Het jy ’n BA-graad met Afrikaans as hoofvak met ten minste ’n 60%-gemiddeld behaal? Oorweeg dan om vir die honneurs in Afrikaans in te skryf.
Ons honneurskursus word in blokvorm aangebied – gewoonlik om met die skoolvakansies saam te val. Die eerste semester se modules word tydens die Aprilvakansie en die tweede semester se modules tydens die Julie- en Septembervakansies aangebied. Die eksamen word in Junie en November geskryf. Studente kan ook deeltyds vir die graad inskryf en dit oor twee jaar voltooi.
Kursusinhoud (2019)
Verpligte module
LAR402 | Miniskripsie of treatise (ingelewer in November)
Enige DRIE van die volgende semestermodules:
Eerste semester
LAA401 | Afrikaanse prosa
LAV411 | Variasietaalkunde
LSA401 | Semantiek
Tweede semester
LAC402 | Kinder- en jeugletterkunde
LAV402 | Vergelykende literatuurstudie
LAV412 | Leksikografie
Navrae: Afdelingshoof –Annél Otto (anna.otto@mandela.ac.za) of Lynette Bester (lynette.bester@mandela.ac.za) of Marius Crous (marius.crous@mandela.ac.za)
The post Honneurs in Afrikaans by die Nelson Mandela-universiteit appeared first on LitNet.