Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Aan Francois Nel: Verwys na sy kommentaar onder US Woordfees. God is 'n metafoor

$
0
0

Beste Francois Nel,

Ek vind jou skrywe heel interessant, miskien nie om dieselfde rede as wat jy dink nie. Ek hoop ook nie Johann neem my dit kwalik as ek ook so intjip nie.

Ek wil jou eers so ʼn paar vragies self vra.

  1. Watter onnosel onderwyser het vir jou geleer dat honde voëls kan baar?
  2. Waar het jy gesien dat daar “versteende bome deur ʼn paar van daai layers gaan”?
  3. Dink jy die aarde is ʼn hopie sand en water in ʼn bottel?
  4. Wie sê vir jou die coelacanth het nie ook geëvolueer nie?
  5. Watter wetenskaplike maak gebruik van “krom skelette” in sy navorsing?
  6. Wat is die mensgemaakte objekte in steenkoolvelde waarvan jy praat?
  7. Waarom vra jy vrae oor reuse-skelette as jy nie glo “almal is waar nie”?
  8. Hoe kan jy die Christengod so beledig deur hom ʼn gemene ontwerper te noem?

Nou so ʼn paar antwoorde:

  1. Jy moet oppas. Daardie stertjie waarvan jy praat sit nog daar op sy plek. Die gene wat daarvoor verantwoordelik is, is nog daar, hulle is net afgeskakel. ʼn Geringe mutasie kan veroorsaak dat die gene weer die stert laat groei. Daar is al babatjies met aapsterte gebore.
  2. Hoe kan jy sê ons is nie meer nie? Daar is dan 7,349 biljoen van ons op aarde? Gelukkig hou oorloë, hongersnood, moord en doodslag, oorstromings, aardbewings, siektes en ouderdom die getalle bietjie af.
  3. Ek sou eerder natuurlike seleksie van evolusie gemeen noem. Toe hy die mens ontwerp het, het hy ʼn rioolstelsel deur sy pretpark laat loop. Dis regtig ʼn gemene daad.
  4. Die oudste bome is tussen 4 en 5 duisend jaar oud, omdat dit hulle ouderdom is. Hulle kan dit nie verhelp nie. Bome is ook maar lewende organismes, soos die mens, en sterf ook maar.
  5. Drake, of dragons, soos jy sê, is die skepping van die menslike verbeelding. Jou verbeelding kan enigiets skep. ʼn Griekse skrywer het bv ʼn Medusa, ʼn vrou met slanghare geskep. Die Bybel is fiksie, en daarin kan jy ook van drake lees.
  6. Hoe steenkool gevorm word, is ʼn lang storie. Steenkool word gevorm deur plante in ʼn moeras, wat mettertyd turf word. Die turfformasies word baie stadig gevorm deur plante wat onvolledig verrot as gevolg van die water wat suurstof weghou van die plante. Hierdie turfformasies kan ook houtmateriaal bevat. Die turf word deur die eeue heen met ʼn laag sand bedek. Plante, bosse bome, groei dan in die sandlaag. Dit veroorsaak drukking sodat die turf steenkool word.
  7. Berg Everest is gevorm deur tektoniese plate van die aarde wat in en onder mekaar ingeskuif het. Dit het die grond ook onder die see opgestoot om die bergreekse te vorm.
  8. Die spoed van die aarde soos hy draai om sy as, word gerem deur die aantrekkingskrag van beide die son en die maan. Toe die aarde gevorm is, het dit nog gewiel vir ʼn vale. Jy is egter ʼn Christen en hoef jou nie daaroor te bekommer nie. Christene glo dat die aarde 3000 jaar oud is, en toe het die aarde al teen die spoed gedraai wat ons ken. Dan hinder die wegbeweeg van die maan jou ook nie.

Jou tweede skrywe is nog onsamehangender en onverstaanbaar. Ek kan uitmaak dat jy sê die mens het ʼn vrye wil, maar dan weerspreek jy jou as jy sê God het grense en laat nie toe dat dit oorskry word nie.

Groete,

Angus

 

The post Aan Francois Nel: Verwys na sy kommentaar onder US Woordfees. God is 'n metafoor appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>