UNIVERSITEIT VAN FORT HARE
FAKULTEIT VAN SOSIALE EN GEESTESWETENSKAPPE
Aansoeke van geskikte kandidate word ingewag vir die volgende pos:
Lektoraat: Departement Afrikaans: Oos-Londenkampus
Minimumvereistes:
- ’n Magistergraad in Afrikaans; ’n Doktorsgraad in Afrikaans sal ’n voordeel wees.
- ’n Basiese teoretiese kennis van die dissipline.
- 5 jaar ondervinding in tersiêre onderrig en bewese navorsingsuitsette.
- Die potensiaal om akademiese en administratiewe verantwoordelikhede op departementele vlak te onderneem.
- Die vermoë en bereidwilligheid om deel te neem aan gemeenskapsprojekte.
- Goeie interpersoonlike vaardighede.
Stuur u aansoekbrief saam met besonderhede van u huidige posisie en pligte, u CV, gesertifiseerde kopieë van u kwalifikasies en drie verwysings na: recruit1@ufh.ac.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Maart 2016
Vir verdere navrae: Prof S Smith, e-posadres: ssmith@ufh.ac.za of besoek ook ons webwerf by http://www.ufh.ac.za –
The post Vakature: Lektoraat: Departement Afrikaans: Oos-Londenkampus appeared first on LitNet.