Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Aankondiging: Bun Booyens tree uit as redakteur van Die Burger in Maart 2016

$
0
0

Media24 Nuus het gister bekend gemaak dat die redakteur van Die Burger, Bun Booyens, aan die einde van Maart 2016 uittree, nadat hy sedert 2010 aan die stuur van die koerant was.

“Bun het versoek om die tuig neer te lê,” het Ishmet Davidson, hoof van Media24 Nuus, gesê. “Ons is dankbaar dat hy vroeg kennis gegee het sodat ons in die eerste kwartaal van vanjaar die koerant se redaksionele portefeulje behoorlik aan ’n opvolger kan oorhandig.”

Bun het gesê sy tyd by Die Burger was die hoogtepunt van sy loopbaan. “Dit was my derde diensbeurt by die koerant. Toe ek destyds in 2010 as redakteur aangestel is, het ek aan die bestuur onderneem om Die Burger tot by sy eeufees te voer. Ons is nou aan die einde van dié gedenkwaardige jaar, en dit is nou die regte tyd – eerder ’n bietjie te vroeg as ’n bietjie te laat – om die stokkie aan iemand anders te gee vir die volgende skof. Hier is indrukwekkende jong talent by die koerant asook ’n stewige senior struktuur. Die koerant sal in uitstekende hande wees.”

Bun het aangedui dat hy steeds na aan die joernalistiek wil bly. “Ek sien daarna uit om – ironies dalk – meer te skryf. Ek wil eers ’n eeufeesboek oor Die Burger en sy mense en stories van die afgelope eeu voltooi. Ek sou ook graag Fred Mouton se werk as spotprenttekenaar te boek wou stel. Fred is nou al meer as veertig jaar in diens van Die Burger en sy sketse lê heuphoogte in sy kantoor. Iemand moet eenvoudig ’n behoorlike bundel saamstel. Ek hoop ek kan hom oortuig.”

Bun was die afgelope twaalf jaar ’n redakteur, eers by die reistydskrif Weg en toe by Die Burger. Voor dit het hy onder meer klas gegee by die Universiteit Stellenbosch se joernalistiekdepartement. Hy was ook kommunikasiehoof van die Wêreldnatuurfonds in Suid-Afrika.

Ishmet het bygevoeg dat dit ’n voorreg is om met Bun saam te werk. “Hy is ’n uitstekende redakteur en die beste redenaar wat ek ken. Hy het ’n deeglike begrip van sy lesers en het oor die algemeen ’n besonder helder beskouing van die wêreld. Ek is baie spyt dat hy uittree.”

’n Opvolger sal eersdaags aangekondig word.

The post Aankondiging: Bun Booyens tree uit as redakteur van Die Burger in Maart 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>