Vandat die mens ontstaan het, het hoere en sekswerkers hulle bestaan. Inteendeel, voordat die primitiewe mens homself in formele gemeenskappe en huwelike begewe het, was almal in werklikheid sekswerkers, beide mans en vrouens. Hulle het seks gesoek net waar hulle kon, sonder om getrou aan ’n enkele seksmaat te wees. Ons voorouers se seks-optrede het nie veel verskil as die van ’n bobbejaan s’n nie.
Met die ewolusie en ontwikkeling van die mens in formele gemeenskappe, en om die gedurige wrywing tussen veglustige mans onderling vir die lekkerste vrouens te bekamp, is ’n vaste stel reëls mettertyd ontwikkel en deur middel van ’n sentrale gesag, is hierdie reëls op die gemeenskap afgedwing, met aanvanklike gewelddadige strafmaatreëls indien oortree word, wat lyfstraf, kastrasie, verminkings asook die doodstraf ingesluit het (sien koning Hamurabi se antieke wette as voorbeeld). (Tronke is ’n heel latere instelling soos die gradering van straf ontwikkel het.) In die proses van hierdie sosio-gemeenskaplike ewolusie, het vrouens wat nie vaste mans kon kry nie, hulself as hoere, ten doel van oorlewing, beskikbaar gestel.
Soos vandag, was die geboorte-verhouding tussen seuns en dogters omtrent gelyk. In die primitiewe gemeenskap teen 30 jarige ouderdom, was vrouens by verre die meerderheid geslag. Afsterwes van mans in vegtende stryd met ander gemeenskappe, en afsterwes as gevolg van infeksies daarna, was merendeels die oorsaak van sodanige wanbalans tussen mans en vroue. Om hierdie volgehoue geslagswanbalans te oorbrug, was veelwywery die enigste natuurlike uitweg. Selfs toe latere ryke ontwikkel het met minder oorloë en meer vreedsame leefwyses as gevolg van ’n oormaat in mans, was veelwywery reeds ’n vaste gesetelde instelling. Die oormaat mans is as tempel manlike-prostitute (selfs onder die Jode 1 Kon. 14:24), slawe en eunuchs in sodanige ryke opgeneem.
Deurgaans was daar die hoer. In die veelwywer-gemeenskap het sy haar dienste aan besoekende handelaars van ander gebiede aangebied, en met die vele oorloë was sy in die oorlogskampe teenwoordig as plaasvervanger vir die vrouens tuis. In beide situasies het sy goed geld gemaak. Met die vele besoekende handelaars gewoonlik gereelde kliënte; in die oorlogskamp ’n geslagsminderheid in groot aanvraag.
In die veelwywer-gemeenskappe van die Ou Testament het ons voorbeelde hiervan. Gen 38:15 Judah die handelaar soek ’n hoer (Tamar) uit (seer sekerlik nie vir die eerste keer nie?); Jos.2:1 Ragab bekende hoer van Jerigo huisves Josua die krygsman. Albei vrouens vorm deel van Jesus se voorgeslag.
In antieke tye was die man se vrou sy besitting; suiwer die moeder van sy kinders, huishoudelike instandhouer; ongeletterd, en bied merendeels geen verstandelike (mental) stimulus vir hom nie.
In teenstelling was die hoer geëmansipeer (selfstandig). Sy was haar eie baas. Deur middel van haar vele kontakte met mans van verskillende neringe en intellektuele kwalifikasies, het sodanige kennis op haar afgevryf, en kon sy op gelyke voet geselskap voer wat haar vir haar kliënt baie meer interessanter as sy vrou gemaak het. Bo en behalwe die mental stimulus wat sy haar kliënte kon bied, het haar ryke ondervindings met die vele seksuele variasies wat mans van haar verwag het, kon saamsnoer tot haar kliënt se grootste seksuele bevrediging, in teenstelling met sy eie vrou se vaste roetine en uiteindelike vervelige formaat van seks.
Sedert die ontstaan van monogene (een man een vrou) gemeenskappe, het min verander mbt die hoer. Die woord hoer is al gestigmatiseerd sedert die begin van tyd, hoofsaaklik as gevolg van jaloesie aan die kant van vrouens wat toe reeds en vandag steeds hulle as kompetisie vir hulle mans se seksuele aandag aansien. Daar is wel hoere (mistresses ’n benaming vir sosiale aanvaarding van hoere) wat geskiedkundig internasionale bekendheid sowel as sosiale aanvaarding verwerf het, oa Lilly Lantree (Brittanje); Hortese Mancini (Italië); asook die geskiedkundige bekendste van almal, nl Madame de Pompadour (Frankryk).
Die hoer, vandag se sekswerker (’n benaming vir minder stigmatisasie), dien as veiligheidsklep vir veral die getroude man se fluktuerende seksuele frustrasies. Sonder om sy werklike liefde vir sy vrou te wil prysgee, maar ter selfde tyd nie heeltemal met haar seksueel tevrede nie, sal hy hom tot ’n hoer wend waar hy seksueel fisies bevredig sal word sonder enige emosionele bagasie met die hoer. Die hoer is nie ten doel om die getroude vrou se man af te rokkel nie, maar suiwer vir winsbejag.
Wat ek wel emosionele ontrouheid, en as sonde aan die kant van die man beskou, is wanneer hy met ’n ander getroude vrou hom beide emosioneel en seksueel begewe. Beide sy eie vrou en die betrokke vrou se man word in die proses onreg aangedoen.
The post Sekswerkers appeared first on LitNet.