Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

US Woordfeesbundel in derde jaar

$
0
0

Die US Woordfeesbundel, wat baie goed deur lesers en skrywers ontvang en gesteun is, beleef in 2018 sy derde jaar. Du Toitskloof Wyne sal weer met die US Woordfees saamspan en die prysgeld van R30 000 borg. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.

“Die Woordfeesbundel is goed op pad om ’n instelling word,” sê Saartjie Botha, US Woordfees-direkteur. “Die gehalte van inskrywings het in die kort tydjie reeds baie verbeter en ons hoop op ’n ryke oes vir 2018.” Die skrywers wat in dié bundel opgeneem word sal, soos in die verlede, elkeen R4 000 ontvang.

Die sameroeper van die kompetisie, Suzette Kotze-Myburgh, is ook sedert 2016 by die inisiatief betrokke. “Dit raak elke jaar beter. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir enige skrywer wat sy of haar hand aan die kortverhaal wil waag. Boonop sluit dit ook soomloos aan by die Woordfees se bewese verbintenis tot lees, geletterdheid en Afrikaans.”

Die 2017-wenner, Michèle Meyer, se verhaal Langsaan, word ook as kortverhaal verfilm en sal by die 2017 Silwerskermfees gewys word.

Oor Du Toitskloof Wyne se betrokkenheid sê Marius Louw, uitvoerende hoof, meen die US Woordfees se sukses blyk aansteeklik te wees: “Ons deelname as borg het alle verwagtinge oortref. Om-en-by 180 kortverhale is ingeskryf vir die kompetisie, iets wat ons as wynmense glad nie voorsien het nie. Die feit dat daar so baie stories is en so baie mense is om daardie stories te vertel, bewys dat die Afrikaanse woord springlewend en gesond is. En waar daar kultuur en stories is, kom wyn ter sprake aangesien dit ook die resultaat is van beplanning, tyd en kreatiwiteit.”

Die 2016-bundel is reeds uitverkoop en slegs ’n enkele kopieë van die 2017-bundel is nog beskikbaar by http://www.africansunmedia.co.za/Sun-e-Shop.aspx.

Diegene wat belangstel om meer oor die kompetisie te wete te kom of wat wil inskryf, kan gaan na www.woordfees.co.za of www.dutoitskloof.co.za en volg dan die skakels. ’n E-pos met navrae kan ook gestuur word aan friedaleroux@sun.ac.za – slegs skriftelike navrae sal beantwoord word. Skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem gaan word, sal vroeg in 2018 in kennis gestel word. Die wenverhaal word eers tydens die bekendstelling van die bundel, ten tyde van die Woordfees van 2-11 Maart 2018, aangekondig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017 om 16:00.

Hier is die uitnodiging aan skrywers en inskrywingsvorm.
(Klik op die skakel om die dokument in Word-formaat af te laai.)

The post US Woordfeesbundel in derde jaar appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>