Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21784 articles
Browse latest View live

Kyk hoe lirieke lewe kry by die Sanlam Musiekfees 2017

$
0
0

Meesterlike lirieke van die beste plaaslike musikante sal gevier word by die jaarlikse Sanlam Musiekfees wat sal plaasvind van 3–12 Maart 2017 by die 18de US Woordfees in Stellenbosch. Verlede jaar as deel van hulle “Elke woord is ’n meesterstuk”-tema, het Sanlam die kalklig geplaas op liedjieskrywers as die meesters agter die lirieke en die stories agter die skeppings vertel. Hierdie jaar sal musikante se skeppings lewe kry deur sonderlinge optredes.

Deur die jare is Woordfeesgangers geïnspireer deur van Suid-Afrika se ikoniese skeppers. Sanlam het die stories agter die skeppings vertel deur ’n kort dokumentêre program wat gehandel het oor vier van die kunstenaars wat by Musiekfees 2016 opgetree het. Hierdie jaar bring Sanlam foto’s wat groter-as-lewensgrootte is wat straatverhoë sal word waarop kunstenaars hulle talent kan ten toon stel.

Hierdie lewendige-plakkaat-optredes sal by verskeie terreine op die feesgronde verskyn en die bestaande Woordfeesprogram uitbrei. Leidrade sal gelos word van waar die lewendige plakkate verwag word om op te tree. Daar sal allerhande soorte vertonings beskikbaar wees vir musiekliefhebbers. Feesgangers kan uitsien na vertonings deur Loki Rothman, Hiram Koopman, Churchhill Naude, Francois van Coke, Fanfaar, Gloria Bosman, Majozi, Faraway George, Hemelbesem, Willem Welsyn, Elvis Blue en die Sanlam Meesterklas se Top 3.

“Hierdie jaar bring ons nie net hulde aan die vaardigheid van liriekeskryf nie, maar gee ons die lirieke lewe. Die verskyn-vertonings waar mense kan kyk hoe kunstenaars hulle skeppings uitvoer sal ’n uitbreiding hiervan wees. Sanlam gaan voort om kunstenaars te ondersteun wat hulle ambag uitleef en toegewy is tot die groei en lang duur daarvan. Hulle straal dieselfde vaardigheid en benadering uit as Wealthsmiths”, sê Mariska Oosthuizen, Hoof van Sanlam Handelsnaam.

As Wealthsmiths™, skep Sanlam ook ’n platform vir opkomende kunstenaars om die geleenthede wat hulle het te benut en dit ten beste te gebruik sodat hulle hul eie nalatenskap te skep.

Die lewendige plakkate is oop vir opkomende kunstenaars om hulle talent te vertoon deur die Sanlam Meesterklas-kompetisie. Wenners sal optree op die lewendige plakkate gedurende die Sanlam Musiekfees.

Sien die Sanlam Musiekfees vertoningsprogram hier: http://woordfees.co.za/program/feesprogram

The post Kyk hoe lirieke lewe kry by die Sanlam Musiekfees 2017 appeared first on LitNet.


Huis, woning, tuiste: Roslin Saayman se inskrywings

$
0
0

Melkhoutfontein

Daar onder langs met die stowwerige weg het jou stofpad ons skool toe gevat.
Die ver pad was stil maar die sonbesies het vrolik gesing.
Oor jou lengte- en breedtegrade het stroompies gekabbel en wilgerbome flambojant
hul takke gewieg.
In die wandelpad daar het ons elke dag vye, kwepers, appels en pere
in seisoen geëet want dit was ons terugkompad ...
Met reën in seisoen het jou aartappel en patatlande weelderig onder
goue mieliekoppe gestaan en wink en die oes luid geroep.
Ek onthou nog die geluid soos oom Piet die water in die sloot afkeer
sodat dit herlei kon word na die vlei.
Die rooi waterslote was deel van ons sprokieswêreld
waar ons ysterklippe en krappe gesoek het.

Daar bo by die winkel op die hoogte was die ou Melkhoutboom
ons beste swaaiplek ooit voor ons die tog terug gepak het huis toe.
Daar onder sy takke het my eerste liefde broos begin blom
en my oë soos die sterrenag daar laat skitter.
Brose liefde het jou vaal pad in ’n wonderwêreld verander
wat nog vir jare gebly het.
Saam met my het jy gegroei en is jy my oos en my wes
want by jou kan ek myself verloor en net ek wees ...
Jy is ek want my geluk ken jy en ook my seer tot
daar anderkant by die begraafplaas ...
So altyd sal jy my tuiste wees, vir altyd my Suiderkruis.

 

Vir altyd hier by ons

’n Duisend woorde wil ons vir jou sê maar dit is net
’n ongevormde klank ...
Soos voëls is hul haas in vlug voor die golwende seer
wat op ons reën.
Dit waai oor ons hart se vlaktes en laat ons soos ’n tolbos
om en om waai.
Ons damme is leeg en ons rivierloop droog
nooit sal jou stroom hier weer vloei.
Jou vreugdes - lag is stil dis nog net die eggo daarvan
wat oor ons klowe weerklink.
Jou voetspore is nou dof in die sand
maar is verewig in ons harte afgeëts.
So saggies het die dag kom breek en ongemerk
sy goue spoor oor ons hartsvalleie kom sprei.
Sy goudstukkies verlig die skadu’s van seer in ons
rou gemoed waar dit deur die krakies skyn.
Nou is dit net ons hier sonder jou, nooit sal ons
jou warmte hier meer voel ...
Tog weet ons by ons Heer is jy veilig
en doen jy nou vir altyd Sy vreugdesdans.
Op hemelse hoogtes staan jy nou en drink vir
ewig uit Sy liefdestroom.

 

Seemanslied

So eie aan ’n visserman – nog voor die dag breek, het jy stil-stil na jou tuisland gegaan
Vir ons soos ’n ewigheid maar vir jou in ’n oomblik was jy tuis
So saam met die fluit van die voëls, die dou op die gras
Met die gedruis van jou lieflingsee nog in jou ore, het jy totsiens gesê.

Want ag het jy geslaan op jou Vader’s roep wat sê: “Ek is hier – ek vat jou hand en stap saam met jou.”
Nooit sal jy alleen meer wees want altyd sal jy net myne wees …

By die hawe staan jou boot steeds wagtend …
Die see is steeds glinsterend-deinend op die horison
Maar dis asof sy dreuning sagter is vandag.
Vandag roep die meeue in sagte kras wat wegwaai in die wind.

Dis net die gesuis van die Suidoostewind wat vlindersag oor die deinings waai.
Asof in eerbied buig die natuur sy hoof want nooit sal jy weer sy waters betree.
Tog sal jou vissershart steeds hier warm bly klop.

Ons seer is bittersoet want ons sien jou glimlag van omhoog
Daar doen jy vir altyd jou vreugdesdans en is jou hande omhoog in prys van onse Heer.

 

Moederhart

Wie sal die pyn van ’n moederhart verstaan as sy haar kind totsiens moet sê?
Of hy uit haar gebore is of nie, aan haar bors het sy hom gekoester.
Haar liefde was sy moedersmelk wat sy treetjies sterk kom maak het.
In sy drome het sy handjies in volle versekering sag om haar vingers gevou.
In sy ogies was die teerste liefde wat net ’n moeder verdien
Vir hom die beste liefde ooit wat hy nog vir jare sou onthou ...

Sy grootword het soos ’n boom gebot deur elke seisoen
die beste vrugte ooit met nektar so hemelsoet.
Sy blare was immergroen want reën was in seisoen.
Sy skadu ’n wegkruipplek vir die moeë van gees ...

Maar vandag is dit stil, dis net die wind wat deur die bome waai
en sy weemoed agterlaat ...
Nog net enkele spore het gebly wat stap regdeur die moederhart.
Die leegheid het gebly en tog sy liefde is oraloor
dit strek tot oor die wydheid van die lewensgrens.
Tot daar sal die moederhart kan strek want geen grens sal haar
liefde ooit kan keer.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Roslin Saayman se inskrywings appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Huis

Huis, woning, tuiste: Elke huis

$
0
0

Elke huis

My ma sê altyd elke huis
het sy kruis, maar my huis
het vensters en deure en stories
om te vertel.

Dit is hier waar ek gelukkig is
en planne maak. My huis is my
veilige vesting waar ek vir niks
hoef bang te wees nie.

Ek bly in ’n huis vol liefde en stories
en paar geraamtes in die kas.

My huis is my hawe waar ek elke
aand kan droom van die mooi dag
van môre vol pret en speel.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Elke huis appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Jandrick Pedro se inskrywings

$
0
0

Godin van vrugbaarheid.

Daar onder lê sy in die
vallei neergestrek,
’n vrug is haar kroon
en die aarde haar troon.
CERES,
knus onder ’n lappieskombers
geweef uit vrugteboorde
en landerye, my tuiste is
getroud met ’n koning
ons gunstige klimaat.
Sy is omsingel deur berge
om haar eer te beskerm.
CERES,
o soetsappig is die
vrug van haar skoot
vanuit die koringlande kom
ons daaglikse brood
en die skone nooi is nie onvrugbaar gelaat
ons godin is tot alles in staat.


 

O Ceres, Godin van vrugbaarheid sing vir
my ’n treurlied en
laat jou hartseer spoel
tot in die holtes van hierdie vallei.

Laat die ritme van
jou gebroke stem
ons oor vlaktes
van jou hart begelei.

O moeder van hierdie
stukkie grond
met onblusbare vlamme en ook
diep gewond
is die aarde aan die bewe
en jou kinders skarrel rond.

Skreeu uit die leemte
van jou omsingelde hart.
Roep om genade al
hoor niemand jou smart.

 

Ons bekers loop oor.

O God van Abraham, Isak en Jakob
was dit nie vir jou was ek maar arm;
arm in die gees en arm in die vlees, maar jy
het ons geseën met groen weivelde.
vir al die mense in hierdie Ceres-vallei
en ook vir my.
ons besit ’n vallei van heuning en melk,
            ons bekers loop oor
O God … was dit nie vir jou
was ons sout-van-die-aarde-plek nog laf
was ons koring nou kaf.
  O herder van Dawid
was dit nie vir jou
was hierdie stukkie aarde nog onbewoonbaar en rou.

 

Oukop

Vasgekluister, nou al
vir jare staan jy
die waker van Ceres,
ook die grootste berg hier in ons kontrei.
Jy is vir ons ’n natuurlike
wolkekrabber
’n struktuur waarteen
miswolke hang elke wintersnag.

Jy wat die eerste
koue voel
en die eerste toeriste begroet.

Oukop het ons
jou gedoop,
ons geheime ikoon.
Hier bly jy staan
ons erfenis veteraan.

Oukop het ons
jou gedoop,
want toe die aarde bewe
geboue gesloop,
maar jy het bly staan
ons erfenisveteraan.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Jandrick Pedro se inskrywings appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: c-max

$
0
0

c-max

hier sit c opgesluit in c-max
deur die dubbele veiligheidstralies
korrel ’n duif, loer in met die koppie
skeef aan die vraag: is dit jy?
ek sê fokof jy, dis nog altyd ek
gaan haal ’n olyftak, het jy nie
nuus nie? wie is geskiet, wie is
beroof in die voorfeestelike maand
is dit tog veiliger hier voorstedelik,
my boodskapper van heil, waar
ek sit en wortelskiet te
permsingel 58
c-max


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: c-max appeared first on LitNet.

US Woordfees: Hitler, Verwoerd, Mandela en ek deur Marianne Thamm

$
0
0

Nie die Nazi-gene van haar pa, die apartheidsdae waarin sy as buitestander in ’n werkersklas Afrikaanse buurt grootgeword het, óf die feit dat haar ma nie kon lees en skryf kon die humor en deursettingsvermoë van die joernalis Marianne Thamm smoor nie.

Selfs nie die feit dat sy as gay vrou in ’n hoogs homofobiese samelewing grootgeword het nie.

Tydens ’n gesprek oor haar boek Hitler, Verwoerd and me het sy die Woordfees-gehoor in die Boektent verskeie kere kliphard laat lag met haar eerlike maar reguit antwoorde sonder om doekies om te draai.

Hierdie ten volle tweetalige vrou beskryf haarself as half-Portugees, half-Duitse Katolieke ateïs wat die 20ste eeu verpes het.

Haar onkonvensionele lewensverhaal klink byna te raar om waar te wees.

Soos baie geharde joernaliste uit die ou skool speel sy nie met woorde nie. “Ek het so baie geskryf oor die kak wat SARS (die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) aangejaag het dat dit my nie sal verbaas as hulle my sommer hier kom haal nie,” laat sy die gehoor reg aan die begin van haar boekpraatjie regop sit.

Sy is in Engeland gebore as gay dogter van ’n pa wat vir Hitler geveg het in die Tweede Wêreldoorlog, ’n Portugese ma wat nie kon lees of skryf nie maar met ’n onoortreflike veglus vir haar kinders.

Haar boek waarin sy haar woede uitstort oor die 20ste eeu waarin sy die grootste deel van haar lewe deurgebring het, is ’n aweregse tipe biografie oor haar lewe en die omstandighede waarin sy grootgeword het.

Haar ma, wat ondanks haar ongeletterdheid soos ’n tierkat vir haar kinders kon baklei, het beroerte gekry toe Marianne 21 jaar oud was en kon vir die 14 jaar van haar oorblywende lewe nie praat nie, en was vir rondbeweeg van ’n rolstoel afhanklik. Hoewel haar ma nie kon lees of skryf nie, is dit aan haar te danke dat sy vandag so ‘n sterk selfbeeld het, sê Marianne. “Sy sou moord gepleeg het ter wille van my.”

Met haar pa het sy ’n ambivalente verhouding gehad. Sy het hom verag vir sy deelname aan Hitler se weermag, maar was ondanks dit alles baie lief vir hom en het hom tot sy dood opgepas na haar ma se afsterwe.

Sy is tans die assistentredakteur van die gewilde aanlyn koerant Daily Maverick en was voorheen op die redaksie van Huisgenoot se Engelse eweknie YOU. “Ek gee nie om wat ek skryf nie. Ek stel net in mense belang.”

Een van die skreeusnaakse stories wat sy moes skryf, was dié van ’n man wie se huis inmekaargeval het. Hy het in ’n mindergegoede buurt gewoon, maar wou self ’n swembad in sy erf bou met kroegdeure wat op die swembad se terras oopmaak. Hy het egter die gat vir die swembad so na aan sy huis se swak fondamente gegrawe dat die hele vooraansig van die huis ineengestort het.

Sonder om te probeer skok, vertel sy dat sy dagga leer rook het om te ontsnap uit die eng benoude omgewring in die konserwatiewe wit werkersklasbuurt waar sy grootgeword het.

Sy rook steeds van tyd tot tyd dagga, maar het ’n hekel aan alkohol, wat volgens haar veel gevaarliker is.

Dit het ongeveer 30 jaar geneem om ontslae te raak van die kollektiewe skuldgevoel wat sy gehad het omdat haar pa ’n Nazi-soldaat was. “Dit het gevoel of Hitler deel is van my gene.” Selfs vandag nog soek sy haar pa se gesig oral op foto’s as sy in boeke of tydskrifte foto’s van die Tweede Wêreldoorlog opmerk met Nazi-soldate daarin.

Hoewel haar pa haar twee aangenome swart kinders liefgekry het, kon hy nooit werklik ontslae raak van sy rassevooroordeel nie. Vandag verstaan sy beter dat hy ’n man van sy tyd was. “Jy het ’n lesbiese dogter en twee swart kleinkinders nodig gehad,” het sy later jare aan haar pa gesê.

Na die oorlog, toe die geallieerde magte Duitsland verslaan het, het die Duitse volk so skuldig gevoel oor alles dat hulle vir geslagte lank glad nie daaroor wou praat nie. Dit is eintlik maar nou eers dat van die nageslagte makliker daaroor begin praat, sê sy.

“Afrikaners wat in die apartheidsera geleef het, praat makliker daaroor as hulle Engelse burgers wat saam met hulle geleef het.” Sy sê dit is asof Engelse Suid-Afrikaners hulle probeer verontskuldig vir die wandade van apartheid deur dit weg te swyg asof hulle geen aandeel daarin gehad het nie.

Van die vorige eeu wil sy so min as moontlikheid weet en onthou. “Ek het niks van die 20ste eeu gehou nie en kan fokken niks daarvan onthou nie.”

Nelson Mandela het vir ons vryheid gebring, hoewel hy buite voeling was met baie dinge, meen sy. Hy was die verpersoonliking van die hoogste morele waardes waarna ons streef. Vir Zuma het sy egter geen goeie woord nie. Hy het die ANC se morele hoë grond weggekalwe.

Net soos vandag se generasie vrae vra oor Hitler en apartheid, sal toekomstige generasie vra: Wat het julle gedoen toe Nkandla plaasgevind het? Wat het julle gesê en hoe het julle dit gestop?

The post US Woordfees: Hitler, Verwoerd, Mandela en ek deur Marianne Thamm appeared first on LitNet.

US Woordfees 2017: Drie, ’n resensie

$
0
0

Daniël Wolmarans, wat verlede jaar in die kategorie Deurbraak vir sy spel in Skadu vir ’n WOORDtroFEE genomineer is, is vanjaar weer by die US Woordfees te sien in die debuutproduksie Drie.

Drie.

Drie.

Louis Preller maak handskoene by sy huis. Sy huis is skoon en hy hoef nie iewers heen te gaan waar hy miskien meer as drie trappe moet klim nie. Wanneer hy uitgaan, trap hy nie op die groewe tussen die teëls nie. Hy skud nie blad nie. Hy trek sy skoene by sy voordeur uit en wanneer hy kuiermense kry, moet hulle eers hulle hande was voor hulle mag inkom. Louis Preller is ’n 37-jarige, enkellopende OCD-lyer. En hy verkies die donker, want dan kan niemand sy foute sien nie.

“Ek is Louis. Louis Preller. Ek is bewus van wat fout is met my. Vir jou is dit vreemd, ongewoon, simpel, irriterend, abnormaal. Vir my is dit doodnormaal.”

OCD staan natuurlik vir “obsessive-compulsive disorder”, oftewel “obsessief-kompulsiewe steuring”. In dié eenmanvertoning word die gehoor blootgestel aan die innerlike konflik en dialoog wat gewoonlik tot die binnekamer van die OCD-lyer beperk is. Louis Preller vertel sy storie en lig sy gewoontes toe deur na die simptome van OCD te verwys. Omdat hy ’n daaglikse stryd met angs het, is sy gewoontes daarop gemik om ’n mate van beheer oor sy lewe te behou. Ter wille van oorlewing moes hy gedrag aanleer wat hom meer in beheer sou laat voel, veral te midde van sy moeilike kinderjare.

Hy het onder andere ’n obsessie met die getal drie. Hy maak die deur drie keer oop en toe wanneer hy of een van sy kuiergaste die kamer binnekom of verlaat (ook tot die gehoor se genot wanneer hy die deur vir “Mejuffrou” oopmaak wanneer sy by hom kom aandete eet, en hy dit eers twee keer in haar gesig toemaak voor sy die derde keer mag inkom).

Soos Louis meer vertel van sy ongesonde verhouding met sy ma, sy isolasie van ander mense en ook sy behoefte aan aanraking (wat hy doelbewus vermy weens sy vrees vir kieme), word die gehoor uitgedaag om dié deel van Louis te aanskou wat nie eers sy ma kon verduur nie. Sy kompulsiewe gedrag was by tye ongemaklik om te aanskou, en ek het telkens gevoel hoe my hart vinniger klop wanneer Louis tydens sy angsdeurdrenkte monoloë drie tree op ’n slag op en neer oor die verhoog loop.

Daniël Wolmarans se spel was onverbeterlik en hy het my aandag van die begin tot die einde behou.

Louis se konstante gesprek met homself, sy frustrasie met sy kompulsiewe gedrag en sy “argumente wat met mekaar begin argumenteer” is pynlik eerlik. Terselfdertyd ook ontstellend wanneer Louis se spel dit duidelik maak dat hy insig in sy eie toestand het en weet dat dit disfunksioneel is, maar dit steeds nie kan verander nie – selfs al probeer hy sy brein manipuleer en dissiplineer.

Die produksie werp lig op ’n steurnis wat te maklik blameer word wanneer iemand bietjie meer perfeksionisties as die norm is. Deurdat die storielyn met interessante feite oor die steurnis gekombineer word, kan die gehoor die produksie geniet en terselfdertyd ook ’n paar minder-bekende feite inwin.

Die vraag wat die produksie stel en waarmee Louis die gehoor konfronteer, is wat die konsep van “perfek-wees” behels. Is ons perfek omdat ons die deur slegs een keer hoef oop te maak? Of is Louis perfek omdat hy altyd seker maak sy deur is gesluit?

Die aandag aan besonderhede, soos die netjiese stelontwerp, die aan- en uittrek van doktershandskoene wat telkens na gebruik weggegooi word, en die fyner nuanse van Wolmarans se spel, dra by tot ’n debuutproduksie wat die toonbeeld van deeglike navorsing en weldeurdagte wisselwerking tussen al die elemente is. As Drie drie maal gewys het en ek al drie vertonings bygewoon het, sou ek elke keer iets nuuts daaruit kon neem.

Drie by die US Woordfees

11 Maart 18:00 by die Weltevreden Waenhuis
60 minute
R80 | R90 by die deur

The post US Woordfees 2017: Drie, ’n resensie appeared first on LitNet.


US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud

$
0
0

Naomi Meyer het met Ryk Hattingh gesels oor Sing jy van bomme wat vanjaar by die US Woordfees op die planke was.

Hallo Ryk, jou Huilboek het verlede jaar verskyn en nou het die drama waarvoor jy die teks in 1988 geskryf het, Sing jy van bomme, by die US Woordfees gespeel. Wat het jou die idee(s) vir Sing jy van bomme gegee, as jy nog kan onthou?

Sing jy van bomme het tot stand gekom tydens die onstuimige tye in die tagtigerjare. Die ou regime het alles in die stryd gewerp om die populêre opstande te onderdruk en die Suid-Afrikaanse gemeenskap is toenemend gemilitariseer. Die weermag en polisie is in die swart woonbuurte ontplooi en uniforms, pantservoertuie en helikopters het deel van die landskap geword. Moordbendes het aktiviste vermoor, die media is deur streng staatsensuur aan bande gelê, mense het verdwyn. Kortom, Suid-Afrika was op die rand van ’n afgrond. In dié neerdrukkende atmosfeer het al hoe meer wit mense begin besef dat hulle nie langer deel van dié moordmasjien wil of kan wees nie. Soldate het begin dros, alternatiewe organisasies is op die been gebring, mense het hul lewens gewaag om hulself teen die heersende orde uit te spreek. Die tagtigerjare was ’n smeltkroes van kulturele en politieke idees wat die stelsel met mening van binne af getakel het. Dis waar Sing jy van bomme vandaan kom.

Sing jy van bomme ... Is dit ’n drama uit die verlede hierdie, of een oor die toekoms? Waar speel dit af, en wie is die karakters? Kan jy iets van die storie verklap, vir diegene wat dit nie ken nie?

Nege-en-twintig jaar gelede het Sing jy van bomme groot opslae gemaak. Toe is dit as kontemporêre protesteater beskou. Op aandrang van Saartjie Botha en Gerrit Schoonhoven, die regisseur, het ek besluit om die teks onder die loep te neem en ’n bietjie aan te pas vir vandag of, as dinge in Suid-Afrika verder verval, dalk vir môre. Tog dink ek Sing jy van bomme is ’n eietydse stuk met ’n boodskap vir vandag.

Die oorspronklike opvoering het in Johannesburg afgespeel. Dié keer speel dit af in ’n postapokaliptiese, vervalle stad met ’n oorheersende steam punk gevoel.

Wat die karakters betref: Duif (Liezl de Kock) is ’n oordrewe stereotiepe huisvrou wat lewe vir aksierolprente, tee, en natuurlik haar man, die Kolonel (Frank Opperman). Die Kolonel is ’n gesoute militaris wat wet en orde met oorgawe najaag. Ampie (Luan Jacobs), Duif se broer, voel vere vir die militêre aanslag op die onderdruktes en kruip onder ’n kombers in om dit te ontduik. Mona (Hilda Cronje), ook uit ’n militêre huis, het weggeloop en droom daarvan om ’n punk band op die been te bring. Dan is daar Kruit Kruger (Zak Hendrikz), ’n hartelose entrepreneur wat bomme vanuit sy kroeg verkoop aan enigiemand wat geld het om daarvoor te betaal. Sy vriendin, Baby (Stephanie Gericke), het genoeg gehad van Kruit se bedrywighede en maak planne om hom te los. Laastens het ons twee krygers, Andy (Marnitz van Deventer) en Daantjie (Kaz McFadden), op verlof om ’n gesneuwelde kameraad te begrawe. Alles gebeur in een aand.

Die land was ’n ander plek toe jy Sing jy van bomme geskryf het. Of was dit? Wil jy iets van Suid-Afrika vertel en hoe jy dit nou beleef, jare later?

Ek was twee jaar gelede in Suid-Afrika en ek dink nie ek is regtig bevoeg om my te veel uit te laat oor die land nie. Tydens my laaste besoek was ek diep onder die indruk van die enorme gaping tussen die magdom van brandarm mense aan die een kant en die buitensporige weelde en rykdom van ’n handjievol aan die ander kant. En ’n mens kan nie anders as om te wonder wat van die beginsels van die destydse vryheidsmanifes geword het nie, want dit wil voorkom of die land weliswaar in die kille goudgreep van groot geld is.

Sing jy van blomme ... Is daar iets in hierdie land waaroor mens positief kan wees? Is dit nie die doel van die oefening nie?

Natuurlik is daar rede om positief te wees. Dertig jaar gelede was Suid-Afrika in die greep van ’n magtige militêre masjien met sensuur en indoktrinasie en ongelykheid as grondbeginsels. Die land is bevry van dié ongeregtighede. Nou is daar egter uiteraard nuwe monsters om aan te vat.

Die destydse koerantknipsels van Sing jy van bomme is verskaf deur Ryk Hattingh.

The post US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

$
0
0

Gesprek van Estelle Kruger met Carina America en Michele van der Merwe oor hulle artikel:

Die rol van ’n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwysstudente

Hoe het julle twee mekaar “ontdek” en besluit om saam hierdie Mobilex-projek aan te pak?

CA: Ek het voorheen ’n lees-praat-skryf-projek met my EBW-studente gedoen waaroor ek later ’n artikel geskryf het met die fokus op konsepgeletterdheid. Ek en Michele het eendag gesels oor die uitdagings wat eerstejaarstudente ervaar, ek het haar vertel van die projek en ons het besluit om saam te werk met die Mobilex-projek.

MvdM: Teekamergesprekke help!

Hoeveel EBW-studente gebruik reeds hierdie selfoonwoordeboek?

CA: Mobilex is beskikbaar gestel aan al die eerstejaarstudente, maar die frekwensie van die gebruik deur EBW-studente is nog spekulatief en moontlik deel van ’n opvolgprojek.

Verduidelik asseblief kortliks die proses om so ’n veeltalige selfoonwoordeboek te ontwikkel?

MvdM: Werk aan so ’n vakwoordeboek vereis goeie spanwerk en samewerking met vakdosente. As leksikograaf dryf ek die projek, maar ek is afhanklik van vakdosente se bereidwilligheid om saam te werk. Aangesien die selfoonwoordeboek op voorgraadse studente gemik is en hulle dus die teikengebruikers is, is dit vir my belangrik dat daar in hulle leksikografiese behoeftes voorsien word. Vakdosente wat klasse aan voorgraadse studente doseer, is goed op hoogte met die terminologie wat in die spesifieke vak benodig word. Hulle gaan deur lesings en aanbiedings en soek sodoende terme om in die vakwoordeboek op te neem. Dosente verskaf ook ’n bondige omskrywing van terme wat op voorgraadse vlak gebruik word. Daarna word die terme en betekenisverklarings na die Taalsentrum gestuur vir vertaling in Afrikaans of Engels, en Xhosa. Wanneer alles geproeflees is en in die korrekte formaat verskyn, word dit elektronies op Mobilex gelaai en is dit gereed vir gebruik.

Wat was julle elkeen se ervaring in onderwys voordat julle die akademie betree het?

MvdM: Ek was dosent by Hoëveld Kollege, Brakpan Kollege, Boland Kollege en KSUT (Wellington).

CA: Ek was ’n dosent in die Fakulteit Bestuurswese aan KSUT (Kaapstad), het in die privaatsektor gewerk, en was ook ’n rekeningkunde-onderwyser.

Word huidige onderwysers en ander dosente ook opgelei om die selfoonvakwoordeboek te gebruik?

MvdM: Die woordeboek is baie gebruiksvriendelik en dosente gebruik die woordeboek as ondersteuningsmiddel vir studente, veral op die universiteit se leerplatform.

Wat is die potensiaal om soortgelyke selfoonwoordeboeke in ander vakke te ontwikkel?

MvdM: Mobilex bevat tans ook terminologie vir geskiedenis, aardrykskunde, wiskunde, die natuurwetenskappe en opvoedkundige sielkunde en word dus wyd in die fakulteit gebruik. Die Fakulteit Teologie maak ook van Mobilex gebruik en daar is reeds etlike terme in verband met teologie gelaai.

Julle studie het Afrikaans- en Xhosasprekende studente betrek. In watter mate gebruik Engelssprekende studente ook die Mobilex?

MvdM: Ons glo dat hulle dit ook gebruik, maar ons studie het nie op hulle gefokus nie, aangesien daar meer leksikografiese bronne tot hulle beskikking is.

Is julle Mobilex gereed om bemark te word aan skole? Indien wel, hoe sal julle dit doen?

MvdM: Die WKOD is bewus van die projek en daar kan geleentheid vir samewerking wees. Op die oomblik is ons teikengebruikers voorgraadse studente, maar dit kan aangepas word om baie effektief in skole gebruik te word. Ek dink dit kan baie nuttig in die klaskamer wees, veral waar leerders nie in hul moedertaal onderrig word nie.

As jy die hoof van ’n skool was, hoe sou jy die onderwysers motiveer om opgelei te word om hierdie woordeboek te gebruik?

MvdM: Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting. Woordeboeke se rol is om kommunikasie tussen taalgebruikers te verbeter en om gebruikers te help met lees, luister, praat en skryf.

Wat was vir julle die grootste uitdagings in die ontwikkeling van Mobilex? Hoe het julle dit oorkom?

CA: Die sinchronisering van die verwagtinge van die vakkundige en dié van die taalkundige/leksikograaf. Goeie spanwerk en geduld. Ons het probeer om by die sperdatums te hou.

Wat het julle van julleself geleer in die proses van hierdie navorsingsprojek en skryf van die artikel?

CA: Om geduldig te wees. Dit is tydrowend om navorsing te doen en ons tye vir persoonlike kontak is beperk as gevolg van ander akademiese verpligtinge. Die interaksie was goed en ek het so baie geleer van leksikografie.

Is daar enige nuwe ontwikkelings ivm selfoonwoordeboeke op julle horison?

MvdM: Ek het befondsing van die Departement van Kuns en Kultuur ontvang vir die volgende drie jaar, en beoog om die woordeboek verder uit te brei en te ontwikkel.

The post Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Vir Angus oor sy brief ‘taal, grammatika, feite, teorieë en Afrikaans’

$
0
0

Beste Angus

Wat jy op 23 Februarie skryf oor die bestudering van spraakklanke, spraakklankverskynsels ens klink vir my reg behalwe dat dit die veld van die linguistiek is.  Ek het nou nie taal nagraads soos jy bestudeer nie maar na my mening is dit die linguis wat so diep in sintaksis, die oorsprong van woorde ens ens ingaan. 

’n Linguis soos Chomsky bestudeer die, noem dit maar ‘meganika’, van taal as kommunikasiemiddel en hy sal verskeie tale se werkinge as verwysing hê.  ’n Grammatikus bestudeer die geskiedenis van ’n spesifieke taal se grammatika, oorsprong van woorde ens, die ‘hoekom’ van daardie taal se grammatika.  So sal jy dus ’n Duitse of Engelse of Afrikaanse grammatikus kry (soos Willem Botha, Tom McLachlan of wyle Anton Prinsloo) wie se spesialisgebied ’n spesifieke taal is. ’n Linguis, aan die ander kant, bemoei hom met die breër aspekte van taal as kommunikasiemiddel.  Grammatici is taalpraktisyns in ’n spesifieke taal waar linguiste die breër beginsels van taal in die algemeen bestudeer.  Linguistiek staan teenoor grammatika soos suiwer wiskunde teenoor toegepaste wiskunde, of soos wetenskap teenoor tegnologie.

Wanneer jy ’n vreemde taal aanleer dan gaan jy nie daardie taal se grammatika BESTUDEER soos ’n grammatikus nie; jy gaan bloot die grammatika, saam met die woordeskat, van daardie taal leer.  As jy byvoorbeeld Duits leer moet jy die grammatika (en die woordeskat) ken voordat jy die taal kan praat; jy moet weet wanneer om die datief of die genitief of wat ook al te gebruik.  Iemand wat die taal volgens die Berlitzmetode, of aan moedersknie, geleer het gaan waarskynlik nooit weet dat, wat hy nou inspan, die akkusatief of nominatief is nie maar hy gebruik dit korrek.  ’n Engelsman wat byvoorbeeld ‘whom’ reg gebruik weet nie eers dis die datief van ‘who’ nie.  Soos ek jou al gesê het, jy hoef nie fisiologie te bestudeer het om die spiere wat jy vir stap nodig het se name te ken nie; jy kan stap sonder enige kennis van die spiername.

Die kind waarna jy verwys wat sy taal redelik goed kan praat kan slegs die taal redelik goed praat omdat hy dit grammatikaal ken.  Hy sal nie  indien hy nou ’n Engelsmantjie is, “I is” of “I are” sê nie; hy sê “I am” omdat hy die grammatika ken.  Hy sal nie vir jou kan sê dat hy nou die eerste-persoonsuitgang van die werkwoord ‘to be’ gebruik nie want hy hoef nie die grammatikaterme te ken om die grammatika onder die knie te hê nie.

My bewering dat jy kennis moet hê van die grammatika om die taal te kan praat is reg; anders kan jy nie die taal praat nie.  Om ’n vreemde taal te leer, leer jy die grammatika en die woordeskat.

Wat feit en teorie betref:  As ek vir jou sê ek het ’n teorie dat RSG Afrikaans ondermyn dan is dit slegs my mening, dit is nie noodwendig ’n feit nie.  As ek toevallig in ’n kroeg ’n werknemer van die SAUK raakdrink, en sy tong raak los, en hy sê vir my hy was in ’n vergadering waar besluit is dat Engels op die Afrikaanse sender gestoot moet word, dan is dit ’n feit so uit die perd se bek uit.  Ek het egter nog nie so iemand raakgedrink nie en my mening dat RSG Afrikaans ondermyn bly net ’n teorie, ’n mening.  So, op die lys van wetenskaplike waarhede is teorie ondergeskik aan feit en nie andersom soos jy beweer nie.   

Jy’s reg, ons (baie van ons) gooi sommer net Engelse woorde in en dus, per definisie, praat geradbraakte Afrikaans.  As “jy’t gemention dat ons nie ’n future saam het nie” vir jou meer “streamlined” is as “jy’t genoem dat ons nie ’n toekoms saam het nie” dan is “you noemed that we don’t have a toekoms together” seker ook meer vaartbelyn vir jou as wat “you mentioned that we don’t have a future together” is.  As dit so is dan is dit seker jou smaak maar jy yl as jy dink dit is verrykend wat woordeskat betref want in albei gevalle bestaan die vervangde woorde in die oorspronklike taal, dus geensins verrykend nie.  Jy verdedig die onmoontlike vermoed ek net om polities korrek te wees want so ’n simpel argument kan nie die produk van logiese denke wees nie.

Groetnis

Jan Rap

 

 

The post Vir Angus oor sy brief ‘taal, grammatika, feite, teorieë en Afrikaans’ appeared first on LitNet.

Syferfontein, ’n onderhoud

$
0
0

Syferfontein
Cas Wepener

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485306887

Trisa Hugo voer ’n onderhoud met Cas Wepener oor Syferfontein

Syferfontein is jou debuutroman, na ’n indrukwekkende lys van akademiese publikasies. Vir “ontvlugting” uit die akademie kies jy toe die mees aanstootlike, weersinwekkende hoofkarakter wat ek nog raakgelees het. Vir my het hy alles verteenwoordig wat hatig, inhalig en veroordelend is en ’n samevatting van al die swak eienskappe wat voorkom in ’n vorige-geslag Afrikanerboer, so ’n soort samestelling. Lees ek dit reg?

’n Deel van my mees onlangse akademiese werk het oor woede gehandel. Ek het selfs ’n artikel getiteld “Bliksem!” geskryf. Daardie werk het spesifiek op publieke woede in ons land gefokus en hoe daardie woede nou gekoppel is aan ’n lang oorgangsproses sedert ’94. Terugskouend staan Peet vir my in verband met daardie voortgaande proses. Ja, Peet is inderdaad presies wat jy hier bo noem, maar ek sou dit alles wel binne ’n baie spesifieke konteks wou plaas.

Jy is heelwat jonger as die tyd waarin die roman afspeel, tog het jy die tydsgees goed saamgevat. Hoe het jy dit reggekry?

My pa was heelwat ouer en van ’n vorige generasie, Peet se generasie. Gevolglik het ek van kleins af baie blootstelling aan mense uit daardie era gehad. Verder kom ek ten dele uit die Groot Karoo en het ek steeds ’n plekkie daar sonder enige elektrisiteit of moderne geriewe. Iets van daardie atmosfeer beleef ek gereeld. En toegegee, ek is ’n besonder groot liefhebber van Karel Schoeman se werk. Hy is die meester wat ’n tydgees in ’n roman kan saamvat, juis ook in plekke op ons platteland soos Syferfontein. So byvoorbeeld speel die Stemme-drieluik nie in 1960 af nie, maar die wyse waarop hy die atmosfeer skep, is vir my betowerend.

Het jy ooit iemand soos Peet van Jaarsveld geken? Sy karakter is so oortuigend, ek wou heeltyd die ou man iets toesnou.

Ek glo daar is baie moderne weergawes van Peet. En ek was natuurlik vir ’n paar jaar ook in die bediening. Dominees kom op plekke en kry die geleentheid om waarnemings te doen en mense op wyses te leer ken wat in min ander beroepe gebeur. Maar nee, ek het Peet se karakter nie op iemand spesifiek geskoei nie.

Ek kan verstaan dat dit in die sestigerjare moeiliker was om te skei, maar dit was nie vir my duidelik waarom Gertruida nie dadelik terug is na haar ouers nie. Die “temmery” het immers dadelik na die huwelikseremonie begin. Verteenwoordig sy iets van die onderdanigheid van daardie geslag vrou?

Weet jy, ek dink dis steeds nie so maklik vir vrouens om te loop nie. Hoeveel keer moes ek nie hoor “Maar waarheen sal ek gaan?” nie. Jy het byvoorbeeld geld nodig om te kan loop, maar nog meer as dit, was egskeiding in daardie jare nog ’n reusetaboe, baie erger as nou. Ek kan insien dat dit vir lesers dalk vreemd voordoen, maar dis soos om Anna Karenina vandag te lees sonder om te verstaan hoe ’n groot taboe ’n buite-egtelike verhouding in daardie era in Rusland was. Daarsonder glo ek mis mens geweldig baie van die impak van Tolstoi se roman. Gertruida het geweet dat sy haar ouers se aansien leed sou aandoen met ’n egskeiding en was vasgevang in ’n samelewing waar dit net gewoon nie eers as ’n moontlikheid gesien is nie. En hoe langer jy bly, en soos daar byvoorbeeld kinders kom, hoe moeiliker raak dit ook om te skei.

Dit was die hele tyd opmerklik dat “sy” nie by name genoem is nie; selfs die kinders, wat vermoedelik ook onderdruk en mishandel is, is heeltyd op hulle name genoem. Wat het ek misgelees daar?

Een van die diepste behoeftes van mense is om hulle eie naam te hoor. Dit is ’n bevestiging dat hulle bestaan, maar meer nog, dat hulle saak maak en ’n volwaardige mens uit eie reg is. Deur Gertruida se naam te noem, sou dit ook vir Peet ’n erkenning wees dat sy vrou ’n mens is, iemand met gevoelens. Deur die gebruik van “sy” kon hy haar objektiveer en deurgaans aan homself bevestig dat sy inderdaad sy eiendom is en sy optrede dus geregverdig is.

“Sy” het vir ou Peet ’n lekker punt gewys met haar dood; so ook die seun met die koop van Botterblom waarvoor hy so gespaar het met sy uiterste inhaligheid. Was hierdie ’n tipe oog vir oog, ’n soort terugkry op ’n manier?

Inderdaad, hulle het vir Peet uitoorlê.

Daar was nooit regtig ’n motivering vir Peet se aanstootlike gedrag, wat moontlik uit sy kinderjare voortspruit nie. Dit het my gepla. Is daar ’n rede voor?

Daardie tipe verklarings vir gedrag is te eenvoudig en soms ’n maklike uitkoms in verhale. Peet het ’n bokplaas en ’n bok is ’n … Dit is dit. Peet het wonderlike kinderjare gehad. Ondersteunende ouers. Mense soos Peet word te maklik verskoon vir hoe hulle optree met een of ander motivering. Ek besef dit kan lesers pla. Dit behóórt ons te pla.

Daardie uiterste inhaligheid, of skraapsugtigheid soos jy dit so mooi noem, kom ook tot uiting in sy liefdeloosheid teenoor homself. Hoe hy homself verwaarloos en swak en spaarsaam eet, homself nie vars koffie of warm kos gun nie, is moeilik om te verstaan. Wat sou die dryfveer daarvoor wees?

Suinigheid is ’n siekte. Godsdiens kan insgelyks baie maklik patologies word. En saam glo ek is die twee ’n heerlike kombinasie om ’n karakter soos Peet mee te ontwikkel, veral in iemand soos Peet wat sy verwronge teologie gebruik om sy optrede te regverdig. Ek dink nie mens moet onderskat hoe geredelik dit gebeur en ook hoe uiters skadelik dit is nie.

Hoe meer ek oor die boek dink, hoe meer besef ek dit is ’n herlees werd. Ek vermoed daar is heelwat subtiele goed wat ek gemis het. Wat wou jy graag sê wat ek misgelees het?

Jy het baie goed gelees, dankie. Dit is nou indien ek wel in die posisie is om so ’n oordeel oor jou lesing te kan vel. Nietemin, heelwat van wat jy in jou resensie noem, is belangrik: Geloftenaweek, die illusie wat hy leef en wat in verband staan met “re-membering”, dat deernis en begrip doelbewustelik nie geskep word nie, dat dit juis nie ’n tipiese plaasroman is nie, die ontmenslikingstegniek, dat dit ’n bewussynstroomverhaal is, dat dit bedoel is om vir seker nie ’n genotvolle leeservaring te wees nie, en alles wat jy nog uitgelig het. Indien daar meer is, los ek dit vir jou vir daardie herlees waarvan jy praat. Ek is nuuskierig om te hoor wat jy vind.

Geen onderhoud is volledig sonder die afsluiting van ’n belofte van meer uit jou toetsbord nie. Ek vermoed daar kriewel reeds gedagtes en karakters wat jy nie in Syferfontein kon insluit nie … Is ek reg of is ek reg?

Jy is heeltemal reg. Om die waarheid te sê het ou Peet my kom lastig val terwyl ek besig was met ’n kreatiewe manuskrip as deel van ’n MA in kreatiewe skryfwerk by Henning Pieterse. Daardie manuskrip is intussen afgerond en aanvaar vir publikasie. Ons is tans besig met die redigeringsproses. Johanna verskyn hopelik in Oktober.

The post Syferfontein, ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Kampterrein, ’n filmresensie

$
0
0

Kampterrein

So-so.

As jy van ’n lawwe komedie hou, ’n komedie wat boonop brandewyn & Coke en visvang insluit, en jy net vermaak wil word, moenie verder lees nie. Gaan kyk Kampterrein en ondersteun die mense wat hard daaraan gewerk het. Die meeste van my gripes met die film sal die algemene filmganger nie pla nie.

As jy meer as lou grappe, stereotipering en oppervlakkigheid van jou films verwag, lees maar verder en besluit self of jy Kampterrein gaan aandurf.

Daar was ’n paar lekker grappe aan die begin. Dit raak egter yl gesaai na die eerste veertig minute. Ek dink die resep vir ’n goeie komedie is ’n fyn sin vir humor gekombineer met diepte en menslikheid. Anders raak dit vervelig. Beide Sy klink soos lente en Vir die voëls het my hardop laat lag, maar ook laat nadink oor die rol van vrouens, materialisme, die grensoorlog, ens. Kampterrein het ongelukkig geen diepte nie.

Die stadige opbou tot die tente opgeslaan is, was belowend. (Ek het veral van die Wimpy-toneel gehou.) Drie verskillende families se benadering tot kampeer is goed uitgebeeld. In die middel van die fliek, waar die tempo begin optel en dinge moet skeefloop, het die wa se wiele afgekom. Die scenario’s was nie geloofwaardig nie (mevrou Khumalo wat in die verkeerde karavaan slaap; Susan wat twee mans met ’n pakslae-plank moker). Van die tonele was bloot oortollig of heeltemal te lank. (Die toneel waar Genevieve vir oom Gert groet was pynigend.)

Van die karakters moes in die snippermandjie geëindig het. Kaz McFadden se Kareltjie was net laf en ek weet nou nog nie wat Marlee van der Merwe in die film gemaak het nie. Ek het baie waardering vir McFadden se comedic timing en Van der Merwe se talent  (sy was die enigste hoogtepunt in Liefling) – gee hulle net ordentlike rolle, asseblief. McFadden kan meer as slapstick baasraak en Van der Merwe is baie meer as eye candy.

Die film is goed geskiet en gestileer, maar dit maak nie saak as die res van die dele nie saamwerk nie.

Die musiek was aaklig. Doef-doef Afrikaanse twak. Ons het ’n ryk musiekkultuur. Keeping up with the Kandesamys, Sy klink soos lente, Johnny is nie dood nie, en ander het byvoorbeeld klankbane wat ek sou koop. Keeping up with the Kandesamys het egter ongelukkig nét ’n lekker klankbaan, en niks andersins nie.

Ek is nie deel van die Polities-Korrekte Polisie nie. Manchester by the sea het byvoorbeeld ’n ongelooflike bydrae tot die filmbedryf en sommer tot die lewe gelewer, maar word nou uitgehaal deur die PKP oor die white privilege blykbaar die meriete van die film oorskadu. Dit is onnodig. Die vervaardiger van die film, die baanbreker Kimberly Steward, ’n African-American vrou wat vir ’n Oscar benoem is vir die film, het die volgende te sê in die Huffington Post: “I really was able to identify with the film as an African-American woman because I saw my own extended family dynamics and have family members that have dealt with very tragic situations.”

’n Film moet dus erg sondig voor ek iets sê. Sommige films gebruik stereotiepe karakters as ’n manier om jou in te trek. Jy ken daardie tipe persoon. Jy weet wat om te verwag. Goeie films gaan egter verder deur die stereotipe op sy kop te draai, deur ’n ander dimensie aan ’n karakter te gee wat jou jou eie vooroordeel laat betwyfel. Kampterrein se stereotipes staan bankvas. Die vroue (en gay mans) giggel onbeheerst of gil histeries. Die manne drink brandewyn en vang deur die nag vis. Die jong meisies loop in bikini’s rond. (Regtig? ’n Bikini-kompetisie?) Die jong laities is jags. Die baie growwe hokkiejuffrou hou ’n span jong meisies in haar tent aan. (Ek kon een keer lag toe die twee stoutgat laities haar “oom” noem. Toe ’n volwasse karakter saam met hulle lag oor hulle haar geslag keer op keer verkeerd kry, was ek ongemaklik.)

Opsommend, Kampterrein is louwarm vermaak en grens boonop aan aanstootlik wees.

The post Kampterrein, ’n filmresensie appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Kobie Korf se inskrywings

$
0
0

Sonja – tot 23 Februarie 2017.

Jou tuiste was ’n kleurryke fantasie
een wat ons almal voorhou
om jouself en die wêreld te oortuig
dat jou aarde hemel is

Jy het hom lieflik getooi
volgemaak van jou
as ’n kraak sou deurslaan
hang jy ’n skildery
’n stillewe van ougoud en koper
jou Mona Lisa glimlag huiwer om die rand

Niemand kon (voor)sien dat
die kraak oopstoot
jou verswelg en ongevoelig
terugdwing in die stof

 

Abba huis

Die wêreld is my woning wel
met wapad my huisie agterna
van die blou van berg en lug
altyddeur in klowe eindeloos
gerus tot waar branders uitrol
of klaend teen die rotse woed.

Draai ons die mantel teen die weer
ligvoets vroegoggend die dag te groet
son en wind en reën my tuiste
tydsaam die miskruier op sy
deugsame tog te volg
in buffelsiel-oë ’n fluistering te deel

saans dek ek tafel onder die uitspansel
’n sterrehemel my kandelaar
versmelt ek in die donkerword
hemelse vree alom
spore soos stories in die sand


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Kobie Korf se inskrywings appeared first on LitNet.

US Woordfees: HemelBesem se god praat Afrikaans

$
0
0

Danie Marais en HemelBesem
Foto: Naomi Bruwer

“My storie is presies wat dit is … myne.” So begin die gewilde Afrikaanse hip-hop-ster HemelBesem se boek God praat Afrikaans wat dié week by die US Woordfees bekendgestel is.

Dit is dié storie wat hy tydens ’n boekgesprek in die Boektent met die beatdigter Danie Marais en sy gehoor deel.

“Aweh!” groet hy aan die begin met sy kenmerkende groet en vertel waarom dié groet vir hom so baie beteken.

“As coloured mense mekaar groet, is dit ’n la-a-ang affêre. Dis seker waar van ander kulture ook, maar dis definitief iets wat ek van my mense waardeer. Amper al die sintuie raak deel van die groet.”

“Aweh!” groet die gehoor geesdriftig terug, van wie baie die woord waarskynlik die eerste keer hoor.

Min mense beskik oor die vermoë om ’n gehoor so mee te sleur soos hierdie gewilde rymkletser met ’n ruim hart vir mense en groot liefde vir Afrikaans.

Vir HemelBesem is “aweh” nie sommer net ’n groet nie. Daar is byna iets heilig aan, omdat dit ’n soort energie uitstraal.

Hy spel dit nie awe of awê soos wat baie ander dit spel nie. Vir hom moet aweh lank genoeg wees. Dis hoekom die h daar vir hom werk.

“Ag, ek weet ek is sommer bevooroordeeld. Weet jy hoekom? Dis omdat ‘aweh’ vir my so naby aan ‘Yahweh’ is. Glo dit of nie, maar daar is vir my so ’n hip-hop-gevoel aan hierdie hele idee.”

HemelBesem
Foto: Izak de Vries

Die titel van HemelBesem se boek God praat Afrikaans kan mens maklik verwar en laat dink, ag nee! hier kom nóg ’n soetsappige gospelstorie van een of ander aard in sentimentele godsdienswol toegedraai.

Dit is ’n mistasting. Hip-hoppers van veral die laat tagtigs en vroeë negentigs was lief daarvoor om mekaar “gods” te noem, en mekaar so te groet. Iets soos “whatsup god”? of “howyoudoing, god”, verduidelik HemelBesem.

“Die idee was dat as ouens mekaar groet, sê hulle eintlik ‘the god in me greets the god in you.’”

Vir hom weerklink Afrikaans oor alle rassegrense heen. “Afrikaans se arms is wyd en oopgespalk en trek mense in ongeag hoe die taal oorkom en in watter dialek.”

Maar dit is eers redelik onlangs dat baie Afrikaanse mense buite die bruin kultuur begin besef het hoe diep kletsrym werklik is.


Video: Naomi Bruwer

“Mense hou van die idee om Afrikaans te praat en is nie meer skaam om Afrikaans te wees nie,” sê HemelBesem.

Maar hip-hop was nêrens op die radio te hoor nie en so het hy ook grootgeword. Noudat hip-hop al hoe meer bekend word, kan hy sy taal met almal deel in die kunsvorm waarvoor hy lief is.

As hip-hop-kunstenaar is daar waarskynlik nie nóg ’n brugbouer in die land soos HemelBesem nie.

Hip-hop is nie gebore uit haat nie, verduidelik hy, maar uit liefde. “Liefde vir iets moet nie gesien word as haat vir iets anders nie. Dit geld liefde vir musiek en ook liefde vir taal.”

Daar is haat en seer in alle genres, nie net in hip-hop nie.

Dit is waarskynlik te danke aan sy unieke vermoë om in mense se harte in te kruip dat dié kletsrymer met ’n arm vol tatoeëermerke selfs by ouer wit mense aanklank vind.

Onlangs na ’n vertoning sê ’n ouer persoon wat in die gehoor was na die tyd vir hom: “Jy klink net soos my dominee, maar met ’n ritme.”

Diegene wat dink hip-hop is niks anders as doef-doef-musiek nie, hoef maar net na mense soos HemelBesem, Churchil Naudé en ander Afrikaanse hip-hop-sangers se lirieke te luister om te besef daar is veel meer as net doef-doef daarin.

Vir hip-hop-liefhebbers is dit ’n kultuur.

“Hip-hop soek slegs realness. Nie noodwendig reg nie – wees net real,”, skryf HemelBesem in sy boek.

“Al is jou punt nie ’n goeie punt nie, wees oortuig daarvan en deel dit. Al is jou oortuiging more anders, deel dit dan weer met oortuiging. Ek dink dis belangrik om opinies te deel. Sê ’n ding reguit!”

HemelBesem
Foto: Naomi Bruwer

’n Oom in George het hom en sy vrou eendag bemoedig deur te sê ’n kronkelpad is langer as ’n reguit pad. “In hip-hop is dit belangrik om ’n ding reguit te sê. Ons is so vasgevang in fakeness, as iets eerlik ons pad langs kom, lyk dit sommer verkeerd, Gee dit net ’n kans en jy sal eerlikheid ’n kans gee. As jy weer sien, sal die doef-doef in die musiek heel moontlik met die doef-doef binne jou strook.”

Oor sy vriendskap met die omstrede Steve Hofmeyr gesels HemelBesem net so eerlik en reguit soos oor die moeilike en arm agtergrond waaruit hy kom.

“Ek speel nooit die man nie, ek speel altyd die bal.” Al stem hy nie saam met alles wat Hofmeyr sê nie, vra hy nie verskoning dat hulle vriende is nie. “Wanneer ek nie met hom saamstem nie, sê ek dit en ook wat ék dink. Maar ek glo nie daaraan om modder te gooi nie. As jy mense met modder gooi raak jou eie hande vuil sowel as dié wat jy daarmee gooi.

“As ons disagree dan disagree ons. Dis twee mense wat disagree.”

Voorheen was HemelBesem ’n pastoor wat klein groepies mense met die Bybel onder die arm gemotiveer het.

Nou het hy ’n ander podium waar hy so doef-doef brûe bou.

In sy boek sê hy: “Ek hou eintlik nie meer daarvan om ’n Christen genoem te word nie. Ook nie om met die kerk as sodanig geassosieer te word nie. Nie ná ek my kop gestamp het teen al die lelik wat tussen daai letters vaskleef nie.”


Video: Naomi Bruwer

In teenstelling met die titel van sy boek en een van sy lirieke is daar ook ’n ánder liriek wat hy in sy boek opgeneem het:

God praat nie Afrikaans nie
Dalk práát hy glad nie?
Ons hóóp hy praat en daai hoop raak so intens, ons begin
Sy stem hoor. Maar eintlik dóén hy net.
Ons moet leer om Afrikaans te leef in plaas van net lees
Leer om Afrikaans te wees in plaas van net fees.
Leer om Afrikaans te doen in plaas van net verdoem.
Praat dit minder, en leef dit harder.

Dit is die storie van Simon Witbooi jr aka HemelBesem wat doef-doef brûe bou oral waar hy kom.

The post US Woordfees: HemelBesem se god praat Afrikaans appeared first on LitNet.


Bestuurderspos beskikbaar by die Breytenbach Sentrum

Die internasionale vrouestaking

$
0
0

’n Vrouestaking in Buffalo in die VSA

8 Maart is Internasionale Vrouedag. Hierdie jaar, hoop organiseerders, gaan dit ook die dag wees waarop vroue dwarsoor die wêreld gaan staak.

Die oproep is: “It will be a day of striking, marching, blocking roads, bridges and squares, abstaining from domestic, care and sex work ...” Dit sal genoem word “A Day without Women”.

Alle vroue is veronderstel om hulle te weerhou van enige werk, betaald of onbetaald, in die tuiste of buite die tuiste. Vroue is veronderstel om net ander vroue se besighede te ondersteun op hierdie dag.

Daar is heelwat presedent vir die konsep van vroue wat staak.

In voorkoloniale tye het die vroue van die Igbo-stam in Nigerië ’n raad gevorm, gelei deur die Agba Ekwe, wat ’n seremoniële titel en rol was. Hierdie raad se hooffunksie was om die goeie gedrag van mans te reguleer. Indien die mans nie die raad eerbiedig het nie, het al die vroue in die stam eenvoudig onttrek aan die stam, en eenkant gaan bly. Slegs babas wat borsvoed kon saamgaan, en natuurlik al die dogtertjies. Eers wanneer die mans bereid was om in te stem tot wat ook al die oorsaak van die geskil was, het die vroue teruggekeer na hulle normale rol.

Op 24 Oktober 1975 het die vroue van Ysland gestaak om teen geslagsongelykhede te protesteer. Uiteindelik het 90% van Yslandse vroue saam gestaak. Vir ’n dag was die land tot stilstand gebring. Die gevolg? In 1980 het Ysland die eerste land ter wêreld geword waar ’n vrou in ’n demokratiese verkiesing tot staatshoof verkies is. Ysland is ook bekend as die land met die grootste gelykheid tussen geslagte in die wêreld.

Op 25 Oktober 1997 het ’n groep swart vroue in Philadelphia ’n protesaksie begin om vorme van sosiale, politieke en ekonomiese ontwikkeling van swart vroue te bevorder. Die optog, die Million Women March, was die begin van ’n beweging wat nog steeds jaarliks verskillende knelpunte aansny.

In 2003 het die vroue van Liberië besluit dat die sluit van ’n vredesverdrag na 14 jaar van burgeroorlog nie meer aan die mans oorgelaat kan word nie. Die Women of Liberia Mass Action for Peace het toe met ’n reeks vreedsame protesaksies begin. Dit het ’n seksstaking ingesluit. Die vroue het eenvoudig hul mans seks geweier totdat daar ’n vredesverdrag onderteken was. Dit het dan ook gebeur, en kort daarna is Ellen Johnson Sirleaf as die eerste vroulike leier van Liberië verkies.

In Junie 2011 het die vroue van die Colombiaanse dorp Barbacoas die sg Crossed Legs Movement begin, in protes omdat die regering nie die paaie tussen Barbacoas en omliggende dorpe herstel het nie. Ook hulle het ’n seksstaking begin. Binne weke het die mans ook optogte begin reël om die regering so ver te kry om die paaie te herstel. Die seksstaking het 112 dae geduur voordat die regering onder die druk geswig en die paaie herstel het.

Ysland se sukses het in 2016 as inspirasie gedien vir die sg Black Monday-protes in Pole. Vroue het hier gestaak in protes teen voorgestelde aborsiewetgewing. In terme van die voorgestelde wetgewing, wat aanvanklik groot steun van politici en die Katolieke Kerk geniet het, sou vroue wat ’n aborsie ondergaan, hulself blootstel aan direkte gevangenisstraf van vyf jaar. Die dokter wat die aborsie uitvoer, kon tot drie jaar direkte gevangenisstraf opgelê word. Weer het vroue hulle algeheel van arbeid onttrek. Dié wat moes werk, het in solidariteit swart aangetrek. Op 3 Oktober 2016 het 100 000 vroue gestaak. In reaksie is ’n spesiale sitting van die parlement belê vir Donderdag 6 Oktober. Die voorgestelde wetgewing is toe, onder druk van vroue, verslaan met 352 stemme daarteen, 58 ten gunste daarvan, en 18 wat buite stemming gebly het.

In ons eie land word ons natuurlik elke jaar op 9 Augustus herinner dat “When you strike a woman, you strike a rock.” Ons vroue weet wat dit is om saam te staan om ’n gemeenskaplike doel te bereik. Die res van die Westerse wêreld is in baie opsigte nog maar besig om te leer van militantheid, maar hulle leer vinnig.

Op 21 Januarie 2017 het daar massiewe optogte gelei deur vroue in stede dwarsoor Amerika en ook die res van die wêreld plaasgevind. Die optogte was alreeds in 2016 gereël om verskeie vroueregtekwessies onder die loep te bring. Trump se ongewildheid het egter ongekende belangstelling in die optogte laat opvlam. Ongeveer 500 000 vroue het aan die Women’s March in Washington DC deelgeneem. Vergelyk dit met die min of meer 160 000 mense wat Trump se inhuldiging die vorige dag bygewoon het. Dwarsoor die wêreld het daar na raming rondom vyf miljoen vroue aan optogte deelgeneem. Vroue was gevra om pienk hoedjies te brei en te dra, of pienk serpe. Na wat berig word, was daar landswye tekorte aan pienk wol in Amerika.

Hieruit het voortgespruit die 10 Actions for the First 100 Days Joint Activism. Vir die eerste keer het organisasies wat hulle beywer vir die regte van vroue begin saamwerk om gesamentlike doelwitte te bereik.

En nou is dit die internasionale Day without Women. Ondersteuners word gevra om rooi aan te trek. Daar is ’n verskeidenheid vroueregtekwessies waarop die aandag gevestig word: reproduktiewe regte, werksplekdiskriminasie, seksuele geweld teen vroue, omgewingsaangeleenthede en veel meer. Dis kwessies wat op die vroueregte-agenda is so lank as wat daar organisasies is wat hulle beywer om die omstandighede van vroue te verbeter – tot dusver sonder veel sukses. Hierdie jaar is daar egter ’n ywer en vasberadenheid wat in die verlede ontbreek het.

Mans, as julle vroue ’n knaende hoofpyn ontwikkel wat maar net nie wil weggaan nie, sal ’n verandering in houding oor geslagsgelykheid en ’n groter bereidwilligheid om julle deel in die kombuis by te dra, beter werk as Disprin. Ondersteun julle vroue en dogters, julle susters en buurvroue. Groter gelykheid vir vroue bevoordeel die hele samelewing.

’n Dag sonder vroue kan droewig wees, maar ek sien uit na hope rooi op 8 Maart.

The post Die internasionale vrouestaking appeared first on LitNet.

Ngũgĩ wa Thiong’o: Decolonising the mind

$
0
0

Ngũgĩ wa Thiong’o (79) is a literary and social activist currently teaching English and comparative literature. The well-accomplished Kenyan writer delivered three public lectures in South Africa last week: one at the University of the Witwatersrand, another at the University of Cape Town and also one at the University of Fort Hare. His lecture at the University of Cape Town took place in the Baxter concert hall on Friday 3 March, and the theme of the lecture was Decolonising the mind. Wa Thiong’o is said to have coined this phrase, and one of his books, Decolonising the mind: The politics of language in African literature, was published in 1986. Other well-known books from his pen are Weep not, child (1964), Writing against neo-colonialism (1986) and The river between (1965). Altogether, more than 30 books and plays came from his pen. The lecture at the University of Cape Town focused on the importance of learning in one’s mother tongue, decolonisation, cultures and how language can be used as an instrument to bind or to alienate.

Ngũgĩ wa Thiong’o

Before Ngũgĩ wa Thiong’o entered, the hall was filled with the crowd singing struggle songs, stamping feet, ululating and clapping hands, and the anticipation built up. The crowd then sang what is known among the Fallist movement as the “decolonised national anthem”, and Ngũgĩ wa Thiong’o was greeted with great respect.

The audience had settled down for wa Thiong’o to start his lecture, when a young female student stood up and interrupted the lecture with a message, in which she asked wa Thiong’o to set the tone and ask the oppressor to leave. She asked him how the students could sit in the Baxter, which is part of the University of Cape Town, after everything that had happened to marginalised groups of students, especially poor black students. She wanted to know how the lecture could continue in the presence of the oppressor. For this young student, the oppressor needed to leave so that the oppressed could listen to the lecture in peace. Professor Xolela Mangcu addressed the audience, and said it would be disrespectful if wa Thiong’o, who had come all this way, could not continue with his prepared lecture.

The lecture:

Student movements, decolonisation of the mind, black consciousness, Steve Biko’s role in the ’60s and what the students had gone through over the past few years during protest action on campuses, were mentioned before wa Thiong’o started his lecture.

He mentioned how, a few years ago on a visit to Cape Town, he had seen a statue of Cecil John Rhodes, and it had seemed weird to him that Rhodes was “standing at the gate” of the university. The removal of the statue, and how it links with decolonisation, is what is at the heart of the Rhodes Must Fall movement.

Ngũgĩ wa Thiong’o spoke on the importance of mother tongue education, and also why it is so important to learn other African languages. He said, "If you know all the languages of the world, but not your mother tongue, that is enslavement. Knowing your mother tongue, and all other languages too, is empowerment." We can thus empower ourselves by being strong in our mother tongue, regardless of what other speakers feel toward our language. In South Africa, we see how languages are treated unequally because of the history of the people speaking those specific languages. The challenge comes in when we need to distinguish between people, cultures and what comes out of the people’s mouths. Parents are starting to send their children to English schools, because the topic of mother tongue education has not reached everyone yet, and wa Thiong’o says we must reverse the trend of African parents not wanting to teach their children in their mother tongue.

This, however, does not discard the use of English in schools or universities; however, people express themselves best in their mother tongue, and, therefore, we must make it our mission to educate everyone on the importance thereof.

Africa is rich in minerals, and wa Thiong’o pointed out how European countries rely on Africa for their riches. Africa needs more recognition, and Africans need to claim ownership of what is happening on their continent.

Social media was buzzing after Ngũgĩ wa Thiong’o’s lectures at Wits, UCT and Fort Hare. Here are a few tweets from the lectures:

Koketso Dlongolo‏ @Kokid8: "Use English but don't let English use you." #ngugipubliclecture

Busisiwe Seabe‏ @Ms_BSeabe: "Language was meant to complete what the sword had started. To do to the mind, what the sword had done to the body" #ngugipubliclecture

By saying this, wa Thiong’o had reflected on how language was used as an instrument of oppression, but also how language needs to fix the problems of the past.

KokeletsoLefutswe‏ @Keletsolefutswe: "You laugh when your own speaks broken English but clap when a white speaks broken Zulu" #ngugipubliclecture

Busisiwe Seabe‏ @Ms_BSeabe: “Ngugi says the mistake made by African public policy-makers is to pamper European languages and pauperise our own” #ngugipubliclecture

NIHSS‏ @iNIHSS: “Prof. Ngũgĩ wa Thiong'o says Africa must claim ownership of the continent, as well as ownership of its resources.” #ngugipubliclecture

Conclusion:

My question at the end of the evening was: Should wa Thiong’o have asked the oppressor to leave the building after the female student had stood up and spoken on the oppressive behaviour toward black students...?

I think that whenever we are gathered in a space that we find oppressive, that is the ideal opportunity to educate the oppressor, and make him aware of his oppressive behaviour. It is also an ideal opportunity to act in the role that history has prescribed to us, because, from our past, we can move forward to the future and avoid the mistakes that crippled us.

The importance of mother tongue education and learning other languages will also open us up to ourselves and to the world. The misconception that “proper” English prepares us for international success, and will help us be world-class citizens, needs to be broken down in order for us to take ownership of our own language and our position in other languages.

The post Ngũgĩ wa Thiong’o: Decolonising the mind appeared first on LitNet.

US Woordfees 2017: Die toekoms van hoër onderwys in Suid-Afrika

$
0
0

Die gesprek vorm deel van die Beste Professor-reeks, waartydens US-oudrektor Andreas van Wyk oor aktuele kwessies met akademici gesels. Die doel is om afgetrede professore se geakkumuleerde wysheid te bekom.

Andreas van Wyk

Te midde van die onstuimige tye wat universiteite tans beleef, is dit belangrik om ons af te vra hoe die toekoms van die hoër onderwys in Suid-Afrika lyk. Andreas van Wyk het met Brian Figaji (voormalige hoof en visekanselier van die Skiereiland-technikon) en Rolf Stumpf (voormalige visekanselier en rektor van NMMU) in gesprek getree.

Die ses belangrikste vrae wat gevra moet word, en wat ook tydens die gesprek gedek is, is die volgende:

  1. Hoe lyk die gesondheidstoestand van hoër onderwys in Suid-Afrika?
  2. Hoe lyk die huidige struktuur van die instansies wat deel vorm van die hoër onderwys?
  3. Het dinge begin verkeerd loop omdat daar nie voldoende differensiëring tussen die instansies is nie?
  4. Is die outonomie van universiteite tans in gedrang? As die outonomie in gedrang is, is dit ’n goeie of ’n slegte ding?
  5. Die NSFAS (National Student Financial Aid Scheme) word nou deur die regering gesien as die medisyne vir alle siektes en baie geld word daarvoor aangewend. Is dit ’n goeie of ’n slegte ding?
  6. Is privaat hoër onderwys ’n oplossing?

Figaji open die gesprek deur te noem dat Jacob Zuma se begrip van hoër onderwys gebaseer is op wat ander mense vir hom sê. Dit kom nie uit sy eie ervaring nie. Om die ondersteuning van studente en personeel te kry, is dit belangrik om die konteks ten volle te verstaan. Hoe sou parlementslede reageer as hulle gevra word of hoër onderwys belangrik is? Figaji twyfel of daar politieke verdediging vir hoër onderwys sal wees. Indien daar verdediging sou wees, sou dit ter wille van ’n politieke agenda wees, of ter wille van die belang wat dit vir die samelewing inhou?

Brian Figaji

Stumpf is volgende aan die woord en moedig eerstens die groep Bloemhof-leerders wat die gesprek bywoon aan om verder te studeer en nie op te hou tot hulle ten minste ’n doktorsgraad verwerf het nie. Hy roer dan die onderwerp van die #FeesMustFall-veldtog en die kwessie van “insourcing” aan, wat natuurlik groot opskudding by universiteite veroorsaak het. Volgens hom het die universiteite op hul eie, en selfs gesamentlik, nie die vermoë om hierdie probleme op te los nie. En te midde daarvan skitter die regering in hulle afwesigheid. Hy noem dan wel dat Suid-Afrikaanse universiteite die besonderse vermoë het om ten spyte van die gebrek aan ondersteuning en hulpbronne steeds hoë akademiese standaarde te handhaaf.

Nog ’n punt wat daarby aansluit, is die groot hoeveelheid geld van die regering wat nie na die tersiêre instellings gaan nie, maar eerder na die NSFAS. Van Wyk noem dat die gevolg hiervan is dat universiteite nie voldoende in stand gehou word nie.

Volgens Stumpf bestee Suid-Afrika ’n betekenisvolle persentasie van die BBP (bruto binnelandse produk) aan tersiêre onderrig, naamlik 0,82%. Kuba bestee egter 4,5% van hul BBP aan hoër onderwys, Indië 1,2% en Brasilië 1%. Ander Afrikalande, soos Ghana, presteer ook goed op hierdie vlak.

Stumpf is egter nie ten gunste van gratis hoër onderwys nie. Volgens hom het hoër onderwys private en openbare belange. Studente kan nie verwag dat belastingbetalers betaal vir studies wat uiteindelik net in die privaat belang van die student is nie. Met ander woorde, die student wil hoër onderwys ontvang ten einde ’n goeie werk te kry en ’n goeie salaris te verdien, maar neem nie die openbare belang in ag nie. Verder het universiteite geld nodig vir die behoud van infrastruktuur, instandhouding van toerusting en om na die personeel se beste belange om te sien.

Rolf Stumpf

Figaji keer terug na die vorige punt oor die NSFAS. Die probleem met die NSFAS se befondsing is dat dit toegeken word slegs indien die huishoudelike inkomste minder as R125 000 per jaar is. Figaji plaas die syfer in perspektief wanneer hy noem dat dit beteken dat polisiemanne, verpleegsters, ens se gesinne wat daardie bedrag oorskry, daarom nie kwalifiseer vir die befondsing nie. Dit terwyl hulle dit steeds nie kan bekostig om hul kinders verder te laat studeer nie. Daar was onderhandeling aan die gang om die maksimum inkomstesyfer te verhoog, maar “niemand luister nie – tot ’n kar brand”.

Figaji gaan voort deur te noem dat studente nie respek het vir die bestuur van die instellings nie. “Ons leer vir hulle wiskunde, maar nie waardes nie.” Hy voel dat wedersydse respek noodsaaklik is vir die nodige gesprekvoering. “As studente volhou [met hul veldtogte], gaan hulle gratis onderwys kry én die outonomie van instellings verkrag.”

Van Wyk opper die kwessie van die struktuur van hoër onderwys. Hy vra of daar nie te veel instansies is wat hulself universiteite noem nie. Is dit gedifferensieerd genoeg? Is die samesmelting van instansies sinvol?

Volgens Stumpf is daar by die regering geen behoefte om instansies te herklassifiseer nie, al is dit broodnodig. Volgens hom is ons skoolstelsel nie opgewasse om 26 navorsingsgerigte instellings te regverdig nie. Hoekom vir Suid-Afrikaanse instellings nie byvoorbeeld daarna streef om die beste vierjaar-universiteit in die land te wees nie? Hoekom wil almal probeer om die mees omvattende universiteit te wees, ten koste van standaarde?

Volgens Figaji is daar in die verlede gepoog om instellings te herklassifiseer, maar die gevolg daarvan is dat konflik ontstaan het toe mense ontevrede was met hulle instelling se klassifikasie. Hulle het byvoorbeeld gevoel dit is ’n belediging om as ’n “bedrock”-instelling beskou te word, terwyl hulle voel hulle is ’n omvattende of navorsingsinstelling.

Daar is ’n behoefte aan ander instellings wat veral daarop gemik is om studente met onvoldoende skoolopleiding te help. Dit is onmoontlik om ’n gebrekkige skoolopvoeding van 12 jaar in ’n kwessie van ’n paar maande of ’n jaar reg te stel.

Die laaste vraagstuk is die kwessie van privaat hoër onderwys. Stumpf verduidelik dat tensy die regering begin om meer ondersteuning te bied, dit die ruimte vir privaat instellings gaan vergroot en kapitaalrolspelers dan gaan inbeweeg.

Weens die kwotastelsels by die toelating vir programme soos medies, gaan studente dikwels oorsee vir hul studie. Vir baie programme word daar nog nie voorsiening gemaak by privaat instellings nie. Stumpf is egter van mening dat die situasie besig is om te verander en dat die privaatonderwysstelsel ons voorland is.

Brian Figaji, Andreas van Wyk en Rolf Stumpf

Die gesprek word afgesluit na aanleiding van ’n vraag uit die gehoor deur Louise Bührmann, ’n graad 11-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof: “Sal gratis hoër onderwys gelykheid teweegbring? Nie net polities nie, maar andersins ook.”

Figaji beantwoord haar vraag deur die volgende voorbeeld te gebruik: As daar ’n ryk en ’n arm man is wie se kinders universiteit toe gaan en albei ontvang befondsing, hoe gaan die arm man voel dit is gelyk of regverdig as die ryk man se kind ook deur belastingbetalers befonds word vir iets wat hy kan bekostig?

The post US Woordfees 2017: Die toekoms van hoër onderwys in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

’n Groot nadeel van ’n koalisieregering

$
0
0

AfriForum het dit reggekry om Julius Malema en die EFF te muilband deur middel van ’n hofinterdik mbt die opsweep van hulle  ondersteunersbasis om onwettig ander se grond te beset en onwettig te plak.

Dit moes eintlik die DA-opposisie se taak gewees het, maar nee, deurgaans was hulle tjoepstil, te bang hulle verloor hulle magsposisie in die groot metro’s wat van die ANC onlangs afgevat was indien die EFF hulle steun aan die DA onttrek. 

Met die paar setels in beide die parlement en die munisipale rade, het die EFF die hef in die hand.  Julius het aan die ANC voorgestel, dat met die EFF se 6% ondersteuning, die twee partye gesamentlik ’n twee-derde meerderheid sal kan bewerkstellig om die konstitusie te kan wysig sodat blanke-boere sonder vergoeding onteien kan word.  Gelukkig, weens die ANC se bitsige venyn teenoor die EFF, was hulle nie bereid om met die EFF saam te werk nie, tot nadeel van hulle eie siening, wat soortgelyk aan die van die EFF s’n is.  Ten tye van hierdie voorgestelde transaksie van Julius aan die ANC, was die DA ook tjoepstil!  Nou spring Julius terug na die DA en ander opposisie partye met die voorstel, dat almal van hulle hulle parlementêre setels bedank sodat daar nie meer ’n kworum in die parlement is nie, wat die Speaker sal dwing om ’n verkiesing uit te roep.  Vergun dit.  Julius is ’n meester manipuleerder.

As gevolg daarvan dat daar geensins meer in die parlement beskerming in belang van die blanke minderheid verleen word nie, is AfriForum stadig maar seker besig om as ’n de facto alternatiewe gesag in blankebelange op te tree.  Al hoe meer links- en reggesindes in blanke politiek is besig om na AfriForum te graviteer, wat hulle ondersteunings en finansiële basis laat groei en verder verstewig.

 

The post ’n Groot nadeel van ’n koalisieregering appeared first on LitNet.

Viewing all 21784 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>