Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

kykNET se Fiëstas 2016: En die wenners is …

$
0
0

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria bekend gemaak. 

Beste akteur

Stian Bam vir In Glas (KKNK)

Beste aktrise

Tinarie van Wyk-Loots vir Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

Beste manlike byspeler

Dean Smith vir Die Dag is Bros (Innibos)

Beste vroulike byspeler

Greta Pietersen vir Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Beste regie

Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)

Beste teaterontwerp

Nico Scheepers vir Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)

Beste prestasie in 'n musiekgedrewe produksie

Amanda Strydom vir Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)

Beste spel in 'n solo-vertoning

Marlo Minnaar vir Santa Gamka (KKNK)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie

Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)

Beste prestasie in klassieke musiek

US-koor onder leiding van André van der Merwe  (Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns

Nathani Lüneburg vir As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)

Beste musiekgedrewe produksie

Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

Beste aanbieding

In Glas (KKNK)

Blou Stoel-toekenning

Askoop (KKNK)

Gewildste fees

Innibos 

Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (skryfkuns) is tydens die toekennings vir hulle lewensbydraes vereer.

Al die benoemdes van vanjaar se Fiëstas is Donderdagoggend by die Fiëstas-ontbyt vereer en het elk 'n kunswerk van Sandra Hanekom ontvang. Hanekom, self benoem in die kategorie beste prestasie in visuele kuns, het in 'n toespraak gesê dat sy deur die muse geïnspireer is.

“Dis 'n groot voorreg om 'n kunswerk te kon skep vir my mede-kunstenaars. Mag die muse altyd aanhou in julle ore fluister en vir julle nuwe werk bring, want dit is waaroor die kunste gaan,” het sy gesê.

Die kunswerk is in grafiet en kleurpotlood gedoen en volgens Hanekom is die gedagte agter die stuk om elke fees simbolies as 'n muse te versinnebeeld. Heel voor en sentraal met haar volstruiskop-staf, is die KKNK. Links agter met haar oor teen die grond is Aardklop en regs tussen die takke is Innibos. Links agter fluister die Woordfees in 'n godin se oor en in die agtergrond dans Oppikoppi se muse op 'n heuwelkruin. Die Suidoosterfees word simbolies as 'n wolk met kykende oë uitgebeeld en die Vrystaat-fees is die roos op die voorgrond.

Karen Meiring, M-Net se Hoof van Afrikaanse kanale, het gesê die nominante-ontbyt is om vir elkeen van die benoemdes erkenning te gee.

“Dit is 'n cliché,” het sy gesê, “maar julle is almal wenners. Soms is die stempersentasie op 'n naaldpunt en kan dit enige kant toe gaan. Vandag en vanaand is dus 'n viering van julle almal.”

Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry. Die KKNK is as gewildste fees benoem en was die voorloper met 20 benoemings. Die Woordfees is ook as gewildste fees benoem en het 18 benoemings gekry. Aardklop en Innibos is beide as gewildste fees benoem en het elk ses benoemings gehad. Oppikoppi is as gewildste fees benoem en die Vrystaat-fees en Suidoosterfees het elk vyf benoemings gekry.

Dit is vanjaar die sesde jaar wat die Fiëstas aangebied is. Die Fiëstas vereer die beste van die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika. Die glansgeleentheid is regstreeks op kykNET uitgesaai.

The post kykNET se Fiëstas 2016: En die wenners is … appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>