Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

#litnetwoord2015: Die HAT se kortlys

$
0
0

'n Woord kan 'n tydsgees vasvang. In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol". Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". Wat is 2015 se Afrikaanse woorde – woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?

Hieronder is die HAT se bydrae tot LitNet se kompetisie: LitNet se Afrikaanse woord van 2015.


Lees ook:
Foto's en video's: HAT6 word bekendgestel
Die Catch-22 van woordeboekwerk

Jana Luther, redakteur van HAT6:

Ná 21 jaar van demokrasie word die Reënboognasie se vrygeborenes vanjaar mondig. In 1994 het ouers gedroom van ’n rooskleurige toekoms vir hierdie kinders, maar vandag lyk die prentjie dalk anders. Wat ons opgeval het, is dat baie van 2015 se kandidate vir LitNet se woord van die jaar van die een of ander misnoeë getuig. Gelukkig is daar darem ook heelparty inskrywings wat vir ’n ligter luim sorg. Om ’n kortlys saam te stel, was nie maklik nie.

Boaan die HAT se alfabetiese lys staan ’n eponiem: die naam van die potjierol-begrafnisondernemer na wie die hoëvet-laekoolhidraat-dieet genoem is waaroor verslankers en voedingskundiges nog ​lank ​nie uitgepraat ​is nie.

’n Woord uniek aan Suid-Afrika wat die HAT se snare geroer het, is rieldans – ’n Khoi-San-tradisie wat ál sterker herleef. In Julie het die Nuwe Graskoue Trappers én hulle orkes, van Wuppertal, by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste deelnemers van altesame 60 lande nie naby hulle stof laat kom nie. Uit Los Angeles, waar die kampioenskap plaasgevind het, het hulle hande vol medaljes, waaronder vier goues, huis toe gebring. Soos hulle afrigter, Floris Smith, sê: "Almal weet nou van rieldans!" Die Afrikaanse rymkletskultuur in die Noord-​, Suid-, Oos- en Wes-Kaap het vanjaar ook ons aandag getrek. Ook enkele nuutskeppings. En, soos elke jaar, woorde in verband met tegnologiese ontwikkeling wat haas elke aspek van ons lewe beïnvloed.

Kortlys:

​Banting, ook met kleinletter, ​banting, asook die werkwoord, bant

hommeltuig

kuberwolk

leierskapsvakuum

rieldans

rymklets

spelifikasie

vrygeborene

webinaar, of webseminaar

windplaas​

 

>>>Terug na LitNet se Afrikaanse woord van 2015

The post #litnetwoord2015: Die HAT se kortlys appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>