Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Skryf in vir ATKV-Handevat

$
0
0

Ken jy iemand wat ’n passie het vir onderwys? Of is dit jy?

Is jy in ’n goeie skool wat ’n visie het om ander skole te help?

Soek julle fondse?

Die ATKV sal dalk kan help om jou visie en jou passie te befonds as julle aan die regte kriteria voldoen. Lees verder, dit word hieronder uitgespel.

’n Voorreg

Dit is ’n voorreg om saam met die ATKV te kan werk en LitNet het al tevore berig oor hierdie geleenthede.

Jy en jou skool kan deel word van hierdie projek.

Wil jy ’n verskil maak in Suid-Afrika en dalk deel wees van die 2016-wenprojek? Dan is dit tyd om in te skryf.

ATKV-Handevat motiveer ’n skool of opvoedkundige instansie uit ’n meer bevoorregte gemeenskap om ’n opbouende projek aan te pak saam met ’n skool in ’n minder bevoorregte gemeenskap.

Die sluitingsdatum vir 2016 se ATKV-Handevatkompetisie is 31 Maart 2016. Die kriteria waarvolgens die projekte beoordeel sal word, is:

  1. a) Albei skole moet verantwoordelik wees, help met die beplanning en dan ook met die uitvoer daarvan.
  2. b) Die projek moet in die minder bevoorregte gemeenskap uitgevoer word.
  3. c) Die projek moet die minder bevoorregte gemeenskap in die algemeen ter wille wees, nie bloot ’n baie gefokusde groepie nie.
  4. d) Dit moet ’n volhoubare projek wees.

As jy dink jy het so ’n projek, kontak vir Lizané Basson by telefoonnommer 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za om uit te vind hoe jou skool ook kan deel wees van hierdie projek.  Besoek gerus www.atkv.org.za.

Groot pryse vir die wenners

Wie weet? Dalk is jou skool ’n wenner in 2016. Prysgeld vir die twee skole in die wenvennootskap is R30 000 (aan die inisiatiefnemende skool én die minderbevoorregte skool).  Die skole wat as naaswenner aangewys word, ontvang R20 000 (aan die inisiatiefnemende skool én die minderbevoorregte skool).  Die vennootskap in die derde plek ontvang R10 000 (aan die inisiatiefnemende skool én die minderbevoorregte skool).

Ons gaan binnekort weet wie die wenners van die 2015-vennootskap sal wees, want die beoordeling vind tans plaas.

Charles Viljoen

Die twee beoordelaars wat die land vol gaan reis en die projekte evalueer is Charles Viljoen (senior lektor by die Skool vir Opvoedkunde by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit) en JJ van Niekerk (handelsmerkbestuurder by Forever Friday en projekleier van die 2011-wenvennootskap van ATKV-Handevat tussen Hoërskool Jan van Riebeeck en Weber Gedenk Primêre Skool).

Die toerplan lyk so:

  • Dinsdag, 19 Januarie – Laerskool Paul Greyling (Vishoek) in vennootskap met Sullivan Primary School, asook Hoërskool Monumentpark (Kraaifontein) in vennootskap met AME Primêre Skool
  • Woensdag, 20 Januarie – Hoër Tegniese Skool Drostdy (Worcester) in vennootskap met Vusisizwe Secondary School, asook Hoërskool Parel Vallei (Somerset-Wes) in vennootskap met Tereo Skool
  • Donderdag, 21 Januarie – Grey High School (Port Elizabeth) in vennootskap met Hillside Secondary School, asook Hoërskool DF Malherbe (Port Elizabeth) in vennootskap met Laerskool Setlaarspark
  • Vrydag, 22 Januarie – Hoërskool Paul Sauer (Kareedouw) in vennootskap met Uitkyk Creche
  • Maandag, 25 Januarie – Laureus Manskoshuis (Potchefstroom) in vennootskap met Kgatelopele Preschool
  • Dinsdag, 26 Januarie – Dominic’s College (Welkom) in vennootskap met Kaalvlakte Plaasskool
  • Woensdag, 27 Januarie – New Horizon College (Harrismith) in vennootskap met Mookodi Senior Secondary School
  • Donderdag, 28 Januarie – Ripple Reading (Muldersdrift) in vennootskap met Blair Atholl Primary School, asook Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (Hartbeespoort) in vennootskap met Skeepoort Primary School

Die ATKV het reeds R3 000 aanvangskapitaal aan elk van die twaalf vennootskappe betaal om die projekte ’n hupstoot te gee.  Die prysuitdeling sal op Vrydag, 19 Februarie by die wenvennootskap aangebied word.

Van die projekte wat deur die deelnemers van 2015 uitgevoer is, sluit in die vestiging van ’n speelpark, ’n groentetuin, ’n herwinningsprogram, ’n traumaprogram, ’n leessentrum, ’n sportontwikkelingsprogram en ’n leierskapsontwikkelingsprogram.  Daar is ook opvoedkundige speelgoed, boeke en selfs gloeilampe aan minder bevoorregte skole verskaf.  ’n Nuwe leeskamer is gebou, onderwysers opgelei, sanitêre geriewe verbeter, elektrisiteit verskaf en skoolterreine beveilig.

Komaan! Word deel van ’n beter Suid-Afrika. Dit is ’n voorreg!

The post Skryf in vir ATKV-Handevat appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>