Lees ook: |
---|
• Nuwe poësie |
• knipoog kollektief |
ek onthou daardie oggende vroeg
wat ek so gestaan en wag het vir jou
in my onderbroeklose
kniebroek met die sigaret in die sak
wat op vier plekke geknak was
in die bakkie
ruik ek na rook
en jy na seep
ek takseer windgat
die skaamhare op my gesig
terwyl jou baard
al dekades perkoleer
in die rioolwater van die lewe
my filosofie bevat woorde soos
kots en bootse
terwyl joune nie eers
die woord filosofie het nie
ek sit en kritiseer my beenhare
wat almal só in eenrigting lê
terwyl jy jou vinger
rustig tik
asof jy iets aftel