Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Cathy and The Trolley Dollies: ’n teaterresensie

$
0
0

Cathy and The Trolley Dollies ... Dames en here, maak u sitplekgordels vas vir ’n vlug soos nog nooit tevore nie.

In die negentigerjare het ek van Gauteng afgetrek Kaap toe, en een van ons vriendekring se lekkerste aande uit was ’n vertoning in die stad by een van die vele plekke waar fopdossers opgetree het. Ons kon ons harte uitsing saam met die bekende popliedjies en ons verkyk aan die mooi lyfies, pragtige kostuums en grimering en hoe lang mans só gemaklik op hoë polvye kon loop en met sulke lang naels oor die weg kon kom.

Maar een na die ander het hierdie kuierplekke hul deure gesluit. Ek was dus verheug toe Gate69 on Bree Street verlede jaar sy deure open. Dit word as die amptelike tuiste van Cathy Specific, wat haarself First Lady of Flying noem, beskryf. Ek het haar al verskeie kere sien optree en ook verlede jaar die voorreg gehad om Hedwig and the Angry Inch met Paul du Toit daar te sien.

Hierdie keer is ek terug vir ligter vermaak: Cathy and The Trolley Dollies, waarin Cathy Specific met twee ander “lugwaardinne”, Holly en Molly, gekskeer oor alles waarmee lugwaardinne te make het.

Cathy waarsku ons vooraf dat as ons foto’s wil neem gedurende die vertoning, ons filters moet gebruik en die foto’s erg moet redigeer, voor ons dit enige plek plaas. Die gehoor hou daarvan, maar is tog skrikkerig net vir ingeval sy nie ernstig oor die fotonemery was nie ...

Dan trek die drie los met hul kwinkslae. Hul rokkies is styf, hul borste ferm en die hempies laag oopgeknoop. Die pruike is groot, die grimering en naels ook, maar dat hulle oortuigend is, is gewis. Daar is ietsie bekends van elke vlug: die orige kaptein wat by elkeen wat ’n rok dra, vlerksleep; die lastige passasier wat nog drank wil hê; die huilende baba; en die nors man in die voorste ry.

Hulle doen die veiligheidsdemonstrasie en maan almal om hul sitplekgordels vir die rit van jou lewe vas te maak.

Hulle is baie trots dat die vertoning veeltalig is: Afrikaans, Engels, sarkasme en goddeloosheid. Hulle sing soos divas – en laat jou gou verstaan dis nie lippetaal nie, dis regte sing!

Tussendeur smul ons aan die oorlaaide tapasborde voor ons, teug aan ons wyne en lag kort-kort dat die krummels spat.

Hulle grap onder mekaar dat alle mans hulle begeer en alle vroue wens hulle was hulle. Daar word geskerts oor Suid-Afrikaners wat so graag Mauritius (“die boere-Bahamas”) toe vlieg, want hulle kan nie regte wittebroodvakansies bekostig nie en gebruik hul ouers se tyddeelpunte; en hoe mans as hulle hul bagasie inweeg, ook hul maniere by die toonbank inweeg.

Die skertsery is vlymskerp, die sang is uitstekend en hul kostuums nog beter.

Dis ’n heerlike, sorgelose aand van lekker eet, lekker lag en die teaterwêreld van weleer – fluweel en glinstering inkluis – weer terugbring. Bring ’n groep vriende en kuier heelaand om ’n lang tafel. Die lugwaardinne is selfs voor en ná die vertoning die kelners in hul pragtige, baie noupassende swart pakkies.

Gee jou oor aan Cathy Specific se wêreld – dis verbasend ongekompliseerd.

Cathy and The Trolley Dollies

Met: Brendan van Rhyn (Cathy), Christopher Dudgeon (Holly) en Rudi Jansen (Molly)
Deur: Brendan van Rhyn (Cathy)
Regie: Maralin Vanrenen
Choreografie: Sven-Eric Muller

Gate69 op die hoek van Bree- en Houtstraat, Kaapstad.

Tot einde Junie 2017. Die vertoning is elke Woensdag en Donderdag en die drag is netjies. Geen onder 16’s. Aandete word om 19:15 bedien en die vertoning begin om 20:15.

Kaartjies by 021 035 1627 of 071 589 2915.

The post Cathy and The Trolley Dollies: ’n teaterresensie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>