Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Nagligte: "Dalk is ons maar net late bloomers"

$
0
0

Die pop-rock-groep Nagligte het pas hul debuutalbum bekendgestel en musiekaanhangers is aan die gons oor dié hoëgehalte-vrystelling. Jacobus “Roof” Brink, voorman van die groep, beantwoord ’n paar vrae.

Goeiedag, Jacobus. Hoe's dinge?

Dinge gaan lekke!! Ons kom nou net terug van ’n baie suksesvolle mediatoer en album launch in Johannesburg en Pretoria. Bly dis Desember!

Nagligtegrootweb

Baie geluk met die vrystelling van Nagligte se debuutalbum, Hoop in die donker – dis ’n bitter slick album, stampvol sterk singles en met ’n lekker goue draad of twee in die klank. Hoe het julle die skryf en samestelling van hierdie eerste album benader? ’n Mens wil natuurlik ’n groot indruk maak met ’n debuutalbum – was daar heelwat beredenering binne die band oor watter moontlike songs moet bly en watteres moet gly? Hoe wou julle hê moet mense dink of voel oor die volledige album met die eerste paar luisterslae, veral aangesien dit ’n soort "bekendstelling" van Nagligte aan die wêreld is?

Thanks! Dis ’n moerse kompliment. Soos die meeste eerste albums het ons obviously ons tyd gevat met nie net die skryf nie, maar ook die konsep. Dit was die eerste keer dat ons drie saam aan iets gewerk het, so ons eerste challenge was maar om almal se “plek” in die proses te identifiseer – in MBA speak was dit pretty much a SWOT analysis van die drie lede. Toe ons hierdie verantwoordelikhede eers uitgepluis het, het dinge meer streamlined geraak.

Oor die algemeen is die boodskap wat regdeur Hoop in die donker loop ’n redelik universele een wat enigiemand by aanklank kan vind. Die tunes is ook oor die algemeen baie melodies, so ons hou nogal van die idee dat dit ’n album is wat mens regdeur kan luister en iets daaruit vat. Daar is ’n paar sterk singles, maar dit is definitief in ons opinie ’n goeie complete produk.

Daar is iets bykans anthemic aan baie van die snitte op die album – reeds die eerste snit, "Ongeloof(lik)", het ’n hook wat onmiddellik herkenbaar word en ook ’n soort filosofie-uitbasuining bevat. ’n Mens dink onwillekeurig aan groepe soos 30 Seconds to Mars, The Killers en plaaslik Die Heuwels Fantasties wat ook dié soort hook-driven, anthemic liedere skep. Was hierdie soort benadering, en die klank wat Nagligte in die liedere voortbring, iets waaroor julle gedink en op besluit het, of hoe het die evolusie gewerk wat jul liedskepping en klank betref vandat julle reeds in die vroeë 2000's begin werk het aan Nagligte, tot die debuutalbum nou uit is?

Nagligte in sy huidige vorm het actually eers twee jaar terug ontstaan. Ek en Wynand het in ’n cover band gespeel en dit was nie totdat ons my broer, Eddie, nadergesleep het dat ons actually Nagligte begin het nie. Al daai bands wat jy noem het definitief tot ’n sekere mate op een of ander manier ons sound beïnvloed. Maar ons het maar besluit om musiek te maak wat ons like: anthemic, hook-based amper electro-rock. Ons het maar ’n klomp elemente/genres wat ons dig bymekaar gegooi het. Ons was ook van die opinie dat daar ’n gap was in die Afrikaanse mark vir so iets. Amper ’n meer-melodic-Fokofpolisiekar-heavier-Heuwels-Fantasties vibe. As dit enigsins sin maak ...

Gepraat van die lang tydperk sedert die band se ontstaan tot die debuutalbum uitgereik is ... as ’n mens kyk na die biografiese inligting op persvrystellings en op jul Facebook-blad lyk dit of daar ’n interessante storie sit agter jul uiteindelike besluit om tog jul tyd en energie in die Nagligte-projek te gooi. Wat was die "clincher" wat daartoe gelei het dat julle julle werk (deeltyds of heeltyds?) gelos het om die musiektoneel te betree? Hoe verander dit ’n mens se lewensuitkyk en wat het jy tot dusver teëgekom in die musieklewe wat jy nie verwag het nie?

Ja, dit is nogal weird om op hierdie ouderdom eers iets te try. Dis amper ’n quarter-life crisis tipe vibe. Ons praat al lankal daaroor om iets uit te sit, maar die tyd was nooit rêrig reg nie. Ek dink ook die feit dat ons ouer is het definitief sy benefits gehad, veral as dit kom by werksetiek. Ons was (en is nog steeds) op ’n plek in ons lewens waar ons nou dinge bevraagteken – hoekom is ons hier, hoekom kan ons nie net doen wat ons wil nie, hoekom moet ons voorgeskryf word deur ander? Dalk is ons maar net late bloomers wat te veel geparty het op varsity om rêrig te worry oor hierdie goed.

Ons al drie werk, vir nou, nog steeds voltyds, maar ons sal maar sien hoe dit uit-pan.

Julle het onlangs ’n platekontrak met Universal onderteken – wat dink jy is die voor- en nadele van werk onder die vaandel van ’n platemaatskappy, in teenstelling met onafhanklik voortgaan? Wat dink jy is in die algemeen kief omtrent die Afrikaanse musiekbedryf, en wat suig daaromtrent? Hoe beskou jy Nagligte se plek op dié toneel?

Dis nes jy sê: daar is voor- en nadele. Maar ons voel vir ons kan dit net voordelig wees. Ons het obviously nie ’n clue gehad oor hoe dinge werk in die bedryf nie. Simpel goed soos hoe om ’n CD op die rakke te kry, ens. Daar is ’n klomp aspekte hiervan, asook van die bemarking en verspreiding van die album, wat nou deur hulle hanteer word en daardie tipe druk van ons afhaal. Hulle is die grootste record label in die wêreld en hulle reach en resources kan obviously baie vir ons as leke help. So ons is baie excited vir wat hulle vir ons gaan bied.

Wat cool is omtrent die bedryf is die lojaliteit van die fans. Dit is ook natuurlik een van die goed wat suck daaromtrent. Jy weet, om nou ’n nuwe b(r)and te bou vat maar tyd. Ons dink wel daar is definitief ’n gap vir ons sound, aangesien daar niemand anders daar buite is wat rêrig so iets doen nie. Of om vir Bouwer Bosch te quote: “Dis ewe gepas vir ’n mosh-pit en ’n langarm dans!” (Thanks dude!)

Terug by die musiek self – dit klink of daar baie moeite en vaardigheid in die liriekskepping gegaan het. Benewens die lekker gespeel met woorde wat haak aan mekaar en in ander verbuigings opduik is daar ook ’n sterk skoot eerlikheid en ontbloting van emosies wat uit die versreëls drup. Hoe belangrik is liriekwerk en die balans daarvan met die musiek vir jou? Hoe weet ’n mens wanneer daardie balans reg is? Hoe werk die skryfproses by julle, vandat die eerste woorde gepleeg word tot die lied uiteindelik reg is vir uitvoer of opneem?

Soos ek genoem het, was dit maar ’n storie om die skryfproses te vervolmaak. Wynand skryf die meeste van die musiek en ek en Eddie sal dan met ’n konsep en lirieke opkom. Daarna sal ons al drie saam daaraan skaaf tot ons happy is met die eindproduk. Ons het baie tyd vooraf spandeer aan die konsep vir die album, so ons was redelik seker waarheen die themes van die lirieke asook die musiek sou gaan. Ek dink die balans tussen die liriekwerk en die musiek is iets wat ons vooraf uitgepluis het en was dus van die begin af baie belangrik vir ons. Die hele idee van die projek was om ons vrese en drome met die luisteraars te deel, net omdat ek dink dat so baie mense met dieselfde issues struggle. Die eerlikheid en ontbloting van emosies was bloot ’n produk hiervan.

Twee van die drie lede van Nagligte is broers – jy en Eddie (op die tromme), soos jy genoem het. Dit kan natuurlik vir ’n interessante dinamiek sorg in terme van mekaar-so-goed-ken, maar ook word daar sekerlik nie teruggehou as dit kom by kritiek en dies meer nie. Hoe werk daardie dinamiek vir jou, en ook wat al drie lede van Nagligte betref? Is dit ’n geval van elkeen doen sy ding, of hoe daag julle mekaar uit om beter musikante en skrywers te wees en hoeveel samewerking lê daar in al die besluite wat geneem moet word?

Ek dink dit is actually ’n lekker dynamic. Die sibling rivalry kom lekker sterk deur en dit spoor ’n mens aan om harder te werk en in die proses te groei as musikante en skrywers. Die dynamic in die algemeen werk ook goed, siende dat ons drie sulke diverse persooonlikhede het wat saam strewe na een common goal. Op die ou end is dit konsensus wat seëvier. Ons het vinnig besef hierdie is nie ’n majority rules situasie nie …

Nagligte het dalk nou eers die debuutalbum uit, maar in die een of die ander vorm bestaan die band al lank. Watter hoogtepunte is daar tot dusver vir jou in die musiek-kant van jou lewe? Enige vreemde gebeure wat jy nie sommer sal vergeet nie? Enige minder suksesvolle uittogte wat jy graag sal wíl vergeet?

Die opname en vervaardiging van hierdie album was sonder twyfel die hoogtepunt in ons al drie se musiekloopbane! Ek het vir ’n jaar of wat keys gejol vir aKING, so jy kan dink watter lekker stories daaruit kan kom … Ek gaan dit maar daar laat. My kinders kan miskien eendag hierdie ding lees!

Om aand na aand in ’n cover band te speel vir so lank het obviously sy eie newe-effekte teweeggebring. ’n Man kan mos maar net so lank excited bly oor iemand anders se tunes. So later het ons maar ge-party om dit exciting te hou … met redelik vergeetlike nagevolge …

nagligtecoverweb

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir Nagligte, in so verre jy dit kan beheer?

Ons sien graag hierdie as die begin van ’n nuwe loopbaan in ons lewe. So in die lang termyn wil ons graag iets skep wat sustainable is. In die kort termyn is dit maar toer en gig en try om rock stars te wees. As jy my weer binnekort kontak vir ’n chat, dan het ons dit either opgefok of suksesvol gedoen.

Wat is die sin van die lewe?

Doen wat jou gelukkig maak. Daar is altyd Hoop in die donker ...

The post Nagligte: "Dalk is ons maar net late bloomers" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>