Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21553 articles
Browse latest View live

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge deur Niël Barnard

$
0
0

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge
Niël Barnard
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624079743

Niël Barnard weet te vertelle dat die Nasionale Intelligensiediens waarvan hy 12 jaar lank hoof was, 40 ton dokumente laat verbrand het tydens die ou weermag se “Auschwitz van papier”, om Terry Bell se frase te gebruik, om die identiteite van sy spioene en informante te beskerm. Dit laat my dink aan daardie ou sportliedjie op skool: “How the hell can we believe you?” (HTHCWBY?).

As mens jou papierspore laat verbrand, skep dit die illusie dat jy die verlede kan beheer, en die gevolge daarvan sien ons in die rits memoires oor die Suid-Afrikaanse omwenteling waarin die skrywer hom beskeie en soms minder beskeie voorstoot as die man met die oliekan in die “enjinkamer van die onderhandelinge”. Of die oudredakteurs wat so spog dat hulle die eerste geweet het van die gesprekke tussen die ANC en die regering – en wat dan ewe trots  geswyg het daaroor, waarmee hulle natuurlik hul demokratiese en professionele plig versaak het.

Die memoires self word studies in kognitiewe dissonansie, ’n eierdans waarin die eierdoppe vlieg en die stewels geel word. Barnard se Vreedsame revolusie, ’n opvolg op Geheime revolusie, is geen uitsondering nie, deurspek met weersprekings, vaaghede, systappe, wensdenkery, bitsighede, sodat ’n mens telkens die koor wil laat byvoeg: HTHCWBY?

So byvoorbeeld probeer hy homself voorstel as ’n soort marginale deelnemer aan die Staatsveiligheidsraad (koor: HTHCWBY?!) en ’n sleutelspeler met inligting wat deur die sesde beste intelligensiediens ter wêreld vergaar is (koor: HTHCWBY?!). Hul inligting was net inligting; wat die weermag en polisie daarmee gedoen het, is op húlle rekening (sug: HTHCWBY?). Soos Wouter Basson, wat net die slaapmedisyne verskaf het vir die honderde gevangenes van die weermag wat uit vliegtuie die see in gegooi is.

Daar is ’n eienaardige foto in die middel, van Barnard as lid van die Presidentsraad van die Ruiterwag, waarvan sommige lede latere sleutelspelers in Suid-Afrika se politiek sou word. Hulle word genoem, maar nie die res nie, of net aangedui as “nog ’n lid”. Het Barnard net vergeet (HTHCWBY?), of speel hy steeds die spel van geheimhouding en anneksasie van inligting? In sy hagiografie staan die narratief dat PW Botha hom van nêrens af nie gepluk het as jong dosent aan Kovsies. Dis natuurlik nie so nie; as sentrale lid van die Georganiseerde Afrikanerdom was hy al ’n ou fluisterventer.

Net soos in sy vorige boek, is daar feitlik geen verwysing na die volgende stap in die meeste Ruiterwaglede se loopbane nie: lidmaatskap van die Broederbond. Dit laat ’n mens wonder: Was deel van daardie 40 ton verbrande geskiedenis dokumente oor die NID, Staatsveiligheidsraad en ander fascistiese instansies se bande met die Broeders? Daar is ’n lesing van die geskiedenis van die 1980’s dat die Staatsveiligheidsraad en PW Botha ’n soort stille staatsgreep uitgevoer het, maar ons weet ook dat Broederbondlede in die raad gesit het. Maar was die verhouding eintlik andersom: Het die Bond, met sy formidabele netwerk op voetsoolvlak, die sweep geklap tydens die noodtoestand van die 1980s? Natuurlik sal ons niks hieroor van Barnard hoor nie – en indien hy wel iets sê: HTHCWBY?

Nogtans is hierdie boek glad nie te versmaai nie. Miskien is dit omdat ek ’n politieke dier is, maar ek kon dit nie neersit nie. ’n Ware “page-turner”. Miskien moes Barnard dit eerder vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd ingeskryf het, want dan kan ’n mens maar die HTHCWBY?-koor afskakel. Goeie rillers en speurromans werk omdat die prosedurele aspekte die leser boei, al word die identiteit van die booswig onthul, en omdat die hoofkarakter so dikwels sukkel met die reëls en taboes van die speurdiens, want hy is maar ’n flentergat en almal is teen hom. Barnard word dan ’n heel menslike ek-verteller, een wat nie al sy foute en flaters kan wegsteek nie, en met sy maniërismes en ietwat lompe taalgebruik selfs lesers kan wen.

En wat ’n riller was dit nie. In TV-land kry die helde 24 uur, in Barnard se weergawe darem 1 000 dae. Maar hy dra goed oor hoe min tyd dit eintlik was vir ’n muishondregering en ’n bevrydingsbeweging wat skielik moes begin werk aan saam regeer. Politici aan albei kante vryf mekaar gou verkeerd op. As direkteur-generaal van staatkundige ontwikkeling en hoof van ad hoc-strukture soos die AK11- (koor: hoe ironies) komitee van top-amptenare is Barnard se vernaamste wapen om kwessies te takel ... wel, die komitee.

Daar was die terugkerende bannelinge, die hostelgeweld, die tuislande, die wit opposisie, Inkatha, 80 regse organisasies … Duik ’n probleem op, en daar was ’n magdom, dan gooi Barnard-hulle dit toe met ’n komitee. Dit was buig of bars – as die kwessie belangrik is, en die komitee vindingryk genoeg, dan oorleef hy, so nie sterf hy ’n stille dood met net per diems wat hom nog laat spook. Geld skyn nie die kwessie te gewees het nie, soos blyk uit Barnard en sy span se viering van ’n spioentriomf in Switserland met ’n bottel Chivas Regal 25 jaar oud – dis nou lank voor enige ANC exiles die land binnegebring is. (Alles reg, Niël, geen koor dié keer nie, ek stel net voor jy probeer dit met gefermenteerde gemmer: onverbeterlik.)

Of Barnard se weergawe met ’n sakkie sout geneem word of nie, een belangrike aspek van die revolusie word wel genoegsaam gedemonstreer: die rol van die amptenary. ’n Mens kry die indruk dat daar ’n stewige fondament van staatsarbeiders was wat stilweg hul Damaskusverskuiwings gemaak het en alles in die stryd gewerp het om die oorgang te laat slaag. As daar iets is wat drasties skeefgeloop het, was dit die “sunset clause”, wat die ANC en Thabo Mbeki se rassisme toegelaat het om na ’n skrale vyf jaar verwoesting in die burokrasie te begin saai. Vandag sit ons met die gebakte pere wat stadig maar seker besig is om te verander in die verskroeide stronke van net nog ’n hiperkorrupte Afrikaregering.

Barnard blameer die politici aan beide kante. Daar is eers in 1993 werklik begin om oor die staatsdiens te onderhandel, en die skrywer sonder Trevor Manuel se nugtere argument uit dat “die politieke veranderinge in die land as ’n normale ontwikkeling gesien moet word en nie as ’n ontwrigtende ingryping op die amptenare moet inwerk nie”. Manuel het skynbaar al die regering se standpunte oor kontinuïteit aanvaar (koor, gaap: HTHCWBY?).

Die hubris aan die kant van die ANC blyk uit Mac Marahaj se poging tot understatement: “The ANC was aware of a reservoir of capable people who could serve as capable future public servants.” Kaderontplooiing is geen nuwe ding wat deur Zuma en Kie bedink is nie; dit was die plan van die begin af. Hierdie fase van onderhandelinge eindig met tipies komplekse planne om top-amptenare die kans te gee om aan te bly as die nuwe regering oorneem, om mentor te speel. “Daar het egter weinig van gekom. Na die verkiesing is talle departementshoofde onseremonieel vervang en ander soos vloerlappe behandel. Dit het die grondslag gelê vir die terugkeer van apartheid in die vorm van regstellende aksie.”

Die revolusie was natuurlik nie vreedsaam nie. Barnard beweer dat 14 000 mense (HTHCWBY?) gesterf het in die chaos wat veroorsaak is deur die swart op swart geweld wat aangehits is deur wat in die volksmond bekend was as die “derde mag”. Hierna is daar net enkele lukrake verwysings in die boek, moontlik omdat Barnard homself nie wou kompromitteer nie? Maar die meeste bloed wat gevloei het, was metafories, dié op die vloere van staatsdepartemente in Pretoria, en die gevolg was ’n “White Purge” en ’n Wit Eksodus die land uit. Volgens sommige berekeninge het die land se bevolkingstal binne ’n paar jaar met bykans ’n miljoen mense gedaal.

Sekerlik was die motivering dikwels rassisties, maar veel meer mense het vertrek omdat hulle nie meer ’n toekoms in hul eie land gesien het nie, terwyl die wye wêreld, van Beijing tot Zürich, gewink het: hiernatoe, hiernatoe. Sekerlik is hierdie rassistiese rangeringsoperasie een van die redes vir die moeilike, dalk selfs katastrofale tye wat Suid-Afrika nou in die gesig staar.

Daar is nog veel meer waaroor ’n mens kan skryf. Volgens ’n insiggewende stukkie oor taal glo Barnard dat dit ’n fout was aan regeringskant om aan te dring op die behoud van net Afrikaans en Engels as amptelike tale. Tereg merk hy op: “Hoe kon ons hoop om vrede te bewerkstellig met dié voortsetting van ‘kolonialistiese taalimperialisme’? Die ANC was nog meer kolonialisties dienstig.” Op die ou end is ’n 11+0-formule natuurlik gevolg, met alle tale in naam gelyk. Tydens oorweging van wysigings aan die Grondwet drie jaar later, skryf Barnard, het die ANC egter geweier om ’n klousule by te voeg dat Afrikaans of Engels nie afgeskaal mag word nie – wat ek, soos baie ander kritici, glo ’n oortreding van die internasionale reg is.

Hoe dit ook al sy, ’n mens moet saamstem met Hermann Giliomee: “[G]een wetenskaplike kan weer oor die oorgang in Suid-Afrika skryf sonder om hierdie boek te raadpleeg nie.” (Koor, op die verkeerde voet betrap en ongelyk: Hoor, hoor.)

The post <em>Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge</em> deur Niël Barnard appeared first on LitNet.


Press release: Pirated copy of The President's Keepers by Jacques Pauw

$
0
0

A pirated, hacked copy of The President’s Keepers by Jacques Pauw is being shared on social media.

As NB Publishers, the publisher of Pauw’s important book, we understand that many South Africans are doing this innocently, believing it to be a protest against the State Security Agency’s attempt to have the book withdrawn.

We assure the public the book is not banned and we are printing more to meet the overwhelming demand and working to get them to the shops as soon as possible.

We are also fighting the attempt to have this book withdrawn.

Piracy hurts this courageous author, who has put everything on the line to ensure South Africa knows the truth this book tells. It also hurts the publishing industry, and is illegal. If you cannot find the book in your local book shop, please buy the ebook on Amazon: https://www.amazon.com/Presidents-Keepers-Those-keeping-prison-ebook/dp/B076YBL1WS/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1509780045&sr=8-1&keywords=jacques+pauw

The author and NB Publishers have taken huge risks to bring this important investigative work out into the open. So please read it, but also do the right thing, and please pay for it.

Also read: 

The post Press release: Pirated copy of <i>The President's Keepers</i> by Jacques Pauw appeared first on LitNet.

Angus, kyk!

$
0
0

So lyk die moderne weergawe van die dinosaurus-hoenderaceae.

Gedag jy sou belangstel. Die foto is Woensdag geneem.

Vere-groetnis

Raed-na-Gael

The post Angus, kyk! appeared first on LitNet.

The president's keepers by Jacques Pauw: book launch

Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar

$
0
0

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se prestasieprys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Aansoeke vir geldelike steun vir toepaslike inisiatiewe en prestasies moet voor 25 November gerig word aan:

Die Sekretaris
Van Ewijck-Stigting
Posbus 1658
Kaapstad
8000

E-pos: nieuwoudt0@absamail.co.za
Tel no: 021-9394009

Agtergrond   

Die Stigting is in Kaapstad gevestig en bevorder al vir ’n geruime tyd kulturele bande tussen Nederland en Suid-Afrika. Die trustfonds, in 1978 gestig deur Sippo Johan van Ewijck van de Bilt (1902–1979), het oor jare heen bestendig gegroei danksy goeie beleggings op die plaaslike aandelebeurs. Van Ewijck was ’n Nederlandse sakeman wat vir ongeveer 40 jaar afwisselend in Suid-Afrika en Nederland gewoon het. Hy het egter ’n besondere liefde vir Suid-Afrika gekoester. Hy en sy vrou, TT van Ewijck, was eienaars van oa die Binnehuis-winkels in Kaapstad en Somerset-Wes wat gehalte meubels verkoop het.

Die eerste vergadering van die Trustees van die Van Ewijck-Stigting is op 3 Maart 1980 gehou. By dié geleentheid was die volgende persone teenwoordig: HC Sandrock (voorsitter, prokureur en vriend van die Van Ewijcks), AA Van Ewijck, AJ Boëseken (bekende historikus), MA Bax-Botha (kultuurhistorikus) en Roy Pfeiffer (hoogleraar in Afrikaanse taalkunde). Die Raad van Trustees bestaan uit ’n aantal plaaslike Nederlands- en Afrikaanssprekende kundiges, onder andere Wium van Zyl, Chris van der Merwe, Peter Hesseling, Ronel Foster, Sonja Loots, Mathilda Burden, Piet Westra, Gawie de la Bat en Andries Visagie.

Die egpaar Van Ewijck het ’n waardevolle versameling van blou-en-wit Oosterse porselein, Hollandse silwer-, koper- en glasware, en meubelstukke – waaronder ’n sewentiende-eeuse kussingkas – in Kaapstad opgebou. By die terugkeer van me Van Ewijck na Nederland in 1981, is hierdie versamelstukke aan die destydse Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Museum (tans die Slawelosie en deel van die Iziko-Museums) geskenk. Van 1981 tot 2003 is dit in ’n ruim lokaal op die eerste vloer, bekend as die Hollandse Kamer of die Van Ewijck van de Bilt-Kamer, uitgestal.

Die fokusarea van die Stigting is veral die bewaring van die Nederlandse kultuurerfenis in Suid-Afrika; die bevordering van die belange van Nederlandse of Suid-Afrikaanse verenigings met doelstellings wat ooreenstem met dié van die Stigting; en die toekenning van beurse en stipendia aan Suid-Afrikaanse universiteite en tegnikons. Navorsers wat in ’n rigting studeer of werk wat ooreenstem met die uitgangspunte van die Stigting, kan ook in aanmerking kom vir befondsing. Daarby geniet behoeftige, bejaarde Nederlanders wat in Suid-Afrika woon, ook onderskraging van die Stigting.

Instellings en organisasies wat gereeld deur die Stigting ondersteun word, sluit in: die Nederlandse Bibliotheek in die SASNEV-gebou in Pinelands, die Maandblad Zuid-Afrika, die Stigting VOC, die Stichting Nederlandse School te Kaapstad en die Nederlandse komponent van die Afrikaanse Woordfees op Stellenbosch. Meer onlangse skenkings sluit in die Libertaskoor, die Tracing History Trust, die Kaapstadse Simfonie Orkes en die SA Instituut in Nederland. Die Afrikaanse leerstoel by die Vrije Universiteit van Amsterdam word deur die Stigting gesubsidieer. Vlugkoste word dikwels deur die Stiging gedra wanneer musici aan meesterklasse in Nederland gaan deelneem of wanneer navorsers na Nederland reis vir projeknavorsing. Ook die reiskoste van verskeie Nederlandse gassprekers op plaaslike konferensies is deur die Stigting betaal.

Talle ander organisasies het baat gevind by die Stigting. Die Genootskap Nederland-Suid-Afrika is oor die jare gehelp om groepsbesoeke van Nederlandse studente aan Suid-Afrika, en omgekeerd, moontlik te maak. Aan die destydse Suid-Afrikaanse Biblioteek (tans die Nasionale Biblioteek, Kaapstad) is geld beskikbaar gestel vir die restourasie van waardevolle Nederlandse boeke in sy Van Dessin-versameling. Toe die Koninklijke Bibliotheek in Den Haag mikrofilmkameras vir die verfilming van Suid-Afrikaanse koerante aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek geskenk het, het die Stigting ingestaan vir die vervoer daarvan na Kaapstad. Die ZASM-Gedenkhuis in Pretoria is gedeeltelik met fondse van die Stigting gerestoureer. Aan die Nederlands Cultuurhistorisch Instituut by die Universiteit van Pretoria is gereeld bydraes gemaak vir die aankoop van Nederlandse boeke en UNISA ontvang jaarliks fondse sodat hulle die subskripsie van Nederlandse tydskrifte kan volhou. Die publikasie van tientalle besondere boeke is ook in die verlede deur die Stigting moontlik gemaak. Hieronder resorteer Dan Sleigh se Die Buiteposte van die VOC, die Codex Witsinii wat deur Iziko-Museums gepubliseer is, verskillende boeke van Karel Schoeman, en die vertalings van Afrikaanse boeke in Nederlands deur Riet de Jong-Goossens.

Hierdie opsomming is nie naastenby volledig nie, maar gee ’n indruk van die belangrike bydrae wat die Van Ewijck-Stiging die afgelope dekades gelewer het om die Nederlandse kulturele erfenis in Suid-Afrika te bewaar en te bevorder. Die werksaamhede van die Stigting is ’n huldeblyk aan die nagedagtenis van die Van Ewijcks wat met hulle visioenêre blik – en ruim erflating – alles moontlik gemaak het.

The post Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Oktober

9 Oktober

10 Oktober

Nuusberigte oor die dood van Ryk Hattingh:

16 Oktober

17 Oktober

19 Oktober

21 Oktober

23 Oktober

25 Oktober

30 Oktober

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Oktober die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

3 Oktober
1. Uniek en amazing deur Jennifer Rothschild
2. Dagstukkies vir besige vroue deur Christelle Webb-Joubert
3. ’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt
4. Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard

10 Oktober
1. Smarties vir die siel deur Susan Coetzer
2. Hoezit, Antie! Vrikkie hier deur Deon Visser
3. Die krokodil wat vir water gegril het deur Gemma Merino
4. Krappie en die kroon deur Fanie Viljoen

17 Oktober
1. Liefde wen – beplanner 2018 deur Bouwer Bosch
2. Haas Das se Nuuskas deur Louise Smit
3. Field Guide to Succulents in South Africa
4. Bielie Bybel Pretboek 4 deur Marius Greeff

24 Oktober
1.  Laatoes deur Hennie van Deventer
2. Koms van die motman deur Chris Karsten
3. Hartlam saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair
4. 30 – 30-minute-resepte, wenke en wyshede deur Herman Lensing

31 Oktober
1. Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald
2. Vrae en feite vir nuuskierige agies deur Adinda Vermaak
3. Bennie Boekwurm se tonnelhuisie deur Louise Smit
4. Karel Kraai se kitaar deur Louise Smit
5. Sarel Seemonster se avontuur deur Louise Smit

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144).

Op 6 Oktober het Stephantasties gesels met Jaco Adriaanse – ’n PhD-student in die letterkunde met ’n groot belangstelling in wetenskapsfiksie. Adriaanse verduidelik die rol wat dié genre in die samelewing speel:

Op 27 Oktober het Bouwer Bosch met die gewilde misdaadskrywer Martin Steyn gesels oor gruwelflieks en -boeke, en waarom dié genre mense so aangryp.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n resensie

Cas Wepener
Resensies
2017-10-31

"Van Niekerk help ons om ’n spieël voor die leser te hou, nie alleen die spieël rakende jou eie sterflikheid nie, maar ook die spieël gegewe jou reaksies en optrede met betrekking tot ander se lyding, sterwe en dood."

My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie

Marthie Hauptfleisch
Resensies
2017-10-31

"Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien."

Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies
2017-10-31

"Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker."

Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie

Anke Theron
Resensies
2017-10-31

"Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet."

Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie

Heinie Heydenrych
Resensies
2017-10-31

"In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys."

Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie

Cas Vos
Resensies
2017-10-27

"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-10-26

"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."

Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies
2017-10-26

"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."

Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies
Seminare en essays
2017-10-25

"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies
2017-10-25

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”

Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-10-24

"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."

Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-10-20

"Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie."

Lig wankelend deur Gerard Scholtz: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies
2017-10-18

"Lig wankelend is ’n aangrypende herinnering daaraan dat ons grootste wens vir ons kinders, en dus vir die toekoms, moet wees dat hulle nooit die vernietigende gevolge van ’n oorlog in die gesig hoef te staar nie."

Boerekos met ’n twist deur Annelien Pienaar: ’n resensie

Ilse van der Merwe
Resensies
2017-10-18

"Boerekos met ’n twist is ’n volledige handleiding vir enigiemand wat met ’n arsenaal van bekende gunstelinge wil onthaal, maar met ’n moderne baadjie aan."

Die einde van die storie deur Santie van der Merwe: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies
2017-10-17

"Haar bladsye lewer een na die ander waarheid op – dat mens altyd ’n keuse het, dat jy die kaptein van jou eie skip is. Die karakters se wroegings, hartseer en woede, onsekerheid en vertwyfeling is iets wat mens self as leser kan aanvoel – ons almal kan met baie van dié gevoelens of situasies identifiseer."

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n resensie

Trisa Hugo
Resensies
2017-10-17

"Dit behoort aanklank te vind by ’n wye lesersmark. Dit is soos Fees van die ongenooides – bedrieglik eenvoudig geskryf, sodat aanhangers van ligter boeke dit ook sal geniet. Tog het dit veel meer om die lyf as net ’n familiesage."

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk

Trisa Hugo
Lesersindrukke
2017-10-13

"Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is."

Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie

Francois Verster
Resensies
2017-10-13

"Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees."

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies
2017-10-12

"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."

Dwarsklap deur Piet Matipa: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies
2017-10-12

"Sy verwondering oor en bewondering vir die taal slaan egter oral deur in sy kleurvolle en verbeeldingryke gebruik van woorde, die manier waarop hy vars beelde oproep, en sy geesdrif om in Afrikaans te skryf."

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke
2017-10-11

"Du Plessis se skryfwerk wemel van eietydse vraagstukke en karakters. Die heengaan van ikone soos David Bowie en Leonard Cohen. Die politiek. Die pynlike apartheidsverlede. En daarby ingemeng kom outobiografiese motiewe."

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies
2017-10-11

"Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie."

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk

Johan Schoeman
Lesersindrukke
2017-10-10

"Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het."

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete

Alta Cloete
Lesersindrukke
2017-10-04

"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies
2017-10-03

"Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is."

Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie

Riette Rust
Resensies
2017-10-03

"Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word."

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Louis Esterhuizen
Resensies
2017-10-03

"Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is."

Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer

Kleinboer, Herman Lategan
Skrywersonderhoude
2017-10-27

"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."

Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten

Chris Karsten, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-27

"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."

Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt

Derick van der Walt , Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-19

"Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?"

Onderhoud met Shéri Brynard oor haar boek Shéri, nes ek is

Shéri Brynard, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-18

"Selfs mense wat sogenaamd normaal is, is almal anders. My ma sê altyd ons pas nie almal in dieselfde boksie nie en dis oukei."

Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard

Deborah Steinmair, Gerda Taljaard, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-17

"Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat."

Boereverneukers: ’n onderhoud met Izak du Plessis

Izak du Plessis, Jean Oosthuizen
Skrywersonderhoude
2017-10-16

"Hy is ’n veroordeelde moordenaar en hoewel daar nie bewyse is nie, word hy ook met ander mense se dood verbind. Ek dink ek sou bang wees vir Ralph Haynes. Maar mense wat hom geken het, sê hy kon jou begogel met sy sjarme."

Die boosaardige broers Botha: ’n onderhoud met Adeline Radloff

Adeline Radloff, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Die stories borrel sommer so van orals uit."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Trudie Coetzee

Trudie Coetzee, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek het nie ’n vaste werksruimte nie, maar ek skryf (en lees) meestal op my bed. Enige ruimte met koffie en vars lug is vir my ’n werksruimte. My gunstelingplek om te skryf is Paternoster."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ryan Pedro

Ryan Pedro, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"It’s about belonging, not belonging and longing – dis die beste manier hoe ek dit kan beskryf. Dis ’n poem wat my elke keer as ek dit lees konfronteer met vrae wat ek sukkel om goed te beantwoord."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Remona Voges

Remona Voges, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

Remona Voges beskryf haarself as ’n "absolute grapjas. Ongeduldig, maar sonder drama."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Naudé Kritzinger

Naudé Kritzinger, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Leonard Cohen se skryfwerk is wat my betref ’n spasie waar al die dinge wat ek geniet, saamkom: misterie, sinisme, die estetiese, klank en ritme, godsdiens, seksualiteit – en dit alles met woordekonomie en ’n waardering vir die lewe."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud

Marthé McLoud, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marcel Spaumer

Marcel Spaumer, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek wou die volgende groot gedig, of drama, of roman skryf, maar dit gebeur nie net nie. Die gedig is ook ’n soort uitspraak teen die onregverdigheid van die lewe: slegte goed gebeur te maklik, terwyl iets wat goed kan wees, nie so maklik gebeur nie."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Johan Jack Smith

Johan Smith, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek ken nie regtig digters nie. Bruce Springsteen as liriekskrywer. Is hy naby genoeg aan ’n digter? Ek hoor wel ek sal aanklank vind by Allen Ginsberg."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Jaco van der Merwe

Jaco van der Merwe, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek geniet en verken al vir jare die verhoudings tussen woorde en beelde, so ek was moer opgewonde toe Wikus vir my sy foto’s wys en voorstel dat ons saam ’n projek moet aanpak."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ingrid Penzhorn

Ingrid Penzhorn, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"'Kougom gekou' het op ’n bus in Londen gebeur. Die taxibestuurder langs ons het nes my pa gelyk. Dit was baie vreemd. Ek kon nie ophou kyk nie. Toe vat dit my terug na my kinderdae."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Hannes Visser

Hannes Visser, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Die sewe gedigte is deel van ’n bundel wat ek pas voltooi het vir voorlegging. Al die gedigte speel af in 1967, die jaar toe my pa dood is."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Franco Colin

Franco Colin, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Die beskrywing van Brian Cox oor die samekoms van sterstof om die menslike brein te vorm, en dat daar dan die kreatiwiteit uit voortspruit, was die inspirasie vir die gedig 'Kopkring'."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elodi Troskie

Elodi Troskie, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"In ’n perfekte wêreld is elke dag Sondag in ’n koffiewinkel in Buffelsbaai terwyl dit reën en ek ’n geel trui aan het terwyl ek na foto’s van vreemdelinge se katte kyk."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elna van Niekerk

Elna van Niekerk, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek lees baie digbundels en merk die gedigte waarvan ek hou, onderstreep die frases in die gedig wat my tref, kom dan daarna terug om weer te lees. Ek kom gereeld terug na Wilna Stockenström en Antjie Krog."

Skrywersargiewe gaan landuit: ’n onderhoud met Fanie Olivier

Fanie Olivier, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Dit sou wonderlik wees as dorpe ’n plek kan inruim vir hulle skrywers, maar wie gee die geld en wie versorg dit later? Gaan kyk maar hoe lyk begraafplase op die platteland ..."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Angie Gallagher

Angie Gallagher, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek sal seker nog kan leef, maar my lewe sal baie armer wees sonder gereelde gesels met my mense oor meer as net die prys van brood en melk."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elmarie Viljoen-Massyn

Elmarie Viljoen-Massyn, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek is baie bevoorreg om in ons huis ’n 'room of my own' te hê (soos Virginia Woolf aanbeveel). Hier is ’n tafel vir werk, ’n rusbank vir skryf, geweldig baie boeke (die helfte nog ongelees!), ’n paar plante vir ekstra suurstof, trinkets wat saam met my graf toe gaan, tot onlangs nog ’n kat."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Donnay Torr

Donnay Torr, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek het nog altyd ’n 'proses' met die skep van enige projek, wat ook al dit is. Soos dinge spertyd toe beweeg, raak my lessenaar al hoe meer deurmekaar en bisar. Wanneer alles voltooi is, maak ek skoon."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Anton Döckel

Anton Döckel, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Kiaatlessenaar met vier laaie so vol soos ’n mossienes. Dis semi-art deco en vir ’n appel en ’n ei gekoop by ’n firma wat wou uitgooi en nuut oormaak. Op hom staan die laptop, drukker, papiere en ’n blik Doom."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Churchil Naudé

Churchil Naudé, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"Ek het lank trug al geleer om nie te attached te raak met enige van my skryfdinge nie, want sodra dit uit is beteken dit vir mense whatever hulle besluit dit beteken. Dis soms swaar, maar dis beter so."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Annami Mailovich

Annami Mailovich, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-12

"’n Gedig is indrukke, stories en gesprek. Soms is dit gesprekke tussen vriende, familie en die kanon, ander dae is dit jou brein wat prentjies uitspoeg."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Erentia Bedeker

Erentia Bedeker, Liné Enslin
Skrywersonderhoude
2017-10-11

"Alhoewel die dood altyd hartseer en seer is vir die een wat agterbly, is dit ook ’n viering van nuwe lewe, want ek glo mens leef voort in die Skepping: uit sterstof geskep, word ons atome weer deel van die natuur en die kosmos."

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

12 Oktober
Dromers veg vir wat hul wil hê
As mens die kans van ’n leeftyd kry om jou drome bewaarheid te sien, dan doen jy wat jy moet om elke kans op geluk aan te gryp … skryf Louise Viljoen.

19 Oktober
Die Greyson-probleem volgens Amalie Verhoef
“Sy het my moeiteloos weggevoer met ’n allerheerlike, teer liefdesverhaal wat my vrouehart sommer warm laat klop het en goedvoelhormone deur my hele lyf laat spoel het,” skryf Louise Viljoen.

24 Oktober
‘Die laksman se dogter’ deur Gerda Taljaard
Die eerste vyf bladsye met Gerda Taljaard se soepel skryfstyl en haar boeiende verteltrant is genoeg om die wip by wyse van spreke bo-oor jou te laat hoor toeval. En ongestoord voort te lees, skryf Johan Myburg.

26 Oktober
Woordskilder Anzé Bezuidenhout beïndruk
Poësie hoef nie noodwendig swaar, literêr of akademies van aard te wees nie. Soms lê die mooi van gedigte reeds in die taal se eenvoud.

  
Rapport

Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Oktober 2017

Wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse

8 Oktober 2017

15 Oktober 2017

22 Oktober 2017

29 Oktober 2017

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 4 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Izak du Plessis oor sy boek Boereverneukers. Darryl David vertel meer oor die Boekbedonnerd Boekefees wat van 25-28 Oktober in Richmond plaasvind. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekbedryf en vertel onder meer meer van die Banned Books-week in die VSA.

Woensdag 11 Oktober
Corina van der Spoel gesels met die skrywer Fanie de Villiers, beter bekend as Kleinboer, oor sy nuwe roman Hierdie huis. Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer Dolf van Niekerk oor sy skryfwerk. (Dolf se jongste radiodrama, Mymeringe van 'n ou man, word op 12 Oktober in Radioteater uitgesaai.) Johan Myburg gesels oor die Nobelprys wat verlede week toegeken is, en 'n nuwe bundel uit die pen van wyle Leonard Cohen.

Woensdag 18 Oktober
Ons bring hulde aan die skrywer Ryk Hattingh wat verlede week oorlede is. Kom vind uit wie is die vyf Afrikaanse skrywers wat pas benoem is vir SALA-toekennings. Milton Weber het die Week van die Afrikaanse Roman bygewoon en gesels met twee Nederlandse vertalers, Rob van der Veer en Dorien de Vries, asook met die skrywers Rudie van Rensburg en Ingrid Winterbach. Johan Myburg vertel meer oor die oplewing in die Britse digkuns.

Woensdag 25 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar jongste roman, Mentje, kind van die Pasop-kamp. Daniel Hugo vertel meer oor die Prins Albert-leesfees. Johan Myburg vertel in sy bydrae oor die internasionale letterkunde meer oor die jongste bespiegelings oor die Chileense digter Pablo Neruda se dood.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 3 Oktober
Ronelda Kamfer lees verse uit haar bundel Grond/Santekraam.

Dinsdag 10 Oktober
Marvin Beukes lees verse van Thomas Deacon.

Dinsdag 17 Oktober
Johann Nel lees verse van MM Walters.

Dinsdag 24 Oktober
Juanita Swanepoel lees gedigte uit Ilse van Staden se bundel Waar die oog van stil word.

Dinsdag 31 Oktober
Erik Holm lees verse van Hennie Aucamp.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Op 6 Oktober het ’n resensie van René Bohnen se digbundel Op die vingerpunte van die heelal verskyn.

Op 17 Oktober het ’n resensie van Carel Anthonissen se Vuurvas verskyn.

Op 22 Oktober het ’n resensie van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte saamgestel deur Cas Vos verskyn.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Oktober die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

13 Oktober
Burger kyk na ’n paar oulike kinderboeke en die heruitgawe van ’n jeugboek wat verfilm is – Vaselinetjie

16 Oktober
Op pad deur Dana Snyman

23 Oktober 
Isabella deur Mariël le Roux, en Wintersrust deur Joyce Kotzé, vertaal deur Daniel Hugo

31 Oktober 
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van ’n resensie van Elize Botha –Gespreksgenoot: ’n Brieweboek saamgestel deur Heilna du Plooy, wat Hambidge gedurende September op Fine Music Radio gelewer het.

Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van haar resensie van Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk, wat gedurende Oktober op Fine Music Radio gelewer is.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2017 appeared first on LitNet.

Persbericht: Jan Schinkelshoek nieuwe voorzitter Stichting Zuid-Afrikahuis, Nederland

$
0
0

Door Sebastiaan ter Burg, Utrecht, Netherlands Derivative, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=11670417

Jan Schinkelshoek wordt de nieuwe voorzitter van de Stichting Zuid-Afrikahuis, Nederland. Hij wordt per 6 januari 2018 de opvolger van Jan Donner die heeft aangegeven na vijftien jaar het voorzitterschap te willen beëindigen.

Jan Schinkelshoek (1953, Capelle aan den IJssel) is oud-lid van de Tweede Kamer (CDA). Werkend op het snijvlak van journalistiek, media en communicatie, was hij oa hoofdredacteur van de Haagsche Courant en directeur communicatie van Rabobank. Sinds 2010 heeft hij een eigen communicatie-adviesbureau in Den Haag.

Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland is voortgekomen uit een aantal organisaties die teruggaan tot 1887 en statutair het Nederlands economische en culturele belang in Zuid-Afrika willen bevorderen. Concreet betekent het dat de Stichting zich inzet voor het Afrikaans en de verbondenheid tussen die taal en het Nederlands. De stichting exploiteert het Zuid-Afrikahuis aan de Keizersgracht in Amsterdam (bibliotheek, archief, evenementen), en verleent onder meer subsidies in Nederland (Week van de Afrikaanse Roman, Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse studenten) en Zuid-Afrika (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Kaapstad). Ook is de stichting leerstoelhouder van de bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse literatuur, cultuur en geschiedenis aan de Universiteit van Amsterdam. 

"Ik ben een onbeschreven blad als het om Zuid-Afrika gaat", zegt Jan Schinkelshoek. "Maar ik zie goede mogelijkheden om de culturele banden te versterken. Het Zuid-Afrika Huis kan er een belangrijke, stimulerende rol bij spelen."

Tijdens de nieuwjaarsreceptie op 6 januari vindt de voorzitterswissel plaats.

The post Persbericht: Jan Schinkelshoek nieuwe voorzitter Stichting Zuid-Afrikahuis, Nederland appeared first on LitNet.

Die vismark

$
0
0

Die vismark
(Kalkbaai)

“Maak oop daar, hou hom vas”
“Krap die skubbe af, hou vas”
“Nee man, vlek die snoek oop”
“Hy is lekker groot, kyk net”
die skuite het propvol ingekom
daar anderkant staan Smiley
trots op die snoek, gestut
teen ’n ou geroeste drom
met ’n blou skryfblok in sy hand
en ’n bic pen, skud-skud, want
sy ink is droog en daar moet
prys gemaak word vir die vangs.
“Kom Smiley, help my met die krat”
“Ja, Tina, hou op my gat krap”
“Kom Smiley, die customer wag”
“Tina, laat hom wag, laat hom wag.”
Die skuite wieg heen en weer
moeg van vroegdag se inspan
Jak, Goosen en September
sluk die soetpyp af, lekker man
en daar krap en kerf die
vroue by die sementblokke
snoek, geelstert en harder.
“Dankie Onse Vader”
bid Meisie hardop terwyl
sy die snoek se kyte
uitsny, dankie Vader vir
daaglikse brood, dankie.
Die vismark maak sy geraas
van mense wat lag
en enjins wat raas
vrouens kerf en skraap
dat die skubbe spat
tot in die hawe se water
’n snoekkop trek deur
die lug en val kaplaks
in die water en sirkel
sirkel die water om en om
totdat Meneer Rob die snoekkop
parmantig hap en wegduik
“Dankie Vader vir daaglikse brood.
Dankie Vader vir daaglikse brood.
Dankie Vader.
Dankie.”

The post Die vismark appeared first on LitNet.


Press release: Attorneys respond to letter from State Security Agency

$
0
0

Willem de Klerk Attorneys, acting for NB Publishers and Jacques Pauw, the publisher and author of the book The President’s Keepers, has responded to a letter from the State Security Agency, dated 1 November 2017, addressed to NB Publishers and Pauw on behalf of the State Security Agency.

Herewith the response:

We do not at this stage intend responding to each and every allegation contained in your letter under reply, and reserve the right to do so should it be required.

Your generalised statement that the book is “replete with inaccuracies” is not backed up by a single reference to any specific statement in the book that is alleged to be inaccurate. Your demand for a retraction “of all those parts which are inaccurate” is therefore incongruous. It is furthermore unclear how you reconcile an allegation of falsity, on the one hand, with an alleged violation of statutory provisions on the other.

Insofar as it concerns the State Security Agency, the book exposes evidence of inter alia wide-scale financial mismanagement, fraud and corruption. Exposing evidence of criminality within the State Security Agency cannot compromise the Agency’s legitimate operations or the security of the State. Publication of the information contained in the book does not violate the “relevant intelligence statutes” as you allege.

Our clients maintain that the information contained in the book is true and of undeniable public interest. Publication of the book, including those parts referring to the State Security Agency, was justified and lawful in terms of our clients’ Constitutional right to freedom of expression.

Accordingly, our clients will not desist from making the book available to the public, will not withdraw the book from the market, and will not retract anything therein contained.

The book has been publicly available for more than a week. Thousands of copies have already been sold. As you are no doubt aware, the book is sold not only in hard-copy format, but also digitally to an international market. Much of the information contained in the book, including that relevant to the State Security Agency, has been widely disseminated in the news media.

There can be no basis for an urgent court application to prevent the further distribution of the book. Your client waited the best part of a week before making its demand, and then set a five-day deadline for response. In the words of Sutherland J, “The metaphor of the horse having bolted is inadequate; a better image might be that a virus has infected the world’s literate population” (South African Airways SOC v BDFM Publishers and Others 2016 (2) SA 561 (GJ) par 21).

Any attempt by the State Security Agency to prevent the further dissemination of the book would serve no rational purpose. As you will be aware courts do not, as a matter of policy, make orders which do not serve a purpose or to which effect cannot be given.

Should the State Security Agency nonetheless proceed with an application to the High Court to prevent the further distribution, printing, publishing and promotion of the book, our clients will oppose the application. In that event our clients will seek punitive costs orders against the Agency and against the individuals within the Agency who have instructed you to bring such an application. We request that they be identified in any such application.

Finally, we note that in paragraph 7.3.1 of your letter you state your client’s intention to bring an application “without further notice” to our clients. Doing so would clearly be unlawful. Nothing in this matter could justify seeking an ex parte order. If you nevertheless bring such an application, you are requested to place this letter before the Court.

We record that in the event of your client acting on its threat to launch an application, it is obliged to give proper, effective and reasonable notice of its intention to do so. In this regard we are mandated to receive service of any urgent process per email at the following addresses: willem@wdklaw.co.za; hugo@wdklaw.co.za; and Tshego@wdklaw.co.za and followed by telephonic notice at 082 880 6844.

The post Press release: Attorneys respond to letter from State Security Agency appeared first on LitNet.

Kultuur en mampoer

$
0
0

Bietjie naweekwegbreek gedoen in Groot Marico. Mampoerstokers is nou skaars, lyk my dis kennis en kultuur wat verlore raak ... 

Hakiesdraad-mampoer is mampoer wat te hoë alkohol inhoud het en geen smaak nie ... Een truuk, blykbaar sit jy elke oggend jou hand  in en as vingers aan mekaar klou, is suiker nog te hoog. As jy hand indruk en dit kom skoon uit, moet jy stook. Die muggies wat trek, is drie dae te laat, dan is dit alreeds wyn-asyn. 

Daar is voorloop, ethanol en die drinkgedeelte is methanol. Dan is daar naloop. 

Tog is die tradisionele bosstokers besig om verlore te gaan, met sg Stokersgilde  wat aksynsbelastingregistrasie vereis. 

Hans Richardt

 

The post Kultuur en mampoer appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: The President’s Keepers – Betaalopsies / Honesty Box

$
0
0

Verskeie mense vra: Hoe kan ek betaal vir die roofkopie van The President’s Keepers? PEN Afrikaans stel een van vier maniere voor. Op hierdie manier kry beide die outeur en die uitgewer hulle regmatige deel.

Several people have asked for an honesty system to pay for pirated copies of The President’s Keepers. PEN Afrikaans suggests one of the four options. This way the author and his publisher will be paid their dues.

www.Takealot.com

Klik hier / Click here: http://bit.ly/2A780G5

www.Amazon.com (vir Kindle-lesers / for Kindle readers)

Klik hier / Click here: http://amzn.to/2zCk0mO

www.Kobo.com 

Klik hier / Click here: http://bit.ly/2hcGUpf

www.MySubs.co.za

Klik hier / Click here: http://bit.ly/2h3GUYD

***

Goeie nuus: Die papierboek word herdruk ten spyte van die staat se dreigemente. Gaan na enige goeie boekwinkel en bestel joune vandag nog!

Good news: The paper book is being reprinted despite the threats from the state. Go to any good bookshop and pre-order yours now.

The post PEN Afrikaans: <i>The President’s Keepers</i> – Betaalopsies / Honesty Box appeared first on LitNet.

Dark Traces awarded a Kirkus Star Review

$
0
0

LAPA Publishers (South Africa) and Catalyst Press (USA) are thrilled to announce that Martin Steyn’s English-fiction debut, Dark Traces, has been awarded a Kirkus Star Review. Read the review here.

The Kirkus Star is one of the most prestigious recognitions in the book industry, and certainly the dream of any author and publisher with dealings in the USA.

Kirkus is known for its blunt, honest reviews since 1933 and the Kirkus Prize is one of the richest literary awards in the world, with a prize of $50,000 bestowed annually to authors of fiction, nonfiction and young readers’ literature. Books that have earned the Kirkus Star are automatically nominated for the Kirkus Prize. Steyn’s book will qualify for the 2018 prize. The prize is awarded by a panel composed of respected writers and highly regarded booksellers, librarians and Kirkus critics throughout the USA.

The reviewer makes special mention of Steyn’s use of Afrikaans words like klagtebakkie and oom, with a glossary explaining these terms to a US audience.

***

The managing director of the ATKV, Deidre Le Hanie, sent a bilingual message of congratulations once the review went live:

Beste Kollegas en LAPA span,

Dit is absoluut wonderlik.  Baie geluk aan almal wat bygedra het tot die proses en erkenning.

Dit is ʼn besonderse eer en welverdiend!

 

Dear Colleagues and LAPA Team,

What a wonderful and well-deserved acknowledgement!

This is such an honour and much deserved!

***

LAPA Uitgewers en Catalyst Press (in die VSA) kondig met trots aan dat Martin Steyn se Engelstalige fiksiedebuut, Dark Traces (sy eie vertaling van sy debuutroman Donker spoor), met ’n Kirkus-ster vereer is. Dit is ’n enorme eer, komende van ’n tydskrif wat bekend is vir vlymskerp kritiek sedert 1933.

Kirkus ken jaarliks ’n baie groot prys van US$50 000 toe. Boeke, soos Steyn s’n wat ’n ster kry, kom outomaties in aanmerking vir hierdie prys, wat beteken Dark Traces ding nou mee om die Kirkus-prys vir 2018.

***

TITLE: Dark Traces

AUTHOR: Martin Steyn

CATEGORY: Crime thriller

FORMAT: Trade Paperback

SA ISBN: 9780799383591

SA PRICE: R270,00

The post Dark Traces awarded a Kirkus Star Review appeared first on LitNet.

Sensuur: The President's Keepers deur Jacques Pauw

$
0
0
4 November 2017

Geagte en gewaardeerde mede-sterwelinge,

Vergun my asseblief om my ontsteltenis so sterk moontlik uit te spreek oor die druk geplaas op NB Uitgewers dat Jacques Pauw se boek doodgesmoor moet word – uitgeoefen deur prokureurs wat optree namens die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste (to refer to SA Intelligence Agencies would be an insult to the generally accepted definition of "intelligence" and its uses). En my weersin in die gevaar vir almal wat weer kop uitsteek hiermee op skrif te stel in Afrikaans, tog nog ’n taal van inheemse verset ten spyte van Stellenbosch Universiteit se intelligente Bestuurspan en ander meelopers se onverpoosde en wederregtelike pogings om dié lewende en skeppende produk en voorbeeld van omvorming en daarom ook die werktuig vir die saam-mekaar-andersmaak van verstarde verhoudings gebaseer op ongelykhede, vooroordele en vrese,  te delegitimeer en onteer. Ons moet aanhou kan veg vir die beskerming van menswaardigheid, menseregte en bedreigde burgerregte in al die vergestaltings van Afrikaans tot ons beskikking. Te meer so omdat die huidige skaduhonde getrou trap in die spore van die Gryskak van weleer wat hulle mag straffeloos misbruik het (ook) in die naam van ’n ideologies-ingeprente en verwronge interpretasie van ’n kulturele ontstaansgeskiedenis geoormerk met die syn-bewusmakende kombuistaal. Afrikaans was nog nooit nét die witterige minderheidsmonopoliekapitaal wat ’n moedswillig verdraaide persepsie daarvan nou wil uitmaak nie. Die voorregte-behepte heersers het wel Afrikaans besoedel en probeer ideologiseer tot die verskraling van slegs die baas se Europees-ontleende en eiegeregtige taal te wees, verskans en vervat in ’n repressiewe beleid wellustig toegepas en uitgevoer deur oa die afloerders, afpersers en omkopers van tóé gemandateer deur die "veiligheid van die staat". Ons wat Afrikaans grootgeword het was veronderstel om almal eners te dink, anderpad te kyk, nié te dink nie, en kerk toe te gaan. Dis mos in die bloed, sou die geloofwaardige professor Jansen later beweer.

In die bloed van plaasboere wat uitgewis word in wat nou al hoe meer lyk na ’n stelselmatige volksmoord of kaalslagting gepleeg deur honger en geïndoktrineerde mense wat nog nie wil glo dat Bevryding hulle verraai het, dat die gefaalde bevrydingsbeweging nooit sal kan (of wil) voldoen aan die wettige verwagtinge en behoeftes en belange van die land se bevolking nie? Dit kan tog nie wees dat daar van die magsmonopoliseerders en korrupte staatskapers verwag moet word dat hulle ooit genoeg gesteel het om te kan deel met die armes nie? Wie se bloed moet dan nou vergiet word om genade en versoening af te bid vir daardie verraad?

Die Stasi-opgeleide "spoke" het goed geleer by hulle voorgangers, die Boere (verskoon my bandietidiolek). Die straffeloosheid van sluipers is ingebed in die patroon van metodes en reaksies wat nog altyd en oral berus op die patologiese noodsaak om die veragte volk se strewe na demokratiserende prosesse te wil infiltreer, beheer en manipuleer. As gepatenteerde paranote het hulle nog altyd en oral kon struikel oor ’n ondermynende terroris (ten minste potensieel) onder elke struik – swart, bruin, kommunis, liberalis, witterige kapitalis, andersdenkende of aktivis-wat-dink-dat-hy-slimmer-as-"ons"-is, afvallige radikalis, grondwetverslaafde juris, die naïewe joernalis wat glo dis sy patriotiese taak om die misbruike van ’n arbitrêre kaste patronaatafhanklikes oop te vlek ... ’n Totalitêre één-ortodoksie nasiestaat is nie vir sissies nie. Die gemarginaliseerde Afrikaner is ook aan die beurt.

Watter nasiestaat? Maar nou is ons weer daar waar dieselfde neiging om dit wat nie strook met die gefaalde "bevrydingsbeweging" se verskansde belange en buit soos "beskerm" deur ontplooide agente ... gesensureer moet word. Tensy ons betyds kan help keer dat dit weer gebeur. Wat my betref is die hoër beginsel hier op die spel en nou in gevaar, nl die reg op die vryheid van denke en spraak en ander vorme van uiting as die transparante platform vir die ononderhandelbare waardes en vereistes wat ’n beveiligde omgewing vir die saambestaan van volke en kulture en tale as die teksture van diversiteit kan bevorder. Dié transformasie kan slegs gewaarborg word binne die aanvaarde en grondwetlike raamwerk van ’n dialektiese interaksie tussen bevryde burgers, met wedersydse aanvaarding en respek en die aktiewe bestryding van alle 'tradisies' van diskriminasie of rassisme of geskiedenisonteiening. Enige vorm van sensuur, die onderdrukking van informasie en opinies wat die belange van magsmisbruikers in gevaar mag bring, vernietig die nodige vertroue wat ons moet bou om iets te probeer red – vir almal – van die droom dat ons in regverdigheid kan saambestaan en ontwikkel en verander.

Die verkenner en versitter van grense is ’n moeilike omvormingsagent as geleier van andersmaak. Maar die Afrikaanstalige móét betrokke kan bly, al is dit ook in verset teen die onaanvaarbare binne eie gelede, as ’n Afrikaner-Afrikaan.

Jacques Pauw is en was nog steeds ’n professionele en onverskrokke joernalis. Ons mag nie toesien hoe die evaluering van sy navorsing en verslaggewing vervlak word (geVlakplaas?) tot die siniese interpretasie daarvan implisiet in die base se poging om hom monddood te maak. Indien die Regering sou dink hy verklap die metodes waarop staatsveiligheid sou berus, of indien daar beweer word die straatspresident is belaster deur die bewysbare waarhede aangaande sy skelmstreke, beskik die gereg tog sekerlik oor voldoende alternatiewe om binne die wet te reageer. Sensuur of ander intimiderende aksies om die waarheid omtrent die straffeloses se etiese verrotting te probeer fnuik, of die bekendmaking daarvan te verbied, gaan ’n klimaat van gevaarlike wantroue net vererger.

Ek salueer en waardeer NB Uitgewers se weiering om die huurprokureurs van die staat se diktaat en implisiete dreigemente te aanvaar en gehoor daaraan te gee. Hulle vasstaan nou (miskien te laat) mag ook gesien en beskryf word as ’n verdediging van hulle skrywers se reg op die vryheid van denke, ondersoek, analise, legitieme gevolgtrekkings en die vryheid om te mag kommunikeer sonder om gemuilband te word. Ek hoop die skrywersorganisasies en gemeenskappe en veral die internasionale uitgewers neem kennis van die verslegtende omstandighede in SA, en die kommerwekkende moontlikheid dat vryhede van die pers en uitgewerye aangetas en beperk mag word.

Dit sal goed wees indien ons ’n verantwoordelike en gesamentlike beswaarmaak kan formuleer. Ek is bereid om my by so ’n protesskrif of manifes te skaar.

Die uwe

Breyten Breytenbach

Onderstaande het ek aan ’n aantal vriende, uitgewers, mede-skrywers, invloedryke persepsieskeppers internasionaal gestuur. 

It will be good if note could be taken internationally of the threat to freedom of speech and publication, posed by the South African Security Agency in their bullying efforts to censor Jacques Pauw's exposure (in his book The President's Keepers) of the rot spreading – from the presidency down through the failed Liberation Movement – thus bringing to the brink of implosion the state captured by patrons, padrones and blackmailed deployed cadres – a preventable scenario with tragic consequences to all South Africans whose dignity is being trashed, whose dreams of responsible citizenship have been betrayed. 

Unchecked criminality and populist mayhem can no longer be contained. Significant sectors of the South African nations (I insist upon the mutually enriching cultural textures of diversity and responsible citizenship implied in the plural) feel concerned enough to try and resist the sickening resurgence of a totalitarian dispensation all too well remembered from the time when securocrats defined and controlled the defunct rogue regime: civil society groupings, the courts, some trade unions, elements of the private sector, writers and now also publishers, churches, assemblies of betrayed militants, political parties in opposition, and even from within the administrative structures of the governing alliance – together with and inspired by the example of the widely respected Elders of the liberation struggle. 

A corrupt and immoral caste of thieving deployed cadres, blackmailed by the same state-capturers who fatten them on the poisoned sweetmeats of patronage, now attempt to re-establish an arbitrary reign of unaccountability, impunity and rampant greed along the lines taught by their previous shadowmasters. The present-day protagonists – some among them shaped by STASI training – learned and interiorised the repressive methods which defined the racist minority regime. Indeed, it would seem that some of these spooks are also transfuges from the totalitarian structures that so many South Africans have fought so hard and for so long to have scrapped. Now again, as then, the justification invoked to impose with impunity their exactions and lawlessness and to mask their fumbling recourse to gangster ways, will be the mandate to, purportedly, protect "national security" at their own discretion. 

No measure of intimidation will be spared in the process, already initiated, of trying to force the publishers (Tafelberg, an imprint of NB Publishers) to ban Pauw's unmasking of the scavengers manipulating to make the disaster acceptable. Jacques Pauw is a seasoned journalist of integrity and professional repute. It will be good and appreciated if an international awareness of the danger implicit in allowing the rebirth of an oppressive and racist ideology that we'd thought erased by our strive to be free to protect our dignity and aspirations, can help us resist and draw a sanitary cordon around the purveyors of a failed and betrayed revolution.  

 

The post Sensuur: <i>The President's Keepers</i> deur Jacques Pauw appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: November 2017

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

PEN Afrikaans het 'n nuwe bestuurder


Catrina Wessels

Vanaf 1 November is Catrina Wessels die nuwe bestuurder van PEN Afrikaans. 

Catrina is nie net ervare in die boek- en uitgewerswêreld nie, maar spesialiseer ook in outeursreg. Sy het 'n regsgraad, 'n M in letterkunde en 'n nagraadse diploma in intellektuele goederereg. By NB-Uitgewers het sy jare lange ondervinding van regte-verkope opgedoen en is dus wat dit betref die heel beste persoon om die aansoeke vir die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds te hanteer en te administreer.

Haar kennis van die kopieregwetgewing en die verwikkelinge rondom die wetgewing sedert 2015 sal vir PEN Afrikaans en sy lede van groot waarde wees.

Catrina het PEN Afrikaans se amptelike kommentaar op die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, wat vroeër vanjaar aan die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid voorgelê is, opgestel in oorleg met die bestuur. Lees gerus haar samevatting van die negatiewe gevolge wat die aanvaarding van hierdie wetsontwerp vir skrywers en uitgewers kan inhou asook haar onderhoud oor dié wetsontwerp met die intellektuelegoederereg-spesialis prof. Sadulla Karjiker van die Universiteit Stellenbosch.

Catrina sê oor haar aanstelling: "Ek is baie opgewonde oor die geleentheid om by PEN Afrikaans se bestuur aan te sluit. Die totstandkoming van die PEN Afrikaans Vertaalfonds is ’n enorme deurbraak vir die Afrikaanse letterkunde en ek sien uit daarna om by die administrasie daarvan betrokke te wees. Dit is vir my ’n prioriteit dat skrywersbelange aandag geniet tydens die hersiening van die Wet op Outeursreg wat tans aan die gang is. Die outeur is immers die hoeksteen van outeursreg.  Ek beoog om voort te bou op bestaande inisiatiewe en projekte, en ek wil graag saam met die bestuur verdere projekte aanpak ter bevordering van die Afrikaanse woordkuns – sowel nasionaal as internasionaal."

Die bestuur van PEN Afrikaans is baie bly om haar as nuwe stuurvrou aan boord te hê.

Die Staatsveiligheid-agentskap (SSA) eis dat Jacques Pauw se onthullende nuwe boek van die mark onttrek word

PEN Afrikaans neem met kommer kennis van die Staatsveiligheid-agentskap (SSA) se poging om NB-Uitgewers te dwing om ’n onlangse publikasie, The President’s Keepers deur veteraan-joernalis Jacques Pauw, van die mark te onttrek. In ’n aanmaningsbrief dreig die agentskap met ’n interdik wat verdere publikasie en verspreiding van dié opspraakwekkende boek verbied, asook strafregtelike vervolging van diegene wat voortgaan met die verspreiding daarvan. Volgens die SSA oortree dele van die boek die Wet op Intelligensiedienste. NB-Uitgewers het die saak na hul regspan verwys en staan volgens ’n persverklaring agter hul skrywer en boek.

PEN Afrikaans ondersteun persvryheid en veroordeel die regering se pogings tot sensuur ten sterkste. PEN Afrikaans is met PEN International en PEN South Africa in gesprek om dié optrede wêreldwyd aan die groot klok te hang.

Lees hier die brief wat die SSA se regspan aan NB-Uitgewers gestuur het.

Lees hier Breyten Breytenbach se reaksie op die kommerwekkende stappe van regeringskant.

PEN Afrikaans doen ’n beroep op belangstellende lesers om die boek aan te koop – hetsy in e-boek- of gedrukte formaat – in plaas daarvan om roofkopieë te lees en te versprei. Dit is ’n outeursregskending wat die skrywer en uitgewer benadeel. Ondersteun hul eerder deur die boek deur wettige kanale te bekom.

Indien jy die gratis PDF van die boek ontvang het en voel jy wil daarvoor betaal, gaan kyk gerus na die betaalopsies wat hier beskikbaar is.

Eerste aansoeke vir die PEN Afrikaans Vertaalfonds word ingewag

Die sperdatum vir die eerste aansoeke om befondsing deur die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds is 15 November 2017.

Die nodige inligting, riglyne en die aansoekvorm is hier in Afrikaans en hier in Engels beskikbaar. Die aansoekvorm is in Engels, aangesien slegs buitelandse uitgewers wat daarin belangstel om 'n Afrikaanse werk in vertaling uit te gee, vir befondsing in aanmerking kom.

Navrae oor die Vertaalfonds kan gerig word aan penafrikaans@gmail.com.

Die Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs

Die Universiteit van Wes-Kaapland wag aansoeke in vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs. Hierdie beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, se hoofdoel is om ’n belowende of  ’n gevestigde skrywer in staat te stel om vir ’n jaar lank te fokus op  ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die beurs beloop R400 000. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees. Daar sal met die beurshouer onderhandel word om in die loop van die jaar op paslike wyse deel te neem aan konferensies, seminare, en/of die openbare lesingsreeks van die Universiteit.

Die beurs word toegeken in die gees van Jan Rabie en Marjorie Wallace se werk en strewe ten opsigte van Afrikaans as taal van ’n breë gemeenskap.

Die motiverende dekbrief moet onder andere die aansoeker se rekord as skrywer kortliks uiteensit. Elke aansoek moet vergesel word van ’n volledige CV, ’n eksemplaar van onlangse werk, ’n deeglike projekvoorstel met ’n werksplan en beoogde teikendatums asook enige ander toepaslike inligting. Aansoekers moet ook ’n aanduiding gee van reëlings wat getref sal word om vir die periode van die beurs voldoende tyd aan die beoogde manuskrip te gee.

Verdere besonderhede en ’n meer gedetailleerde inligtingstuk kan aangevra word by Janine Pekeur, rabiewallacebeurs@gmail.com of 021 959 2112.

Aansoeke moet die Universiteit bereik teen Vrydag 17 November 2017, en kan gestuur word na:

Steward van Wyk, Departement Afrikaans en Nederlands, Jan Rabie & Marjorie Wallace-Beursfonds, Universiteit van Wes-Kaapland, Privaatsak X 17, Bellville, 7535.

Elektroniese aansoeke kan gestuur word na rabiewallacebeurs@gmail.com; en aansoeke wat per hand afgelewer word, moet by kamer D28 op die grondvloer van die Nuwe Lettere-gebou ingehandig word.

Die Universiteit behou die reg voor om nie ’n toekenning te maak nie.

'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Oktober

Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Dié oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in November

Ten slotte is dit altyd 'n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Hartlik geluk aan al ons lede wat vandeesmaand nuwe boeke op die rak het.

Die publikasielyste vir November kan hier in Excel-formaat afgelaai word. 

Met vriendelike groete
Danie Marais
Ondervoorsitter: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: November 2017 appeared first on LitNet.

Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg: ’n boekbespreking

$
0
0

Hoë hakke met hoogwater
Jacolet van den Berg
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708183

Hierdie bespreking word aanbeveel vir lesers wat reeds die boek gelees het, aangesien sommige kinkels van die verhaal verklap word.

Hoewel Jacolet van den Berg reeds in 2008 begin skryf het, is dit in 2011 waar sy haar eerste spoor binne die Afrikaanse prosa agterlaat. In hierdie jaar loop dié oud-Vrystater met die louere weg toe sy die ATKV-Woordveertjie vir romanzas vir Lied in jou hart (LAPA) inpalm. ’n Hart vir stories het dié skrywer, wat ’n BSc-graad in Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het, beslis. Hiervan getuig die string Romanzas wat onverpoos die afgelope paar jaar uit haar pen voortvloei. Onder andere kan daar hier na Adam se Plan (2011) en Eva se Appel (2015) verwys word. Dit is egter in 2017 wat Van den Berg Hoë hakke met hoogwater as haar eerste vollengte roman publiseer. Wéér stel sy nie teleur nie.

Wat het ’n sorgelose surfer, ’n wulpse huisvrou en ’n gedienstige weduwee in gemeen? Op die oog af nie veel nie. Maar op ’n dag besluit die noodlot om dié oppervlakkige persepsie vinnig te verander. In ’n ou kombi word dit vinnig duidelik: Dalk is Simone nie so sorgeloos nie. Dalk skuil daar ’n weerloosheid onder die wulpsheid van Andrea. Dalk is Maggie na 19 jaar moeg daarvoor om die rol van mev Gedienstig en Gedwee te vertolk.

Want niemand bly altyd kop bo water nie. Veral as die water hoog raak. Op dié dag leer drie vroue een ding: Jy swem nie alleen in hoogwatergety nie. Jy pak hom saam met ander aan. Al is dit met hoë hakke en aanvanklik hinkepink.

Sewe jaar lank het sy na sy pype gedans. Was sy wat Anton Stander wou hê sy moes wees. Simoné Stander. Die mediese student. Maar na universiteit het Simoné genoeg gehad. Verby is die dae wat sy gehoorsaam wanneer Anton Stander sê: “Spring!” Sy vra nie meer: “Hoe hoog?” nie. Dit is eerder op die see waar sy haar hoë branders aandurf. Tussen son, see en strand is dan ook waar Simoné haar geluk uiteindelik vind. Binne The surf hub, haar en Zane se eie branderplankwinkel. Dis hiér waar Simoné haar droom leef. Of dis hoe sy aanvanklik dink. Maar na twee jaar moet Simoné een oggend ontdek: Die tyd het uitgespoel vir haar en Zane. Blindelings kies sy na dié ontdekking met haar kombi koers. Weg van die branderplankwinkel. Weg van Zane.

Dit is op die einste oggend wat Andrea en Henko hulself by McLeod’s Unbelievable Circus bevind. Vir Andrea word dit moeilik om die harde werklikheid langer te ontken. ’n Paar uur vantevore het Henko haar aan die keel gegryp. Vir die eerste keer na ’n afgesaagde roetine van sestien jaar van werk, kinders en slaap. Nou het die roetine duidelik sy tol geëis, is Andrea moeg van vloerlap wees en voel sy nostalgies oor ’n blikkerige kombi wat sy van veraf op die sirkusgronde sien. Toe sy en Henko getroud is, het hy immers vir haar een as trougeskenk gegee.

Sy vang nie onbesonne dinge aan nie. Nie sy wat Maggie is nie. Maar dit was voordat Karen Loock haar lewe ongenooid binnegewals het.  Want sekere geheime het ook net ’n rakleeftyd van 19 jaar. Nadat Maggie haar man se geheim na 19 jaar ontdek, klim sy in die turkoois kombi – min wetende dat die lewe daardie selfde dag ook nie die ander twee vroue in die turkoois kombi veel vriendeliker behandel het nie ...

Die roman begin belowend. Dit is veral die kleurvolle karakters en die eiesoortige intrige wat die aandag vinnig trek. Dit is immers nie elke dag wat ’n mens hoor van ’n hartseer vrou wat twee ander wildvreemde vroue in ’n kombi oplaai om dan doodluiters die aand op Bloubergstrand deur te bring nie. Die leser het ook nie hier te doen met ’n gevaarlike psigopaat wat haar tande in afwagting slyp om die een of ander bloederige ritueel op Bloubergstrand te gaan uitvoer nie. Nee, dit is die sonverbrande, fikse dr Simoné Stander. Tussen die koue vier mure van die hospitaal is egter nie waar Simoné beplan om die res van haar lewensdae te slyt nie. Tot groot ontsteltenis van haar pa is dit eerder by The surf hub en met haar branderplankrylesse waar sy kies om haar brood en botter te verdien. Dié ongewone en interessante keuse sorg van meet af aan vir ’n geskakeerde karakter en ’n unieke scenario wat die leser blitsig boei.

Reeds met die intrapslag maak ander karakters hulself ook moeiteloos voor die leser tuis. Vanaf bladsy een is dit veral die pittige beeldspraak en karakters se fyn waarnemingsvermoë wat dadelik aan die karakters ’n besondere vitaliteit verleen. In dié verband dien Anton Stander, die pa van Simoné, as sprekende voorbeeld. Wanneer Simoné die bultende aartjie langs haar pa se slaap in die begin beskryf, doem die intimiderende beeld van Anton Stander onwillekeurig voor die geestesoog van die leser op: ’n bombastiese man wat vereis dat sy dogter na sy pype dans. Tog was dit verfrissend om te sien dat Anton nooit as die spreekwoordelike genadelose patriarg uitgebeeld word nie.  Al heers daar ’n merkbare stram verhouding tussen hom en Simoné, erken sy dat niks vir haar pa op ’n skinkbord aangebied is nie. Ondersteunende ouers het ook by hom ontbreek. Reeds vanaf die begin is dit dus opmerklik dat karakters nié net op hul baadjies getakseer word nie.

Ironies genoeg val Zane, al verskil hy en Anton Stander soos dag en nag, in dieselfde kategorie. Simoné betrap vir Zane saam met Sandra op die strand. Maar dit stop allermins hier. Na twee jaar moet Simoné ook ontdek dat haar ongeslypte diamant se vingers bietjie langer is as wat hulle moet wees. Zane se twee groot misstappe bied op sigself vir die skrywer alle rede om hom vinnig tot die spreekwoordelike vark in die verhaal te verdoem. Dit sou die maklike uitweg wees. Tog is die voor die hand liggende uitweg nie die een wat Van den Berg kies nie. Hoewel Zane se dade en gedrag nooit goedgepraat word nie, word hy meer as die vark in die verhaal. Eerder raak hy ’n misterieuse soort afvlerkkarakter wat die leser partymaal moeilik vind om te peil. So sorg Van den Berg dat sy fassinerende newe-karakters skep wat die leser meer bied as wat op die bedrieglike oppervlak sigbaar is.

Dit is dan ook die hoofkarakters se interne konflik en voortdurende selfondersoek wat dié roman iets meer om die lyf gee. Nadat Zane en Simoné se paadjies skei, begin belangrike vrae ineens in haar binneste woed: Waarom gaan sy so min huis toe? Hoekom is daar so ’n  groot afstand tussen haar en haar ouers? Is dit werklik net haar pa se skuld? Wat wil haar pa regtig van haar as sy dogter hê? Maggie worstel self ook met ingewikkelde vrae waaroor sy moet duidelikheid kry: Was Jannie se dwalende oë te wyte aan haar? Wil sy werklik nog haar waardigheid na haar skokontdekking behou?

Verder was dit ook funksioneel dat die drie vroulike hoofkarakters elkeen so baie van mekaar verskil wat onder andere hul ouderdomme, waardestelsels en lewensuitkyk aanbetref. Hul verskille sorg plek-plek vir heelwat prettige oomblikke binne die roman. So moedig Simoné, met haar lewenslustige en borrelende lewensaard, byvoorbeeld vir Andrea en Maggie aan om elk met ’n bottel wyn in die hand vanaf die strand na die eilandjie oorkant te beweeg. (Andrea nog boonop met haar stiletto’s in die ander hand.) In dié toneel slaag Van den Berg om ’n bepaalde lewensvreugde en vryheid vernuftig vas te vang. Dít te midde van elke karakter se unieke seer.

Wat haar vernuftige aanslag aanbetref, beïndruk Van den Berg verder ook met haar oorspronklike beeldspraak. Toe sy met ’n traanbevlekte gesig op die sirkusgronde stilhou, dink Simoné byvoorbeeld dat sy soos ’n spook met ’n vinger in ’n plug lyk. In dié verband imponeer Van den Berg ook met haar kreatiewe aanslag. So dink Andrea byvoorbeeld die volgende: “Sy het genoeg gehad, sy is op die punt om te snap en sy het al haar selfbeheersing nodig om die pawpaw terug te hou, want dis ’n haarbreedte van die fan af.”

In die geheel beskou, is vrouwees en die ervaring van lewensteleurstellings prominente temas wat binne die roman figureer. Verder word die belang van ’n gesonde gesinstruktuur en hegte bande binne die familie ook van nader met ’n skerp oog betrag. Juis effektief binne-in die roman is dat daar uit verskillende perspektiewe, dié van Simoné, Andrea en Maggie, na hierdie temas gekyk word. Wanneer Simoné byvoorbeeld sin van Zane en sy gedrag probeer maak, dink sy aan die belangrike invloed wat ’n gesonde of ongesonde gesinstruktuur op die lewe van ’n kind kan uitoefen. Andrea herontdek ook die belang van hegtheid binne die familie wanneer sy vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n besoek aan haar ouers, sowel as haar suster aflê.

Uiteenlopende perspektiewe word wel nie slegs tot temas en kwessies beperk nie. Van den Berg gebruik ook Simoné, Andrea en Maggie se waarnemings oor mekaar om die leser uit meer as een hoek na elkeen van hulle te laat kyk. Soms sal Simoné, Andrea of Maggie byvoorbeeld ’n terloopse opmerking oor die ander waag. Uit die aard van die saak bevat dié opmerkings dikwels waardevolle inligting vir die leser. Hulle laat die leser toe om elkeen van die karakters op ’n ander vlak te leer ken  – ’n vlak wat die karakter moontlik self nog nie ontdek het nie of doodeenvoudig net nie aan erkenning wil gee nie.

So merk Simoné byvoorbeeld op dat Andrea, ten spyte van haar noupassende jeans en parmantige stiletto’s, eintlik nogal weerloos is. Bietjie later sien Simoné ook iets breekbaar in die oë van Maggie. Maggie hoor weer op haar beurt dat Simoné se ligte toon in haar stem geforseerd is. Hier kyk Van den Berg met die nodige deernis na die vermoë van mense om te midde van hul eie seer steeds ook ander se pyn te kan raaksien.

Ten opsigte hiervan het karakters se vermoë om uit die bloute te verras ook dikwels opgeval. So verras die oënskynlike bleeksiel, Danté de la Harpe, met sy droë en eerlike mening oor die Simoné-situasie. Hy sê die volgende aan Simoné: “Ek het nie gesê jy het ’n identiteitskrisis nie. Jy wil heeldag op die strand lê. Dis oukei. Jy kan dit bekostig. Doen meeste ryk poppies dit nie maar terwyl hulle vir ’n ryk man wag nie?”

Op die man af en prontuit. Danté se eerlike mening vang vir Simoné, asook die leser, onkant. Veral in ag geneem dat Van den Berg juis Anton Stander se blue eyed boy gebruik om vir Simoné anders na haar omstandighede te laat kyk. Danté se ek-draai-nie-doekies-om-nie-benadering is egter juis geskik om self ook die leser ’n bietjie nuut oor die Simoné-situasie te laat dink.

Dit is ook sinvol dat Van den Berg plek-plek van innerlike monoloë gebruik maak om die leser dieper insig in elk van die drie vroulike hoofkarakters se psige te bied. Hoewel dié gedeeltes nie in eerstepersoon deurgegee word nie, bevat dié monoloë belangrike gewaarwordinge, verwyte en selfs onsekerhede wat afsonderlik binne Simoné, Andrea en Maggie woed. So dink Andrea byvoorbeeld die volgende wanneer sy oor haar en Henko se huwelik nadink: “Vir die eerste keer het sy besef dat sy hulle saamwees as vanselfsprekend ervaar het. Dat sy die klein dingetjies wat haar darem soos ’n vrou laat voel het, mis. Henko het tog soms dinge gedoen, al was dit op sy manier, om haar te laat voel hy soek haar. Flip, sy mis dat hy in die verbygaan aan haar vat, al is dit dan nou aan haar boude en het dit haar byna altyd irriteer. Sy mis dit dat hy haar staaltjies van sy dag vertel. Sy mis dat hy vir haar petrol gaan ingooi het, sonder dat sy vra, omdat hy weet sy haat dit om by die petrolstasie te stop en gewoonlik ry tot sy byna gaan staan.”

Doeltreffend hier is dat ’n ander dimensie van Andrea sigbaar word. ’n Dieper dimensie by ’n karakter wat ’n mens aanvanklik slegs aan die hoogte van haar stiletto’s en die grootte van haar borsmaat wil meet. Hoewel die innerlike monoloë dikwels karakters se diepste onsekerhede blootlê, was dit opmerklik dat dié gedeeltes steeds besonder lekker lees. Dit is juis omdat Van den Berg daarin slaag om die karakters nie binne ’n poel van selfbejammering te laat wegsink nie. Al maak hulle hul diepste begeertes en onsekerhede bekend, word dit nooit ’n oordrewe sentimentele of soetsappige affêre nie. Eerder behou sy steeds ’n tong-in-die-kies en simplistiese aanslag wanneer karakters hul dieper gevoelens blootlê.

Inhoudelik is daar tog spesifieke gevalle waar die geloofwaardigheid van gegewens bevraagteken kan word. Myns insiens is dit te betwyfel of iemand regtig net mense regs en links sal oplaai – veral in ag geneem dat Simoné ’n uur of twee vantevore nog net op haar ouma se bed wou gaan lê en huil. Om in so ’n reddelose en ontnugterde toestand dan ewe skielik nog genoeg energie vir algehele vreemdelinge oor te hê, is ietwat vergesog.

Van den Berg se moeite om te verseker dat die toneel op Bloubergstrand (nadat Simoné vir Andrea en Maggie opgelaai het) met oortuigende hale vir die leser geskets word, is wel opgemerk. Op Bloubergstrand sukkel die karakters aanvanklik om gepaste woorde te vind om mekaar te troos. Aangesien Simoné, Andrea en Maggie eintlik in die toneel as wildvreemdelinge teenoor mekaar staan, is hul onbeholpenheid om mekaar te troos geloofwaardig. Die “ongemaklike stiltes” wat tussen hulle heers, oortuig ook. ’n Mens het immers nie noodwendig altyd iets te sê vir iemand as jy hom/haar pas ontmoet het nie.

Wat inhoudelike kritiek egter verder aanbetref, het die volgende gedeelte, geskryf asof uit die perspektief van Simoné, ook gepla: “Ineens lyk Andrea meer mens vir Simoné. Dis asof sy op ’n manier wie sy is met die stiletto’s wegsteek, maar kaalvoet haar skanse laat sak.” (p52) 

In dié gedeelte trek Andrea haar stiletto’s uit en staan dan kaalvoet saam met Simoné en Maggie op die strand. Hierdie toneel speel af op Bloubergstrand – die dag toe Simoné, Andrea en Maggie die eerste keer met mekaar kennis maak. In hierdie verband is dit wel waar dat Andrea haar hemelhoë stiletto’s gebruik om iets van haar eintlike weerloosheid en broosheid weg te steek. Tog is dit iets wat Simoné en Maggie, eers namate die roman vorder, geleidelik ontdek. Daarom is dit onrealisties dat Simoné al op bladsy 52 tot dié wonderbaarlike insig kom. Eerstens ken sy nog glad nie regtig vir Andrea nie en tweedens het Andrea pas haar skoene uitgetrek. Gevolglik het Simoné nog nie eers die kans gehad om werklik vir Andrea sonder haar stiletto’s te leer ken nie. (Op dié punt is hulle drie nog nie eers saam oor die eilandjie nie.) Problematies dus is dat die alomteenwoordige verteller háár kennis reeds veels te vroeg op Simoné af forseer.

By tye word dit ook effe hinderlik dat dieselfde gedagtes en uitdrukkings gedurig woordeliks herhaal word. Die leser word net té dikwels ingelig dat Andrea ’n vloerlap in haar eie huis geword het en dat Maggie so gedienstig en waardig in haar huwelik van 19 jaar was.

Ek het ook soms ook swaar daaraan gesluk dat die “waardigheidsbeginsel” so dikwels oorspeel word.  In die roman kom die gedagte sterk na vore dat ’n vrou steeds haar waardigheid na ’n krisis moet behou.  Heel voor in die roman word die volgende gedeelte uit Spreuke 31:25 (in Engels) aangehaal: “She is clothed with strength and dignity, and she laughs without fear of the future.” Komende uit Spreuke is die waardigheidsbeginsel mooi en ook stewig gegrond. Tog word die gedurige verwysings na die behoud van waardigheid binne die roman later te opsigtelik en ook steurend. Indien minder gebruik, sou die “waardigheidsbeginsel” meer van sy oorspronklike trefkrag deurlopend behou het.

Die kortstondige liefdestoneel tussen Maggie en Wynand is ook nie strategies goed geplaas nie. Al was Maggie op die einste aand emosioneel gedreineer, was dit moeilik herkoubaar dat sy in ’n man se arms val wat keer op keer haar man se buite-egtelike verhouding probeer verdedig – nog slegs ’n paar minute vantevore word daar pertinent genoem dat sy min beïndruk met Wynand se voortdurende verdediging was. 

Aan die begin beïndruk die roman met sy oorspronklike inslag en interessante karakters. Aanvanklik is dit ook moeilik om te bepaal waarheen dié verhaal nou eintlik gaan lei wat vir ’n lekker onvoorspelbare element sorg. Ongelukkig wou dit later blyk asof die intrige effe afgewater raak en iets van sy onvoorspelbare element inboet. Tog is Hoë hakke met hoogwater in die geheel ’n aangename leeservaring met optimale karakterontginning en die uiteenlopende perspektiewe op menswees en temas as sterkpunte.

Ten slotte is Van den Berg se eerste vollengte roman ’n genotvolle een waar die belang van ’n gesonde gesinslewe, hegte families en lojale vriendskappe voorop geplaas word. Die suksesvolle integrering van bogenoemde drie aspekte werk dan ook daartoe mee om ’n verrassende skoonheid en diepte aan die verhaal te verleen. Die roman word aanbeveel vir veral vroulike lesers wat hou van lekkerlees-literatuur met iets meer om die lyf.

The post <i>Hoë hakke met hoogwater</i> deur Jacolet van den Berg: ’n boekbespreking appeared first on LitNet.


Die evolusieleer is 'n gestagneerde gedagte - finish en klaar!

$
0
0

Omie Darwin en sy trawant Dawkins ... ag nee wat.

Vraag:  Het die eier die hoender programmeer om ‘n harde beskermende omhulsel te skep en toe sommer gesê “hou my warm?”
Dis net die geveerdes se eiers wat so knus wil wees. (Die hoender is maar net die eier se manier om nog ‘n eier te skep.)
Vraag: Hoekom is daar slange wat deur eiers voortplant en ander deur lewendige kleintjies?
Vraag: Hoekom is daar soogdiere wat eiers lê – die eendbekdier (boonop met ‘n giftige byt) en die mierystervark?
Vraag: Hoekom lê homo sapiens-sapiens (‘n soogdier) nie eiers nie?

En die evolusie teorie/leer is  "fake news"!
Gaan dit vir die mens tot enige nut in die toekomstige kolonisasie van planete in die sonnestelsel/ ruimte wees?

Sal nogal wil weet.

Raed-na-Gael

 

The post Die evolusieleer is 'n gestagneerde gedagte - finish en klaar! appeared first on LitNet.

Shamans

$
0
0

Oral in Europa herleef die shamans van ouds. 

Hans Richardt
 

 

The post Shamans appeared first on LitNet.

Zuid-Afrikahuis: Programma, December 2017

$
0
0

Programma December 2017

Donderdag 7 december 2017, 19.30 uur, Film + inleiding

Beautiful in Beaufort-Wes – muziekdocumentaire over Gert Vlok Nel
(Nl, 2006, 54 min, Afrikaans gesproken, Nederlands ondertiteld)

Regie: Walter Stokman
Met: Gert Vlok Nel, Albert Nel en Eida Avenant

Beaufort-Wes is een stadje in de Groot Karoo, de halfwoestijn tussen Kaapstad en Johannesburg. Een van zijn bewoners is de Zuid-Afrikaanse dichter/songschrijver Gert Vlok Nel. Hij is geboren in 1963, het jaar dat het apartheidsregime strenge censuurwetten invoerde en Nelson Mandela op Robbeneiland gevangen werd gezet. Door zijn mediaschuwe houding en zijn schaarse, maar hoogwaardige productie is Vlok Nel uitgegroeid tot een cultfiguur.
Walter Stokman zocht hem op in Beaufort-Wes, waar hij bij zijn vader inwoont, en maakte een prachtige, sfeervolle documentaire vol weemoedige teksten, die vooral over persoonlijk leed gaan. Pa Vlok Nel leest enkele gedichten van zijn zoon voor. Het koor van een blanke middelbare school zingt, begeleid door gitaar, Vlok Nels lied "Rivier".
Voorafgaand aan de filmvertoning zal filmmaker Walter Stokman een korte inleiding houden en naderhand vragen van het publiek beantwoorden.                                                                                                                   

Reserveren: evenementen@zuidafrikahuis.nl
Toegang: € 7,50
Zaal open: 19.00 uur / aanvang 19.30 uur


 

Zaterdag 16 december 2017, 14.00–16.00 uur, kookworkshop

Afrikos – “self gebakte geskenke”

Zelfgemaakte hapjes, mooi ingepakt voor onder de kerstboom. Kom zelf de heerlijkste zoete en zoute hapjes maken en pak ze in mooie verpakkingen in om cadeau te geven.

Desember, ’n heerlike maand om te ‘gee’! AfriKos help jou hierdie Desembermaand om iets uit die warmte van jou kombuis te gee, ’n self bereide en verpakte Kersgeskenk! Kom leer hoe jy kreatief kan wees om happies soos lepelsteeltjies, kaaskoekies, blatjang en truffels om te tower tot die mooiste Kersfees-geskenke! Jy kan sefs jou eie “speseryreënboog” saamstel. Ons gaan die happies vir mekaar feestelik bottel of verpak en kan so ook sommer baie van mekaar leer.

Jy gaan huistoe met lekkernye, die resepte en boordevol inspirasie! Verder sal daar ekstra Kersverpakking en versiering beskikbaar wees om direk aan te skaf vir die geskenk wat jy tuis gaan maak.

Leoné de Beer van Afrikos vertelt hoe en helpt om zelf kleine zoete, zoute en glutenvrije hapjes uit de Afrikaanse keuken te maken! Recepten natuurlijk mee na afloop.

Reserveren: evenementen@zuidafrikahuis.nl
Toegang: € 20,- (inclusief 6 ingepakte hapjes), exclusief extra aan te schaffen verpakkingen

Bij te weinig aanmeldingen, kan de workshop niet doorgaan.
(Zaal open: 13.30 uur) - Aanvang: 14.00 uur / Einde: 17.00 uur


 

In het pand aan de Keizersgracht woont sinds de verbouwing in 2016, elke twee maanden een andere journalist uit Zuid-Afrika. Met diverse achtergronden en interesses, komen zij gedurende 8 weken de stad Amsterdam, de Nederlandse (moeder-)taal en een nieuwe omgeving opsnuiven.

De medewerkers van het Zuid-Afrikahuis hebben regelmatig contact met ze over thema’s, contacten, adviezen en we proberen ze een beetje "thuis" te laten voelen in de voor hun zo vreemde stad. 

Dat er heel verschillende ervaringen en avonturen beleefd worden is terug te zien in een paar leuke impressies.

Kijk eens op  http://www.zuidafrikahuis.nl/node/4164 naar een paar indrukken van de journalisten van Netwerk24 die sinds februari 2016 in het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam woonden. Wat vinden ze van Nederland en de Nederlanders? En welke betekenis heeft deze buitenlandse ervaring voor hun werk en loopbaan, "terug by die huis"?

De bibliotheek van het Zuid-Afrikahuis is van zaterdag 23 december t/m maandag 8 januari 2018 gesloten.

The post Zuid-Afrikahuis: Programma, December 2017 appeared first on LitNet.

Knysna Fine Art vier 20 jaar: ’n onderhoud met Trent Read

$
0
0

Trent Read kan beskou word as die doyen  van kunshandel in Suid-Afrika. Hy kom uit ’n familie van kunshandelaars en het self galerye in Suid-Afrika sowel as die buiteland besit. Corlie de Kock het ’n MA Visuele Kuns by Stellenbosch voltooi en haar studie in Hamburg, Duitsland voortgesit. Sy is pas aangestel as kurator by Trent Read se vlagskipgalery, Knysna Fine Art, wat in November sy 20ste bestaansjaar vier met ’n groot groepsuitstalling.  Hiermee ’n tweetalige gesprek tussen Trent en Corlie oor die geskiedenis van die Read-familie, Knysna Fine Art en die toekoms van eietydse kuns in Suid-Afrika.

Grace da Costa: Spaces

Vertel vir ons van die Read-familie se besluit om ’n galery in Suid-Afrika te open? Wanneer was dit en het jou ouers uit Engeland gekom?

My great-uncle, Albert Everard Read, who was a painter, came out from England at the beginning of the last century and opened a gallery cum antique shop in Johannesburg in 1912. His brother (my grandfather) took it over after Albert was gassed in the first war and then my father, Everard Read, took over in his turn. My brother, nephew, niece and son are all in the business – we are obviously unemployable as a family elsewhere!

Barbara Wildenboer: Spinning tales II (altered book)

Hoe het jy in die kunsbedryf beland, of is dit in julle bloed/gene?

I originally wanted to study medicine, but ended up at Christie’s in London, where I spent some wonderful years and, in learning an enormous amount, also learned that I loved the arts and that luckily I had a good eye.

Knysna Fine Art is vanjaar 20 jaar oud. Dis ’n groot mylpaal vir ’n galery in ’n klein dorp.  Vertel vir ons van die besluit om ’n galery in Knysna te begin en van goeie herinneringe uit die verlede.

When my children were born we decided to move from Johannesburg to Knysna, as we did not want them growing up in a shopping mall. I had wonderful memories of summer holidays in Knysna as a child and it is a decision that I have never regretted, although occasionally it has been quite tough over the years. Most galleries have the life expectancy of mayflies and the difficulties are compounded in a small seasonal town, but a combination of fine artists and wonderful and loyal collectors from all over the world has enabled us not only to survive but to flourish.

Hanneke Benade: Bo-Kaap-meisie (pasteltekening)

Vertel vir ons van jou liefde vir Louis Leipoldt en Suid- Afrika.

Two of the many things that I am passionate about are food and collecting. I am a good amateur cook and have, as a result, a cookbook collection that is now both large and fine. Among the South African books are the writings of Louis Leipoldt, who was one of our greatest sons – a scientist, doctor, botanist, poet and writer and a superb and knowledgeable cook who deserves to be far more celebrated than he is. His collected magazine articles from the 1940s – Polfyntjies vir die proe – are wise and very witty and define boerekos. How I would have loved to have dinner with him.

Peter van Straten in his studio

Wat kan versamelaars hierdie seisoen by Knysna Fine Art verwag?

I am so looking forward to our celebratory exhibition, not least because you are coming in as the curator with your fresh eye and talent. We have a great show with some of the artists I have worked with and developed over a lifetime and other superb young people beginning their careers. We are so lucky to have such a stunning space in which to do them all justice.

Aidon Westcott: Frequency (gemengdemediacollage)

Een van die redes hoekom ek daarvan sal hou  om saam met jou te werk, is juis dat jy bereid is met opkomende kunstenaars kanse te waag. Hoekom is dit vir jou belangrik?

My absolute favourite thing about dealing is working with young, edgy, passionate artists who are obsessed with making art. It’s not difficult to sell an Irma Stern or a Pierneef, but it takes vision and a long view to promote an artist who makes work that is unsettling, disturbing or just in advance of current norms and taste.

Olaf Bischoff: Ladder (olie op bord)

Knysna Fine Art vier sy verjaarsdag met ’n groot groepsuitstalling van kunstenaars wat oor 40 jaar deur Trent Read verteenwoordig is. Dit is die eerste uitstalling in Knysna waar Corlie de Kock as kurator sal optree. Nuwe werk deur vername  kunstenaars soos Phillemon Hlungwani, Lionel Smit, Peter van Straten,  Carl Roberts, Grace da Costa, Norman Catherine, Elizabeth Balcomb, Jaco Sieberachen en Deborah Bell sal vanaf 9 November  te sien wees. Kontak die galery by gallery@finearts.co.za vir ’n aanlyn katalogus.

Mziwoxolo Makalima: Confined (sement met harsbasis)

Jaco Roux: Kongoni plains, Mapungubwe (olie op doek)

Die foto's is uit die katalogus van die uitstalling wat op 9 November begin.

The post Knysna Fine Art vier 20 jaar: ’n onderhoud met Trent Read appeared first on LitNet.

Is ons musiek outentiek? (Deel 1)

$
0
0

In gesprek met Luna Paige: Luna Paige gesels met Schalk van der Merwe, Anton Goosen, Amanda Strydom en David Kramer oor outentisiteit.

As ek aan Bruce Springsteen dink, dink ek Amerika. Ek dink Americana, folk-rock. Ek dink werkersklas. Hardwerkend. Outentiek.

Springsteen meen outentisiteit is ’n huis vol spieëls, bloot ’n refleksie van ons invloede en ons persoonlike geskiedenis.

Wat presies is outentisiteit? En is so iets werklik moontlik in ’n moderne era waar tegnologie en globalisme kunstenaars se persoonlike ervaringswêrelde handomkeer verander het? Kan ons werklik sê dat ons diverse plaaslike musiekbedryf ’n outentieke weergawe van homself is?

Ek moes by die HAT gaan draai:

ou͘-ten-tiek’: geloofwaardig, oorspronklik; onvervals
ou-ten-ti-si-teit’: egtheid, oorspronklikheid

Die algemene mening oor outentisiteit is dat dit ’n reis na selfverwesenliking insluit, dat dit ’n toestand vry van eksterne invloed is. Dat die kunstenaar skep vanaf ’n plek van eerlikheid en integriteit teenoor die self. Tog leef ons nie op eilande nie. Veral nie in ’n kapitalistiese samelewing nie. Hoe onbeïnvloedbaar kan ons werklik wees?

David Kramer

David Kramer stem ooreen met Springsteen. Volgens hom is outentisiteit ’n uitdrukking van waar jy vandaan kom, jou lewenservaringe en jou reaksie tot jou omgewing. Ek onthou ’n gesprek met Kramer by Kunstekaap waar hy genoem het hoe belangrik dit is dat jy as liedjieskrywer weet hoe die skoene lyk wat die mense oor wie jy sing. Jy moet weet hoe die skaduwees in hulle strate val. Die woorde het my bygebly. Want een ding is seker, wanneer David Kramer oor ’n karakter sing, kan ons hom voor ons sien, amper asof ons hom self ken. Ons weet waar hy vandaan kom.

Anton Goosen

Anton Goosen is een van ons land se meesters in liedjieskryf. Nes Kramer, het hy die vermoë om die alledaagse sensories te verpak – en die luisteraar in tyd, gevoel en plek te verplaas. Hy is ’n man wat sy mense ken. “A keen observer.” Volgens Anton voldoen ’n kunstenaar aan die definisie van outentisiteit indien hy/sy getrou is aan homself en solank pretensie en nabootsing uitgesluit is.

Amanda Strydom

In die klassieke wêreld word musiek dikwels as outentiek beskryf indien die werk en die komponis herkenbaar is. Ek gebruik die klassieke verwysing om een so herkenbare Suid-Afrikaanse kunstenaar uit te lig. Amanda Strydom. Sy het ’n internasionale genre haar eie gemaak, haar stempel afgedruk en seker gemaak dat die luisteraar binne die eerste paar akkoorde van enige van haar opnames, weet dit is sy wat sing. Volgens Strydom beteken outentiek vir haar iets anders as die gewone. Sy glo dit is juis die kunstenaars wat kies om nie die kudde te volg nie, maar hul eie koers wat outentiek is. Sy noem wel dat dit ’n smal, maar bevrydende weg is. Ons weet wel die pad kan smal wees. “My pa het dikwels Tretchikoff as voorbeeld gebruik. Hy het my dikwels gevra of ek in ’n wêreld van supply and demand ’n Van Gogh of ’n Tretchikoff wil wees. Een het geskep wat die massas wou hê en een het sy eie kop gevolg. Een kon kos op die tafel sit en erkenning in sy eie leeftyd geniet, terwyl die ander ’n arm man moes sterf. ’n Mens kan raai watter pad my pa graag wou hê ek moes stap. Daar was tye wat ek gewonder het of hy nie dalk ’n punt beet het nie.”

Schalk van der Merwe

Dan praat Schalk van der Merwe oor outentisiteit. Eers vra ek hom of hy dink outentisiteit is belangrik in kuns. “Ja”, antwoord hy. “En vir sukses?” glimlag ek. Sy antwoord is vir my snaaks: “Nie eers talent is nodig vir sukses nie!”

Soos Amanda ook tereg sê: “Daar is hordes kunstenaars wat baie suksesvol is (finansieel én wat gewildheid betref) wat glad nie outentiek is nie. Ek dink net dat oorspronklikheid, andersheid, varsheid, meer uitstaan teenoor die middelmatige.” Sy erken ook dat smaak verskil, dat daar plek is vir almal onder die son, dat sommige gehore daarvan hou om verras te word, terwyl ander die bekende verkies. “Dis seker ’n gevoelsding,” sê sy.

Dit laat my onmiddellik dink aan Denis Dutton (kunsfilosoof) se verskillende omskrywings van outentisiteit. Hy verwys na nominale en ekspressiewe outentisiteit, en na die outentisiteit van ervaring. Die eerste twee omskrywings sluit baie aan by dit wat David, Schalk, Amanda en Anton sê – dat die opregtheid en eerlikheid van ’n kunstenaar se uitdrukking noodsaaklik is en dat die kunstenaar se werk herkenbaar moet wees. Ek wil graag fokus op die laasgenoemde verwysing naamlik ‘ervaring’, want elke musikant het ’n luisteraar nodig.

Outentisiteit en gemeenskap gaan hand aan hand. Dit is belangrik dat die luisteraar die konteks van die kunstenaar se bedoelinge verstaan en dit kan tog soms gebeur dat die luisteraar nié belangrike aspekte van die werk verstaan nie. Dit kan ’n baie ongemaklike situasie wees, vir beide kunstenaar en gehoorlid. Dit is seker hiér waar kultuur ’n rol begin speel.

Op internasionale vlak kan ons verwys na musiekgenres soos blues en punk. Beide hierdie genres was spesifiek gekoppel aan ’n sekere tyd, plek, kultuurgroep en sosio-ekonomiese omstandighede. Hierdie musikante het musiek gemaak wat die essensie van sekere gemeenskappe se ervaringswêrelde vasgevang het. Dit was moeilik vir persone uit ander kultuur- en sosio-ekonomiese groepe om hierdie musiekstyle na te boots en outentiek te laat klink. 

Volgens Schalk het dit gegaan oor hoe hulle gespeel het, waar hulle vandaan gekom het en wat die agtergrond van die musiek was. Dit was hierdie elemente wat veroorsaak het dat die musiek met die wyer gemeenskap geresoneer het. Blues uit die onderdrukte swart Amerikaanse gemeenskappe. Punk uit die werkersklas in Brittanje – ’n kultuurgroep wat moeg was vir die onrealistiese glansryke beeld wat die glamrock groepe van die sewentigs uitgestraal het. Schalk noem dat die musiek nie altyd crowd pleasers was nie, teen die hoofstroom geswem het, maar iets van die tyd vasgevang het en ook tydloos was.

Rosa Keet

Op plaaslike vlak verwys Anton na ’n tyd toe baie ouer weergawes van die FAK-liedjies eintlik vertalings van Duitse (dink “O, Boereplaas”) en Amerikaanse (“Sarie Marais”) oorsprong was. David verwys ook na die tyd waarin Country en Western groot was in Suid-Afrika, ’n nabootsing van outentieke Amerikaanse musiek. Dit was volgens Goosen en Kramer eers tydens die Musiek en Liriek Beweging in Suid-Afrika (1979) dat oorspronklike liedjies uit eie bodem (in Afrikaans) gekom het. Waarom juis in 1979?

Anton skryf die beweging aan die inisiatief van Merwede van der Merwe, Rosa Keet en ’n paar ander toe. Die Musiek en Liriek Beweging was volgens Anton ’n doelbewuste beweging om die standaard van Afrikaanse musiek te verhoog. “In retrospek was dit soos ’n Rubicon wat oorgesteek is.” Die kernfokus was om substansiële lirieke te produseer.

Die inisiatief het begin as ’n vier-episode televisieprogram en was onder die regie van Merwede van der Merwe. Dit het kunstenaars soos Laurika Rauch, Des Lindberg, Sias Reinecke en Mynie Grove ingesluit. Anton het opgetree as musiek-adviseur. Merwede was ook verantwoordelik vir die eerste Afrikaanse musiekvideo’s in die laat sewentigs. Rosa Keet het die Musiek en Liriek konsep in ’n verhoogproduksie omskep en by die Markteater op die planke gebring. Die musiek was uiteenlopend en het getoonsette gedigte (soos bekend aan Laurika Rauch), Afrika-klanke, Clarabelle van Niekerk en Anton Goosen se werk ingesluit. Koos du Plessis was natuurlik een van die bekende liedjieskrywers uit dié beweging. Later het David Kramer en Amanda Strydom ook bygekom. Die publiek was reg daarvoor. Soos David ook genoem het, was dit ’n tyd waarin liedjieskrywers begin skryf het oor plaaslike onderwerpe, oor dinge wat hulle na aan die hart lê. Die benadering en die klank was meer local. En gehore het dit opgeraap.

Jannie du Toit

“Soos die Afrikaners maar is, moes ’n simposium gehou word om oor die beweging te gesels, en vandaar het die ‘luisterliedjie’ voortgespruit” (’n naam waarvan Anton nie vreeslik hou nie). Hy noem dat The Star daarna verwys het as New Wave Afrikaans. Dit is eers met die latere werke van Jannie du Toit, Anton Goosen en David Kramer wat sosiale kommentaar bygekom het. Anton noem dat die vier kunsrade op daardie stadium die beweging ondersteun het en menigte konserte gefinansier het. “Dit was ’n ontploffing van nuwe musiek, veel groter as wat die Voëlvry-beweging (sy naloper) was.” 

Die Musiek en Liriek Beweging het die weg gebaan vir alternatiewe kunstenaars soos Koos Kombuis, Kerkorrel en Bernoldus Niemand wat protesmusiek begin skryf het ten tye van die politieke ommeswaai in Suid-Afrika. David verwys ook na die fase, die Voëlvry-beweging as een wat liriekgewys verandering gebring het alhoewel hy voel die musikante nie op musikale vlak werklik iets nuut gelewer het nie. In 2007 reeds het hy sy misnoeë met die eksklusiwiteit van dié “alternatiewe” Afrikaanse rockmusiek in ’n LitNet-onderhoud met Andries Bezuidenhout, uitgespreek. Soos Andries Bezuidenhout dit stel in sy artikel – het die Voëlvry-beweging nie daarin geslaag om die “ander” te konsidereer nie. Fokus was meer op die politieke “self”, as op die groter geheel. 

Bernoldus Niemand

En vandag? Ek is van mening dat daar nie tans veel van ’n poging deur kunstenaars aangewend word om ons huidige tyd, plek en omstandighede in ons musiek vas te vang nie. Dit voel soms vir my asof, veral in die wit Afrikaanse gemeenskappe, soveel as moontlik gedoen word om “ongemaklike” onderwerpe te vermy. Ek het meer en meer begin soek na kunstenaars wat iets te sê het, wat nie net Europese en Amerikaanse musiektendense naboots nie. Die vraag is natuurlik of dit werklik nodig is om alewig iets te moet sê? Dan herinner ek myself aan die treffende stelling van David Kramer: “It is the artists’ responsibility. If you’re not an artist, it wouldn’t concern you.” Kan ons werklik met eerlikheid glo dat nou nié ’n tyd is om iets te sê nie? Amanda meen sy sal altyd oor sosiale kwessies skryf, maar probeer die balans tussen die meer gewigtige en ligter liedjies handhaaf wanneer sy ’n produksie saamstel. “Ons is ’n vuisvoos nasie. Dis tyd vir salf en pleisters.” Soos David ook erken: “… musiek vertolk verskeie rolle. Ons kry onder andere dansmusiek, polities gedrewe musiek, ontspannende musiek en soveel ander soorte. Nie alle musiek is liriekgedrewe en gemik om ’n individu aan die dink te sit nie. Dit is wel belangrik dat die musiek met dieselfde integriteit en eerlikheid geskep word.”

Bezuidenhout verwys wel in sy artikel na ’n paar musiekgroepe wat hul klank en stem gebruik het om iets oor ons huidige tyd, plek en ervaringe te weerspieël. Hy verwys in 2007 na Riku Lätti, die Melktert Kommissie en Fokofpolisiekar. Vir my staan Fokofpolisiekar uit. Ek het hul impak beleef. Dit het nie as sulks met my geresoneer nie, máár ek kon voel en sien hoe hul musiek en lirieke met die jeug geresoneer het, en dit was verfrissend om te sien dat ’n orkes ’n sekere demografie in Suid-Afrika so kon raak. Schalk van der Merwe skryf dit toe aan “… die dringendheid van die musiek, die intensie en die eerlikheid in hoe hulle hulself uitgedruk het. Jy weet hoe lyk en voel die jeug van Bellville …” Stilisties was die musiek nie uniek nie, maar dit was uniek in Afrikaans.

Fokofpolisiekar

Schalk lig ’n interessante onderwerp oor hedendaagse Afrikaanse musiek. Dit is vir my belangrik om dit te noem omrede ons hier oor gemeenskap praat, en ’n gemeenskap van musiekondersteuners het ons nodig. ’n Kritiese gemeenskap. ’n Gemeenskap wat kan onderskei tussen koring en kaf. ’n Gemeenskap wat ’n beweging kan dryf in ’n tyd waar verandering noodsaaklik is. Die régte soort verandering. Schalk raak dié onderwerp ook in sy boek aan – die konsep van gelokaliseerde kultuur teenoor internasionale kultuur. Volgens hom word die uniekheid van die individuele kultuur altyd onder druk geplaas deur die globale proses. Hy praat oor kulturele dedifferensiasie. In Suid-Afrikaanse konteks verwys hy na die alomteenwoordige vrees dat Afrikaans as taal gaan erodeer in ’n multi-kulturele Suid-Afrika en globaliserende wêreld. “Dit is ’n teer punt vir baie mense – die plek van die taal.” Ons weet dat daar ’n paar kunstenaars is wat juis hierdie vrees uitbuit en polariserende kuns kweek wat verdere politics of the self aanhits. “Soveel word vergewe in populêre Afrikaanse musiek, net omdat dit in Afrikaans is. Mense mis die punt en besef nie dat dié musiek uiteindelik skadelik is vir die kultuur nie,” meen van der Merwe. “Bygesê, daar is Afrikaanse kunstenaars wat ongelooflik is, maar is hulle altyd aan die serving end van openbare waardering? Soms. Maar nie altyd nie.”

Schalk meen die publiek moet meer krities begin luister – net soos hulle krities kies tussen drie produkte op die winkelrak. “Hoe meet jy die waarde van ’n musikale produk? En is jy so krities teenoor jou musiekkeuse soos jy is teenoor die produkte/ handelsmerke wat jy kies? Op dié stadium wil dit voorkom of ’n mooi melodie en ’n lekker beat aan die orde van die dag is.”

So waarna om dan te kyk, indien dan nie net na melodie en ritme nie? Van der Merwe meen dat mense resoneer met outentieke dinge. Dink maar aan Weskus-snoek, Velddrif-bokkoms, Boland-wyn. Hy verwys ook na die impak van Kramer se Karoo Kitaar Blues. “Dit het ’n diep ding in mense wakker gemaak.” Kramer beskryf hoe groot manne emosioneel geroer was deur die konsert. “It was roots music.” Onontkenbaar. “It brought out suppressed memories of growing up on a farm, of women raising them and never acknowledging these people who impacted their lives. The music created catharsis. The same happened with District 6. Authenticity is vital. Not faking it. Doing it because you honestly want to do it – regardless of the outcome.”

Wilna Snyman het op ’n slag in reaksie tot ’n musiekblyspel wat sy bygewoon het, gesê hoe verfrissend dit was in die “… see van middelmatigheid”. Die woorde het my bygebly. Die oorspronklike en die onoorspronklike sal altyd daar wees. Die gehoor sal altyd daar wees.

David sê ’n kunstenaar moet soek: “It is a quest. To find out who you are and what you want to become, where you are with your work and where you want to go with it. It is uncomfortable to get out of your comfort zone. It’s nice playing with your friends.”

Gehore moet begin waag. Moet ook begin soek tussen al die strome van klanke en beelde waarmee hulle elke dag gebombardeer word. Die gemeenskap moet weer honger raak vir kuns. Eerlike en opregte kuns.

Ek het doelbewus nie gepraat oor al die ander musiekstyle en -tendense in Suid-Afrika nie. Ons kom daarby uit in my opvolg-artikel. Ons tyd, ons plek, ons storie sluit daardie musikante, kunstenaars, style en tendense in. Dis tyd dat ons uit ons gemaksones klim. Dis tyd dat ons buite die kring begin speel. Idees uitruil. By mekaar leer. Ons storie vind. Ons stem vind. Ons Suid-Afrikaanse klank vind. Dit is tyd dat ons dit op óns manier begin doen.

Kom lees binnekort verder aan Deel 2, wanneer ek weer met David Kramer, Amanda Strydom, Schalk van der Merwe en Anton Goosen praat oor tegnologie, globalisme en multi-kulturele Suid-Afrika en die impak daarvan op musiek, en so ook ons plaaslike bedryf.


 

  David Kramer is ’n skrywer, vervaardiger, regisseur, liedjieskrywer en sanger. Hy het pas ’n CD getiteld Wakkerslaap vrygestel. Hy hanteer die regie van Laurinda Hofmeyr se nuutste projek Afrique Mon Désir (Afrika my Verlange) en werk aan ’n nuwe teaterstuk wat 2018 die lig sal sien.
 

Schalk van der Merwe is ’n bekende baskitaarspeler vir Delta Blue, Gerald Clark, Bed on Bricks en Karen Zoid. Hy doseer geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch. Na die voltooiing van sy PhD, het Schalk die boek On Record oor populêre Afrikaanse musiek en samelewing gepubliseer (2017).

Die uitgewers is African Sun Media.

  Anton Goosen is die Liedjieboer en radio-persoonlikheid. Hy het pas sy nuutste CD, Padkos, vrygestel.
 

Amanda Strydom is ’n liedjieskrywer en sangeres, dramaturg en aktrise wat spesialiseer in kabaret en televisie.

Aanhangers kan uitsien na haar musiekproduksie So onder deur die maan wat op 21 Desember by Oude Libertas te siene is.

 

Luna Paige is ’n liedjieskrywer, sangeres, vervaardiger en eienaar van Iluminar Productions.

Foto's: verskaf

The post Is ons musiek outentiek? (Deel 1) appeared first on LitNet.

Viewing all 21553 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>