Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Wiskundewenke vir ouers aan die begin van die jaar

$
0
0

Fotobron: www.sessionssalon.com

Die nuwe skooljaar het aangebreek. Die kinders is uitbundig in hulle nuwe skoolklere, reg om die jaar aan te pak. Die meeste ouers, daarenteen, hou hul harte vas en wonder wat die skooljaar gaan inhou, hoe hul die mas gaan opkom met huiswerk, aktiwiteite en alles wat die skool van hul kinders gaan verwag.

Lees ook:
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 5, intermediêre fase)
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 8, seniorfase)

Wiskunde is gewoonlik een van die aspekte waaroor ouers soms bekommerd voel. Uit alle oorde word verkondig hoe belangrik wiskunde is. So hoe maak ouers dan seker dat hul kind nie agterstande in wiskunde ontwikkel nie?

Die geheim lê in wiskundehuiswerk. Die doel van huiswerk is om aan ‘n kind die geleentheid te gee om die werk wat in die klas behandel is, in te oefen sodat hy dit maklik kan herroep en met selfvertroue in ‘n assesseringstaak kan toepas. Dit is daarom baie belangrik om elke dag se wiskundehuiswerk getrou te doen.

Wiskundewenke vir ouers met kinders in die Grondslagfase

  • Die belangrikste is om kalm en rustig te wees wanneer julle saam wiskunde doen. Probeer om nie ongeduldig of kwaai te wees nie. Dit is teenproduktief vir leer.
  • Doen die dag se huiswerk getrou, al lyk dit te maklik vir jou kind. Konsepte bou op mekaar, daarom is dit belangrik dat alles baie goed vasgelê word.
  • Wiskunde ontwikkel van die konkrete (wanneer jou kind met werklike voorwerpe konsepte in wiskunde ontdek) na die abstrakte (waar hulle getalsimbole en bewerkingstekens gebruik om dieselfde konsepte voor te stel). Maak wiskunde dus prakties deur hulpmiddels in te span. Dit hoef nie duur apparaat te wees nie. Gebruik blokkies, stokkies, doppies of enigiets in en om die huis. Wanneer jou kind byvoorbeeld sukkel om die antwoord van 2 + 4 te kry, maak dit eers prakties deur twee blokkies en vier blokkies uit te pak. Laat jou kind nou tel hoeveel blokkies daar altesaam is.
  • Moenie vir jou kind baie moeiliker of meer gevorderde voorbeelde gee as wat voorgeskryf word nie. Dit kan dalk haar moed breek en die indruk skep dat wiskunde moeilik is.
  • Wanneer jou kind die dag se wiskundehuiswerk gedoen het, merk dit en help met dit wat hy verkeerd gehad het. Gee ‘n soortgelyke voorbeeld om die konsep vas te lê.
  • Prys jou kind gereeld en moedig haar aan. Selfvertroue speel ‘n groot rol in ‘n kind se wiskundeprestasie.
  • Wanneer spogboeke of assesseringstake huis toe kom, bespreek die foute saam met jou kind sodat sy weet waarom sy die fout begaan het.

Wiskunde hoef natuurlik nie net beperk te wees tot huiswerktyd nie. Die kombuis is byvoorbeeld ‘n plek waar kinders die mates aanleer van die meetinstrumente wat ons vir bak en brou gebruik. Op pad na die skool kan kinders verskillende vorme in die omgewing opnoem of die getalle op motors se registrasienommers bymekaar tel. Daar is daagliks geleenthede wat ouers kan gebruik om konsepte in wiskunde informeel vas te lê en daarmee saam ‘n liefde vir wiskunde te kweek.

The post Wiskundewenke vir ouers aan die begin van die jaar appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>