Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Wonder jy of jy vanjaar moet gaan skoolhou in Korea?

$
0
0

michellerautenbach300Wonder jy of jy vanjaar moet gaan skoolhou in Korea? Lees wat Michelle Rautenbach vir Naomi Meyer omtrent die wêreld daar anderkant vertel.

Hallo Michelle! Vertel my asseblief watse werk jy doen en waar jy woon?

Ek woon op die oomblik in Goyang. Dit is ‘n voorstad van Seoel en seker so 20 minute op ‘n bus na die weste van Seoel. Ek is ‘n kleuterskoolonderwyser en gee op die oomblik klas vir 20 vreeslik oulike 5- en 6-jariges. (Die Koreane tel hulle ouderdom anders, so in Korea is hulle 7. Dit werk so: as jy gebore word, is jy 1, en op 1 Januarie word almal een jaar ouer. Ek is op 24 Julie 1987 gebore (in Korea 1 jaar oud) en op 1 Januarie 1988 het ek 2 geword. Daarom is my Koreaanse ouderdom 30, al is ek eintlik 28 – sal 29 word hierdie jaar.)

Waarom het jy besluit om daar te gaan Engels gee? Het jy ooit werksmoontlikhede in Suid-Afrika ondersoek?

Na ek graad gevang het in 2008 (BComm in logistiek) het ek aanvanklik vir werk in en om Kaapstad gesoek. Ek het in my derde jaar na ‘n seminaar gegaan wat deur TeachKorea aangebied is en gedink dis interessant, maar nie regtig weer daaraan aandag gegee nie.

Ek het vir die volgende agt maande CV's uitgestuur en vir onderhoude gegaan (seker so 30 onderhoude). Die laaste werk waarvoor ek aansoek gedoen het, het ek en my beste vriendin saam aansoek voor gedoen. Ons was toe ook op die ou einde tussen wie hulle moes kies.

Ons het op dieselfde dag ons laaste onderhoud gehad en vir mekaar gewag. Hulle sê toe vir ons hulle sal binne die volgende uur vir die persoon wat hulle wil aanstel, bel. Ons het gaan “lunch” en ek onthou net dat ek die grootste sug van verligting geslaak het toe dit haar foon was wat gelui het en nie myne nie.

Ek het toe geweet dat dit nie is wat ek wil doen nie en toe dadelik met my Korea-aansoeke begin (dit neem so ses maande – dis nogals ‘n proses!).

Michelle Rautenbach saam met sommige van haar leerlinge en ander onderwysers

Hoe lank woon jy al in Korea?

Ek bly al vir vyf jaar hier. My eerste twee jaar in Incheon en nou die laaste drie jaar in Ilsan, Goyang.

seoel_600

Seoel (foto: wikipedia)

Vertel ons van jou alledaagse omgewing – waar jy presies woon, waar jy eet en met wie jy kuier, jou werksure en as jy vakansie neem, waarheen jy gaan.

Ek bly in a bachelor's flat op die 6de vloer. Alles wat ek nodig het, is binne stapafstand. Daar is nie regtig voorstede hier nie. Alles is maar so deurmekaar. Dis goedkoper om uit te eet en hier is baie kafeteriastyl restaurante waar dit gemaklik en gerieflik is om op jou eie te gaan eet. 

Ek kuier meestal met my medewerkers (daar is sewe ander ekspats wat saam met my werk). Daar is ook ‘n paar van my universiteits- en skoolvriende hier, asook my suster. :)

Ek werk van 9 tot 6 elke dag. Ons kry tien vakansiedae in die skooljaar – vyf in die somer en vyf in die winter. Ek gaan gewoonlik waar dit die goedkoopste is. Suidoos-Asië is gewoonlik die meeste mense se keuse. Ek kom nou net terug van Maleisië af.

Die Jeju-eiland is in Korea (foto: Gerrit Rautenbach)

Hoe verskil die Koreaanse skoolstelsel van wat jy in Suid-Afrika ken?

Hulle begin op ‘n baie vroeër ouderdom met intens akademiese studies. Kan lees en skryf gewoonlik in meer as twee tale voor hulle skool toe gaan. Publieke skool is slegs die begin van die dag. Daarna is hulle dae vol geprop met private “academies” (genoem “hagwons”). Hulle kom gewoonlik eers so 22h00 by die huis. Selfs die graad 1's! My babas gaan, na hulle weg is by, my gewoonlik na twee of drie ander akademies toe (ballet, sokker, Chinees, Taekwondo ens).

Hulle fokus lê meer by kwantiteit eerder as kwaliteit.

Waarom stel Koreane belang om Engels te leer? 

Daar is verskeie redes hoekom hulle graag sal wil Engels leer. Om in een van die top-universiteite in te kom is dit soort van ‘n moet. Asook om ná universiteit beter werk te kry.

Dan is daar ook die status-ding. Daar is ‘n persepsie dat mense wat kan Engels praat, baie ryk is, omdat dit so duur is om in die “academies” te wees. En omdat baie mense private lesse kry (wat so $50 ‘n uur kos).

Kan jy iets verstaan van die YouTube-sensasie “Gangnam style”? Vertel asseblief hoe jy die liedjie verstaan en of dit sosiale kommentaar lewer op aspekte van die lewe wat jy daar sien?

Alhoewel die liedjie nie meer relevant is nie, is die betekenis agter die liedjie nog baie waar. Mense eet niks nie, of so goedkoop as moontlik, om die duurste goeters te kan bekostig.

Geniet jy dit daar? Wat geniet jy en wat geniet jy nie?

Ek is baie gelukkig hier. Ek kan genoeg Koreaans praat dat daar nie regtig veel is wat ek nie geniet nie. Ek sou sê die ding wat ek die meeste geniet, is die vryheid daarvan om van voor af te wees net wie jy wil. Sonder dat enigiemand weet wie jy was of waar jy vandaan kom.

Dit, en die feit dat alles hier werk. Ek sukkel nooit by die bank of poskantoor of met enige staatsdienste nie. Alles werk en dan werk dit vinnig ook.

Sou jy dit vir ander Suid-Afrikaners wat dalk sukkel om hier werk te kry aanbeveel om Korea toe te kom? Waarop moet hul voorbereid wees – die goeie en die slegte?

As jy reg is vir ‘n 180, dan ja. Ek sal dit definitief aanbeveel vir mense wat ‘n avontuur soek. Alles hier is anders. En hulle dink heeltemal anders oor alles. As jy nie reg is om ‘n ander kultuur (wat glad nie soos jou kultuur is nie) te “embrace” en te aanvaar nie, dan gaan jy glad nie gelukkig wees hier nie. As jy lus is vir ‘n nuwe blaadjie omslaan en ‘n baie groot uitdaging, klim op die volgende vliegtuig.

The post Wonder jy of jy vanjaar moet gaan skoolhou in Korea? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>