Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

US Woordfees: Skuld, die grootste dwelm van die 20ste eeu

$
0
0

Te veel mense leef vir te lank bo hulle vermoëns en beland as gevolg daarvan in ’n finansiële krisis.

Dit was die kern van Hein Kruger, bekende entrepreneur en geldkenner, se boodskap tydens die bespreking van sy jongste boek, Jou geldsake, tydens vanjaar se Woordfees.

Kruger se boek bied ’n Bybelse perspektief aan Suid-Afrikaners wat spartel om hulle begroting te laat klop.

In gesprek met die oudjoernalis Tobie Wiese het Kruger vertel hy moes self op die harde manier leer hoe om suksesvol met geld om te gaan. Hy moes eers deur ’n lang leerskool gaan voordat hy sukses in die finansiële wêreld behaal het.

Die lesse wat hy van groot mentors in die sakelewe geleer het deel hy nou met sy lesers.

Sy uitgewer, Lux Verbi, beskryf hom in ’n mediavrystelling as ’n “Jack of all trades”. Van politieke en finansiële verslaggewer vir Beeld en eiendomsontwikkelaar in Johannesburg, tot aandelemakelaar op die JSE en uiteindelik besturende direkteur van sy se eie maatskappy. Die batebestuurmaatskappy Kruger Internasionaal is sy breinkind.

Hein Kruger van van die beleggingsfirma Kruger Internasionaal by die Woordfees.

Hoewel  sy boek uit en uit oor geld handel, sê Kruger hy het ’n broertjie dood aan voorspoedteologie. Hy wil mense help om binne hul vermoë te leef en verantwoordelik met hulle geld om te gaan..

Hy glo elke mens het die vermoë om finansieel suksesvol te wees as hulle die regte dinge op die regte tyd doen.

As Christen was dit vir hom ’n  spirituele ervaring om geldsake by die Bybel uit te bring, sê Kruger. “Mens kan God nie omkoop deur tien persent van jou inkomste vir Hom te gee nie.”

Finansiële instellings bied volgens hom skuld aan leners soos wat dwelmsmouse dwelms aan dwelmslawe aanbied. Skuld is die grootste dwelm van die 20ste eeu, sê Kruger.

Hy het vertel van ’n  egpaar wat saam ongeveer R60 000 per maand verdien het, maar in werklikheid was hulle kniediep in die skuld en hulle laste het hul bates oorskry. Iemand anders het ’n netto komste van R15 000 per maand gehad, maar kon nie haar twee kinders daarmee onderhou nie.

Daarteenoor het hy ’n  vrou ontmoet wat in ’n baie arm omgewing woon ontmoet en met skaars R3 000 per maand moet uitkom. Tog het hierdie enkelma van twee kinders nog drie straatkinders sonder herberg onder haar dak ingeneem en sorg vir haar en al vyf die kinders omdat sy geleer het hoe om binne haar vermoë te leef.

Op die vraag hoeveel is genoeg, sê Kruger genoeg is genoeg. Wat vir een mens genoeg is, is nie noodwendig vir ’n ander genoeg nie, maar almal moet leer om binne hulle vermoë te leef. Hy glo dit is moontlik.

“Te veel mense leef bokant hulle vermoë en dit was my siekte ook.”

Sy raad aan mense wat geld wil belê is om te onderskei tussen mense wat finansiële advies aanbied. Daar is ’n verskil tussen ’n agent wat net sy produk wil verkoop en ’n goeie finansiële adviseur wat sy kliënte se belange op die hart dra.

Sy jongste boek was die moeilikste skryfwerk wat hy tot dusver gedoen het, want dit is moeilik om die praktiese riglyne hoe om geld te maak in verband te bring met die Bybelse riglyne.

Die resep is egter eenvoudig: sorg dat jy jou begroting in lyn bring met jou inkomste. “Die meeste gegoede mense is nie ryk omdat hulle die lotto gewen of geld geërf het nie.” Welvaart word geskep deur selfdissipline, harde werk en goeie beplanning, sê Kruger.

Die eerste stap na welvaart is om te sorg dat jy elke maand iets van jou inkomste oor het om weg te sit. Bou daarmee ’n neseier op sodat jou geld vir jou kan begin werk. Hy glo elke mens wat geld verdien, is in staat om dit te doen, al is dit ’n klein begin.

Sy raad aan Christene is dat hulle nie net teen die regering en ander mense se wanbesteding uitvaar nie, maar om te sorg dat hulle eie neuse ook skoon is wanneer dit by die bestuur van hulle finansies kom.

The post US Woordfees: Skuld, die grootste dwelm van die 20ste eeu appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>