Kyk nou weer vir Dirk – Kobus de Klerk kla oor Webvoet se gesensor en Dirk weet van ‘n baie erger gesensor gedurende die ‘Christelik Nasionale’ bedeling. Nes Zuma; hoe erger dit nou daaraan toe gaan des te boser was die vorige bedeling want dit is mos nou regverdiging vir die teenswoordige gemors waarvoor hulle hulself beywer het.
So op 'n puntjie van orde, hier’s bietjie nuus vir Dirk: In daardie bedeling wat vir hom en Zuma so boos was, was daar wel ‘n gesensor maar dit was hoofsaaklik seksgoed wat uitgesny was uit boekies en so aan (waaroor ek ook, terloops, sielsongelukkig was). Ek het daardie jare gereeld The Star en The Rand Daily Mail en The Sunday Times gelees en ek was gedurig verbaas dat hulle, wat die politiek betref, toegelaat was om die stront (leuens en verdraaiings) te skryf wat hulle wel geskryf het. So, van politieke sensuur was daar nie eintlik sprake nie.
Die teenswoordige regering, egter, dreig met strenge sensuur en wat hulle joernaliste en ander wil verbied om oor te skryf is die status quo, die waarheid; dit plaas hulle in ‘n slegte lig.
Soos ek lankal gesê het; hoe duideliker dit blyk dat hierdie ‘n mislukte staat is, hoe feller gaan die sogenaamde verligtes en liberales uitvaar teen die vorige bedeling. Hou maar dop, Dirk gaan al hoe meer gereeld kweel oor die ‘slegte’ verlede.
Jan Rap
The post Dirk Rigter en sensuur appeared first on LitNet.