Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21784 articles
Browse latest View live

Aardklop 2017: ’n Onderhoud met YOMA

$
0
0

Menán van Heerden gesels met YOMA (Claudia Witbooi) oor OOR/EEN/STEM, met HemelBesem (Simon Witbooi), YOMA (Claudia Witbooi) en Coenie de Villiers.

Waar kom die idee vir OOR/EEN/STEM vandaan? Waarna kan die gehoor uitsien?

Ek, HemelBesem en Coenie is genader vir ’n show by die Taalmonument in Paarl verlede jaar. Toe ons met ’n konsep vorendag moes kom, het ons besluit om te praat oor dinge waaroor ons passievol voel.

Die show gaan oor hoe verskillend en tog dieselfde ons almal is en ons beeld dit lekker uit deur middel van teks en musiek. Dis ’n lekker impromptu show.

Ons het toe koppe bymekaar gesit om ’n naam uit te dink wat dit die beste sou saamvat en die briljante Simon het ’n aha!-oomblik gehad en sê toe: "OorEenStem".

HemelBesem (Simon Witbooi), YOMA (Claudia Witbooi) en Coenie de Villiers (grafika: aardklop.co.za)

Waar kom die naam YOMA vandaan?

YOMA sinspeel op “jou ma”.

Vertel meer van jou aktivisme in gemeenskappe.

Dis iets waaroor ek baie passievol is: ons mense! Ek werk met ATKV Crescendo, waar ons deur die land toer om opkomende en gevestigde kunstenaars ’n platform te bied om hul ding te doen. Hier skaaf ons graag ook aan karakter en berei die mense voor vir die bedryf daar buite. 

Ek kyk ook daarna om betrokke te raak by gemeenskapsprojekte hier bo in Johannesburg, Namibië en Prins Albert.

Watter temas raak jy aan in jou musiek?

Ek praat graag oor die huidige toestand van hip-hop, gemeenskapskwellinge, emosionele gesondheid, Afrikaans – ek probeer mense opbou deur my musiek en om vroue te bemagtig.

Tans is ek besig met my eerste konsepalbum, getitel Moedertaal, waar ek die reis van ma-wees deel en ook verskeie sosiale probleme op ’n poëtiese wyse aanspreek. Mense kan uitsien na features saam met Coenie de Villiers, Corlea Botha, DJ Ready D en nog vele ander super talentvolle kunstenaars.

Waar kom jou liefde vir digkuns en rymklets vandaan en wie inspireer jou?

Digkuns was nog altyd ’n wonderlike uitlaatklep vir my. Die hip-hop-gogga het kom byt toe ek meer leer oor wat hip-hop behels en besef dat ek my digkuns met die ritme daarvan kan meng – ’n nuwe wêreld het vir my oopgegaan.

Lauren Hill was nog altyd ’n groot inspirasie vir my. Ek waardeer haar eerlikheid, menslikheid en veral die feit dat sy haarself respekteer. Sy is ’n uitstekende musikant en legende in hierdie era. Ek luister ook graag ondere andere ‘60's-musiek, Bonobo en klassieke musiek. Omdat ek na verskeie genres luister, sal julle dit in my musiek ook hoor oorspoel. Ek is lief vir eksperimenteer.

Jy en HemelBesem is getroud – beïnvloed julle mekaar se musiek?

Definitief. Ek het groot respek vir hom as ’n kunstenaar en is sy grootste aanhanger! ’n Man met soveel integriteit, en ek dink hy's geniaal. Hy sê my hy's my grootste fan. Ag wat, dis net lekker om passievol oor dieselfde ding te wees en ’n verskil te kan maak in mense se lewens met die musiek. Ons tree ook graag saam op en elke keer is spesiaal. 

YOMA (Claudia Witbooi) (foto: Izak de Vries)

Word vroue genoeg in Afrikaanse rymklets verteenwoordig?

Ongelukkig nie. Dus wanneer ons die land plat toer, praat ek met duisende dames oor hoe belangrik dit is om jou stem te laat hoor en jou opinie te lug. Niemand anders gaan dit vir jou doen nie. Dis vir my belangrik om vroue te bemagtig waar ek kan. Soveel vroue word afgekraak deur haatspraak, veral wanneer dit kom by die "new school" Amerikaanse standaard van hip-hop. Dit maak my hartseer, want hip-hop is ’n mooi, opbouende kultuur. Ek is YOMA in Afrikaans, om te wys dat dit lekker kan wees om jouself in jou moedertaal uit te druk. 

Saam met taal kom identiteit en kultuur – moet nooit jou moedertaal minag of ander toelaat om dit te doen nie. As jy wil rym in Afrikaans, doen dit dan. Dis ons taal.

YOMA se optrede by die WAT se Woordpret op 26 Mei 2017:

Vertel vir ons meer van jou passie vir Afrikaans, vorige projekte en toekomstige projekte.

Afrikaans lê so na aan my hart. Dis wie ek is, hoe ek oorkom en myself die beste kan uitdruk. Vir my is die doel van kuns juis om bloot te stel wie jy is. Ek het agtergekom dat daar duisende mense is wat nie hulself in hul moedertaal uitdruk nie agv die stigma wat daarmee gepaard gaan. Ek probeer dit breek, want saam met taal kom identiteit en karakter. Wat is die doel van kuns as jy nie jouself ten volle daarin kan uitdruk nie.

Tans werk ek aan my eerste konsepalbum, Moedertaal. Dit word hierdie jaar Desember of volgende jaar Januarie vrygestel. 

Ek blog ook vir Rooi Rose en deel graag wat ek as swanger vrou ervaar – dis als ’n aanloop tot die vrystelling van my album.

Ek is ’n trotste ambassadeur vir TICIA asook MUD Afrika. Wat ’n groot voorreg, om te kan wys wat moontlik is vir ’n Afrikaanse dame in Suid-Afrika.

YOMA en HemelBesem (foto: Liné Enslin)

The post Aardklop 2017: ’n Onderhoud met YOMA appeared first on LitNet.


PEN Afrikaans AJV 2017: Bestuurdersverslag

$
0
0

Ek het op 1 November 2014 as PEN Afrikaans se bestuurder ingespring met ’n goeie begrip van die behoeftes van Afrikaanse skrywers, joernaliste en uitgewers, maar slegs ’n vae idee van al PEN International, ons moederorganisasie, se aktiwiteite.

Drie jaar later is ek nie net diep onder die indruk van die waarde van ’n wêreldwye skrywersnetwerk soos PEN nie, maar is ek baie meer bekommerd as drie jaar gelede oor die voortbestaan van alles waarvoor PEN hom sedert sy stigting in 1921 beywer het. Wanneer jy al ’n paar PEN-kongresse bygewoon het en gereeld korrespondensie ontvang, besef jy uitdrukkingsvryheid en taalregte en daarmee ook die letterkundes en joernalistiek van minderheidstale is nie net in ons land onder beleg nie. PEN International se sogenaamde Case List wat boekhou van aangemelde aanslae op uitdrukkingsvryheid, toon wêreldwyd ’n toename in onverdraagsaamheid, sensuur en die intimidasie van skrywers en joernaliste. In Suid-Afrika moes ons die skrikbewind van Hladui Motsoeneng by die nasionale uitsaaier verduur en het ons gesien hoe die regering blatant en amptelik probeer om ’n vrye pers en uitdrukkingsvryheid aan bande te lê met die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, en die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.

By die US Woordfees vroeër vanjaar het ek gaan luister na ’n kommerwekkende gesprek met die tema: “The Right to Offend”. Max du Preez het gesels met Anton Kannemeyer van die satiriese Bitterkomix en met die spotprenttekenaars Brandan Reynolds en Zapiro.

Kannemeyer het vertel hoe sy galery nie meer sy polities satiriese werk wou uitstal nie en teenoor hom verklaar het dat dit tyd is vir die wit man om te swyg – dít terwyl hy besig was om voor te berei op verskeie internasionale uitstallings. Zapiro het verduidelik dat hy weg is by die Mail & Guardian omdat hy gedurig gewaarsku is om versigtiger te spot. “I felt hounded by political correctness,” het hy gesê.

Max du Preez het later in die gesprek gesê: “Ons ouens hier in die middel moet nou eenvoudig aandôner na die beste van ons gewete.” Waarop Zapiro hom onderbreek het: “Wait a second, Max, since when did we become middle of the road? I still see myself as a lefty – the new left is neo-fascist.”

Dit is in hierdie klimaat waar die titel van Seamus Heaney se gedig oor die destydse situasie in Noord-Ierland weer gevaarlik na aan die waarheid begin klink: “Whatever You Say, Say Nothing”. En soos Heaney dit later in dié vers stel: “The ‘voice of sanity’ is getting hoarse.” 

In so ’n klimaat verteenwoordig hierdie woorde uit die PEN Handves wat elke lid onderskryf, die strewe van outydse linkses: “Lede van PEN behoort te alle tye die invloed tot hul beskikking te gebruik om goeie begrip en onderlinge respek tussen volkere te bevorder; hulle onderneem om hul uiterste bes te doen om rasse-, klasse- en nasionale haat te besweer, en om die ideaal van een mensdom wat in vrede in een wêreld woon, na te streef.”

As hierdie ou linkse ideaal nou as gematig geklassifiseer word, is dit dalk tyd om ’n vurige gematigde te word. Afrikaanse skrywers en denkers behoort juis daarom ook nie weg te skram van gesprekke wat dreig om deur radikale stemme gekaap te word nie. Ware meertaligheid is deel van dekolonisasie en by hierdie debat en stryd het Afrikaans groot belang. Dit is belangrik om in gedagte te hou wat die gerekende Ugandese skrywer en sosiaalwetenskaplike Mahmood Mamdani in Augustus vanjaar in sy TB Davey-gedenklesing oor akademiese vryheid by die Universiteit van Kaapstad gesê het.  Mamdani, wat Ikeys 16 jaar gelede verlaat het omdat hy met die universiteitsowerhede gebots het oor sy pogings om die kurrikulum te dekoloniseer, sê hy was bereid om terug te keer na dié universiteit omdat Rhodes geval het. In sy lesing het hy hard en duidelik gepraat oor die sentrale rol wat die ontwikkeling van Afrika-tale in die dekolonisasieprojek moet speel.

“Afrikaans,” het Mamdani gesê, “verteenwoordig die mees suksesvolle dekoloniseringsinisiatief op die Afrika-kontinent.” Hy het daarop gewys dat dit slegs 50 jaar se omvattende regstellende aksie-program geverg het om Afrikaans te verhef van net nog ’n Afrika-taal tot die draer van ’n intellektuele tradisie. Die groot ironie, meen hy, is dat hierdie suksesresep nie deur die demokratiese regering in Suid-Afrika aangewend is om ons ander inheemse tale op te hef nie.

Mamdami het beklemtoon dat die dekolonisasie van Afrika-universiteite nie los te maak is van die noodsaaklikheid om Afrika-tale te ontwikkel nie. “Die dekolonisasie-projek moet per definisie meertalig wees,” het hy gesê.

Ek deel Mamdani se oortuiging en dis grotendeels hoekom ek vanjaar saam met verskeie ander lede van PEN Afrikaans die Gelyke Kanse-veldtog ondersteun het in ’n poging om die Universiteit Stellenbosch daartoe te beweeg om sy instelling teenoor meertaligheid en die daarmee gepaardgaande uitfasering van Afrikaans te heroorweeg. Die Hooggeregshof het nog nie uitspraak gelewer nie en dié saak sal heel moontlik in die Grondwetlike Hof draai, maar wat ook al die uitslag: Ek is oortuig Engels alleen is nie die antwoord vir Suid-Afrika is nie. As die ou koloniale tale soos Engels, Frans en Portugees regtig die enigste sleutels tot ekonomiese bemagtiging en kulturele selfrespek was, sou Afrika vandag anders gelyk het.

Die uitdaging vir PEN Afrikaans is dus steeds om in vennootskap met ander inheemse tale en organisasies en almal wat teen wil en dank in die gematigde middel van radikale nuwe nasionalismes en ’n siniese kleptokrasie beland het, te werk vir ’n meer verdraagsame taalpolitiek. Ons sal inderdaad verbete moet aandôner na die beste van ons gewete in die hoop om nuwe bondgenote te vind.

By PEN gaan dit egter nie net oor taalregte nie, maar ook sentraal om die bevordering van die letterkunde en uitdrukkingsvryheid.  

En daarom is ek verheug dat 2017 die jaar is waarin die PEN Afrikaans Vertaalfonds met die ruim finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderrig (TAO) opgerig is. Baie dankie aan Theuns Eloff en Astrid de Vos van TAO vir julle hartlike welwillendheid. ’n Tamaai dankie ook aan Marga Stoffer wat hierdie inisiatief gedryf het en in oorleg met PEN Afrikaans se bestuur die fonds gekonseptualiseer het. Ons hoop en glo hierdie fonds sal verdienstelike Afrikaanse skrywers en digters wat nog nie buite ons landsgrense bekend is nie, help om ’n internasionale deurbraak te maak. Marga sal later meer oor die fonds sê en verduidelik hoe dit werk.  

Ander aktiwiteite en projekte waaroor ek graag vanjaar kortliks verslag doen, is die volgende:

- Die suksesvolle voltooiing van die tweede fase van die Noord-Kaapse Trippel-7-projek onder leiding van Anzil Kulsen, wat verlede jaar die leisels by Bettina Wyngaard oorgeneem het. In fase twee het Anzil ’n naweek lange opvolgskryfskool in Upington gedurende Februarie vanjaar aangebied saam met die digter Diana Ferrus en Haidee Muller, die bekende RSG-omroeper. Van Haidee se gesprekke met die deelnemers is ná die skryfskool op RSG uitgesaai; al die deelnemers het Riana Scheepers en Leti Kleyn se Afrikaanse Skryfgids ontvang en drie van die belowendste Trippel-7-skrywers het vanjaar die ATKV Winterkryfskool in Potchefstroom bygewoon. ’n Groot dankie ook aan Bernard Odendaal van die PEN-bestuur, wat gehelp het om die Trippel-7-kandidate se deelname aan die ATKV Winterskryfskool 2017 moontlik te maak. Een van die Trippel-7-kandidate, Moryn Hanzen, se eersteling, Pad na Geluk, het in Julie vanjaar by NB verskyn. ( http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-die-tweede-fase-van-die-trippel-7-projek/)

Op Wêreldgeletterdheidsdag, 8 September, vanjaar het PEN International die kollig gewerp op die sogenaamde Civil Society-programme wat PEN in vennootskap met Sida (Swedish International Development Cooperation Agency) wêreldwyd finansieel ondersteun. Ons is baie trots op die positiewe internasionale blootstelling wat ons Trippel-7-projek in hierdie geselskap ontvang het. (http://www.pen-international.org/wp-content/uploads/2017/09/PEN-Int-Exhibition-A0-v10.pdf)

- PEN Afrikaans deel sedert 2015, met die vriendelike vergunning van Taalgenoot se redaksie, dié kwartaallikse tydskrif se boekverwante inhoud op ons webportaal. Hierdie boekstories en resensies is nie elders digitaal beskikbaar nie.

Met die Herfs 2017-uitgawe van Taalgenoot is ons samewerking uitgebrei met die eerste in ’n nuwe rubriekreeks wat PEN Afrikaans aanbied en borg: Boeke wat skrywers laat skryf. Die eerste van hierdie rubrieke is deur ons voorsitter, Kerneels Breytenbach, waargeneem en in die daaropvolgende uitgawes het Ryk Hattingh en Marita van der Vyver geskryf oor die Afrikaanse boeke wat hulle aan die skryf gesit het en aan die skryf hou. Taalgenoot se volgende uitgawe (Somer 2017/2018) se tema is jeug en vir hierdie uitgawe het Jolyn Philips ingewillig om die rubriek te skryf. (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-aug-2017/)

- Sedert die begin van die jaar versamel ek ’n maandelikse oorsig van Afrikaanse boekresensies wat in die vorige maand verskyn het en digitaal beskikbaar is. By hierdie lys sluit ek ook skakels in na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is. PEN Afrikaans wil hiermee ’n bydrae tot die leeskultuur maak en stadig maar seker bou aan ’n aanlyn argief, wat vir alle lesers, leeskringe, skrywers, navorsers en uitgewers nuttig en interessant is. Die oorweldigend positiewe reaksie uit die boeke- en skrywerswêreld was ’n helder aanduiding dat hierdie PEN-inisiatief een is waarmee ons moet volhou. Ek bedank graag al die boekeredakteurs en die staatmaker Naomi Bruwer vir die hulp met hierdie samestelling elke maand. (http://www.litnet.co.za/afrikaanse-resensies-en-boekgesprekke-januarie-2017/

- Die Universal Periodic Review-verslag is in samewerking met PEN International en PEN South Africa oor die stand van uitdrukkingsvryheid en die menseregteklimaat in Suid-Afrika in September 2016 aan die Menseregte Raad (Human Rights Council) in Genève voorgelê. Hierdie verslag is vanjaar bygewerk en ’n opsomming van die strekking en kernpunte daarin vervat, is in April vanjaar op PEN International se webwerf gepubliseer. (http://www.pen-international.org/newsitems/south-africa-pen-joint-submission-to-the-un-universal-periodic-review/)

- Ons het reeds by ons vorige AJV en in verskeie nuusbriewe gewaarsku dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg uiters problematies is. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

PEN Afrikaans het daarom saam met PEN South Africa kommentaar op dié wetsontwerp by die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid ingedien. Hierdie kommentaar is opgestel met die hulp van die kopieregkonsultant Catrina Wessels en dit wys duidelik uit watter gevare hierdie onverantwoordelike wysiging van ons kopiereg vir skrywers en uitgewers inhou. (http://www.litnet.co.za/kommentaar-deur-pen-afrikaans-op-die-wysigingswetsontwerp-op-outeursreg-13/)

Ons kon uiteindelik ons kommentaar indien met die name van 'n 126 gevestigde skrywers, uitgewers, besorgdes en ander instansies wat ons voorlegging amptelik ondersteun. (Marga Stoffer sal julle meer hieroor vertel.)

- Teen die problematiese strekking van die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak het PEN South Africa vroeër vanjaar in ’n amptelike voorlegging met die volle ondersteuning van PEN Afrikaans beswaar aangeteken. (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-maart-2017/)

- Digitale e-boekboewery: Izak de Vries, ’n bestuurslid van PEN Afrikaans, het op 19 April vanjaar ’n wenk van die publiek gekry dat ’n geheime Facebook-groep e-boeke verniet weggee, en selfs teen ’n nominale prys verkoop, sonder om die gelde wat gemaak word na die skrywers te herlei. Izak het die bestuur in kennis gestel en hy het in samewerking met Marga Stoffer, PEN Afrikaans se ondervoorsitter, dié saak opgevolg. Die wederregtelike bedrywighede is met die hulp van SAFACT se E-Taskteam stopgesit. Izak en Marga het daarna in samewerking met SAFACT ’n tweede soortgelyke webwerf se bedrywighede beëindig. (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-mei-2017/)-

- Twee dag lange resensiekursusse is vanjaar in samewerking met NB-Uitgewers en Netwerk24 aan 30 voornemende resensente aangebied. Die kursus in Johannesburg op 3 Junie is deur Francois Smith behartig en die kursus in Kaapstad op 5 Augustus deur Kerneels Breytenbach. Van die kursusgangers het intussen met resensies op boekeblaaie gedebuteer en Jo Prins van Boeke24 het gesê: “Die reaksie was so entoesiasties dat ons waarskynlik volgende jaar in ál vier windrigtings resensiekursusse sal moet aanbied. En die bestaande noordelike en suidelike kursusse se lokale sal moet skuif sodat ’n mens minstens dubbel soveel mense kan akkommodeer.” (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-julie-2017/)

- Teen die skreiende sensuur wat onder Hlaudi Motsoeneng by die nasionale uitsaaier toegepas is, het PEN Afrikaans herhaaldelik in die openbaar saam met PEN South Africa en verskeie ander organisasies beswaar gemaak. Onder leiding van Izak de Vries, ons hoofaanstigter op die bestuur, het ons in besondere die tugsaak van Thulani Msimang vervolg. Msimang is deur die SAUK met skorsing gedreig omdat hy op sy persoonlike Facebook-blad kritiek uitgespreek het oor die NVG se gebrek aan aksie teen president Zuma. PEN Afrikaans het hierdie saak gemonitor en het direk met die SAUK se tugkomitee gekommunikeer oor dié aangeleentheid. Die saak teen Msimang is teruggetrek en Msimang het in ’n hartverwarmende e-pos aan Izak de Vries geskryf: “My family and I are eternally grateful to you and PEN Afrikaans.” (http://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-nuusbrief-maart-2017/)

Hierdie verslag is uiteindelik ook ’n omslagtige manier van baie dankie sê aan al die bestuurslede van PEN Afrikaans met wie ek die afgelope drie jaar kon saamwerk. Ek waardeer julle onbaatsugtige bydraes en ondersteuning te midde van  baie ander werksdruk en verpligtinge geweldig. ’n Innige dank ook aan die Dagbreek Trust en ander weldoeners vir die finansiële ondersteuning wat dit vir my moontlik gemaak het om my saam met ander vrywillige entoesiaste aan PEN Afrikaans se bestuur en ontwikkeling te wy. Ons PEN-sentrum het baie waardevolle myle in ’n kort tydperk afgelê en ons is nou goed geposisioneer om die saak van die Afrikaanse letterkunde, joernalistiek en uitgewerswese sowel nasionaal as internasionaal te bevorder.

 

The post PEN Afrikaans AJV 2017: Bestuurdersverslag appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans AJV 2017: Terugvoer oor Kopiereg-wysigingswetsontwerp

$
0
0

Suid-Afrika se Wet op Outeursreg van 1978 is verouderd en maak byvoorbeeld glad nie voorsiening vir ontwikkelinge soos die Internet wat sedert die skryf van daardie wet ontstaan het nie. Dit was dus nodig om die wetgewing te verander om onder meer tred te hou met tegnologiese veranderinge.

Verlede jaar is ’n Wysigingswetsontwerp ter tafel gelê. Daar was groot ontsteltenis by uitgewers, skrywers en mense in ander kreatiewe bedrywe oor verskeie aspekte van die wetsontwerp. ’n Groot aantal partye het formeel geskrewe kommentaar gelewer op aspekte van die wetsontwerp – dit sluit in PASA (Suid-Afrika se uitgewersvereniging), DALRO, SAMRO, verskeie universiteite, regsfirmas en die South African Institute for Intellectual Property Lawyers (SAIIPL). Ons het verlede jaar tydens PEN Afrikaans se Algemene Jaarvergadering hieroor terugvoer gegee.

Op 16 Mei vanjaar is die hersiene Wysigingswetsontwerp by die Parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit steeds verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê. Hoewel die hersiene wetsontwerp ’n paar verbeteringe bevat, is daar steeds baie foute en bly die inhoudelike wysigings tot die bestaande wet wat die uitgewersbedryf negatief sal beïnvloed behoue in die hersiene weergawe.  Soos voorheen, is bitter min tyd beskikbaar gestel vir kommentaar en voorleggings en moes voorleggings reeds teen 7 Julie ingedien word. PEN Afrikaans en PEN South Africa het nie ’n voorlegging saamgestel nie maar het wel ’n gesamentlike verklaring uitgereik en aan die Portefeuljekomitee van Handel en Nywerheid gestuur. Op 1, 3 en 4 Augustus is die wetsontwerp in die Parlement bespreek, en het ’n groot aantal partye die geleentheid gehad om voorleggings te doen.

Die een aspek van die wetsontwerp wat vir skrywers en uitgewers verontrustend is, is die hantering en omskrywing van billike gebruik en uitsonderings in die wetsontwerp, en dit is ook ’n onderwerp wat baie aandag geniet het in die komitees. Om dit baie te vereenvoudig: daar is twee opponerende groepe: dié wat “Fair Use” (billike gebruik) en “Open Access” ondersteun, en dié wat glo aan “Fair Dealing”, met sterker beskerming van skrywers en uitgewers se regte. PEN Afrikaans se standpunt is in lyn met laasgenoemde groep en ons het dan ook dieselfde punte van kritiek op die wetsontwerp as PASA, DALRO, SAMRO, CAPASSO, en ANFASA. Regsgeleerdes soos regsfirmas, SAIIPL en die Anton Mostert Leerstoel vir Intellektuele Goederereg van die Universiteit Stellenbosch het ook sterk kritiek op die wetsontwerp uitgespreek. Daarteenoor staan Google, die Universiteit van Kaapstad, LIASA (die biblioteekorganisasie van SA), en die Freedom of Expression Institute, wat hulle beywer vir vrye toegang tot inhoud.

Die volgende aspekte van die aanvanklike wetsontwerp het uit skrywers- en uitgewersgeledere teenkanting gekry, en is nog steeds in plek in die hersiene weergawe van die wetsontwerp:

  • Die instel van die begrip “billike gebruik” vir onder meer opvoedkundige doeleindes.
  • Naas die algemene billike gebruik-vergunning, maak die wetsontwerp ook voorsiening vir spesifieke kopiereg-uitsonderings vir opvoedkundige doeleindes. Opvoedkundige instellings mag dele van outeursregwerke byvoorbeeld sonder toestemming en sonder vergoeding insluit by hul voorgeskrewe materiaal. Indien ’n handboek uit druk is of nie beskikbaar is om teen ’n “redelike prys” aan te koop nie, mag opvoedkundige instellings voortgaan om die hele handboek te kopieer, sonder toestemming of vergoeding.
  • Die wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat die staat in sekere omstandighede lisensies mag toestaan vir die vertaling van ’n outeursregwerk, selfs wanneer die outeursregeienaar toestemming geweier het.
  • Kontrakbepalings wat in stryd is met bepalings oor billike gebruik sal nie afdwingbaar wees nie.

’n Nuwe toevoeging is dat daar ’n uitsondering sal wees vir die verskaffing van outeursregwerke aan “under-served populations”, sonder toestemming van of vergoeding aan outeursreghouers, met geen beperking op wie hierdie werke aan hierdie gemeenskappe kan verskaf nie, en geen perke op die koste wat die verskaffers daarvoor kan vra nie.

Skrywers wat hul brood en botter verdien uit werke wat vir die skole- of universiteitsmark voorgeskryf word, kan ’n aansienlike afname in inkomste verwag indien hierdie wysigings aanvaar word. Akademiese en opvoedkundige uitgewerye, asook algemene uitgewerye wat letterkunde publiseer wat in klaskamers onderrig word, sal ook ’n knou hierdeur toegedien word. Die presiese aard van dié knou was tot voor die besprekings in Augustus onduidelik, want ten spyte van die Departement van Handel en Nywerheid se onderneming aan belanghebbendes tydens die konsultasieproses in 2015, het hulle nie ’n onafhanklike ekonomiese impakstudie laat doen nie. PASA het egter as deel van sy voorlegging ’n impakstudie wat deur PricewaterhouseCoopers (PwC) gedoen is, voorgelê. Volgens hierdie studie sal verkope van boeke met tot 33% verminder (dws ongeveer R2,1 biljoen per jaar), skrywers se inkomste uit die opvoedkundige mark sal met 25% daal en hulle sal minder skryf vir dié mark, ongeveer 1 250 mense in die uitgewersbedryf kan hulle werk verloor, en die invoer van opvoedkundige/akademiese boeke sal styg terwyl uitvoer sal daal. Die verslag kan hier afgelaai word: http://www.publishsa.co.za/file/1501661689hnf-pwcreportonthecopyrightbill2017.pdf

Einde Augustus was daar verdere terugvoer-sessies in die Parlement. Partye wat voorleggings gedoen het en kritiek gelewer het, is gevra om voorstelle te verskaf om slordige formulerings in die wetsontwerp te korrigeer. Waar ons nou staan, is dat ’n taakspan aangestel is om verder aan die problematiese bewoording van die wetgewing te werk, en ons wag vir verdere gesprekke in die Parlement. 

Dit bly van die uiterste belang dat hierdie wetsontwerp nie deurgedruk word nie, maar dat belanghebbendes saamstaan om te verseker dat hulle regte beskerm word. Ek vra dus dat skrywers, joernaliste en uitgewers werklik seker sal maak dat hulle bewus is van wat gebeur en dat verwikkelinge rondom die wetsontwerp genoeg aandag in die media ontvang.

Marga Stoffer
PEN Afrikaans AJV, Wellington, 16 September 2017

The post PEN Afrikaans AJV 2017: Terugvoer oor Kopiereg-wysigingswetsontwerp appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans AJV 2017: Notule

$
0
0

Notule

PEN Afrikaans se AJV op 18 September 2017 om 12:30 te Wellington Biblioteek

1. Verwelkoming

Kerneels verwelkom almal.

2. Verskonings en vasstelling van ’n kworum

Kerneels stel dit aan die vergadering dat daar een en twintig mense teenwoordig is en dat hy negentien volmagte ontvang het. Dit beteken daar is ’n kworum teenwoordig.

Teenwoordig: Danie Marais, Naomi Bruwer, Rudi Venter, Francis Galloway, Rachelle Greeff, Willem de Vries, Andries Visagie, Charl-Piere Naudé, John Miles, Abraham de Vries, Marga Stoffer, Carolyn Meads, Marni Bonthuys, Helené Prinsloo, Bibi Slippers, Miemie du Plessis, Rethie Loubser, Emile Visagie-Bothha, Andries Bezuidenhout, Kerneels Breytenbach, Izak de Vries

Die volgende lede het volmagte gestuur, Kerneels lees die name uit: Frederick J. Botha, Wannie Carstens, Reneé Conradie, Hannes Deetlefs, Ronel de Goede, Helene de Kock, Fanie de Villiers (Kleinboer), Clinton du Plessis, Tertius Kapp, Estelle Neethling, Bernard Odendaal, Chanette Paul, Maritz Spaarwater, Uys van der Hoven, Rudie van Rensburg, Christelle van Rooyen-Wessels, Jan van Tonder en Elsa Winckler.

Die volgende lede het verskoning aangeteken, Kerneels lees die name uit: Amanda Botha, Pieter Cilliers, Jaco Fouché, Anton van Niekerk, Naas Steenkamp en Conrad Steenkamp.

3. Die kwessie van bestuurslede wat herverkiesbaar is na vier jaar

Kerneels opper die kwessie van ’n voorstel wat gemaak is dat ons grondwet moet verander om te keer dat bestuurslede meer as vier jaar op die bestuur bly. Hy noem dat dit moeilik sal wees om iemand soos Naomi, wat tans die tesourier is, te vervang en hy stel dus voor dat ons nie die grondwet sodanig verander nie. Daar is geen teenstem nie.

4. Goedkeuring van die vorige notule

Die notule vir die AJV gehou op 20 Augustus 2016 is op die internet beskikbaar en is weer aan lede voorgehou in ’n e-pos wat op 8 September 2017 uitgestuur is. Kerneels vra of daar enige vrae is, of sake wat uit die notule spruit? Daar is geen. Naomi stel voor dat die notule goedgekeur word,  dit word deur Marga gesekondeer.

5. Voorsittersverslag

Kerneels lewer nou sy voorsittersverslag. Hy noem dat Danie ’n ander betrekking aanvaar het, en bedank hom vir die wyse waarop hy PEN Afrikaans gedien het. Melding word ook gemaak van Marga se harde werk om die vertaalfonds op die been te bring, en Naomi word bedank vir haar werk met ons boeke. Die verslag is op die internet beskikbaar.

6. Tesourier se verslag

Naomi lewer haar verslag. Sy meld dat daar geen fout of bevraagtekening was met betrekking tot die finansies nie, maar noem ook dat die nuwe beleid volgens die ouditeure  beteken dat NRO’s nie ’n ongekwalifiseerde oudit kan kry nie. Die oudit is gedoen deur LDP, Stellenbosch.

Op navraag hoekom die oudit gekwalifiseerd was, terwyl PEN Afrikaans vir die 2015-boekjaar 'n skoon oudit ontvang het, het die ouditeure as volg geantwoord:

Dit blyk ‘n oorsig te wees is in die 2015 finansiële state omdat dit standaard praktyk is vir die ouditopinie om gekwalifiseerd te wees vir ‘n nie-winsgewende organisasie. Die opinie wat ons in die 2016-state insluit is dus die standaard kwalifikasie vir nie-winsgewinde organisasies. Die opinie word gekwalifiseer omrede dat dit nie moontlik sal wees vir die ouditeure om te bepaal of kontant donasies ontvang was en nie aangeteken is nie.

Daar is geen vrae nie en sy meld weer dat enige lid mag versoek om toegang te kry tot die ouditverslag.

7. Bestuurder se verslag

Danie lewer sy verslag. Die volle verslag is op die internet te lees.

8. Die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds

Marga lewer kortliks verslag oor die PEN Afrikaans vertaalfonds en onderstreep die belang van Afrikaanse boeke wat oorsee uitgegee word. Die verslag is op die internet te lees.

9. Verwikkelinge rondom kopiereghervorming

Marga lewer kortliks kommentaar op die verslae en voordragte aan die parlementêre portefeuljekomitee. Sy onderstreep hoe gevaarlik die voorgestelde wetgewing is. Haar verslag is op die internet te lees.

Francis Galloway waarsku ook dat die boekhandelaars baie seer gaan kry as hierdie wetgewing deurgaan.

Daar is goeie samewerking met PEN South Africa in hierdie verband, berig Danie.

10. Verkiesing van ’n nuwe bestuur

Marga Stoffer word deur Kerneels Breytenbach genomineer as voorsitter. Rachelle Greeff sekondeer. Daar is geen teenstem nie.

Danie Marais word deur Kerneels Breytenbach genomineer as ondervoorsitter. Marga Stoffer sekondeer. Daar is geen teenstem nie.

Naomi Bruwer word deur Marga Stoffer genomineer as tesourier. Kerneels Breytenbach sekondeer. Daar is geen teenstem nie.

Die volgende lede is verskiesbaar en word aan die teenwoordiges voorgehou om op die bestuur te dien: Izak de Vries, Bernard Odendaal, Andries Visagie en Francis Galloway. Daar is geen teenstem nie. Charl-Pierre Naudé word sonder teenstem gekoöpteer.

Afsluiting

Marga neem die voorsitterstoel in en bedank Kerneels vir sy volgehoue, harde werk vir PEN Afrkaans.

Daarna verklaar sy vergadering as afgehandel.

The post PEN Afrikaans AJV 2017: Notule appeared first on LitNet.

Tuin van Digters 2017: ’n oorsig

$
0
0

“Uitdagend skeppend”. Dit was die tema van vanjaar se Tuin van Digters. Die fees was volgepak met besprekings, uitstallings en musiek wat gesorg het dat daar iets op die program is vir almal.

’n Hoogtepunt op vanjaar se program was die bespreking van Carina Stander se boek Die Bergengel. Stander beskou haar nuwe boek as een van die moeilikste projekte wat sy nog ooit aangepak het en sy sê dit was moeiliker as om haar meestersgraad te kry en ook moeiliker as om twee digbundels te publiseer.

Sy vertel dat sy op agtjarige ouderdom besluit het dat sy ’n digter wil word. Sy het haar ma gevra wat sy moet doen om ’n digter te wees, en haar ma het gesê: “My kind, jy is klaar ’n digter.” ’n Tranerige Stander vertel ook sy het op daardie ouderdom geskryf omdat sy nie kon praat nie.

Die Bergengel speel af in ’n verbeeldingsland, Gabriëlle, en die genre wat dit die naaste beskryf, is magiese realisme. Ander noem dit spekulatiewe letterkunde en meen selfs dat dit ’n sprokie is. Stander sê ook verder dat die boek allegories geskryf is en dat dit as een uitgebreide metafoor gelees kan word. Die boek neem die karakters en die leser op ’n geestelike reis en Stander het gekies om ’n 13-jarige seun as hoofkarakter te gebruik omdat sy weg van haarself wou skryf.

’n Groot en aangename verrassing van die boekbespreking was die uitstalling wat daarmee gepaardgegaan het. Karakters en plekke uit die boek hang teen die mure en soos Stander gesels, verwys sy daarna, wat die gehoor help om die gebeure beter te visualiseer. Stander se energieke, eerlike antwoorde en praatjies was ’n besliste hoogtepunt.

Carina Stander

Nog ’n treffer op die program was Tribal Echo se toonsetting van party van Adam Small se gedigte. Hierdie Afrikaanse musiekgroep van Kleinmond het eer aan Small betoon deur sy werk op netjiese en respekvolle wyse voor te dra.

Frazer Barry, voorman van die groep, sê die volgende oor Adam Small: “Oom Adam se werk het my regtig gegryp op soveel maniere. Ek het dit regtig nie gaan soek nie. Dit is asof ek in ‘n dringende kolk van kreatiwiteit opgeneem is met een sending, om ’n nuwe stem aan oom Adam se werk te gee. Die wonder van oom Adam se werk is dat dit so ’n groot deel van die bruin mense se psige en bestaan dek, maar dat dit universeel deur ander kulture kan sny.

“Oom Adam beteken baie vir my as kreatiewe kunstenaar, aangesien hy baie moeite gedoen het om die gees van sy tyd vas te vang. So byvoorbeeld het hy by verskeie tydslyne van sy lewe inspirasie gevind in current affairs en die issues van die samelewing. Hy het aan diegene op die buitewyke van die Suid-Afrikaanse samelewing wat nie ’n stem gehad het nie, vir altyd ’n stem gegee. Ek voel dus dat die erns en die gewig van sy werk na ’n nuwe generasie oorgedra moet word. Ek hoor die musiek in sy prosa en digkuns en ek kan die verskeie musikale tydslyne optel, soos byvoorbeeld die doodsmarse, die rock, die ghoema, die Boland-koortjies, die riel, die rymklets ... dit is als daar!”

Tribal Echo gee as’t ware weer lewe aan die legendariese Small se woorde. En as jongmens is dit vir my opwindend om Adam Small se woorde op Tribal Echo se manier te hoor.

Tribal Echo (Oesfees 2017, foto: Naomi Bruwer)

Johan van Lill het ’n paneelbespreking saam met Rachelle Greeff en ’n paar studente wat deel was van Greeff se skryfskool, gelei. Greeff meen jy het ’n goeie sin vir humor nodig om te skryf, en in haar skryfskool probeer sy ’n veilige omgewing skep waarbinne mense kan leer en oefen om te skryf. Deelnemers doen kreatiewe oefeninge, sowel as breinoefeninge, en dit is ewe belangrik om aandag aan vertaling te gee. Greeff nooi ook gereeld gasskrywers en uitgewers om fabrieksgeheime te kom deel en moedig mense wat graag wil skryf, aan om net te gaan sit en skryf.

Dikwels maak ’n mens dit vir jouself moeiliker omdat jy die skryfwerk heeltyd uitstel. Skrywers, of aspirantskrywers, moet ook nie bang wees vir kritiek nie, want kritiek is iets wat met die beroep gepaardgaan.

Aansoeke om by die skryfskool aan te sluit is nou oop en belangstellendes kan die Breytenbach Sentrum se webtuiste besoek vir meer inligting: https://breytenbachsentrum.co.za/wp-content/uploads/2017/09/rachelle-greeff-skryfskool.pdf.

Churchil Naudé (foto: Naomi Bruwer)

Die bekendstelling van Nuwe stemme 6 het ook tydends die fees plaasgevind en dit was aangenaam om jongmense (soos Elodi Troskie, wat 19 jaar oud is) saam met ouer volwassenes op die verhoog te sien. ’n Bekende naam wat ook in Nuwe stemme 6 verskyn, is dié van Churchil Naudé, en hy het die gehoor se asem weggeslaan met sy vertolking van een van sy gedigte.

Tuin van Digters is ’n opwindende platform vir ou en nuwe talent om saam te smelt en gesprekke oor tydsgrense heen te hê. In hierdie uitdagende tye waarin ons leef, beskaam die hoop om te skep gelukkig nie.

Sien ook foto's van die Tuin van Digters 2017 hier.

The post Tuin van Digters 2017: ’n oorsig appeared first on LitNet.

Pos beskikbaar: Bestuurder van PEN Afrikaans

$
0
0

PEN Afrikaans is op soek na ’n nuwe bestuurder.

Die bestuurder moet as gesig van die werkgewer die prominensie van dié organisasie verseker en uitbou. ’n Geskikte kandidaat moet uitstekend kan skryf in Afrikaans en Engels, goed vertroud wees met die Afrikaanse letterkunde en media, en bedrewe wees met sosiale media (Facebook en Twitter).

Die pligte van die bestuurder behels, onder meer, die volgende:

- Publisiteit en die gereelde opdatering van die PEN Afrikaans-webportaal asook die verdere verspreiding van hierdie inhoud via sosiale media (Facebook en Twitter). Inhoud op die webportaal sluit alle nuusbriewe, verklarings, petisies en stellingnames van PEN Afrikaans in asook verslae van lede oor projekte en ander werksaamhede
- Skakelwerk met PEN International en ander PEN-sentrums, relevante organisasies, kunstefeeste, die media en lede van die publiek
- Skakeling met en verslae aan die Departement Sosiale Ontwikkeling om te verseker dat PEN Afrikaans sy wetlike verpligtinge as niewinsgewende organisasie nakom
- Ledewerwing, lede-bediening en die opdatering van lede-inligting sowel as die digitale argivering van inligting en dokumentasie relevant tot PEN Afrikaans se werksaamhede, geskiedenis en statutêre verpligtinge
-  Ondersteuning van die tesourier ten opsigte van finansiële boekhouding, bestuur en die insameling van ledegeld
- Administrasie van die PEN Afrikaans Vertaalfonds
- Organisering van die algemene jaarvergadering en ander bestuursvergaderings
- Die ondersteuning van fondswerwingsinisiatiewe en projekte

Hiermee saam moet die bestuurder deurlopend verseker dat die werkgewer voldoen aan sy grondwet en die internasionale handves van PEN Internasionaal.

Dit is ’n kontrakpos vir een jaar en die bestuurder kan van die huis af werk teen ’n mededingende salaris. Kennis van Mailchimp en Sage One- of ander Pastel-boekhousagteware sal beslis in die aansoeker se guns tel.

Belangstellendes kan hul CV’s voor of op 19 Oktober stuur na penafrikaans@gmail.com.

The post Pos beskikbaar: Bestuurder van PEN Afrikaans appeared first on LitNet.

Wen met jou lesersindruk vir LitNet!

$
0
0

Lees jy 'n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van 'n boek wat gedurende die afgelope 12 maande verskyn het, te skryf en te stuur. LitNet loof 'n prys uit van 'n R1000 kontant vir  een van die gepubliseerde lesersindrukke wat ons aandag getrek het. Alle gepubliseerde lesersindrukke wat tot en met 15 Desember 2017 verskyn het, word in ag geneem. 

  • Die doel van hierdie onderafdeling is om boekgesprekke onder lesers aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig.
  • Kritiek is welkom, maar persoonlike aanvalle teen skrywers sal nie geduld word nie.
  • LitNet behou die reg voor om nie alle indrukke wat ontvang word, te plaas nie.
  • Maksimum woordtelling: 1 500.
  • Die lesersindruk hoef nie aan enige formele stylriglyne te voldoen nie, maar gaan asseblief taalgebruik noukeurig na voordat jy die bydrae instuur.
  • 'n Lesersindruk kan 'n informele of 'n meer formele aanslag hê; die invalshoek is die leser se eie keuse.
  • 'n Lesersindruk moet asseblief nie alle kinkels en intriges van die verhaal verklap nie.
  • 'n Kort opsomming van die storie is wel gepas.
  • Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie. 
  • Indien jy nog nie oor 'n profiel op LitNet beskik nie, stuur asseblief kortlikse biografiese besonderhede en 'n foto sodat een vir jou geskep kan word.
  • Geen vergoeding is ter sprake indien jou lesersindruk verskyn nie, maar LitNet bied graag 'n platform waar lesers hul sê kan sê.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitende op die sosiale media.

Stuur jou lesersindruk na lesersindruk@litnet.co.za met die titel: "Lesersindruk van [titel en skrywer van boek]".

Ons wag op jou opinie!

The post Wen met jou lesersindruk vir LitNet! appeared first on LitNet.

Persverklaring: Spesiale rede om Internasionale Vertaaldag 2017 te vier

$
0
0

Soos tydens die afgelope 26 jaar, vier vertalers, tolke en terminoloë dwarsoor die wêreld op 30 September Internasionale Vertaaldag (IVD). Hierdie jaar is daar egter nog meer rede vir feesviering as gewoonlik, aangesien die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in Mei 2017 eenparig ’n resolusie aanvaar het wat die rol erken wat professionele vertaling in die verbinding van nasies en bevordering van vrede, begrip en ontwikkeling speel. Gevolglik is 30 September VN- Internasionale Vertaaldag en dit word regoor die hele VN-netwerk gevier.

Wat is Internasionale Vertaaldag? Dit is ’n feesdag wat in 1991 deur die Internasionale Federasie van Vertalers (FIT) ingestel is om regoor die wêreld bewustheid omtrent die belangrikheid van die werk van vertalers, tolke en terminoloë te skep en hulle bydrae tot ’n diverse samelewing te vier. Die datum van 30 September is as die feesdag gekies aangesien dit ’n dag ter herdenking van die groot Bybelvertaler, St Hieronimus, die beskermheilige van vertalers, is, en dit aanvanklik as St Hieronimus-dag bekend gestaan het. Dit is later deur Unesco erken.

FIT kies elke jaar ’n tema vir IVD. Die baie geskikte tema vir #ITD2017 is Vertaling en Diversiteit. IVD bied ’n geleentheid waartydens die invloed en impak wat vertalers, tolke en terminoloë op die uitkyke van die wêreld en die bestuur van diversiteit het, van nader beskou kan word.

Sedert die ontstaan van IVD was dit deurlopend FIT se missie om amptelike erkenning vir hierdie belangrike dag te verkry. Hierdie VN-resolusie is dus ’n historiese mylpaal vir FIT, en gevolglik vir alle professionele vertalers, tolke en terminoloë (VTTs).

Aangesien die wêreld by wyse van spreke al kleiner word, vergroot die belangrikheid van veeltaligheid, sosiolinguistiek en lokalisering, en moderne taalpraktisyns lewer ’n reuse-bydrae tot die oorbrugging van gapings in ’n uiters diverse wêreld. Die VN tree in hierdie diverse wêreld op, en skakel met burgers van 193 lidlande deur ses amptelike tale – en die sleutel tot hulle sukses is professionele vertalers, tolke en terminoloë. Die nuwe resolusie is nie die eerste keer dat die VN die belangrikheid van VTTs erken het nie. Dit gaan hand-aan-hand met en komplementeer die 1976 Nairobi-aanbeveling oor die Wetlike Beskerming van Vertalers en Vertalings.

’n Verdere rede vir feesviering is dat IVD byna saamval met die Internasionale Week vir Dowes (IWD), wat tussen 18 en 24 September hierdie jaar gevier is. IWD is die inisiatief van die Wêreldfederasie vir Dowes (WFD), ’n globale beweging wat bewustheid omtrent die menseregte van Dowes bevorder. Vanjaar het IWD onder die tema Volledige insluiting met Gebaretaal! verenig. Dit onderlê die tema van diversiteit van IVD 2017.

IWD streef daarna om die regte van Dowes te bevorder, en fokus op spesifieke menseregteonderwerpe wat aandag verg. Suid-Afrika, spesifiek, is in die proses om Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) as die land se 12de amptelike landstaal te laat erken. Die grondwethersieningskomitee van die Parlement beveel die wysiging van artikel 6(1) en 6(5)(a) aan, ten einde SAGT as amptelike landstaal in te sluit. Daar word verwag dat die Parlement die voorstel binnekort sal onderskryf. Dit is inderdaad ’n positiewe ontwikkeling, nie alleenlik vir die Dowe gemeenskap nie, maar ook vir die hele land, vernaam vir diegene wat graag gebaretaal wil bestudeer.

Na aanleiding van die suksesvolle gesamentlike waarneming en viering van IWD en IVD in 2016, is die hoop dat die viering van IVD dwarsoor die VN-netwerk ook die fokus sal plaas op die belangrike rol wat gebaretaaltolke op nasionale en streeksvlak speel, vernaam in die implementering van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD's).

Ons rig ’n versoek aan almal om saam te staan en ons diversiteit op 30 September te vier, wanneer Internasionale Vertaaldag dwarsoor die wêreld gevier word, en hierdie jaar vir die eerste keer as ’n internasionale VN-dag!

Bronne vir verdere inligting:

Die Suid-Afrikaanse Vertaalinstituut
Die Internasionale Federasie van Vertalers 
Wêreldfederasie van die Dowe 
Wêreldvereniging van Gebaretaaltolke 

Internasionale Vertaaldag

http://translators.org.za/sati_cms/index.php?frontend_action=display_text_content&content_id=2014
http://www.fit-ift.org/international-translation-day/
http://www.fit-ift.org/international-translation-day-2017/
http://www.fit-ift.org/translation-and-diversity_itd_2017/

VN Resolusie omtrent Internasionale Vertaaldag

http://www.fit-ift.org/itd-adopted/
https://www.un.org/press/en/2017/ga11914.doc.htm

Internasionale Week van die Dowe

https://wfdeaf.org/about-us/international-week-of-the-deaf/
https://wfdeaf.org/get-involved/wfd-events/international-week-deaf/
http://wasli.org/cat_news/international-week-deaf-2017

Die Nairobi-aanbeveling oor die wetlike beskerming van vertalers en vertalings en die praktiese maniere waarop die status van vertalers verbeter word

Uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut 

 

Press release: Special cause to celebrate International Translation Day 2017

As they have been doing for 26 years, on 30 September translators, interpreters and terminologists around the world will celebrate International Translation Day (ITD). However, this year there is even greater cause for celebration than normal, with the General Assembly of the United Nations in May 2017 having unanimously adopted a resolution recognising the role of professional translation in connecting nations and fostering peace, understanding and development and declaring 30 September to be UN International Translation Day, celebrated across the entire UN network.

What is International Translation Day? It is a day instituted by the International Federation of Translators (FIT) in 1991 to celebrate and raise awareness across the world of the importance of the work of translators, interpreters and terminologists and their contribution to a diverse society. The date of 30 September was selected as it is the feast day of the great Bible translator St Jerome, the patron saint of translators, and it was initially known as St Jerome’s Day. It was later recognised by Unesco.

Each year FIT selects a theme for ITD. The theme for #ITD2017 is very appropriately Translation and Diversity. ITD offers an opportunity to access and appreciate the influence and impact translators, interpreters and terminologists have on the views of the world and the management of diversity.

Since the inception of ITD, it has been FITs long-standing mission to obtain official recognition for this important day. This UN resolution is therefore a historical milestone for FIT and, as a result, for all professional translators, interpreters and terminologists (TTIs).

With the world becoming a smaller place, so to speak, multilingualism, sociolingualism and localisation become more and more important and modern language practitioners make a huge contribution in bridging the gaps in an extremely diverse world. The UN operates in this diverse world, engaging with citizens from 193 Member States through six official languages – and key to their success are professional translators, interpreters and terminologists. This new resolution is not the first time that the UN has recognised the importance of TTIs. It co-exists with and complements the 1976 Nairobi Recommendation on the Legal Protection of Translators and Translations.

A further cause for celebration is that ITD is very close to the International Week of the Deaf (IWD), which was celebrated between 18 and 24 September this year. IWD is an initiative of the World Federation of the Deaf (WFD), a global movement to raise awareness about the human rights of deaf people. This year, IWD united under the theme Full Inclusion with Sign Language!, which underpins the diversity theme of ITD 2017.

IWD strives to promote the rights of deaf people and highlights specific human rights topics that merit attention. South Africa, specifically, is in the process of having South African Sign Language (SASL) recognised as the country’s 12th official language. Parliament’s constitutional review committee is recommending the amendment of section 6(1) and 6(5)(a) to include SASL as an official language and Parliament is expected to endorse the proposal. This is indeed a positive development, not only for the deaf community, but for the entire country, particularly those who wish to study sign language.

Following the successful inaugural combined observation and celebration of IWD and ITD in 2016, it is hoped that the celebration of ITD across the UN network will also highlight the important role played by the national and regional sign languages, especially in the implementation of the Sustainable Development Goals (SDGs).

We call on everyone to unite and celebrate our diversity on 30 September, when International Translation Day is celebrated around the world, for the first time as a UN international day!

Sources for further information:

The South African Translators’ Institute
The International Federation of Translators 
World Federation of the Deaf 
World Association of Sign Language Interpreters

International Translation Day

UN Resolution on International Translation Day

International Week of the Deaf

The Nairobi Recommendation on the legal protection of translators and translations and the practical means to improve the status of translators 

Issued by the South African Translators’ Institute 

The post Persverklaring: Spesiale rede om Internasionale Vertaaldag 2017 te vier appeared first on LitNet.


Aardklop 2017: ATKV-Boeke-oase

An investigation concerning the human dignity of brown state pensioners

$
0
0

Abstract

This article endeavours to use empirical investigation in interpreting the socio-economic situation of coloured state pensioners to determine whether their human dignity is violated by their socio-economic situation. These older people are members of the Redeemed African Methodist Church. The relevance and importance of this article lies in demonstrating that the quality of life and the well-being of people are existentially determined by the extent to which their human dignity is acknowledged. The main purpose of the article is to present a theological-pastoral care strategy to assist them in the affirmation of their dignity when it is violated by their socio-economic situation.

The article is based on the perspective of practical theology, where pastoral care is understood as a public theology which analyses various ideologies and structures responsible for human suffering with the intention of influencing the wider society. The theoretical framework within which this article is situated is eschatology: indicating the essence of new beings in Christ. The empirical data was gathered by means of focus groups. Participant selection was made according to a stratified random selection method where the criteria important for the research were set and participants were selected randomly based on these criteria. After a pilot study the data for this research was gathered. A follow-up session was also held. Atlas-ti was used for the analysis of the data. Permission for this research was obtained from their church and the ethics committee of the University of Stellenbosch.

The theological theory of human dignity is utilised in interpreting the socio-economic situation of these participants. This theory explains that, as all humans are created in the image and likeness of God, they have unique worth. This theory also posits that apart from being created Coram Dei, human beings are also dependent for their unique identity on their participation in the communion of God. Other human beings are accepted unconditionally as neighbours, resulting in equality between all humans beings. The theological theory of human dignity forms the basis for a Christian anthropology where human beings are all in a unique relationship with God and one another. Human beings, according to a Christian anthropology, exist because of one another and for one another. This understanding of human dignity is also supported by the philosophy of Kant and from within jurisprudence. Sin destroys the relationship between God and human beings and between human beings and is a negation of human well-being and of their dignity. It is through the crucifixion and resurrection of Christ that the relationship between God and human beings is restored. Human dignity is not earned, but ascribed by grace. Furthermore, human dignity is protected in the Constitution of the Republic of South Africa and in the International Declaration of Human Rights by various human rights. These definitions of human rights are employed in this article to determine the violation of human dignity.

Based on theories indicating the perpetuation of poverty over generations, the first socio-economic theme emanating from the data relates to the formal education of the participants. Most of the participants had been forced to leave school early in the basic education phase to assist parents with poverty alleviation. They did not enjoy the protection of compulsory education that their white counterparts enjoyed, nor were they protected by the human right to basic education. Various authors are clear about the positive influence of basic formal education for the appropriate formation and well-being of human beings. These children were not taken out of school to be idle at home, but to go out to earn money or take care of younger siblings so that older siblings could go out to earn money. This in turn led to the further violation of human rights: being forced into child labour. Although the current constitution of the Republic of South Africa protects children from the exploitation of child labour, the previous constitutions did not contain such sections on human rights. Although the exploitation of child labour was prohibited in 1956 by the Supplementary Convention on the abolition of slavery, the slave trade, and institutions and practices similar to slavery, the participants in this research grew up without such protection, and their human rights as children were violated. The violation of their human rights as adults continues, as indicated by their living in inadequate housing. Since 1940, reports have lamented the demoralising effect of the housing conditions of coloured people, as have various authors. They have shown how these conditions militate against decency and how they are absolutely not conducive to appropriate human development. These conditions constitute a negation of human dignity and are the breeding ground for crime and other destructive activities. They also contribute to ill health. The psychological damage caused by inadequate housing is severe. Poor sanitation, living conditions and overcrowding contribute to the suffering of the participants. The right to adequate housing is regarded in such a serious human light that seven international documents highlight it. This right is enshrined in the current constitution of South Africa, but is subject to the availability of state resources. Given this state of affairs, some sources are clear that not much is done for appropriate housing for poor older people. Concomitant with poor housing is poor medical care. Though medical care is free to the poor at clinics and day hospitals, it is the quality of the care and in many instances the attitude of medical personnel that are detrimental to human dignity. People also have to travel long distances to medical facilities which involves the cost of getting there. Long queues once they get there are a further violation of dignity. The medical transformation in the democratic South Africa is not friendly to older people, as more funds and personnel are channelled to children and pregnant women, resulting in the marginalisation of geriatric services. Quality medical care is expensive and out of reach for most of the participants of this investigation. It is especially their participation as consumers in today’s consumer society that violates their dignity. Because of poverty and unemployment, the pensions of many of these older people must provide for the needs of a whole household, making these older people vulnerable to having to buy necessary commodities on credit. The practice of buying on credit invariably enslaves them to debt. Debt enslavement deprives them of one of the building blocks of dignity: freedom.

The Christian church preaching Christ crucified and resurrected automatically preaches restored relationships in Christ. The church has to proclaim this assertion of restored dignity in situations where dignity has been violated. The church they belong to will, therefore, have to be instrumental in the process of reconstructing the identity and dignity of these older people in a way that can also be appreciated by those not belonging to faith communities. In order for this to happen, the following is suggested as a theological-pastoral care strategy in an effort to restore and affirm the human dignity of these older people.

The church could start this care strategy by ascribing the Biblical identity and worth of older people to these poor older people: they are worthy of respect and honour (Leviticus 19:32); they are part of a category of promise and blessing (Exodus 20:12); they are recipients of God’s special care to be carried into old age by God himself (Isaiah 46:3); they are eschatological signs and symbols of God’s renewed goodwill towards restored communities so that people again live to a ripe old age (Zachariah 8:1-8); they are the strength of a household (1 Samuel 2:31). Such an ascribed identity and worth could give these older people the public value to be recognised within society. The reconstructed Biblical identity ascribed to them could be shared with the wider society through the church, local radio programmes and platforms, literature and other art forms, and even by the writing of the biographies of ordinary older people to highlight their contribution to a better and more stable society.

Through preaching, Bible study, programmes and other methods, the Church could use the values of reciprocity and responsibility to assert that one should do to older people what you would like done to you. Within families, vertical reciprocity could be promoted to enhance respect between grandchildren, children and older people. Church money could be applied to improve the houses of these older people. In centres for older people, the church could assist in securing better-qualified personnel, regular visits by medical personnel, better handling of medication, etc. Links could be established between families, municipal ward members and members of parliament working in their constituencies for the establishment of home-care facilities for frail older people. Even the situation in medical facilities could be addressed to improve medical care for these older people and thus affirm their dignity.

Keywords: human dignity; human rights; socio-economic; theological-pastoral care strategy

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse

The post An investigation concerning the human dignity of brown state pensioners appeared first on LitNet.

Hugh Hefner en gesprekke oor pornografie, die vroulike liggaam, gender en geweld

$
0
0

Hugh Hefner, die skepper van Playboy, is oorlede. Noudat hy dood is, lees mens verskillende opinies oor sy lewe. In The Guardian verskyn hierdie artikel en ook hierdie een.

Sy afsterwe wakker uiteenlopende gesprek aan.

Hier is artikels uit LitNet se argief wat oor pornografie, die vroulike liggaam, gender en geweld handel.

Uit LitNet se argief

The South African porn industry: stimulating growth

Fhumulani Justice Khumela
Opinion

"It is for this reason that I applaud Kunene and his initiative to develop domestic content. It must be hard for Kunene to take all the criticism for his new porn venture and his aim to be the South African Hugh Hefner, considering African culture’s sensitivity to sexual content."

 
Gender-geweld-diskoers

LitNet
Seminare & essays

Joan Hambidge en Anita Cloete bekyk gendergeweld.

 

The post Hugh Hefner en gesprekke oor pornografie, die vroulike liggaam, gender en geweld appeared first on LitNet.

Liewe Kersfeesvader: ’n resensie

$
0
0

Liewe Kersfeesvader: ʼn Fynbesnaarde komedie

As mens kyk na regisseur Ettienne Fourie se drie films – Die windpomp, Dis koue kos, Skat, en nou Liewe Kersfeesvader – is dit duidelik dat hy soos gooie wyn beter word met tyd. Ek kan nie wag vir sy sesde of sewende film nie.

Ettienne het ʼn definitiewe (visuele) styl – van die tuindwergies, die (oor)gebruik van spesifieke kleure, en die 1950’s-klere en -radio’s, tot Wouter se solderkamer, Hendri se gevoude onderbroeke en Nonnie se outydse fiets. Dit herinner my aan Wes Anderson se stelinkleding en surrealistiese karakters en tonele. Waar Wes soms oorboord gaan en die menslikheid van karakters verloor, voel ek behou Ettienne sy karakters se menswees. Ek dink hy is wel te sag op hulle. Meer daaroor later.

Daar is ʼn ander gemene deler in sy films. Daar is te veel skote, onnodige skote wat die films minder kragtig maak. Kersfeesvader het omtrent vyf eindes gehad. Net as jy dink die eindtoneel is perfek, is daar nog ʼn toneel. En nog een. (Selfs die lokprent verklap te veel. Die kuns van ʼn goeie lokprent is egter ʼn ander debat.) Ek dink hy kan meer aan ons verbeeldings oorlaat en die gehoor minder met ʼn lepel voer. Daar moet dus bietjie gesny word.

Die hoogtepunt van die film is die tipe humor wat gebruik word. Dit is nie slapstick of die tipiese Hollywoodse een-reël-grappies nie, maar fyn humor. Dit herinner aan groot Australiese flieks soos Strictly ballroom of selfs (die minder geslaagde) The dressmaker. Die Aussies kan oordryf met humor, die mees surrealistiese tonele saamflans, onvergeetlike karakters skep en in twee sinne jou hart breek, maar jou ook laat lag terwyl die trane nog loop. Kersfeesvader se tonele en karakters is ook oordrewe, maar tog steeds menslik en snaaks en onvergeetlik.

Ja, Eloff Snyman beïndruk en Milan Murray steel elke toneel waarin sy verskyn (kan iemand asseblief vir haar ʼn vollengte-draaiboek skryf?), maar dit is uiteindelik Mila Guy se vertolking wat die film dra. Jy lag vir haar, jy voel vir haar. Sy voer jou mee. (Haar vertolking as Bruid in Wonderlus is net so verstommend. As jy nie kan wag vir haar volgende film nie, volg haar op instagram.com/milaguy. Kyk uit vir Oppie pad met Kat en Sus saam met Ilse-Lee van Niekerk.)

Terug na Ettienne wat te sag omgaan met sy karakters. (Bederfwaarskuwing  X 10.) Herman en Marta se karakterontwikkeling is nie geloofwaardig nie. Herman wat sy roeping as Kersfeesvader aanvaar, sou soveel meer diepte gehad het as hy bloot ʼn senu-ineenstorting gehad het. Die breingewas was ʼn maklike uitweg. Dieselfde geld vir Marta, wat haar twee kinders en man bloot agterlaat vir ʼn nuwe kêrel en lewe as aktrise. Die feit dat sy geweet het van die breingewas en gewag het vir haar man om tot sy sinne te kom, is weer eens die maklike uitweg. Werk met Herman se ineenstorting, sy geestelike versteuring, en hanteer Marta se totale verraad. Moenie vir hulle ʼn uitweg gee nie.

Opsommend: Liewe Kersfeesvader is ʼn vars, onvergeetlike komedie, met ongelooflike spelers in die rolverdeling en ʼn belowende regisseur (en skrywer) wat nog groot hoogtes gaan bereik.

The post Liewe Kersfeesvader: ’n resensie appeared first on LitNet.

Foto's: South Africa can work deur Frans Rautenbach, Kaapstad-bekendstelling

$
0
0

In South Africa can work ondersoek Frans Rautenbach vernuwende denke rondom politieke kwessies en gee 'n alternatiewe blik op hoë werkloosheid, rassekwessies en swak onderwys. Anton P Kruger het foto's by die Kaapstad-bekendstelling geneem.

Frans Rautenbach besig om boeke te teken.

Michael Bagraim, DA-parlementslid en skaduminister van arbeid

Karin Brynard, pryswenner-misdaadskrywer

Marius de Waal van die Regsfakulteit, Universiteit Stellenbosch

Danie en Anneke van Niekerk

Adv Robert Stelzner SC en Glen Cassels, prokureur

Philip Key van die filmmaatskappy Moonlighting

Frans en Elmari Rautenbach

Temba Nolutshungu, direkteur van die Vryemarkstigting van Suider-Afrika, wat die skrywer aan die woord gestel het.

Herman Lategan, bekende joernalis en skrywer

Stefan Rautenbach, seun van die skrywer wat in die openingsparagraaf van die boek sy verskyning maak:

“I used to believe your arguments. I no longer do. Trickle-down economics doesn’t work.”

My son’s statement hit me like a fist in the gut.

It was early 2016. I was having a Mexican dinner in Cape Town with my sons Stefan and Daniel, both students at the University of Cape Town (UCT). We were discussing the #FeesMustFall movement that was wracking South African campuses. I made the point that, in my view, the demands of the protesters were wrongly directed against white people, and that the logical target of their ire should be the African National Congress (ANC) government. The discussion veered towards economics, and the government’s mismanagement of the economy. I reiterated my view that a free market was the answer to our economic problems.

That’s when Stefan said it.

While I was still staggering from the blow, trying to suck air back into my lungs, both my sons calmly declared their intention to vote for the Economic Freedom Fighters (EFF) in the upcoming municipal election. Yes, the political party of Julius Malema that has as its main policy plank the nationalisation of the economy.

Second blow to the gut.

My sons then accused me of believing in economic ideas – free-market policy – that were outdated and had been discredited. When I protested that I had been researching the topic for years, they replied, “You only read the stuff that confirms your prejudices.”

For 24 hours I reeled – not because my sons had a different opinion, but because I had failed over the years to win them over to my viewpoint on how South Africa should work, using arguments that I had thought were powerful and convincing, reaching self-evident conclusions.

It was also clear that our views on race and education – indeed, about how to make South Africa work – differed dramatically.

What if I had been wrong all along? What if I had completely missed the boat, and a whole world of policy change was passing me by like a ship in the night, the world inhabited by young people like my children?

I realised that any discussion with them about making South Africa work, if it were to continue, would have to be prefaced by a carefully researched re-examination of my premises.

Adv Schalk Burger SC

Groepfoto's van die bekendstelling:

Foto's verskaf. Fotograaf: Anton P Kruger

 
 
South Africa can work
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776092406
Prys: R250
 

The post Foto's: South Africa can work deur Frans Rautenbach, Kaapstad-bekendstelling appeared first on LitNet.

Wenners van kykNET-Rapport-boekpryse vir 2017 bekend

$
0
0

Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Saterdag 30 September 2017 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans asook die twee kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is by dieselfde geleentheid oorhandig.

Hulde is gebring aan ontslape skrywers soos Karel Schoeman en PG du Plessis, maar die aand het behoort aan die huidige geslag skrywers, wat sulke geleenthede moontlik en gedenkwaardig maak.  Hettie Scholtz, sameroeper van die drie hoofboekpryse, het die skrywers geloof vir boeke wat diep sny, diep delf, en ’n aar raak boor. “Dit het by my ’n insig van  Chesterton opgeroep, sy geloof dat daar één ding is wat ’n helderheid aan dinge verleen: die vermoede van iets nét om die draai. Ek kan werklik nie wag om te sien waarmee hierdie skrywers volgende vorendag gaan kom nie!  Hierby sluit ek die inskrywings vir die Jan Rabie-Rapportprys in.” 

Die kykNET-Rapport-boekpryse met ’n gesamentlike prysgeld van R500 000 is toegeken aan die volgende skrywers:

  • Fiksie: Huilboek, Ryk Hattingh (Human & Rousseau)
  • Niefiksie: Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, Elsabé Brits (Tafelberg)
  • Film: Al wat ek weet, Marita van der Vyver (Lapa)

Die keurders het die fiksiewenner, Ryk Hattingh, geloof “vir sy sagkense behandeling van groot dinge, die subtiliteit van segging, die beskeie toon en algehele gebrek aan selfkoestering.  Die manier waarop hy persoonlike pyn uiteindelik, sonder politieke grandstandery, vestig in die konteks van ’n hele land se trauma, is uitsonderlik en maak van Huilboek ’n prestasie in hoe groot kragte in beweging gestel kan word deur ’n minimum aan woorde en vertoon.”

Waardering is ook uitgespreek vir die niefiksiewenner, Elsabé Brits, se herbesoek aan ou bronne oor Emily Hobhouse “wat ons in staat stel om opnuut in hierdie merkwaardige vrou die eienskappe te sien wat aan die kern lê van ons universele menslikheid – die vermoë om te empatiseer met die onderdruktes, op te staan vir reg en geregtigheid selfs teen ’n hoë persoonlike en politieke prys, om nood en lyding te verlig ongeag waar dit voorkom. Sy skets Hobhouse as die vergestalting van verset soos dit in die woorde van die Nederlandse digter Remco Campert gedefinieer word: Om aan jouself ’n vraag te vra, daarmee begin verset – en om dit dan aan ’n ander te vra. Dit noop ons om in die Suid-Afrika van vandag weer hierdie kritiese vrae te vra oor menswaardigheid, gelykheid, en weerstand.”

Marita van der Vyver se jeugboek Al wat ek weet het van die prysaand ’n behoorlike rap-aand gemaak. Sy is geloof vir die ligte, vaardige hand waarmee sy die sensitiewe verhaal van ’n seun van gemengde afkoms stuur tot waar hy sy plek in die groter bestel van die lewe vind. En dit deur die skryf van rap songs waarmee hy sy verliese en woede transendeer en sy eie stem vind. “Dis ’n verhaal wat getuig van besondere vakmanskap, een wat smeek om verfilm te  word,” sê keurder Herman Binge. “Dink – nét vir ’n oomblik – aan die nuwe Afrikaanse treffers wat hierdie film gaan oplewer, die eerste volwaardige hip-hop-fliek in Afrikaans!”

Die Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R35 000 is vanjaar toegeken aan Valda Jansen vir Hy kom met die skoenlappers (Human & Rousseau). Volgens die keurders is Jansen se debuutroman in vele opsigte meer as “’n elegie aan verlore liefde”, soos dit op die omslag bestempel word. Dit word “’n pynlik intieme en deurtastende verkenning van al die maniere waarop ’n hele lewe soos een byna noodwendig verspeelde kans kan voorkom ... Jansen kleur nie dit wat persoonlik is ooit met groot politieke stellings nie, maar wys hoe onontwarbaar die persoonlike en die politieke in Suid-Afrika verstrengel is. Haar debuut gee ’n aangrypende en ontstemmende blik op ’n bevreemdende, bruin middelklas-ervaring van apartheid; ’n genuanseerde perspektief op ’n benarde posisie wat nog bitter min in Afrikaanse fiksie belig is.”

Die kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar, vir die beste Afrikaanse resensies wat in 2016 oor ’n Afrikaanse fiksie- of niefiksiewerk onderskeidelik verskyn het, is ook oorhandig. Die wenners, wat elk R25 000 ontvang het, is: 

  • Fiksie: Danie Marais vir “Die ‘Kook en Geniet’ van oneerbiedigheid” (oor Anton Kannemeyer en Conrad Botes se Bitterkomix 17, Media24-dagblaaie, 4 Julie 2016), en
  • Niefiksie: Emile Joubert vir “Die afkook van ’n vol lewe vind hier beslag” (oor Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach, Media24-dagblaaie, 31 Oktober 2016).

Die keurpanele vir die onderskeie pryse was: kykNET-Rapport-fiksieprys: Frederik de Jager, Elmari Rautenbach, Steward van Wyk en Gerrit Schoonhoven; kykNET-Rapport-niefiksieprys: Herman Wasserman, Irma du Plessis, Darryl David en Herman Binge; kykNET-Rapport-filmprys: Herman Binge en Gerrit Schoonhoven; kykNET-Rapport-boekresensentpryse: Bibi Slippers, Alfred Schaffer, Jomarié Botha en Yvonne Beyers: Jan Rabie-Rapportprys: Elna van der Merwe, Danie Marais en Kerneels Breytenbach.

Die seremoniemeesters vir die aand was Karen Meiring van kykNet en Waldimar Pelser van Rapport. Die prysfunksie is by die Dapper Coffee Company restaurant in Kaapstad gehou.

The post Wenners van kykNET-Rapport-boekpryse vir 2017 bekend appeared first on LitNet.

LitNet: Jou skooloorlewingsgids


nou, hier deur Corné Coetzee: Foto's en video's van die bekendstelling

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

$
0
0

Die laksman se dogter
Gerda Taljaard

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781485903666

Sekerlik is hoogspring een van die meer aanskoulike items op die atletiekbaan. Toe Dick Fosbury sy revolusionêre tegniek in 1968 ten toon gestel het, was die wêreld stomverbaas. Die grondbeginsel van Fosbury se tegniek was die C-aanloop waarvolgens hy middelpuntvliedende krag gegenereer het. Hierdie krag het hy gebruik om horisontale momentum (spoed) om te skakel na vertikale momentum (hoogte) terwyl hy tegelykertyd twee rotasies uitvoer: om sy vertikale as sodat sy rug na die dwarslat gedraai word en horisontaal met ’n gekromde rug om sy swaartepunt onder die lat deur te laat skuif. ’n Kragtoer, inderdaad.

Presies daardie moment van verstomming oor tegniese vernuf is wat ek ervaar het toe ek Gerda Taljaard se Die laksman se dogter (2017, Penguin) klaar gelees het.

Binne die bestek van enkele publikasies het Taljaard haar as ’n bedrewe en beduidende stem in die Afrikaanse letterkunde gevestig. Na haar debuutbundel kortverhale (Maansiek, 2002, Protea Boekhuis) het twee romans gevolg, te wete ’n Engel in die hoenderhok (2009, Tafelberg) en Kelder (2012, Tafelberg). Beide romans is gunstig deur die kritici ontvang. Ruda Landman laat haar byvoorbeeld soos volg uit oor ’n Engel in die hoenderhok: “Gerda Taljaard skryf met amper te veel insig en vaardigheid vir ’n debuutroman. Die toonaard van haar dialoog is perfek, en so met elke karakter wat in sy/haar eie stem werklik word op die bladsye. ’n Engel in die hoenderhok vra om in een sitting gelees te word. Dit ontroer en dit ontstel” (Rapport Boeke, 2009).

Hierdie uitspraak is eweneens van toepassing op Die laksman se dogter.

Die middelpuntvliedende krag waarvan Taljaard haar bedien is die slagveld van verhoudings tussen ouers en hul kinders, veral tussen moeders en dogters: dade wat in liefde gepleeg word, maar ontstellende gevolge het; skuldgevoelens weens eie tekortkominge gepaardgaande met boetedoening en vergifnis. Spyt en wrokkigheid. Trouens, die hele arsenaal van menslike emosies te midde van ’n verwikkelde en intieme leefruimte word in hierdie teks gevind.

Die verteller is Rosaria, die jongste dogter van dr Walter Kriel, tronkdokter by Pretoria-Sentraal tydens die apartheidsjare wat onder andere doodsertifikate moes uitreik na iemand gehang is. Hy en Rosaria deel ’n belangstelling in voëls – vandaar die treffende omslag – en een middag, terwyl hulle in die agtererf van hul huis besig is om ’n janfiskaal dop te hou, bieg hy teenoor haar dat hy inderdaad ’n tipe laksman is, want soms is dit ook sy taak om aan die tereggesteldes ’n “genadeskoot” toe te dien wanneer hulle die galg wel oorleef het.

Soos feitlik al die morele kwessies in hierdie boek word ook dié gegewe veelkantig hanteer. “Jy weet daar’s ’n lelike skroef los wanneer ’n samelewing die doodstraf afskaf, maar aborsie wettig,” sê hy op ’n stadium aan Rosaria. “Watter daad is meer barbaars, vra ek jou – om ongebore kinders dood te maak of ’n moordenaar te laat lewe?” (193) Dit is dan juis hierdie teenstellende kyk na morele kwessies wat stukrag aan die roman verleen, want niemand is nét skuldig of nét onskuldig nie: almal is tegelyk  aandadig én vry te spreek. Soos opgestopte voëls wat in glaskaste bewaar word met hul sang wat op musiekbande vasgelê is.

Afgesien van doodstraf en aborsie word ook nog genadedood, dwelmverslawing, owerspel, selfdood en die individu se privaatheid en regte te midde van mediavraatsug betrek.

Terneerdrukkend is hierdie teks egter nooit nie. Ontstellend ja, maar die skrywer hanteer haar gegewe met soveel geskakeerde insig en empatie jeens haar karakters dat dit die leser inderdaad ontroer. Daardeur word veerkrag verleen aan die vertelling en word die leser uitgedaag om bepaalde stereotiepe opvattings in heroorweging te neem.

Die vertikale as waarom die teks sentreer, is egter die verhouding tussen Rosaria en haar vervreemde dogter, Annalisa, wat nie net ’n dwelmverslaafde is nie, maar ook ’n digter en ’n kultusfiguur in die Afrikaanse musiekbedryf. Annalisa sterf onder raaiselagtige omstandighede en Rosaria probeer uitpluis wat gebeur het, maar ook wat aanleiding gegee het tot die tragiese verloop van hul verwikkelde verhouding. Ook Rosaria se verhouding met háár ma en Annalisa se verhouding met haar eie dogter, Marcella, die buite-egtelike kleindogter van wie Rosaria onbewus was, word met hierdie tapisserie van menslike verhoudings verweef: almal skuldig aan wandade en op soek na boetedoening en vergifnis. Daarvolgens het die titel nie net betrekking op Rosaria nie, maar ook op Annalisa en Marcella, want al drie moeders het die dood van iets of iemand tot gevolg en is daarom sowel “laksmanne” as dogters.

Die horisontale rotasie van hierdie verhaal is inderdaad die innemende Marcella, wat ná haar ma se dood in die sorg van haar ouma geplaas word. As toonbeeld van onskuld en geïmpliseerde hoop versinnebeeld sy dit wat goed en ongeskonde is: ’n tweede kans wat onverwags aan Rosaria gegun word om foute van die verlede reg te stel.

As motto tot hierdie teks gebruik die skrywer ’n aanhaling uit Ian McEwan se roman The Cement Garden: “At the back of my mind I had a sense of sitting about waiting for some terrible event, and then I would remember that it had already happenend.” Hierdie gegewe loop soos ’n goue draad regdeur die roman, want toe Rosaria 13 was, het ’n reuse-plataanboom hul huis te pletter geval en haar hele lewe deur het sy gewroeg met hierdie gevoel van ’n komende katastrofe: dit wat skuiling en lewe bied, maar plotseling ook kan vernietig en skaad. Soos die boom, ook die huis. Asook die vergifnis en kwytskelding wat jy te wagte is, maar onwetend reeds ontvang het.

Die wyse waarop die skrywer daarin slaag om die middelpuntvliedende krag van haar verhaalgegewe tot ’n uiters sinvolle en bevredigende slot te voer, is werklik indrukwekkend. Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is. Reeds het daar vanjaar al talle uitsonderlike werke verskyn, en op dié podium staan Die laksman se dogter breëbors saam en tussen hulle.

Foto van Gerda Taljaard: Joanne Olivier

The post <i>Die laksman se dogter</i> deur Gerda Taljaard: ’n resensie appeared first on LitNet.

Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie

$
0
0

Vermis
Jeanette Stals
Uitgewer: LAPA
ISBN: 97807993853331

Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word. Dié roman kon egter beter gewees het, was dit nie vir enkele onwaarskynlikhede en clichés nie.

Vermis is Stals se tweede speurroman. In Katoog, die eerste een, word ’n meisie se lyk in ’n rivier gekry. Speursersant Luna Joubert, ’n jong vrou met ’n ou siel, moet uitvind wie die meisie is, waar sy vandaan kom en met wie sy in verbinding was.

In Vermis verskyn Luna Joubert weer, dié keer om die O’Neills, Suid-Afrikaners wat in Londen woon, se dogter te soek. Die belowende violis het een nag uit ’n gastehuis in Stellenbosch verdwyn. Dalk is Elodie maar net ’n tipiese tiener wat ’n bietjie pret soek? Of is sy ontvoer? 

Die kleingeboude Joubert ondersoek die saak. Speel die gesin se beste vriend, Con, ’n rol in die verdwyning? Hy is duidelik meer as mevrou O’Neill se vriend. Moetiemoorde en seksslaafhandel word genoem, maar wat het eintlik hier gebeur?

Die storie beweeg teen ’n snelle pas en boei die aandag. Luna Joubert sal waarskynlik mettertyd net so gewild raak soos Bennie Griessel in Deon Meyer se romans, of Kassie Kasselman in Rudi van Rensburg se misdaadreeks. Want dié vrou streef na geregtigheid. Daarby vat sy nie nonsens nie en gee sy meer as wat gewoonlik van ’n speurder verwag word.

Die hoofkarakters léwe en die verhouding tussen Joubert en haar broer, Johan, van wie se bestaan sy eers onlangs uitgevind het, wek deernis. Albei is in dieselfde uitdagende bedryf, ondersteun mekaar en beleef geestelike groei. Mens voel Elodie se ma, Gwen, se spanning oor haar verdwene dogter aan en raak saam met haar moedeloos. Wanneer mevrou O’Neill egter goeie nuus kry, toon sy hopeloos te min emosie. Ekstase en dankbaarheid sou meer gepas gewees het.

Oor Elodie se pa, James, wonder mens toenemend. Die verbrokkelende verhouding tussen Gwen en haar man word eg en sensitief aangebied.  

Stals se dialoog werk ook – elke karakter praat met ’n eie stem. Sommige Afrikaanssprekendes span gepas Engelse woorde soos “surveillance-kameras” in. Ander se taalgebruik sal die tannies laat bloos of kla, behalwe dié van Johan, wat “’n groter vloekwoord los”. Watter een dit is, weet ons nie.

Stals ken haar milieu, of dit die gastehuis en omgewing is, of die ongure buurt waarin meesleurende tonele afspeel.

Dis jammer dat van die oplossings te maklik is. Hoe gebeur dit dat misdadigers iemand vang en dan nie dadelik haar selfoon uit haar bosak verwyder nie? Mos maklik om dan hulp te ontbied! En sal ’n meisie in ’n swart sak skuil? Die sak moet besonder groot en sterk en vol luggate wees. Nog ’n vraag: Sou die misdadigers, met slagoffer en al, na dieselfde huis terugkeer nadat die speurder reeds vroeër daar gevange gehou is?  

Stals behoort op te let na clichés, soos ’n glimlag wat “om ’n (strak) mond plooi”.

Daarby is dit oorbodig om die kleur van bykans elke karakter se oë te beskryf – daar is tog ander kenmerke wat mense van mekaar onderskei. In hierdie geval skep oogkleur nie spanning nie en dra dit ook nie tot die ontwikkeling van die verhaal by nie. Dieselfde geld “swart jeans” en ’n “poeierblou” gholfhemp. Stals span te veel byvoeglike naamwoorde in. Less is more.

Van die vergelykings is ietwat verregaande, soos: “James (haar man) kyk net na haar en die angs in haar groei, word ’n donker wolk. Dit roep die beeld wat sy op televisie gesien het by haar op. Toe iemand met ’n motorband om die nek aan die brand gesteek is. Borrelende haat, geweld in sy ergste vorm.” Tog is daar heelwat gepaste beeldspraak, byvoorbeeld: “Lede van die reaksie-eenheid is soos ruimtewesens oral om hulle, dik aangetrek, ook met kopbeskerming.”

Ander beskrywings is net te dramaties: ’n karakter se gil “bou in haar bors op. Sy druk dit (die gil) af en sluk dit weg na haar maag toe.”

’n “Krampagtige” vasklouery kom ook ’n paar keer voor, terwyl emosie of verligting, of vrees en afwagting, “deur” verskeie karakters “spoel”.

Feite dra tot geloofwaardigheid by. Daar word na die Dewani-saak verwys en mens lees dat misdaad teenoor ’n vrou gewoonlik gepleeg word deur ’n man met wie sy ’n verhouding het, of gehad het. Wat ’n 14-jarige slagoffer betref, is die oortreder dikwels iemand in haar vriendekring of ’n familielid met pedofielneigings, skryf Stals.

Die doen en late van die boosaard agter alles word goed gemotiveer, maar dis  nie vir die oplettende leser ’n uitdaging om te voorspel wie die skuldige is nie. As dié oplossing nie so voor die hand liggend was nie, sou Vermis waarskynlik op baie misdaadlesers se top-vyf-lys gewees het.

Die leemtes ten spyt, toon Jeanette Stals beslis moontlikhede om in ’n gewilde misdaadskrywer te ontpop. Kyk gerus uit vir haar volgende roman.

Foto van Jeanette Stals: verskaf

The post <i>Vermis</i> deur Jeanette Stals: ’n resensie appeared first on LitNet.

Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s

Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie

$
0
0

Die diepblou see
François Loots

Uitgewer: Umuzi
ISBN: 9781415209530

In die Afrikaanse letterkunde het François Loots al ’n belangrike bydrae gelewer tot romans oor die lewe van gay mans. Ek sonder veral Lente in Beijing (2003) en In sneeu geskryf (2015) uit.

Die diepblou see sluit veral aan by sy romans waarin hy die lewens van voortreflike Suid-Afrikaners uit die verlede uitbeeld. In sy Rooi Jan Alleman (2013) is dit byvoorbeeld Bram Fischer se lewe.

Hier gaan dit om Jan Hofmeyr. Nie Onze Jan nie. Onder meer administrateur van Transvaal en lid van Jan Smuts se kabinet. Intelligente mens wat op 15 sy eerste graad ontvang het. Hy strewe ’n soort liberalisme na. Soos die reklameteks lui: “Dis sy soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku.”

In die eerste deel van die roman span hy ’n slag uit saam met sy moeder op ’n Karooplaas. Uit sy kontak met die kinders word dit duidelik dat hy nie soos hulle in sy jeug was nie. Verskillende vroue neem hom waar. Die leser kry insig in sy individualisme, in sy gedistansieerde verhoudings met vroue. Jy sien hom deur hulle oë.

In deel 2 is Hofmeyr die parlementariër in Kaapstad. Hy het ’n nuwe assistent: die jonge Robert. Robert is ’n introverte gay. Versigtig in sy omgang met mense, op soek na sin in die lewe. Gay-erotiek tussen Hofmeyr en Robert word subtiel oorgedra; wat is werklikheid, wat is verwagting, verbeelding?

Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is.

In ’n nawoord verduidelik Loots hoe hy byvoorbeeld mitologie daarvoor gebruik het. Hy verwys in hierdie verband na die gedeeltes oor die godin van die see. “Ek poog ook nie om ’n rasionele verduideliking vir ’n deel van Suid-Afrika se politieke geskiedenis te verskaf nie, maar vertrou dat mitologiese, argetipiese figure by die leser assosiasies sal oproep wat sal maak dat hy/sy opnuut na sy/haar omgewing sal kyk.”

Vir my is die teks problematies. Sekere sinne se woordvolgorde moet jy ondersoek voor jy die strekking verstaan. Die volgende is alles een sin: “Sy knik nadenkend, ’n buitengewoon lang speseryrak, bottels met gedroogde blomme en goed, en sy vertel hom dat Jantjie ook nie sy pa geken het nie.”

Ek stuit teen die baie herhaling van woorde en uitdrukkings, byvoorbeeld mure en poorte, harnas en leeukuil sonder dat dit met verskillende betekenisse gebruik word. Dit bly bladsye lank by dieselfde beeldspraak.

Die afwesigheid van leestekens bemoeilik ook soms die lees.

Tydspronge word nie oral aangedui nie.

Met die beeldspraak wonder ek of die skrywer al die betekenisse van die woorde genoeg in ag geneem het: “die blaf van ’n opdrifsel gewete”; “gedagtes wat soos ’n rustelose seemeeu vir die nag kom skuil” (meervoud versus enkelvoud); “Hulle fluister in die gange en sis soos sonbesies op onverwagte tye.” Sis sonbesies?

Die boek word deur Umuzi uitgegee. Dis iets vir die ondersoekende, filosoferende leser.

Hierdie resensie is oorspronklik in Boekkeuse onder leiding van Amanda Botha op 20 September 2017 op Fine Music Radio uitgesaai.

The post <i>Die diepblou see</i> deur François Loots: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Viewing all 21784 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>