Die sewende Schreiner Karoo Skrywersfees het van 27 tot 30 Julie vanjaar op Cradock plaasgevind.
Amy Coetzer het die boekbekendstellings, die "Open mike”-voordragte van gedigte, die lesings en gesprekke, die verslae oor gemeenskapsprojekte, die literêre toere en die vertonings van plaaslike musiek- en toneeltalent gedokumenteer.
Brian Wilmot begelei gaste op ’n staptoer deur Cradock.
Leon van Wyk, Zongezile Matshoba en Basil Mills bied ’n poësieprogram vir leerders aan.
Etienne van Heerden by die Neville Alexander-talentdag, aangebied by die Sonskyn Sentrum, Michausdal, Cradock.
Menán van Heerden, Clinton du Plessis en Etienne van Heerden
Menán van Heerden praat oor die mites en waarhede rondom die geskiedenis van Afrikaans. Schreiner House.
Dorothy Driver se lesing was getitel "Indigeneity: Olive Schreiner and the poetics of plants in The Story of an African Farm and From Man to Man".
Wilson John en Brian Wilmot
So lyk die gebied vandag waar die destydse Magqubeni-township geleë was voordat inwoners weens apartheidswetgewing daarvandaan weggeskuif is.
Wilson John, ’n oudinwoner van Magqubeni, deel sy herinneringe met gaste.
Charles en Penelope Dearlove skenk 20 woordeboeke vir Cradock-skole se biblioteke.
Melisizwe Ntengento
Visrivier Museum-personeel
Freda Froehlick, organiseerder van die Neville Alexander-talentdag
Lede van die YOUNG LEGENDS#KULLID™-groep
Xolani Mahe lees ’n selfgeskrewe stuk voor.
Onderwysers en leerlinge van Michausdal Primêr, Carinus Primêr en Michausdal Hoërskool. Die onderwysers is Itaëllo Cupido en Cyril Whittaker.
Julienne du Toit van Karoospace voer ’n onderhoud met Cradock-inwoner Tony Jackman oor sy nuwe kookboek, Foodstuff.
Heyla Meyer, sjef van die Victoria Manor Hotel, en Raylene Jansen (“Kleintjie") sit sop en brood voor, waarvan die resepte uit Tony Jackman se Foodstuff kom.
Dean Allen gesels oor interessante karakters van Matjiesfontein.
Toast Coetzer en Alice Inggs gesels oor die maak van die Weg!- en Via TV-reeks Agterpaaie.
Etienne van Heerden in ’n onderhoud met Toast Coetzer oor Die wêreld van Charlie Oeng.
Egte boerseep en tweedehandse boeke te koop by die markie by Olive Schreiner House. Die boerseep word volgens ’n ou tradisionele resep deur Tracey Michau van Orange Grove Farm gemaak.
Antony Osler, befaamde "veldmonnik", vertel so ’n bietjie oor sy lewe in die Karoo.
Lisa Antronus-Ker, organiseerder van die Schreiner Karoo Writers Festival, bedank die mense vir hulle bywoning by die "Open mike"-sessie.
Alice Inggs lees ’n gedig voor.
Nadine Barkhuysen lees haar gedig voor tydens “Open mike".
Toast Coetzer lees sy gedig "walk fast whistle" voor.
Chris Marais en Julienne du Toit van Karoospace-faam vertel van hul omswerwinge as fotojoernaliste in die Karoo.
Ginger’s Fault hou huiskonsert.
Chris Marais en Julienne du Toit sing "Southern Cross" van Crosby, Stills & Young.
The post Fotoblad: Schreiner Karoo Skrywersfees 2017 appeared first on LitNet.