Beteken “rassisme” die teësin wat een ras in ’n ander ras het? Of eintlik, nou dat wetenskaplikes vir ons sê daar bestaan nie iets soos “ras” nie, beteken dit teësin van een volk in ’n ander volk?
Is dit dus rassisties van die Hollanders om die Duitsers “mowwe” te noem, of van die Engelse om na die Franse as “frogs” te verwys? Indien wel, lyk my nie of die Duitsers of Franse daaroor veel gepla is nie; hulle het in elk geval seker ook maar húlle beledigende woorde vir die ander volke.
“Rassisme” is dan ’n kwessie van voorkeur, of smaak. Die Hollanders, byvoorbeeld, is mal oor die Engelse maar hou nie van die Duitsers nie. Wat ook al hulle redes, dis hulle saak. Dis amper soos ’n emosie soos, sê, jaloesie en niemand gaan dus vir die Hollanders voorskryf van wie hulle mag hou of nie hou nie, net soos jy nie kan voorskryf vir ’n man of vrou op wie hy of sy jaloers, of nie jaloers, op mag wees nie. Dit kom neer op voorkeur, of smaak. Ek is kort en lig van vel en hare en kan nou nie vrouens beskuldig dat hulle diskrimineer omdat hulle oor die algemeen van lang donker mans hou nie. Swartkoppe kan nie kla dat daar mans is wat van blondines hou nie en blondines kan nie kla dat daar mans is wat swartkoppe verkies nie. Dis smaak, voorkeure, gevoel, of wat ook al en kan godsonmoontlik teen die wet wees.
So waaroor is die bohaai?
Jan Rap