Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

67 woorde vir Mandela-dag: ’n onderhoud met die kompetisiewenner

$
0
0

Johan van der Merwe is onlangs aangewys as die wenner van LitNet se skryfkompetisie "67 woorde vir Mandela-dag". Liné Enslin vra hom oor die storie agter die storie, die mens agter die naam.

Johan, wie is jy en wat doen jy wanneer jy nie skryf nie?

Ek is ’n sosiale ingenieur. Ek bou en herstel gebroke verhoudinge deur dit aan die lig van egtheid te onderwerp en dit sodoende te help verdiep.

Ek is opgelei as ’n predikant (NG) en is voltyds in diens van Die Lewende Kerk - ’n Onafhanklike Gereformeerde gemeente wat in Randfontein gebaseer is. Ek is ook ’n Reebok- opgeleide gesondheid- en fiksheidsinstrukteur, hoërskoolonderwyser (NOS), en het ’n M-graad in diviniteit. My verhandeling het gegaan oor kinderkerke in tradisionele NG gemeentes en die langdurige effek daarvan op die vorming van kinders se persoonlike spiritualiteit.

Ek is ’n veelvoudige besigheidseienaar en besit en bestuur Vredenvlucht Landgoed, waar ek die meeste van my skryfwerk doen. Vredenvlucht Landgoed sluit die Vredenvlucht-trou-venue en funksiesaal in, asook Vredenvlucht Koffiewinkel en Deli, Vredenvlucht Hair and Nail Spa, en Vredenvlucht Fine Art Gallery.

Ek besig met die beplanning van my volgende vier besighede: Vredenvlucht Koffieroostery, Vredenvlucht Sjokolade- en Nougat-artelier, Vredenvlucht Bierbrouery en Vredenvlucht Gin Distillery.

Ek is ook ’n Top 3-finalis vir die SA Bachelor 2017-kompetisie. Dit is ’n liefdadigheidskompetisie wat deur die TALK Initiative poog om ’n positiewe verskil te maak in die lewens van mense in Suid-Afrika. (TALK staan hier vir Tolerance, Appreciation, Literacy, Kindness.) 

As deel van die Mandeladag-vieringe op 18 Julie 2017 het ek meer as 1000 boeke gaan uitdeel in minderbevoorregte gemeenskappe om sodoende deur geletterdheid ’n uitweg vir ons jeug te skep om weg te kom van ’n lewe van armoede. 

Ek werk al die afgelope agt jaar by die Connie Mulder Sentrum vir multigestremde volwassenes. Een van die inwoners wat self geen geletterdheid het nie en dit ook nooit sal kan bekom nie, het aangedring om saam met my die boeke te gaan uitdeel.

Dit was een van die hoogtepunte van my lewe.

Skryf jy gereeld en het jy ’n skryfroetine? Weet jy vooraf wat jy gaan skryf, of gebeur dit spontaan?

My skryfwerk neem so 3–7 minute in ’n enkele skryfsessie. Ek korrigeer net spelfoute en herskryf geen deel daarvan nie. Daar is iets van ’n skeppingskrag wat nie versteur kan word deur die proses van herskryf nie.

Die sentrale gedagtes of idees van my skryfwerk wroeg en broei dus vir ’n geruime tyd in my, maar ek laat dit nie ’n weg na skrif vind tot dit nie volledig gereed is vir ’n totale en oombliklike ontbloting nie. Ek maak dus seker dat ek herkou aan my woordeskat rondom die sentrale idees voordat die gedigte gebore word.

Hier is ’n skakel na my persoonlike digtersblad op Facebook: https://www.facebook.com/taalvanmyhart.

Wat was die inspirasie vir jou wenverhaal? Wat het jou geprikkel om juis vir hierdie kompetisie in te skryf?

Ek het een nag ’n heroïenverslaafde meisie na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir mediese ontgiftiging. Sy het uit ongevalle weggehardloop en my by die "taxi-rank" ontglip. Ek het verwoed na haar gesoek en sy was die hele nag weg. 

Ek het die volgende oggend baie vroeg teruggekeer en op die voetgangersbrug gaan staan en gesoek na enigiets. ’n Groot swart vrou (’n ware versinnebeelding van "Mama Afrika") het statig na my begin aanstap met die meisie aan haar vasgeboei. 

In daardie oomblik was dit die beeld van alles wat vir my hoop en sin beteken het wanneer mens op die drumpel van hoop en moedverloor staan. 

Dit is hoe ek oor Suid-Afrika voel. Iets van ons hoop en vrese het oornag weggeraak en ek staan moedig en statig en wag vir die terugkeer daarvan, wanneer "Mama Afrika" weer die banier van sin en herstel sal hys vanuit die wêreld wat om ons aan die brand is. Dit bly my hoop!

Is daar enige historiese figure of wêreldleiers wat jou inspireer of wie se storie vir jou uitstaan?

Franciscus van Assisi se lewe van diensbare selfopoffering is my diepste inspirasie. Die lewe word daagliks al hoe moeiliker en finansieel meer uitdagend, daarom moet ons mekaar help waar ons kan. Ons kan dit nie alleen doen nie. 

Wat lees jy graag? Watter boek(e) lê op die oomblik op jou bedkassie?

The prophet – Khalil Gibran
No perfect people allowed – Tim Burke
The pilgrimage – Paulo Coelho

Foto's: verskaf

The post 67 woorde vir Mandela-dag: ’n onderhoud met die kompetisiewenner appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>