Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

LitNet Akademies word bekroon met twee ATKV SA Akademie-pryse

$
0
0

Twee van die vier ATKV SA Akademie-pryse vir geesteswetenskaplike artikels is vanjaar aan LitNet Akademies-artikels toegeken.

kobuskrugerartikel

Oneindigheid as religie-relativerende en -insluitende horison

Navorser: Kobus Krüger, Departement Godsdienswetenskap, Universiteit van Suid-Afrika
Afdeling: LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Redakteur: Pieter G de Villiers

johannrossouwartikel

Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie

en

Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit

Navorser: Johann Rossouw, Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat
Afdeling: LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Redakteur: Francis Galloway

Hier volg die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se volledige aankondiging:

saawklogoDie Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel 'n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Vanjaar is die beste artikels wat in 2013 en 2014 verskyn het en wat deur redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte aan die Akademie voorgelê is, beoordeel. Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

  • Helize van Vuuren, Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port Elizabeth vir haar artikel "Passacaglia van J.S. Bach en Das Passagen – Werk van Walter Benjamin – literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum. ’n Verhaal met skilderye (2006)" wat in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3), September 2014 verskyn het.
  • Kobus Krüger, Departement Godsdienswetenskap, Universiteit van Suid-Afrika vir sy artikel "Oneindigheid as religie-relativerende en - insluitende horison" wat by LitNet Akademies, 10(3), Desember 2013 verskyn het.
  • Bernardus J. Odendaal, Skool vir Tale, NWU, Potchefstroom Kampus vir sy artikel "Raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste" wat verskyn het in Literator 34(2), November 2013.
  • Johann Rossouw, Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat vir sy twee artikels: "Vierdelige artikelreeks: Ontleding van en kritiek op Bernard Stiegler se La technique et le temps-trilogie: Deel 1: "Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie" wat by LitNet Akademies, 10(3), Desember 2013 verskyn het en Deel 2: "Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit" wat by LitNet Akademies, 11(3), Desember 2014 verskyn het.

Natuurwetenskappe:

  • Sanet Janse van Vuuren, Dept. Omgewingswetenskappe en Bestuur, NWU; mej. Annelie Swanepoel van Randwater, Vereeniging; en mej. Germarie van Zyl van Midvaal Water, Stilfontein vir hulle artikel " Rol van Lesotho-hooglandwater op Vaalrivieralge" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 32(1), 2013 verskyn het.
  • J.L. Roos van die Departement Psigiatrie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 33(1), 2014 verskyn het.

The post LitNet Akademies word bekroon met twee ATKV SA Akademie-pryse appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>