Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21855 articles
Browse latest View live

Gesin in die bos

$
0
0

Gedurende hulle verblyf in die Transkei in die 1940's het my pa by 'n bosbouplantasie gewerk, die plekkie se naam was Qorana. Hoewel ek nie seker is van die spelling nie, naamlik of die eerste letter 'n "Q" of 'n "X" moet wees nie, wil ek daarop wys dat die "r" uitgespreek moet word soos die Afrikaanse "g", dus kan mens maar sê dit is "Kogana".

In later jare het my pa dit geniet om by geleentheid staaltjies te vertel, wat hy met groot geesdrif, stemspel en gebare gedoen het. Hy kon Xhosa ook baie goed praat, hoewel dit seker nie hier ter sake is nie. Van die staaltjies het gegaan oor 'n "wilde" gesin wat daar naby in die bosse gewoon het. Hulle het hul bestaan gemaak uit die inheemse bome, deur dit af te saag en te verkoop vir meubelhout. Ek onthou nog die mense se van soos hy dit vertel het, maar ek sal hulle maar sommer die Petoorse noem.

Soos gesê, het die mense geleef van die verkoop van goeie, soliede hout. Maar hulle moes permissie kry om 'n beskermde boom af te saag en seker 'n fooi ook betaal. En dan moes die boom natuurlik ook aan sekere vereistes voldoen - wat die vereistes was weet ek nie, maar mens kan raai dat die boom dalk al moes skeef hang van sterk winde en op die punt was om om te val, of dalk het dit reeds plat gelê, miskien met 'n bietjie hulp van die Petoorse. 'n Amptenaar moes dan kom en met 'n hamer sy metaalstempels se merke op die boomstam inkap. Mens kan dink dat die stempel dalk iets gesê het soos "On His Majesty's Service: Forestry Division" en "Permission granted".

Die Petoorse moes vroegtydig 'n versoek rig dat die amptenaar kom met sy stempel en dit is dán wanneer die sports begin het ... Hulle sal sorg dat hulle vooraf 'n goeie voorraad van die beampte se gunsteling drankie het en hom inwag. Vriendelik innooi om te rus na sy perderit en vir hom die nodige skink - en sorg dat sy glas nie leeg raak nie. As die beampte dan behoorlik begin ontspan en gemoedelik raak, sal hulle hom vertel hoe ver en moeilik bereikbaar die betrokke boom is. Jy moet glo myle loop, die bosse is so dig dat 'n perd nie daardeur sal kom nie, dan deur 'n kloof waar daar nog baie tiers is (die oumense het mos gepraat van "tiers" ipv luiperds) en hy sal dalk laat in die aand eers terug wees. Dit sal hulle weke neem om die opgesaagde stompe tot by hul werkplek te kry. Hoekom hom dan so vermoei en aan gevaar blootstel? Gee maar die stempel vir hul seun Koos, hy is nog jonk en ken die wêreld, sal die tog gou kan aflê en is nou-nou terug. Die amptenaar het nie meer weerstand nie, ook gesien die oulike Sannie in haar beste rokkie wat hom so mooi bedien en hy gee maar die stempel. Onderweg stempel Koos sommer 'n hele paar meer bome as wat hulle wettiglik mag oes. As hy, wat die verantwoordelike amptenaar is, later begin agterdogtig raak dat hulle darem nou baie hout het om te verkoop kan hy niks sê nie, want hy het hom aan wangedrag skuldig gemaak!

Die mense was natuurlik maar baie arm en het tot groot mate van die natuur geleef, veral as hulle nie genoeg hout had om te verkoop nie, want hulle het maar 'n swak prys gekry vir die rou hout by die genadelose handelaars. Soms het daar waens volgelaai met ware soos groente en sakke mielies en meel deur die bosse beweeg met 'n kronkelende grondpaadjie en dikwels, as hy uit die bosse is, kom die eienaar agter hy is erg besteel. Die einste Petoorse het dan die wa van agter af afgelaai as hy so stadig beweeg, blykbaar het hulle selfs vooraf in die bome geklim en, terwyl die wa onder hulle verbygaan, aan takke gehang en gegryp om af te gooi wat hulle kon!

Die gebied was baie afgesonder van wat ons sou noem die beskawing en sosiale verkeer met ander buite hul eie kring was seldsaam. Tot so 'n mate dat mens selfs sou sê hulle was menssku. Godsdienstig was hulle ook nie - daar was geen kerk naby nie, behalwe miskien kerkdienste op sendingstasies en daarin het hulle beslis nie belanggestel nie. Hulle het selfs die predikant vermy as hy te perd op huisbesoek aankom. Die eerste een wat hom sien skreeu hard 'n paar Xhosawoorde wat beteken "Na die langgras toe!" en dan laat spat die laaste een en gaan kruip weg in die gras en die bosse.

Fluit-fluit, my storie is uit.

Groete,

Tiens

The post Gesin in die bos appeared first on LitNet.


Antwoord op Angus se brief van 14 deser

$
0
0

Beste Angus

Jy beskuldig my dat ek nie lees wat jy skryf nie maar dis andersom; jy lees, of verstaan nie, wat ek vir jou skryf nie.

Jy gee te kenne dat Afrikaans as taal hoofsaaklik ontstaan het deur ’n reeds bestaande ‘Kaaps’ van anglisismes te suiwer.  En, elke keer as ek vir jou sê Afrikaans gaan NOU, TEENSWOORDIG, agteruit deur die omhelsing van Engels deur sy sprekers dan gee jy my maar bloot net jou weergawe van die geskiedenis van Afrikaans.  Die geskiedenis wat jy gee is weliswaar interessant maar jy kleur dit so in dat jou opvatting, naamlik dat dit bloot Kaaps is gesuiwer van anglisismes, onderskraag.

Dit lyk my ook jy besef nie die teenstrydigheid in al jou relase nie naamlik dat a) Kaaps die pa is van Standaardafrikaans (net gesuiwer van Engelse invloed) en b) dat Kaaps (soos in die sepies gepraat) die manifestering is van die geboorte van ’n nuwe taal, in effek dus die seun van Standaardafrikaans. Met ander woorde, Kaaps is die pa van Standaardafrikaans wat die pa is van Kaaps (wat nou weer besig is om ’n nuwe taal te word).  ’n Teenstrydigheid en dus vals.

Ek sê weer vir jou, die Engelse sinsnedes en woorde soos jy deesdae in die sepies sien is nie 18eeuse of 19eeuse restante nie; dis moderne Engels wat die sprekers (van Kaaps en deesdae van Standaardafrikaans) lukraak ingooi omdat hulle óf nie meer goed Afrikaans kan praat nie óf omdat hulle reken dis pk (of so iets).

Sarel Cilliers het nie uitgeroep “Wow, amazing!” toe die Zoeloemag oor die bult aankom nie.  Hy het nie voor die tyd vir Dingaan gesê “Jy’t gemention dat ons nie ’n future saam het nie” (aanhaling uit Villa Rosa).  Dis veel eenvoudiger; soos ek al vir jou gesê het:  Afrikaans word al hoe slegter gepraat omdat almal deesdae Engels wil wees/praat en/of Engels MOET praat en ook omdat dit mode is, veral onder die aartie faarties, om ontoereikende Afrikaans te gebruik.

Dus, weer eens, die Afrikaans op die sepies is nie die geboorte van ’n nuwe taal nie, dis bloot die Afrikaans van mense wat dit nie goed praat nie.  Dit is verteenwoordigend van sterwende Afrikaans.

Groetnis

Jan Rap

The post Antwoord op Angus se brief van 14 deser appeared first on LitNet.

Paralipomena: Ernst van Heerden leest Elisabeth Eybers

$
0
0

ernstvh650

Het is al eerder gememoreerd. De dichter en criticus Ernst van Heerden (1916–1997), met een academisch verleden in Amsterdam en na de Tweede Wereldoorlog aan de Universiteit Gent, is honderd jaar geleden geboren. Opmerkelijker dan dit biografische feit is de literaire nalatenschap. Het is voldoende bekend dat op voorstel van de dichter Johann Lodewyk Marais en door bemiddeling van Lucas Malan zijn omvangrijke poëziebibliotheek in het Gentse Poëziecentrum onderdak kreeg. Naast dichtwerk van vele Afrikaanssprekende schrijvers bevat de collectie bundels met signaturen en opdrachten, een door Van Heerden samengesteld knipselboek met kranten- en weekbladrecensies over contemporaine Afrikaanse poëzie en een handvol studieboeken. Sinds de schenking aan het einde van het vorige millennium wordt de imposante verzameling, naar verluidt de omvangrijkste Afrikaanse poëziecollectie buiten Zuid-Afrika, met de financiële steun van de PUK-Kanselierstrust van de Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) nog steeds aangevuld en up-to-date gehouden.

De collectie Ernst van Heerden bevat een schatkamer van eerste drukken. Een vluchtige kijk leidt de blik naar Alleenspraak (1935) van NP van Wyk Louw, Belydenis in die Skemering (1936) van Elisabeth Eybers, Sê sjibbolet (1963) van Adam Small en Vir die bysiende leser (1970) van Wilma Stockenström, en naar tal van boeken met schrijversopdrachten. De verzameling heeft niet alleen een bijzondere bibliofiele waarde. Er zijn ook de auteursexemplaren waarin de gretige lezer Ernst van Heerden met potlood notities maakte en in de teksten markeringen aanbracht. Deze parafernalia werpen een licht op de leesstrategieën van de literatuurbeschouwer en bieden de onderzoeker inzicht in de schrijverspoëtica. Het kan revelerend zijn Van Heerdens literair-kritische opstellen en academische publicaties, in zijn functie van hoogleraar aan de Universiteit van die Witwatersrand (Johannesburg), in het licht van de annotaties te bestuderen. Tegelijk geven de potloodaantekeningen een kijk op de poëticale visie. De marginalia omvatten verstechnische opmerkingen, inhoudelijk commentaar, impressionistische aantekeningen (gaande van “ja” tot “saai”) en sterk op versvorm en thematiek gerichte beschouwingen. Met een Griekse term kan worden gesproken over paralipomena, volgens de Van Dale “algemene aanduiding voor toevoegsels aan (wijsgerige) geschriften”.

’n Fyn vakkundige sintuig. Ernst van Heerden annoteert Elisabeth Eybers’ poëzie

Ter gelegenheid van de herdenking van zijn honderdste verjaardag verken ik de leesnotities in door Van Heerden verzamelde edities met gedichten van Elisabeth Eybers (1915­–2007). Over de lezer Ernst van Heerden merkt Lucas Malan het volgende op: “Naas onderhoudende besinnings oor die digpraktyk en die digter se verhouding tot die werklikheid, getuig die kritiese opstelle van veral ’n fyn vakkundige sintuig vir die tekstuur van poësietekste, ’n groot kennis van ander literature en ’n vermoë om die ‘dokument agter die gedig’ sekuur na te vors en die skeppingsproses sinvol te rekonstrueer […]. Al sou die leesstrategieë in dié tekste tans gedateer lyk, bly dit modelle van insig en vakkundige sorg wat al hoe skaarser word.” (Perspektief & Profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, HP van Coller (red), JL van Schaik Uitgewers, Pretoria 1999, deel 2, p 678). De beschouwing kan worden getoetst aan niet voor het publiek bestemde parafernalia, leesnotities in de bundels van zijn persoonlijke bibliotheek. Ik onderneem een voorzichtige poging door mij te concentreren op de Eybers-titels. Van alle Afrikaanse dichters is Eybers in de collectie veruit het best vertegenwoordigd.

In het Poëziecentrum bevinden zich vijfentwintig boekuitgaven van Eybers, de meeste met een handtekening van de schrijfster (zie de lijst hieronder). Interessanter dan het overzicht van de gesigneerde bundels zijn de acht edities waarin Van Heerden eigenhandig en in een gelijkmatige ductus notities aanbracht. Overigens betreft het meestal maar niet uitsluitend eerste drukken. Hij bracht markeringen aan, veelal onderstrepingen en andere aanduidingen, in zijn exemplaren van Einder (1977), Dryfsand (1985), Rymdwang (1987), Noodluik (1989), Respyt (1993) en Nuweling (1994). Er zijn ook de verzamelbundels van Elisabeth Eybers, respectievelijk Versamelde gedigte (Van Oorschot, Amsterdam 1957) en Gedigte 1958-1973 (Querido, Amsterdam 1978), waarin de Zuid-Afrikaans/Nederlandse auteur de volgende opdrachten noteerde: “Vir Ernst/By ’n aangename geleentheid/van Elisabeth/6 Junie 1961.” en “Vir Ernst,/van sy toegeneë en bewonderende/Elisabeth.” Dat Van Heerden niet alleen de gedichten van glossen voorzag maar ook kritisch toekeek op de boekverzorging mag blijken uit de Tafelberg-uitgave van Gedigte 1936-1958 (Kaapstad 1978): “in […] herdruk het omtrent alle kommas uitgeval/slordigheid is die algemene indruk/kyk bv. na p. 28!”.

Glossarium bij Balans van Eybers

Twee uitgaven verdienen een nadere beschouwing. In Bestand (Human & Rousseau, Kaapstad/Pretoria/Johannesburg 1982) schreef Ernst van Heerden korte commentaren en hij onderstreepte afzonderlijke woorden, zinsdelen en soms hele versregels. Bij “Aanbieding” (p. 27) liet hij zich ontvallen dat het gedicht “saai” is, enkele regels in “Stemming” (p. 39) zijn “knap!” en “mooi”, en het gedicht “Nou” (p. 47) is naar zijn mening “bitter”. Op de laatste pagina van de bundel tekende hij op: “’n mat, gelate sfeer van desillusie en onsekerheid”. Elders in zijn uitgave citeert hij een bekende uitspraak van de romantische dichter Samuel Taylor Coleridge: “reconciliation of opposites… is the central activity of the whole poetic imagination”.

Voor onderzoek zijn de uitvoerige inscripties in Balans (Human & Rousseau, Kaapstad 1962) van uitzonderlijke betekenis. Een van beide bewaarde exemplaren in het boekenkabinet van Van Heerden presenteert op elke pagina commentaren. Boven de bundeltitel, op de titelpagina, noteerde hij een biografisch gegeven van Eybers. Hij interpreteert de existentiële (metaforische) betekenis van “balans” als volgt: “herwinning van ewewig ná die mislukte huwelik”. Op een witpagina die daaraan voorafgaat, voegt hij toe: “die mens is ’n dualistiese wese wat moeisaam moet probeer om die ewewig te vind tussen hartstog en rede, droom en werklikheid, digterskap en mens-wees”. Het is duidelijk dat hij de gedichten vooral biografisch-anekdotisch en dus thematisch las. De verzamelde annotaties bevatten overwegend woordverklaringen, notities over de tekstcompositie (bijvoorbeeld strofeopbouw, parallellismen) en stijl (bijvoorbeeld paradox), duiding bij Bijbelse referenties, mythische figuren en plaatsnamen (onder andere Pygmalion, Daphne en Itaka). Opvallend is dat hij hier en daar in het Engels lexicale aantekeningen neerschreef. Dat Van Heerden zich ook wel eens liet leiden door secundaire bronnen, illustreert een citaat dat hij aan een bespreking van Eybers’ poëzie door JC Kannemeyer ontleende. De paralipomena zijn korte commentaren, zoals “credo” bij “In extremis” (p. 60), “stereotipe beeld!” bij “Amsterdam, 13 maart” (p. 63) en “’n voorbeeld van intens skerp en sensitiewe natuurwaarneming” bij “Vriesweer” (p. 57). Onder de inhoudsopgave, helemaal achter in de bundel, vatte de lezer Van Heerden zijn beschouwingen tijdens de lectuur van Balans in zes genummerde punten samen: (1) “groot verskeidenheid versvorm”, (2) “virtuositeit v/d tegniek”, (3) “en tog ’n ritmiese eenselwigheid”, (4) “nog baie vulsel-materiaal”, (5) “groot woordeskat – uit verskillende vakgebiede/wetenskaplike woorde” en (6) “kyk na haar naamwoordelike samestellings”.

Beschrijving van een lezerspoëtica

Het spreekt voor zich dat voor de beschrijving van een auteurspoëtica dergelijke leescommentaren van cruciaal belang zijn. Ze kunnen naast de gedichten en de beschouwende teksten van de schrijver in het onderzoek worden betrokken. Parafernalia, zoals de hier toegelichte annotaties, geven de belangstellende een inkijk in het lezershoofd. In zoverre ik het kon nagaan, is voor de Afrikaanse poëzie niet eerder een dergelijk filologische studie ondernomen. Het spreekt voor zich dat in de collectie Van Heerden méér soortgelijke casussen op te sporen zijn. Een vluchtige blik op de bibliotheek maakt duidelijk dat ook in auteursexemplaren met gedichten van TT Cloete, ID du Plessis, WEG Louw, Petra Müller, DJ Opperman, Ina Rousseau, Wilma Stockenström, NP van Wyk Louw en vele anderen waardevolle want revelerende aantekeningen terug te vinden zijn. Vervolgens kan nu worden nagegaan of Van Heerdens losse en op specifieke tekstplaatsen gerichte notities in recensies en andere beschouwende bronnen zijn verwerkt. Digterlike diagnose (1977) en Huis van stemme (1984) kon ik inkijken, Rekenskap (1963) en Die ander werklikheid (1969) nog niet – ze ontbreken in de verzameling van het Poëziecentrum. In het huldealbum Hulsels van kristal (1981), dat Ampie Coetzee samenstelde ter gelegenheid van Van Heerdens vijfenzestigste verjaardag, alsook in twee boekenuitgaven met literatuurstudies van Van Heerden trof ik in de bibliografie geen bijdragen over Eybers aan. Hoewel die er vast en zeker moeten zijn.

Van Heerden, Eybers en Malan

Tot slot. Ernst van Heerden en Elisabeth Eybers wisselden brieven over en weer. In de overgeleverde knipselmap is (een kopie van) een brief de dato 2 november 1994 opgenomen. Daarin is naast een persoonlijk commentaar bij een recente uitgave van Eybers, mogelijk de bundel Nuweling (1994), sprake van het eredoctoraat dat Van Heerden namens de Universiteit Stellenbosch is toegekend en in 1995 wordt uitgereikt. En hij verwijst naar Lucas Malans te verschijnen bundel Hongergrond waarover hij jubelend is (“in epiese vorm die hele wordingsgeskiedenis van Afrika […], met dan die koms van die witman, en sy eie ellendes”). Het is met name Malan die na het overlijden van Ernst van Heerden de poëziebibliotheek zal verwerven. Met goedvinden van Van Heerden kort voor zijn dood, zo vermeldt de folder van het Poëziecentrum, en dus door toedoen van de dichter Malan is de bijzondere collectie in Gent terecht gekomen. Lucas Malan heeft zich ontfermd over de literaire/academische nalatenschap van Van Heerden. Zo schreef hij voor Perspektief & Profiel het lemma (deel 2, p 671-678) waaruit ik eerder citeerde. De privébibliotheek van Van Heerden is beschikbaar voor wetenschappelijk onderzoek. Een filologisch georiënteerde masterstudent zou systematisch alle parafernalia van Van Heerdens hand nu kunnen verzamelen en analyseren. Op die manier wordt inzicht verleend in de wording van een lezerspoëtica. Een dergelijk poëticaal onderzoek is complementair ten opzichte van een schrijverspoëtica die gebaseerd is op de poëzie zelf of die met behulp van poëziekritieken en andere bronnen wordt bestudeerd. Naast de bronnen in de publieke sfeer zijn er brieven en andere privédocumenten, zoals lezersaantekeningen, die een facet kunnen  toevoegen aan het beeld van een schrijverschap.

Van Heerdens auteursexemplaren met signatuur van Elisabeth Eybers

  • The Quiet Adventure. Selected Poems with English Translations (Constantia, Johannesburg 1948)
  • Die vrou en ander verse (Constantia/AAM Stols, Johannesburg/’s-Gravenhage 1949)
  • Tussensang (Constantia/AAM Stols, Johannesburg/’s-Gravenhage 1950)
  • Die Helder Halfjaar (Nasionale Boekhandel, s.l., s.d. [1955])
  • Die vrou en ander verse (Constantia, Johannesburg 1955)
  • Neerslag (Nasionale Boekhandel BPK, Kaapstad/Bloemfontein/Johannesburg 1958)
  • Die stil avontuur (JL van Schaik Beperk, Pretoria 1958)
  • Balans (Human & Rousseau, Kaapstad 1962)
  • Onderdak (Human & Rousseau, Kaapstad/Pretoria 1968)
  • Kruis of munt (Human & Rousseau, Kaapstad/Pretoria 1973)
  • Belydenis in die Skemering (Tafelberg, Kaapstad 1975)
  • Neerslag (Tafelberg, Kaapstad 1975)
  • Die ander dors (Tafelberg, Kaapstad 1975)
  • Gedigte 1936-1958 (Tafelberg, Kaapstad 1978)

Deze aanzet voor onderzoek is mogelijk gemaakt door Poëziecentrum (Gent) en de hulp van Stefaan Goossens.

The post Paralipomena: Ernst van Heerden leest Elisabeth Eybers appeared first on LitNet.

Asof

$
0
0
Dit lyk asof mense nie weet wat die verskil tussen waarheid en fiksie is nie.
Dit lyk asof dit nie vir mense saak maak wat hulle weet nie.
Dit lyk asof mense nie die verskil tussen lewe en dood wil ken nie.
 
CM

The post Asof appeared first on LitNet.

Onbedoelde toneel

$
0
0
Daar is 'n menigte trotse akteurs in 'n drama wat die onkundige outeurs nie geweet het hulle skryf nie.
 
CM

The post Onbedoelde toneel appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Die vlieg en die waiter" deur Elisha Zeeman

$
0
0

elishazeeman650


Izak de Vries se kommentaar

Ek dink beslis hierdie weergawe werk. Die sardoniese aanslag is heerlik, en die vlieg se menslikheid is nou duidelik gefokus op die menslike metafoor, terwyl die vlieg se leefwyse, soos die pragtige kots oor die nacho, presies reg is. Dis so walglik en so korrek, nes ’n dogtertjie se gekots na ’n pienk skommel in die Wimpy! Bravo.

Wat meer is, die vlieg en die waiter se dans is nou deeglik voltrek – tot en met daardie heel laaste sin.

Ek is baie tevrede.

Daar is een ding wat wel pla: Shoprite mag kla oor die hoender wat op afslag is oor dit al verval het. Wees versigtig vir hierdie soort opmerking: “sestig-persent-afslag-Shoprite-hoenderboudjies (wat reeds laas jaar begin Desember verval het)”. Hier moet jy meer soos ’n joernalis dink. As jy bewyse het van sulke praktyke, skryf. As jy dit nie in ’n hof kan bewys nie, moenie.

Ek verstaan wat jy sê, maar Shoprite het ’n etiese kode en ek dink hulle kan bewys dat jy hulle verkeerdelik beswadder. Dit sou anders wees as jy praat van een van die kafees op die hoek waar studente koop wanneer geld min raak.

Verskoon my as ek ’n ligte prekie hiervan maak, maar dis belangrik. PEN Afrikaans steun die vryheid van spraak, maar in hierdie geval is jy besig om iets te sê wat moontlik nie waar is nie. Los dié soort stellings vir Trump.

Laastens sou ek tandeborselroetine een woord maak.

Danie Marais se kommentaar

Ek stem saam met Izak: Die tweede weergawe is ’n groot verbetering en daardie lekker walglike nacho-toneel bly ’n mens by.

Veral die nuwe slotsin is ’n enorme verbetering:

“Die waiter kyk op, knik stil, stap in die lig, haal sy vadoek uit en vee die vlieg versigtig in sy linkerhand.”

Hiermee bevestig sy subtiel die verband tussen die kroegman en die vlieg, terwyl die ooreenkomste met die gaste ook nie die leser ontgaan nie. Zeeman illustreer met haar nuwe slot wat die skrywer Ethan Canin baie mooi verduidelik in ’n essay oor die kuns van die slotsin na aanleiding van Saul Bellow se kortverhaal, “A Silver Dish”:

At the end of a story or novel, you do not want the reader thinking. Endings are about emotion, and logic is emotion’s enemy. It’s the writer’s job to disarm the reader of his logic, to just make the reader feel. You’ll often see this in the final moments of a film: The camera tilts up, and the movie ends with a non-distinct image of the sky, or the sea, or the coast. Something the eye can’t quite focus on, which allows you to focus on everything that’s come before. That’s how “that was how he was” [the last sentence of “A Silver Dish”] works, too. It brings nothing else to mind. This sentence would be a non-sentence if it began the story—but, placed at the end, it’s packed with the charge of everything that precedes it. Each of those non-words is nitroglycerin, and the story that precedes it is the fuse.

Lees gerus hier Canin se hele besinning.

Ek wonder egter wel nog oor twee aspekte van dié verhaal:

  1. Die titel: Fokus die huidige titel nie dalk te inperkend net op die kroegman en die vlieg nie? Gaan dit nie dalk hier oor “Die Mystic en die vlieg” of selfs “Die Mystic Boer en die vlieë” nie? Die verhaal het immers ’n veel wyer kultuurkritiese strekking. ’n Effe meer ontwykende titel sou dus ander betekenismoontlikhede na vore kon bring.
  2. Ek het reeds in my eerste kommentaar verduidelik dat Zeeman dit sou kon oorweeg om minder van die vlieg se menslike begeertes en gedagtes weer te gee en net sy gedrag baie fyn te beskryf. Die humor in die res van die verhaal is eerstens baie meer subtiel en tweedens sal die vlieg-analogie meer treffend wees as ruimte vir die leser gelaat word om menslike eienskappe te projekteer op die vlieg se groteske gedrag.

Met hierdie argumente in gedagte, sou die skrywer dit dus kon oorweeg om hierdie passasie te skrap of te herskryf:

Hy het soveel planne en ideale en toekomsdrome. Agtien dae vir ’n vlieg, is sewe en negentig jaar vir ’n mens. Hy wil nog die trein vat Kaapstad toe en Tafelberg gaan vlieg, bietjie lywe gaan kyk op Clifton, op ’n slapende hond se nat neus gaan sit sonder om hom wakker te maak en die nommer een ding op sy bucket list: hy wil nog vreeslik graag ’n tannie iewers in Durbanville gaan irriteer. In haar kombuis. Terwyl sy Philadelphia Cream Cheese en Wellington Sweet Chilli sous uitsit vir die gaste wat later die middag kom braai. 

Die skrywer kry hier nog ’n stekie na die noordelike voorstede in, maar in sy geheel, maak hierdie paragraaf nie eerder die storie en daarmee saam die vlieg-metafoor flouer eerder as skerper nie?

Laastens net ’n algemene opmerking oor die gebruik van Engelse woorde of slang in ’n Afrikaanse kortverhaal.

Na aanleiding van my en Izak se vorige terugvoer het een kommentator aangemerk: “Die onnodige Engelse woord in die titel hinder my maar blykbaar nie vir die twee resensente nie.”

Hierop het ek die volgende geantwoord wat ek graag hier herhaal omdat dit ’n kwessie is wat gereeld in slypskole ter sprake kom:

As ek gedink het die Engelse woord in die titel, “Die vlieg en die waiter”, was onnodig en ’n geval van lui taalgebruik sou ek dit beslis uitgelig het. In kreatiewe skryfwerk gaan dit egter nie vir my in die eerste plek oor wat taalkundig korrek is nie, maar oor wat pas oftewel werk en oortuig binne ’n spesifieke konteks en milieu en/of vir ’n spesifieke karakter. Binne die konteks waaroor hier geskryf word – ’n studentehool –   meen ek dat "waiter" beter pas as "kelner" of "kroegman" omdat die keuse van die Engelse woord iets van ’n spesifieke karakter en milieu aandui en verklap.

Die toets is uiteindelik vir my ’n eenvoudige, praktiese een: Sou daardie karakter só gepraat het onder daardie omstandighede?

Indien wel, is dit korrek. Daarom sou ek ook nie wou torring aan die gemengde taal waarmee die student wat die vlieg aan die einde dooddruk, die kroegman roep nie.

Dieselfde reël geld gekruide taal. Wat die skrywer of die wêreld dink van vloekwoorde, is onbelangrik wanneer hy/sy ’n spesifieke karakter of milieu realisties wil uitbeeld. As ’n karakter in ’n sekere situasie sy taal sou meng, sou swets of sou spoeg of dwelms gebruik of wat ook al, moet die skrywer hom/haar toelaat om dit te doen.

The post PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Die vlieg en die waiter" deur Elisha Zeeman appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Onder eng'le" deur Jaco du Plooy

$
0
0

jacoduplooy650


Izak de Vries se kommentaar

Ja, ek dink weergawe twee is baie goed. Daardie laaste sin vat alles saam.

Jaco het reggekry om sy eie stem hierop af te druk. Daaroor is ek die blyste.

Dit is duidelik dat hy geluister het na ons kommentaar, maar ook dat hy hom nie aan die neus laat lei het nie. Dit is uitstekend, so moet ’n skrywer kan werk.

Ek is baie tevrede.

Kyk net na “siteaf” – dit moet waarskynlik twee woorde wees.

Danie Marais se kommentaar

Ek beaam graag en met genoeë Izak se kommentaar op die tweede weergawe van Jaco du Plooy se kortverhaal.

Die enigste aspekte waaroor die skrywer nog myns insiens weer met vrug kan wonder, is die titel en die vierdelaaste paragraaf waar die verteller nadink oor die Nomfundo se dood.

Wat die titel betref, het ek in my eerste kommentaar die volgende gevra: Werk die titel reeds hard genoeg? Of spel dit die ironiese kontras tussen die veiligheidswag se werk/funksie en haar weerloosheid te duidelik uit?

Ek meen die eerste titel ("In alle veiligheid") was wel ’n te duidelik interpretasie van die verhaal, maar die nuwe titel is vir my naby aan niksseggend, of is daar hier iewers ’n verwysing wat ek nie snap nie?

Dis goed om ’n titel in te span wat die leser noop om weer oor die verhaal én die titel na te dink, maar hierdie titel terg my nie met nuwe perspektiewe of betekenismoontlikhede nie en is ook nie op sigself interessant nie.

Ek het nie ’n spesifieke voorstel nie, maar ek glo hier is nog ruimte vir verbetering. Daar is eenvoudig nog nie genoeg genuanseerde wisselwerking tussen die storie en sy titel nie.

Wat die vierdelaaste paragraaf betref, dink ek hier moet die skrywer herbesin:

“Ek gooi die orige bier in die wasbak uit en kyk deur die venster na Tafelberg wat in die verte bo ’n laag rookmis uittroon. Tussen my en die berg lê duisende huise; nie almal lyk soos dié oorkant die parkie nie, maar in elkeen is daar mense wat vriende, ouers of kinders is. Al kan ek nie hulle almal sien nie, weet ek dat die meerderheid aanhou om rond te skarrel agter iets aan of dalk weg van iets af. Ek wonder watter effek Nomfundo se lewe op enige van hierdie mense kon gehad het, maar herinner myself dat dit nie gaan help om filosofies te raak nie.”

Die eerste sin hierbo is belangrik omdat dit die verteller se eie voorstedelike posisie of perspektief duidelik maak sonder om enige iets uit te spel. Die filosofiese mymeringe daarna oor al die lewens en Nomfundo se impak daarop is egter ’n oorbodige spekulasie oor implikasies wat vir elke leser reeds duidelik is. Onthou die ou dictum: “Don’t complain, don’t explain.”

Baie van die beste kortverhale draai om ’n epifanie of waterskeidende oomblik van verheldering of totale verduistering. Hier is egter ’n tragiese gegewe wat die verteller roer, maar uiteindelik nie genoeg om enige verskil aan sy ingesteldhede of magteloosheid te maak nie, of dalk tog.

Hoe dit ook al sy, ek meen steeds hier is dalk iewers nog ’n subtiele insig wat wag om deur die skrywer ontbloot te word.

Jonathan Franzen skryf in ’n resensie van Alice Munro se skitterende kortverhaalbundel Runaway (2004) dat Munro met elke terugkeer na die eenvoudige klein lewensverhale waarom haar stories wentel, meer ontdek het.

Want, soos Munro dit in ’n onderhoud stel: “The complexity of things – the things within things – just seems to be endless. I mean nothing is easy, nothing is simple.”

Kortom, ek glo dit kan vrugbaar wees om nog ten minste een keer die gewaarwordinge waartoe Nomfundo se dood lei, te oorweeg.

Ek wonder ook of die liedjie “Loliwe” nie dalk weer ’n rol kan speel nie?

En dan ’n paar laaste dinge om te oorweeg:

- Is hierdie twee sinne nie onnodig lank en effe lomp nie?:

“Sodra sy my sien, flap sy haar hand in die lug en beduie dat ek kan sit; iets wat ek dadelik doen. Ek sit, en ek wag.”

Wat van net iets soos?:

“Sodra sy my sien, flap sy haar hand in die lug en beduie dat ek kan sit. Maak so en ek wag.”

Jy sou terwyl jy wag ook iets raak beskrywends oor Shaney en/of haar kantoor kon byvoeg.

- Du Plooy slaag goed daarin om Shaney te karakteriseer deur middel van haar taalgebruik, maar met die weerlees, wonder ek of hier nie ’n onnatuurlike registerbreuk is nie:

“En ek watch vi’ Patrick. Ek gattie lat ’n guard my stockloss die hemele in stuur nie,” eindig sy af en vir die eerste keer vandat sy met haar geneul begin het, voel dit vir my na ’n goeie geleentheid om te praat.”

Sal Shaney praat van “stockloss” wat “die hemele in” gestuur word, of is dit nie ’n ander meer formele oftewel outyds idiomatiese stem wat hier effe onoortuigend deurskemer nie? Ek stel voor die skrywer dink weer oor Shaney se woorde.

- Sou ’n aandagstreep in plaas van ’n komma ná “kosyn” nie die lees van hierdie sin vergemaklik nie?:

“Voor ek kan antwoord, verskyn Nomfundo se gesig langs die kosyn, ’n plastieksak met ’n halwe brood in die hand.”

- Hierdie sin is effe lomp en spel te veel uit:

“Die Spur wemel van vakansiegangers met rooi gesigte en wit strepe wat van oor tot oor strek; dit sou seker die Raad van Boeresuperhelde se jaareindfunksie kon wees, indien so ’n Raad ooit sou bestaan het.”

Wat van net?:

“Die Spur wemel van vakansiegangers met rooi gesigte en wit strepe wat van oor tot oor strek. Dit lyk of dit die Raad van Boeresuperhelde se jaareindfunksie sou kon wees.”

- Sou jou ek-verteller werklik net “met ’n halwe oor” hierna luister?:

“Ek herhaal nie weer van die vreemde woorde wat sy by die gesprek insluit nie, maar ek vra haar uit oor haar pinkie wat onder die nael afgesit is en luister met ’n halwe oor na haar antwoord; ek tel net woorde op soos siektesangoma en Christen.”

Die verteller is weliswaar in die eerste plek in sy eie sake geïnteresseerd, maar hy toon wel duidelik belangstelling in Nomfundo en die rede vir ’n vinger wat half-afgesit is, moontlik deur ’n sangoma, klink tog interessant. As die skrywer wel sy verteller só wil tipeer, is dit in orde, maar indien nie, behoort hy te vertel wat met die pinkie gebeur het. Dink ook weer oor die anglisistiese frase: “Ek tel net woorde op soos …”

Hierdie sin dui (moontlik onbedoeld) op ’n soortgelyke onsensitiwiteit wat nie rym met die feit dat die verteller die moeite gedoen het om vir Nomfundo ’n mooi Nuwejaar op WhatsApp toe te wens nie:

“Ek sukkel eers om te hoor wat hy sê, maar toe ek dele van sy monoloog begin uitmaak, besef ek ek hoef nie nog verder te luister nie.”

Iemand wat van Nomfundo gehou het, sou dit tog anders uitdruk, nie waar nie?

The post PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Onder eng'le" deur Jaco du Plooy appeared first on LitNet.

Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith

$
0
0

wildernisWildernis
Wilbur Smith
Vertaal deur Zirk van den Berg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801242

Sean Courtney het sy fortuin op die Goudvelde gemaak en in die Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog geveg. In sy laaste verskyning in die reeks is hy ’n staatsman wat op bewaring ingestel is, hoewel hy vroeër self ’n yslike bydrae gelewer het tot die vernietiging van enorme troppe wild. 

Hierdie boek, uitgegee as A Sparrow Falls was, soos sy voorgangers in die jare sewentig, in Suid-Afrika verbied en kan nou vir die eerste keer ook in Afrikaans gelees word.

Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat gelaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur. Hy slaag puik daarin om teer liefde en seks en gewelddadige tonele oortuigend te beskryf (die hoofrede vir die boek se aanvanklike verbanning in Suid-Afrika).  

Sy vyandige vervreemde seun, Dirk, en sy dogter, Storm, vorm twee van die hoofkarakters in die boek tesame met die jongeling Mark Anders, wie se bevelvoerder, Courtney, in die Groot Oorlog was. Die eerste deel van die boek handel dan ook oor gebeure op die slagvelde in Europa.

’n Hegte vader-en-seun verhouding ontstaan tussen Courtney en Anders. Dirk se lewe word deur geld en mag oorheers en sy toe-eiening van groot bewaringsgebiede en die uitwissing van leeus, buffels en ander wild in Zoeloeland lei tot gewelddadige konflik met sy pa en Anders. Die saad hiervoor was geplant  toe Anders met sy terugkeer uit die oorlog ontdek het dat Dirk die instigeerder was van die moord op sy vader en die besitname van die familieplaas Andershoop.  

Tussendeur onderneem Anders talle reise en navorsing in die wildernisgebied en vestig hy ná talle episodes tussen hulle uiteindelik ’n goeie vriendskap met die Zoeloekryger Pungushe. Wilbur Smith se beskrywing van die ongerepte aarde en die vriendskap tussen twee mense van heeltemal uiteenlopende kulture, gebruike en gewoontes getuig van goeie navorsing en bied waardevolle insigte aan wie ook al die leser is.

Die mynopstande van 1922 – toe wit mynwerkers hulle met geweld verset het teen afdankings ter wille van goedkoper swart en ander ingevoerde arbeiders – vorm ook ’n kerngedeelte van die boek. Soos wat dit seker ’n fiksieskrywer se reg is, word sommige van die gebeure – amptelike syfers toon 39 wit mynwerkers, 43 burgerlikes en 219 soldate het omgekom – so bietjie aangepas ter wille van die storielyn.

Die verloop van Mark Anders se lewe, sy huwelik met ’n uiters diensvaardige meisie en sy stormagtige verhouding met Courtney se verwende lieflingsdogter Storm vorm nog ’n integrale deel van die verhaal. Storm word self met ’n swangerskap in ’n ongelukkige huwelik ingedwing en dit op sigself vorm uiteindelik ’n integrale deel van die boek.

Die skrywer is in 1933 gebore en het sy 35 boeke oor drie dekades geskryf en 120 miljoen kopieë verkoop. Agt van sy skeppings is vir rolprente en TV-reekse aangepas. Hy het sedert sy eerste boek (1964) die uitgewer Charles Pick se raad gevolg deur net oor dinge te skryf wat hy goed ken.

Aanhangers van hierdie skrywer – en lesers wat hom nie ken nie – sal Wildernis geniet, ook danksy die puik vertaling. Dis ’n boek met geloofwaardige karakters en gebeure wat enduit boei, hoewel toeval dalk hier en daar ’n net té groot rol speel.

The post Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith appeared first on LitNet.


Leiers en loskoppe

$
0
0

Ek wonder of die DA se onervare en seremoniële leier Mmusi Maimane oor die moet, wil of vermoë beskik om sy party se “loskoppe” soos Solly Msimanga en Helen Zille in toom te hou en te temper?

Maimane (36), ook ’n pastoor in die konserwatiewe Liberty Church, is ongetwyfeld “onervare” omdat hy eers in 2014 ’n parlementslid geword het en in Mei 2015 tot DA-leier verkies is omdat Zille, voormalige DA-leier, glo daarop aangedring het dat hy haar as leier opvolg. Selfs buite die parlement het hy nie veel ervaring nie, want hy is in 2011 tot ’n Johannesburgse stadsraadlid verkies.

Hy is ’n “seremoniële leier” omdat hy slegs die “swart gesig” is van die DA wat hom dienstig gestel het om swart stemme te trek om regsebelange te bevorder. Zille, Wes-Kaapse Premier, is die de facto leier en James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, is eintlik die parlementêre leier of leier van die amptelike opposisie.

Maimane is ’n lewendige spreker sekerlik vanweë sy ervaring as prediker, maar sy toesprake is met substansie dun gesaai. Hy klink meer en meer soos ’n populistiese leë blik.

Kort na sy verkiesing as DA-leier in 2015 het ek geskryf:

 “Mmusi Maimane is op dieselfde plek as wat die Britse Arbeidersparty in 2010 met Ed Miliband was – tussen die duiwel en die diepblou see”.

Niks het intussen verander nie.

Trouens, Maimane word meer seremonieel, terwyl jong wit Engelse mans, met Ikeys of Wits akademiese grade, die DA verder regs druk om (wit?) minderheidsbelange te bevorder.

Die DA is koersloos sonder enige werkbare idees om antwoorde vir die komplekse politieke, maatskaplike en ekonomiese uitdagings na apartheid te bied.

Hul teenstand teen die regering se voorgestelde minimum loon van R3 500 is ’n absolute skande en getuig van hul politieke skynheiligheid omdat hulle voortdurend die  intellektuele vermoëns van die armes onderskat.

Msimanga en Zille het tot in die onlangse verlede die DA groot skade berokken.

Die jongste DA-flater is Msimanga, uitvoerende burgemeester van Tshwane, se besoek aan Taiwan se hoofstad, Taipei. Dié besoek vlieg in die gesig van die regering se buitelandse beleid wat nie die Taiwanse regering erken nie. Dié beleid – om die Republiek van China te erken as wettige regering van die gebied waaronder Taiwan ook val – is in1998 deur oudpresident Nelson Mandela bekragtig.

Ironies genoeg probeer die DA en die Afrikaanse media – wat besaai is met huigelary, politieke korrektheid en intellektuele oneerlikheid – Msimanga se minagtende houding teenoor die grondwet en die regering se buitelandse beleid met absurde denke en drogredenasies regverdig.

Die vertrekpunt van die argument of beginselsaak is dat alle regeringstrukture, insluitend DA-beheerde munisipaliteite, die nasionale regering se (buitelandse) beleid moet erken en respekteer.

Enige aantygings dat die regering korrup is of dat Msimanga in die belang van werkskepping Taiwan besoek het, moet tot die periferie reduseer word omdat dit niks met dié debat te doen het nie.

Suid-Afrika is ’n eenheidstaat en nie ’n federale staat nie. Provinsies en munisipaliteite kan dus nie ’n beleid wat teenstrydig met nasionale beleid is, beoefen nie. Die regering moet dus streng optree teen enige (regering-) struktuur wat nasionale regeringsbeleid ondermyn.

Al sou ons ’n federasie gewees het, word beleid ten opsigte van die nasionale begroting, verdediging en internasionale politiek (buitelandse beleid) deur die federale regering bepaal en implementeer.

Intussen wag ons dat Maimane vir Zille in die openbaar repudieer of om haar te dissiplineer vir haar onverantwoordelike en onbeskofte gedrag op Twitter. Haar uitsprake is minagtend en dit grens aan politieke opportunisme en ook aan ’n algehele disrespek jeens ons ontluikende demokratiese bestel en teenoor mense wat daagliks met die fisiese en emosionele skade van apartheid moet saamleef.

The post Leiers en loskoppe appeared first on LitNet.

Boekresensie: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger

$
0
0

een-nag

Een nag en ’n bietjie
Hester Kruger
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174152

Margaretha du Plessis en haar man Johannes word in ’n plaasaanval ontvoer. Die bestuurder, een van drie aanvallers, bestuur die Du Plessis-bakkie onhandig en swenk gevaarlik deur koppies in ’n donker verlatenheid. Die bakkie se petrol raak op. Margaretha word beveel om saam met een van die aanvallers, ’n donker reus van ’n man, in die bosse langs die pad te wag tot die bakkie in die dorp brandstof kan kry.

By die vulstasie in die stil dorp word Johannes se bankkaart nie aanvaar nie.

Margaretha lê in die bos by die stilswyende reus. Sy begin besef dat die ander aanvallers nie gaan terugkom nie. Dan rits die reus sy gulp oop.

Jou - die leser se - spanningsvlak is nou so hoog dat jy te bang is om verder te lees. Jy sug, hou asem op, en lees dan verder. Op geen manier kan jy die boek neersit nie.

Hester Kruger het hierdie meevoerende verhaal op ware gebeure gebaseer. Die amper onderbeklemtoonde dwingendheid van die gebeurde daardie nag en die tyd daarna skep tog die indruk dat die waarheid hier veel, veel groter as enige moontlike fiksionalisering kan wees. Selfs die gebruik van die derdepersoonsvertelling laat die leser nie glo dat die verloop van daardie nag en die gevolge daarna ’n werklikheid was nie.

Die nag en Margaretha se ontsnapping word knap, amper filmies, deur Hester Kruger beskryf. Margaretha skeur haar hemp en kuitbroek in die bos. Sy beland in ’n rivier; daar is diep poele, baie klippe. ’n Skielike bondel lig is ’n swerm gloeiwurms. ’n Magiese element doem in die donker op met die verskyning van die weiende bokke op die rivierwal.

Die nag word lig. Uiteindelik strompel sy kaalvoet by die nabygeleë dorp die polisiestasie in.

Die bure wil help. Kinders kom van oorsee af. Berading word gegee. Binne weke word nog plaasaanvalle bekend gemaak. Margaretha moet baie later in die hof getuig.

Terugflitse na haar jeug met die speel saam met Lerato en Mpho (Maponyane, aan wie die boek opgedra is) is aanvanklik bloot lekker herinneringe tot dit in uiteindelike begrip én skok verander wanneer ’n onverwagse herontmoeting op ’n baie later ouderdom plaasvind.

So ’n ontmoeting? Die skryfster skryf in haar nawoord dat hierdie herontmoeting inderwaarheid plaasgevind het, asook die agt verdere plaasaanvalle in hul buurt.

Hier is ’n besonderse boekvertelling in ’n besonderse styl.

The post Boekresensie: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger appeared first on LitNet.

Afrikanerfobie

$
0
0

Ons ondervind tans ’n ongekende haat of fobie vir die Russe in die Amerikaanse nuusmedia, wat die Russe om elke hoek en draai probeer afkraak en demoniseer, hetsy deur middel van halwe waarhede en merendeels deur blatante leuens.  Die Russe se pogings tot wedersydse samewerking met die VSA word kru deur die VSA-Kongres verwerp. Sodanige haat word gekenmerk met die woord “Russopbobia”. Lees maar enige berig met ’n Amerikaanse vlaggie langs sodanige berig, en jy kom dit vining agter. Wikipedia definieer dit as:  “Russophobia is a diverse spectrum of negative feelings, dislikes, fears, aversion, derision and/or prejudice of Russia, Russians and/or Russian culture.[1

http://www.newsnow.co.uk/h/World+News/Europe/Eastern/Russia

 

Vervang “Russian” met “Afrikaner”, in Wikipedia se definisie hierbo, dan kom ’n mens gou agter dat “Afrikanerfobie” wel bestaan, nieteenstaande die meerderheid Afrikaners se poging om die goeie guns van die ander rasse te probeer inwin nie.  Die meerderheid Afrikaners wil so graag met die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap integreer, maar word deur “Afrikanerfobie” van die ander rasse daartoe daadwerklik gekeer.  In reaksie tot “Afrikanerfobie”, is Afrikaners vining  besig om hulle vanuit die breër gemeenskap te onttrek, en daarvoor word hy ook deur sy aanvallers verkwalik.

 

Die aanslag, selfs onverbloem, op sy taal, kultuur, geskiedenis, erfenis en ekonomiese bedrywighede veroorsaak ’n swygsame nors (sullen) reaktiewe respons teenoor die ander rasse, wat duidelik onderling aangevoel word.

 

Tensy die ander rasse se benadering tot die Afrikaner, nie na goedgesindheid, verander nie, sal die Afrikaner verder van hulle verdryf word, en om beskerming vir hulself te bewerkstellig, laer trek.

 

The post Afrikanerfobie appeared first on LitNet.

Book review: Travels with my father by Karen Jennings

$
0
0

travelsTravels with my father
Karen Jennings
Publisher: Holland Park Press
ISBN: 9781907320699

Award-winning author Karen Jennings is well-known for her poetry, short stories, editing and the novel Finding Soutbek (2012). Her new book, Travels with my father: An autobiographical novel (2016), is a sophisticated and sensitively written story which makes us contemplate the nature of loss, grief and love. It traces a daughter’s attempts to come to terms with these issues through artistic expression.

The narrator, Karen, takes the reader on a reflective journey prompted by the death of her father, Keith Jennings, after a long battle with cancer. At the heart of the autobiographical project then lies a patriography: a struggle to write the father. The figure of the father has been a prolific subject in literature, and in narratives by South African authors a notably contentious, prickly subject, but Jennings eloquently negotiates this challenging terrain to present a sensitive reconstruction of a father, one without malice, who questions the self and contemplates the complexities of a new relationship – in this case with Juliano, the man Karen falls in love with “six months after [her] father’s death” (9). It is a painfully honest narration with moments of understated humour.

Emerged in her recollection of Keith – a former English teacher – is a matrix of remembrance and philosophical thought informed by history, politics, genealogy, literature, objects, places and other tales of grandeur, sadness and death – all woven together through the motif of travel. We accompany Karen on her visits to sites in Cape Town and other places on the globe: Tasmania, India, Netherlands, Austria, Italy, Russia, Uganda and Brazil (many visited as writer in residence). In turn, we learn about Keith’s own journeys and what he taught his daughter through stories and his interest in literature, culture and history. In this way, the narrative spins a web across time and space to show how lives, from near and far, intersect in the most ordinary and extraordinary ways. Not once does Jennings lose sight of the troubled histories of places and people. She draws on an astonishing array of private and secondary materials to recreate her subjects and give ambience to contexts.

Permeating this exquisite travelogue, then, is the spectre of the father, a presence that drives home a realisation of the finality of death and prompts reflection on the countless manners in which we remember, grieve over, honour or fail to honour the dead. And for that matter, treat the living. Tales of ghostly figures and haunted places abound in the narrative. These rich details make it at once a haunted and hauntingly beautiful story.

In one of my favourite moments (and there are too many to include here), Karen and Juliano take a trip to Hout Bay the day before her birthday. They sit overlooking the harbour while eating ice cream. She recalls how Keith, his body ravaged by chemotherapy, struggled to eat anything but ice cream towards the end. Any reader who has lost a loved one will be able to identify with this description: “Something as small as this – the taste of gelato, the smell of salt in the air – returns my father to me. It is as though he is sitting beside me, and I feel an urge to turn towards him and say hello” (130).

Structurally the narrative is divided into six parts, each reminiscent of a stage of grieving, following chronological time that leads to a level of self-understanding, albeit still marred by doubt about the future, but because Jennings works with memory (literal and mental travel), the story is not strictly linear. After all, remembering is a murky and fragmented business, and the more so when one consciously attempts to forge a cohesive narrative from it. Of this, Jennings is cogently aware, as she poignantly informs us: “When people ask me how the book is going, I tell them that I am in a ‘thinking phase’ or just say ‘it’s fine’. I am tired of having to think of my father every day in this way. Of having to trawl through the past and imbue everything with meaning” (95). Later she says, “It is difficult to separate what is alive from what is dead, what is false from what is true. We are all guilty of it: dismantling the past, trying to create something new, something we considered to be an improvement. Even in this book there are memories I have created from the rubble of others” (114).

It is precisely this skilful weaving of the rubble of other memories that compel me not to reveal too much about the content of the book. It has to be read. This is the only way to appreciate the nuances of Jennings’s exquisite craftsmanship. As someone with a keen interest in life writing and travel writing, I have been waiting for this is book for a long time, precisely because the author so skilfully challenges problematic conventions in these fields and, as the title signals, weaves a story that escapes neat generic categorisation. For instance, while on her visit to Uganda, Karen takes a trip “to the tourist attraction of the source of the Nile” (127). A boatman, Isaac, ferries her to “the small island” with its curio hut to see the site:

I exit the hut through the other door, directly into the lake. A round blue sign in the water identifies what is claimed to be the source of the Nile. I stand beside it, hold up my camera and take a photo of myself hastily as a noisy Indian family approaches, pushing me to the side. I lean against the wall of the gift shop, beneath a sign that warns of fines for urinating. I watch the water, unable to distinguish between Lake Victoria, the source or the Nile itself. All appears the same to me, water, expanding out, north, south, east and west. I look down at my camera. The screen shows the photo I have just taken beside the blue sign. I aimed poorly. I am not in the frame. Only in the bottom right-hand corner, a strand of my hair, blowing, and in the distance, water and water. (128)

There is no conquering or exoticising gaze in this moment, unlike those that proliferate in travel narratives about this history-laden site. Here is bare honesty, drawing attention to the fleetingness of one’s own existence and the futility, the heartaches and dangers even, of efforts to frame and claim what cannot be distinctly fixed.

While reading, I found that I was gradually slowing down my pace to savour the beauty of each phrase. I became like Milly, described in one of the family anecdotes as someone who “ate excruciatingly slowly. So slowly that everyone else would be eating their dessert while she was still busy on her soup” (131). For me, this book is an unsparing quest for meaning on so many levels and one certainly deserving of the highest accolades.

The post Book review: Travels with my father by Karen Jennings appeared first on LitNet.

Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention". Vir kla-kous.

$
0
0

Hierdie brief volg op die oorspronklike met dieselfde opskrif: http://www.litnet.co.za/die-waarheid-agter-die-waarheid-die-hoender-n-bone-contention/

Ek reageer hiermee op kla-kous se respons: “Volgens Stander (Landbouweekblad) is die enigste wenners “die paar winsbejagte invoerders in wit besit wat aan die Assosiasie van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) behoort”. Invoer maak Amie die enkele grootste “pluimveeprodusent” en Itac se besluit plaas die land se voedselsekerheid nou in Amie se hande, sê Stander. "Aanhaling uit Landbou se webwerf met opskrif "Invoertarief vir hoender ‘slaan dronk’" http://landbou.com/nuus/invoertarief-vir-hoender-slaan-dronk/ ;asook op Raed wat skryf: “Rainbow (plaaslike kommersiële produsent) het vandag nog bekommernis oor werksverliese juis as gevolg hierdie kwessie uitgespreek.”

Die waarheid agter die “waarheid”:

Die BELANGHEBBENDES in die braaikuikenbedryf is:

  1.  Die REGERING wie se direkte belange strek oor moontlike werksverliese (ten gevolge aan sosiale onrus), en verliese aan verskeie direkte,  indirekte en BTW belasting-inkomste van die bedryf afkomstig.
  2. Die braaikuiken PRODUSENT, hetsy kommersieel of kleinboer (albei in plaaslike kompetisie met mekaar), is uitsluitlik op winsbejag ingesteld.  (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie. Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
  3. Die INVOERDER wie se belang suiwer winsbejag ingesteld is. (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie.  Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
  4. Die VERSPREIDER (bemarker) wat ’n balans in prys tussen aanvraag en voorsiening bemiddel met suiwer winsbejag as motivering. Arbeidskostes vorm ook ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.
  5. Die VERBRUIKER, wat die eindproduk aankoop.  Sy suiwer belangstelling is bekombaarheid en bekostigbaarheid van die aangekoopte produk. Werksverliese stel hy ook geensins in belang nie.

Elke belanghebbende hierbo genoem, met uitsondering van die regering en vakunies, stel werklik nie belang in werksverliese nie, en gebruik die konsep van werksverliese uitsluitlik om die regering te probeer manipuleer om hulle afsonderlike voorgestelde regeringsbeleid te wil voorskryf.   Elkeen kom met dieselfde werksverliese-argument met variasies eie aan die soort belanghebbende onder bespreking.  Die regering, deur middel van spesialiste in hulle diens, wik en weeg elkeen teen mekaar op en soek ’n koers wat maksimaal tot almal se voordeel sal geskied (wat nie altyd moontlik is nie).

Die Landbouweekblad dien suiwer die plaaslike landbou-produsent, dus sal sy woordvoerders soos Stander hierbo genoem, eensydig die plaaslike produsent se saak stel, beveg en motiveer, en  sal nie skroom om die plaaslike landbou-produsent se kompetisie, in hierdie geval die Invoerder, te probeer ondergrawe nie.  Dieselfde argument geld vir Rainbow Chickens se argument mbt werksverliese. WINSBEJAG is almal se uitsluitlike motivering.

Insetkoste, oa die hoë en merendeels onproduktiewe koste aan arbeid plaaslik, het tot sodanige mate toegeneem, dat die winsmarge van die plaaslike braaihoender-produsente onder hewige druk staan.  In teenstelling geld ’n ander baie goedkoper oorsese insetkoste-stelsel, waar ingevoerde braaikuikens heelwat goedkoper op ons mark aangebied word. Invoere druk die plaaslike prys af.  Plaaslike produsente om te oorleef, sal hulle pryse moet verhoog, maar kan nie, solank die invoerkompetisie daar is.  Hulle antwoord daartoe is ’n stewige verhoging in invoerbelasting en tariewe aangevra, asook ’n verhoogde soutwater-inhoud in die plaaslike produk, sodat die braaikuiken se gewig met soutwater tot voordeel van die produsent se winsmarge gesubsidieer word.

Ten spyte van jaar op jaar verhoogde produksie, kan die plaaslike produsent nie aan die totale verbruiker-aanvraag voldoen nie.  Die gaping jaar op jaar tussen plaaslike aanbieding en plaaslike aanvraag word al hoe groter tot nadeel van die verbruiker, dus vorm invoere ’n al  hoe groter segment van die braaikuikenmark om die tekort in aanvraag te bevredig. Stander se stelling dat invoere wispelturig is, word deur feite sedert 1994 bevraagteken, waar daar ’n stelselmatige groei jaar op jaar in invoere getoon word.

Die gevolge van braaihoender-onbekostigbaarheid,  veral onder die armes:-

Aanvraag neem af, wat lei tot aflegging van werkers.

Aflegging van werkers lei tot minder inkomste vir belasting en BTW vir die regering

Afleggings veroorsaak verdere armoede en sosiale onrus wat die regering sal wil vermy, oa kriminaliteit, prostitusie, dwelmhandel, alkoholisme, ens.

Die enigste teoretiese manier om die plaaslike braaikuikenbedryf op die langtermyn te beredder, is om maniere uit te werk hoe die produsent se hoof-insetkostes verminder kan word, wat arbeid-, vervoer- en voerkostes insluit.  Onderliggend wat alle kostes opstoot, is onproduktiewe en wispelturige arbeidskostes, deur die vakunies aangeblaas.  Brittanje het ’n soortgelyke probleem gehad, totdat Margaret Thatcher dit onder beheer gebring ht, deur die rug van die vakunies, tot vandag nog, daar te breek.

 

The post Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention". Vir kla-kous. appeared first on LitNet.

Gedigkompetisie: huis, woning, tuiste

$
0
0

LitNet – Die boekehuis met baie wonings.
Vertel vir LitNet van jóú huis.

Mense vind hul tuiste op verskillende plekke – in ’n dorp of huis, die natuur, geloof, ’n ander persoon, die liggaam wat die siel huisves of in die wete dat die wêreld net ’n tydelike huisvesting is. Vir party is dit ’n plek waarvan hulle wil wegkom, vir ander ’n plek om na terug te keer.

Nelson Mandela het gesê: “Daar is niks soos om terug te keer na ’n plek wat onveranderd gebly het en om te vind op watter wyses jyself verander het nie.”

Skryf ’n gedig oor jou huis, jou woning, jou tuiste. Jy kan die tema so letterlik of figuurlik interpreteer soos jou woorde dit toelaat.


Pryse

Wenner: R1 000 kontant en ’n boekpak wat die volgende boeke bevat:

collage_1

Boeke geborg deur LAPA, Human & Rousseau, Lux Verbi en Tafelberg.

Naaswenner: ’n boekpak wat die volgende boeke bevat:

collage_2

Boeke geborg deur LAPA, Human & Rousseau, Lux Verbi en Penguin Random House.


Hier is ’n paar aanhalings om jou kreatiewe denke aan die gang te sit:

 

Mammie
            ek het gedog
as ek eendag huis toe kom
sal dit onverwags so teen skemerdag wees
met jare se opgegaarde rykdom
op rûe van ysterkoeie

Uit: “Die hand vol vere” – Breyten Breytenbach


 

elementêre huis

ek wil graag vir jou ’n huis bou
’n huis nie ’n woning nie ’n woning is te deftig nee ’n huis
met vier mure
met ’n rooi dak
met ’n rokende skoorsteen

’n huis sonder deure
’n huis sonder vensters
ons sal die wêreld buite hou
so ’n huis

’n huis waarin net ons sal wees
net ek en jy
niemand anders nie
niemand nie

ek sal vir jou ’n huis gee
ons sal vergeet van baie dinge
van lewe van dood van verwoesting
dat bestaan daarbuite moontlik mag wees

ek wil vir jou ’n huis bou
’n huis sodat ons kan vergeet
’n plek iewers tussen die planete
waarin ons mekaar dae en nagte kan opsom

DPM Botes


 

Jan Tuisbly se spannetjie

deesdae kies baie vuurvlieë
koers na Kanada of Australië
maar ons geankerdes sal gekreef
in singels van die steenbok leef;
met ’n suiderkruis opgesaal
ver van huis ’n halfrond afgedwaal,
gepos deur ’n verdwaalde skippie
op Afrika se soutste tippie,
’n spesie wit en vreemd
ingeburger tuis ontheemd.

Etienne van Heerden


 

“Die woude roer, die water roei verwaarloos
Toemaar, toemaar, toe
Dit is stil in die huis

En dis veilig onder jou plafon
Met jou vreemde klanke
En jou vreemde son
Ek is broos soos die waarheid vir ’n leuen
Sê my waar is jou verliefde heen”

Uit: “Bittermaan” – Danie du Toit (Spoegwolf)


 

Ek voel die Tyd soos ’n gewas wat aanhou vreet.
Waar is die dag? Waar die geluk? Wie weet?
Die tram staan stil. Ek stap na huis. Ek moet gaan eet …

Uit: “Tram-ode” – Uys Krige


Hoe om in te skryf:

Stuur jou gedig, naam en adres na skryfwerk@litnet.co.za, met die onderwerp “Gedigkompetisie: Huis”. Jou inskrywing moet ons voor of op 28 Februarie 2016 bereik. Gedigte sal aan ’n keuringsproses onderwerp word.

Reëls:

  • Die werk moet jou eie wees en nog nie vantevore elders (insluitend sosiale media soos Facebook) verskyn het nie. Geen vertalings van ander se werk sal aanvaar word nie.
  • Maak seker dat jou naam, selnommer en posadres jou gedig vergesel.
  • ’n Maksimum van vyf gedigte per persoon sal aanvaar word.
  • Lengtebeperking: Maksimum 250 woorde per gedig.
  • Alle goedgekeurde inskrywings sal op LitNet verskyn.
  • Die beoordelaars se besluite is finaal.

The post Gedigkompetisie: huis, woning, tuiste appeared first on LitNet.

LitNet-spens

$
0
0

Is jy op soek na ’n dramateks of monoloog vir ’n praktiese eksamen of Eisteddfod? LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-spens!

Die LitNet-spens is ’n ruimte waar ons ongepubliseerde Afrikaanse tekste berg wat betrekking het op die uitvoerende kunste. Reëlings met betrekking tot opvoerregte moet self deur die gebruiker getref word deur die betrokke kontakpersoon of instansie te kontak.

  • Afrikaanse dramatekste word geberg in die LitNet-spens en sodoende aan die publiek beskikbaar- en  bekendgestel. Toegang tot die LitNet-spens is gratis.
  • Voorkeur word gegee aan tekste wat reeds opgevoer is, maar enigiemand is welkom om ’n teks in te stuur. Tekste word oorsigtelik beoordeel voor plasing om bv laster te vermy. 
  • LitNet het geen kopiereg op die tekste nie en sal nie betrokke raak by die administrasie van opvoerregte nie.
  • Tekste word geplaas soos dit ontvang word. LitNet is nie verantwoordelik vir enige taalversorging nie.

Stuur jou teks/navrae aan spens@litnet.co.za.
Klik hier om ’n dekvorm in Word-formaat af te laai.

Alfabetiese lys volgens skrywer se van

A - B - C - D - E - F
G - H - I - J - K - L
M - N - O - P - Q - R
S - T - U - V - W - Y - Z

A

B

C

D

E

F

G

H

I

J

K

L

M

N

O

P

Q

R

S

T

U

V

W

X

Y

Z

 

The post LitNet-spens appeared first on LitNet.


Wenners van die ATKV-SA Akademiepryse 2016

$
0
0

Een van die vier ATKV-SA Akademiepryse vir geesteswetenskaplike artikels is vanjaar aan ’n LitNet Akademies-artikel toegeken.

Adéle Nel
Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)

nel650

Hier volg die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se volledige aankondiging:

sa-akademie-logoAl die artikels wat deur redakteurs voorgelê is, was van hoogstaande gehalte. Groot dank vir u aandeel om die beste artikels wat in 2015 in u tydskrif verskyn het, voor te lê vir beoordeling. U word hartlik aanmoedig om voort te gaan en in die toekoms steeds artikels voor te lê.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel ’n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in ’n betrokke jaar in ’n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

  • Adéle Nel, Vakgroep Afrikaans en Nederlands, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus) vir haar artikel "Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper
    (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)" wat by LitNet Akademies, 12 (1) April 2015 verskyn het.
  • Nerina Bosman, Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria vir haar artikel "EET en DRINK in Afrikaans – ’n leksikaal-semantiese ondersoek" wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55 (1), Maart 2015 verskyn het.
  • Andries G van Aarde, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel
    "Vredemakers as kinders van God (Matt 5:9): ’n Pragmatieslinguïstiese lesing" wat in
    HTS Teologiese Studies/Theological Studies, 71 (1), 2015 verskyn het.
  • Ernest van Eck, Faktulteit Teologie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Die
    gelykenisse van Jesus: Allegorieë of simbole van sosiale transformasie?" wat in HTS
    Teologiese Studies/ Theological Studies, 71 (3), 2015 verskyn het.
    Die prys word gedeel met Willie Burger, hoof van die Departement Afrikaans,
    Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Historiese korrektheid en historiese fiksie: ’n
    respons" wat in Tydskrif vir Letterkunde, 52 (2), 2015 verskyn het.

Natuurwetenskappe:

  • Adriaan J Reinecke, Sophia A Reinecke en Mia van Wyk, Departement
    Plant- en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch vir hulle artikel "Kan die gevoeligheid
    van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van
    olieraffinadery afval te beoordeel?" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en
    Tegnologie, 34 (1), 2015 verskyn het.
  • Peet du Toit, Nicoleen Coetzee, Ernst Krüger, Ronél Ferreira,
    Evangeline Nortje en William Fraser van die Universiteit van Pretoria en
    Elizabeth Rudolph en Yvonne Joubert, Unisa, vir hulle artikel "Kardiovaskulêregesondheidsrisiko onder universiteitstudente in Suid-Afrika" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 34 (1), 2015 verskyn het.

The post Wenners van die ATKV-SA Akademiepryse 2016 appeared first on LitNet.

Interview: Say again? The other side of South African English by Jean Bradford and Malcolm Venter

$
0
0

say-againAuthors on their new books: Malcolm Venter on Say again? The other side of South African English

Hi Malcolm, why did you and Jean Branford write a book called Say again? The other side of South African English?

Jean Branford, who compiled the Dictionary of South African English, has always maintained that in studies of SAE (South African English) there has been an over-emphasis on loan words and too little awareness of the SAE items which are English, but used differently, from elsewhere. She had always hoped to publish something on this neglected aspect of SAE. However, when health challenges prevented this, she turned to me as her former student and a friend to write the book for her. Jean and I have come a long way together. I completed my master’s and my doctorate, both in linguistics, with Jean’s late husband, William Branford. As I moved up the academic ladder, Jean used to remind me of her first encounter with me in her 1966 linguistics class at Rhodes: during one of her seminars, when I was arguing every point, Jean had stopped abruptly. Gesturing to the table on which she habitually sat, she’d said, “Mr Venter, if you would like to take over, you are most welcome to do so.” I had promptly calmed down, and a lifetime friendship was formed. Years later, on the day that my PhD became official, Jean sent me a telegram (in those days they still had such things!) saying, “Do take over, Dr Venter.”

As the years went by we kept up our friendship. Then one day I received an e-mail from Jean saying, “Please take over, Dr Venter!” I had always been interested in SAE and had given numerous talks on the topic over the years.  I did not, however, “take over” completely. Jean’s handwritten index cards (sometimes almost illegible) provided a sound basis for the work; then Jean and I explored further items and searched for more citations; and finally I wrote the text under Jean’s critical eye. The subtitle, The Other Side of South African English, reflects the thrust of the book – a focus on the English elements of SAE, while the title itself (Say Again?) is an example of this.

Is South African English not British English, finish and klaar? 

Most definitely not. In the same way that we have Australian English, American English, and so on, we have South African English. Obviously all of these Englishes have a lot in common with British English, but they also have many unique aspects. Hence the fact that in modern linguistics they are referred to as “Englishes” rather than as “dialects”.

Language can be a hot topic in this country. People tend to get emotional. Is your book mostly on how Afrikaans influenced South African English, or are there other languages involved in the process as well?  

Afrikaans has been the main contact language influencing SAE over the years, but other indigenous languages have also had an impact on SAE, both in terms of borrowings (eg muti for medicine) and grammar (eg “a luggage”). This is because of apartheid, which kept whites apart from people of colour, thus minimising the opportunities for linguistic influence. With greater integration in schools and in society it is highly probable that the African languages will influence SAE to a far greater extent.

Languages can make people emotional because so often it is about who has the power. English is an extremely powerful language in this country. Do you agree, do you not agree, what are your views? Afrikaans is also a very powerful language, in a different way. I’m also thinking of the current university language issues across the country. Would you care to elaborate on the influence and effects the two languages have on each other?

I don’t see it as a power play between the two languages. English is the undeclared lingua franca of the country, and it is the gateway to international communication. But everyone has the right, where practically possible, to study through their home language, so I think Afrikaners should have that right, along with the speakers of other African languages (if their languages have been developed to handle the demands of academia) – or they can opt for English. People should not be forced to study through a language which is not their home language – there should be the right to choose that or to “go for English”.

When do you think a language is really influenced by another and when is it merely a mistake, like when a fellow South African – but not a mother-tongue speaker of the language the other person is speaking – can’t find the correct word and uses the word in his own language (but is understood by the other person)? Can you think of examples in both instances? Any funny mistakes or influences you would like to share? 

Sometimes it is a case of mother-tongue transfers (which used to be called  mother-tongue interference), which means that the speaker speaks a kind of English which deviates from standard English. For example, many black speakers will say something like “I am having a boyfriend in Johannesburg”, while some Afrikaners will say “I have seen him yesterday” (vs “I saw him yesterday” in standard English). It is also common for non-native language speakers to use words from their own language when they don’t know the word in English, thus speaking a kind of fusion language.

But SAE does not consist merely of the language as it is used by non-native speakers. Native speakers have themselves developed a variety of English which differs from that which is used by native speakers elsewhere. Some of this has come about because of the influence of Afrikaans and other local languages (eg “I threw him with a stone”, “Say again?”, “thumbsuck”), but much of it has evolved in the same way that the English language has evolved (and is still evolving) generally. For example, we have:

  • created new compounds from existing English words (eg train-smash [disaster], pavement special [mongrel dogs or cats of no discernible breed, (in the) dogbox [in someone’s bad books], monkey gland sauce [nothing to do with monkeys!], a Model C [a black person who has attended an ex-Model C school, in the process acquiring “white” mannerisms])
  • created new meanings for existing words (eg coconut [a derogatory term for a black person who lives, acts and speaks white – “black on the outside but white on the inside”])
  • added suffixes to form new words (eg backyarder, fronting, fallist [a term which is too recent to have been included in the book])
  • changed words’ part of speech (eg “to necklace” [to kill by putting a burning tyre around someone’s neck])
  • created totally new words (eg larney [a posh person], takkie).

Who are your ideal readers? Locals? Overseas travellers? People interested in language? People who want to communicate better, or people who want to understand better?  

All of these:

  • Locals will be surprised to realise how much of what they say is SAE and to learn about words with which they are not familiar.
  • Overseas travellers will be able to find out what we mean when we use words they do not have (eg bunny chow, milk tart) or use words which they do have but which have different meanings. An example of the latter is described in the book as follows: “A young teacher from South Africa was visiting Britain in early 1975. He raised a number of eyebrows when he declared one day, ‘The same robot catches me every time I go down that street.’ What? Has the man been watching too much telly or something?”
  • Those interested in language will be able to see the trends in our English and how these have come about.
  • And all will be able to communicate better as they gain insight into our usage.

The fact that the book includes an index makes it easier for those that want to use it as a reference book.

This is what an independent academic reviewer said about the manuscript:

I found the text well-informed, informative, astute and wonderfully entertaining – surely a good recipe for a “popular” publication! It may have an additional appeal as a reference work as well as being a discerning and shrewd reflection on current SAE usage. It has an appealingly brisk pace as well as being visually attractive. The inclusion of “real” newspaper cuttings, reports, advertisements, op-eds, Wikipedia entries etc makes for a very grounded discussion – often usefully suggesting the sheer variety of possible usages of a term.

Robin Malan (author of Ah Big Yaws? A Guard to Sow Theffricun English) has described it as “a really fascinating social history as well as a lively linguistic record”.

The post Interview: Say again? The other side of South African English by Jean Bradford and Malcolm Venter appeared first on LitNet.

Press release: Lucy’s Dream by Joline Young

$
0
0

Lucy’s Dream is an engaging children’s story that reveals slices of life of a little girl living in the fishing community in Simon’s Town up until the 1960s. Written by Joline Young and beautifully illustrated by Cameron Cupido, the book sells at R180 and is suitable for children aged 6–10 years.

To order, please email Joline at joliney.young3@gmail.com.

lucys-dream

The post Press release: Lucy’s Dream by Joline Young appeared first on LitNet.

'n Feit soos 'n koei

$
0
0

Laat my dink aan my skooldae. Ek het my stadsjapievriend uitgenooi om die vakansie saam met my plaas toe te gaan. My pa het ons by die skoolkoshuis kom oplaai, en toe ek die hek by ons plaas oopmaak, kon ek sien my vriend is maar skrikkerig vir die klomp beeste wat daar rondstaan. Die meeste gee nie eens pad as my pa hard op die toeter van die Landrover druk nie. My vriend het alles so stil-stil gade geslaan, en ewe skielik opgewonde geskreeu: “So moet ʼn koei spring!” toe een darem besluit het om vinnig pad te gee. My pa het hard uitgebars van die lag, want die koei was toe al die tyd ʼn jong tollie.

Dit het my vroeg-vroeg al laat besef dat feite net soos die koeie op ons plaas is. Die wêreld is in ʼn gedurige toestand van verandering, en so ook feite.

Een van my oupagrootjies was ʼn selspesialis, en hy het geleer dat die menslike sel 48 chromosome bevat. Bioloë het in 1912 vir die eerste keer die menslike sel besigtig en 48 chromosome getel. Soos dit maar met feite gaan, dit word sonder meer aanvaar as korrek en in toetse en proefnemings word die korrektheid daarvan nie elke keer getoets nie. ʼn Bekende wetenskaplike het selfs so onlangs as 1953 onomwonde verklaar: “The diploid chromosome number of 48 in man can now be considered as an established fact.”

Ek dink dit was in 1954 of 1955 (ek is maar swak met datums) dat ʼn nuwe tegniek ontdek is om na selle te soek. Twee navorsers, een by die Memorial Sloan-Kettering Kankersentrum in New York, en die ander by die Kankerlaboratorium in Swede het besluit om hierdie nuwe tegniek te probeer en tot hulle verbasing kon hulle net 46 chromosome in die menslike sel tel. Toe is ontdek dat navorsers al hulle werk halfpad gestaak het, omdat hulle nie met 48 chromosome kon werk nie. Van toe af het die menslike sel 23 chromosomepare.

Ja, feite kan verander. Dis sommer nou die dag dat dokters vir hulle pasiënte gesê het dis goed vir hulle om te rook, en vandag sal my dokter die stuipe kry as iemand net iemand anders se rook inasem. Niemand weet meer of vleis gesond is vir jou of nie, en gister was rooiwyn ʼn goeie antioksidant, maar vandag is dit dodelik vir die lewer. Daar was ʼn tyd toe ons aarde die middelpunt was van die heelal, never mind die middelpunt van ons sonnestelsel. Vandag is ons posisie maar sommer net iewers daar eenkant. Latyn was eens die wetenskaptaal, toe verander dit na Duits, toe weer na Engels. Ek wens dit wil verander na Afrikaans en daarby bly. Vroeër was ons slegs aardsgebonde; nou kan ons al sulke reusespronge op die maan maak. Sommer onlangs was daar twee miljard mense op aarde; nou dink ek, trek ons al daar by die nege miljard of dalk meer. Kyk net hoe het die rugbyreëls deur die jare verander, en daar was ʼn tyd toe tennis gespeel is met houtrakette, en as iemand afslaan, moes sy een voet op die grond bly. Nou spring die afslaner amper ʼn halfmeter hoog om die bal by te kom. Die menslike brein is ook nie meer in beheer van ʼn spel soos skaak nie. ʼn Fisher kan nie die blikbrein klop nie. Gister was die prys van ruolie 56.43 dollar per vat. Op die huidige oomblik, terwyl ek nou hier skryf, is dit ʼn feit dat ruolie 55.73 dollar per vat is.

So om die braaivleisvure breek ons manne nou die aand  ʼn bietjie weg van mooi meisies en vinnige karre, en gesels juis hieroor. Een van die slimjanne beweer dat feite nooit verander nie, en as bewysstuk noem hy (ongelukkig vir hom) dat dit ʼn feit soos ʼn koei is dat Mt Everest nog altyd die hoogste bergspits in die wêreld is. Volgens ʼn sekere Andrew Scott Waugh se berekeninge was die bergspits bekend as WV die hoogste. Dit was maar eers in 1856 dat hy besluit het dat hulle die hoogste berg gevind het, en hy het dit na een van sy voorgangers, George Everest, vernoem. Van toe af was die feit dat Everest die hoogste bergspits in die wêreld is, ʼn taamlike koei, maar nie ʼn koei sonder probleme nie. Niemand kan presies bepaal hoe hoog hierdie berg is nie. Opmetings het al soveel as 6 meter verskil. Daarby verander die hoogte van Everest elke jaar so ʼn bietjie weens verwering en die botsing tussen kontinentale plate (Asië en Indië). Dan beweeg Everest ook nog lateraal, wat kaarte nog verder deurmekaar krap.

Een feit bly darem staan: dis ʼn feit dat feite kan verander, en dis ʼn feit soos ʼn koei.

(Ns Is dit ʼn feit soos ʼn koei? Moet dit nie wees ʼn waarheid soos ʼn koei nie? Orraait, dan skryf ek volgende keer oor ʼn waarheid soos ʼn koei.)

Angus

 

The post 'n Feit soos 'n koei appeared first on LitNet.

Wat kies jy as die huis brand?

$
0
0

Dis toe ons besig is om water met emmers uit my buurman se swembad te skep om op sy brandende grasperk te gooi dat die vraag my kop inkom.

Wat sou jy red?

Die stryd teen die verwoestende brand wat Somerset-Wes verlede week getref het, het toe reeds in ’n guerrilla-oorlog ontaard. As hy geblus is by Boskloof en Dennegeur agter ons koppie, steek die wind, wat 70 km/h waai, hom weer hier by ons koppie aan. Die lug is so geel soos die gras, die dik rook brand oë en keel en laat die neus loop soos wanneer traangas jou tref. Die termometer het die oggend gesê 34 grade Celsius. Die brand maak dit nog warmer.

Twee rolprente ding mee in my kop. Die helikopters met waterbomme teen die geelrooi agtergrond bring tonele uit Francis Ford Coppola se rolprent Apocalypse now na vore. Dan, wanneer ek huiswaarts kyk, die aanhaling van Robert de Niro in Heat: “Don’t let yourself get attached to anything you are not willing to walk out on in 30 seconds flat if you feel the heat is around the corner.”

Nou is dit egter nie meer ’n teoretiese vraag of ’n rolprent nie. Ons is in ’n oorlogsone en die gevaar is werklik. Die bure se honde is reeds in ons huis omdat Ronél en Rebecca dadelik gesien het hoe verward hulle is en skuiling aangebied het. Die heining is natgespuit en die hoë waterrekening wat wag, lyk beuselagtig.

Om konteks te gee: ek is ’n ywerige versamelaar van kuns – veral skilderye en keramiek. En dan het ek oor jare ’n versameling bonsai opgebou wat vir my baie beteken. Boeke neem die huis oor en musiek speel ’n groot rol in ons lewens. Ons huis is op drie vlakke en is die laaste een bo teen die koppie. Die erf val steil af tot onder by die swembad en dan is daar nog ’n terras waar my bonsaituin is. Ons is lief vir tuinmaak en stel ons tuin jaarliks oop vir die publiek om geld vir hospies in te samel.

Wat red ons en hoe besluit mens?

Ek is ’n groot aanhanger van Thinking, fast and slow deur Daniel Kahneman. Hy het die Nobelprys vir ekonomie gewen, hoewel hy ’n sielkundige is. Sy studie van hoe mense dink en keuses maak het die wêreld omgekeer.

As ek sy teorie inspan en die deel van my brein gebruik wat vinnig dink, artisties is, nie bang is vir risiko’s nie en ook progressief dink, is die antwoorde reeds daar.

Vrou, kind en honde is in die motor, hulle het skootrekenaars en selfone, het gegryp wat hulle wou en nou staan ek voor die deur en moet gryp.

Die probleem met daardie deel van die brein is dat hy nie geneig is om te meet nie. Die keuses wat hy maak, gaan ook nie noodwendig prakties wees nie. Boonop gaan hy nie stilstaan om te bepaal hoeveel minute ons oor het voor die brand toeslaan nie.

Daardie deel van my brein sê dadelik gryp die skildery wat Willem Boshoff vir my gegee het. Ek het hom gehelp om fondse te kry om sy monumentale Blinde alfabet van die grond af te kry en hy het op ’n dag jare daarna spontaan met ’n bakkie opgedaag en dit kom aflewer. Sentimenteel miskien, maar hy praat baie met my. Oeps. Hy is te groot en sal nie inpas nie.

Tweede is die ikoniese skildery van Braam Kruger waarvoor hy destyds die Vita-prys gewen het, Venus with vibrator. Dis een waarna ek ure kan kyk en my telkens emosioneel en intellektueel uitdaag. Oeps. Ook hy is te groot vir een man.

Nou moet die besluit tog vinnig kom, want die vlamme is hier. Verby die foto van my motorbom, verby die beelde wat ek en Johann Symington in Venda opgespoor het. (Leef Noria Mabasa nog?) Die geskilderde das van die Bloomsbury-kring uit Londen se dae?

OK, moenie meer dink nie. Vat dit wat jy kan dra. Gryp eenvoudig net Walter Meyer se olie van Alexanderbaai, Pieter Hugo se ikoniese foto van die hiëna-mense van Nigerië, en Anton Bosch se olie van ’n boomlandskap met wind (’n verjaarsdagpresent). Hopelik het Ronél reeds vir Uys Krige ingelaai en ek weet Rebecca sal nie sonder een van Piet Grobler se skilderye uitloop nie.

Nou is dit af met die trappe. Daar is nog net tyd vir twee pogings as my asem en bene hou en die rook my nie oorval nie.

Byna 200 boompies in verskillende stadiums van ontwikkeling begroet my. Die skilderye het my reeds geleer dat die groot goed maar moet bly. Maar hoe kies jy?

Eerste my acacia galpinii in die Pierneef-styl wat my soveel vreugde gee. OK, ek kan net hom opdra. Dan terug vir wyle Louis Nel se buddleja saligna (wit olien). ’n Uitsonderlike boom wat die familie met sy dood aan my geskenk het en al in oorsese tydskrifte verskyn het. ’n Bonsai wat ’n mens ’n hartsboom sal noem. Saam met hom die Japannese rooi den in die Literati-styl. ’n Boom wat met jou kop praat terwyl hy jou hart roer. Wat van Hennie se huilboerboon? Freddie se windverwaaide geskenk van ’n plaas naby Bloemfontein? Wat van? Wat van? Wat van?

As die drie bo in die motor is, skop die ander deel van die brein in wat Kahneman beskryf as die deel wat stadiger dink, berekenend is, konserwatief en geprogrammeer is volgens vorige ervarings.

Hy vra of die eerste brein die regte besluit geneem het. Wat is die prys en waarde van dit wat jy gered het? Sou dit nie beter gewees het om bome en skilderye te kies op grond van waarvoor hulle verkoop sou kon word nie? Waarom die keramiek los? Is dit omdat jy outomaties gedink het hulle sou die hitte kan weerstaan?

En dan skiet drie prentjies in die kop in. Die een is van ’n vrou wat by die Waarheidskommissie getuig het hoe sy haar baba oor die muur vir haar buurvrou gegooi het toe die soldate die deur begin afskop het en dat sy net gehoop het sy vang raak.

Die tweede een is van daardie mense met 9/11 wat besluit het om uit die Twin Towers te spring eerder as om te verbrand.

En dan is die laaste een van daardie wonderlike bonsai wat nou in Washington staan wat Hirosjima oorleef het en waarvan Jack nou die dag nog vir my ’n foto gestuur het.

Dan sê die tweede brein dat al die besluite wat jy geneem het, irrasioneel was en geen sin in die praktyk maak nie.

En dan, net wanneer hy jou oortuig het van jou eie domheid, skop die ander een in.

Hy is verkeerd, sê hy.

Jy het die storie van jou lewe probeer red.

The post Wat kies jy as die huis brand? appeared first on LitNet.

Viewing all 21855 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>