Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Lees Weer kans op geluk (Deel I)
Ons sê later nag en die volgende paar dae sien ons mekaar by die skool en gesels lekker terwyl ons vir die kinders wag. Ons flirt ooglopend maar hou dit nog steeds redelik beskaafd so tussen al die ander ouers en oumas en oupas wat hulle kroos kom optel. Ons stuur vir mekaar gereeld boodskappe en dit raak 'n daaglikse instelling. So vis ons meer oor mekaar uit en vind uit waarvan mekaar hou. Ons flirt ook nou al onbeskaamd.
So breek Saterdagoggend aan en ons twee manne is vroeg op. Ons albei maak klaar en is sommer gou op pad na die kinderpartytjie, altwee van ons met verskillede redes. Pieter vra my voor ons uitklim: “Hou Pappa van Tannie Rinette?” Ek kyk hom vraend aan en vra toe hoekom hy so vra. Hy antwoord net: ”Dit sal cool wees as Pappa van haar hou.” Stomgeslaan kyk ek hom agterna toe hy hardloop in die rigting van sy maats op die groot grasperk. Ek stap nader en groet die ouers wat al reeds daar is en sê vir die verjaarsdagseun geluk, so ook vir sy ouers. Gou word ons koeldrank en verversings aangebied en gesels ons lekker. Ek merk jou nie op nie en kyk kort-kort na my foon.
Ek voel teleurgesteld dat ek jou nie hier sien nie en tog bly ek soekend rondkyk. Ek vra rond tussen die ma’s of Rinette gaan kom. Ruan se ma noem dat sy laat weet het dat sy 'n bietjie laat sal wees, maar net vir Ruan gaan aflaai en dan later weer sal optel. My gemoed sak sommer en dink by myself dat ek nou my eie gat kan skop om so baie van haar te hou. Haar motor trek ook gou in die oprit op en vinnig stap sy nader met haar knapie wat gou vooruit hardloop na waar die maats speel. Sprankelend groet jy almal en ons maak vinnig oogkontak en so gou soos wat jy gekom het groet jy weer. Jy klim in jou motor en sit vir 'n tydjie agter die stuur. Besig om met jou foon te peuter.
My foon vibreer en en ek haal dit uit my sak uit. ‘n Boodskap van jou: My huis, 15 minute. Ek sluk vinnig my koeldrank en vra Ruan se ouers of ek hom later kan kom haal omdat iets voorgeval het. Gou is ek op pad na jou huis, handpalms wat sweet en my brein wat oortyd werk. Soos wat ek by die groot hek kom stop maak jy alreeds die hek oop en ek ry deur tot by die voordeur. Jy staan in die voordeur en jou glimlag lok my nader soos ‘n mot om ‘n kers. Ons groet en ek kom nader vir ‘n drukkie. Ons omhels in ‘n vrienskapdruk en ek wil nie los nie, dit voel goed om jou te omhels, my neus vul met jou parfuum se aroma en soos ek met jou omhelsing breek ontmoet jou oë myne. Tussen my glimlag deur komplimenteer ek jou op jou parfuum en sê vir jou jy is beeldskoon.
Jy glimlag en sê dankie en gee my ‘n piksoen. Ek kan voel hoe my hart in my bors klop en voel hoe die bloed vloei na my onderlyf. Jy nooi my binne en ek volg jou. My oë weer gevestig op jou boude wat speels dans in jou kortbroek. Soos jy vooruit stap vra jy of ek iets wil drink en ek noem dat iets kouds sal lekker wees. Ek volg jou tot in die kombuis waar jy vir ons albei sap ingooi. Met ‘n vinnige hop sit jy op die toonbank en vat die twee glase en hou vir my een. Ek staan nader en soos ek die glas wil vat trek jy dit nader aan jou. Ek staan nog nader en toe ek die glas vat staan ek feitlik teen jou. Ek kan voel hoe ek meer opgewek begin voel en hoe my broek begin staan van die swelling in my onderlyf. Jy kyk my van bo na onder en merk die prominente knop in my broek. Jou bene maak meer oop en jy haak jou voete agter my boude en trek my nader. My glas word gou neergesit en my hande vind jou heupe. Ek vra jou of jy seker is of dit is wat jy wil hê? Jou hande om my nek met jou glas nog steeds in jou regterhand. Jy trek my nader en ek soen jou hard en ons monde, lippe en tonge speel die dans van seksuele oplewing. Ons asems jaag en harte klop intens. Ek voel die koue in my rug soos wat jou sap oor my uitstort soos ons woel.
Ons soen breek en jy sit die glas neer en ek trek instinktief my gholfhemp oor my kop om van die koue ontslae te raak. Jou oë volg die lyne van my borskas en hande vind my heupe en trek my nader. My linkerhand nou in jou hare en regterarm op jou rug terwyl ek jou weer passievol begin soen. Ons asemhaling gehewe en intens. My regterhand wikkel onder bloes in met my hand wat oor jou sagte vel streel. My manlikheid wat nou smeek om verlossing vasgepen deels teen die kas deels teen jou. Kloppend en hard. Jou hande verlaat my heupe en jy begin jou top optrek. Ons soen breek vir ‘n oomblik om toe te laat dat jy die nuttelose materiaal nou uit die weg kan kry. Ek kyk af en sien twee pragtige ferm borste omvou in ‘n ligte wit kantbra. Dit voel of die prentjie vasbrand in my wese, hoe die donker tepels en areola deurskyn en duidelike knoppies maak deur die kant. My hande vind jou heupe en met my duime net bo jou bobene trek ek jou teen my vas. Ek bring my mond en fluister in jou oor: ”Jy is pragtig, jy maak my mal”, waarna ek jou oorlob soen en afbeweeg na jou nek toe. Jou hande in jou hare met jou elmboë uitgestrek na bo bring jou borste amper tot by my ken. Jou parfuum hang in die lug en vul my reuksintuig, bedwelm my in 'n trans van wellus en begeerte.
Ek trek jou aan jou heupe nader aan my met jou skaambeen styf teen my kloppende piel. Jou borste styf teen my kaal bolyf. Die kant van jou bra wat speels teen my skuur soos wat jy hard asemhaal.
Ons soen weer vurig en ek maak die gespe van jou bra los en jy laat dit gou vergete op die vloer val. Jou warm borste teen my, sagte satynvel wat jou ferm borste bedek. Ek kyk in jou oë en sien die begeerte in jou kykers brand. Ek weet jy sal dieselfde in myne sien. Die blos op jou wange beklemtoon jou natuurlike skoonheid. Jou arms omhels my nek en ek begin aan jou broek woel om jou van hom te verlos. Jy trek jou op teen my en gou glip jou broek met jou broekie oor jou boude en span styf voor jou koekie. Ons soen weer vurig en en ek trek effens van jou weg. Jou arms verlos my en ek sak stadig af en begin jou borste liefkoos. My vingers speels oor jou tepels wat hulle rol en vryf. Verder af met jou bene wat jy effens toe maak sodat ek jou heeltemal uit jou klere kan help. Gou lê jou broek en broekie op die vloer en ek aanskou jou gladde vroulikheid voor my. Glad en glinsterend reg om aan te smul. Instinktief bring ek my gesig nader en my lippe vind jou. My warm asem oor jou koekie nou met jou bene oop gesprei en wat op my skouers rus. Jy wat effens teruglê en jouself stut met jou arms. Jou kop agteroor, oë toe, met die gevoel van liefkosing op jou sagste dele.
My tong speel tussen jou skaamlippe en vind kort-kort jou klitoris en ek kan voel hoe jy reageer elke keer as dit aangeraak word. Jou liefdessappe glinster voor my en die reuk van jou vul die lug. Ek hoor hoe jy harder hygend asem haal en fyn kermgeluide maak elke keer as my tong drukking op jou geswelde klit uitoefen. Ritmies begin jy my gesig ry todat jy meteens my kop tussen jou bene vasklem en laat los, weer vasklem vir ‘n bietjie langer en weer laat los. Jou asem nou hortend met harder geluide wat onwillekeurig hygend uit jou uitkom. Jou dye vibreer en bewe soos die orgasme deur jou golwe maak.
Ek staan op en omhels jou, trek jou teen my met jou kop op my bors. Ek voel jou hart klop duidelik teen my met jou asem wat nog steeds jaag. Ek vra: ”Is jy oraait?” Jy kyk na my en antwoord met: ”Ja en nee…” met ‘n glimlag op jou gesig. Ek ky jou vraend aan en jy sê dat dit ongelooflik was maar dat nog nie klaar moet wees nie. Jy gly van die kas af en met jou hande trek jy aan my broek en vinnig is my voël bevry. Die kop glinsterend van lus wat letterlik vloei uit my uit. Jou hand om my skag met die duim wat oor die kop vryf, glad en gevoelig. My voël kloppend in jou hand. Jou hand wat op en af oor my skag vryf voel hemels. Jy kyk op na my en gou is ons weer vurig besig om te soen. My kloppende voël nou vasgevang tussen ons twee. Jy voel die hitte uitstraal van my polsende manlikheid. Jy druk my weg en sê: ”Vat my vir jou, ek wil jou in my hê.” Jy vat my hand en begin my agter jou aantrek deur die oopplanhuis na die trappe wat met 'n halwe draai omkrul na die boonste verdieping. Ons albei kaal met jou wat voor stap. Jou boude reg voor my en ek kan jou skaamlippe sien tussen jou boude, glinsterend in die laatoggendlig wat die huis en jou verlig. My paal wat in vol mas voor my uitswaai reg vir aksie, kloppend met die kop wat glinster van die voorkom wat glinsterend vorm op die punt. Die koue marmerteels is verfrissend op my voetsole teenstrydig met my liggaam wat brand van die passie.
Soos ons die kamer instap sien ek die koningsgrootte bed met die groot kussings en duvet, spierwit wat lyk soos iets uit 'n tydskrif. Die uitsig oor die spierwit strand lyk so idillies en dink by myself dat ek nie hier is om na die strand te kyk nie. Jy trek my nader en draai my tot die bed agter my is. Die matras voelbaar net bo die waai van my bene. Jy druk my verder terug en ek sak myself terug op die bed. Jy sak op my neer en gou is ons weer vurig besig om te soen. Met my piel kloppend teen die begin van jou skaam lippe voel ek hoe jy jou heupe op en af teen my skuif. Ek voel hoe jou skaamlippe oopgesper word oor my skag, jou warm natheid wat my in jou inlok. Jy lig jou heupe en met jou regterhand vat jy my ferm vas en stuur my na die opening van jou reg om my in jou in te neem. Reg vir die oomblik om met 'n nuwe voël vir die eerste keer gevul te word. Jy sak stadig af, ek voel hoe die drukking meer raak op my voël se punt, met 'n vinnige glip is ek amper halfpad in jou, jy snak vinnig na jou asem met die ekstase wat deur jou vloei. Jy sak nog verder af en voel hoe jy teen my vas sak. Ek voel hoe styf jy om my saamklem en hoe eroties dit voel as jy jou heupe begin rol en maal teen my. Jou ferm borste wat liggies begin om saam te rol. Ek dink by myself dat ek myself sal moet inhou anders sal dit alles te gou oor wees. My hande sak tot op jou heupe en ek trek jou vas op my, met jou heupe wat meer intens op my begin skuur.Ek wat met elke terug stoot van jou heupe myself nou dieper in jou instamp. Jou gesig en bors is weer besig om roos pienk te begin verkleur en jou asemhaling harder, weet ek dat jy weer oppad is na 'n orgasme. Ek trek jou nog stywer teen my en nog 'n paar wilde stampe probeer ek nog dieper in jou ingaan. Jou heupe begin nou onwillekeurig ruk en jy roep met eens dat jy gaan kom. Jou borste wip parmandig rond soos jou lyf begin ruk. Jou spiere omvou my kloppende harde piel en maak grypende bewegings om my skag. Jou asemhaling begin stadig bedaar terwyl die laaste vloed van die orgasme nog deur jou ligaam maal. Jy sak op my neer en gou is ons weer vasgevang in 'n passievolle soen. Ons liggame nou al natgesweet met 'n ligte briesie wat oor ons streel deur die kamervenster. Ek rol jou om met my paal nog steeds kliphard in jou en stut myself met my hande weerskante van skouers. Gou begin ek stadig met diep hale in jou pomp. Elke keer trek ek myself amper heel uit jou uit en druk dan my volle lengte in jou in. Ritmies hou ons so aan. Dis asof ek elke millimeter van jou verken van binne en elke kontoer van jou kan voel, met my voël wat jou van binne af lees soos 'n blinde in braille. Die ekstase begin nou al hoe dringender raak en die kenmerkende gevoel van 'n opbouende orgasme begin in my onderlyf en ek weet dat ek nie meer ver is nie. Ek sê dat ek naby aan kom is en met die vou jy jou bene agter my boude in en trek my styf teen jou vas. So styf teen jou dat ek skaars stote inkry en meteens voel ek hoe jou kegelspiere my begin melk. Ek voel hoe my balle optrek teen my en my piel parmantig polsend begin klop en ek begin kom. Kloppend spuit ek diep in jou en jou spiere wat my melk en ‘n orgasme wat weer deur jou liggam trek. Ons asems jaag en ek sak op jou neer en soen jou vurig. Ek nog steeds in jou en die lus wat stadig besig om te bedaar in my.
Ek breek ons soen en sê vir jou: ”Dit was nou fantasties, jy is fantasties.”
Jy: ”Jy self meer as as bevoegd, Meneer.”
Ons kyk mekaar stip in die oë en soos ek terugrol op my rug om asem te skep, rol jy op jou sy langs my en kom met jou kop op my bors te lande. Jou hand wat op my bors streel. Jy sê dat die eerste keer is na jou egskeiding wat jy saam met ‘n man was. Ek noem toe vir jou dat dit my eerste was na meer as vier jaar. Jy sê dat ons dit definitief meer gereeld sal moet doen. Ek glimlag en sê gou: ”Saam met jou, enige tyd” en gou gee ek jou 'n soen op jou kop met my hand wat oor jou naakte rug streel. Vir 'n oomblik in tyd is hierdie 'n volmaakte gebeurtenis en in my gedagtes maal al die moontlikhede nou deur. Jy sit meteens regop en sê: ”Stiek jou vir n skinny dip”, en voor ek kan antwoord, spring jy op en uit by die deur. Ek is gou agterna en sien jou naakte liggaam trippel teen die trappe af, laggend uit jou maag. Ek kan nie help om ook onverpoosd te lag nie omdat ek jou so gelukkig in die oomblik ervaar. Daar is weer kans op geluk.
The post Weer 'n kans op geluk (Deel II) appeared first on LitNet.