Die wenner van die boekpakkie is Marietjie Jordaan van Oudtshoorn. Baie geluk, Marietjie, en mooi wense vir die Kerstyd! Jou boekpakkie is op pad na jou adres.
Leserskring-weggee
Leserskring gee graag hierdie Kersfees 'n heerlike boekpakkie weg - in die boekpakkie is een eksemplaar van Split deur Debbie Loots en een eksemplaar van Silence of the Seas deur Yrsa Sigurdardottir. Om in aanmerking vir hierdie gelukstrekking te kom, stuur jou naam en adres aan naomimeyer@litnet.co.za voor 1 Desember 2015 met die titel: "Kersfees 2015 met Leserskring".
Lees ook: |
---|
• Boekresensie: Split deur Debbie Loots |
• Leserskring: Eerste Afrikaanse webuitsending met Anchien Troskie |
Leserskring se vier gunstelinge dié seisoen
Die Amerikaanse rabbi en gewilde skrywer Harold Kushner het gesê: "Ek sien die lewe as 'n goeie boek; hoe verder jy lees, hoe meer sin begin dit maak." Mense se liefde vir literatuur het reeds in 1640 posgevat; deesdae is daar 'n genre vir almal: riller, komedie, gruwel, spanning, romanse, fantasie, misterie, ens. Om nie eers te praat van die onlangse opkoms van die nuwe selfhelp-, doen-alles-self-genre wat bygekom het nie.
Die literêre wêreld is ‘n kosmos op sy eie in harde, sagte of e-formaat. Dis juis daarom dat Leserskring – 'n afdeling van Media24 Boeke en Suid-Afrika se grootste en oudste boekklub – reeds vir die afgelope 35 jaar die vertroue van miljoene boekwurms gewen het. Soos Kersfees en die tyd vir presente koop nader skuif, deel Leserskring hul vier gunstelinge vir die seisoen. Elkeen verteenwoordig 'n hedendaagse gier of letterkundige genre en is 'n moet vir enige fisiese of digitale boekrak wat sy sout werd is.
Silence of the sea, deur Yrsa Sigurdardottir
Misdaad en rillers is deesdae van die mees gesogte genres, met Skandinawiese misdaadfiksie wat die afgelope tien jaar in gewildheid toeneem. Dit het in die ’90's met Maj Sojöwall en Per Wahlöö se Martin Beck-reeks begin, en daarna het Stieg Larsson se Millennium-trilogie met veral The Girl with The Dragon Tattoo dit tot nuwe hoogtes gevoer. Yrsa Sigurdardottir, oftewel die “Queen of Nordic Noir”, volg haar eweknieë se literêre sukses na met Silence of the sea, wat reeds etlike toekennings ingepalm het.
Daar word gereken dat dit Yrsa se ysingwekkendste boek nóg is. Dit handel oor 'n vervloekte skip wat in Reykjavik se hawe opdaag, sonder die bemanning, wat op 'n geheimsinnige manier verdwyn het. Yrsa is bekend vir haar onheilspellende skryfstyl met grieselrige beskrywings. Sy skryf dit toe aan haar Yslandse grootwordjare, toe verhale van kinders wat gekook en lewend geëet is, alombekend was. Dit is ironies dat Ysland volgens statistieke slegs een moord per jaar het. Silence of the sea is in Engels beskikbaar, in sagteband, teen R165 vir lede (nielede R195), as e-boek teen R158,60 vir lede (nielede R162,60).
Split, deur Debbie Loots
Hierdie debuutroman deur die kunstenaar van Polokwane het almal aan die gons. Split was die eerste boek wat op RSG se nuwe boekklubprogram deur die omroeper Martelize Brink bespreek is en word deur beide Anchien Troskie en Marita van der Vyver aanbeveel.
Die storie speel gedurende die ‘70's en ‘80's in plekke soos Randfontein, Pietersburg en Durban af en word uit die oogpunt van vier verskillende karakters vertel. Dit is in Afrikaans beskikbaar, in sagteband, teen R205 vir lede (nielede R240) of as e-boek teen R168 vir lede (nielede R240).
Vlegsels: Stap vir stap, deur Laura Arnesen en Marie Wivel
Vlegsels is tans hoogmode – selfs onder vele glanspersoonlikhede. Bekendes soos Khloé Kardashian, Jennifer Lawrence en Taylor Swift is onlangs met visgraat-, kantwerk- of selfs melkmeisievlegsels opgemerk. Deense tieners het bes moontlik hierdie gier in 2013 begin toe hulle besluit het om verskillende vlegtegnieke op Instagram te dokumenteer vir ander om na te boots. Die style is gou-gou deur duisendes raakgesien en op sosiale media versprei en dit het selfs tydens hierdie jaar se rooitapytgeleenthede opslae gemaak. Vlegsels se gebruikersvriendelike stap-vir-stap-instruksies sal iedereen help om dit te bemeester. Beskikbaar in Engels en Afrikaans, teen R125 (nielede R150).
Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense, 3 & 4, deur Michael Omara
Wat Joanna Basford, die Britse kinderboekskrywer van onder meer The enchanted forest en The secret garden in 2011 begin het, het sedertdien 'n globale tydverdryf geword: inkleurboeke vir grootmense. Joanna het miljoene van haar gedetailleerde "inky adventures", soos sy daarna verwys, verkoop en baie ander kunstenaars en skrywers het in haar voetspore gevolg. Die lekkerte hiervan is die aandagtigheid wat inkleur jou laat beleef. Die meeste stadsmense leef 'n gejaagde bestaan, aan't skarrel van A tot B, dikwels onderdanig aan een of ander tegnologiese slawedrywer wat gedurig hul gedagtes onderbreek. Inkleur word beskryf as ’n salige, kalmerende vorm van meditasie. Dis ook iets wat niekunssinnige mense maklik kan geniet. Die boek is in Afrikaans beskikbaar teen R115 elk vir lede (nielede R135) of R210 vir beide.
Bogenoemde vier uitsoekboeke van Leserskring is beskikbaar vir die Kersseisoen en kan aanlyn gekoop word by www.leserskring.com of deur posbestelling. Om meer aanbevelings te sien en al die ledevoordele te geniet, sluit gerus aan by Leserskring se gemeenskap en volg ons op https://www.facebook.com/leserskring.
Sluit nou aan en bespaar 50% op enige twee titels. www.leserskring.com | www.facebook.com/leserskring.
The post Kersfees 2015 saam met Leserskring: Wenner aangekondig appeared first on LitNet.