Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Johnny Clegg: The Final Journey-toer

$
0
0

Op veertienjarige ouderdom gaan koop Johnny Clegg brood en melk vir sy ma. Op pad winkel toe, neurie hy die wysie wat hy besig is om vir hom op ’n goedkoop kitaar aan te leer. Skielik ruk die klanke van ’n gans ander tipe wysie hom tot stilstand. Dit kom van Charlie Mzila, woonstelskoonmaker gedurende die dag en musikant snags. Hierdie toevallige ontmoeting stuur die jong Clegg onomkeerbaar in ’n totaal ander rigting. Onder Charlie se toesig leer Johnny maskandi-kitaar en die Zoeloetaal aan.

Johnny Clegg

Voordat hy die skool verlaat, kry hy ’n besoek van Sipho Mchunu, ’n Zoeloe-trekarbieder en maskandi-kitaarspeler. Saam vorm hulle Juluka. Dis 1970 en die apartheidsowerhede knor oor hierdie ongerieflike vennootskap. Daar is egter geen keer wanneer rou passie en talent oorneem nie. Druk die “vorentoe”-knoppie en Johnny Clegg is nou ’n antropoloog, internasionale ster en in Kaapstad om tot siens te sê met sy laaste toer, “The Final Journey”.

Sipho Mchunu

Dis moeilik om die omvang te bepaal van watter invloed Johnny, Juluka en later Savuka op die sosiale orde van Suid-Afrika gehad het. Gemeet aan die gehoor se reaksie Vrydagaand, voel ek dis dalk groter as wat baie mense reken. Met die openingsakkoorde van “Kilimanjaro” het die gehoor reeds begin saamsing. Toe Johnny sy “krygers” vir die umzansi (dans) oproep en die oerritmes van Afrika die Grand West Arena vul, kon die meeste ondersteuners hulself nie help nie en mense het spontaan begin saamdans.

Johnny en Sipho speel die gehoor aan die brand!

Johnny Clegg is ’n ware seun van Afrika en 'n Suid-Afrikaanse legende. Ons sê tot siens, maar nie vaarwel nie.

  • Teks en foto’s: Stephen Fourie

The post Johnny Clegg: The Final Journey-toer appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>