Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Jeugresensie: Lewende planeet: Verstaan en bewaar biodiversiteit

$
0
0

Boekbesonderhede

Lewende planeet: Verstaan en bewaar biodiversiteit deur QA International, vertaal deur Amelia de Vaal
EAN: 9781485301240

Johannes Meyer - 'n graad 3-leerder van Laerskool Stellenbosch - het na die ensiklopedie Lewende planeet gekyk. Hier is sy indrukke.

Hier is wat ek van die ensiklopedie Lewende planeet dink. (Oorspronklike naam: Living Earth: Understanding and conserving biodiversity, uitgegee deur Protea.)

Watter soort boek dit is

Lewende planeet is 'n ensiklopedie oor diere en seelewe. Dit het ook baie interessante feite oor die lewe op aarde. Mens kry afdelings oor seelewe en ook landlewe in die boek (my gunsteling is die seelewe). Ek hou nogal van die Pompeiiwurm en dis 'n realistiese naam, want hy woon by 'n seevulkaan. Bl 132: "Die Pompeiiwurm is 'n dier wat die heel naaste aan hidrotermiese skeure aangetref word. Hierdie gediertetjie wat amper 15 cm lank kan word, kan uiterste toestande deurstaan. Die watertemperatuur by sy kop is ongeveer 20 grade celsius." Hidrotermiese skeure is moontlik waar seevulkane plaasvind, net soos wat 'n groot vulkaan lank gelede by Pompeii plaasgevind het.

Wat die boek ons leer

Op bl 1 leer die boek ons om die aarde op te pas. Ons leer in die boek dat mense al baie diere laat uitsterf het, byvoorbeeld die dodo. Ons moet die aarde oppas dat dit nie met ander diere gebeur nie. Een manier om dit te doen is as 'n mens 'n vis vang en dis te klein, gooi dit terug. Haal net uit wat mens gebruik en wat groot genoeg is. As dit groot genoeg is, dan het dit al eiers gelê en dan het ander visse al in sy plek begin lewe.

Vir wie die boek geskryf is

Die boek is vir enigiemand wat belangstel in die natuur. As jy meer wil lees van tropiese reënwoude, grasvlaktes, woestyne, naaldbosse en gematigde woude, poolstreke, berge, eilande, oseane, varswateromgewings, kunsmatige habitats, 'n veranderde en verarmde planeet en bewuste bewoners is die boek dalk vir jou.

Interessanthede in die boek

Ek het in hierdie boek van dinge gelees wat ek nog nêrens anders gehoor het nie. Byvoorbeeld: die Atlantiese makohaai en ook die addervis en die lanternvis. Ek het nooit geweet die lanternvis is so klein nie.

Die boek leer regtig van bewaring en ek het gelees van diere waarvan daar baie min oor is. Soos die babiroesa, ek het nie geweet daar is 'n dier waarvan daar so min oor is nie. Daar is 4 000 diere hiervan oor op aarde.

Waarom die aarde 'n lewende planeet is

Die aarde is op die regte afstand van die son af. Daar is ook bome waarvan blare vir ons suurstof gee. Gravitasie is die magneet in die aarde. En die belangrikste ding op aarde is water.

Ander boeke wat soos hierdie een is – wat dieselfde is en wat verskil

Die Aarde-ensiklopedie (Die aarde: ’n Ensiklopedie vir kinders deur John Woodward, NB-Uitgewers) is ook 'n ensiklopedie wat ek ken – daar staan meer geskryf oor wat in die aarde is, soos edelgesteentes. Daar is minder in hierdie boek geskryf oor die lewende goed wat op die aarde leef as in die boek Lewende planeet. In Lewende planeet gaan dit meer oor hoe mense die aarde moet oppas. Die ander een vertel vir mens wat mens op aarde kry en nie eintlik oor die mens se rol op aarde nie.

Waarom nog ensiklopedieë uitgee as die internet bestaan

Mens weet wie die boek geskryf het. Op die internet kon enigiemand iets geskryf het. As 'n mens nog meer wil weet, kan 'n mens nog meer oor iets lees op die internet.

Ek het vir die internet gevra (vir Google) of mens alles kan glo wat mens op die internet lees: "Can I believe everything I read on the internet?"

Ek het afgekom op 'n webwerf met die naam 6 reasons you really can't believe anything you read online. Hierdie webwerf vertel vir 'n mens dat baie mense betaal om hulle feite boaan op Google of Firefox se soekenjins te sit en dan beteken dit nie noodwendig dis waar nie.

Nog boekbesonderhede

Protea Boekhuis stel bekend Lewende planeet: Verstaan en bewaar biodiversiteit deur QA International, vertaal deur Amelia de Vaal:

Kom ontdek die aarde se uiteenlopende landskappe en interessante bewoners in hierdie leersame boek. Ook al is die teks met jong lesers in gedagte saamgestel, is hierdie die perfekte bron van inligting vir enigiemand wat belangstel om ons planeet se unieke biodiversiteit te verstaan en te bewaar. Die kombinasie van leersame, toeganklike inhoud (nagevors deur kenners verbonde aan die Montréal Biodôme) en treffende visuele materiaal gee lesers ’n naby blik op ons verstommende planeet – en gee ook noodsaaklike insig in die invloed wat menslike aktiwiteite op die aarde het.

Die teks bevat onder meer:

  • Praktiese voorstelle vir wat elkeen kan doen om ons planeet se uitsonderlike diversiteit te help bewaar.
  • Kaarte wat die planeet se belangrikste natuuromgewings aandui.
  • Inligting oor 350 dier- en plantspesies.
  • Ongelooflike feite en rekords in die natuur.

Tien belangrike natuurlike omgewings word verken:

Tropiese woude • Grasvlaktes en savannes • Woestyne • Naaldbosse en gematigde woude • Poolstreke • Berge en grotte • Eilande • Oseane • Varswateromgewings • Kunsmatige habitats.

Sluit ook ’n woordelys, gedetailleerde indeks en selfdoenaktiwiteite in vir ontluikende ekoloë in.

Lewende planeet is ook in Engels beskikbaar as Living earth: Understanding and conserving biodiversity en is ’n ideale naslaanboek vir jong lesers tussen agt en veertien jaar.


Om een eksemplaar van die ensiklopedie Lewende planeet te wen, stuur 'n e-pos aan wen@litnet.co.za met die titel "Lewende planeet". Jou naam, e-pos-adres en telefoonnommer moet in die e-pos staan. Jou e-pos moet LitNet teen 23 Februarie 2016 bereik. 

 

 

 

The post Jeugresensie: Lewende planeet: Verstaan en bewaar biodiversiteit appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>