Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Aan die Rektor en Visekanselier: die konfederasie van 40 Afrikaanse lidorgansiasies reageer

$
0
0

‘n Ope Brief aan die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch

Geagte prof De Villiers

Ons, die ondergetekendes as lede van die konfederasie van 40 Afrikaanse lidorganisasies soos verteenwoordig in die Afrikaanse Taalraad, en ander belanghebbendes het met kommer en ontsteltenis kennis geneem van die verklaring van 12 November 2015 deur u en die Universiteit Stellenbosch se Bestuurspan oor die taalbeleid en -implementering aan die US waarin –

Lees ook:
Universiteit Stellenbosch: Vrydag die 13de
Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole
Frederik de Jager: Afrikaans aan die US
Fanie Olivier: Vanuit Pole – rondom Stellenbosch
  • by die Raad van die Universiteit Stellenbosch aanbeveel word dat Engels in 2016 die voorkeurtaal/verstektaal in die voorgraadse onderrigprogramme sal wees met uitsondering waar klasse groot is en waar die parallelmediummodel toegepas gaan word
  • die Bestuurspan hulle in die verklaring verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en Xhosa as akademiese tale terwyl die voorwaardes wat nou reeds daaraan gekoppel word, uiters beperkend is en eintlik onderrig in hierdie tale uitsluit
  • die verstektaal van kommunikasie by die US slegs Engels sal wees.

Argumente teen sulke verengelsingstappe is menigvuldig en dit het weinig sin om dit te herhaal. U is waarskynlik reeds oor en oor gebombardeer met talle gegronde argumente. Die ellelange lys beswaarbriewe, byvoorbeeld op LitNet, sal u moet oortuig dat die Afrikaanse gemeenskap met wrewel en besorgdheid van hierdie verengelsingsplanne kennis geneem het.

Die ATR stem wel met u saam dat die US nie ’n taalbeplanningsagentskap is nie en daarom “nie die verantwoordelikheid moet dra om Afrikaans se voortbestaan te beskerm nie”. Ons wys u egter vriendelik en met erns daarop dat enige onderwysinstelling die opdrag het om kennisproduksie en hulpbronontwikkeling vir sy studente te ontsluit en wel in ’n taal wat hulle die beste ken. Ons aanvaar dat u deeglik bekend is met die taalrealiteit in die Wes-Kaap wat daarop dui dat 49,6% van die inwoners Afrikaans is, teenoor 24,7% Xhosa en 20,2% Engels. Dit is ’n statistiese feit dat Engels nie “deur almal” verstaan word nie en dat geen amptelike taal in Suid-Afrika die status van “meerderheidstaal” geniet nie.

Die ATR bied graag enkele punte ter oorweging aan:

  1. In postapartheid kontekste geskied taalbeplanning en -bestuur nie eensydig nie, maar wel “van benede na bo”, maw die behoeftes en wense van diegene wat die begunstigdes is van beleid en implementering word behoorlik in ag geneem.

Die ATR versoek daarom dringend dat die Raad van die US grondige navorsing onderneem deur kundige, onpartydige taalbeplanners wat die behoeftes en wense van alle begunstigdes en belanghebbendes inwin alvorens voortydige taalbeleidsbepaling vir die US gestoomroller word. Ons is nie daarvan oortuig dat alle rolspelers geraadpleeg is nie en is van mening dat die rewolusionêre aanslag van Open Stellenbosch en SASCO die hoofaandag gekry het.

Die ATR versoek dat minstens die volgende aspekte deur die US se navorsing verreken sal word:

  1. die taalpraktyke van begunstigdes (studente- en dosentekorps) en ander belanghebbendes
  2. die taalopvattings en -houdings van begunstigdes en ander belanghebbendes
  3. die mate waartoe Afrikaans as onderrigtaal toegang sal fasiliteer vir ’n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap wat histories benadeel is, en wat trouens dié deel van die samelewing is met die laagste deelnamekoers aan universiteitstudie.
  1. Taalbeleid en -implementeringsplanne moet deur realistiese befondsing ondersteun word.

Die massafikasie van hoër onderwys in die demokratiese Suid-Afrika is skraal befonds deur die regering van die dag se onderwysowerhede, met bitter min of geen oorwegings vir die eise wat ’n meertalige bedeling meebring nie. Die situasie behoort die US egter nie daartoe te dwing om taalbesluite te neem ten nadele van ’n groot komponent van die universitêre gemeenskap (studente, dosente, alumni ens) wat hy moet bedien nie.

Die ATR versoek dringend dat inklusiewe gesprekvoering met die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding sal plaasvind rakende die befondsing van ’n meertalige benadering in die naam van betekenisvolle transformasie. Hier word aangesluit by die Minister se onlangse openbare verklaring wat lui: “Equal status means Afrikaans and English”, en wat aangedui het dat addisionele koste van meertalige onderrig bykomende staatsbefondsing behoort te geniet.

  1. Eentalige benaderings in hoër onderwys bevorder beslis nie transformasie en sosiale kohesie nie. Die ATR het ernstige kommer dat die uitbou en handhawing van taaldiversiteit kennelik nie ‘n prioriteit in hoër onderwys is sover dit kennisproduksie en hulpbronontwikkeling aangaan nie.

Die ATR is sterk ten gunste daarvan dat daar stééds vir Afrikaans, as ‘n gevestigde wetenskaps- en akademiese taal, ruimte behou moet word as ‘n medium van onderrig aan die US, soos voorsien in artikel 29(2) van die Grondwet. Afrikaans se prestasie as ‘n wetenskapstaal moet in perspektief gesien word teen die agtergrond dat bitter min van die meer as 6 000 tale wat vandag in die wêreld gepraat word, in sekondêre en tersiêre onderriginstellings as tale van onderrig en leer benut word.

Afrikaans is ’n wesentlike nasionale bate wat ter wille van sosiale geregtigheid ‘n plek aan die US moet behou ten einde haar taalgemeenskap ten beste te dien en te bemagtig. Prof Chris Brink, voormalige rektor van die US, het destyds in sy boek No Lesser Place geargumenteer dat Afrikaans se hoër funksies wél bevorder kan word, en voorgraadse studente steeds in Afrikaans bedien kan word, op 'n verwelkomende, diverse kampus.

Die ATR, as die mees verteenwoordigende sambreelliggaam in die Afrikaanse spraakgemeenskap van miljoene wat die taal as beide huistaal én addisionele taal besig, doen hiermee ʼn ernstige en dringende beroep op die Raad van die Universiteit Stellenbosch om die voorstelle van die Rektor en die Bestuur te verwerp en eerder met innoverende denke ’n inklusiewe taalbeleid en ‑implementeringsplan te bedink. Die Universiteit Stellenbosch kan deur sy konvokasie, akademici en huidige studente die nodige kreatiwiteit aan die dag lê om met ʼn volhoubare en bemagtigende taalplan vorendag te kom. Die Afrikaanse taalgemeenskap sal ook graag in die ontwikkeling van die taalplan geken word, omdat die US immers ’n waardevolle bate van hierdie gemeenskap is.

Namens die Afrikaanse Taalraad

Jacques van der Elst

Uitvoerende Hoof

www.afrikaansetaalraad.co.za

Die Afrikaanse Taalraad is landwyd verteenwoordig in 40 organisasies. Tussen hulle het hulle nagenoeg 400 000 lede.

Direkteure

Prof AM Beukes (Voorsitter)

Drs H Theys (Ondervoorsitter)

Me Alana Bailey (Afriforum)

Mnr Flip Buys (Solidariteit)

Mnr Paul Colditz (FEDSAS)

Mnr Japie Gouws (ATKV)

Me Marlene le Roux (SBA)

Dr Niel le Roux (SBA)

Me Karen Meiring (kykNET)

Dr Danny Titus (ATKV)

 

Aangeslote organisasies sluit onder meer in: ACVV, Adam Tas, Afriforum, Afrial, Afrikaanse Skrywersunie, Afrikaanse Skrywersvereniging, ATKV-Skryfskool, ATKV, Afrikaanse Taalmuseum, Afrikanerbond, Erfenisstigting, Bloemfontein Skrywersvereniging, Breedevallei Digters, Breytenbach Trust, Centrepol, Dames Perspektief, Dameskring (verskeie takke), FAK, FW de Klerk-stigting, GHA, Helpende Hand, Huis der Nederlanden (SASNEV), Intshona Werkerstrust, Helpende Hand Vroue in Aksie, kykNET, Langenhoven Gedenkfonds, Maria van Riebeeck-klub, Mpumalanga Skills Training College, NG Gemeente Stellastraat, SBA, Oraniabeweging, Pro Lingua, SAOU, SA Geneesherevereniging, PUK Kanselierstrust, SAOU, SA Vertalersinstituut, Solidariteit, Vriende van Afrikaans, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Vryheidsfront Plus, Universiteit Wenen, Vereniging van Regslui vir Afrikaans, Voortrekkermonument.

The post Aan die Rektor en Visekanselier: die konfederasie van 40 Afrikaanse lidorgansiasies reageer appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>