Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Ek het 'n droom ...

$
0
0

Die soms tragiese gebeure die week laat mens dink. Dit is veral twee voorvalle wat moontlik bepalend kan wees in die “shaping” van die toekoms.

Eerstens die voorval by Kovsies waar ’n rugbywedstryd – varsity cup – deur betogende oorwegende “swart studente” ontwrig is en die reaksie daarop deur oorwegend “wit studente”. Andersins die optrede by Tuks waar na die konfrontasie tussen oorwegend “swart” betogende student en teenreaksie – hoofsaaklik geweldlose – optrede deur oorwegend “wit” studente. Veral die, en veelrassige gebedsgroepering wat vir vrede bid, se reaksie op hierdie gebeure. Hoop in die situasie.

Die hantering van hierdie situasie sal waarskynlik bepalend wees in hoe die toekoms van Suid-Afrika sal uitspeel.
Sou mens kyk na die optredes deur die hoofsaaklik “swart” studente, onder andere teen Afrikaans, gebrek aan “transformasie” en uitkontraktering van spysenieringsfunksie deur universiteite, lyk dit partykeer net te georkestreer om toevallig te wees. Reaksie was hoofsaaklik deur “wit” studente en veral op die eis dat Afrikaans as taal totaal verwyder moet word – bygesê teenstrydig met die grondwet.

Bydraend tot veral die reaksie is die ontoereikende hantering van die krisisse by Maties en Kovsies. Soos in vorige skrywes gesê die politiek gedienstiges, wat nie poog om redelike oplossings te kry nie, maar eerder die sg verontregtes te paai.

Die draai van die land se politieke geskiedenis het waarskynlik in 1976, ook oor Afrikaans, gebeur en na druk van buite parlementêre groepe soos die UDF en MDM in die tagtigs in die politieke skikking in 1994 gekulmineer.
My droom vir hierdie land is dat hierdie week se gebeure weer tot ’n veel breër skikking tussen die strydende kulture sal lei wat in ’n blywende en voorspoedige vredeliewende samelewing sal kulmineer.

Ek droom dat daar nie net na die bereidwilligheid van “swart” mense om te vergewe nie, maar ook na “wit” mense se prysgawe van politieke mag op geordende en vreedsame wyse met dank verwys sal word.

Ek droom dat die hele situasie mbt “swart ekonomiese bemagtiging” sodanig verder gevoer sal word dat “wit” mense in die ekonomie toegelaat word om aktief en gestruktureerd, sonder verlies van dit waarvoor hulle so hard gewerk het, hierdie broodnodige proses te voer en te bevorder. ‘n Nuwe Kodesa om die ekonomiese of soos die ANC geleide koalisie graag sê “die transformasieproses” deur te voer. Dit kan dan ook die misdaad syfers ernstig beperk deur werkskepping en veral die “vreesfaktor” in die samelewing uitskakel.

Ek droom dat die terminologie van transformasie finaal geformaliseer word sodat dit nie verder misbruik kan word nie en dat dit ’n gedagte raak wat uitvoerbaar en deur almal gesteun word, maar veral met ’n tydsbeperking waarbinne dit moet gebeur. (Daar moet dus ’n einde aan die proses wees dat daar na normaal teruggekeer word).

Ek droom dat daar buite parlementêre leiers op alle vlakke soos geestelike, kulturele, sake-, sport-, vakbond-, akademiese en ander gebiede saamwerk om die ander kant van die politieke spektrum te vestig en beredeneer en die regte van diesulkes ingevolge die grondwet te vestig (soos leiers op al die vlakke oa vanaf Aartsbiskop Tutu, Eerwaarde Chikane, Cyril Ramaphosa, en andere die oorgang na demokrasie bewerkstellig het).

Ek droom dat hierdie ideale ook in die parlement geuiter sal word soos wat deur iemand soos Dr Van Zyl Slabbert in die tagtigerjare suksesvol gedoen is.

Ek droom dat behoudende waardes en respek oor kultuurgrense gevestig en eerbiedig word in ooreenstemming met die beginsels van die onderhandelde grondwet - wat feitlik eenstemmig - as briljant beskou word.

Ek droom dat ons kinders in vrede en suksesvol sonder haat vir ander ’n wonderlike toekoms in hierdie pragtige land sal hê, en dat dit nie nodig sal wees om die land te verlaat nie.

Ek droom dat verskillende kulture met respek vir mekaar, mekaar se geskiedenis en in erkenning van mekaar se reg om hierdie land te bewoon en in te gedy, maar ook om teenoor mekaar op te tree soos voorgeskryf deur die grondwet.

Ek droom dat eiendomsreg en die onsekerheid (hoofsaaklik deur die regering geskep) daar rondom aangespreek en opgelos word. (Miskien weer ’n Kodesa-onderhandeling om finaliteit te bring.)

Ek het nie antwoorde nie, maar ek het ’n droom ...

The post Ek het 'n droom ... appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!