Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21927 articles
Browse latest View live

Nuut by Lapa: Zombie-sokker deur Fanie Viljoen


Nuut by Lapa: Bloedblou deur Jan Vermeulen

$
0
0

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het. In ’n poging om haar pa se naam skoon te kry, wend sy haar tot meneer Cohen, ’n ou familievriend met ’n winkel vol geheime. Daar ontmoet sy Eddie Nonnies, en ’n intense vonk skiet tussen hulle. Saam moet Kya en Eddie deur ’n web van intrige en gevaar vaar om die waarheid te ontdek. Terwyl hulle probeer om Kya se pa te red, moet hulle ook hul eie lewens – en die geheimsinnige diamant – beskerm. Aksie, romanse en raaisels verweef in ’n onvergeetlike avontuur wat jou op die punt van jou stoel sal hou.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Lapa: Bloedblou deur Jan Vermeulen first appeared on LitNet.

The post Nuut by Lapa: <em>Bloedblou</em> deur Jan Vermeulen appeared first on LitNet.

Nuut by Naledi: Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner

$
0
0

Twee kinders, een wit, een bruin, beur die lewe in en word gedurende die apartheidsjare in dieselfde plattelandse omgewing groot. Onder dié grond voed die bloed en beendere van voorsate die DNS van die landskap. Vernietigende gedragspatrone vloei soos kanker deur die are van een geslag na die volgende.

Alhoewel Madelee en Karools se omstandighede radikaal verskil, worstel albei om sin te maak van hulle bestaan en word gedwing om die ongenadige mes van gesin- en geslagsgeweld aan die lemkant vas te hou. Wanneer die noodlot hulle wêrelde in botsing bring, keep dit diep wonde. Hulle bly die skuld van bloed betaal.

Is die uitkoms wat in die toekoms wag as hulle paaie weer sou kruis, onafwendbaar? Of kan hulle dit ontkom?

Met hierdie sterk en boeiende debuut dwing Sandra Skinner die leser om skokkende waarhede in die gesig te staar. Dit is ’n kaalvuis fiktiewe verhaal wat ook elemente van ware gebeure bevat. Dit weier om ontkenning van die sistemiese wreedhede van ons verlede te aanvaar. Dit hou ook die spieël van die hede voor die leser en vra die ongemaklike vraag: Is daar nie nog steeds Karoolse en Madelees in ons midde nie?

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Naledi: Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner first appeared on LitNet.

The post Nuut by Naledi: <em>Die skuld wat bloed betaal</em> deur Sandra Skinner appeared first on LitNet.

Nuut by Queillerie: Die dood van Rachel April deur PP Fourie

$
0
0

Joernalis en meesterstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.
 
Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets belangriks ontdek het. Maar wat kan dit wees?
 
Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodsgevaar.
 

The post Nuut by Queillerie: Die dood van Rachel April deur PP Fourie first appeared on LitNet.

The post Nuut by Queillerie: <em>Die dood van Rachel April</em> deur PP Fourie appeared first on LitNet.

Nuut by Human & Rousseau: Twyfelbos deur François Loots

$
0
0

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans. Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor. 

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Human & Rousseau: Twyfelbos deur François Loots first appeared on LitNet.

The post Nuut by Human & Rousseau: <em>Twyfelbos</em> deur François Loots appeared first on LitNet.

Program: Etienne van Heerden Veldsoirée

$
0
0

Etienne van Heerden Veldsoirée
(Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad en die ATKV-skryfskool ingeslote)
25 – 27 Julie 2025

Program

Vrydag

Vrydag 25 Julie

 09:00 tot 12:30 – ATKV-skryfskool

  • Prosa, aangebied deur Hannes Barnard, in die Biblioteek aan die einde van die wêreld
  • Poësie, aangebied deur Bernard Odendaal, in die raadsaal van die Victoria Manor

Ook:

  • Nolwazi Mahlangu werk met leerders – by een of meer skole

Vrydag 25 Julie

13:00 tot 13:45

  • Middagete by Buffelshoek DiRosie Lodge

Vrydag 25 Julie

Gespreksessie by Buffelshoek DiRosie Lodge

  • 13:50 Opening
  • 14:00 Frederik de Jager
  • 14:30 Albert Grundlingh
  • 15:00 Darryl David
  • 15:30 Pouse
  • 15:45 PJO Jonker
  • 16:15 Peter Vale
  • 16:45 Hein Willemse
  • 17:15 Hein Viljoen

Vrydag 25 Julie

18:00 tot 19:00

  • Aandete in die Victoria Manor

Vrydag 25 Julie

Gespreksessie in die Victoria Manor

  • 19:15 Rory Riordan
  • 19:45 Burgert Senekal
  • 20:15 Andile Bhali
  • 20:30 Luna Paige
Saterdag

Saterdag 26 Julie

08:00 tot 10:00 – ATKV-skryfskool

  • Prosa, aangebied deur Hannes Barnard, in die Biblioteek aan die einde van die wêreld
  • Poësie, aangebied deur Bernard Odendaal, in die raadsaal van die Victoria Manor

Saterdag 26 Julie

Gespreksessie in die Victoria Manor

  • 10:30 Yves T'Sjoen
  • 11:00 Ena Jansen
  • 11:30 Ingrid Glorie
  • 12:00 Nolwazi Mahlangu

Saterdag 26 Julie

13:00 tot 13:45

  • Middagete by Buffelshoek DiRosie Lodge

Saterdag 26 Julie

Gespreksessie by Buffelshoek DiRosie Lodge

  • 14:00 AJ Opperman
  • 14:30 Luan Staphorst
  • 15:00 Bernard Odendaal
  • 15:30 Pouse
  • 15:45 Anthony Akerman in conversation with André Hattingh
  • 16:15 Mputhumi Natabeni
  • 16:45 Selwyn Milborrow
  • 17:15 Alwyn Roux

Saterdag 26 Julie

18:00 tot 19:00

  • Aandete in die Victoria Manor

Saterdag 26 Julie

Gespreksessie in die Victoria Manor

  • 19:15 Heindrich Wyngaard
  • 19:45 Juliana Pistorius
  • 20:15 Andile Bhali
  • 20:30 Christof Berg
  • 21:20 Oorhandiging van die Orde van die windpomp

(Vorige wenners van die Orde van die Windpomp: Darryl David, Fanie Olivier, Elise Bishop, Clinton V du Plessis en Dominique Botha)

Sondag

Sondag 27 Julie

Gespreksessie in die Victoria Manor

  • 08:30 Anschen Conradie in gesprek met Izak de Vries
  • 09:00 Mercia Coetzee
  • 09:30 Anthony Akerman
  • 10:00 Pouse
  • 10:10 Hannes Barnard
  • 10:40 Riana Scheepers
  • 11:10 André Hattingh

Sondag 27 Julie

Bergrit vanaf Buffelshoek DiRosie Lodge

Let wel: Ons ry met viertrekbakkies teen ’n steil bergpad uit. Die koste is R250 per persoon. Dit is noodsaaklik om vooraf te bespreek. Kontak solank vir Pieter by buffelshoek.gamelodge@gmail.com om jou sitplek op ’n bakkie te bevestig, want die bakkies raak reeds vol.

  • 12:30 Bakkies vertrek vanaf Buffelshoek DiRosie Lodge
  • Elsabé Brits lewer die grafrede by die Olive Schreiner-sarkofaag
  • Andile Bhali lewer ’n laaste solo
  • Biltong en sjerrie op Buffelskop
  • Terugrit na Buffelshoek DiRosie Lodge

Hierdie program is steeds onderhewig aan verandering.

Vir verblyf
Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors

ATKV-Skryfskool

Die Tuishuise en Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

Amazwi

Afrikaans Amptelik 100

Lees en kyk ook:

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

The post Program: Etienne van Heerden Veldsoirée first appeared on LitNet.

The post Program: Etienne van Heerden Veldsoirée appeared first on LitNet.

Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben

$
0
0

Zuléka Smit het my aandag getrek toe ek gedurende Desember haar boekie Lea gaan skool toe onder oë gekry het.

’n Mens sê Zoe-lie-ka.

Haar nuutste boek is Ben en die groot wedstryd wat ook in Engels beskikbaar is as Ben and the big game. Ek en Zuléka het ’n tydjie gelede lekker gesels op video oor WhatsApp terwyl sy in haar motor gewag het vir een van haar kinders wat besig was met buitemuurse aktiwiteite.

Ek kon nie haar opgewondenheid oor haar nuwe boekie mis nie en sy spring weg: “Canan Moodie was by my in graad 1 gewees. En joe, daar is hy ’n Springbokspeler en hulle wen die World Cup. Hierdie nuwe boekie van my is oor teleurstelling in ’n kind se lewe. Jy weet mos hoe ’n kind streef om A-span te speel. Of jy kry daai mammas en pappas wat druk op ’n kind sit om te moet A-span speel of daar gebeur iets tydens ’n wedstryd. Pappa skree ‘gaan druk ’n drie’ of meneer sê iets anders langs die kant. So, daardie boekie gaan uit en uit oor teleurstelling. Wat gemaak as my kind teleurstelling ervaar? Jy as mamma of pappa staan hier langs die kant en jy sien hoe seer jou kind het. Hoe spreek mens dit aan of hoe maak mens dit beter? Daar is niks so erg as ’n mamma of pappa moedeloos voel en jy weet nie hoe om jou kind te help nie.”

Die Ben-reeks het alreeds vier boekies. Lea se reeks gaan ook nog aangevul word. Dieselfde temas waaroor sy skryf in die Ben-reeks, gaan dan ook aangeraak word in die Lea-reeks. Elke storie wat Zuléka skryf, is goed wat werklik met haar leerders gebeur het.

Ben en die boelies – wat maak mens as jou kind geboelie word? Dis regtig ’n tawwe tema. Ouers kom praat gewoonlik met die juffrou om die probleem te help oplos. Hoe ouer die kinders word, hoe erger word boeliegedrag. Ons moet ons kinders help sover ons kan deur hulle te leer om eers self ’n oplossing te vind, al moet ons hulle ook by ’n sielkundige kry om hulle te help om coping skills te kry, want later in die grootmenswêreld kry ons ook te doen met boelies.

Ben en die groot toets – dis die boekie waar hulle die “d” en die “b” omruil. Die storie vertel hoe maklik ’n gesonde kind skielik kan siek word omdat hulle nie die toets wil skryf nie. Die boekie gaan oor die hantering van ’n kind se angs.

Ben gaan skool toe – die boekie gaan oor wanneer die kleintjies die eerste keer skool toe gaan en hoe hulle dan sukkel om maatjies te maak. Daar is altyd vir almal maatjies, hulle moet net die regte maatjie vind.

Zuléka gee al 21 jaar onderwys by Klein-Boishaai in die Paarl en haar eerste 12 jaar was as graad 1-juffrou, en sedertdien is sy die Afrikaanse graad R-juffrou. Hulle speel lekker, word lekker vuil en sy swem elke dag graag saam met haar kindertjies.

Sy is ook ’n koshuis-mamma vir 74 koshuisseuns. “My dag begin soggens met seuns en eindig saans kwart voor tien met seuns. Liewe Jesus het darem vir my ’n dogtertjie gegee. Hy het gesien ek het ’n bietjie pienk in my lewe nodig.”

Zuléka oor haar Ben- en Lea-reekse: “Die boekies is nie myne nie – dis Liewe Jesus se boekies. Hy het gedurende Covid-tyd dit in my hart gelê om hierdie boekies te skryf. Alle eer aan Hom. Dis Sy boekies – ek is net die instrument waardeur Hy werk.”

Die Ben-reeks is geskryf vir kinders vanaf 5 tot 9 jaar oud, maar is beslis perfek vir graad 1-leerders.

Die talentvolle Zuléka het twee keer ATKV-Woordveertjies gewen: 2022 vir Ben gaan skool toe, en toe weer in 2023 vir Ben en die groot toets.

Sy begin ook ’n blog gedurende inperking om mammas te help wat toe skielik tuisjuffrou moes wees en die kindertjies help met huiswerk, want almal is mos nie gebore om juffrouens te wees nie. Dit moes baie moeilik gewees het, want almal het nie altyd geduld nie. “Ek het die blog begin daai tyd vir mammas om vir hulle te sê wat hulle kan doen om die skoolwerk makliker te maak. So, dit is uit en uit wenke en raad wat ek gee. Goed wat ek self deurgemaak het.” Met trots sê sy haar blog Uit die pen van ’n mamma en ’n juffrou het meer as 71 000 volgelinge.

Almal sal ook onthou van die video wat oraloor Facebook was oor hoe hulle groet in die oggend.

Sy is ook ’n motiveringspreker wat nog tot verlede jaar elke Saterdag by vrouegeleenthede gepraat het. Tans is daar minder geleenthede, want haar eie kinders se sportbedrywighede bepaal tans hoe haar naweke verloop. Sy sien uit daarna om oor twee of drie jaar weer meer gereeld by geleenthede op te tree. Die lekkerte van die geleenthede vir haar is die gesels met die mammas na die tyd.

Wanneer ek na die borrelende Zuléka luister, kan ek verstaan waarom sy ’n onderwyseres is. Haar passie en liefde vir kinders is duidelik sigbaar soos haar oë skitter en ook hoorbaar in haar borrelende stem.

Ek sien baie uit daarna om te sien hoe die Lea-reeks uitbrei, asook om Ben se nuwe avonture te volg. Lesers kan gerus onthou: Beide reekse is in Afrikaans beskikbaar en sommige titels is reeds ook in Engels beskikbaar.

Lees ook:

Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

The post Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben first appeared on LitNet.

The post Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben appeared first on LitNet.

Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week

$
0
0

My personal story as an empowered disabled woman reached a significant milestone last weekend when I walked the runway at the 8th Khayelitsha Fashion Week, held at Artscape, one of the leading fashion events in Cape Town for aspiring local designers and models.

Persons with disabilities often have unique experiences, shaped not only by their social environment but also by the nature of their impairment, which may present them with significant challenges that may seem too much to bear. Yet, one can find ways to thrive despite one's impairment, through individual coping mechanisms and through available support systems.

For over 57 years, my post-“pole-io” (polio) dance entailed trauma, constant excruciating pain, exhaustion, depression, rejection, humiliation, despair, discrimination and struggle. Walking the runway last week at a classy event was a personal achievement of resilience, courage, faith and hope in action.

A year ago, I underwent a marathon operation – my 12th! – to manage my post-polio syndrome. My “healthy” right hip, which I called my “trophy” leg, had gradually deteriorated over 50 years of being overworked and overused, because this post-polio sufferer was forced to drag along a two-kilogram caliper on the polio leg (my left leg) just to be able to walk and stay mobile. A gruelling full hip replacement awaited, gripping me with fear of possibly losing my ability to walk independently. Would my legs be brittle afterwards? Would I have to use a wheelchair for mobility? Preparing for this operation, I took the decision to consult a psychologist to help me process the unknown and possible outcomes. I needed to consider any negative results that could occur, like totally losing my mobility independence and being confined to a wheelchair for the rest of my life – and also the prospect of walking and dancing freely again after the operation. Only professional therapy at the hand of a qualified psychologist could help me work through all the possible outcomes, so that whatever the outcome, I would still be able to stand tall and courageously face the world and the challenges that lay ahead. Looking back, I can safely say it was the best decision I could have taken: I would not have been able to go through with the hip replacement operation without thorough psychological therapy before the operation.

Recovery from the painful operation entailed almost a year of excruciating physiotherapy and rehabilitation for an hour three times a week, and sometimes in the morning before work – all just to get my muscles working again. At one point, just lifting my leg or walking seemed daunting, until I gained enough confidence to walk with crutches – a personal milestone I don’t take for granted – thanks to the amazing work of my physiotherapist, Lizaan Tucker, who made me believe in my abilities again.

And then, another personal milestone I just could not turn down landed on my desk: an invitation by the founder of Khayelitsha Fashion Week, Bongani Matenjwa, to walk the runway as one of the chosen models on the ramp!

Reflecting on my personal journey, I decided to walk for all women with disabilities who confront pain every day yet boldly face the world and smile, as well as for all human beings who struggle to get access to opportunities and resources, for if they had access and the necessary support, the sky would be the limit for them.

To top it all, Khayelitsha Fashion Week gave me the courage to walk the runway without my crutches! Draped in the beautiful designs of the highly talented local creatives! What a personal milestone! Participating in this empowering event proved once again that persons with disabilities can reach the sky when they have the necessary support and opportunities!

What makes Khayelitsha Fashion Week stand out for me is that the models and aspiring designers come mostly from the Cape Flats to showcase their skills and talent. Among the 11 designers showing their work were designers from Delft, Philippi, Langa, Nyanga, Khayelitsha, Parklands and Manenberg; 45 models were oozing confidence, and the event gave access to a disabled model supported by a caliper and a prosthetic right hip!

For many persons with disabilities, however, these milestones are still far out of reach. The daily struggle continues for them. My personal mission is to use my story of resilience, hope and access to resources and opportunities to continue championing the rights of those who are still struggling to reach their full potential, and those on the margins of society feeling hopeless and unsupported.

With the necessary resources at my disposal – crucial pre-operative psychological therapy to prepare myself for the unknown, a good job with supportive staff, a decent salary, a caring husband, the support of family and friends, together with post-operative therapies and rehabilitation – I am once again able to function at the highest level as a dignified, disabled, professional human being, promoting humanity, dignity, inclusivity, empowerment, creativity, accessibility, freedom of choice and speech, and arts for all. And strut my stuff on the runway at the 8th Khayelitsha Fashion Week as a real fashion model. Everything is possible with the necessary support, access and opportunities!

See also:

Die sielkundige trauma van ’n post-poliolyer voor haar 12de operasie

The post Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week first appeared on LitNet.

The post Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week appeared first on LitNet.


Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer . . .

$
0
0

Die program vir 2025 se Momentum Aardklop-fees, #DieKunsVanFees, is pas bekendgestel. Vanjaar word daar hulde gebring aan twee groot geeste in die Suid-Afrikaanse kunste wat ons albei onlangs verlaat het, naamlik Breyten Breytenbach en Athol Fugard, met opnames van Breyten se eie voorlesings, ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings, waarvan sommige nuut en ander nuwe verwerking is. Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa – aan die hand van haar voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Van SA se voorste kunstenaars (onder andere Rolanda Marais, Ilse Klink, Schalk Joubert en Laurinda Hofmeyr) nooi die gehoor saam op reis om die beste te beleef van Breyten – die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif”, “Mag die bome groen bly” en “Slaap klein beminde”. Ondanks al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem (en sommige sal sê omstredenheid) en aktivisme, is Belofte van vere in diepste wese ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter. Die artistieke regisseur is die bekroonde Anna Davel.

Verwelkingslied is weer die laaste toneelstuk uit Breytenbach se pen, en is kort voor sy dood verlede jaar voltooi. Die veteraan-akteur Dawid Minnaar vertolk die rol van Breyten, wat in hierdie produksie homself by sy eie begrafnis voorstel. (Ouer teatergangers sal onthou dat Minnaar ook in die hoofrol van Breyten se heel eerste toneelstuk, Boklied, te sien was, wat in 1998 by die KKNK debuteer het. Dit is daarom gepas dat hy ook hier die hoofrol vertolk.) In Verwelkingslied tree in gesprek met ’n ouer verhoogaktrise (Antoinette Kellermann). Die gesprek is sowel bewussyn-verruimend as intiem. Die meester wil vir oulaas álles opweeg, maar die vraag is: kan die aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk?

Die regie is behartig deur Marí Borstlap, en is ’n koproduksie tussen Momentum Aardklop en die Suidoosterfees. Dit het in April in die Kunstekaap-teater in Kaapstad debuteer, tot groot lof van kritici.

Dan is die bekroonde Athol Fugard ook oorlede – in Maart vanjaar in die ouderdom van 92 jaar.

“Sy ikoniese Boesman en Lena is in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim,” sê Alexa Strachan, die feesdirekteur. “Dit is ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid. Christo Davids as regisseur volg sy veelbekroonde Laaitie mettie biscuits met hierdie debuutproduksie op.”

Die rolle word vertolk deur Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels en Wiseman Sithole.

. . . en kyk vorentoe en innoveer

“Dis van gróót KUNSskierigheid oor wat Momentum Aardklop gaan aanvang en aanvuur!” sê Strachan in ’n mediaverklaring. “Nataniël en Charl du Plessis is só KUNSdriftig hieroor dat hulle spesiaal vir ons die produksie Nataniël + Charl: 25 skep.”

Die geliefde Nataniël is volksbesit – en al so te sê ’n instelling by Aardklop, en vanjaar is geen uitsondering nie. Sanger en storieverteller Nataniël en die pianis Charl du Plessis lewer vanjaar twee galakonserte van Nataniël + Charl: 25 by Momentum Aardklop. Hiermee vier hulle nie net die afgelope kwarteeu se mylpale nie, maar wys hoe die toekoms lyk en klink, waarmee hulle tans besig is, kyk na mekaar se individuele projekte, gee ’n blik op die jaar se nuutste uitreikings en bring ook splinternuwe stories, musiek en kostuums. Dié produksie is eenvoudig onmisbaar.

Besoek aardklop.co.za vir meer inligting en die volledige feesprogram. Kaartjies vir Momentum Aardklop 2025 word vanjaar deur Webtickets verkoop.

Individuele besonderhede:

Belofte van vere
Totiussaal
Datums en tye: 7 Okt. 10:30, 8 Okt. 14:00, 9 Okt. 13:00, 10 Okt. 16:00, 11 Okt. 10:00.
Kaartjies: R200, R180 (Hartsvriende)
Tydsduur: 80 min.
Ouderdomsperk: ouerbegeleiding 

Verwelkingslied
Elgro Hotelsaal
Datums en tye: 7 Okt. 09:30, 8 Okt. 19:30, 9 Okt. 09:30, 10 Okt. 14:00, 11 Okt. 14:30.
Kaartjies: R220, R200 (Hartsvriende)
Tydsduur: 80 min.
Ouderdomsperk: Geen o.12 (ouerbegeleiding)

Boesman en Lena
Elgro Hotelsaal
Datums en tye: 7 Okt. 19:30; 8 Okt. 09:30, 9 Okt. 14:00, 10 Okt. 19:30, 11 Okt. 09:30.
Kaartjies: R220, R200 (Hartsvriende)
Tydsduur: 85 min.
Ouderdomsbeperking: geen o.14

Nataniël + Charl: 25
Ouditorium
Datums en tye: 7 Okt. 19:00, 8 Okt. 10:00
Kaartjies: R300, R280 (Hartsvriende)
Tydsduur: 90 min.
Ouderdomsperk: geen o.14

Momentum Aardklop
7-12 Oktober

The post Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer . . . first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer . . . appeared first on LitNet.

Trump se uitvoerende bevele: Ses areas waarvan lande in Afrika en die Globale Suide moet kennis neem

$
0
0

1 Inleiding

Donald Trump se vlaag van uitvoerende bevele (UB’s) hou tweeledige gevolge vir Afrika in. Eerstens voorspel dit gevaar vir verhoudinge met die kontinent, en tweedens bied dit geleenthede vir nuwe uitdagings en verwikkelinge. Dit is van kritieke belang vir lande in die Globale Suide en Afrika om die nuwe Amerikaanse administrasie se beleidsomgewing te verstaan ten einde voordeel daaruit te trek.

Daar is ses sleutelkwessies wat deur Trump se UB’s aangespreek word. Lae- en middelinkomstelande (LMIL’e) sal hieraan moet aandag skenk om buitelandse hulp, energievoorsiening, globale belastingvrystelling, direkte buitelandse beleggings, handelsbetrekkinge en gesondheidsvoorsiening deur middel van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te ontvang.

Terwyl die Trump-administrasie voortgaan om hierdie UB’s te implementeer, en die vooruitsigte bestaan dat van die UB’s in howe betwis gaan word, bied hierdie UB’s ’n idee van die Trump-administrasie se oorkoepelende beleidsrigting.

2 Die ses areas

a) ’n Hersiening van Amerikaanse buitelandse hulpverlening

Die bevel versoek alle staatsdepartemente en agentskappe wat verantwoordelik is vir buitelandse hulpverlening om hulle programme en uitbetalings op te skort. Die implementering van die programme sal voortgaan slegs nadat dit vir doeltreffendheid en konsekwentheid hersien is. Dit moet ook binne 90 dae met Amerikaanse buitelandse beleid belyn word. ’n Beduidende herstrukturering van Amerikaanse buitelandse hulp sal waarskynlik op hierdie hersieningsproses volg.

Amerika is die wêreld se grootste hulpverskaffer aan die wêreld en Afrika. Teen die einde van 2023 is 64,7 miljard dollar wêreldwyd en 14,9 miljard dollar aan Afrika uitbetaal. Hierdie hulpbronne word bilateraal deur Amerikaanse federale agentskappe, insluitend USAID, die Departement van Buitelandse Sake en die Millennium Challenge Corporation (MCC) betaal. Fondse word ook multilateraal deur die VN, ontwikkelingsbanke en ander transnasionale organisasies, soos die G7 en GAVI (Vaccine Alliance), oorgeplaas. Daar is ’n netwerk van honderde organisasies, konsultante, nieregeringsorganisasies, en navorsings- en beleidsinstellings wat die programme op voetsoolvlak implementeer.

Die bevel stel dit ook pertinent dat geen ontwikkelingshulp aan LMIL’e beskikbaar gestel sal word indien dit nie met Amerikaanse buitelandse beleid belyn is nie. Dit is in ooreenstemming met die Trump-administrasie se beleid om Amerika eerste te stel. Daar gaan verder ’n algehele hersiening van Amerikaanse gesondheidsorg aan die ontwikkelende wêreld wees. Opvallend van die bevel is ’n staking van reproduktiewe-gesondheid-sorg en gelykheid ten opsigte van geslag. Die fokus is nou op die beskerming van vroue, kinders en gesinne.

Hulpverlening gaan waarskynlik nou aangewend word om Amerikaanse tegnologie in die buiteland te bevorder. Dit gaan gebeur deur middel van die internasionale Ontwikkelings- en Finansiële Korporasie (DFC). Die staking van projekte vir klimaatsverandering, die vermindering van finansiële bydraes vir multilaterale organisasies, en onttrekking uit VN-agentskappe word ook in die vooruitsig gestel. Voedselvoorsiening deur middel van die Wêreldvoedselprogram gaan egter voort.

b) Die herformulering van energiediplomasie

Energiediplomasie beteken die bevordering van ekonomiese groei, prysverlaging in die plaaslike energiemark, laer inflasie en minder afhanklikheid van oorsese verskaffers. Dit geld veral vir skaars minerale. Die poging om energiediplomasie te herformuleer kan positiewe gevolge vir die Globale Suide inhou. Eerstens kan die herformulering van energietransformering na energiesekuriteitproduksie beperkinge wat in LMIL’e bestaan, verslap.

Leiers van LMIL’e kan kies om hulle eie konteksspesifieke definisies van energiesekuriteit te bepaal. Dit sal hulle toelaat om plaaslike energiehulpbronne strenger te beheer. Dit is veral van toepassing op die vrystelling van koolwaterstowwe. Die benadering sal in ooreenstemming met die energiebeleid van die Trump-administrasie wees.

Tweedens is die Amerikaanse regering geïnteresseerd in die verkryging van skaars minerale. Afrika en verskeie lande in die Globale Suide beskik oor groot afsettings van hierdie hulpbronne. Die geleentheid bestaan vir die lande om met die Trump-administrasie te onderhandel vir die verkoop van die hulpbronne en om in ruil daarvoor ander voordelige handelstransaksies te ontvang, byvoorbeeld herbemagtiging van Agoa en die Algemene Sisteem van Voordele (GSP).

c) Die herroeping van die toepasbaarheid van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO; Engels OECD) se belastingooreenkoms kan die vloei van Amerikaanse direkte beleggings beïnvloed.

Trump het Amerika vrygestel van enige verpligtinge om die OESO se belastingooreenkoms te handhaaf. Lande wat Amerikaanse belastingooreenkomste nie nakom nie en diskriminerende belasting op Amerikaanse multinasionale organisasies hef, gaan ondersoek en gestraf word.

Dit het twee negatiewe gevolge vir LMIL’e. Eerstens: Indien ander lande Trump se voorbeeld volg, gaan dit moeilik vir LMIL’e wees om gunstige belastingaansporings aan buitelandse beleggers aan te bied. Dit mag buitelandse beleggings op kort termyn verhoog, maar op lang termyn gaan dit inkomste wat uit plaaslike belasting gehef word, nadelig beïnvloed. LMIL’e gaan ontneem word van noodsaaklike fondse vir openbare dienste soos onderwys, gesondheidsorg en infrastruktuur. Die armste lande gaan meer afhanklik van buitelandse hulpverlening raak.

Tweedens kan groot middelinkomstelande soos Brasilië, Indonesië en Suid-Afrika, wat aantreklik vir beleggers uit verskeie lande is, nou skepties staan teenoor die OESO se belastingooreenkoms. Die lande mag versigtig wees vir strafmaatreëls van die Trump-administrasie en besluit om nie Amerikaanse digitale tegnologie te gebruik nie. China mag munt hieruit slaan en alternatiewe tegnologie aan die lande verkoop.

d) Globale handelsbetrekkinge

Die Amerika Eerste-handelsbeleid bevorder een van Trump se sentrale verkiesingsbeloftes, naamlik om die Amerikaanse handelsbeleid in sy geheel te hersien. Daar is twee aspekte hiervan wat van belang vir LMIL’e mag wees. Eerstens het Trump opdrag aan die Amerikaanse handelsverteenwoordiger gegee om alle Amerikaanse handelsooreenkomste te hersien. Die doel is om wederkerigheid en konsessies van handelsvennote te ontvang. Tweedens is die handelsverteenwoordiger opdrag gegee om bilaterale of sektorspesifieke handelsooreenkomste met vennote te onderhandel ten einde toegang tot buitelandse markte te verkry.

Daar is groot onsekerheid oor wat Trump met die hersiening beoog. Die vraag is hoe LMIL’e geraak gaan word deur ’n hersiening van Amerikaanse handelsbeleid. Een moontlikheid is dat ’n element van wederkerigheid in voorkeurhandelsooreenkomste invoeg mag word. In effek beteken dit dat LMIL’e niewederkerige toegang tot die Amerikaanse mark ontvang. As voorbeeld: Colombia se koffie mag dalk ’n voorkeursmaak onder Amerikaners wees, maar Colombia gaan nie kan onderhandel vir voorkeurbehandeling ten opsigte van Amerikaanse digitale produkte soos slimfone en rekenaartoebehore nie. Dit is dus ’n eensydige handelsooreenkoms wat die Amerikaanse verbruiker gaan bevoordeel.

Watter lande en sektore gaan vir bilaterale handelsooreenkomste geprioritiseer word? Kenia is ’n sterk kandidaat om in aanmerking vir ’n vryehandelsooreenkoms te kom. Tydens Trump se eerste termyn is die moontlikheid reeds geopper om daardie land in te sluit. Daar is ook sprake om Afrikalande wat oor groot mineraalafsettings beskik, vir kritieke-minerale-ooreenkomste te nader.

e) Onttrekking uit die WGO om Amerikaanse betrokkenheid in globale gesondheidsorg te verander

Die onttrekking beëindig die oordrag van toekomstige Amerikaanse fondse, ondersteuning en hulpbronne na die WGO. Alle personeel wat by die WGO werk, gaan oor ’n tydperk van maande herroep en hertoegewys word na gesondheidsorganisasies en mediese instellings in Amerika. Die land dra ongeveer 15% van die WGO se totale begroting by en ’n onttrekking gaan die organisasie in sy fondamente skud. Trump se onttrekking uit die WGO kan die rigting van globale gesondheidsprogramme bepaal en LMIL’e in swakker gesondheidsorg laat. Die gaping kan China ook toelaat om groter invloed in globale gesondheidsorg te verkry.

f) Gevolge van vyandige verhoudinge met China

’n Hoofkomponent van die Amerika Eerste-handelsbeleid is ’n hersiening van die handelsbeleid met China. Dit kan gevolge inhou vir LMIL’e wat met beide Amerika en China handel dryf. Daar is groot onsekerheid oor hoe die beleid gaan afspeel. Dit kan voordelig vir LMIL’e wees indien Amerikaanse handel weg van China na die lande beweeg. Hulle kan egter ook ekonomies swaarkry indien ’n handelsoorlog besigheidsvertroue in die globale ekonomie ondermyn.

Daar is minstens twee maniere waarop ’n handelsoorlog kan oorspoel na LMIL’e in Afrika en die Globale Suide.

Eerstens gaan ’n Chinese ekonomiese krisis wat deur eksterne magte (soos Amerika) veroorsaak word, uitvoere van LMIL’e benadeel. Indien ’n hersiening van die handelsbeleid tot strafmaatreëls en sanksies gaan lei, kan China se ekonomie verder verlangsaam. Dit kan die vraag na Chinese goedere en dienste verminder en handel met China ernstig knou. Dit geld veral vir kommoditeite van LMIL’e na China.

Tweedens kan die Trump-administrasie sekondêre sanksies teen LMIL’e instel indien strafmaatreëls teen China nie die gewenste resultate lewer nie. Die doel van die sanksies sou wees om derde partye in Afrika en die Globale Suide te dwing om Amerika te kies en China te isoleer.

3 Samevatting

Een lyn wat regdeur die internasionale dimensie van Trump se Amerika Eerste-agenda loop, is die eksplisiete deprioritisering van multilaterale inisiatiewe ten gunste van bilaterale en eensydige inisiatiewe deur Amerika. Die VN word spesifiek met groot skeptisisme deur die nuwe administrasie bejeën. Dit is veral van toepassing op beleid ten opsigte van internasionale energie, klimaat, handel en gesondheidsorg. Dit is nog nie duidelik wat die administrasie se houding met betrekking tot multilaterale ontwikkelingsbanke soos die Wêreldbankgroep en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) is nie. Amerika is ’n hoofrolspeler in dié finansiële instellings, asook in streeksbanke soos die Afrika-Ontwikkelingsbank en die Asiatiese Ontwikkelingsbank. Amerika het beduidende finansiële en politieke invloed in al hierdie instellings.

Die UB’s verteenwoordig die beginfase van Trump se beleidsagendas en bied ’n voorsmaak van wat om verder te verwag. Dit is van kritieke belang vir LMIL’e om die beleid en veranderinge te verstaan ten einde die nuwe administrasie konstruktief en sinvol te benader.

Bibliografie

aljazeera.com. 2025. Trump’s 100-day scorecard: Executive orders, tariffs and foreign policy. https://www.aljazeera.com/news/2025/4/29/trumps-100-day-scorecard-executive-orders-tariffs-and-foreign-policy (22 Mei 2025 geraadpleeg).

bbc.com. 2025. Six Trump executive orders to watch. https://www.bbc.com/news/articles/cqld6wnv1rgo (25 Mei 2025 geraadpleeg).

federalregister.gov. 2025. 2025 Donald J Trump Executive Orders. https://www.federalregister.gov/presidential-documents/executive-orders/donald-trump/2025 (23 Mei 2025 geraadpleeg).

The post Trump se uitvoerende bevele: Ses areas waarvan lande in Afrika en die Globale Suide moet kennis neem first appeared on LitNet.

The post Trump se uitvoerende bevele: Ses areas waarvan lande in Afrika en die Globale Suide moet kennis neem appeared first on LitNet.

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

$
0
0

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe en Juan Bornman, Afdeling Spraak-, Taal- en Gehoorterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 22(2)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2025/j22n2d2

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou. Hulle kort weldeurdagte strategieë en oplossings om in kruislinguistiese en -kulturele verband toeganklike, gesinsgesentreerde en gepaste vroeë kommunikasie-intervensie te kan bied. Vir dié doel het ons ’n dokument met riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele (KLEK) vroeë kommunikasie-intervensie (VKI) opgestel ná uitgebreide navorsing en oorlegpleging met sowel spraak-taalterapeute as versorgers. Hierdie artikel doen verslag oor die beoordeling van dié voorgestelde riglyndokument deur 41 belanghebbendes (spraak-taalterapeute), wie se kwantitatiewe en kwalitatiewe terugvoer deur middel van ’n aanlyn vraelys bekom is. Die agttienpuntvraelys is sorgvuldig opgestel om die gehalte van die voorgestelde riglyne wat betref die ontwikkeling, toepaslikheid en praktiese uitvoerbaarheid daarvan te beoordeel. Na aanleiding van die terapeute se terugvoer blyk die riglyne ’n nuttige en relevante bron van gehalte te wees wat spraak-taalterapeute saam met ander beskikbare plaaslike bronne in die lewering van KLEK VKI kan gebruik. Die meerderheid van die deelnemers sal ook die riglyndokument sonder enige verdere aanpassings by ander spraak-taalterapeute aanbeveel. Deelnemervoorstelle sluit in die gebruik van voorbeelde om sekere riglyne beter toe te lig en die uitbreiding van die teikengebruikergroep om ook ander aanvullende gesondheidsorgberoepe soos arbeids- en fisioterapeute en selfs opvoeders in te sluit.

Trefwoorde: beoordeling; kruislinguisties en -kultureel; praktiese riglyne; praktiese uitvoerbaarheid; relevansie; spraak-taalterapie; vroeë kommunikasie-intervensie

 

Abstract

Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders

In a linguistically and culturally diverse country like South Africa, cross-linguistic and cross-cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) is a complex issue considering the heterogeneity of speech-language therapy clients. In contrast, the workforce of speech-language therapists (SLTs) is less heterogeneous. Trained SLTs are still mostly English- or Afrikaans-speaking white women and therefore do not represent the country’s general demographics. As a result, many clients are unlikely to receive intervention in their home language, even though research shows that ECI delivery in the child’s home language is ideal. SLTs need to make specific adjustments during assessment, in therapy planning and delivery, during interaction with the child and caregiver, and in the design of home programmes. However, they lack relevant and practical strategies and solutions to make these adjustments and provide accessible, family-centred, applicable ECI in a cross-linguistic and -cultural context. To address this need, we, as a guideline development group, developed a document with guidelines for cross-linguistic and -cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) after extensive research and consulting with SLTs and caregivers. The guideline developers were three SLTs with clinical and research expertise of CLACC ECI and one nursing practitioner and researcher with specific expertise in the selected research methodology. The guideline document was developed by integrating three data sets, namely the findings of an international scoping review and an investigation into the experiences of South African SLTs and caregivers during CLACC ECI, respectively. In line with the recommendations of the National Institute for Health and Care Excellence (NICE) and the World Health Organization, the guideline document was based on existing frameworks. NICE’s principles of guideline development were applied and adapted to provide structure to the planning and documentation of the guidelines and recommendations, whilst the AGREE II instrument (a tool for assessing guidelines for research and evaluation) guided the methodological strategy. Some examples of the guidelines include prioritising dignity and respecting language preferences, different cultures, convictions, and value systems; making innovative and situation-appropriate adaptations in communication; facilitating caregiver participation; and monitoring caregiver understanding. Each of the 14 guidelines includes between one and seven practical recommendations which SLTs can utilise to bring each of the guidelines into existence.

The research formed part of a larger multi-phase project to investigate and interpret the experiences of South African SLTs (as the providers) and caregivers (as the recipients) of CLACC ECI. This article reports on the main objective of the final phase of the multi-phase project, namely the assessment of the proposed guideline document by 41 stakeholders (SLTs) whose quantitative and qualitative feedback was obtained through an 18-point online questionnaire. A cross-sectional questionnaire design was used, which included closed questions answered on a five-point Likert scale, and open-ended questions that prompted participants to comment on and suggest changes to the proposed guideline document. Some examples of closed-ended questions included: Rate whether the overall purpose of the guidelines is specifically described; Rate whether the method for formulating the guidelines is clearly described; Rate the overall quality and feasibility of the guidelines. Some examples of open-ended questions included: Would you recommend the guidelines for use? If yes, what modifications, if any, would you suggest; Please provide any comments or feedback regarding the quality and feasibility of the guidelines – indicate the number of the guideline and/or recommendation you are commenting on.

The results were integrated by presenting the quantitative findings first, followed by the qualitative findings in the form of participant quotes and themes developed from the qualitative data set. The quotes confirmed and explained the quantitative findings as set out by a narrative description. A list of the participants’ comments and suggestions for possible adjustments to the guideline document was compiled, and the guideline development group decided whether or not the adjustments should be made.

We believe the participants viewed the document earnestly and made valuable contributions. Over 90% of participants consistently responded positively to the guideline document. Most participants either agreed or strongly agreed that the guidelines’ overall objectives, population, target users and formulation method were clearly and specifically described. In addition, participants agreed that the group that developed the guideline document included individuals from relevant healthcare professions, that the guidelines were specific and unambiguous, applied to the South African context, and that there were no conflicts of interest in developing the guidelines.

Due to the relatively small sample size (N = 41), conclusions could not be made with certainty based on the quantitative responses, but they can nevertheless be considered indicative. The results of a Likert-type questionnaire, such as the AGREE-II, are also viewed cautiously because the responses are subjective and merely indicative of the participants’ feelings, opinions or assessments. Qualitative data was also collected to support the quantitative findings. Ultimately, the data indicated that the guideline document can provisionally be considered a relevant, feasible document of high quality, which practising SLTs can utilise when providing CLACC ECI services. The participants also made valuable suggestions that can further increase the quality and implementation of the guidelines, many of which have already been included in the final version of the guideline document. These suggestions included using examples to illustrate specific guidelines better, expanding the target user group to include other complementary healthcare professions, such as occupational and physiotherapists and educators; and editing language that may confuse readers.

We recommend that experts in the field of guideline development, ECI research, and clinical CLACC ECI be invited to further assess the methodology of the guideline document as part of future research studies. A group of CLACC ECI experts may also be appointed to formally evaluate the content of the guidelines after they have been implemented in practice for a while. For example, the new AGREE-REX instrument could be used in addition to AGREE II to refine the implementation of the guideline document and make a valuable contribution to the implementation sciences in speech-language therapy. Future research could investigate the validity and reliability of the adapted version of the AGREE II instrument, as used in this study. Lastly, educators working with young children and their caregivers, as well as members of other complementary healthcare professions (other than SLTs) may be asked to review the guideline document to determine which of the guidelines may apply to those professions working in an early development context.

Keywords: assessment; cross-linguistic and cross-cultural; early communication intervention; practicability; practical guidelines; relevance; speech-language therapy

 

1. Inleiding

Spraak-taalterapeute (STT’s) word deur hulle tersaaklike beroepsliggame aangemoedig om hulle in hulle plaaslike konteks te ondersoek, te dokumenteer en na te vors ten einde konteksgepaste vroeë kommunikasie-intervensiepraktyke te beoefen en te ontwikkel (Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika 2019; Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2017). STT’s moet daarna streef om kultuurveilige intervensies te lewer wat “die kliënt laat voel asof hul menswaardigheid, kulturele en sosiale waardes gerespekteer word” (Phillips 2007) – dít vereis kultuurbevoegdheid, -bewustheid en -sensitiwiteit. Voorts behoort “die bestuur, hulpbronne, werkswyses en waardes van die plek waar die kliënt ’n diens ontvang, die respekvolle hantering van die kliënt te demonstreer” (Phillips 2007).

In ’n taal- en kultuurdiverse land soos Suid-Afrika is kruislinguistiese en -kulturele (KLEK) vroeë kommunikasie-intervensie (VKI) ’n komplekse kwessie in die lig van die heterogeniteit van spraak-taalterapiekliënte. Daarteenoor is die STT-werksmag minder heterogeen: Opgeleide STT’s is steeds meestal Engels- of Afrikaanssprekende wit vroue (Pillay, Tiwari, Kathard en Chikte 2020) en verteenwoordig dus nie die land se algemene demografie nie. As gevolg daarvan sal baie kliënte waarskynlik nié in hulle moedertaal intervensie ontvang nie, al is VKI-lewering in die versorger en kind se moedertaal die ideaal (Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2017). Om hierdie leemte te oorbrug, moet die STT bepaalde aanpassings maak gedurende evaluasie, in terapiebeplannig en -lewering, gedurende interaksie met die kind en versorger, en in die ontwerp van tuisprogramme.

Een van die beginsels van VKI is dat STT’s hulle terapie op bewysgebaseerde praktyke moet skoei (McCurtin en Roddam 2012), wat die oorweging van die volgende drie aspekte insluit: (i) ewekniebeoordeelde navorsing in die spraak-taalterapiedissipline, (ii) terapeute se kliniese ervaring, en (iii) die kliënt se waardes, voorkeure en persepsies (Hidecker, Jones en Imigm 2009). Daar is wél verskeie internasionale bronne vir KLEK praktykvoering beskikbaar, waaronder Hyter en Salas-Provance (2023) se toonaangewende boek Culturally Responsive Practices in Speech, Language and Hearing Sciences, en die kontrolelyste en riglyne vir kultuurresponsiwiteit op die Amerikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging se webtuiste (2024). Daarbenewens doen ’n aantal internasionale navorsingstudies aanbevelings vir KLEK spraak-taalterapie uit die STT se oogpunt (Peltier 2011; Chiuri 2012; King, Desmarais, Lindsay, Piérart en Tétrault 2015; Maul 2015; Verdon, Mcleod en Wong 2015; Farrugia-Bernard 2016; Brassart, Prévost, Bétrisey, Lemieux en Desmarais 2017; Grandpierre, Nassrallah, Potter, Thomas en Sikora 2019). Nietemin is daar tot dusver slegs twee amptelike plaaslike riglyndokumente beskikbaar om Suid-Afrikaanse STT’s in hulle kliniese besluitneming en ontwikkeling van kultuurresponsiewe praktyk by te staan – die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (2019) se Guidelines for practice in culturally and linguistically diverse South Africa, en die Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging (2017) se Practice Guidelines for Audiologists and Speech-Language Therapists in Early Communication Intervention.

Die aanvulling van hierdie Suid-Afrikaanse bronne met ’n stel literatuurgegronde, geïntegreerde riglyne en praktiese aanbevelings vir KLEK VKI, wat deur Suid-Afrikaanse praktiserende STT’s en hulle kliënte ontwikkel en deur STT’s self beoordeel is, kan van kliniese waarde wees. Dit is ook nie net in Suid-Afrika wat daar ’n behoefte aan praktiese riglyne vir kultuurresponsiewe spraak-taalterapie bestaan nie: Dieselfde behoefte is al uitgewys in studies oor Indië, wat as een van die mees linguisties diverse lande ter wêreld beskou word (Niharika, Gukar Harshitha, Aishwarya en Suman 2023).

Die getal Suid-Afrikaanse studies oor versorgers en STT’s se ervarings van KLEK VKI is betreklik beperk (Botha, Gerber en Van der Merwe 2024). ’n Moontlike rede hiervoor is dat hoewel STT’s dalk bewus is van die belang van die kliënt se persepsie vir bewysgebaseerde praktyk, die kliënt se ervarings in die meeste gevalle nie gedurende VKI-beplanning en -uitvoering met kliniese besluitneming geïntegreer word nie (McCurtin en Carter 2014). Hierdie gebrek aan integrasie kan onder meer toegeskryf word aan die beperkte literatuur wat kliënte se ervarings van KLEK VKI ondersoek. Volgens STT’s wat aan McCurtin en Carter (2014) se studie in Ierland deelgeneem het, neem hulle intervensiebesluite op grond van hulle kliniese ervaring van wat in die praktyk werk en wat nié, en nie noodwendig op grond van die bevindinge van empiriese navorsing nie. Dieselfde geld moontlik vir Suid-Afrikaanse STT’s omdat navorsing oor STT’s en hulle kliënte se ervarings van KLEK VKI grootliks ontbreek.

Benewens ’n skaarste aan navorsing, bestaan daar ook ’n leemte in die toepassing van bewysgebaseerde praktyke (Olswang en Prelock 2015). ’n Tekort aan onder andere tyd en vaardighede bemoeilik die implementering van bewysgebaseerde praktyke in spraak-, taal- en gehoorterapie (Metcalfe, Lewin, Wisher, Perry, Bannigan en Moffett 2001; O’Connor en Pettigrew 2009; Tohidast, Ghelichi, Kamali, Ebadi, Shafaroodi, Shavaki, Mansuri en Azimi 2021). Probleme met die implementering van navorsingsbewyse kan ook ontstaan wanneer terapeute nie met voorgestelde riglyne vir kliniese besluitneming saamstem nie, of wanneer sodanige riglyne verouderd is of nie gebruikersvriendelik of prakties uitvoerbaar is nie (Adams, Chamberlain, Thorup, Grønkjær en Conroy 2023).

Kliniese riglyne is stellings (met inbegrip van aanbevelings) wat op navorsing berus en wat bedoel is om terapeute en kliënte se besluite oor toepaslike gesondheidsorg in bepaalde kliniese omstandighede te ondersteun (Instituut van Geneeskunde (VS) se Komitee oor Standaarde vir die Ontwikkeling van Betroubare Kliniese Praktykriglyne 2011). Om die gaping tussen navorsing en praktyk te oorbrug, behoort belanghebbendes by die ontwikkeling van riglyne betrek te word om sodoende die bruikbaarheid daarvan te verseker (Adams e.a. 2023). Belanghebbendes is alle gebruikers van die voorgestelde riglyne, waaronder terapeute, kliënte, versorgers en beleidmakers, wat oor hulle tevredenheid met, en die aanvaarbaarheid van, ’n intervensie uitgevra kan word (Olszewski en Rae 2021). Die insluiting van die opvattings van diegene wat deur die riglyne geraak sal word, soos die STT en die versorger, word as noodsaaklik beskou (Nasionale Instituut vir Gesondheid- en Sorguitnemendheid 2014). Sodanige deelname en oorlegpleging verseker meer aanvaarbare, uitvoerbare en kultuurresponsiewe praktyke, wat weer gesondheidsorguitkomste kan verbeter (Gagliardi en Brouwers 2012; Petkovic, Riddle, Akl, Khabsa, Lytvyn, Atwere, Campbell, Chalkidou e.a. 2020). Dít was dan ook die doel in die samestelling van die praktiese riglyndokument vir KLEK VKI waaroor hierdie navorsing handel.

 

2. Metodologie

2.1 Navorsingsdoelstelling en -ontwerp

Hierdie navorsing het deel uitgemaak van ’n groter multifaseprojek om STT’s en versorgers se ervarings van KLEK VKI te ondersoek en te interpreteer. Die hoofdoel met hierdie fase van die projek was om belanghebbendes (STT’s) die geleentheid te bied om die toepaslikheid, praktiese uitvoerbaarheid en gehalte van ’n stel voorgestelde riglyne vir KLEK VKI te beoordeel.

Die riglyne is ontwikkel op grond van die bevindinge van drie gepubliseerde navorsingstudies wat tussen 2021 en 2024 uitgevoer is (Botha, Gerber en Van der Merwe 2021; Botha en Gerber 2023; Botha e.a. 2024), naamlik ’n omvangsbepaling en twee Suid-Afrikaanse hermeneutiese fenomenologiese studies. Vir hierdie studie is ’n deursnee- vraelysontwerp gebruik om die navorsingsvraag te beantwoord, naamlik of ’n nuwe voorgestelde riglyndokument vir KLEK VKI in Suid-Afrika toepaslik, prakties uitvoerbaar en van ’n hoë gehalte is vir praktiserende STT’s. Die geslote vrae, wat op ’n vyfpunt-Likert-skaal beantwoord is, is kwantitatief beoordeel, en die oop vraag oor kommentaar en voorstelle vir veranderinge is kwalitatief ontleed. Die bevindinge is vergelyk en geïntegreer om ’n omvattende beoordeling van die navorsingsvraag te bied.

2.2 Deelnemers

2.2.1 Deelnemerwerwing

Navorsingsgoedkeuring is van die Universiteit Stellenbosch se gesondheidsnavorsingsetiekkomitee verkry. ’n Veelvlakkige benadering is gebruik om deelnemers vir die studie te werf. Eerstens is die vraelys aan die Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging (SASLHA) se navorsings- en opleidingskomitee voorgelê vir toestemming om dit onder STT’s op die vereniging se databasis te versprei. Nadat die komitee ingestem het, het ál 1 023 lede van die vereniging ’n e-posuitnodiging ontvang om aan die studie deel te neem. Tweedens is daar van sosiale media gebruik gemaak. Alle lede van die geslote professionele Facebook-groep vir Suid-Afrikaanse oudioloë en spraakterapeute is genooi om deel te neem, en ’n LinkedIn-advertensie is ook aan STT-lede gestuur. Derdens is e-posuitnodigings gestuur aan alle STT’s in diens van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement en STT’s in ons beroepsnetwerk. Die e-posse het ’n vorm vir ingeligte toestemming, ’n vorm vir biografiese inligting, die riglyndokument en ’n aanlyn vraelys bevat (sien Bylaag C).

Moontlike deelnemers is versoek om aan te dui of hulle aan die kriteria vir deelname voldoen. Deelnemers moes naamlik by die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika as STT’s geregistreer wees, as terapeute, akademici of navorsers by privaat of staatsinstellings werk, en oor kliniese ervaring en/of ervaring van die uitvoering van navorsing op die gebied van KLEK VKI beskik. Slegs deelnemers wat aan die kriteria voldoen het, kon die vraelys beantwoord. Alle moontlike deelnemers is versoek om eers die vorms vir ingeligte toestemming en biografiese inligting te voltooi. Daarna is hulle gevra om die riglyndokument deur te lees en dit met behulp van die vraelys te beoordeel. Deelnemers het twee weke ontvang om die vraelys te voltooi en terug te stuur. As ’n vorm van sneeubalwerwing, is hulle ook gevra om die vraelys verder te versprei onder ander persone wat moontlik aan die keuringskriteria voldoen.

Die deelnemers het die vraelys anoniem voltooi, en ’n numeriese identifiseringskode is aan elke deelnemer toegeken. (Die kodes word in afdeling 3 vir die bespreking van deelnemers se kommentaar gebruik.)

2.2.2 Beskrywing van deelnemers

’n Beskrywing van die deelnemers volg deur afsonderlike uiteensettings van die deelnemerprofiel volgens ouderdom, kwalifikasies, provinsie en werkskonteks (N = 41).

Ouderdom

Net meer as die helfte van die deelnemers (53,66%) was jonger as 36, met ’n gelyke verdeling tussen diegene in die ouderdomskategorie 26–35 en diegene jonger as 25. Die spraak-taalterapiekursus duur vier jaar, dus was die afleiding dat ongeveer die helfte van die deelnemers oor minder as 13 jaar ervaring in spraak-taalterapie beskik. Alle deelnemers het bevestig dat hulle ervaring het van KLEK VKI.

Figuur 1. Deelnemerprofiel volgens ouderdom

Kwalifikasies

Die oorgrote meerderheid van die deelnemers (63,41%) het oor ’n baccalaureusgraad beskik, en net meer as ’n derde het ’n nagraadse kwalifikasie gehad – 22,95% ’n meestersgraad en 14,63% ’n doktorsgraad. Die studiedeelnemers was dus genoegsaam gekwalifiseerd om relevante kommentaar te lewer.

Figuur 2. Deelnemerprofiel volgens kwalifikasies

Provinsie

Gauteng het die meeste STT’s en spraak-taalterapeute en oudioloë (STT-STO’s) in die land, gevolg deur die Wes-Kaap (Pillay e.a. 2020). Die meerderheid van die deelnemers (60,98%) was dan ook van hierdie twee provinsies. Die provinsie met die sesde meeste STT’s en STT-STO’s in die land is die Oos-Kaap (Pillay e.a. 2020), van waar die derde meeste deelnemers (21,95%) gekom het. KwaZulu-Natal, waar die derde meeste STT’s en STT-STO’s in Suid-Afrika gebaseer is (Pillay e.a. 2020), het die vierde meeste studiedeelnemers opgelewer (14,63%). Terapeute van die Vrystaat het 2,44% van die deelnemers uitgemaak. Daar was geen deelnemers uit Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap nie.

Figuur 3. Deelnemerprofiel volgens provinsie

Werkskonteks

Die deelnemers is ook versoek om aan te dui in watter omgewing(s) hulle KLEK VKI-dienste lewer of voorheen gelewer het. Meer as twee derdes (68,3%) van die deelnemers werk in die privaat gesondheidsorgsektor, en 41,48% in die openbare gesondheidsorgsektor. Dít strook met die literatuur wat aandui dat Suid-Afrikaanse STT’s meestal in die privaat sektor praktiseer (Pillay e.a. 2020). Bykans die helfte van die deelnemers (48,79%) werk boonop in meer as een omgewing, byvoorbeeld by ’n openbare hospitaal/kliniek én by ’n universiteit. ’n Klein groep deelnemers (9,76%) het aangedui dat hulle uitsluitlik by ’n universiteit werk, en 14,64% is in ’n mate by ’n universiteit betrokke, wat moontlik ’n verklaring bied vir die redelike getal deelnemers met nagraadse kwalifikasies.

2.3 Datainsamelingsinstrument

2.3.1 Die riglyndokument

As die onderwerp van beoordeling, was die voorgestelde riglyndokument die fokus van interpretasie en nadenke vir die deelnemers en kan dus as deel van die datainsamelingsinstrument gesien word. Die riglyndokument is ontwikkel deur drie datastelle te integreer, naamlik die bevindinge van ’n omvangsbepaling (Botha, Gerber en Van der Merwe 2021) en van ’n ondersoek na die ervarings van onderskeidelik STT’s (Botha en Gerber 2023) en versorgers (Botha, Gerber en Van der Merwe 2024) gedurende KLEK VKI. Soos wat die Nasionale Instituut vir Gesondheid- en Sorguitnemendheid (NICE) (2014) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (2014) voorskryf, is die riglyndokument op bestaande raamwerke geskoei. Die riglynontwikkelingsbeginsels van die NICE-raamwerk (2014) is in ’n aangepaste vorm gebruik om die beplanning en dokumentering van die riglyndokument te struktureer, terwyl die AGREE II-instrument (’n instrument vir die beoordeling van riglyne vir navorsing en evaluering) (Brouwers e.a. 2017) die metodologiese strategie gerig het. Bylaag A bevat die riglyndokument, en ’n Afrikaanse vertaling daarvan verskyn in Bylaag B.

2.3.2 Deelnemervraelys

Die vraelys aan die hand waarvan deelnemers die riglyndokument moes beoordeel, is ontwikkel deur die AGREE II-instrument (Brouwers e.a. 2017) aan te pas. As ’n generiese instrument, kan die AGREE II-vraelys aangepas word om riglyne van verskillende dissiplines, waaronder spraak-taalterapie, te beoordeel (Brouwers e.a. 2017).

AGREE II bestaan uit stellings wat deelnemers in staat stel om ’n stel riglyne op ses domeine te beoordeel, naamlik die omvang en doel van die riglyne, die betrokkenheid van belanghebbendes, die betroubaarheid van die ontwikkelingsproses, duidelikheid van aanbieding, toepaslikheid, en die onafhanklikheid van die samestellers. ’n Sewepunt-Likert-skaal word gebruik. Elke domein sluit een of meer geslote en een oop vraag in. Die oop vraag bied deelnemers die geleentheid om kommentaar te lewer of voorstelle ter verbetering van die riglyne te maak. In die laaste afdeling van die vraelys word deelnemers versoek om die algehele gehalte van die riglyne te beoordeel aan die hand van ’n skaal waar 7 die hoogste en 1 die laagste moontlike gehalte is. Daarna word deelnemers genooi om aan te dui of hulle die riglyne vir gebruik sal aanbeveel. Die instrument het sekere beperkings soos onduidelikheid oor hoe die laaste twee stellings (algehele beoordeling van die riglyndokument) uitgevoer moet word, dat dié stellings subjektief is en dat al die stellings tot ’n gelyke mate bydra tot die beoordeling van die riglyne (Hoffmann-Eßer, Siering, Neugebauer, Brockhaus, Lampert en Eikermann 2017).

Dit kan individue wat riglyne deur middel van die AGREE-II beoordeel, gemiddeld 90 minute neem (Dans en Dans 2010). Om die kognitiewe en tydseise wat aan deelnemers gestel word te verminder, is die oorspronklike AGREE II-instrument aangepas. Alle items wat met mediese sorg verband hou, of wat nie op hierdie studie van toepassing is nie, of wat deelnemerkundigheid op die terrein van navorsingsmetodologie vereis, is verwyder. Die oorspronklike sewepuntskaal is ook in ’n vyfpuntskaal omskep. Die aangepaste AGREE II-vraelys wat gebruik is, verskyn in Tabel 1 hier onder.

Tabel 1. Aangepaste AGREE II-vraelys

Nr. Stelling/item Beoordeling- skaal
Domein 1 – Die omvang en doel van die riglyne
1. Die oorhoofse doelwitte van die riglyne word spesifiek beskryf. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
2. Die populasie op wie hierdie riglyne van toepassing is, word spesifiek beskryf. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die doel of teikenpopulasie van die riglyne?  
Domein 2 – Betrokkenheid van belanghebbendes
3. Die teikengebruikers van die riglyne word duidelik in die dokument omskryf. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
4. Die groep wat die riglyndokument ontwikkel het, sluit individue van relevante mediese beroepe in. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die teikengebruikers van die riglyne of die beroepe van die persone wat die dokument ontwikkel het?  
Domein 3 – Betroubaarheid van die ontwikkelingsproses
5. Die metode wat gevolg is om die riglyne te formuleer word duidelik beskryf. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die metode wat in die ontwikkelingsproses gevolg is?  
Domein 4 – Duidelikheid van aanbieding
6. Die riglyne is spesifiek en ondubbelsinnig. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die duidelikheid van die aanbevelings? Dui asseblief die nommer aan van die aanbeveling waarop u kommentaar betrekking het.  
Domein 5 – Toepaslikheid
7. Die riglyne is relevant vir die Suid-Afrikaanse konteks. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die toepaslikheid van die aanbevelings? Dui asseblief die nommer aan van die aanbeveling waarop u kommentaar betrekking het.  
Domein 6 – Outeursonafhanklikheid
8. Die outeurs het verklaar dat daar geen belangebotsings is nie. Likert-skaal:
1 = Verskil ten sterkste
5 = Stem volkome saam
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die outeursonafhanklikheid?  
Algehele riglynbeoordeling
9. Beoordeel die algehele gehalte en uitvoerbaarheid van die riglyne. Likert-skaal:
1 = Hoogste moontlike gehalte
5 = Laagste moontlike gehalte
  Het u enige kommentaar of terugvoer oor die gehalte en uitvoerbaarheid van die riglyne? Dui asseblief die nommer aan van die riglyn en/of aanbeveling waarop u kommentaar betrekking het.  
10. Ek sal die riglyne vir gebruik aanbeveel. Ja
Ja, met aanpassings
Nee
  Indien u ‘Nee’ gekies het, verstrek asseblief die rede(s) daarvoor.  

 

2.4 Dataontleding

’n Statistikus het sowel beskrywende as inferensiële statistiese ontledings (Creswell en Clark 2018) gebruik. Die kwalitatiewe data is tematies ontleed (Braun en Clarke 2021).

Die resultate is geïntegreer deur eers die kwantitatiewe bevindinge aan te bied, gevolg deur die kwalitatiewe bevindinge in die vorm van aanhalings en diesulke temas uit die voltooide vraelyste. Deur middel van ’n narratiewe bespreking is daar aangetoon hoe die aanhalings die kwantitatiewe bevindinge bevestig en verduidelik. ’n Lys van die deelnemers se kommentaar en voorstelle oor moontlike aanpassings aan die riglyndokument is ook opgestel, en die riglynontwikkelingsgroep het besluit of die aanpassings aangebring moet word of nie.

 

3. Resultate en bespreking

In hierdie afdeling word die resultate van elke vraelysdomein én stellings 9 en 10 eers in tabelvorm voorgestel (statistiese ontleding). Daarna volg ’n vergelykende narratiewe bespreking (tematiese ontleding) van die deelnemers se kommentaar, wat onder die volgende drie temas ingedeel is:

  • Positiewe opmerkings oor die nut en gehalte van die dokument (hierna “Positiewe opmerkings” ter wille van bondigheid)
  • Die deelnemers se besinning oor die riglyndokument en die beoordelingsproses (hierna “Deelnemerbesinning”)
  • Voorstelle oor aanpassings aan die riglyndokument en oor die moontlike toekomstige gebruik van die riglyne (hierna “Voorstelle”)

Ons begin met die resultate van stelling 9 en 10, wat deelnemers se algehele gevoel oor die riglyndokument getoets het, en beweeg daarna oor na die resultate van domein 1 tot 6. Laastens word die deelnemers se kommentaar in antwoord op die oop vrae per domein aangebied, tesame met die riglynontwikkelingsgroep se besluit daaroor.

3.1 Algehele riglynbeoordeling

3.1.1 Statistiese ontleding van stelling 9

Altesaam 95% van die deelnemers het die gehalte en praktiese uitvoerbaarheid van die riglyne positief beoordeel, en slegs 5% (twee deelnemers) was neutraal. Die p-waarde van minder as 0,01 dui op ’n waarskynlikheid van minder as 1% dat die verskil tussen die standaardafwyking en die neutrale opsie toevallig is. Die bevindinge is derhalwe statisties beduidend.

Een van die deelnemers met ’n neutrale respons het nie by enige domein kommentaar gelewer om hulle antwoord te verduidelik nie. Die ander diesulke deelnemer het kommentaar gelewer, tesame met vier van die deelnemers wat die riglyne as van ’n hoë gehalte beskou het.

3.1.2 Statistiese ontleding van stelling 10

Stelling 10 versoek die deelnemers om aan te dui of hulle die riglyne sal gebruik en aanbeveel. Sowat 88% (n = 36) van die deelnemers het aangedui dat hulle die riglyne sal aanbeveel, terwyl 12% (n = 5) sekere aanpassings versoek het. Vier van die deelnemers wat aanpassings voorgestel het, het spesifieke voorstelle oor moontlike aanpassings aan een of meer van die ses domeine gemaak. Hierdie bydraes word ingesluit in afdeling 3.3 tot 3.8 tesame met ander deelnemers se kommentaar op domein 1 tot 6 (stelling 1–8).

3.1.3 Tematiese ontleding van stelling 9

Die opmerkings van die vier deelnemers wat op stelling 9 (“Beoordeel die algehele gehalte en uitvoerbaarheid van die riglyne”) kommentaar gelewer het, is tematies ontleed. Die kommentaar het op die volgende twee tematiese gebiede geval.

Positiewe opmerkings

Die tema wat die sterkste na vore gekom het, was waardering oor die nut en gehalte van die riglyne. Een deelnemer (3194) het byvoorbeeld aangedui dat die riglyne van ’n hoë gehalte is en dat dit veral STT’s in die openbare sektor, soos STT’s wat gemeenskapsdiens verrig, sal baat. Die deelnemer het ook aangevoer dat die riglyne ’n nuttige bron vir veral universiteitstudente kan wees. Die waarde van die riglyne as hulpbron vir universiteitsopleiding kan ondersoek word deur in gesprek te tree met spraak-taalterapiedosente wat VKI onderrig.

Die volgende opmerking beklemtoon die moontlike waarde van die riglyne vir ander beroepslui wat vroeë intervensie lewer:

If we could use these guidelines for teachers or other allied health, I feel it could truely [sic] come to its full potential. It is valuable just to a broader/different audience. (D 3044)

Die riglyne is opgestel aan die hand van literatuur oor, en in samewerking met, STT’s as verskaffers van vroeë intervensie. Om persone van ander gesondheidsorgberoepe en opvoeders by die teikengebruikergroep in te sluit, sal die riglyne dus in oorleg met lede van sodanige ander beroepe én aan die hand van literatuur oor hierdie persone as verskaffers van vroeë intervensie beoordeel en aangepas moet word.

Deelnemerbesinning

Die deelnemer wat neutraal was oor die gehalte en uitvoerbaarheid van die riglyne, het op grond van hulle ervaring van KLEK VKI die volgende kommentaar gelewer:

Although these guidelines can be seen as feasible, it just feels like it stands at the core of our profession (any ethical SLT/A should be well versed herewith), the relevance to this profession just feels a bit redundant. If we could use these guidelines for teachers or other allied health, I feel it could truely [sic] come to its full potential. It is valuable just to a broader/different audience. (D 3044)

Die deelnemer beskou dus die riglyne enersyds as prakties uitvoerbaar en nuttig, maar andersyds as oortollig vir die spraak-taalterapieberoep aangesien STT’s wat tot etiese en kultuurresponsiewe praktykvoering verbind is reeds daarmee bekend moet wees. Die stelling “the relevance to this profession just feels a bit redundant” problematiseer dus die riglyne se relevansie vir die STT-beroep.

Die voorgestelde riglyne vir KLEK VKI strook met afdeling 5 (pligte teenoor pasiënte) van die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika se algemene etiekriglyne vir die gesondheidsorgberoepe (2021a:6–10)en is daarom relevant. Volgens die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (2021b) het gesondheidsorgwerkers boonop ’n verantwoordelikheid om voortgesette beroepsontwikkeling te ondergaan – “to maintain and acquire new and updated levels of knowledge, skills and ethical attitudes that will be of measurable benefit in professional practice”. Dít sou insluit dat STT’s hulle kennis van KLEK VKI-praktykvoering moet opskerp en in stand hou deur nuwe riglyne en beleid te oorweeg. Ons reken dat die voorgestelde riglyndokument ’n sinvolle bydrae kan lewer tot die voortgesette beroepsontwikkeling en ondersteuning van STT’s wat tot kultuurresponsiwiteit verbind is. Voorts redeneer ons dat dit veral van waarde is vir minder ervare STT’s wat hoofsaaklik KLEK VKI moet lewer, soos STT’s wat gemeenskapsdiens verrig, soos deelnemer 3194 ook hier bo aangedui het.

Volgens een deelnemer is die riglyne van ’n hoë gehalte en kan dit vir gebruik aanbeveel word, dog met sekere aanpassings. Op grond van hulle ervaring in die Wes-Kaapse openbare sektor het die deelnemer die volgende te sê gehad oor riglyn 7 (“Lei tolke op”):

Interpreters are not always readily available at primary healthcare level. Rehab care workers assist with interpretation but do not always have time to assist as they have different roles. General assistants usually assist with translation but at times the translation is not clear. (D 7290)

Dié opmerking strook met ander studies wat bevind het dat daar in Suid-Afrika én elders ’n tekort aan opgeleide tolke bestaan (Elkington en Talbot 2016; Guiberson en Atkins 2012). Volgens die kommunikasiedirektoraat van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement kan gesondheidsorgwerkers soos STT’s aansoek doen om die gebruik van ’n ervare tolk by sekere hospitale en klinieke in die Wes-Kaap. Die tolkdiens word voorsien deur Folio Intertel (https://www.folio-online.co.za/folio-intertel/). STT’s moet ’n motivering indien vir die gebruik van die diens, wat uit óf telefoniese óf persoonlike tolking in ál twaalf amptelike landstale bestaan.

Die aanbevelings van riglyn 7 strook met aanbevelings oor die gebruik van tolke in die spraak-taalterapieliteratuur (Langdon en Saenz 2016:85–7, 115–6) en is van toepassing op die ontplooiing van ervare tolke soos dié van Folio Intertel óf minder ervare tolke soos algemene assistente. Nietemin is riglyne en aanbevelings op sigself nie genoeg nie; dit moet ondersteun word deur ’n gesondheidsorgstelsel wat oor die nodige hulpbronne, infrastruktuur en ondersteuningsnetwerke beskik.

3.2 Oorsig van statistiese ontleding van domein 1 tot 6 (stelling 1 tot 8)

Tabel 2 bied ’n geheelbeeld van die deelnemers se numeriese beoordeling van domein 1 tot 6 (stelling 1 tot 8) aan die hand van die Likert-skaal. Tersaaklike syfers uit die tabel word in afdeling 3.3 tot 3.8 herhaal waar die kwantitatiewe resultate van die onderskeie domeine saam met die kwalitatiewe data bespreek word.

Tabel 2. Deelnemerreaksies op domein 1 tot 6 (stelling 1 tot 8)
Klik hier vir ’n groter weergawe van die tabel.

* “Std.-afw.” staan vir standaardafwyking.
** Statisties beduidend op die 1%-betekenispeil, 99%-vertrouensvlak (p <0,01).

Volgens die nulhipotese is die gemiddelde responsgetal gelyk aan die neutrale opsie op die Likert-skaal (3); met ander woorde, daar is geen verskil tussen die gemiddelde en die neutrale opsie nie. Aangesien die p-waarde egter kleiner is as 0,01 word die nulhipotese in alle gevalle verwerp. Op ’n 1%-betekenispeil is die gemiddelde tellings vir ál die stellings beduidend hoër as 3, dus kan daar statisties afgelei word dat die deelnemers die riglyne in ál ses domeine positief beoordeel het. Die waarskynlikheid dat hulle positiewe reaksies toevallig is, is dus klein.

3.3 Domein 1: Die omvang en doel van die riglyne

3.3.1 Statistiese ontleding van stelling 1 en 2

Domein 1 het die oorhoofse doelwitte en die teikenpopulasie van die riglyne (persone wat by die riglyne sal baat vind, naamlik versorgers en gesinne van kinders onder driejarige ouderdom) ondersoek.

Soos Tabel 2 hier bo toon, het ál die deelnemers saamgestem dat die oorhoofse doelwitte van die riglyne spesifiek beskryf word (stelling 1), en 93% het gedink die teikenpopulasie word spesifiek beskryf (stelling 2). Een deelnemer het met stelling 2 verskil en twee was neutraal. Hierdie drie deelnemers het kommentaar gelewer om hulle antwoorde te verduidelik. Nege van die deelnemers wat met sowel stelling 1 as 2 saamgestem het, het ook voorstelle gemaak om die riglyndokument verder te verfyn. Die tematiese ontleding van hierdie kommentaar word hier onder beskryf.

3.3.2 Tematiese ontleding van stelling 1 en 2

Positiewe opmerkings

Twee deelnemers het in hulle kommentaar benadruk dat die doel en teikenpopulasie van die riglyne onderskeidelik duidelik en baie duidelik beskryf word.

Voorstelle

Een deelnemer wat met stelling 2 (“Die populasie op wie hierdie riglyne van toepassing is, word spesifiek beskryf”) verskil het, het die volgende aanbeveling gedoen:

Under the “aim” section (i.e. the first paragraph) where it is said: “This document describes... (ECI)” I would add after ECI “i.e. intervention with children aged 0 – 3 years” to make it very explicit from the beginning of the handout (D 2958).

’n Ander deelnemer was neutraal teenoor stelling 2 en het die volgende voorgestel:

The target population could include “with communication developmental delay” or “communication difficulties” since ECI is not to all families with kids under three but rather kids with communication difficulties (D 3376).

Die deelnemers se voorstelle hier lewer ’n waardevolle bydrae tot die riglyndokument, om twee redes. Eerstens is dit belangrik om die ouderdom van die kind wat gewoonlik by VKI betrokke is vroeg in die dokument reeds aan te dui om verwarring te voorkom. In Suid-Afrika én die res van die wêreld verwys VKI gewoonlik na die bewusmaking, voorkoming, assessering en behandeling van spraak-taalprobleme by kinders tussen die ouderdom van 0 en 3 in samewerking met hulle versorgers (Amerikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2008; Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2017). Tweedens moet daar inderdaad aan die leser van die riglyne uitgewys word dat VKI spesifiek aangedui word vir kinders met ’n bevestigde of waarskynlike risiko vir kommunikasieagterstande of -afwykings (Rossetti 2001:3–6). Derhalwe is ’n duideliker definisie van VKI sowel as die teikenpopulasie op wie die riglyn van toepassing is nodig.

’n Deelnemer wat met albei stellings saamgestem het, het voorgestel dat ’n prent langs die teikenpopulasie-opskrif geplaas word wat die maksimum VKI-ouderdom van 3 jaar uitbeeld. Dít, meen die deelnemer, sal sorg dat lesers uit die staanspoor weet na watter ouderdomsgroep die riglyne verwys:

Perhaps also include a visual next to target population heading that reads <Age 3 to reinforce what the passage says. Just to make it more clear and concise (D 8176).

Die huidige illustrasie in die riglyndokument is van ’n dogtertjie wat waarskynlik ouer as 3 jaar is. Die vervanging van die illustrasie om eerder ’n kind wat duidelik jonger as 3 is en ’n versorger uit te beeld, kan moontlike verwarring oor die teikenpopulasie uitskakel. ’n Byskrif tot die prent wat die woorde “Drie jaar en jonger” bevat, sal aangebring word.

Deelnemerbesinning

Een deelnemer was neutraal teenoor stelling 2. Daar is enersyds saamgestem dat die teikenpopulasie van die riglyne spesifiek beskryf word, maar andersyds is aangedui dat die riglyne lyk of dit op kinders van enige ouderdom van toepassing is en dus meer spesifiek op kinders jonger as 3 gerig moet word:

Could be more related to the very young child – seems general (D2656).

Hierdie opmerking sluit aan by ander deelnemers se kommentaar en onderstreep die behoefte om die teikenpopulasie duideliker te omskryf. Hoewel die riglyne spesifiek vir kinders jonger as 3 ontwikkel is, kan sekere beginsels daarvan wél vir ouer kinders ook geld. STT’s kan hulle eie kliniese oordeel gebruik om te bepaal watter riglyne en aanbevelings in sulke gevalle sal geld.

Een deelnemer was onseker of die riglyne ook van toepassing sal wees op kinders by wie kommunikasieprobleme later geïdentifiseer word, soos kinders met outisme.

I wonder if this would include ECI for Autistic children/special needs children who are not always receiving ECI within that age range. Is this for more or less neurotypically delayed children? (D 3022).

Die Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging se VKI-riglyndokument (2017) stel die ideaal dat VKI voor driejarige ouderdom ’n aanvang neem, maar Suid-Afrikaanse gesinne moet steeds die voordele van VKI kan benut selfs al word kommunikasieprobleme eers op ’n later ouderdom by hulle kinders geïdentifiseer. Die STT is daarvoor verantwoordelik om self te besluit en te onderskei watter riglyne van toepassing is op die spesifieke behoeftes van ’n versorger en ’n kind, ook byvoorbeeld ’n kind met outisme, of ’n kind met ’n ander diagnose wat tot kommunikasie-ontwikkelingsprobleme lei, of ’n kind by wie ’n kommunikasieprobleem eers ná driejarige ouderdom geïdentifiseer word. Aangesien geen diagnoses uitgesluit was van die literatuur waarop die riglyne gegrond is nie, moet daar duidelik aangedui word dat die riglyne van toepassing is op alle afwykings wat by jong kinders tot kommunikasieprobleme lei, sowel as op versorgers met voorskoolse kinders by wie daar eers ná driejarige ouderdom ’n kommunikasieprobleem geïdentifiseer word.

Die gebruik van die term kultuurbevoegdheid is aangeroer deur ’n deelnemer deurdat hulle nadink oor kultuurbevoegdheid en kultuurnederigheid:

I thought the term cultural competence had changed to cultural humility (D 689).

Die twee terme is nou verwant en is bekend vir interessante sienings hieroor. In beginsel is kultuurbevoegdheid ’n verwysing na die gedrag en ingesteldheid van professionele persone wat hulle in staat stel om doeltreffend in kruiskulturele omstandighede te praktiseer (Amerikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2020). Kultuurnederigheid is verwys egter na ’n lewenslange proses van selfbesinning waartydens die individu nie net van ander kulture leer nie, maar ook hulle eie kulturele identiteit en oortuigings ondersoek (Tervalon en Murray-Garcia 1998; Yeager en Bauer-Wu 2013).

Daarenteen is die term kultuurbevoegdheid in omstredenheid gehul as gevolg van die kritiek dat dit die “andersheid” van die kliënt se kultuur beklemtoon en sodoende die aandag aflei van die rol wat die diensverskaffer se eie kultuur gedurende KLEK interaksies speel (Curtis, Jones, Tipene-Leach, Walker, Loring, Paine en Reid 2019). Lekas, Pahl en Fuller-Lewis (2020) stel voor dat opleiding eerder op kultuurnederigheid as kultuurbevoegdheid behoort te konsentreer. Volgens hulle moet diensverskaffers daarteen waak om “bevoeg” te raak in die gebruike, waardes en oortuigings van kliënte van verskillende kulture; daarteenoor moet diensverskaffers eerder ’n posisie van nederigheid inneem en mag met die diensontvanger deel. Die vierde beginsel van die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (2019) se riglyndokument vir praktykvoering in ons taal- en kultuurdiverse land sluit die gebruik van sowel kultuurbevoegdheid as -nederigheid in. Hoewel kultuurbevoegdheid ’n term is wat algemeen in spraak-taalterapieliteratuur gebruik word (Gerber en Visser 2022), is dit belangrik om oor die kritiek teen die term na te dink. Die insluiting van die term kultuurnederigheid by die riglyndokument tesame met ’n definisie daarvan is weliswaar nodig en kan STT’s se bewustheid van die denkverskuiwing in dié verband bevorder en hulle kennis van kultuurnederigheid uitbrei.

’n Deelnemer het die belang van taalvaardigheid in komplekse werkomgewings onderstreep waar hulle oor riglyn 14 besin het:

I think that all speech therapists working in bilingual and multicultural settings should make effort to learn the language of the community being served, learn about traditional ceremony and customs and try to be fluent at the level of a child under three (D7963).

Wat die aanleer van ’n nuwe taal dikwels ingewikkeld maak, is die dialekverskille tussen stedelinge en plattelanders en sprekers van verskillende provinsies, en sprekers se ouderdom word ook uitgelig:

Understanding the syntax of isiXhosa or isiZulu can assist in assessments that are based on prescriptive language instead of descriptive language. In this way the vernacular and linguist differences based on location of the client is also kept in mind. For example the difference in isiXhosa vocabulary in townships versus rural areas. Also for first language isiXhosa speakers relocating from Western Cape to Eastern Cape there will be linguistic differences between the provinces. To also keep in mind age of primary caregiver as they will most likely speak more formal version of the child’s he language if they are over 40 years of age. Newer generations have more code switching and pigeon [sic] versions of African languages e.g luhlaza versus igreen (D7963).

Om veral kwessies met dialek- en streeksverskille te oorbrug, kan die gebruik van ’n tolk en die volg van riglyn 7 (“Lei tolke op”) steun bied aan STT’s wat nie hulle kliënt se taal vlot kan praat nie. ’n Deelnemer wat in die privaat sektor werksaam is en ook betrokke is by ’n skool, het op grond van diésulke ervaring aangevoer dat KLEK VKI veral moeilik is in privaat praktyk. Daar is verskeie uitdagings wat STT’s in beide die openbare en publieke sektor in die gesig staar, onder andere gebrekkige toegang tot opgeleide tolke (Botha en Gerber 2023), tekorte aan STT’s (Pillay e.a. 2020) en tekorte aan konteksrelevante hulpbronne (Pascoe en Norman 2011).

3.4 Domein 2: Betrokkenheid van belanghebbendes

3.4.1 Statistiese ontleding van stelling 3 en 4

Hierdie domein het gekonsentreer op die omskrywing van die teikengebruikers van die riglyne (STT’s) en die vraag of die riglynontwikkelingsgroep (STT’s en ’n verpleegkundige) verteenwoordigend genoeg is om hulle met die teikengebruikers (STT’s) te kan vereenselwig (Brouwers e.a. 2017).

Ál die deelnemers het met stelling 3 saamgestem (“Die teikengebruikers van die riglyne – STT’s wat KLEK VKI lewer – word duidelik omskryf”), en 95% het saamgestem dat die groep wat die riglyndokument ontwikkel het individue van relevante mediese beroepe insluit (stelling 4), naamlik een verpleegkundige met kundigheid in die spesifieke navorsingsmetodologie en drie STT’s. Twee deelnemers was neutraal teenoor stelling 4, maar het nie enige kommentaar gelewer wat verdere lig op hulle antwoord kon werp nie. Drie deelnemers wat met albei stellings saamgestem het, het kommentaar gelewer, wat tematies ontleed is.

3.4.2 Tematiese ontleding van stelling 3 en 4

Deelnemerbesinning

Een deelnemer was onseker of die teikengebruikers slegs STT’s is wat KLEK VKI lewer, of ander beroepslui ook. Die deelnemer het uitgewys dat indien ander beroepslui ook die riglyndokument kan gebruik, dít nie duidelik uit die dokument blyk nie. ’n Ander deelnemer het die teikengebruikerkwessie soos volg verwoord:

I believe that the guidelines would be relevant to all health care professionals who provide services to individuals from different cultural backgrounds to their own, not only SLTs (D 4143).

Hierdie opmerking ondersteun die kommentaar onder die algehele riglynbeoordeling (3.1 hier bo), naamlik dat die teikengebruikers van die dokument uitgebrei kan word om ook ander beroepslui wat kruislinguisties en -kultureel praktiseer in te sluit. Oor die riglynontwikkelingsgroep het ’n deelnemer ook gesê dat ’n maatskaplike werker by die groep betrek kon geword het:

Perhaps a Social Worker could have been consulted in the development of the document, as this area falls within their scope of practice (D 4143).

Dit is belangrik dat die ontwikkelingsgroep uit beroepslui bestaan wie se insigte oor KLEK VKI strook met die insigte van STT’s wat KLEK VKI-dienste lewer (die teikengebruikergroep) (Brouwers e.a. 2017). Indien die gebruikers van die riglyndokument maatskaplike werkers ingesluit het, sou dit voordelig gewees het om hulle by die riglynontwikkelingsproses te betrek.

Voorstelle

Een deelnemer het voorgestel dat bewaarskoolopvoeders van dieselfde kultuur as die jong kinders by hulle skole ingesluit word as belanghebbendes wat tot die riglyne kan bydra:

Perhaps input from professionals familiar with working with this multilingual population, such as culturally-similar crèche teachers could provide insight into the culture-specific concerns, such as about communication with those who are younger vs caregivers, etc. (D 3081).

Hierdie kommentaar vergroot die net van moontlike gebruikers en opper die moontlikheid om die riglyne in die toekoms deur persone uit ’n verskeidenheid taal- en kultuurgroepe, soos bewaarskoolopvoeders en ander aanvullende gesondheidsorgberoepslui, te laat beoordeel. In daardie geval moet die ontwikkelingsgroep, soos Brouwers en kollegas (2017) aanbeveel, ook lede van die betrokke beroepe insluit. Soos ons hier bo genoem het, is die riglyne egter gegrond op literatuur oor STT’s, wat verklaar waarom dit nie deur belanghebbendes soos bewaarskoolopvoeders of lede van ander aanvullende gesondheidsorgberoepe beoordeel is nie. Die voorstel kan oorweeg word wanneer literatuur oor KLEK vroeë intervensie op ander gesondheidsorgterreine geraadpleeg en beoordeel word. Tot dan het die ontwikkelingsgroep besluit om die teikengebruikers van die KLEK VKI-riglyndokument onveranderd te laat.

3.5 Domein 3: Betroubaarheid van die ontwikkelingsproses

3.5.1 Statistiese ontleding van stelling 5

Domein 3 het net uit een stelling bestaan, naamlik “Die metode wat gevolg is om die riglyne te formuleer word duidelik beskryf” (stelling 5). Die metode verwys naamlik na die proses wat die ontwikkelingsgroep gevolg het om navorsingsbewyse te versamel en die riglyne te formuleer (Brouwers e.a. 2017).

Altesaam 93% van die deelnemers het saamgestem dat die metode wat gevolg is duidelik beskryf word, terwyl een deelnemer verskil het en twee ’n neutrale reaksie aangedui het. Hierdie deelnemers het egter nie enige aanmerkings in die kommentaargedeelte gelaat nie. Een deelnemer wat met die stelling saamgestem het, het egter kommentaar gelewer.

3.5.2 Tematiese ontleding van stelling 5

Deelnemerbesinning

’n Riglyndokument moet besonderhede insluit van die strategie wat gevolg is om onderliggende navorsingsbewyse vir die riglyne te versamel, waaronder die soekwoorde, databasisse, bronne en taal- en datumbeperkings wat vir die soektog gebruik is (Brouwers e.a. 2017). Hierdie besonderhede maak wél deel uit van die eerste datastel wat in die KLEK VKI-riglyndokument aangehaal word, naamlik die artikel deur Botha, Gerber en Van der Merwe (2021). Een deelnemer het egter vrae gevra soos:

Was there any criteria for recommendations to be included? Or was everything compiled into 1 document? Were any recommendations excluded from the guideline? (D 3001)

Hierdie vrae illustreer dalk dat bykomende inligting oor die ontwikkelingsproses van die riglyndokument waardevol kan wees. Bykomende inligting oor die ontwikkelingsproses verskyn tans in die eerste outeur se ongepubliseerde PhD-proefskrif. Die riglynontwikkelingsgroep het dus besluit dat hierdie bykomende inligting in die vorm van ’n bylaag by die riglyndokument voorsien sal word aan STT’s wat dit versoek. Die hiperskakels na die drie artikels waarop die riglyndokument berus, sal ook ingesluit word om te sorg dat aanlyn gebruikers maklike, direkte toegang tot hierdie drie bronne het.

3.6 Domein 4: Duidelikheid van aanbieding

3.6.1 Statistiese ontleding van stelling 6

Die enkele stelling van hierdie domein, “Die riglyne is spesifiek en ondubbelsinnig”, het die taal, struktuur en formaat van die riglyne ondersoek.

Volgens Brouwers en kollegas (2017) behoort riglyne in ’n riglyndokument maklik identifiseerbaar te wees. Die Instituut van Geneeskunde (VS) se Komitee oor Standaarde vir die Ontwikkeling van Betroubare Kliniese Praktykriglyne (2011) wys voorts daarop dat riglyne ondubbelsinnig moet wees.

Die oorgrote meerderheid van die deelnemers (97%) het met die stelling saamgestem en vyf van hulle het kommentaar gelewer. Een deelnemer het neutraal gereageer, maar nie enige kommentaar gelewer of voorstelle gemaak nie.

3.6.2 Tematiese ontleding van stelling 6

Positiewe opmerkings

Twee deelnemers het die duidelikheid van die aanbieding gekomplimenteer deur die dokument as maklik leesbaar, oorsigtelik, kompak, goed beskryf, en esteties aangenaam te bestempel (D 8090 en 3022).

Voorstelle

Een deelnemer het ’n voorstel oor die bladoriëntasie van die riglyne gemaak en aangedui dat die dokument dalk te teks-dig is en dat:

maybe a longer more spaced doc with portrait orientation would help (D 689).

Diesulke voorstelle kan in heroorweging neem word wanneer ’n druk/publikasie-vriendelike weergawe ontwerp word.

Wat die taal van die dokument betref, het ’n deelnemer voorgestel dat die gebruik van idiomatiese uitdrukkings vermy word:

In the interests of clarity, try to avoid English idiomatic expressions that may be difficult to understand by those who don’t have English as their first language, instead of “by the book” [aanbeveling 9.2] say “in the same way”. There may be other uses of idiomatic language – that one just jumped out at me (D 931).

Engels-tweedetaalsprekers kan met idiomatiese uitdrukkings in Engels sukkel as gevolg van die arbitrêre en nie-letterlike aard daarvan (Al-Khawaldeh, Jaradat, Al-Momani en Bani-Khair 2016; Aljabri 2024). Aanbeveling 9.2 waarna die deelnemer verwys, is in daardie presiese woorde uitgedruk deur ’n Oos-Kaapse STT in die tweede navorsingsartikel waarop die riglynontwikkeling geskoei is (Botha en Gerber 2023) en is gevolglik net so as ’n aanhaling by die riglyndokument ingesluit. Die gebruik van direkte aanhalings is ’n manier om die betroubaarheid van data te verhoog (Howe, Verdon, Easton en Geiger 2019:114). Nogtans is dit ter wille van diegene wat nié Engels-eerstetaal sprekers is nie, waarskynlik nodig om hierdie voorstel te implementeer en dus aanbeveling 9.2 in eenvoudiger taal te skryf.

’n Ander deelnemer het spesifieke kommentaar gelewer op aanbevelings 1.6, 8.1 en 10.3:

Aanbeveling 1.6 (“Verhoed dat die versorger aanstoot neem wanneer daar oor kulturele gebruike gepraat word deur beleefd, taktvol en versigtig te kommunikeer”)

I would elaborate more upon the point 1.6 by giving an example “such as being aware and following cultural norms around eye contact”. This will highlight to individuals that they need to be aware of what is respectful within the caretaker’s culture and not just their own (D 2958).

Wat hierdie aanbeveling betref, het die riglynontwikkelingsgroep konsensus bereik dat hoewel verskillende persone weliswaar verskillende gebruike en voorkeure ten opsigte van oogkontak het (Isaac 2002), ’n omsigtigheid eerder enige moontlike stereotipering wat die deelnemer se voorgestelde voorbeeld kan veroorsaak, te vermy. Daar is wel besluit om die aanbeveling toe te lig met ’n verwysing na verbale en nie-verbale kommunikasie. Dit is aanvaar dat vaardighede in verbale en nie-verbale kommunikasie noodsaaklik is om doeltreffend met persone van verskillende kultuur- en etniese agtergronde te kommunikeer (Ting-Toomey en Dorjee 2019:230).

Aanbeveling 8.1 (“Gebruik dinamiese assessering”)

I would also elaborate in section 8. Use dynamic assessment methods and criterion referenced assessment tools. I would mention the use of caretakers (if possible) taking videos of the child in their home environment as an information gathering tool specifically (D 2958).

Die deelnemer was die enigste persoon wat “criterion referenced assessment tools” as nog ’n vorm van assessering voorgestel het. Omdat hierdie voorstel nêrens genoem is in die literatuur waarop die riglyne gegrond is óf deur enige ander deelnemers geopper is nie, het die riglynontwikkelingsgroep besluit om tans nié hierdie aanbeveling te inkorporeer nie. Dit is egter moontlik dat diesulke voorstel in toekomstige riglynontwikkelingsprotokolle oorweeg kan word.

Die voorstel oor video’s sal egter as ’n voorbeeld van ’n dinamiese assesseringsmetode ingesluit word aangesien daar bewyse bestaan dat dit ’n nuttige instrument kan wees om inligting oor kinders se kommunikasievaardighede in hulle natuurlike omgewing in te win (Beta, Polzin, Vuliva, Wu en Lüdtke 2023; Farrugia 2022). Selfone plaas deesdae video-opneemtegnologie binne die meeste mense se bereik. Die voorstel sal dus betreklik maklik en haalbaar wees om te implementeer.

Aanbeveling 10.3 (“Doen voorspraak vir aanpassings in kurrikulums vir vroeë kommunikasie-intervensie, veral ten opsigte van samewerking met versorgers om te sorg dat terapiedoelwitte suksesvol na die kind se tuisomgewing oorgedra word”)

I would add home “and school” environment, as some of these children may be at creches or playgroups (D 2958).

Aanbeveling 10.3 is bespreek in die tweede navorsingsartikel wat die riglynontwikkelingsproses onderlê (Botha en Gerber 2023). ’n STT wat aan Botha en Gerber se studie deelgeneem het, het voorgestel dat die universiteitskurrikulum STT’s se vaardighede ontwikkel om versorgers by terapie te betrek. Dít was na aanleiding van die terapeut se waarneming dat sommige versorgers geneig is om buite die terapiesessie te wag terwyl die STT met die kind werk. Versorgerbetrokkenheid versterk die moontlikheid dat terapiedoelwitte na die kind se natuurlike omgewing, wat sowel die tuisomgewing as die skool insluit (Kaiser en Roberts 2011), oorgedra sal word. Dus het die riglynontwikkelingsgroep besluit om die woorde “en skool” by aanbeveling 10.3 in te sluit.

3.7 Domein 5: Toepaslikheid

3.7.1 Statistiese ontleding van stelling 7

Domein 5 het slegs een stelling bevat, naamlik die “riglyne is relevant vir die Suid-Afrikaanse konteks”, en 98% van die deelnemers het hiermee saamgestem. Een deelnemer was neutraal, maar het nie terugvoer gebied om dié keuse te motiveer nie. Vier van die deelnemers wat met die stelling saamgestem het, het wel kommentaar gelewer.

3.7.2 Tematiese ontleding van stelling 7

Positiewe opmerkings

Twee deelnemers het positiewe terugvoer gemaak oor die toepaslikheid van die riglyne. Een het genoem dat die riglyne maklik is om jou mee te vereenselwig en om te volg, terwyl die ander een die volgende te sê gehad het:

I wish a guideline like this was present when I was a student. It is much needed. (D 3001).

Dít strook met vorige deelnemerkommentaar, naamlik dat die riglyne veral waardevol kan wees vir jonger, minder ervare STT’s.

Deelnemerbesinning

Een deelnemer het die volgende kommentaar gelewer:

I think in EI we can typically make the effort as practitioners to conduct therapy interactions in the child’s first language, although coaching the caregiver may still take place in English or a common language. The child populations we see are often minimally verbal – we can treat in their first language. (D 689).

Die deelnemer se opmerking is ’n goeie voorbeeld van hoe STT’s riglyn 14 (“Doen moeite om jou eie kennis van kulturele gebruike en tale uit te brei – wees kultuurbevoeg”) kan verwesenlik. Nietemin moet hierdie praktyk nie as die ideaal beskou word nie: Die ideaal is steeds dat ’n kind VKI-sessies in hulle moedertaal ontvang (Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2017). Tolke is egter nie altyd beskikbaar nie (Hagan, Hunt, Kilian, Chiliza en Swartz 2020) en daarom kan ’n STT in bepaalde omstandighede met die kind in hulle moedertaal probeer kommunikeer, veral by kinders met beperkte ekspressiewe taal wat dikwels deur die gebruik van prentsimbole of gebare aangevul word (Andzik en LaMarca 2024).

Een deelnemer (3194) het aangevoer dat hoewel STT’s baie van die aanbevelings in die riglyndokument instinktief in KLEK VKI volg (op grond van hulle kliniese ervaring), ander aspekte nie altyd so voor die hand liggend is nie en besinning verg. Dít sluit in om die versorger se toestemming te vra om ’n tolk te gebruik (riglyn 7) en oorlegpleging met ander belanghebbendes (riglyn 12). Hierdie kommentaar verklaar dalk ook waarom deelnemers gevoel het dat jonger terapeute en studente, wat nog nie op kliniese ervaring kan staatmaak nie, veral by die riglyne sal baat vind. Voorts dui dit daarop dat die dokument riglyne insluit waarvan STT’s nie noodwendig altyd bewus is nie en wat hulle nie altyd spontaan gebruik of selfs onthou nie. Dit weerspreek deelnemer 3044 se gevoel dat die riglyne oortollig is (sien 3.1 hier bo).

Wat die toepaslikheid van aanbeveling 9.1 (“Bied verskeie geleenthede vir assessering in verskillende omgewings, soos by die huis, praktyk, kliniek of skool, waar dit moontlik is”) in die besonder betref, het een deelnemer die volgende gesê:

Seeing your patient in their “natural” environment (home and school) is not always easy in the public sector as you are under time constraint and dealing with a LARGE caseload. This will be ideal to see your patient in entirety and it will provide large chunks of information when reflecting on the ICF but unfortunately it is most of the time an unrealistic expectation. (D 3194).

Aanbeveling 9.1 kom uit die eerste navorsingsartikel wat die riglynontwikkelingsproses onderlê (Botha, Gerber en Van der Merwe 2021). Hierdie artikel het ál die verskillende bestaande strategieë vir KLEK pediatriese spraak-taalterapie op grond van die literatuur beskryf. In teenstelling met die voorstelle in die tweede navorsingsartikel (Botha en Gerber 2023), is aanbeveling 9.1 dus nie spesifiek deur Suid-Afrikaanse STT’s in die openbare gesondheidsorgstelsel voorgestel nie. Suid-Afrikaanse STT’s het inderdaad swaar werkslading (Warden, Mayers en Kathard 2008), wat moontlik geleenthede vir tuis- en skoolbesoeke beperk. Lang afstande en hoë reiskoste kan verdere uitdagings vir tuis- of skoolgebaseerde dienslewering wees. Waar STT’s egter wél tyd en toegang tot hulle kliënte se huise of skole het (in hetsy die privaat of openbare diensleweringskonteks), kan aanbeveling 9.2 steeds van waarde wees. Een van die beginsels van VKI is dat die STT alle geleenthede moet benut om ’n stimulerende natuurlike omgewing vir die kind te help skep (Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging 2017). Soos wat aanbeveling 9.1 ook aandui, is tuis- en skoolbesoeke nie in alle omstandighede moontlik nie, maar waar dit is, kan sulke besoeke gebruik word om so ’n stimulerende omgewing te bewerkstellig (Henwood, Channon, Penny, Robling en Waters 2020) sowel as die STT en versorger se vennootskap te bevorder (Verdon, Wong en Mcleod 2016). Daarom het die ontwikkelingsgroep besluit om aanbeveling 9.1 onveranderd te laat. Trouens, deelnemer 2958 se voorstel by riglyn 8.1 (sien 3.6 hier bo), naamlik om versorgers te nooi om selfoonvideo’s van die kind se kommunikasie in hulle natuurlike omgewing op te neem, kan STT’s se uitdagings met beperkte toegang tot die kind se natuurlike omgewing help oorkom.

3.8 Domein 6: Outeursonafhanklikheid

3.8.1 Statistiese ontleding van stelling 8

Ten slotte het domein 6 deelnemers se mening oor die stelling “Die outeurs het verklaar dat daar geen belangebotsings is nie” ondersoek. Ofskoon 91% van die deelnemers saamgestem het dat die outeurs verklaar het dat daar geen belangebotsings met die finansiers van die navorsing bestaan nie, het een deelnemer verskil en was drie neutraal. Laasgenoemde vier het egter nie verduidelikende kommentaar gelewer nie.

Instansies soos beroepsverenigings of welwillendheidsorganisasies verleen gereeld finansiële bystand vir die ontwikkeling van riglyne en enige moontlike invloed van hierdie instansies op sodanige riglyne moet verklaar word (Brouwers e.a. 2017). Die verklaring van belangebotsings is belangrik: Sodoende kan moontlike finansiersvooroordele ondersoek word, wat deursigtigheid bevorder (Napierala, Schuster, Gehrke-Beck en Heintze 2023). Die KLEK VKI-riglyndokument verklaar dat die studie deur twee instansies gefinansier word, naamlik die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en die Universiteit Stellenbosch se nagraadse beurskantoor. Die finansiering is toegeken aan die groter doktorale navorsingsprojek waarvan hierdie studie een fase uitmaak. Die verklaring stel dit duidelik dat die finansiers se sienings geen invloed op die inhoud van die riglyne gehad het nie. Slegs een deelnemer wat met die stelling saamgestem het, het kommentaar gelewer.

3.8.2 Tematiese ontleding van stelling 8

Deelnemerbesinning

Een deelnemer was die enigste met kommentaar op die domein van outeursonafhanklikheid:

I think perhaps a greater focus on the communities and settings families function in would be beneficial (D 689).

Nietemin verwys dié kommentaar oor die moontlike voordele van ’n sterker klem op die gemeenskappe en omgewings waarin gesinne funksioneer, eerder na die riglyndokument in die algemeen en nie na outeursonafhanklikheid in die besonder nie.

Buiten aanbeveling 14.2, wat STT’s aanmoedig om “aan kulturele geleenthede of byeenkomste” in verskillende gemeenskappe deel te neem om sodoende hulle kennis van verskillende kulture uit te brei, het die bestudeerde literatuur geen ander aanbevelings oor die gemeenskap- en gesinskonteks bevat nie. Albei hierdie kontekste is van belang om jong kinders aan geleenthede vir leer en ontwikkeling bloot te stel (Dunst, Hamby, Trivette, Raab en Bruder 2000; Balton, Uys en Alant 2019). Die riglynontwikkelingsgroep stem saam dat, indien dit beskikbaar was, méér aanbevelings hieroor baie waarde sou toegevoeg het tot die KLEK VKI-riglyne.

Wat die verklaring van outeursafhanklikheid betref, is geen veranderinge egter nodig nie.

3.9 Samevatting van die bevindinge

Die bevindinge kan soos volg saamgevat word:

  • Algehele gehalte van die riglyne: Die meeste deelnemers het die gehalte en praktiese uitvoerbaarheid van die riglyne in ’n positiewe lig beskou – 68% het gesê dit is van ’n hoë gehalte en 27% van die hoogste moontlike gehalte.
  • Aanbeveling van die riglyne: Ál die deelnemers sal die riglyne by ander belanghebbendes aanbeveel – 88% sonder enige aanpassings, en 12% nadat sekere aanpassings gemaak is.
  • Domein 1: Al die deelnemers het saamgestem dat die oorhoofse doelwitte van die riglyne spesifiek beskryf word (stelling 1), en 93% het genoem dat die teikenpopulasie spesifiek beskryf word (stelling 2). Voorstelle het hoofsaaklik gehandel oor die verheldering van die term vroeë kommunikasie-intervensie, en een deelnemer het kommentaar gelewer op die gebruik van die term kultuurbevoegdheid eerder as kultuurnederigheid.
  • Domein 2: Ál die deelnemers het met stelling 3 saamgestem (“Die teikengebruikers van die riglyne – STT’s wat KLEK VKI lewer – word duidelik omskryf”), en 95% het saamgestem dat die groep wat die riglyndokument ontwikkel het individue van relevante mediese beroepe insluit (stelling 4). Kommentaar het op die moontlike uitbreiding van die teikengebruikers na ander aanvullende gesondheidsorgberoepe gekonsentreer. Voorstelle vir die toekoms is ook gemaak, soos om ook ander persone wat by jong kinders se lewens betrokke is, vir hulle kommentaar te nader, waaronder bewaarskoolopvoeders.
  • Domein 3: Die meerderheid van die deelnemers (93%) het saamgestem dat die metode wat gevolg is om die riglyne te formuleer duidelik beskryf word. Slegs een deelnemer het in die kommentaargedeelte vrae gevra oor die metode vir die in- en uitsluiting van aanbevelings.
  • Domein 4: Die meeste deelnemers (97%) het saamgestem dat die riglyndokument duidelik aangebied word wat taal, struktuur en formaat betref. Voorstelle het gehandel oor ’n moontlike aanpassing aan die uitleg en spasiëring van die dokument, die vermyding van idiomatiese taalgebruik en die gebruik van voorbeelde om twee van die aanbevelings beter te verduidelik.
  • Domein 5: Amper alle deelnemers (98%) het saamgestem dat die riglyne relevant is vir die Suid-Afrikaanse konteks. Wat die aanbeveling oor assessering in die tuisomgewing betref, het een deelnemer uitgewys dat hoewel dit ideaal sou wees om kinders in hulle tuisomgewing te sien, dít nie altyd moontlik is vir STT’s in die Suid-Afrikaanse openbare sektor nie weens hulle swaar werklas en gebrek aan tyd.
  • Domein 6: Die meeste van die deelnemers (91%) het saamgestem dat die outeurs verklaar het dat daar geen belangebotsings met die finansiers van die navorsing is nie. Daar was geen kommentaar of voorstelle wat op hierdie domein betrekking gehad het nie.

Tabel 3 hier onder bied ’n samevatting van die deelnemers se kommentaar en die riglynontwikkelingsgroep se besluite daaroor.

Tabel 3. Deelnemervoorstelle en -kommentaar en besluite daaroor

Domein

Deelnemerkommentaar

Ontwikkelingsgroep se besluit

1

  • Dui vroeg in die dokument aan op watter ouderdomsgroep VKI betrekking het, en bied ’n duideliker definisie van VKI.
  • Stel dit duidelik dat VKI gerig is op kinders met ’n bevestigde of waarskynlike risiko vir kommunikasieprobleme.
  • Stel dit duidelik dat die riglyne van toepassing is op alle afwykings wat by jong kinders tot kommunikasieprobleme lei én op die versorgers van voorskoolse kinders by wie kommunikasieprobleme eers ná driejarige ouderdom geïdentifiseer word.

Sal aangebring word. Die definisie van VKI sal uitgebrei word deur die terme bewusmaking, voorkoming en assessering en behandeling in te sluit.

  • Verander die illustrasie wat tans langs die teikengebruiker-opskrif in die riglyndokument verskyn na ’n kind wat duidelik jonger is as 3. Die huidige illustrasie is van ’n kind wat waarskynlik ouer is.

Sal aangebring word. Die woorde “3 jaar en jonger” sal ook langs die illustrasie aangebring word.

  • Brei die bewoording van riglyn 14 uit om te lui: “Streef daarna om kultuurbevoegdheid te verwerf, en wees kultuurnederig.”

Sal aangebring word. ’n Definisie van kultuurnederigheid sal ingesluit word.

2

  • Laat die riglyndokument verder beoordeel word deur persone met insig in die taal en kultuur van jong kinders en hulle versorgers, soos bewaarskoolopvoeders van dieselfde kultuur as die kinders en versorgers.

Geen veranderinge sal in dié stadium aan die teikengebruikers aangebring word nie.

  • Brei teikengebruikers van die dokument uit om ook ander aanvullende gesondheidsorgberoepe in te sluit.

3

  • Voorsien bykomende inligting oor die ontwikkelingsproses wat gevolg is.

Sal aangebring word. ’n Bylaag by die riglyndokument sal voorsien word aan STT’s wat dit versoek.

Hiperskakels sal ingesluit word vir vinnige toegang tot die drie artikels waarop die riglyne geskoei is.

4

  • Oorweeg verandering in bladoriëntasie en spasiëring in die riglyndokument.

Kan in heroorweging neem word wanneer ’n druk/publikasie-vriendelike weergawe ontwerp word.

  • Vermy idiomatiese uitdrukkings en gebruik eenvoudiger taal (in die besonder by aanbeveling 9.2).

Sal aangebring word.

  • Sluit ’n voorbeeld in om aanbeveling 1.6 te verduidelik, byvoorbeeld inagneming van voorkeure en gebruike ten opsigte van oogkontak.

Die spesifieke voorbeeld van oogkontak sal nie in hierdie stadium aangebring word nie. Die aanbeveling sal wel verduidelik word met ’n verwysing na “kennis en bewustheid van verbale en nie-verbale kommunikasiepraktyke”.

  • Sluit by aanbeveling 8.1 die moontlikheid in dat versorgers tuis video’s kan opneem om die STT te help om inligting oor die kind se kommunikasie in die tuisomgewing te bekom.

Sal aangebring word.

  • Sluit die woorde “en skool” (omgewing) by aanbeveling 10.3 in.

Sal aangebring word.

5

  • Laat by aanbeveling 9.1 die verwysing na tuisbesoeke weg omdat die swaar werklas van terapeute in die openbare sektor dit dikwels onmoontlik maak om kliënte in die tuisomgewing te behandel.

Sal nie in hierdie stadium aangebring word nie.

6

Geen voorstelle of kommentaar nie.

Algehele riglyn- beoorde-ling (stelling 9)

  • Brei die teikengebruikers uit om spraak-taalterapiestudente in te sluit.
  • Gebruik riglyne as ’n opleidingshulpbron vir universiteitstudente.

Hierdie aanbevelings val buite die riglynontwikkelaars se beheer. Universiteite kan self besluit of hulle die riglyne by hulle kurrikulums wil insluit.

 

Die finale KLEK VKI-riglyndokument nadat die aanpassings ooreenkomstig met Tabel 3 aangebring is, verskyn in Bylaag D.

 

4. Gevolgtrekking

In hierdie studie is belanghebbendes gevra om die toepaslikheid, praktiese uitvoerbaarheid en gehalte van ’n voorgestelde riglyndokument vir KLEK VKI te beoordeel en moontlike verbeteringe voor te stel sodat dit ’n bruikbare hulpbron vir STT’s sal wees.

Alle deelnemers het ervaring van KLEK VKI gehad: Die helfte van hulle het reeds langer as 13 jaar as STT’s gepraktiseer. Byna ’n derde het ’n meesters- of doktorsgraad verwerf en deelnemers se geografiese en ouderdomsverspreiding was redelik verteenwoordigend van STT’s in Suid-Afrika oor die algemeen (Pillay e.a. 2020). Op grond van hulle kliniese ervaring, akademiese kundigheid en/of praktiese kennis van die Suid-Afrikaanse konteks kon deelnemers die vrae gesaghebbend beantwoord en die duidelikheid van die riglyne en aanbevelings beoordeel.

Die outeurs het die indruk gekry dat deelnemers met erns na die dokument gekyk het en waardevolle bydraes gemaak het. Meer as 90% van die deelnemers het deurgaans ’n positiewe ingesteldheid teenoor die riglyndokument getoon. Die meeste deelnemers het óf saamgestem óf volkome daarmee saamgestem dat die oorhoofse doelwitte, populasie, teikengebruikers en formuleringsmetode van die riglyne duidelik en spesifiek beskryf word. Daarbenewens het die deelnemers saamgestem dat die groep wat die riglyndokument ontwikkel het individue van relevante gesondheidsorgberoepe ingesluit het, dat die riglyne spesifiek en ondubbelsinnig is, relevant is vir die Suid-Afrikaanse konteks, en dat daar geen belangebotsings in die ontwikkeling van die riglyne bestaan het nie.

Weens die betreklik klein steekproef (N = 41) kon afleidings nie met sekerheid op grond van die kwantitatiewe antwoorde gemaak word nie, maar tog as aanduidend. Die resultate van ’n Likert-tipe vraelys soos die Agree II is ook bekend daarvoor dat die resultate met omsigtigheid beskou word omdat die response subjektief en bloot aanduidend van die deelnemers se gevoel, opinie of assessering is. Om die kwantitatiewe bevindinge te ondersteun, is kwalitatiewe data dus ook ingesamel. Uiteindelik dui die data in die geheel daarop dat die riglyndokument voorlopig beskou kan word as ’n relevante, prakties uitvoerbare dokument van ’n hoë gehalte wat praktiserende STT’s gedurende KLEK VKI kan gebruik. Die deelnemers het ook waardevolle voorstelle gemaak wat die gehalte en uitvoerbaarheid van die riglyne verder kan verhoog en baie daarvan sal by die dokument ingesluit word.

 

5. Aanbevelings vir toekomstige navorsing

  • Kundiges op die terrein van riglynontwikkeling, VKI-navorsing en kliniese KLEK VKI kan in die toekoms genooi word om die metodologie van die riglyndokument verder te beoordeel.
  • ’n Groep KLEK VKI-kenners kan aangestel word om die inhoud van die riglyne formeel te beoordeel nadat dit vir ’n ruk in die praktyk geïmplementeer is. Die nuwe AGREE-REX-instrument (Brouwers e.a. 2020) kan byvoorbeeld aanvullend tot AGREE II (Brouwers e.a. 2017) gebruik word om die implementering van die riglyndokument te verfyn en sodoende ’n waardevolle bydrae tot die implementeringswetenskappe in spraak-taalterapie te lewer.
  • Opvoeders wat met jong kinders en hulle versorgers werk sowel as lede van ander aanvullende gesondheidsorgberoepe (buiten STT’s) kan gevra word om die riglyndokument te beoordeel om te bepaal watter van die riglyne op daardie beroepe van toepassing sal wees én om insigte van ander belanghebbendes te bekom.

 

6. Finansiering

Ons bedank graag die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Universiteit Stellenbosch vir die nagraadse studiebeurs wat hierdie navorsing moontlik gemaak het.

 

Bibliografie

Adams, A.M.N., D. Chamberlain, C.B. Thorup, M. Grønkjær en T. Conroy. 2023. Ethical and feasible stakeholder engagement in guideline development. Collegian, 30(1):101–9. DOI: 10.1016/j.colegn.2022.08.003.

Al-Khawaldeh, N., A. Jaradat, H. Al-Momani en B. Bani-Khair. 2016. Figurative idiomatic language: Strategies and difficulties of understanding English idioms. International Journal of Applied Linguistics and English Literature, 5(6):119–33. DOI: 10.7575/aiac.ijalel.v.5n.6p.119.

Aljabri, S.S. 2024. Understanding EFL students’ processing of idiomatic expressions out of context: Insights gained from think-alouds. Theory and Practice in Language Studies, 14(6):1907–15. DOI: 10.17507/tpls.1406.32.

Amerikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging. 2008. Roles and responsibilities of speech-language pathologists in early intervention: Guidelines. DOI: 10.1044/policy.GL2008-00293.

—. 2020. Issues in ethics: Cultural and linguistic competence. https://www.asha.org/practice/ethics/cultural-and-linguistic-competence (5 Oktober 2020 geraadpleeg).

—. 2024. Cultural competence check-ins. https://www.asha.org/practice/multicultural/self (21 Februarie 2024 geraadpleeg).

Andzik, N.R. en H.N. LaMarca. 2024. Multilingualism and augmentative and alternative communication: A review of the literature. Perspectives of the ASHA Special Interest Groups, 9(3):642–51. DOI: 10.1044/2024_persp-23-00111.

Balton, S., K. Uys en E. Alant. 2019. Family-based activity settings of children in a low-income African context. African Journal of Disability, 8:1–14. DOI: 10.4102/ajod.v8i0.364.

Beta, K., C. Polzin, A. Vuliva, J. Wu en U.M. Lüdtke. 2023. The participatory potential of photovoice as a relational in vivo research and training method: The case of a community-based prevention program on early communication and language disability in underserved rural sub-Saharan Africa. In Lüdtke, U.M., E. Kija en M.K. Karia (reds.) 2023. 265–79. DOI: https://doi.org/10.1007/978-3-031-04504-2_13.

Botha, M. en B. Gerber. 2023. Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die geleefde ervaringe van spraak-taalterapeute. LitNet Akademies, 20(2):449–97. DOI: 10.56273/1995-5928/2023/j20n2d4.

Botha, M., B. Gerber en A. van der Merwe. 2021. Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling. LitNet Akademies, 18(3):673–701.

—. 2024. Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die ervarings van versorgers. LitNet Akademies, 21(2):403–435. DOI: https://doi.org/10.56273/1995-5928/2024/j21n2d2.

Brassart, E., C. Prévost, C. Bétrisey, M. Lemieux en C. Desmarais. 2017. Strategies developed by service providers to enhance treatment engagement by immigrant parents raising a child with a disability. Journal of Child and Family Studies, 26(4):1230–44. DOI: 10.1007/s10826-016-0646-8.

Braun, V. en V. Clarke. 2021. One size fits all? What counts as quality practice in (reflexive) thematic analysis? Qualitative Research in Psychology, 18(3):328–52. DOI: 10.1080/14780887.2020.1769238.

Brouwers, M.C., M.E. Kho, G.P. Browman, J.S. Burgers, F. Cluzeau, G. Feder, B. Fervers, I.D. Graham, e.a. 2017. Appraisal of guidelines for research and evaluation (AGREE) II instrument. DOI: 10.1016/j.ypmed.2010.08.005.

Brouwers, M.C., K. Spithoff, K. Kerkvliet, P. Alonso-Coello, J. Burgers, F. Cluzeau, B. Férvers, I. Graham, e.a. 2020. Development and validation of a tool to assess the quality of clinical practice guideline recommendations. JAMA Network Open, 3(5):1–13. DOI: 10.1001/jamanetworkopen.2020.5535.

Chiuri, G.M. 2012. Speech language pathologists’ perceptions of services to children from culturally and linguistically diverse backgrounds. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Verenigde State: Baylor-universiteit.

Creswell, J.W. en V.P. Clark. 2018. Designing and conducting mixed method research. 3de uitgawe. California: SAGE Publications, Inc.

Curtis, E., R. Jones, D. Tipene-Leach, C. Walker, B. Loring, S.J. Paine en P. Reid. 2019. Why cultural safety rather than cultural competency is required to achieve health equity: A literature review and recommended definition. International Journal for Equity in Health, 18(1):1–17. DOI: 10.1186/s12939-019-1082-3.

Dans, A.L. en L.F. Dans. 2010. Appraising a tool for guideline appraisal (the AGREE II instrument). Journal of Clinical Epidemiology, 63(12):1281–82. DOI: 10.1016/j.jclinepi.2010.06.005.

Dunst, C.J., D. Hamby, C.M. Trivette, M. Raab en M.B. Bruder. 2000. Everyday family and community life and children’s naturally occurring learning opportunities. Journal of Early Intervention, 23(3):151–64.

Elkington, E.J. en K.M. Talbot. 2016. The role of interpreters in mental health care. South African Journal of Psychology, 46(3):364–75. DOI: 10.1177/0081246315619833.

Ernstzen, D.V., F. Bardien, en L.J. Jacobs-Nzuzi Khuabi (reds.). 2022. Transformation of learning and teaching in rehabilitation sciences. V. 2. Kaapstad: AOSIS.

Farrugia-Bernard, A.M. 2016. “You are coming with me”: A phenomenological exploration of urban speech-language pathologists. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Verenigde State: Oostelike Universiteit van Michigan.

Farrugia, A.M. 2022. A picture with a caption: Using photovoice as cultural self-reflection in communication sciences and disorders. Journal of Communication Disorders, 100 (Augustus 2022):1–11. DOI: 10.1016/j.jcomdis.2022.106277.

Gagliardi, A.R. en M.C. Brouwers. 2012. Integrating guideline development and implementation: Analysis of guideline development manual instructions for generating implementation advice. Implementation Science, 7(1):1–9. DOI: 10.1186/1748-5908-7-67.

Gerber, B. en M. Visser. 2022. A scoping review of the current literature and terminology used in the education of speech-language pathologists regarding service delivery across cultures. In Ernstzen, D.V., F. Bardien, en L.J. Jacobs-Nzuzi Khuabi (reds.) 2022. 193–214. DOI: https://doi.org/10.4102/aosis.2022.BK357.09.

Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika. 2019. Guidelines for practice in a culturally and linguistically diverse South Africa. https://www.hpcsa.co.za/board/speech-language-hearing/guidelines (28 Oktober 2019 geraadpleeg).

—. 2021a. General ethical guidelines for the healthcare professions. https://www.hpcsa.co.za/ethics (14 April 2024 geraadpleeg).

—. 2021b. Continuing professional development. DOI: 10.1080/20786204.2005.10873194.

Graham, R., M. Mancher en W.D. Miller (reds.). 2011. Clinical practice guidelines we can trust. Washington, DC: National Academies Press (US).

Grandpierre, V., F. Nassrallah, B.K. Potter, E. Fitzpatrick, R. Thomas, J. Taylor en L. Sikora. 2019. Examining cultural competence in pediatric hearing loss services: A survey. Deafness and Education International, 21(4):174–94. DOI: 10.1080/14643154.2019.1589075.

Guiberson, M.M. en J. Atkins. 2012. Speech-language pathologists’ preparation, practices and perspectives on serving culturally and linguistically diverse children. Communication Disorders Quarterly, 33(3):169–80. DOI: 10.1177/1525740110384132.

Hagan, S., X. Hunt, S. Kilian, B. Chiliza en L. Swartz. 2020. Ad hoc interpreters in South African psychiatric services: service provider perspectives. Global Health Action, 13(1):1–13. DOI: 10.1080/16549716.2019.1684072.

Henwood, T., S. Channon, P. Penny, M. Robling en C.S. Waters. 2020. Do home visiting programmes improve children’s language development? A systematic review. International Journal of Nursing Studies, 109:1–54. DOI: https://doi.org/10.1016/j.ijnurstu.2020.103610.

Hidecker, M.J.C., R.S. Jones en D.R. Imigm. 2009. Using family paradigms to improve evidence-based practice. American Journal of Speech-Language Pathology, 18:212–21.

Hoffmann-Eßer, W., U. Siering, E.A.M. Neugebauer, A.C. Brockhaus, U. Lampert en M. Eikermann. 2017. Guideline appraisal with AGREE II: Systematic review of the current evidence on how users handle the 2 overall assessments. PLoS ONE, 12(3):1–15. DOI: 10.1371/journal.pone.0174831.

Howe, T., S. Verdon, C. Easton en M. Geiger. 2019. Ethnography and its use in communication disorders research. In Lyons, R. en L. McAllister (reds.). 2019. 91–118.

Hyter, Y.D. en M.B. Salas-Provance. 2023. Culturally responsive practices in speech, language and hearing sciences. 2de uitgawe. San Diego, CA: Plural Publishing Inc.

Institute of Medicine (US) Committee on Standards for Developing Trustworthy Clinical Practice Guidelines. 2011. Trustworthy clinical practice guidelines: Challenges and potential (Elektroniese weergawe). In Graham, R., M. Mancher en W.D. Miller (reds.) 2011. https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK209532.

Isaac, K. 2002. Speech pathology in cultural and linguistic diversity. Londen: Whurr Publishers Ltd. DOI: 10.1001/archneurpsyc.1932.02230160224019.

Kaiser, A.P. en M.Y. Roberts. 2011. Advances in early communication and language intervention. Journal of Early Intervention, 33(4):298–309. DOI: 10.1177/1053815111429968.

King, G., C. Desmarais, S. Lindsay, G. Piérart en S. Tétrault. 2015. The roles of effective communication and client engagement in delivering culturally sensitive care to immigrant parents of children with disabilities. Disability and Rehabilitation, 37(15):1372–81. DOI: 10.3109/09638288.2014.972580.

Langdon, H.W. en T.I. Saenz. 2016. Working with interpreters and translators: A guide for speech-language pathologists and audiologists. San Diego, CA 92123: Plural Publishing Inc.

Lekas, H.M., K. Pahl en C. Fuller Lewis. 2020. Rethinking cultural competence: Shifting to cultural humility. Health Services Insights, 13:4–7. DOI: 10.1177/1178632920970580.

Lüdtke, U.M., E. Kija, M.K. Karia (reds.). 2023. Handbook of speech-language therapy in sub-Saharan Africa. Switserland: Springer Nature Switserland.

Lyons, R. en L. McAllister (reds.). 2019. Qualitative research in communication disorders. Guildford: JenR Press Ltd.

Maul, C.A. 2015. Working with culturally and linguistically diverse students and their families: Perceptions and practices of school speech-language therapists in the United States. International Journal of Language and Communication Disorders, 50(6):750–62. DOI: 10.1111/1460-6984.12176.

McCurtin, A. en B. Carter. 2014. “We don’t have recipes; we just have loads of ingredients”: Explanations of evidence and clinical decision making by speech and language therapists. Journal of Evaluation in Clinical Practice, 21(6):1142–50. DOI: 10.1111/jep.12285.

McCurtin, A. en H. Roddam. 2012. Evidence-based practice: SLTs under siege or opportunity for growth? The use and nature of research evidence in the profession. International Journal of Language and Communication Disorders, 47(1):11–26. DOI: 10.1111/j.1460-6984.2011.00074.x.

Metcalfe, C., R. Lewin, S. Wisher, S. Perry, K. Bannigan en J.K. Moffett. 2001. Barriers to implementing the evidence base in four NHS therapies. Physiotherapy, 87(8):433–41. DOI: 10.1016/S0031-9406(05)65462-4.

Napierala, H., A. Schuster, S. Gehrke-Beck en C. Heintze. 2023. Transparency of clinical practice guideline funding: A cross-sectional analysis of the German AWMF registry. BMC Medical Ethics, 24(1):1–8. DOI: 10.1186/s12910-023-00913-0.

Nasionale Instituut vir Gesondheid- en Sorguitnemendheid. 2014. Developing NICE guidelines: The manual. Process and Methods Guides (Oktober):1–269. http://www.nice.org.uk/article/pmg20.

Niharika, M.K., H.N. Gurkar Harshitha, S.Y. Aishwarya en S. Suman. 2023. Speech-language pathologists’ perspectives on bilingual service delivery in India: A preliminary survey. Speech, Language and Hearing, 1–8. DOI: 10.1080/2050571x.2023.2259145.

O’Connor, S. en C.M. Pettigrew. 2009. The barriers perceived to prevent the successful implementation of evidence‐based practice by speech and language therapists. International Journal of Language and Communication Disorders, 44(6):1018–35. DOI: 10.1080/13682820802585967.

Olswang, L.B. en P.P. Prelock. 2015. Bridging the gap between research and practice: Implementation science. Journal of Speech, Language, and Hearing Research, 58(1818–26). DOI: 10.1044/2015.

Olszewski, A. en K. Rae. 2021. Measuring stakeholder perceptions: A review of social validity reporting in ASHA journals. American Journal of Speech-Language Pathology, 30(3):1247–60. DOI: 10.1044/2021_AJSLP-20-00169.

Pascoe, M. en V. Norman. 2011. Contextually relevant resources in speech-language therapy and audiology in South Africa – are there any? South African Journal of Communication Disorders, 58(1):2–5.

Peltier, S. 2011. Providing culturally sensitive and linguistically appropriate services: An insider construct. Canadian Journal of Speech-Language Pathology and Audiology, 35(2):126–34.

Petkovic, J., A. Riddle, E.A. Akl, J. Khabsa, L. Lytvyn, P. Atwere, P. Campbell, K. Chalkidou, e.a. 2020. Protocol for the development of guidance for stakeholder engagement in health and healthcare guideline development and implementation. Systematic Reviews, 9(1):1–11. DOI: 10.1186/s13643-020-1272-5.

Phillips, G. 2007. Healing, cultural safety and the criminal justice system. Referaat gelewer by die 3de Nasionale Inheemse Geregtigheidsforum vir Uitvoerende Hoofde, Brisbane, Australië. DOI: 10.1177/000276427902200605.

Pillay, M., R. Tiwari, H. Kathard en U. Chikte. 2020. Sustainable workforce: South African audiologists and speech therapists. Human Resources for Health, 18(1):1–14. DOI: 10.1186/s12960-020-00488-6.

Rossetti, L. 2001. Communication intervention: Birth to three. 2de uitgawe. New York, Delmar, Cengage Learning.

Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging. 2017. Practice guidelines for audiologists and speech-language therapists in early communication intervention. Etiek-en Standaardekomitee, Suid-Afrikaanse Spraak-Taal-Gehoorvereniging. https://saslha.co.za/page/member-resources (beskikbaar slegs aan SASLHA lede) (23 September 2024 geraadpleeg).

Tervalon, M. en J. Murray-Garcia. 1998. Cultural humility versus cultural competence: A critical distinction in defining physician training outcomes in multicultural education. Journal of Health Care for the Poor and Underserved, 9(2):117–25.

Ting-Toomey, S. en T. Dorjee. 2019. Communicating across cultures (e-boek). 2de uitgawe. New York: The Guilford Press. https://books.google.me/books?id=yMRUDwAAQBAJ&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false (30 September 2024 geraadpleeg).

Tohidast, S.A., L. Ghelichi, M. Kamali, A. Ebadi, N. Shafaroodi, Y.A. Shavaki, B. Mansuri en H. Azimi. 2021. Barriers of implementing evidence-based practice perceived by Iranian speech and language pathologists: A qualitative study. Middle East Journal of Rehabilitation and Health Studies, 8(4):1–8. DOI: 10.5812/MEJRH.117262.

Verdon, S., S. Mcleod en S. Wong. 2015. Reconceptualizing practice with multilingual children with speech sound disorders: People, practicalities and policy. International Journal of Communication Disorders, 50(1):48–62. DOI: 10.1111/1460-6984.12112.

Verdon, S., S. Wong en S. Mcleod. 2016. Shared knowledge and mutual respect: Enhancing culturally competent practice through collaboration with families and communities. Child Language Teaching and Therapy, 32(2):205–21. DOI: 10.1177/0265659015620254.

Warden, J.A., P. Mayers en H. Kathard. 2008. The lived experience of being a speech-language therapist in the Western Cape. The South African Journal of Communication Disorders, 55:49–62.

Wêreldgesondheidsorganisasie. 2014. WHO handbook for guideline development. 2de uitgawe. Genève, Switserland: WHO Press. DOI: 10.1007/174_2017_164.

Yeager, K.A. en S. Bauer-Wu. 2013. Cultural humility: Essential foundation for clinical researchers. Applied Nursing Research, 26(4):1–15. DOI: 10.1038/jid.2014.371.

 

Bylae in PDF

 

 

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys van goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of approved journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel en kan kwalifiseer vir subsidie deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

The post Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes first appeared on LitNet.

The post Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes appeared first on LitNet.

Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders

$
0
0

Abstract

In a linguistically and culturally diverse country like South Africa, cross-linguistic and cross-cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) is a complex issue considering the heterogeneity of speech-language therapy clients. In contrast, the workforce of speech-language therapists (SLTs) is less heterogeneous. Trained SLTs are still mostly English- or Afrikaans-speaking white women and therefore do not represent the country’s general demographics. As a result, many clients are unlikely to receive intervention in their home language, even though research shows that ECI delivery in the child’s home language is ideal. SLTs need to make specific adjustments during assessment, in therapy planning and delivery, during interaction with the child and caregiver, and in the design of home programmes. However, they lack relevant and practical strategies and solutions to make these adjustments and provide accessible, family-centred, applicable ECI in a cross-linguistic and -cultural context. To address this need, we, as a guideline development group, developed a document with guidelines for cross-linguistic and -cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) after extensive research and consulting with SLTs and caregivers. The guideline developers were three SLTs with clinical and research expertise of CLACC ECI and one nursing practitioner and researcher with specific expertise in the selected research methodology. The guideline document was developed by integrating three data sets, namely the findings of an international scoping review and an investigation into the experiences of South African SLTs and caregivers during CLACC ECI, respectively. In line with the recommendations of the National Institute for Health and Care Excellence (NICE) and the World Health Organization, the guideline document was based on existing frameworks. NICE’s principles of guideline development were applied and adapted to provide structure to the planning and documentation of the guidelines and recommendations, whilst the AGREE II instrument (a tool for assessing guidelines for research and evaluation) guided the methodological strategy. Some examples of the guidelines include prioritising dignity and respecting language preferences, different cultures, convictions, and value systems; making innovative and situation-appropriate adaptations in communication; facilitating caregiver participation; and monitoring caregiver understanding. Each of the 14 guidelines includes between one and seven practical recommendations which SLTs can utilise to bring each of the guidelines into existence.

The research formed part of a larger multi-phase project to investigate and interpret the experiences of South African SLTs (as the providers) and caregivers (as the recipients) of CLACC ECI. This article reports on the main objective of the final phase of the multi-phase project, namely the assessment of the proposed guideline document by 41 stakeholders (SLTs) whose quantitative and qualitative feedback was obtained through an 18-point online questionnaire. A cross-sectional questionnaire design was used, which included closed questions answered on a five-point Likert scale, and open-ended questions that prompted participants to comment on and suggest changes to the proposed guideline document. Some examples of closed-ended questions included: Rate whether the overall purpose of the guidelines is specifically described; Rate whether the method for formulating the guidelines is clearly described; Rate the overall quality and feasibility of the guidelines. Some examples of open-ended questions included: Would you recommend the guidelines for use? If yes, what modifications, if any, would you suggest; Please provide any comments or feedback regarding the quality and feasibility of the guidelines – indicate the number of the guideline and/or recommendation you are commenting on.

The results were integrated by presenting the quantitative findings first, followed by the qualitative findings in the form of participant quotes and themes developed from the qualitative data set. The quotes confirmed and explained the quantitative findings as set out by a narrative description. A list of the participants’ comments and suggestions for possible adjustments to the guideline document was compiled, and the guideline development group decided whether or not the adjustments should be made.

We believe the participants viewed the document earnestly and made valuable contributions. Over 90% of participants consistently responded positively to the guideline document. Most participants either agreed or strongly agreed that the guidelines’ overall objectives, population, target users and formulation method were clearly and specifically described. In addition, participants agreed that the group that developed the guideline document included individuals from relevant healthcare professions, that the guidelines were specific and unambiguous, applied to the South African context, and that there were no conflicts of interest in developing the guidelines.

Due to the relatively small sample size (N = 41), conclusions could not be made with certainty based on the quantitative responses, but they can nevertheless be considered indicative. The results of a Likert-type questionnaire, such as the AGREE-II, are also viewed cautiously because the responses are subjective and merely indicative of the participants’ feelings, opinions or assessments. Qualitative data was also collected to support the quantitative findings. Ultimately, the data indicated that the guideline document can provisionally be considered a relevant, feasible document of high quality, which practising SLTs can utilise when providing CLACC ECI services. The participants also made valuable suggestions that can further increase the quality and implementation of the guidelines, many of which have already been included in the final version of the guideline document. These suggestions included using examples to illustrate specific guidelines better, expanding the target user group to include other complementary healthcare professions, such as occupational and physiotherapists and educators; and editing language that may confuse readers.

We recommend that experts in the field of guideline development, ECI research, and clinical CLACC ECI be invited to further assess the methodology of the guideline document as part of future research studies. A group of CLACC ECI experts may also be appointed to formally evaluate the content of the guidelines after they have been implemented in practice for a while. For example, the new AGREE-REX instrument could be used in addition to AGREE II to refine the implementation of the guideline document and make a valuable contribution to the implementation sciences in speech-language therapy. Future research could investigate the validity and reliability of the adapted version of the AGREE II instrument, as used in this study. Lastly, educators working with young children and their caregivers, as well as members of other complementary healthcare professions (other than SLTs) may be asked to review the guideline document to determine which of the guidelines may apply to those professions working in an early development context.

Keywords: assessment; cross-linguistic and cross-cultural; early communication intervention; practicability; practical guidelines; relevance; speech-language therapy

 

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

The post Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders first appeared on LitNet.

The post Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders appeared first on LitNet.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

$
0
0

https://woordfees.co.za/en/

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Die gaskunstenaar vir die aand, die gewilde komediant Nic Rabinowitz, het die gehoor laat skater met sy kenmerkende spitsvondigheid en skerp waarnemings.

Saartjie Botha, direkteur van die Woordfees, sê sy dink vanjaar se program is dalk die beste tot nog toe. Van toneel en musiek tot letterkunde, dans, films, visuele kunste en nog baie meer – die fees spog met ’n kragtige aanbod wat gehalte, verskeidenheid, diepte en vermaak vier. "Vanjaar se program is ’n spesiale kopknik na die letterkunde, die onstsaansrede en ’"bring ’n spesiale huldeblyk aan letterkunde, die ontstaansrede en ’n kwarteeu later steeds die hart van die fees", sê Botha.

Hierdie jaar se tema, "Deel", weerspieël ’n kollektiewe verlange na herverbinding – om te luister, te gee, te vier wat ons in gemeen het en om ons uiteenlopende stemme te eer. "Om te deel, is nie om te verminder nie. Die Woordfees se manier van deel skep méér, maak heel, vermeerder – uitkomste, geleenthede en genade. En dit, uiteindelik, is die sukses van ’n kunstefees – dit is ’n betekenisvolle vermenigvuldiger," het Botha by die bekendstelling gesê.

Gaste is bederf met ’n eksklusiewe eerste kykie na die hoogtepunte in die program, wat saamgestel is om dialoog en ontdekking oor alle genres heen aan te moedig. Teaterhoogtepunte sluit in die langverwagte terugkeer van Breyten Breytenbach se Boklied onder regie van Marthinus Basson, Die ander dogter met Sandra Prinsloo, Liefde, Lafras met Antoinette Kellermann, die wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys vir teater, Huis van sand deur Dianne du Toit Albertze, sowel as die naaswenner, Die kabinet deur André Gerber.

Vir die eerste keer het die Woordfees vanjaar twee feesdigters: Antjie Krog en Siphokazi Jonas. As deel van die Skrywersfees is daar ’n Dag van poësie sowel as ’n Dag van geskiedenis. Die Skrywersfees spog met ’n sterk en uiteenlopende program saamgestel deur Bibi Slippers.

Die dinamiese kunsduo Xhanti Zwelendaba en Benjamin Stanwix deel die eer as vanjaar se feeskunstenaars.

Kaartjieverkope vir die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees open amptelik op Woensdag, 26 Junie 2025. Die program is aanlyn beskikbaar en kan afgelaai word by www.woordfees.co.za. Getroue feesgangers het ’n week om deur die program te blaai, hul fees te beplan en hul kaartjies aan te skaf. Die gedrukte feesgids sal ook vanaf 26 Junie beskikbaar wees by die kaartjiekantoor by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Hou die Woordfees se sosiale media dop en deel in die vreugde van die dinamiese en lewendige 2025-program.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bly ’n baken op Suid-Afrika se kultuurkalender. Dit is ’n fees waar kreatiwiteit blom en gemeenskappe deur die kunste byeenkom. Geen fees kan oorleef sonder die ondersteuning van betroubare borge en lojale donateurs nie. Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar danksy die volgehoue ondersteuning van individue, maatskappye en instellings soos: Het Jan Marais Nasionale Fonds, die hoofborg, Toyota, die stigtersborg, die Universiteit Stellenbosch, Netwerk24, Spier-wyne – om maar net ’n paar te noem.

Lees ook:

Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee

 

The post Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling appeared first on LitNet.

Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025)

$
0
0

Trekvoëls-prent: Canva

Die onlangse aankondiging dat die jong dinamiese Liam Jacobs in die laatnag van die Demokratiese Alliansie (DA) na die Patriotiese Alliansie (PA) oorgeloop het en die onseremoniële uitskop van trekvoël Floyd Shivambu uit die MK Party (MKP) het my onwillekeurig laat dink aan ander bekende trekvoëls in ons politiek. Soms is die trekvoëls meer omvangryk en vlieg hulle saam met ’n swerm trekvoëls wat agterna kom. Dit herinner sterk aan hoe pikkewyne op ’n ysskots huiwer om in die see te duik totdat een besluit om te duik en dan volg die res! Waarom sal lede van ’n party met goeie posisies in byvoorbeeld die parlement oorstap van een party na ’n ander, en is daar ’n patroon te sien in die proses?

Histories was daar ’n paar interessante politieke trekvoëls gewees. Japie Basson is een van die bekende voorbeelde wat as NP- (Nasionale Party-) lid begin het, in die politieke woestyn beland het en toe by die destydse Verenigde Party (VP) aangesluit het, daarna by die PFP (Progressiewe Federale Party), en aan die einde van sy loopbaan weer by die NP aangesluit. Daar was ook die beminde Koos van der Merwe (wat in 2024 oorlede is) wat sy politieke pad in die NP begin het, daarna na die KP (Andries Treurnicht se Konserwatiewe Party) is, uit die KP die politieke woestyn in, en daarna, tot sy dood, ’n lid van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) was.

’n Ander interessante en kleurvolle trekvoël is Patricia de Lille, wat as PAC-lid haar naam gemaak het. Uit die PAC het sy die Independent Democrats- (ID-) party gevorm, en toe by die DA aangesluit. Ontevrede met leierskap in die DA het sy die GOOD-party gestig, waarvan sy steeds ’n lid is. Verskeie ander leiers het ook as trekvoëls uit die DA padgegee, soos Mmusi Maimane, wat sy eie politieke groepering gestig het (Bosa). Mzwanele (Jimmy) Manyi het ’n soortgelyke roete gestap om van die ANC by die EFF aan te sluit en toe die skuif gemaak na die MKP. Trekvoëls wat swerms veroorsaak het, was leiers wat by Cope (Congress of the People, 2008), die EFF (2013), ActionSA (2020) en MKP (2023) betrokke was of steeds is.

Interessante ander trekvoëls kan ook genoem word, soos Roelf Meyer, wat van die NP weg is omdat hulle sy vernuwingsplanne nie binne die NP wou aanvaar nie, en terwyl hy in die politieke woestyn was, vir Bantu Holomisa daar ontmoet het (wat uit die ANC geskop is) het. Saam het hulle toe die United Democratic Movement (UDM) gestig. Meyer het die UDM later verlaat en hom by die ANC aangesluit.

Peter de Villiers was lid van Good (2025) en het onder ’n wolk padgegee en hom by die MKP aangesluit. Mervin Dirks het hom oor Phala Phala die argwaan van die ANC op die hals gehaal en is na die MKP, waar hy nou ook sy pos verloor het. Daar is ook Dali Mpofu, wat uit die ANC na die EFF is en van daar by die MKP aangesluit het, soos die voormalige openbare beskermer Busisiwe Mkwabane, wat ook die EFF-MKP-pad gestap het. Andere kleurryke politici wat in die trekvoëlgarde sou kon inpas, is Carl Niehaus, Kenny Kunene, Mosiuoa Lekota en Makhosi Khoza (wat die ANC verlaat het oor Zuma se leierskap en by die DA aangesluit het en van daar by ActionSA).

As konteks moet genoem word dat daar sedert 2002 geleenthede was waar parlementariërs kon oorstap na ’n ander party ingevolge die reëls van die parlement sonder om hulle setels te verbeur. Hierdie oorstapfase was baie omstrede en is uiteindelik in 2009 gestaak. Oorstappery het hoofsaaklik drie oorsake gehad, naamlik politieke opportunisme, ideologiese verskille en leierskapsbotsings in partye. Tydens die oorstapfase het ’n groot groep ANC-trekvoëls Cope gevorm, maar dit het geblyk nie ’n volhoubare wegbreek-aksie te wees nie, terwyl die EFF weer suksesvol uit die ANC weggebreek het en die ANC-Jeugliga totaal verlam het tot die skaduwee wat dit vandag is.

As Liam Jacobs homself in die PA tuismaak en met die dieselfde dinamika optree wat hy onteenseglik in sy DA-opleiding geleer het, gaan hy waarde tot die PA toevoeg. Floyd Shivambu se saak is egter baie meer kompleks. As trekvoël het hy nie self besluit om aan die vlieg te raak nie; sy tak is onder hom afgekap deur Jacob Zuma, en op sy persverklaring op 19 Junie 2025 is dit duidelik dat hy nie wil terug na die EFF of die ANC nie, maar waarskynlik sy eie nessie wil skrop. Hy maak ook met die MKP soos wat Zuma met die ANC gedoen het deur ’n nuwe party te stig, maar vol te hou dat sy lidmaatskap van die party waarvan hy wegbreek, onaangeraak bly. Dit is waarskynlik om die martelaarskapitaal te verdien indien so ’n persoon dan geskors word, maar die meeste politieke partye het die klousule dat jy jouself eintlik skors as jy ’n ander party stig of by ’n ander party betrokke raak.

Politieke trekvoëls is deel van partydinamika en sal ’n deel van die partywese bly. Elke party beskik oor ’n bepaalde ideologie, spesifieke leierstrukture en partydissipline wat daar is om die party in geweldig kompeterende politieke prosesse te laat funksioneer. Om verandering binne ’n politieke party te loods, stuur egter gewoonlik op leierskapsbotsings en faksievorming af, en as dit nie behoorlik gefasiliteer word nie, kry die trekvoëls vlerke! Binne ’n stelsel van proporsionele verteenwoordiging en koalisiepolitiek as die nuwe werklikheid, kan ons meer trekvoëls in die volgende jaar tot agtien maande verwag.

Lees ook:

Die komplekse konflik tussen Israel en Iran (17 Junie 2025)

Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025)

The post Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025) first appeared on LitNet.

The post Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025) appeared first on LitNet.

LitNet: Jou Veldsoirée-program


Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

$
0
0

Foto: Silwerskermfees

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

Waldimar, die direkteur van M-Net se Premium-kanale, beskryf die 13de Silwerskermfees as ’n viering van ’n wonderlike kunsvorm. “Vir dié medium om te floreer, moet wyd uiteenlopende vaardighede in die pot gegooi word wat die palet van gehore stimuleer.

“Mense wat na films kyk, wil graag iets voel,” sê hy, “want almal smag soms daarna om te ontvlug of net te reflekteer. Of om ’n katarsis te ervaar.”

Vir reeds meer as ’n dekade word dié gewilde fees as een van die mees gerespekteerde ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf beskou. En sedert sy ontstaan bou kykNET al die pad daarop voort.

“Elke jaar kry die Silwerskermfees dit reg om hulself te oortref,” sê Waldimar. Fliekvlooie kan gereedmaak om die beste van ons plaaslike produksies te sien.

“Die verskeidenheid van dit wat in Afrikaans geskep word, is duiselingswekkend en inspirerend. Dit gee kykNET opnuut rede om ’n beduidende belegging in Afrikaanse films te maak.”

Vir nuwe stemme in die bedryf is die fees ’n gesogte platform om te leer en te groei. Dit bied vir almal ’n ongelooflike ervaring, verduidelik Waldimar. “Dit wys nie net die talente van ons gevestigde en bekende filmmakers vir die wêreld nie, maar gee ook die sterre van môre ’n kans om die oog te vang.”

Verskeie meesterklasse, werkswinkels en paneelbesprekings tydens die Silwerskermfees gaan ’n nuwe generasie rolprentmakers met kennis en vaardighede toerus. Ervare mense in die bedryf gaan onderwerpe bespreek en deurtrap, soos die kuns van dokumentêre, die toekoms van die speelfilm, die voor- en nasorg in realiteitsvermaak, gehoorevolusie, ensomeer.

Die 13de Silwerskermfees spog met ’n ryke oes van 21 kortfilms, waaronder dokumentêre, onafhanklike kortfilms, asook kortfilms deur gevestigde én opkomende filmmakers. Ook word ses vollengte speelfilms, waarvan drie debute van die betrokke regisseurs is, bekendgestel.

In 2025 is daar sewe dokumentêre prente op die program teenoor verlede jaar se vyf. Onderwerpe wat in dié films gedek word, is uiteenlopend – van die Marikana-slagting en die oorgang na demokrasie in 1994, tot die tragiese verdrinking van ’n bekende Springbok-rugbyspeler se babaseun. Laasgenoemde is verlede jaar as ’n konsep by die fees se Silwermark voorgelê.

Die Silwermark bied gedurende die fees weer geleentheid vir filmmakers om konsepte in verskeie Afrikaanse inhoudskategorieë direk aan kykNET en Showmax voor te lê.

Waldimar beskryf baie van die stories wat op die fees vertoon gaan word as wordingsverhale. “Heelparty gaan oor die veranderinge wat binne mense plaasvind wanneer groot uitdagings hulle tref. Soms is dit die geskiedenis, soms ’n intiem persoonlike terugslag, of ’n lewensveranderende gewaarwording.”

Kykers gaan byvoorbeeld kennis maak met die Temple Boys, ’n groep musikante van Ravensmead. Hulle gaan geneem word op die verlossingsreis van ’n bendelid met die bynaam Jan Bloed, en hulle gaan houe vat in ’n rofstoeiklub in Bothaville!

Die vollengte rolprente op die 2025-program is HenMy f*k, Marelize!Khaki Fever, Finding Optel, Carissa en The Heart is a Muscle.

Die swierige Silwerskermtoekennings vir Film en TV, waar die beste feesfilms saam met top-televisie vereer word, vind op Saterdag 23 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) plaas.

By hierdie geleentheid word filmfees-presteerders en televisie-uitblinkers van die afgelope jaar (April 2024 tot Maart 2025) beloon met die gesogte Silwerskermbeeldjies. Wenners van die ander filmkategorieë, wat onder meer toekennings vir tegniese prestasie insluit, word die oggend van 23 Augustus tydens ’n geleentheid by The Bay-hotel aangekondig.

Die blou tapyt word wyd en ver oopgerol en die publiek word by die fees verwelkom. Kaartjies is op Quicket te koop.

Mense wat die glansgeleentheid nie in persoon kan bywoon nie, kan die Silwerskermfeestoekennings op Sondag 24 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) meemaak.

Die Silwerskermfees word deur Openserve, Stad Kaapstad, die Dagbreek Trust, Village ’n Life, en die National Film and Video Foundation geborg.

The post Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring appeared first on LitNet.

Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025

$
0
0

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfeesprogram is op 19 Junie 2025 by die Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch bekendgestel. Die tema van vanjaar se fees is "Deel". Hier word foto’s van Lasché van Heerden (namens die Woordfees) en Naomi Meyer gedeel.

Met almal se aankoms deel die venue die vrug van sy oes met die gaste. (Foto: Lasché van Heerden)

Kom binne. Wees deel. (Foto: Naomi Meyer)

Foto: Lasché van Heerden

Deel in die vreugde: Die Toyota Stellenbosch Woordfees se program vir 2025 is op 19 Junie 2025 by Lanzerac bekendgestel. (Foto: Naomi Meyer)

Fiona van Kerwel, seremoniemeester by die geleentheid, en die bestuurder van WOW (Woorde open wêrelde): “In die gees van vanjaar se Woordfees-tema, Deel, moedig WOW ook deelnemers aan om woorde, kennis en kreatiwiteit met mekaar te deel en so nuwe wêreld oop te maak.” (Foto: Naomi Meyer)

Die gaste kon in ’n feestelike maaltyd deel en is deur die Woordfees getrakteer. (Foto: Naomi Meyer)

Danie Fölscher, voorsitter: Stellenbosch Woordfeesdireksie en -advieskomitee: “Kom deel en wees deel.” (Foto: Naomi Meyer)

Gaste by die geleentheid deel ’n paar grappe. (Foto: Lasché van Heerden)

Saartjie Botha, direkteur: Toyota Stellenbosch Woordfees: “Die Woordfees is ’n gedeelde ervaring. Deel met hulle wat nie hier is nie. Deel met diegene wat uitgesluit voel. Ons is nie besig met wiskunde, om te deel en te verklein nie. Die Woordfees se deel maak meer, maak heel en vermenigvuldig – uitkoms, geleenthede en genade.” (Foto: Lasché van Heerden)

Wanneer Saartjie Botha van die Woordfeesprogram vertel, is daar ’n tasbare gevoel dat die gehoor wil deel in elke item op die program. (Foto: Lasché van Heerden)

Soetgoed waarin almal kon deel. (Foto: Lasché van Heerden)

Soos Saartjie gesê het, beteken om te deel om te vermenigvuldig. Nog soetgoed vir die soettand. (Foto: Lasché van Heerden)

Die Woordfeesboekie is waardevol soos kleingoud. Mens moet tot heeltemal aan die einde van die funksie wag voordat dit uitgedeel word (een boekie per gas). (Foto: Lasché van Heerden)

Musiek en kuns is gedeelde belangstellings onder die gaste. (Foto: Lasché van Heerden)

Die program is bekendgestel. Doen jou deel. Koop ’n kaartjie.

Laai die Woordfeesprogram in PDF-formaat af.

Lees ook:

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

 

 

The post Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025 first appeared on LitNet.

The post Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025 appeared first on LitNet.

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

$
0
0

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram1

C.F. (Neels) Swanepoel, Departement Publiekreg, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 22(2)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2025/j22n2e4

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Morele afstomping en verval in Suid-Afrika is ongelukkig ’n onomstootlike feit. Die land se meer as 20 miljoen jongmense word feitlik daagliks gekonfronteer met ’n vloedgolf van misdaad, geweld, bedrog, swak dienslewering, weinig indien enige verantwoordbaarheid, en plofbare, afbrekende en rasgegronde openbare uitsprake deur prominente figure in die samelewing. Hierdie artikel argumenteer onder meer vanuit die volgende vertrekpunte: (a) dat die swak moraliteitsmilieu in Suid-Afrika die Suid-Afrikaanse regsbestel, sowel as die regs-en verwante professies negatief beïnvloed; en (b) dat veral regstudente wat aan ’n swak moraliteitsmilieu blootgestel word, des te meer regsetiekonderrig moet ondergaan. Regsetiek moet só aangebied word dat regstudente, as toekomstige regspraktisyns en lede van verwante professies en beroepe, oorreed word om eties op tree en hulself daartoe verbind. In die soeke na moontlike oorsake vir die morele verval in die land, (en welke ondersoek sinvol in ’n regsetiekmodule inpas), poog die artikel nie net om regsetiekleer by studente te vestig nie, maar ook om verantwoordelike burgerskap by regstudente te kweek. Vir dié doel let die artikel onder meer op die inhoud van tradisionele Westerse, Afrika- en Oosterse moraliteitsteorieë, asook die Grondwet van Suid-Afrika. Die doel van sodanige ondersoek is om vas te stel of daar genoegsame en oortuigende riglyne vir moraliteit en ’n doeltreffende waardestel in Suid-Afrika bestaan. Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land. In die bespreking van die spreekwoordelike “vrugte” van verval in ons samelewing, word ’n stel kerngedagtes voorgestel vir praktiese toepassing in die regsetieklesinglokaal. Dít sluit in die belangrikheid daarvan om netelige morele kwessies wat aan die orde van die dag is, met LLB-studente te bespreek.

Trefwoorde: konstitusionalisme; konstitusionele moraliteit; korrupsie; kulturele diversiteit; LLB; morele raamwerk van die Grondwet; morele verval; rasse- en partylojaliteit; regsetiekonderrig; tradisionele Westerse, Afrika- en Oosterse moraliteit; verantwoordbaarheid

 

Abstract

The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme

This article uses dr. Henry Wright’s model of spiritual healing as an analogy to highlight South Africa’s moral decay and the possibility of its restoration. Wright’s model advocates for the restoration of three essential human relationships to effect both physical and spiritual healing. These relationships may be analogically applied to any distressed society. These are the relationship with one’s Creator, with oneself, and with fellow human beings. Wright further likens the identification, spreading, diagnosis, and healing of spiritual disease to a tree: If the roots are restored to health, the branches will likely be healthy, and the tree will bear healthy fruit. Thirty years after the dawn of the South African democracy, the bitter fruits of our “democratic tree” include alarmingly high levels of corruption, violence, a lack of basic service delivery, impunity for crime, and many more societal ills. This reality has not only reinforced the importance of a legal ethics module in the LLB degree programme, but also evoked thoughts on how, and particularly what, should be presented in such a module. Young people, including law students in particular, are constantly exposed to news and social media reports of the high incidence of these societal scourges. Moreover, many of our students live in environments where they experience extreme poverty, violence, crime, corruption, poor service delivery, and inequality first-hand. Many students may justifiably feel hopeless and even angry that, despite the lofty foundational constitutional values offered to them in modules such as Constitutional Law, these values have little to no real impact on their and their families’ lives. They are furthermore exposed to public statements by high-ranking public figures that often include racial attacks, racial slurs, the denigration of the Constitution of South Africa, and witness the ever-increasing culture of impunity in the communities they come from and in the country at large. Individual accountability for crimes and immoral conduct is often absent or perceived to be absent. It is therefore likely that, for students, a module on professional conduct and legal ethics may be seen as just another attempt to impart colonial and Western concepts and knowledge that seem far removed from their lived reality. However, the diversity of our law student body may contribute to a highly effective, valuable, and reflective experience in a legal ethics module if it is planned and presented with respect for diversity and human dignity. No one in South Africa is unaffected by the moral decay in the country, and the legal ethics module may well serve to persuade our next generation of legal professionals to commit to mutually shared values and norms that will ultimately benefit the South African society as a whole.

A legal ethics module (which should form part of all LLB degree programmes in South Africa) must be presented honestly and robustly, discussing the bad fruits (negative consequences) of moral decay in society and the reasons behind its occurrence. Students want to contextualise what they are taught and will feel part of a process aimed at restoring values and norms to which they can relate. The article will follow the following structure: first, it explores the moral frameworks of the various cultures that make up the diverse South African society. By doing so, students may experience pride in their cultural roots and recognise that the cultural diversity in South Africa can achieve educational objectives far greater than any pursuit of individual gain. Next, the article addresses South Africa’s constitutional imperatives for morality, to demonstrate to students that South Africans have no excuse not to recommit to a sound moral framework that benefits society. We therefore possess the necessary resources to redirect, rediscover, and rejuvenate our moral compass. A frank discussion of the symptoms of moral decay – such as a sluggish economy, social vulnerability, corruption, an excessive focus on racial/party solidarity, and a lack of accountability – follows, set against the backdrop of concepts such as constitutionalism and constitutional morality. William Gumede, a South African academic known for his candid discussions on moral decay in South Africa, is a key source in exploring the current moral context in the country. A discussion of moral decay and the need for its rejuvenation offers law students a deeper understanding of the consequences of immorality, perhaps reinforced by their own lived experiences, and contributes towards an understanding of the urgent need to reverse this decay. The legal profession is primarily one of service to the public. Legal practice, in whatever form, is part of the administration of justice. Respect for the rule of law and its foundational role in any healthy and prosperous society is indisputable. However, students must be persuaded to “own” the reasons for the imperative value of the rule of law. It can only happen if they are convinced that the moral underpinnings of the law in South Africa are just and fair, resonate with their own cultural heritage, and can be enriched by the country’s cultural diversity. Furthermore, the legal profession is characterised by being subject to disciplinary codes, which serve the primary purpose of providing moral and ethical guidance and ensuring accountability of its members. Accountability should not be presented merely as punitive or vengeful, but rather as a corrective measure consistent with the African notion of restoring societal relationships that were disturbed by errant individual conduct.

The article concludes that, in teaching legal ethics, lecturers should be honest when discussing South Africa’s moral challenges, but should also do so in the spirit of the Constitution and Ubuntu – that is, with respect, humility, and dignity. This implies moving away from assuming the moral high ground or using a “moral barometer” by referencing either the pre-1994 injustices or the moral decay over the past 30 years as explanations for the current level of immorality in South African society. Continuing to do so in our public discourse only keeps us going in circles, never breaking free from the negativity that ultimately contributes towards the host of societal ills.

The legal profession, furthermore, in its broadest sense, is foundational in ensuring that the South African Constitution, along with its norms and values, is protected, and that we develop a uniquely South African framework of morality. This framework should underpin the objectives and outcomes of presenting a legal ethics and professional conduct module as part of the LLB programme. This module is, therefore, a key platform for initiating a conversation on ways to rejuvenate morality, principles, and values in society.

Keywords: accountability; constitutional morality; constitutionalism; corruption; cultural diversity; legal ethics teaching; LLB; moral framework of the Constitution; racial and party loyalty; symptoms of moral decay; traditional Western, African and Eastern social welfare

 

1. Inleiding

Daar kan min twyfel daaroor bestaan dat, soos Gumede dit stel, algemene morele waardes en waardestelsels in Suid-Afrika gekorrupteer is.2 Volgens hom is die hoë voorkoms van korrupsie in die land in dikwels te wyte aan die gebrokenheid en korruptheid van die primêre bronne van moraliteit in die samelewing, waaronder die ouerlike opvoedingsrol tuis, kulturele bande, en tradisionele godsdienstige strukture.3 Die morele verval in Suid-Afrika het onteenseglik ’n invloed op regsbeoefening en dus op regstudente en die aanbieding van regsetiek op universiteitsvlak. As dit nie die geval was nie, sou ’n groep besorgde afgetrede regters van Suid-Afrika byvoorbeeld nie onlangs ’n verklaring uitgereik het oor die onbeskofte gedrag van sekere regspraktisyns tydens hofverrigtinge nie. Die belangrikheid daarvan om waardes te verander en te herstel, insluitend in die regsberoep, word soos volg deur Krish Govender namens die Nasionale Vereniging van Demokratiese Prokureurs verwoord:

It is difficult to identify good role models for younger legal practitioners in these troubled times when some of the populist, well paid and seemingly prominent legal practitioners appear to play to the gallery of the poorly informed public and ill-advised clients.4

Bogenoemde beklemtoon die belangrikheid van regsetiekonderrig op universiteitsvlak, waar dosente in hierdie en vele ander regsmodules ’n noodsaaklike rol speel om regstudente te oorreed en te lei in etiese regsgedrag. Daar word dus aangevoer dat die oorredingskomponent in etiekonderrig sterk beklemtoon moet word. Om hierdie argument duidelik te stel: (a) regstudente, as toekomstige regspraktisyns in regsverwante beroepe, dien as die bewakers van die oppergesag van die reg; (b) met “oorredingskomponent” word bedoel ’n moraliteitsraamwerk wat regstudente ten diepste oortuig dat dit in die beste belang is van die behoud van Suid-Afrika, sowel as die professie wat hulle gaan betree; (c) om hierdie uitkomstes te bereik, word die regsdosent uiteraard uitgedaag, weens studentediversiteit, om moeilike vrae te vra, soos die vraag wat Mnyongani stel, naamlik wie se moraliteit bespreek word.5 Mnyongani merk op dat “[i]t is trite to say that for a long time, the legal practice in South Africa has been the domain and preserve of white males, to the exclusion of the rest of the community”. Dit is duidelik dat Mnyongani ’n aspek van die “oorredingskomponent” waarna vroeër verwys is, aanspreek. Om hierdie rede het ’n deel van hierdie ondersoek ten doel om vas te stel of genoegsame bronne of riglyne in Suid-Afrika bestaan vir die herstel van moraliteit, insluitend binne die regsberoep en verwante velde. Verder, indien lede van die regsprofessie kommer uitspreek oor die standaard van studente wat deur regsfakulteite gelewer word, moet daardie regsfakulteite daarvan kennis neem en, waar nodig, regsonderrig daarvolgens ontwerp en aanbied.6

Dié morele afstomping is waarskynlik gekoppel aan die huidige sterk tendens in die Suid-Afrikaanse samelewing om individuele belange bo dié van die groep te stel,7 ondanks die beduidende waarde wat die moraliteitsraamwerk van ons diverse samelewing aan die gesamentlike welstand van die groep heg. Dit noop Gumede8 om onder meer op te merk:9

This bling lifestyle appears to have become the new standard of achievement – a sign that one has made it. Individual worth is now increasingly measured … on whether one can afford the bling lifestyle – not on one’s contribution to public service or doing the public good.

Boonop word die Suid-Afrikaanse publiek, waaronder meer as 20 miljoen jongmense,10 feitlik daagliks gekonfronteer met ’n vloedgolf van misdaad, geweld, bedrog, swak dienslewering, weinig indien enige verantwoordbaarheid, en plofbare, dikwels afbrekende en rasgegronde openbare uitsprake deur prominente figure in die samelewing.

Morele verval in enige samelewing is kommerwekkend. Die doel van morele waardes is immers om ons daaglikse omgang met mekaar te rig en ons te help om te onderskei tussen goed en sleg, en tussen reg en verkeerd. Om hierdie rede is moraliteit ook ten nouste gekoppel aan die reg en die regsbestel.11 Die toestand van moraliteit in Suid-Afrika plaas dus ’n verantwoordelikheid op elkeen van ons om leierskap op ons onderskeie lewensterreine te toon en daarna te streef om rolmodelle te wees. Soos hierdie artikel sal toon, strek hierdie verantwoordelikheid ook na regsdosente.

Die hoofdoel van hierdie artikel is om ’n eg Suid-Afrikaanse perspektief en kontekstuele agtergrond vir regsetiekonderrig as deel van die LLB-program te bied. Derhalwe sluit die teikenlesers regsfakulteite, -dosente en -studente in. Dit begin met ’n inleidende oorsig van moraliteit, moraliteitsbeoefening12 en verwante vertakkings van moraliteit, en let op onder meer die wortels van die tradisionele Westerse, Afrika- en Oosterse moraliteitsteorieë. Gevolglik, omdat enige regsetiekmodule uit die staanspoor die belangrikheid van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, as die gekose waardestelsel in ons samelewing moet beklemtoon,13 verwys hierdie artikel ook na en beoordeel die doeltreffendheid van die Grondwet as rigtingwyser vir moraliteit en ’n doeltreffende waardestelsel. Dít word gevolg deur ’n bespreking van die simptome van morele verval en verskeie slotgedagtes oor die praktiese toepassing hiervan in die regsetieklesinglokaal.

 

2. Oor wortels, takke, vrugte, en “turksvye”

Die artikel is gegrond op ’n breë interdissiplinêre literatuurstudie, hoewel twee kernbronne uitgelig moet word.

Wright14 se werk was deurslaggewend in die vorming van die grondliggende idee van hierdie artikel. Wright toon op beide mediese en geestelike vlak hoe die mens van siekte kan genees deur drie kernverhoudings te herstel: die verhouding met jou Skepper, met jouself, en met jou medemens. Kortom toon Wright dat die Westerse benadering tot genesing slegs die simptome van siekte (die vrugte van die “siekteboom”) behandel, terwyl die Oosterse kultuur uitsluitlik op die geleibuise van siekte (die takke) konsentreer. Die oorsprong of oorsaak van die siekte (die wortels) kry dikwels min aandag. Daar is ’n nuttige analogie tussen hierdie siening en die kwessie van moraliteitsverval en (hopelik) -herstel in Suid-Afrika.

Tans is die “vrugte” van ons demokratiese bestel vir almal duidelik: korrupsie, geweld, werkloosheid, buitensporige lewenskoste, en ’n steeds groeiende gaping van ongelykheid. Ewe duidelik is die “takke” van die bestel waardeur ons hoop ons maatskaplik welstand te bereik, waaronder die ANC-regering se beleid van ongedefinieerde en ondeurdagte “transformasie”, waarmee hulle al 30 jaar lank probeer het om die Suid-Afrikaanse samelewing te hervorm.15 Die boom is inderdaad “siek”, al is dit veronderstel om gewortel te wees in ’n Grondwet wat deur vele as een van die mees progressiewe dokumente van sy soort ter wêreld beskou word.16 Nietemin is die Grondwet die afgelope paar jaar toenemend gekritiseer omdat dit nié die beloofde vrugte van demokrasie vir die samelewing lewer nie.17

Benewens Wright, word daar ook op die werk van William Gumede18 gesteun, aangesien hy bekend is vir sy uitgesproke menings oor waarom moraliteit in Suid-Afrika agteruitgaan. Gumede se standpunte is meestal baie reguit en kan lesers, veral studente ongemaklik stem. Nogtans is dit noodsaaklik om daarvan kennis te neem. Ongemaklike vrae moet juis in regsetiekonderrig gevra word en die turksvye van ons Suid-Afrikaanse werklikheid moet in die klas getakel word. Opvoedkundiges het immers telkens die belangrikheid daarvan beklemtoon om oor module-inhoud te besin en te kontekstualiseer.19 Dit maak net sin om dit wat aan studente oorgedra word te kontekstualiseer aan die hand van byvoorbeeld nuusgebeure.

In die soeke na die wortels van die Suid-Afrikaanse moraliteitsraamwerk kan daar onder meer gelet word op die tradisionele Afrika-, Westerse (Eurosentriese) en Oosterse moraliteitsleer, tesame met die ontluikende vakgebied van “konstitusionele moraliteit” wat uit die Grondwet voortvloei.20 Dié twee aspekte word vervolgens in onderskeidelik paragrawe 3 en 4 aangespreek.

 

3. Moraliteit uit die oogpunt van Afrika, die Weste en die Ooste

Die tradisionele Westerse, Afrika- en Oosterse grondslag van moraliteit word om twee redes in die volgende paragrawe aangespreek. Die eerste is om die wortels van Suid-Afrikaanse moraliteit te bepaal deur vas te stel wat die diverse kultuurgroepe in ons land elk in dié verband bydra. Die tweede is om te ondersoek of Suid-Afrikaanse diversiteit enige onversoenbare morele beginsels bevat wat die herstel van morele verbintenis in Suid-Afrika kan verhinder.

Moraliteit is ’n komplekse konsep wat wissel na gelang van kultuur en gebied. Afrika-, Westerse en Oosterse samelewings het elk hulle eie unieke opvatting van moraliteit. Hierdie moraliteitsraamwerke word beïnvloed en gevorm deur verskillende verledes, waardes en godsdienstige oortuigings. Nogtans kan die verskille tussen moraliteitsraamwerke lig werp op waarom individue en samelewings verskillend op etiese dilemmas reageer. Die onderliggende vraag is of die uiters diverse Suid-Afrikaanse samelewing genoeg in gemeen het om algemene eenstemmigheid te bereik oor ’n (hernude) moraliteitsraamwerk wat morele oorredingskrag vir die hele samelewing sal hê. Indien nie, sal dit moeilik wees om moraliteit in Suid-Afrika te herstel. ’n Regsetiekmodule wat juis hierdie vraag ondersoek, kan van besondere waarde wees.

In die tradisionele Afrika-moraliteitsleer speel die gemeenskap en die onderlinge verbondenheid van die lede ’n sentrale rol. Gevolglik beklemtoon baie Afrika-gemeenskappe die gesamentlike welstand van die hele gemeenskap bo dié van die individu.21 Die individu is nie onbelangrik nie; inteendeel, ’n individu se goeie karakter is sentraal in Afrika-etiek.22 Gemeenskaplike welstand oorheers egter dikwels die outonomie van die individu in ’n kernbegrip soos ubuntu, wat op onderlinge verbondenheid en kollektiewe besluitneming fokus.23 Daar word van individue verwag om altyd die groep se welstand bo hul eie te stel. Indien individuele optrede tot ’n wedersydse vertrouensbreuk tussen die oortreder en die gemeenskap lei, is albei partye verplig om die verhouding en, by uitbreiding, die harmonie in die gemeenskap te herstel.24 Die herstelproses behels dikwels die deelname van alle lede van die samelewing, met meer senior lede wat tipies ’n leidende rol vervul, en neem die vorm van bemiddeling en versoening aan.25

Daarteenoor konsentreer die klassieke Westerse moraliteitsleer dikwels op individuele regte en die outonomie van die individu.26 Dít hou waarskynlik verband met die filosofiese benaderings van liberalisme en utilitarisme,27 wat aspekte soos persoonlike vryheid, geregtigheid en die najaag van individuele geluk vooropstel. Die sterker klem op individualiteit in Westerse moraliteitsleer kan lei tot ’n groter fokus op persoonlike verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid vir ’n individu se optrede. Morele dilemmas word dikwels benader vanuit die perspektief van individuele regte en etiese beginsels, met rasionaliteit en logika in besluitneming wat van kardinale belang is. Baie van die vernaamste eienskappe van Westerse moraliteitsleer word uitgedruk in die filosofiese werke van Aristoteles en Kant, sowel as Bentham se leer van utilitarisme.28

Oosterse moraliteitsleer29 beklemtoon konsepte wat in Konfusianisme en Boeddhisme30 gewortel is, en val die klem op harmonie en balans in die gemeenskap as kernwaardes. Die grondslag van moraliteit sluit hier beginsels in soos kinderlike vroomheid, respek vir gesag en die onderlinge verbondenheid van alle lewende wesens. Gevolglik word verantwoordelikheid, pligsbesef en die aanleer van eienskappe soos deernis en nederigheid sterk beklemtoon. Die impak van die individu se optrede op die welstand van die groter gemeenskap word dikwels ook in etiese besluitneming oorweeg.

Die kort uiteensetting hier bo toon nie net die ryke diversiteit en morele diepte van verskillende groepe en kulture nie, maar bied ook ’n basiese aanduiding van hoe verskillende kulture tradisioneel morele en etiese kwessies benader. Wat egter hieruit blyk, is dat daar geen redelike en rasionele gronde bestaan vir enige morele beswaar teen die kernkomponente van die Westerse, Afrika- óf Oosterse teorieë nie. Die afleiding is veel eerder dat daar ontsaglike waarde in diversiteit is, en dat Suid-Afrika op moraliteitsvlak uit hierdie diversiteit behoort te put. Elke Suid-Afrikaner het die reg om openhartig, eerlik en met respek by te dra tot die gesprek rondom die herstel van moraliteit en hernuwing. Dit sluit elke student in die regsetieklesinglokaal in, ongeag ras, groep of kultuur, en ongeag of hul groep histories die slagoffers of die onderdrukkers was. Op hierdie manier word wedersydse respek, begrip en samehorigheid bevorder.31

 

4. Die moraliteitseienskappe van die Grondwet: die oppergesag van die reg, verantwoordbaarheid, konstitusionalisme, en konstitusionele moraliteit

Uit die bespreking hier bo ontstaan die vraag: Is ons progressiewe Grondwet nie veronderstel om ons in ons diversiteit te verenig in die strewe na ’n moreel gesonde, gelyke, nierassige en wetgehoorsame samelewing nie?

Die aanhef en eerste twee hoofstukke van die Grondwet kan as die “moreel-etiese waarderaamwerk” van Suid-Afrika se grondwetlike demokratiese bestel beskou word, met die res van die Grondwet wat die staatsbestel uiteensit, insluitend die omvang van magsuitoefening deur die staat en sy vertakkings.32 Die Grondwet, saam met die howe se gevolglike interpretasie daarvan, het die begrip konstitusionalisme (of grondwetlikheid) deel van ons grondwetlike staatsbestel en regspraak gemaak. Dit beskryf nie net die staat se funksie nie, maar ook wat dit behóórt te wees.33 Currie en De Waal voer aan dat die Grondwet ’n spesifieke soort konstitusionalisme bekend gestel het, naamlik dat, hoewel dit aan die staat die mag verleen om te regeer, daardie mag beperk moet word. Dit verseker dat die uitoefening van staatsmag nie die oppergesag van die reg óf individue se regte skend nie.34 Die staat moet dus sy mag só uitoefen dat dit met die waardes en regte vervat in die Grondwet strook.

4.1 Ware politieke toewyding aan grondwetlike waardes

Wat magsuitoefening deur die staat betref, wat moet voldoen aan die waardes en regte soos in die Grondwet uiteengesit, wys ’Nyane35 op die onafwendbare spanning tussen die Grondwet (sowel die teks en die gees daarvan) en die leiers wat politieke mag in die samelewing uitoefen. Volgens ’Nyane doen sulke leiers dikwels alles moontlik om die grense wat die Grondwet op hul mag plaas, te ontduik. Hulle bereik dit:

… by either exploiting the imprecision of the textual draughtmanship (of the Constitution) or circumventing outright the text of the Constitution. This attitude may be called “constitutional immorality” – an attitude among the subjects of the Constitution not to be bound by the Constitution or take every little opportunity not to be bound by the Constitution. It is the antithesis of constitutional morality.

Te oordeel aan sommige regeringslui se uitlatings, is dit te betwyfel of alle lede van die Suid-Afrikaanse regering, veral die politieke elite, konstitusionalisme ondersteun en die oppergesag van die reg ten volle verstaan.36 Hieroor sê Calland:37

There was a moment during the state capture years of South African president Jacob Zuma’s term in office (2009–2018) when the veil finally slipped. There had been quiet ramblings against the country’s constitution for many years. But a senior figure in the ruling African National Congress – its chief whip in the National Assembly, Mathole Motsheka – gave public expression to the notion that when judges overturned decisions of the government they were undermining democracy by thwarting the will of the majority.

Hieruit blyk daar ’n onwilligheid om die oppergesag van die reg, en weliswaar die Grondwet self, te aanvaar. Boonop dui dit op ’n onwilligheid om verantwoordbaar op te tree. Soos die aanhalings hier bo demonstreer, is die verweer vir sodanige onwilligheid gewoonlik gegrond op ’n verwronge idee van demokrasie – ’n selfsugtige beskouing van demokrasie wat slegs sekere individue insluit, en die breër bevolking nie. Oor verantwoordbaarheid vir Suid-Afrika se mislukkings sê Gumede:38

While many of the country’s problems are indeed the legacy of apartheid, many others have been caused, or worsened, by post-apartheid corruption, incompetence and ideologically misguided policies. In fact, much of South Africa’s crucial infrastructure – such as public transport, power and water – has been destroyed by the post-apartheid government through corruption, the deployment of incompetent individuals to the public service and state-owned enterprises (SOEs), and the stubborn implementation of ideas that have failed dismally elsewhere.

Gumede gaan selfs verder deur te stel dat regeringslui se breëborsuitlatings oor die regstelling van die staat se onvermoë of versuim om dienste te lewer – eerder as om diegene wat verantwoordelik is vir vorige mislukkings verantwoordbaar te hou – bloot ’n kultuur van onverantwoordbaarheid versterk. ’n Voorbeeld hiervan is die onlangse afname in beurtkrag, waaroor daar uit sekere oorde wyd en syd gespog word.

Nog ’n voorbeeld van onbesonne opmerkings word gevind in ’n onlangse verklaring deur dr. John Hlophe, die voormalige regterpresident van die Wes-Kaapse hooggeregshof en deesdae ’n parlementslid.39 In die verklaring beweer Hlophe onder meer dat hy gedurende sy regsloopbaan lank deur rassistiese organisasies aangeval is en dat sy standpunte oor transformasie en dekolonisasie van die regspraak “skerp kritiek ontlok van rassiste en ander elemente in die samelewing wat teen transformasie gekant is”.40 Alhoewel dit buite die bestek van hierdie artikel is om kommentaar te lewer op Hlophe se uitlatings, kan ’n regsetieklesing van sy opmerkings met groot vrug teen die agtergrond van artikels 165 en veral 174(8) van die Grondwet beoordeel word.41

Dit blyk dus dat ware toewyding aan ons grondliggende grondwetlike waardes grootliks ontbreek waar dit juis broodnodig is: onder politieke en ander samelewingsleiers.42 Die afleiding is onvermydelik dat wanneer ’n regter afgedank word omdat hy lynreg teen die bepalings van die Grondwet opgetree het, gevaarligte begin flikker. Let daarop dat hier nie aangevoer word dat die hele regsberoep in moraliteitsverval verkeer nie, maar wel dat daar verseker moet word dat toekomstige regspraktisyns hulself onderwerp aan morele optrede ter ondersteuning van die oppergesag van die reg.

4.2 Openbare oortuiging

’n Tweede belangrike aspek in die kritiese beoordeling van die Grondwet word geopper deur Albertyn,43 wat bevraagteken of die Grondwet die regering bemagtig of belemmer in sy pogings om die sistemiese maatskaplike en ekonomiese ongelykhede in Suid-Afrika die hoof te bied. Sy kom tot die gevolgtrekking dat hoewel die Grondwet die belofte van transformerende verandering inhou, die oplossing vir ongelykheid nie in die teks van die Grondwet lê nie, maar op die terrein van politieke en openbare oortuiging – iets wat George Bizos meer as ’n dekade gelede opgemerk het.44

Albertyn se ontleding toon duidelik dat die welvaartgaping sedert die aanvang van die Suid-Afrikaanse demokrasie vergroot het, en dat menige lid van die samelewing die Grondwet of die grondwetlike bestel daarvoor blameer. Nietemin berus die verantwoordelikheid om die regte en waardes in die Grondwet uit te voer tog nie by die Grondwet self nie. Hierdie verantwoordelikheid begin by die regering, die parlement, die howe, die vervolgingsgesag en al sy vertakkings, sowel as alle regeringsliggame, skole, universiteite, en elke lid van die samelewing. Almal moet die bepalings van die Grondwet op verantwoordbare wyse en in belang van die hele Suid-Afrika uit te voer en op te eis.45 As bewakers van die oppergesag van die reg, dra diegene wat die reg in enige hoedanigheid toepas en dien waarskynlik ’n selfs groter verantwoordelikheid. Dít sluit die land se toekomstige regspraktisyns, ons LLB-studente, in.

4.3 Weinig aandag aan konstitusionele moraliteit

’Nyane46 verwys na ’n toenemende siening dat die Grondwet, ondanks die lof wat dit toegeswaai word as ’n progressiewe dokument, misluk in sy transformerende doel. Hy merk op:47

The massive looting of state resources by state functionaries in complicity with powerful and politically linked corporates and individuals, which the Judicial Commission of Inquiry into Allegations of State Capture has unearthed, has raised fresh questions about the effectiveness of the Constitution in realising the ideals of transformation.

Volgens hom is die ontbrekende skakel dalk dat, hoewel ons howe konstitusionalisme as kernbeginsel in ons regspraak gevestig het, daar weinig aanduiding is dat “konstitusionele moraliteit” dieselfde prominensie geniet. Dít laat vrae ontstaan oor die morele oorredingskrag van die Grondwet. ’Nyane voer aan dat die verheffing van konstitusionele moraliteit tot dieselfde vlak as konstitusionalisme as beginsel in ons regspraak kan help om die konstitusionele projek weer op koers help kry.48

Nietemin is die inhoud van ons Grondwet, soos ons diverse moraliteitsafkoms as diverse Suid-Afrikaanse samelewing,49 nie te blameer vir die agteruitgang in ons moraliteitstandaarde en etiese beginsels nie. Nog minder staan dit in ons pad om moraliteit te herstel.

 

5. Die simptome van morele verval

5.1 ’n Ongelyke en trae ekonomie, maatskaplike kwesbaarheid, en korrupsie

Elke rasionele persoon sal saamstem dat die maatskaplike welstand en opheffing van Suid-Afrikaners, wat daarop gemik is om die welvaartgaping te verklein, afhang van (a) ’n beduidende verbetering in die land se power ekonomiese groei, (b) die staking van die plundering van die staatskas deur korrupsie, bedrog en diefstal, en (c) die uitskakeling van onbekwame, onverantwoordbare leierskap op alle vlakke.50 Gierigheid en eiebelang, synde die oorsaak van hierdie euwels, is direk in stryd met die moraliteitseienskappe van die Grondwet én van enige kultuur wat deel vorm van die Suid-Afrikaanse samelewing.51

Nes in enige ander land, is Suid-Afrika se beleidsrigtings52 in nasionale wetgewing, regulasies en voorskrifte vervat. Dié beleidsrigtings dui die koers aan vir hoe daar ooreenkomstig die waardes en moraliteitsbeginsels wat in die Grondwet verskans is, regeer moet word.53 Die ideale ekonomiese beleid vir Suid-Afrika moet oor die algemeen daarna streef om die land se grootste uitdagings op omvattende wyse die hoof te bied. Dié uitdagings sluit inklusiewe ekonomiese groei en beter bestuur op alle vlakke in. In hierdie verband kom twee ekonomiese beleidsrigtings erg onder skoot, naamlik die regering se beleid oor breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB), en die beleid oor kaderontplooiing.54

As gevolg van die betreklik “ongedefinieerde” en plooibare aard van die begrip transformasie, was die aanvanklike doelstellings van albei hierdie beleide waarskynlik regverdigbaar. Die oogmerke was om die onreg van die verlede reg te stel en meer swart Suid-Afrikaners toe laat om aan die ekonomie deel te neem. Nogtans het die praktiese uitvoering van albei beleide mettertyd uiters negatiewe gevolge gehad – ironies genoeg, veral vir die ekonomies kwesbaarste deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Volgens kritici is die BBSEB-beleid uitermate burokraties en plaas dit te veel mag in die hande van die regering.55 Daarbenewens skep dit ongelukkig geleenthede vir grootskaalse nepotisme, tender- en ander bedrog, en korrupsie.56 Die Zondo-kommissie (oftewel die Geregtelike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping, Korrupsie en Bedrog in die Openbare Sektor, met inbegrip van Staatsorgane) het hierdie euwels in57 besonderhede blootgelê. Gevolglik het die BBSEB-beleid slegs ’n klein elite groep swart Suid-Afrikaners bevoordeel. Hierdie voortgesette uitsluiting van die meerderheid landsburgers van behoorlike ekonomiese deelname word vererger deur die meestal swak, en dikwels die algehele58 gebrek aan, dienslewering op nasionale, provinsiale én munisipale vlak. Hieroor berig die pers byna daagliks. Kritiek op die kaderontplooiingsbeleid is ewe fel. Die hoofbesware teen die beleid is dat dit belangrike staatsinstellings verpolitiseer, meritokrasie ondermyn, en – nes BBSEB – ruimte laat vir korrupsie. Aanstelling op grond van meriete is vervang deur die aanstelling van partylojaliste,59 wat die grense tussen staat en regering laat vervaag.

Oor die rol van korrupsie in mislukte beleidsimplementering skryf Seopetsa:60

Corruption has contributed greatly to the failure of policy implementation in developing countries. According to Ntoyanto (2019), “corruption in South Africa is a cancer which has persistently eroded at, and undermined socio-economic development efforts, poverty alleviation and good governance in the country”. This statement is supported by Naidoo (2013) who pointed out that, “South Africa’s political transition to a non-racial democracy has been blemished by frequent incidents and allegations of government corruption, involving elected officials and public servants”.

Almal is dit eens dat die bedeling in die land vóór 1994 immoreel was en dat die onreg van die verlede reggestel moet word, soos ons Grondwet ons aanspoor om te doen. Hoewel geïmplementeerde regeringsbeleid die afgelope dertig jaar wél in sekere opsigte met transformasie geslaag het,61 lyk die algehele droewig. Eens trotse staatsbeheerde ondernemings wat tot die staatskas bygedra het, is nou afgerem of bankrot. Indien daar gepaste beleidsrigtings was wat verantwoordbaarheid en onafhanklike, kundige bestuur beklemtoon het, kon hierdie ondernemings ’n beduidende stukrag vir ekonomiese vooruitgang in die land verskaf het.62

5.2 ’n Beheptheid met rasse, groepe en partye

In die lig van Suid-Afrika se veelrassigheid aard help dit nie juis dat die argitekte van imperialisme, kolonisasie en apartheid wit (Europees) was, en die slagoffers van dié stelsels swart (Afrikane) nie. Hierdie skerp verdeling langs raslyne maak transformasie in die land soveel meer kompleks. Daarom is die verbintenis tot rassegelykheid prominent in die aanhef van die Grondwet. Die aanhef verbind Suid-Afrikaners daartoe om “die verdeeldheid van die verlede te heel” en “die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking”. Die werklikheid ná dertig jaar van demokrasie lyk ongelukkig aansienlik anders, met sowel wit as swart burgers wat krampagtig aan groepsidentiteite vasklou. Onder swart gemeenskappe manifesteer dít dikwels in ’n oordrewe klem op swart burgers se “slagofferskap” en betrokkenheid by die stryd (“struggle”). By die wit groepering steek die misplaaste klem op ras herhaaldelik kop uit, wanneer die (swart) regering gekritiseer word, en veral in die wyse waarop kritiek uitgespreek word – wat soms oneerbiedig en soms arrogant voorkom. Waar ras-, groep- en/of partybeheptheid bestaan, is dit oënskynlik neusie verby met die reg op menswaardigheid en gelykheid wat in die Grondwet verskans word.

Gumede63 is ook van mening dat die klem op ras morele waardes ondermyn, wat uiteindelik die kwesbaarste lede van die samelewing laat ly. Hy skryf:

It is crucial that we have the courage to point out when an unskilled or inexperienced black person is put in a position where they are not performing – rather than keep silent because at least they are black or white, are from the same ethnic background or have “struggle” credentials. The poor ultimately pays the price for incompetence, corruption, and crime, whether it is white or black incompetence or corruption or crime.

Dit gaan dus om moraliteitsbeoefening, maak nie saak wat nie. Met moraliteitsbeoefening word bedoel individuele of groepsgedrag wat op (oënskynlik) rasionele besluitneming berus, en bedoel is om te verander, te bevorder en te verbeter; kortom, om die slegte met die goeie te vervang. Die gedagte is dat die verbetering – die transformasie – nie net die individu sal bevoordeel nie, maar ook die ganse gemeenskap. Daar is reeds hier bo aangetoon dat gevestigde moraliteitsteorieë oor verskillende kulture heen groepsbelang bo eiebelang stel. Nietemin het die woord transformasie64 in sekere opsigte ’n negatiewe bybetekenis begin kry, meestal omdat die plooibaarheid daarvan dikwels tot “selektiewe bevoordeling en benadeling” lei.65 Sodanige bevoordeling en benadeling is in stryd met die gees, waardes en beginsels van die Grondwet.66 Nepotisme67 en patronaatskap,68 wat aandring op groter lojaliteit aan die groep of party as aan die staat, lei tot korrupsie, bedrog en morele verval. In Suid-Afrika lei dit dikwels tot korrupsie in tenderprosesse, oftewel “tenderpreneurskap”.69

Gegewe dat hier bo aangetoon is dat konstitusionele moraliteit ’n meer prominente rol behoort te speel in handelinge, besluite, en beslis in die regspraak van Suid-Afrika; en dat die begrip transformasie in baie gevalle plooibaar en ongedefinieerd is, ontstaan die vraag: Kan die Suid-Afrikaanse samelewing sy morele kompas terugkry as ons so behep bly met ons lidmaatskap van ’n bepaalde ras, groep of party? Dít is nóg ’n vraag wat openhartig in regsetiekonderrig gestel moet word – hoe ongemaklik dit ook al vir sowel studente as dosente mag wees. Indien ons nalaat om beleefd dog reguit hieroor in die lesinglokaal te praat, spreek ons nooit die bron of oorsprong van immorele gedrag aan nie.

Daar is beslis ander maniere om die grondwetlike strewe om die onreg van die verlede reg te stel te bereik as om voortdurend op ras- en groeplidmaatskap te hamer. Rasbeheptheid, wat verder aangevuur word deur die beleid van kaderontplooiing, is heeltemal teenproduktief in pogings om ’n samehangende samelewing te skep en uiteindelik morele eenstemmigheid oor die rigting waarin die samelewing moet beweeg.70 Die klem op rasbeheptheid neig om groepsvoordeel te bevorder gebaseer op partylojaliteit eerder as op morele konstitusionaliteit, soos reeds aangetoon. Inteendeel, rasbeheptheid veroorsaak ooremosionele en dikwels irrasionele uitsprake. Dit blaas rassespanning aan eerder as om samehang te bevorder – dit blyk duidelik uit beriggewing in die Suid-Afrikaanse pers, en veral sosiale media. Suid-Afrikaners se sensitiwiteit vir ras is te verstane in die lig van ons geskiedenis. Nietemin kom die oordrewe klem op ras en die misplaaste aandrang op lojaliteit teenoor ’n bepaalde ras, party of groep ongelukkig meestal op makrovlak voor. ’n Voorbeeld hiervan is die Suid-Afrikaanse regering se aandrang, tot baie onlangs, dat ’n lisensie slegs aan Starlink, ’n filiaal van Elon Musk se SpaceX wat bekostigbare satelliet-internet verskaf, slegs in Suid-Afrika toegestaan sal word indien ’n binnelandse sakevennoot uit die voorheen benadeelde (d.w.s. swart) gemeenskap aangestel word.71 Starlink bied ’n moontlike oplossing vir die hoë koste van breëband-internettoegang, veral in die arm gemeenskappe, en kan dus gewone Suid-Afrikaners se lewens heelwat verbeter. Ongelukkig blyk dit dat ons beheptheid met ras hierdie beduidende vooruitgang kan belemmer of vertraag.

Gumede wys ook op die ironie dat hierdie soort denke die nalatenskap van apartheid in stand hou, die erge ongelykheid in die samelewing handhaaf, en ekonomiese vooruitgang benadeel. Ons bly dus vasgevang in die bose kringloop van dikwels populistiese retoriek oor “die euwels van apartheid” (onder swart Suid-Afrikaners) en “die swak prestasie van die regering sedert 1994” (onder wit Suid-Afrikaners). Met verwysing na die Zuma-bewind skryf Gumede tereg:

Like so many African leaders who have mismanaged their countries, Zuma is also dogmatically supported by the very people who are suffering the most from colossal destruction he unleashed on South Africa, whether through causing the failure of part of the state, bringing the economy to near-collapse, and pushing the country into lawlessness. The corruption, mismanagement, and incompetence under the leadership of Zuma have increased the poverty, inequality, and unemployment legacies of apartheid.72

5.3 Gebrek aan verantwoordbaarheid

LLB-studente moet verstaan dat sowel verantwoordelikheid as verantwoordbaarheid kernvereistes is, nie net in ’n demokratiese grondwetlike bestel nie, maar ook in die regsberoep. Die student sal immers eendag as regspraktisyn aan ’n dissiplinêre gedragskode onderworpe wees. Dít is een van die kenmerke wat die regsberoep van sommige ander beroepe onderskei. Daarom is dit belangrik om by regstudente in te skerp dat die verlening en uitoefening van regte altyd gepaardgaan met ’n plig om daardie regte verantwoordelik en verantwoordbaar uit te oefen.73 Verantwoordelikheid en pligsbesef moet reeds van jongs af ingeboesem word – in die huis, in skole en kerke, en veral in universiteitsopleiding. In dié verband haal De Klerk-Luttig74 die ekonoom Christo Luüs aan in die volgende opmerking oor wat ’n land welvarend maak:

Sukses hang nie af van die hoeveelheid natuurlike hulpbronne waaroor ’n land beskik nie, ook nie van die ouderdom van ’n land nie, en dit is ook nie afhanklik van ras of velkleur nie. Die werklike verskil tussen lande lê gewoon by die ingesteldheid van die mense wat oor jare deur onderwys en kultuur gevorm word. … [M]ense in arm lande [bly] arm omdat hulle nie die regte ingesteldheid of beginsels het nie. Dit kan verander word deur ’n goeie onderwysstelsel …

Die aandrang op verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid is niks vreemd in die moraliteitsraamwerke van Westerse, Oosterse óf Afrika-kulture nie. Voorts is dit een van die hoekstene van ons demokratiese grondwetlike bestel. Die rede hiervoor is eenvoudig: Verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid dien as rigtingwysers om samelewingsorde en harmonie te verseker. In die uitoefening van enige reg moet die gemeenskap se belange altyd in ag geneem word, dikwels bo dié van die individu.

Daar is reeds hier bo gestel dat regspraktisyns en alle lede van die regs- en verwante beroepe bewakers van die oppergesag van die reg is. Dit spruit voort uit die rol wat die reg en die toepassing daarvan van hierdie professies en/of beroepe vereis.75 Indien enige optrede teen die oppergesag van die reg indruis, is dit oneties weens die immoraliteit daarvan. In die regsberoep, met al sy vertakkings, is die verantwoordbaarheidsplig selfs groter as wat van die individu in die samelewing vereis word.76 Die kliënt se verhouding met sy regsverteenwoordiger berus op vertroue. Die kliënt moet verseker wees dat die regsverteenwoordiger in die kliënt se belange sal optree. Nogtans moet die kliënt se belange altyd onderworpe wees aan die belange van die land en regspleging.77 Dit is gewoon immoreel vir ’n regsverteenwoordiger om ’n hof of enige derde party te mislei met valshede, of selfs met feite en argumente wat nie uitsluitlik daarop gerig is om geregtigheid in ’n saak te laat geskied nie, maar eerder daarop gemik is om die saak te vertraag. Wanneer ’n lid van die publiek ’n strafklagte aanhangig maak, is dit eweneens die polisiebeampte se verantwoordelikheid om daardie klagte af te neem en te ondersoek, en, indien dit meriete het, om die saak aan die vervolgingsgesag voor te lê. Wanneer die saak voor ’n hof dien, is dit weer die staatsaanklaer se verantwoordelikheid om die aangeleentheid na behore aan die hof voor te lê en sodoende die regsorde te help handhaaf deur geregtigheid te bewerkstellig. Die staatsaanklaer doen dit nie vir persoonlike glorie nie, maar sodat die publiek vertroue kan hê in die beskerming wat hulle van die staat en owerhede behoort te ontvang. Wanneer ’n saak voor ’n landdros of regter dien, het nie net die klaer nie, maar weliswaar die publiek die reg om aan te dring dat die voorsittende beampte die saak objektief en onpartydig aanhoor en beslis. Wanneer slegs ’n derde van moordsake in die land egter opgelos78 word en meer as vyf miljoen moordsake oor ’n tydperk van ses jaar gesluit word weens ’n gebrek aan bewyse,79 tree almal wat by die regspleging in die land betrokke is nie verantwoordelik en verantwoordbaar op nie. Dan bevorder ’n kultuur van immuniteit teen verantwoordbaarheid, wat weldra tot wetteloosheid en dikwels ook “selfhelp-regspleging” aanleiding gee.80

Staatsgesag moet ook met dieselfde oorwegings van verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid uitgeoefen word. Regeringsamptenare en -leiers moet in belang van die land optree en rekenskap gee van hul besluite. Belang verwys hier na die belange van die hele land, en nie net dié van ’n bepaalde party, ras of ander groep nie. Nes met verantwoordbare regspleging, bevorder verantwoordbare regering openbare vertroue in die staat en staatstrukture. Met verwysing na verantwoordbaarheid vanuit ’n moraliteitsoogpunt, skryf Gumede:81

There is, therefore an accountability dimension to moral values. A breakdown in accountability structures within communities, businesses, and government also erodes moral values (Gumede 2012). There appears to be a normalisation or “socialisation” of corruption of moral frameworks and values in South Africa because moral corruption has become embedded in the governing ANC, the public service, traditions, religions, businesses, and communities … Individuals “self-rationalise” wrong behaviour that would “otherwise violate their internal moral framework” (Taylor 2016:4). In such “self-rationalisation” … there is a “denial of responsibility, denial of injury, denial of the victims” of corruption (Taylor 2016:3; Heffernan 2011). Those that do wrong do not see themselves as doing anything wrong because wrongdoing is normalised.

Om billik te wees, het die Suid-Afrikaanse regering die afgelope 30 jaar inderdaad stappe gedoen om korrupsie op verskeie terreine teen te werk. Dink maar aan die instelling van die Zondo-kommissie, die verskillende provinsiale taakspanne om die toename in afpersing en geweld op boupersele aan te spreek, die Finansiële Intelligensiesentrum wat verkrygingsonreëlmatighede gedurende die Covid-pandemie ondersoek, ’n nasionale teenkorrupsiestrategie, en die inwerkingtreding van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye. Ondanks hierdie stappe was daar egter nog geen noemenswaardige suksesvolle vervolgings nie. Boonop sê Mokgonyana tereg:82

[T]he impact of corruption goes beyond the institutional weaknesses, it heavily hinges on corrupt individuals. South Africa does not have effective systems in place to deal with individuals who are corrupt, hence, they continue to be in positions of power, are not prosecuted for their corrupt actions and it becomes difficult to track and recover funds that have been stolen.

Dít is onteenseglik waar – in so ’n mate dat Suid-Afrikaners byna afgestomp geraak het vir berigte hieroor. Dit bly egter die waarheid, en om daarvan weg te skram baat niemand nie. Individuele en groepsbesinning oor die stand van moraliteit in Suid-Afrika is onafwendbaar as ons die vele uitdagings holisties die hoof wil bied, en die regsetieklesinglokaal is een van die plekke waar ons daarmee kan begin.83 Die herstel van algemene moraliteit in Suid-Afrika sal logieserwys daarby baat as regstudente, as toekomstige regspraktisyns en professionele persone in verwante beroepe, toegerus word met ’n etiese en waardestelsel wat respek by die publiek afdwing. Sodoende sal ons regstudente beter toegerus word as etiese lede van die regsberoep ter handhawing van die oppergesag van die reg.

 

6. Slotopmerkings met die oog op praktiese toepassing in die lesinglokaal

As dosente in regsetiekleer is ons net soveel deel van die regsplegingsproses as enige polisiebeampte, staatsaanklaer, regter, regspraktisyn, die meester van die hooggeregshof, of die kantoor van die Registrateur van Aktes. Trouens, regsetiekdosente het waarskynlik ’n selfs groter verantwoordelikheid om moraliteitsleer aan regstudente oor te dra en om saam met ouers, skole, kerke en gemeenskappe die grondslag van moraliteit by die LLB-student te lê. Die oproep tot besinning hier bo is dus ook vir ons bedoel.

  • Wat regsetiekonderrig betref, moet die groot diversiteit van studente in ons klasse nie as ’n uitdaging beskou word nie. Soos hierdie artikel aandui, kan daar geen rasionele besware teen enige van die kernkomponente van tradisionele Westerse, Afrika- óf Oosterse moraliteitsteorieë wees nie. Ons kan met vrymoedigheid op moraliteitsvlak uit hierdie diversiteit put.
  • Ons moet waak teen morele meerderwaardigheid wanneer ons moraliteitsverval met ons studente bespreek. Dít sit bloot die toksiese kringloop van selfregverdiging voort en hou ons vasgevang in die verlede in plaas daarvan om op die hede en die toekoms te konsentreer.
  • Kom ons beweeg weg van ’n “moraliteitsbarometer” waarvolgens ’n persoon se reg om hul standpunt oor moraliteit objektief en eerlik te stel, afhang van hul ras, groep, politieke party of ander affiliasie. Om iemand as “rassisties” te bestempel bloot omdat daardie persoon met jou verskil vanuit ’n gesonde lewensoordeel, dra nie by tot die landsbelang nie.
  • Die voorkoms en gevolge van immoraliteit moet reguit en sonder politieke korrektheid bespreek word, dog altyd in die gees van menswaardigheid en ubuntu.
  • Ons moet morele “turksvye” saam met studente takel, waaronder sommige regeringslui se uitlatings teen konstitusionalisme en die oppergesag van die reg, ons samelewing se beheptheid met ras, groepe en partye, en die verwoestende impak van ’n gebrek aan verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid.

Nóg die Grondwet nóg die wortels van ons tradisionele moraliteitskultuur laat enige ruimte vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg, vir gierigheid en eiebelang, vir selektiewe bevoordeling en benadeling in die naam van transformasie, en vir die geringskatting van verantwoordbaarheid. Openbare uitsprake moet daarop gerig wees om maatskaplike samehang te bewerkstellig eerder as om verdeeldheid en haat te saai. Transformasie as grondwetlike doelwit mag nie misbruik word vir die implementering van beleidsrigtings wat nié werk nie of, nog erger, net sommige bevoordeel nie.

Om terug te keer na Wright se analogie aan die begin van hierdie artikel: Kom ons kry die “wortels” van die boom gesond, en herstel ons morele verhouding met die Hoër Hand waarin ons onderskeidelik glo, met onsself, en met mekaar. Kom ons maak dit deel van elke lewensterrein, insluitend die opleiding van ons LLB-studente.

 

Bibliografie

Ajayi, A.T. en L.O. Buhari. 2014. Methods of conflict resolution in African traditional society. African Research Review, 8(2):138–57.

Albertyn, C. 2019. (In)equality and the South African Constitution. Development South Africa, 36(6):751–66.

Amoah, O.R. en A.K. Peprah. 2022. The foundations and nature of traditional African morality: A review of selected literature. E-journal of Humanities, Arts and Social Sciences, 3(7):279–85.

Barney, H. 2004. Accountability in the legal profession. In Stecher en Kirby (reds.) 2004.

Anon. 2013. BEE is flawed and should be scrapped. Mail & Guardian, 18 Januarie. https://mg.co.za/article/2013-01-18-bee-is-flawed-and-should-be-scrapped (18 Augustus 2024 geraadpleeg).

Anon. 2024a. Practice: Retired judges condemn “discourteous conduct”. 28 Oktober. Legal Brief. https://legalbrief.co.za/search/?q=Discourteous+conduct+retired+judges (10 Desember 2024 geraadpleeg).

Anon. 2024b. SA users of Starlink will be cut off at the end of the month. Africanews, 16 April. https://www.africanews.com/2024/04/16/sa-users-of-starlink-will-be-cut-off-at-the-end-of-the-month (2 Augustus 2024 geraadpleeg).

Bernstein, A. 2023. Bad policy choices, poor governance, weak leadership are wrecking SA’s economy. https://cde.org.za/bad-policy-choices-poor-governance-weak-leadership-are-wrecking-sas-economy (9 Augustus 2024 geraadpleeg).

Bizos, G. 2012. Blame neither the constitution, nor the courts. https://www.chr.up.ac.za/news-archive/2012/1734-presentation-of-honorary-doctorate-to-george-bizos-sc (2 Augustus 2024 geraadpleeg).

Black, L.W. 2005. Dialogue in the lecture hall: Teacher/student communication and students’ perceptions of their learning. Qualitative Research Reports in Communication, 6(1):31–40. https://doi.org/10.1080/17459430500262125.

Boonzaaier, D. 2024. Skotvry: Net ’n derde van moorde opgelos. Rapport, 11 Augustus, bl. 4.

Calland, R. 2024. SA’s Constitution has been challenged over last 30 years, but has held firm. https://www.corruptionwatch.org.za/sas-constitution-has-been-challenged-over-last-30-years-but-has-held-firm (8 Augustus 2024 geraadpleeg).

Corruption Watch. 2015. Understanding corruption in tenders. https://www.corruptionwatch.org.za/wp-content/uploads/2015/06/Corruption-Watch-Understanding-tender-corruption.pdf.

Credo Online Reference Service. 2024. Philosophy in Credo: Eastern philosophy. https://credoreference.libguides.com/c.php?g=139729&p=915384 (12 Augustus 2024 geraadpleeg).

Currie, I. en J. de Waal. 2019. The Bill of Rights Handbook. Kaapstad: Juta.

De Klerk-Luttig, J. 2017. Die jeug se waardes. Maroela Media, 4 Mei. https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/die-jeug-se-waardes (12 Augustus 2024 geraadpleeg).

Gumede, W. 2022. Working Paper 15: Strengthening democratic morality to undo moral breakdown. https://www.democracyworks.org.za/strengthening-democratic-morality-to-undo-moral-breakdown (29 Julie 2024 geraadpleeg).

—. 2023. Why is South Africa so corrupt? We must rebuild our democratic moral values. Daily Maverick, 6 Julie. https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-07-06-why-is-south-africa-so-corrupt-we-must-rebuild-our-democratic-moral-values (29 Julie 2024 geraadpleeg).

—. 2024. Political leaders must be held accountable for their many self-inflicted failures. Sunday Times, 4 Augustus. https://www.timeslive.co.za/sunday-times/opinion-and-analysis/opinion/2024-08-04-political-leaders-must-be-held-accountable-for-their-many-self-inflicted-failures (16 Augustus 2024 geraadpleeg).

Jacobs, S. 2024. South African municipalities collapsing. Daily Investor, 15 Augustus. https://dailyinvestor.com/south-africa/60630/south-african-municipalities-collapsing (16 Augustus 2024 geraadpleeg).

Kim, D. 2023. On the concept of care in J.S. Mill’s liberal utilitarianism. The European Legacy, 29(2):166–83. https://doi.org/10.1080/10848770.2023.2291943.

Kok, M. 2024. AfriForum vra hoogste hof: “Skop Hlophe uit!”. Rapport, 21 Julie. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/politiek/afriforum-vra-hoogste-hof-skop-hlophe-uit-20240720 (5 Augustus 2024 geraadpleeg).

Kwame, G. 2011. African ethics. In Zalta (red.) 2011.

Leistner, E. 1994. Symbiosis of African and Western cultures. Africa Insight, 24(4):222–4.

Lekubu, B.K. en O.S. Sibanda. 2021. Moral values and ethics as antidotes for corruption in the South African public service and administration. Koers (Online), 86(1). https://doi.org/10.19108/koers.86.1.2482 (18 Augustus 2024 geraadpleeg).

Lewis, E.A.L. 1982. Legal ethics: A guide to professional conduct for South African attorneys. Kaapstad en Johannesburg: Juta.

Ludidi, V. 2024. Rogues’ gallery – Brian Molefe, Lucky Montana and MK party family members headed for Parliament. Daily Maverick, 9 Augustus. https://www.dailymaverick.co.za/article/2024-08-09-brian-molefe-lucky-montana-and-mk-party-relatives-headed-for-parliament (18 Augustus 2024 geraadpleeg).

Mentz, T. 2017. Toward an African moral theory. In Ukpokolo (red.) 2017.

Mhaka, T. 2021. South Africa’s unrest and the ANC’s many failings. Aljazeera, 18 Julie. https://www.aljazeera.com/opinions/2021/7/18/south-africas-unrest-and-the-ancs-many-failings (10 Desember 2024 geraadpleeg).

Mnyongani, F. 2009. Whose morality? Towards a legal profession with an ethical content that is African. SA Public Law, 24(1):121–34.

Mokgonyana, K. 2023. Why are South African leaders corrupt? Mail & Guardian, 25 Maart. https://mg.co.za/thought-leader/opinion/2023-03-25-why-are-south-african-leaders-corrupt (5 Augustus 2024 geraadpleeg).

Mondi, L. 2024. Illusion of empowerment: How ANC’s B-BBEE policies failed black majority. News24, 10 Oktober. https://www.news24.com/opinions/fridaybriefing/lumkile-mondi-illusion-of-empowerment-how-ancs-bbb-ee-policies-failed-black-majority-20241010 (10 Desember 2024 geraadpleeg).

Naudé, P. 2024. Moral regeneration has failed miserably in South Africa. https://www.stellenboschbusiness.ac.za/news/2024-07-17-moral-regeneration-has-failed-miserably-south-africa (11 Desember 2024 geraadpleeg).

Neethling, B. 2024. South Africa’s worrying shortage which helps criminals. Daily Investor, 18 Augustus. https://dailyinvestor.com/south-africa/61103/south-africas-worrying-shortage-which-helps-criminals (10 Desember 2024 geraadpleeg).

’Nyane, H. 2023 Constitutional morality in South Africa: Is it the missing link? South African Journal on Human Rights, 39(2–3):154–70.

Nyathi, M. 2023. Eskom’s unbundling delayed as energy regulator stalls on licence for transmission company. Mail & Guardian, 27 Julie. https://mg.co.za/business/2023-07-27-eskoms-unbundling-delayed-as-energy-regulator-stalls-on-licence-for-transmission-company (2 Augustus 2024 geraadpleeg).

Seopetsa, T. 2020. Challenges facing the implementation of public policies in South Africa since the dawn of democracy. Educor Multidisciplinary Journal, 4(1):141–75.

Sibani, C.M. 2018. Impact of Western culture on traditional African society: Problems and prospects. International Journal of Religion and Human Relations, 10(1):56–72.

Sithomola, T. 2019. Leadership conundrum in South Africa’s state-owned enterprises. Administratio Publica, 27(2):62–80.

Smiley, M. 2023. Collective responsibility. In Zalta en Nodelman (reds.) 2023.

Smit, J. en E. Krige. 2024. Boere platsak, gebroke na “likwidasie-mafia” toeslaan. Maroela Media, 7 Desember 2024. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/boere-platsak-gebroke-na-likwidasie-mafia-toeslaan (11 Desember 2024 geraadpleeg).

Statistiek Suid-Afrika (StatsSA). 2024. Youth in South Africa, 2024. Pretoria: StatsSA.

Stecher, B. en S.N. Kirby (reds.). 2004. Organizational improvement and accountability. Santa Monica, CA: Rand Education.

Sugundan N., S. Raja en J.G. Sankar. 2018. Nepotism and family owned business. International Journal of Engineering and Technology, 7(4.39):764–5.

Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. 2023. 4 times the ANC admitted that BEE is failing South Africa. https://irr.org.za/fan/media/4-times-the-anc-admitted-that-bee-is-failing-south-africa (18 Augustus 2024 geraadpleeg).

Swanepoel, C.F. 2021a. Judicial probity and ethical standards: The Judicial Conduct Tribunal’s decision on Judge President John Hlophe. Journal for Juridical Science, 46(2):97–114.

—. 2021b. The slippery slope of state capture: Cadre deployment as an enabler of corruption and a contributor to blurred party-state lines. Law, Democracy and Development, 25:440–62.

—. 2023. Die misbruik van hofprosesse en die erkenning van ’n spesiale pleit wat onbehoorlike litigasiemotiewe ontmoedig. LitNet Akademies, 20(1):566–84. https://doi.org/10.56273/1995-5928/2023/j20n1e5.

Ukpokolo, E. (red.). 2017. Themes, issues and problems in African philosophy. Palgrave Macmillan. https://link.springer.com/book/10.1007/978-3-319-40796-8 (12 Augustus 2024 geraadpleeg).

Van Niekerk, C. 2013. The four-year undergraduate LLB: Where to from here? Obiter, 34(3):533–44.

Vandrau, J. 2023. Why is black economic empowerment failing to reconcile social inequality in South Africa? https://www.standrewslawreview.com/post/why-is-black-economic-empowerment-failing-to-reconcile-social-inequality-in-south-africa (18 Augustus 2024 geraadpleeg).

Veine, S. e.a. 2019. Reflection as a core student learning activity in higher education –Insights from nearly two decades of academic development. International Journal for Academic Development, 25(2):147–61.

Venter, F. 2016a. Transformasie en die universiteitswese. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(4–1):946–60.

─. 2018b. Die ANC: sukses of mislukking? Maroela Media, 28 Augustus. https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-anc-sukses-of-mislukking (10 Augustus 2024 geraadpleeg).

Waliggo, J.M. 2005. Law and public morality in Africa: Legal, philosophical and cultural issues. https://www.justice.gov.za/alraesa/conferences/2005uganda/ent_s3_waliggo.pdf.

Wilburn, H. 2020. An introduction to Western ethical thought: Aristotle, Kant, utilitarianism. https://open.library.okstate.edu/introphilosophy/chapter/an-introduction-to-western-ethical-thought-aristotle-kant-utilitarianism (12 Augustus 2024 geraadpleeg).

Wright, H.W. 2019. Exposing the spiritual roots of disease. New Kensington, PA: Whitaker House.

Zalta, E.N. (red.). 2011. Stanford encyclopedia of philosophy – Fall 2011. https://plato.stanford.edu/archives/fall2011 (12 Augustus 2024 geraadpleeg).

Zalta, E.N. en U. Nodelman (reds.). 2023. Stanford encyclopedia of philosophy – Fall 2023. https://plato.stanford.edu/archives/fall2023 (26 Julie 2024 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Die skrywer se opregte dank aan Jeanette en Johann du Plessis vir die waardevolle gedagtewisseling gedurende die skryf van hierdie artikel.

2 Gumede (2023:1 e.v.).

3 Gumede (2023). Gumede skryf o.m.: “The ANC is a liberation movement that has its own constitution, values and culture that many leaders, members and supporters see as being above the country’s Constitution.” Om hierdie rede, is volgens hom “corrupt, criminal and incompetent ANC leaders … untouchable if they break the law, as long as they adhere to the party line”. Sien ook Ludidi (2024).

4 Legal Brief (Maandag 28 Oktober 2024).

5 Mnyongani (2009:121 e.v.).

6 Van Niekerk (2013:533 e.v.).

7 Leistner (1994:222 e.v.); Sibani (2018:56 e.v.).

8 Gumede (2022).

9 ’Nyane (2023:156).

10 StatsSA (2024:6).

11 Waliggo (2005:1).

12 Met moraliteitsbeoefening word bedoel enige individuele of groepsgedrag wat op rasionele besluitneming berus, en beoog om te verander, te bevorder of te verbeter, d.w.s. om die slegte met die goeie te vervang. Walligo (2005) gebruik die term “publieke moraliteit” om te verwys na moraliteitsbeoefening deur lede van ’n groep, as die teenoorgestelde van “individuele moraliteit”. Ander filosowe verwys na “gesamentlike of kollektiewe verantwoordelikheid”, wat noodwendig uit individuele moraliteitsbeoefening voortvloei. Sien Smiley (2023).

13 ’Nyane (2023:154 e.v.).

14 Wright (2019:19).

15 Mhaka (2021), Mondi (2024); Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (2023).

16 ’Nyane (2023:154–5).

17 Bizos (2012).

18 Verskeie van Gumede se artikels en referate word aangehaal.

19 Veine (2019).

20 ’Nyane (2023:156).

21 Amoah en Peprah (2022:279 e.v.).

22 Kwame (2011:4).

23 Mentz (2017:99).

24 Mentz (2017:118).

25 Ajayi en Buhari (2014:138 e.v.).

26 Wilburn (2020).

27 Kim (2023: 166 e.v.). Liberalisme is ’n politieke en ekonomiese filosofie wat individuele vryheid en gelykheid najaag, met die klem op die beskerming van die regte en vryhede van die individu. Utilitarisme is ’n etiese teorie wat benadruk dat die morele juistheid van handelinge bepaal word deur die mate waarin die handeling die grootste mate van geluk en welsyn aan die grootste aantal individue besorg.

28 Wilburn (2020). Aristoteles is bekend vir sy “deugde-etiek” wat menslike deugde soos dapperheid, matigheid, vrygewigheid, nederigheid en geduld vooropstel. Kenmerke van die utilitarisme sluit in onbevooroordeeldheid, regverdigheid en aanpasbaarheid.

29 Credo Online Reference Service (2024).

30 Konfusianisme is ’n filosofiese denkrigting wat op die leerstellinge van die Sjinese filosoof Confucius geskoei is. Dit beklemtoon deugsaamheid, moraliteit, respek vir ouer mense, familiebande en sosiale harmonie. Boeddhisme is ’n geloof en filosofie wat op die leerstellinge van Siddharta Gautama geskoei is. Boeddhisme streef na die verligting en oorwinning van lyding deur meditasie, etiese gedrag en empatie met lyding. Beide rigtings streef na geestelike groei van die mens.

31 Black (2005:31 e.v.).

32 Hoofstuk 1 van die Suid-Afrikaanse Grondwet bevat die grondslae van demokrasie. Dit benadruk die soewereiniteit van die Suid-Afrikaanse staat, die waardes wat die nasie omarm, die oppergesag en omarming van die Grondwet as ’n regstaat en ’n erkenning van die diversiteit van die land se bevolking. Hoofstuk 2 bevat die Handves van Regte waarin die fundamentele regte en vryhede van alle inwoners van Suid-Afrika gewaarborg word. Hierdie regte en vryhede omvat onder meer die reg op gelykheid, vryheid, vryheid van spraak, godsdiensvryheid, die reg op lewe, privaatheid, eiendom, en gelyke toegang tot die reg. Dié hoofstuk benadruk die staat se verpligting om die genoemde regte en vryhede te waarborg en te beskerm.

33 Currie en De Waal (2016:8).

34 Ibid.

35 (2023:159).

36 Calland (2024:1 e.v.).

37 Calland (2024).

38 Gumede (2024:1 e.v.).

39 Kok (2024).

40 Direkte aanhaling.

41 Art. 165 van die Grondwet bepaal onder meer dat die regsprekende gesag by die howe berus. Die howe is onafhanklik en slegs onderworpe aan die Grondwet en die reg. Die Grondwet en die reg moet onpartydig en sonder vooroordeel deur die howe toegepas word. Die howe moet deur staatsorgane bygestaan word om hul funksie te vervul. Geen persoon of staatsorgaan mag met die funksionering van die howe inmeng nie. Oudregter Hlophe is skuldig bevind aan inmenging met die uitoefening van die howe se funksie en is uiteindelik deur die Suid-Afrikaanse parlement uit sy amp verwyder. Art. 174 (8) bepaal dat regterlike beamptes begin om hul funksies uit te oefen ná aflegging van ’n eed van getrouheid aan die Grondwet.

42 Sien ook Swanepoel (2021a:97 e.v.).

43 Albertyn (2019:751 e.v.).

44 (2012).

45 Lekubu en Sibanda (2021:1 e.v.). Die skrywers beklemtoon die belang van etiese leierskap in Suid-Afrika.

46 ’Nyane (2023:154–5).

47 (2023:154).

48 “Konstitusionele moraliteit”, soos deur ’Nyane hier bo bespreek, beteken dat alle handelinge en besluite deur individue en owerheidsinstellings die Grondwet as hoeksteen moet eerbiedig. Dit verwys na die etiese en morele waardes en norme vervat in die Grondwet, wat onderliggend tot alle handelinge en besluite moet wees. Dit vereis kortom na respek vir die regstaat.

49 Sien par. 3 hier bo.

50 Jacobs (2024). Jacobs haal dr. Turton, ’n toonaangewende waterwetenskaplike in Suid-Afrika, aan wat bevestig dat die toenemende gebrek aan die lewering van water deur plaaslike owerhede te wyte is aan die wanbestuur van infrastruktuur en dat dit ’n nasionale institusionele probleem is. Twee direkte gevolge van hierdie wanbestuur is weereens dat die kwesbaarste lede van die samelewing die swaarste daaronder ly, en dat dit ook die Suid-Afrikaanse ekonomie geweldige skade berokken.

51 Sien parr. 3 en 4 hier bo.

52 Bernstein (2023).

53 Seopetsa (2020:141 e.v.).

54 Swanepoel (2021b:440 e.v.).

55 Venter (2018b:1 e.v.).

56 Anon (2013); Vandrau (2023); Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (2023).

57 Ibid.

58 Vandrau (2023).

59 Sien ook par. 5.2 hier onder oor partybeheptheid.

60 (2020:150).

61 Seopetsa (2020).

62 Sithomola (2019).

63 Gumede (2022).

64 Venter (2016:946).

65 Venter (2016:947 noem dat die woord transformasie nie net in die Grondwet ontbreek nie, maar dat die konsep oor die algemeen swak en vaag geformuleer is.

66 Venter (2016:958).

67 Sugundan, Raja en Sankar (2018:764) omskryf nepotisme soos volg: “In the working environment, when somebody or maybe a gathering of individuals – seems, by all accounts, to be dealt with superior to others, and not really for reasons identified with predominant work execution it is alluded as Nepotism.”

68 Corruption Watch (2015:11). Patronaatskap word soos volg omskryf: “Patronage system – takes place when local public office holders grant favours, jobs and contracts in return for political support.”

69 Corruption Watch (2015).

70 Wright (2019:19). In sy siening van liggaamlike genesing van menslike siektes, onderskei Wright tussen die behandeling van die simptome van ongesteldheid (“vrugte”), die geleibuise van ongesteldheid (“takke”), en laastens die identifisering van die oorsaak en snellers van die ongesteldheid (“wortels”). Die huidige beheptheid met ras bly vasgevang in die “vrugte” en “takke”, en slaag glad nie daarin om deur te dring tot die “wortel” van die probleem van ’n ongelyke samelewing nie.

71 Anon (2024b). Baie ander Afrika-lande trek reeds voordeel uit hierdie vinniger internet. Die Suid-Afrikaanse regering se beleid van regstellende aksie in die toekenning van ’n Starlink-lisensie benadeel nie net alle inwoners van Suid-Afrika nie, maar skrik ook buitelandse beleggers af. Daar is talle ander voorbeelde van sulke swak, teenprodukiewe regeringsbesluite. Suid-Afrika se kragvoorsiener, Eskom, moes byvoorbeeld letterlik eers in duie stort met sy kragvoorsieningsmandaat voordat die regering lisensies vir die opwekking van alternatiewe krag begin goedkeur het. Sien Nyathi (2023).

72 Eie beklemtoning.

73 Lewis (1982:2).

74 (2017).

75 Dit is waarom skrywers soos ’Nyane (eindnota 46 hier bo) sterk betoog dat grondwetlike moraliteit as maatstaf in konstitusionele praktyk, dieselfde prioriteit in regspraak moet geniet as die klem op die handhawing van die oppergesag van die reg.

76 Barney (2004:65 e.v.).

77 Swanepoel (2023).

78 Neethling (2024).

79 Boonzaaier (2024).

80 ’n Voorbeeld hiervan is die “halssnoermoorde” tydens apartheid. Hierdie grusame vorm van gemeenskapsregspleging het behels dat ’n motorband vol brandstof om die nek geplaas is van gemeenskapslede wat verdink is van samewerking met die apartheidsowerhede, en aan die brand gesteek is.

81 Gumede (2022).

82 Mokgonyana (2023).

83 Naudé (2024).

 

 

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys van goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of approved journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel en kan kwalifiseer vir subsidie deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

The post Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram first appeared on LitNet.

The post Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram appeared first on LitNet.

The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme

$
0
0

Abstract

This article uses dr. Henry Wright’s model of spiritual healing as an analogy to highlight South Africa’s moral decay and the possibility of its restoration. Wright’s model advocates for the restoration of three essential human relationships to effect both physical and spiritual healing. These relationships may be analogically applied to any distressed society. These are the relationship with one’s Creator, with oneself, and with fellow human beings. Wright further likens the identification, spreading, diagnosis, and healing of spiritual disease to a tree: If the roots are restored to health, the branches will likely be healthy, and the tree will bear healthy fruit. Thirty years after the dawn of the South African democracy, the bitter fruits of our “democratic tree” include alarmingly high levels of corruption, violence, a lack of basic service delivery, impunity for crime, and many more societal ills. This reality has not only reinforced the importance of a legal ethics module in the LLB degree programme, but also evoked thoughts on how, and particularly what, should be presented in such a module. Young people, including law students in particular, are constantly exposed to news and social media reports of the high incidence of these societal scourges. Moreover, many of our students live in environments where they experience extreme poverty, violence, crime, corruption, poor service delivery, and inequality first-hand. Many students may justifiably feel hopeless and even angry that, despite the lofty foundational constitutional values offered to them in modules such as Constitutional Law, these values have little to no real impact on their and their families’ lives. They are furthermore exposed to public statements by high-ranking public figures that often include racial attacks, racial slurs, the denigration of the Constitution of South Africa, and witness the ever-increasing culture of impunity in the communities they come from and in the country at large. Individual accountability for crimes and immoral conduct is often absent or perceived to be absent. It is therefore likely that, for students, a module on professional conduct and legal ethics may be seen as just another attempt to impart colonial and Western concepts and knowledge that seem far removed from their lived reality. However, the diversity of our law student body may contribute to a highly effective, valuable, and reflective experience in a legal ethics module if it is planned and presented with respect for diversity and human dignity. No one in South Africa is unaffected by the moral decay in the country, and the legal ethics module may well serve to persuade our next generation of legal professionals to commit to mutually shared values and norms that will ultimately benefit the South African society as a whole.

A legal ethics module (which should form part of all LLB degree programmes in South Africa) must be presented honestly and robustly, discussing the bad fruits (negative consequences) of moral decay in society and the reasons behind its occurrence. Students want to contextualise what they are taught and will feel part of a process aimed at restoring values and norms to which they can relate. The article will follow the following structure: first, it explores the moral frameworks of the various cultures that make up the diverse South African society. By doing so, students may experience pride in their cultural roots and recognise that the cultural diversity in South Africa can achieve educational objectives far greater than any pursuit of individual gain. Next, the article addresses South Africa’s constitutional imperatives for morality, to demonstrate to students that South Africans have no excuse not to recommit to a sound moral framework that benefits society. We therefore possess the necessary resources to redirect, rediscover, and rejuvenate our moral compass. A frank discussion of the symptoms of moral decay – such as a sluggish economy, social vulnerability, corruption, an excessive focus on racial/party solidarity, and a lack of accountability – follows, set against the backdrop of concepts such as constitutionalism and constitutional morality. William Gumede, a South African academic known for his candid discussions on moral decay in South Africa, is a key source in exploring the current moral context in the country. A discussion of moral decay and the need for its rejuvenation offers law students a deeper understanding of the consequences of immorality, perhaps reinforced by their own lived experiences, and contributes towards an understanding of the urgent need to reverse this decay. The legal profession is primarily one of service to the public. Legal practice, in whatever form, is part of the administration of justice. Respect for the rule of law and its foundational role in any healthy and prosperous society is indisputable. However, students must be persuaded to “own” the reasons for the imperative value of the rule of law. It can only happen if they are convinced that the moral underpinnings of the law in South Africa are just and fair, resonate with their own cultural heritage, and can be enriched by the country’s cultural diversity. Furthermore, the legal profession is characterised by being subject to disciplinary codes, which serve the primary purpose of providing moral and ethical guidance and ensuring accountability of its members. Accountability should not be presented merely as punitive or vengeful, but rather as a corrective measure consistent with the African notion of restoring societal relationships that were disturbed by errant individual conduct.

The article concludes that, in teaching legal ethics, lecturers should be honest when discussing South Africa’s moral challenges, but should also do so in the spirit of the Constitution and Ubuntu – that is, with respect, humility, and dignity. This implies moving away from assuming the moral high ground or using a “moral barometer” by referencing either the pre-1994 injustices or the moral decay over the past 30 years as explanations for the current level of immorality in South African society. Continuing to do so in our public discourse only keeps us going in circles, never breaking free from the negativity that ultimately contributes towards the host of societal ills.

The legal profession, furthermore, in its broadest sense, is foundational in ensuring that the South African Constitution, along with its norms and values, is protected, and that we develop a uniquely South African framework of morality. This framework should underpin the objectives and outcomes of presenting a legal ethics and professional conduct module as part of the LLB programme. This module is, therefore, a key platform for initiating a conversation on ways to rejuvenate morality, principles, and values in society.

Keywords: accountability; constitutional morality; constitutionalism; corruption; cultural diversity; legal ethics teaching; LLB; moral framework of the Constitution; racial and party loyalty; symptoms of moral decay; traditional Western, African and Eastern social welfare

 

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

The post The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme first appeared on LitNet.

The post The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme appeared first on LitNet.

François Loots se Twyfelbos sleur mee, ’n lesersindruk

$
0
0

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Twyfelbos
François Loots
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 978-0-7981-8520-2

Kan nog ’n historiese roman nuwe insigte bring en lesers boei in die lig van ’n beduidende korpus van gefiksionaliseerde geskiedenis oor die Kaapse koloniale verlede? Meesterskrywers soos Dan Sleigh, Karel Schoeman en Dalene Matthee het immers reeds dié tydperk in fiksievorm neergepen. Twyfelbos is wel so ’n boek wat lesers meesleur en gekenmerk word deur ’n eie stem.

Met die eerste oogopslag sal lesers waardering daarvoor hê dat paratekstuele gegewe vir hul as navigasie-instrument dien. Die kaart voor in die roman stel lesers gerus dat hul die vele reise, dikwels oor of teen bergreekse, sal kan volg en georiënteerd sal bly ten opsigte van die ligging van plase, “uitspanne” – ’n noodsaaklikheid in ’n tydperk waar perde en waens en osse die vervoermiddele was – die ligging van dorpe en afstand. Die kaart verteenwoordig “overberg” van die vroeë 19de eeu – ’n gebied so afgesonder dat daar nog nie amptelik ’n pleknaam aan toegeken is nie. ’n Verifieerbare joernaalinskrywing deur die Hollandse reisiger MD Teenstra wat aangehaal word voor in die boek, verskaf ’n momentele blik op die wel en weë van Sophia Truter en dra by tot die geloofwaardigheid van die historiese agtergrond van die roman. Teenstra se tipering van Sophia – “mansvelder, eene amazone of eene heldin” – verskaf ’n leidraad oor Sophia se wese wat ’n groot deel van haar lewe bepaal, maar lesers sal dit eers by nabetragting ten volle begryp. Aan die einde van die teks volg ’n uiteensetting van karakters – histories sowel as fiktief – dorpsgeskiedenis en wetgewing teweeggebring deur nuwe Engelse bewindhebbers, wat kontekstualiserende inligting verskaf en die leesproses vergemaklik.

In die openingstoneel word ’n moedelose, grimmige, emosioneel en fisies “ongedaan” gemaakte Sophia aangetref in haar karige plaashuisie “overberg”, ver van die Kaap, haar “vlugplaas” met die wind, en aardse stilte as geselskap (27). Sy skryf haar voetbesering toe aan haar eie agtelosigheid en gaan gebuk onder ’n diepe skuldgevoel omdat sy voel die dood van haar lieflingseun ’n wrede God se straf is vir ’n liefdesverhouding wat binne die samelewingsnorme van haar tyd (die 1800’s) as ongeoorloof geag is.

En ja, daar is eksplisiete liefdestonele, wat gekenmerk word deur teerheid, poëtiese taal en beeldspraak wat natuurskoonheid betrek.

Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel. Argaïese woorde en uitdrukkings dra by tot die vasvang van die tydsgees: ’n “gaandery” is ’n groot veeldoelige voorportaal en Mandel se mes is “nie bietjie stomp nie” (17).

Mandel, ’n denkbeeldige karakter, se taal en denke skep ’n eiesoortige nomenklatuur wat lesers puur genot sal verskaf. Sy religie betrek die San-kultuur – hy wend hom tot ƖKaggen, versimboliseer deur ’n bidsprinkaan met ses pote, maar doen hom voor as ’n “Gris” (Christen) in die naam van ’n god met “net drie ledemate” (18). Hy besef “[m]et Duisman se drieledige God kom jy ver” (21) en lesers kan hul verkneukel in die wyse waarop Mandel homself uit moeilike situasies praat deur sy kennis van Bybelse gegewe op te haal. Mandel worstel met ’n identiteitskrisis – hy noem homself “Tussenin” (53) en “Leemte” (55), word uitgekryt as “Baster” – dikwels aan die verkeerde kant van ’n geweerloop – en as hy terneergedruk of verstote voel (hy is goed bekend met die woord “skoert”), is hy “sak” na aanleiding van die Sakrivier-sendingstasie waarheen hy as kind gebring is nadat sy ma, soos vele San-mense tydens die Kaapse koloniale tydperk, doodgeskiet is. Sophia neem waar dat Mandel se “hare nie dié van ’n Nama, Bosjesman of Karosdraer” is nie, en sy “klaarblyklike teenstrydighede maak haar eerder nuuskierig” (65). Mandel se belewing van tyd en die uitspansel is betowerend.

Sophia daag samelewingsnorme van haar tyd uit: Sy bring vrou-alleen ’n boerdery op die been, dra broek, ry wydsbeen oor groot afstande perd, het ’n teësin daarin om as “noi” aangespreek te word (50) en weerspieël ’n feministiese siening as sy haar dogter aan die verstand probeer bring dat “die huwelik alleen nie geluk bring nie” (80).

Temas van verlies en verganklikheid kom sterk na vore. In Sophia se gedagtes wat “rondskarrel soos ’n meerkat” roep sy uit: “Ag Here, moet alles dan in verlies eindig?” (236). Kleinjan se dood is vir Sophia verpletterende nuus en haar gedagtes maal om die dood: “Die dood is orals” en sy dink aan ’n kind in ’n Kaapse tuin wat sterf na ’n “Kaapse kobra raps”, pokke en ’n vreemde maagkwaal uit die Ooste (42). Hierdie doodsoorsake, wat werklik die geannekseerde Kaap geteister het, verleen historiese geloofwaardigheid aan die roman.

Metaforiek en simboliek dra by tot die roman se ryk tekstuur: Sophia word geassosieer met ’n “bruinweduwee” (spinnekop) en haar gevoel van skuld en verlies laat haar voel “dat sy haar in haar eie spinnerak toegespin het” (43). Die stukkie aardwolfbeen wat Sophia in ’n boom ophang versinnebeeld Kleinjan se oorskot (“die dood ontwrig en is ’n gebeente in ’n boom”) (43) en Mandel dink aan Sophia as “Wolwevrou”. ’n Kobra in Jan se pad dui op onheil (220) en drie skilpaaie is metafories vir ’n drie-enige God en Christen-godsdiens wat Mandel teësinnig aanvaar as hy gedoop word by die Sakrivier-sendingstasie (16). Sophia se kortgeknipte hare versimboliseer verwerping van skuld en vertwyfeling en innerlike vrywording (246).

Die besef dat sy ’n moordverdagte kan wees, dompel Sophia in vertwyfeling: “Sy voel twyfel en onsekerheid in haar bors” (224) en haar emosies wissel van “mismoedigheid” na “radeloosheid” (225). “[S]y wil weer ’n perd opsaal, die veld met sy kommerboom en twyfelbos invaar […]” (230–1). Sophia beleef die Twyfelbos as metafories vir haar angs en hulpeloosheid, en vandaar die titel van die roman.

Burger (2015:84) voer aan dat gedetailleerde beskrywing in gefiksionaliseerde geskiedenis bydra tot ’n realiteitseffek. Omdat Twyfelbos nie streng by historiese feite en persone hou nie, is dit belangrik om die geskiedkundige agtergrond geloofwaardig aan te bied. Beskrywing van die niebederfbare kos en huisraad wat Sophia uitpak (41), verwerking van gans- en bontebokvleis (83) en Sophia se beraming van alles wat sy sal benodig om ’n skaapboerdery op die been te bring, is enkele voorbeelde van detailbeskrywing wat ’n beeld van ’n 19de-eeuse, plattelandse milieu oproep.

’n Alomteenwoordige verteller is aan die woord en hoofstukopskrifte – die name van karakters – is aanduidend vanuit watter karakter se fokaliseringsperspektief vertel word. Die wisselende fokalisering bring mee dat dieselfde verhaalgegewe uit verskillende oogpunte gesien word en sorg vir meer as een moontlikheid wanneer daar na ’n moordenaar gesoek word.

Die verhaal neem ’n wending met die moord op Dewald du Toit wie se onvoorspelbare, psigotiese gedragsuitvalle ’n motief vir moord verskaf en hom verbind met ’n paar karakters wat hom uit die weg sou wou ruim. Genrevermenging vind plaas: Die verhaal word ook ’n moordstorie en kornet Jan Tesselaar (vergelykbaar met ’n eietydse speurderkarakter) moet die boosdoener vastrek. ’n Sterk spanningslyn word gedryf, nie soseer oor die vraag wié die moordenaar is nie (die lesers beskik oor ’n sterk vermoede wie Dewald met sy lewe laat boet het, en die rede daarvoor), maar deur die vraag of reg en geregtigheid sal geskied en of ’n onskuldige persoon die blaam en straf sal moet dra.

Die wêreld, selfs in afgesonderde gebiede, verander: “[D]is Engelse tye, sir Lowry se bewind. Niemand […] hoef meer ’n permit oral saam te dra nie” (65), indiensnemingskontrakte word verpligtend en die regstelsel staan meer gematigde strawwe vir oortreders voor (“transport” eerder as doodstraf). Die gevolge van ’n veranderde politieke bewind wat kort-kort opduik, versterk die historiese zeitgeist en geloofwaardigheid van die roman.

Die biografiese Wieg (2022) word aangeprys omdat die geskiedenismaker uit die tydperk van die Kaap onder koloniale bewind ’n vrou is, en die gegewe saamhang met ’n vrou se lewens- en wêreldbeskouing (Rabe 2022). Van Fynbos kan dieselfde gesê word, maar Sophia is ’n vrou wat die taboe van seksuele versugting na ander vroue verbreek. Loots beeld die vroulike hoofkarakter se binnelewe en uiterlike lotgevalle uit met deernis en respek en lesers kan empatie met die karakter ontwikkel. Ook die gekwelde, dog kleurryke karakter Mandel kan meelewing by lesers ontlok.

Ten slotte kan teruggekeer word na die vraag wat gestel is aan die begin van hierdie lesersindruk: Waarom sal lesers nóg ’n geskiedkundige roman wil lees? Hierbo is verskeie punte geopper waarom die lees van Twyfelbos die moeite werd is. Burger (2015:87) voer aan dat die rol van vroue in weergawes oor die verlede dikwels gewoon verswyg is omdat dit nie plek gehad het in ’n spesifieke diskoers oor die verlede nie. Een van die winste van Twyfelbos is dat dit lesers kan laat nadink oor die verskuiwing van samelewingsnorme vanaf die 1800’s tot op hede, en die bevryding wat dit meegebring het vir almal, ongeag geslagtelike oriëntasie. Die verslapping van rigiede voorskriftelike opinies oor wat mág en wat nié, veroorloof almal vryheid van denke.

Bibliografie

Burger, W.D. 2015. Historiese korrektheid en historiese fiksie: ’n respons. Tydskrif vir letterkunde, 52(2):78–98.

Kruger, J. 2022. Wieg. Somerset-Wes: Literata Publikasies.

Rabe, L. 2022. ’n Bespreking van Wieg deur Joan Kruger. LitNet, 9 Desember. https://www.litnet.co.za/n-bespreking-van-wieg-deur-joan-kruger/#_edn16.

Taljard-Gilson, G. 2013. ’n Ondersoek na die waarde van historiese fiksie: drie geskiedkundige romans in oënskou geneem. LitNet Akademies, 10(1). https://www.litnet.co.za/n-ondersoek-na-die-waarde-van-historiese-fiksie-drie-geskiedkundige-romans-in-oenskou/.

Lees ook:

LitNet wag op jou lesersindruk!

The post François Loots se Twyfelbos sleur mee, ’n lesersindruk first appeared on LitNet.

The post François Loots se <i>Twyfelbos</i> sleur mee, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Viewing all 21927 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>