Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch bied van 19 tot 21 Januarie vir die tweede keer ’n samekoms aan van uitgelese jong intellektuele wat gereed staan om gedagtes oor die taal- en letterkunde uit te ruil. Die referate sal hopelik tot talle publikasies in akademiese tydskrifte lei, soos byvoorbeeld LitNet Akademies wat een van die kongres se vennote is.
Die twee hoofsprekers by die USAN-kongres vanjaar is Alfred Schaffer (Universiteit Stellenbosch) en Bassey Antia (Universiteit van Wes-Kaapland) wat die leiding sal neem met die verrigtinge.
Die volledige program kan hier afgelaai word. Kontak usan@sun.ac.za indien jy individuele sessies wil bywoon of nog inligting benodig.
The post USAN-kongres 2016: Volledige program appeared first on LitNet.