Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Vandag het ek gevoel dit is tyd om te bieg. Ek het al heelparty bydraes gemaak na hygliteratuur, en elke keer my ervarings gedeel van verskillende meisies.
Wel, hier is dit nou. Al my bydraes was ervarings met dieselfde girl gewees. Ek het geskryf oor M, Liewe Lulu, Wilde Willemien, Debbie en Suzie en 'n paar keer nie eers 'n naam genoem nie.
Haar naam is Alice. Ek en Alice het al amper 18 maande lank 'n verhouding. Ons probeer mekaar een maal 'n maand sien, want ons bly ver uit mekaar uit, dan reis ek nogal baie, en is gereeld in hulle provinsie waar sy bly. Daarom ontmoet ons mekaar altyd by 'n baie bekende oord wat gerieflik naby aan hulle huis is. Ek reis gewoonlik die dag voor die tyd, slaap oor in die oord, en dan kom kuier sy vir my op pad werk toe in die oggend.
Ons ontmoetings is gewoonlik tussen 8-uur en 10-uur. Dis wanneer ons die rondawel/chalet moet ontruim. Ons probeer die maksimum uit die kort tydjie saam kry, en het gewoonlik meer as een sekssessie in die oggend.
Ons ken mekaar al lank as "vriende in n groep", en ons het al baie as couples saam gekuier. In die begin was dit moeilik om ons pose te hou, maar dit word al hoe makliker. Ons was so 2 weke gelede weer saam op 'n naweek weg, en nie een van ons se wederhelftes kyk eers na ons kant toe nie. Die lekker is daardie elektrisiteit in die lug tussen ons. Partykeer kyk ons net in mekaar se oë vir 'n sekonde, maar dan weet ek wat sy dink, en andersom.
Die seks tussen ons is fantasties, want ons altwee is maar uitgehonger in ons huwelike. Alice het 'n goeie man, en die manier waarop hy met haar praat kan jy hoor hy gee baie om vir haar. Ongelukkig skeep hy daardie mooi vrou af in die slaapkamer.
In my geval het ek 'n baie goeie vrou wat ongelooflik goed na my kyk. Sy kook die lekkerste kos, en pak elke dag vir my broodjies in werk toe. Is altyd daar wanneer ek haar soek, en is al 30 jaar getroud. Weer eens het die seks afgewater (soos in baie gevalle van ou getroudes) tot 'n roetinesessie iewers op 'n naweek.
Ek en Alice vul mekaar ongelooflik aan. Ons het besluit dat ons werk ons eerste prioriteit moet wees, en ons huwelik ons tweede prioriteit sal bly. Nie een van ons wil in die ander se huwelik inmeng nie. Dit is absoluut “Friends with Benefits”. Dus is ons 'n derde prioriteit vir mekaar, al praat ons elke dag. Ons maak tyd in die oggend as ons werk toe ry om mekaar te bel. Dan partykeer weer in die middag, of laatmiddag as ons huis toe ry. So, ons weet als van mekaar se daaglikse lewe af. Ons kan alles met mekaar deel, en het dus so beste vriende geword. Die "probleem" is ons het lief geword vir mekaar, en ons sê dit daagliks vir mekaar.
Nou is die vraag ... kan dit so verkeerd wees as twee mense so goed is vir mekaar, en mekaar so aanvul in die lewe. Intellektueel en seksueel?
Van nou af gaan ek my geheime ontmoeting met Alice met julle deel, en nie meer skuilname gebruik nie.
Daar is mos 'n baie bekende liedjie …”Living next door to Alice”, dan kom die ekstra lyntjie ...”Who the Fuck is Alice”.
Wel, nou weet julle "Who the F ... is Alice".
Ek sal haar so goed beskryf van nou af dat julle sal wens julle kan die awesome warm vrou ontmoet wat my lewe so verander het. Kyk net uit vir die lang brunette met die kort parmantige haarstyl. Mooi ferm boobies, lang bene en die sexyste boudjies in die dorp. Stap nader en groet haar op die naam. Sy is baie vriendelik.
My volgende storie volg binnekort.
Groete, GSA
The post Bieg: Wie Alice is appeared first on LitNet.