Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Waarom sielkundiges sélf ook emosionele versorging benodig

$
0
0

Soms het skoenmaker se kind self nie skoene nie. Partykeer word dokters sélf siek. Hoe gemaak as dit jou werk is om na ander mense om te sien, maar jy benodig ook emosionele versorging? Naomi Meyer gesels met Izanette van Schalkwyk oor 'n artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) verskyn het: Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges.

Izanette, in 'n onlangse artikel in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), waarvan jy medeskrywer is, staan daar: "Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika lei daartoe dat sielkundiges leef en werk in gemeenskappe wat gekenmerk word deur misdaad, armoede, siekte en maatskaplike euwels, wat hierdie riglyne vir die verryking van sielkundiges se welstand 'n noodsaaklikheid maak." Dink jy dis van toepassing op sielkundiges sowel as maatskaplike werkers?

Dit is inderdaad so, naas die eise verbonde aan maatskaplike werkers se werk en voortdurende bedreigings soos uitbranding as gevolg van hoë werkslading. Maatskaplike werkers het ook eiesoortige uitdagings. Byvoorbeeld: binne een week die afgelope tyd, is 2 maatskaplike werkers aangeval waar hulle 'n gestremde vrou in 'n hoërisikogemeenskap besoek het (die aanvallers is uiteindelik deur lede van die gemeenskap verjaag).

Jou benadering se fokus is die positiewe sielkunde: bevordering en verbetering, eerder as die fokus op negatiewe faktore. Is ek reg? Wil jy hierop uitbrei?

Die uitgangspunt van Positiewe Sielkunde is die identifisering, beskerming en bevordering van dit wat "reg" is met mense versus die hoofsaaklike fokus van dit wat herstel of genees word moet of wat is "verkeerd" met mense. Dit is belangrik om te weet dat die meeste mense in enige land nie te make het met versteurings- of siektetoestande nie, tog beteken dit nie dat die meeste mense wel hoë vlakke van gesondheid en/of geestesgesondheid (well-being) geniet nie. Volgehoue welstand (well-being) word bewustelik via doelgerigte aktiwiteite en gewone daaglikse gebruike gekoester en versterk. Hierdie opwindende wetenskap fokus dan op daardie faktore wat dui op die aanwesigheid van gesondheid (bv fisiese, sosiale en psigologiese gesondheid) wat anders is as die blote afwesigheid van siektetoestande. Dit beteken dat byvoorbeeld liggaamlike gesondheid nie outomatiese gebeur nie en dat hoë vlakke van goeie gesondheid doelgerig ingeoefen word. In die lig van Positiewe Sielkunde sal ek dan doelbewus my fisiese gesondheid beskerm en bevorder terwyl ek verdere "sleutels" gebruik soos positiewe emosies (bv opgewonde en dankbaar wees oor/vir my gesondheid); ek gebruik vriende se ondersteuning om my te bemoedig tot algehele welstand (well-being) en ek kies daardie leefstyl wat in my daaglikse dink-en-doen my en ander se welstand bevorder. Hierdie perspektief behels wel die eerlike kyk na die "negatiewe", soos die belewing van trauma en moeilikheide, maar die uitgangpunt is nie die blote afwesigheid van daardie "negatiewe" nie, maar die uitbouing van persoonlike groei en die versterking van daardie leefwyse sodat ek kan "blom".

Onlangs was daar 'n artikel in By wat spesifiek aansluit by jou navorsing vir hierdie artikel; dit handel oor kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede en hoe hul uitstyg bo hul daaglikse manier van leef.

Dit is my voorreg om die afgelope 7 jare in dié bepaalde hoërisikogebied (soos beskryf in die By, Saterdag, 17 Junie 2017) betrokke te wees in skoolgemeenskappe. Nadat ek my PhD-studie voltooi het (wat die ontwerp en evaluering van ‘n program behels het om adolessente se "positiewe" menswees te bevorder), het ek met die hulp van vele medewerkers (ook van die gemeenskap) projekte kon inisieer om leerders te ondersteun sodat hul leefpotensiaal kan gebeur, ten spyte van moeilikhede en die verskrikking van armoede. Die verhaal van dié drie studente van die hoërisikogemeenskap is ‘n kragtige getuienis vir alle jongmense dat die bou van karakterkrag en innerlike sterktes van deurslaggende belang is.

Hoe het die kinders se stories onder jou aandag gekom in 'n land waar mense jare lank al met sigbare en onsigbare grense tussen mekaar leef?

Dit beteken dat ek doelbewus uitgereik het na die jongmense via geloofsgemeenskappe en die skole op ‘n langtermynmanier betrokke is sodat die prag van ons kinders kan gebeur. Hierdie proses behels die vestig van gesonde verhoudings met die nodige vertroue van alle rolspelers.

Sielkundiges is opgelei om pyn te kan hanteer. Of hoe? Kan hulle nie na hulleself omsien nie?

Ons weet dat die beskikbaarheid van inligting nie beteken dat mense dit noodwendig gebruik nie. Byvoorbeeld: die beskikbaarheid van inligting rakende die gevare van rook beteken nie dat alle rokers verander in nierokers nie. Verder is daar vele kwessies wat ‘n rol speel, soos sielkundiges is juis mense met "warm harte" - en hierdie kwaliteite kan hulle juis meer kwesbaar maak vir die belewing van self en ander se swaar en seer.

Dink jy sielkundiges behoort hul kliënte se pyn te absorbeer, of moet hulle dit soos 'n gewone werk benader en saans 'n deur agter hul toemaak?

Dit is ‘n moeilike saak en in die artikel Hitge en Van Schalkwyk is hierna verwys. Dit gaan nie om die "absorbeer" van kliënte se pyn nie. Ons as mense het besondere breinstrukture wat ons in staat stel om ander se pyn te "mirror", en dit is deel van sielkundiges se professionele opleiding om hierdie pyn te hanteer op ‘n gesonde manier (daar is egter wesenlike gevare rte make met wat ons noem die "spill-over"-effek, waar die werksake met sielkundiges se privaat-lewe op ‘n negatiewe manier beïnvloed).

Jy het ook 'n musikale agtergrond. Wil jy iets hiervan deel en hoe dit neerslag vind in jou werk?

Die vermoë om musiek te maak met ander mense is ‘n verrykende ervaring. In die konteks van ‘n hoërisiko-omgewing bied dit my die wonderlike geleentheid om leerders en ook ons studente te onderrig in koorsang, en hierdie universele taal van musiek maak vir ons vele deure oop, om byvoorbeeld Jeugdag te vier met uitstaande ander kore hierin die Wes-Kaap. Die beoefening van hierdie goddelike geskenk versterk my verhouding met die jonges en verhef ons aktiwiteite en harde werk tot ‘n unieke interaksie wat myns insiens net met musiek en koorsang kan gebeur.

Watter stories van Blikkiesdorp bly jou by?

Blikkiesdorp is ‘n plek waar mense woon. Die plek is lelik en die mense beskik almal oor daardie vermoëns wat nie met geld gekoop kan word nie, soos die vriendelike groet en bemoediging in erge tye as die bendegeweld weer eens die vorige nag losgebars het. Die vele leefstories van verskrikking is oral ... die vele leefstories van hoop is ook daar. Om die rede is dit belangrik om die Blikkiesdorpe van ons land te verander. Daar is baie, baie stories.

En watter van jou bevindings met betrekking tot sielkundiges (in die artikel) staan vir jou uit?

Kortliks gestel: Die verwondbaarheid van alle mense betrek ook sielkundiges, wat juis ‘n goeie verstaan het van menswees. Sielkundiges verstáán met soveel deernis. En hulle word ook genoop om hul persoonlike welstand ("well-being") voortdurend te koester en doelgerig uit te bou. Dié eerlike erkentenis en dapperheid tot volgehoue selfsorg om te floreer, word dan ook die spieël vir ander. Die riglyne vir die program beteken egter dat hierdie vervullende en betekenisvolle lewe nie outomaties gebeur nie, maar "Die besluit om hierdie riglyne te gebruik om welstand te optimaliseer, vereis ’n bereidwilligheid om buigbaar te wees en om toenemend te groei in toetrede tot en reaksie op die lewe, eerder as om bloot ’n verbruiker van welstand te wees."

In 'n tyd waar mense hoor hoe ons na mekaar moet omsien, wat is vir jou 'n algemene lewenswysheid - vir enigiemand?

Alle mense is gemaak met die goddelike vermoë om te kies. Ek kies dat my interaksie met ander mense gesond en versterkend sal wees.

The post Waarom sielkundiges sélf ook emosionele versorging benodig appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>