Klara Majola – ’n palinode
Vir DJ Opperman
Klara Majola, hiermee ’n herbesoek
in hierdie ondraaglike skemertyd
waar vele beelde moes verstryk,
met ’n lykdig vanuit ’n ánder hoek.
In daardie wit begraafplaas, ongelyk,
op die Eike naby Prince Alfred
bly jy die enigste bruin kinderlyk:
14.6.1942 op sementsteen uitgekerf.
O klein Klara Majola, dié gedig
se nuwe geweld, kan helaas nie troos
of helderte bring in ’n berig
oor ongelykheid of iets só boos.
Lees ook: "Klara Majola" deur DJ Opperman
The post Klara Majola – ’n palinode appeared first on LitNet.