Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21927 articles
Browse latest View live

Die goeie ou dae

$
0
0

Ek wil baie graag Hector Pieterson se museum besoek. Hopelik word ek toegelaat om met sy suster, Antoinette, te gesels. Nie oor “It was on the 16th of June as we were marching against the Afrikaans” nie, maar oor Hector die seun.

Het hy van skool gehou? Wie was sy gunstelingsokkerspan? Wat wou hy eendag word?

Op Soweto Tours se amptelike webblad “The Hector Pieterson Memorial – part of the struggle tour” lees ek dat hierdie museum in die 1990’s opgerig is. Kan jy glo, twee blokke van die slagveld af waar bykans 200 kinders hul lewens opgeoffer het teen onderrig in Afrikaans.

In my geestesoog sien ek Hector daardie oggend van 16 Junie 1976 opstaan.

Ma Dorothy moes hom moontlik twee keer aan die skouer ruk. “Kom nou, Hector, jy gaan laat wees vir skool.”

As dit ek was, het ek die kombers oor my kop getrek en snoesig gedut totdat Moederlief met haar vuiste in haar sye dreig: “Hector Pieterson, as jy nie nou dadelik opstaan nie, trek ek jou gatvelle van jou lyf af.”

Sou ‘n beker warm koffie op hom gewag het? Of is net ʼn emmer badwater vroegoggend vir hom gekook?

Ma Dorothy se oë boor in sy rug. “Moenie vergeet om agter jou ore te was nie.”

Hy doop die waslap in die sinkbad, smeer dit seep, skrop om die skulp van sye ore, binne elke oor, om die nek. Sy liggaam – met hoendervleis oorgetrek – ruk.

“Hector, het jy jou huiswerk gedoen?” Ma Dorothy skuif haar kopdoek reg, lippe ‘n reguit lyn: “Antoinette, jy lag verniet vir jou broer; ek wil jou skoolboeke sien voor jy eet. Jy’s nie te oud vir ‘n pak slae nie.”

Hector droog homself af. Sy tande kletter op mekaar.

“Ja, Ma,” sê hy met ‘n knipoog, in Afrikaans.

Antoinette giggel. “Joh. Jy.”

Klam handdoek oor die bolyf, trek Hector sy onderbroek aan. Dan sy broek. Hemp. (Knoop hy ook sy knope van onder vas om seker te maak hy mis nie ‘n knoopsgaatjie nie?) Trui. Kouse en skoene.

Ma Dorothy se wysvinger dans onder sy neus. “Hoekom blink jou skoene nie? Wat gaan vandag met jou aan, Hector? Kom, soen my, ek moet gaan werk, die baas hou nie daarvan as ek laat is nie.”

Op pad skool toe smelt Hector saam met 20 000 kinders uit drie skole. Hy is nuuskierig en wil weet wat aangaan. Die massa skram stadium toe. In Moemastraat wag die polisie op hulle. Gewapen.

Terwyl die kinders “Nkosi sikelel’ iAfrika” sing, beveel luitenant Swanepoel die handvol polisiemanne om te skiet.

Wie de donner skiet op kinders?

Die polisie.

Nie in Rusland nie. Nog minder in Ierland of Israel. Nee, hier in ons eie Suid-Afrika, waar stootskrapers gebruik is vir grondonteiening sonder vergoeding. En dan hunker soveel mense terug na “die goeie ou dae” ...

Sê jy nou vir my: Vir wie?

Die 176 grafte in Avalon-begraafplaas getuig daarvan dat derduisende mense gedurende “die goeie ou dae” saans gebid het: “Verlos ons van die bose.”

The post Die goeie ou dae first appeared on LitNet.

The post Die goeie ou dae appeared first on LitNet.


Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00

$
0
0

Van links na regs: Eddie de Jager, Mortimer, André Odendaal, Phillru van Achterberg, Cassius Davids, Donoven Pietersen, JJ Roberts, Annerle Barnard en Stefaans Coetzee

Die meeste mense is geïnteresseerd in die tronk. Die skrywers van Die laaste ontsnapping, Stefaans Coetzee en Annerle Barnard, wil luisteraars ’n blik in daardie onbekende wêreld gee. Vyfster vir die radio.

Tronk is egter meer as geweld, seks en dwelms. Daarom het die skrywers besluit om ’n mensstorie te vertel.

Lupin, ’n gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn – die antiheld van sel ses – om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ’n bendelid en dwelmsmous; en geen assassin nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap.

Maar in die tronk kry ’n gevangene tot twee jaar af as hy ’n ontsnapping rapporteer. Gaan Lupin daarin slaag om te ontsnap, of gaan Roux sy vriend doodsteek?

’n Korrektiewe fasiliteit is ’n ander wêreld. Dit kan nie met die gewone, alledaagse lewe vergelyk word nie. Elke gevangene leef in sy of haar eie wêreld met ’n unieke realiteit. Dit moet nie ’n verrassing wees om ’n opgespeelde klavier of ’n ketel in ’n slaapsaal op te merk nie. Luukshede word bekom deur fyn beplande besoeke en gunsies in ruil vir iets.

JJ Roberts en André Odendaal, Agter Cassius Davids en Phillru van Achterberg

Die laaste ontsnapping is losweg gebaseer op die lewens van werklike karakters. Dit gee ’n blik op oomblikke aan die binnekant wat andersins vir diegene aan die buitekant onrealisties en verregaande sou wees. Sonder om te veel te verklap, ontbloot die storie leefstyle, ontsnappingstegnieke, aktiwiteite vir ontspanning en die intrige van verhoudings om persoonlike doelwitte te bereik. Die tragedie lê in die tweestryd tussen binne en buite. Hoe gemaak as jy uit is? As jy nie meer gewoond is aan dit wat buite is nie, bly daar net ’n paar opsies oor.

  • Die laaste ontsnapping deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard.
  • Met André Odendaal, JJ Roberts, Phillru van Achterberg, Donoven Pietersen, Mortimer Williams en Cassius Davids.
  • Eddie de Jager het die regie behartig.
  • Donderdagaand 19 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.

The post Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: RSG Radioteater, <i>Die laaste ontsnapping</i> op Donderdagaand 19 Junie om 20:00 appeared first on LitNet.

Persverklaring om in te skryf: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025

$
0
0

Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025

(Digdebute met ’n ISBN)

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2025.  

  1. Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Die prys word slegs vir ’n werk met ’n ISBN toegeken wat gedurende die twee jaar voor die jaar van beoordeling verskyn het. Byvoorbeeld: Vir die 2025 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie kom bundels in aanmerking wat in 2023 en 2024 gepubliseer is.
  2. Geen gesamentlike toekenning mag gemaak word nie (met ander woorde: die prys kan nie gedeel word nie) en ’n digter kan slegs een maal vir die prys in aanmerking kom.
  3. Slegs debuutbundels wat deur Suid-Afrikaanse uitgewers gepubliseer word, kom in aanmerking vir die Ingrid Jonker-prys.
  4. Slegs digters met Suid-Afrikaanse burgerskap, of digters met óf permanente verblyfreg óf vlugtelingstatus wat in Suid-Afrika woon en werk, sal vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
  5. ’n Digter wat reeds ’n bundel in Afrikaans gepubliseer het, kan nie daarna ’n Engelse bundel voorlê nie, en omgekeerd. Vertalings sal ook nie vir die prys in aanmerking kom nie. Indien ’n skrywer egter reeds boeke in ander genres (prosa of drama) gepubliseer het en dan ’n eerste Afrikaanse of Engelse digbundel die lig laat sien, kan hy/sy wel vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
  6. ’n Bundel wat gedigte/tekste in Engels en Afrikaans bevat, mag wel voorgelê word. Die uitgewer sal egter in so ’n geval moet besluit of die bundel vir die Afrikaanse of Engelse prys voorgelê word – ’n bundel kan net een keer voorgelê word.

Voltooi asb die aangehegte inskrywingsvorm en besorg dit saam met drie eksemplare (nie PDF-weergawes) van die digdebuut wat in die jare 2023 of 2024 verskyn het en volgens die reglement vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking kom, aan:

Die Ingrid Jonker-pryskomitee
c/o Marius Crous
Main Building Office 4-401
South Campus
Nelson Mandela University
Gqeberha
Tel. 041-504 3791 / 2227

Stuur dit asseblief per koerier.

E-pos asseblief ook die inskrywingsvorm aan die sameroeper van die komitee, Marius Crous, by: marius.crous@mandela.ac.za.

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 15 Julie 2025. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Laai die inskrywingsvorm hier af.

The post Persverklaring om in te skryf: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring om in te skryf: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025 appeared first on LitNet.

Tribuo Conference 2025: an interview with Marlene le Roux

$
0
0

Insetselfoto van Marlene le Roux: Menán van Heerden; agtergrondfoto: https://www.tribuo.co.za/the-tribuo-fund-home/

The Tribuo Fund, as part of their Tribuo Sessions series, held a conference on 5-7 June 2025 at STIAS in Stellenbosch. Discussions and presentations focused on how leaders and creators are navigating change, driving innovation and shaping the future of the arts in South Africa.

Marlene le Roux tells Naomi Meyer about her presentation at the recent Tribuo conference.

Please would you tell LitNet's readers about Tribuo and why this support fund is essential for South African arts and artists? This fund originated during the lockdown, but why is this fund and its ongoing support still in existence? Is everything not back to normal?

As an arts manager, I believe the artist must come first. And yes, the lockdown may have been the springboard from whence this fund stemmed, but we all know that artists (and others who make a living from the arts) are more often than not freelance workers. They do not have a fixed salary and do not have those other lovely perks that some of us salaried people have. This is the reason that Tribuo is still so very important post the lockdown. Remember, during the lockdown, whose lives were hit the hardest? The artists’ lives were hit the hardest – some of them have never recovered from that time – and that phrase “back to normal” is a relative term, especially with respect to the arts. What is normal for the arts is not necessarily “normal” for the rest of the world.

........
The artists’ lives were hit the hardest – some of them have never recovered from that time – and that phrase “back to normal” is a relative term, especially with respect to the arts. What is normal for the arts is not necessarily “normal” for the rest of the world.
........

What is your role in the arts and at the Tribuo Fund? Please tell our readers who you are.

I am Marlene le Roux, CEO of Artscape. At Artscape, we make every effort to look after our employees – with salaries that are commensurate with industry standards, and with pension funds, etc. However, it would be remiss of me not to be supportive in every way possible of the Tribuo Fund. While I, along with my staff, have salaries, the artists, producers, etc who bring their shows to Artscape need our backing. And the struggles are real, not just on the level of the fund but on governmental levels. This is where I can be influential to lobby and to bring the plight of artists to light.

Artists think about the arts. Maybe they don't even think about the arts; they create because they have no choice. However, artists need money to create more art and to pay their bills and to receive funds to keep creating. Please tell me about the mutual relationship between arts and money, and any other factors relevant which were discussed at this conference. Could you elaborate on your specific presentation at this year's Tribuo conference?

The arts and money have a peculiar relationship. People too often think they don’t “need” the arts, forgetting the role it plays in social cohesion and the building of a nation.

........
The arts and money have a peculiar relationship. People too often think they don’t “need” the arts, forgetting the role it plays in social cohesion and the building of a nation.
........

And, when money gets poured into the arts, many might go: “Why? Why not use that money to build houses, to feed starving people?” My feeling: there is enough money to see to all sectors of society. There is enough to ensure that our people are housed and fed, and have jobs to continue to keep being housed and fed. It is too often the mismanagement of funds that leads to housing and poverty levels being so dire. The arts – often seen as the proverbial “stepchild” – gets given the crumbs, often leaving it as poor as some of our compatriots.

........
And, when money gets poured into the arts, many might go: “Why? Why not use that money to build houses, to feed starving people?” My feeling: there is enough money to see to all sectors of society. There is enough to ensure that our people are housed and fed, and have jobs to continue to keep being housed and fed. It is too often the mismanagement of funds that leads to housing and poverty levels being so dire. The arts – often seen as the proverbial “stepchild” – gets given the crumbs, often leaving it as poor as some of our compatriots.
........

In short, my presentation at this year’s Tribuo conference focused on that – and specifically how I manage Artscape and where the money gets spent. It focused on the inner workings of Artscape as a governmental institution that actually works – in a way that leaves nobody out in the cold, with 100% clear and transparent audits – and how the upskilling of Artscape employees and the upgrading of the building lead to an inclusive and artistic home for all.

Also read:

Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Gideon Lombard

Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Theresa Olivier

Tribuo-kunsberaad: waarom kunstenaars doen wat hulle doen

Tribuo Conference 2025: an interview with Tiisetso Mashifane wa Noni

Tribuo Conference 2025: an interview with Lakin Morgan-Baatjies

The post Tribuo Conference 2025: an interview with Marlene le Roux first appeared on LitNet.

The post Tribuo Conference 2025: an interview with Marlene le Roux appeared first on LitNet.

Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum

$
0
0

Prent: Canva

Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Graad 9: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

Indeks: notas, toetse en vraestelle

The post Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum first appeared on LitNet.

The post Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum appeared first on LitNet.

Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025)

$
0
0

Spitsberade het ’n baie belangrike deel van die internasionale geopolitieke wêreld geword. Alhoewel daar strukture soos die VN, EU en AU (Afrika-Unie) bestaan, is dié spitsberade wat deur die verskillende magsblokke gehou word, meer dinamies en het hulle dikwels ’n groter impak. Strukture soos die VN en die EU maak staat op onderlinge bydraes van deelnemende state en word met verloop van tyd tipiese burokratiese strukture. Magsblokke, daarenteen, is gewoonlik gebou rondom spesifieke vraagstukke, soos ekonomiese ontwikkeling of politieke gemeenskaplikhede, eerder as omvattende organisatoriese strukture. Voorbeelde is Brics, die G7, die G20 en Asean. Asean, die vereniging van Suidoos-Asiatiese nasies, is reeds in 1967 gestig is, maar is deur die wêreldorde ná die Koue Oorlog probeer beskryf as die Globale Suide, met China uit die noorde as die paradoksale leier en dan ook met state uit Suid-Amerika, Afrika, die Midde-Ooste en Suidoos-Asië as deel daarvan. Daarteenoor staan die geïndustrialiseerde Noorde met die VSA en die EU as polities-ekonomiese leiers, maar die blok sluit ook Australië en Nieu-Seeland in!

Die Groep van Ses begin in 1973 en brei uit na die Groep van Sewe (G7) op 15 September 1976 toe Kanada ook aansluit. Hulle voeg later Rusland by en word sodoende die G8. Rusland word egter in 2014 uitgeskop vanweë sy inval in en anneksering van die Krim-Skiereiland. Sedertdien staan die groep geïndustrialiseerde lande (of dan die Geïndustrialiseerde Noorde) as die G7 bekend en hou jaarliks ’n spitsberaad. Die sewe lande is die VSA, die VK, Italië, Frankryk, Duitsland, Kanada en Japan, soos reeds genoem. Die EU as streekstruktuur vorm egter ook deel van die G7. In September 1999 het die jaarlikse ontmoetings van ministers van finansies en presidente van sentrale banke ’n formele struktuur aangeneem en so word die G20 gebore, waarby die G7 inbegrepe was. Die G20 is gestig as nadraai van die Asiese finansiële krisis in 1997 en 1998. Naas die G7, die EU en die AU is Suid-Afrika ’n vaste lid van die G20 en vanjaar die voorsitter daarvan. Ander bekende lede van die G20 is Argentinië, Australië, Brasilië, China, Indië, Indonesië, Meksiko, Rusland, Saoedi-Arabië, Suid-Korea en Turkye. Die G7 en uitgebreide G20 het veral ekonomiese samewerking ten doel, maar hulle agendas sluit ook klimaatskwessies en politieke vraagstukke in. Daar is interessante oorvleueling met die Brics-groep lande, maar die Brics Plus-groep word meer gesien as ’n politieke blok uit die Globale Suide. Die G7 verteenwoordig 30% van die wêreld se bruto binnelandse produk en die Brics-lande in 2025 35%. Hierdie syfers verklaar onder andere die uitnodiging van lande soos Brasilië en Indië na die G7-spitsberaad.

Vanjaar se G7-beraad is in Kanada in die Rotsgebergte in Alberta gehou. Dit is ’n toerismestreek wat as Kananaskis bekend staan. Die nuwe Kanadese premier, Mark Carney, was die gasheer en het ’n interessante agenda saamgestel wat onder andere oor klimaatsverandering en verskeie ander dringende sake sou handel. Dit was nie net Mark Carney se eerste G7 beraad nie, maar ook ’n eerste vir premier Keir Starmer en bondskanselier Friederich Merz, asook die Japanse eerste minister, Shigeru Ishiba. President Macron en Italië se Giorgia Meloni is ervare G7-deelnemers. President Donald Trump het in sy eerste termyn baie ontwrigting die G7-byeenkomste veroorsaak, maar die Kanadese G7 is ook die eerste spitsberaad van sy tweede termyn as VSA-president. Verskeie lande buiten die G7 is ook spesiaal uitgenooi na Kanada, soos Suid-Afrika, Suid-Korea, Oekraïne, Australië, Brasilië, Indië en Meksiko. Die meeste van bogenoemde lande het Amerikaanse tariewe op een of ander manier beleef, maar die interessantste uitnodiging is dié van Indië, wat sedert 2023 gespanne diplomatieke verhoudinge met Kanada gehad het oor bewerings dat Indië betrokke was by die sluipmoord op ’n Sikh-separatisteleier in Kanada.

Op die vooraand van die G7-beraad het Israel egter ’n omvangryke lugaanval op Iran van stapel gestuur, wat toe die hele spitsberaad oorheers het. Die beraad is verder ontwrig toe Donald Trump net ’n enkele dag van die drie dae wat opsy gesit is, kon bywoon, sodat hy sy aandag aan die konflik tussen Israel en Iran kon gee. Suid-Afrika het ook ’n groot belang by die beraad gehad, omdat dit ’n noodsaaklike voorbereiding vir die G20-beraad sou wees wat vir November 2025 in Johannesburg beplan word.

Opsommend kan die volgende oor die Kanadese G7-beraad gesê word:

  • Dit bly ’n geweldig waardevolle netwerkgeleentheid vir staatshoofde en senior amptenare.
  • Die G7 het sy voortgesette steun aan Oekraïne verklaar.
  • Donald Trump kon nie bilaterale gesprekke voer met Meksiko, Oekraine of Suid-Afrika nie.
  • Die VSA en die VK het wel ’n bilaterale ooreenkoms met betrekking tot wedersydse tariewe geteken.
  • Die G7 het gevra vir deëskalering van konflik in die Midde-Ooste en ’n skietstilstand in Gaza. Donald Trump het glo geweier om ’n verklaring te onderteken wat vir ’n skietstilstand tussen Israel en Iran gevra het.
  • Trump het verklaar dat dit ’n fout was om Rusland uit die G7 te skop.
  • Mark Carney en Donald Trump kon wel ’n bilaterale gesprek hou, en volgens hulle is baie vordering gemaak ten opsigte van die VSA se penaliserende tariewe op Kanada.

Dit was ’n G7-beraad in die tradisionele sin, met baie geleenthede vir kollektiewe gesprekke en ook verskeie bilaterale gesprek in ’n pragtige deel van Kanada. Die uiteindelike gesprekskwessies was reeds bepaal in die voorbereidings wat ’n maand tevore deur ministers van finansies gedoen is. Politici en staatshoofde moet die finale besluite neem, maar ongelukkig het die Israel-Iran-lugaanvalle dit vir die Amerikaners baie moeilik gemaak om op die agendapunte te fokus.

Die les vir Suid-Afrika en die G20-beraad is: Kry jou huis in orde en stel die sake reg wat reggestel kan word. Dit is te sê as ons Donald Trump vir ’n paar dae in Johannesburg wil huisves.

Lees ook:

Suid-Afrika se teenwoordigheid by G7-beraad: ’n platform vir globale invloed

The post Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025) first appeared on LitNet.

The post Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025) appeared first on LitNet.

Gewildste artikels op LitNet: 11 tot 17 Junie 2025

$
0
0

Fresh off the press: The shortest history of China by Linda Jaivin

$
0
0

The shortest history of China by Linda Jaivin
(Jonathan Ball, 2025)

Journey across epic China – through millennia of early innovation to modern dominance in one riveting, fast-paced read. From ancient times to Xi Jinping, Covid-19 and the “wolf warriors”, here is the vast, complex history of China, distilled into just 250 pages.

Jaivin dismantles the idea of a monolithic China, revealing instead a nation of startling diversity. And she gives China’s women, from ancient warriors, inventors and rebels to their 21st-century counterparts, long overdue attention.

“Virtuoso … brings together statesmen, court chronicles, poetry, fiction, mythology, painting, pottery, pop music and myriad other sources to construct a fascinating, enormously dynamic portrait of a superpower. Essential reading.” – Professor Julia Love

The post Fresh off the press: The shortest history of China by Linda Jaivin first appeared on LitNet.

The post Fresh off the press: <em>The shortest history of China</em> by Linda Jaivin appeared first on LitNet.


Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo, ’n resensie

$
0
0

Skrywer: Karin Mitchell
Titel: The High Treason Club. The Boeremag on trial
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776392162

Skrywer: Gavin Evans
Titel: White supremacy. A brief history of hatred
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers
ISBN: 9781776194438

David Lane, ’n Amerikaanse toeries sou gesê het: “We must secure the existence of our people and a future for the white children.” Daarteenoor was Martin Luther King Jr lewensuitkyk: “If can we learn to hate, we can learn to love.”

Ek was saam met die Boeremag in die tronk, dus was ek nie van plan om Karin Mitchell se The High Treason Club: The Boeremag on trial te lees nie. Wat sou sy kon skryf wat ek nie reeds weet nie? Inteendeel, ek kan vir háár goed vertel wat sý nie weet nie.

Verder is dit ’n lewe wat ek agter my gesit het.

Of probeer.

En soms spesifiek self opgrawe. Soos met Coligny en Senekal. En nou met die 49 Afrikaner-vlugtelinge en #Afrikaans100. Ek moet immers mense waarsku teen wat ek was as ek die gevaartekens herken.

Tydens erge rassespanning smeek ons die Here om vrede – dink byvoorbeeld aan Chris Hani se sluipmoord, Coligny, Senekal, om net enkele gevalle te noem – en ná die ontlonting neuk ons voort. Dan dokter ons nie die wonde nie. Ondersoek nie hoekom ons tot hier gekom het nie. Hoekom is ons dan verbaas as wit en swart sommer gou weer kookpunt bereik? Tot ons daadwerklik oor die probleme praat – en daarmee bedoel ek met mekaar, en nie van mekaar nie – gaan rassekonflik altyd deel van ons lewens wees.

Ons sit nie met ’n rasseprobleem nie – ons sit met ’n probleem van liefdeloosheid.

Sedert president Donald Trump se uitsprake rondom die volksmoord op boere en sy vlugtelingstatus aan Afrikaners, word ek gereeld uitgevra oor my mening. Sal ek gaan? Het ek nog hoop vir Suid-Afrika?

Die antwoord lê in Mitchell se boek.

Maar eers, agtergrond

Pretoria Lokaal Gevangenis – of New Lock soos ons bandiete daarna verwys – was my hoeveelste tronk in vyf jaar. Ek was die nuwe reënboognasie se eerste wit terroris en het ’n effektiewe vonnis van 40 jaar gevangenisstraf uitgedien vir my aandeel aan ’n vlaag bomontploffings in 1996. Teen die tyd dat ek vrygelaat is in 2015, het ek letterlik die helfte van my lewe agter tralies spandeer. Net ‘n handvol wit terroriste het meer as ek gedoen vir die “volkstryd”. Nog minder was langer as ek agter tralies. Geen een was in meer tronke as ek nie. En geen een het rasseversoening daarna sy lewensmissie gemaak nie.

Alles wat ons vandag beleef, het ek destyds geglo, gevrees en beveg. Dit is hoekom ons in tye soos nou Mitchell en Evans se boeke nodig het. Net ’n ander perspektief.

Wit volksmoord?

In Mitchell se openingshoofstuk staan:

In August 2018, US president Donald Trump tweeted about his concern over the “South Africa land and farm seizures and expropriations and the large-scale killing of farmers”. (Bl 1)

But when South African president Cyril Ramaphosa signed the bill into law early in 2025, the ripple effect was almost instantaneous. Trump issued an executive order, calling for the immediate halting of any aid to South Africa and offered resettlement to Afrikaners who were “victims of unjust racial decimation” through the United States Refugee Admissions Program. (Bl 2)

Aan die gatkant van die vryheidstryd, hier rondom 1991, was plaasmoorde die PAC se militêre vleuel, Apla, se spesialiteit. Verskeie van hulle vryheidsvegters het by die Waarheid-en-versoeningskommissie om amnestie aansoek gedoen weens hierdie soort optrede.

In 1996 het die Nieuwoudtville-plaasmoorde ons terroristesel geaktiveer om aktief te raak. Om wraak te neem. Ons het geglo plaasmoorde was die vyand se manier om ons van ons grond te verdryf.

Hierdie vrees op “volksmoord” is regses se teelgrond. Mitchell se vertelling van Herman van Rooyen (ble 50–52) onderstreep dit. By die lees daarvan herroep ek my eie vrees. Hoe kon ek so stupid gewees het om hulle te glo?

By the time the Boeremag approached Herman [Van Rooyen] in May 2001, their sentiments echoed his own and he felt compelled to learn more about their ideals. (Mitchell, bl 52)

Ek verwoord hierdie vrees in Onbeskryflike genade in ’n tronkgedig:

O, Blanke Germaan
pasop vir jou voortbestaan,
die dood van jou volk is om die hoek
en dit is ’n k_____ vloek.

Stel in jou geweer
en trek die sneller na willekeur.
Kyk hoeveel jy dood kan skiet,
want dit sal jou volk ’n lewe bied ...

Vrees tot op die punt van opoffering laat jou glo: Ek maak nie uit haat vir die ander dood nie, maar uit liefde vir my eie.

I do not hate black people, nor do I wish to infringe upon their living space, prosperity, or success. I do, however, wish all of these things for my own nation, and my own cultural grouping. (Mitchell, bl 55)

As jy nie buite jou daaglikse kringe meng nie – op die vlak van menswees en nie bloot werk nie – kan jy maklik in ’n echo chamber vasval. Dan kan jy glo jou volk is ’n teiken, dat julle in ’n oorlog om oorlewing verkeer. Dat jy moet terugveg. Dit het met my gebeur, dit het met baie van die jong Boeremag-lede gebeur, en dit kan met jou gebeur. Onthou, nie alle gevegte vind met wapens plaas nie; die meeste “generaals” is deesdae net Facebook-vegters. Hulle vingers voer oorlog. Hulle hits die hele tyd haat en verdeeldheid aan. Waak daarteen om een te word.

Gavin Evans, skrywer van White supremacy: a brief history of hatred, toon nie net aan die hand van ’n paar wit massamoordenaars aan wat die uiteinde van die uitleef van hierdie vrees en haat was nie, hy trek ook die “white genocide” terug na Charles Darwin.

Anders as Mitchell se skryfstyl, is syne dié van verslaggewing, amper asof hy ’n lang nuusberig met feite weergee.

Sy skrywe raak in hoofstuk 7, “The South African connection”, aan die onderwerp:

At the forefront was an Afrikaner singer, Steve Hofmeyr, the grandson of an Ossewabrandwag terrorist, who used his social media reach (300 000-plus Twitter followers) to promote far-right causes and particularly the White Genocide take on farm murders. (Evans, bl 85)

Die uitverkiesing is die fondament van die Israel Visie-sekte, aan wie ek groot gedeeltes in my biografie, Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding, afstaan, maar Evans raak nie daaraan nie. Nog minder aan Siener van Rensburg. In baie huise, soos destyds op die moordplaas, is Adriaan Snyman se boeke oor die Boere-profeet saam met die Bybel gelees.

Mitchell, daarenteen, delf diep. Haar navorsing oor Israel Visie en Siener van Rensburg is deeglik. Dit dien, sonder dat sy dit uitspel, as waarskuwing.

Ek het gevind dat mense wat kwaad is vir die regering en moeg is vir korrupsie, slaggate en beurtkrag, maklik by hierdie rassistiese sekte aansluit. Moenie dat woede jou geloof beïnvloed nie, nog minder vrees. Siener van Rensburg se waarskuwings en vrees vir die nag van die lang messe laat ons verkeerdelik glo Uhuru is op ons.

Deon [Crous] later told the court that “everything we did was kind of based on the belief that the Night of the Long Knives was going to come”. (Mitchell, bl 167)

Slotsom

“Maak die EFF se ‘Kill the Boer’-liedjie jou nie bang nie?” vra iemand my op ’n mannekamp.

“Nee,” skud ek my kop. “Ek is banger vir die mense wat nog die ou Suid-Afrikaanse vlag swaai en saam met Steve Die Stem sing.”

Ek wens ek kon Evans se boek in daardie man se hand stop voordat sy haat en vrees op geweld uitloop. Maar bowenal wens ek hy wil Mitchell se boek lees, en hom afvra of hy homself nie in een van die jongmanne herken nie, in sy denke en ook sy woorde. Ek wens hy wil The High Treason Club as spieël gebruik voordat dit te laat is. Voordat hy moor of vlug. Anders gaan hy dalk ook eendag soos Kobus Pretorius voel. Kobus, broer van Wilhelm en Johan, en seun van Lets – almal Boeremag-lede – het tydens die verhoor ’n politieke ontwaking beleef. Maar dit was te laat.

Kobus even wrote a poem in which he likened his parents’ “racial upbringing” to that of a man raping a child. He read the poem, “Rape”, to the court, and said a psychiatrist later told him his description of rape was accurate. (Mitchell, bl 276)

The post Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo, ’n resensie first appeared on LitNet.

The post Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo, ’n resensie appeared first on LitNet.

Die onthouvrou

$
0
0

Foto: Canva

Die onthouvrou

Die vrou sit voor die spieël. Die weerkaatsing van haar eie beeld fassineer haar. Die plooitjies om haar oë, die plooie om haar mond. Verbeel sy haar of neig die plooie om haar mond afwaarts? Sy moet onthou om nie haar mond afwaarts te trek as sy in gedagte is nie. Sy onthou haar ma het dit altyd gedoen. As sy besig was om ’n ingewikkelde naat of insetsel in ’n bloes of ’n rok te sit, was haar mond altyd so afgetrek. Haar ma het dieselfde plooie om haar mond gehad. Sy kan dit goed onthou.

Sy maak die diamanthangertjie om haar nek vas en laat die klippie saggies in haar kuiltjie rus. Sy onthou toe haar man dit vir haar gegee het. Hulle het verskil oor iets, sy kan nie eers meer onthou waaroor nie, en toe eskaleer dit sommer in ’n erge rusie. Vir ’n paar dae was daar stilstuipe in die huis en toe koop hy vir haar die hangertjie. Hy het sommer so nie meer onthou om sy arms om haar te sit en te sê hy is jammer nie. Die hangertjie moes die werk doen. Sy kyk weer na haar spieëlbeeld. Sy sug diep: “Ja, ek onthou,” prewel sy.

Die vrou en haar man is op pad na sy werk se jaareindfunksie. Hy het darem onthou om vir haar te sê sy lyk baie mooi. “Dankie,” was haar beleefde antwoord.

By die stadsaal stap hulle die trappe op en betree die opgetooide saal waar die onthaal is. Sy onthou die ballonne van verlede jaar. Ballonne wat een vir een gebars het. Soos die onthou daardie aand deurgebars het in haar brein. Haar gebarste onthouballonne was net nie oor kersies wat hulle laat warm word het nie. Haar gedagtes dwaal onwillekeurig na ’n jaar gelede en sy onthou.

Sy onthou dat sy baie mooi gevoel het. Sy onthou haar man se warm hand agter op haar laerug toe hulle instap. Sy onthou hoe sy hand weggeval het toe hulle binne is. Sy onthou die plekkaartjies by hul sitplekke. Sy naam op syne en by haar “Metgesel”. “En nou?” onthou sy haar opmerking. “Het Joan my naam vergeet?” verwysende na sy sekretaresse. Sy onthou sy verwarde kyk na die kaartjie en die vinnige opmerking: “Seker net ’n fout.” Hy het onthou om vir haar die stoel uit te trek. Sy het glimlaggend gaan sit en vergeet van die kaartjie. Hy het kroeg toe gestap; sy onthou hoe lank hy weg was. Sy het begin wonder of sy moet opstaan en met ander gaste gaan gesels? Sy onthou al hierdie dinge nou, maar daardie aand was die onthou te stadig. Die onthou het gebeur en gebeur, om deur te breek, maar haar vertroue wou dit nie toelaat nie. Nou onthou sy alles. Elke detail. Sy onthou hoe hy vir haar vertel het dit is sy plig om met Joan te dans. Sy onthou dat hy Joan so bietjie te styf vasgehou het terwyl hulle saam op die maat van die musiek trap. Sy onthou hoe Joan, net nadat hy uitgestap het om te gaan rook, ook uitgestap het. Sy onthou. Haar kop ruk effens toe hy langs haar staan en sê: “Is jy reg om te gaan?” Sy bêre haar onthou en staan op.

“Dit was ’n lekker aand, nè?” sê-vra haar man in die kar op pad huis toe.

“Ja, dit was,” antwoord sy outomaties.

“Julle is vroeg terug?” snip Carla, hul dogter. Sy lê uitgestrek voor die TV op die mat.

“Julle word nou oud.” Haar oë glinster.

Die vrou onthou hoe sy en haar man in hul jonger dae tot ligdag kon kuier. Sy onthou hoe hulle gelag en gekuier het. Dit is alles net onthou. Vir nou is hulle volwassenes wat ’n kind deel en vir haar ’n stabiele huis moet gee. Carla SAL haar kinderlewe onthou as gelukkig en gekoester.

In die badkamer betas die vrou haar lyf ingedagte. Het ’n lyf ook ’n onthou? wonder sy. Het Joan se lyf ook ’n onthou? Onthou hulle hom dieselfde? Sy hande soekend? Sy asem hortend?

’n Dieper onthou dring haar kop binne. ’n Onthou van ’n klein dogtertjie wat met vertroue saam met haar oom winkel toe ry. Sy onthou sy hande. Ook soekend op haar dogtertjielyf. Sy onthou sy het geklap na hom en hard geskree: “Nee!” Net soos sy onthou het haar kleuterskooljuffrou hulle geleer het. Later jare, toe sy grootgeword het, was die oom altyd baie ordentlik en gaaf. Hy kon seker nie onthou nie.

Sy onthou hoe sy skielik daardie miserabele aand van die vorige funksie besef het wat gaan vir wat. Die onthou het net skielik deurgebars. Gebars soos die ballonne in die foyers. Die aande wat hy laat moes werk. Die foon wat hy nooit geantwoord het as sy werk toe bel in die aand nie. Die weke se weggaan op seminare. Sy afsydigheid. Die een onthou na die ander het oopgebars. Onthou het weet geword.

“Is dit dan net ’n vrou wat onthou?” vra sy haar nakende self in die spieël. Sy onthou die woorde van ’n liedjie wat sy iewers gehoor het: “Vergeet om te vergeet en onthou om te onthou.” As sy sou vergeet om te onthou, wat dan van die onthou van haar pa? Sy stories, sy reuk en die liefde wat sy by hom gekry het? As sy vergeet om te onthou, onthou sy nie meer haar ma nie. Nie meer haar eerste liefde nie. Wat is ’n mens sonder sy onthou?

Die vrou steek haar hande voor haar uit en probeer die slierte van onthou in haar hande vasvat. Sy wil die bekendheid van die seer van verwerping nog by haar hou. Sy wil dit onthou sodat sy dit kan vergeet. Die slierte raak dunner, minder. Sy staan nakend met haar hande voor haar uitgestrek na niks. Niks. Sy draai om en strompel bad toe. Verwarring vou haar toe soos ’n versmorende kombers.

Sy gly saggies in die warm badwater in. Iets daaraan wil tog bekend voel. Sy skrik toe iemand die deur oopmaak.

“Mev de Wit, jy mag nie alleen badkamer toe kom nie. Jy weet tog dit is die inrigting se reël. Hoe gaan ons weet as u val of hulp nodig het? Waar is die suster wat u moet bystaan tydens u badtyd?”

“Ek het vergeet,” antwoord die vrou stil, en kruip tussen die voue van haar versmoorkombers in.

Is dit beter om te vergeet om te onthou, onthou om te vergeet of sommer net te vergeet?

The post Die onthouvrou first appeared on LitNet.

The post Die onthouvrou appeared first on LitNet.

Herfs in my hart

$
0
0

Foto: Canva

Herfs in my hart

My wortels bly geanker
maar my blare verkleur
dit is tyd vir ’n nuwe hoofstuk
maak oop die deur

Blare grasgroen het
aan my takke gekleef
ek het hul laat val
die herfstyd moet leef

Dié seisoen bring verandering
vir elke siel
in sommige kleure sien jy ander
en sommige is ’n spieël

Maak wel ’n wyse keuse 
oor watter blare gly
anders sal jy dalk teen somer
sonder blare bly

Verskeie takke 
sal hulself snoei
beoefen tog geduld
gee die wond kans om te bloei

Dit is die tydperk van nuwe rigting
wat geleentheid bied vir ontvlugting,
verlossing, vernuwing en groei
wees dus versigtig om jouself met onbenullighede te bemoei

Herfs skuil in my hart
dit klop rooi- en oranjewarm 
met aardse kleure wat blom, dán tuimel
soos die boom weer verryk en verarm

The post Herfs in my hart first appeared on LitNet.

The post Herfs in my hart appeared first on LitNet.

Totale beheer

$
0
0

Foto: Canva

totale beheer

die party se skelm politici-onder-bed
wil privaat sekerheid beheer deur hul wet
eintlik is hul bang
hul word gevang
die staat-se-polisie is reeds belet

sommige in die staat-se-polisie is nie sleg
hul pogings tot beskerm en dien is eg
hul gaan egter gebuk
onder die skelm-kollega-juk
en mettertyd gaan hulle almal weg

skelm politici gee werk vir maatjies
laaities is hul, die baan se kaatjies
van bestuur weet hul niks
hul’s dik en onfiks
kaders weet niks van polisiepaadjies

vir politici is hul polisie baie werd
hul polisie hou politici op die perd
hul polisie keer teen tronk
hou politikus aan’t pronk
die verhouding is soos met ’n tert

privaat sekerheid is ’n warme herd
vir ons gewone mense alles werd
hulle vang die boewe
by huis, plaas of hoewe
staat-se-polisie is ’n ou lam perd

sela

The post Totale beheer first appeared on LitNet.

The post Totale beheer appeared first on LitNet.

Boom van kennis

$
0
0

Foto: Canva

Boom van kennis
Verhaal van die stompkopkewer (euwallacea fornicatus)

Jy ken die goeie.
Deur jou sing en suis
’n lower lof
aan Hom wat jou geplant het.

Jy ken die kwade.
waarrondom jou
distels en skerp dorings
                  hul vals geluid laat hoor.

* * *

’n Klein, stomp ryloper,
ver vanuit ’n Oostersee,
kruip uit die teeblaarbome,
klim hier in die eik,
               en boor deur ons biome.

So proe ook ons,
kinders van ’n eerste mensepaar,
aan eie bas en boom
die wrange smaak
van die verbode vrug.

The post Boom van kennis first appeared on LitNet.

The post Boom van kennis appeared first on LitNet.

My volk is in my mond

$
0
0

Foto: Canva

My volk is in my mond
Engeland, 2025

Met ’n verbleikte paspoort
het ek
my erfdeel
versaak
maar sy het kom lê
in my (volks-) mond;
verkleur
met die bruin-wit-swart
van ’n voorbarige hart
tog het ek
haar omhelsing
vir ’n verysde leemte
verruil
sy het haarself wedergebaar
as ’n herinnering
in my toegerygde mond
en daar verkluim

The post My volk is in my mond first appeared on LitNet.

The post My volk is in my mond appeared first on LitNet.

Stap vir geregtigheid én studenteregte

$
0
0

Jeanneret Momberg, mede-stigter van die stap, Jeremy Fasser (burgemeester van Stellenbosch) en Nicky Newton-King (voorsitter van die Stellenbosch Universiteitsraad)

  • Foto’s: Maryke Roberts en verskaf
........
Dis aanstaande jaar 50 jaar sedert die Soweto Opstand (16 Junie 1976), ’n betoging deur hoërskoolleerders wat in die strate betoog het teen die regering se instelling van Afrikaans as die onderrigtaal in swart skole. Nagenoeg 20 000 leerders het aan die protesaksie deelgeneem en die polisie het met brutale geweld teen hulle opgetree. Die dodetal – wat as amptelike syfers gebruik word – is 176, maar daar word geraam dat tot 700 dood is.
........

Die vierde Maatskaplike Geregtigheidsstaptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief. Die fondse wat via #Aksie4Insluiting ingesamel word, word gebruik om studente te ondersteun wat nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie as gevolg van uitstaande fooie, sowel as gegradueerdes wat nie toegang tot hul akademiese rekords het ná graduering nie.

Die stap is ’n inisiatief van Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer en nou die direkteur van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid in die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch. Madonsela is ook in 2023 aangestel as die eksterne lid van die Verenigde Nasies (VN) se wetenskaplike raad vir onafhanklike advies oor deurbrake in wetenskap en tegnologie. Die universiteit het ten tyde van haar aanstelling gesê haar aanstelling dui op haar “uitsonderlike bydraes tot maatskaplike geregtigheid, konstitusionalisme, menseregte, goeie bestuur en die oppergesag van die reg”.

Die stap is geïnspireer deur die Journey of hope and healing-roete.

Thembalethu Seyisi (navorser by die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid) en Thuli Madonsela (direkteur van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid in die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch)

Dis aanstaande jaar 50 jaar sedert die Soweto Opstand (16 Junie 1976), ’n betoging deur hoërskoolleerders wat in die strate betoog het teen die regering se instelling van Afrikaans as die onderrigtaal in swart skole. Nagenoeg 20 000 leerders het aan die protesaksie deelgeneem en die polisie het met brutale geweld teen hulle opgetree. Die dodetal – wat as amptelike syfers gebruik word – is 176, maar daar word geraam dat tot 700 dood is.

Die programsamesteller vir die staptog in die Eikestad is Thembalethu Seyisi (navorser by die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid) en skrywer van die boek, 21 life lessons @ 21, waarin hy 21 suksesvolle Suid-Afrikaners se lewenswaarhede vir sy 21ste verjaardag neergepen het.

Die stap het by Die Stal, Alumni-klubhuis by Coetzenburg begin. Jenive Moses van Visit Stellenbosch en Ngazibini Tsitywa van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid help met die registrasie van al die stappers.

Almal het vroegoggend by Die Stal, Alumni-klubhuis by Coetzenburg vergader, waar Roceshia Februarie (Studenteraad-voorsitter) gesê het ons moenie net terugkyk na 1976 nie, jongmense se stryd is nog lank nie verby nie en hul toekoms is in ons hande.

Annemie Liebenberg (uitvoerende hoof van Visit Stellenbosch) het almal verwelkom.

Die sowat 85 stappers is toe gelei deur Deresh Ramjugernath (rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Madonsela, Nicky Newton-King (voorsitter van die Stellenbosch Universiteitsraad), Jeremy Fasser (burgemeester van Stellenbosch) en Roceshia.

Roceshia Februarie (Studenteraad-voorsitter), Deresh Ramjugernath (rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Thuli Madonsela (direkteur van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid in die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch), Jeremy Fasser (burgemeester van Stellenbosch) en Nicky Newton-King (voorsitter van die Stellenbosch Universiteitsraad).

Ons stap by Ryneveldstraat 110 verby die geboortehuis van Omar Henry – die land se eerste speler van kleur van die post-apartheidera wat vir Suid-Afrika krieket gespeel het.

Die stapleier was Johan Nepgen van Stellenbosch on Foot, wat interessante grepe van die dorp se geskiedenis vertel – eers voor die kerk – voor ons aanstap by Ryneveldstraat 110 verby die geboortehuis van Omar Henry – die land se eerste speler van kleur van die post-apartheidera wat vir Suid-Afrika krieket gespeel het. Hy en sy gesin is ook onder die Groepsgebiedewet uit hul huis gesit. Johan het sy huis uitgewys in die lig van die Proteas se oorwinning as wêreldkampioene die afgelope naweek.

Die rektor het by die Ou Hoofgebou, tussen die staalplate met die aanhef tot die Grondwet van Suid-Afrika, vertel dat hy pas teruggekeer het van ’n reis deur Afrika, waar die belangrike rol wat Stellenbosch en die universiteit as rolspeler op die kontinent speel, beklemtoon is. Hy het vertel dat hy en sy reisgenote ook die slagspreuk: “Die Universiteit Stellenbosch is ’n universiteit in Afrika, vir Afrika” effe aangepas het na: “Die Universiteit Stellenbosch is ’n universiteit in Afrika, met Afrika, vir Afrika”.

Die aanhef tot die Grondwet van Suid-Afrika is op staalplate voor die Ou Hoofgebou opgerig. Hier luister ons na die rektor.

Hy het gesê die stappery is ’n voorreg wat nie net ’n 13 kilometer roete versinnebeeld nie, maar ook die reis waarop die universiteit is om studente te laat voel hulle hoort, maar ook die reis van die dorp en land om aan jongmense ’n tuiste te bied.

Hy sê ons weet dat studenteaktivisme floreer. “Maar ons studente vra nie bloot om insluiting nie. Hulle wil hoort. Hulle daag ons uit om beter te wees, beter te doen. Om instellings te bou wat die waardes van geregtigheid, inklusiwiteit en gedeelde menslikheid skep.

Ons hele groep voor die Ou Hoofgebou

“Soos ons stap vandag, is dit nie net in herinnering vir dié wat voor ons gekom het nie, maar kom ons stap vir ’n toekoms waar geen student uitgesluit word nie; waar geen stem stilgemaak word nie; en waar geen droom verpletter word nie.”

Thembalethu het gesê die aanhef tot die Grondwet wys regtig watter tipe samelewing ons wil bou en dat almal by die sentrum wil glo dat al die stappers wat daar vergader is, saam wil bou aan dié samelewing wat op maatskaplike geregtigheid geskoei is. Ons almal sing die volkslied saam en daar daal ’n gewyde stilte oor die groep neer.

Die klippe vir onthou en spekboom vir hoop

Ons stap verder tot by die Ou Lückhoff Skool, waar twee mandjies en twee kratte vol klippe op ons wag. Thembalethu vra dat elkeen ’n klip saamdra en vertel daar die doel van die klippe. “Dra die klip saam met jou; voel die gewig daarvan. Dit verteenwoordig die swaar, die seerkry en vernedering wat ons mense moes verduur. Wanneer jy gereed is, los die klip langs die pad. Maar jy sal sien die klip is vasgemaak met ’n spekboomsteggie. Neem die steggie saam met jou sodat jy hoop vir die toekoms kan gaan plant.”

Thembalethu Seyisi (navorser by die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid) verduidelik die doel van die klippe.

Jeremy Fasser (burgemeester van Stellenbosch) vertel meer oor die geskiedenis van die skool en uitsettings.

Die burgemeester het gesê die skool is ’n plek waar vele leerders oor die jare floreer het, maar ook die hartseer toe dit in 1969 gesluit en kinders met skoolbanke op hul rûe moes loop na hul nuwe woongebiede toe.

“Dit was nie net die einde van ’n akademiese hoofstuk nie, maar dit was ook ’n wond in die siel van ons dorp. Die gedwonge verskuiwing van sy leerders na Idasvallei het letsels gelaat wat vandag nog kloppend pyn in die kollektiewe geheue van baie van ons gemeenskappe. Maar tog, selfs in ontworteling het ons mense met veerkragtigheid, waardigheid en ’n ongeneeslike gees reageer. Maar vanoggend bevestig ons dat die ongeregtighede van die verlede nie ons toekoms sal definieer nie.

.........
“Die gedwonge verskuiwing van sy leerders na Idasvallei het letsels gelaat wat vandag nog kloppend pyn in die kollektiewe geheue van baie van ons gemeenskappe. Maar tog, selfs in ontworteling het ons mense met veerkragtigheid, waardigheid en ’n ongeneeslike gees reageer. Maar vanoggend bevestig ons dat die ongeregtighede van die verlede nie ons toekoms sal definieer nie.”
– Jeremy Fasser, burgemeester van Stellenbosch
.........

“Al stap Stellenbosch vandag ’n ander pad – een wat in gelykheid sy ontstaan het – kan ons nie die huidige ongeregtigheid – studenteskuld – misken nie. En hier eer ek vir prof Thuli. Noudat ek self ’n dogter op universiteit het, besef ek waarlik wat die werk wat sy al vir jare doen, beteken.

“My dogter kom hou my elke dag verantwoordbaar oor wat ons vir studente doen. Sy het in minder as ses maande in ’n verstandige jong vrou verander, wat ander studente se belange op die hart dra,” het hy gesê.

Hy het egter benadruk dat hoewel sy dogter en ander studente sien wat verkeerd is, daar baie jongmense uit armer gemeenskappe is wat nooit die voorreg sal hê om ’n Matie te wees nie.

“Ek dink ons ​​het ’n geleentheid, Professor, onder u leiding. Ons moet ook nie net seker maak dat ons geen student agterlaat nie, maar ons moet ook kyk na die ander gemeenskappe en na ons skoolstelsels; laat ons die net verbreed en ook ons ​​skole die ondersteuning gee wat hulle nodig het, sodat hulle na ’n universiteit kan kom wat op hul drumpel is.”

By die halfpadmerk bo in Idasvallei by die dam het elkeen ’n armbandjie van hoop gekry, wat deur kinders uit die gemeenskap gemaak is. Hier is iets te ete en te drinke aangebied. Eon Hendrickse, Maatskaplike Geregtigheid-ambassadeur en medestigter van Idas Valley Community Trails, het gesê hy wil aan die stappers padkos saamgee op hul pad vorentoe.

Ek gee vir julle ’n storie van hoop van een van ons jongmense uit ons vallei: Orlando de Koker.

Hy droom om ’n sokkerspeler te word en van Matie-word om sy eie besigheid te kan bedryf. Sy boodskap aan die jeug is dat hulle moet verseker dat hulle die beste opvoeding verkry, sodat hulle die land ten beste kan dien in die toekoms as die leiers van môre.

Ons is halfpad, bo by die dam in Idasvallei.

Eon het gesê die stappers stap vir studenteskuld, maar meeste van die studente is nie van Idasvallei of Cloetesville, Kylemore of Kayamandi nie. “So ons moet ’n plan maak oor hoe ons hierdie gemeenskappe kan insluit om studente te word – om nie net as skoonmakers by die universiteit te werk nie, maar om ’n pad te skep waarop hulle kan stap om hul drome te bewaarheid.

“En julle dink ek kla nou en julle kan vra: ‘Maar wat doen jy om daardie drome realiteite te maak?’ Ons het ’n naskoolprogram gestig om te fokus op die geestelike welstand van kinders. Dat hulle kan lees en skryf en in ’n veilige omgewing grootword om hul volle potensiaal te bereik. Maar ek moet ’n doelwit voor daardie kind sit en daardie doel is die Universiteit Stellenbosch.

“Ek wil vandag hulp van die rektor vra. Nie finansiële hulp nie, want geen geld sal die ongeregtighede van die verlede regmaak nie. Ons soek toegang tot die universiteit se hulpbronne: die rekenaarsentrum, die biblioteek, die studente wat kan help om ons kinders met lees en skryf te help.

“Ons het menslike kapitaal nodig – ons benodig mense wat tyd en moeite opoffer om oplossings te gee.”

Die laaste kilometers is in die reën gestap, maar niemand het kop uitgetrek nie.

Die slaweboom op Zorgvliet

Selfs die roete wat gevolg is, het betekenis. Onder die slaweboom by Zorgvliet vertel Austin Lawrence ons: “Hierdie pad verbind baie meer as net bestemmings; dit verbind geskiedenis. Tydens apartheid is die vallei op grond van ras en klas geskei.

“Baie mense van Pniel, Kylemore en Lanquedoc is van hul land ontneem en kon nie grond besit nie, terwyl wynplase floreer. Hierdie mense gebruik steeds hierdie pad op pad werk, skool of kerk toe. Maar ongeregtigheid het nooit hul wil om te oorleef gedemp nie.

“Soos julle stap, neem asseblief ’n oomblik om te dink aan die lot van dié wat voor julle gekom het. En mag jy nie net vandag met daardie gedagtes stap nie, maar elke dag in die manier hoe jy leef, liefhê en lei.”

Die laaste paar honderd meter is die stappers deur ’n blaasorkes vergesel.

Die laaste paar honderd meter is die stappers deur die apie Kapokkie-blaasorkes vergesel.

By die eindpunt is medaljes uitgedeel en Madonsela het in haar bedankings gesê dat sy hou van die Afrika-spreekwoord: “As jy vinnig wil gaan, gaan alleen; as jy ver wil gaan, gaan saam.”

Sy het gesê dat die stap suksesvol is, omdat mense dit saam doen. Sy het die voormalige uitvoerende hoof van Visit Stellenbosch, Jeanneret Momberg, bedank vir die gedagte om die stap in oorleg met Visit Stellenbosch aan te pak.

“Ons stap sodat geen student alleen voel of agterbly nie. Hierdie studente is ons. Ons land is beter af as almal hoogs vaardig is; as kontinent is ons suksesvol as ons mense geletterd en geleerd is.

Bo en onder: Ons stap deur die woonbuurte, groet die mense en leer mekaar onderweg ken.

“Ons weet ook dat opvoeding nie net aan mense vaardigheid leer nie, maar die verstand reinig en mense aanspoor tot vrede en groter hoogtes. Die opgevoedes kies nie oorlog nie, hulle kies oplossings. Beleggings in ons jongmense is beleggings in onsself en ons toekomste ook.

“Ons dink vandag aan die kinders van die Soweto Opstand wat dinge in hul eie hande geneem het om die stelsel wat hulle en hul ouers uitgebuit het, af te breek. Dit het hulle nie net uitgebuit nie, maar hulle ook die reg ontneem om hulself te bekwaam, bloot op grond van hul kleur. Vandag het jongmense niks om af te breek nie; hulle moet ’n land vir hulself bou. Om dit te kan doen het hulle geleenthede nodig.

Die pragtige medalje wat elke deelnemer ontvang het

“En hier faal ons grootmense hulle droewig. Ons sê hulle moet hard studeer om universiteit toe te kan gaan. Maar vir baie van hulle het hard studeer hulle niks in die sak gebring nie. Die grootmense het hulle gefaal, want daar is nie geld nie.

“Ons as grootmense moet daardie probleme oplos, sodat niemand wat wil studeer, die kans misgun word nie.”

Hoe lekker om ook my medalje te gaan ontvang by Thuli en Thembalethu.

Nicky Newton-King (voorsitter van die Stellenbosch Universiteitsraad) het die dag afgesluit met dankbaarheid aan elkeen wat bydra om studenteskuld te help delg, sommige heeltemal uit onbaatsugtigheid.

As jy ’n skenking wil maak om te help om studenteskuld te delg, gebruik hierdie skakel: https://www.givengain.com/campaign/action4inclusion.

Die aanhef tot die Grondwet van Suid-Afrika:

Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –

Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;

Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;

Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en

’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.

Nkosi Sikelel’ iAfrika.

Morena boloka setjhaba sa heso.

God seën Suid-Afrika.

God bless South Africa.

Mudzimu fhatutshedza Afurika.

Hosi katekisa Afrika.

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Stap in Idasvallei

Jeugdag word gekenmerk deur ’n werklose jeug

Jeugdag – wat moet die jeug doen om gehoor te word?

Jeugdag: Ons moet standpunt inneem vir toekoms

Jeugdag – wat sou gebeur het as iemand geluister het?

Op Jeugdag dink ek altyd aan Hector Pieterson se ma

Adriaan van Dis gesels met ’n memoirskrywer en vertaler oor die binnelewe van liefde en geweld in Suid-Afrika

Thuli Madonsela on Adam Small's legacy

No longer whispering to power – The story of Thuli Madonsela: ’n onderhoud met Thandeka Gqubule

The post Stap vir geregtigheid én studenteregte first appeared on LitNet.

The post Stap vir geregtigheid én studenteregte appeared first on LitNet.


Boekevat met Deborah: The nicotine gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko

$
0
0

The nicotine gospel
Sven Axelrad
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781415211403

Canary
Onke Mazibuko
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776381036


  • Deborah Steinmair skryf ’n gereelde boekrubriek vir LitNet.

Ek was vir drie weke oorsee en het ongelukkig nie Pieter P Fourie se jongste roman, Die dood van Rachel April, ontvang voordat ons weg is nie. Ek gaan nog daaroor skryf. In die vreemde het twee Engelse Suid-Afrikaanse romans my gefassineer – een oor die soeke na betekenis via ’n kankerstokkie en een oor ’n fluitjieblaser wat op sy baadjie kry.

Sven Axelrad is in Nieu-Seeland gebore van ’n Franssprekende Britse pa en ’n Suid-Afrikaanse ma. Hy woon in Durban, is oortrek met tatoes en speel kitaar. Sy eerste twee romans, Buried treasure en God’s pocket, speel in ’n fantasiewêreld af – die stad Vivo, met ’n begraafplaas en ’n disleksiese opsigter met ’n vreesaanjaende hond.

Sy derde roman, The Nicotine Gospel, speel in Durban in die 1980’s af. Nathan, die verteller, en sy broer Danny se ma word op Nuwejaarsdag deur weerlig doodgeslaan, voor hulle oë. Hulle pa is ’n eksentrieke, intense skrywer en kettingroker van, ironies genoeg, Lucky Strike. Na sy vrou se dood onttrek hy toenemend van die wêreld, sit tot laatnag op die stoep, gehul in ’n wolk rook en ’n swerm motte, soos chaotiese gedagtes. Hy begin die Nikotien-evangelie versin en predik dit vir sy seuns, ses en vier jaar oud:

After Mom died our lives changed completely. Dad came up with the Gospel and those lessons were the only time he paid us any attention. For this reason, we concentrated on his lessons as best a pair of boys with an aggregate age of ten can concentrate, squinting as much against his cigarette smoke as his instruction. That’s how it went. Dad would buy a pack of Strikes and we three would sit outside sweating in the Durban heat, watching who bought what, who smoked what, and how they did it. And when we’d seen all this, we’d be called upon by name to answer his questions. Instead of reciting Bible verses for sweets, we were reciting Dad’s verse, for the feel of a single hand that spanned the width of our small backs. The shockwave of approval his hand transmitted was the first drug Danny ever tried and the last one I did. That’s how it was done, pack by pack, stick by stick. That’s how our family bible was written but not on paper. The Nicotine Gospel was written on my brother and on me in fire and ash, with the holy smoke hovering over Dad’s polystyrene coffee cup as witness.

Hulle pa, Eben Muesli, kan iemand dophou en met akkuraatheid bepaal watter soort sigaret hy rook. Hy meet alles in sigarette: afstand, tyd, sy seuns se groei. Danny het ’n natuurlik aanleg vir die eiesoortige evangelie, maar Nathan begin skeptiese vrae vra en kies uiteindelik koers. Volgens Danny het hy hulle versaak. Danny raak verslaaf aan roekelose, doodsveragtende speletjies, veral op die herdenking van sy ma se dood. Met sy pa se dood versoen die twee broers en onderneem ’n wanordelike sloertoer na die verassing in Vishoek, waar hulle pa ten slotte gewoon het.

Hierdie soort eksentrieke, hartverskeurende verslag van kinderjare herinner aan John Irving. Daar is heelwat koddigheid en hart. Axelrad is die koning van die hiperbool – met oordrywing en fantasie skilder hy ’n groter-as-lewensgroot, fantasmagoriese prentjie van ’n klein gesin wat stoei teen wanhoop, eensaamheid en verval. Wat, soos almal, op soek is na sin en samehang.

Dis ’n chaotiese, wonderlike boek wat ontroer en bybly, ook vir die verslag van Durban tydens die ou bedeling, ’n soort subtropiese paradys vir wit kinders wat in tweedehandse rook grootword en self op agt begin rook. Wat ’n uitsonderlike skrywer is Axelrad nie – soos Bibi Slippers gesê het, eindeloos aanhaalbaar.

........
Dis ’n chaotiese, wonderlike boek wat ontroer en bybly, ook vir die verslag van Durban tydens die ou bedeling, ’n soort subtropiese paradys vir wit kinders wat in tweedehandse rook grootword en self op agt begin rook. Wat ’n uitsonderlike skrywer is Axelrad nie – soos Bibi Slippers gesê het, eindeloos aanhaalbaar.
........

Ek het Onke Mazibuko se debuutroman, The second verse, verslind en hom daarna by ’n boekefees ontmoet. Hy is ’n sielkundige en woon in Johannesburg. Ek het moeiliker vat gekry aan sy tweede, Canary – miskien omdat die onderwerp swaar en gemoedsbekakkend is – korrupsie in staatsinstellings en die magteloosheid van fluitjieblasers, wat vervolg, gedemoveer en afgedank, verdag gemaak en dikwels in hulle eie oprit doodgeskiet word.

Maks Ntaka is so iemand – ’n goeie man wat nie langer kan stilbly nie. Hy het arm grootgeword, met die hulp van ’n beurs ’n privaatskool bygewoon en gaan studeer, tot by sy MBA. Hy werk vir Arms-Tech en was geoormerk vir ’n hoë pos. Hy het uitstekend presteer en was baie trots op die maatskappy. Toe word sy bevordering weggeraap deur ’n comrade sonder ondervinding, ’n brutale man met afstootlike liggaamsreuk en die wêreld se selfvertroue: Barnabas Rivombo. Barnabas verklaar, soos Zuma, dat hy nie hou van clever blacks nie. Hy noem Maks "Mlungu", en "Mr Fancy English". Hy lig hom in dat werkverrigting nie belangrik is nie, slegs lojaliteit. Hy waarsku hom teen klik – die korruptes en vretendes is alomteenwoordig, tot in die hoogste bestuur, tot in die regering. Maks besef die waarheid van hierdie woorde toe hy met die hoof- uitvoerende bestuurder gaan praat.

Soos voorspel, stort sy lewe ineen toe hy pers toe gaan. Sy bestaan word een van vrees, gekenmerk deur angsaanvalle. Hy word agtervolg en geïntimideer. Boonop rakel hulle ongure besonderhede uit sy eie lewe op en diskrediteer hom. Hy is ’n eerbare man, maar, soos ons almal, onvolmaak en nie moreel onkreukbaar nie. Hy word beskuldig van rassisme en geestesongesteldheid. Hy worstel ook met familieprobleme en ’n problematiese verhouding met ’n getroude wit vrou wie se man op sy spoor is. Hy gaan aan die drink. Dis ’n grinterige sprokie, ’n nagmerrie sonder uitsig – en moenie wag op ’n gelukkige einde nie.

........
Mazibuko is vreesloos en uitgesproke, en hy kan skryf. Dit laat ’n mens nadink oor die lot van ambisieuse, regverdige swart mense wat eweneens vasgevang word in die korrupsie en grypsug van voorheen onderdruktes wat geld aan vryheid gelykstel.
........

Mazibuko is vreesloos en uitgesproke, en hy kan skryf. Dit laat ’n mens nadink oor die lot van ambisieuse, regverdige swart mense wat eweneens vasgevang word in die korrupsie en grypsug van voorheen onderdruktes wat geld aan vryheid gelykstel. Gewone burgers wat ’n demokrasie wil bou, armoede wil ophef en ’n beter wêreld vir hulle kinders wil nalaat, word vertrap in die resies na die trog.

Watter uitmuntende skrywers het ons nie op eie bodem nie.

Lees ook:

Boekevat met Deborah: Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag, An act of murder en Outopsietafel

Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever

Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed

 

The post Boekevat met Deborah: The nicotine gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko first appeared on LitNet.

The post Boekevat met Deborah: <em>The nicotine gospel</em> deur Sven Axelrad en <em>Canary</em> deur Onke Mazibuko appeared first on LitNet.

Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp

$
0
0

  • Jason Lloyd skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Dit is stil, donker en bibberkoud op ’n verlate Karoo-dorp.

Nou wonder ek: Bestaan spoke of geeste (die Engelse woord is spirits) nog? Of het dit uitgesterf met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika? Of was dit dalk met die instel van Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE)?

So het ek gewonder en gedink toe ek onlangs op ’n verlate plattelandse dorpie gekuier het.

Dit is nadat ek ’n swart gewaad in die Karoo-donkerte gewaar het. Kyk, die oumense het ons mos “geleer” hoe om vas te stel of dit die ware Jakob is.

Wie onthou nog die storie van die Uniondale-spook? Die dame wat grusaam verongeluk het terwyl sy op pad was om te gaan trou. Motoriste wat die dame met die trourok ’n ryloopgeleentheid gegee het, het eers besef dat dit ’n spook was nadat sy soos ’n groot speld uit die motor verdwyn het.

My oorle oupa het ons altyd met vreesaanjaende spookstories vermaak. Ja, dit was vreesaanjaend, maar dit was ook pure pret om na die bangmaakstories te luister. Ek het altyd uitgesien na skoolvakansies en die hope spookstories.

Gevolglik het ek altyd moeilik aan die slaap geraak. Die donkerte het ek ook nie altyd maklik aangedurf nie. Veral as daar ’n bekende persoon onlangs dood is.

Volgens my oupa was dit moontlik om ’n spook te sien, maar dié voorreg het nie almal te beurt geval nie. Een van die vereistes om ’n spook te sien is om sogenaamd “met die helm gebore te word”. En glo my, nie almal van ons is met dié besonderse eienskap gebore nie.

Jy moes ook in die regte posisie wees om ’n spook te sien. As jy op jou voete bly staan het, sou jy glo nooit die spook kon sien nie.

Jy moes glo skielik platval of hurk en na die voete van die persoon kyk om vas te stel of dit op die grond is. Indien nie, sou dit ’n spook gewees het.

Terug by my “spook-ervaring” in die Karoo. So steek ek toe vas in my spore toe ek die swart gewaad gewaar. Wie kan dit nou wees? Is dit miskien ’n misdadiger wat moeilikheid soek? Nee, hoekom praat of maak die persoon dan geen geluid nie?

Die gedagte dat dit ’n spook kon wees, het onwillekeurig by my opgekom. Ek het skielik platgeval om te kyk of die persoon “tussen hemel en aarde” loop. Sover ek kon sien, het die persoon op die grond geloop.

Skielik het ek besef ek’s nie met die helm gebore nie. So, dit kon nie ’n spook gewees het nie.

Vir die oumense het spoke altyd bestaan. Die meeste van hulle het ’n eie ervaring gehad met spoke. Hulle kon jou altyd of sou jou altyd ’n storie of twee van spoke kon vertel het.

Of spoke bestaan of nie, maak nie meer vir my saak nie. Ek is net bly ek kan hulle nie sien nie. Dit laat my ietwat veilig voel, want ek’s vrek bang vir spoke.

Dit is stil, donker en bibberkoud.

Lees ook:

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

Die spook van Uniondale

Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie

Die Noord-Kaap se spookdorpe

Wesens: Discovery of “the other” in the Klein Karoo

Wesens: “Wie was eerste hier?”

The post Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp first appeared on LitNet.

The post Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp appeared first on LitNet.

Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing

$
0
0

“Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing” – ’n praatjie oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse verdriet.

Hierdie voordrag deur Dominique Botha word as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied. Dit is oorspronklik tydens verlede jaar se Etienne van Heerden Veldsoirée op 20 Augustus 2024 te Nxuba (Cradock) gehou.

Die titel is ontleen van ’n gedig deur Petra Müller.

Klik op die prent om te luister, of gaan na YouTube.

Lees en kyk ook:

Tom Dreyer: Die groot “Ek is”: heuning uit die karkas van ’n leeu

Willa Boezak: Die Khoi-San se eeue-oue trauma

Niekie Lamprecht en Julian Müller: ’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel

Aslam Fataar: Staying human in a world on fire: ethical searchings for planetary times

Mphuthumi Ntabeni: Undoing villainy: Eastern Cape name changes

Naomi Meyer and Mphuthumi Ntabeni: KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni

Jaco Fouché: Oor die army, generasies en selfportrette

Lees die ander bydraes hier:

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

The post Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing first appeared on LitNet.

The post Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing appeared first on LitNet.

PenAfrican: Reflections on Women’s Prize for Fiction 2025

$
0
0

Mphuthumi Ntabeni writes a regular book column for LitNet.

Each year, I make it a point to follow at least one major literary prize. This year, I turned my attention to the 2025 Women’s Prize for Fiction. With the winner announced on 12 June, I’ve since been reflecting on the strengths and shortcomings of these literary lists. Despite moments of promise, I cannot shake the sense that something essential is missing.

I have discovered from other book bloggers that I’m not alone in this. For instance, nearly everyone I’ve spoken to agrees that the Women’s Prize for Nonfiction offered a far more robust, compelling selection this year than the Fiction one. As a writer, I have discovered that, post the lockdown, it seems easier to write nonfiction than fiction. So, the strength of nonfiction might naturally be coming from this phenomenon. But there is another imbalance that feels symptomatic of a deeper malaise, which is the growing unreliability of overhyped fiction. Personally, I am disappointed 80% of the time when I pick up fiction titles that come with excessive acclaim.

Take, for example, Chimamanda Ngozi Adichie’s Dream count, whose absence from the shortlist was lamented by many. While I understand the emotional gravitational pull of her name due to all that she represents beyond being a writer, I believe the judges made the right decision in this instance. Dream count, in my view, is not among her finest achievements. It lacks the structural coherence and imaginative discipline of a novel. The work reads more like a series of reworked journal entries than a unified narrative. If anything, it would be more at home as a piece of creative nonfiction. In saying so, I realise that my opinion borders on heresy among her most devoted readers, but it is a view I hold nonetheless and which, like most reading experiences, is subjective.

I have not read every title on the Women’s Prize shortlist, and so my critique focuses primarily on those I have engaged with. Still, certain omissions struck me as truly baffling. Nesting by Roisín O’Donnell, for instance, deserved a place on the shortlist, in my opinion, for its inventiveness and sharp emotional clarity. Equally perplexing was the inclusion of The Persians by Sanam Mahloudji over Karen Jennings’s Crooked seeds. The latter novel shows a distinctive voice and a refined literary craft; its prose is beautifully restrained, subtle and densely layered with meaning. Perhaps I am biased – Jennings is South African, after all – but I stand by my assessment nonetheless. By contrast, The Persians failed to resonate with me. Despite multiple attempts to connect with it, the writing style didn’t work for me. It quickly became a DNF, despite my best intentions.

.......
[The safekeep by Yael van der Wouden] is quite simply, a revelation. The historical elements are handled with elegance, and the writing itself glows with quiet luminosity. ... By all accounts, it has garnered admiration from many readers, and I would not be surprised to see it become a lasting favourite. So, I guess, not all lauded fiction is disappointing.
.......

At present, I am midway through the winner of the Women’s Prize 2025, The safekeep by Yael van der Wouden, which I knew of via the Walter Scott Prize for Historical Fiction shortlist. It is, quite simply, a revelation. The historical elements are handled with elegance, and the writing itself glows with quiet luminosity. I have intentionally avoided all reviews to preserve the impact of the much-discussed twist at the end. By all accounts, it has garnered admiration from many readers, and I would not be surprised to see it become a lasting favourite. So, I guess, not all lauded fiction is disappointing. Before the Women’s Prize announcement of it as a winner, public opinion seemed divided between it and All fours by Miranda July. I, however, abandoned All fours last year. Its tale of a woman in midlife crisis, exploring sexuality and identity, felt more recycled than revitalising. I felt Erica Jong’s Fear of flying accomplished that sort of thing decades ago, with more wit and daring. A friend promised a postmodern reinvention of the theme in All fours; what I found instead was a reheated version, dressed up in millennial gloss.

........
Perhaps I’m simply growing older, but these portraits of disaffected, self-destructive youth now strike me less as profound and more as tedious. The immigrant-in-crisis arc has become a staple of urban contemporary fiction, and not always to its benefit. This was also my other issue with Dream count. 
........

Indeed, the spectral presence of Jong’s politics seemed to haunt much of this year’s shortlist, from what I hear of Fundamentally by Nussaibah Younis, which I have not yet read. Good girl by Aria Aber is a debut I initially approached with high expectations. Its premise of a young Afghan-born woman in Berlin navigating the cultural chasm between her traditional family and her entanglement with a predatory older writer felt rich with possibility. The novel’s psychological insight and attention to contemporary urban detail is impressive. The voice, particularly for a debut novel, is strong and arresting. Yet, around the halfway mark, the narrative becomes ensnared in its own introspection. I kept wishing she’d just move to London for something to occur to break her out of her destructive mode. What began as a keenly observed character study devolved into a repetitive spiral of overly flaunted shock therapy. Perhaps I’m simply growing older, but these portraits of disaffected, self-destructive youth now strike me less as profound and more as tedious. The immigrant-in-crisis arc has become a staple of urban contemporary fiction, and not always to its benefit. This was also my other issue with Dream count. 

.......
One structural problem is the requirement that books be published in the UK or Ireland, an ostensibly neutral standard but one that, in practice, excludes the majority of African writers who are published locally or regionally.
.......

Perhaps the most troubling aspect of this year’s prize is a glaring issue of representation: if I am not wrong, only two African writers appeared on the longlist, and none made it to the final shortlist. For a prize that claims to honour global women’s writing in English, this oversight is more than disappointing as a failure of inclusion. The African literary landscape is anything but barren. It is teeming with innovation, complexity and stylistic brilliance. That these voices remain unheard on such a prominent platform raises serious questions about the criteria being employed and the gatekeeping mechanisms at play. One structural problem is the requirement that books be published in the UK or Ireland, an ostensibly neutral standard but one that, in practice, excludes the majority of African writers who are published locally or regionally.

If the Women’s Prize truly wishes to live up to its stated mission, it must do more to embrace a broader spectrum of global voices. One solution, for scope, might be an extension to include Commonwealth representation. Such a move would honour both the historical entanglements and the linguistic continuities that tie many of these regions to the English language, while also expanding the imaginative and cultural range of the Prize. Commonwealth fiction – from Africa, South Asia, the Caribbean and the Pacific – continues to generate some of the most vibrant and adventurous English-language literature today. Its exclusion, whether intentional, structural or systemic, diminishes the Prize’s claim to global relevance and excellence. If the Women’s Prize wants to avoid slipping into parochialism, it might take a cue from the success of the Booker Prize, which has arguably become more exciting after it expanded into the International Prize. Most literary people will now tell you for free that the Booker International Prize is more exciting for its diversity. I religiously await it for the deep pleasure of being introduced to books that might have passed my notice had it not been for the prize. It has become a valuable trove of introducing me to under-the-radar-quality literature.

........
What we ask of literary prizes is not infallibility, but integrity, imagination and boldness. A prize should strive to be as fearless and far-reaching as the fiction it celebrates. One can only hope that future juries will cast a wider net, not just geographically, but also aesthetically and politically.
........

What we ask of literary prizes is not infallibility, but integrity, imagination and boldness. A prize should strive to be as fearless and far-reaching as the fiction it celebrates. One can only hope that future juries will cast a wider net, not just geographically, but also aesthetically and politically. Imagine the energy and excitement the Women’s Prize list could have generated had it included books like Rama Santa Mansa’s Portrait of Lysbeth, Safia Elhillo’s Bright red fruit or Olumide Popoola’s Like water like sea. These works offer precisely the kind of formal experimentation and cultural specificity that such a prize should seek, to elevate its mandate.

To celebrate the best in global women’s fiction, one must first ensure that “global” is not merely a token adjective. The future of the Women’s Prize, and indeed of literary prizes in general, depends on their willingness to evolve, to challenge the limits of their own vision and to reflect the true diversity of voices – in this case, writing in English – today.

Also read:

PenAfrican: In search of Nongqawuse by Treive Nicholas – a book review

PenAfrican: Theft by Abdulrazak Gurnah – a book review

PenAfrican: The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé – a book review

PenAfrican: Place by Justin Fox and places of the heart

PenAfrican: The coin by Yasmin Zaher – a book review

PenAfrican: Eurotrash by Christian Kracht – a book review

KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni

PenAfrican: Ibuyambo Book Festival

PenAfrican: Vagabonds! by Eloghosa Osunde: a book review

"I address women in the world."

Talking cultural diversities: considerations of cultural exchange and multilingual literature

Nobelpryswenner Wole Soyinka bring aktualiteit en letterkunde in kaart op Africa in the World

Africa in the World-fees: Nobelpryswenner Gurnah verken op genuanseerde wyse postkoloniale ervarings van tuiste en ballingskap

Antjie Krog notitie #3: Over de witte canon van de Nederlandstalige literatuur in Zuid-Afrika

The post PenAfrican: Reflections on Women’s Prize for Fiction 2025 first appeared on LitNet.

The post PenAfrican: Reflections on Women’s Prize for Fiction 2025 appeared first on LitNet.

Verskoon my!

$
0
0

Foto: Pexels

Lees ek in ’n artikel van Stephen Grootes in Daily Maverick ’n paar dae gelede: “Many of us like to try to understand a person we are talking to, a person we have just met. We want to know more about them. We often want to place them in our context.”1

Ons is mense. Ons is sosiale wesens. Dit beteken dat ons met mekaar omgaan en kommunikeer. En daarom is so ’n groot deel van ons mondelinge kommunikasie ’n weerspieëling van ons sosiale gedrag teenoor mekaar. Ons sosiale en kulturele voorskrifte maak dat ons, as opgevoede mense, ander in ag neem. As ons dit nie doen nie, word ons gebrandmerk as onbeskof, onbeskaafd of sommer ’n pyn êrens.

Om beleefd, beskaafd en aanvaarbaar met ander te kommunikeer, beteken dat jy jou massiewe ego so ’n bietjie op die agtergrond skuif en ander respekteer. Ons noem dit gewoon: goeie maniere.

Die gebruik van die woorde “verskoon my” is ’n goeie voorbeeld hiervan. Ons gebruik dit wanneer ons die eettafel wil verlaat, tot ’n gespreksituasie wil toetree of dit wil verlaat, iemand wil onderbreek of sy/haar aandag wil trek sonder om onbeskof te klink, byvoorbeeld:

“Verskoon my, kan ek julle gou onderbreek?”

“Verskoon my, ek wil gou met die ou daar oorkant gaan praat.”

“Jammer” is nog so ’n woord: “Jammer om te pla, maar ...”

“Jammer” gebruik ons veral om verskoning te maak vir iets wat ons verkeerd gedoen het of waaroor ons verleë is.

“Jammer, man. Ek het jou nie gesien nie.”

“Jammer, Mevrou. Ons het nie jou nommer van hierdie bloes nie.”

En nou gebeur daar ’n baie snaakse ding in ons taalgebruik. Ek loop onlangs ingedagte tussen die rakke in ’n supermark uit reg voor ’n vrou in met haar swaargelaaide trollie en sy stamp liggies teen my.

“Ek is verskriklik jammer, Meneer. So baie, baie jammer.”

Ek sê toe maar net: “Jammer, dame.”

........
Het u al opgelet: Hoe groter die oortreding is, hoe kleiner die verskoning.
.......

Het u al opgelet: Hoe groter die oortreding is, hoe kleiner die verskoning. Dink maar aan politici. Jy sal nooit hoor dat hulle uitvoerig sê hulle is jammer nie, maar wanneer dit ’n klein oortredinkie of ongelukkie is, word daar soos die dame hier bo gedoen het, uitvoerig om verskoning gevra. En die een wat so om verskoning vra, hoef nie eers skuldig te wees nie. Dit wys maar net weer dat ons menslikheidsreëls soos dit in Afrikaans weerspieël word, soms snaaks werk. Dit geld ook ons hoflikheidreëls.

Hoflikheid beteken om die ander persoon meer in ag te neem as jouself. Die heel basiesste hoflikheidsreël is: Neem ander in ag!

Hoflikheidsreëls is ingewikkeld en het te doen met sosiale verhoudings soos verwantskap, vriendskap, statusverskil, bekendheid en baie ander veranderlikes. Maar ons kan ’n paar hoofkenmerke daarvan onderskei.

Een soort hoflikheidsreël het te make met aanspreekvorme, byvoorbeeld die erkenning van status met woorde of frases soos U Edele, Dominee, Professor, ens. En hier vind ons weer ’n vreemde verskynsel in Afrikaans. Hoflikheid en informaliteit lei dan tot die herhaling van die aanspreekvorm, soos in:   

“Tannie, sal tannie vir die oom vra om tannie se kar hier in te trek sodat ons tannie se kar kan was”, in plaas van: “Tannie sal u vir oom Tom vra om u kar hier in te trek sodat ons u kar kan was.”

........
U is vir ons in die meeste situasies net te formeel, en jy en jou weer te familiêr of gemeensaam, veral as statusverskil en ouderdomsverskil in aanmerking geneem word.
........

Kyk na die verskil tussen: “Dominee, het u die vakansie geniet?” en “Dominee, het dominee die vakansie geniet?” U is vir ons in die meeste situasies net te formeel, en jy en jou weer te familiêr of gemeensaam, veral as statusverskil en ouderdomsverskil in aanmerking geneem word.

Die erkenning van veral statusverskil dui op een soort hoflikheid wat ons “afstandshoflikheid” (of “statusverskilhoflikheid” as jy wil) kan noem. Die erkenning van iemand se status deur middel van aanspreekvorme word soms streng gereglementeer, byvoorbeeld in die hof, in formele vergaderings, ens.

Ander kere moet ons as’t ware onderhandel om die statusverskil reg te kry, met ander woorde om te bepaal of aan te dui wie is Baas en wie is Klaas. Of anders gestel: Ek meneer en jy meneer; wie sal die wa dan smeer?

Nou ja, wié sal die wa smeer?2

Wanneer deelnemers aan ’n gesprek goed bekend is aan mekaar, is die statusverskil gewoonlik klaar bepaal. Dis veral wanneer hulle mekaar nie ken nie dat onderhandeling op ’n baie subtiele vlak plaasvind. Voor dit gedoen is, gebeur dit dikwels dat die gespreksgenote die gesprek onbehaaglik vind en die gespreksgenote wedersyds selfs as onbeskof kan beskou.

Die volgende gesprek is jare gelede in ’n winkel opgeneem:

  1. Winkelassistent: Môre, waarmee kan ons help?
  2. Klant: Goeiemôre, ek het ses eetkamerstoele wat opgestop moet word.
  3. Winkelassistent: Ja, ...
  4. Klant: Kan ek hulle môreoggend bring en dit weer môremiddag kry?
  5. Winkelassistent: Maar hoe dink jy gaan ons al die stoele in een dag opgestop kry?
  6. Klant: Ek sal baie bly wees indien dit enigsins moontlik is, want ek het die stoele elke dag nodig; my leerlinge sit daarop as hulle musiekteorie doen.
  7. Winkelassistent: O, gee u musiek, Mevrou?

Wanneer ons na twee sake in die gesprek kyk, word die onderhandeling oor status baie duidelik weerspieël in die gebrek aan aanspreekvorme en die gebruik van voornaamwoorde. Let op dat daar in beurte 1 tot 6 geen direkte aanspreekvorm gebruik word soos byvoorbeeld Dame of Mevrou nie. Dit beteken dat die gestoei oor status (Wie sal die wa smeer?) nog aan die gang is.

Die assistent gebruik die voornaamwoord ons (beurte 1 en 5) en gee daarmee te kenne dat sy ’n hoër status, as werknemer van ’n firma of onderneming, het as die klant. Boonop gebruik sy in beurt 5 jy en jou, wat ons teenoor vreemdes gebruik net as gelyke status of mindere status veronderstel word. Die assistent vermy ook enige direkte aanspreekvorm wat kon wys dat die klant ’n hoër status het as sy.

Die klant is effens slimmer. Sy vermy dwarsdeur die gesprek enige aanspreekvorm of voornaamwoord wat enigsins haar opinie oor die status van die assistent weergee. In beurt 2 gebruik sy die lydende vorm om enige aanspreekvorme te vermy, en in beurte 4 en 6 vermy sy ook enige aanspreekvorm. Let daarop dat die assistent in beurt 5 eintlik ’n baie onbeskofte antwoord gee, wat eintlik sê: “Wat dink jy van jouself? Ons is nie hier vir jou om rond te order nie!” Daardeur probeer sy haar (hoër) status bevestig.

Die klant gebruik nou ’n slim strategie. Sy reageer nie op die onbeskofte uitlating met iets soos: “Nou wat doen julle dan? Wil of kan jy my nie help nie? Is julle dan so treurig?” nie. Nee, sy verplaas die klem na haarself. Sy gebruik ek en my en sê eintlik: Ek is net so belangrik, indien nie belangriker nie, as die ons. Dit bou sy in ’n skynbare terugtrede in met: “Ek sal baie bly wees ... elke dag nodig” (maw “Ek is verleë”), maar dan kom sy met die statusbepalende: “... my leerlinge sit daarop as hulle musiekteorie doen.” Daardeur sê sy vir die assistent: Ek is nie sommer enige hierjy wat jy kan jy en jou nie.

Die assistent het nou ’n keuse om voort te gaan met die konfrontasie (soos in 5) of om dit te aanvaar. Eintlik kapituleer sy heeltemal: “O, gee u musiek, Mevrou?” Nie alleen gebruik sy die formele u (ipv jy) nie, maar sy gebruik ook nou ’n direkte aanspreekvorm: “Mevrou”, en gee daardeur toe: “Ek is Klaas; ek sal die wa smeer. Baie welkom, Mevrou!”

Die geveg om status is gewen. Die gesprek kan nou normaal en vriendelik voortgaan.

 “Maar, verskoon my eers, ons gesels later weer.”

Eindnotas

1 https://www.dailymaverick.co.za/article/2025-06-05-after-the-bell-what-is-it-with-our-middle-class-school-obsession.

2 Met hartlike erkenning aan wyle Daan Wybenga se artikel “Wie sal die wa smeer?” In Wat bedoel jy? (GJ van Jaarsveld (red) 1987).

Lees ook:

Rituele in Afrikaans?

Verdomp, ek wonder oor ver-

Oor lieftallig en reikhalsend en ander snaakse samevoegings in die Afrikaanse woordeskat

The post Verskoon my! first appeared on LitNet.

The post Verskoon my! appeared first on LitNet.

Viewing all 21927 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>