Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Red die SASNEV-gebou in Pinelands

$
0
0

Beste vriende en kollegas

Hiermee ’n vriendelike versoek om asb die onderstaande petisie op die internet te teken – dit is maklik om te doen en neem baie min tyd in beslag. Stuur die skakel asb ook na goedgesindes en belangstellendes.

Soos sommige van julle reeds weet, beplan die Curatorium van die Willem de Zwijger Stichting in Nederland om die mooi gebou van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands te verkoop – sien asb die foto.

Die SASNEV-gebou in Pinelands (foto verskaf)

Dit in weerwil van die feit dat dit uitstekend bedryf word, geen daadwerklike verlies ly nie en ’n baie belangrike rol speel as die enigste sentrum en gesig in Suid-Afriika wat die samewerking tussen Suid-Afrika, Vlaandere en Nederland vier. Dit bevat ook ’n biblioteek met die grootste versameling Nederlandse boeke in die suidelike halfrond.

Die hoofrede wat hiervoor gegee word, is dat die verkoop van die gebou meer fondse vir projekte sal vrymaak. Projekbefondsing kan egter ook elders verkry word, maar so ’n gebou (destyds ’n winskoop) sal nooit weer tot stand gebring kan word as dit eers vernietig is nie. Daar is ook sedert die aankoop van die voormalige kerksaal heelwat geld bestee om dit doelmatig te verbou.

Met die oog op die verkoop is ’n hersoneringsvoorstel en alternatiewe bouplanne vir ’n winkelsentrum ingedien wat tans by die Kaapse stadsraad dien. Die voorgestelde gebou oorskry nie alleen die wettige grense nie, maar is ook in ’n erfenissone geleë. Die voorstel gaan teen ondernemings in aan die destydse verkoper, die NG Gemeente Pinelands, dat:

- die aangesig van die gebou grotendeels behou sou word en nie "uit karakter" met die omgewing sou wees nie;

- die gebou slegs gebruik sou word vir kulturele en niekommersiële bedrywighede;

- dat dit wat daar bedryf sou word tot voordeel van die hele gemeenskap sou wees.

Heelwat van Pinelands se inwoners is sterk gekant teen die planne en het begin met ’n (Engelstalige) petisie. Dit sal eger uitstekend wees as soveel moontlik mense wat die Neerlandistiek in Suid-Afrika goedgesind is dit ook sou kon teken. Die mikpunt is 1 500 handtekeninge. Volg asb die volgende skakel na die petisie "City of Cape Town: Save Huis Der Nederlanden". Dit kan uiteraard ook gekopieer word in Google.

Hier is 'n skakel na die petisie.

The post Red die SASNEV-gebou in Pinelands appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>