Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Ons het twee jaar vir dieselfde maatskappy gewerk. Jou kantoor was net so 'n entjie in die gang af van waar myne was. Jy was betrokke met personeelaangeleenthede en aangesien ek personeel onder my toesig gehad het, het ons gereeld met mekaar te doen gehad in die werk opset. Ons het baie goed oor die weg gekom, seker omdat ons van dieselfde generasie is en in baie opsigte dieselfde gevoel, opinie, idees, afkeure, liefdes, ens oor baie dinge het. Ons het albei baie hard gewerk in ons onderskeie poste, en kon mekaar se frustrasies, probleme en slegte dae waarneem en het soms so in die verbyloop bietjie op mekaar se skouers gehuil (vir wat dit werd was). Daar was nooit regtig tyd vir iets anders as werk nie. So nou en dan het ons 'n bietjie gesels oor ons families, belangstellings en liefdes, maar dit was gewoonlik van korte duur en dit het relatief min gebeur.
Ek is intussen weg van die maatskappy waar jy nog steeds werk, en ek dink nog baie aan jou. Seker omdat ek met my weggaan nie behoorlik met jou afgesluit het nie, en daar het so 'n bietjie meer as net herinneringe aan jou in my agter gebly - dinge waaroor ek wonder en dinge wat ek graag nog met jou sou wou deel, maar dit was nooit uitgepraat nie. Dis dinge wat in 'n privaathoedanigheid gepraat behoort te word, en daar was net eenvoudig nie tyd daarvoor nie.
En tog, na twee en 'n half jaar bly dit nog smeul in my - dis nie 'n sinvolle weklikheid nie, maar is ook nie heeltemaal so onwerklik nie. En die enigste rede hoekom dit nog smeul is dat ek vermoed dat dieselfde dinge ook maar nog in jou gedagtes is.
Daar was 'n aanvoelbare aantrekkingskrag tussen ons - soos in 'n seksuele aantrekkingskrag. Definitief van my kant af, maar ek glo van jou kant af ook. Al was ons werksverhouding altyd professioneel van aard soos van ons vereis, was daar tog so 'n mate van persoonlike "skakel" tussen ons. 'n Wedersydse wens dat ons hierdie buffer wat die professionele houding veroorsaak net so 'n bietjie weg kon skuif en dat ons nader aan mekaar kon kom. Maar gedurige werksdruk het dit gepootjie. En omdat ek baie konsensieus is, sou ek in elk geval nie sommer 'n skuif maak nie, al was die versoeking soms bitterlik baie groot.
Vir my is jy 'n lieflike, aantreklike vrou met 'n pragtige lyfie vir 'n vrou van ons ouderdom, maar miskien nog meer belangrik, iemand met wie ek diep sake kan deel en ek weet jy verstaan my en ek vir jou en dit wat gepraat is bly tussen ons. Tog het ek telkens maar my gevoelens probeer onderdruk en wegsteek, want dit pas nie binne die raamwerk van my en jou Christelike opvoeding en leefwyse om oor so 'n aantrekkingskrag selfs te praat nie, wat nog te sê om daarop te reageer, al is dit hoe sterk.
Ek het hierdie idilliese droom gehad dat jy so nou en dan my opgekropte seksuele spanning kan verlig en jy in die proses dieselfde voordeel daaruit kan kry. Aangevuur deur tekens wat ek by jou opgemerk het wat dui op dieselfde behoefte... (ek kan detail voorbeelde noem van wat jy gesê en gedoen het wat vir my daarop gedui het). Weer eens, dit sou nie pas binne jou en my "gedragskode" vir jou om meer openlik daaroor te wees nie. Ek dink ons wou altwee 'n bietjie "verder gaan" maar ons altwee het nie genoeg waagmoed gehad nie, en dan was die gebrek aan "die regte tyd" 'n groot probleem.
Daar was hoeveel kere wat ons na-ure nog besig was met daardie ellendige personeelsake - jy was ok daarmee, maar dit het my geweldig gefrustreer as ek daaraan terug dink. Daar was dae wat ek besluit het om op daardie dag my sterk selfbeheersing en vermoë om my werklike gevoelens te onderdruk en weg te steek te veto, en te waag om met jou daaroor te gesels, maar telkens was daar dan iets in daardie vermoeiende pos van my wat voorgeval het.
Jislaaik, daar was tye wat ek gevoel het ek wil die kantoordeur agter ons sluit, jou styf teen my vasdruk en jou diep in die oë kyk terwyl my gesig nader aan joune beweeg. My lippe sagkens met joune ineen pas sodat ons tonge met mekaar kan speel. Ek wil jou verlei deur eers saggies met met hand oor jou koekie te voel-voel en dan met 'n stewiger greep in my hand vas te vat. My hande oor jou lyfie streel en onder jou bloes laat ingly om jou lyf se sagte vel in my handpalms te voel. Jou bra se knippies losmaak en met bloes en al oor jou kop laat gly. My hande om jou borste vou en jou tepels liggies tussen my vingers streel. Ek wil hier vlak voor my gesig jou broek en broekie oor jou heupe laat gly om jou koekie te ontbloot. Ek wil jou hande aanmoedig om my broek los te maak en af te trek. Ek wil diep in jou oë kyk terwyl my harde ereksie stadig in jou warm, nat vagina ingly. Ek wil jou gesigsuitdrukking dophou terwyl ek in en uit en elke keer dieper in jou ingaan. Ek wil jou borste teen myne hê en jou bly soen terwyl ons bedwelmd van genot een is met passievolle seks. Ek wil jou eerste 'n klimaks laat kry en dan met oorgawe binne in jou kom ...
Ek is redelik seker daarvan dat as jy eerlik met jouself is, jy soms ook gehoop het dat dit gebeur, of dan as jy nie so gehoop het nie, sou jy nie omgegee het as dit gebeur het nie.
Ek het altyd hierdie ideaal gekoester. Jy weet, as jy lief is vir een of ander sport of aktiwiteit - kom ek noem musiek as voorbeeld. Jy reël met jou musiekmaatjie(s) 'n afspraak, jy kry hom/haar/hulle iewers, maak lekker saam musiek, gesels 'n bietjie en gaan huistoe. Net so kan dit werk met vriendskapseks. Ons reël 'n afspraak met mekaar, kry mekaar iewers, ons gee ons self seksueel oor aan mekaar en geniet met oorgawe wat ons by ons huise behoort te gekry het, maar nie kan kry nie. Ons gesels 'n bietjie na die tyd en gaan huistoe. My kantoor met die ronde konferensietafel sou kon dien vir die doel vir 'n begin - hoeveel kere was ons twee nie na-ure nog die enigste twee mense in daardie kantoorgang nie?
Ons is wel albei getroud, maar ek kan nie sien dat dit enige skade aan ons huweliksvehoudings sou doen as ons dit gedoen het nie. Uiteraard sou dit 'n geheim net tussen ons twee bly. In my huwelik is daar net een probleem - seks (of dan die gebrek daraan). My vrou het bitter min behoefte daaraan terwyl ek 'n groot aptyd daarvoor het. En die een of wat kere in twee maande wat ons wel seks het, is dit glad nie eintlik vir my besonders nie. 'n Bydraende faktor is natuurlik ook die feit dat sy oorgwig is, en hier diep binne my het ek 'n probleem met oorgewigtheid, maar dis 'n ander storie. Die "bottom line" is dit belemmer seks met haar tot 'n punt van opgee. So, ek het 'n uitdaging ... Op die stadium bestuur ek dit maar deur die frustrasie op te krop en masturbasie as die spanning te hoog raak - met jou in my fantasieë.
Ek is baie eksklusief as dit kom by hierdie idee: ek wil dit nie probeer maak werk met sommer enige gewillige vroutjie nie, net met iemand wat kan inkoop op die idee, dieselfde behoefte het en met wie ek al 'n pad gestap en daar 'n band tussen ons ontwikkel het, net met een vrou - jy. Ek wil nie ons huwelike opbreek nie en ek wil nie met jou trou nie. Ons huwelike en gesinslewe moet aangaan soos nou. Dit gaan suiwer net oor seks - "no strings attached". Die uitkoms is dieselfde as met masturbasie, die enigste verskil is dat jy nie net in my fantasieë is nie, maar fisies in my arms is. En dieselfde voordeel vir jou - erotiese, passievolle koestering wat jou tot 'n orgasme dryf deur 'n man wat jou so begeer en met sy "gentle" geaardheid figuurlik op die hande sal dra. Sou dit werklik so 'n groot sonde wees as ons dit met dié gesindheid gedoen het?
Ek werk my lewe lank nog hard daaraan om myself fiks en my liggaam gesond te hou. Verskeie (meer uitgesproke) vroue het deur die jare al genoem dat ek nogal aantreklik is en "sexy" gebou is, en ek wil dit so lank moontlik so hou. En jy kyk ook goed na jou lyfie - hoekom kon ons nie maar kapitaliseer daarop en mekaar se lywe geniet het soos ons altwee so graag sou wou nie?
Nou is ons geleenthede verby en ons het albei uitgemis op iets wat wonderlik kon gewees het. Die taboe-geid van die aangeleentheid het ons gedwing om ons gevoelens te onderdruk en die geleenthede moes maar noodwendig verby gaan.
Ek wou maar net vir jou vertel wat ek in my kop wegsteek.
Groete
Maar net man
The post Oor ons kantoorromanse wat nooit gebeur het nie appeared first on LitNet.