Julle was van kleintyd af
in my lewe,
in lewende lywe,
maar veraf,
soos wolke wat verbydryf.
Toe kom die Sestigers en skryf
dat wolke ná genoeg is
om die sëen van herkenning
in my lewe in te rëen.
Ek het nader geleun
en ‘n hart hoor klop
en my eie taal hoor praat
En dit was nie te laat.
En dit was nie te laat.
The post Afrikaners appeared first on LitNet.