Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

VraNet: Noodhulp en medikasie

$
0
0

Het jy al ooit gewonder oor versekering, visums, begrotings, werksonderhoude en volwassenes se ander vreugdes, frustrasies en verantwoordelikhede? Het jy al gewens vir raad wat op Suid-Afrikaners gemik is, en nie op ’n jong volwassene in ’n ander land en ander konteks nie? LitNet wil jou help om die gaping tussen kindwees en volwassenheid te oorbrug deur namens jou vir mentors raad en praktiese wenke te vra oor verskeie kwessies. Soek jy raad oor iets spesifiek? Stuur jou versoek aan vranet@litnet.co.za.

Liné Enslin vra vir Erika Drewes (’n mediese dokter) om ’n paar praktiese wenke te gee vir noodhulp en medikasie.

As jy nou vir die eerste keer alleen bly en verantwoordelik is vir jou eie welstand en gesondheid, watter noodhulpitems en medikasie moet altyd in jou kas wees?

Die beste is om siektes te voorkom deur reg te eet, genoeg te oefen en genoeg te slaap. Ek beveel ook ’n daaglikse goeie kwaliteit multivitamien aan soos Amway se Daily Vitamin, asook visolie vir Omega 3. Dis ook belangrik om genoeg Vit D3 in te neem. So sal jy die meeste siektes kan voorkom.

Daar moet altyd die volgende items in jou medisynekas wees:

Pleisters, ’n verband en ontsmetmiddel (ek hou van Betadine).

Medikasies:

  • Iets vir naarheid: Ek hou van Valoid, maar ander dinge kan ook werk.
  • Iets vir koors en pyn: byvoorbeeld Panado.
  • Iets vir griep: Ek gebruik graag kruiemiddels soos A Vogel Sore Throat Spray of Echinacea, want die meeste verkoues is viraal en reageer goed hierop. 

Wat is die verskil tussen oorspronklike medikasie, wat natuurlik baie duur is, en generiese medikasie?

Oorspronklike medikasie word oor jare deur ’n maatskappy ontwikkel en na die mark gebring. Dit kos miljoene rande om dit te doen en sodat kompeterende maatskappy nie eenvoudig die resep kopieer nie, word daar gewoonlik ’n patent daarop uitgeneem sodat die maatskappy sy geld kan terug maak op die oorspronklike medisyne. Die patent het gewoonlik ’n raklewe van ’n paar jaar. Nadat die patent verval het, kan die resep gebruik word om ’n generiese medikasie te maak. Klein veranderinge word gemaak, soos die kleur en bindmiddel in die medikasie, en die verpakking en naam word ook anders bemark. Die groot verskil is dat dit goedkoper is.

In die meeste gevalle is dit heeltemal goed om die generiese te neem, maar in sommige uitsonderings bly die oorspronklike na my mening ’n beter keuse. Jou dokter sal jou moet lei.

Is natuurlike middels net so betroubaar soos medikasie? Of dien hulle verskillende doele?

Dit hang af van die siekte en die doel. Ek gebruik baie natuurlike medisyne in my praktyk, maar nie regtig in akute gevalle nie. Natuurlike medisyne werk stadiger en oor ’n langer tyd en is daarom beter gerig op voorkoming en die bevordering van gesondheid. Wat ek opwindend vind van natuurlike medisyne is dat ons deesdae die tegnologie het om die medisyne so te produseer dat dit baie voorspelbare en effektiewe werkings het. Ek dink dat medisyne meer en meer in hierdie rigting beweeg.

Is dit belangrik vir jong volwassenes om daagliks vitamienaanvullings te neem? En is daar ’n verskil tussen die behoeftes van mans en vroue?

Dit is baie belangrik om dit te neem. Daar is baie studies wat wys dat, afgesien van ’n ontoereikende dieet, ons vars groente, vrugte en ander landbouprodukte nie meer die vitamiene en minerale in hulle het om ons te voed nie. Die rede daarvoor lê in die hoë intensiteit landboupraktyke, die gebruik van plaagdoders en ander chemikalieë. Die plaagdoder bind die grondminerale vas sodat die plant dit nie kan opneem nie. Ek het al studies gesien wat die mineraal- en vitamien-inhoud van huidige gewasse vergelyk met metings uit die 1950’s en 1970’s. Die afname is duidelik. Dis ook baie beter om organies te eet; organiese gewasse het heelwat meer vitamiene en minerale in en jy stel jouself ook nie bloot aan chemikalieë nie. Organies eet is duur, so as mens kan is die heel beste om ’n klein groenteplasie in jou agterplaas aan te lê.

Ek dink nie dis so belangrik om te onderskei tussen mans en vrouens nie.

Is dit sinvol om jou simptome op Google op te soek ten einde vas te stel hoekom jy vreemd of siek voel? Wat is die positiewe en negatiewe aspekte daarvan?

Ek moedig my pasiënte aan om aanlyn te lees oor hulle gesondheid en leefstyl. Medisyne het ’n baie groot veld geword en die dae waar die slim dokter alles weet wat te wete is, is baie lank al verby. Ek beveel natuurlik plekke aan waar ek weet die inligting goed geskryf en akkuraat is. Eintlik vind ek dat pasiënte deesdae baie goed ingelig is. Ek het die opleiding om inligting te kan opweeg en help interpreteer en as pasiënte met my wil gesels oor wat hulle lees, kan ek hulle ondersteun. Baie keer leer ek iets by hulle!

Die seisoene is besig om te verander en die wisseling in temperatuur veroorsaak dat elke tweede persoon met ’n sneesdoekie rondloop. Wat is die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy met ’n seer keel wakker word? Wanneer weet jy dis tyd om dokter toe te gaan?

Ek glo nogal aan A Vogel Sore Throat Spray, en daarom het ek dit altyd in die medisynekas by die huis. Maar mens kan ook iets anders gebruik vir verkoue en griep. Ek sou sê die beste ding is om dit eers self by die huis te behandel, baie water te drink en te rus. In Suid-Afrika het ons nie werklike ’n gesonde kultuur rondom siekwees nie. Ons is geneig om aan te marsjeer en te werk, al is ons siek. Ek dink dis die verkeerdste ding om te doen om twee redes: (1) As jy jouself onder druk sit om te werk, skaad jy jou immuunsisteem en sal jou siekte erger word of langer vat om weg te gaan. (2) Dink daaraan dat jy ander mense met jou kiem sal infekteer.

As mens lank by die huis moet bly (meer as 3 dae) en jy het ’n koors of as die siekte erger word, moet jy jou dokter gaan sien.

Is daar enige simptome wat jy nooit moet ignoreer nie en waaroor jy onmiddellik ’n dokter of apteker moet raadpleeg?

Enige simptoom wat nie weggaan oor tyd nie, al is dit iets klein.

Ander simptome:

Lees ook vorige VraNet-artikels
VraNet: Rekenaars en foutspeuring
VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak
VraNet: Werksonderhoude
  • Onverklaarbare bloeding
  • Borskaspyn
  • Verlies van gevoel in ’n ledemaat of in jou lyf
  • Skielike verlies aan sig
  • Akute maagpyn wat erger word
  • Enige onverklaarbare verlamming
  • Onverklaarbare gewigsverlies
  • Koors

Hoe belangrik is dit om mediese fonds te hê?

Ek dink dat almal moet ten minste ’n hospitaalplan hê. Dit beteken dat as jy enigsins gehospitaliseer word soos vir ’n noodoperasie of vir intraveneuse behandeling, jy gedek sal wees. Die medikasies wat mens dag-tot-dag gebruik, word egter nie gedek nie. As jy ’n kroniese siekte onder lede het, wat verg dat jy dag-tot-dag medikasie moet drink, is dit beter om ’n meer omvattende plan uit te neem.

As jy onder 21 is, is die kanse goed dat jy nog op jou ouers se plan as ’n afhanklike kan bly.

Is die Pil altyd ’n goeie ding?

Die voorbehoedpil is al in baie studies bewys om die risiko van eierstokkanker te verlaag en dit is ook baie nuttig vir mense met velprobleme. Ongelukkig is dit nie al wat tel nie. Daar is ook gevind dat vroue wat vir vyf jaar of langer op die pil was gedurende hulle reproduktiewe jare, ’n dramaties verhoogde risiko van bors-, serviks- en baarmoederkanker het. Hou dit in gedagte en sorg dat jy nie die pil vir jare aaneen drink nie. Die veiligste voorbehoeding vir seksueel aktiewe vroue is ’n intra-uteriene spiraal. Onthou dat die spiraal en die pil ’n mens nie van seksueel oordraagbare siektes sal beskerm nie. Vir hierdie doel werk kondome die beste.

The post VraNet: Noodhulp en medikasie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>