerk en die (Geneefse) staat daarin gesien. Jacques Gruet, ’n familielid van die Favres, is hierop gearresteer nadat verdoemende getuienis teen hom gevind is toe sy huis deursoek is. Onder marteling het Gruet herhaaldelik erken dat hy die skrywer van die dreigbrief op die preekstoel was. Die burgerlike hof van die stad het Gruet skuldig bevind en hy is ter dood veroordeel, en op 26 Julie 1547 onthoof. Calvyn het nie die siviele hof se skuldigbevinding teengestaan nie (Wulfert de Greef, The writings of John Calvin: An introductory Guide, Louisville, Kentucky, 2008, ble 30–1; Cottret, op cit, 2000, ble 190–1; en THL Parker, op cit, 2006, ble 136–8). Miskien kon Calvyn hier sy hande in onskuld gewas het.

Lees ook:

Johannes Calvyn (I) 

Gerrit van Wyk Kruger 
Seminare en essays 

"Johannes Calvyn was ’n Franse teoloog en regsgeleerde wat verantwoordelik was vir die Groot Hervorming in die 16de eeu in Europa in die Franse wêreld, en wel in die eerste instansie in Franssprekende Switserland in Genève, soos Martin Luther dit in Duitsland was."

The post Johannes Calvyn (II) appeared first on LitNet.


Faith & courage by Thabo Makgoba: book launch

Sitting pretty by Christi van der Westhuizen: book launch

Bybel in Kaaps: Romeine 12

$
0
0

Die Niewe Liewe in Christus

12 Dis hoekô ek julle vra, broes en sustes, op grond van Got se genade, om julle liggame op te gie as liewendige opoffering, heilig en as ’n plesier vi Got. Dis die waare en regte manier hoe julle Got moet anbid. Moetie soes die sondige wêreld raakie, maa wies anners deu julle gedagtes niet te maak. Net dan sal julle kan toets en anvaar wat Got se wil is, sy goeie, perfekte en volmaakte wil. 

3 Virrie genade wat vi my gegie was, sê ek vi elkeen, moetie bietere van jouself dink as wat djy hoef te dinkie. Dink eeder van jouself met ’n nugter kop, wat saamstem mettie geloef wat Got an elkeen gegie het. 4 Wan net soes elkeen van ôs een liggam het met baie dele, en die dele hettie dieselle funksiesie, 5 soe oek in Christus, al is ôs baie, maak ôs een liggaam, en elke deel behoort an allie anner.

6 Ôs het amal veskillende gawes, volgensie genade wat an ôs gegie was. As dit jou gawe is om te profeteer, dan doen dit volgens jou geloef. 7 As dit is om te dien, dan dien; as dit is om anners te leer, dan leer hulle; 8 as dit is om anners moed te gie, dan gie vi hulle moed; as dit is om te gie, dan gie met alles van jou; as dit is om te lei, wies dan ywerig om dit te doen; as dit is om genadig te wies teenoo anners, doen dit dan met blydskap.

Liefde in Aksie

9 Liefde moet opreg wies. Haat wat sleg is; en vashou an wat goed is.

10 Wys hartlike broederliefde an mekaa. Eer mekaa boe-oor jouself.

11 Moet nooit lat julle ywerheid veslapie, maa hou julle geestelikheid, dien Got.

12 Wies vrolik in hoep, geduldig in droefheid, volhart in gebed.

13 Deel mettie Jirre se mense wat in nood is. Oefen julle gasvryheid.

13 Siën hulle wat julle wil vevolg; siën hulle, moet hulle nie vevloekie.

15 Wies bly met hulle wat bly is; treur met hulle wat treur.

16 Liewe in vriede met mekaa. Moenie te trots wiesie, maa wies gewillig om te meng met mense wat minner as djy het. Moenie vewaant wiesie.

17 Moenie kwaad met kwaad betaalie. Wies vesigtig om te doen wat reg is innie oë van amal.

18 Proebee om soe vêr as moontlik met amal in vriede te liewe.

19 Moenie wraak wil niemie, my dierbares, maa los plek vi Got om te oordeel, wan dit is geskryf: “Dis my reg om te straf; Ek sal trug betaal,” sê Got.

20 Maak eeder soe, “As jou vyand honge is gie hom kos; as hy dôs is, gie hom iets om te drink. Deu dit te doen lat djy hom brand met skaamte.”

21 Moenie laatie bose jou oorvallie, maa oowin die bose mettie goeie.

The post Bybel in Kaaps: Romeine 12 appeared first on LitNet.

Kom eet aarbeie by Jamestown se fees

$
0
0

Jamestown bestaan al sedert 1902 en die gemeenskap word geken aan hul vriendelike mense, natuurskoon en natuurlik die aarbeie wat op die stoepe van Jamestown groei. Red Letter Day Pictures het die volgende video gemaak wat gemeenskapslede en ander betrokkenes se gevoel oor die aarbeifees saamvat:

Die Jamestown Aarbeifees vind op 3 en 4 November plaas as deel van die gemeenskap se erfenisvieringe. Die fees is drie jaar gelede op die been gebring en sedertdien sorg die geleentheid vir groot opwinding onder inwoners sowel as besoekers.

Vanjaar se program belowe om iets vir elkeen te verskaf: kunsklasse, uitstallings, ’n pretloop, rieldans, kosstalletjies en vele meer.

Die fees skop Vrydagaand 3 November om 18:00 af met ’n aandmark en die volgende oggend om 08:00 is daar ’n pretloop waar deelnemers deur Jamestown se natuurskoon sal stap.

Gemeenskapsbemagtiging en -betrokkenheid is vir die organiseerders van groot waarde, en daarom neem talle leerders en jongmense aan van die aktiwiteite deel. Marié Stander, ’n plaaslike kunstenaar, bied ook ’n kunskompetisie aan en ongeveer 120 leerders sal daaraan deelneem. Stander sal ook ’n portretwerkswinkel op die Saterdag aanbied. Die doel van die kompetisie en die werkswinkel is om die jeug en ander belangstellendes se kunstalent te ontwikkel en sodoende entrepreneurskap aan te moedig.

Ander kunstenaars wie se werke in die Rynse Kerk uitgestal en verkoop sal word, is Marié Stander, Clare Menck, Marriana Booyens en Jacques Buys.

Vir meer inligting oor die fees, kontak Linda Isaacs by 084 696 5477 of Cheryl Farao by 071 445 8185, of volg die Facebook-blad (@JamestownStrawberryFestival), Twitter (@Jamestownfest1) en Instagram (@Jamestownstrawfest).

Foto's: Porchia Adams

The post Kom eet aarbeie by Jamestown se fees appeared first on LitNet.

Press release: NB Publishers receives ceast-and-desist letter

$
0
0

NB Publishers, the publishers of The President’s Keepers by Jacques Pauw, has received a cease-and-desist letter from the State Security Agency (SSA) demanding that we withdraw the book from the stores and retract parts of the book.

The SSA is further threatening to go to court to get an “interdict preventing [NB Publishers] from further distribution, further printing, publishing or promotion of the book” should we not withdraw it from the book shops, and “institute criminal charges against you and any other individual concerned in relation to those parts of the book which are in violation of the relevant statutes.”

The SSA says in the lawyer’s letter, sent this week, that: “… we record that the book contains parts that are in contravention of the Intelligence Service Act, Act 65 of 2002”.

“As our client is constitutionally mandated to ensure the security of the State and protect the identity of its members and agents, it has a duty to act in instances where such security is breached either by disclosure of its legitimate operational methods, classified documents, as well as the identity of its agents,” says the letter.

This follows the publication of Jacques Pauw’s explosive new book, The President’s Keepers, by Tafelberg, an imprint of NB Publishers, on 29 October 2017.

In the book, the highly respected journalist and author Pauw – who exposed the apartheid-era Vlakplaas death squads when he worked for the anti-apartheid Vrye Weekblad newspaper – blows the lid off South Africa’s gangster state. The President’s Keepers exposes how millions of rands of tax payers’ money flowed into the bank accounts of bogus spies among other stunning revelations about President Jacob Zuma’s compromised government and dirty tricks in SA’s law-enforcement agencies.

NB Publishers stands by our author, Jacques Pauw, and the book, The President’s Keepers

Our attorney will respond to the SSA’s letter.

Click here to view the letter.

The post Press release: NB Publishers receives ceast-and-desist letter appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>