Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US-Raadsbesluit: US verbind tot meertaligheid sonder uitsluiting

$
0
0

 

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het op 30 November 2015 by die geskeduleerde raadsvergadering die volgende mosie met ʼn oorweldigende meerderheid aanvaar:

  1. Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het kennis geneem van die konsep-dokument van die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch wat op 12 November 2015  bekendgemaak is. Verder bevestig die Raad sy ondersteuning ten opsigte van die mosie van die Uitvoerende Komitee van die Raad - UK(R) - aangeneem op 15 November 2015.
  1. Vir sover die konsep-voorstel en verklaring van die Bestuur die amptelike Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) raak, verklaar die Raad die volgende:
Lees ook:
Universiteit Stellenbosch: Vrydag die 13de
Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole
Frederik de Jager: Afrikaans aan die US
Fanie Olivier: Vanuit Pole – rondom Stellenbosch
  • Die Raad bly verbind tot die Taalbeleid soos aanvaar op 22 November 2014 en die interpretasie daarvan deur prof Wim de Villiers in sy inhuldigingsrede: “Stellenbosch is nie ’n Afrikaanse universiteit nie;  Stellenbosch is nie ’n Engelse universiteit nie; Stellenbosch is nie ’n isiXhosa universiteit nie; Stellenbosch is ’n meertalige Suid-Afrikaanse universiteit – een van min in hierdie kategorie, wat bitter nodig is in ’n land met 11 amptelike tale”.
  • Die Raad verklaar onomwonde dat taal nooit enige hindernis mag wees vir enige student wat voorgraads of nagraads aan die US wil studeer, en nie óf Afrikaans óf Engels magtig is nie. Daarom versoek die Raad die Bestuur om met die oog hierop die nodige meganismes verder uit te bou en deurlopend te monitor. Indien dit sou beteken dat die Engelse akademiese aanbod die gestelde teiken oorskry, sal dit die ondersteuning van die Raad geniet.
  • Tegelykertyd verklaar die Raad dat dit nie ten koste mag wees van die ooreengekome minimum teiken vir die Afrikaanse aanbod nie. Die Raad versoek dat óók die Afrikaanse voorgraadse akademiese aanbod nog verder verhoog sal word. Die Raad bevestig hiermee dat die Universiteit se meertalige aanbod as ‘n strategiese bate vir US beskou word en as ‘n kompeterende voordeel uitgebou moet word.
  • Wat die administratiewe en kommunikasie-taal aan die US betref, besluit die Raad dat taal  nooit uitsluitend mag wees vir studente en personeel nie.  Die Raad aanvaar dat, soos tans, amptelike dokumente en kommunikasie daarom in Afrikaans sowel as in Engels beskikbaar sal wees. Studente, personeel en die publiek sal steeds aangespreek word in die taal van hul voorkeur, hetsy Afrikaans of Engels en indien moontlik ook isiXhosa.
  • Wat die voertaal van vergaderings en byeenkomste aan die US en in universiteitskoshuise betref, versoek die Raad dat dit onderling gereël word met die oogmerk om niemand uit te sluit nie.
  1. Die Raad beskou die groeiende diversiteit in die studente-demografie aan die US as ‘n groot bate vir sowel die akademiese as persoonlike vorming van die studente wat kies om aan die US te studeer.  Die Raad sal daarom saam met Bestuur kreatief wil bly dink hoe onderlinge begrip en waardering vir almal verbonde aan die US bevorder kan word, en die verrykingspotensiaal van die diversiteit maksimaal ontsluit kan word.

The post US-Raadsbesluit: US verbind tot meertaligheid sonder uitsluiting appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>