Ontmoet op 23 November in Bellville vir Rudie van Rensburg, Deon Meyer, Erns Grundling en Martelize Brink en laat hulle jou boeke teken. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
The post Kom vier fees met 4 skrywers! appeared first on LitNet.
Ontmoet op 23 November in Bellville vir Rudie van Rensburg, Deon Meyer, Erns Grundling en Martelize Brink en laat hulle jou boeke teken. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
The post Kom vier fees met 4 skrywers! appeared first on LitNet.
Klik hier om hierdie nuusbrief aanlyn te lees. | Click here to view this newsletter online.
The post LitNet: Skolekaping appeared first on LitNet.
Die volheid van heiligheid
sloop die skil van jou mond
tot jou tong se (s)waarheid
soos ’n kleinood deur my
ontmaskerde mensheid skyn
waar ek steeds tot pulp en pigment
voor jou oopbars –
om dronk te raak van Adonisbloed
offer aan my jou klustersaad
wanneer die nag in jou oë bot
en ek luidkeels roep na God
soos ’n boom in die droogte
met somerreën ressorteer
word ons in hierdie
granatumliefde uitgestam
The post Die volheid van heiligheid appeared first on LitNet.
Dit was die prys vir koninklike gesinsgeweld in Europa!
Hans Richardt
The post Ons moet onthou appeared first on LitNet.
"Black death" plague will come to filthy cities of South Africa!
The post South Africa at risk of "black death" plague outbreak - WHO appeared first on LitNet.
Die bekendstelling van Penseel, die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se studentebundel, het op Dinsdag 17 Oktober in Stellenbosch se dorpsbiblioteek plaasgevind. Kila van der Starre, Erik Jan Hermanus en Gert Vlok Nel was die gassprekers. Die bekendstellingsfunksie word jaarliks deur die departement se VER[r]AS-komitee (Vereniging vir Afrikaansstudente) gereël. Carla Watson deel haar foto's van die geleentheid.
Die verhoog, gereed om die eerste spreker te ontvang. Die gepubliseerde skrywers is genooi om hul gepubliseerde skryfwerk by die geleentheid voor te lees.
Vars blomme het die verhoog afgerond.
Die stewige bundel bestaan uit 130 bladsye met 39 studente se gedigte en kortverhale.
Die geleentheid is goed deur jonk en oud bygewoon.
SZ Minnar, voorsitter van VER[r]AS
Die VER[r]AS-komitee bedank vir Lelanie de Roubaix vir haar bystand deur die jaar.
Marichje de Necker lees haar gedig "’n Fiktiewe blik op eensaamheid".
Marius Boonzaaier lees sy gedig "Johannesburg"
Anke van der Merwe lees haar gedig "Herinneringe en liggame is net titels van lang gedigte", kommentaar op André P Brink.
Lumé Venter lees haar gedig "wens".
Zian Blignaut lees sy gedig "Punica granatum".
Elodi Troskie lees haar gedig "ode aan brood".
Emile Opperman
Kila van der Starre, Nederlandse letterkundige en digter, het haar wenke vir aspirantskrywers gedeel.
Kila, ook lid van die digtersduo Kila&Babsie, het van haar eie en ander digters se werk voorgelees.
Maret Blom lees haar gedig "Pinkie"
Hanri Hattingh lees haar gedig "Ek lag my dood".
Alene Holder lees haar gedig "Justina".
Ilse Brookesl lees haar gedig "Armoede se Kind".
Retseh Steenkamp lees haar gedig "Eerste Afspraak"
Nederlandse digter en skrywer Erik Jan Harmens was een van die sprekers en het ook sy wyshede rondom skryf gedeel.
Erik het sy gedigte met gevoel voorgelees en die gehoor het aan sy lippe gehang.
André van der Hoven lees sy gedig "Ma".
Joha van Dyk lees haar gedig "seeglas".
Renette Symington lees haar gedig "barbaarsheid".
Shirley van der Merwe lees haar gedig "Eye candy"
Andries Meyer
Gert Vlok Nel het as afsluting ’n paar liedjies gesing.
Die VER[r]AS-komitee saam met die gassprekers
The post Bekendstelling van <i>Penseel</i>: fotogalery appeared first on LitNet.
Loslippige lagterapie met Ian (Loslip) Wessels, aangebied deur die Vriende van NALN-vereniging, vind plaas op Donderdag, 2 November 2017, om 18:00 vir 18:30 by NALN.
Kaartjies @ R100 beskikbaar by NALN* en Exclusive Books, Bloemfontein. Verversings ingesluit.
RSVP: lochlogan@exclusivebooks.co.za óf vriendevannaln@gmail.com óf by annelien.naln@sacr.fs.gov.za, tel. 051-405 5407
*Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v President Brand- en Elizabethstraat, nou Miriam Makebastraat, Bloemfontein.
Parkering is beskikbaar op die parkeerarea langs die NALN-gebou vanuit Miriam Makebastraat.
Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2017 en lewer ’n aktiewe bydrae as gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap. Die lidmaatskapvorm en grondwet is beskikbaar by NALN se webwerf: www.fssacr.gov.za/naln (punt 10), of stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente. Skakel gerus in by die Vriende van NALN se Facebookblad.
Loslippige lagterapie: Opsomming
Dis onmoontlik om ongelukkig te voel terwyl jy lag. Lag stel goedvoel hormone vry, dis goeie oefening en verlig stres, en as jy lag, lag die wêreld mos saam. Ian Wessels glo lag is ’n vorm van naasteliefde en dis hoekom hy dit as sy roeping beskou om landwyd sy Loslippige Lagterapie toe te dien. Hy aanvaar gelate dat dit nou maar sy lot is om pal dik van die lag te wees en dra moedig die ekstra gewig saam.
Die inhoud van Loslippige Lagterapie verskil na gelang van die gehoor se samestelling, maar tipies bevat dit ’n kykie agter die skerms in die radio ateljee na omroepers se glipsies en luisteraars se grille en geite. Ian het ook ’n versameling van kinders se eksamenantwoorde en wyshede bymekaargemaak wat bewys dat “ouma se slimkind” nie altyd so slim is soos wat ouma dink nie. Omdat Ian gereeld by kerke ooptree, gee hy ook ’n deernisvolle kykie na die uitdagings waarmee predikante gereeld te doen kry, soos Delila en die drankduiwel. Staaltjies ten koste van mans én vrouens is altyd gewild, en Ian het ’n paar wat hy waarborg jy nog nie gehoor het nie.
Ongeveer 30kg gelede was hy ’n staatsaanklaer en weet dus uit persoonlike ondervinding dat daar aan “edelagbare” dikwels meer lagbaar as agbaar is. Dit het gelei tot ’n boek met humoristiese stories uit die breë regswêreld – “Genade EdeLAGbare!” ’n Paar gunstelinge is ook by die vertoning ingesluit en waarborg om jou lagspiere gym toe te stuur.
Kom vergeet vir ’n rukkie van al jou sorge en bring jou gesin en vriende saam na Loslippige Lagterapie. Julle sal almal met ’n ligter gemoed huis toe gaan.
Ian Wessels (foto: verskaf)
Ian Wessels se CV
Ian Wessels het diep in die vorige millennium in die wynlande van Stellenbosch moeisaam die grade BA en LLB verwerf. Hy moes byna daagliks worstel met die versoekings van die spreekwoordelike “wine, women and song” maar voel trots dat hy eerstehands kon ervaar hoe swaarkry wel karakter bou. Weens ’n akute tekort aan staatsaanklaers het Ian dadelik werk gekry by die Departement van Suspisie.
Na sy bevordering tot die Streekhof het hy gefrustreed begin raak om daagliks met kriminele te werk. Hier verwys hy na die beskuldigdes – nie na die prokureurs en advokate wat hulle verdedig nie. Ian is lief vir lag, maar in die hof word dit as minagting beskou. Derhalwe het hy die hof se mikrofoon minagtend verruil vir die een in die radio-ateljee.
As aanbieder van Loslip, RSG se voormalige geselsprogram, het Ian en die luisteraars mekaar vir ses jaar lank vermaak...én verduur. As gevolg van die toenemende gekla van die gifappeltjies en kermderms het Ian begin navorsing doen oor hoekom sommige mense gelukkig kan wees onder presies dieselfde omstandighede wat ander wanhopig laat. Dit het gelei tot die saamstel van sy gewilde motiveringspraatjies vir die publiek, jeug en korporatiewe sektor.
RSG luisteraars was egter ook die bron van ’n oorvloed materiaal wat Ian kon gebruik in sy humoristiese eenmanvertonings. Anders as die meeste inbellers bly hy egter nie anoniem nie en tree dapper onder sy eie naam op.
Ian het ook onlangs vir RSG ’n boek saamgestel oor humor in die breë regswêreld, insluitende van sy eie ervarings as staatsaanklaer – nou reeds meer as 30 kilogram gelede. Hy weet uit persoonlike ondervinding dat daar aan Edelagbare dikwels meer lagbaar as agbaar is – vandaar die titel van die boek: “Genade Ede-LAG-bare!”
Ian sluit van die staaltjies uit die boek in by sy Loslippige Lagterapie optredes en bring gewoonlik ’n paar eksemplare saam na sy vertonings toe. Volgens hom is dit die ideale geskenk vir iemand vir wie jy nie baie moeite wil doen nie. Daarom het hy die boek spesiaal so geskryf dat dit ook vinnig en maklik toedraai.
Ian werk tans aan nog ’n boek met algemene humor met die voorlopige titel “Leer weer lag!”
The post Persvrystelling: Loslippige lagterapie met Ian (Loslip) Wessels appeared first on LitNet.
Koms van die motman
Chris Karsten
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176224
Skrywers oor hul nuwe boeke: Chris Karsten gesels met Naomi Meyer oor sy boek Koms van die motman.
Chris, baie geluk met Koms van die motman! Ek wil jou boek beskryf as ’n letterkundige spanningsroman, want jy trek die leser binne met ’n interessante karakterstudie van een van die prominente karakters in die boek voordat die cliffhanger aan die einde van ’n vroeë hoofstuk aankondig wat die leser benoud gaan maak. Wat is vir jou die belangrikste in die storie: karakter of plot? Of iets anders?
In die krimigenre gaan alles (ten minste soos ek dit sien en ek en my karakters dit uitleef) oor goed en kwaad, waarheid en onwaarheid, held en skurk, karakter en plot. Al hierdie elemente is vir my onskeibaar soos pap en melk. Ek hou veral van karakters (slegtes én goeies) wat nie heeltemal heel is nie en die storie dryf met optredes wat konflik skep. En sulke botsende gedrag, gemotiveer deur innerlike en/of uiterlike wroegings, lê tog in die hart van elke spanningsverhaal.
Kan jy die storie van Koms van die motman kortliks opsom? Of vertel watter raaisel(s) opgelos moet word?
In hierdie sesde boek waarin speurder Ella Neser verskyn, het sy geen moord om op te los nie. Toe sy in matriek was, is haar polisieman-pa so ernstig in ’n skietery gewond dat hy sedertdien in ’n koma is. Koms van die motman handel oor Ella se speurtog na die waarheid oor wat presies destyds gebeur het. En tipies van haar aard is sy bereid om selfs haar loopbaan en die mense naaste aan haar op te offer in haar koppige soeke.
Wat was die sneller van hierdie verhaal vir jou? Jy kan ’n paar dinge noem wat geïnspireer het as jy wil.
Die leser ontmoet Ella en haar komateuse pa die eerste keer in Abel se ontwaking, en daarna word in al vyf opvolgende Ella-boeke na hom verwys, soms net sydelings, soms in meer besonderhede. Sy is haar ouers se enigste kind en in die reeks boeke word dit mettertyd duidelik dat sy van kleins af baie geheg aan haar pa was: hy was haar held en sy wou in sy spore polisie toe gaan. Sy skietery het ’n traumatiese uitwerking op haar jong gemoed gehad, soos dit vir enige kind sal wees. Ek het gedink dit word tyd om die “ware” storie van die skietery te vertel, veral omdat daardie verlede nou haar toekoms kan beïnvloed.
Soos jy gesê het, is hierdie jou sesde Ella Neser-verhaal. Dink jy dat die leser die ander boeke in die reeks moes gelees het om agtergrond van die storie te hê? Vertel asseblief kortliks iets van die ander boeke in die reeks.
Ella se eerste “trilogie” – Abel se ontwaking, Abel se lot en Die afreis van Abel Lotz – handel oor haar oplossing van ’n reeks moorde wat deur die grillerige Abel gepleeg word. In die tweede trilogie – Die verdwyning van Billy Katz, Die dood van ’n goeie vrou en Koms van die motman – is die stories losstaande van mekaar, hoewel sekere herhalende karakters voorkom. In elke boek word kortliks ’n agtergrond ingeweef sodat dit nie vir die toevallige leser nodig is om enige van die vorige boeke te lees om deel te voel van Ella en haar soms vreemde wêreld nie.
Vertel my asseblief ook van Ella Neser – die motman is in haar verlede, of hoe? Wat kan jy nog van haar vertel? Jy het nou al baie tyd saam met haar spandeer, hierdie karakter. Hou jy altyd van haar en die besluite wat sy neem? Of is dit nie juis ter sake nie?
In die reeks het Ella emosioneel gegroei van ’n jong, onervare en naïewe moordspeurder wat by die diep kant ingegooi word, tot ’n vrou wat in hierdie genadelose manswêreld van moord en roof haar voete vind. Intussen verduur sy al 11 jaar die pyn van die emosionele wond wat sy opgedoen het toe haar pa geskiet is. Dit kan ook ’n rede wees vir haar aanvanklike onsekerhede en waarom sy so sukkel om ’n hegte en blywende vriendskap met ’n man te kweek. Ella word dus elke dag geteister deur die gewone emosies en twyfelinge wat vir die meeste van ons so bekend is – al raak sy soms oorhoeks en algaande meer hardegat in die pogings om haarself te laat geld.
(a) Hoe doen jy jou ander navorsing, soos die geskiedkundige agtergrond? (b) Is daar baie feite in jou stories, of is die boeke fiksie – en die storie dus waar die klem lê?
Navorsing is vir my noodsaaklik, selfs in hierdie genre wat as blote afleiding en vermaak gesien word (in soverre fiktiewe moord vermaaklik kan wees). Krimistories speel af in ’n wêreld van skynwaarhede van gevestigde forensiese en polisietradisies en -protokol, waarsonder jou storie sy geloofwaardig sal verloor. Ek kombineer dus my fiksie met sekere feitelike en selfs historiese gegewens, soos veral hier in Koms van die motman. Maar die feite bly net in ’n ondersteunende rol en sal nooit die storie oorneem nie. Byvoorbeeld: wanneer ek op ’n antagonis besluit wat in my storie spesifieke sosiopatiese of psigopatiese karaktertrekke moet openbaar, gaan soek ek in die kriminologie na so ’n werklike misdadiger wie se afwykende gedrag ek vir my skurk kan afkyk. Vir Abel Lotz het ek byvoorbeeld die psigiatriese verslae van die Amerikaanse moordenaar Ed Gein in die 1950’s bestudeer. Hy is die “inspirasie” vir baie gruwelboeke (soos Hannibal Lecter in The silence of the lambs) en gruwelflieks (soos Hitchcock se Psycho).
(a) Jy skryf nie altyd spanningsverhale nie, maar wanneer jy dit wel doen: Waarom doen jy dit? Wat is vir jou lekker en wat is uitdagend van spanningsverhale skryf?
(b) Wat is anders vir jou wanneer jy ’n verhaal skryf wat nie verpak word as ’n spanningsverhaal nie? Hoe verskil die skryfproses, indien hoegenaamd?
Ek het my fiksieskrywery met twee jeugboeke begin, maar toe het my joernalistieke loopbaan al meer tyd en energie geverg, sodat ek langer as tien jaar later eers weer my hand aan my persoonlike skrywery kon waag. Die joernalistiek was ’n goeie leerskool vir die niefiksieboeke wat ek toe aangepak het. Maar die hunkering was groot om op my verbeelding pleks van feitelike gebeure staat te maak en om weg te kom van werklike mense en hulle gedrag aan wie jy niks kan verander nie; ek wou my eie karakters skep en hulle fiktiewe stories vertel. My eerste roman was Frats, losweg gegrond op die lewe en dood van Saartjie Baartman. Dit het die ATKV-prosaprys gewen en my latere skryfloopbaan opnuut op koers gesit. Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou. Soos Capote gesê het oor In cold blood, sy sogenaamde niefiksieroman waarin hy gebind was om hom by feitelike gegewens en werklike mense en hulle voorkoms te hou.
Wat lees jy (op die oomblik), of noem ’n paar van jou gunstelingboeke en skrywers?
Ek het die gewoonte om meer as een boek op ’n slag te lees. Tans lê langs my bed Jesmyn Ward se hartroerende Sing, unburied, sing, en langs my leesstoel is Everything that rises must converge, ’n bundel kortverhale van Flannery O’Connor. Ek lees wyd en hou daarvan om nuwe skrywers te ontdek en oues te herontdek. Ek het nie spesifieke gunstelinge nie, net ou staatmakers so uiteenlopend soos Hemingway, Graham Greene, Thomas Harris, John Irving, Khaled Hosseini, Philip Roth, Stephen King, Elmore Leonard, Richard Russo, Dashiell Hammett, Raymond Chandler, Don LeLillo en Louis L’Amour.
Waaraan skryf jy volgende?
Ek het min bygelowe, behalwe dié een wat iemand anders ’n slag min of meer só bewoord het: om te praat oor ’n skryfprojek waarmee ek besig is, is om ’n gat in my kop oop te maak waaruit alle wonderlike nuwe gedagtes uitlek en verlore gaan.
The post <i>Koms van die motman</i>: ’n onderhoud met Chris Karsten appeared first on LitNet.
Uit die Beek
Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320339
Net soos elke jaar nuut begin, so is daar elke jaar ’n Uit die Beek vir die nuwe jaar. Die pad is lank en ver. Oor bulte en deur dale. Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel.
Uit die Beek is Afrikaans se oudste Bybeldagboek. Die eerste weergawe hiervan het reeds in 1925 verskyn. Dit was in Nederlands. Sedert 1927 staan die Bybeldagboek as Uit die Beek bekend. Volgens sommige bronne is die naam aan Psalm 110 se laaste vers ontleen. En dit op die voetspoor van die Nederlandse Statebijbel. Die vers lui: “Hij zal op de weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.”
Die dagboek is in 1927 in Afrikaans gepubliseer, met die titel wat dit sedertdien dra. Hierdie Bybeldagboek het ’n besondere verbintenis met die Van Wijk-familie. AJ van Wijk was die eerste skrywer, en sy kleinseun, Attie van Wijk van Wellington, het die skryf hiervan met bekwaamheid die afgelope tien jaar waargeneem. Hy het lesers stelselmatig deur die hele Bybel begelei.
Die dagboek vir 2018 word deur die bekroonde skrywer Barend Vos op uitmuntende, vars en vindingryke wyse versorg. Hy volg in sy daaglikse Skriflesings die bekende leesrooster, Rivised Common Lectionary (RCL) se liturgiese Jaar B. Met die aanbreek van Advent, dié van die Jaar C.
’n Buiteblad is vir my ’n sleutel tot die boek. In hierdie geval is die kleurvolle buiteblad uiters effektief vir die boek. Die boot suggereer ’n reis op ’n waterpad.
Ek kyk na die boek vanuit hermeneutiese en kommunikatiewe gesigspunte. Uit hermeneutiese perspektief word gelet op die wyse waarop die skrywer die Bybeltekste hanteer. Ek verwys net na enkele voorbeelde. Die skrywer noem die eerste dagstuk van die jaar met reg “In die Here se hand”. Hy gebruik Jes 62:1–3 as Bybelteks. Dit is duidelik dat die skrywer dit (met reg) as ’n naballingskapteks beskou. Op ’n vars wyse formuleer die skrywer: “Julle sal ook hoor dat julle ’n nuwe naam het. Niemand sal julle dus meer Teleurgesteld kan noem nie …” Insig in die historiese omgewing van Jes 62, sou die skrywer gebaat het. Die historiese agtergrond van Jes 4–66 is nie meer die Assiriese tyd nie, maar die oorgang van die Babiloniese na die Persiese heerskappy. In Jes 55–66, ook bekend as Trito-Jesaja, word die tyd na die inwyding van die heropgeboude tempel in Jerusalem in die jaar 510 weerspieël. Die teks waarna Barend Vos verwys, moet binne hierdie raam verstaan word.
Die skrywer se gebruik en uitleg van Ps 23 verdien al ons aandag (128, 129). Hy lig Ps 23 voortreflik toe. Ps 23 se aanvangswoorde, “Die Here is my herder”, is oorbekend. Vyf glansende woorde met ’n reikwydte wat oor eeue strek – juis omdat dit een van die mees geliefde en mees gebruikte psalms is. Dit is ’n troosryke psalm in tye van siekte, lyding en dood. Maar dit is ook ’n bemoedigende psalm. “Die Here is my herder.” Ps 23 is ’n belydenis van die Here se leiding, beskerming en sorg.
In die halfwoestyn van Palestina word groen weivelde en water selde gesien. Die enigste groen plantegroei word gewoonlik rondom die fonteine aangetref. Daarom is die kudde van ’n goeie herder afhanklik, ’n herder wat weet waar om groen weivelde en water te vind waarheen hy hulle kan lei. Daar kan die kudde ook skuiling teen die ongenaakbare son vind. Só ’n herder is die Here. Met hierdie invoeging sou die skrywer sy uitstekende dagboek nog verder kon verryk het.
Die verwysing na die “die donker dieptes” (vers 4a) dui nie net op die skadu van die dood, soos die skrywer reken nie, maar ook op die gevare wat die kudde bedreig. Tussen die berge van Juda is diep, gevaarlike en donker kranse met talle grotte wat gereeld rowers en roofdiere huisves. In hierdie gevare beskerm die Here as herder sy kudde.
Vers 4b is die draaipunt van die psalm. “U self is immers by my.” Hierdie woord kom presies in die middel van die psalm voor. Wat ’n troosryke woord is dit tog nie.
Oor die Here as gasheer (vers 5) sou die Vos ook na die Nagmaal kon verwys het. By dié fees is daar volop brood en wyn uit die groot Boland.
Die skrywer is nie net ’n uitstekende hermeneut nie, maar ook ’n taalvaardige kommunikeerder. Hy slaag uitnemend daarin om die tekste vir die hedendaagse leser te ontsluit. Met die oog hierop benut hy vars beelde, metafore en vergelykings. Ek gee enkele voorbeelde hiervan. Oor Ps 23 se tweede gedeelte skryf Vos: Die Here “word ’n gasheer, ’n gul onthaler, die skinker van ’n tot boordens toe vol beker.” En die gevaarlike teenstander? “Dié staan buite en kan bloot vanuit die donker toekyk. Ontwapen en ontmagtig. Binne skyn die lig, en die partytjie gaan vrolik voort.” Daar is in die dagboek talle voorbeelde van taalskatte.
Dit is ’n dagboek wat die leser oor berge en deur dale van die Here se teenwoordigheid en genade verseker. Geen wonder 31 Desember 2018 sluit met Psalm 149:13 as teks af nie: “Prys die Here!” elke dag tot die laaste dag van 2018.
Ek beveel die gebruik van die lafenis uit die Beek sterk aan. Dit is eintlik ’n móét vir die gelowige.
The post <i>Uit die Beek</i> deur Barend Vos: ’n resensie appeared first on LitNet.
Hierdie huis
Kleinboer
Uitgewer: Uitgewer
ISBN: 9781415207321
Kleinboer se laaste boek in sy trilogie, Hierdie huis, het eersteklas resensies ontvang, en tereg. Herman Lategan gesels met hom oor nagblomme, papsakke, houtbaadjies (doodskiste) en sandkomberse (die sand op ’n graf).
Jou boek is outofiksie, waar waarheid en verbeelding heerlik saam samba en ’n sensuele dans word. Soos onder andere Hennie Aucamp is jy gereeld ’n flâneur wat honger en nuuskierig wandel deur neonbeligte stede van die nag. Wat is daardie hunkering wat ’n mens van kroeg tot kroeg en lyf tot lyf dryf?
Ek het nie "early affirmation" gehad nie. Ek het tienerromanse misgeloop, al was ek as skoolseun heimlik op minstens drie meisies verlief en het ek Jan van Elfen se Wat elke seun moet weet gelees. Ek het die hunkering in my binnekamer bewaar, so daar was ’n groot onvervuldheid wat tot uitbarsting moes kom. Toe word ek later ’n rondloper, of soos jy dit meer beskaafd stel, ’n flâneur. ’n Rondloper oorwin nie, hy neem in, maar dis oukei. Ek het die underbelly verken.
Ek het my eerste seks eers op ouderdom 27 gehad, in soel New Orleans, Amerika. In my eerste boek, Kontrei, was ek te skaam om die 27 jaar plus sowat sewe maande te erken, toe stel ek dit meer kripties: my eerste seks 10 000 dae plus nog 100 dae ná my geboorte. Ek moes dit in die buiteland doen om weg te kom van die lang Calvinistiese skaduwee. Ek was ’n veer wat ondertoe gedruk en daar gehou is vir jare; die spanning het vreeslik geword en moes losgelaat word. My eie Orkaan Katrina het die dyk eindelik gebreek.
Ek is aan die introverterige kant. Is rondfok net my manier van uitreik na die mensdom? vra ek in Kontrei, en ek herhaal dieselfde frase later in Hierdie huis.
Ek sou vreeslik min mense ontmoet het as ek nie die underbelly verken het nie. Nou, ná drie boeke, het my lewetjie weer klein geword. Daar is die roetine van huis, werk, huis, werk. Die flâneur in my is aan bande gelê, ek is getrou aan my nuwe(rige) vrou, ek oefen op ’n stilstaande trapfiets in die slaapkamer, voel nie wind deur my hare nie, en die buurt se uitgelate brakke hol nie saam nie. My grootste ontvlugting is ’n zolletjie soms by die braaivleisvuur – dan reis ek met die petrol genaamd paranoia, maar skud dit later af en raak gehipnotiseer deur die laatnagkole. Totdat my vrou my kom inroep huis toe – sy sê die Jack Russell op my skoot en die panga wat langs my lê is nie genoeg beskerming teen betreders nie, en ek sit boonop en visvang in die seilstoel.
Herman Lategan
Op Facebook skryf jy: “I’m always wanted dread and alive by the evil forces ... (Luister na Peter Tosh se lied hier). En hulle het my gekry. Ek moet einde Januarie my werk as taalversorger verlaat oor my profiel (man, wit, bo 60) nie meer by hierdie maatskappy pas nie. Ek verstaan dit, regtig! Maar is daar iewers ’n plekkie vir my in Johannesburg as vryskut-proefleser of sub, in Afrikaans of Engels? Asseblief. Intussen hou ek aan Lotto speel.” Behalwe die verlies van geliefdes, het jy al voorheen sulke teleurstellings gehad en hoe het jy hulle verwerk?
Ja, daar was ’n verskriklike insident. Ek het dit al vir heelwat mense vertel, maar nog nooit neergeskryf nie (en laat skryf nie meer ruimte vir kleur en geur as vertel nie?).
In September 1983 kom ek terug ná ’n maand in Amerika. Ek was feitlik platsak, al was die rand destyds wragtig sterker as die dollar. Ek het nog ’n paar dae verlof gehad voor ek moes teruggaan na my werk by SA Brouerye in Isando (nie as proeër van bier nie – vervelige adminwerk, helaas). Ek het destyds in Sunnyside, Pretoria, gebly. Ek loop toe een oggend in die middestad en ’n ou keer my voor. Naïewe ek laat my in ’n stegie in lei, en daar sit mans op hulle hurke en kaart speel. Ek word oortuig hoe maklik dit is om te raai watter een van drie kaarte onder die deler se hand versteek is nadat hy vinnige bewegings gemaak het en die geld wat ek sou neersit te verdubbel, en ek loop en onttrek die laaste R600 uit my bankrekening (duisende rande in vandag se geld!). Terug in die stegie staan ek kordaat met die geld in my vuis. Ek sit R20 op die grond en met my voet wys ek daar, daar is die kaart onder die deler se regterhand. Maar skielik word ek van agter gegryp en al die geld word gewelddadig van my afgeneem en die tsotsi's hardloop weg. Gelukkig is ek nie met ’n mes gesteek nie. Wat dit verskriklik maak, is dat die skielike aksie veroorsaak het dat adrenalien my bloedstroom binneskiet. Soos ek worstel om my van die knellende arms om my te bevry, kak ek toe oorvloediglik en onwillekeurig in my broek (die stank het my dalk van ’n lem gered). Ek was ’n hele ent van my woonstel in Sunnyside. Ek was geklee in slegs ’n T-hemp, swart PT-kortbroek en sandale. Ek loop toe ongemaklik, my onderbroek swaar gelaai met die angsdrol, my bene styf-styf soos ’n ou wat pas die Comrades-marathon voltooi het. Ek haal ’n bus maar gaan staan doer in die hoekie, weg van die ander passasiers. Om te gaan sit, sou dinge net vreeslik vererger en morsiger gemaak het. By die Sunnypark-woonstelle sorg ek dat ek alleen in die hysbak is, boontoe na die 21ste vloer, en die reiniging kan begin.
Ek moes toe geld by my pa leen om my deur te sien tot betaaldag, die enigste keer ooit. Iemand het eenkeer geskryf dat mens ná enige ramp op die uitkyk moet wees vir "the seed of equivalent benefit". Nou ja, ek verseker jou dat tsotsi's wat op straat kaart speel of mens mooi dinge belowe, my nooit weer gevang het nie.
Daar is mense wat nog nie die boek gelees het nie, so ek moet doekvoet (saggies en versigtig) oor die storielyn seil – ’n mens wil nie te veel verklap nie. Maar van die roerendste tonele is waar daar sterftes is. Die verhaal vat jou hier, dan daar, en alles is lekker jollie (op die oppervlak), en skielik slaan die woorde en tonele jou wind uit. Dit bring my by die swart hond en ennui. So tussendeur al die katelkaskenades en nagvlinders is daar ’n ysige mineurtoon. Het jy altyd hierdie hartseer in jou gedra, al van kleintyd af?
Dis ’n moeilike vraag, Herman. Ek sal antwoord deur ’n fragment uit Hierdie huis aan te haal wat Ingrid Winterbach se frase "donker vermoede soos ’n skaduwolk oor my gemoed" bevat, en ten spyte van my mineurtoon, hopelik ook humor:
Breinspoeling in my kleintyd het the fear of God in my gesit, veral dié vier frases: strafkampe in die uitgestrekte, yskoue Siberië; laster teen die Heilige Gees; die gruwel van voorhuwelikse seks; en Christus se dreigende wederkoms met die hel se vlamme wat wag vir lasteraars, rondfokkers en ander sondaars.
In Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat word beskryf hoe ’n meisie se vertroebelde jeug ingelei word deur die roep van ’n pou op ’n Vrystaatse plaas en die afsterwe van ’n swanger swart jong vrou. My vertroebelde jeug is ingelei in die Van der Horst-koshuis op Wolmaransstad in 1968, toe ek 12 was. My pa is vanaf Kemptonpark na plat Wolmaransstad verplaas vir die laaste ses maande van daai jaar om daar wiskunde te gee. Ek en my tweelingbroer was in standerd 5 (deesdae graad 7), maar is in die hoërskoolkoshuis slaapplek gegee terwyl ons ouers in ’n kamer in die onderwyserskwartiere gebly het. In die koshuis is ek en my broer vir die eerste keer oor seks ingelig danksy wêreldwyse hoërskoolseuns. Die donker vermoede soos ’n skaduwolk oor my gemoed het my een naweek getref toe al die koshuisseuns weg was na hulle ouerhuise. Dit was laatwinter en ’n mistroostige Wes-Transvaalse wind het gewaai. Ek was alleen op die trappe wat na die tweede verdieping van die koshuis lei. Ek het daar gestaan en deur ’n groot venster op ’n binnehof afgekyk. Daar was nie ’n siel in sig nie. My tweelingbroer was dalk in die badkamer of by ons ouers in hulle kamer. Ek en hy het reeds begin katkiseer. Ek het gestaan en dink aan die hardeband-katkisasieboek met die growwe grys omslag en die ewigheidsleringe en verdoemenisse wat daarin gepredik word. Die wind het meteens ’n klomp droë blare op die sementblad van die verlate binnehof saamgekolk en ek is oorweldig deur gevoelens van verlange, verlies en eensaamheid en ’n nuwe wete dat die lewe nie so maklik en sorgvry gaan wees as wat dit tot dusver gelyk het nie. Vir die res van my jeugjare, en eintlik nog tot diep in my twintigs, sou ek soms verskrik in die donker nag regop sit uit ’n nagmerrie of gewek word deur ’n donderslag en bevrees dink dat die Oordeel op ons is en dat ek geweeg en te lig bevind gaan word en in die ewige hellevuur gaan brand.
Vandag op die toilet het ek vaagweg die hoekhuis in Wolmaransstad onthou waar ek en my broer klavierlesse by ’n middeljarige vrou gekry het. Dis meer as 40 jaar gelede. Ek het die klavierjuffrou se gesig vergeet, maar ek onthou die erf se ruie, hoewel steeds geordende tuin met baie blomme en berankte grensdrade en ’n raserige hekkie. Ek het eenkeer ná ’n klavierles ’n moerse opelyfbehoefte gehad, maar was te skaam om die juffrou te vra of ek haar toilet kan gebruik. Die Van der Horst-koshuis was sowat ’n kilometer weg, en ek het myself met ’n skuifeldraffie vol lyding daar gekry, by die naaste toilet ingebars en gekak soos Peter Illich Tsjaikowski teen die einde met cholera.
Jy hou van lysies maak. Orden dit die chaos, gee dit ’n gevoel van in beheer wees, of is dit maar net gewone dwangneurose?
Kleinboer
All of the above. My vroegste kennismaking met lysies was die gebruikte koeverte waarop my neurotiese ma haar inkopielyste neergeskryf het, asook die disse wat sy elke dag tuis wou berei. Sy het potlood gebruik, ek gebruik pen. Lysies is maar daar om mens se geheue te help. Soms dink ek terwyl ek bestuur aan drie dinge, dan kom ek by my bestemming aan en onthou net een of twee – baie frustrerend. Dalk moet ek belê in ’n stemopnemertjie wat ek in my kar kan gebruik. Maar dit gaan heelwat kere die skelwoord "doos!" opvang – kruiende bestuurders en dié wat die verkeersreëls oortree, koer my moer werklik erg.
Dis onmoontlik om proviand te gaan koop sonder ’n lys so lank soos jou arm. Anders kom jy tuis en vind jy het die bliksemse suiker vergeet, dan moet jy jou koffie bitter drink. Ek skryf nie net dinge neer wat ek moet koop of doen nie, maar ook sinnetjies wat ek in ’n boek kan gebruik, soos "Die uitwerk van nuwe lotery-nommers het geen einde, en om ’n grasperk te sny is ’n vermoeiing van die vlees."
Wanneer ek ’n item op ’n lysie afgehandel het, krap ek dit dood. Hier lê ’n stapel ou lysies in my skryfkamer, want al die items is nog nie doodgetrek nie. Eendag wil ek ’n groot bonfire met hulle maak sodat al die ongedane dinge kan wegbrand.
Ek hou van romans wat nie net blokke teks bevat nie, maar hier en daar ’n lysie het. Voorbeelde is Jonathan Franzen se The corrections en Ryk Hattingh se Witskrif.
Die titel van Loftus Marais se MA-verhandeling was: “Die huis as betekenisvolle ruimte in enkele Afrikaanse gedigte, met spesifieke verwysing na die bewoningsfilosofieë van Heidegger, Bolnow en Bachelard”. In sy algemene inleiding skryf hy: “Ruimte in die poësie is veel meer as agtergrond of inkleding. Dit is dikwels ’n integrale deel van liriese uitbeelding. Soms is ’n spesifieke ruimte ook die fokus van poëtiese ondersoek. Die huis is ’n ruimte wat as onderwerp uitgebreid in die poësie verken word. As intieme domein wat die ganse lewens van individue bevat, word dit beklee met ’n sekere intensiteit wat dit bo ander ruimtes laat uitstaan. Die mens se vertroude en voortdurende omgang met die huisruimte maak dus daarvan ’n gelade domein wat by nadere ondersoek die leser bewus maak van verskeie waarhede oor die menslike bestaanswyse.” Dit laat my dink aan jou huis. Is dit ook ’n “gelade domein” en watter rol speel daardie “ruimte” in jou boek?
Selfs ’n rondloper het ’n sterk drang om telkens na sy huis, sy vertroude ruimte, terug te keer. Dis seker in ons DNS vasgelê oor derduisende jare. Kyk maar na die voëlformasies in die lug kort voor sononder. Ek keer terug na my huis waar die hond se stert van blydskap waai en selfs die goudvissies name het. Ja, in my boek is die huis beslis ’n "gelade domein". Die woord "huis" kan teruggelei word na die Griekse keuthos: verborge diepte. Hier word baklei, liefde gemaak, vuur gestook, kos gekook, gedroom.
Die hoofkarakter in die boek verlaat telkens die huis om werk toe te gaan, en van daar doen hy saans soms ’n kroeg of bordeel aan. Maar dan is daar die drang om hoof op eie kussing te gaan neerlê. Ook Lungi verlaat die huis so te sê daagliks – sjebiens is magnete wat haar aantrek. Maar die groter magneet, eie huis, seëvier laataand. Daar is wel op ’n kol ’n krisis in die boek wanneer sy vir drie dae glad nie huis toe kom nie, maar dis uitsonderlik.
Ek het my eie huis later as die meeste mense bekom – ek was reeds 34 toe ek die woonstellewe gegroet het. Ek het dadelik ’n lysie gemaak van dinge wat reggemaak moet word, maar sommige daarvan, soos die hangende geute met hulle gate, lyk ná twee en ’n halwe dekades steeds dieselfde, of erger. Tog het die stoep, badkamer en kombuis nou netjiese teëlvloere, maar onhandige ek moes nutsmanne inkry daarvoor – my neus is altyd in ’n boek en my ore naby ’n CD-speler.
As ek my hele lewe nog net in woonstelle gebly het, sou die boeke wat ek voortgebring het, baie anders gelyk het, of ek sou dalk niks gepubliseer het nie. ’n Huis is geanker in die aarde, jy voel jou wortels, jy het materiaal om oor te skryf.
In die boek is dié versugting: "Ek wou al dikwels wegkom van hierdie huis met sy kakkerlakke, lekkende dak en rotte." Ek speel toe met die titel Hierdie huis met sy kakkerlakke, maar my vriend Jean Meiring beveel aan ek verkort dit, en hy was reg.
Andries Visagie skryf oor Kontrei en sê daar is ’n spanning tussen Eros en Thanatos. “[D]it wil sê die uitgelate en vitale bevestiging van seksuele genot teenoor die somberder representasie van seksualiteit in die verlengde van dood en gevaar, op verskillende maniere aanwesig in die seksuele outobiografie.” Stem jy saam en is dit ook in Hierdie huis aanwesig?
Ek stem saam met Visagie se stelling. Iewers het Breyten dié refrein in ’n gedig: "ek ’n bietjie dood". My interpretasie is dat hy na die orgasme verwys.
In my boek besoek die hoofkarakter ’n bordeel, daar is ’n sessie op die bed en dan: "Agterna hardloop ek uitgelate en kaal die entjie in die gang af van Andile se kamer na die kommunale badkamer om te gaan was, en sy volg laggend met ’n pienk handdoek om haar en liggroen seep in haar hand." Ja, dis ’n uitgelate, vitale bevestiging. Maar elders in die boek breek die kondoom in ’n bordeel, dan ry die hoofkarakter bevrees na ’n hospitaal en vra die dokter om ARV's voor te skryf. "Ek sluk die pille met water af. Go, boytjies, go! Hardloop deur my slagare en are soos PacMannetjies en maak die vyand vrek! Of duik soos kamikaze-krygertjies op die virusfokkertjies neer, asseblief! Ek onthou ’n teksversie uit Deuteronómium: So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei."
Ek huldig ook die teorie dat ’n man tydelik doof word naby fyndraai. Dis omdat Moeder Natuur hom geprogrammeer het om sy saad ten alle koste in die vrou te skiet om die spesie se voortbestaan te verseker. Moeder Natuur wil nie hê hy moet sy voël uitpluk en die kosbare saad op die grond mors nie, en daarom maak sy hom doof vir naderende gevaar. Die senuwee-eindpunte in die voortplantingsorgane gaan so op in die heerlikheid van die orgasme dat alle ander sintuie so te sê uitgedoof word. Dis hoekom ’n krakende matras naby die einde van ’n pomp mens veel minder steur as aan die begin, al kraak die matras nog erger teen die einde. Die mannetjie is weerloos, die wêreld buite sy eie lyf en dié van die wyfie vervaag. Hy maak selfs onwillekeurig meestal sy oë toe wanneer hy kom. (Hy kan wel die stroom probeer teëgaan. In Dan Roodt se Kommas uit ’n boomzol is daar ’n afdeling met die titel “Ek het gedurende geslagsomgang my oë oopgehou”.)
Hierdie is nie kritiek nie, dis net ter agtergrond. Andries Visagie skryf ook (oor Kontrei): “Daar is egter diegene wat bedenkinge het oor die geslaagdheid van ’n identiteitsoeke wat histories gestigmatiseerde praktyke soos die seksuele uitbuiting van prostitute en die erotiese objektivering van die swart vroulike liggaam deur wit mans as vertrekpunt neem. Hoewel Rebekah Kendal (2006) verwag dat Kontrei ’n seminale werk van die postapartheid literatuur in Suid-Afrika sal wees, is sy nietemin krities oor die verteller se erotisering van die swart vroulike liggaam en sy skryf: ‘His attempts at redefining himself by inscribing himself in and on the bodies of black women is ultimately futile ...” Wat is jou siening hiervan?
Ek het vroeër in dié onderhoud gesê ek was ’n seksueel onderdrukte. Ek was ’n verstopte vulkaantjie. My seksuele voorkeur vir swart vroue is meer ’n persoonlike as ’n politieke ding. Sommige van my beste vriende is wit vroue, ek kan met hulle oor poësie en rockmusiek gesels, maar ek is aangetrokke tot die kurwes van ’n swart lyf. Om die oorsprong daarvan vas te pen is onmoontlik, maar dalk het vroeë imprinting daarmee te make. Miskien het ’n huishulp my as kleuter eroties meer geroer as my ma. Ek het geril wanneer ek as tiener per ongeluk my ma se bleekwit bobeen gesien het – dit was vir my onbehoorlik. My ma het vir my in die kategorie van maagdelike Moeder Maria geval. Wellus is vir my gekoppel aan swart, nie wit nie. Ek verkies uitstulpende boude bo ’n plat gat, Brenda Fassie bo Juanita du Plessis. Daar was wel later wit vroue wat vir my eroties was, byvoorbeeld die punksanger Nina Hagen.
My seksuele ontwaking was ’n rebellie teen die onderdrukking van kerk, skool, ouerhuis en samelewing (ek moet byvoeg dat ek myself nie as ’n willose slagoffer ag nie – ek het my láát onderdruk). In my laat 20's en selfs 30's was my middelvinger soos ’n ereksie. Ek bely ek is nie ’n rolmodel vir ’n geestesgesonde in Sielkunde 101 nie. "I have a few of my own fault lines running under my life," sing Tom Petty. (Beuselagtige Thomas. Hy is onlangs oorlede; ek luister tans oor en oor na sy album van twee jaar gelede, Hypnotic Eye.)
Dat ek met swart vroue "reggekom" het ... wel, dis maar hoe die kokende magma die paadjie uit die verstopte vulkaantjie na bo gebreek het om spuitende lawa te word. Ek het wel lekker letterkundige speletjies met oorskrydende seks tussen wit en swart gehad, veral oordat so min ander mense daaroor geskryf het. Hierdie "asprisse" gediggie het LitNet destyds gehaal, maar gelukkig nie een van my boeke nie:
die Here het my benagsaam hier
aan die suidpunt van donker Afrika geplaas
om swart vroue te kersten
ek bedoel kers
ek bedoel waks
ek bedoel wiks
ek bedoel brand
wit soos ’n uitlaatpyp.
Was dit alles futiel? Ek het met honderde jong vroue seks gehad. Heelwat van hulle is seker nou al dood (hulle het gevaarlik naby aan dodelike virusse geleef), en die oorlewendes is nou al te oud om vroue van die nag te wees. Sal daar dalk nou net een van hulle met haar rug teen ’n landelike kleimuur in die son sit en my vlugtig onthou? My gesig, iets wat ek gesê het, my vals naam? (Ek het vroue in kroeë vertel ek is Jimmy want ek was bang hulle spreek Fanie as Fannie uit.) Bruin Lizzy van Bonteheuwel in die Kaap wat in haar bordeelkamer vir my sê: "Ek sê vir my ouma ek is nie ’n hoer nie, maar ek doen ’n hoer se werk.” Onthou sy dit? Ek onthou dit oor ek dit neergeskryf het, en dis vir my nie futiel nie. Die hoere het soveel op my “geskryf” as ek op hulle.
Heeltemal op ’n ander noot: Verbeel ek my of het jy my eenkeer vertel jy het die psigiater en digter Casper Schmidt geken? Indien so, vertel meer.
Ek het Casper nie geken nie, maar besit wel ’n bundel van hom, Terra incognita (1974). By ’n samekoms van digters en aspirantdigters aan huis van Johann Lodewyk Marais in Pretoria in 1983 het ek vertel van my voorgenome reis na Amerika. Ek noem toe dat ek gelees het Casper woon in New York, dalk moet ek hom probeer besoek. Toe sê Johann de Lange, wat ek net daai een keer ontmoet het, met ’n grinnik ek moet pasop vir Casper. Ek het eers later, toe ek uitvind Casper was gay, besef waarop Johann gesinspeel het. En nee, ek het hom toe nie in New York probeer opspoor nie.
Uit Terra incognita – ek hou hiervan:
Twee voete het voor my deur getalm
om vieruur en kwart voor vyf: voëls
in die bome en mis oor die stad.
En elders:
Jy is ’n walgingwekkende alp tussen mindere pieke.
En:
iewers loop in jou tenger gees
ertsriwwe van christus en toorkuns,
soepel liedere van jou mees mistiese
onbleikbare ervaring, en die bose –
ironiese kragte
waaroor jy herhaaldelik panies bieg.
En:
’n maskerbal van die lewe, ’n rare fees,
’n private heelal onkeerbaar op reis.
En:
Nou swel die bekken tot iets verskrikliker as ’n hekseteks.
En:
Hoe lank sal die dromerige winterbome die grys tinktinkies verwerp?
Wat is jou mooiste herinneringe aan jou kinderjare?
Ek was ses of sewe jaar oud toe ek deur ’n onbeboude erf gestap het onderweg huis toe ná skool. Ek het ’n stowwerige kruik in die bosse gesien en opgetel. ’n Lieflike wit kruik waarop blompatrone geverf was. Ek was in erg my noppies daarmee en het dit tuis vir my ma as ’n geskenk gegee. Sy spoel dit toe onder ’n kraan skoon en tap water daarin, maar ag, toe spuit water deur ’n gaatjie soos ’n engeltjie wat piepie. My pa het so lekker gelag dat die gaatjie vir my nie eens ’n teleurstelling was nie. Ek kan nie onthou of my ma die kruik dadelik weggegooi het nie – ek hoop nie so nie.
En dan is daar die minirok en bene van juffrou Gerber, ons blonde kunsonderwyseres in standerd 6. Van die seuns het bespiegel of hulle skelmpies spieëltjies bo-op hulle skoene moet plak sodat hulle die juffrou beter kan beskou wanneer sy tussen die skoolbanke deur loop.
Vir diegene wat nog nie die boek gelees het nie: die Lotto is ’n leitmotief regdeur die boek. Kan jy verduidelik hoe dit werk, hoe dit tot die narratief bydrae?
My salaris is kleinerig, en groot erfgeld is my nie beskore nie. Ek het nie die ballas om ’n bank te gaan beroof nie. Nie dat ek stinkryk wil wees nie, maar ek wil darem my kleinkind se skoolfgelde aanhou betaal, sterk jeans vir my vrou aanskaf, goeie wyn kan koop en lekker vleis braai tot aan die einde van my dae, en ’n goeie dokter kan bekostig wat nie skaam is om morfien voor te skryf nie. Nou vat ek maar ’n kans met die lotery, kyk ek of die geluksgodin na hierdie ou mensie wil afbuig. Maar ek is realisties: "Mens staan ’n groter kans om deur ’n vallende klip uit die hemel getref of deur die weerlig raakgeslaan te word as om die boerpot te wen." En: "Statisties is dit waarskynliker om deur ’n krokodil gevreet te word as om al ses nommers reg te kry, het ek in ’n koerant gelees. Ja, mens se kans is vrekklein, maar as jy nie speel nie is jou kans nul, so ek hou maar aan."
Ook uit my boek: "In 2000, toe Lotto hier ingestel is, het ek (dadelik ywerig) 49 stukkies karton uitgeknip en ’n getal op elk geskryf, 1 tot 49. Toe gooi ek die genommerde meneertjies in ’n koekblik en maak die deksel toe. In die tuin het ek die blik in die lug gegooi sodat die kartonnetjies geskommel kon word, die blik gevang, dit weer en weer boontoe getol en gevang vir deeglike vermenging. In die huis het ek my oë toegemaak, met die blik oop, voel-voel willekeurig ses stukkies karton uitgehaal en die getalle in die kolom van ’n vormpie ingevul: 4, 12, 13, 34, 41, 46."
Maar toe soek ek ’n meer poëtiese manier, ’n minder kliniese metode, om Lotto-nommers uit te werk, en ek betrek die alfabet. Ek het ’n obsessie met die alfabet en met getalle. In my boek probeer ek aandui dat letters en syfers as simbole ineengevleg is. Ek skryf: "Handelaars het lank gelede hulle voorraad getel en woorde gemaak. Die woord taal kan teruggelei word na die Ou-Hoogduitse Zala, wat getal beteken het, ook optel. ... En die Ou-Saksiese tellian het tel, opsom, meedeel beteken, en later tale (verhaal) geword."
My Lotto-metode is te ingewikkeld om hier te verduidelik (ek doen dit wel geduldig in die boek – selfs mense met slegs graad 2-rekenkunde agter hulle naam behoort dit te snap), maar basies gebruik ek A = 1, B = 2, C = 3 ... Z = 26. Ek maak sinne en voer hulle in ’n formule in om by Lotto-reeksies van ses nommers elk uit te kom.
My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week).
Uitskietgebeurtenisse fassineer my, dinge wat selde gebeur maar ’n groot impak het. Die Springbokke wat die All Blacks in Nieu-Seeland troef ... ’n tsotsi wat ’n oumatjie wil beroof, mes dreigend in die lug, maar dan word hy voor haar oë deur ’n weerligstraal doodgeslaan, haar klere net effens geskroei maar sy is ongeskonde en haar beursie steeds veilig in haar bra ... en iemand wat die Lotto wen na talle futiele probeerslae. Hierdie ou kleinboertjie wat die massiewe boerpot in sy hande hou en skaterend straataf hardloop. Soos Bob Dylan sing: "He won the war after losing every battle."
’n Vervelige vraag, maar interessant vir my: Hoe het jy die sprong van die IT-bedryf na sub en taalversorger by koerante gemaak?
Ek dink nou aan ons wat as seuns in die winter tydens pouse by die skool in die son gesit het. Een seun het voor ’n ander een gaan staan en hom in skadu gelaat. Toe sê die een wat nou koud kry sonder die sonlig op hom verontwaardig: "Is jou pa ’n glasmaker?" Jammer ek verduidelik die punchline, maar die grappie is dalk obskuur: "Skyn die son deur jou?"
Wel, my pa was nie ’n glasmaker nie, maar ’n wiskunde-onderwyser. Onder sy invloed gaan studeer ek toe wiskunde en rekenaarwetenskap op universiteit. Die liefde vir getalle was nie genoeg om my loopbaan in IT interessant te maak nie. Ek het wel 23 jaar lank in die bedryf uitgehou, maar geleidelik al hoe meer ontgogel geraak. Ek het baie letterkunde gelees en met skrywers gekorrespondeer, byvoorbeeld Koos Kombuis en Johan van Wyk.
My laaste werk in IT was by Hewlett-Packard. Aan die einde van die maand moes al die werknemers om vyfuur van hulle rekenaars afteken vir die sogenaamde month-end run. My kollega het op die konsole in die beheerkamer getik "Please log off immediately, month-end run due to start now." Of eerder, só het dit by sy vingers uitgekom: "Plaes log of imedaitely, month-ed run du to stat new."
Toe gaan hierdie liggie vir my op: ten spyte van my kollega se brabbelsin, het die werknemers almal verstaan wat hy bedoel. Maar ek besef toe ek wil in ’n omgewing werk waar taal eksák gebruik word, waar die regte keuse van woorde en korrekte spelling sáákmaak. Ek het toe as ’n sub by ’n tydskrif begin werk, teen ’n heelwat laer salaris as wat ek in IT verdien het, maar met meer vervulling. Ek het oplaas iets gedoen waarmee ek góéd was! En later na ’n koerant geskuif. My verbeelding kom daar tereg, byvoorbeeld met die uitdink van opskrifte.
Baie van ons plaaslike boeke se buiteblaaie is visueel aaklig. Kitsch, sentimenteel, gerig op wié? wonder ’n mens. Sneeublindes sonder enige visuele geletterdheid? Maar jou buiteblad is ’n treffende kunswerk deur Anton Kannemeyer. Vertel meer daaroor.
Dit was Fourie Botha by Umuzi se slim idee om Kannemeyer te betrek met Werfsonde, en nou ook met Hierdie huis. Ek het ’n foto van my huis gestuur en Anton het die huis treffend op die voorgrond geplaas met die stedelike betonoerwoud agter, en die Hillbrow-toring as ’n falliese ding, as mens dit so wil sien. Ek het egter gevra Anton moet ’n groen grasperkie en ’n boom of wat byvoeg – hoe sal ’n kleinboer dan op slegs ’n sementblad kan oorleef? – en hy het dit gedoen. Ek was baie tevrede, alhoewel die daggaplantjie waarvoor ek gevra het, toe nie in my erf ingeteken is nie.
As Kannemeyer die storie se gevoelswêreld met sy voorblad vasvang, wat sal die agtergrondmusiek vir hierdie boek wees?
"Liefde reg deur die jaar" van Gé Korsten. Nee, eerder "Isolation" van Joy Division, met hierdie lirieke:
If you could just see the beauty,
These things I could never describe,
These pleasures a wayward distraction,
This is my one lucky prize.
Maar ten spyte van my isolasie met tye is daar tog ook samesyn en ’n verlange om die lewe met ander te deel. Laat my toe om uit Kontrei aan te haal – dis ’n stukkie oor die tipe musiek wat my roer:
Toe die ergste hael verby was, het ek in die tuin uitgehardloop en my hande vol haelkorrels geskep en dit binnetoe gedra. “What are you doing?” het Jomo gevra. “Kom kyk.” Ek gooi die hael in ’n glas en skink ’n fris whisky daaroor. Joe Cocker is in die CD-speler. Hy word veral onthou vir die oorgawe, deurmekaar hare, toe oë en spastiese arms waarmee hy in 1969 die Beatles se "With a Little Help from my Friends" in ’n verbleikte, hippierige T-hemp by die Woodstock-fees gesing het. Daarna het Joe baie ander musiek gemaak, niks waaroor mens eintlik opgewonde kon raak nie. Mad Dogs and Englishmen was nie ’n slegte album nie. Toe kom hy in 1989 vorendag met One Night of Sin. Vergeet die res van die songs op die album, speel net die eerste een, "When the Night Comes". Dit het alles: stuwende ritme, ’n kitaarsolo met koorsblare, goeie lirieke, Joe se stem, en die rouste oerkreet in rockmusiek.
… when the night comes
I want to be the one
you run to, I want to be
the one you come to … aaaaaaaaaaaaarrrrrggggghhhh!!!!
Hierdie is nie ’n vraag nie, sommer ’n opmerking. Die mooi name vir papsakke wat jy noem het my opgeval: Lekker Lê, Dis Duidelik, Rooi Harte, en so aan. Jy speel lekker met woorde regdeur die boek. Dit maak die boek besonders, dit wys ons hoe idiomaties en kleurvol Afrikaans eintlik is.
Ek bewonder Engels vir haar funksionaliteit, groot woordeskat en ekonomie, maar ek sal moeilik ’n boek daarin kan skryf, veral ook oor dit nie my moedertaal is nie. In Hierdie huis haal ek hierdie frase uit ’n 1966-woordeboek aan: "Die hel is uitgestraat met predikante se kopbene."
En dié fragment uit my boek sal ook iets verloor in vertaling, dis net so Afrikááns:
"Die maatskappy waar my tweelingbroer werk het ’n sensorprogram geïnstalleer. Nou word e-posse wat skurwe woorde bevat nie meer afgelewer nie. Maar ons flous die fokken vrome Big Brother. Ons skryf kuk in plaas van kak, fock pleks van fok, pous in plaas van poes. Ek het al aan hom geskryf van die lieflikste pous wat ek in ’n bordeel gesien het. Big Brother is so preuts dat selfs e-posse wat die woordjie dobbel bevat, geblok word. Ek en my broer omseil dit deur dowwel te gebruik. Hy raak so gewoond aan ons geheime woorde dat hy hulle soms in die aand in teksboodskappe vanaf sy foon aan my gebruik wanneer niemand ons sensor nie. 'Ek gaan nou dowwel!' het hy eenkeer geteks, maar dit was net dronkpraatjies. Hy het gaan slaap en nie casino toe gery nie en die volgende oggend laat weet hy het ’n pouslike babelas."
Ek het al vir iemand gesê die mooiste reëls in my boeke is nie my eie nie maar die poëtiese stukkies wat ek uit die Bybel se 1933-vertaling uitgesoek het, byvoorbeeld Psalms se "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval."
Dan is daar heelwat uit Spreuke:
’n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
In die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker. En kyk, daar kom ’n vrou hom tegemoet, soos ’n hoer aangetrek en listig van hart – sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie – nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel – kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
Al stamp jy die sot in ’n stampblok tussen graankorrels met ’n stamper, sal sy sotheid nie van hom wyk nie.
Die wyn is ’n bespotter en sterk drank ’n lawaaimaker.
Die Nuwe Testament is minder poëties, maar iewers is daar ’n groot waarheid: "Die tong is ’n klein vlammetjie wat ’n groot hoop hout aan die brand kan steek." Een ou skewe woordjie, een skinderpraatjie kan ’n moerse domino-effek hê!
Baie dankie, Fanie. Wil jy enigiets byvoeg?
Herman, jy het alles gedek! Sommige van jou vrae was turksvye wat my laat sweet het, maar dit was nodig. Baie dankie!
Lees ook:
The post <em>Hierdie huis</em>: Herman Lategan gesels met Kleinboer appeared first on LitNet.
The Ramsgate Book & Art Festival, to be held from 10 to 12 November and organised by the Ramsgate Conservancy and Ugu South Coast Tourism’s Ramsgate Area Committee, has announced key events as well as authors and artists, who will form part of this year’s festive line-up.
In the heart of the coastal and decidedly artistic village of Ramsgate on the KZN South Coast, festivalgoers will be welcomed by a community street festival atmosphere with book and market stalls, special events ranging from author’s talks to art exhibitions, workshops, storytelling, poetry readings and entertainment. Best explored on foot, families and art lovers will receive a festival programme at registration on Saturday, 11 November at the Artists’ Gallery as well as a map. Entry fee is a book to donate to schools to be distributed by Rotary post the event. Most events are free, except for a few workshop and entertainment events and some donation-based events. Food and drink is generally for the visitor’s own pocket. Each time a festivalgoer visits a participating venue, a sticker will be put on the festival map, which later becomes a personal competition entry to win a holiday for 6 people in 2018, sponsored by Club Leisure Group. Visitors will also have many opportunities to relax and enjoy some of the best food and wine available on the South Coast at top restaurants or pop-up stalls around the festival.
The festival officially opens on Friday, 10th November at 6pm at the Artists’ Gallery in the company of the organisers, sponsors, participating authors and artists as a new art exhibition will be opened at the venue featuring painter Claudia Plunkett and the Elaine Goodman Collection. From 8pm till late, enjoy open mike poetry by candlelight in the magical garden of Burlesque Café.
Here are some of the festival highlights to look forward to:
Authors’ Talks
Todd Collins will chat about his book The Black Sheep
Storytelling for young and old
Hear more of authors John Costello, Gari Joubert and Annete Brink as they tell Stoep Stories at various venues over a drink. Children are not to be forgotten and will have fun listening to Kay Federl, Barbie Meyer and Natasha Muller during the Children’s programme at the Whale Deck on Saturday at 10h45. Facepainting, colouring in and play dough as well as children reciting their favourite or own poems and getting constructive feedback from Speech & Drama stalwart Kay Federl, will keep young minds entertained.
Artists’ Exhibitions
Workshops & Demonstrations
Panel Discussion
“Reading Changes Lives” will be hosted as a panel discussion by Dawn Broadberry and includes publishers, editors, authors and literacy trust at The Crayfish Inn on 11 November at 11h45.
Supper Theatre
“Bosman, Curry & Cabaret”, a supper theatre event at The Lobster Pot will feature well-known actress Barbie Meyer who will perform one of her hilarious, one-woman shows, shedding some light on writer Herman Charles Bosman’s controversial life. Natascha Muller will entertain with her special brand of electro swing, jazz and cabaret. Entry is R200 for a three-course meal, booking is essential at Artists’ Gallery.
Nature’s Inspiration
On Sunday morning, be sure to get up bright and early to connect with nature during a morning meditation facilitated by Bernie Vorster at The Whale Deck. Afterwards join WIN – Walking in Nature, for an easy 4km beach walk for a R20 donation to the Ramsgate Conservancy. Dogs on leads are welcome. Refresh at the Lifestyle Centre before strolling back on the Wetland Forest Walk. Then join Breakfast with a View for grilled chicken breakfast rolls with tea or coffee at the Whale Deck for R30.
The Whale Deck
Food & Wine
Fuel your passion for the arts with the best food and wine in Ramsgate. Participating restaurants include The Crayfish Inn, The Lobster Pot and Burlesque Café. Enjoy wine and art in the cellar at Riverbend Crocodile Farm. At Popeyes Pub, there will be a Pub Quiz on the 11th at 18h00, T-shirst and pewter jewellery, as well as genuine African handmade crafts. Likka Sella will have a wine tasting and lucky draws for conservation, proceeds going to Ramsgate Conservancy. At the end of the festival, make sure you Wine Down with an early evening wine-pairing get-together for R80 at The Lobster Pot as you say farewell to authors, poets and artists and find out if you won any of the Lucky Draws and Silent Auction items. For wors rolls and cooldrinks, visit the BP Garage.
Book & Market Stalls
Festival specials will be available at all venues. Buy visiting authors’ books at the Crayfish Inn and get them signed by attending authors’ talks and support the SPCA by buying second-hand books at The Lobster Pot. Find old and interesting books at Ramsgate Relics and The Fair Vintage Lifestyle Shop. Market stalls will be at Crayfish Inn, Burlesque Café (find festival T-shirts here), Popeyes and The Fair Vintage Lifestyle. Have fun at Froggies and don’t leave without taking a vintage selfie at the photo booth at Designer Boutique.
Event details are subject to change. Please contact the event organisers for finalised arrangements.
The post Press release: Celebrating the arts at the Ramsgate Book & Art Festival, 10–12 November 2017 appeared first on LitNet.
Ek moet leer om sonder jou te lewe, sonder jou asem te haal, sonder jou te wees. Jy sien, jy was maar net altyd daar vir my. Jy was so deel van my lewe dat ek wragtag geglo het jy kan nie weggaan nie.
Mense het geld gemors op seefront-glaskastele.
Hans Richardt
The post Kaapstad-voorstede met waterrantsoenering appeared first on LitNet.
Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
Gee dat ons lag as die lewenslas druk op ons harte;
Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
Gee vrede en rus vir ons almal wat lewe en erwe
Gee vrede en rus! En ons vra nie iets anders, en luister
Stil na die wind wat so sag in ons ore kom fluister:
(C Louis Leipoldt)
Ek dink aan die smarte, van die Kaap tot die Noorde.
Raed-na-Gael
The post Kom ons vat hande appeared first on LitNet.
Die 10de BookBedonnerd-fees het van 25 tot 28 Oktober in Richmond plaasgevind. Hendrik Mentz deel sy foto's van die fees.
Angie Gallagher gesels oor Nuwe Stemme 6.
Antoinette Olivier gesels oor haar bundel haikoes, Optelklippies.
Clinton V du Plessis gesels oor sy nuwe bundel, Aantekeninge teen die skemeruur.
Deelnemers aan Saterdagmiddag se kwartmylresies vir deelnemers onder 15 jaar
Die wenners van die Darrel Connolly Richmond Mile saam met organiseerders Peter Baker en Darryl David
Die wenners van die Darrel Connolly Richmond Mile saam met Hendrick Ackerman, Angie Gallagher en organiseerders Darryl David en Peter Baker
Die wenners van die Draadkarretjie Concours d'Elegance saam met organiseerders Peter Baker, sy vrou Beth Baker en Darryl David
Die wenners van die Draadkarretjie Concours d'Elegance saam met organiseerders Peter Baker, sy vrou Beth Baker en Darryl David
Erns Grundling praat oor Elders.
Fanie Olivier lees onthougedigte.
Irma de Klerk vertel die storie agter Vir die voëls.
Madine Swart praat oor haar boek, Flora se Geheim.
Naomi Meyer vertel meer oor Web.
Paul Avenant gesels oor Koedoe
Foto's: Hendrik Mentz
The post BookBedonnerd 2017: fotoblad appeared first on LitNet.
Op pad
Op pad Richmond toe waai die radioseine plek-plek weg.
Daar is nie ander musiek in die motor nie, dus is ek uitgelewer aan die motorradio se digitale soekfunksie.
"I'll be waiting from dusk till dawn ..." sing Zayn en Sia onverwags toe die motor oor 'n bult beur.
Hulle sing nie hulle lied klaar nie. Die wind kom op en die Karoo se ruimtes strek rondom die motor uit.
Die BookBedonnerdfees vind vanjaar die tiende keer plaas.
Die fees word georganiseer deur Darryl David en Peter Baker. Darryl is die organiseerder van etlike feeste.
Daar is al heelwat omtrent die BookBedonnerdfees op LitNet gepubliseer.
“Die N1 loop met 'n boog styf teenaan die dorp verby. In hierdie kromming lê die dorp Richmond. Maklik bereikbaar uit die noorde én die suide.” So skryf Valda Jansen in 2016.
En Clinton du Plessis skryf in 2012: “Die lesers ry ver agter skrywers en boeke aan ...”
Die rit op pad na Richmond is deel van die fees.
My kinders is siekerig by die huis in Stellenbosch, en daar is werksverpligtinge; ek kan slegs 'n blitsbesoek aan Richmond bring vir die tiende BookBedonnerdfees. Maar Richmond lê ver, lê ver, soos Fort Wajier. Tussen vragmotors en bossievlaktes kom Uys Krige se gedig uit my skooldae by my op:
In hierdie dorre verlatenheid
van 'n vaal wêreld
wat langsamerhand veryl, vervloei
sy vae omlyninge verloor
in 'n nog valer hemel ...
Was dit 'n goeie besluit om hierdie afstand af te lê? En so kort te vertoef?
Op 'n Engelse radiostasie vind 'n radiosein vastrapplek en gesels daar nou 'n paneel oor die veldtog #SchoolSafety. Dis onveilig vir laerskoolkinders tussen die dwaalkoeëls. Daar is 'n insetsel na 'n skare betrokke by 'n protesoptog, gesprekke oor veiligheid binne gemeenskappe wat oorspoel na skole.
Ek dink aan 'n ander gesprek oor skole en wat hier gebeur, wat 'n dag tevore op LitNet verskyn het: “Gedink jy as ouer het die reg om te besluit oor jou kind se onderrig? Nie as die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys ’n werklikheid word nie.”
Daar is nou weer 'n suising en ek hoor nie die einde van die gesprek oor veiligheid in skole nie.
Leeu-Gamka.
Dis koedoewêreld en dit word amper skemer. Nou waardeer ek die radio se gerusstellende geselskap die laaste ente waar dit wel opvang.
Beaufort-Wes.
Toe vind 'n gesprek plaas oor Emily Hobhouse en haar deportasie op 27 Oktober jare en jare gelede.
Drie Susters.
Afrikaanse radio vier 80 jaar, Miriam Makeba sing “The Click Song”, en 'n Kubaans-Amerikaanse sangeres sing oor Havana terwyl ek donkernag by in Richmond indraai.
In Richmond se hoofstraat word Bibi Slippers se woorde van 2011 waar:
Richmond is a small town in the middle of everywhere. 821 km from Johannesburg and 720 km from Cape Town, Richmond's claim to fame is its status as a book town. The little village has 13 bookshops, and the town's website explains exactly why Richmond was a great choice for a book town.
With the Boekbedonnerd festival Richmond comes alive – accommodation providers welcome streams of tourists to town; the three restaurants are filled with lively conversation; locals seize the opportunity to sell their wares (anything from pannekoek, beskuit and skaaptjops to antiques and handcrafts); and writers descend on the town in droves to discuss their work with eager audiences.
Lig en klank stroom uit die restaurante en gastehuise. Hier is eensklaps lewe in die Karoo.
My verblyf is gereël oorkant die MAP-galery, by hulle akkommodasie, waar ek ná die lang rit omhels word deur kuns teen die mure, op die koffietafels – en deur snoesige beddegoed.
Map was started as a collaboration between Harrie Siertsema and Abrie Fourie in 2005. Map is a series of site-specific art events, collaborations and exhibitions. The Map venues are not only traditional art spaces, they also include public venues, such as contemporary pancake eateries and hotel rooms, where art is brought into the sphere of life.
Richmond is nie net 'n vervalle plattelandse dorp in die Noord-Kaap nie.
Wat is hierdie fees se oorsprong?
Darryl David het ook in 2011 vir Bibi Slippers vertel:
Round about 2003 at my university (the University of KwaZulu-Natal) Prof Lindy Stiebel started a project on literary tourism. Being a bok for all things literary and touristy I got on board. My great dream was to buy the Alan Paton home in Pietermaritzburg. But that dream went through the window with the property boom. At that time I was as good as a Neanderthal with computers. But while I was Googling the word book the predictive text threw up the word booktown. That was the start of a three-year journey searching the Karoo for a suitable town for fulfilling what can only be described as a magnificent obsession. After an article appeared on Richmond in Country Life magazine I had a gut feeling about the town. I sensed it was on the up and rumours were doing the rounds in the Karoo that a “mad Canadian” was buying up books and houses. That mad Canadian, Peter Baker, was the first person to say “That’s a whale of an idea – let’s do it” after hearing about my idea for a booktown. But even better, he knew a certain John Donaldson who, like Peter, owned a few houses in Richmond. As luck would have it, John was planning to open a bookshop in Richmond as well. I once heard Ian Player talk about “synchronicity”. I think it was a combination of synchronicity and pure luck that saw Richmond brand itself as South Africa’s national booktown.
Die volgende oggend stap ek Richmond se hoofstraat in. In die ligdag is die laslapplekke op die teer sigbaar. Bedelaars drentel nader.
Die Supper Club
'n Ent verder in die hoofstraat af, net oorkant die kerk, speel Chopin se Raindrop Prelude oorverdowend.
Ek kyk waar die musiek vandaan kom: “Die Supper Club”, staan op 'n bordjie by die deur.
Daar kon net sowel Die Super Club gestaan het.
Valda Jansen het verlede jaar oor haar ondervinding geskryf:
Ek het my bedenkinge gehad toe ek laat Donderdagmiddag opdaag en teen die aand deur die dorp ry op soek na 'n eetplek. Donker strate, toegegrendelde huise. Maar daar was lig en 'n wyd-oop voordeur en mense wat by klein tafeltjies op 'n stoep sit. Dié plek leer ek oor die naweek goed ken. Peter Baker se Supperclub wat ontwaak wanneer boekfeeste die dorp binneval.
Ek stap by die deur in, en betree 'n ander wêreld. Dis 'n eklektiese kroeg: daar is kuns, daar is kos, daar is klassieke musiek vanoggend. Dis 'n kletsplek, en in die agterste kamers is dit 'n kuierplek vir rugby-aanhangers. In die binnehof is die vure aangesteek in groot oonde. Die Supper Club pas in geen netjiese boksie in nie.
Hulle maak nog skoon, verduidelik 'n kelnerin, want die plek het eers halfdrie toegemaak. Maar wil ek koffie hê?
Graag. En ek ontmoet vir Peter Baker en sy vrou, wat vir my van hawermoutpap en geselskap voorsien.
Peter Baker is die ander lid van die "flambojante en vernuwende skakelpaar aan die stuur van die jaarlikse BookBedonnerdfees op Richmond", soos Clinton du Plessis geskryf het:
Die afgelope agt jaar het hulle elke keer verras met die wonderlike versameling van skrywers wat hulle oor drie dae op die dorpie kon laat vergader. Tesame daarmee het hulle ‘n lojale groep boekliefhebbers van ‘n tuiste voorsien om na hulle gunsteling- en ook minder bekende, maar baie interessante, skrywers te kom luister.
Hulle het die kuns vervolmaak om ‘n uiters gebalanseerde blik binne-in die wêreld van boeke en skrywers te gee.
En toe raak dit haastig, tyd vir die hoofrede van my besoek.
Die samedromming by die biblioteek laat my besef waarom ek hier is.
Die boekefees
'n Lojale ondersteunersgroep woon die gratis program by, die biblioteek sit vol. Buite, voor die kerk, word die basaartafels uitgepak.
Binne die biblioteek is 'n groep mense wat die hele venue volpak. Hulle kom van oraloor. Hulle het boeke lief en baie van hulle woon die fees by, vertel 'n vrou wat langs my sit my.
"Daar is soms programskommelings," vertel sy my. "Maar dis elke jaar spesiaal. Dis die vyfde keer wat ons hier is."
Haar man knik oor sy baard vir my.
Tot my spyt woon ek slegs twee ander gesprekke by voordat ek aan die beurt kom: Karina Szczurek gesels gevoelvol oor André Brink, en oor wie sy is, in The fifth Mrs Brink. En Rosemary en Robert Forrester gesels oor Tara the Terrier. Hulle het die boek self uitgegee en is passievol lief vir seiljagvaart en vir hul hondjie wat visgevang en die see saam met hulle beleef het.
Op die tafel staan stapels boeke van ander mense wat oor hul boeke kom gesels het. Hierdie is nie 'n kommersiële fees nie, dis nie 'n fees waar mens noodwendig kitsroem en -rykdom smaak nie. Hierdie fees is 'n platform wat opgeslaan word op 'n oop vlakte.
En: skrywers soos Etienne van Heerden, Athol Fugard en Breyten Breytenbach het al by hierdie fees opgetree.
Die fees gee ook 'n megafoon vir mense wat lank en met bloedsweet gewerk het aan 'n boek wat hul self uitgegee het – en nou kan hulle kom gesels. En boonop bekroon hierdie fees boeke wat self uitgegee is, met die South African Independent Publishers Awards.
Afskeid
Op pad motor toe, in die straat buite die lokaal, loop ek vir Andries Bezuidenhout raak, en, soos vroeër aan Erns Grundling, moet ek verskoning maak dat ek nie sy gesprek kan bywoon nie.
"Kinders, siektes, werk, verpligtinge ..."
My redes is almal die waarheid, maar dit kom met swarigheid oor my lippe.
Wat loop ek nie alles mis vanjaar nie! Skrywers wat hul eie boeke uitgee, én skrywers wie se name in elke groot boekwinkel pryk. (Hier is vanjaar se program.)
Ek dink aan mense na wie ek nie vanjaar kon luister nie: Elkarien Fourie, Matthys Strydom, Clinton du Plessis, Fanie Olivier. Die oomblik as ek name noem, laat ek ander name uit.
Vorige jare se verliese lê verder terug, almal wat ek nie hier kon beleef nie: Lien Botha, Valda Jansen, Juliana Coetzer.
Ek moet huis toe vertrek terwyl ek dink aan Deborah Steinmair se aanhaling oor Rodriquez in 'n onderhoud oor Hartlam: “The sweetest kiss I ever knew is the one I never tasted.” Die melodrama het my beet: Jare en jare se feeste wat ek nie bygewoon het nie, jare se geleenthede wat ek gemis het.
Deur die motor se oop motorvenster, op pad die dorp uit, waai die kaalvoetkinders in die straat se liedjies plek-plek weg, verlore soos radioseine.
My flikkerlig dui aan dat ek links draai, en die Kaap lê ver, lê ver, 644 kilometer ver.
Agter my in die straat betaal party mense by die basaartafels vir pannekoek, ander sit op stoepe en nog ander drentel in die strate en wag bakhand dat die feesgangers hulle raaksien.
Darryl David en Peter Barry se feesgeleenthede duur 'n laaste paar uur lank voort, gratis vir almal.
Op die radio gesels hulle nou, verbasend genoeg, oor netbalspanne.
Tydens gister se gesprekke wat oor skoolveiligheid gehandel het, het ek gedink: dis nie net die probleem van die skool nie, dis oor die gemeenskap en die land wat ons saam in stand hou.
Drie Susters.
"Murder is murder," sê iemand. “Ons ondersteun nie die protes op Maandag nie.”
Beaufort-Wes.
Die mense van Madrid is woedend vir die Katalane en is gedrapeer in die Spaanse vlag.
Leeu-Gamka.
Daar is verslete mense wat buite in die stofstrate bly staan en nie inkom nie, al is die hele program gratis.
Daar is skrywers wat hul eie boeke uitgee en nie roem smaak of een enkele boek verkoop nie.
Maar daar, in die Karoo, tussen verwaarloosde drome, staan 'n platform.
In die Hexriviervallei oorwin WP die Haaie.
In Richmond is 'n plek om stories te vertel en stories te gaan hoor. Die organiseerders het daardie verhoog 'n dekade lank al gemaak staan – en dit staan nog steeds. Enigeen kan inkom en dit gaan beleef, ten spyte van stadige geweld, ten spyte van vooroordele, van onsigbare grense wat almal in posisie hou.
'n Geleentheid is geskep, en dit bestaan reeds. Vir dromers, vir lesers, vir skrywers, vir almal om te kom luister en in te kom.
In Worcester sing Taylor Swift van haar “Wildest dreams”.
Die aand tuis lees ek op Facebook in my nuusvoer: "Al waarvoor ek vanaand vra, is 'n nasmaak van hoop."
En ek besef, al was my besoek net 'n voorsmaak lank: daardie nasmaak is presies wat Richmond bied.
Die feesorganiseerders Darryl David (links) en Peter Baker (regs), saam met die wenners van die Darrel Connolly Richmond Mile (foto: Hendrik Mentz)
The post BookBedonnerd 2017: ’n Voorsmaak en ’n nasmaak appeared first on LitNet.
The post Persvrystelling: Bekendstelling van <i>Rympies vir Kleintjies en Kleuters</i> in Wellington appeared first on LitNet.
The post Persvrystelling: Bekendstelling van <i>Rympies vir Kleintjies en Kleuters</i> in Pretoria appeared first on LitNet.
Coen Stork, Algemeen Nederlands Persbureau (1993)
"We would like you to know that we regard you as one of our greatest friends," schreef Nelson Mandela in juni 1964 aan de toen nog jonge Nederlandse diplomaat Coen Stork. De handgeschreven brief was een dankbetuiging voor zijn steun gedurende het Rivonia-proces. Bij het overlijden van Coen Stork deze week wordt de brief in vrijwel alle In memoriams vermeld. De brief heeft hij zijn hele leven gekoesterd.
Zuid-Afrika was essentieel in het leven van Coen Stork. In De rode ambassadeur, het boek waarin hij vertelt over zijn bewogen leven, komt zijn betrokkenheid bij de strijd tegen apartheid uitvoerig aan de orde. Hij keek met verwondering naar een hem onbekende samenleving waarin raciale tegenstellingen het leven volledig beheersten. “Een blanke met een neger over straat wandelend zie je hier niet,” schreef hij op de vierde dag van zijn verblijf in Pretoria. Dankzij contacten met oa Mary Benson en Bram Fischer verbreedde hij zijn horizon, al bleef zijn wereld grotendeels blank. In een brief aan zijn moeder beschreef hij hoe hij tijdens het Rivonia-proces werd voorgesteld aan Winnie Mandela: "knapper en mooier dan uit de foto’s lijkt" en: "Heel spannend. De eerste niet-blanke hand die ik in acht maanden tijd in Zuid-Afrika drukte."
Door het zo nu en dan naar huis brengen van zijn wasvrouw Susan kreeg hij een beeld van een ander Zuid-Afrika. De confrontatie met wat hij in Mamelodi zag onthutste hem. Als diplomaat wist Stork een evenwicht te vinden tussen zijn ambtelijke instructies en zijn inituïtie. Op uiteenlopende manieren is Coen Stork zijn hele leven betrokken gebleven bij Zuid-Afrika.
In de loop van zijn diplomatieke carrière vormt zijn inzet voor mensenrechten een rode draad. Het Spanje van dictator Franco, Argentinië ten tijde van de Vuile Oorlog, Cuba onder Castro en vooral de nadagen van Ceaucescu in Roemenie vormden een uitdaging voor de onorthodoxe diplomaat. Onderzoek naar de dossiers van de geheime diensten van de regimes waar hij gewerkt heeft zou boeiende lectuur opleveren. Alleen al het Roemeense Securitatedossier van Stork telt zo’n 1600 pagina’s.
Peter Henk Steenhuis, de journalist die Storks levensverhaal optekende, beschrijft in een In memoriam in het dagblad Trouw hoe de oud-ambassadeur vijf jaar geleden nieuwe hartkleppen kreeg. "Ik heb nu wel een deel van een varken in me, maar ik begin niet te knorren." Na 89 jaar is nu een einde gekomen aan een rijk leven. Voor velen zal Coen Stork voortleven als een kostbare herinnering: een betrokken diplomaat, een erduriete man met gevoel voor humor en zeer aimabel.
Video: Coen Stork vertelt over het proces tegen Mandela naar aanleiding van Jaap Scholtens boek Horizon City.
The post In memoriam: Coen Stork (1928–2017) appeared first on LitNet.
LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.
Foto: Brenda Veldtman
Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat in Kanada woon. Koms van die motman is die derde in die nuwe Ella Neser-reeks. Die vorige twee is Die dood van ’n goeie vrou en Die verdwyning van Billy Katz. Albei romans is benoem vir die ATKV-prys vir die beste spanningsroman, en Billy Katz ook vir die ATKV-prys vir die beste roman.
Koms van die motman
Chris Karsten
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176224
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky.
In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos ’n skaduwee op die rand van die verhaal?
ARTHUR
Januarie 2017
Kan die motte ook hierdie musiek hoor, dit miskien selfs aanvoel? Hierdie hemelse note wat daar bo vrygelaat word en afgefladder kom en hier onder saam met die motte om hom en sy plante kom dans en sweef en dartel en hulle teen hom nestel om sy gemoed te vertroos.
Dis wat Bach aan my doen, fluister hy vertroulik aan sy versamelde gehoor van plante en motte. Hy paai my en versag my pyn, hy bedwelm my en sus my en sleur my mee na ’n rustiger en veiliger plek.
Vooroor op die lae bankie hervat hy sy werk, met die geel rubber-opwashandskoene en spuitbottels en borsels (Pearwood Soft Boar Bristles, soos hy ook vir sy eie yl hare gebruik). Tien jaar se onversorging het die sysagte haartjies in grysvuil rastalokke laat mat. Hy bespuit die wit oumenshare eers met ’n swak seepoplossing, spoel dit dan met skoon water af en begin die klam koeke met langsame, delikate hale uitborsel tot dit weer lank en los en donsig oor die ribbe en areolas hang, en silwerig soos die kristalle van vars sneeu die son deur die groot vensters vang.
Hy sit terug en betrag sy handewerk, luisterend na die preludes en fugas. Ja, dit lyk mos beter, sommer báie beter. Hoe voel dit om weer so gekoester te word . . . lekker, nè?
En verskuif sy bankie en sy houer met bottels en borsels effe sodat hy die volgende harige ronde stam kan bykom sonder te veel stremming op sy rug. In hierdie bedding is daar twaalf van hulle, van twintig sentimeter hoog tot byna ’n meter; stadige groeiers en veral stadige blommers. Cephalocereus senilis. Die oumankaktus. Gepas, asof dit spesiaal vir hom bedoel is, want hy voel oud en bekwaald, soms selfs bietjie seniel ook, beslis ouer as sy twee-en-sestig lewensjare. Dís wat 3 606 dae in die tronk aan jou doen, nie aan te bevole nie.
“Arthur . . . met wie praat jy?”
Hy kyk gesteurd om, maar dan versag sy blik.
Haman sit ’n skinkbord op die potystertafeltjie in die middel van die konservatorium neer. “Jy’s so besig, kom rus eers bietjie, ek het vir ons tee gebring.”
Sy gedagtes moet by sy mond uitgelek het. Haman moet dink hy’t rêrig kens geword oor hy so met die plante en die motte praat.
Arthur sit sy spuitbottel en borsel neer, trek die handskoene uit, plaas dit ook in die plastiekhouer en stoot homself met ’n hand op ’n knie orent. Sy litte kraak en hy gee ’n steun. Ja, hy ís ’n ou man. Ander sestigjariges is nog fiks, baie steeds in ’n beroep. Nie hy nie. Die tronk het tien jaar van sy lewe gesteel, hom oud en sieklik uitgespoeg.
Hy sleepvoet na die teetafel. “Is dit nie mooi nie?” sê hy met die sit op die bankie.
“Ja, dit is, maar jy moes my gesê het, ek sou hulle uitgeborsel het.”
Die musiek. Dis eintlik wat Arthur bedoel, sy oë op ’n mot by die skarlaken blom van die hangende diso. “Jy’t hulle goed versorg, meer kon ek nie vra nie.”
Cactaceae. In sy konservatorium is net kaktusse, omtrent honderd-en-vyftig spesies van twee subfamilies: Opuntioideae en Cactoideae. Sy nagblomme – meestal van die genus Cereus – is moontlik die grootste private versameling in die land, indien nie die grootste buite Sentraal-Amerika nie, oor dekades met spesiale permitte ingevoer uit eksotiese wêrelddele waarheen hy self gereis het om hulle te gaan uitsoek. Die meeste vat tien jaar voor hulle begin blom, en dan net gedurende ’n enkele somernag per jaar.
“Daar’s een!” roep Haman uit. “’n Sfinksmot, is dit nie?”
Arthur hoor die triomf in sy broer se stem en sê: “Jy’s reg, jy’t die motte mooi leer ken, nè?” Die sfinksmotte is veral lief vir die cereuse. Maar hulle is eintlik nagvlieërs en hy wil weer snags hier kom sit, met JSB se kantates, om in die sagte skynsel af te loer hoe hulle met die nagblomme omgaan, hulle slurpies diep in die kelke in om die nektar te soek.
“Wat dink jy moet ek vir haar gee?” vra Arthur. “Sy sal van ’n blommende soort hou. Dalk ’n diso? Of wat van ’n echinopsis? Nee. Moet ’n nagblom wees, daai ervaring mag sy nie mis nie.”
Haman onderbreek sy teeskinkery. “Jy wil een van jou precious nagblomme weggee? En vir wie nogal, wie’s sy, wie’s so spesiaal?”
“Juffrou Neser, Haman, dis vir háár. Een van die cereuse – ’n hylocereus of ’n selenicereus.”
Hy strek vir die teekoppie en kreun weer van ’n pyn. Dis moeilik om te bepaal wat die oorsaak van elke pyn is. Met soveel potensiële bronne. Van die destydse polisiekoeël in die skouer tot die meer onlangse wonde wat hy in sy lang, martelende inkerkering op die lyf geloop het.
Hy sit terug en vroetel na ’n pil. Vir al sy kwale drink hy ’n vrag pille op ’n dag, en hulle is steeds nie met hom klaar nie. Vir die komende week het dokter Pentz ’n spul spesialiste aangetree om hom deeglik te ondersoek. Van sy voete tot tande tot oë. Ook elke orgaan, van prostaat tot hart, elke weefsel en sel. En monsters van sy bloed is reeds in ’n spul vacutainers na patologie-, mikrobiologie- en biochemie-laboratoriums op pad. Tussenin het Elizabeth nóg afsprake vir hom gemaak, dié genadiglik darem hier by die huis. Dieetkundige, fisioterapeut, kosmetikus vir sy hare, hande en naels, masseuse vir sy seer spiere en voete.
“Wat’s fout?” wil Haman besorg weet toe hy die pil afhelp met ’n sluk tee.
“Niks, sommer net ’n skeet.”
Die steek in sy sy kan hy ten minste lokaliseer – dis waar die tronkmes onder sy arm in is toe hy ’n slag geshank is.
Maar die groot skade was meer onlangs, skaars vier maande terug, toe hy vodde geskop en geslaan is, twee ribbes gekraak, veertig steke, milt verwyder . . . laaste ding wat hy nodig gehad het, ’n getorring aan enigiets wat sy immuunstelsel raak. Nerfskeel moer toe.
Nes die polisiekoeël wat destyds in sy skouer die aarwand van die bragiale arterie geskeur en hom byna soos ’n keelaf skaap laat uitbloei het. En daai konkelende, skietlustige polisieman, verbeel jou, dié maak agterna daarop aanspraak, sonder die knip van ’n skaamtelose oog, dat hy met sy teenwoordige gees en flinke toerniket eintlik Arthur Wilky se lewe gered het. En dis nie eens helfte van sy wondkronieke nie – hý, die pasifis besiel met ’n gees van vrede, maar altoos, ironies, die slagoffer van geweld.
The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Koms van die motman</i> deur Chris Karsten appeared first on LitNet.